Laat iets van waarde
Groen is die land van Natal, maar in die Overberg is die wêreld bedek met die allermooiste geel kanola lande en lappe groen graan. Met ons onlangse besoek aan NAMPO Kaap in Bredasdorp, is dit net groen en geel waar jy kyk.
Wat ‘n ongelooflike voorreg om toe gang te hê tot die dinge wat ons eintlik as alledaags beskou, wat my weer eens opnuut laat besef hoe lief ek my land het. My hart klop diep en opreg vir Suid-Afrika se uitgestrekte Karoo, die diep, ysblou Weskussee, die malse groen van wingerd op wingerd in die Bolandse somer, die stilte en vrede van wuiwende grasvelde in die binneland, en die goue vreugde van ‘n land vol oopgesig son neblomme in die Vrystaat.
Ons kuier die Kaapprovinsie plat. Een van die hoogtepunte was ons kuier by oom James O’Kennedy, boer van Doornkloof in die Swellendam-distrik.
Met aankoms sit hy en wag vir ons onder die koelteboom voor sy huis, die ke tel op die vuurtjie voor hom sing uit volle bors. Hy bied vir ons ‘n koppie boeretroos aan, en gooi dadelik, want dan moet jy darem ‘n rukkie by hom vertoef.
Inhoudsopgawe / Contents
Hy begin vertel van sy lewe op die plaas sedert die middel van die negenti gerjare. Ek verkyk my aan sy groot hande soos hy beduie, hande wat al hard gewerk het en knieë wat al baie gebid het. Oom James los my met die gedagte: “Daar is niks soos self nie, so sorg dat jy tevrede is met jou doen en late wanneer die son sak, want die son kom nie vir ewig op nie.”
Dit val my toe by – wat is jou nalatenskap?
Soos ons wegry, kom ek tot die besef dat die grootste les wat ons elke dag by ouer geslag boere leer, is dat jy die vrugte sal pluk van alles wat jy doen. Die toekoms van landbou is in die hande van ʼn nuwe en jonger geslag, en as ek om my rondkyk dan raak ek opgewonde oor die toekoms.
Maak kontak met ons – ons wil graag jou storie hoor! Tot volgende keer, hou jou kop in die wolke en jou voete op die grond.
ProAgri groete! Bianca Henning bianca@proagri.co.za
Word John Deere-trekkerslim met Peritum Agri
Diep gewortel in Greenway Boerdery se grondvoorbereiding Massey Ferguson skep tradisie en vooruitgang Nedbank partners with the automotive industry
Reinke se kanniedood spilpunte bied boere waarde vir geld Bespaar plek met ReMaCon se Yfels
NAMPO Kaap 2022 lok talle na twee jaar se afwesigheid Reinke SA trek na Potchefstroom vir nog flinker diens Rumax se betroubare blou wys weer by Kaap NAMPO NAMPO Kaap: JDI en boere kuier weer saam SIMcontrol puts reliable SIM card management back in your hands No job is too big, or too small, for an Aquadam Fire Tank
Pesplante: Alles is blou(dissels) Pioneer’s® LumiGEN™ seed treatments hit South African soil
Winsgewende skaapboerdery Deel 12: Die volstruisbedryf in die Klein-Karoo deel 1: Renosterboer emigreer, maar hou vas aan sy renosters
Op ons voorblad
Landbou se enigste kans op oorlewing lê in verbeterde tegnologie. Boere leun al hoe sterker op data-inwinning en die ontleding daarvan om tydige en beter besluite te neem.
Lees meer oor John Deere se presisietegnologie op bladsy 3.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za
Business-to-business: Agriculture ABC
ProAgri
Redakteur tydskrif en aanlyn
Bianca Henning
Verslaggewers
Maryna Steyn
Natasha Kruger
Benine Ackermann
Spesialisskrywer
Annemarie Bremner
082-326-2572 bianca@proagri.co.za
082-261-9177 maryna@proagri.co.za 081-736-4236 natasha@proagri.co.za 073-105-6938 benine@proagri.co.za
082-320-3642 annemarie@proagri.co.za
Bemarkingsbestuurder
Diane Grobler
Bemarkers
Xander Pieterse
Johan Swartz
Tiny Smith
Lynette van Tonder
Skeppende bestuurder
Christiaan Joubert
Uitleg en ontwerp
Michelle Kruger
082-555-6866 diane@proagri.co.za 062-391-6507 xander@proagri.co.za 071-599-9417 johan@proagri.co.za 082-698-3353 tiny@proagri.co.za 074-694-4422 lynette@proagri.co.za 072-419-3990 christiaan@proagri.co.za
Kliëntverhoudingsbestuurder
Carin Swartz
Navrae
Engela Botha
Rekeninge
Ronel Schluter
084-233-0123 carin@proagri.co.za
Verspreiding en intekening
Nita Volmer-van Zyl
Sakebestuurder
George Grobler
073-663-1234 engela@proagri.co.za 084-088-0123 accounts@proagri.co.za 079-515-8708 nita@proagri.co.za
Word John Deere-trekkerslim met Peritum Agri
Presisieboerdery maak dat boere groter, lonender oeste behaal, maar dit vereis ook dat boere en werkers slimmer as voorheen moet wees. Goeie nuus is dat daar nou opleiding in trekkertegnologie is waarvoor jy ՚n sertifikaat kan verwerf. Dit is nie meer vandag ՚n kwessie van koop vanmôre ՚n trekker en begin vanmiddag met hom boer nie. Operateurs moet nou teg nologies kundig wees om die volle waarde uit ՚n John Deere-trekker te put – en daardie volle waarde kan ՚n groot verskil in vandag se boerdery maak.
John Deere en Peritum Agri Institute bied nou kursusse vir John Deere-boere en hulle werkers aan; ՚n eerste in die landboubedryf. Die instrukteurs is deur John Deere opgelei en geakkrediteer.
Die opleiding vind plaas by Peritum Agri in Bloemfontein, maar as die behoefte groot genoeg is, kan hulle dit ook op ander dorpe gaan aanbied.
Belinda Louw, direkteur van Peritum Agri Institute, sê: “Peritum Agri spesialiseer in landbouopleiding. Ons is ՚n private landboukollege wat verskeie kursusse aanbied en ons het al in 2008 saam met John Deere begin werk. Ons het eerste die behoefte vir ՚n trekkeroperateurskursus geïdentifiseer en het toe programme daarvoor ontwikkel. Daarna het nog twee John Deere-kur susse bygekom. Enige boer of werker in die landboubedryf kan die kursusse bywoon.
“As ՚n boer byvoorbeeld ՚n stroper koop, weet hy nie noodwendig hoe om hom op te stel nie. Ons kan hom daarmee help.”
Al die kursusse bevat praktiese oefening om die werktuie deeglik te leer ken.
Peritum Agri se drie John Deere-kursusse: Geakkrediteerde bevoegdheidskursus vir trekkeroperateurs Ingevolge wetgewing moet trekkeroperateurs hierdie opleiding ondergaan. Dit is ՚n eendag-kursus wat die leerder die nodige kennis en vaardighede gee om ՚n trekker te bestuur met al die teg nologie wat daarmee gepaardgaan.
Die voordele wat dit vir ՚n boer inhou om sy operateurs vir die kursus te stuur:
• Dit hou jou trekkers in ՚n goeie toestand vir tweedehandseverkoopswaarde.
• Veiliger vir jou personeel en ander werkers.
• Daaglikse onderhoud word op jou werktuie gedoen.
• Veilige hantering op slegte paaie.
• Verminder onderhoudskoste.
• Volgens wetgewing moet alle operateurs bevoegd verklaar word.
Die kursus bestaan uit vyf modules:
Module 1: Wetlike vereistes.
Module 2: Beginpunt en bestuur soos daaglikse kontrole wat gedoen moet word voordat die operateur met die trek ker kan ry, asook die regte sitposisie.
Module 3: Die bestuurd van die trek ker - algemene ryriglyne, hoe om op openbare paaie te ry, ensovoorts.
Module 4: Veiligheid, soos wat onge lukke by ՚n trekker veroorsaak, hoe afskakelveiligheid werk, brandstofingooiveiligheid en hoe die operateur moet optree as daar ՚n ongeluk is.
Module 5: Algemene onderhoud soos die trekker afskakel en foutoplossing.
Gevorderde toerustingoperateursopleiding vir ՚n trekker, stroper, spuit en planter Die doel van die driedagkursus is om die boer en sy operateurs met die nodige vaardighede toe te rus om nie net ՚n trekker te kan bestuur nie, maar ook ՚n stroper, spuit en planter en om dit doeltreffend te gebruik.
“Baie jong boere wil veral in Amerika gaan werk en dit is dan perfek vir hulle om eers die nodige kennis van John Deere-werktuie met meer gevorderde tegnologie op te doen,” sê Belinda.
Die modules in die kursus:
Module 1: Bestuur ՚n trekker soos die wetgewing rondom trekkers bepaal, en die trekker se funksionaliteit, hoe om die trekker te gebruik en algemene trekkeronderhoud.
Module 2: Stropers en hulle funk sionaliteite.
Module 3: Selfaangedrewe spuite en hulle funksies.
Module 4: Verskillende soorte planters
en hulle funksies.
Module 5: Agritegnologie en presisie boerdery.
Presisielandbou-oplossingskursus
Hierdie jongste meer gevorderde kursus wat meer konsentreer op presisieteg nologie word in Oktober 2022 bekendgestel. Die minimum vereistes om vir die kursus in te skryf, is om die gevor derde toerustingoperateuropleidingkursus te voltooi of een jaar ondervind ing met John Deere se toerusting.
Peritum het die kursus ontwikkel in samewerking met Senwes Equipment
Die kursus sal boere en operateurs wat met John Deere se toerusting werk meer leer oor die funksies van die GreenStar™ Operating-stelsel.
Elke leerder skep sy eie JD-rekening om toegang tot die nabootster (JD Display en CommandARM Simulator) te kry. So gaan leerders prakties self te werk deur middel van hulle skootreke naar of tablet om te sien hoe werk hierdie tegnologie op spesifiek hulle John Deere-masjiene.
Die modules in die kursus:
Module 1: John Deere presisie-oplossings Gen 4 Display, Starfire 6 000ontvanger, JD link en die bedryfsentrum.
Module 2: Die opstel van die bedryf sentrum.
Module 3: Opstel en funksies.
Module 4: Die opstel van die werktuig.
Module 5: Opstel van die ontvanger. Module 6: Toepassing en funksies –byvoorbeeld hoe om die werktuig te sinkroniseer.
Module 7: Guidance control systems “leidingbeheerstelsels”.
Module 8: Veiligheidsfunksies – Ken die verskilende veiligheidswaarskuwings op die raakskerm van die trekker.
Die volgende presisielandboukursusse is: 9 tot 11 November 2022, 23 tot 25 Januarie 2023, 15 tot 17 Februarie 2023. Om jou of jou werkers in te skryf, kontak Peri tum Agri by info@peritumagri.com of 051-451-1120, of besoek hulle webwerf by: www.peritumagri.com
Waar hierdie blouspan geloop het is ՚n land gereed vir plant.
Diep gewortel in Greenway Boerdery se grondvoorbereiding
deur Bianca Henning
Die LEMKEN Juwel 8 in ak sie met die herkonsolidasieroller wat agterna sorg vir ՚n egalige en perfekte saadbed.
L
EMKEN is welbekend vir hulle veeldoelige grondbewerkingtoerusting soos die Karat, Rubin en Heliodor wat jou verseker van ’n ferm saadbed vir die plantseisoen. Wanneer daar geploeg moet word, staan LEMKEN ook gereed met sy Juwel-reeks.
Greenway Boerdery het 34 jaar gelede ontstaan – in 1988. Hulle is geleë in die Tarlton-omgewing, en het ook uitbrei dings in Christiana en Naboomspruit. Die hoofgewas wat Greenway Boerdery verbou is wortels (800 ha) en kontantge wasse wat insluit koring (350 ha), suiker bone (300 ha) en sojabone (300 ha).
Greenway Boerdery is ՚n familieboerdery wat uit twee families bestaan,
onder leiding van Vincent Sequeira (Senior) en Vito Rugani.
“Ek het op die plaas grootgeword en het nog altyd ՚n liefde en passie gehad vir dit wat ons doen. Vandat ek vyf jaar oud was, het ek oor naweke en vakansies op die plaas gehelp waar ek kon. Die afgelope vier jaar is ek voltyds op die plaas, waar ek begin het as hoofplaasbestuurder vir ons Tarltonaanleg en na twee-en-՚n-half jaar is ek aangestel as senior produksiebestuur der, waar ek nou verantwoordelik is vir die bestuur van al drie plase,” vertel Vincent Sequeira junior.
Daar is nie in die wêreld ՚n stel werk tuie wat kan vergelyk met LEMKEN
nie. Dit is ook juis waarom Greenway Boerdery LEMKEN gekies het. Hulle het gebruik al die afgelope drie-en-՚nhalf jaar LEMKEN-werktuie. Hulle het vier LEMKEN werktuie op die plaas, onder meer twee 3,5 meter Karat 9’s, ՚n 5 meter Rubin 12 en het onlangs die LEMKEN Juwel 8-ploeg aangeskaf.
“Die afgelope vyf jaar het boere regoor die land ՚n kopskuif gemaak en die belangrikheid van goeie grondstruktuur meer en meer besef. Ons behoefte op die plaas was om ons grondstruk tuur en grondvog te verbeter,” vertel Vincent.
Marco Tijssen, mede-direkteur van Genius Landbou en LEMKEN-verkoopsverteenwoordiger vir die Tarlton-omgewing, beaam dat LEMKEN die regte oplossing is om Greenway Boerdery se grondstruktuur te verbeter. “Hulle was op soek na ՚n betroubare werktuig en onderdele wat maklik beskikbaar is. Ek het die LEMKEN Juwel 8-ploeg saam met die herkonsolidasieroller aanbeveel, wat ideaal is vir die herkonsolida sie van grond en die beste resultate tot gevolg het,” sê hy.
Die LEMKEN Juwel 8-ploeg is ՚n gemonteerde ploeg wat aan die 3-punt koppeling van die trekker haak. Die herkonsolidasieroller word met ՚n aanhegting aan die ploeg gekoppel en sleep agterna. Aan die begin en einde van die land word die roller af- en aangehaak nadat die ploeg hidroulies in die lug omgedraai word om ՚n nuwe vak te ploeg.
“Nadat ek deeglike navorsing ge doen het, het Marco die Juwel 8 aan my voorgestel,” sê Vincent. “Ek het sewe vereistes gehad: duursaamheid, gebruikersvriendelikheid, lae onder houdskoste, goeie dieptebewerking,
veilige en vinnige hidrouliese omslaan, beskikbaarheid van onderdele en laastens een grondbewerking wat die kluite breek en ՚n gelyke grondopper vlak skep. Die Juwel 8 het aan al die vereistes voldoen en my keuse baie maklik gemaak.”
Goeie grondstruktuur is van uiterste belang om lug en water deur die grond te laat beweeg en gesonde plantegroei te verseker.
Vincent voeg by: “Omdat wortels 'n wortelgewas is, is ons grondstruktuur vir ons uiters belangrik om te verseker dat ons die beste gehalte wortels kan produseer en ook siektes van die ge was te verminder deur te verseker dat jy die beste moontlike dreinering in jou land het.
“Ons het oor die jare heen nog altyd ons lande met ploeë bewerk, alhoewel ons altyd ՚n ekstra bewerking moes doen vir die saadbedvoorbereiding. Met die Juwel se roller wat agterna sleep, is dit ՚n twee-in-een bewerking. Ons bespaar op brandstof, arbeid, slytasie en ՚n bykomende trekker en werktuig se gebruik. Met al hierdie faktore in ag geneem, is ons meer doeltreffend in wat ons doen.
“Een van my gunsteling kenmerke uniek aan die Juwel 8 is die Optiquickverstellingstelsel. Die Optiquickverstellingstelsel maak voorsiening vir maklike en doeltreffende verstel ling van voorwydte en trekker- of ploegtreklyn, onafhanklik van mekaar. Hierdie presiese en spesifieke verstel ling het vir ons groot verbeterings in ons brandstofverbruik bewerkstellig. Die trekkers trek die ploeg makliker, wat beter doeltreffendheid en kostebe sparing tot gevolg het.
“Die LEMKEN Juwel 8-ploeg kan tot
350 mm diep werk en die skare sny vanaf 33 to 50 cm wyd. Die ploeg beno dig ՚n trekkerkrag wat wissel van 80 tot 150 kW afhangend van die aantal ploeg skare. Die herkonsolidasieroller word bykomend tot die ploeg aangeskaf. Dit word met 'n hidrouliese pen aan die omslagploeg gekoppel. Wanneer die ploeg op die wenakker omgedraai word, los die pen die roller, die trekker en die ploeg draai om, en haak weer die roller om die volgende ry te bewerk,” ver duidelik Marco.
Vincent voeg by: “Ons gebruik ՚n 130 kW trekker om die ploeg te sleep. Die Juwel het in ՚n jaar alreeds 400 ha bewerk, en ons moes nou eers vir die eerste keer van die skare vervang.” Marco sê: “Baie boere keer terug na ploeë omdat dit ՚n bewerking is wat die meeste bied vir die boer. Jy het ՚n beter grondstruktuur, beter onkruid- en plaagbeheer op jou lande, wat uiteindelik ՚n beter gewas en oes tot gevolg het.”
“LEMKEN se werktuie is betroubaar en gebou om te hou. Met LEMKEN kry jy 100% waarde vir jou geld, en jy is verseker om te kry wat jy nodig het en meer,” sluit Vincent af.
Jy kan ook wen met LEMKEN. Vir meer inligting, kontak vir Karel Munnik by 082-412-2577 of k.munnik@lemken.com, Blackie Swart by 082-404-9651 of b.swart@lemken.com. Die kan toornommer is 086-267-5720.
Massey Ferguson skep tradisie en vooruitgang
deur Annemarie Bremner“M assey is nie net nog ՚n trek ker op die plaas nie, hy raak deel van jou gene; die plaas gaan van geslag tot geslag en so gaan dit ook met Massey. Ons harte, net soos die Stiglinghs s’n, klop Massey.”
Brendon Puttick, gebiedsbestuurder van AGCO in die Wes-Kaap, raak net so opgewonde soos sy boere oor Massey Ferguson se tradisie en tegnologie. Hendrik-Pieter en Hanro Stiglingh se plaas, Spitskop, in die Heidelberg-dis trik in die Wes-Kaap, is pure Massey Ferguson-tradisie en -prestasie.
Die Stiglingh-broers is die vierde geslag op die plaas en hulle het saam met die Masseys op die plaas groot geword.
Hendrik-Pieter vertel dat hy op ՚n 1105 MF geleer trekker ry het toe hy nog in die laerskool was. Hy en Hanro het die graan aangery silos toe en grondbewerking gedoen. “My broer was veral lief vir die trekkers. Ons was in die koshuis en kon net naweke plaas toe kom. Hanro het ՚n 290-trekker
gehad met ՚n foto van homself in die lisensieskyfiehouer. Vrydagaande het hy met sy oorpak aan gaan slaap sodat hy Saterdag vroeg reg kan wees om die graan aan te ry.”
Hulle pa, Hendrik, was oortuig daarvan dat dit sy persoonlike verant woordelikheid was om die Massey Ferguson 36-platsnyer, waarmee hy met gemak die kontoere op die plaas kon baasraak, te bestuur. Hy het al die jare die 14-voet bandaangedrewe platsnyer verkies omdat dit smal genoeg was om die kontoere beter te hanteer.
Net soos Massey Ferguson het die boerdery nie stagneer nie, maar met nuwe tegnologie vooruit gegaan. Die broers stem saam dat die Masseys se goeie brandstofverbruik en tegnologie die nodige ondersteuning aan hulle boerdery bied.
Op Spitskop word daar met koring, gars, kanola, hawer en lusern vir die skape, en natuurlik Merino-skape geboer. Hendrik-Pieter is verant
woordelik vir die diere en Hanro vir die saaigedeelte van die boerdery.
Hanro sê die omstandighede op die plaas is soms moeilik met min reën en dit is baie belangrik dat daar deeglik vooruit beplan word, sodat die trekkers en werktuie optimaal benut word.
Hy sê die MF 8737 en die MF 7724 word goed ingespan vir hulle presisietegnologie, krag en suinige brandstofverbruik. Die 8737 gebruik sowat 20 liter per uur om ՚n 12-meter minimum bewerkingsplanter met 42 tande te sleep … en hy doen dit met gemak.
Die 7724S gebruik sowat 16 liter per uur en wys self sy staal met ՚n 7,4-me ter planter. Die trekker word ook gebruik vir spuitwerk wanneer daar klaar geplant is.
Tegnologie vir besparing ՚n Groot hupstoot vorentoe vir besparing in die boerdery is dat albei die trekkers met ISOBUS-tegnologie toegerus is, wat beteken enige ISOBUS- presisiewerktuig kan met die
trekker kommunikeer sonder dat hulle elkeen hulle eie skerms nog het.
Die MF 8737 het ook ՚n Trimble-stel sel vir akkurate bestuur.
Hendrik-Pieter sê: “Die tegnologie is goed. Ons het vanjaar die MAP (monoammoniumfosfaat) wat ons in die grond plaas deur die trekker se satellietstelsel gedoen volgens die bepalings van ons oesverslag. Dit was goed om die produktiwiteit van die grond te bepaal en vas te stel waar die meeste kunsmis nodig is sodat ons ook die grond kan verbeter.”
Nog ՚n onlangse aankoop vir die boerdery is die MF 9335-selfloopspuit. Hanro sê: “Ons het die MF 9335 vir die kanola gekoop as gevolg van sy grondvryhoogte. Die kanola staan baie hoog en die spuit loop maklik bo-oor sonder om die blomme af te stamp. Hy is ook baie lig op brandstof.”
Die Stiglinghs loop die tegnologiepad saam met hulle plaaslike handelaar, Van Breda Agri van Caledon, wat die hele Heidelberg-, Overberg- en ՚n gedeelte van die Suidkaap-distrik bedien. Van Breda Agri verstaan landbou in die omgewing en ken hulle boere.
Hennie de Wet, takbestuurder, sê met die stygende koste van kunsmis en diesel is dit baie belangrik om die beste moontlike werkverrigting uit toerusting
te kry. Dit gaan oor beter gehalte werk teen die mees ekonomiese spoed.
Hy sê die verhouding tussen die boer en handelaar is baie belangrik: “Hulle moet mekaar kan vertrou om die regte besluite vir die boerdery te neem.”
Hennie verduidelik dat die koste van eienaarskap gemeet moet word oor die leeftyd van die trekker. Dit gaan nie oor die aankoopprys, of prys van onderdele of versiening nie, maar dit wat die trekker oor sy leeftyd vir die boer beteken gemeet teen die totale koste. Van daar af word dit afgebreek na koste per uur of per hektaar.
Die doel van die noukeurige berekening is om vir die boer te wys wat die produktiwiteit van die trekker is en ook hoe dit oor tyd verander, sodat ՚n boer ՚n ingeligte besluit kan neem oor opgradering of uitbreiding van sy vloot.
Met AGCO se nuwe struktuur beweeg die mense van die vervaardigings maatskappy (Massey Ferguson) en die handelaars ook baie nader aan mekaar as vroeër, wat verseker dat die behoeftes van boere en die ontwikkeling van die vervaardiger op die plaas bymekaar kom.
Brendon van AGCO sê: “Dit is vir ons baie belangrik om die noue verbintenis met die Stiglinghs te hê. Masseys lê vir my ook baie na aan die hart, want ek het self op die plaas met hulle grootgeword.”
Die vierde geslag Stiglinghs op Spitskop in die Heidelberg-distrik kan getuig tradisie en vooruitgang loop hand aan hand by Massey Ferguson.
Hy sê vir Massey Ferguson se 175ste verjaarsdag is die bekende driehoekembleem aangepas en dit staan bekend as die Massey-bloedlyn. Hy sê: “Ons sien die hartklop van boere in die bloedlyn.”
Hendrik-Pieter is ook trots daarop om deel te wees van die 175 jaar se geskiedenis. “Vir 52 van die 175 jaar boer my familie al met Masseys. Massey was nog altyd goed vir ons.”
Jy kan ook deel word van die vooruitstrewende tradisie of jou bestaande Massey Ferguson-vloot aanvul met die jongste, nuttigste tegnologie. Kontak jou naaste Massey-handelaar of besoek www.www.masseyferguson.co.za.
Skakel ook Brendan Puttick (066581-7516) vir meer inligting.
Die 9335-selfloopspuit loop hoog bo die kanola sonder om die blomme te breek, hanteer die skuinstes met gemak, spuit presies waar en hoeveel hy moet spuit en is boonop lig op brandstof.
Commercial Banking
Nedbank partners with the automotive industry to drive competitiveness amid turbulence
By Amith Singh National Manager ManufacturingThe South African automotive industry, which generates around 18,7% of domestic manufacturing output, plays a significant role in our country’s economy, with a GDP contribution comparable to that of mining and agriculture. The 2022 Automotive Export Manual released by the Automotive Industry Export Council earlier this year also revealed that vehicle and automotive component exports increased by 18,1% in 2021 to comprise 12,5% of total South African exports.
Unfortunately, the industry has been hit hard by recent global and local events, including global supply chain disruptions and operational efficiencies at South African ports that are well below international standards, further exacerbated by riots and cyberattacks. More recently the flooding in automotive-intensive KwaZuluNatal and onerous load-shedding schedules resulted in the manufacturing production figures released for April 2022 showing a substantial decline of 7,8% year on year.
With most of these setbacks hopefully behind us, and efforts being made to stabilise electricity supply and improve the situation at our ports, savvy automotive manufacturing firms should consider the five trends that Deloitte’s 2022 manufacturing industry outlook pinpointed to watch. With business agility critical for organisations to operate through unprecedented turbulence, the report identifies key strategies to drive competitiveness. These include embracing technology to create more connected, reliable, efficient and predictive processes; carefully reviewing cyberdefences and resilience
in the event of cyberattacks; and closely monitoring the fast-evolving environmental, social and governance (ESG) landscape and adjusting operations accordingly. Proactive approaches to these challenges will help automotive manufacturers mitigate setbacks while creating a competitive advantage.
Nedbank’s deep understanding of the manufacturing industry has enabled us to develop tailor-made solutions in this field, making us the expert strategic banking partner to grow our clients’ businesses. The bedrock of our manufacturing portfolio is the deep, lasting and value-adding relationships we develop with our clients and key industry stakeholders. These solutions are underpinned by our continuous drive to innovate our financial and administrative functions, enabling you to take your business to the next level.
Through this profound insight we provide bespoke, innovative financial solutions to help grow our clients’ businesses and strengthen their competitiveness in the market. For example, because we know that present macroeconomic challenges coupled with power supply issues lead to having cash flow constraints that could prohibit delivery and growth, we have a range of solutions to mitigate that risk. Similarly, as the green bank, we offer a comprehensive range of solutions to promote the sustainability of clients’ businesses, giving them the competitive advantage that is so vital in the market.
Our vast experience in global trade enables quicker, more efficient cross-border transactions when importing and exporting, and easy access to funds smooths out cash flow fluctuations between production cycles, enabling clients to take advantage of discounts and bulk offers.
But the real value we offer is our partnership approach, which means clients benefit from a committed partner with industry expertise who will advise on growth, investment and financial strategies based on our deep insight into each client’s unique financial situation.
For more information about our specialist manufacturing services, email us at manufacturing@nedbank.co.za.
Singh is Nedbank Commercial Banking’s national manager for the manufacturing sector. He holds a degree in business management from the University of Cape Town, a postgraduate degree in sales management, and is a qualified Neethling Brain Institute practitioner. He has been in banking for 19 years.
Reinke se kanniedood spilpunte bied boere waarde vir geld
toe navorsing begin doen en daarna ՚n selfloper-kanonspuit aangeskaf. Ek kon nie al die lande met die kanonspuit besproei nie, en die spuit hou nie baie van skuinstes nie. Toe kom die volgen de generasie in, en dit was spilpunte.
“Ek het destyds kontak gemaak met Spilhaus en die produk wat hulle op die mark gehad en vir my voorgestel het, was Reinke-spilpunte.
In 1981 is Doornkloof se eerste 13-toring spilpunt onder teen die rivier opgerig.
Oom James sê: “Die wonder van ՚n spilpunt wat ek beleef het teenoor die ou tradisionele spuite wat elke dag opgetrek moet word, is die feit dat die spilpunt loop wanneer jy wil hê hy moet, hy is betroubaar en daar was in my hele 43 jaar se besproeiing tot dusver geen ander spilpunt wat by ՚n Reinke kom nie.
՚n
Noodsaaklike deel van duisende boerderye wêreldwyd is die spilpunt. Wat ՚n boer van ՚n spilpunt verwag is doeltreffendheid, betrou baarheid en lang lewe. ՚n Boer wil die versekering hê dat sy belegging hom dekades lank sal bevoordeel.
՚n Wyse boer wat die regte keuses maak, is oom James O’Kennedy wat op die plaas, Doornkloof, in die Swellen dam-distrik boer. Langlewendheid is ՚n goue woord in sy woordeskat en hy kies Reinke vir sy spilpuntbesproeiing.
Oom James vertel: “My grootste behoefte op die plaas was water. Toe ek op die plaas aangekom het, was hier niks nie. Hier was geen wateraanleg of pyplyne uit die rivier nie. Ons het die water vyf kilometer van die rivier
af aangery met trekkers en sleepwaens. Oor die jare heen het ek die plaas ontwikkel en uitgebrei.
“My eerste sestien hektaar teen die rivier is besproei met ՚n trekker en ou tradisionele spuite. Toe ek vir die eerste keer die spuite aangeskakel het, het ek sommer ՚n knop in my keel gekry, en dit is waar dit alles begin het.
“Die verskuiwing van die pype het ՚n uitdaging vir my begin raak. Ek het
“Die geheim van ՚n Reinke-spilpunt is sy lae profiel; dit is ՚n ligte spilpunt, en die gehalte materiaal waarvan die spilpunt gemaak is, is topklas. ՚n Reinke-spil punt is ook stil – jy hoor hom skaars beweeg in jou land. Ek het ander spilpunte ook al op die plaas laat oprig, maar na my mening is daar niks wat by ՚n Reinke kom nie,” voeg hy by.
“Nadat die eerste spilpunt in 1981 opgerig is, het die gogga my gebyt. Ons het later daardie jaar nog twee 25-hektaar Reinke-spilpunte gekoop en nog ՚n 12-toring met ՚n oorhang.
“Dit was toe vier Reinke spilpunte, en nommer vyf, ek noem hom die wees
՚n Suksesvole oes hang af van ‘n betroubare spilpunt. Reinke laat elke druppel tel.
kind, was die plaasvervanger van die een 25-hektaar spilpunt nadat ՚n baie sterk noordwestewind hom omgewaai het. Ten spyte van die feit dat die spil punt omgewaai het, het hy niks anders oorgekom nie, en dit kan alles toe geskryf word aan die sterkte van die staal waarmee die spilpunte ontwerp en vervaardig word,” sê oom James.
“Oor die jare heen het ons uit gebrei en hoofsaaklik kontantgewasse geproduseer; mielies en graan. Ek was op daardie stadium ՚n leek wat somergewasse aanbetref, en ek het gou agtergekom dat ek kundige raad nodig gehad het.
“Ek het ՚n punt daarvan gemaak om jaarliks in Douglas en Prieska se omgewing te gaan kuier om te kyk wat doen die manne daar en hoe hulle dit doen: hoe bewerk hulle, hoe besproei hulle ... Ek wou myself nie slim hou nie, en deur die proses was ek baie bevoor reg om kosbare mense te ontmoet wat hulle kennis met my gedeel het, en daarmee het ek teruggekom,” vertel oom James.
Hy voeg by: “En so het ek die leer geklim. Ek het begin by sewe ton mielies per hektaar en later oeste van veertien ton per hektaar behaal deur die kundigheid wat ek geleer het toe te pas. In 1994 het ek ՚n redelike groot skaapboerdery-afdeling op die plaas begin. Ek het in die Karoo met skaap boerdery grootgeword, so dit is eintlik waar my kundigheid en kennis hoof saaklik gelê het.”
Oom James was in daardie stadium die tweede grootste wolboer in die Weskaap. Hy het ook verder uitgebrei en ՚n melkstal opgerig met ongeveer 1 000 Jersey-melkkoeie.
“Ons het ook langtermyn gewasse, onder meer lusern, onder besproeiing begin aangeplant om insette van buite te verminder.
“Na twintig jaar se besproeiing het ek besef nog ՚n unieke karaktereienskap van die hoësterkte staal van Reinke se spilpunte, is die feit dat al is die staal hoe dun, die spilpunt nie sal meegee nie. Daar sal 'n gaatjie in die staal kom, waar die water uitspuit, maar die kon struksie bly staan.
“Nie al ons lande is tafelbladgelyk nie. Die Reinke-spilpunte het ՚n voordeel bo ander spilpunte, deurdat hy groter hellings se buig kan hanteer, opwaarts en afwaarts. Omdat die spilpunt lig is, beweeg hy met gemak. Of die spilpunt
Een van die oudste Reinke-spilpunte op Doornkloof spog met 121 557 uur getroue diens agter die rug.
Oud maar nog nie koud! Een van die oudste Reinke-spilpunte op oom James O’Kennedy se plaas besproei steeds sonder ophou.
afwaarts loop of klim, hy dra nie swaar gewig saam met hom nie, jy hoor hom ook nie kla nie, jy sien maar net hoe hy deur die vallei beweeg en doen wat hy moet doen,” verklaar oom James.
Hy lig ՚n paar eienskappe van Reinke se spilpunte uit: “Die grootste voor deel van Reinke-spilpunte in my oë is die betroubaarheid, sekerheid, langlewendheid en minimale slytasie op die ratkaste. As daar nie probleme by die pomphuise is nie, het die spilpunte nooit gestaan nie. Ek as ՚n besproei ingsboer glo dat voorsorg beter is as nasorg. As jy na jou spilpunt kyk, sal hy na jou ook kyk.
“Ek sal nooit tot my laaste asem iets anders koop as ՚n Reinke nie. Die diens en ondersteuning wat ek vanaf die Reinke-span en Patrick Ellis ontvang is puik,” sê oom James.
Na vele suksesvolle jare het oom James besluit om sy boerdery af te skaal. Sy raad aan jong boere en ander besproeiingsboere daar buite is dat al
les in die lewe gepaard gaan met pas sie. Bekwaam jou so gou en so goed as wat jy kan om op hoogte te kom met die spilpunt wat jy koop; leer hom ken. As die baas van die plaas nie ondervin ding op sy plaas het met wat hy doen nie, kan daardie plaas nooit op sy bene bly nie.
“Ek was bevoorreg om so groot te kon word, hard te werk en kennis op te bou oor wat om my aangaan, en daar voor is ek ewig dankbaar.”
As jy wil besproei om te wen, skakel vir Patrick Ellis by +27(0)31-350-4525 of stuur ՚n e-pos na patrickellis@ reinke.com. Besoek ook Reinke se webtuiste by www.reinke.com vir meer inligting.
Endless
Alles wat jou plaas benodig, op een plek.
Bunker Project
Spekvet, vrugbaar en gesond! Dit is die resultaat van Butt Farming by Kamberg in die Natalse Middelande se voerprogram vir hulle 3 200 teelsôe en die sowat 1 900 kleintjies wat elke week gebore word.
Butt Farming is in die vroeë tagtiger jare deur twee broers, Rob en Ian Butt, gevestig en die boerdery het ՚n paar vertakkings, maar varkboerdery is die grootste.
Grant Lavers van Butt Farming vertel dat die varke elke week ongeveer 550 ton voer benodig. Die voermaakproses op die plaas is ՚n groot operasie. Daar is ՚n volledige voermeule met meng geriewe waar die rantsoene vir elke ouderdomsgroep noukeurig bepaal, afgemeet en gemeng word.
Die bestuur en berging van die grondstowwe is ՚n groot deel van die voermakery.
Vier bunkers wat elkeen 2,4 meter hoog is beteken sommer baie meer bergplek vir die verskillende grondstowwe wat in Butt Farming se voermeule gebruik word.
Grant sê: “Ek beveel ReMaCon met graagte aan by ander boere. Hulle produkte en diens is goed en hulle ken hulle eie produkte. Dit beteken hulle kan die regte aanbevelings maak om jou bestuur op jou plaas makliker te maak.”
Grant Lavers se varke is spekvet, vrugbaar en gesond danksy 'n goeie voerprogram wat begin by die behoorlike bestuur van grondstowwe.
Grant sê: “Ons was op soek na ՚n produk wat ons kan gebruik om die beperkte ruimte in die voermeule optimaal te benut vir die berging van die verskillende bestanddele. Dit is vir ons belangrik dat die grondstowwe nie deurmekaar moet raak voordat ons dit volgens die regte resep vermeng nie.”
Onbeplande vermenging van be standdele het uiteindelik ՚n invloed op die gehalte van die voer en die presta sie van die diere.
Grant sê hy het Christopher Cos grove van ReMaCon se kontakbe sonderhede aanlyn gekry en hom geskakel. “Ek het ons behoeftes ver duidelik en Christopher het verduidelik hoe hulle produkte werk. Hy het aan beveel dat ons na die Yfel-skeidings mure kyk wat in verskillende groottes en hoogtes beskikbaar is.”
Aangesien hoogte nie 'n probleem is nie, kon Grant die Yfel-panele van 2,4 m hoog bestel. Dit het aansienlik meer bergplek verskaf as die skeidings van
Met ReMaCon se Yfel-panele kan ‘n boer sy skuur inrig soos dit hom pas en verander as behoeftes verander. By Butt Farming is dit noodsaaklik dat die trok vir aflaai en die laai graaf wat die materiaal weer moet kom oplaai maklik toegang het.
1,2 m wat hulle in die skuur gehad het.
“Ons kon vier bunkers bou, elkeen 13,75 meter diep, 4,5 meter wyd en 2,4 meter hoog teenoor ons vorige drie bunkers. Ek kon nie glo hoeveel meer bergplek ons skielik bygekry het nie,” vertel Grant.
Hy sê die beste deel is dat die panele verskuifbaar is, sodat hulle die ruimte kan verander soos benodig.
Aangesien Butt Farming hulle eie vragmotors en laaitoerusting het, het hulle self die panele gaan haal en geïnstalleer. Grant sê die verskillende prosedures en opsies is mooi uiteengesit op die prysberaming.
Hulle het die panele gekies wat toegerus is met gate waar die vurkhy ser se tande kan inpas. Dit maak dit maklik en veilig om die panele op te lig en te verskuif.
ReMaCon se Yfel-panele word met staaldraad versterk en kan ook vir vei ligheidsomheining gebruik word. Enige indringer wat met ՚n hamer probeer deurbreek gaan sy moses teëkom, en daar is selfs panele wat aan die bokant oorleun sodat oorklim baie moeilik is.
Die Yfel-panele is vernoem na die bekende baken in Frankryk vanweë hulle vorm van die kant af gesien. Hulle is in verskillende groottes beskikbaar en daar is ook spesiale hoekpanele.
Hoogtes wissel van 1,2 tot 4 meter met ՚n basiswydte van 615 tot 1 650 mm.
Kontak Christopher Cosgrove by 082-880-0184 of chris topher@remacon.co.za, of besoek www.remacon.co.za vir meer inligting.
NAMPO Kaap 2022 lok talle na twee jaar se afwesigheid
Die Overberg is hierdie tyd van die jaar prentjiemooi met sy lappe groen graan en goudgeel kanolalande, wat die landskap in 'n sprokieswêreld omtower. Die allermooiste gesaaides buite Bredasdorp en Swellendam is beslis iets om vanjaar te sien en dit maak ՚n mens trots op ons boere se ywer en toewyding.
Maar saam met die mooi boerdery is ՚n hoogtepunt in die Kaapprovinsie hierdie tyd van die jaar NAMPO Kaap.
NAMPO is die voorste landbou-uit stalling en -handelskou in die WesKaap waar boere en verskaffers van landboutoerusting bymekaarkom en hulle samewerking vir die volgende seisoen beplan.
NAMPO is sinoniem met die vertoonvenster van die landbousektor in Suid-Afrika.
Nadat die regering se COVID- inperkings en beperkings NAMPO Kaap twee jaar lank aan bande gelê het, het ՚n rekordgetal van 32 640 besoekers vanjaar die landbouskou oor vier dae bygewoon om te kyk wat die meer as 500 uitstallers kon bied.
Boere was ingenome en beïndruk met die wye verskeidenheid toerusting, vir en inligting oor ՚n wye verskeiden heid landboubedrywe.
NAMPO Kaap het na ՚n afwesigheid van twee jaar weens die koronavirusbeperkings uiteindelik weer plaasgevind.
Daar was beslis iets vir elke besoeker, van boere, vriende van die land bou, vroue, opkomende boere, die jeug en sommer net die nuuskieriges.
Dr Pieter Taljard, uitvoerende hoof bestuurder van Graan SA, sê: “Met die intrapslag is NAMPO Kaap as ՚n basis vir landbou-inligting, ՚n markplek, ՚n netwerkgeleentheid en ՚n byme kaarkomplek vir almal wat belang het by landbou gevestig.”
Dit was duidelik sigbaar onder die
mense wat die skou bygewoon het, dat dit oor samesyn van mense gaan. Dit is lekker om mense wie se daaglikse lewe uit landbou bestaan te sien bymekaar kom. Landbouplatforms soos hierdie bied geleentheid om regstreeks met verskaffers en verskillende instellings in die landbousektor te gesels, nuwe produkte te beskou en te bespreek, planne te maak en oor die pad voren toe te besin.
Besoekers en uitstallers was geseënd
Die blommerangskikkingsuitstalling in die Voermol-saal by vanjaar se NAMPO Kaap was ՚n belewenis.
met heerlike weersomstandighede. Die algehele atmosfeer onder skougang ers was positief en mens kon agterkom dat almal uitgehonger was vir saam kuier en om nuwe landbouskeppings te beleef.
By vanjaar se NAMPO Kaap was daar meer vir die vroue ook. Die AFGRI Vroueprogram is daagliks van 09:30 tot 12:30 in die tent op die grasperk voor die BKB-uitstalsentrum aangebied en het groot aftrek gekry. Daar was ook vanjaar vir die eerste keer ՚n instapskoonheidsalon vir die vroue.
NAMPO Kaap 2023 word reeds vol stoom beplan met die datum vasgestel op 13 tot 16 September 2023 te Bredasdorppark. Met die moontlike toekomstige betrokkenheid van ander georganiseerdelandbouinstansies, beloof die NAMPO Kaap-platform om in ՚n ieder en elk se behoeftes te voorsien – en ՚n waardevolle diens aan landbou in die Suide te lewer.
NAMPO Kaap het ook daagliks ՚n propvol vroueprogram ingesluit.
Die NAMPO Kaap-skouterrein het geskitter met ՚n groot verskeidenheid masjinerie, toerusting, voertuie en werktuie.
Uitstallers wat wil deel word van NAMPO Kaap 2023 kan vanaf 1 Februarie 2023 aansoek doen. Aansoekvorms en verdere inligting is verkrygbaar by www.nampo.co.za of www.nampokaap.co.za
REDEFINING CLEAN
New triple action formula protects your engine like never before
Reinke SA trek na Potchefstroom vir nog flinker diens
die instandhoud ing en skoonhou van paaie, sypaadjies, parke en ander openbare ruimtes in die gebied.
Die oprigting van ‘n besproeiingstelsel kan uitdagend wees, maar flink diens en die blitsige beskikbaar heid van onderdele maak dit makliker. Reinke verstaan dit baie goed en daarom is die besluit geneem om die besproeiingsmaatskappy se hoofkan toor en onderdelepakhuis van Durban af na Potchefstroom te verskuif waar dit meer sentraal geleë is.
Vanuit die nuwe hoofkantoor sal die Reinke-span voortgaan om voortreflike diens aan Suid-Afrika en die buurlande te lewer. Boonop is die nuwe pakhuis twee keer groter as die een in Durban. Dit beteken twee keer meer onderdele wat aangehou kan word en nog minder wagtyd as vroeër.
Potchefstroom beteken beter dienslewering vir Reinke
"Die nuwe uitbreiding sal ons toelaat om ons reikwydte regoor Suid-Afrika sowel as Botswana, Namibië en Zimbabwe te verbreed," beklemtoon Pat rick Ellis, die besturende direkteur van Reinke Suid-Afrika. “Dit beteken beter en vinniger diens aan ons bestaande en nuwe kliënte in die hele streek. Daarby sal die ruimte in die pakhuis aan ons die geleentheid bied om ons kliënteba sis en ons produkreeks te vergroot.”
Voordele vir Reinke en die gemeenskap
Die uitgebreide Reinke-hoofkantoor skep ook bykomende werksgeleenthede vir algemene werkers en verkoopsper soneel binne die bestaande werksmag. Meer hande wat die werk kan doen dra ook by tot beter bystand en ondersteuning aan boere.
Reinke se span glo ook daaraan om betrokke te raak by die plaaslike gemeenskap en omgewing. Daar is reeds uitgereik na die Potchefstroomse Sakekamer om hulp aan te bied met
In 'n tyd wat boere net altyd onderworpe is aan prysstygings, wag daar moontlik ook ‘n paar goeie ver rassings. As gevolg van die konsolida sie van die hoof kantoor in 'n enkele plek, kan sommige van Reinke se dienste en produkte selfs 'n bietjie goedkoper word.
Reinke het groot planne vir die toekoms
“Hierdie nuwe hoofstuk sal die begin wees van ons doelgrigte uitbreiding na lande soos Namibië, Zambië, Swazi land, Mosambiek en Zimbabwe, met die uiteindelike doel om ons Reinke-han delaarskappe in elk van daardie lande sterker te maak,” sê Patrick. "Ons sal dit doen deur bemarking- en tegniese ondersteuning en opleiding te verbeter, en ook nader aan die boere in hierdie gebiede beweeg."
Die handelaars wat tans Reinkeprodukte in hierdie Afrika-lande verkoop, sal baie voordeel trek uit die verskuiwing na Potchefstroom.
"Wanneer ons die geleentheid sien om meer Reinke-handelaarskappe in hierdie Afrika-lande te vestig, sal ons permanent of tydelik tegniese advi seurs op sekere strategiese plekke plaas," verduidelik Patrick. “Wanneer die spilpunte eers geïnstalleer is, is dit nie ingewikkeld om te bedryf nie. Die stelsels is robuust, wat beteken dat probleme selde voorkom. Wanneer dit wel voorkom, help ons kliënte gewoon lik telefonies, maar as die probleem ‘n besoek vereis, dan ry ons graag uit na die plaas.”
Omdat die Reinke-span bewus is
daarvan dat elke boer se doelwit ‘n verhoogde uitset is, ontwerp en vervaardig hulle produkte wat sterker is en langer hou. Saam met die skuif na die nuwe hoofkantoor, moedig Patrick hulle kliënte aan om al die Reinke-nuus te bly volg. “Hou hierdie ruimte dop! Reinke Afrika gaan met 'n groot ver rassing in 2023 na vore kom.”
Vooraanstaande bestuursproduk deur Reinke
Ondertussen moedig Reinke boere aan om CropX te gebruik met betrekking tot die waterbestuur van hulle besproeiing stelsels. CropX spesialiseer in besproei ing- en grondwaarnemingstegnologie vir boere. Hierdie gevorderde tegnolo gie ontleed velddata om oesinsette te voorspel. Die ongeëwenaarde verbind ing tussen grond- en CropX-veldsensors skep verbeterde besproeiingsvoorskrifte vir Reinke se spilpunte.
Vir meer inligting oor Reinke se besproeiingstelsels wat jou sak en behoeftes pas, praat met Patrick Ellis by +27-(0)31-350-4525, of stuur ՚n e-pos aan patrickellis@ reinke.com.
Rumax se betroubare blou wys weer by Kaap NAMPO
deur Maryna SteynVan peul tot pil: Verskeie van die Rumax-masjiene kan saam gebruik word om pille te maak. Die proses loop van regs waar die hamermeul materiaal in die konsentraatmenger gooi, tot links waar ՚n awegaar die mengsel in ՚n pilmasjien invoer.
dan die pilmasjien. Die awegaar se spoed kan verstel word.
Rumax se hamermeule is ook ten toon gestel. Die klein BD55 werk baie goed vir kleinskaalse bedrywighede en spesialistake soos speserye maal.
Daar is verskeie toepassings vir die hamermeul. “Daar is sommige mense wat dit gebruik om polistireen te maal of selfs ou spons, of steenkool wat vir diere gevoer word omdat die middel skade like of giftige stowwe vasvang. Deur die hamermeul se spoed te verstel, kan dit fyner of growwer maal. Verskillende siwwe kan ook gebruik word.
Masjiene vir verskillende take Rumax vervaardig nie net ՚n wye reeks werktuie nie, maar skep ook masjiene volgens die boer se behoefte. Dit is wat Jaco ook tydens NAMPO aan boere wou wys. Daarom het hy twee byna identiese konsentraatmengers saamge bring. “Ons het ՚n hele reeks van ՚n half-ton tot ՚n twee-ton. Hierdie is albei een-en-՚n-half ton-mengers. Die een is op wiele gemonteer en die ander een het ՚n vaste raamwerk.
“Baie mense besef nie dat ons kon sentraatmengers ook met wiele beskik baar is nie, daarom het ek juis hierdie masjien saamgebring,” sê Jaco.
Die mobiele masjien word aan die trekker se kragaftakker gekoppel.
Nuweling trek baie aandag
Die bankiesnyer is gemaak om onder wingerdstokke skoon te sny.
Rumax se betroubare blou masjiene het weer op aandag gestaan by die Kaap NAMPO-terrein in Bredasdorp. Dit is nie Rumax se eerste NAMPO nie en beslis ook nie die laaste nie. Die vervaardiger van hamermeule, voeren konsentraatmengers, bankiesnyers en misstrooiers, kon weer na twee jaar van inperkings by die bekende skou uitstal.
Vir die Rumax-span bly hierdie skou ՚n belangrike geleentheid om met boere te gesels en blootstelling vir hulle wye reeks produkte te kry. “Ons is opgewon de om weer by Kaap NAMPO te wees. As jy nie hier is nie loop jy iets mis,” lag Jaco Pieters, eienaar van Rumax.
՚n Masjien vir elke taak Hierdie jaar is daar verskeie masjiene met die hand uitgesoek. Eerste in die ry is die Rumax 7, die kleinste volvoer menger wat die maatskappy vervaardig. “Jy kan ՚n hele rondebaal daarin gooi,” vertel Jaco. “Die bak aan die agterkant tel die baal op en gooi dit in die masjien.
Dit word gekerf en gemeng met die voer wat jy bygooi. Jy kan ՚n skaal op die voermenger monteer indien nodig.”
Die voermenger neem ongeveer 20 minute per mengsel.
“Hierdie voermenger se prys maak dit baie gewild onder skaapboere; dit is klein, doeltreffend en heel bekostig baar,” verduidelik hy. “Die skaapboere vind hierdie voermenger aanloklik omdat dit so fyn kerf.”
Hierdie spesifieke model is kettingaangedrewe waar die ander met ratte aangedryf word. Dit is ՚n 7 m3 voer menger, maar dan is daar ook nog die 9 en 15 m3 beskikbaar indien ՚n boer ՚n behoefte aan groter volumes voer mengsels het.
Jaco het dit ook goedgedink om te wys hoe verskeie masjiene saamgevoeg kan word om ՚n hele aanleg te vorm. In die middel van die Rumax-stalletjie was ՚n hamermeul wat materiaal in die konsentraatmenger invoer. Vanuit die konsentraatmenger voed ՚n awegaar
Dit is nie net vee- en wildboere wat deur Rumax gehelp word nie. Hulle bied ook meganisasie-oplossings aan druiwe- en vrugteboere. Die bankiesnyer is spesiaal ontwerp om aan ՚n trekker se drie-punt gehaak te word. Die trekker beweeg deur die wingerd en die lemme van die masjien sny skoon onder die stokke. Boere kan kies om met twee lemme gelyk aan weerskante van die trekker te sny, of met een lem aan een kant.
“Vandat die bankiesnyer bekendgestel is, is dit baie gewild. Daar is baie navrae en baie belangstelling,” voeg Jaco by. Ons kyk nou daaraan om 'n groter model te ontwikkel vir vrugte boere. Hierdie een sal wyer kan sny, maar ons is nog nie klaar met daardie ontwerp nie.”
Kyk uit vir die nuweling by die volgende NAMPO.
Om meer uit te vind oor Rumaxwerktuie en die voordele wat dit vir jou plaas inhou, gesels met
Jaco Pieters by +27(0)-82-3353970 of +27(0)-23-342-6070.
Stuur gerus ook ՚n e-pos aan jaco@rumax.co.za of besoek die webtuiste op www.rumax.co.za.
NAMPO Kaap: JDI en boere kuier weer saam
deur Bianca Henning՚n
Gewilde besoekpunt vir boere by NAMPO Kaap was JDI (JD Imple mente) se aanskoulike uitstalling. JDI is immers die toonaangewende verskaffer van voortreflike werktuie wat boere in die Overberg-gebied volstoom en voor spoedig aan die boer hou.
Daar is geen twyfel dat John Deere ՚n markleier in tegnologie en landbou toerusting is nie. By vanjaar se NAMPO Kaap was John Deere se standplaas onder leiding van die JDI-span weer stampvol belangstellendes wat van naby en ver kom kyk het wat nuut is. Die JDI-span was oorgehaal en gretig om meer inligting aan boere te verskaf.
JDI se leuse: Altyd gereed om te dien, het boekdele gespreek met hulle span wat slaggereed was om boere en skougangers te verwelkom en by te staan by hulle standplaas.
“Met die langverwagte hervatting van NAMPO Kaap, na twee jaar se afwesig heid weens COVID, is dit lekker om weer terug te wees,” verklaar Arnold Jordaan, takbestuurder van JDI Bredas dorp. “By vanjaar se NAMPO Kaap het ons ՚n paar hoogtepunte. Een daarvan is die splinternuwe John Deere X9-stroper wat vir die eerste keer sy verskyning op Kaapse grond gemaak het.”
John Deere se nuwe 8R-trekkers, asook die 6M-trekkers was ook ՚n groot trekpleisters. Boere was ook beïndruk met die nuwe R-reeks-selfloperspuite by hulle standplaas. John Deere se klerereeks en speelgoed was natuurlik ook weer ՚n hoogtepunt by hulle stal letjie.
Arnold sê: “Ons is trots om ՚n groot verskeidenheid landboutoerusting aan te bied.” Die Presisie-afdeling se tegniese span het ook al die vrae wat boere gevra het flink en verstaanbaar geantwoord.
as veertig jaar al wêreldklas diens en dit is ՚n absolute voorreg om met hulle geassosieer te kan word en ook met hulle sake te kan doen.”
John Deere het gedurende NAMPO Kaap ՚n spesiale aanbieding op hulle 40 tot 100 kW-trekkerreeks gehad.
“Ons is trots om JDI as handelaar te kan hê wat ons in hierdie gebied ver teenwoordig,” sê Barend van Heerden, gebiedsbestuurder van John Deere, Wes- en Oos Kaap. “Hulle bied vir meer
Die JDI-span pronk trots by die John Deere X9-stroper tydens NAMPO Kaap 2022.
JDI is ՚n trotse verskaffer van John Deere-, LEMKEN-, STHIL- en JCB-produkte. Vir meer inligting oor JDI, besoek hulle webwerf by http://www.jdimplemente.co.za/ of kontak hulle by (+27)28-514-2700.
SIMcontrol puts reliable SIM card management back in your hands
by Maryna SteynIn this day and age, reliable network connectivity is critical when you operate a farm. Your pivots, pumps, and fleet of tractors all need to connect to the Internet and share data to the cloud or apps you use to control them. The pivots that connect to a control centre, the tractor that shares data with a planter or combine to ensure precision planting and harvesting, each need a network connection in order to fully deliver the promise of monitoring, and controlling what the manufacturer promised.
With smart farming becoming more and more popular, the need to manage multiple connections is also rising. What you need is SIMcontrol. It is an online platform that allows customers to man
age all their SIM cards across devices. SIMcontrol is the solution every farm business needs. It partners with mobile network operators to enable their cus tomers to better manage SIM cards on a large scale. SIMcontrol makes it quick and easy to add or suspend SIM cards without any long-term contracts. One of the major advantages is that SIM cards from different network providers can be managed all in one place, whether they are prepaid, contract or APN SIMs. SIM control also automates SIM manage ment, by topping up SIMs automatically, and setting spending limits.
Some benefits include:
• You can set up customised spending rules.
• Options for secure and private APN networks.
• SIM cards are monitored to ensure they are active and online.
• Add, recharge or suspend SIM cards without the hassle of contracts — any time.
Farmers can also use SIMcontrol for devices such as GSM controllers, live stock monitoring, soil monitoring, se curity, CCTV, tracking and many more.
For more information, visit their website at www.simcontrol.co.za or phone their offices on (+27) 87-943-7222.
want to make decisions that improve your yield and bottom
Valley® Irrigation is here to provide you with the equipment and technology you need to achieve maximum productivity and profitability. No matter your field size
budget, we have the best irrigation solution for
in your future.
you’re installing
the first time, replacing
current
a
what
No job is too big, or too small , for an Aquadam Fire Tank
Article
In September 2021 a veld fire broke out in the Free State. According to an article by SABC News, more than 25 000 hectares of agricultural land have been destroyed due to veld fires.
One of the affected farmers shared his story: “I have lost about 1 000 hec tares of my 2 100 hectare farm, which is about 50% of the grazing. It is bad because grazing is more important for cattle farmers, as we are dependent on grazing. But that is part of life. We must be positive in going forward. At least I still have some grazing left.”
The raging veld fires in Ventersburg, Virginia, and some parts of Winburg and Bloemfontein gutted about 40 farms.
The fact is that every farmer is acutely aware of the threat posed to his livelihood by natural disasters, and sometimes even unnatural occurring disasters. Veld fires pose an everpresent threat, and as it can be seen, once the fires rage out of control, the damage caused is almost incalculable. The human cost in terms of loss of livelihood, generations old businesses being lost, and the trauma individuals go through when such a raging fires occur, cannot be expressed in merely statistical terms.
Understanding the importance of preventative measures to be taken by farmers, as well as commercial and in dustrial enterprises, Aquadam has de veloped a Fire Tank which can be easily installed, is cost-effective compared to traditional concrete dams, and is de signed to a safety specification which ensures that water is available quickly, and without fuss, whenever the need arises. We are in the business of saving water, first and foremost, however we understand that there are additional applications for which our tanks are well-suited.
The Zincalume steel used as the shell of the Aquadam Fire Tank is an incredi bly durable product, which offers a supe rior level of protection against oxidation when compared to raw and untreated steel. Zinc, in fact, corrodes at about 1/30th the rate of untreated steel, and is in effect designed to last a lifetime.
With such a long-projected life expectancy, we aim to put the minds of our farmers at ease, knowing that should disaster strike, they have a shield against the worst possible outcomes. Available sizes in terms of volume range from 13 thousand to 2,05 million litres.
For more information, contact Aquadam on 086-100-1010, send an e-mail to sales@ aquadam.co.za or visit their website on www.aquadam.co.za.
BUILT FOR YOUR SUCCESS WITH PIONEER GENETICS
A mark of assurance in seed treatments
You choose a seed treatment package to help assure a successful season. In turn, you should feel assured that those seed treatments perform as expected, and work well with the genetics you’re planting.
LumiGEN™ seed treatments are designed, verified and proven to work with Pioneer ® genetics, giving farmers a higher level of confidence in their seed treatment options.
Designed for our genetics
You’ve invested in outstanding Pioneer® genetics for your field. We’ve invested in protecting their performance potential.
LumiGEN™ seed treatments address:
• Plantability • Cold tolerance • Stand establishment
• Singulation • Early vigor
Verified on our genetics
LumiGEN™ seed treatments capitalize on over 100 years of crop protection knowhow, and an understanding of what growers need and how they farm.
Our seed treatment combinations are carefully evaluated at the Corteva Agriscience Center of Seed Applied Technologies (CSAT)—an all-in-one facility that’s part laboratory, testing center and seed treating plant Here, seed treatments are reviewed using our exclusive six-step PASSER process
Regulatory
Meeting regulations and guidelines
We evaluate hundreds of product concept combinations to develop the right seed treatment formulations for our genetic lineup. Each year, we validate those combinations in labs, greenhouses and farmer fields. Our seed treatment development process relies on 30,000 research plot evaluations annually.
E
Evaluating protection and vigor, to confirm the seed treatment performs as expected, even in challenging environments
PASSER Process
Maximizing seed flow and planting precision
Plantability Application
Refining processes to work across seed properties (size, shape, hybrid/variety) and environmental conditions
S eed safetyStewardship
Ensure treatments don’t germination Minimizing potential and the environment
Only seed treatments that excel in this rigorous process earn the LumiGEN mark of assurance.
Proven in the field with our genetics
Through our Field Test Network, our treated seed is evaluated by growers. It goes into the ground using real planters, under real conditions.
On-farm testing is combined with our large-scale IMPACT™ testing program, where we conduct more than 60,000 plot evaluations each year. This testing helps ensure LumiGEN™ seed treatments work no matter what Pioneer® brand hybrids or varieties you plant.
Our extensive evaluation process also means seed treatments that earn the LumiGEN mark of
environment and helping growers reduce the amount of active ingredient they need to apply to their fields.
To learn more about LumiGEN™ seed treatments and options available to protect your seed this season, speak to your Pioneer sales representative.
Pesplante:
Alles is blou(dissels)
deur Maryna Steyn՚nGesig wat enige boer deeglik omkrap, is bloudissels se kenmerk ende stekelrige groen tot blou-groen blare wat soos vlaggies tussen jong gesaaides uitsteek.
Bloudissels kom oorspronklik van Sentraal-Amerika, Meksiko en Texas. Dit is aanvanklik as ՚n sierplant na Suid-Afrika gebring, maar het later hier vervuil geraak. Deesdae is dit ingevolge die omgewingswet geklassifi seer as ՚n kategorie 1 onkruid .
Nie net is die plante giftig nie, maar die skerp blare steek in mense wat deur die landery loop se enkels en vee se pote. Die gif, sanguinarine, word in die hele plant aangetref en veroorsaak ernstige simptome in sowel mens as dier. In sommige gevalle veroorsaak dit selfs dood.
Bloudissel is ՚n eenjarige plant wat gewoonlik vroeg in die herfs ontkiem en teen die lente blom. Dit versprei hoofsaaklik deur die saad wat aan vee, werktuie, motors, wol, water, hooi, kaf en graan vasklou. Saad kan jare lank
dormant bly. Dit is juis waarom die pesplant so moelik is om te beheer.
Wanneer paaie nuut geskraap word of landerye bewerk word in voorbereiding van die nuwe seisoen, diep dit die dormante saad op wat wag totdat die gewas geplant, bemes en besproei word. Meestal groei die onkruid tussen mielies en son neblom, maar ook sojabone.
Nie net steel die onkruid voed ingstowwe van die gewasse
Die eiervormige saadpeul is stelkelrig, net soos die res van die bloudissel. (Bron: Pixabay)
waarmee dit meeding nie, maar hou ook moontlike gevaar van vergiftiging in wanneer dit tussen voedsel geoes word.
Identifikasie
Daar is twee soorte bloudissel, naamlik die geel bloudissel (argemone mexi cana), en die wit bloudissel (argemone ochroleuca). Die name verwys na die kleur van die blom. Die blommetjie self herinner ՚n mens aan ՚n papawer se bloeiwyse.
Die wit bloudissel se blare is blougroen en het ligte are wat dit nog meer blou laat vertoon. Die geel bloudissel, daarenteen, is grys-groen, ook met ligte aartjies. Die bokant van die blare is glad en die onderkant is harig. Saad peule is eiervormig en stekelrig.
Die onkruid kan tot een meter hoog groei. Wanneer die stingel geknak word, word ՚n geel, melkerige sap uitgeskei.
Die blomme het vier liggeel of room kleurige blare wat 'n donkerrooi, drieof seslob-stigma omring.
Gevare van bloudissels
Alhoewel vee nie noodwendig die plante uitsoek om te vreet nie, kan enige deel van die plant wat in per ongeluk inge neem word dodelike nagevolge hê. Dit gebeur ook makliker as wat ՚n mens dink: tydens die oes proses beland stuk kies blare en plantdeeltjies in die veld tussen mieliereste wat vir vee gevoer word, of plante word saam met kuilvoer gesny en gebaal. Pluimvee wat per onge luk ՚n saadjie oppik, sterf binne dae.
Beheer van bloudissels
Bloudissels het diep wortels wat die proses om dit uit te roei bemoeilik.
Dit, gekombineer met saad wat lank dormant bly en maklik deur voorwerpe en diere versprei word, maak dat baie aandag aan die uitroei van die onkruid bestee word. Maar dit kan gedoen word!
Eerste op die lys is van beheerme todes is chemiese beheer. Waar bloudis sels intensief in spesifieke kolle groei, kan gifstowwe goeie resultate toon. Spuit verkieslik die onkruid voordat die plante blom en saad vorm, anders sal die saad wat reeds gevorm is terug in die grond beland. Raadpleeg jou betroubare verskaffer van onkruiddoder om te hoor watter gifstof die bloudissels sal uitroei sonder om jou gewasse te benadeel. Neem ook in ag dat plante wat vrek dan plantmateriaal agterlaat.
Daar is egter ՚n ander, meer arbeidintensiewe metode, en dit is om die plantjies vroeg in die seisoen te identifiseer en uit te trek.
Gereelde en eenvormige beheer lewer die beste resultate.
Skep ook ՚n gebied om werktuie skoon te maak om verdere besmetting tussen landerye of dele van die plaas te verhoed.
Daar is twee soorte bloudissels. Onder is die wit bloudissel (argemone ochroleuca), en bo is die geel bloudis sel (argemone mexicana).
Bronne
Crocodile River Reserve. 2019. Mexican Poppy (Argemone Ochro leuca). Beskikbaar by: http://croco dileriverreserve.co.za/2020/01/08/ mexican-poppy/.
Department of Primary Indus tries and Regional Development of Western Australia. 2018. Mexican poppy control | Agriculture and Food. Beskikbaar by: https://www. agric.wa.gov.au/herbicides/mexi can-poppy-control.
Department of Primary Indus tries and Regional Development of Western Australia. 2022. Mexican poppy: what you should know | Agriculture and Food. Beskikbaar by: https://www.agric.wa.gov.au/ declared-plants/mexican-poppywhat-you-should-know.
College of Agriculture and Life Science. 2022. Plants Poisonous to Livestock. Beskikbaar by: https:// poisonousplants.ansci.cornell.edu/ php/plants.php?action=indiv&byna me=common&keynum=15.
SANBI. 2020. Threatened Species Programme | SANBI Red List of South African Plants. Beskikbaar by: http://redlist.sanbi.org/species. php?species=3642-4.
Soybean
Pioneer’s ® LumiGEN™ seed treatments hit South African soil
New solution designed, verified and proven to work with company’s industry-leading genetics
Following the opening of Corteva Agriscience’s Centre for Seed Ap plied Technologies (CSAT) laboratory in Rosslyn, Gauteng, farmers can now reap the benefits of LumiGEN™ seed treatments, no matter what Pioneer ® brand hybrids or varieties they plant. Treated seeds have active substances, such as an insecticide or fungicide, applied directly to them, providing effective protection against insects and disease during the initial phases of growth.
“LumiGEN™ will give South African farmers a higher level of confidence when it comes to their seed treat ment options, offering targeted solutions that are applied directly to the seed, precisely where and when they are needed. Not only is this the quickest way to reach and control threats to crop health and yield, but because products are active in the root zone, exposure to farmers, ben eficial insects and the environment is significantly limited. This promotes ongoing sustainable agriculture, which will further assist us in build ing responsible and resilient food systems,” says Jaco Snyman, Sales Manager for Pioneer ®
All seed treatment combinations are carefully assessed at Corteva Ag riscience’s CSAT, undergoing a rigor ous research process that focuses on specific aspects such as agronomy, safety and stewardship, with the ulti mate goal of minimising inputs while maximising productivity.
Jaco adds: “LumiGEN™ seed treat ments capitalise on over 100 years of crop protection know-how and understanding of what growers need and how they farm. Through our Field
Test Network, our treated seed is ex pertly evaluated by growers, going into the soil using real planters, under real conditions. Ultimately, farmers choose seed treatment packages to help as sure a successful season, but in turn they should feel assured that those seed treatments perform as expected, and will work well with the genetics be ing planted.”
Farmers looking for best-in-class protection that optimises the elite genetic potential of the Pioneer ® brand seed, should check with their local ad visers regarding availability, or visit the Pioneer ® website or more information.
About Pioneer
Pioneer ®, the flagship seed brand of Corteva Agriscience, is the world’s leading developer and supplier of advanced plant genetics, providing high-quality seeds to farmers in more than 90 countries.
Pioneer® provides agronomic support and services to help increase farmer productivity and profitability, and strives to develop sustainable agricul tural systems for people everywhere.
For more information go to www.pioneer.com/za or send an e-mail to info.rsa@ pioneer.com
Follow Pioneer ® on Facebook, Twitter, Instagram and YouTube and join the discussion.
Our Fuel Economy products are specially formulated to maximize fuel economy properties without compromising the engine protection. Why would you choose our products?
Over 20 years of Fuel Economy experience
TotalEnergies has been developing Fuel Economy products since the 1990’s. Today, a third of TotalEnergies engine oils sold worldwide are formulated with Fuel Economy technology.
Fuel Economy partnerships with OEMs
Tractagri and Dynatrans Fuel Economy ranges are developed in close cooperation with key OEMs. Therefore, the range is fully approved for use in their equipment to achieve the Fuel Economy targets of the OEMs.
Fuel Economy lubricants for every application
Our wide range of Fuel Economy solutions are suited for every application, including engines, gearboxes and axles.
Tested in real-world conditions and certified for fuel savings
Our Fuel Economy lubricants are tested on actual fleets operating in real-world conditions, and certified by independent testing organizations such as TÜV Rheinland, UTAC, and Millbrook.
Your daily partner Tailor-made lubricants for agriculture
Winsgewende skaapboerdery Deel 12:
Doeltreffende paringstelsels verseker hoë lampersentasie
Die moderne skaapboer kan te midde van stygende insetkoste en wissel vallige produkpryse nie bekostig om sy ramme elke jaar op ՚n sekere datum by sy ooie te plaas en te hoop alles werk saam om ՚n hoë lampersentasie te verseker nie. Deeglike voorafbeplanning, die toe passing van die nuutste wetenskaplike kennis en moderne tegnologie, goeie bestuur en optimum voeding is nodig om hoë besetting en ՚n hoë persentasie meerlinggeboortes te verseker.
Verskeie paringstelsels kan vir skape oorweeg word, naamlik kudde- of mas saparing; groepparing; handdekking; kunsmatige inseminasie; lapara-skop iese inseminasie en embrio-oorplanting.
Die belangrikste vereistes waaraan enige paringstelsel moet voldoen, is dat dit by die bestaande bestuursprak tyke op die plaas moet inpas en dat dit sonder ernstige ontwrigting toegepas kan word. Dit moet verder ՚n hoë be setting en lampersentasie verseker en ramme moet so doeltreffend moontlik benut word om ramkoste per lam so laag as moontlik te hou.
Kudde- of massaparing
Dit is die paringstelsel waar die kudde as geheel, maar verkieslik in troppe nie groter nie as 200 tot 250 ooie met ՚n groep ramme gepaar word. Kleiner troppe is makliker om te beheer en die neiging tot groepvorming en die one weredige verdeling van ramme is ook baie minder.
Minstens twee, maar verkieslik drie of meer ramme moet per 100 ooie ge bruik word. ՚n Hoër lampersentasie kan
verwag word as paring in kleiner kam pe geskied. Paring in te groot kampe (> 200 ha) en ruwe bergveld moet liefs vermy word. In groter kampe moet die skape gereeld bymekaargemaak word om vrye uitruiling tussen ramme en ooie te verseker.
Paringskampe moet liefs net een waterpunt hê om te verhoed dat ՚n subgroep ooie sonder ՚n ram van die hooftrop afsplinter waardeur besetting verlaag kan word. Indien daar meer as een waterpunt is, moet die ander toegemaak word. ՚n Hoër besettingsyfer kan verwag word indien jongooie, wat vir die eerste keer gepaar word, apart van volwasse ooie en met ervare ramme gepaar word. Ervare ramme is beter as jongramme om jongooie beset te kry.
Groe pparing
Met groepparing word ramme elk met ՚n aparte groepie ooie in ՚n aparte kamp gepaar. Hierdie paringstelsel word veral deur stoet boere gebruik en het die voordeel dat die nageslag van elke ram bekend is. ՚n Ram se teel
waarde in vergelyking met die ander teelramme wat gebruik is, kan gevolg lik bepaal word. Die ram wat die beste teel, kan so geïdentifiseer word en kan dus meer intensief gebruik word, wat vinniger genetiese vordering verseker.
Groepparing kan ook deur kudde boere toegepas word, mits voldoende en verkieslik kleiner paringskampe beskikbaar is. Die grootte van die ooi groepe (die aantal ooie per ram) word deur verskeie faktore soos kamp
grootte, topografie, seisoen en ras bepaal. Die aanbevole riglyn is 30 tot maksimum 50 ooie per ram. Die nadeel met groepparing is dat daar geen of min lammers sal aankom indien ՚n ram onvrugbaar is of raak tydens paring.
Handdekking
Handdekking is sekerlik die mees doeltreffende paringsmetode waar nog van die natuurlike dekkingsproses gebruik gemaak word, maar op ՚n be heerde wyse. Hoewel handdekking uit sluitlik deur stoetboere gebruik word, kan kuddeboere dit ook met groot vrug gebruik.
՚n Baie belangrike voorvereiste vir sukses met handdekking is dat die ramme vooraf deeglik afgerig en ge
(soos ՚n mengsel van okerkleurstof en margarien) gesmeer of koggelramme met merkblokke word tussen die ooie geplaas. Die ooie se reaksie word dan dopgehou en bronstige ooie word uit gekeer.
Handdekking is ՚n doeltreffende paringstelsel met meer voordele as kud deparing en dit kan ՚n belangrike bydrae kan lewer om die reproduksietempo van ՚n kudde te verhoog.
Die voordele van handdekking is dat:
• Minder ramme benodig word en gevolglik kan beter gehalte ramme aangekoop word. Die genetiese vor dering in die kudde behoort dus vin niger as met kuddeparing te wees.
ramme opgespoor kan word aangesien die ooie wat hulle dek nie beset raak nie en 16 tot 17 dae later weer op hitte kom. Sulke ramme kan met ander vervang word en sodoende kan voorkom word dat ՚n groot aantal ooie oorslaan.
• Die kanse dat ramme mekaar sal beseer, skraal is.
• Die nageslag van indiwiduele ramme met mekaar vergelyk kan word en dié met die beste teelprestasie meer intensief gebruik kan word.
• Alle ooie wat nie dragtig word nie, geprul kan word, aangesien elke ooi onder toesig gedek word.
Die nadele van handdekking is dat:
• Indien ՚n ram oor swak en ver borge eienskappe beskik, kan ՚n groot aantal minderwaardige lam mers gebore word en daarom is dit hoogs aan te beveel om slegs beproefde ramme wat goed teel vir handdekking te gebruik;
• Dit persoonlike aandag van ՚n verantwoordelike persoon vereis, sowel as ekstra arbeid; en
• Indien ՚n ram vir ՚n lang tyd ge bruik word, kan inteling toeneem omdat meer ooie met een ram gepaar word.
Kunsmatige inseminasie (KI)
Die voor- en nadele asook die bestuursriglyne wat by handdekking van toepassing is, geld ook grootliks by KI. Een van die grootste voordele van KI is dat ՚n baie groot getal lammers van een ram verkry kan word en dit is dus een van die vinnigste maniere om genetiese vordering te maak, mits ՚n geneties meerderwaardige ram gebruik word.
Die sukses van KI word grotendeels deur die tegniek asook die tyd van in seminering bepaal. Inseminering moet so na as moontlik aan ovulasie geskied.
Die beste tyd vir inseminering is ongeveer 12 tot 18 uur na die eerste waarneming van bronstigheid en daarna met 12 uur tussenposes tot aan die einde van bronstigheid.
Foto: Suidplaas Dohnes
woond gemaak word aan die hantering, die roetine en die teenwoordigheid van mense.
Handdekking verg geen spesiale geriewe nie en bestaande krale kan met geringe wysigings gebruik word. In die geval van handdekking word die bronstige ooie uitgesoek en na die ramme gebring vir dekking.
Om bronstige ooie te identifiseer, word koggelramme se borse met ՚n merkstof
• Indien ramme van dieselfde prysklas as vir kuddeparing aangekoop word, sal die ramkoste per lam laer wees, wat ՚n aansienlike besparing teweegbring.
• Dit moontlik is om die dekkapa siteit van indiwiduele ramme te be paal en dié met lae geslagsdrang (libido) en/of swak dekbehendig heid uit te skakel.
• Permanente of tydelik steriele
Ooie kan egter kunsmatig gesinkroniseer word deur die insit van intra vaginale sponse. Sponse word gewoonlik 12 tot 14 dae later onttrek. Met sponsonttrekking word die ooie met DMSG (dragtige merrieserum-gonadotropien) gespuit wat verseker dat ՚n groter persentasie ooie bronstigheid toon, die bronstigheid oor ՚n korter tyd voorkom en meervuldige ovulasies voorkom.
Laparoskopiese inseminasie en embrio-oorplasing Laparoskopie is die metode om semen direk in die baarmoederhorings te plaas.
Die gebruik van bevrore ramsemen het die volgende voordele:
• Bevrore semen kan as ՚n baie goeie versekering beskou word in geval die ram beseer word of vrek;
• Beproefde ramme met hoë gene tiese waarde kan baie meer inten sief gebruik word;
• ՚n Groot getal ooie kan in ՚n kort tyd met dieselfde ram se saad geïnsemineer word; en
• Nadat die ram verkoop of dood is, kan sy semen nog steeds gebruik word.
Van die grootste nadele van hierdie tegnieke is dat dit hoë tegnologie ver eis, baie duur is en dat hoë besetting nie altyd gewaarborg kan word nie.
Die afgelope jare is betekenisvolle vooruitgang gemaak in die manipulasie van reproduksie en in die ontwik keling van tegnieke van genetiese ingenieurswese.
Embrio-oorplasing bied die moont likheid vir vinniger genetiese vordering deur ՚n toename in die aantal nageslag gebore van geneties meerwaardige ouers. Beproefde ooie se nageslag kan vinniger vermeerder word deur die ge bruikmaking van superovulasie en deur
Foto: Suidplaas Dohnes
die in- en uitvoer van skaapembrio’s. Met behulp van embriosplitsing en kloning van embrio’s kan die tempo van genetiese vordering verdubbel word teenoor normale reproduksie en seleksie. Navorsing op die gebied van geslagsbepaling is ook gestimuleer deur embrio-manipulasie en -oorplasing.
Samevatting
Watter paringstelsel ook al gebruik word, dit moet ՚n hoë lampersentasie verseker om ramkoste per lam te verlaag waardeur die winsgewendheid van skaapboerdery verhoog word. Een
onvrugbare ooi het ՚n geringe invloed op die reproduksietempo van ՚n kudde, daarteenoor kan ՚n onvrugbare ram, veral met groepparing, ՚n groot invloed op die reproduksietempo van die kudde hê.
Alles moontlik moet dus gedoen word om te verseker dat die ram geskik is vir die belangrike taak wat hy moet verrig. Met die keuse van paringskampe moet voorkeur gegee word aan kampe met ՚n oop tipe veld, gelyk oppervlakte en bome of skure wat voldoende skaduwee voorsien wanneer paring gedurende die warm maande geskied.
ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery van dag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.
D ie wel en wee van die Klein-Karoo is sedert die middel 1800’s nou verweef met dié van die volstruis. Die bedryf het in die 1800’s rykdom na die gebied gebring. Talle ondernemings op Oudtshoorn het hulle oorsprong en voortbestaan aan die bedryf te danke. Ondanks groot uitdagings soos droogtes en voëlgriep, is die bedryf steeds een van die grootste werkver skaffers in die Klein-Karoo.
volstruisboerdery. Veral tydens die droogte van 1865 het baie boere na die volstruis begin kyk as ՚n alternatiewe boerdery en in daardie jaar is reeds 80 ‘mak’ volstruise in die Kaapkolonie se sensus aangeteken.
Vandag fokus die bedryf nie meer eksklusief op vere nie, maar ook op volstruisleer wat uitgevoer word en plaaslik in modebykomstighede omskep word, asook gesonde rooivleis wat landwyd in supermarkte beskikbaar is. Die volstruis is ook naas die Kango grotte die grootste toerisme-aantrek likheid in die Klein-Karoo.
Dit is nie ՚n maklike bedryf nie en voortgesette navorsing by die Oudtshoorn Navorsingsplaas en op volstruisplase ondersoek deurlopend oplossings vir die uitdagings in die bedryf.
Die volstruis (Struthio camelus) is nou verbind met die geskiedenis van Oudtshoorn en die bedryf is een van die grootste werkverskaffers in die Klein-Karoo. (Foto: Pixabay)
met sy kenmerkende swart vere en een tot drie wyfies met hulle vaal veredos. Die mannetjie het pragtige wit pluime wat hy tydens ՚n parings dans vertoon om die wyfie te beïndruk.
In ՚n intensiewe produksiestelsel word die eiers daagliks versamel en in ՚n broeikas uitgebroei. Sodoende hou die volstruise aan met lê, waar hulle andersins sou ophou produseer wanneer hulle op ՚n nes vol eiers begin broei.
Soms word tussen vyftig tot honderd volstruise in ՚n kamp van tot 100 ha gehou, met vyf tot sewe mannetjies vir elke tien wyfies. Die eiers in hierdie tropkampe word ook gereeld versamel en kunsmatig uitgebroei.
՚n Trop volstruise wat slaggereed gemaak word. (Foto: Pixabay)
Struthio camelus, ՚n lid van die familie van vluglose voëls, is inheems aan Sirië, Arabië en Afrika, waar die enigste wilde volstruise steeds voorkom.
Die eerste pluime van wilde volstruise is in 1821 van die destydse Kaapkolonie af uitgevoer. Tot in daardie stadium is volstruise gejag en doodgemaak om hulle pluime te oes.
Teen 1858 is nog vere van wilde vol struise uitgevoer. Teen daardie tyd het die volstruisveer-mode posgevat en die aanvraag was oorweldigend. In 1922 is die volstruise in die Kaapkolonie as beskermde voëls verklaar om hulle van uitwissing te red.
Die eerste wilde volstruis is in 1863 ‘makgemaak’, en sodoende het ՚n nuwe vertakking van boerdery in die Karoo en Oos-Kaap ontstaan, naamlik
In hierdie inleidende artikel word die basiese beginsels van volstruisboerdery kortliks uiteengesit.
Die volstruiswyfie se vaal veredos smelt goed saam met die veld. (Foto: Pixabay)
Verskillende variante
Naas die inheemse SA Black, is volstruise soos die Zimbabwean Blue en die Kenyan Red uit Afrikalande ingevoer ter wille van die groter karkas vir slagdoeleindes.
Die paarseisoen in die Klein-Karoo duur van Mei of Junie tot Desember of Januarie, want produksie word geprik kel deur die omswaai na langer dagure.
Geselekteerde teeldiere produseer al van tweejarige ouderdom af en bereik optimale produksie van driejarige ouderdom af.
Die volstruismannetjie en -wyfie maak in 'n ekstensiewe stelsel self hulle kuikens groot. (Foto: Pixabay
Broeipare
Besoekers aan Oudtshoorn in die KleinKaroo en ander dele van die land waar met volstruise geboer word, sien dik wels twee of drie volstruise in ՚n kamp loop. Hierdie volstruise is ՚n broeitoom wat gewoonlik bestaan uit ՚n mannetjie
՚n Volstruismannetjie met sy swart veredos en 'n jong kuiken. (Foto: Pixabay)
Eiers
՚n Nes het gewoonlik minder as twintig eiers en deur die broeiseisoen word tot vyftig eiers gelê.
Elke eier weeg tussen 1 200 en 1 800 g en die inkubasietydperk is 42 dae. Eiers word vir ՚n week lank versamel en geberg voor dit een keer per week in die broeikas gepak word, so die bergtydperk is tipies een tot ses dae.
Die eiers moet teen 15 tot 20 °C geberg word teen ՚n relatiewe humiditeit van 75%. Eiers broei binne 42 dae uit teen 36 °C en ՚n relatiewe humiditeit van nie meer as 28% nie.
Die uitbroeipersentasie wissel ge woonlik van 40% tot 80%. Die gemid delde vrugbaarheid is 75% tot 80% en in sommige gevalle selfs so hoog as 98%. Dopverliese is tussen 10% en 20% (kuikens wat in die eiers vrek voor uitbroei).
In houtbroeikaste word die eiers met die hand gedraai en die hittebron met die hand geaktiveer. Elektroniese broeikaste verrig die take outomaties.
Die eiers word kort voor uitbroei na ՚n uitkomkas oorgeplaas word sodat die kuikens daarin kan uitbroei en droog word. Die proses kan tot 48 uur duur.
Eiers vir uitbroei word op die plaas versamel of ingekoop.
՚n
Voeding
Die veld in die Klein-Karoo word eintlik net gebruik om volstruise op aan te hou, maar nie as voeding nie. Die natuurlike veld het nie genoeg voeding swaarde vir die volstruise nie en hulle word deurgaans met ՚n spesiaal gefor muleerde voermengs gevoer. Wanneer die boer weens omstandighede soos die droogte nie lusern kan aanplant nie, is dit baie duur om al die voer aan te koop.
Ten einde die veld te spaar, moet die volstruise tussen minstens drie kampe roteer word sodat die veld in elke kamp minstens twee jaar kan rus.
Elke kamp moet minstens een voer en waterpunt per 50 ha hê om te
Grootmaak van kuikens
Eerstegraad kuikens weeg meer as 750 g. In ՚n ekstensiewe stelsel word die broeipare in klein kampies of op landerye groot totdat hulle sowat drie maande oud is.
In ՚n intensiewe stelsel word die kuikens in kuikenhuise grootgemaak vandat hulle ՚n dag oud is totdat hulle drie maande oud is. Kontrak-kuiken grootmakers maak dikwels kuikens groot names slagprodusente. Dis ՚n voltydse taak want die volstruisies het intensiewe sorg nodig om hulle te help oorleef.
Wanneer die kuikens drie maande oud is en tot hulle op tien tot veertien maande slaggereed is, word hulle in troppe van tot 200 in klein kampies grootgemaak. Dit wissel egter baie in die bedryf. Kampe in die Suid-Kaap is gewoonlik baie groter, want hulle word op landerye grootgemaak, terwyl die kampies of voerkrale in die KleinKaroo kleiner is.
Die kuikens word gewoonlik uitgesoek volgens gewig om mededinging by die voerbak te vermy.
Jong slagvoëls presteer klaarblyklik beter in groepe van sowat 75 voëls per hektaar en hulle groei vinniger in vergelyking met groter groepe per hektaar. Wanneer daar te veel vol struise in ՚n voerkamp is, kan dit tot abnormale gedrag lei.
Dit sluit in dat hulle kan begin vere pik, wat ՚n invloed op die gehalte van die vel het as gevolg van sonbrand.
voorkom dat die volstruise by een punt saamdrom en die veld vertrap.
Gedurende die rusperiode van Febru arie tot einde Mei voordat die produk sieseisoen weer begin, behoort die broeivoëls in voerkampe of in kampe met soutbos aangehou te word.
Kontak dr Anel
I C K B L O C K
Renosterboer emigreer, maar hou vas aan sy renosters
Piet Warren, bekende wildboer van Gravelotte in Limpopo, is besig om stadigaan, maar doelgerig, ontslae te raak van sy uiteenlopende bates met die doel om na Australië te emigreer.
Piet (75) en Christine, sy vrou, het 39 jaar lank op die plaas Josephine naby Gravelotte geboer. Hulle twee kinders, Zoi en John, en hulle gesinne boer in Australië.
Plaaskind
Piet se pa, alom bekend as oom John, het die plaas Josephine in die dertiger jare teen twaalf pond per jaar gehuur terwyl hy by die Murchison-antimoon myn ՚n paar kilometer daarvandaan gewerk het. “My pa het met almal Engels gepraat en hulle het hom in Afrikaans aangespreek,” vertel Piet, wat by die myn gebore is.
Daardie jare was die gebied langs die Krugerwildtuin in die verre noorde like deel van die land maar yl bewoon as gevolg van endemiese malaria wat mense uitgehou het, en runderpes, wat vir die eerste keer in 1896 onder hoefdiere soos beeste en wild gemaai het. “Niemand wou die grond hê nie,” vertel Piet. “As jou weiding op was of die veld afgebrand het, het jy net nog ՚n plaas gehuur.”
Toe Piet vier jaar oud was, het sy pa uit sy pos by die myn bedank en voltyds op Josephine gaan boer. Teen 1958 het hy twee plase besit en hoof saaklik met Afrikanerbeeste geboer.
Piet is eers na die destydse Brits Hoër Landbouskool, voor hy op Meren sky Hoër Landbouskool naby Tzaneen,
deur Tisha Steynwat heelwat nader aan die plaas is, matrikuleer het.
Na skool het hy saam met sy pa op Josephine begin boer. Hy het Christine, wat op Phalaborwa skoolgehou het, ontmoet en hulle is in 1977 getroud.
Swartwitpense
Die droogte van die sestiger jare was taai, daar was nie weiding nie en die beesgetalle het afgeneem. “Die finansiële impak van die droogte het astronomiese gevolge gehad wat ook ՚n impak op almal se lewenstandaarde en -orde ge had het.” Sy pa was een van die eerste boere wat Brahmanbeeste uit Amerika ingevoer het, en daarna het dit weer beter gegaan, want die beeste het goed aangepas.
Piet Warren se besonders swartwitpens-teel bul, Piet, waarvan die horings 53+" was toe hy hom verkoop het. Foto: Christine Warren
Die droogte, maar veral jag in die win ter, het die swartwitpense wat natuurlik hier voorgekom het, aansienlik uitgedun. Die staat het probeer ingryp om die diere van uitwissing te red, maar in die negentigs was daar van die sowat 30 000 swartwitpense in die dertigerjare, net 417 in die Gravelotte-gebied oor.
Omdat jag van swartwitpense met langer horings ՚n goeie inkomste ge nereer het, het Piet van die bulle laat jag. Toe hy agterkom die plan werk nie en hy boer agteruit, het hy na fyn waarneming aanpassings gemaak. Stadig maar seker het hy uitsonder like teelbulle geteel deur gebruik te maak van genetika van diere wat hy
wyd en syd met die hand uitgesoek het. Die hoogtepunt van sy intensiewe teelprogram in kleiner kampe en met bykomende voeding, was die bul, Piet, waarvan die horings 53+” was toe hy hom verkoop het.
Piet is bekend vir die baanbrekerswerk wat hy met die teel en ontwikkeling van swartwitpense ge doen het. Maar dit het jare se navors ing en intensiewe teling gekos.
“Trofeejag was in die vyftigs en ses tigs onbekend en wild het geen waarde gehad nie. Ons het bokke vir rantsoen en huislike gebruik gejag,” vertel hy.
Deur die verandering in wetgewing wat bepaal het dat wild op ՚n omheinde plaas private besit geword het, is waarde geskep, en trofeejag het begin. “Ons eerste swartwitpensbul is deur ՚n Amerikaner gejag vir die enorme be drag van R1 000, wat destyds dieselfde
waarde van vyf beeste was.
“Dit het teweeggebring dat ons navorsing begin doen het oor habitat, getalle, voeding- en weidingsvereistes, en veral horinglengtes, want trofeejag ters het groot geld vir langer horings aangebied.
“Dit het tot gevolg gehad dat die gemiddelde jagbare swartwitpens oor 25 jaar gegroei het vanaf 37’’ tot die huidige 47’’ en met baie besondere teel bulle wat nou heelwat langer as 50’’ is.”
Die ontwikkeling van die genetika het aan Piet die WRSA se Presidentstoekenning besorg. “Ek beskou die toekenning as die grootste erkenning wat ek ooit ontvang het.”
Renosters
Piet is ook bekend as een van die grootste renosterboere in die land.
Volgens hom het sy pad met die renosters ՚n ander roete gevolg. “Na vier besoeke aan Sjina het ek besef dat hulle ՚n ongekende tradisionele waarde aan renosterhoring heg, vandaar dat die prys van rou horing tans oor die R400 000 per kilogram is.
“’n Dooie renoster is nou baie meer waardevol as ՚n lewende. Dit beteken dat renosters se voortbestaan een van die volgende twee paadjies kan loop:
• Die handel in renosterhoring word gewettig en lewende renosters se waarde neem tienvoudig toe;
• Die huidige orde word gehandhaaf en die uiteinde is dat renosters sal uitsterf. Die Wildtuin se statistiek wys dat hulle reeds teen 2024 geen witrenosters sal oorhê nie.
Die huidige orde het bygedra tot Piet se besluit om ankers op te trek.
“Ek beplan nie om al my eiendom on middellik te verkoop nie en ek sal nog ՚n hele klompie jare by renosterboerdery betrokke wees,” gee hy die versekering.
Bek-en-klouseer
Deur die jare was die uitbreek van bek-
en-klouseer ՚n belangrike faktor in sy besluitneming. “Na die bek-en-klou seer in die middel-sewentigs het ons ՚n slaghuis begin en Christine het ophou skoolhou. Ons het Josephine, waar ons 39 jaar lank gewoon het, na die fiasko van die 2021-uitbreking van bek-enklouseer verkoop.”
Dié uitbreking en die daaropvolgende verbod op vervoer van beeste het sy voerkraal erg geknou. “Die beperking het ses maande geduur voor ons weer kon bemark. Ek het besef beesboerdery in die onmiddellike omgewing van die Krugerwildtuin waar my grond is, gaan vir seker nie op die langtermyn haalbaar wees nie.
“Die 116 uitbrekings en die beperkings het my 100% reg bewys. Sonder daadwerklike bestuur met inenting en gedissiplineerde veeartseny-optrede sal veeboerdery al hoe moeiliker en meer uitdagend word.”
Toekomsplanne
Piet en Christine se kop staan in die afsienbare toekoms Australië toe waar hul kinders, Zoi en John, reeds jare lank gevestig is. “Zoi is al 22 jaar en John 17 jaar in Australië. Hulle het daar gaan studeer en net nooit weer teruggekom nie.
“Albei ons kinders is in Australië gevestig en boer daar. Dit maak net sin om soontoe te emigreer. Christine is heelwat jonger as ek en sy wil graag by die kinders en kleinkinders wees. “
Soos sy pa, is die woord “verlede” nie deel van Piet se woordeskat nie. “Ons is altyd besig met die toekoms en het min met die verlede te doen,” sê Piet in die boek Master Game Ranchers of South Africa: Passion and Power.
“Die verlede word gekenmerk deur sinne wat begin met ‘as’ en ‘moes’,” sê Piet. Albei antwoorde is altyd negatief en waardeloos. Die belangrikste rede vir die skuif (Australië toe) is die feit dat die kinders en kleinkinders reeds daar gevestig is en dat ons oor die
jare heen reeds heelwat geld daarheen geskuif het.”
Volgens hom beoog hulle om ՚n stuk grond sowat vier kilometer van Zoi-hulle se plaas te koop. “Hulle het reeds ՚n gevestigde skaap-voerkraal en ek vermoed dat daar daagliks genoeg werk sal wees om my besig te hou!”
Hy sê hy kan ook nie sê hy neem heeltemal afskeid van Suid-Afrika nie.
“Die woord afskeid is nie heeltemal korrek nie. Ek kan my dit nie indink dat ՚n ouer Suid-Afrikaner van sy land in sy totaliteit kan afskeid neem nie.”
Wildboerdery se toekoms
“Aangesien die private besit van wild jag en wildboerdery bevorder, behoort daar ՚n baie blink toekoms vir wildboerdery in Suid-Afrika te wees,” sê Piet.
“Met 56-miljoen geregistreerde jagters oor die wêreld, is hulle toekoms is baie rooskleurig.
“Ongeag die huidige teenkanting teen jag, sal goeie genetika en die huidige teelbeleid sorg dat daar altyd groter wildsbokke met langer horings in aanvraag is.
“Ek betwyfel dit sterk of die wêreld dit gaan regkry om jag in sy totaliteit te stop soos wat die ‘groenes’ vereis. Die bewys van hierdie stelling is dat die horings van jagbare diere in SuidAfrika al hoe langer word ...”
Verwysings
products
packshed
Weerbestande
Jaco Hamman
Plaasbestuurder
IT REAL COOL…
The full range of top-quality PVC-U and PVC-M pipe.
We understand what you are looking for in a pipe. With over 30 years of experience, our engineering team has the knowledge to supply the correct type of pipe, in the diameter and pressure class you need.
We carry extensive stock, ready for delivery. We stock the full range of PVC-U and PVC-M pipe in all standard diameters (from 20 mm up to 630 mm) and pressure classes (fromclass 4 up to class 20).
And, we also understand that the optimal solution has to be a cost-effective one. That is why we offer reliable yet affordable pipe and fittings in industry standard colour, giving you the perfect connection, every time.
Durable. Certified. In stock.