7 minute read
Orthman snoei koste en steun groei
from ProAgri SA 255
by ProAgri
snoei koste en steun groei Presisie-strookbewerkingkonferensie
deur Bianca Henning
Advertisement
Kwaai kopkrap is met vandag se landboubedryf van lae winsgrense en hoë insetkoste nodig om die regte besluit te neem oor boerderypraktyke en -toerusting. Dit is noodsaaklik dat elke ding wat die boer aanskaf vir hom koste moet bespaar, doeltreffendheid moet verbeter en opbrengs moet verhoog. Die besluit is soms moeilik, want daar is verskillende produksiemetodes en ՚n swetterjoel werktuigfabrikate met verskillende modelle waaruit gekies moet word. Gelukkig vir boere maak ProAgri die keuse makliker, want ProAgri se mense gaan kyk self op plase hoe die werktuie werk en gesels eerlik met boere om hulle mening oor toerusting wat hulle gebruik te hoor. Verskaffers van werktuie het in die dae voor COVID graag boeredae gehou waar boere self die werktuie wat hulle aanbied kon bekyk, bevoel, bespreek en selfs bevraagteken. Die regering se inperkings het wel ՚n stokkie voor boeredae en landbouskoue gesteek, maar hulle kon nog nie regkry om boere te verhoed om ՚n plan te maak nie. Hierdie keer is die plan om boerebyeenkomste na digitale platforms verskuif en so nuwe geleenthede uit die moeilike situasie te skep. As leier in landboutegnologie het Orthman sy eerste gratis aanlynstrookbewerkingkonferensie in April op verskeie platforms aangebied. So kon boere sien en beleef hoe Orthman as voorloper van presisiestrookbewerking voortdurend nuwe maniere ontwikkel om boere vooruit te laat boer. Die aanlynkonferensie het vyf dae geduur en is aangebied en bestuur deur Brian Nieuwoudt, streekbestuurder en produkspesialis van Orthman. Die konferensie het hoofsaaklik gehandel oor die gewilde strookbewerkingstelsel en die voordele wat dit vir boere inhou. Dit het interaktiewe paneelgesprekke tussen Orthman, Bayer en ervare boere in die veld ingesluit. Met daaglikse temas kon kundiges en boere van regoor die wêreld hulle navorsingsbevindings, ervarings en vernuwende praktyke van Orthman se unieke presisie-strookbewerkingstelsels en -werktuie met mekaar bespreek en deel. Een van die paneellede was Mike Petersen, hooflandboukundige van Orthman, 'n grondwetenskaplike met 45 jaar ervaring wat hy in verskeie dele van Suid-Afrika en in tien ander lande opgedoen het. Justin Troudt, visepresident: Verkope en Bemarking van Orthman, Mark Reiman van Bayer VSA en Richard Fly van Bayer SA, was genooide sprekers wat waardevolle inligting gedeel het.
Richard Fly (bo) van Bayer SA en Mark Reiman (onder) van Bayer VSA het waardevolle inligting oor grond- en plant-gesondheid gedeel. Brian Nieuwoudt, streekbestuurder en produkspesialis van Orthman, het die Orthman se strookbewerkingkonferensie gelei.
Die konferensie het só verloop:
Dag 1: Oorsig van maatskappy
Orthman is 'n wêreldwye vervaardiger van landboutoerusting, met die fokus op lewering van gehalte en goed ontwerpte oplossings vir alle boere. Orthman doen sake in 19 verskillende lande. Strookbewerking se klein verskille lei tot groot moontlikhede vir beter groei en opbrengs, natuurlik altyd afhangend van klimaatstoestande en reën. Die 1tRIPr is ontwerp en gebou om jare lank te hou en berus op die drie beginsels van presisiestrookbewerking:
Ideale saadbedvoorbereiding
Die 1tRIPr maak die beste gebruik van die beskikbare grondvog, wat vinniger ontkieming aanhelp. Hy skep ՚n eenvormige, ferm, warm saadbedding met goeie saadtot-grond-kontak.
Presisie-voedingsplasing
Die 1tRIPr werk met droë, vloeibare of NH3-kunsmis en die onafhanklike ry-dieptebeheer plaas veelvuldige voedingstowwe op verstelbare dieptes vir doeltreffende groei in al die stadiums.
Mike Petersen, hooflandboukundige van Orthman en grondwetenskaplike met 45 jaar ervaring in die veld. Optimale wortelsonekondisionering
Die 1tRIPr skep 'n ideale omgewing vir die hele groeisiklus deur ondergrondse leemtes uit te skakel en voordelige porieë in die grond te skep. Die vroeë wortelontwikkeling verhoog opbrengs.
Dag 2: Grondgesondheid
Mike Petersen, hooflandboukundige by Orthman in die VSA, het ingeskakel om sy rype ervaring en kundigheid met boere te deel. Volgens hom is vertikale bewerking, bestuur van plantreste,
Brian Nieuwoudt van Orthman verduidelik proewe wat met kunsmisplasing gedoen is.
saadbedvoorbereiding en kunsmisplasing die belangrikste komponente van sukses vir strookbewerking. Die groot trekpleister van die dag was Richard Fly van Bayer SA en Mark Reiman van Bayer VSA se gesprek oor plantontledings en plantteeltbeginsels. Mark het ook meer vertel oor Bayer se leersentrum vir watergebruik wat in Gothenburg gevestig is. Hulle het uitgewys hoe belangrik dit is om plantreste reg te bestuur sodat grondgesondheid behoue bly en selfs verbeter.
Dag 3: Orthman-proefplaas
Orthman doen voortdurend toetse om landboupraktyke te verbeter. Een so ՚n toets het die doeltreffendheid van kunsmisplasing op verskillende dieptes bepaal. ՚n Orthman 1tRIPr met kunsmisbakke is gebruik om vier verskillende proefblokke op die proefplaas naby Heidelberg voor te berei. Die gewasse in die proefblokke, asook die konvensionele aanplantings, se groei is met mekaar vergelyk. Met die ondersteuning van Mike Petersen het Brian Nieuwoudt tydens hierdie sessie noukeurig vertel wat die uitslag van die proewe was: “Die wortels kom op verskillende stadiums van groei in kontak met voedingstowwe wat verskillende reaksies toon in terme van die plant se gesondheid en groei. Fisiologiese reaksies gedurende die vroeë groeistadiums van gewasse kan ՚n groot impak op die plant se ontwikkeling hê. Die vroeë wortelontwikkeling en opwarmingseffek skep gedurende die hele seisoen 'n ideale groei-omgewing vir gewasse. Dit verbeter opbrengs.”
Dag 4 en 5: Boere wêreldwyd se getuigskrifte
suksesverhale gedeel. Hierdie verhale vertel hoe strookbewerking hulle siening oor die bewerking van hulle lande beïnvloed het en wat hulle laat besluit het om juis met Orthmanpresisiewerktuie te boer. “Vandat ek strookbewerking begin toepas het, het die organiese materiaal in die grond drasties vermeerder, aangesien die grond minder bewerk en versteur word,” sê Pieter Prinsloo van Wilternand-boerdery in die Reitz-distrik.
Pat McNaugt, boer van die VSA, lê klem op die doeltreffendheid van strookbewerking en hoe dit sy grond se toestand aansienlik verbeter het. Hierdie natuurlike grondekosisteem kan slegs met min of geen versteuring bestaan. Verminderde bewerking, wat slegs die wortelsone versteur, maak optimale wortelontwikkeling moontlik.
Dries Terblanche van AWHE-boerdery in die Vrystaat noem dat hulle baie stofstorms het, wat grond grootskaals wegwaai. Dries en sy pa het besef dat hulle dinge nie op dieselfde manier kan doen soos jare gelede nie en om winsgewendheid en volhoubaarheid op hul plaas te handhaaf, moes hulle aan ՚n alternatief dink. “Ons het al vantevore Orthmanwerktuie gesien, maar vandat ons die keuse gemaak het om self een aan te skaf, het dit die wêreld se verskil gemaak,” sê Dries. Mike Petersen benadruk dat boere moet wegbeweeg van die praktyk om plantreste en die veld te verbrand.
Mike, Brian en boere in gesprek oor die Orthman-toerusting en die positiewe impak van strookbewerking. Presisiestrookbewerking bied ՚n skoon, vlak, saadgereed saadbed in ՚n verskeidenheid veldtoestande.
Strookbewerking het ՚n beduidende vermindering van afloopwater en meer doeltreffende infiltrasie in die grond tot gevolg. Al die boere getuig daarvan dat hulle grond meer beskermd is, laer insetkostes vereis en meer presiese en akkurate toediening van kunsmis moontlik maak. Al hoe meer Suid-Afrikaanse boere besef die waarde van strookbewerking. Orthman bied al die ondersteuning en leiding in hierdie konsep wat vir baie Suid-Afrikaanse boere nuut, maar tot groot nut, kan wees. Brian se finale woorde is: “Ons volg 'n kliëntoplossingsbenadering om perfek by die spesifieke behoeftes van boere in hulle unieke gebiede te voorsien.” Indien jy nie die aanlynkonferensie kon bywoon nie, het jy voorwaar ’n wonderlike geleentheid misgeloop. Maar ook daarvoor maak ՚n boer ՚n plan: Die goeie nuus is dat jy toegang tot die opnames van die aanbiedings het op Orthman se Facebook-blad en Youtube-kanaal.
Vir verdere inligting, stuur ’n e-pos aan Brian Nieuwoudt by salesoal@orthman.com of kontak hom by 012-940-2155 of 076-283-0766. Skakel ook gerus vir Graham Bekker by 071-8387314 of besoek Orthman se interessante en insiggewende webwerf by www.orthman.com.
Jou volgende trekker is op Agri4all.com
asook jou volgende ploeg, dis, spuit, pomp, sleepwa, bok, skaap, bees, hoender, eend, huis, plaas, pyp, plot, dam, voermenger, stroper, planter, saadsif, baler, hark, onkruiddoder, bakkie, kunsmis, spilpunt, trok, voertrog, beeskraal, landboukursus, vellie, veiling, beheerkas, filter, TLB, draad, vurkhuiser, hamermeul, skraper, wildsbok, hoenderhok, mieliesaad, weegskaal, verkyker, teleskoop,