ProAgri SA 268

Page 1

ProAgri

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

NAMPO-nuus

tegnologie vir die boer technology for the farmer

Grondvoorbereiding:

Wen met www.agri4all.com www.proagri.co.za

No / Nr 268 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

Bye kies veldblomme

No / Nr 268 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 268

01


Always Visible

Agri Solutions Ctrack’s tracking solutions help farmers save on costs and improve performance through better planning and decision making regardless of crop type, farm or fleet size. By providing critical information about your equipment, you can efficiently

manage your assets, time and money investment. Our suite of GPS tracking devices are built for the often rough and remote conditions in South Africa so you can rest assured that your agricultural equipment will always be properly monitored.

Features: Machine usage (operating hours)

Real-time alert (geo zones)

Pattern of use (direction when used)

Potential asset theft or tampering alerts

www.ctrack.co.za | sales@ctrack.com | Call Centre: +27 (0)860 333 444 02

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


W

Seisoene van transformasie

at 'n ongelooflike voorreg om hierdie spesiale nuwe pad amptelik in Junie te begin loop. Simbolies verteenwoordig Junie ‘n seisoen van transformasie. Die winter is hier, die Kaap het reën gebring vir planttyd en ryp is besig om ons somergewasse te help afdroog sodat die oes ingesamel kan word. Soos wat die landboubedryf en die natuur deur nuwe seisoene van transformasie gaan, so gaan ProAgri ook deur seisoene van transformasie. Annemarie Bremner, die geesdrigtige en bekwame redaktrise, wat al ‘n lang pad saam met ProAgri asook die lesers en gemeenskap van ProAgri stap, tree uit die redaktrisestoel om saam met haar man hulle akwaponiese boerdery voltyds te bedryf. Annemarie sal steeds betrokke bly as sub-redaktrise en spesialisskryfster. Dit is ‘n wonderlike voorreg en eer om die leisels te kan oorneem by haar. Ek weet ek het groot skoene om vol te staan, maar ek en die res van die produksiespan belowe dat ons op die nalatenskap wat gelos is, sal voortbou.

Vandeesmaand het ons ‘n propvol uitgawe van al die NAMPO-nuus oor tegnologie, en kennis wat die nuwe seisoen vir jou makliker kan maak. Welgedaan NAMPO. Boere en almal in die bedryf juig saam met julle oor die sukses van NAMPO 2022. Ons is ook baie opgewonde om ons nuwe webblad, ProagriMedia (https:// www.proagrimedia.com/) aan julle bekend te stel. Gaan lees en kyk gerus na ons jongste video’s en kontak ons vir enige videoproduksies. Ek hoor graag van julle: Skryf vir my, kontak my, maak ’n afspraak of nooi my om julle te besoek.

Op ons voorblad Tawwe landboutoestande vra tawwer oplossings. Die kenmerkende helderblou LEMKENmasjiene nie net gekom het om te bly nie – hulle is hier om die werk perfek gedoen te kry.

ProAgri

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za

Lekker lees tot volgende keer. bianca@proagri.co.za Bianca Henning

Copyright © 2022. All rights r­ eserved. No m ­ aterial, text or ­photo­graphs may be r­ eproduced, copied or in any other way ­transmitted without the written consent of the publisher. ­Opinions e ­ xpressed are not n ­ ecessarily those of the publisher or of the e ­ ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r­ espective o ­ wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-business: Agriculture ABC

Ons vellies trap NAMPO 2022 behoorlik plat! Met die aanloop tot NAMPO-oesdag was daar groot opwinding, deursettingsvermoë en beplanning gewees. Na 'n afwesigheid van twee jaar van die internasionale landboukalender het NAMPO-oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, inderdaad 'n geweldige terugkeer gemaak.

ProAgri

Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 3. Valtra: ՚n Trekker vir elke boer 7. John Deere skitter by NAMPO 2022 Hulpbronbestuur 9. Scania SA: Voluit na volhoubaarheid 12. Bridgestone se nuwe landboubande is slaggereed 15. Reinke bied besproeiingsoplossings vir Afrika NAMPO 20. Rotrix Afrika se kruipspuite gooi nat sonder nonsens 22. NAMPO: vuur en vlam terug 25. Pioneer se P1197: Hier is nou uitstekende waarde vir geld 27. Agrico se G4-spilpunt stop diewe en verbeter produksie 30. SBS® Group ties everything together 31. Zimbabwean sawmiller shows way to sawmilling success 33. Yara: Markleier in plantvoedingsprodukte 34. Goeie nuus vir boere: ETG vergroot hulle voetspoor 35. Radium Engineering se maroen masjiene pronk by NAMPO 37. AGCO beweeg nader aan die boer 39. Kry die beste by PIC: Wêreldleier in varkgenetika 39. BRAZGrass: Weiding is wins 41. Pannar loods 'n nuwe insekbeheeroplossing: PowerCore 45. Würth: Jou eenstopwinkel vir jou werkswinkel 46. Corteva Agrisciene™ – meer as net chemie 48. Kynoch: Enhanced efficiency through innovation 49. Gundle beskerm jou oes 51. Horsch-presisieplanters plant presies vir beter opbrengs Vee en Wild 53. Voorbereiding van teelramme vir ’n suksesvolle dekseisoen 57. Veldblomme lok bye uit saadlande 60. Eksterne parasiete in vee deel 3: Die lastige vlieg en sy maters 62. www.proagri.co.za

3

22

35

39

51

53

60

Redakteur tydskrif en aanlyn Bianca Henning > 082-326-2572 bianca@proagri.co.za Verslaggewers Maryna Steyn > 082-261-9177 maryna@proagri.co.za Natasha Kruger > 081-736-4236 natasha@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 benine@proagri.co.za Spesialisskrywer Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder Diane Grobler > 082-555-6866 diane@proagri.co.za Bemarkers Xander Pieterse > 062-391-6507 xander@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 johan@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 tiny@proagri.co.za Lelani Botha >074-424-0055 lelani@proagri.co.za Brandon Gotz > 076-820-8478 brandon@proagri.co.za Lynette van Tonder > 074-694-4422 lynette@proagri.co.za Skeppende bestuurder Christiaan Joubert > 072-419-3990 christiaan@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Michelle Kruger & Lizelle Erasmus Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz > 084-233-0123 carin@proagri.co.za Navrae Engela Botha > 073-663-1234 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Schluter > 084-088-0123 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 nita@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler


PLOUGHS PLOUGHS

BEST CONDITIONS BEST CONDITIONS BEST CONDITIONS BEST CONDITIONS BEST CONDITIONS PLOUGHS

PLOUGHS

PLOUGHS 9651, b.swart@lemken.com

577, k.munnik@lemken.com

ut more:

Characteristic for the entire plough program from LEMKEN is the comprehensive Characteristic thethe entire plough program from LEMKEN is the comprehensive Characteristic entire plough program LEMKEN isrange the comprehensive Characteristic for forfor the entire plow program from LEMKEN isfrom the comprehensive Characteristic for the entirefeatures plough program from LEMKEN isItthe comprehensive range of equipment for all ploughs. is the optimum implement for basic of equipment featuresfeatures for all plows. There is the optimum implementimplement for basic soil for basic range ofofequipment for all ploughs. It is the optimum range equipment features for all ploughs. It is the optimum implement for basic CCESS! range of equipment features for all ploughs. It is the optimum implement for basic cultivation for all requirements. soil cultivation for all requirements. soil for all requirements. soil cultivation cultivation for requirements. soil cultivationallfor all requirements. 5800 litres. Possible equipment includes:

Possible equipment includes: Possible equipment includes: Possible equipment includes:

mechanical and hydraulic systems for stone protection operations. Possible °mechanical includes: mechanical and systems for stone protection andhydraulic hydraulic systems for stone ° mechanical hydraulic systems forprotection stone protection meters. ° ° variousequipment optionsand for selecting the distance between the individual various options for selecting the distance between the individual for selecting distance for between the individual mechanical and hydraulic stone protection -mounted. °° various bodies options foroptions blockage-free work thesystems various for selecting the distance between the individual

° °° bodies for blockage-free work forand blockage-free work stepped steplessfor variants for adjusting the workingbetween width various options selecting thethe distance the individual ILLS stepped stepless variants for adjusting working width °° °bodies bodiesand for blockage-free work Suitable and plows for all soil conditions and any tractor 40 hpwidth stepless variants for adjusting the from working °° °stepped suitable ploughs for all soil conditions and any tractor from 40 hp bodies forand blockage-free work stepped stepless variants for adjusting the working suitable ploughs for all soil conditions and any tractor from 40 hp width °° OUR DRIVING and FORCE:stepless YOUR SUCCESS! for adjusting the tractor workingfrom width DRIVING FORCE: YOURfor SUCCESS! °°OURstepped suitable ploughs allvariants soil conditions and any 40 hp DRIVING FORCE: YOUR SUCCESS! ploughs for all soil conditions and any tractor from 40 hp ntional as well in conservation tillage. °OURassuitable

ECISE TECHNOLOGY

ed drillpowerful: technology from LEMKEN! precise, That‘s seed drill technology LEMKEN! OUR DRIVING FORCE:from YOUR SUCCESS!

eed placementOUR – in conventional well as in conservation tillage. DRIVINGasFORCE: YOUR SUCCESS!

TECHNOLOGY

Contact your nearest LEMKEN dealer to find out more: Contact your nearest LEMKEN dealer to find out more: Karel Munnik, Managing Director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com Karel Munnik, Managing Director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com Blackie Swart, Area Sales Manager, 082to404 9651, Contact your nearest LEMKEN dealer find outb.swart@lemken.com more: Seed Drills: Blackie Swart, Area Sales Manager, 082 404 9651, b.swart@lemken.com

Karel Munnik, Managing Director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com

e mounted, trailed or semi-mounted. Blackie Swart, Area Sales Manager,dealer 082 404 Contact your nearest LEMKEN to9651, find b.swart@lemken.com out more: ing widths from 3 to 12 meters. fectiveContact in various farming youroperations. nearest LEMKEN dealer to find out more:

Karel Munnik, Managing Director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com Karel Munnik, lemken.com Blackie Swart, Managing Area Sales Director, Manager,082 082412 4042577, 9651,k.munnik@lemken.com b.swart@lemken.com

cities available from 860 to 5800 litres. lemken.com

Blackie Swart, Area NG FORCE: YOUR SUCCESS!

Sales Manager, 082 404 9651, b.swart@lemken.com

lemken.com

t LEMKEN dealer to find out more:

aging lemken.com Director, 082 412 2577, k.munnik@lemken.com

a Saleslemken.com Manager, 082 404 9651, b.swart@lemken.com


Meganisasie

deur Bianca Henning

Valtra: ‘n Trekker vir elke boer V

altrac se verkryging spruit uit die boer se werklike behoeftes. As ՚n boer ՚n sekere taak wil verrig en toerusting daarvoor nodig het, praat hy met Valtrac. Valtrac se standplaas by NAMPO was vanjaar weer ՚n hoogtepunt vir boere, met trekkers te kies en te keur. “Om terug te wees by NAMPO is baie lekker,” verklaar Wynn Dedwith, die stigter van Valtrac Suid-Afrika. “Na ՚n paar jaar wat ons nie hier was nie, is dit lekker om weer al ons klante te sien, toekomstige klante te ontmoet, verhoudings weer op te bou en te spog met die eersteklas werktuie wat ons die boer bied.” Bekendstelling van Valtra se nuwe vyfdegenerasie-trekker Valtra se vyfdegenerasie-trekkers is vir die heel eerste keer by NAMPO bekendgestel. Die vyfdegenerasie-trekker is ՚n opgradering op die vierdegenerasietrekker. ՚n Unieke eienskap van hierdie trekker is dat hy nie ՚n paneelbord soos ander trekkers het nie. “Alhoewel die trekker ՚n meganiese ratkas het, skakel die ratkas outomaties, maar die skakelings vind baie vinniger plaas as wat ons in ons vorige reeks trekkers gehad het.” Wynn beskryf die trekker as uiters ekonomies en doelgerig. Hierdie nuwe reeks trekkers word vervaardig in die “Valtra unlimited studio” wat beteken dat jy die trekker presies kan kies soos wat jy hom wil hê. “Die trekker word dus gebou volgens spesifikasies wat deur die kliënt deurgegee word, met die ontwerp, gemak en funksies wat benodig word om in enige omgewing te floreer. www.proagri.co.za

“Hierdie spesifieke trekker is ontwerp volgens een van ons klante se spesifieke behoeftes. Toe die klant Maandagoggend by NAMPO aankom om sy nuwe Valtra-vyfdegenerasie-trekker vir die eerste te keer sien en in hom klim, kon hy nie glo wat hy sien nie. Dit is lekker om so ՚n breë glimlag op ՚n klant se gesig te sien. Dit is wat dit lekker maak om Valtra-trekkers te verskaf — tevrede klante,” sê Wynn. Wat maak die vyfdegenerasie Valtra-trekker uniek? Die trekker het glad nie meer ՚n instrumentpaneel voor die stuurwiel nie; dit is vervang met ՚n paneel, die “Valtra smart touch” wat regs van die operateur sit. Hierdie paneel bestaan uit drie dele: die boonste deel is vir die beheer van jou spoed en enjinomwentelinge, en

Valtra se volledige reeks Brasiliaanse trekkers by NAMPO 2022 — ՚n trekker vir elke boer en elke plaas. die ander twee dele kan spesifiek geprogrammeer word volgens wat die operateur daar wil hê. Hierdie paneel is baie eenvoudig om te verstaan en baie gebruikersvriendelik. Alles aan die trekker word vanuit die armleuning beheer: vorentoe- en truskakeling, hidrouliese take, spoed en enjinomwentelinge ... As jy met ՚n i-pad of ՚n slimfoon kan werk, sal jy hierdie paneel sommer lag-lag bemeester. Die trekker kies ook sy eie enjinomwentelinge en die rat waarin hy wil werk volgens die krag wat die werktuig vereis sodat jy deurgaans verseker is van optimale brandstofverbruik. Alle funksies op die paneel is

Wynn Dedwith en Bronwyn Cilliers van Valtrac is met reg trots op die splinternuwe Valtra-vyfdegenerasietrekker. ProAgri South Africa 268

3


NAMPO

CONTACT US AT

africasales@aggrowth.com

aggrowth.com

4

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


A134 Hierdie is die grootste model in die A-reeks. Daar is ook ՚n kleiner weergawe beskikbaar, die A124, maar die enjins en die ratkaste van die trekkers is eintlik presies dieselfde. Die trekkers het ՚n viersilinder AGCO power enjin en soortegelyke funksies as die A104. Die trekker het auto neutral, ideaal vir hooi- en baalwerk. Die A134 HiTech-model het ՚n vierspoed powershift ratkas, die ratte verander outomaties soos jy versnel. Hierdie trekker het elektromeganiese vorentoe-en-truskakeling, en ՚n ratkas met ՚n geslote hidrouliese stelsel, waar al die ander trekkers oop hidrouliese stelsels het. Hierdie trekkers is ideaal vir gebruik met presisieplanters of enige ander toepassing waar jy meer olievloei benodig. Die splinternuwe, spoggerige Valtra vyfdegenerasie T235-trekker is ՚n toonbeeld van die heel beste ingenieursvernuf. programmeerbaar, so die trekker word honderd persent volgens die profiel vir elke taak en elke operateur saamgestel. “Die operateur hoef dus net een knoppie te druk en die trekker doen alles daarvolgens. ՚n Mens gebruik net die koppelaar om die trekker aan te skakel, daarna hoef jy glad nie die koppelaar te gebruik nie,” vertel Wynn. Die trekker het ook die tweede stuurwiel na agtertoe, ՚n unieke eienskap van Valtra trekkers wêreldwyd; as jy jou sitplek omdraai, ry jy agtertoe net so goed soos vorentoe om jou bonestroop en kuilvoersny maklik en doeltreffend te doen. Hierdie is ՚n volledigepakket-trekker, ՚n trekker wat jy 365 dae van die jaar kan gebruik. “Die trekker het ՚n baie luukse en duursame afwerking in die kajuit. Dit is werklik iets om op trots te wees,” voeg Wynn by. Valtra se BH-trekkerreeks Valtra bied ՚n volledige reeks trekkers, van klein tot groot vir boere om van te kies. Die Valtra-reeks trekkers begin by 60 kW en strek tot 275 kW. Valtra se volledige reeks Brasiliaanse trekkers was ook vir die heel eerste keer by NAMPO uitgestal. Wynn sê: “Hierdie reeks trekkers is effens goedkoper en eenvoudiger werkesels. Die trekkers het ook ouer tegnologie in, maar nietemin, ons het ՚n trekker vir elke boer. Elke boer kan kry presies wat hy wil hê. Soos jy bestel, sorg ons dat ons aan elke boer se spesifieke behoeftes voldoen.” Wynn verduidelik hoe hierdie Brasiliaanse trekkers die boer voorbeeldig kan dien: A93F Hierdie is die kleinste trekker in die www.proagri.co.za

reeks. Hierdie trekker is soortgelyk aan die A990-trekker, behalwe dat hy ՚n kleiner vooras en effens korter agteraste het, maar die meganiese gedeelte, die enjin, ratkas en koppelaar van hierdie trekker is presies dieselfde as die groter weergawe. Hierdie is eintlik ՚n groot trekker, wat kleiner gemaak is vir die vrugtebedryf. Met die gewig wat hierdie trekker het, vaar hy uitstekend teen hellings met sy uitsonderlike vastrapvermoë. Hy is ՚n baie gewilde keuse onder vrugteen wingerdboere. A104 Die A104 is die kleinste van die vierdegenerasie Brasiliaanse trekkers. Die 74 kW trekker het ՚n betroubare driesilinder- AGCO common-rail enjin met ՚n turbo-aanjaer asook interverkoeling wat baie lig op brandstof is. Daar is in lae- en hoë ratskakelings met ses ratte in elk. Om ratte te verander is eenvoudig, jy bestuur hom amper soos ՚n kar. ՚n Nat koppelaar en hidrouliese vorentoe- en truskakeling voeg verder by tot die operateursgerief. ՚n Ruim en praktiese kajuit maak hierdie trekker

Met die luukse SmartTouch-instrumentpaneel en armleuningbeheer is alles wat die operateur nodig het byderhand.

BH154 Hierdie is ՚n viersilindertrekker van 115 kW in ՚n sessilinder se dop. Dit is ՚n swaarder trekker, ideaal vir plantwerk. Hierdie trekker het ook ՚n toe hidrouliese stelsel, met ՚n olievloei van 170 liter per minuut met vloei-beheer. Hierdie trekker het dieselfde driespoed powershift soos die vorige T191-reeks modelle. Die kragaftakker en hyser agter is ook dieselfde as die vorige T191-reeks. Die verskil van hierdie trekkers is die sesspoedratkas, en met elke rat het hy ՚n driespoed kragstrek. Byvoorbeeld wanneer jy ploegwerk moet doen, is daar ՚n reeks ratte vir die spesifieke taak, met drie ratte in die reeks wat honderd persent voldoende is om die taak doeltreffend te verrig. Hierdie is ՚n eenvoudige, ekonomiese, betroubare en goedkoop trekker. Hy is regtig ՚n wenner in hierdie reeks. Die trekker het ook nie baie elektronika nie, wat hom nog redelik eenvoudig maak. Hierdie sterk trekkers strek tot ՚n BH224. Die grootste het ՚n sessilinderenjin, maar die basiese elemente van al die trekkers is dieselfde. “Valtra-trekkers doen enige taak op jou plaas so ekonomies as moontlik. Valtra-trekkers se herverkoopwaarde is van die hoogste in die bedryf, en dit is juis waarom boere jaar na jaar na jaar terugkom om sake met Valtrac te doen,” sluit Wynn af. Al Valtrac se mense is boeremense wat die boer se saak verstaan en met hulle legendariese diens sorg dat die boer deurgaans aan die boer kan bly. Skakel Valtrac vandag nog by 056-817-7308, stuur ՚n e-pos aan attiedev@ valtrac.co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za vir meer inligting of om jou nuwe Valtra-trekker te bestel.

ProAgri South Africa 268

5

Meganisasie

jou eerste keuse vir alledaagse werk op die plaas.


NAMPO

6B TREKKER PRYS PROMOSIE

DIE VEELSYDIGE WERKSESEL VIR JOU PLAAS

6095B 6110B 6120B 6135B CAB 24/8 NAT KOPPELAAR

CAB 24/8 NAT KOPPELAAR

CAB 24/8 NAT KOPPELAAR

CAB 24/8 NAT KOPPELAAR

OOS 12/4 DROË KOPPELAAR

OOS 12/4 DROË KOPPELAAR

OOS 12/4 DROË KOPPELAAR

OOS 12/4 DROË KOPPELAAR

R677,783.16

R599,238.17

*

*

R777,345.76

*

R694,776.33

*

R815,311.61

*

R732,730.25

*

R895,972.74*

R813,403.24*

*Bepalings en Vorwaardes geldig. Kontakbesonderhede beskikbaar op www.deere.africa. Prys sluit BTW en afleweringskoste uit. Alleenlik beskikbaar in Suid Afrika, Eswatini, Botswana en Namibia. Aanbod geldig tot 31 Oktober 2022. www.deere.africa africa@johndeere.com | Kliëntediens: 0800 983 821 | JohnDeereAME 6 ProAgri |Suid-Afrika 268

John Deere

John Deerewww.proagri.co.za Africa & Middle East


deur Bianca Henning

J

ohn Deere se uitstalling by NAMPO 2022 was weer eens iets om te sien. Van ՚n trekker wat onderstebo hang tot die bekendstelling van die reusagtige X9-stroper. John Deere se konstruksietoerusting het ook vanjaar die heel eerste keer op NAMPO ՚n verskyning gemaak. Hierdie geel John Deere-bulle word ook nou landswyd deur John Deere-agente en -handelaars verkoop en gerugsteun. John Deere se doel is om om te sien na die boer en sy boerdery. Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere in Afrika en die MiddeOoste sê: “Met al die uitdagings en hoë insetkostes vandag, is dit vir ons belangrik om na die behoeftes van die boer te luister en daarna om te sien. Wat is dit wat die boer benodig en wat kan ons vir boere bied? Ons is deurlopend op soek na vernuwende maniere om boerdery te vereenvoudig. “Toe ons in Oktober 2021 ons beplanning vir NAMPO gedoen het, was ons mikpunt om NAMPO op sy kop te draai, toe is die idee gebore om ՚n trekker letterlik op sy kop te draai. Ons wil boere verseker dat al staan jou trekker op sy kop, kan ons gekwalifiseerde John Deere-tegnici steeds na hom kyk,” vertel Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder vir John Deere Suid Afrika.

Die onderstebo trekker by John Deere se uitstalling tydens NAMPO het besoekers behoorlik aan die gons gehad.

Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere in Afrika en die Midde-Ooste, se beleid is om tot die beste van hulle vermoë aan boere te bied presies wat hulle nodig het. www.proagri.co.za

Janalize van Buuren, direkteur van John Deere se Naverkope en Kliëntediens.

Jan Kühn, John Deere-produkspesialis vanaf Zweibrücken, Duitsland, by die enorme X9-stroper.

Boere kan nou hulle John Deereonderdele aanlyn koop Vanuit ՚n meganisasie-oogpunt is John Deere toegewyd daartoe om voortdurend strategieë te identifiseer en toe te pas om te verseker dat hulle hulle verlangde doelwit bereik om John Deereklante en boere ՚n voorsprong te gee. “Met die uitdagings die afgelope twee jaar is talle alternatiewe planne in plek gestel om steeds ons boere te ondersteun en by te staan,” vertel Janalize van Buuren, direkteur vir Kliënte- en Naverkopediens vir Afrika, die MiddeOoste, Indië en die Stille-Oseaangebied. “Onder meer ons aanlynplatform vir die koop van onderdele, wat boere in staat stel om 24 uur ՚n dag, onderdele aanlyn te bestel, hetsy egte John Deere-onderdele of alternatiewe onderdele vir ouer modelle. Een van die groot redes is omdat ons almal weet dit is waarheen alles beweeg en die gerieflikheid daarvan vir die boere. Gaan aanlyn, kliek en bestel, en ons lewer die onderdele op die plaas af.

“By John Deere hardloop ons, sodat julle, ons boere, vorentoe kan spring.”

Die reusagtige John Deere X9stroper van voor. Die grootste John Deere-stroper op die vasteland John Deere se stropers het die afgelope dekades diep spore in die SuidAfrikaanse landbou getrap. Tydens die 54ste NAMPO-oesdag vanjaar het John Deere die reusagtige en indrukwekkende X9 1100-stroper bekendgestel. “՚n Span van meer as 100 ingenieurs en spesialiste werk sedert 2016 aan die ontwerp van hierdie stroper. Die reuse stroper kan tot 200 ton mielies per uur stroop en 100 ton sagtegraan per uur. Die stroper het ՚n 13,6-liter enjin en die graantenk se inhoud is 16 200 liter. Die dieseltenk van die stroper hou 1 250 liter sodat jy lekker lank kan stroop voordat dit nodig is om vol te maak,” sê Jan Kühn, produkspesialis van John Deere.

Waarom jou sukses uitstel? Kontak of besoek vandag nog jou naaste handelaar om die verskillende opsies wat John Deere aanbied te bespreek. Boer meer produktief, doeltreffend en gemaklik met John Deere. ProAgri South Africa 268

7

Meganisasie

John Deere skitter by NAMPO 2022


NAMPO

OUR OUR OUR OUR SERVICE SERVICE SERVICE SERVICE REVOLUTION. REVOLUTION. REVOLUTION. REVOLUTION. YOUR YOUR YOUR YOUR PROFIT PROFIT PROFIT PROFIT SOLUTION. SOLUTION. SOLUTION. SOLUTION. Our Our newnew advanced Ouradvanced new OurService advanced new Service advanced Solutions Service Solutions Service switch Solutions switch Solutions customers switch customers switch customers fromfrom service customers service from intervals service from intervals service based intervals based on intervals set based on kilometres setbased on kilometres seton kilometres toset Flexible tokilometres Flexible to Maintenance Flexible Maintenance to Flexible Maintenance Maintenance Plans Plans - individually -Plans individually -Plans individually adapted, -adapted, individually data adapted, data driven adapted, driven data maintenance driven maintenance data driven maintenance services. maintenance services. By services. constantly By services. constantly By constantly monitoring Bymonitoring constantly monitoring eacheach monitoring individual individual each vehicle’s individual each vehicle’s individual operational vehicle’s operational vehicle’s operational operational data,data, we can we data, can determine, we data, determine, canwe determine, with canwith adetermine, great a with great deal adeal with great of precision, of adeal great precision, ofdeal when precision, when ofvarious precision, various when maintenance various when maintenance various maintenance tasks maintenance tasks needneed tasks to beto need tasks performed. be performed. to need be performed. to This beThis means performed. means This each means each This means each each vehicle vehicle receives vehicle receives vehicle the receives exact the receives exact amount the amount exact the ofamount exact maintenance of maintenance amount of maintenance itofneeds maintenance it needs when it needs when it itneeds needs it when needs it.it when The needs it. The result it needs it. result The is maximised it. result is The maximised result is maximised uptime, isuptime, maximised and uptime, and maximised maximised uptime, and maximised and maximised profitability profitability profitability for our for profitability customers. ourfor customers. ourfor customers. our customers.

START START STOP STOP

R OAD R ORO A DU R G RO O HN U AG ES DHN RS RO O ES U AG D SHN R OESS UGH N ESS

FUELFUEL Q UALITY QFUEL UALITY QFUEL UALITY Q U ALI T Y

START STOP

START STOP

ST OP/ST ST OP/ST ART START F OP/ST REQU ST F REQU ART OP/ST ENCY F ENCY REQU ART F ENCY REQU ENCY T OPOG T OPOG RAPHY TRAPHY OPOGTRAPHY OPOGRA PHY

Different Different operating Different operating Different conditions operating conditions operating conditions affect affect conditions different affect different components affect different components different components on a components on vehicle. a vehicle. on Factors a vehicle. on Factors a like vehicle. Factors like roadroad Factors roughness, likeroughness, road likeroughness, road topography, topography, roughness, topography, stop/start topography, stop/start stop/start stop/start driving driving anddriving and weather weather driving andconditions weather and conditions weather conditions affect affect conditions whataffect what maintenance maintenance affect what maintenance what is needed. maintenance is needed. is Driving needed. Driving isin needed. dusty Driving in dusty environments Driving in environments dusty in environments dusty willenvironments require will require will a more require awill more frequent require a frequent morea frequent more frequent change change of the change of air thechange filter, air of the filter, while air ofwhile the filter, driving airdriving while filter, in wet driving while in wet conditions driving in conditions wet in conditions wont. wet wont. conditions wont. wont.

Scania Scania Advanced Scania Advanced Scania Advanced Service Advanced Service Service Solutions. Solutions. Service Solutions. Solutions. OurOur service service Our revolution. service Our revolution. service revolution. Your revolution. Your profit Your profit solution. Your profit solution. profit solution. solution. JoinJoin the the Scania Join Scania the Join Service Scania Service the Scania Revolution. Service Revolution. Service Revolution. Visit Revolution. Visit www.scaniaservicesolutions.co.za www.scaniaservicesolutions.co.za Visit www.scaniaservicesolutions.co.za Visit www.scaniaservicesolutions.co.za **Standard **Standard Scania **Standard Scania contract **Standard contract Scania terms contract Scania terms and conditions and contract terms conditions and terms apply conditions apply and conditions apply apply

8

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

deur Annemarie Bremner

“B

Voluit na volhoubaarheid

y Scania gaan dit vir ons oor waardes, respek vir die medemens, ՚n kultuur van dienslewering en om ons kliënte eerste te stel.” Aan die woord is Erik Bergvall, die nuwe besturende direkteur van Scania in Suider-Afrika. Erik se loopbaan by Scania het vyftien jaar gelede begin toe hy as deel van die voltooing van sy meestersgraad in nywerheidsingenieurswese sy praktiese internskap by die maatskappy gedoen het. Hy het aanvanklik te doen gehad met internasionale aankope, verkope en bemarking en is in 2014 aangestel as bestuurder van die Scania-handelstak in Münster/ Osnabrück in Duitsland. Hy sê dit is waar hy geleer het hoe belangrik regstreekse kontak met kliënte is en watter verskil dit maak om te verstaan waarmee hulle besig is. In 2016 is hy aangestel as streeksbestuurder in die noordwestelike streek van Duitsland waar hy ondervinding opgedoen het om ander handelaars te bestuur. In 2019 het hy die verantwoordelikheid aanvaar as besturende direkteur van Scania in die Midde-Ooste. Daar moes hy deur die moeilike COVID-tyd die wiele aan die rol hou. Erik het aan die begin van April met sy vrou en hulle drie jong seuns van 3, 6 en 9 jaar oud, na Johannesburg verhuis om hier die leisels oor te neem. Dit is nie die Sweedse gesin se eerste buitelandse verhuising nie. Voor Suid-Afrika was hulle eers in Duitsland,

waar hy Streekdirekteur was en toe die Midde-Ooste, waar hy besturende direkteur was. Hoewel die verskillende lande se kultuur vreemd mag wees, is dit maklik om tuis te voel in ՚n Scania-kantoor, ongeag die ligging, want oral in die wêreld deel die Scania-familie dieselfde waardes en kultuur. Erik sê kort na sy aankoms het een van Scania se landboukliënte wat gereeld oorgrensvervoer doen, hom bedank vir die kultuur. Hy sê dit maak nie saak of sy mense in Namibië of die suidpunt van Suid-Afrika in ՚n Scaniakantoor of werkswinkel inloop nie, oral word hulle met dieselfde gesindheid van dienslewering begroet.

“Dit is soos dit hoort,” sê Erik. By Scania gaan dit oor mense — die mense wat daar werk en die mense wat Scania se vragmotors gebruik. Scania se operasionele stelsels is net so gebruikersvriendelik soos die maatskappy se trokke.

Eenstop-diens nou nog makliker

Erik sê meer as die helfte van die voertuie wat Scania verkoop, word ook deur die maatskappy self gefinansier. Die eenstop-diens gaan nou in die

Een van die dae kan jy dalk jou Scania by ‘n vulstasie intrek om vol te maak met Eskom en diesel!

Erik Bergvall, die nuwe besturende direkteur van Scania in SuiderAfrika, is opgewonde daaroor om die maatskappy voluit na volhoubaarheid te lei. toekoms nog makliker gemaak word vir aankopers, want die verkoopsorganisasie is nou verantwoordelik om die voertuie saam met dienskontrakte en finansiële dienste te bevorder. Dit beteken dat die strukturering van die pakkette van die begin af meer geskik is vir die kliënt se behoeftes en dat die finansieringsproses moeiteloos vir die kliënte is.

“Dit is vir ons belangrik om ons kliënte se ondernemings met hulle kort- en langtermyndoelwitte te verstaan, sodat ons die regte aanbevelings kan maak,” sê Erik. “Al ons pakkette is plooibaar en dit is veral vir boere wat seisoenale druk ervaar baie belangrik. Met ons vlootbestuurstelsel kan ons die behoeftes van ons kliënte en die gebruik van hulle vragmotors beter verstaan. Ons bied ook buigsame instandhoudingsoplossings om te verseker dat hulle voertuie met die korrekte tussenposes www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 268

9


NAMPO 10

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

onderhou en versien word, spesifiek vir hulle sakebehoeftes.” Deur te verstaan hoe en wanneer die trokke gebruik word, kan die instandhouding daarvolgens gereël word. Slim monitering- en kommunikasietoerusting in elke trok kan die eienaar en sy naaste Scania-werkswinkel laat weet wanneer versiening nodig is. Dit hoef nie altyd op vasgestelde kilometers of werksure te gebeur nie.

Ondervinding wat saakmaak

Erik vertel hoewel hy geweet het SuidAfrika is ՚n groot, uitgestrekte land, het hy eers regtig die uitdagings verstaan na sy eerste toer na al Scania se plaaslike handelstakke. Hy sê in Duitsland het hy ook baie met boere te doen gehad, maar daar kan Scania elke 50 km op die hoofroetes ՚n dienspunt hê. In Suid-Afrika het boere ander vorms van ondersteuning nodig, soos die uitplasing van Scaniategnici om ՚n vloot vragmotors by hulle basis te versien en herstelwerk te doen wanneer nodig. Scania se mobiele ondersteuningseenhede speel ook ՚n baie groot rol in Suider-Afrika om die nodige padbystand te verskaf. Erik sê in Dubai, waar sy vorige plasing was, het hy van die beste paaie in die wêreld gesien, maar net soos in Suid-Afrika bied die land se plattelandse paaie ook maar hulle uitdagings. Scania se trokke word gebou om ook slegte paaie te hanteer. Die inperkings en uitdagings van COVID het die vervoerbedryf seergemaak, maar hy sê die herstel was merkwaardig, hoewel nie sonder uitdagings nie. Aankope van die grondstowwe vir die vervaardiging van Scania se voertuie word wêreldwyd gedoen en daar was lang wagtydperke vir sekere grondstowwe wat ՚n kettingreaksie veroorsaak het.

www.proagri.co.za

Sake was amper terug na normaal toe die oorlog in die Oekraïne ՚n nuwe stel uitdagings gebring het, soos die verhoging in kommoditeitspryse.

Op pad na volhoubaarheid

Suid-Afrikaners voel ook die byt van die oorlog in die verhoging van brandstofpryse en as daar ooit ՚n tyd was om seker te maak dat die vragmotor wat jy kies nie brandstofgulsig is nie, dan is dit nou. Internasionaal geniet Scania erkenning as die trokke met die beste brandstofverbruik en veral met die Nuwegenerasie-reeks wat sowat drie jaar gelede in Suid-Afrika bekend gestel is en ses jaar gelede in Europa, het Scania ՚n standaard gestel wat moeilik geklop kan word. Erik vertel met trots dat Scania nou al ses jaar na mekaar die “Groen Trok-toekenning” in Europa gewen het. Goeie brandstofverbruik en skoner uitlaatgasse is egter nie al waarop die maatskappy fokus nie. “Scania se plan en dus ook my plan vir die toekoms is baie duidelik. Gegrond op ons wetenskapgebaseerde teikens, moet ons maatskappy se koolstofvoetspoor teen 2025 met 50% verminder teenoor 2015 en die voetspoor

van ons voertuie daar buite met 20%. “My doel is om hierdie opwindende oorgangstyd na volhoubare energiegebruik in Suidelike Afrika te lei,” sê Erik. Wêreldwyd het Scania al ver gevorder met die ontwikkeling van elektriese vragmotors, maar Erik voorsien dat trokke wat in Afrika ry nog vir ՚n geruime tyd voorsiening sal moet maak vir albei opsies, diesel en elektries, vanweë die afstande wat afgelê moet word en onbetroubare kragvoorsiening. Scania se fabrieke, werkswinkels en kantore is egter almal op pad na die gebruik van hernubare energie. Erik sê net soos met alles wat die maatskappy aanpak, is mense die belangrikste. “Ek is hier om seker te maak al ons mense verstaan waarheen ons op pad is, om ons mense te laat voel dat hulle 'n groot deel van Scania se sukses en ontwikkeling is en volhoubaarheid deel van hulle waardestelsel by Scania te maak."

Besoek www.scania.co.za om ՚n venoot in jou vervoeronderneming te vind.

ProAgri South Africa 268

11


Hulpbronbestuur

Bridgestone se nuwe landboubande is slaggereed deur Maryna Steyn

N

iks is so lekker as om om ՚n tafel te sit en van aangesig tot aangesig te gesels nie. Dit is presies hoe die manne van Bridgestone gevoel het oor die geleentheid om NAMPO weer by te woon. “Dit is vir ons baie lekker om weer te kan skouerskuur met ons boere by NAMPO. Dit was hoog tyd. Ons het in ՚n siklus gekom waar alles virtueel is en ons het net weer eens besef niks oortref dit om regstreeks met mekaar te gesels nie,” sê Willie Stander, bestuurder van Bridgestone se Landbou-afdeling. “NAMPO beteken regtig iets vir

Willouw Goosen en Willie Stander het besoekers aan NAMPO voorgestel aan die nuwe Bridgestone agri-bande.

ons sakegroei; die gesprekke wat ons om hierdie tafel met ons boere gerhad het, was van onskatbare waarde,” voeg hy by. Vir die manne van Bridgestone was die hoogtepunt van NAMPO beslis om weer ՚n beker koffie saam met boere te drink en oor boereplanne te gesels. Onderwerpe soos verbeterde brandstofverbruik of ՚n oplossing vir ՚n ongewone nat lande wat gestroop moet word was op die tafel, maar ook die spoggerige nuwe bande wat hulle aan die mense kom wys het. “Ons doel vir hierdie jaar was om eerstens te verseker dat ons ou handelsnaam, die staatmaker Firestone, so sterk soos altyd is en ons het ՚n paar toevoegings daar. Tweedens stel ons vir die eerste keer in Suid-Afrika ons Bridgestone-handelsnaam aan die landboubedryf bekend,” sê Willie. Maar as Firestone nog al die jare so sterk was, hoekom betree hulle nou die landboumark met Bridgestoneprodukte? “Ons Suid-Afrikaanse boere is die beste in die wêreld en dit gaan oor uithouvermoë en hulle vermoë om tegnologie te gebruik. Suid-Afrika se mense vat die tegnologie waarvan almal praat en sit dit op die grond neer. Ons is in die era van gevorderde presisieboerdery en die tyd het ryp geword dat ons Bridgestone se tegnologie kan inbring,” brei Willie uit.

Hier kan die Firestone se Maxi Traction (links) se nuwe toevoegings gesien word waar die kappe oorvleuel. Net soos die Performer Extra (regs), het dit weerbestande rubber. 12

ProAgri Suid-Afrika 268

Die nuwe tegnologie wat Bridgestone in die bande geplaas het maak dit moontlik vir almal om hulle winsgewendheid en produksie te verbeter — vir alle landbouprodusente wat presisieboerdery toepas. Firestone se nuwe Performer Extra Om meer te verduidelik oor presies wat hierdie tegnologie behels, het Willouw Goosen, Bridgestone se produkspesialis by die Landbou-afdeling die nuwe toevoegings deeglik uiteengesit. “Ons Firestone-produkte hou aan ontwikkel en groei; ons probeer altyd vooruit gaan soos die gewone Performer-reeks wat ons opdateer met weerbestande rubber en ekstra dravermoë,” sê Willouw. “Elke keer as ons weer na ՚n produk kyk probeer ons dit verbeter.” Firestone Maxi Traction “Vir die stroperreeks het ons nou ՚n

Die oorvleuelende kappe is ՚n standaard eienskap van al die Bridgestone-bande. Die dubbelhoeke is ook meer prominent op hierdie bande. www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Die VT-reeks vir stropers en trekkers het ՚n hoë-buigsaamheidsopsie en ՚n baie hoë-buigsaamheidsopsie (VF/IF).

nuwe produk met die naam MT-Harvester. Dit is ՚n meer tegnologieryke produk. Ons het ՚n ekstra kap bygesit sodat dit nou dieselfde vrag teen 'n laer banddruk kan hanteer. Dit maak die middelpunt van die bande meer stabiel en gee jou meer traksie,” verduidelik Willouw. Bridgestone se spesiale VT agri-bande “Al hierdie bogenoemde eienskappe is as standaard gebruik in die Bridgestone- bande, maar daar is twee verskille. Eerstens, op die Firestones is daar ՚n dubbelhoek op die vorm van die kap wat verseker dat wringkrag nie in die grond ingedruk word nie, maar na agter druk om die werktuig momentum te gee,” vertel hy. “Op die Bridgestone is die kap meer rond. Die evolente se ontwerp doen presies dieselfde werk, maar dit verseker minder grondverdigting.” “Tweedens, in twee van die drie Bridgestone-reekse is daar buigopsies, naamlik hoog en baie hoog (high-flex en very high-flex). Hierdie verskillende keuses is belangrik omdat die bande

in verskillende omstandighede meer of minder sal buig. “Die Bridgestone-bande het ՚n s-voering, 'n verbeterde sywand wat ontwerp is om dieselfde vrag teen 'n laer banddruk te hanteer. Die rede hiervoor is dat ՚n band wat buig meer wrywing genereer en vinniger warm word. Die nuwe ontwerp spreek hierdie temperatuuruitdaging aan.” Om met ՚n laer banddruk te werk help jou om verskillende toestande in die veld of landerye te trotseer. In ՚n tyd waar waar landboumasjienerie groter en groter word, is ՚n groter band nie altyd die beste oplossing nie. Veral nie as dit ՚n trekker stadiger maak en beteken dat jy meer ure in die land deurbring nie. Omdat hierdie bande se wringkrag, momentum en traksie goed is, beteken dit bande hoef nie groter te wees nie. Die Bridgestone reeks verbeter jou werksverrigting. Daar is ook ՚n VX-Tractor “Ons het ook uit die boks gedink met die ander Bridgestone-reeks. Ons noem hom die VX Tractor — ek noem hom die monster,” glimlag Willouw. “Waar ՚n gewone trekkerband gevorm word teen druk van 1,6 bar wanneer dit vervaardig word, word hierdie meneer se druk byna verdubbel met 2,4 bar wat toegedien word.” “Dit het ook twee ekstra beskermingsbelde onder die loopvlak om sy spoor meer stabiel te hou, maak nie saak hoe styf dit gepomp word nie. Die struktuur het ook nou ՚n dukker laag so die rubber is meer en die band se

Onder die agri-bande is daar die VT-reeks met ՚n groter voetspoor vir ՚n groter oes. www.proagri.co.za

Hierdie bande is gemaak om te buig en ՚n groter voetspoor te hê vir meer vastrap en minder grondverdigting. kontakoppervlak met die grond is groter. Hierdie reeks se kappe is ook 20% groter gemaak. Hierdie produk is is besig om wêreld wyd opslae te maak en dit is ideaal vir Suid-Afrika. Daar is twee eienskappe wat belangrik is in hierdie soort bande: die vermoë om baie padwerk te kan doen, asook goed te presteer in landerye waar bande se struktuur moet behoue bly wanneer swaar sleep- en drie-punt implemente gebruik word. In kort, dit het goeie gemengde pad- en veldgebruik. Met hierdie jaar se NAMPO was Bridgestone se hooffokus op die stropers en die hoë-perdekragwerktuie se bande. Daar is reeds trekkers wat Suid-Afrika binnekom met Bridgestone bande. “Terugvoering oor hierdie bande is baie goed. Ons is baie opgewonde oor ons nuwe reeks bande en die verskil wat dit gaan maak vir landbouprodusente.” sluit Willie af.

Om uit te vind hoe jy ook vir jou werktuie die beste bande kan bekom, stuur ՚n e-pos aan willie.stander@bridgestone. co.za of willouw.goosen@ bridgestone.co.za. Besoek ook gerus hulle webtuiste by www.firestone.co.za/ products/agricultural-tyres.

Die VX-reeks se bande bied meer traksie vir ՚n langer tyd. ProAgri South Africa 268

13


RAIN

Patrick Ellis

031 350 4525

patrickellis@reinke.com

www.reinke.com IMPROVE SUSTAINABILITY WITH EASY-TO-USE SOIL SENSORS that offers an integrated hardware and software system with a suite of decision and planning tools based on continuous monitoring of soil and crop conditions. Less water, less chemicals, less energy, less time, and less stress.

DIY Easy installation

Install sensors in less than 5 minutes.


TURNING TO TECHNOLOGY

SELF-POWERED With long-lasting, rechargeable batteries

ACCURATE DATA Sensors are at the edge of spirals undisturbed soil.

Incorporating precision agriculture into mechanized irrigation allows the use of different technologies to manage water applications, having accurate system locations, and the ability to remotely monitor and control irrigation systems.

RPM SERIES OF MAIN CONTROL PANELS

Custom built to give you reliability and trouble-free use.

VARIABLE RATE IRRIGATION (VRI)

Variable rate irrigation applies precise amounts of water to match numerous AG-DATA SERVICES FOR ENHANCED variables within each field. IRRIGATION MANAGEMENT

+ Fertiliser savings

Save up to 20%. Eliminate leaching.

Labour reduction Save up to 25% manual farm management labour.

REINCLOUD AG-DATA SERVICES NEW! REINCLOUD ONLINE SOFTWARE

Learn how ReinCloud is making it easier to manage irrigation.

An irrigation controller that helps you organize your operation by property, zone and equipment, making it easier to quickly gain access to control and monitor your ag-based equipment.


Hulpbronbestuur

deur Bianca Henning

Reinke se verskuifbare spilpunte bied besproeiingsoplossings vir Afrika ՚n

Boer moet elke stukkie grond tot sy beskikking behoorlik benut. Dit is nie in ՚n boer se aard om te mors nie, veral nie met iets so kosbaar soos krag, water of grond nie. Reinke is dit met die boere eens en daarom probeer hulle altyd om die boer te help om doeltreffend en kostedoeltreffend te besproei. “Ons is baie bly om terug by NAMPO te wees vanjaar,” sê Patrick Ellis, besturende direkteur van Reinke Suid-

Afrika. “Net om bietjie agtergrond oor Reinke te gee — ons voer die Reinkeproduk in vanuit Amerika en maak seker dat ons genoeg voorraad het vir al die Suid-Afrikaanse asook Afrikaboere. Ons bied produkte vir al ons Afrika-buurlande, wat strek tot Egipte — van die ooste tot die weste, noorde tot die suide.” Reinke se klante in Afrika word met toerusting sowel as naverkopediens

Die enjinaangedrewe minispilpunt (EDMP) by Reinke se uitstalling tydens NAMPO. 16

ProAgri Suid-Afrika 268

bedien vanuit Suid-Afrika. Afhangend van waar klante geleë is, kan produkte ook regstreeks vanuit Amerika ingevoer word tot by die naaste hawe, of alternatiewelik tot in Suid-Afrika en dan van daar af met ՚n trok vervoer word tot by die klant. “Ons produkte is uniek omdat ons spilpunte vervaardig word met hoësterktestaal, in plaas van wat mededingers gebruik, so die struktuur is baie ligter, maar baie sterker. Ons gebruik ook unieke seëls tussen die pype en ons toringkaste is ook anders — dit het dubbel- in plaas van enkelwande,” verduidelik Patrick. Patrick sê: “Ons handelaarsnetwerk is baie belangrik vir ons. Ons maak seker dat ons handelaars goed opgelei is met tegniese kundigheid, sodat ons kliënte net die beste diens en raad kan kry, en maak ook seker dat ons genoeg onderdele in voorraad het, sodat ons dadelik kan reageer wanneer daar ՚n probleem is.” Een van die hoogtepunte by Reinke se NAMPO-uitstalling was die enjinaangedrewe minispilpunt. Kleiner spilpunt met petrolenjin Die Reinke enjinaangedrewe minispilpunt (ook bekend as EDMP vir ‘Engine Driven Mini Pivot’) is ՚n kleiner spilpunt wat beloof om die nagmerries te verjaag van boere wat met hande in die hare sit weens kragprobleme. Hierdie spilpunt is die ideale www.proagri.co.za


Reinke demonstreer aan boere by NAMPO hoe ՚n spilpuntpomp se reguleerder werk.

Reinke se slim besproeiingsbeheerpanele Nog ՚n hoogtepunt by NAMPO was Reinke se Advanced+- en RPMbeheerpanele. Hierdie slim besproeiingsbeheerpanele maak die lewe vir die boer makliker. “Reinke se besproeiingsbeheerpanele werk saam met die Rein Cloud-toepassing. Die slim beheerpaneel gee in ՚n oogopslag inligting oor wat met sy besproeiing aangaan aan die boer op sy slimfoon. Jy kan maklik en vinnig inligting bekom oor jou besproeiingstelselstatus, weer, sensordata en besproeiingskontroles, wat besluitneming makliker maak vir die boer,” verduidelik Jacques van den Berg, tegniese bestuurder van Reinke SuidAfrika en Afrika. Reinke maak seker dat hulle ՚n wye reeks keuses bied vir die kleinste tot die grootste boerderye. Reinke bied besproeiingsoplossing vir sirkels van 1 tot 5 ha en tot 85 ha. Reinke help boere om die regte spanlengte, oorhanglengte, wielgrootte, aandrywing en spuitpakket te kies. Die pompe en toevoerpype word ook verskaf.

Reinke se slim besproeiingsbeheerpanele. oplossing vir kleinskaalse boere wat nie noodwendig driefasekrag het nie en met besproeiing wil begin. Die EDMPspilpunt word aangedryf deur ՚n Hondapetrolenjin van 4 kW. Sy brandstoftenk hou 22,7 liter, waarmee hy minstens sestien uur lank werk. Die spanlengte van die EDMP wissel van 41,8 meter tot 65 meter. Die oorhanglengte is 12,8 meter tot 32 meter en die langste EDMP-spilpunt is sowat 97 meter. Werner Wolfaardt, sake-ontwikkelingsbestuurder van Reinke Suid-Afrika en Afrika, vertel meer: “Die spilpunte werk op ՚n klein reduksieratkas aan die onderkant, wat dan die ratkaste op die wiele dryf. Hierdie spilpunt werk baie doeltreffend en dien as ՚n goedkoper weergawe vir boere wat nie noodwendig driefasekrag wil laat installeer nie. Al waarvoor die boer moet sorg, is om water tot by die middelpunt van die spilpunt aan te lê. www.proagri.co.za

“Nog ՚n voordeel van die spilpunt is die feit dat hy verskuifbaar is, sodat een spilpunt gebruik kan word om twee sirkels te besproei. Jy draai bloot die spilpunt se wiele na voor en sleep hom met jou trekker van die een land na die ander,” voeg Werner by. Die aandryfratkaste is in lae-, standaard- en hoëspoed beskikbaar. Die spilpunt sal volgens die ratkasaandrywing vinniger of stadiger loop, terwyl die enjin se omwenteling dieselfde bly. Werner sê: “Hierdie spilpunt se gewildheid het die afgelope paar jaar toegeneem in Afrika, juis omdat dit ՚n gerieflike oplossing is vir jong opkomende boere, wat slegs ՚n klein gedeelte het om te besproei.” Soos ons weet, gaan Afrika binnekort die kosmandjie vir die wêreld wees. Al die lande in Afrika waarin Reinke sake doen, het ՚n baie groot aanvraag om kleiner boere te kry om te begin boer,

Die betroubare Honda-petrolenjin van 4 kW wat Reinke se enjinaangedrewe minispilpunt aandryf. Vir meer inligting oor Reinke se besproeiingstelsels wat jou sak en behoeftes pas, praat met Patrick Ellis by +27-(0)31350-4525, of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@reinke.com.

ProAgri South Africa 268

17

Hulpbronbestuur

sodat die lande meer selfstandig kan word wat kosvoorsiening aanbetref. Dit plaas hulle dan in ՚n posisie waar hulle na hulleself kan omsien. “Dit is vir ons ontsettend belangrik dat ons ten nouste met die boere skakel. Ons maak seker dat Reinke deel is van die mense, deel is van die omgewing, en die prosesse van beplanning, tot installasie en die suksesvolle oprigting van die spilpunt. Ons probeer om minstens een maal per maand in die Afrika-lande waar ons spilpunte opgerig het, uit te kom om seker te maak dat die verspreiders asook die klante tevrede is.”


NAMPO 18

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


NAMPO

deur Annemarie Bremner

Rotrix Afrika se kruipspuite gooi nat sonder nonsens “T

egnologie is wonderlik, maar dit is ook aantreklik vir diewe,” sê Andries Bothma van Rotrix Afrika. Hy het by NAMPO boere ingelig oor Rotrix se staatmakeroplossings om uitvalhoeke van spilpunte, kleiner landerye, weivelde en groentelande te besproei. Die kruipspuite het net ՚n waterkoppeling nodig en werk sonder elektriese aandrywing. Die feit dat daar geen koperdraad is wat gesteel kan word nie, maak dit klaar minder aantreklik vir diewe. Daarby kan jy maklik jou Rotrix agter jou trekker of bakkie haak en skuur toe sleep vir die nag as diefstal ՚n groot probleem is. Andries sê hy weet van boere wat al met hulle tegnologies gevorderde, geoutomatiseerde besproeiingstelsels moed opgegee het as gevolg van diefstalprobleme en die koste en onbetroubaarheid van elektriesekragvoorsiening. Met Rotrix Afrika se kruipspuite kan jy uit ՚n dam, opgaartenk of regstreeks uit die boorgat besproei met minimale 3 bar waterdruk, en as elektrisiteit ՚n probleem is, het Rotrix nou ook ՚n plan: By NAMPO kon boere kyk na die nuwe dieselaangedrewe pomp wat jy saam met jou spuit kan verskuif as dit nodig is, of naby die dam kan installeer. Dit maak die deur wyd oop vir boere in Afrika wat nie kragtoevoer het nie, maar ook nie meer op reën kan reken vir produksie nie. www.proagri.co.za

So lyk Rotrix se nuwe dieselaangedrewe pomp wat dit nou nog makliker vir boere maak om enige plek te besproei. ProAgri South Africa 268

19


NAMPO 20

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


NAMPO

Rotrix se kruipspuite fnuik diewe, kragprobleme en droogte! Die afgelope 35 jaar verbeter en verfyn Rotrix Afrika steeds sy kruipspuite, wat regoor Afrika bemark word. Volversinkte staal word vir die raamwerk gebruik om roes te bekamp en die wiele is geskik vir padvervoer en om deur die lande te beweeg sonder vassit. Nog ՚n groot voordeel van Rotrixspuite is dat dit eenvoudig is om te gebruik, in stand te hou en te herstel. “As ՚n boer hulp nodig het, is ons daar om te help, maar hulle kom gewoonlik self reg, want die slytonderdele is by enige koöperasie beskikbaar,” sê Andries. Andries sê hulle grootste mark is veeboere en perdeplase, maar dit beteken nie graanboere word uitgelaat nie. Die nuwe Cane Master-model is byvoorbeeld ՚n stewige bulletjie wat met groot vrug deur hulle grootste kliënt, Kagera Sugar, in Tanzanië gebruik word. Die reuse suikerplaas het 140 van die spuite en ՚n span mense wat die spuite verskuif na waar dit nodig is. Kommersiële boere wat van ondergrondse drupbesproeiing gebruik maak span ook dikwels Rotrix Rainmakers in om die bogrond sag en klam te hou totdat die saad ontkiem en die plantjies se wortels na die ondergrondse water kan begin groei. As gevolg van die bekostigbaarheid van die spuite, kan ՚n boer maklik meer as een spuit op verskillende plekke ontplooi. Die kleiner modelle, soos Clubman en Sportman, word dikwels deur skole, stadsrade en sportstadions gebruik, maar die meeste kommersiële boere is bekend met die Rhino 300 en Rainmaker 200. www.proagri.co.za

Die vierwiel-Rhino 300 besproei bane van 100, 200 of 300 meter lank en 50 meter wyd in een lopie. Die Rainmaker, wat bane van 200 meter lank kan besproei, is beskikbaar in tweewiel- of vierwiel-eenhede. Só werk die kruipspuite Die spuit word aan die een kant van die land staangemaak en sy duursame Oroflex-waterpyp word na die waterpunt in die middel van die land gesleep. Die staalkabel word uitgerol en aan die oorkant van die land geanker. Die staalkabel is dus twee keer so lank soos die waterpyp. ՚n Deeltjie van die stroom water word gebruik om met ՚n 4 mm-sproeier ՚n bakkieskyf aan te dryf, wat deur ՚n ratkas en kettingstelsel die staalkabel inkatrol om die hele spuit teen ՚n spoed van jou keuse na die oorkant van die land te trek terwyl hy al die pad egalig natmaak. Die twee verstelbare spuite kan ՚n strook van tot 50 meter wyd besproei met ՚n aanpasbare druppelgrootte. Die toevoerpunte word normaalweg 36 meter uitmekaar geplaas om behoorlike oorvleueling te verseker. Op die groter modelle is die hoogte van die spuite ook verstelbaar sodat suikerriet en mielies hulle water soos reën van bo af kan kry. ՚n Klein leertjie op die spuit maak dit moontlik om bo by die T-koppelstuk uit te kom. Wanneer die strook klaar besproei is, word die watertoevoer afgesluit en die pyp kan dan met die hand opgerol word of met behulp van ՚n trekker wat aan die kragaftakker-aangedrewe ratkas gekoppel word.

Andries Bothma van Rotrix sê dit was skoon nostalgies om terug te wees by NAMPO. Kom kuier! Andries sê dit was skoon nostalgies om terug te wees by NAMPO en om al die bekende gesigte en nuwe besoekers te sien. Hy het boere uitgenooi om hulle fabriek in Worcester te besoek. In die fabriek word ook die Bushwakkaboswaens gebou vir die mense wat grondpadvakansies hou. In die suidelike deel van die land hanteer Rotrix Afrika self hulle verkope van die kruipspuite en in die noordelike deel kan boere by Irrigation Unlimited aanklop. Besoek www.rotrixafrica.co.za vir kontakbesonderhede of skakel Andries Bothma by 079-959-3356. ProAgri South Africa 268

21


NAMPO

NAMPO:

Winsgewende skaapboerdery Deel 2:

Beplan en bestuur vir hoër winste

Vuur en vlam terug

deur Bianca Henning

N

a ՚n afwesigheid van twee jaar van die internasionale landboukalender het NAMPO-oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, inderdaad ՚n oorweldigende terugkeer gemaak. Die hele landbougemeenskap het van 16 tot 20 Mei 2022 op Bothaville toegesak vir die jaarlikse NAMPO-oesdag. Na drie jaar se stilte het NAMPO-park behoorlik gegons, en was ՚n reuse sukses – met altesaam 73 000 toeskouers wat NAMPO-park besoek het.

Thoko Didiza, minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (middel), met haar besoek aan die NAMPO-oesdag. Die voorsitter van Graan SA, Derek Mathews, en ondervoorsitter, Jeremia Mathebula, het haar op ՚n toer van die skou vergesel. 22

ProAgri Suid-Afrika 268

Volgens Graan SA kry NAMPO gewoonlik ongeveer 20 000 besoekers per dag op sy 40 ha, met ongeveer 760 uitstallers en hulle personeel op NAMPOpark. Die gemiddelde besoeker bring meer as sewe uur by NAMPO deur. NAMPO se hoofdoel is nie wins is nie; dit gaan oor die sake wat daar, en in die toekoms, gedoen word regoor die hele landbouwaardeketting en dit is hoekom NAMPO belangrik is; nie net vir landbou nie, maar ook vir Suid-Afrika. Die uitstallers by NAMPO se oogmerk

Soos altyd het John Deere se uitstalling derduisende NAMPO-gangers gelok om na die groen masjiene te kyk. Tydens die 54ste NAMPOoesdag vanjaar het John Deere die reusagtige en indrukwekkende X9 1100-stroper bekendgestel. is sekerlik om hulle jongste toerusting met nuwe tegnologie aan die boere ten toon te stel, maar sekerlik ook om goedere te verkoop of dan minstens ՚n www.proagri.co.za


NAMPO

Valtrac sorg altyd vir nuttige nuwe tegnologie vir die boer.

Groot, kragtige masjinerie laat enige boer se hart warm klop, en by NAMPO was daar heelwat daarvan te sien.

Die Rooipoenskopbeeste met hulle rustige temperament Massey Ferguson vier 175 jaar. was ՚n gewilde besoekpunt in die NAMPO-beeskompleks. bestelling te kry of ՚n uitnodiging om toerusting op die plaas te kom demonstreer. Dr Pieter Taljaard, hoofuitvoerende bestuurder van Graan SA, het in ՚n oop brief aan die publiek almal weer voorgestel aan NAMPO net om mense weer te herinner wie en wat NAMPO is: “NAMPO het ontstaan uit drie graanprodusente naby Bloemfontein wat die behoefte gesien het om vir hulleself en mede-produsente ՚n geleentheid daar te stel waar hulle die nuutste landboutoerusting in aksie kon sien. Daarmee saam kon ander insetverskaffers die geleentheid gegun word om met huidige en voornemende klante te skakel, nuwe produkte en idees te deel en ook netwerke en verhoudinge bou. “NAMPO het deur die jare gegroei en ander uitstallings het bygekom om dit ook vir die produsente se geliefdes ՚n unieke en aangename ervaring te maak, omdat ons produsente en lede familiemense is. Die hoofdoel van NAMPO vandag is steeds om die www.proagri.co.za

geleentheid daar te stel waar voedselprodusente van hierdie land en buurlande na die nuutste tegnologie en produkinnovasies kan kom kyk, met kundiges in die bedryf kan kom gesels en nuwe idees kom kry,” aldus dr Taljaard. Dr Dirk Strydom, hoof van NAMPO, Bemarking- en Navorsingkoördinering van Graan SA sê: “Dit is een groot seën dat NAMPO hierdie jaar kon plaasvind ten spyte van al die uitdagings. Ons vertrou dat die nie-winsgewende organisasies en nabygeleë gemeenskap baat gevind het by die jaar se NAMPOoesdag.” Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, het Maandagoggend besoek afgelê by NAMPO. Die minister se afvaardiging het haar twee adjunkministers sowel as die departement se direkteur-generaal, Mooketsa Ramasodi, ingesluit. Tydens die besoek het die minister ook samesprekings gevoer met die ministers van Landbou

en Grondhervorming van die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Argentynse ambassadeur. Tydens die week van NAMPO het 335 vliegtuie en 70 helikopters op die aanloopbaan geland, wat gesorg het vir 925 besoekers. Die week is gekenmerk deur aangename weersomstandighede, hoewel harde reën Vrydagmiddag die jaar se NAMPO-oesdag op ՚n nat noot laat afsluit het. Dit was beslis ՚n week vol hoogtepunte, nuwe bekendstellings en skouers skuur met nuwe, ou en bekende gesigte. Die datums vir volgende jaar se NAMPO Oesdag is vasgestel op 16 tot 19 Mei 2023.

Vir meer inligting, besoek https://www.grainsa.co.za/ pages/nampo/nampo-home.

ProAgri South Africa 268

23


NAMPO 24

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


deur AJ Steyn, veldagronoom, Pioneer

Bestuur van die kultivar Die P1197-reeks is ՚n hoëpotensiaal baster vir die warm besproeiingsgebiede. Die baster vereis ՚n goeie bestuursvlak en tydige toedienings van kunsmis en water vir optimale produksie. Gereelde inspeksie vir insek- en swambeheer is nodig om te verseker dat die volle opbrengspotensiaal bereik word.

Figuur 2: Opbrengs met volle besproeiing - Luckhoff.

S

edert die P1197-kultivarreeks drie jaar gelede die eerste keer hier in Suid-Afrika aangeplant is, het dit van krag tot krag gegaan. Dit het van die begin af presteer in die besproeiingsgebiede, en ook uitgebrei na die droëlande van die Oostelike produksiegebied as gevolg van die kultivar se vermoë om by stande van 50 000 tot 60 000 te presteer. P1197 moet egter primêr gesien word as ՚n besproeiingskultivar vir die warm besproeiingsgebiede as gevolg van sy vinnige groei en unieke energiebehoef-tes. Omdat die kultivar relatief vinnig deur sy ontwikkelingstadia beweeg, is tydige toediening van ,

Figuur 1: P1197-plantestand vir volle besproeiing. www.proagri.co.za

bemesting noodsaaklik vir topopbrengste. Figuur 1 dui die ideale plantbevolking vir volle besproeiing aan. Omdat die kultivar so ՚n hoë opbrengspotensiaal het, het dit ook ՚n groot behoefte aan genoeg hitte-eenhede. Die afgelope twee jaar was daar egter baie bewolktheid en reënweer (wat ander kultivars ook benadeel het), maar dit het veral die P1197-reeks se opbrengste verlaag as gevolg van sy groter hittebehoefte. Boere moet hierdie dus in perspektief sien, en nie die kultivar afskryf as gevolg van hierdie tydelike laer opbrengste nie. Die langtermyn-klimaatstoestande van die westelike besproeiingsgebiede behels droë, warm toestande in die somer, wat hierdie kultivar soos ՚n handskoen pas. Sterk agronomiese eienskappe van P1197-reeks • Blitsige opkoms • Sterk vroeë saailinggroei • Sterk wortelstelsel • Regop blaaroriëntasie • Kopaanhegting op ± 50% van plantgrootte • Hoë opbrengspotensiaal • Relatiewe lang graanvulperiode • “Staygreen”-effek • Lang pitte met dun stronk • Vinnige afdroging • Goeie staanvermoë

Figuur 3: Waterverbruiksdoeltreffendheid – Luckhoff.

Vir meer inligting, gaan na www. pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos aan info.rsa@pioneer.com. ProAgri South Africa 268

25

NAMPO

Pioneer se P1197-platform: Hier is nou uitstekende waarde vir geld

Prestasie onder volle besproeiing P1197YHR het in die 2018-19-seisoen in ՚n waterverbruiksproef in Luckhoff 18,455 ton/ha behaal en ՚n waterverbruiksdoeltreffendheid van 32,5 kg graan per mm water. Figuur 2 dui die opbrengste aan terwyl figuur 3 die waterverbruiksdoeltreffendheid aandui. Hierdie seisoen het nog baie hitte gehad met goeie opbrengste by al die kultivars.


NAMPO 26

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


NAMPO

Agrico se G4-spilpunt stop diewe en verbeter produksie

՚n

Besige boer het nie tyd om te mors nie, veral nie wanneer dors gewasse water nodig het en motors en onderdele skielik voete gekry nie. Agrico verstaan dit. Dus het hulle tegniese span koppe bymekaar gesit en ՚n plan beraam. Die oplossing? Die Generasie Vier (of G4) spilpunt bekamp diefstal van spilpuntonderdele proaktief, wat beteken jy kan met twee oë toe slaap. “In ons land is daar baie uitdagings met diefstal,” verduidelik Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur van Agrico. “Die kabels, motors en koppelstukke word gereeld gesteel. Ons kliënte het ՚n reuse behoefte om diefstal af te weer. Om dit te bestry, het ons ՚n spilpunt ontwerp met die oog op diefstalbestandheid.” Die G4-spilpunt is die slot en grendel Die G4 is ontwerp met geen sigbare kabels of ander komponente nie — alles is versteek. Die sentrale dryfmotor is heeltemal toe in ՚n staalomhulsel met stewige boute waaraan diewe nie kan peuter nie. Die spilpunt se beheerpaneel is ook in ՚n versinktestaalkas. Daar is geen kabels wat uitsteek nie, selfs nie by die senter nie. Spanlaste en dryfaste is ook veilig agter staal. Beveiligde en sterker G4-spilpunte “Die vierde generasie spilpunt is ontwikkel uit jare se ondervinding in spilpuntbou,” verduidelik Johan. “Met die nuutste tegnologie en rekenaarondersteunde ontwerp kan ons elke komponent in die fynste besonderhede simuleer en bou om so sterk

Agrico se tegniese span het aan alles gedink om hulle spilpunte te beveilig, selfs die koppelstukke. www.proagri.co.za

Die senter se beheerpaneel is veilig in ՚n versinktestaalkas om dit teen misdadigers te beskerm.

Diewe kan nie aan hierdie boute peuter nie. as moontlik te wees. Ook die struktuur is heeltemal herontwerp. Ons is in staat om ՚n 70 meter span met 35 meter oorhange te bou. So benodig ons minder torings per hektaar.” Daarby trap die smaller wiele ՚n dunner spoor, wat minder gewasverliese en groter opbrengste beteken. Verminderde ruimte opgeneem deur spore in die landerye beteken ook die boer kan meer plant. Optimale produksie uit elke hektaar! G4-spilpunte is ook slimmer Die G4 spilpunt spog ook met verskeie toevoegings wat jou Agrico-spilpunt slimmer maak. Agrico Web Control-sagteware laat die boer toe om sy/haar besproeiingstelsel volledig te beheer deur enige slim-toestel met internettoegang. Deur Agrico Advanced RAIN en Agrico Pump Controller, albei deel van die volledige Web Control-pakket, kan jy jou pompe en spilpunte in aanhoudende kommunikasie hou, en van enige plek in die wêreld beheer. Vir ՚n spilpunt om kostedoeltreffend te wees, moet die regte druk en vloei deurgaans gehandhaaf word. Agrico Web Control, nou met GPS, meet die

deur Maryna Steyn

druk en vloei en reageer dan om dit deurgaans eksieperfeksie te hou. Agrico Web Control is in staat om die posisie van die laaste toring te bepaal en kan die druk aan die einde van elke spilpunt moniteer. Met intuïtiewe webtoepassing kan jy die sterkte van jou motors en pompe aanpas om op enige oomblik aan elke spilpunt se presiese behoeftes te voldoen, soos die torings oor jou land beweeg. In ՚n gevallestudie van ՚n 40 meter spilpunt in Vanderkloof, met 20 meter verskil tussen die hoogste en die laagste punt, het Agrico Web Control met GPS ՚n elektrisiteitsbeparing van 28% meegebring! Met Agrico Web Control, pompbeheer en GPS, verkry die boer optimale elektrisiteitverbruik. Jy hoef natuurlik nie al hierdie produkte te hê nie, maar saam ontsluit dit soveel meer. “Agrico probeer waarlik om vir elke boer die optimale oplossing te kry,” sê Johan. “Dit gaan nie net oor die produk se ontwerp nie, maar ook die diens. Ons het onderdele, personeel en dienslede by elke tak in Suid-Afrika. Ons is daar vir boere regoor die land, asook in die buiteland.”

Die G4-spilpunt spog met langer spanne en ՚n groter oorhang wat minder torings in die landerye beteken. Om uit te vind hoe ՚n Agrico G4 jou boerdery kan optimaliseer, skakel +27 (0)83-455-5423 of +27 (0)21-950-4111. Stuur ook gerus ՚n e-pos na sales@agrico. co.za, of besoek hulle webtuiste by www.agrico.co.za. ProAgri South Africa 268

27


NAMPO 28

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


NAMPO

Our Fuel Economy products are specially formulated to maximize fuel economy properties without compromising the engine protection.

Why would you choose our products? Over 20 years of Fuel Economy experience

Fuel Economy lubricants for every application

TotalEnergies has been developing Fuel Economy products since the 1990’s. Today, a third of TotalEnergies engine oils sold worldwide are formulated with Fuel Economy technology.

Our wide range of Fuel Economy solutions are suited for every application, including engines, gearboxes and axles.

Fuel Economy partnerships with OEMs

Tested in real-world conditions and certified for fuel savings

Tractagri and Dynatrans Fuel Economy ranges are developed in close cooperation with key OEMs. Therefore, the range is fully approved for use in their equipment to achieve the Fuel Economy targets of the OEMs.

Our Fuel Economy lubricants are tested on actual fleets operating in real-world conditions, and certified by independent testing organizations such as TÜV Rheinland, UTAC, and Millbrook.

Your daily partner Tailor-made lubricants for agriculture

SCAN HERE

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 268

29


NAMPO

SBS® Group ties everything together S

BS® is a leading provider of innovative food, water and energy security solutions. “The SBS® Group consists of three divisions, namely SBS® Tanks, focusing on water storage solutions. SBS Agri, the grain handling and storage company and recently launched SBS® Energy, a solar division,” Gregg McDonagh, Business Developer at SBS®, explains. “SBS® was established 23 years ago, and today we are proud to say that we have grown into market leaders in bulk water storage in the country, and with our offering from both agricultural and

SBS® Agri designs and supplies a comprehensive range of grain handling, conditioning and storage solutions.

30

ProAgri Suid-Afrika 268

by Bianca Henning

The team from the SBS® Group at their NAMPO stand. energy divisions we have closed the circle in terms of our offering to the agricultural market. We have a global footprint and are able to provide solutions that have been engineered, designed, and developed to harness and secure resources anywhere in the world,” Gregg adds. “We have offices in Durban, Cape Town and Johannesburg and sales and installation teams across South Africa as well as offices and teams in East and West Africa and the USA. We are a very relationship-based company and make a point of spending time with our farmers on their farms to get a better understanding of what exactly they need. Thereafter we roll out a full solution to our customers. We do not

run away after that. It is important for us to stay involved in the growth of our projects and going forward, we remain very close friends with them. More than likely there are additional projects to follow the first one, since all our offerings are tied together. “Since we started with water storage, we have gained a large footprint in the country with our water storage tanks.” “SBS® offers a wide range of solutions to meet the diverse and exacting needs of the agricultural sectors. We focus on working to develop comprehensive solutions that address the need for water conservation and off-grid water storage, effective grain handling, processing, and storage as well as off-grid energy security.” To find out more about the SBS® Group and the solutions they have to offer, visit their website www.sbstanks.com or contact them on 0860-482-657. Send an e-mail to info@sbstanks.co.za.

www.proagri.co.za


Article supplied

R

ichard Saziya’s successful sawmilling businesses in Zimbabwe rely on Wood-Mizer sawmills to trade profitably, rebuild communities, restore roads, preserve forests, and inspire better lives. When Richard Saziya started his sawmilling business in 2001, he never imagined where this road would lead him. He was introduced to Wood-Mizer when his employer, Cembee Furniture, asked him to find sawmilling equipment that could cut sawn timber for the factory to save money and waste less timber than circular swing-blade type sawmills. He discovered a used Wood-Mizer sawmill in Zimbabwe’s Eastern Highlands, and bought it for Cembee. The machine reliably produced accurately sawn timber with very low wastage. This success encouraged him to start his own sawmilling business. PanPri and Tsanga Timbers Richard bought a used Wood-Mizer LT40 portable petrol sawmill that could move around to where the trees were. This made the money flow in and Richard could start PanPri Timbers in 2001. He added three more Wood-Mizer LT15 Petrol sawmills to meet the growing demand. A contract with Zimbabwe’s Forest

The sawmill fits easily onto a trailer or pickup to transport to where it is needed. Commission also allowed PanPri to cut trees that were not native to the protected areas. The growth in timber sales, a new timber depot in Harare, and more timber supply contracts in Bulawayo, Gweru and Maronberg, caused a further expansion. Richard realised he could use the good quality B-grade timber that was left over from the A-grade logs. This was the birth of Tsanga Timbers in 2010. Through this company, he produces pallets, skirting and ceiling boards, and doors for the local building and construction market. Tsanga Timber is based in Nyanga www.proagri.co.za

and recently also opened a new depot in Harare. The company also runs a network of qualified carpenters in Mutare, Masvingo, Bulawayo and Harare to assist with fitment of products bought through them.

Tsanga Timbers’ team has also expanded and now consists of 35 workers and three timber milling and road construction and repair specialists. Tsanga Timbers’ factory employs a further twelve workers for a total workforce of close to 80 workers. Richard recommends using a blocking method to produce timber for the WoodMizer sawmills. “Don’t try and transport logs but rather work in-field and cut blocks that are easier and cheaper to transport,” says Richard. “I also use petrol Wood-Mizer sawmills because they can move to where the trees are. The thin kerf blades that Wood-Mizer sawmills use also waste less, which saves costs and gives more profits.”

Richard’s team cutting timber blocks in the field. Growing trees and using timber wisely Richard gives his business partner and co-director of Tsanga Timber, John Saunders, the credit for using timber better. “John really opened my eyes to the potential money that value-added timber has,” Richard says. “Logs only provide a small part of the value. Only once you cut the timber and produce products from it, do you unlock the real value of timber,” he declares. As part of the drive to use timber sustainably, Richard and John also use a unique way to grow their own timber. “Our own timber costs us less, it bypasses the difficulties of Zimbabwe’s land battles, and ensures a stable and sustainable timber supply for us,” Richard says. The PanPri and Tsanga Timber team supply landowners with seeds and seedlings that are grown on private properties. Once the trees are mature, the company gets first option to buy the logs. This methods gives endless access to ready land for planting. Sawmilling with Wood-Mizer When Richard first started his business, he had one team that moved around to find trees to cut. The three-man team used one sawmill and chainsaw operator to cut and mill the timber, and one tractor driver to drag the logs to the Wood-Mizer mills. Since then, PanPri’s team has expanded to 30 employees and three tractors.

Cutting timber high up in the Nyanga mountains in Zimbabwe’s Eastern Highlands.

Rebuilding roads with timber milled on a Wood-Mizer. Challenges, changed lives and the future Learning to steer around the challenges that sawmillers face in Zimbabwe contributed to Richard’s success. These challenges consist of: • Zimbabwe’s land battles, • the access to and the pricing of timber owned by large timber companies, • the influx of sawmilling companies from China, and • the lack of foreign currency streaming in. Despite these issues, Richard’s business flourished, allowing him to build schools, start farming enterprises, build roads, uplift communities, reforest land and secure education abroad for his children. He prays for the future of Zimbabwe. “We face many challenges, and my prayer is that we as Zimbabweans will build a future that everyone can be proud of,” Richard says. “We’re also ploughing more funds into the private school to improve the facilities and accommodate more than the 200 children that already attend the school. “We’re also very proud of our relationship with the Zimbabwean National Parks. We recently purchased more chainsaws, allowing us to clear out invasive species to make way for timber that will be planted,” Richard concludes. For more information, contact WoodMizer at +27 (0)11-473-1313 or +27 (0)73-146-7322. Visit their website at woodmizerafrica.com. ProAgri South Africa 268

31

NAMPO

Zimbabwean sawmiller shows way to sawmilling success



NAMPO

Yara: Markleier in plantvoedingsprodukte Artikel voorsien

Gehalte is die kenmerk van die produkte wat Yara, ՚n internasionale leier in plantvoeding, met verteenwoordiging in jou gebied, produseer.

Yara het onlangs twee YaraRegaTM chloorvrye produkte bekend gestel, naamlik YaraRegaTM Aquaflex 18 en YaraRegaTM Aquaflex 13. Albei bied kostedoeltreffende bemesting vir hoëwaarde-gewasse.

'n

Spesialiskennis

Sertifikaat van Uitnemendheid is vir 'n tweede maal aan Yara Africa Fertilizer en al sy aanlegte in SuidAfrika toegeken deur die Internasionale Kunsmisvereniging (IFA). Dié sertifkaat is geldig vir ՚n tydperk van drie jaar, waarna dit hernu kan word. Daarmee saam is Yara ook ՚n lid van GLOBALG.A.P., ՚n organisasie wat wêreldwyd veilige voedelselproduksie en gesonde landboupraktyke bevorder.

Gewasprestasie

Yara vervaardig sedert 1905 plantvoedingsprodukte van hoë gehalte en kan daarom vertrou word om ՚n eenvoudige, toeganklike en doeltreffende oplossing te bied. Daar word voorspel dat die wêreldbevolking die 9-miljardmerk in 2050 sal oorsteek, wat van produsente sal verg om 50% meer voedsel in dieselfde ruimte te produseer. Yara se unieke, veeldoelige YaraRega™ is die wêreld se eerste wateroplosbare en homogene NPK-korrelproduk. Dit bied produsente vryheid van keuse om die produk uit te strooi of deur die water toe te dien. ՚n Verskeidenheid noodsaaklike voedingstowwe wat nodig is om ՚n gesonde plant te produseer is spesifiek ontwerp om in die meeste besproeiingstelsels te werk.

www.proagri.co.za

Yara se diens is kliëntgerig en daarom is Yara ideaal geposisioneer om dinamiese en vernuwende produsente, wat sakeeienaars in eie reg is, te ondersteun. Yara se gehalteprodukte en -diens word deur ՚n kombinasie van internasionale kundigheid en plaaslike ervaring gerugsteun. Die span verkoopsagente word sterk ondersteun deur ՚n plaaslike span spesialislandboukundiges wat graag hulle passie vir plantvoedingsoplossings met produsente deel.

Produkgehalte

YaraRega™ bied ՚n verskeidenheid voedingstowwe wat hoogs oplosbaar en vinnig beskikbaar is. Dit is dus ideaal vir gebruik in die meeste besproeiingstelsels. Yara se produkte bevat volledig oplosbare voedingstowwe. Die produkte word gemaak met die beste grondstowwe en bied volledige naspeurbaarheid van fabriek tot veld. Daarby is dit chloorvry, pH-neutraal en ammoniumnitraat-gebaseer en daarom is dit ideaal vir die gewas, die grond en die toerusting. Die gebruik van YaraRega™ as ՚n wateroplosbare produk kan die doeltreffendheid van watergebruik verhoog, asook die doeltreffendheid van toegediende plantvoedingstowwe.

՚n Gesonde voetspoor

Om die wêreld van voedsel te voorsien en terselfdertyd die planeet te respekteer, is nie net Yara se leuse nie, maar ook die besigheidskultuur.

Vir meer inligting, besoek www.yara.co.za, stuur ՚n e-pos na infosa@yara.com of skakel (+27)21 877 5300.

ProAgri South Africa 268

33


NAMPO

Goeie nuus vir boere:

deur Bianca Henning

ETG vergroot hulle voetspoor in Oos-, Wes- en Suid-Afrika

Die ETG-span by hulle uitstalling tydens NAMPO 2022.

D

ie gewilde verskaffer van landboutoerusting, landboulogistiek en landbou-insette in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Botswana, Swaziland, Kenia, Tanzanië, Lesotho en Mosambiek, ETG Logistics, doen reeds die afgelope 50 jaar sake in Afrika en werk tans in 42 lande regoor die wêreld. ETG Logistics vorm deel van die groter ETG-groep. Die maatskappy se visie is om die voorste verskaffer van Afrika-landbouprodukte aan die wêreld te word. Voorts streef ETG daarna om deur die globale bemarking van sy plaaslikvervaardigde kommoditeite, ՚n sleutelrol in die groei van die vasteland te

vervul. Met die oog hierop, fasiliteer ETG nie net die afset van landboukommoditeite nie, maar verskaf ook insetkommoditeite aan die boere. “Ons wye reeks trekkers en toerusting bied ons die geleentheid om dit dieper in die Suid-Afrikaanse plaastoerustingmark te waag en ՚n wye verskeidenheid landboukliënte te bedien,” sê Rajeev Sanexa, uitvoerende hoof van ETGL. “Ons meganisasie-opsies vir kleiner boerderye maak ons ՚n baie toepaslike keuse. Ons fokus op die kleinboermark en buiten gewone werktuie wat agter ՚n trekker gehaak kan word verskaf ons ook enjinaangedrewe werktuie wat deur ՚n operateur gestoot en beheer word.” “Ons as ՚n groep sal toegewyd bly om steeds topgehalte boerderyoplossings vir opkomende en kommersiële boere te bied, nie net in Suid Afrika nie, maar ook in die res van Afrika. Ons oogmerk is om toepaslike produkte te kies wat die beste by hierdie mark pas. Ons wil die beste moontlike oplossings vir boere bied,” voeg Pavankumar Nair, sakehoof van ETGL by.

“Ons groei soos die boere groei. Ons doen alles in ons vermoë om boere te help groei, wat op die ou einde ons maatskappy ook help groei.”

ETG bied ՚n wye verskeidenheid toerusting, van klein tot groot. Om meer uit te vind oor ETG se klein, kragtige en kompakte werktuie asook die wye verskeidenheid van produkte wat hulle bied, besoek hulle webblad by www. etgldistribution.com. Kontak hulle by (+27)-65-138-4567 of stuur ՚n e-pos na info@etgldistribution.com.

COMPLETE SOLUTIONS Agricultural Implements

Compact Tractors & Power Tillers

www.etgldistribution.com • Tel: +27 65 138 4567 • Email : info@etgldistribution.com

34

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


Radium Engineering se maroen masjiene pronk by NAMPO

deur Maryna Steyn

V

indingrykheid, betroubaarheid en voorslag-vakmanskap is die gedagtes wat by ՚n boer opkom by die aanhoor van die naam, Radium Engineering. Grant Roest se oupa het Radium Engineering 45 jaar gelede begin, en die handelsnaam spog sedertdien by elke NAMPO. “My pa het by my oupa oorgeneem en na sy afsterwe het ek ingetree. Ek en my vennoot, Jaco Orsmond, wil die onderneming van krag tot krag neem,” vertel Grant. Hy is tans die uitvoerende hoof en sy vennoot is die hoofbedryfsbeampte. Radium Engineering se produkreeks bestaan uit grondbewerkingstoerusting, strooiers, graafmasjiene, voermengers en snyers. Een van die maroen masjiene wat tydens NAMPO van nader bekyk kon word was die 20 ton kunsmisstrooier. Hierdie vlaagskip-model het verstellings wat verseker dat die boer wenakkerbeheer kan toepas en dat presies die regte hoeveelheid kalk of kunsmis op die regte plek in die land gestrooi word. Daarvoor sorg die wisselbare toediening.

Sterk, stewige skeurploeë is een van Radium Engineering se gewilde produkte. Hulle skottelêe is ook baie gewild by boere. www.proagri.co.za

“Wat hierdie werktuig uniek maak, is sy kapasiteit,” sê Grant. “Dit is een van die grootstes wat die mark bied. Die neiging deesdae is dat groter ook beter is. Boere moet meer produktief wees, meer geld bespaar en minder brandstof gebruik. Om meer kunsmis vinnig op een slag te strooi sonder knaende onderbrekings om te hervul, help om hierdie doel bereik. “Wat die strooier van ander onderskei, is die kettingvervoerband wat ons gebruik en hidrouliese skywe wat meer akkuraatheid gee in die strooipatroon. Dit strooi ook wyer. Daar is ՚n dubbelas en breë wiele sodat dit maklik deur die land beweeg met die minimum grondverdigting.” Hierdie strooier het ՚n kamera sodat

die operateur nie heeltyd hoef om te kyk om te sien wat met die werktuig gebeur nie. Daar is ook bykomende ligte sodat jy van vroegdag tot laat kan werk, selfs wanneer die son vroeg sak in die winter. “Vir ons gaan dit alles oor diens — dit is nie net ՚n produk wat verkoop word nie; ons lewer gehalte naverkopediens en onderdele is 24/7 beskikbaar. Maak nie saak hoe oud jou Radium-werktuig is nie, ons tegnici is altyd beskikbaar om hom volstoom aan die loop te hou. Waar ons nie onderdele beskikbaar het nie, is ons in die posisie om dit self te maak,” sê Grant. “Dit is een van die voordele van plaaslik vervaardigde produkte. Ons maak seker dat ՚n werktuig selfs twintig jaar nadat jy dit gekoop het, steeds hou en werk. “Die strooier is al vir sewe jaar op die mark, maar daar was drie jaar se proewe in samewerking met kontrakteurs omdat hulle aansienlik meer materiaal deur ՚n strooier sit as ՚n boer in ՚n tydperk van ՚n paar jaar. “Onder ons grondbewerkingsprodukte is die Powerrip baie gewild vir die Afrika-mark. Dit kan die grond diep bewerk. Omdat Afrika-boere staatmaak op grondvog, help diep bewerking om water meer doeltreffend te absorbeer en op te berg,” verduidelik Jaco. “Ons werktuie is gehard en sal nie maklik breek nie. Dit is swaarder, maar ook sterker as ander. ՚n Skeurploeg, byvoorbeeld, moet teen ՚n redelike spoed en met die krag van die trekker harde grond losbreek. Dit moet ook nie breek wanneer dit ՚n groterige klip in die grond tref nie,” sluit Jaco af.

Om meer uit te vind oor Radium Engineering se werktuie wat die boer se lewe makliker maak, besoek hulle webtuiste by www.radium.co.za. Stuur gerus ՚n e-pos aan Shannon Michelle by shannon@radium.co.za of skakel haar by +27(0)76-687-1339. ProAgri South Africa 268

35

NAMPO

Links: Radium Engineering se kunsmis- en kalkstrooier is die grootste van sy soort in Suidelike Afrika. Hy hou twintig ton sodat jy kan strooi en klaarkry sonder knaende onderbrekings om aan te vul, en hy strooi perfek volgens die behoefte van elke deel van die land.


NAMPO

ONS STEL BEKEND DIE VREUGDE VAN EENVOUD, DIE

MF 9300 SELFAANGEDREWE SPUIT

TEGNOLOGIE IS DIE KERN VAN DIE MF9330 SELFAANGEDREWE SPUIT. MET OUTOMATIESE STUURTEGNOLOGIE, DATAOPNAME EN TELEMETRIE WAT HIERDIE TEGNOLOGIE BIED, GEE DIT VIR ONS BOERE DIE INSIG IN DIE WERKTUIG SE OPERASIONELE DOELTREFFENDHEID.

► HOË GRONDVRYHOOGTE VAN 1,6M ► 30 METER BALK ► FABRIEK GEINSTALLEERDE OUTOMATIESE STUUR ► KRUIS-KRAGOORDRAG TRANSMISSIE ► C-FLEX ONDERSTEL ► 3,500 LITER TENK

Vir meer inligting besoek ons webblad: masseyferguson.co.za Stuur ‘n e-pos na: africasales@agcocorp.com

MEER INLIGTING ©2022 AGCO Corporation. E&OE

36

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


NAMPO AGCO het op sy mediageleentheid by NAMPO verduidelik hoe hulle die boer die middelpunt wil hou van hulle onderneming. Vlnr: Felix Seitz, hoof van verkope, Thierry Lhotte, visie-president van Massey-Ferguson EME, Dominik Reus, besturende direkteur van ACGO Africa, en Lionel Coetzee, hoof van bemarking.

AGCO beweeg nader aan die boer

deur Maryna Steyn

H

oe kan jy jou klante help as jy nie nou saam met hulle werk nie? Dit is die vraag wat AGCO gemotiveer het om nader aan hulle klante – boere – te beweeg. “Ons doel is om nader aan ons boere te beweeg; dit is ons strewe wêreldwyd. Ons beweeg nader aan hulle deur meer met hulle te gesels. Ons wil hulle verstaan. Ons wil weet wat hulle behoeftes en vereistes is. Ons vra watter bydra ons kan lewer en watter oplossings ons kan bied,” vertel Dominik Reus, besturende direkteur van AGCO Africa. Op ՚n mediageleentheid by NAMPO het hy vertel hoe belangrik dit vir hulle maatskappy is om nader aan boere te beweeg sodat boere van krag tot krag kan groei. “Om nader aan ons boere te kom beteken dat ons twee goed gedoen het. Eerstens het ons herbedink hoe ons met ons handelaars werk. Ons wil hand-aan-hand met hulle as ons vennote werk om beter oplossings en diens aan boere te bied. “In Oktober 2020 het ons die verspreiding van ons werktuie in SuidAfrika oorgeneem. Dit beteken dat ons sedertdien sowel die vervaardiger as die verspreider van ons werktuie is en ons kan nou regstreeks met ons handelaars werk. Dit bring ons ook heelwat nader aan die boer, omdat ons daagliks deur ons handelaars met hulle kommunikeer.

www.proagri.co.za

“Tweedens fokus ons baie op produkte en tegnologie wat die boer help om die uitdagings wat hulle in die gesig staar aan te pak. Hulle moet meer produktief wees, meer produseer en terselfdertyd winsgewend en volhoubaar wees,” brei Dominik uit. Van die uitdagings wat boere het, is ՚n wêreldwye voedseltekort en toenemende vereistes rondom regmatige hulpbronbestuur en volhoubaarheid, asook om die vermorsing van hulpbronne te bekamp. AGCO is bewus daarvan en het stappe gedoen om hierdie uitdagings saam met die boer aan te pak. Om verbeterde brandstofverbruik in hulle werktuie te bevorder – veral in die huidige omstandighede – is net een hiervan. Die tegnologiese verbeterings wat AGCO maak stel die boer in staat om skaars hulpbronne meer doel-treffend te gebruik. Dit sluit tegnologie in soos doeltreffende enjins, ratkaste en dryfaste. “Hierdie besparings is meer as net brandstofbesparing,” verduidelik Dominik. “Dit sluit ook algemene geldbesparing in omdat dit moontlik word om ander hulpbronne meer ekonomies te gebruik. Gidsstelsels, outomatiese bestuur en tegnologie soos balkseksiebeheer is voorbeelde hiervan omdat dit die boer help om kunsmis en chemiese stowwe meer presies toe te dien.” Verskeie masjiene by NAMPO het met die kenmerke gespog. Die wye trekkerreeks kan aan sowel klein- as grootboere se behoeftes voorsien. “Van boere wat met gewasse boer tot veeboere en melkboere, daar is ՚n trekker wat elkeen kan help,” sê hy. “Omdat ons daagliks met boere werk deur ons handelaars, kan ons op verskeie maniere waarde toevoeg. Indien ՚n boer ՚n probleem ervaar wat sy handelaar nie kan oplos nie, kan ons uitreik en help. Ons kan met hierdie nuwe, nouer band die boer se behoeftes beter

Thierry Lhotte en Dominik Reus voor een van die Massey-Ferguson-trekkers wat by NAMPO uitgestal is. verstaan en beter daarin voorsien.” Terugvoering regdeur die waardeketting is van die uiterste belang vir AGCO; vanaf die ontwerpstadium, waar hulle graag boere se vereistes wil vasvang, tot die einde van die werktuig se volle leeftyd. “Om nader aan ons handelaars te werk beteken nie net dat ons boere kan help om die regte werktuig vir die regte taak aan te skaf nie, dit stel ons ook in staat om beter diens, onderdelevoorsiening en tegnologie te ontwikkel,” sê Dominik. “Ek bedank graag ons handelaars wat saam met ons hier is om saam met die boere te kan gesels,” voeg hy by.

Vir meer inligting oor AGCO en hulle werktuie, besoek hulle webtuiste by www.agcocorp.com.

ProAgri South Africa 268

37


NAMPO

TOP QUALITY

PIC CAMBOROUGH F1 GILTS

PIC offer gilt products at any age between 10 weeks and 27 weeks to our customers.

BOAR PRODUCTS Our PIC 337, PIC 800 and PIC 410 boar lines are available after physical and genetic evaluation and selection.

PIC 337

PIC 800

PIC 410

013 244 7024 l info@picrsa.co.za l www.picrsa.co.za 38

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


Wêreldleier in varkgenetika P

IC, ՚n wêreldleier in varkgenetika, word in Suid-Afrika bestuur deur Alzu Pig Genetics. PIC is ՚n internasionale maatskappy met teelkuddes op meer as 600 plekke, oor ses vastelande in veertig lande. Meer as 150-miljoen varke word elke jaar verkoop as deel van PIC se netwerk. Benewens die verskaffing van teeldiere, verskaf hulle ook semen aan varkboere. Varkboere in Suid-Afrika kan soggies, bere en ook semen van uitnemende genetiese gehalte by hulle aankoop. PIC het die grootste stal van top genetiese terminale beerlyne, insluitend

Marguerite Schwarzer in die middel saam met haar span by PIC se standplaas by NAMPO.

die PIC 800 (Duroc), die PIC 337, (՚n saamgestelde ras) en die PIC 410 wat geteel word uit die PIC 337 en die Duitse Petrain. Aan die moederlyn-kant is die PIC Camborough, ՚n kruising tussen die Landras en die Grootwit. “Tepeltelling op sôe het mettertyd toegeneem en namate ons sôe met meer tepels selekteer, het die aantal op elke sog toegeneem,” sê Marguerite. Verhoudingsgebaseerde genomiese seleksie is in 2013 ingestel om die geboortegewigte, asook die aantal varkies wat per werpsel gebore word, te verhoog. Dus is daar nou ՚n positiewe korrelasie tussen geboorte gewig en werpsel grootte. Varkies wat swaarder is met geboorte, groei beter

BRAZGrass: Weiding is wins

W

eiding maak of breek ՚n boerdery. Goeie weiding kan die verskil beteken tussen ՚n suksesvolle jaar vir die boer, of ՚n jaar waarin die bankbestuurder weer om genade gesmeek moet word. Gielie Nieuwoudt, besturende direkteur van BRAZGrass, was die heel eerste persoon wat proewe op die NAMPO-perseel aangeplant het. Tien jaar later staan die gras verby kophoogte en groei steeds sonder ophou. “Wat jy hier sien, bewys meerjarigheid. Die gras wat hier op die NAMPOperseel geplant is, is tien jaar oud, en

Gielie Nieuwoudt by die enorme os van 1,5 ton wat heerlik aan die gras smul en so die smaaklikheid daarvan bo alle twyfel bewys. www.proagri.co.za

ons was die heel eerste maatskappy wat proewe hier geplant het — en ek dink dit is juis wat ՚n boer wil hoor en sien,” vertel Gielie. “Ons is baie trots om te sê dat ons al meer as 200 000 ha gras in Afrika gevestig het. Ons sukses lê daarin dat die gras vir hulleself praat," voeg Gielie by. Maar gras het eers waarde wanneer diere dit gretig inneem. Om die smaaklikheid van BRAZGrass aanskoulik te demonstreer, het Gielie ՚n enorme os van anderhalf ton wat smaaklik smul aan die gras by NAMPO gehad. “Vir die eerste keer by NAMPO bewys ons nie net die groei en meerjarigheid van die gras nie, maar ook die smaaklikheid. Geen persoon in die wêreld kan met so ՚n os boer as hy nie gras het wat die dier kan vreet nie. Hierdie os eet elke dag 3% van sy lewende massa, wat nog ՚n bewys is dat hierdie gras die oplossing is tot wins, en dit is juis waar my leuse vandaan kom, weiding is wins.” Belangrike eienskappe van BRAZGrass sluit in: • Dit is ՚n meerjarige gewas, wat 80 tot 90 dae vanaf aanplanting beweibaar is

deur Natasha Kruger en hettot gevolg dat minder voorspeens doodgaan, asook beter groei en voeromset. “Ons is verheug om terug te wees by NAMPO-park en ons is trots daarop dat ons ՚n rastentoonstelling kon aanbied by ons standplaas van ons eie lewende diere," verklaar Marguerite. By NAMPO het PIC by hulle standplaas ՚n spesiale aanbod gehad wat vyf soggies en ՚n beer teen ՚n buitengewone lae prys ingesluit het. Dit was slegs beskikbaar vir klante wat hulle standplaas op NAMPO kom besoek het. NAMPO-gangers kon ook voordeel trek uit die varkie-snuisterye wat vir die eerste keer ooit, te koop aangebied was. “Om vanjaar die PIC-varkkompleks by NAMPO park te borg was ՚n groot eer,” spog Marguerite. Om met PIC in aanraking te kom, gaan na hulle webwerf by www. picrsa.co.za, waar jy ook varke en semen kan bestel. Bykomende inligting kan verkry word deur ՚n e-pos te stuur na info@picrsa.co.za.

deur Bianca Henning

Hierdie BRAZGrass is tien jaar gelede by NAMPO-park gevestig en dit groei steeds welig en geil. Hoe’s daai vir meerjarigheid? • Droëmateriaalopbrengs wissel tussen 15 en 40 ton per hektaar per jaar • Bevat 10 tot 18% ru-proteïen in droëmateriaal • Bevat geen blousuur • Geskik vir bees, skaap, bokke, wild en perde • Die maatskappy is die enigste verspreider van bullet-saad ter wêreld. Kontak Gielie Nieuwoudt by 084-800-0193, of Heyns by 084-840-1659, of die kantoor by 074-537-4050 vir meer inligting oor die gras tot voordeel van jou diere. Jy kan ook ՚n e-pos aan gieliegroep@gmail.com stuur. Vir meer inligting, besoek hulle webwerf by www.brazgrass.co.za.

ProAgri South Africa 268

39

NAMPO

Kry die beste by PIC:



Pannar® loods 'n nuwe insekbeheeroplossing:

deur Bianca Henning

I

n die oorlog teen peste en plae wat mielies bedreig, staan die boer nie alleen nie. Pannar is trots daarop om boere te ondersteun en saam met hulle te werk om die winsgewendheid en groei van hulle boerderye te verseker. Niemand verstaan die belangrike en uiteenlopende rol van die boer so goed soos Pannar nie. John Odendaal, nasionale bemarkingsbestuurder van Pannar, sê: “Na drie jaar is dit baie lekker om uiteindelik weer terug by NAMPO te kan wees, om skouers te kan skuur en boere van nuwe ontwikkelinge te vertel. Ons is trots om as medewerkers boere by te staan om hulle ondernemings uit te brei. Saam voed ons ՚n nasie en help ons om ՚n nalatenskap vir toekomstige geslagte daar te stel. “Dit is vir ons by Pannar belangrik om uitstekende advies aan boere te gee, gegrond op elke boer se unieke behoeftes. Ons is 'n verhoudingsbesig-

www.proagri.co.za

Konvensionele bastermielies tentoongestel by Pannar se NAMPOuitstalling. heid, beide intern, tussen ons en ons span, maar meer belangrik – tussen ons en ons kliënte. “Ons is ook baie trots om vanjaar PowerCore™-tegnologie aan boere bekend te stel,” vertel John. PowerCore is 'n hoëprestasie-, insekbestande saadeienskap wat mielies doeltreffend beskerm teen vernietigende bogrondse lepidoptera-plae soos die Afrikamieliestingelboorder (Busseola fusca) en Chilo-boorder (Chilo partellus). Hierdie plae kan beduidende gewasskade en daaropvolgende produksieverliese veroorsaak. “PowerCore™-tegnologie bestaan uit drie verskillende Bacillus thuringiensis (Bt) proteïene, wat elk die insekte anders teiken en daardeur grootliks bydra tot die uitbreiding van die duursaamheid van die tegnologie,” verduidelik John.

Die PowerCore™-tegnologie verleen ook onkruiddoderweerstand teen glifosaatonkruiddoders. Hierdie uitsonderlike eienskapstegnologie, wat goeie insekbeskerming met groter opbrengspotensiaal kombineer, is nou beskikbaar in Pannar se portefeulje van hoë-opbrengsgenetika. “Ons glo daar is geen plaasvervanger vir ons voetspore op ՚n plaas nie – ons streef daarna om jou vertroue te verdien deur persoonlike diens- en waardetoevoegingsprogramme aan jou te bied wat jou opbrengs en winsgewendheid sal maksimaliseer,” sluit John af.

Om meer uit te vind oor Pannar se produkte en hoe hulle jou kan bystaan om die beste kultivarkeuse te maak, kontak hulle by 033-4139500. Besoek ook hulle interessante en insiggewende webwerf by https://www.pannar.com.

ProAgri South Africa 268

41

NAMPO

Knikker mieliepeste uit


AG SOLAR by

Maksimeer jou plaas se doeltreffendheid en volhoubaarheid met Ag Solar deur Valley . ®

Gedryf deur kundigheid en waardeer deur produsente, Valley® gebruik die son se energie om jou landboubesigheid aan te dryf deur hul Ag Solar-diens. Francois Griesel 067-412-9089 Streekverkoopbestuurder, Suidelike- en Oos-Afrika

valleyirrigation.com/solar


Bespaar met op vervangbare sproeierpakkette SPESIALE PROMOSIE! Gratis spuitpunte met enige volledige Senninger sproeiervervangingspakket bestelling! B’s & V’s geld: • Aanbod geldig vanaf 1 April 2022 tot 30 Junie 2022 • Hierdie aanbod is slegs geldig op Senninger sproeierpakkette

BESPROEIING OP SY BESTE.

• Aanbod sluit gewigte uit (bestaande gewigte kan hergebruik word)

EKSKLUSIEWE AANBOD!

Pivot

Reguleer besparings wanneer u ‘n Komet-vervangingspakket bestel.

Komet Precision Regulator (KPR-X) All-Flow Pivot Pressure Regulator Engineered precision: pivot pressure regulator with innovative anti-plugging design. Ensures an even outlet pressure in all conditions and terrains; performs reliably over many growing seasons

Ontvang 1 gratis KPR-X reguleerder vir elke 20 bestel. Beskikbaar by jou naaste Valley®-handelaar.

B’s & V’s geld: • Aanbod geldig vanaf 1 Mei 2022 tot 30 Junie 2022

The Product It is generally agreed that any pivot irrigation system that is geared towards high levels of accuracy and performance, must include a pivot pressure regulator – be it in hilly or flat terrain. Variations in outlet pressures will change the original distribution pattern and application rate of the sprinklers – leading to over or under-watering and, consequently, a lower yield. This can also reduce the lifespan of the respective sprinklers, as they are designed to operate within specific flow and pressure ranges.

The Komet Precision Regulator (KPR-X) ensures reliable, high-performance pressure regulation for many growing seasons. When designing the KPR-X, our engineers focused on any pivot pressure regulator’s most common challenges. Pitfalls that commonly affect pressure regulators – such as plugging, wear or premature drops in performance – are effectively combated by the Komet Precision Regulator (KPR-X) ingenious construction and innovative design.

Geldig tot 30 Junie 2022

To solve this problem, a pressure regulator is installed into the system, to maintain a consistent

Francois Griesel 067-412-9089 Streekverkoopbestuurder, Suidelike- en Oos-Afrika

outlet pressure at all times. It is a vital component of successful irrigation, whose significance is all-too-often overlooked.

KPR-X All-Flow 6 PSI

KPR-X All-Flow 10 PSI

KPR-X All-Flow 15 PSI

valleyirrigation.com KPR-X All-Flow 20 PSI


JHB/A

NAMPO

10035298JB/

O L L HA

HALLO TOEKOMS Sê hallo vir vernuwende wêreldklas-selflaai. Sê hallo vir die splinternuwe Toyota Hibried-reeks. Toyota se hibriede stelsel met sy twee kragbronne versmelt ’n binnebrandenjin se hoëspoedkrag met die skoon doeltreffendheid en laespoedwringkrag van ’n elektriese motor wat jy nooit hoef in te prop nie. Dit is altyd daar – wat jy wil hê en wanneer jy dit wil hê. Hallo Toekoms.

BESPREEK VANDAG NOG ’N TOETSRIT BY TOYOTA.CO.ZA 44

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


deur Natasha Kruger

E

nige werk aan voertuie, staalwerk en houtwerk is maklik wanneer jy die regte gereedskap in die hand het. By Würth kan jy dit kry! Würth is 'n internasionale maatskappy met die moedermaatskappy in Duitsland, en hulle is sedert 1970 in Suid-Afrika bedrywig. Hulle het tans 83 000 werknemers regoor die wêreld en die Würth-groep het meer as 400 verskillende lynondernemings. Sedert 2005 stal hulle by NAMPO uit. Aan die begin was daar net twee verkoopspersone wat buite gestaan en demonstrasies gedoen het. Nou het hulle ՚n groot standplaas waar hulle span al die beste en nuutste gereedskap aan boere wys. "Tot dusver het ons 'n goeie ervaring met die skou; ons het Woensdag baie mense by ons standplaas gehad en ons hoop dat elke dag daarna beter sal wees as die vorige dag. Ons sien uit na die oorblywende gedeelte van die skou,” het Ray Fernandez, streeksverkoopsbestuurder vir Würth in Suid-Afrika, met ProAgri se besoek aan die standplaas gesê. Hy het bygevoeg dat hulle ook saam met al die ander uitstallers

dankbaar is om na ՚n afwesigheid van twee jaar terug te wees by NAMPO. Würth is saamgestel uit 'n aantal verskillende afdelings, waarvan die grootste en bekendste die motorafdeling is, wat verantwoordelik is vir die verkryging van produkte vir die motoren duikklopbedryf. Daar is ook ՚n metaal-, konstruksie- en houtwerkafdeling. Daarby is hulle tans in die proses om uit te brei na nuwe afdelings. Würth bied ondersteuning aan hulle kliënte deur meer as 290 kliëntedienskonsultante wat permanent in diens is, benewens hulle 12 Express-winkels, hulle aanlynwinkel en hulle inbelsentrum. By die NAMPO-week het hulle meer as 700 lynitems gehad, en hulle het ongelooflike spesiale aanbiedinge uitgestal vir items soos ՚n verskeidenheid sokstelle en sperratte met gansneksleutels, pragtige messe, chemiese produkte, sny- en slypskyfies, en die MIG/MAG nuwe sweisreeks wat onlangs in Suid-Afrika bekendgestel is. Hulle het ook ՚n wye reeks koordlose en gewone kraggereedskap uitgestal. Ray het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor al die mense wat hulle ondersteun deur te sê: "Aan al ons aanhangers, baie dankie vir die ondersteuning wat ons oor die jare van julle ontvang het."

Glen Erasmia X17 Kempton Park 1619 Gauteng, South Africa

DIESEL CURE 330ML

ART: 0893567331

R120.00 EACH EXCL VAT

13MM PERCUSSION DRILL

Extremely compact and powerful cordless screwdriver for light to moderate drilling and screwdriver applications. For convenient and effortless work. ART: 5701104000

R1 695.00 EACH EXCL VAT

ART: 0702600002

Powerful, compact and lightweight impact drill with quick metal chuck up to 13 mm. Fast drilling and long service life.

R1 495.00 EACH EXCL VAT

www.proagri.co.za

Heel voor links staan Ray Fernandez by sy Würth-span by NAMPO.

Würth se nuwe sweisreeks, MIG/ MAG wat onlangs in Suid-Afrika bekendgestel is. Besoek gerus hulle webwerf by https://eshop.wurth.co.za vir verdere inligting, of kontak hulle by wurthsa@wurth.co.za indien jy enige navrae het.

+27 11 281 1000 wurthsa@wurth.co.za https://eshop.wurth.co.za

AS12 Cordless 1/4 Driver

Suitable for all diesel engines. Loosens and removes deposits in the diesel fuel system and prevents deposits from reforming. For restoring and maintaining the quality of diesel fuels.

NAMPO

Würth: Jou eenstopwinkel vir jou werkswinkel

Twitter: Wurth_SA Instagram: wurth_southafrica Facebook: Wurth South Africa

MULTI 5 IN 1 BLACK EDITION

Versatile multi-functional spray for a range of applications with multi-functional spray head.

BUY 12 OR MORE AT R350 PER BOX ART: 5893055400

R395.00 EACH EXCL VAT

7 Drawer Black Edition Tool Trolly Solid workshop trolley with practical details for mobile use in the workshop

R8 995.00 EACH EXCL VAT

ART: 5581613700

ProAgri South Africa 268

45


NAMPO

Corteva Agrisciene™ – meer as net chemie

deur Natasha Kruger Foto: Dr Rikus Kloppers, Corteva Agrisciene™.

C

orteva Agrisciene™ voldoen aan boere se behoeftes vir plaagbeheer met ՚n breë spektrum van oesbeskermingsaanbie-dinge wat altesaam meer as 250 plantsoorte in ongeveer 140 lande beskerm. Corteva Agrisciene™ bied ook een van die wydste portefeuljes van natuurlike en natuurlikafgeleide produkte in die sektor, soos sy swamdoder Inatreq™-aktief en sy Spinosyn-gebaseerde, organiesgoedgekeurde plaagbeheer. Rikus Kloppers bestuur die navorsing en ontwikkeling vir gewasbeskerming oor die hele Afrika en die Midde-Ooste vir Corteva Agrisciene™. Nadat Rikus ervaring opgedoen het in die genetiese beskerming van gewasse deur patologieen biotegnologiedienste, fokus hy nou sy pogings op die chemiese verdediging en beskerming van landbouprodukte. Hy is in beheer van al die eksperimente oor die nuwe chemie wat in die verskillende lande uitgevoer word, en werk hy saam met 'n span om die data te genereer om dit geregistreer te kry. “Ons mark is almal,” verduidelik Rikus. “Ons hoofdoelwit is om die tevredenheid van almal in die landbouproduksieketting te verseker. As gevolg van die feit dat sowel groot- as kleinskaalse boere ՚n vereiste het vir die produkte wat ons verskaf, maak ons mark voorsiening vir alle landbou. Die vraag na goedere wat spesiaal vir die behoeftes van kleinskaalse boere aangepas is, is vergelykbaar met dié van groterskaalse boere. “Ons het ՚n pyplyn wat nie een van ons ander mededingers het nie, en dit is ’n robuuste bedryf van nuwe chemie en nuwe produkte wat deurkom, ongeag of dit insekdoders, swamdoders of onkruiddoders is,” verklaar Rikus. “Ons nuutste generasie produkte onderskei ons van ons mededingers deurdat dit minder skadelik vir die omgewing is.” Rikus het ’n toespraak by NAMPO gelewer met 'n fokus op sojaboonroes. 46

ProAgri Suid-Afrika 268

Dr Rikus Kloppers gee ’n voorlegging oor sojaboonroes by NAMPO 2022.

Sojaboonroes Daar is 33 verskillende produkte in Suid-Afrika geregistreer vir die bestuur van sojaboonroes. Die meerderheid daarvan is multi-bestanddeelkombinasieprodukte wat meer as een aktiewe komponent bevat. In swamdoderrentmeesterskap is die kombinasie van verskeie maniere van werking ’n noodsaaklike tegniek. As hierdie metode met talle produkte in ’n spuitvolgorde gepaard gaan, verskaf dit veerkragtigheid en duursaamheid aan die program. Om die swamdoder doeltreffend te laat werk, moet dit in die gewasblare afkom en die onderste blare daar bereik.

Sojaboonroesspore aan die onderkant van die plant se blaar. Foto: Dr Rikus Kloppers, Corteva Agrisciene™. www.proagri.co.za


Wanneer swamdoder vir sojaroes toegedien word is dit belangrik dat daar ’n eweredige verspreiding van druppels moet wees en dat die produk die teikengebied suksesvol bereik. Die ontwikkeling van nuwe produkte beweeg in die rigting van verbeterings, nie net aan hulle doeltreffendheid nie, maar ook aan hulle veiligheid. Die waarde van die gewas styg wanneer nuwe genetiese kenmerke in die gewas ingebring word, en gevolglik word die beskerming van die landbou-opbrengs ՚n toenemend noodsaaklike bekommernis. “Die aktiewe bestanddele wat Corteva Agrisciene™ in hulle produkte gebruik, behoort aan dieselfde kategorieë as dié wat deur mededingers gebruik word, maar hulle verskil effens van die aktiewe komponente wat deur die res van die bedryf gebruik word. Die goedere is vergelykbaar met dié wat reeds op die mark beskikbaar is; nietemin, die items wat deur Corteva Agrisciene™ vervaardig word, is bewys dat dit beter is as die kontroles, terwyl dit steeds aan ՚n streng standaard voldoen,” sê Rikus trots. Die produketiket is die belangrikste deel van enige produk. “Dit verduidelik hoeveel van die produk gebruik moet word en die verskillende toepassings waarvoor dit geskik is.” Rikus glo dat dit ooreenkomstig die wet geëvalueer moet word omdat dit in ooreenstemming met die wet geskep word. Henry Hoek het ook op NAMPO met produsente gesels oor Corteva Agrisciene™ se Classic®-onkruiddoder.

Onkruidbeheer in sojabone Classic ® -onkruiddoder ՚n Korrelvormige onkruiddoder wat in water opgelos en gebruik kan word vir die na-opkomsbeheer van breëblaaronkruide in sojabone. www.proagri.co.za

Gebruik Classic ® tot sy volle potensiaal: • Toedienings wat gemaak word nadat die plant uit die saad opgekom het, moet òf ՚n gewasoliekonsentrasie òf ՚n nie-ioniese oppervlakaktiewe middel bevat. • Toedienings gemaak op gronde met ՚n pH hoër as 7,0 vereis noukeurige monitering vir dosisafhanklike oordrag na sensitiewe gewasse soos suikerbeet en wortelgewasse. • Toedienings moet op sojabone deur òf die grond òf die lug gedoen word aan jong onkruide wat aktief ontwikkel. • Dit is absoluut noodsaaklik vir die doeltreffende werking van Classic® dat die onkruid wat bestry word in ՚n aktiewe groeistadium moet wees. • ՚n Oppervlakaktiewe middel, soos ARMOBLEN 650 (L4159 Wet 36 van 1947), moet by die toediening van Classic® ingesluit word teen ՚n konsentrasie van 0,01 tot 0,2 persent (100 tot 200 ml per 100 ℓ spuitoplossing). Sleuteleienskappe 1. Onkruid kan bestuur of onder beheer gehou word deur ՚n na-opkomsaktiwiteit wat blaar- en wortelopname deur teikenplante behels. Dit vertoon ՚n beduidende vlak van tempo-afhanklike nawerkende aktiwiteit in die grond. 2. Wanneer onkruid blootgestel word aan warm en vogtige toestande, vind die ontwikkeling van onkruiddodersimptome vinniger plaas, maar wanneer onkruid aan koue en droë toestande blootgestel word, vind die uitwerking van onkruiddodersimptome later plaas. 3. Help om die verspreiding van geeluintjies te voorkom; ՚n onkruid wat algemeen in Suid-Afrikaanse sojaboonlande voorkom.

Weerstandbestuur 1. Wanneer onkruiddoders met dieselfde werkwyse verskeie jare na mekaar in dieselfde deel van die land toegedien word, is dit waarskynlik dat onkruidspesies wat natuurlik voorkom weerstand teen die onkruiddoder sal bied. Hierdie verskynsel staan bekend as onkruiddoderweerstandseleksie. Die weerstandige onkruid sal versprei en uiteindelik die oorheersende soort word. Dit is moontlik vir ՚n onkruidspesie om weerstand teen ՚n sekere soort onkruiddoder te ontwikkel as dit ՚n behandeling kan verduur wat behoorlik volgens die onkruiddoder se gespesifiseerde dosis en toedieningsvenster uitgevoer word. 2. Dit is redelik om te aanvaar dat ՚n onkruidspesie bestand sal wees teen alle sulfonielureum-onkruiddoders indien dit reeds weerstand teen ՚n enkele sulfonielureum-onkruiddoderproduk ontwikkel het. 3. Dit is moontlik om die ontwikkeling van weerstand te voorkom deur behandeling af te wissel met ՚n onkruiddoder wat ՚n ander werkingsmeganisme gebruik, of deur ՚n tenkkombinasie van die twee behandelings te gebruik. (Bron: Groundnuts guide, uitgawe 4, Corteva Agriscience.) Corteva Agrisciene™ se tegniese personeel en span agente is altyd oorgehaal om bystand oor hulle produkte te verleen. Hulle is voortdurend gretig en gereed om opleiding of tegniese bystand aan verskaffers van hulle produkte te gee, om te verseker dat almal in die Corteva Agrisciene™-ketting deurgaans net die beste diens aan klante kan lewer. Klante kan gerus wees in die wete dat die Corteva Agrisciene™-personeel altyd bereid is om hulle ondersteuning en bystand te verleen wanneer hulle dit nodig het. Die tegniese personeel staan by om hulp in die veld te verleen, of dit nou is om landboukwessies te ondersoek of net om raad te gee voordat boere bepaalde produkte op hulle plase gebruik.

ProAgri South Africa 268

47

NAMPO

Links en regs wys sojabone wat behandel is teen sojaboonroes en in die middel is onbehandelde, besmette sojabone. Foto: Dr Rikus Kloppers, Corteva Agrisciene™.


NAMPO

Kynoch: Enhanced efficiency through innovation

deur Tisha Steyn

Fertiliser that stays in step with your growing crop Kynoch’s vision is to be a plant nutrition supplier that complements agricultural businesses by using innovative, yield-enhancing technologies. “We have a full range of fertilisers, from granular fertiliser to optimisers, water-soluble, and lately also biological fertilisers,” says PJ Fryer, Area Marketing Manager for Kynoch in KZN, Eastern Cape and Swaziland at the 2022 NAMPO agricultural event.

PJ Fryer, Area Marketing Manager of Kynoch.

History

Kynoch is one of the oldest fertiliser companies in South Africa and has done ground-breaking work in the industry since 1919. When it started out in the 1850s in Birmingham, England, Kynoch manufactured explosives and ammunition. Arthur Chamberlain, Chairman of George Kynoch & Co, visited the then Transvaal in the early 1900s with the aim of selling explosives to the gold mines. When he found that dynamite was already being produced locally, he abandoned the idea to import it. In 1908, the company’s first local factory for the manufacturing of explosives was built at Umbogintwini in present day KwaZulu-Natal. At the end of World War I in 1918 when the need for explosives dwindled, they turned to manufacturing fertiliser instead.

ETG

Today, Kynoch is a member of the ETG Group of Companies (ETG), a multinational conglomerate which include Falcon Fertilisers and Zambian Fertilisers. The Group keeps its eyes on the bigger agricultural picture and provides expertise across various industries. Its 48

ProAgri Suid-Afrika 268

key function remains providing a comprehensive range of agronomic support services set to determine the nutritional needs of the plants at the different growth stages in order to allow crops to develop and yield optimally. Besides agricultural inputs, it also provides logistics, merchandising and processing, supply chain optimisation, digital transformation, and energy. In 2020, it procured and distributed more than eight million metric tonnes of commodities, including maize, pulses, wheat, rice, sugar, oilseeds, cashew nuts, cocoa, coffee, fertiliser and farm implements. The Group is a leading importer of raw materials, products, and enhancers locally and internationally. It operates warehouses, as well as import and blending facilities in the major ports in the region and several inland locations in most provinces, including the Western Cape. It is the exclusive distributor of Agrotain® nitrogen stabiliser supplied by Koch Industries. It also develops its own range of yield enhanced-efficiency fertiliser products, including a foliar range that is both crop and growth state specific. The group remains in step with new crop industries in the region. “At present, one of our themes focuses on tree nut crops, such as pecans and

macadamias. We have a fertiliser for specific crops at specific phases and times of the life cycle of the plant, as well as the area where the crops are grown.” According to PJ, Kynoch has a team of about twenty agronomists and a precision sampling service. “The team support agents throughout South Africa to ensure that the correct information reaches the farmer.” It is therefore not a one size fits all product, but it is custom-made according to specific crops at specific growth stages and in specific regions.

Footprint in Africa

The Group has a footprint in subSaharan Africa. Besides South Africa, these countries include Namibia, Mozambique, Malawi, Zimbabwe, Zambia, Botswana, Tanzania, Kenya, Rwanda, the Democratic Republic of the Congo (DRC), and Uganda. In short, Kynoch helps farmers to get the most out of their crops in terms of quality and yield potential. Its products include conventional granular fertiliser, liquid fertiliser, premium granular products, starter fertiliser, foliar fertiliser, water-soluble products, as well as bio-stimulants. These are tailormade products that can be applied in accordance with the needs and growth stages of different crops. Thereby, Kynoch ensures that your crops get what they need when they need it most.

For more information, send an e-mail to info@kynoch. co.za, or contact them at +27 (0)11-317-2000.

www.proagri.co.za


behoeftes om te sien," voeg Tyrone by. Volgens hom is hulle gewildste produk vir landbou die plastiekkuilvoerseile. Plastiekkuilvoerseile is ՚n sterk kuilvoerbedekking wat die boer se waardevolle kuilvoer vertroetelend beskerm. Dit hou lug en reën uit, wat verseker dat die kuilvoer se waarde bewaar bly. Gundle se UV-stabiliseerder teen die son verleng die bergingstydperk en sorg dat die kuilvoer sy voedingswaarde behou. Die seile is in ՚n verskeidenheid wydtes beskikbaar om elke boer se smaak te pas.

deur Benine Ackermann

O

f jy ՚n bedekking nodig het vir jou kuilvoer of ՚n voering vir ՚n gronddam, Gundle voorsien alle plastiek wat in die landboubedryf nodig is. Al hulle produkte is skeurbestand en kan volgens die boer se behoeftes (grootte en dikte) gemaak word. Gundle is 75 jaar in die plastiekbedryf en spesialiseer ook in verpakking en konstruksie. Hulle hoofkantoor is in Germiston en hulle het sewe takke landwyd. API in Springs is waar al die landbou- en konstruksieplastiek vervaardig word en hulle het ook takke in Swaziland, Durban en Johannesburg wat hulle produkte vervaardig. Hulle is ISO 9000-gesertifiseer en hulle

produkte dra die SABS handelsmerk. Gundle se fokus is om by die boere uit te kom en daarom was hulle ook weer vanjaar by NAMPO-oesdag te siene. “Ons besigheid het maar swaargekry tydens COVID, daarom is ons baie bevoorrreg om by NAMPO te kan wees. Ons kan hier as verskaffers saamstaan en ons het direkte interaksies met die boere. Ons het dit baie gemis, want hulle sê mos out of sight out of mind,” sê Tyrone Fry, landboubestuurder van Gundle plastics. “Ons gee boere die versekering dat ons daar is om hulle te ondersteun. "Daarom ry ons verteenwoordigers uit na die boere se plase om na al hulle

Quintin Fordyce, Pieter le Grange, Tyrone Fry, Gerhard Boshoff en Bernard Fouche van Gundle API by NAMPO-oesdag 2022. www.proagri.co.za

Gundle se ander reeks landbouplastiekprodukte: Gunmulch/deklaagplastiek is beskikbaar in swart of deurskynende grondbedekking en swart/wit of swart/silwer saamgevoeg. Dit verseker optimale groei, ՚n beter opbrengs en verminder plantspanning. Dit verminder ook die groei van onkruid en bied uitstekende vogbewaring deur verdamping drasties te verminder. Dit veroorsaak ook meer aktiewe wortelgroei by die plante. Die Gunmulch dra ook by tot optimale benutting van kunsmis. Die ultaviolet-gestabiliseerde voerings vir gronddamme is ontwikkel om by ՚n wye verskeidenheid klimaatstoestande te pas en is baie duursaam. Die damvoering het uitstekende sweiseienskappe vir digte nate en is aanpasbaar vir enige grootte of vorm. Rydek-rybedekkings verminder rypskade en verhoog die boer se opbrengs. Dit is geformuleer vir kortseisoentoepassings, want dit is wanneer gewasse beskerming vir een seisoen nodig het. Gewasse wat goed onder die bedekking groei, is blaarslaai, radyse, tamaties, aarbeie, waatlemoene, bone, skorsies, aspersies, spanspekke en verskeie blomme. Hydroliner laat jou toe om gewasse te kweek soos jy wil en die gewasse groei meer gelyk. Dit word ook maklik in die grond geplaas. Dit sorg vir ՚n onkruidvrye groei en minder gifspuit is nodig. Dit is UV-bestand en kan vervaardig word vir die boer se behoeftes. Evadek is kweekhuisfilm wat langer in die son hou. Dit kan die gehalte van die plante beïnvloed deur die lig wat inkom en skaduwee wat verminder word. Dit het ook meganisese eienskappe vir slegte weersomstandighede. Dit is beskikbaar in verskillende wydtes, lengtes en diktes.

Vir meer inligting oor Gundle se plastiek, besoek hulle webwerf by www.gundle.co.za.

ProAgri South Africa 268

49

NAMPO

Gundle beskerm jou oes


NAMPO

Soy Beans Dry Roasted

HIGH IN

PROTEIN

GLUTEN FREE

The roasted soy beans can be used in stews & soups. The fine or coarse milled roasted soy beans can be used as a smoothies and gravies, as a meat extender, breakfast cereal, energy bar, spread and a wide variety of foodstuffs to enrich it with a tasty protein source. The OJA Farm full fat, pre-cleaned, Dry Roasted Soy Beans are heat treated to change the anti-trypsin and the lipoxygenase enzymes in the soybeans to produce an excellent nutty tasting product with no beany or grassy aftertaste.

25 Liter Bucket Beef Masala 5 servings

25 kgINGREDIENTS: Bag

50

1 kg 100 g 2g 3g 1 4g 2g 4g 1g 1g 3g

Roasted soybeans are the cheapest protein source in the world. The amino acid composition is favourable and similar to any animal or plant protein source.

TYPICAL NUTRITIONAL INFORMATION Serving size: 100 g

PER 100 g Energy

1 600 kJ

Protein

36 g

Carbohydrate of which Total Sugar

29 g 5,0 g

Total Fat of which Saturated Fat of which Trans Fat of which Monounsaturated Fat of which Polyunsaturated Fat

21,0 g 3,0 g 0,0 g 4,8 g 12,2 g

Cholesterol

0g

Dietary Fibre**

17,8 g

Total Sodium

10,0 mg

*%Nutrient Reference Values (NRVs) for individuals 4 years and older (2010) **AOAC 985.29 method of analysis

20 min

INGREDIENTS: Roasted Soya Beans ALLERGENS: Soya Beans

Container sizeDRY PLACE.Contains STORE IN A COOL ONCE OPENED, STORE IN AN Product of South Africa AIRTIGHT 5 Liter CONTAINER. Bucket 2.5 kg - Oja Dry roasted Soya beans + stock 10 Liter Bucket

The OJA Farm full fat, pre-cleaned, Dry Roasted Soy Beans are heat treated to change the anti-trypsin and the lipoxygenase enzymes in the soybeans to produce an excellent nutty tasting product with no beany or grassy aftertaste.

CHOLESTEROL FREE

Dry Roasted Soy Beans are an excellent source of protein, fiber and minerals.

COOKING INSTRUCTIONS: Soak Oja Dry Roasted Soya beans in boiling water for 20 minutes. Add extra boiling water and cook for 30 minutes. Use this method to prepare Oja Dry Roasted Soy beans for all recipes.

Dry roasted beans

100 servings 250 servings

Stewing beef, cut into cubes Onion, diced Garlic, crushed Tomato paste Tinned tomatoes Coriander, chopped Turmeric, ground Garam masala Cumin, ground Coriander, ground Brown sugar

ProAgri Suid-Afrika 268

excess water and set aside.

2. Heat oil in a large pot and add the onions and garlic, frying until translucent. 3. Add the beef and cook until browned. 4. Add the tomato paste and spices and lower the heat, frying until aromatic and all the meat is coated in spice. 5. Pour the beef stock, tinned tomatoes and soaked Oja! Dry Roasted Soya Beans into the pot and bring the pot up to a gentle simmer.

500 g 1 kg

BARCODE

0700083916952 0700083916969

Soak it in boiling water for 20 minutes and then cook it in the stock that we provide for 20-30 minutes.

e an excellent r a s n a e B y o S Dry Roasted in, fibre and minerals. source of prote 10

OJA FARMS - PROPOSAL

iii.

Crunch bites are our coated Soya nut range. Chocolate coated Soya nuts (No added sugar)

Yoghurt coated Soya nuts with Cranberries

50 servings

12.5 kg - Oja Dry roasted Soya beans + stock Curry METHOD: 1. Soak the Oja! Dry Roasted Soya Beans

SIZE

Servings

5 kg - Oja Dry roasted Soya beans + stock

(Beef, chickeninor vegetable stock)drain the boiling water for 20 minutes,

• Gluten Free • Cholesterol Free • High in Protein

Available in 500 g & 1 kg:

500 servings

GET IN TOUCH Riëtte Strydom riette@ojafarms.co.za +27 83 631 2058 For recipes, visit: http://www.ojafarms.co.za Caramel & Cinnamon coated soya nuts with lightly roasted and salted Pumpkin and Sunflower seeds

www.proagri.co.za


՚n

Goeie oes begin by die planter en die plantproses, en daarna dra ander faktore by om uiteindelik die opbrengs te bepaal. Dit is ՚n groot lekkerkry om te sien hoe die vernuftige tegnologie van HORSCH-grondbewerkers en planters die boer se taak vergemaklik, sy insetkoste besnoei en sy opbrengs verhoog om hom meer wins in die sak te besorg. Terratill is die mense wat HORSCH se wenwerktuie in Suid-Afrika bemark en hulle flukse slimkoppe staan gereed om die beste produkte, die beste diens en die beste begrip aan ons boere te verskaf. “Ons voer die HORSCH-produkte in vanaf Duitsland, en die HORSCH-planters werk uitstekend in Suid-Afrikaanse omstandighede. HORSCH-planters is volledige presisieplanters, wat seker maak dat jy uitkry wat jy insit,” sê Charl Eloff, hoofbestuurder van Terratill. Maestro 16 SV HORSCH-planter Die Maestro 16 SV is ՚n sestienryplanter met ryspasies van 91 cm. Kunsmis word toegedien uit ՚n tenk van 7 000 liter en die saadkas hou 2 000 liter. “Dit gee jou so 5 ton kunsmis en 90 sakkies saad wat die planter op een slag kan dra, wat met ՚n lugstelsel na die planteenhede toe gevoer word. In die planteenhede word die saad akkuraat met ՚n vakuumstelsel

HORSCH se Maestro 16 SV-sestienrypresisieplanter gee elke pit die gelyke beste kans om vir die boer wins te verdien. Die HORSCHspan by die 12 SV Maestroplanter tydens NAMPO 2022. Van links: DJ Van De Merwe, Randy Henderson, Micha Trotzky, Charl Eloff, Willem Stolz, Bok Barnard en Morkel Benadie. uitgemeet,” voeg Charl by. Die planter plaas al die pitte presies ewe diep en presies ewe ver van mekaar af sodat elkeen die heel beste kans het om te ontkiem en geil te groei. Charl verduidelik: “՚n Unieke eienskap

deur Bianca Henning

van die Maestro 16 SV-planter is sy opvoumeganisme. Die planter kan volledig opvou, vanaf jou sitplek, alles binne net een minuut. Jy staan nie een keer op nie; jy vou jou planter op en toe en trek na die ander land toe, maak hom oop en dan kan jy weer begin plant. “Presisie is verseker die toekoms van Suid Afrika se landbou en dit is juis waarom dit vir ons belangrik is om volledige presisietoerusting na die boere te bring.” Links: HORSCH se Maestro 12 SVpresisieplanter vou woerts-warts op sodat jy deur die hekke na die volgende land kan ry om sonder onnodige tydvermorsing verder te plant. Die sleutel tot suksesvolle graanverbouing is doeltreffende saadbedvoorbereiding en akkurate plantwerk, en dit is presies wat die mense van Terratill en HORSCH bied. Kontak Charl Eloff vandag nog by (+27)79997-8938 om meer uit te vind oor hulle wenwerktuie. Besoek ook hulle webwerf by www.terratill.co.za.

VINNIG – PRESIES – VEELSYDIG. HORSCH MAESTRO SV 16 RY

DIE TOEKOMS VAN PNEUMATIESE ENKELGRAAN SAAD TEGNOLOGIE

» .91 (3 voet) ry wydte » Opvou na 3 m vervoer wydte » Nuutste uitmeet eenheid

R3 500 000 excl.

8 RY

» .76 & .91 ry wydte » Opvou na 3 m vervoer wydte » Nuutste uitmeet eenheid

R2 200 000 excl. www.proagri.co.za

charl@terratill.co.za | 079 997 8938 | www.terratill.co.za

ProAgri South Africa 268

51

NAMPO

HORSCH-presisieplanters plant presies vir beter opbrengs


Vee en Wild 52

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za


Vee en Wild

Winsgewende skaapboerdery Deel 9:

(Bron: dormersa.com)

Voorbereiding van teelramme vir ’n suksesvolle dekseisoen T

eelramme moet voor die aanvang van die dekseisoen ՚n volledige teelgeskiktheidstoets ondergaan om seker te maak hulle is vrugbaar, vry van geslagsiektes, dekbehendig en het ՚n hoë geslagsdrang. Daarbenewens moet hulle optimale voeding ontvang om te verseker dat hulle in ՚n uitstekende kondisie is, maar nie oorvet nie, om testesgroei en spermproduksie te maksimeer, want ongeveer 125- tot 500-miljoen sperms is nodig vir elke suksesvolle bevrugting. Aangesien die produksiesiklus van sperms sewe tot agt weke duur, moet die voorbereiding van teelramme minstens twee maande voor die paarseisoen begin (Henderson, 1990). Grootmaak van jongramme Afhangend van die ras, begin ramlammers reeds vanaf ouderdom twee tot drie maande om sperms te produseer. Gewoonlik kan hulle nie die ooie bestyg en ejakuleer voor ongeveer ouderdom vier tot vyf maande nie. Teen die tyd wat hulle ongeveer 67% van die volwasse ramme se massa bereik www.proagri.co.za

(op ongeveer ses maande), behoort hulle voldoende hoeveelhede volwasse sperms te produseer om ooie te kan bevrug. Ramlammers moet dus voor hierdie ouderdom of gewig gespeen word om ongewenste dragtigheid te voorkom. Waar ramlammers na speen gedurende hulle vroeë seksuele ontwikkeling in aparte troppe, sonder enige kontak met ooie, grootgemaak word, kan van hulle homoseksuele neigings ontwikkel. Om homoseksualiteit te voorkom, moet ՚n aantal gesonde (siektevrye) volwasse ooie (20 tot 25 ooie per 100 rammetjies) tussen die ramlammers geplaas word vir die grootste deel van hulle eerste jaar (Henderson , 1990). Teen die ouderdom van ongeveer twaalf maande behoort die seksuele voorkeure van die jongramme permanent gevestig te wees. Hierdie ooie moet gereeld met ‘vars’ ooie omgeruil word, omdat die rammetjies die ooie geweldig uitput deur hulle voortdurend rond te jaag en te dek. Voordat die ou ooie by die speenramlammers geplaas

“Voorkeur moet ook gegee word aan ramme met 'n ‘wakker’, lewendige en aggressiewe voorkoms. Die oë moet veral helder, wakker en lewendig wees.” ProAgri South Africa 268

53


Vee en Wild Om homoseksualiteit te voorkom, moet ՚n aantal gesonde volwasse ooie tussen die ramlammers geplaas word. (Bron: dormersa.com) word, moet die ramlammers se testes almal gevoel word om enige sigbare probleme (byvoorbeeld bybalontsteking) op te spoor voordat dit versprei en ander ramme dalk besmet word. Voorbereiding van teelramme Twaalf weke voor die paarseisoen Teelramme moet minstens drie maande voor die paarseisoen aangekoop word sodat hulle voldoende tyd het om by die nuwe omgewing aan te pas. Teelramme moet van telers met dieselfde teeldoetwitte as die koper gekoop word. Gee voorkeur aan ramme gebore uit moeders wat meer lammers gespeen het as wat hulle lamkanse gehad het, en wat verkieslik al hulle lammers suksesvol grootgemaak het. Gee ook voorkeur aan tweelinggebore ramme met ՚n hoë libido (pers lieste) asook dié met groot testes. Testesgrootte bepaal nie net die ram se eie vrugbaarheid nie, maar ook dié van sy vroulike nageslag (Henderson, 1990). Testesomtrek stem ooreen met spermproduksie en manlike hormoonproduksie, asook met die ovulasietempo (aantal eierselle afgeskei), meerlinggeboortes en geslagsrypheidsouderdom van hulle vroulike nageslag. Voorkeur moet ook gegee word aan ramme met ՚n ‘wakker’, lewendige en aggressiewe voorkoms. Die oë moet veral helder, wakker en lewendig wees. Sulke ramme, en veral aggressiewe ramme, is geneig om ՚n sterker geslagsdrang (libido) te hê en meer vrugbaar te wees as dié wat skugter en ‘slaperig’ vertoon. Ramme moet minstens twee maal per jaar geskeer word om probleme met hittespanning en brommeraanvalle te beperk. Ramme met ՚n langer wol is ook meer vatbaar vir brommeraanvalle, terwyl ramme met kort wol meer aktief en beweeglik is (Wilson, 2003). Selfs klein brommeraanvalle soos die grootte van ՚n R5-muntstuk by die basis van die horings, kan ՚n ram tydelik onvrugbaar maak of die libido verlaag. Teelramme moet verkieslik nie korter as agt weke voor paring geskeer word 54

ProAgri Suid-Afrika 268

nie, omdat dit ՚n negatiewe invloed op hulle vrugbaarheid kan hê. Skeer tydens warm maande verkieslik langer as drie maande voor die paarseisoen. Teelramme behoort ook drie maande voor die aanvang van die dekseisoen met Multimin® (bevat sink, mangaan en seleen) gespuit, asook met vitamien A en E gedoseer te word om sowel vrugbaarheid as weerstand teen siektes te verhoog. Die spoorelemente sink, mangaan en koper is noodsaaklik vir die produksie van goeie gehalte semen, asook vir ՚n hoë geslagsdrang. Die laaste bloutonginspuiting (bloutong C) moet verkieslik nie korter as twaalf weke voor die paarseisoen toegedien word nie. Indien dit nie moontlik is nie, moet die reeks (bloutong A, B en C) na die paarseisoen, minstens drie weke uitmekaar, gespuit word. Om die moontlike verspreiding van wurmweerstand via aangekoopte teelramme te voorkom, moet hierdie ramme aanvanklik in kwarantyn gehou en gedoseer word. Agt weke voor die paarseisoen Dit is egter nie net die plasing van die semen in die geslagskanaal van die ooi wat belangrik is nie; die gehalte en hoeveelheid van die semen is ook van kardinale belang. Sommige boere plaas hulle potensiële teelramme op ՚n ‘oorlewingskursus' (baie lae voedingspeil) en glo dat dié wat wel die mas opkom, gehard en aangepas is. Hierdie ramme, asook sommige wat net op veld grootgemaak word, is dikwels skraal en hoewel meeste van vrugbaar is, het hulle testes dikwels nie optimaal ontwikkel vir maksimum spermproduksie (spermatogenese) nie. Spermproduksie vind deur die jaar plaas, maar die volume en digtheid daarvan, asook die ramme se geslagsdrang, bereik ՚n laagtepunt in die nie-aktiewe geslagseisoen (rondom Julie tot Desember). Dit is daarom veral gedurende hierdie tyd, maar ook gedurende die aktiewe geslagseisoen (sowat Januarie tot Junie), noodsaaklik dat ramme betyds prikkelvoeding ontvang en geoefen word voor die begin van die dekseisoen.

Proewe toon dat goeie voeding vir ՚n tydperk van twee maande spermproduksie kan verdubbel. Die voer van hoë vlakke van graan (byvoorbeeld mielies, kleingraansoorte of sjokoladegraan) moet vermy word omdat dit vrugbaarheid nadelig kan beïnvloed weens oormatige vetneerlegging in die skrotum, veral in die nek van die skrotum, wat hitte-uitruiling beperk. Om testesgroei en spermproduksie te maksimeer, moet teelramme ekstra energie, maar veral ՚n baie hoë vlak van deurvloeiproteïen, gevoer word, want dit bevorder die groei van die testes en die spermproduksie. Teelramme moet gevolglik vanaf minstens twee maande voor paring ՚n hoëdeurvloeiproteïengebaseerde prikkellek of volledige ramprikkelrantsoen teen ՚n beperkte peil (500 tot 1 500 g/ram/dag), met vreetspasie vir elke ram, gevoer word. Indien weiding skaars is, moet hoë-gehalte lusernhooi ad lib bygevoer word. Die semengehalte van teelramme kan verbeter word deur hulle vanaf agt weke voor die paarseisoen twee tot drie keer per week met koringkiemolie (ongeveer 25 ml/ram) te doseer. Enige spanning van watter aard ook al, veral wanneer meer as een vorm van span-

Dit is noodsaaklik dat ramme betyds prikkelvoeding ontvang en geoefen word voor die aanvang van die paarseisoen. (Bron: Vinco Feedermax) www.proagri.co.za


Ses weke voor die paarseisoen Ramme moet ongeveer ses tot tien weke voor die paarseisoen aan ՚n volledige teelgeskiktheidstoets deur ՚n ervare veearts onderwerp word. Dit sluit ՚n volledige fisiese ondersoek van die ram en sy geslagsorgane, ՚n evaluering van ՚n semenmonster, die meet van die skrotumomtrek asook ՚n dekbehendigheidtoets in. Die skrotumomtrek van ramme in goeie kondisie moet minstens 30 cm, maar verkieslik 35 cm en meer, op ouderdom 15 maande wees. Die sperms word in die onderste deel of die stert van die bybal (epididimis) geberg. Wanneer ramme goed voorberei en gereed is vir die paarseisoen, moet die bybal die grootte van ՚n tafeltennisbal (2 tot 3 cm deursnit) hê — dit is ՚n aanduiding dat daar voldoende sperms vir die dekseisoen is. Geslagsdrang of libido behels die ram se drang om te dek. Die eerste tekens daarvan val saam met die aanvang van puberteit (geslagsrypheid) en die begin van spermproduksie. Libido word deur die vrystelling van testosteroon beheer. Voeding kan ook ՚n merkbare effek hê op die ram se drang om te dek, terwyl ondervoeding spermproduksie benadeel én die libido verlaag. Die normale aanbeveling vir die toets van dekkapasiteit is om drie tot vier ooie elk in ՚n ooikrat te plaas en dan een tot twee ramme vir twaalf tot 20 minute by hulle te plaas. ՚n Dekbehendige ram met ՚n hoë geslagsdrang behoort drie tot vier suksesvolle dekkings gedurende hierdie tydperk uit te voer. Ramme met ՚n lae geslagsdrang toon min belangstelling en die kanse is goed

www.proagri.co.za

Vee en Wild

ning gelyktydig ondervind word, kan die gehalte van die semen verlaag. Selfs geringe stygings in liggaamstemperatuur vir kort tydperke, kan die vorming van lewensvatbare semen ontwrig. Vermy alle spanningsvolle bedrywighede soos skeer, dip, oormatige hantering en dies meer minder as agt weke voor paring. Knip die kloue indien hulle lank is. Indien daar tekens van vrotpootjie is, jaag hulle deur ՚n voetbad met ՚n 10% sinksulfaatoplossing. Voldoende koel en skoon drinkwater moet te alle tye beskikbaar en so na as moontlik aan die skaduwee wees. Hoe meer kere ՚n ooi gedek word, hoe beter die kans om haar beset te kry. Tweelinggeboortes verhoog ook dramaties met meer dekkings. Om te verseker dat teelramme die ooie soveel kere as moontlik gedurende hul hittetydperk dek, moet die ramme dus oor ՚n baie hoë libido (geslagsdrang) beskik en topfiks wees. Teelramme moet dus vanaf minstens twee maande voor die aanvang van die paarseisoen fiks gemaak word deur hulle vroegoggend en laatmiddag vir minstens ՚n halfuur vinnig te laat stap.

Gee voorkeur aan tweelinggebore ramme met ՚n hoë libido, asook dié met groot testes. (Bron: Elandsnek Boerdery) dat dit die res van hulle lewe so sal bly. ՚n Ram met ՚n hoë dekvermoë is in staat om 50 dekkings in een week uit te voer, terwyl sommige ramme tot 40 ooie per dag kan bestyg. Die beste ramme is in staat om elke slag of elke tweede keer as hulle ՚n ooi bestyg, te ejakuleer. Gemiddelde ramme ejakuleer eers nadat hulle ՚n ooi drie of vier keer bestyg het, terwyl ՚n swakker ram die ooie aanhoudend bestyg en baie besig vertoon, maar selde of ooit ejakuleer. Samevatting Om reproduksietempo te verhoog, konsentreer boere grootliks op die ooi deur dié wat gereeld ՚n lam speen te selekteer en ooie goed voor te berei vir paring, (byvoorbeeld met prikkelvoeding). Die bydrae van teelramme tot ՚n hoë reproduksietempo kan egter nie agterweë gelaat word nie. Teelramme moet daarom voorkeur en spesiale behandeling ontvang. Die fokus moet op maksimale testesgroei en spermproduksie, asook goeie gesondheid en ՚n hoë fiksheidspeil wees. Om volgehoue teelvordering te verseker, moet minstens een derde tot

die helfte van die ramme jaarliks met nuwe ramme, wat verkieslik geneties beter is, vervang word. Daarbenewens moet ՚n doeltreffende gesondheidsbeheerprogram, wat sowel dosering as die noodsaaklike inentings insluit, gevolg word. Dit is belangrik om daarop te let dat nie alle vet en onfiks teelramme onvrugbaar is nie. Wees egter bedag daarop dat vet en onfiksheid hoërisikofaktore is. ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.

Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.

Testesomtrek is positief gekorreleer met spermproduksie en manlike hormoonproduksie. (Bron: agriland.ie) ProAgri South Africa 268

55


From only

From only

R4 899

R214 298

*per month

R25 000

Cash Back/ Discount/ Trade-In Assistance

*T&C APPLY

FREE

Tow Bar & Rubberising 3year/ 60 000 km SERVICE PLAN


Nuus:

deur Tisha Steyn

Veldblomme lok bye uit saadlande

՚n By versamel nektar en stuifmeel op ՚n sonneblom, maar bye kan nie net op een soort blom oorleef nie; hulle het ՚n verskeidenheid nodig vir ՚n gebalanseerde dieet. (Bron: Pixabay)

V

eld wat goed herstel het na goeie reëns in die droogtegeteisterde Klein-Karoo het ՚n onverwagte nadeel vir groentesaadboere ingehou. Bye wat die plate veldblomme bo groentesaadlande verkies het, het tot groot verliese gelei. “Swak bestuiwing was ՚n redelike groot probleem,” sê Charles Salmon van die Wes-Kaap Departement van Landbou en self ՚n byeboer. “Ek het gehoor van bedrae van tussen R150-miljoen en R200-miljoen, en die probleem was groter as 2012 s’n.” Byvoeding Die onderwerp was een van die besprekingspunte by die Suid-Kaap Byebedryfvereniging (SKBBV) se velddag op 28 April op Groot-Brakrivier, en dit het aangesluit by Charles, die gasspreker, se onderwerp, naamlik die byvoeding van bye. “Bye voed op stuifmeel (proteïen) en

՚n By is swaar gelaai met stuifmeel, wat proteïen verskaf. (Bron: Pixabay)

՚n Werkerby versamel nektar op ՚n veldblom. (Bron: Pixabay)

Aan die begin van die seisoen was daar goeie heuningvloei, maar namate die seisoen aangestap het, het die heuning al minder geraak. (Bron: Pixabay)

Die Klein-Karoo se bye het vanjaar veldblomme bo uieblomme verkies, wat daartoe gelei het dat bestuiwing van groentesaadlande nie na wense was nie. (Foto: Onbekend) www.proagri.co.za

nektar (koolhidrate) in blomme, en om hulle dieet gebalanseerd te hou, moet hulle voeding van verskillende blomplante kry,” sê Charles. Die bye berg die stuifmeel en nektar in die korf, waar hulle ՚n konstante temperatuur van 34 °C handhaaf, vir gebruik dwarsdeur die jaar. Wanneer hulle voedselbronne skaars raak, is dit nodig om byvoeding te gee om die bye

te help oorleef tot die volgende seisoen van oorvloed. “Wanneer die kos min raak, is bye se natuurlike instink om te trek om elders te gaan kos soek. Om die neiging teen te werk, word byvoeding gegee om die korf sterk te hou sodat dit kan aanhou funksioneer,” sê Charles. Kommersiële byvoeding is beskikbaar in die vorm van ՚n mengsel van stuifmeel en nektar. Byebrood, ook bekend as ambrosyn (Engels ambrosia), bestaan uit stuifmeel en heuning. Dit is die ware Jakob wat in ՚n korf gevind word en navorsing het bevind dat dit tot 188 soorte fungi en 29 bakterieë bevat. Navorsers het deur die jare verskillende natuurlike bestanddele gebruik vir die vervaardiging van ՚n geskikte voeding wat stuifmeel kan vervang, insluitend proteïenbronne soos sojameel en ander peulplante, broodgis, koringgluten, afgeroomdemelkpoeier en selfs vismeel, om maar enkeles te noem, maar die ideale resep ontwyk hulle steeds. “Die gebruik van byvoeding kan duur raak en sonder om die bye te snoep, moet jy seker maak jy voer nie te veel nie. Die ekstra voeding, veral suikerstroop, word in die supers, selletjies en onder in die korf geberg as heuning, maar dit kan daartoe lei dat die ProAgri South Africa 268

57

Vee en Wild

Links: Bye is noodsaaklik vir bestuiwing van vrugteboorde en ՚n betroubare bestuiwingsdiens dra by tot die sukses van die oes. (Bron: Pixabay)


Vee en Wild

MATRIX® 430 GPS NAVIGASIESTELSEL: MAKLIK OM TE GEBRUIK, LAE ONKOSTE, KLEURVERTONING NAVIGASIESTELSEL GPS navigasie is glad nie meer te ingewikkeld of te duur nie. Eenvoudige gebruik en bekostigbare pryse beteken dat die Matrix 430 die beste waarde in ‘n GPS navigasiestelsel bied. ‘n Ligbalk op die skerm asook die karteringstelsel verminder oorslaan en oorvleueling sodat gewasbeskerming vermeerder word. Die Matrix 430 is ‘n uitstekende opgradering van skuimmerkers en balke gedurende spuit en strooi. • • • •

Maklik om te installeer, maklik om te gebruik en maklik om tussen masjiene te skuif Die kompakte grootte bied moeitelose montering voor die stuurwiel vir sigbaarheid gedurende gebruik Dit bereken veld oppervlakte, tel aantal hektaars toegedien, en verskaf Google EarthTM PDF verslae Verskaf waarskuwingsalarms wanneer ‘n gebied betree word wat reeds gedek is

58

ProAgri Suid-Afrika 268

www.proagri.co.za www.teejet.com


Nico Langenhoven, erelid van SKBBV, gesels met byeboere tydens ՚n velddag.

Stuifmeel sit vas aan die hare op die werkerby se lyf. (Bron: Pixabay)

Lede van SKBBV tydens ՚n velddag. Hulle is Daniel Bridger, Jeremy Laurie, Lourens Trichaardt, Man Horne, André de Jager (ondervoorsitter) en Charles Solomon (genooide spreker). korf naderhand oorloop van heuning. Dit beteken dat daar te veel rame met heuning onder in die broeikas is en die koningin het dan nie plek om te broei nie,” verduidelik Charles. Uitdagings Volgens Kobus Vos, SKBBV se voorsitter, staar verskillende uitdagings die byebedryf in die Wes-Kaap in die gesig. “Buiten Covid, wat verskuiwing van korwe aan bande gelê het, sit ons nou met stygende koste van brandstof en elektrisiteit. Dit raak almal in die bedryf, die heuningboer sowel as die bestuiwingsboer, die korfvervaardiger en die bottelaar. Dan is daar ook nog ՚n tekort aan geskikte weiding, lae bestuiwingspryse en die voortdurende voorkoms van diefstal en vandalisme.” Wat genoegsame voeding betref, sê Kobus: “Ons het verlede jaar ՚n relatiewe goeie byeseisoen gehad met goeie reën wat oor die meeste dele van die Wes-Kaap geval het. Die kanola op die meeste plase het mooi geblom en ons kon gesonde, sterk swerms voorberei vir die bestuiwingseisoen. www.proagri.co.za

“Vir die meeste byeboere het die heuningseisoen aanvanklik baie goed begin, maar op ՚n antiklimaks geëindig. Veral die bloekoms en die fynbos het in die meeste areas ondergemiddeld presteer sodat die heuningvloei oor die algemeen swakker was as wat ons verwag het.” Die bestuiwingseisoen het goed verloop met die vraag na bye wat in daardie stadium darem nog nie die aanbod oorskry het nie. “Na wat ek verneem, kan die bessie- en ander vrugteprodusente heel tevrede voel met die goeie oeste wat in die meeste gebiede in die Wes-Kaap behaal is, maar die groentesaadprodusente in die Karoo en Oos-Kaap is nie so gelukkig nie.” Hy verduidelik: “Met die goeie reën wat oor groot dele van die droogtegeteisterde Karoo uitgesak het, het die veld baie vinnig in ՚n byehemel ontaard. Die gevolg was dat min tot geen bye in veral die uielande was nie, omdat die meeste bye in die veld gewerk het. “Die gevolg was supers vol heuning en ՚n mislukte saadoes vir baie saadboere. Uit nood het baie saadboere ՚n verskeidenheid kure probeer, maar ongelukkig was die uitkoms reeds bepaal toe die bye die saadlande vir die magdom blomme in die veld verruil het.” Volgens Kobus het baie bye afgeswerm en daar was baie vangkiste in die veld. “Daar was nie ՚n tekort aan bye vir die bestuiwingseisoen nie, wat gelei het tot ՚n ooraanbod van bestuiwingseenhede. Byeboere moes meeding om bestuiwingskontrakte en moes hulle diens teen laer pryse beskikbaar stel. “Daar was ook ՚n ontploffing van nuwe, onervare byeboere wat die mark betree het, soms sonder om ՚n behoorlike kosteberekening te doen. Die goedkoper diens wat party van hulle aangebied het, het tot laer pryse vir gevestigde bestuiwingsboere gelei.” Charles se mening hieroor is: “Wetgewing vereis dat alle byeboere by die nasionale Departement van Landbou moet registreer. Baie maatskappye dring daarop aan dat hulle lede van geregistreerde byeboere gebruik maak. Byeverenigings in die Wes- en SuidKaap, wat vrywillige organisasies is, is ՚n voorstander daarvan omdat dit

Aan die begin van die seisoen was die korwe sterk en talle bye het afgeswerm. (Bron: Pixabay) Die volgende velddae vind op 30 Julie en 19 November plaas. Meer besonderhede hieroor, asook oor aanlynwerkswinkels, sal later bekend gemaak word. Kontakbesonderhede Kontak Kobus Vos by 082-9042337, John Stoltz by 072-278-4590 vir verwydering van bye, of Daniel Bridger by 082-698-9088 oor velddae en werksessies. Charles Salmon kan ook gekontak word by 082-651-7466 of CharlesS@elsenburg.com. Verwysings Byebrood (2010). Wikipedia. https://af.wikipedia.org/wiki/Byebrood Louw, M. (2022) Beekeeping in South Africa: The feeding of honeybees. Southafrica.co.za https://southafrica.co.za/af/dievoeding-van-heuningbye.html Paray, B. A., Kumari, I., et al (2021) Honeybee nutrition and pollen substitutes: A review. Saudi Journal of Biological Sciences, Volume 28, Issue 1, January 2021, Pages 1167-1176. https://www.sciencedirect. com/science/article/pii/ S1319562X20306185 https://doi.org/10.1016/j. sjbs.2020.11.053 ProAgri South Africa 268

59

Vee en Wild

Kommersiële byeboere doen moeite tydens bestuiwingstyd om seker te maak hulle lewer sterk, gesonde swerms vir die taak.

die bedryf beskerm en ՚n goeie bestuiwingsdiens verseker. “Maar baie byeboere wil nie registreer nie; hulle vlieg eerder onder die radar en daar is niemand wat die wet toepas nie. Dit is nie moontlik om te sê hoeveel byeboere ongeregistreerd is en watter invloed hulle op die bestuiwingsbedryf het nie.” Hy meen dit is nie net onervare en ongeregistreerde byeboere wat die pryse afdwing nie, maar selfs geregistreerde byeboere wat die prys manipuleer. “Al wat ek kan sê is dat as jy toelaat dat substandaard korwe geplaas word sodat jy die helfte van die pryse kan betaal, moet jy maar tevrede te wees met die gebrekkige diens wat gelewer word — jy kry waarvoor jy betaal.”


Vee en Wild

Eksterne parasiete in vee deel 3:

(Bron: pixabay)

Die lastige vlieg en sy maters ՚n

Vloek en ՚n plaag. So beskryf Langenhoven die vlieg, en hy was reg: By vee is vlieë meer as net ՚n vlieg in die salf; dit is die oorsaak van verskeie siektes, selfs sterftes en geldelike verliese vir die boer. Skape, bokke en beeste gaan almal gebuk onder die vlieënde pes. Hulle byt diere, lê eiers in wonde en dra allerhande siektes oor. Algemene beheer van vlieë kan gedoen word deur lokaas of lokvalle te stel. Lokaas is gif in korrelvorm wat die insekte eet. Dit moet egter met sorg gebruik word en moenie naby hoenderof varkhokke gebruik word nie omdat die vergiftigde vliegkarkasse deur hierdie diere geëet sal word. Lokvalle, tuisgemaak of aangekoop, met ՚n aas wat skerp stink, bereik dieselfde resultate, maar vang die vlieë vas. Dit verseker dat die insekte binne die sak of houer vrek en die dooie, vergiftigde vlieë nie deur ander diere gevreet word nie. Om byte van vlieë op diere af te weer kan opgietmiddels wat piretroïed bevat gebruik word.

Huisvlieë

Daar is twee tipes vlieë wat onder die groep huisvlieë val, naamlik die huisvlieg (Musca Domestica), en die stalvlieg (Musca Calcitrans). Die huis- en stalvlieg lê graag hulle eiers in warm, vogtige materiaal soos mishope of kompos. Die larwes broei uit en vervel ongeveer drie keer voordat hulle papies word. Die hele lewensiklus neem ongeveer vyftien dae. ՚n Huisvlieg voed op vloeistowwe van mis, of afskeidings van diere se oë, neus, mond of rou wonde. Dit versprei mikro-organismes wat op die vlieg se pote en monddele voorkom, en in die kos wat dit opbring. ՚n Stalvlieg, daarenteen, het monddele wat gemaak is vir bloedsuig. Dit irriteer die dier en onderbreek die weiding- of vreetpatroon. Albei vliegsoorte pla die diere en veroorsaak ՚n verlies in gewig en melkproduksie wat onaanvaarbaar in ՚n voerkraal of op ՚n melkplaas is. Dit hou ook gevare in vir hoenderboere omdat maaiers in

Van die kant af is die bruin agterdeel van die huisvlieg duidelik sigbaar. (Bron: Muhammad Mahdi Karim deur Wikimedia commons) 60

ProAgri Suid-Afrika 268

die nesmaakmateriaal van hoenders kan uitbroei as mis ophoop. Varke op varkplase kan ook deurloop omdat die hokke ՚n aanloklike broeiplek vir die vlieë is.

Gesigvlieë

Daar is ook twee soorte gesigvlieë wat in Suidelike Afrika beeste tot raserny dryf. Hulle is die Musca xanthomelas en Musca lusoria. Hierdie vliegsoorte broei uit in beesmis en paratiseer dan ook hoofsaaklik op beeste. Hulle voed rondom hulle oë en in enige oop wonde. Wat hierdie vlieë so gevaarlik maak vir beeste, is dat hulle die parafilariawurms oordra wat die oorsaak van “vals kneusing” is. Hierdie wurms ontwikkel in die vlieë. Wanneer die vlieë op die beeste voed, bars die wurms uit die monddele. Hulle kruip dan na die oogslymvlies waar hulle die bees se bloedstroom binnedring. Wyfies migreer onder die vel waar hulle eiers lê wat wonde veroorsaak

Die stalvlieg lyk baie soos die huisvlieg. (Bron: Thierry Fillieul deur pexels)

www.proagri.co.za


Skaapneusvlieg

Oestrus Ovis Die skaapneusvlieg kom regoor SuidAfrika voor en bokke en skape is hulle hoofgashere. Wilde diere soos wildsbokke, asook perde, beeste, honde en mense kan geteiken word. Vlieë lê hulle larwes in die neusholtes van hulle slagoffers. Die maaiers (larwes) kruip dan dieper in die neus in tot in die sinusholtes waar dit baie irritasie veroorsaak. Hulle haak aan die wande en kan tot nege maande daar bly, maar word gewoonlik óf uitgenies wanneer hulle volwasse is óf val self uit wanneer die weer warm is. Hulle vorm dan papies en bereik volwasse vliegstadium. Die skape of bokke wat hierdie neuswurmbesmetting het, skud gedurig hulle koppe. Daar is ook geel uitskeiding wat verwar kan word met bloutong of pasteurella-longontsteking. Besmette diere verloor dikwels gewig. Behandeling van kleinvee met makrosikliese laktone verseker dat die larwes sterf. Dit mag dalk ՚n ruk neem voordat die uitskeiding verdwyn. Omdat vlieë in die somermaande op hulle aktiefste is, moet die kleinvee gereeld behandel word. In die winter hoef hulle egter een keer behandel te word om seker te maak die larwes wat in die sinusse probeer oorwinter ook sterf.

Skaap-oogvlieg

Gedoelstia Hassleri en Gedoelstia Cristata Die gewone gasheer is wildsbokke, maar Angorabokke en skape is ՚n voorkeurgasheer vir dié insekte wanneer dit by vee kom. Eiers word in die oog gelê waarna hulle in die bloed migreer en stadigaan na die brein reis. Hulle veroorsaak Skaapbrommers se glansende lyfies lyk asof hulle metaalbaadjies dra. (Bron: pixabay).

uitpeuloog – ernstige beskadiging van die oë wat eers bloei en dan swel, maar eindelik eindig in blindheid. Karakoel-, Persiese en Afrikanerskape ondervind meestal hierdie probleem. Inspuitbare insekdoders dood die parasiete, maar die skade bly onherstelbaar.

Skaapbrommers

Lucilia Sercata, Lucilia Cuprina en Chrysomya Albiceps Die skaapbrommer lyk asof hy gepantser is met ՚n laag groen metaal. Hulle teiken hoofsaaklik skape en selfs bokke, maar ander plaasdiere kan ook daaronder ly. Skaapbrommers veroorsaak velontsteking waar die larwes op die vleis van hulle slagoffers teer. Met hulle monddele maak hulle klein snyplekkies wat groter en groter word soos wat hulle eet en dan meer en meer vlieë lok. Hierdie vlieë verkies ՚n warm klimaat en wanneer dit baie reën neem hulle getalle toe. Dis geen verrassing dat hulle ook meestal bekend is as somerpeste nie. Die volwasse vlieë is tussen 7 en 12 mm lank en die voed op die liggaamsvloeistowwe van diere en plante. Omdat die wyfies deur vrot reuke van verskeie siektes soos vagvrot, vrotpootjie en sweerklou gelok word, skep die vliegies ՚n bose kringloop van besmetting. Vroeë tekens van besmetting sluit optrede in wat wys die skape is ongemaklik en hulle kan binne ՚n week vrek as hulle nie behandel word nie. Insekdoders met deltametrien, dipmiddels of wondolies kan die brommeraanvalle help beveg. Om dit te voorkom, kan na-skeer-dip gehandhaaf word, of bespuiting met ՚n spuittoestel en ՚n organofosfaat. Bestuursfaktore wat ingespan word is mikskeer, goeie dieet wat laksering voorkom, en die aanteel van gladdelyf-Merino’s wat minder vatbaar is vir aanvalle.

Beesbrommers of spykerwurm

Chromia Bezziana Beesbrommers kom hoofsaaklik voor in die noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika. Dit sluit Limpopo, Mpumalanga, en Kwazulu-Natal in. Gedeeltes van die Oos-Kaap word ook beïnvloed.

Hulle val nie net beeste aan nie, maar ook skape en bokke. Hierdie vliegsoort kan sy hele lewensiklus binne twee weke voltooi. Hy word ongeveer 6 tot 12 mm lank. Die diere wat deurloop is hoofsaaklik beeste en skape, maar perde, wilde diere en troeteldiere word ook soms beïnvloed. Wat hierdie vlieg anders maak as die ander, is dat hy slegs die wonde van diere aanval. Die beesbrommer sal nie ՚n gesonde dier teiken nie, maar lê haar eiers op operasiewonde, absesse, kneusings, bosluisbyte, en op die uier. Vlieë se larwes veroorsaak dat wonde groter en erger word wanneer hulle daarop teer. Hulle grawe hulle lyfies ook dieper en dieper in die vleis in. Insekweerders is ondoeltreffend om die vlieë by perde, vee en troeteldiere af te weer. Die beste behandeling bly makrosikliese laktone. Spuitstowwe help om die wonde gou te genees en help dat diere vir weke na die aanval beskerm is teen herbesmetting.

Tsetsevlieg (Glossina sp.)

Histories was die tsetsevlieg wyd versprei oor Suid-Afrika, maar kom deesdae hoofsaaklik in dele van Kwazulu-Natal voor. Hierdie vliegsoort val hoofsaaklik wild, beeste, perde, kamele en varke aan, maar soms loop skape, bokke, honde en katte ook deur. Die grootste gevaar wat die tsetsevlieg inhou, is dat dit ՚n bloedparasiet genaamd trypanosoma oordra wat nagana of slaapsiekte by vee en mense veroorsaak. Diere wat hierdie siekte kry toon tekens van vermaering, bloedarmoede en swak asemhaling. Limfknope vergroot ook drasties en die uiteinde is diere wat skielik vrek van hartversaking. Inheemse beesrasse is minder kwesbaar teen die trypanosoma-parasiet. Bo en behalwe opgietmiddels kan ՚n voetbad gebruik word om die nodige hoeveelheid middels op die dier te kry. Opgietmiddels beskerm diere net vir ՚n maand. Tsetsevlieë is die hele jaar aktief, en volwassenes leef vir omtrent drie maande. Die broei binne-in die vroulike vlieg en word na 10 dae uitgeskei waarna dit dadelik begin om ՚n papie te vorm. Tussen drie en dertien weke daarna bereik die vlieg die volwasse lewenstadium. Bronne: Junquera, P. 2022. PARASITIPEDIA [WWW Document]. Parasitipedia.net. URL https://parasitipedia.net/. Oberem, P. 2006. Siektes en parasiete van beeste, skape en bokke in Suid-Afrika. Pretoria: Afrivet Business Management.

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 268

61

Vee en Wild

wat oopbars en weer vlieë lok wat die bloed, tesame met die eiers, inneem. Die goeie nuus is dat die wurmbesmetting behandel kan word met makrosikliese laktooninspuitings of opgietmiddels. As dit nie behandel word nie, verminder die beeskarkas in waarde omdat groot gedeeltes van die vleis weggesny moet word om ontslae te raak van die beskadigde dele.


GET IT DONE

WITH REMACON YFEL

INSTANT STORAGE SOLUTIONS Install 120m of 4m high wall in under 8 hours! YFEL is a free-standing, flexible option for dry bulk material separation, bunkering and sand storage solution.

“The quality and after-sales service are excellent”.

Bunker Project • Supplied in less than 80 working days • Bunkers available for moving to new sites and easily broken down • No on-site personnel involved, once the ground is prepared for placement of the Yfels

Locally produced

Made from recyclables

Movable www.yfel.co.za

To view more of our solutions, visit our website www.remacon.co.za

or contact Christopher Cosgrove at 082-880-0184 or christopher@remacon.co.za.

62

ProAgri Suid-Afrika 268


CHOOSE FROM OUR WIDE RANGE OF TRAVELLING IRRIGATORS.

IRRIGATION & MANURE GUNS High quality range

BUT TERFLY & WAFER VALVES CAMLOCK FIT TINGS

IRRIGATION UNLIMITED

CLAMPS COMPRESSION & SADDLES FIT TINGS FOR PVC PIPES FLANGES & JIS MALLEABLE FIT TINGS MULTI RANGE FIT TINGS POLY PROP FIT TINGS QUICK COUPLING FIT TINGS QUICK COUPLING ACCESORRIES RAIN BIRD

QUICK COUPLING PIPES & FITTINGS Locally Manufactured

VALVES & BRASS FIT TINGS SOLVENT WELD SOUTHERN CROSS TRAVELLING IRRIGATORS

WHOLESALE SUPPLIER AND DISTRIBUTOR OF A WIDE RANGE OF IRRIGATION PRODUCTS

TANK CONNECTORS SIME GUNS VYRSA

FOR YOUR NEAREST DEALER, CONTACT:

Tobie Van Den Heever

Henko Cilliers

PTA +27 12 736 2121 | CPT +27 21 946 1194

+27 82 658 6054

+27 71 303 8829

www.iunlimited.co.za ProAgri South Africa 268

63


Guess how many jobs

one one

machine can do?

Maximum productivity. Maximum yield.

MANITOU SOUTHERN AFRICA Tel: +27 10 601 3000 Address: Proton Industrial Park, Proton Street, Chloorkop Email: info.msa@manitou-group.com | www.manitou.com Represented throughout the African continent through our network of dealers.

ProAgri_MayJune 2022.indd 1

64

ProAgri Suid-Afrika 268

2022/04/22 14:30:43


FI ES LV VA

ST E

&

EL

S G

&

IN

TU

TT

BE S

S, PE PI

LS

O

FE N CI N G

TO & RO O FI N G

E

AR DW

AR

&

H

Steel & Tube | Tools & Hardware | Fencing | Roofing | 12 Gompou street

East Lynne

Customer care: 0860 10 27 99

Profiling and Laser products

012 800 9600

www.stewartsandlloyds.co.za

NEWLY OPENED SALE EVENT! 19 Kobalt Street, Nirvana - Polokwane 12 Gompou street East Lynne

015 036 0000 012 800 9600

IT’S A STEEL! Supplying a wide range of steel and service excellence for over 100 years! ProAgri South Africa 268

65


Kontak besonderhede: 011-786-1043 steve@smstructures.com Jon Marco: 076-519-1734 jonmarco@smstructures.com

SM STAAL STRUKTURE VERVAARDIGING, OPRIGTING, DAKPLATE EN BTW INGESLUIT. Duisende projekte reeds suksesvol voltooi.

KIES GEMOEDSRUS; KIES SM STRUCTURES! *** Pryse geld solank voorraad hou. 12 x 25 x 4 15 x 30 x 4,5 18 x 30 X 4,5 20 x 30 x 6 25 x 30 x 6 30 x 30 x 6

oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit oprigting ingesluit

R227 253 R327 000 R491 565 R550 141 R737 696 R1 225 360

MEER SPESIALE AANBIEDINGS

Doen dit self strukture vir oplaai (geen oprigting). 12 x 25 x 4 ..........................................R180 903 15 x 30 x 4.5........................................R256 650 18 x 30 x 4.5........................................R381 065 20 x 30 X 4..........................................R359 000 20 x 30 X 6..........................................R421 291 25 x 30 X 6..........................................R580 696 30 x 30 X 6..........................................R956 360

2 of 12 x 25 x 4 oprigting ingesluit R415 000

Modulêre behuising, afgelewer binne twee weke na bestelling. 1,2,3 of meer slaapkamers met sitkamer, kombuis en badkamer.

Ons is geregistreerd om na alle SAOG-lande uit te voer, en voer ook uit na enige ander land ter wêreld.

66

ProAgri Suid-Afrika 268


ProAgri South Africa 268

67


RumaX BJP Supplies

V VERVAARDIGER ERVAARDIGER V VAN: AN: M Meganiese eganiese SSnoeilemme, noeilemme, VVoermengers, oermengers, M Misstrooiers, isstrooiers, HHamermeule, amermeule, AAwegare, wegare, KKerwers, erwers, PPilmasjiene ilmasjiene

023 342 6070 www.rumax.co.za Samuel Walters Straat 1, Worcester 68

ProAgri Suid-Afrika 268


HOSE MASTER 50/100 PORTABLE IRRIGATION SYSTEM

RAINMAKER 200

HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION

SPORTSMAN 120

CLUBMAN 100

SPORT FIELD AND GARDEN IRRIGATION

SMALL SCALE FARMING AND RECREATIONAL IRRIGATION

RHINO 300

CANE MASTER 300

HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION

HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION

Suitable for tall crops

The most effective and cost efficient travelling irrigation systems available SOUTH AFRICA Head office: Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544 jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma +27 (0) 79-959-3356 / +27(0) 23-342-3438 / sales@rotrixafrica.co.za

Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054 +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za

www.rotrixafrica.co.za ProAgri South Africa 268

69


ai165037758816_ProAgri Halfblad.pdf 2 4/19/2022 4:13:18 PM

TLU S A

Alternatiewe energie en selfstandigheid-ekspo!

11- 13 Augustus 2022

C

Diamantvallei Landgoed, 20km oos van Pretoria

M

Y

CM

OPVOEDKUNDE SUB-EKSPO

MY

600 Uitstallers

CY

CMY

K

50% Afslag indien vooraf registreer!

LANDBOU SUB-EKSPO in samewerking met TLU SA

Kinders tot 18 GRATIS.

KUNS & KNABBEL MARK in samewerking met Solidariteit Helpende Hand

087 231 1644 www.kragdag.co.za

(MCT)

70

ProAgri Suid-Afrika 268


Jaco Hamman

Jaco van der Merwe

082 762 1669 www.ppfagri.co.za

082 738 0718 jaco@exactprecision.co.za

NON-EXPLOSIVE DEMOLITION AGENT

HAVA ROCK DRILL - WET / DRY MACHINE

NEXPAND ROCK BREAKING CHEMICAL

PAVING BREAKER

RD COMPOUND OIL

25MM BLUE LINE AIR HOSE

HAVA ROCK DRILL HANDHELD DRILL STEEL - WET / DRY MACHINE

KNOCK OFF DRILL BITS IN 11 DEG TAPER

SOUTH AFRICA’S LEADING SUPPLIER OF ROCK BREAKING TECHNOLOGY TO THE QUARRY, MINING & CONSTRUCTION INDUSTRY Website: www.harlenquarrysupplies.co.za l Email: info@harlenquarrysupplies.co.za Landline: +27(0)10-4421773 l Dustin Harlen: +27(0)83 616 0523 l Annelien Kruger: +27(0)83 571 6770

ProAgri South Africa 268

71


uppe marketing A19497/A

Vir winterlekke wat jou sak pas

Winterlek

Jou diere verdien net die beste. Wanneer dit kom by hul welstand, is daar geen kortpaaie nie. Gebruik jou eie plaasgeproduseerde produkte saam met Yara Animal Nutrition SA se produkte en spaar. Maak Yara jou vennoot in die verskaffing van kwaliteitprodukte en resepte om jou lekkoste drasties te verminder. Voorbeeld van ‘n winterlek vir beeste en skape:

Hulle sal hulle lippe aflek ... 72

ProAgri Suid-Afrika 268

Mieliemeel/Hominy Chop Oliekoek Voergraad Ureum Kimtrafos 12 Grandé/PhosSure 12 Kalori 3000 Voergraad Swael Sout Totaal

Beeslek 250 150 150 50 7 350 957

Skaaplek 250 150 100 100 50 5 350 1005

Samestelling g/kg g/kg Ruproteïen 475 367 % Vanaf NPN 95.6 77.5 ME 3.8 MJ/kg 5.25 MJ/kg Kalsium 41 27 Fosfaat 21 14 Swael 8 5 Inname Beeste (g/bees/dag) 350-500 450-650 Inname Skape (g/skaap/dag) Nie geskik 80-120

Innoverende oplossings in dierevoeding! www.yara.co.za/animal-nutrition animal.nutrition.sa@yara.com | Tel: +27 (0)31 910-5100 Kalori 3000 - Reg Nr. V2809, Voergraad Ureum - Reg Nr. V15681, Voergraad Swael - Reg. Nr. V16738, Kimtrafos 12 Grandé - Reg. Nr. V18670, PhosSure 12 - Reg. Nr. V12858. Alle produkte geregistreer onder Wet 36 van 1947 Yara Animal Nutrition Suid-Afrika (Edms) Bpk. Reg. Nr. 2001/025850/07


Consistent Wireless Internet & VoIP for Everyday Farming Internet shouldn’t be as slow as a tractor... Get High Speed Internet today!

M

Y

Y

Y

www.Jenny.co.za 087 170 0000

Industry Leaders in Expanded Polystyrene Products MANUFACTURERS OF EXPANDED POLYSTYRENE PRODUCTS FOR DOMESTIC AND EXPORT MARKETS

BULK INFRASTRUCTURE AND DERIVED THERMAL INSULATION

THERMAL INSULATION PRODUCTS FOR WALLS, ROOFS, CEILINGS & OTHER APPLICATIONS

COST EFFECTIVE ENERGY SAVING MATERIALS for all your farming needs! • • • • • •

WHY TECHNOPOL?

PROJECTS

Cutting edge technology Unrelenting quest for excellence Continual improvement Modern equipment Well trained staff ISO 9001, 14001 and 45001 Certified

LiteCel™ EPS is the benchmark insulation material: lightweight, versatile, durable and easy to work with. It is used in construction in ceilings and walls, floor slabs, building extensions, livestock housing, cool rooms.

TECHNICAL INFORMATION LiteCel™ EPS is an efficient and cost effective thermal insulator and together with other building materials it will reduce air born sound transmission. It is not soluble in water and is resistant to attack by alkalis, dilute inorganic acids and all plaster types.

ProAgri South Africa 268

73


MARKET LEADER in supply, manufacturing, design and installation of FENCING MATERIALS OUR PRODUCTS • Galvanised Wire in Coils • Barbed Wire • Diamond Mesh / Chain Link • Welded Mesh • Hexagonal Wire Netting • Field Fence

• • • • • •

Razor Wire Roofing & Reinforcing Droppers & Standards Posts Gates Wholeview Panel Fencing

GREAT PRICES GREAT PRODUCTS GREAT SERVICE YOUR ONE STOP SHOP for fencing solutions

CONTACT US: +27 12 682 0150 | sales@wsfafrica.com www.wholesalefencingsa.co.za

LEADERS IN: Mycotoxin risk control Gut health & rumen efficiency Quality silage production

sales@vitam.co.za | www.vitam.co.za | +27 (12) 665 5245 EFFECTIVE SCIENCE

74

ProAgri Suid-Afrika 268


Myburgh Verhuring Kontoermaker R 1650 Btw ing Per dag

Huur die kontoermaker en die Paalslaner in April, Mei en Junie en kry 10% afslag! Vanaf Julie is dit weer normale prys!

Paalslaner R 955 Btw ing Per dag

ProAgri South Africa 268

75


ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za

YOUR ONE STOP SECURITY SHOP

Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams STAFIX BRANCH LOCATIONS Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South

76

Centurion Durban North East London George

ProAgri Suid-Afrika 268

CCTV SURVEILLANCE TECHNOLOGY

Gaborone Harare Jet Park Kimberley

Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit

Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown

Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria

Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park

Vryheid Windhoek West Rand


Spoil Dad this Father’s Day with our Father’s day giftboxes Cleanse, nourish, moisturise, and soothe your skin, from head to toe, with all-natural skincare products. Safe and effective natural soap, deodorant, and moisturisers for your whole body.

Ansulene 083 300 6118 info@justbliss.co.za

100% NATURAL

For more products, visit our website

www.justbliss.co.za WILLA NOLTE 072 333 1051 021 010 0707 086 443 2720 willa@kannaindustries.co.za www.kannaindustries.co.za

Baal & Veehanteringstoerusting

Samuel Walterstraat 1, Worcester

KANNA WOLPERSE:

SUID-AFRIKA SE BESTE WOLPERS ● Elektries Hidroulies of Vol Outomaties. ● Vergemaklik en verbeter jou skeerproses om die lekkerste tyd van die jaar te wees. ● Sweet en hammers by penne-steek is verby. ● Geen sogenaamde “hoeke trap” nie. ● Slegs een operateur benodig. ● Weeg soos jy pers (ingeboude skaal). ● Skuif die pers gemaklik van een bin na die volgende (gemonteerde wiele).

ProAgri South Africa 268

77


Danny Williams 083 274 4082 Office 011 396 3684

Solve your leaking problems immediately All Pools, Farm dams, etc. Stops flowing water within 1-2 minutes

Kantoor 084 703 1095 Robbie 082 297 8380 Sakkie 079 719 2131 Tjaart 076 799 3173 www.wildshoekievleismark.co.za robbie@wildshoekievleismark.co.za

78

ProAgri Suid-Afrika 268

Ringmounts, soft rifle bag, and fire arm motivation and application


VEVAARDIGING EN OPRIGTING VAN ENIGE FABRIEKE, STORE OF AFDAKKE.

LINCO

Ons doen oprigting landwyd. Meer as 32 jaar se ondervinding.

2x12x36x3.6 m store aanmekaar met geut in die middel

36 x 55 x 4.5 m

Stefan 083 234 8430

15 x 36 x 6 m

18 x 27 x 4.5 m

lincosteel85@gmail.com

ProAgri South Africa 268

79


LICK BLOCKS

Amondel Pakkers (Pty) Ltd gebasseer in die Levubu omgewing, beskik oor vakature vir ‘n NAKOMINGSBEAMPTE

Supplements for Success

Amondel Pakkers is trots om aan die voorpunt te wees van die nuutste tegnologie en is een van die hoogs aangeskrewe pakhuise in die omgewing en die bedryf. Daarmee saam is die nakoming van voedselveiligheid een van die maatskappy se top prioriteite.

Fitty’s

Die suksesvolle kandidaat sal toesien dat Amondel se aandeelhouers en produsente voldoen aan die voorgeskrewe vereistes van ondermeer, GLOBALGAP, BRC, SIZA, Beroepsgesondheid- en Veiligheids Wetgewing. Die kandidaat sal ook verantoordelik wees vir die administrasie van- en skakeling met eksterne ouditeure asook toepaslike fasiliteringsliggame. Die ideale kandidaat is:  Prakties dog innoverend met ‘n oog vir detail,  Rekenaargeletterd en skeppend,  Uiters bekwaam met rekordhouding,  Manlik of vroulik, en beskik oor uitstaande oorredingsvermoëns en interpersoonlike verhoudinge,  Toepaslik gekwalifiseerd met bewese ervaring op die gebied van voedselveiligheid sal ’n groot voordeel wees,  Bevoeg om leiding te kan verskaf aan gebruikers en interne oudits uit te voer,  Indien benodig sal opleiding verskaf word.

0825729114 051 011 3948

Tralies

Die suksesvolle kandidaat se hoofkantoor is in Levubu en die verwagte weeklikse werksure is 25. (Halfdag pos). ‘n Mededingende pakket is onderhandelbaar, eie behuising sal ‘n aanbeveling wees en die kandidaat moet oor eie vervoer beskik. (besigheidskilometers sal teen ’n markverwante tarief per kilometer vergoed word).

Bakkie

‘N Tralie sonder gelyke Canopy AVAILABLE AT ALZU FEEDS BRANCHES

Belangstellende kanditate moet bereid wees om moontlike persoonlikheid- en/of belangstellingstoetse te ondergaan. Afgetrede persone wat nog lus is vir nuwe uitdagings sal beslis oorweeg word. Indien u oor die nodige ervaring en kwalifikasies beskik en vir hierdie uitdagende geleentheid oorweeg wil word, rig u CV aan Lizelle@amanabdy.co.za nie later as 30 Junie 2022. Neem kennis dat u indiening van u CV die adverteerder magtig om u inligting te kan gebruik, deel en bespreek in terme van die POPI-WET.

Fitty’Fitty’ sFitty’s sTra Indien u teen die 8ste Julie 2022 nog niks gehoor het beskou u aansoek as onsuksesvol.

www.alzu.co.za 013 249 8900

Taper

Standaard Bakkie

We buy and sell trucks. JP: 081 211 7184 Bertie: 064 503 8136 Willie: 083 449 6200

‘N Tralie sonder gelyke

Bakkie Bakkie TraliesTrali Bakkie Tralies Tralie sonder sonder gelykegelyke ‘n‘n‘nTralie sonder Tralie gelyke

fittystralies@gmail.com fittystralies@gmail.com fittystralies@gmail.com

Standaard / Taper Excl. VAT

R 1 150 000-00

2021 Hino 500 2836 10 Cube Tipper 26 397km’s Still under factory warranty!!

Excl. VAT

R 425 000-00

R 650 000-00

2016 Isuzu FTR850 43-Seater Crew Bus 163 270km’s

Excl. VAT

Fitty’s R 650 000-00

0825729114 051 011 3948 Verstelbare lang bank

Tralies

Riptech canvas produkte Bakkie

‘N Tralie sonder gelyke

2015 Nissan UD Quon GW26-450 6X4 Mechanical Horse 680 000km’s

Skietrak

‘N Tralie sonder g

verstelbare Lang bank & rugstukke

2012 Nissan UD Quon GW26-490 6X4 Mechanical Horse 578 330km’s

verstelbare lang bank Excl. VAT

Fitty’s

en rugstukke

Taper

verstelbar verstelba lang ban

Maak jou jou volgende volgende Maak

Excl. VAT

R 795 000-00

2021 Isuzu FTR 850 Closed Body 250 000km’s

Excl. VAT

R 395 000-00

2014 Ice Cold Bodies Interlink Side Tipper Trailer

For more trucks visit our website www.jmstrucksales.co.za

80

ProAgri Suid-Afrika 268

Standaard jou volgende jag of wild kyk ‘n sukses v JAG RipMaak stop Canvas ofen toebehore. met ons wye reeks traliesof

skietrak WILD KYK KYK WILD

jag

fittystralies@gmail.com ‘nsukses suksesmet metons onswye wyereeks reekstralies traliesen entoebehore toebehore ‘n

Taper fittystralies@gmail.com

verstelbare

verstelbare Lang bank



Outomatiese herset van tande sonder om spoed te verminder of die implement te lig Lae brandstofverbruik weens lae wrywing en effektiewe wegbreekaksie Effektiewe grondbewerking bied een van die mees egalige grondprofiele op die mark Taai materiale verminder slytasie vir 'n verlengde leeftyd


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.