ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
No / Nr 263 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
Boerbokbedryf groei sterk en gesond
Valtra BH 194 Die boer se droomtrekker
ReMaCon se Yfel: Die antwoord vir berging
Spilpunt staan dekades sterk www.agri4all.com www.proagri.co.za
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 263
01
Valley 365 Machine Diagnostics Because Your Pivot is Made for More.
We See Things Differently.
Features:
You may see a pivot as the necessary tool to water crops for greater yield potential. True as that is, we know it’s made for more and it’s only as smart as the technology you put into it.
•
Know which tower is out of alignment even before arriving at the pivot.
•
Stay informed of tire pressure status at each tower.
•
X-Tec fault detection alerts with status details help minimize troubleshooting downtime.
•
Monitor your pivot’s water pressure at each tower to assure uniform application in varying terrain.
Machine Diagnostics, the newest innovation from Valley Irrigation, is now available when you connect to Valley 365®. This industry-leading technology provides detailed insight and alerts to changes in pivot performance and health. Through sensor driven technology, you can optimize the health of your pivot as it pinpoints the exact location of a fault related to alignment, tire inflation, motor and gearbox, or water application.
02
valleyirrigation.com
ProAgri Suid-Afrika 263
®
www.proagri.co.za
®
Op ons voorblad
2022 wag! “S
top die aarde, ek wil afklim!” Wie van ons het nog nie so gevoel nie? Die dae word al korter, die werk al meer en die uitdagings al groter. Daar is nie eers meer kans om ’n bietjie briek aan te draai oor Kerstyd nie. 2021 spoeg ons uit en as jy nie 2022 reeds op ՚n drafstap ingaan nie, gaan jy val en bly lê. Of so voel dit … Ongelukkig is daar geen trooswoorde nie, want dit is soos dit is. Om stil te staan in boerdery beteken uiteindelik dat jy agteruit boer, want die res van die wêreld gaan by jou verby. Tegnologie en boerderymetodes ontwikkel vinniger as wat die riemtelegram die nuus kan aandra. Partykeer vat die navorsing ons terug na waar ons voorouers begin het, na ons wortels toe. Ons boer nou weer saam met die natuur en beveg dit nie op elke front nie, maar die toerusting wat beskikbaar is om wyd en vlak en vinnig en nader aan die natuur te boer is heel anders. Jy hoef nie eers meer te kan buk om te boer nie! My 88-jarige pa het onlangs die kleinkinders verstom met sy herinneringe van koring met ՚n sekel sny, in gerwe bind en op ՚n mied pak. ՚n Paar gesinne het saam op ՚n plaas geboer en meer seuns het ՚n beter oes verseker. Die vrug van almal se arbeid was genoeg om van te leef, maar luuksheid was beperk tot ՚n beurt om in warm water in die koue sneeuwêreld te bad. Tog, uit daardie geslag is die grootste tegnologiese omwentelings gebore. Dit
is die geslag wat letterlik van die perdekar na die ruimteskip beweeg het en as jy ongeduldig wil raak omdat die ou vingers en brein sukkel om teksboodskappe op ՚n slimfoon te tik, stap uit en gaan sny koring met ՚n sekel vir ՚n dag lank. Wanneer jy jou tekkies aantrek om die nuwe jaar in te draf, onthou net om die wortels van jou herkoms en jou waardes saam dra, want as die stortreën die hoenderhokke oorspoel en jy 50 000 hoenders verloor, of die hael klits al jou vrugte weg en slaan 300 lammers dood, of ՚n veldbrand verwoes jou weiding, dan is dit jou wortels en jou waardes wat jou daardeur kan dra. By ProAgri het ons ook ons drafskoene aan en ons is besig om die hele Afrika vol te groei. Ons adverteerders kan nou al 15-miljoen mense in agt-en-twintig lande bereik. Om dit reg te kry, is ons redaksionele span ook uitgebrei en ons verwelkom graag vir Maryna Steyn en Natasha Kruger in die span. Alle sterkte aan hulle en ook aan elke leser en adverteerder. Kom ons laat die tekkies klap in 2022! Lekker lees! Annemarie Bremner
Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 3. Agrico-spilpunt dien steeds getrou na 20 jaar
3
Meganisasie 5. Valtra BH 194 Hoë-tegnologie – bekend, betroubaar, bekostigbaar 7. Nuwe leier vat Scania se stuur in Suider-Afrika Gewasproduksie 9. Valley put nut uit elke druppel water Hulpbronbestuur 13. Garob wind farm ready for commercial operation 15. New lubes to make your farm run smoothly 17. ReMaCon: Die oplossing vir bergingsruimte van droë materiaal 19. Grondeienaars in warm water oor damme 25. Stygende insetkoste knou boere regoor Suid-Afrika Vee en Wild 28. Boerbokbedryf groei sterk en gesond 31. Boer intensief vir meer wins 34. Melkboer boer klimaatslim en bespaar geld 38. www.proagri.co.za
5
9
19
34
Agrico spilpunt besproei al vir 20 jaar lank getrou – lees meer op bladsy 3.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za Copyright © 2021. All rights r eserved. No m aterial, text or photographs may be r eproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions e xpressed are not n ecessarily those of the publisher or of the e ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r espective o wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
Business-to-business: Agriculture ABC
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Verslaggewers Bianca Henning > 082-326-2572 bianca@proagri.co.za Maryna Steyn > +27 82-261-9177 maryna@proagri.co.za Natasha Kruger > +27 81-736-4236 natasha@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 benine@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder Diane Grobler > 082-555-6866 diane@proagri.co.za Bemarkers Xander Pieterse > 062-391-6507 xander@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 johan@proagri.co.za Anelda Strauss > 076-687-4419 anelda@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 tiny@proagri.co.za Janine Vermaak > 071-872-3059 janine@proagri.co.za Lelani Botha > +27 74-424-0055 lelani@proagri.co.za Kreatiewe bestuurder Christiaan Joubert > 072-419-3990 christiaan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Michelle Kruger & Lizelle Erasmus Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz > 084-233-0123 carin@proagri.co.za Navrae Engela Botha > 073-663-1234 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Schluter > 084-088-0123 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 nita@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler
ProAgri South Africa 263
1
Die 5E 3-silinder trekker Die antwoord op hoë produktiwiteit en lae instandhoudings-
kostes. Ervaar die verskil met ons duursame transmissie asook ander hoë gehalte eienskappe.
Beskikbaar in 55 - 75 perdekrag (41 -56 kW).
Kontak jou naaste handelaar.
Glo in meer
*Bepalings en voorwaardes geld. (beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan) www.deere.com/sub-saharan I africa@johndeere.com I Kliëntediens: 0800 983 821 2
ProAgri Suid-Afrika 263
JohnDeereAfrica
www.proagri.co.za
Voorbladartikel
Werner Jacobs, boer, en Jaco Swarts van die Agrico-span, by Werner se eerste Agrico-spilpunt wat reeds sedert 2001 werk. deur Bianca Henning
Agrico-spilpunt dien steeds getrou na 20 jaar
B
ehoorlike besproeiing kan die verskil tussen ՚n suksesvolle of mislukte oes beteken. Tog is ՚n spilpunt ՚n groot uitgawe vir die boer. Juis daarom is dit billik om waarde vir jou belegging te verwag. ՚n Boer benodig ՚n doeltreffende, betroubare en duursame masjien, gerugsteun met spoedige diens, kundige raad en deeglike begrip van die boer se behoeftes. Volgens Werner Jacobs, wat op De Lagersdrif naby Stofberg boer, bied Agrico dit alles en nog meer! Werner kweek kontantgewasse en hou ook Dorper-skape en Boran-beeste aan. Hy plant 40 ha gewasse onder besproeiing; mielies en sojabone in die somer, en hawer, koring, lusern en Japanese radyse in die winter. Na Werner se besluit om ՚n spilpunt aan te skaf, het hy aanvanklik ՚n ander verskaffer genader. Nadat hy maande lank tevergeefs gewag het op ՚n reaksie, het hy Agrico gekontak. Binne drie weke was die spilpunt op die plaas afgelewer, opgerig en gereed vir flukse werk. Hoe’s daai vir diens? Werner het sy eerste Agrico-spilpunt in 2001 aangekoop. Min het hy geweet dat daardie einste spilpunt vandag nog vlytig sou werk. “Wanneer jy ՚n Agricospilpunt koop weet jy wat die gehalte is
Die oudste spilpunt op Werner Jacobs se plaas besproei sy gewasse getrou vir die afgelope 20 jaar. wat jy kry, en die kanse dat jy probleme sal ondervind is skraal,” sê hy. Die afgelope paar jaar het Werner verskeie Agrico-spilpunte op sy plaas bygevoeg. Vandag spog hy met ses Agrico-spilpunte en oorweeg nog in die toekoms. Wanneer jy toerusting by Agrico koop, weet jou geld is goed aangewend, glo hy. Sedert sy eerste Agrico-spilpunt op die been gekom het, het nie ՚n enkele een ineengestort nie. Hierdie 20-jaar oue veteraanspilpunt het al oor die 19 000 uur gewerk en toon steeds geen teken van uitputting of opgee nie. “Agrico se spilpunte is regtig taai. Net soos met enige spilpunt, oud of
Werner Jacobs se Dorper-skape floreer op Japanese radyse onder die Agrico-besproeiingstelsel. www.proagri.co.za
jonk, doen ons steeds basiese onderhoud, maar die feit dat hierdie een steeds sonder ernstige probleme werk, is verstommend,” vertel Werner. Jaco Swarts van die Agrico-tak in Nigel is altyd beskikbaar wanneer Werner hom nodig kry. “Wat ek die meeste waardeer van Jaco, is dat hy ՚n WhatsApp-groep vir al sy kliënte geskep het waar hy weekliks by ons inloer. Ek hoef nooit te wag om van hom te hoor nie en hy gee altyd terugvoering. Wanneer ek iets benodig, lewer hy dit op my voorstoep af,” voeg hy by. Agrico se spilpunte bied die boer die gemoedsrus dat sy weiding en gewasse nie benadeel sal word deur die droogte nie. ՚n Klein belegging is dit nie, maar dit is noodsaaklik vir die boer wat sy plaasaktiwiteite wil uitbrei en goeie opbrengste wil verseker. Werner gebruik die gewasse wat onder besproeiing is om sy herfs- en wintervoedingsgaping aan te vul en die onkoste van bykomende voer te verminder. “Besproeiing van die gewasse soos nodig stel ons in staat om genoeg voer vir ons vee te verseker deur die wintermaande,” sê Werner. Werner beskryf die voordele wat Agrico-spilpunte vir hom inhou soos volg: • Relatiewe lae insetkoste • Lae arbeidsvereistes • Maklik om te bestuur • Lae onderhoudskoste • Lang leeftyd Al Werner se nuwe spilpunte is toegerus met Agrico se ‘Cablesaver’ wat die kabels teen diefstal beskerm. “Agrico is altyd beskikbaar vir onderhoud of raad wanneer die nood druk, of om self te kom help om probleme te voorkom,” sê Werner. Agrico bied ՚n eenstopdiens vir spilpunte: opmeting, ontwerp, vervaardiging, aflewering, oprigting en naverkopediens. Om meer uit te vind oor die voordele van ՚n Agrico-spilpunt, kontak Agrico by +27 (0)83-4555423 of +27 (0)21-950-4111. Stuur ook gerus ՚n e-pos aan sales@ agrico.co.za, of besoek hulle webtuiste by www.agrico.co.za. ProAgri South Africa 263
3
RUBIN 10 HIGH EFFICIENCY. HIGH ACREAGE. HIGH YIELDS.
RUBIN 10 - its superior clearance and 25” discs allow the Rubin 10 to work and control a greater amount of organic matter. Its symmetrical arrangement of discs is unique in the industry and ensures work in a straight line without any lateral offset. Working in a straight line saves fuel and optimizes GPS guidance.
■ Hydraulic depth control adjustable from the tractor cab. ■ Unique symmetrical disc arrangement for optimized GPS and fuel economy. ■ Individually mounted and guided discs with non-stop spring-loaded safety device for high speed work.
Contact your nearest dealer to find out more about LEMKEN Karel Munnik, director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com Blackie Swart, area sales manager, 082 404 9651, b.swart@lemken.com
4
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Die boer se trekkerdroom word waar! deur Bianca Henning
՚n
Belangrike dryfveer vir groei in die landboubedryf van Afrika is plaasmeganisasie. Om steeds die heel voorste tegnologie aan boere te verskaf, het Valtra onlangs hulle splinternuwe BH Generasie 4 - BH4 Hi-tech-trekker bekendgestel. Die BH 194 is gereed vir satellietbeheer met outostuur en kan toegerus word met ՚n GPS-ontvanger van jou keuse vir presisiewerk. Hierdie trekker is deur boere verwelkom as ՚n werkesel wat moeilik is om te klop, aangesien dit maksimum uitset lewer sonder om eenvoud en betroubaarheid op te offer. Jy kan nou met ՚n bekostigbare swaardienstrekker werk wat al die gevorderde dinge kan doen wat die moderne boer nodig het. Gebou in Brasilië - ideaal vir harde werk in Afrika Valtra-trekkers vanuit Brasilië werk al sedert 2001 fluks in Suid-Afrika. Die vorige geslag BM- en BH-trekkers was welbekend vir hulle eenvoud en lang lewe. Die BH 180 se prestasie was ongeëwenaard, en die BM 110's loop steeds lag-lag en sonder groot herstelwerk met meer as 30 000 uur agter die rug. Hierdie vierdegenerasietrekker neem die beste kenmerke van sy voorgangers en voeg daarby die gebruikersvriendelike kenmerke wat nodig is vir presisieboerdery en moderne werktuie.
Die gesig van krag, betroubaarheid, vernuwing, veelsydigheid en bekostigbaarheid — die Valtra BH 194 Hi-Tech trekker. www.proagri.co.za
Onverbeterlike enjin Die nuwe Valtra BH 194 Hi-tech-trekker word aangedryf deur die onverbeterlike 6,6-liter, sessilinder AGCO Power-enjin, bekend vir sy lae brandstofverbruik en betroubaarheid. Die onderdele van die AGCO Power-enjin is dieselfde as dié wat gebruik word in die welbekende Valtra-trekkers wat in Finland vervaardig word. Die tussenverkoeler is bo die verkoeler sodat die lug van bo af deur die verkoeler vloei en dan agter deur die waaier gaan. Die enjinkompartement onder die verkoeler is geseël om te verseker dat alle lug van bo af inkom sodat stof en grassade nie die verkoeler verstop nie. Meer werkverrigting met minder diesel Die trekker het ՚n sesspoedratkas met ՚n driespoed-kragwisselaar wat beteken dat die trekker 18 vorentoe- en 18 truratte het, met ՚n gerieflike hefboompie vir vorentoe-en-truskakeling byderhand langs die stuurwiel. Die drie kragwisselings in elke rat kan geprogrammeer word om outomaties oor te skakel vir gladde werking en om deurgaans die mees geskikte omwentelings en spoed te handhaaf sodat elke druppel diesel ten beste benut word. Hidroulika wat enige taak baasraak Die koms van nuwe werktuie en die behoefte aan satellietbeheer en presisieboerdery, vereis hidrouliese stelsels
Swaardienshyser Die BH 4 se elektronies beheerde swaardienshys lig lag-lag 7 850 kg op, wat hierdie trekker perfek maak vir swaarder werktuie. Swaar konstruksie en ՚n gunstige gewigverspreiding maak die trekker perfek vir die vervoer van swaar vragte. Kajuit gebou vir gemak en beheer Al die kontroles in die kajuit is strategies en logies geplaas — wat dit eenvoudig en prakties maak om te verstaan en te gebruik. Die gemaklike, luggeveerde sitplek en klimaatbeheer in die kajuit stel die bestuurder in staat om lang ure te werk sonder om moeg te word. Die trekker het die perfekte gewigsbalans om swaar vragte met gemak te hanteer. Die vorm van die gewigrame stel die trekker in staat om korter te krink en ratser te werk. Waarborg Alle Valtra-trekkers word vir een jaar gewaarborg, sonder enige beperking op ure gewerk. Daarbenewens het alle versienings wat by een van die handelaars met oorspronklike onderdele gedoen word, ՚n eenjaarwaarborg, ongeag die jaar waarin jou trekker vervaardig is. Die BH4-reeks trekkers het 500 uur diensintervalle vir laer bedryfskoste. Valtrac is bekend vir legendariese diens, gegrond op hulle oortuiging dat ՚n trekker net nut vir die boer het solank dit die werk doen waarvoor dit aangekoop was. By Valtrac is manktyd ՚n uiters ongewenste woord, en alles moontlik word gedoen om gebruik van die woord uit te skakel. Wynn Dedwith, direkteur van Valtrac, sê: "Die Valtrac-span is weereens opgewonde om 'n betroubare trekker met genoeg tegnologie aan te bied om in die behoeftes van Suid-Afrika en Afrika se boere te voorsien." Is jy op soek na ՚n betroubare trekkervennoot vir jou plaas? Soek nie verder as Valtra van Valtrac nie. Praat met Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056817-7308, of stuur ՚n e-pos aan attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook www.valtrac.co.za.
ProAgri South Africa 263
5
Meganisasie
Valtra BH 194 Hoë-tegnologie – bekend, betroubaar, bekostigbaar:
met hoër lewering. Die trekkerreeks is vervaardig met die Brasiliaanse suikerrietbedryf in gedagte, waar die olievloei en die eksterne volume belangrik is om die suikerriet uit die wipwaens te laai. Die HiFlow II geslote hidrouliese stelsel lewer 170 liter per minuut vanaf ՚n aparte olietenk, waardeur enige moontlike besmetting van die ratkasolie voorkom word. Die trekker is toegerus met drie hidrouliese kleppe en ՚n terugkeerklep. Daar is vloeibeheer op al drie kleppe.
Meganisasie
Redef Redefining your tot total cost of al owne ownership
Use proven Use 10% fuel savings proven to pay zero 10% monthly maintenance monthl costs y maint
Admin and services Driver
Fuel
Repair and maintenance Vehicle
Using the Scania New Using Generation proven fuel the efficiencyScania cost savings to maintain every New truck at zero Gene cost, has the potential cost, to remove significant has costs from the an operator’s potential total cost of ownership. This is to re revenue that can boost revenue profitability giving New Generation that Truck owners can a compelling boost and sustainable pro competitive advantage. competitive advantage.
Get the gamechanger. Get Get the Scania the New Truck gamechanger. Generation. Get
Redefine total cost of ownership. Redefine Visit www.fuelefficiency.co.za total cost of ownership. Visi 6*FuelProAgri Suid-Afrika 263*Fuel www.proagri.co.za consumption figures calculated using monthly dataconsumption collected from figures calculated using month Scania Fleet management monitoring Scania system on the NTG R500. Fleet
management
monitoring
system
on
t
Meganisasie
Nuwe leier vat Scania se stuur in Suider-Afrika S
cania begin die nuwe jaar met ՚n nuwe bestuurder wat die leisels vasvat in Suider-Afrika. Die Suider-Afrikaanse mark is een van die maatskappy se strategiese streeksgroeipunte. Scania het 50 000 werknemers in sowat 100 lande, met hulle verkope- en diensnetwerk strategies geplaas waar hulle kliënte hulle ook al nodig het. Na ՚n tydperk wat sterk op groei gefokus is, het Scania besluit om wêreldwyd verskeie veranderinge aan sy kommersiële bedrywighede te aan te bring, wat ՚n versterkte strategiese ommeswaai in die Scania-groep se streeksentrums sal meebring. As deel van hierdie aksie het Scania die aanstelling van Erik Bergvall as die nuwe besturende direkteur vir SuiderAfrika aangekondig. Erik neem oor by Fabio Souza, wat aan die einde van 2021 na Brasilië teruggekeer het as die besturende direkteur daar. Erik het reeds talle senior leierskaprolle vervul gedurende sy 14-jaarloopbaan by Scania. Die mees onlangse was besturende direkteur van Scania Midde-Ooste, waar hy sterk groei in sowel voertuigverkope as naverkopediens bewerkstellig het, terwyl hy verskeie nuwe volhoubare vervoeroplossings aan die Golfstreek bekend gestel het. Voor dit was hy streekdirekteur, verantwoordelik vir die Noordwesstreek van Scania in Duitsland. Hy het ՚n Meestersgraad in Bedryfsingenieurswese en Bestuur aan die Linkoping Universiteit van Tegnologie in Swede verwerf. Erik se fokus as besturende direkteur van Scania Suider-Afrika sal die versterking van Scania se aanbieding aan kliënte wees, met besondere klem op die bekendstelling van nuwe ontwikkelings wat ontwerp is om hulle winsgewendheid en bedryfsdoeltreffendheid te verhoog. www.proagri.co.za
Scania het 50 000 werknemers in 100 lande en Suider-Afrika is een van hulle strategiese groeipunte. In die vragmotorwêreld is Scania die voorloper in die vestiging van noue bande met hulle kliënte, en hulle doen moeite om kliënte se sakebedrywighede te verstaan en die regte pasgemaakte oplossings vir hulle vervoerbehoeftes te vind. Soos in die res van die wêreldmark, is Suider-Afrika se vervoerbedryf gereed om aan te pas en die voordele van digitalisering te aanvaar, wat daarop gemik is om doeltreffendheid te verbeter, koste te verminder en diensvlakke te verhoog, terwyl die impak op die omgewing ook verminder word. As nuwe bestuurder is Erik goed geplaas om Scania se interne span tot ՚n sterk groei in verkope te ondersteun. Scania Suider-Afrika se verhoogde vermoë om hulle kliënte se sakegroei te ondersteun deur een-tot-een vennootskappe, ongeëwenaarde brandstofdoeltreffendheid en gevorderde tegnologiese ontwikkelings, lui ՚n nuwe era vir plaaslike vervoeroperateurs in. Erik sien uit daarna om hierdie veranderinge te bestuur en om voort te bou op Scania se reputasie as ՚n leier in die plaaslike vervoerbedryf.
Erik Bervall is Scania SA se nuwe besturende direkteur. ProAgri South Africa 263
7
8
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
deur Natasha Kruger
Gewasproduksie
Janco Joubert van Orma Boerdery se wenfoto in die Wys my jou Valley-fotokompetisie.
Valley put nut uit elke druppel water D
ie wondermiddel wat alle groei moontlik maak is water. Dit weet ons almal. Ongelukkig is reën wisselvallig, daarom moet boere ander planne maak om hulle gewasse water te gee. Daar is verskeie maniere waarop dit gedoen kan word, maar die doeltreffendste, betroubaarste, lonendste manier met die beste resultate en die minste sukkel is ՚n Valley-spilpunt. Janco Joubert is ՚n wakker jong boer van Orma Boerdery op die familieplaas in die Thabazimbi omgewing. Orma Boerdery bestaan nou al vir 23 jaar. Die boerdery produseer drie soorte graan en tien soorte groente, maar het ook ՚n gedeelte met weiding vir beeste. Hulle is veral bekend vir hulle groente van uitmuntende gehalte en hulle suikersoet waatlemoene. Asof dit nie genoeg is nie, het die boerdery onlangs voelers begin uitsteek na die wildbedryf. Die Thabazimbi-omgewing waar die boerdery geleë is kan as droog beskou word en hulle is van die Krokodilrivier afhanklik vir besproeiing. Water is kosbaar en gewasse kan nie bekostig om selfs vir ՚n kort tydjie daarsonder te bly nie. Daarom vertrou Orma Boerdery Valley se spilpunte om al hulle gewasse te besproei. Geen kanse word gewaag nie en net die beste is goed genoeg. Orma Boerdery se paadjie met Valley het begin toe hulle groot oppervlaktes ekonomies wou besproei. Valley se uitstekende naverkoopdiens en die manier waarop hulle na hulle boere omsien, het Janco beïndruk. “Valley het diep spore in ons boerdery kom trap, omdat dit opbrengste verhoog het, besproeiing meer ekonomies gemaak het, minder krag gebruik en minder arbeid benodig. ՚n Valley-spilpunt maak vinniger ՚n groter oppervlakte nat en jy hoef hom nie konstant op te pas nie,” verklaar Janco. Die eerste Valley-spilpunt wat Orma Boerdery in 2005 aangeskaf het, was ՚n skuifbare model wat op twee verskillende sirkels gebruik kan word. Vandag is daar vier spilpunte op die plaas. www.proagri.co.za
Wat kan vir ՚n boer mooier wees as ՚n asemrowende sonsak oor ՚n land vol gesonde uie onder Valleybesproeiing? (Foto deur Janco Joubert) “My mening is dat Valley se struktuur ver bo die res uitstaan,” sê Janco. “Dit is ՚n sterk struktuur met sterk onderdele en dit bly maar net ՚n mooi spilpunt.” Valley-spilpunte bring baie voordele vir Janco se boerdery omdat dit die gewasse vinniger en meer egalig besproei sonder om rye gewasse te versuip of droë kolle te laat. Janco beheer nog hulle spilpunte met die hand, maar beoog om binnekort na selfoonbeheer oor te skakel. “Wat ek van die selfoonbeheer gesien het, maak ՚n astronomiese verskil en dit is verstommend om te sien wat alles vandag met tegnologie gedoen kan word. Jy kan enige plek in die wêreld wees en steeds jou spilpunte op die plaas beheer.” Hy glo dat Valley op die toekoms van die landbousektor gefokus is sodat die beheer en werking van die masjiene net by die dag makliker word. Janco se Valley-spilpunte sorg mooi vir hom, daarom sorg hy ook mooi vir hulle, al verg hulle die minimum aandag. Na elke seisoen gaan hy sy spilpunte deeglik na vir enige probleme, waarvan daar nogal min is. Indien onderhoud nodig word, word dit eenvoudig en maklik hanteer. “Ek glo enigiets is so goed soos jy dit oppas,” sê Janco. Valley se onlangse kompetisie, “Wys my jou Valley”, het boere die geleentheid gegee om hulle skeppende
Geoeste uie op Orma boerdery se land.(Foto deur Janco Joubert) vaardigheid te wys met foto’s van hulle spilpunte. Janco het een van sy spilpuntfoto’s op Facebook gelaai. Valley het op sy foto kommentaar gelewer en hom aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf. Vir ՚n week lank het hy gehuiwer, maar uiteindelik het hy die kans gewaag. Kort daarna is Janco se eerste spilpuntfoto as die wenner aangekondig. “Ek dink dit is ՚n wonderlike inisiatief van Valley se kant om ՚n bietjie iets uniek aan te bied vir fotograwe, boere en wie ook al nog belangstel,” voeg hy by. Vir Janco is boerdery iets waarmee hy gebore is en ՚n leefstyl. “Daar’s definitief meer as ՚n handjievol dinge wat my aanspoor as jong boer: My vingers in die grond en die reuk van vars omgedolwe grond, skoon lug, die gebrul van trekkers, die stof van stropers, Valley-spilpunte oor die groen gewasse, en natuurlik onvergeetlike sonopkomste oor die berge en sonsondergange oor die horison,” verduidelik Janco. Hy weet dat omstandighede taaier en moeiliker word, maar hy daag ander jong boere uit om, soos hy, die uitdagings aan die horings beet te pak ... en met Valley kan jy net wen.
Valley bied uitstekende diens aan boere oral in die land. Om meer uit te vind, kontak Francois Griesel by francois.griesel@valmont. com of 067-412-9089.
ProAgri South Africa 263
9
Gewasproduksie
LANDBOU TOT DIE MAG PIONEER Ons toewyding om landbou-oplossings te vind wat opbrengste kan verbeter en produktiwiteit kan verhoog, bly die hoeksteen van ons besigheid - vir boere regoor die wêreld.
pioneer.com/za info.rsa@pioneer.com
™ ® Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en geaffilieerde maatskappye. © 2021 Corteva. 10
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
BELÊ IN DIE TOEKOMS VAN JOU PLAAS. BESPROEI MET ZIMMATIC SPILPUNTE EN ERVAAR ONGEËWENAARDE DUURSAAMHEID. PASGEMAAKTE BESPROEIINGSOPLOSSINGS!
KOMBINEER FIELDNET SE TEGNOLOGIE MET JOU SPILPUNT EN BEHEER JOU BESPROEIING VAN ENIGE PLEK IN DIE WÊRELD.
Kontak vir Tanya Brits op +27 82 853 0265 of besoek www.zimmatic.com vandag nog! www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
11
DIE
Patrick Ellis
RAAMWERK
VIR SUKSES
031 350 4525
www.reinke.com 12 ProAgri Suid-Afrika 263
patrickellis@reinke.com www.proagri.co.za
Garob wind farm ready for commercial operation Article supplied
G
arob wind farm, which is located near the remote Northern Cape town of Copperton in the Siyathemba local municipality, will be able to generate 573 GWh every year, potentially preventing the emission of approximately 600 000 tonnes of CO2 into the atmosphere annually. The facility is situated in the Northern Cape province, an area that is fast becoming a renewable energy hub in South Africa due to the growing number of solar and wind farms in the region. Awarded to Enel Green Power in April 2015 as part of the fourth tender round of South Africa’s Renewable Energy Independent Power Producer Procurement Programme (REIPPPP), the wind farm is supported by a 20-year Power Purchase Agreement with the South African energy utility provider, Eskom. EGP RSA is working to enlarge its asset portfolio with new investments both for future regulated tenders and private PPAs with South African industrial and commercial clients. This brings the number of operational Enel Green Power RSA wind and solar sites in South Africa up to 10 projects, with an overall installed capacity of more than 800 MW. The other sites are located in five provinces in the country, with Nojoli (88 MW), Gibson Bay (111 MW), Oyster Bay (148 MW) and Nxuba (148 MW) in the Eastern Cape; Upington (10 MW), www.proagri.co.za
Adams (82,5 MW) and Paleisheuwel (82,5 MW) in the Western Cape; Pulida (82,5 MW) in the Free State; Tom Burke (66 MW) in Limpopo; and now, Garob in the Northern Cape. William Price, Country Manager of EGP RSA, says the facility involves over 200 million euros investment in South Africa. The construction of Garob wind farm, which commenced in April 2019, included the on-site building of concrete
Some of these include: • Donation of wooden pallets and cable drums to the communities for making furniture • Issuing of personal protection equipment (PPE) to the Health Workers during the peak of the COVID-19 pandemic • Provision of 100 blankets to old age homes during the winter • Provision of food parcels to 200 vulnerable families at the height of the COVID-19 lockdown • Provision of tablets for 135 Grade 11 students • Granting of full scholarships to two learners to further their education at any university in South Africa • Sponsorship of local sport events with 300 young people participating Now that the site is operational, EGP RSA will launch Enterprise Development (ED) initiatives such as the Herbal Lean Incubation Programme. The programme provides mentoring and support services to start-ups in the agro, bio and food technology field. Additional sustainability projects planned in the Northern Cape Province include the installation of an artificial turf football field that captures and stores rainwater; a water purification facility to clean the rainwater and address water shortages by providing clean drinking water; and free Wi-Fi to local communities.
ProAgri South Africa 263
13
Hulpbronbestuur
towers instead of prefabricated steel towers. The work was completed by local contractors, providing employment for 511 people from the local community at the peak of the construction phase of the project. Several Creating Shared Value (CSV) initiatives have been conducted in underserved communities that are in close proximity to the wind farm.
Hulpbronbestuur 14
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
New lubes to make your farm run smoothly:
Article supplied
Agri range redesigned to highlight robustness and enhance ease-of-use for end users T otalEnergies’ range of Agri Lubricants has been redesigned, with an upgraded design that is not only attractive, but also provides all the necessary product information required to better understand end user application and benefits of use. For more than 60 years, TotalEnergies has been developing new innovations in lubricants for markets across the globe, but one of the oil company’s most notable developments has been a dedicated range of lubricants designed specifically for equipment used in the agricultural sector. “While many lubricants and similar products out in the market can be used in different types of heavy machinery, such as those used in transport and logistics, it’s important to be aware that every industry has different needs. At TotalEnergies, we strongly believe that certain markets deserve a dedicated range of products, therefore, the Agri range is our exclusive brand to
address your demanding agricultural needs. The Agri Lubricants range which has been developed over many years during our long-standing history in the agricultural sector, is the result of this – a dedicated and tailor-made solution that was necessary,” said Jacobus Langenhoven, Lubricants Technical Manager at TotalEnergies Marketing South Africa. The way in which a tractor operates stands in stark contrast to that of a long-distance truck, therefore the products used to service these vehicles should be dedicated to meet their individual needs, while also increasing operational efficiency and lowering maintenance costs. Through years of research in realworld farming conditions, this range has been designed to be compatible with the equipment and technology used by South Africa’s farming community. But to ensure that the products are made even easier to use by manufacturers and consumers, TotalEnergies has also upgraded the packaging of the Agri Lubricants with a new look to help discerning customers. “Apart from the attractive aesthetic, the new design is about putting as much information as possible on the products in a clear, functional way that makes it easy to understand. Any confusion on where and when it should be used, or even the number of original equipment manufacturer (OEM) approvals is now
clearly – and cleverly – part of each container’s design,” said Jacobus. The new design is also dedicated to highlighting how the products have been formulated to promote fuel economy, lower CO2 generation, and help keep equipment up-and-running for longer. The containers also have a built-in counterfeit detection system with quick response (QR) codes that can be scanned by consumers on their mobile phones to determine if the product is legitimate. “We have always made good quality products with great performance, and we often hear of people who interchange products, but they really should not. Performance relates to the specifications that the product meets, while quality speaks more about product consistency. This packaging design is about the quality and performance, and we hope it inspires people to recognise how we have developed each premium formula that they can trust,” said Jacobus. With decades of experience in the sector, TotalEnergies’ Agri Lubricants offer a complete range of innovative products covering all types of application. For more information on the products, as well as supporting material, you can view this information on the Lubricant Online Product Catalogue.
Scan the QR code to view our agriproduct range. www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
15
Hulpbronbestuur
CUSTOM BUILT FEED TROUGHS, THAT WON’T LET YOU DOWN For enquiries about our troughs, contact Stephnie du Plessis at 082 781 1596 or stephnie@remacon.co.za.
Buy it as a seperate unit OR expand your feeding trough to suit your needs. From small-scale to commercial farmers, we have something for you. Our feeding troughs are durable and will withstand any weather conditions. They are easy to handle and eco-friendly.
• Weights between 300 - 500kg • Suitable for cattle, goats and sheep.
REMACON YFEL INSTANT STORAGE SOLUTIONS Yfel is a free-standing, flexible option for dry bulk material separation, bunkering and sand storage solution.
Install 120m of 4m high wall in under 8 hours!
Locally produced
Made from recyclables
Movable
Can be manufactured near sites for large contracts.
Manufactured from 70% recycled materials.
Movable, fast to erect and can be easily relocated.
To view more of our solutions, visit our website www.remacon.co.za
or contact Christopher Cosgrove at 082-880-0184 or christopher@remacon.co.za. 16
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
deur Maryna Steyn
wat dié bewaringsproses gebruik en dit werk so goed dat hulle beplan om nog meer aan te skaf in die toekoms! “Ek beveel ReMaCon se Yfels sterk aan vir ander maatskappye in die landboubedryf en boere,” sê Hardus. “Die gehalte en naverkopediens is uitstekend. Dit is lekker om met ReMaCon se mense saam te werk.
՚n
Wakker kop is nodig om oplossings te vind wanneer bergingsbehoeftes soos ՚n berg voor jou lê. Toe AFGRI bergingsruimte begin nodig kry, was daar twee vereistes waaraan die oplossing moes voldoen: dit moet kostedoeltreffend wees en beperkte oppervlakruimtes ten volle benut. Hardus Dupper, hoofingenieur by AFGRI Graanbestuur, het ՚n produk opgespoor wat presies dit doen en nog meer! Die oplossing? Die ReMaCon Yfel. Hierdie modulêre betonstruktuur werk soos reuse boublokkies wat rondgeskuif kan word om tydelike (of permanente) bergingsruimte te vorm. AFGRI gebruik dit vir bykomende graanberging wat hulle bergingsvermoë aansienlik vergroot. Hardus verduidelik hoe AFGRI en ReMaCon begin saamwerk het om oplossings te vind: “As siviele ingenieur was beton altyd my voorliefde, so ek het begin kyk na betonstrukture om die gewone staalbunkers te vervang, en wat ook meer hoogte het om die meeste graan op die beskikbare oppervlakte te kan berg. ՚n Soektog op die internet het my na ReMaCon se webtuiste gebring. Ek het met hulle span begin gesels en die oplossings bespreek.” Die omgekeerde Y-vormige Yfels is ontwerp om netjies langs mekaar te pas sodat dit ՚n sterk muur vorm wat baie druk kan weerstaan. Die los blokke kan rondgeskuif word tot waar dit benodig word om enige lengte muur te vorm, of bunkers soos dié wat AFGRI by hulle silo in Devon opgerig het, te vorm. Hardus verduidelik dat AFGRI se
Christopher Cosgrove en Silvio Farraris van ReMaCon saam met Hardus Dupper van AFGRI voor die Yfelbergingseenheid in Devon. www.proagri.co.za
AFGRI se silo in Devon gebruik ReMaCon-Yfels om bunkers te vorm vir die berging van mielies. motivering om die Yfels te kies was dat hierdie strukture gehard en duursaam is en ՚n langer leeftyd as ander materiaal het. “Teen ՚n relatief lae insetkoste kry ons meer bergingskapasiteit. Die betonblokke het relatiewe lae instandhoudingskostes en die ekstra volume vir die area help ook baie,” sê hy. By AFGRI Devon se silo word die bergingseenhede gebruik vir die berging van wit- en geelmielies; geneties gemanipuleerdes afsonderlik van nie-geneties gemanipuleerdes. Sojabone word ook op dieselfde manier daar geberg. AFGRI Devon se bergingseenheid is sowat twee maande nadat met die grondvoorbereiding begin is voltooi. Nadat die dravermoë en dreinering van die grond bepaal en reggestel is, is ՚n stewige vloer gegooi om die ekstra druk van die swaar Yfel-blokke te hanteer. Daarna is ՚n hyskraan ingespan om die blokke op hulle plekke te skuif. Die finale stappe was om die blokke aan mekaar en aan die vloer vas te heg en vasmaakplekke vir die seile by te voeg. Die ses bunkers hou altesaam 40 000 m3. Die strukture bestaan uit 748 gewone 2,4-m Yfels en 24 hoekeenhede. Die bunkers word vol graan gemaak en seile bo-oor beskerm die inhoud teen wind en weer. Yfels is beskikbaar in die volgende groottes: • 1,2 m x 0,615 m • 1,8 m x 0,762 m • 2,4 m x 0,97 m • 3 m x 1,2 m • 3,5 m x 1,4 m • 4 m x 1,65 m Daar is ook twee ander AFGRI-silo’s
Hulle luister na ons behoeftes, begryp wat ons wil hê, en vind saam met ons die beste oplossing”. Vir ReMaCon gaan alles oor die eindverbruiker. “Ons bou ՚n direkte verhouding met die eindverbruiker. Elke produk gaan regstreeks na die boer of maatskappy, of dit nou vir graan, kunsmis of ander droë materiaal gebruik gaan word,” sê Silvio Ferraris, besturende lid van ReMaCon. “Die manier waarop ons ons produkte vervaardig en bemark is op die verbruiker se behoeftes afgestem. Elke produk word nommerpas gemaak vir die kliënt en sy behoefte — wat sowel grootte en omvang betref as die verskeidenheid produkte wat hy wil berg.” Ander produkte wat ReMaCon die boer bied is batterykluise, betontrôe vir beeste en skape, maar ook die Yfel se T-vormige sussie wat gemaak is vir grensbeveiliging. “Wat die Remacon-produkte uniek maak, is dat dit vervaardig is vir spesifieke omstandighede en dat dit herbruikbaar is. Daar is aanvanklike insetkoste, maar dit is duursaam en kan geskuif word na waar en hoe die boer dit ook al nodig kry; oor en oor en oor …” Vir meer inligting oor ReMaCon produkte en hoe dit kan bydra tot jou onderneming, skakel Christopher Cosgrove by 082-880-0184, of stuur ՚n e-pos aan christopher@ remacon.co.za. Besoek ook gerus hul webtuistes by: www.remacon. co.za en www.yfel.co.za.
ProAgri South Africa 263
17
Hulpbronbestuur
ReMaCon Yfel: Die oplossing vir bergingsruimte van droë materiaal
Die ses Yfel-bunkers by AFGRI se silo in Devon hou altesaam 40 000 m3 se graan — veilig, netjies en doeltreffend.
Hulpbronbestuur
Live Green & Grow Strong
EASE of use • ZERO Emissions • LOW Noise
18
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
deur Tisha Steyn
W
ater bly maar ՚n omstrede hulpbron. Die owerhede beskou onwettige onttrekking uit riviere in opvangsgebiede, asook die bou en onderhoud van damme sonder toestemming of goedgekeurde onderhoudsplanne, in ՚n ernstige lig. In die Klein-Karoo word daar nou daadwerklik opgetree om te sorg dat water uitkom waar dit hoort. Onwettige strukture en onttrekkings “Die Stompdrift-Kamanassie Watergebruikersvereniging (SKWGV) berei tans talle klagtes oor beweerde onwettige strukture in die opvangsgebiede van
die Stompdrift- en Kammanassiedamme voor,” sê Willem Fourie, die bestuurder van die SKWGV, wat op Oudtshoorn gesetel is. “Wettige en beweerde onwettige strukture in ons opvangsgebiede het ՚n geweldig negatiewe uitwerking op die beskikbaarheid van water in ons twee damme. Baie van die water word onttrek voordat dit die damme en besproeiingsgebiede bereik, wat veral in die droogtetoestande ՚n uiters negatiewe invloed op die landbou het.”
6 km vanaf De Rust. Die dam se maksimum inhoud is 46-miljoen kubieke meter, maar ook dié dam is selde vol. Netwerk van riviere wat die damme en skema voed Om die omvang van die probleem in die halfwoestyn-Klein-Karoo te verstaan, moet ՚n mens kyk na die riviere en hulle sytakke wat die twee damme voed. Die Olifantsrivier, wat die oostelike arm van die Gouritsrivierbekken vorm, ontspring in die Kouga- en Baviaanskloofberge, waar die waterskeiding die natuurlike grens tussen die Oos- en Wes-Kaap vorm.
Die rivier vloei van oos na wes tussen die Swartberge in die noorde en die Kammanassieberg in die suide, tot dit aan die oostekant van die Rooiberg by die Gamkarivier aansluit. Die Gamkarivier vloei uiteindelik in die Gouritsrivier, wat by Gouritsmond in die Indiese Oseaan uitmond. Die Olifants se twee grootste sytakke is die Kammanassie- en Trakariviere. Die Kammanassierivier, wat 120 km lank is, ontspring op ՚n hoogte 1 200 m in die Kougaberge. Die opvangsgebied is 155 205 ha. Die Brakrivier en Molenrivier is die enigste noemenswaardige sytakke. Die Kammanassierivier, wat
Die Kammanassierivier is die belangrikste voedingstroom van die Olifantsrivier.
Damme in die skema Die Kammanassiedam, wat in 1923 voltooi is, lê 24 km suidoos van Oudtshoorn in die Kammanassierivier. Die dam, wat selde vol is, het ՚n kapasiteit van 40-miljoen kubieke meter. As daar die slag water in die dam is, verskaf dit tot 34 km stroomaf water na ՚n besproeiingsgebied van bykans 10 800 ha langs die Olifantsrivier. Die Stompdriftdam, wat in 1965 in die Olifantsrivier gebou is, is sowat 40 km vanaf Oudtshoorn en sowat www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
19
Hulpbronbestuur
Grondeienaars in warm water oor damme
Hulpbronbestuur 20
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Die Stompdriftdam het tans sowat 5,96% water.
Moenie die rivierbedding versteur wanneer indringerplante verwyder word nie.
Riete is gewoonlik 'n aanduiding van 'n vleiland.
ook water uit die Kammanassie- en Outeniekwaberge na die Olifantsrivier bring, vloei sowat 2 km oos van Oudtshoorn in die Olifantsrivier en is die belangrikste voedingsbron daarvan. Die Kouka- en Trakarivier vloei uit die Groot Karoo. By Vondeling vloei hulle saam om as die Trakarivier deur Toorwaterpoort by die Olifantsrivier aan te sluit. Die Grootrivier wat deur Meiringspoort vloei, sluit by De Rust by die Olifantsrivier aan. Die suidelike hellings van die Swartberge voed die Kango-, Grobbelaars-, Nels-, Wynands-, Kansa- en Vleirivier,
Hierdie dam word volgens die departement beskou as een wat in 'n stroom gebou is.
Beweerde onwettige strukture “Ons is bewus van talle onwettige strukture, wat damme, pompe en uitkeerslote insluit,” sê Willem. Volgens hom is daar in die Kammanassiedam se opvanggebied reeds 838 beweerde onwettige damme, verskeie beweerde onwettige pompe en onwettige uitkeerslote, waarvan die finale omvang nog ondersoek word. In die Stompdriftdam se opvanggebied is na raming sowat 400 onwettige damme, asook verskeie onwettige pompe en onwettige uitkeerslote, waarvan die presiese omvang nog nie vasgestel is nie. In die sytakriviere onderkant die damwalle, wat ook voedingsbronne vir die SKWGV se skema is, is 560 beweerde onwettige damme, asook verskeie onwettige pompe en uitkeerslote, waarvan die omvang ook nog ondersoek word. Die opvanggebied van die Gouritsrivier word saam met die Breederivieropvanggebied deur die Breede-Gourits Catchment Agency (BGCMA) bestuur. Die BGCMA is wetlik verplig om klagtes oor onwettige waterverwante bedrywighede te ondersoek en die opvangsgebiede van die riviere en sytakke wat die damme voed te polisieer. Volgens Willem is 52 klagtes reeds formeel by die BGCMA aanhangig gemaak. “Ons beplan om die res van die klagtes, sodra ons presiese syfers het, ook by die BGCMA en, waar van toepassing, ook by die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning aanhangig te maak.” Hy sê die ondersoeke word gekortwiek deur personeeltekorte by die BGCMA, maar na verwagting sal die werksaamhede in 2022 momentum kry. BGCMA betrek soms die Blou en Groen Skerpioene, wat onderskeidelik wateren omgewingsvergrype ondersoek. Die BGCMA is ook besig met ՚n Validasieen Verifikasieproses (V&V), wat deur die WNNR gedoen word. Só werk die wet Desireé du Preez, ՚n omgewingsimpakpraktisyn van Greenfire Enviro in George, verduidelik die toepaslike wette. “Kennis van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur 1998, Wet 107 van 1998, is van uiterste belang. Hierdie wet lys etlike bedrywighede waarom aansoek gedoen en ՚n omgewingsmagtiging verkry moet word voordat daarmee begin word.” Die Nasionale Waterwet 1998, Wet 36 van 1998, moet ook in ag geneem word. “Die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur se bepalings is bedoel om die toepassing van die Nasionale Waterwet te vergemaklik, maar vervang nie die vereiste vir ՚n watergebruiklisensie nie,” sê sy.
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
21
Hulpbronbestuur
asook ՚n aantal kleiner strome, wat water na die Olifantsrivier voer.
Hulpbronbestuur
CONTACT US FOR YOUR NEAREST DEALER: Tel: 012 329 4116 I sales@ecmtech.co.za
NEW Ultra Light
Thermal Rifle Scope
FEATURES : • • • • •
Lite Thermal, 320 x 240 12μm Black hot / White hot mode One Shot Zero Light weight, 650g Ultra Low Power Consumption
MARS LT 320 5-10X
(10+hrs on one charge)
THERMAL IMAGING
|
NIGHT VISION
|
HUNTING & TACTICAL
|
SELF-DEFENCE
See all ATN products and more on:
22
www.ecmtech.co.za
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Grondeienaars wat onderhoud aan hulle damme doen, maak hulle gewoonlik skuldig aan die volgende: • verwydering van enige materiaal
land, pan, meer of dam waarin en waaruit water vloei, asook “enige versameling water wat die minister by kennisgewing in die Staatskoerant mag verklaar as 'n waterloop,” met sy bed en oewers.
'n vleiland af te baken voordat met ploegwerk
• • • •
uit die damkom; die invul van ou dammetjies; herstel van vloedskade aan ՚n rivierbedding; uithaal van riete of omgevalle bome uit ՚n rivierbedding; en die ploeg van vleie.
‘Vleiland’ beteken grond wat “՚n oorgangsone is tussen droë grond en waterliggame waar die watertafel gewoonlik op of naby die oppervlak is, die grond gereeld met vlak water bedek is, en wat onder normale omstandighede vleilandplantegroei of plantegroei wat in versuipte grond lewe, ondersteun”.
“Merk dus maar die vleie duidelik, veral wanneer grond gebreek word vir nuwe of groter lande,” stel Desireé voor. Volgens haar is dit ook noodsaaklik dat ՚n grondeienaar, verkieslik met die hulp van ՚n varswaterekoloog, ՚n onderhoudsbestuursplan moet saamstel wat aan die Departement van Omgewingsake en Waterwese van ՚n provinsie en die Departement van Water en Sanitasie vir goedkeuring voorgelê moet word. Ken die definisies Sy sê die betekenis van sekere woorde word dikwels verkeerd vertolk, wat lei tot oortredings. ‘Waterloop’ beteken ՚n rivier of fontein, ՚n natuurlike kanaal waarin water gereeld of onderbroke vloei, of ՚n vlei-
Onderhoudswerk in riviere mag net met 'n goedgekeurde onderhoudsplan uitgevoer word.
Kontakbesonderhede: Willem Fourie, SKWGV: 083-6290154, of stuur ‘n e-pos aan stompkam@absamail.co.za Desireé du Preez, Greenfire Enviro: 082-922-3180, of stuur ‘n e-pos aan Desiree@greenfireenviro.co.za Verwysing: Olifantsrivier, Klein Karoo (2021, Augustus 17) Wikipedia https:// af.wikipedia.org/wiki/Olifantsrivier,_ Klein_Karoo
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
23
Hulpbronbestuur
Onderhoud van damme Dit is nie net die bou van nuwe damme wat boere in die moeilikheid laat beland nie, maar ook die onderhoud van bestaande damme. Volgens Desireé is die gelyste aktiwiteit wat meestal oortree word waar water betrokke is, die Omgewingsinvloedbeoordeling-regulasies Lystingskennisgewing 1 van 2014: Aktiwiteit 19. Dié wet verbied die verwydering of plasing van materiaal van meer as 10 kubieke meter in Dis beter om ՚n waterloop, soos wanbegin word. neer ՚n dam gebou word of onderhoud aan ՚n bestaande dam gedoen word. “Volgens die Nasionale Waterwet mag geen werk sonder goedkeuring binne 100 m, of die 1:100 jaar vloedlyn, van ՚n waterbron, of binne 500 m van die grens van ՚n vleiland gedoen word nie.” Sy sê die oewer van ՚n rivier moet beskou word as ՚n strook van 32 m weerskante van die bedding. “Waar lande langs ՚n rivier gemaak is, is die oewer gewoonlik die gedeelte met natuurlike of half-natuurlike plantegroei tussen die land en die rivier, ongeag hoeveel uitheemse indringerplante daar groei. “Moenie dink ՚n waterbron, waterloop of rivier is net ՚n loop met ՚n duidelike bedding nie! Die departemente beskou selfs ՚n klein lopie waar daar nie sigbaar water vloei nie volgens die wet ook as ՚n waterloop.”
Hulpbronbestuur
Web: www.ritlee.co.za Enq: sales@ritlee.co.za
Showroom. H/O & Branch office A7 Grader Place, 23 Grader Road, Spartan, Kempton Park. 1619.
Office Sales: Dan: +27 11 452 3434 / dan@ritlee.co.za Spares Dept: Joseph: +27 11 452 3434 / joseph@ritlee.co.za KZN & Export: Marc: +27 84 453 4499 marc@ritlee.co.za Rest of RSA: John: +27 73 930 3799 / john@ritlee.co.za
Ritlee TM3 Compost Turner
225 Ritlee Gravity feed wood chipper & chip grinder through 8, 10, 12, 15, 20mm screen 24
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Stygende insetkoste knou boere regoor Suid-Afrika deur Andrea van Wyk
I
mmer stygende insetkoste vir boere wek kommer by boere, landbouorganisasies en ekonome. Die afgelope maande het die prys van verskeie noodsaaklikhede boerderye oral in die land geknou. “Die prys van kunsmis, onkruiddoder, verpakking, diesel, elektrisiteit en arbeid, om net ՚n paar te noem, styg drasties en maak dit byna onmoontlik vir talle boere om kos op ՚n volhoubare wyse te produseer,” het Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, onlangs in ՚n mediaverklaring gesê. Dawie Maree, FNB se hoof van landbou-inligting en -bemarking, sê die hoofrede vir dié stygings is globale faktore. “Die styging in die internasionale olieprys het gelei tot die styging van ons brandstofpryse. Dit het ook gelei tot die styging in pryse van kunsmis en ander chemikalieë, omdat dit byprodukte is. “Tweedens het die aanvraag na kunsmis op internasionale vlak toegeneem, veral in Sjina. Derdens was daar ՚n massiewe toename in verskepingskoste, wat ook gehelp het om pryse te laat styg.” Agri SA het ՚n beroep op alle belanghebbendes, insluitende die regering, gedoen om in te gryp om die koste van www.proagri.co.za
noodsaaklike insette te verminder om ՚n dreigende krisis ten opsigte van volhoubare voedselproduksie en eindelik ook voedselsekuriteit te voorkom. Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van die organisasie, Saai, sê die stygende insetkoste gaan verskeie gevolge hê, waaronder hoër kospryse. Verbruikers sal volgende jaar ՚n deel van die rekening van duurder kunsmis, spuitstof, diesel en arbeid moet betaal. Hy sê: “Die groot vraag is tot watter mate die stygende insetkoste deurgegee gaan word aan die verbruiker, of verbruikers bereid gaan wees om die volle koste daarvan te betaal en of dit boere se winsgewendheid gaan beïnvloed. Dit is waarskynlik dat daar ՚n afname in boere se winsgewendheid gaan wees, wat maak dat boere onseker is oor of dit die moeite werd is om vanjaar sekere lande en boorde te plant en te versorg.” Volgens hom is daar aan die een kant ՚n vooruitskatting vir ՚n laer aanbod van basiese voedselsoorte in 2022, wat tot hoër pryse sal lei. Aan die ander kant is dit in die huidige plantseisoen moeilik om finansiering te kry weens probleme met die Landbank en ontoeganklikheid van ander bronne vir kommersiële boere. ProAgri South Africa 263
25
Hulpbronbestuur
UNLOCK YOUR FULL POTENTIAL Introducing our brand new range of products, Shell Coolant, Shell Brake & Clutch Fluid DOT 4 and AdBlue from Shell, to help you maintain your vehicle all year round. Contact our experts and put your potential in motion. Tel: 011 996 7444 Email: shelltechnical-za@shell.com 26
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
www.proagri.co.za
te doen om insetkoste vir boere te verminder. Die organisasie het vir onder meer die ministerie van Handel en Nywerheid gevra om in gesprek te tree met die landbousektor en ander belanghebbendes om die produksie van Foskor te optimaliseer en te verseker dat die landbousektor baat vind by gereelde verskaffing en bekostigbare pryse. “Dit is noodsaaklik, omdat verskeie groot vervaardigers van kunsmis in Europa gedwing is om vervaardiging af te skaal weens die hoër koste van gas.” Agri SA het ook ՚n beroep op die departement van Minerale en Energie gedoen om die brandstofprys onmiddellik te dereguleer. “Ons kan nie langer gyselaar gehou word deur beleide of beleidmakers wat meer mag vir die regering soek oor die ekonomie en kritieke kommoditeite soos brandstof, elektrisiteit, water en gas nie. Hierdie beroep word ondersteun deur die Tesourie, wat in 2019 reeds voorgestel het dat die land se brandstofprys dereguleer moet word.” Volgens Christo Van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, het Suid-Afrika toegang tot ՚n oorvloed van steenkoolreserwes. “Hierdie hulpbron moet optimaal gebruik word om goedkoper brandstof beskikbaar te maak aan alle ekonomiese sektore en veral die landbousektor.” Op die vraag oor wat die regering kan doen om druk op boere te verminder, sê Dawie Maree van FNB dat baie
Hulpbronbestuur
Theo sê dié onsekerheid veroorsaak reeds dat boere nie dieselfde aantal hektare bewerk as wat voorheen die geval was nie. Op die vraag oor watter praktiese stappe boere kan doen om in dié onsekere tye steeds ՚n bestaan te maak, sê Theo boere moet wysheid aan die dag lê in hul produksiebeplanning vir die komende seisoen. “Dit is belangrik om te prioritiseer op die plaas en allereers jou belegging te maak in die vertakkinge van die boerdery waar die lande, boorde en weidings van die grootste moontlike inkomste en wins verseker is, en vandaar besluite oor die meer marginale dele van jou onderneming te neem.” Theo sê voedselsekerheid beteken lankal nie meer dat ՚n land alles produseer wat hy verbruik nie. Dit beteken dat ՚n land genoeg produseer van dit waarin hy ՚n mededingende voordeel het sodat hy uit die kosmandjie kan ruil vir dit waarin hy nie ՚n mededingende voordeel het nie. “Dieselfde geld op ՚n plaas. ՚n Plaas moet nou eers konsentreer op daardie toekomstige oeste waarin hy ՚n mededingende voordeel het sodat hy volgende jaar ՚n voorkeurproduk in die mark kan stoot voordat hy gaan kyk na daardie vertakkinge waarin sy mededingendheid op ՚n laer vlak lê.” Intussen het Agri SA ՚n beroep op verskeie regeringsdepartemente gedoen om stappe in sekere sektore
gesê kan word, maar ՚n mens weet dat min gedoen sal word: “Die regering moet net ՚n sake-vriendelike omgewing skep en die mark ՚n groot rol laat speel. Die regering kan die bedryf help deur meer markte oop te maak of net voordelige handelsooreenkomste vir ons produkte onderhandel.” Dawie sê die regering kan verder ook die belasting en ander administratiewe heffings op brandstof verminder om die bedryf, asook die verbruiker, te help. TLU SA het onlangs in ՚n mediaverklaring gesê indien die regering nie aktief ingryp en die probleme by Eskom oplos nie, sal dit produksie verder belemmer. “Waar daar onvoldoende kragtoevoer is om lande te besproei, is die uitkoms permanente skade aan opbrengste en dit lei tot verdere verliese. Die regering moet ook die vasstelling van minimumlone heroorweeg. Arbeid, veral in landbou, raak onbekostigbaar wanneer ՚n mens kyk na die winsgrens en insetkoste,” lui die verklaring. “Van georganiseerde landbou se kant af durf ons nie ophou om druk op die regering te plaas om ՚n gesonder beleidsomgewing te skep nie, maar boere het nie die tyd of die kapasiteit om daarvoor te wag nie. Ons moet doen wat ons hand vind om te doen. Produseer wat jy kan produseer met dié hand, want volgende jaar gaan die wêreld dit bitter nodig hê,” sluit Theo de Jager af. ProAgri South Africa 263
27
Een van Gerrie Ferreira se puik boerbokramme. Sy bokke se genetika is wêreldwyd in aanvraag.
Boerbokbedryf groei sterk en gesond deur Tisha Steyn
“B
okke bo!” is ՚n kreet wat sonder skroom aangewend kan word vir die boerbokbedryf van Suid-Afrika wat ՚n lewendige opbloei ondervind. Bokke wat in Suid-Afrika veredel is, word ook al gewilder in die buiteland. Boerbokke sluit drie spesies in, naamlik die SA Boerbok, die SA Kalahari Red en die SA Savanna. Al drie is inheems aan Afrika. Telers in Suid-Afrika is die afgelope 47 jaar besig om die rasse verder te ontwikkel en vandag is Suid-Afrika se uitstaande genetika wêreldwyd in aanvraag. Die uitstekende gehalte van hierdie bokke word onderskryf deur die SA Boerboktelersvereniging, wat op 4 Julie 1959 gestig is, die SA Savanna Boktelersgenootskap, wat op 21 November 1993 tot stand gekom het en die SA Kalahari Red wat in 1998 rasstatus verwerf het. “Die bedryf gaan van krag tot krag, met uitstekende pryse wat vir ramme en ooie op veilings betaal word,” sê Michelle Kruger, rasdirekteur van die SA Boerboktelersgenootskap. Sy skryf die opbloei in die mark toe aan goeie produksiediere, ՚n aanbod van gehalte diere, en goeie bemarking. Volgens Gerhard Lourens van die Inheemseveldbok-telersgenootskap, het die vraag na kleinvee tydens COVID-19 in die geheel gegroei. “Daar
Rasegte boerbokke uit Gerrie Ferreira se boerbokstoet. 28
ProAgri Suid-Afrika 263
Boerbokke is gehard en aanpasbaar by warm, droë toestande.
՚n Klompie stoetramme van besonderse gehalte. is ՚n wanpersepsie dat bokvleis glad nie gewild is nie omdat ՚n mens dit nêrens op winkelrakke aantref nie. Inteendeel, dit is juis die gewildheid van bokke wat veroorsaak dat daar nooit ՚n surplus is om in die kommersiële vleismark in te stoot nie,” het Gerhard tydens Saai se Bokboerdag op 11 November in Pretoria gesê. “Daar is steeds baie uitdagings wat toekomstige boere verhoed om die bokmark te betree, maar ons werk daaraan om ons handelsmark uit te bou en om meer mense in te trek om die ongelooflike ras aan hulle bekend te stel,” sê Alida Dreyer van SA Kalahari Red-klub. Boerbokke vir die buiteland Gerrie Ferreira, die eienaar van Chandelier Volstruis- en Wildplaas sowat
10 km buite Oudtshoorn, is die grootste uitvoerder van top-boerbokgenetika in die land. Hy voer reeds 23 jaar lank boerbokke uit na 45 lande. Gerrie is ՚n stoetteler van die Boerbok, Kalahari Red en Savanna en hy voer al drie spesies uit. Hy beaam die toenemende gewildheid van die bokke ook in die buiteland en skryf dit toe aan die gehardheid en aanpasbaarheid by uiterste omstandighede. Buiten die bokke voer hy ook Dorperskape uit. Buitelandse markte Gerrie se uitvoerhandel het in 1996 begin toe hy 1 600 slaggereed volstruise gehad het, maar ՚n slagkwota vir net 95 gekry het en dringend na ander markte moes begin soek. Op die spoor van die volstruise wat hy uitgevoer het, het het hy in 1998 die eerste boerbokke na Thailand uitgevoer. Mettertyd het hy naas boerbokke en volstruise ook verskillende soorte Persie- en Dorperskape, inheemse beeste en wild uitgevoer. Teen 2015 het hy reeds vee en volstruise na 30 Arabiese, Oosterse, en Afrikalande, asook lande wat deel van die eertydse Oosblok was, uitgevoer. So het hy begin om van volstruiskuikens tot broeivoëls na onder meer Saoedi Arabië, Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate en Egipte uit te voer. Pandemie COVID-19 het Gerrie se uitvoere skielik en ernstig aan bande gelê. “Die inperkings was ՚n bekommernis, maar dit het ons uitvoere versterk. Soos baie ander sakelui wêreldwyd het ons aanlyn na nuwe moontlikhede gaan soek. “Ons moes uit die boks dink en het digitale bemarking begin doen. Ons het aan nuwe markte wat ons nooit voorheen nodig gehad het nie, begin aandag gee.” Kort voor die pandemie in alle felheid toegeslaan het, het hy in samewerking met die Wes-Kaap Boerbokklub en BKB, wat sterk fokus op veeveilings, ՚n virtuele opleidingskursus vir voornemende kliënte aangebied. Dit het sy bemarking ՚n verdere hupstoot gegee.
՚n Mooi troppie Kalahari Reds op Chandelier, Gerrie Ferreira se plaas naby Oudtshoorn. www.proagri.co.za
Vee en Wild Die wit Savannas is ook baie gewild in die buiteland. Gerrie Ferreira voer Dorperskape van die beste gehalte uit na verskeie lande regoor die wêreld. Die nuwe markte is merendeels in Afrika. “Ons het voorheen net na Senegal uitgevoer, maar daar is nou ook belangstelling uit ander Wes-Afrika-lande soos Niger, Mali, Benin en Ghana.” Hy woon juis van 29 November tot 3 Desember Ghana se National Farmers Exhibition op uitnodiging van dié land se minister van Landbou by. Vragvlugte COVID-19 het groot uitdagings gebied, want weens die verbod op alle vlugte kon geen diere uitgevoer word nie. “Tonne vrag het op OR Tambo in Johannesburg bly staan. Selfs toe sommige rederye vlugte hervat, was die vliegtuie nie altyd groot genoeg nie, want vir uitvoer van diere in kratte is ՚n wye ruim nodig. “Die vlugte het ook aansienlik duurder geword — waar ons voor die pandemie $6 per kg op die Turkse Lugredery betaal het, is dit nou tot $35.” Dié redery is die enigste wat bokke na Oezbekistan vervoer. “COVID-19 is nie die enigste probleem nie, want talle lande, soos die Midde-Ooste en Oos-Europa, is weens die uitbreek van bek-en-klouseer vir uitvoere vanuit Suid-Afrika gesluit. “Daar is steeds bek-en-klouseer, maar gelukkig is die Wes-Kaap histories vry daarvan. Die lande is ook besorg oor bloutong, maar hier is dit redelik onder beheer. Hulle dring aan op vee uit die Wes-Kaap. Die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut doen wonderlike werk. Hulle deure staan oop vir voornemende uitvoerders.” Katar is een van die groot nuwe
markte met ՚n aanvraag vir boerbokke en Dorperskape. “Ons werk tans aan ՚n groot besending. Hulle dring daarop aan dat die diere van Wes-Kaapse oorsprong moet wees en dat hulle van Kaapstad se lughawe af gestuur word. Met verloop van jare het ons in die Wes-Kaap ՚n goeie naam opgebou.” Rooskleurige toekoms Gerrie voorsien ՚n rooskleurige toekoms vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse vee. “Buitelandse kopers koop hier vee om in hulle eie land mee te boer. Hulle koop gehalte diere, eerder as groot getalle. Hulle stel baie belang in ons teel- en kommersiële diere omdat ons die bewese genetika produseer wat hulle wil hê. Hulle is afhanklik van ons omdat ons ՚n groot genepoel het, terwyl hulle nog in hulle kinderskoene met bokboerdery is.” Volgens hom voldoen die Suid-Afrikaanse vee wat uitgevoer word aan die rasstandaarde van die telersgenootskappe. ”Buitelandse kopers lê veral klem op beproefde genetika en dit is belangrik dat voornemende uitvoerders hiervan kennis neem.“ Ook Dorperskape voldoen aan die meeste lande se vereistes en Gerrie voorsien ook ՚n blink toekoms vir die uitvoer daarvan. “Dit is interessant dat die buitelanders nie eintlik belangstel in ons hoë gehalte Meatmasterskape nie. Dit is moeilik om hulle te oortuig dat ‘bont’ skape raseg kan wees – hulle soek net die rooies!” Vertroue in uitvoerder “Die buitelandse kliënte moet vertroue
Daar is ook ՚n buitelandse mark vir witkop-Dorpers. in die uitvoerder hê. Die kliënt koop in die eerste plek net by iemand wat hy weet hy kan vertrou, en in die tweede plek spesifieke diere. Voornemende kliënte moet gelei word om die regte keuses te maak. Jou besigheid sal slegs volhoubaar wees as jy ՚n uitstekende diens lewer.” Die diere word gekrat en per lugvrag vervoer. “Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die vlugkoste bereken word op vol kratte en klein besendings is dus normaalweg baie duur.” Die proses klink eenvoudiger as wat dit is. “Omdat elke land waarheen die vee uitgevoer word sy eie protokol het, is daar eindelose rompslomp. Elke land se vereistes, soos die kwarantyntydperke, verskil.” Gerrie se soektog na ander markte het hom tot op hede na 61 lande wêreldwyd geneem. “Dis nie ՚n grap om ՚n nuwe mark te open nie en ek het al op snaakse plekke gebly,” vertel hy. “Ek wonder wat wag vir my in Ghana ...” Kontak Gerrie Ferreira by info@karooexports.com of 082450-2110. Sy webblad is www. karooexports.com.
Hierdie Kalahari Red voldoen aan al die rasstandaarde. www.proagri.co.za
Buitelandse kopers verwelkom goeie genetika en vrugbaarheid.
Verwysings 1. Bester, I. (11 November 2021) Bokboerdag gee blootstelling aan dié bedryf. Saai 2. SA Boerboktelersvereniging https://www.boerboksa.co.za 3. Boerbokke: bedryf reik ál hoe hoër. KLK https://www.klk.co.za/ af/boerbokke-bedryf-reik-al-hoehoer-2/ ProAgri South Africa 263
29
Vee en Wild
uppe marketing A20181
Animal nutrition that weathers through changing conditions.
Weather-resistant phosphate trace-mineral supplements and concentrates for your cattle, sheep and goats.
PhosSure 6/12 & PhosPro 17: • Essential for growth, optimal activity of the microbes in the rumen and reproduction on phosphorus-deficient grazing. • The molasses byproduct enhances palatability to ensure sufficient P intake. • Contains increased levels of essential trace minerals in the correct ratio to phosphorus. • A unique feature is the hard crust that forms after exposure to moisture, protecting the product from rain damage.
For that extra nutritional boost when your animals need it most.
www.yara.co.za/animal-nutrition animal.nutrition.sa@yara.com Tel: +27 (0)31 910-5100 PhosSure 6 – SA Reg. No. V11350 (Act 36 of 1947) PhosSure 12 – SA Reg. No. V12858 (Act 36 of 1947) PhosPro 17 – SA Reg. No. V24441 (Act 36 of 1947) Yara Animal Nutrition South Africa (Pty) Ltd. Reg. No. 2001/025850/07
30
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Vee en Wild
Winsgewende skaapboerdery Deel 4:
Boer intensief vir meer wins
D
aar sal altyd ՚n skaapbedryf wees, maar nie noodwendig soos ons dit vandag ken nie (Rohloff, 1992). Lae winsgewendheid sal boere dwing om biologiese doeltreffendheid en produktiwiteit van skaapboerdery drasties te verhoog, terwyl presisieskaapboerdery in alles voorrang sal moet geniet. Waarom is ՚n mate van intensivering nodig? Om meer wins uit skaapboerdery te verdien, is ՚n mate van intensivering van skaapboerdery ononderhandelbaar. ՚n Ondersoek na die ekonomiese volhoubaarheid van semi-intensiewe en intensiewe skaapboerdery in die oostelike Hoëveld, het getoon dat dit die bruto marge per ooi met onderskeidelik 2,9 en 4 maal kan verhoog teenoor tradisionele ekstensiewe skaapboerdery (Wessels & Van Pletzen, 2011). Die intensivering van skaapboerdery Die mate van intensivering sal afhang van ՚n betrokke skaapboerdery se infrastruktuur, bestuursvlak, kundigheid, begroting en so aan. Intensivering van www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
31
Vee en Wild skaapboerdery behels die gebruik van een of meer van die volgende: • Versnelde lamstelsels; • Sinkronisasie van ooie met sponse of CDIR’e (Intravaginal Device for Controlled Breeding – Intravaginale toestel vir beheerde teelt); • Servikale of laparoskopiese inseminasie; • Aftasting; • Lamhokke; • Kruipvoeding; • Voerkraalafronding; • en nog meer. In gebiede waar die voervloei, klimaat, infrastruktuur en bestuurvlak dit toelaat, kan ooie se laminterval verkort word deur hulle elke 7,2, 8 of 9 maande te laat lam. Kunsmatige sinkronisasie met hormone (beheerde teling) Waar ooie kunsmatig met sponse of CDIR’e gesinkroniseer word en dan met sponsonttrekking met DMSG (dragtigemerrie-serumgonadotrofien) gespuit word, kan die tweelingpersentasie met ongeveer 10 tot 20% verhoog word. Lampersentasies van 120 tot 180% word gereeld as gevolg daarvan aangemeld (Steyn, 2012). Aangesien te hoë dosisse DMSG tot ongewenste getalle drie-, vier- en selfs vyflinge aanleiding 32
ProAgri Suid-Afrika 263
kan gee, moet dit met omsigtigheid gedoen word en moet die dienste van ՚n kundige veearts gebruik word. Kunsmatige inseminasie Deur die gebruik van geneties meerderwaardige teelramme ten opsigte van ekonomies belangrike eienskappe soos reproduksietempo, groei en wolproduksie, kan vleis- en wolproduksie per hektaar verhoog word. Aftasting (skandering) Ooie moet 35 tot 42 dae nadat die ramme uitgehaal is of na inseminasie, afgetas word. In ՚n lamstelsel waar ooie een maal per jaar lam, moet alle droë ooie bemark word en nie vir verdere suiwer telling gebruik word nie. Lamhokke • Alle ooie wat met twee- en meerlinge dragtig afgetas is, asook alle jong ooie, moet in lamhokke (minimum 2,25 m2/ooi) lam. Ooie bly 10 tot 14 dae in lamhokke voordat hulle uitgeplaas word. • Met die lamhokstelsel kan lamvrektes tot onder 5% beperk word en lamvrektes van so laag as 2% (Meyer, 2012) tot 3,5% (Midgley, 2012) is al aangemeld. Meerlingafgetaste ooie wat buite in kampe gelam het, se speenpersentasie www.proagri.co.za
Kruipvoeding • Die voorsiening van kruipvoer aan lammers beteken dat hulle vroeër gespeen kan word — reeds vanaf 60 dae, mits hulle minstens 21,5 kg weeg. • Die welslae van kruipvoeding hang daarvan af of die lammers genoeg daarvan vreet. Sogende lammers behoort 350 tot 400 g/dag te groei en indien dit minder as 300 g/lam per dag is, moet seker gemaak word dat die lammers voldoende kruipvoer inneem. • Kruipvoer van hoë gehalte moet ad lib vanaf ouderdom tien dae aan sogende lammers gevoer word. Om die inname van die kruipvoer aan te moedig, kan hoë-gehalte fyngemaalde lusern (+- 10 mm) in die kruipvoermengsel ingesluit word. ՚n Lam van goeie gehalte vreet ongeveer 3,1 kg kruipvoer om 1 kg massa aan te sit. Geleentheidsvoerkrale Met speen word alle markklaar-lammers, asook die 10 tot 15% swakste lammers (klein en boepens) verkoop, want ՚n swak lam kan nie ‘reg’ gevoer word nie. Net die beste nie-markklaarlammers word in ՚n voerkraal afgerond. Is verhoogde vleisproduksie moontlik? • In ՚n semi-intensiewe suiwerteelstelsel waar ooie een maal per jaar lam, produseer elke Merino-ooi wat gepaar word 72% van haar liggaamsmassa in kilogram lewende lam (51,8 kg lam) op ouderdom 100 dae (Brynard, 2011). In ՚n kruisteelstelsel produseer elke Merino-ooi wat met ՚n vleisram gepaar word, gemiddeld 65,4 kg lewende lam met bemarking op 128 dae ouderdom, wat ՚n lamproduksie van 91% van ooimassa verteenwoordig (Brynard, 2011). • In ՚n intensiewe, versnelde lamstelsel waar Dormer-ooie elke agt maande lam, produseer elke ooi wat gepaar word 76% van haar eie massa in kilogram lam op 100 dae, wat gelykstaande aan 114% per ooi gepaar per jaar is (Bam, 2011). ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het. Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za. www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 263
33
Vee en Wild
was 151% teenoor die 201% van ooie wat in lamhokke gelam het (Du Toit, 2012).
Melkboer boer klimaatslim
en bespaar geld
deur Tisha Steyn
Dit help nie om teen die natuur te stry nie. Die wyse boer werk saam met die natuur en die klimaat om sukses te bereik.
S
o ՚n wyse boer, is Henry Meyer, ՚n vyfdegeslag melkboer van die familieplaas, Pleasant View, by Ruitersbos aan die voet van die Robinsonpas. Die pas kronkel van Oudtshoorn, die hoofdorp van die Klein-Karoo, oor die Langeberg na die prentjiemooi Mosselbaai aan die Indiese Oseaan. Henry is die afgelope klompie jare besig om oor te skakel na klimaatslim suiwelboerdery – nie omdat die pas afgelope COP26-klimaatsberaad in Glasgow die ganse wêreld in daardie rigting du nie, maar omdat dit vir hom geldelik sin uitmaak. Die plaas is 275 ha groot en buiten 70 ha besproeiingsgrond, is daar ook 110 ha droëland. Die reënval is 680 mm per jaar. Hy kan bietjie water uit ՚n bergstroom pomp wat tot in 2015 “soort van” standhoudend was. “Sedert 1996 het die reënvalpatroon begin
verander van ՚n winter- na ՚n somerreënvalstreek wat gepaardgaan met vloede,” sê Henry. Hy maak staat op reënwater vir veesuipings, maar selfs na die afgelope tyd se goeie reëns, is sy damme nog nie vol nie. “As dit goed reën in die Klein-Karoo, voed dit die ganse berg, maar dit het nog nie genoeg gereën om die watertafel aan te vul nie.” Henry boer die afgelope 26 jaar melkbeeste en melk tans tussen 200 en 250 jerseys wat op aangeplante kikoejoe- en lusernweiding loop. Hy boer ook met dubbeldoel Döhne-Merino’s, “’n stokperdjie wat handuit geruk het”.
Die gewasse wat hy plant, word hoofsaaklik as veevoer gebruik. In die somer word gewasse soos mielies en sorghum vir kuilvoer gebruik, terwyl hy in die winter kleingraan vir kuilvoer plant. “Ons het vanjaar die eerste keer kanola as wisselbougewas geplant. Kanola het die voordeel dat dit met ՚n smalblaar-onkuiddoder gespuit kan word wat nie op grasgewasse soos hawer of gars gebruik kan word nie,” verduidelik hy. Insetkoste “In die ou dae het die boere die grond meer aggressief bewerk en dit uitgeput. Diegene wat voortgaan met roofbou – wat beteken dat meer voedingstowwe uit die grond gehaal word as wat teruggesit word – se grond gaan te klein raak, want
Henry Meyer melk pragtige Jerseykoeie wat op aangeplante weiding by Ruitersbos naby Mosselbaai loop.
Henry Meyer maak dié klomp bont lammers saam met die kalwers met die hand groot. 34
ProAgri Suid-Afrika 263
Henry Meyer se boerdery met Döhne-Merino’s het eintlik as ՚n stokperdjie begin. www.proagri.co.za
Vee en Wild
doen jy met kunsmis. Weiding werk in 30-dag siklusse in die somer en 40-dag siklusse in die winter. Omdat die natuurlike voedingstowwe te stadig werk, moet ons hergroei met veral stikstoftoediening aanhelp.”
Net die vere en eiers van ՚n trop broeivolstruise word geoes.
hulle opbrengs krimp. Die insetkoste is net te hoog. Suiwelboere spot dikwels: Melk kom in ՚n kunsmissakkie hier aan, en gaan in ՚n tenkwa weg.” Die onlangse prysstyging van kunsmis plaas veral druk op kleiner boere. “Die hoër pryse knou die kleiner boere af en dit sal my dalk ook noop om uiteindelik die bedryf te verlaat. Omdat ek nie ՚n onderneming van skaal het nie, kan ek nie ՚n beter melk- of kunsmisprys vir myself beding nie.” Dit noop hom om weg te beweeg van die gebruik van kunsmis, maar dit is moeilik. “Ek kan nie eintlik sonder kunsmis klaarkom nie, want in die weidingstreke is ons daarvan afhanklik. Die hergroei van weidings moet so vinnig moontlik gestimuleer word en dit www.proagri.co.za
Verskil tussen groot en klein suiwelboere Groter melkboere wat meer as 1 200 koeie melk, word nie so erg geraak nie. “Melkkopers het ՚n volume-premie: hoe meer jy lewer, hoe beter is die prys wat jy kry. Dis vir hulle meer lonend om 5 000 liter per dag te laai as om 2 000 liter by ՚n kleiner suiwelboer te laai, want dit kos ewe veel. ՚n Mens is uitgelewer aan die melkkopers, want hulle weet jy het ՚n bederfbare produk wat jy nie kan terughou as die prys nie na jou smaak is nie.” Die melkkopers is ook in ՚n dilemma, want hulle moet op internasionale markte met boere meeding wat deur hulle regerings gesubsidieer word. “Dit is hoekom ՚n mens gereeld van storting van suiwelprodukte hoor.” Henry meen die uitskakeling van kleiner melkboere sal nie die bedryf bevoordeel nie. “As ՚n groot produsent skielik weens omstandighede nie melk kan lewer nie, beïnvloed dit nie net werksgeleenthede nie, maar uiteindelik ook voedselsekerheid.
“Volgende jaar gaan ՚n maak-of-breek jaar vir kleiner melkboere wees. Dit is jammer, want die kleiner boere skep werksgeleenthede op die platteland. Die ou wat volstruise grootmaak en vyftig koeie melk, gee minstens twee mense werk. En hy kan sy kinders deur die universiteit sit met die melkgeld ...” Beurtkrag Beurtkrag maak suiwelboerdery nog duurder. “Wat ek bespaar omdat ek nie na die goeie reëns water hoef te pomp nie, spandeer ek op diesel vir die kragopwekker tydens melktyd soggens en saans – nie net om te melk nie, maar ook om die melk in die tenks af te koel. Dit kos tussen R500 en R600 per dag ekstra.” Alternatiewe vir kunsmis Volgens Henry stem al meer goeie melkboere saam dat hulle na grondgesondheid moet omsien. “Na al die jare se oormatige kunsmistoediening lê daar ՚n klomp voedingstowwe in die grond wat nog nie ontsluit is nie.” Ekstra kunsmis help ook nie. “Wanneer dit die slag lekker reën, besluit boere sonder vooruitbeplanning of -begroting om meer sorghum, hawer of raaigras te plant. Hulle jaag koöperasie toe en laai sommer twintig sakkies kunsmis, wat hulle op die land loop uitgooi.” ProAgri South Africa 263
35
Vee en Wild
LICK BLOCKS Supplements for Success
AVAILABLE AT ALZU FEEDS BRANCHES www.alzu.co.za 013 249 8900
36
ProAgri Suid-Afrika 263
www.proagri.co.za
Vee en Wild
Die dekgewasse, swarthawer en raaigras, staan welig in Henry Meyer se mielielande.
Omdat hy sy sente soos enige intelligente boer omdraai, het Henry afgesien van die oorgeesdriftigheid as ՚n reënbui uitgesak het. “As gevolg van geldnood het ek self opgehou om daardie ding te doen, want al gooi ՚n mens twintig sakkies kunsmis, is dit steeds te min, en eintlik is hulle besig met roofbou. Met roofbou haal jy meer voedingstowwe uit die grond as wat jy terugsit. Al teenvoeter is om meer kunsmis te gee. Die enigste alternatief is om wisselbougewasse te plant wat voedingstowwe soos stikstof terugsit in die grond.” Nadele van te veel kunsmis Hy sê dit het dalk in die ou dae so gewerk dat mens maar kunsmis gegooi het en wanneer die grond uitgeput raak, nuwe lande gemaak het. “Daardie ouens se plase gaan te klein raak. Te veel kunsmis in die grond put dit so uit dat die plaas se grootte nie meer die boer gaan help nie!” Wanneer dit baie reën, loog veral stikstof en kalium maklik uit. Koolstof hou die voedingstowwe vas en is een van die boustene van groei. “Die minste wat ek kan doen, is om die suurgehalte (pH) deur kalk reg te stel. Ek gooi gereeld NPK — stikstof, fosfaat en kalium — veral op die dele met goeie grond. Die aanvulling van spoor-elemente bly egter agterweë — hier in die berg het ons net genoeg yster, maar nie genoeg van die ander spoor-elemente nie.” Minimumbewerking Henry beoefen lankal minimumbewerking, want dit kos minder om nie al die grond om te dolwe nie. Hy weet dat minder bewerking die koolstofinhoud verbeter. “Ek dink herlewingslandbou word ՚n bietjie te hoog aangeskryf, maar om die waarheid te sê, ek, waarskynlik soos die meeste ander boere, weet nie wat die begrip werklik behels nie.” www.proagri.co.za
Dekgewasse bestaande uit hawer, radyse, wieke en korog ondersteun mekaar en verskaf meer kos oor ՚n langer tydperk. Dekgewasse Hy sê hy is gedwing om te gaan kyk na minimumbewerking en goed soos dekgewasse, wat in Amerika gebruik word. “Omdat ek probeer kontant boer, het ek een jaar nog ՚n klompie saad oorgehad en daarvan op die mielielande uitgegooi. Dit het nogal gewerk, en later het ek dit met opset begin doen! “My toevallige per ongeluk-gebruik van dekgewasse het my laat besef dat die plante in die mengsel mekaar ondersteun. Peulplante verleen stikstof, terwyl die grasse skaduwee op die oppervlak gooi en wortelmassa onder die grond verskaf. Die weiding was ook meer gebalanseerd en het meer kos oor ՚n langer tydperk verskaf omdat die gewasse nie almal op dieselfde tyd gereed is om bewei te word nie.” Mis en miswater As nog ՚n teenvoeter vir die gebruik van kunsmis, ondersoek Henry die moontlikheid om mis meermale per jaar bymekaar te stoot en met ՚n mis-
strooier oor die weiding te strooi. “Aanvanklik het ek dit op ՚n hoop gestoot en laat lê, maar ek vermoed na vier jaar was die voedingstowwe uitgewas. Nou beplan ek om dit so drie maal per jaar veral op lande onder besproeiing te doen om meer organiese materiaal in die grond te kry.” Hy beplan ook om miswater wat na misdamme gelei word, meer doeltreffend aan te wend. “Dis duur om sement te gooi waar die koeie staan sodat die mis na damme gevoer kan word om saam met besproeiing uitgepomp te word om meer stikstof op die landerye te kry, maar ons moet na hierdie goed begin kyk.”
Verwysing: Henry Meyer, Pleasant View, Ruiterbos, Mosselbaai. Kontak hom by 072-372-1277 of pleasantview@ vodamail.co.za
ProAgri South Africa 263
37
Agri4all 38
ProAgri Suid-Afrika 263
www.
.com
Agri4all
GELISENSIEËRDE GROOTHANDELAARS IN BRANDSTOFVERSPREIDING Vinnige & Effektiewe Aflewering! Smeermiddels
082-323-0695 winkelhaak@mweb.co.za nico@winkelhaak.co.za
www.winkelhaak.co.za Smeermiddels
www.
.com
Depots in: Mpumalanga, Vrystaat, Gauteng, Kwa-Zulu Natal, Limpopo & Noordwes.
ProAgri South Africa 263
39
Agri4all
Aartappels meer winsgewend verbou met kristaltegnologie. Menige aartappelboere getuig dat die frekwensies van Agri Frequencies besonder goed werk vir aartappelproduksie. Agri Frequencies beheer die volle reeks plae wat aartappels teister, van insekte en swamme tot bruin kern, vroeë- en laatroes, aalwurm in die grond, rypskade en hitteskade wat knolset benadeel. Die “frekwensieboere”, soos hulle soms genoem word, spaar groot geld deur minder of geen gifstowwe te gebruik nie. “Insekte soos aartappelmot of witvlieg is net nie ‘n probleem nie en dit help met ons gradering omdat ons nie gifstofneerslag het nie,” vertel ‘n aartappelboer.
Met die lae temperature wat vroeg gekom het die afgelope winter, is menige aartappelboer gevang met aartappels onder die grond. Die –boere wat die frekwensies gebruik het se skade was minimaal terwyl die ander boere erg deurgeloop het met rypskade. Die frekwensies kan ook help om die saad vroeër uit die grond te kry en hulle dan te beskerm teen swam- en virussiektes. Die frekwensies kos slegs R1 200 per hektaar per jaar en beheer al die peste en plae sowel as om voedingstoftekorte aan te vul. Met Agri Frequencies se kristaltegnologie kan selfs diere soos ystervarke, ape, bobbejane, tarentale en voëls van die lande verjaag word. Om enige plaag te bestry benodig Agri Frequencies slegs ‘n lugfoto van jou plaas en fotos van die plaag wat bestry moet word. ‘n Teenfrekwensie vir die plaag word geskep en dan na die plaas gestuur soos aangedui opAgri die Frequencies lugfoto. spesialiseer in voorkomende plaagbeheer met frekwensies, dit is nie net veiliger en goedkoper as Die nie net vir aartappels dit is ook baieen doeltreffend op grootte alle ander gewasse, soos word vrugtebome giffrekwensies nie maar iswerk ook meer doeltreffend. Dit nie, is spesiespesifiek kan op enige gebied toegedien enige en groente. insluitend wild,en kan bosluisbeheer ook toegepas word. plek in Vir die diere, wêreld, Alle dienste produkte het ՚n 100%-geldterugwaarborg en die frekwensies kan op die plaas Deur die water struktureer tot 30% minder water, dit los plantvoedingstowwe beter op en die pype gemeet wordte deur die boer gebruik self metdie ՚n plante eenvoudige toetsmetode. word skoon van aanpaksels. Die waterstruktureerder kos net eenmalig R1 200 per 25 mm pypdikte en hou vir dekades. Agri Frequencies het ook ‘n reeks produkte beskikbaar om peste en plae in en om die huis te verdryf, soos vlermuise, rotte, vlieë en muskiete.
Skakel gerus vir Jan du Plessis by 082-429-4055 of info@agrifrequencies.com
40
ProAgri Suid-Afrika 263
www.agrifrequencies.com.
crystalcures_1
crystalcures1
www.
.com
Agri4all
TAKING
FARMING FURTHER CHOOSE THE RIGHT NOZZLE FOR THE JOB – LET TEEJET HELP Concerned about drift that carries your investment away and impacts surrounding crops? Do you require optimal canopy coverage and excellent distribution over a wide range of pressures? Optimize chemical efficacy, minimize waste and eliminate costly reapplication by using the TeeJet spray tips designed to deliver precise performance. We have just what you need.
www.teejet.com
Roundup® is a registered trademark of Monsanto Company. Liberty® is a registered trademark of Bayer CropScience.
www.
.com
ProAgri South Africa 263
41
Agri4all
PANTHER Ensures a clear image in harsh environments, making this the best choice for hunting large game at longer distances. OLED
12 µm
750 g/ms
600 m
ULTRA DISPLAY
ADVANCED SENSOR
HIGH SHOCK RESISTANCE
BUILT-IN LASER RANGEFINDER
Panther: pricing starts @ R59 000 incl.
HIKMICRO OUTDOOR THERMAL SERIES Gryphon: pricing starts @ R41 155 incl.
Lynx: pricing starts @ R6 200 incl.
Lynx series Up to 1 200 m
Thunder Pro / Clip-on: pricing starts @ R19 900 incl.
Owl: pricing starts @ R25 500 incl.
Owl series Up to 1 300 m
Gryphon series Laser range finder up to 600 m Thermal imaging up to 1 800 m
HeatseekIR
Panther series Laser range finder up to 600 m Thermal imaging up to 2 600 m Thunder/ Thunder pro (clip-on and scope) - up to 2 600 m
Cell 072 341 9022
Email: info@heatseekir.com
Certified Thermography training and services are also available.
42
ProAgri Suid-Afrika 263
www.
.com
We are proud to announce that HMG is now expanding into KwaZulu-Natal and the greater Gauteng area.
www.
.com
ProAgri South Africa 263
43
Agri4all
FURY MOTOR GROUP JOINS THE HATFIELD MOTOR GROUP FAMILY
Agri4all
SUPPLIERS OF:
DALEIN
BARNLAB
MEQA
SUPERIOR QUALITY. AFFORDABLE PRICES. We cater for all animals big and small Cattle l Chickens l Pigs Game l Goats l Dogs
The king of Animal Feeds
Our Depo’s: Brits, Mooinooi, Matooster, Moruleng, Rustenburg, Silwerkrans, Shoshanguve Please contact us for all your animal needs 082 829 0396 l willie@kingfeeds.co.za
RumaX BJP Supplies
VERVAARDIGER VAN:
Meganiese Snoeilemme, Voermengers, Misstrooiers, Hamermeule, Awegare, Kerwers, Pilmasjiene 44
ProAgri Suid-Afrika 263
023 342 6070 www.rumax.co.za Samuel Walters Straat 1, Worcester www.
.com
Agri4all
SLIM BEHEER VAN VLIEË
Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid Afrikaanse vlieë
HOE DIT WERK:
BISA BIED U:
• Vliegbeheer op die natuurlike manier. • Langtermyn ekonomiese voordele. • Minder chemiese besoedeling. • ‘n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie.
Vliegparasiete (Muscidifurax raptor) word in ‘n insektarium geteel en is beskikbaar in pakkies van 5 000. Hierdie parasitiese wespes word gereeld by vliegbroeiplekke op die plaas losgelaat. Die volwasse wesp steek die papie van die vlieg, dood dit in die proses en lê eiers in die papie. Die eiers teer op die dooie vliegpapie en ontwikkel ‘n wespe. Die wespe broei binne 19-21 dae uit en begin dan die soektog na vliegpapies as voedsel en waarin hulle kan eiers lê.
BISA het agente landswyd. Vir meer inligting, kontak:
www.
.com
Arno Moore (PhD) Besturende direkteur 083 270 4866 arno@bioinsectsa.com
Helouise Rumbles Kantoor 083 566 4784 bisa@bioinsectsa.com
ProAgri South Africa 263
45
Agri4all
Festive Deals
free 3 pc set
R
R
TRADEquip
WATER PUMP PLIER
300MM METAL HACKSAW • Adjustable 920 22280
• Dipped Handles • 250mm 920 44280
5500
8900
R
FO
RM A
N C E ¥ RE L IA
TY
¥P
R
ER
TY
Y ILT
AB
SA F E FE
APPR
RE
LI
SA
BIL
OVED
AIA TY
¥ PE RF O RM A N C
E¥
YEAR WARRANTY
300MM COMBINATION SQUARE • Cast Iron Base 920 64042
8900
MAGNETIC TAPE MEASURES
• Strong Durable Blade 3m x 16mm 920 68110 5m x 19mm 920 68100 8m x 25mm 920 68090
PURCHASE ANY OF THE PROMOTIONAL ITEMS FEATURED ON THIS PAGE AND ENTER THE LUCKY
WIN A: FRAGRAM 500W IMPACT DRILL
WIN!
DRAW TO
2900 3900 6900
3 PC PLIER SET
• Dipped Handles 920 44180
14900
012 800 9600 | www.stewardsandlloyds.co.za 12 Gompou Street East Lynne, Pretoria
46
ProAgri Suid-Afrika 263
Prices include VAT and are valid 1 Dec 2021 - 31 Jan 2022. Stock availability may vary from branch to branch. E&OE. Actual items may differ from images shown. Lucky draw to take place end of promo. One per store. Decision is final. T&C’s apply.
www.
.com
Agri4all
Biological Booster
Biological Booster
A simple and cost-effective system to fight fires FIREBLOCK Agri is a compound of Potassium polyacrylate, starches AND binding agents, used to protect from, and extinguish, Class A fires.
Just add water!
DOSAGE DOSAGE & & APPLICATION APPLICATION
For Basal, Top & Foliar Application Basal Basal application application :: 25 25Dressing Kg Kg // Ha Ha Top Top dressing dressing :: 55 Kg Kg // Ha Ha (Spray/Sprinkler/Flood Irrigation/Drip/Drenching) (once (once aa month) month) BEFORE Before Before
AFTER After After ZM ZM
For Basal, Top Dressing & Foliar Application (Spray / Sprinkler / Flood Irrigation / Drip / Drenching)
BENEFITS Increased Yield & Quality
FEATURES EARLY & INCREASED GERMINATION WITH HIGHER PLANT SURVIVAL: Softer soil with improved porosity & aeration
improves soil health
Higher soil water holding capacity
• EARLY & INCREASED GERMINATION WITH Increased activity & population of beneficial microorganisms, converts unavailableHIGHER nutrients to an available form for plants. PLANT SURVIVAL Results• in ACTIVATES optimum & constant up SOIL take of all nutrients. BIOLOGY DEVELOPS PROFUSE ROOT SYSTEM WITH THICKER &ROOT LARGER • ADEVELOPS A PROFUSE ROOTS, LEADING TO: Landline Landline (South (South Africa) Africa) SYSTEM WITH THICKER & +27113977979 +27113977979 Water and nutrient uptake from a larger root zone results in early Mobile & higher Mobile (South (South Africa) Africa) +27828027135 +27828027135 LARGER ROOTS flowering & fruiting.
Reduced Irrigation
ACTIVATES SOIL BIOLOGY:
Non-toxic & biodegradable!
Zydex ZydexIndustries IndustriesPrivate PrivateLimited Limited Zydex ZydexHouse, House,61, 61,Gotri GotriSevasi-Road, Sevasi-Road,Vadodara Vadodara--390 390021. 021.Gujarat. Gujarat.INDIA INDIA Tel Tel::+91 +91265 2653312000 3312000 E-mail E-mail::zytonic@zydexindustries.com zytonic@zydexindustries.com Web Web::www.zydexindustries.com www.zydexindustries.com
Soft, Aerated & Porous Soil Increase in Biological Activity
BEN
Profuse root system results in reduction in watering cycle.
An effective product for the use on class A fires. Perfect for controlled firebreaks, to fight fires and Biological to protect valuables against imminentBooster fire loss and damage. Available in 2,5 kg for use in the Bakkie Buddy system and in 100 g sachets for the use in backpacks.
DON’T GET CAUGHT WITHOUT IT!
www.
.com
For Basal, Top Dressing & Foliar Application (Spray / Sprinkler / Flood Irrigation /
Enhanced resistance against pests disease healthy plants Drip /&Drenching)
DOSAGE & APPLICATION Basal application : 25 Kg / Ha Top dressing : 5 Kg / Ha FEATURES (once a month) EARLY & INCREASED GERMINATION WITH HIGHER PLANT SURVIVAL: Softer soil with improved porosity & aeration
Y
improves soil health
CONTACT US: +27 (11) 397 7979 ACTIVATES SOIL BIOLOGY: enquiries@advancedpolymers.co.za Higher soil water holding capacity
Re
Increased activity & population of beneficial microorganisms, converts unavailable nutrients to an available form for plants.
South Results in optimum & constant up take ProAgri of all nutrients.
Africa 263
47
Agri4all
AUTHORISED DEALER
CONTACT US GIELIE:072 195 9140 | orders@limpopoget.co.za JAN:082 556 5784 | accounts@limpopoget.co.za FIND US ON
WE DELIVER! SUPPLIERS OF G.E.T TO FIT:
48
ProAgri Suid-Afrika 263
KOMATSU CATERPILLAR
NEW HOLLAND MASSEY FERGUSON
JCB TEREX
ESCO HYUNDAI
CASE LIEBHERR
BOFOR DAEWOO
H&L BUCYRUS
BOBCAT LIUGONG
www.
MTG KUBOTA
.com
Agri4all
PIC offer gilt products at any age between 10 weeks and 27 weeks to our customers.
TOP QUALITY
PIC CAMBOROUGH F1 GILTS
BOARS AND SEMEN AVAILABLE
PIC 800
PIC 337
PIC 410
Our PIC 800, PIC 337 and PIC 410 boar lines are available after physical and genetic evaluation and selection.
013 244 7024 l info@picrsa.co.za l www.picrsa.co.za
www.
.com
ProAgri South Africa 263
49
Agri4all
STARTER BUNDLE NEW! GPS 7000 RECEIVER with S TERRASTAR CAPABILITY
WWW.AGLEADER.COM Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@exactprecision.co.za 50
ProAgri Suid-Afrika 263
Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za
www.
.com
Agri4all
Jasper Hewitt Cell: 082-773-7544 Email: jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma Cell: 079-959-3356 Tel: 023-342-3438 Email: sales@rotrixafrica.co.za
Gauteng Tobie van den Heever Cell: 082-658-6054 Tel: +27(0)12-736-2121 /2103/2323 tobie@iunlimited.co.za
www.rotrixafrica.co.za
www.
.com
ProAgri South Africa 263
51
Agri4all
Myburgh Toerusting Hoe kan ons jou help om makliker te sukkel?
Swaardiens hark-reeks plaaslik vervaardig
4 - Tol 5 - Tol 6 - Tol 7 - Tol 8 - Tol 9 - Tol
R 32 200 ing R 38 525 ing R 44 850 ing R 59 800 ing R 66 700 ing R 77 625 ing
8 Tol V 10 Tol V 12 Tol V 8 Tol Kombi 10 Tol Kombi 12 Tol Kombi
R 83 950 ing R 97 175 ing R 119 600 ing R 125 350 ing R 139 150 ing R 149 500 ing
Vaste raam, min bewegende dele Elke tol op sy eie arm Tolle het 80x 8mm vingers Tolle draai op wiel laers Elke tol hang aan 'n veer Gebou vir Suid Afrikaanse toestande
0824170175 mybtoer@gmail.com www.mtoer.co.za
PROTECTING YOUR
CROPS FROM THE PROTECTS YOUR CROP AGAINST DAMAGE CAUSED BY SEVERE WEATHER CONDITIONS
wind, sunburn, hail damage, birds & larger insects
52
ProAgri Suid-Afrika 263
www.
.com
Agri4all
POLYMER FORCED INTO CRACKS
Damit is safe for animals
5 litres
15 litres
200 litres
The granules are applied to the surface of the water where it is drawn into the cracks and crevices, there it expands 200 300 times to create a positive seal.
For more information, contact us on +27 86 199 5036 / +27 72 378 1257 / info@aquaplastech.co.za OR visit our website, to view our full range of sealants www.aquaplastech.co.za
Rural and Farm Dams / Garden & Park Dams / Levee Banks / Artificial Wetlands / Aquaculture / Storm-water Channels / Irrigation Channels / Storage Reservoirs
www.
.com
ProAgri South Africa 263
53
Agri4all
Tophok is 'n doelgerigde vanghok vir elke probleemdier wat jare lange diens sal lewer!
Tophok is geleë naby Bloemhof in Noord Wes, en courier landswyd!
KONTAK ONS:
Rooikat en Luiperd vanghokke in verskeie groottes, en nog meer!
083 320 2083 antoon.roets@gmail.com WWW.TOPHOK.CO.ZA
BRING THE POWER OF THE SUN TO YOUR SERVICE SERVICES AND PRODUCTS • Installations of off-grid solar • Solar DC borehole pumps • Wind turbines 10 kW Kodak Back-up system with 15,36 kW storage
R187 500
7,2 kW Off-grid system with 15,36 kW storage
R175 000
7,2 kW Kodak back-up system with 20,24 kW storage
R96 000
VAT & delivery incl.
VAT & delivery incl.
VAT & delivery incl.
5 kW Kodak Back-up system with 5,12 kW storage
5 kW Off-grid system with 10,24 kW storage
DC Submersible pump 12/24 volt
R4182 R60 000
VAT & delivery incl.
VAT & delivery incl.
R133 000
VAT & delivery incl.
Installations available in Western Cape on request. Deliveries available nationwide.
CONTACT US: - 084 363 9103 - sales@solarsuneco.co.za 54
ProAgri Suid-Afrika 263
www.facebook.com/Ecosolarsun
www.solarsuneco.co.za www.
.com
Agri4all
VERVAARDIGER VAN: BAALLAAIERS, WOLPERSE EN ALGEMENE CONVEYORS Baal & Veehanteringstoerusting
WILLA NOLTE 072 333 1051
WWW.KANNAINDUSTRIES.CO.ZA
021 010 0707
Samuel Walterstraat 1, Worcester
086 443 2720
willa@kannaindustries.co.za
Jou volgende trekker is op Agri4all.com asook jou volgende ploeg, dis, spuit, pomp, sleepwa, bok, skaap, bees, hoender, eend, huis, plaas, pyp, plot, dam, voermenger, stroper, planter, saadsif, baler, hark, onkruiddoder, bakkie, kunsmis, spilpunt, trok, voertrog, beeskraal, landboukursus, vellie, veiling, beheerkas, filter, TLB, draad, vurkhuiser, hamermeul, skraper, wildsbok, hoenderhok, mieliesaad, weegskaal, verkyker, teleskoop,
www.agri4all.com
www.
.com
ProAgri South Africa 263
55
Agri4all
WE MANUFACTURE: MANUFACTURE :
algar@algar.co.za www.algar.co.za 082 324 6256
Gua
r d To w e r
s
FABCO AGRI Guard Towers offer a 360° view from four 900 mm x 900 mm windows.
Ta n
Our water tank stands are manufactured mostly from angle iron. The structure comes with a structural engineering certificate.
Self-Propelled MINI TMR MIXERS now available
Ch Algar – the efficient work kraal
k Stands
icke
n House
CONTACT US:
s
FABCO AGRI specialises in broiler chicken housing construction for commercial farming operations around South Africa.
067-777-1857 sales@fabcoagri.co.za
VDW Engineering Hennie 072 901 4033
info@vdwengineering.co.za
YOUR ONE STOP FOR ALL CATTLE HANDLING EQUIPMENT
New year's special
Scale
Cattle Neck Clamp
COMBO DEAL R17 500
Nationwide delivery 56
ProAgri Suid-Afrika 263
www.
.com
Agri4all
www.
.com
ProAgri South Africa 263
57
Agri4all
MAAK ‘N GOEIE BELEGGING
MET DIE PRYS PROMOSIE OP ONS 5E 3 SILINDER REEKS TREKKERS
OOK BESKIKBAAR IN ‘N KAJUIT MODEL
5075E
5065E
MFWD | OOS | 9/3 TSS
5055E
MFWD | OOS | 9/3 TSS
VANAF
TWD | OOS | 9/3 TSS
VANAF
VANAF
R 314 999 SRP* R 293 999 SRP* R 231 999 SRP* UITSL BTW
R 362 248.85 INSL BTW
UITSL BTW
R 338 098.85 INSL BTW
UITSL BTW
R 266 798.85 INSL BTW
Beskikbaar in 55, 65, en 75 perdekrag
Kontak jou naaste handelaar vandag. Volg die skakel, los jou besonderhede, en jou plaaslike handelaar sal kontak maak met meer inligting.
https://bit.ly/3oR5tM8 58
ProAgri Suid-Afrika 263
*Bepalings en voorwaardes geld en kontak besonderhede is beskikbaar by www.deere.com/sub-saharan. Beskikbaar tot voorraad hou. Lande sluit in: SA, Botswana, Eswatini, Namibia. Bedrag sluit aflewerings kostes uit. Aanbod is geldig tot 28 Februarie 2022.
www.deere.com/sub-saharan africa@johndeere.com Customer Care: 0800 983 821 JohnDeereAME
John Deere
John Deere Africa
www.
.com