Gewasproduksie
snoei koste en steun groei
Presisie-strookbewerkingkonferensie
deur Bianca Henning
K
waai kopkrap is met vandag se landboubedryf van lae winsgrense en hoë insetkoste nodig om die regte besluit te neem oor boerderypraktyke en -toerusting. Dit is noodsaaklik dat elke ding wat die boer aanskaf vir hom koste moet bespaar, doeltreffendheid moet verbeter en opbrengs moet verhoog. Die besluit is soms moeilik, want daar is verskillende produksiemetodes en ՚n swetterjoel werktuigfabrikate met verskillende modelle waaruit gekies moet word. Gelukkig vir boere maak ProAgri die keuse makliker, want ProAgri se mense gaan kyk self op plase hoe die werktuie werk en gesels eerlik met boere om hulle mening oor toerusting wat hulle gebruik te hoor. Verskaffers van werktuie het in die dae voor COVID graag boeredae gehou waar boere self die werktuie wat hulle aanbied kon bekyk, bevoel, bespreek en selfs bevraagteken. Die regering se inperkings het wel ՚n stokkie voor boeredae en landbouskoue gesteek, maar hulle kon nog nie regkry om boere te verhoed om ՚n plan te maak nie. Hierdie keer is die plan
om boerebyeenkomste na digitale platforms verskuif en so nuwe geleenthede uit die moeilike situasie te skep. As leier in landboutegnologie het Orthman sy eerste gratis aanlynstrookbewerkingkonferensie in April op verskeie platforms aangebied. So kon boere sien en beleef hoe Orthman as voorloper van presisiestrookbewerking voortdurend nuwe maniere ontwikkel om boere vooruit te laat boer. Die aanlynkonferensie het vyf dae geduur en is aangebied en bestuur deur Brian Nieuwoudt, streekbestuurder en produkspesialis van Orthman. Die konferensie het hoofsaaklik gehandel oor die gewilde strookbewerkingstelsel en die voordele wat dit vir boere inhou. Dit het interaktiewe paneelgesprekke tussen Orthman, Bayer en ervare boere in die veld ingesluit. Met daaglikse temas kon kundiges en boere van regoor die wêreld hulle navorsingsbevindings, ervarings en vernuwende praktyke van Orthman se unieke presisie-strookbewerkingstelsels en -werktuie met mekaar bespreek en deel. Een van die paneellede was Mike Petersen, hooflandboukundige van
Orthman, 'n grondwetenskaplike met 45 jaar ervaring wat hy in verskeie dele van Suid-Afrika en in tien ander lande opgedoen het. Justin Troudt, visepresident: Verkope en Bemarking van Orthman, Mark Reiman van Bayer VSA en Richard Fly van Bayer SA, was genooide sprekers wat waardevolle inligting gedeel het.
Die konferensie het só verloop: Dag 1: Oorsig van maatskappy Orthman is 'n wêreldwye vervaardiger van landboutoerusting, met die fokus op lewering van gehalte en goed ontwerpte oplossings vir alle boere. Orthman doen sake in 19 verskillende lande. Strookbewerking se klein verskille lei tot groot moontlikhede vir beter groei en opbrengs, natuurlik altyd afhangend van klimaatstoestande en reën. Die 1tRIPr is ontwerp en gebou om jare lank te hou en berus op die drie beginsels van presisiestrookbewerking: Ideale saadbedvoorbereiding Die 1tRIPr maak die beste gebruik van die beskikbare grondvog, wat vinniger ontkieming aanhelp. Hy skep ՚n eenvormige, ferm, warm saadbedding met goeie saadtot-grond-kontak. Presisie-voedingsplasing Die 1tRIPr werk met droë, vloeibare of NH3-kunsmis en die onafhanklike ry-dieptebeheer plaas veelvuldige voedingstowwe op verstelbare dieptes vir doeltreffende groei in al die stadiums.
Mike Petersen, hooflandboukundige van Orthman en grondwetenskaplike met 45 jaar ervaring in die veld.
Optimale wortelsonekondisionering Die 1tRIPr skep 'n ideale omgewing vir die hele groeisiklus deur ondergrondse leemtes uit te skakel en voordelige porieë in die grond te skep. Die vroeë wortelontwikkeling verhoog opbrengs.
Dag 2: Grondgesondheid
Richard Fly (bo) van Bayer SA en Mark Reiman (onder) van Bayer VSA het waardevolle inligting oor grond- en plant-gesondheid gedeel. 4
ProAgri 255 – Mei / May 2021
Brian Nieuwoudt, streekbestuurder en produkspesialis van Orthman, het die Orthman se strookbewerkingkonferensie gelei.
Mike Petersen, hooflandboukundige by Orthman in die VSA, het ingeskakel om sy rype ervaring en kundigheid met boere te deel. Volgens hom is vertikale bewerking, bestuur van plantreste,
www.proagri.co.za