Duursaam. Gesertifiseerd. In voorraad.
Ons verstaan wat vir jou belangrik is in ’n pyp. Met meer as 30 jaar se ervaring in die vervaardiging van PVC, het ons span die kundigheid om die korrekte tipe pyp te spesifiseer, in die gepaste grootte en drukklas vir jou behoeftes.
Groot verskeidenheid van voorraad staan gereed vir aflewering. Ons hou die volledige reeks PVC-U en PVC-M pyp in voorraad, in alle algemene diameters (vanaf 20 mm tot 630 mm) en drukklasse (vanaf klas 4 tot klas 25).
En ons verstaan dat die optimale oplossing ook koste-effektiewe moet wees. Daarom verskaf ons hoë kwaliteit dog bekostigbare pyp en toebehore in industrie-standaard kleure. Kry die perfekte verbinding, elke keer.
IsoFlo PVC-U reeks. Ekonomies, duursaam, korrosievry en maklik om te installeer. SANS 966-1 gesertifiseerd.
IsoTuff PVC-M reeks. Sterk, skokbestand en koste-effektief. SANS 966-2 gesertifiseerd.
IsoDrain, ons riool & dreineringspyp reeks. Liggewig, ideaal vir druklose toepassings. SANS 791 gesertifiseerd.
Die volledige reeks topgehalte PVC-U en PVC-M pyp.
Met die laaste paar besoeke aan ons boere, stap ek so deur die lande met die sussende gedreun van 'n klomp trekkers in die agtergrond, op vrugbare grond, grond wat jy ruik, grond waarin ek my hande diep wil indruk om twee handevol uit te haal en te kyk hoeveel lewe daarin is.
Nie net maak dit my opgewonde nie, maar ook die vooruitgang van presisie boerderytegnologie wat al hoe meer gevolg word, alles daarop gemik om die praktyk van boerdery makliker, ak kurater en beheersd te maak wanneer dit kom by die verbouing van gewasse en die grootmaak van vee. Lees ook meer in hierdie uitgawe oor die op windende nuwe presisietegnologie wat die Jupidex-groep binnekort aan boere bekend gaan stel.
Met elke seisoen wat verbygaan, dwing die kosteknyptang in die landbou boere om met minder meer te produ seer - en boere moet doodeenvoudig daarby aanpas. Ten spyte van die uitdagings wat boere in die oë staar, bly 'n groot seën dat dit taamlik goed gaan met die landbou. Reën het reeds plek-
plek geval en ek vertrou dat die reën nog voor ProAgri by die plekke gaan uitkom wat dit so broodnodig het.
Dit is nou maar een maal die ding van boerdery; 'n boer kan die beste grond voorbereiding doen, die beste kunsmis strooi, die beste saad plant en die beste oesbeskermingsprogram volg, maar steeds is dit nie alleen in sy hande hoe die oes uiteindelik gaan lyk nie.
Nie net pas boere aan om meer uit minder te kry nie. In ons voorbladsto rie kyk ons hoe Valtrac vooruit dink en toerusting aan boere voorsien om meer uit minder te kry.
Dit is vir my belangrik om van boere te hoor en daarom maak ons ’n punt daarvan om by julle op die plaas uit te kom om te sien en te luister, om te hoor van julle suksesse en uitdagings. Baie dankie aan elke boer wat so be trokke is. Julle maak ons hande sterk.
Ek hoor graag van julle. Groete en geniet die boerdery! Bianca Henning bianca@proagri.co.za
Redakteur tydskrif en aanlyn Bianca Henning > Verslaggewers Maryna Steyn
Kruger
Benine Ackermann
Annemarie Bremner
Bemarkingsbestuurder
Grobler
Bemarkers
Pieterse
Johan Swartz
Smith
van Tonder
Skeppende bestuurder Christiaan Joubert
Uitleg en ontwerp
082-326-2572 bianca@proagri.co.za 082-261-9177 maryna@proagri.co.za 081-736-4236 natasha@proagri.co.za 073-105-6938 benine@proagri.co.za 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za 082-555-6866 diane@proagri.co.za 062-391-6507 xander@proagri.co.za 071-599-9417 johan@proagri.co.za 082-698-3353 tiny@proagri.co.za 074-694-4422 lynette@proagri.co.za 072-419-3990 christiaan@proagri.co.za
Kruger Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz
Navrae Engela Botha
Rekeninge Ronel Schluter
Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > Sakebestuurder George Grobler
084-233-0123 carin@proagri.co.za 073-663-1234 engela@proagri.co.za 084-088-0123 accounts@proagri.co.za 079-515-8708 nita@proagri.co.za
Pöttinger-snyertegnologie loop ver voor:
Valtrac is, die pad saam met boere in die Oos-Kaap.
EC Contracting se pad met Valtrac MC Veldsman, eienaar van EC Con tracting, vertel: “EC Contracting het in 2012 ontstaan, en ons hoofdoel is om kuilvoer vir ons klante te maak. Die samestelling van die onderneming het begin met drie kleiner sake van drie vennote wat saamgevoeg is, onder meer geelmasjiene, kuilvoer masjiene, misstrooiers en spuitwerk. Vandag staan ons bekend as EC Con tracting en die dienste wat ons aan boere in die Oos-Kaap lewer sluit in plantwerk, kuilvoermaak, grondwerk, geelmasjiene, vervoer en vele meer.
Valtrac sny sy pad oop in boere se harte
“Die hoofgebied wat ons bedien is Tsitsikamma vanaf Humansdorp, alhoewel ons ook ander takke het wat operasioneel is in Kookhuis in die Cradock-gebied wat dan van daar af werk doen in Queenstown, Elliot, Ida en omliggende gebiede. Gedurende die wintermaande doen ons ook werk in die Wes-Kaap, maar dit is slegs seisoenaal,” verduidelik MC.
Enige boer se droom is om die meeste uit elke halm te verkry, tesame met verteerbare en voed samer voer vir sy diere. Nie net voldoen Pöttinger se snyers aan boere se drome nie, maar draf ook soos ՚n droom deur enige gewas.
Valtrac is die betroubare verskaffer van Pöttinger-toerusting. Die mense van Valtrac weet dat snywerk flink en vinnig afgehandel moet word in die klein venstertydjies wat die weer toelaat. Hulle boer immers self.
Vir ՚n melkboer in die hartjie van die Tsitiskamma is dit baie belangrik dat die potensiaal van sy plaas tot die maksimum benut word en om te sorg dat daar deurlopend voldoende kos vir die beeste beskikbaar is.
“Ons kliëntebasis is hoofsaaklik die melkboere in die omgewing,” vertel Johan Steyn, takbestuurder by Valtrac Humansdorp. “Dit is daarom
ons verantwoordelikheid om seker te maak dat ons vir die boere betroubare trekkers en snytoerusting bied,” voeg hy by.
Net soos Valtrac, stap EC Con tracting, wat ook ՚n groot kliënt van
“My pad met Valtrac Humansdorp het ongeveer twee jaar gelede begin, waar ons ՚n paar Valtra-trekkers, onder meer die N134, en ՚n hele paar T194’s aangeskaf het. Die nuutste toevoegings is die T234 en van die grastoerusting.
“Soos met enige kontrakteurwerk is tyd ՚n groot faktor en slytasie is jou vyand, so ons probeer gebruik maak van betroubare en die hoogste gehalte toerusting om ons werk so goed as moontlik te doen, met so min as moontlik staantyd.
“Die eerste ding waarna ՚n mens ook kyk behalwe vir wat die toerusting vir jou bied, is natuurlik die kostes. Ek kan getuig daarvan dat die waarde vir geld wat ons uit die toerusting van Valtrac kry, dit werklik die moeite werd maak,” vertel MC.
Die plat lemme sny gemaklik onder die gras om die snit gelyk en een vormig te hou.
MC voeg by: “Die funksies en die spesifikasies van die trekkers is baie goed, wat vir ons baie operasionele voordele bied in terme van die werk wat daagliks gedoen moet word, die doeltreffendheid daarvan asook die brandstofverbruik van die trekkers.”
Kry meer gedoen met minder
snyers wat voor en agter gemonteer word, waar ander snyers slegs een se werk doen, maak soveel meer sin vir my. Dit is nou slegs een trekker wat twee trekkers se werk doen. Dit bespaar tyd en dit is meer doeltref fend. Die trekker trap ook nie materiaal wat gesny moet word plat nie.
”Wanneer daar van een fabrikaat na
en ondersteun met ons keuses, en ook die voordele van elk mooi verduidelik en uitgelig.
“Vandat ons die produkte aangeskaf het tot en met vandag, is Valtrac se diens fenomenaal. Ek weet nie of ons net bederf is of wat die storie is nie, maar wanneer daar na iets gekyk moet word of as ons onseker is oor iets, is hulle onmiddellik daar om te help. Hulle doen baie moeite om seker te maak dat alles seepglad binne my besigheid verloop!
“Daar kan baie goed vooraf vir jou vertel en verduidelik word, maar as jy eers met die toerusting en trekkers begin werk en jy sien die verskil wat dit maak, dan draai jou kop ook baie vin niger. Dit is soos die bekende gesegde sê: The proof of the pudding is in the eating,” sluit MC af.
Vir meer inligting oor Valtrac se kostedoeltreffende toerusting en trekkers, besoek hulle webwerf by https://valtrac.co.za/contact-us/.
Johan Steyn en sy kundige span by Valtrac Humansdorp sal jou ook met ope arms verwelkom; gaan kuier gerus by hulle in Voortrekkerstraat, Humansdorp.
Alternatiewelik kan jy kontak maak met Attie de Villiers by
Die toekoms is hier: Jupidex bly aan die voortou van presisietegnologie
deur Bianca HenningVir baie boere is presisieboerdery die begin van die winspad. Jupidex se presisietegnologie bied die boer die toerusting en kennis wat hom in staat stel om met minder insette meer uitsette te lewer. Die Jupidex-groep is daartoe verbind om die boer te dien met die beste en mees gevorderde presisietegnologie.
Sedert die laat 90's belê die Kverneland-groep (die voorloper van Jupidex) sterk in die ontwikkeling van slim presisieboerderytegnologie wat daarop gemik is om die praktyk van gewas- en veeboerdery makliker, akkurater en beheersd te maak. Christopher Laubscher, produkspesialis by Jupidex, vertel: “Wanneer daar besluite geneem word oor watter toerusting om te koop, is dit nie altyd maklik om die optimale oplossing in die breë markaanbod van vandag te vind nie. Tegnologie ontwikkel vinnig, met trekkers en toerusting wat toenemend toegerus word met hoëtegnologieelektronika. Ons verstaan hierdie kompleksiteit en ons is daartoe verbind om boere van maklike, maar gevor derde, boerderyoplossings te voorsien.
“Ons sleutelbasiskomponent is die ISOBUS-tegnologie van die imple mente, en IsoMatch-terminale om van inligtingstegnologie soos GPS-leiding, beheerstelsels, sensors, verander liketempotegnologie, outomatiese hardeware, telematika en sagteware gebruik te maak. Ons sien dit in die lig dat jy jou plaas bestuur as ՚n sukses volle sake-onderneming,” beklemtoon Christopher.
Akkurate kunsmistoediening
Die Jupidex-groep is trots om aan te kondig dat alle kunsmisstrooiers met ՚n Geo-lisensie verkoop word. Die
Jupidex-groep is ook die enigste maat skappy wat dit aan die boere bied.
Wat beteken dit vir die boer? Jupidex se kunsmisstrooiers is ISOBUS-gereed en integreer met enige trekker se sagtewarestelsel. Alle ISOBUS-versoenbare Vicon-kunsmis strooiers (wat ook nou deelvorm van die Kverneland reeks en uitegeken kan word aan die groep se handels merk op die strooier) kan standaard veranderlike koersbeheer doen. Dit word gedoen volgens ՚n voorskrifkaart wat in kombinasie met die GPS-stelsel werk. Die kunsmisstrooier verander sy plasing outomaties op grond van ՚n voorafbepaalde en plekspesifieke verspreidingsvoorskrif.
Christopher sê: “Dit bied die boer die vermoë om uiters akkuraat op sy lande te werk, en nog ՚n voordeel is die be sparing op trekkers, diesel en arbeid. Ons help boere om kostes bespaar en probeer dinge so maklik as moontlik maak vir die boer, gedurende en na die die verkoop van die strooier."
Toekomsgedrewe IsoMatchtegnologie
IsoMatch-presisieboerderytegnologie stel jou in staat om jou boerdery as ՚n sake-onderneming te bestuur. Tyd is geld en om die hoogste produktiwiteit te kry, kan geen tyd vermors word nie. Daarom is vinnig die sleutelwoord vir hierdie terminale in die IsoMatch-reeks.
Slim beheerstelsel vir gewasbeskermingstoepassings
Die Jupidex-groep is opgewonde om te noem dat die Waatic-stel as basis toerusting in die nabye toekoms met elke spuit verkoop sal word. Jupidex is ook die eksklusiewe invoerder en verskaffer van Waatic in Afrika.
Waatic is in 2018 in Spanje gestig, en Jupidex voer sy slimbeheerstelsel vir gewasbeskermingstoepassings in. Waatic bied slim tegnologie vir enige lugblaas-spuit en is versoenbaar met al die Andreoli en CarraroSpray-spuite.
Die beheerstelsel bied funksies soos:
• Toedieningsverstellings volgens spoed of voorskrifkaart
• Vloei-, druk- en GPS-data word konstant gelees en geberg vir spuitprogrambestuur
• Sensors beheer die aan- en afskakeling aan die einde van rye en tussen klein bome
• Beheer van bedryfskoste
• Spesiale module vir groot planta sies of diensmaatskappye
“՚n Groot voordeel van die Waaticbeheerstelsel is dat ՚n wisselende toediening volgens ՚n voorskrifkaart na die toepassing opgelaai kan word. Met die hoofbeheerpaneel op rekenaar maak dit die beheer- en moniteringproses van spuitprogramme vanuit die kantoor moontlik,” verduidelik Christopher.
Christopher voeg by: “Die Universiteit van Politencica De Catalunya het reeds ՚n studie uitgevoer rakende die gebruik van die veranderlike toediening en het bevind dat daar tot 20% besparing is in vergelyking met normale verbruik.”
Die slim spuitprogram moniteer die vloei, druk en spoed deurlopend. Veranderlike toediening verseker akkurate toediening selfs wanneer spoed vermin der of versnel word, wat ՚n baie meer egalige produktoediening verseker.
Bykomend tot die standaardtoerusting sluit die Waatic-stel ook sensors in, wat die operateur help om die einde van die ry vroegtydig uit te wys, asook die identifisering van plante. Dit beteken dat die spuit ophou spuit as die sensors geen plante waarneem nie, of wanneer daar van een ry na ՚n volgende verskuif word, sodat daar geen vermorsing is nie.
“Al die inligting van die boord wat bespuit word, word ook opgeneem deur die kuberwolk-stelsel wat plekbepalende en gekarteerde data opneem wat na die tyd besigtig en hersien kan word, om meer ingeligte besluite te neem,” verduidelik Christopher.
Die Pudamategniek stel boere instaat om kunsmis akkuraat toe te dien, waar dit nodig is.
Met SpotSpray van Kverneland kan kostes bespaar word deur minder spuitvloeistof te gebruik. Danksy hierdie tegniek word die onkruid plaaslik beheer, sodat minder vloeistof gebruik hoef te word.
Nog opwindende nuus is die bekendstel ling van Pudama en SpotSpray wat teen 2023 beskikbaar gaan wees vir boere.
Optimale gewasbeskerming Kverneland gaan nou ook 'n stap verder met die SpotSpray-toediening wat gebaseer is op voorskrifkaarte, wat beteken dat slegs aangewese kolle gespuit word. Met SpotSpray kan kostes bespaar word deur die spuitvloeistof wat gebruik word te vermin der en gesonde gewasse te beskerm teen onnodige behandeling. Dit beteken ook minder oesskade.
Meer mielies met minder kunsmis Pudama is die naam van ՚n tegniek wat presisie-kunsmisplasing onder mieliesaad tydens plantwerk moontlik maak.
Christopher sê: “Die Pudamasamestelling verseker dat saad- en kunsmistoedienings deur ՚n sensor gesinkroniseer bly. Tot 25% minder kunsmis kan gebruik word sonder om opbrengs te beïnvloed.”
Na aanleiding van die mielieproduk sie wêreldwyd is die idee agter Pudama om die produktiwiteit van kunsmis te verhoog, wat die ontwikkeling van jong plante bevorder en ook kunsmisdoeltreffendheid verhoog (vinniger gebruik van kunsmis en minder loging) wat die besparing van kunsmis moontlik maak.
Christopher vertel: “Die tegniek het ՚n groter voedingstofopname tot gevolg, omdat kunsmis net toegedien word waar dit nodig is, en dit keer dat oortollige nitraat en fosfaat in water stelsels uitloog.”
Christopher verduidelik hoe dit werk: “Die Pudama-tegniek stel die wortel groei van plante in staat om in die rigting van die kunsmis te groei. Die doel van hierdie stelsel is die voorsiening van kunsmis onder elke saadjie. Die kunsmis word met ՚n lugstroom geplaas wat ooreenstem met die saadafstand, 5 cm onder en na die kant van die saad. Pudama is 100% ISOBUS-gereed en ook 100% geïntegreerd met e-drive II-sagteware. Net een kliek om die stelsel te aktiveer, geen verdere aksie nodig nie.”
Christopher lig ook die hoofvoordele van die stelsel uit: Besparing van hulp bronne, kostes, asook die besparing van energie vir die produksie van kunsmis. Minder loging (grond) vir waterbeskerm ing, maar ook vir ander water (see) as gevolg van minder voedingstowwe vir seewier (alge). Verminderde omgewingsimpak (grond, diere en plante) en die beveiliging van voedselproduksie. Hoës poedplant teen tot 15 kpu – beskikbaar op SX-ry, wat ook tyd bespaar in terme van logistiek en die opstel van masjiene. Kry maatskaplike aanvaarding van kunsmis- en gewasversorgings-produkte (nuwe ontwikkeling).
Die Kverneland-groep, Soest GmbH in Duitsland het in 2021 die NRW doeltreffendheidstoekenning vir die Pudama-presisieplanter ontvang. Hierdie planter is bekroon omdat dit hulpbronne bespaar en die grond teen oorbemesting beskerm.
Vir meer inligting oor Pudama en SpotSpray besoek gerus: https://ien. kverneland.com/News/Product-news/ Archive-Product-News/Archive-2021/ SpotSpray-only-spray-when-it-isneeded
Die Jupidex-groep is toegewyd daartoe om die nuutste landbouen presisietegnologie aan boere bekend te stel om met minder meer uit te kry. Besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of kontak (+27)33-386 3574 vir meer inligting.
Landboutegnologienuus: Koeie kry robotkelners!
Outomatiese melkmasjiene is nou al ՚n geruime tyd op plase doenig, maar nou het GEA ook ՚n outomatiese voermasjien, genaamd DairyFeed F4500, ontwikkel.
Voer is die grootste kostefaktor in die bestuur van ՚n plaas. Die gehalte, voertye en optimalisering van ge mengde rantsoene vir elke groep koeie is deurslaggewend vir melkproduksie. Dit is hier waar die GEA DairyFeed F4500-voerrobot boere help om hulle hande los te maak vir ander dinge, asook met die presiese bestuur van hulle voedingstrategie.
Die F4500, toegerus met navigasiesensors, skep ՚n akkurate kaart van die
plaas wat hom in staat stel om die ide ale roetes vir die verspreiding van voer uit te werk. Die robot kan voortdurend sy posisie bepaal, hindernisse herken en botsings vermy, veilig tussen skure op ongelyke vloere navigeer en teen hellings van tot 10% ry. Met die F4500 is geen groot plaasmodifikasies nodig nie!
Outomatiese 24/7 voedingsroetines
Die outonome voerrobot weeg, meng en versprei elke uur tot 2,2 m3 vars volledige voermengsels vir tot 300 diere in verskillende voedingsgroepe. Dit verseker dat pasgemaakte rantsoene
perfek voorberei word in ooreenstem ming met die voersiklusse wat jy bepaal het. Die robot neem ook die werk oor om voer na en tussen siklusse nader aan die diere te stoot.
Met die F4500 kan jy voerverbruik en oorskiet nagaan, en die hoeveelheid van die volgende rantsoene daarvol gens aanpas om voervermorsing tot die minimum te beperk. Dit is ook moontlik om die voedingsamestelling van die bestanddele te ontleed, wat aanpassings van die mengsel moontlik maak op grond van jou voedingstrategie vir die beste moontlike dierege sondheid.
GEA voer- en melkrobotte is digitaal verbind via DairyNet, wat dit moontlik maak om voer- en melkuitsetdata 24 uur per dag te sinkroniseer. (Bron: GEA)
Eerste elektriese Kubotatrekkers in Europa
Kubota sal in die komende maande sy LXe-261 elektries aangedrewe kompakte trekker by verskeie sleutelgeleenthede regoor Europa wys, insluitend SALTEX by die NEC en EIMA in Italië.
Die battery-aangedrewe trekker sal vanaf April 2023 in die VK te huur wees.
Met ՚n toenemende aantal Europese markte wat regulasies verskerp en die selvoertuie verbied, soek baie plaaslike owerhede alternatiewe kragbronne en
probeer CO2-uitstralings verminder.
Een van die groot uitdagings wan neer ՚n elektriese trekker ontwik kel word, is reikafstand en werktyd. Kubota reken dat hy voldoende reikafstand verskaf deur die LXe-261 toe te rus met ՚n groot battery wat vinnig in een uur kan herlaai vir drie tot vier uur se aaneenlopende werk. Dit sal operateurs in staat stel om die bat terye tydens middagete te laai en in die middag verder te werk.
Die ontwikkeling word beskryf as ՚n belangrike strategiese stap vir Kubota in die VK en Europa. Die LXe-261 is geskik vir ՚n wye reeks toepassings, insluitend sny en sleep. Die spesifikasie sluit ՚n onafhanklike kragaftakker, HST (hidrostatiese kragoordrag) en veelvul dige hidrouliese uitlate in. (Bron: profi)
Amazone lewer 75 000ste spuit ՚n Maatskappy wat 75 000 eenhede van ՚n werktuig vervaardig en verkoop, moet iets reg doen! Die 75 000ste Amazone-spuit wat uit die fabriek gery het, ՚n selfaangedrewe Pantera 4502 van 36 m, is onlangs aan Robert Davidson & Seun gelewer, wat op sowat 1 350 ha naby Colchester in Engeland, boer. Hulle boer met ՚n mengsel van
gewasse wat winterkoring, murgvetertjies, rog en mielies vir voer, sowel as vir die stroper insluit, en bestuur nog 800 tot 1 200 ha mielies en rog vir bure.
Hulle gebruik ՚n Pantera sedert September 2015, en hulle vorige 40 m 4502 het 5 000 uur in sewe jaar gewerk. Robert, die derde geslag van 'n familie wat reeds sedert die vroeë 1970’s op die plaas is, bevestig dat die vorige model uitstekende diens gelewer het.
“Hoewel ons gekyk het na ander produkte op die mark, maak sy smal padwydte, 50 km/u padspoed en
verbeterde vering dit ideaal vir ons kontrakplase wat verder weg is. Die diensondersteuning van Amazone en ons plaaslike handelaar, RW Crawford, het bygedra tot ons keuse van die Amazone-handelsmerk. Hopelik sal ons oor ՚n paar jaar, wanneer ons gereed is vir die volgende een, die 100 000ste masjien kry.”
Die eerste Amazone-spuit, wat in 1969 gemaak is, was die gemonteerde S-reeks, wat beskikbaar was met tenkvolumes van 400 en 600 liter. Vandag se spuite word gemaak by ՚n nuwe, doelgeboude fabriek op ՚n perseel van 20 ha by Bramsche, in Duitsland. (Bron: Amazone)
Baal groter met CLAAS
Hoekom bly by 1,5 meter bale, as jy dit tot 1,8 meter kan rek? Die nuwe Variant 500-veranderlikekamerbaler het twee modelle, die 565RF en 560RC wat jou bale van tot 1,6 m kan gee, of jy kan die 585RF of 580RC kies wat tot 1,8 m kan strek.
Afsonderlike sensors beteken die spanarms kan onafhanklik beheer word – een hou die kamerbande gespan, die ander bepaal die baaldruk. Dit sal gebruikers in staat stel om te bepaal of hulle byvoorbeeld ՚n sagte middel in die baal wil hê, voordat die druk verhoog word namate die baal volle grootte nader. Net so kan dit van die begin af ՚n harde senter skep. Die keuse van een van die drie gewastipes op die beheerkas gee ՚n paar voorafbepaalde digthede wat dan verfyn kan word.
Die opteller het die ratse in-/uit swaaiwiele gekry wat reeds by ander CLAAS-balers gesien word. Daar is ՚n keuse van 2,1 of 2,35 m optelwydtes.
Die netbindstelsel is ook opgeknap. Dit is nou baie laer geposisioneer met ՚n nuwe swaartekragbeheerde rem en die netmesvrystelling gebruik dieselfde uitskakelmeganisme as die knopers van die Quadrant-vierkantbalers. En omdat daar ՚n nuwe onderstel is, het CLAAS die geleentheid gebruik om die baler te ontwerp om groter bande tot 560/45-22.5 te neem. (Bron: profi)
REDEFINING CLEAN
New triple action formula protects your engine like never before
John Deere: Die groen bly groei
Agteroorsit en ledigheid is iets wat nie by John Deere bestaan nie. John Deere se wakker mense is voortdurend besig om strategieë te identifiseer en toe te pas om te verseker dat John Deere-klante die professionele voorsprong kry wat hulle in die wenposisie plaas.
Vandag, in 2022, is daar niemand wat nie van die wêreldberoemde John Deere-landbouwerktuigvervaardiger weet nie ... en ook niemand wat nie met respek van die groen staatmakermasjiene praat nie.
Pieter Pienaar, taktiese bemarkingsbeplanner by John Deere, sê: “Teg nologie is die sleutel wat landbou vorentoe kan laat beweeg om op brengste te verhoog en kostes te verlaag, maar ons kan dit slegs doen as tegnologie, mense, toerusting, data en insigte verbind word om beter resultate te lewer. Hierdie verbindings bied soveel geleentheid om te ontgin vir volhoubare boerdery praktyke.”
Voeg waarde by jou vee- en boordboerdery met kleiner trekkers Elke boer, hetsy vee-, wingerd- of graanboer, se behoeftes verskil en dit is vir John Deere van die uiterse belang om elke boer, in elke afdeling van die waardeketting, se behoeftes te ver staan en ook daarin te voorsien.
“Oor die afgelope jaar het ons baie betrokke geraak by produksiestelsels en onlangs ook SAMAC en Veeskool se boeredae bygewoon. Hierdie boere dae is spesifiek daarop gefokus om kundige inligting met makadamia- en veeboere te deel,” meen Pieter.
John Deere se betrokkenheid by Veeskool
Pieter vertel meer: “By Veeskool het ons John Deere se rol in die veeboerdery bespreek, wat werklik vir ons belangrik is om nader aan die boer te beweeg.
Beesboere veral by Veeskool het met lof van John Deere se 6B gepraat oor sy aanpasbaarheid, bekostigbaar heid en produktiwiteit.
"As ek terugdink aan wat boere by Veeskool gesê het, spesifiek oor ons 6B reeks wat so geskik is vir
die veebedryf omdat veeboere nie noodwendig gebruik maak van al die tegnologie van die trekker nie, maar steeds die betroubaarheid van die rubuuste werkesel verlang, wat jare lank hou en die take op die veeplaas lag-lag afhandel, dan is dit duidelik dat John Deere aan die boer se behoeftes voldoen, wat ook weer aansluit by waarde vir geld," voeg Pieter by.
Pieter brei uit oor die voordele van John Deere-enjins: “Nog ՚n groot voordeel van John Deere is dat ons self die enjins van ons trekkers vervaardig. Die verlengde lewensduur is danksy vooruitstrewende mega niese tegnologie wat slegs op John Deere PowerTech enjins beskikbaar is.
Daarmee saam bied John Deere langer diensintervalle. In plaas van versienings wat elke 250 uur vereis word, word John Deere-trekkers elke 500 uur versien. Dit beteken tyd- en kostebesparing vir die boer!”
John Deere se betrokkenheid by SAMAC
John Deere bied ook ՚n reeks trek kers wat spesifiek ontwerp en gebou is om die struikelblokke die hoof te bied wat ’n boord, wingerd en kwekery aan boere stel. Soos John Deere na aan die boere beweeg slaan hulle reeds koers in vir toekomstige oplossings.
“Deere & Co het onlangs belê in GUSS Automation, 'n maatskapy wat gefokus is om presiesie-oplossings na die boer te bring. Dit sal die boer die geleentheid bied om akkurate toedienings te doen presies net waar dit nodig is,” sê Pieter.
Boere kan gerus wees dat daar genoeg krag beskikbaar is vir selfs die moeilikste take. Pieter sê: “Die
woorde van ՚n boer by SAMAC se boeredag wat altyd by my sal bly, is dat ՚n boer ՚n John Deere koop wat saam met hom op sy plaas aftree.
“SAMAC was ՚n wonderlike geleentheid vir ons om deel te kan wees van so ՚n professionele organisasie, nie net om as ՚n borg te dien nie, maar om die nodige kennis met makadamia-boere te deel, om vooruit te kan boer en ingeligte besluite te kan neem,” vertel Pieter.
“John Deere is hier vir die lang duur, en daarom wil ons seker maak dat die boer ook hier is om vir die lang duur, geslag tot geslag, volhoubaar te wees," sluit Pieter af.
John Deere Financial het ook pasmaak oplossings om jou unieke vereistes, hetsy groot of klein, doeltreffend te ondersteun wanneer jy die beste finansieringsoplossing vir jou boerdery oorweeg.
Vanaf middel November sal John Deere ՚n promosie aanbied vir Swart Vrydag. Hou hulle webblaaie en sosiale media dop om toerusting teen sakpaspryse te bekom.
Benewens kostedoeltreffendheid wil ՚n boer ՚n trekker koop wat met gemak die nodige take op die plaas kan verrig. Ook hier bied John Deere aanloklike opsies.
Gaan gesels vandag nog met jou naaste handelaar om meer uit te vind oor vanjaar se Swart-Vrydagpromo sies en wat hulle het om te bied vir jou spesifieke behoeftes.
Industry vehicles can achieve fuel savings of up to 3,75 %* with new Shell FuelSave Diesel formulation
New triple-action formulation of Shell FuelSave Diesel cleans more thoroughly than even before to help im prove fuel economy and recover power in heavy-duty engines.
Shell Commercial Fuels has launched a new formulation of Shell FuelSave Diesel with advanced cleaning properties, which helps customers in the road transport, construction, mining, agriculture, and manufacturing sectors to improve fuel economy and recover power.
With the number of trucks, buses and equipment powered by diesel engines, innovation in diesel fuels still have an important role to play and Shell is committed to developing technology to help customers get more from their vehicles. Shell FuelSave Diesel now features a unique triple-action formula which offers a deeper clean.
After just one tank, the new formu
lation helps to clean up fuel injector nozzle deposits and Internal Diesel In jector Deposits. It is also designed to help protect Exhaust Gas Recirculation (EGR) systems from deposit build-up, thus boosting vehicle reliability.
By providing a fuel injector cleanup and keep-clean effect, the new formulation helps businesses to avoid unplanned breakdowns and replace ments. Without cleaning, six- or eightcylinder engines may require replacing a whole set of injectors, accumulating costs to the point of having an impact on the bottom line.
“The last few years have been turbulent for our customers, to say the least,” said Kong Hua Ong, Technical Advisor, Shell Commercial Fuels. “They have faced various challenges includ ing increasing costs, new ways of working, and tightening environmental targets. On top of this, engine tech nologies continue to advance, mean ing operators’ fuel choices become increasingly important when dealing with current market demands.
Other benefits of new Shell FuelSave Diesel include:
• Prevents the loss of load-pulling power and wasted energy for bet ter vehicle efficiency
• Achieves 83% power recovery to help operators get the most out of their equipment
• Protects against fuel system cor rosion to help reduce maintenance and risk of breakdown
• Designed to reduce the refuelling time and allow a full tank refill
• Designed to reduce the risk of fuel degradation and maintain fuel quality for longer.
Injector nozzle in a heavy-duty ve hicle. The image on the left shows an injector in a truck using regular diesel, on the right the image shows the same injector after run ning on new Shell FuelSave Diesel for 5 000 km.
“Our new formulation of Shell Fuel Save Diesel is designed to ease these stressors by ensuring equipment is less likely to fall foul of engine deposits. It combines key ingredients includ ing deposit control additive to target and remove injector deposits with a combustion improver which helps keep the EGR system clean. This helps to promote better engine performance, reduce downtime, and drive down maintenance costs, allowing businesses to maintain a competitive edge.”
*Can save up to 7 litres of fuel per tank size of 195 litres. Helps to clean and protect key fuel system components, such as fuel injectors, from the build-up of performance robbing deposits and hidden internal injector deposits. Compared to regular diesel without performance additives and with the same level of biocomponent. Based on Shell's proprietary test methods in a range of HD engines / vehicles (including on-road and offroad technology). Compared to regular diesel, showing up to a 3,75% fuel economy benefit under equivalent steady state conditions at the end of test. Actual savings may vary according to vehicle, driving conditions and driving style.
Commercial Banking
Building sustainable agricultural foundations to drive job creation, food security and economic growth.
By John Hudson, Nedbank’s National Head of Agriculture.The agricultural sector is a vital contributor to the overall well-being of the South African population and economy. With more than 70% of the South African rural population relying on agriculture for their livelihood, it is critical that the sector remains sustainable and leverages transformation opportunities.
But how can the sector achieve these goals and build on transformation and investment to become a more resilient and robust source of economic and social growth?
The United States Agency for International Development believes that the approach should include five key elements: access to markets; improved productivity; increased private investment; promotion of consumption of nutritious foods; and development of policies that support growth in the sector. Similarly, the 32nd session of the United Nations Food and Agriculture Organization’s Regional Conference for Africa found that innovative approaches, traditional knowledge, crop diversification and climate resilience are proving stable foundations on which farmers in Africa are building their businesses.
A recent report compiled by the Stellenbosch Business School, in collaboration with the Agricultural Business Chamber and Agri SA,
found that agricultural value chains are vital to our economy, not only in the context of food security, but also to drive economic growth and employment. It is essential that the entire agricultural value chain continually focuses on transforming their agribusinesses, concentrating on inclusive growth and enhancing our internationally competitive standing.
Transformation also extends to technological innovation and investment, which must be included in the sector to bring increased stability to an environment fractured by unpredictable infrastructure. A recent report released by the United States Department of Agriculture highlights that the agricultural sector in South Africa has shown tremendous growth, with a positive trend in record exports and investments. However, it is being constrained severely by load-shedding, and because this remains a pervasive challenge for the foreseeable future, the sector must look at alternative solutions for generating power to maintain its growth and potential.
To overcome the anticipated deceleration of growth predicted by the Bureau for Food and Agricultural Policy towards the end of 2022 and into 2023, the sector must find new ways to manage the complexities
that impact growth. In addition, financial institutions need to prioritise the development of new investment and financial solutions that are customised to suit the specific requirements within agriculture. These solutions must go beyond lip service and paperwork, measurably empower entrepreneurs, companies, and enterprises, and build sustainable foundations in the sector.
Nedbank is committed to the growth and transformation of the agricultural sector and has put its sustainable growth and development at the forefront of its agenda. This commitment extends to job creation and a sustainable economy, as well as developing sustainable, tailor-made solutions that fit clients’ requirements and growth expectations.
Do you want just any financial partner, or the right partner to grow your agribusiness?
To find out more, please send an email to agriculture@nedbank.co.za or visit nedbank.co.za/agriculture.
MASSEY FERGUSON DOEN DIT WEER!
Master Mechanic - Seisoen 2 (18 Nov 2022)
gaan jou gunsteling wees in November in die Massey Ferguson Master Mechanic Seisoen 2? Groter trekkers, groter uitdagings, groter alles!
Wie
Die tyd kom vinnig nader vir die Massey Ferguson Master Mechanic, met Seisoen 2 wat op 18 November vrygestel word. Die wêreld se eerste trekkergegronde werklikheidsprogram, wat in ՚n selfs groter en beter formaat terugkeer, sal supergroot uitdagings bevat om die hoogs gemotiveerde en opgeleide Massey Ferguson-tegnici regoor die land se vaardighede te wys.
Master Mechanic bied ՚n unieke kykie in die tegnici se wêreld van trekker herstelwerk. Die tegnici swaai nie net moersleutels en reis na verskillende wonderlike plekke nie, hulle moet ook hulle breinkrag gebruik in samewerking met wêreldleidende tegnologie.
Na die groot sukses van die wêreldeerste Massey Ferguson Master Mechanic-uitdaging in November 2021,
՚n ongelooflike suksesvolle reis en dit was wonderlik om dit met die wêreld te deel," sê dr Dominik Reus, besturende direkteur Afrika, AGCO.
“Die lewe van ՚n tegnikus het die afgelope tyd verander met die koms van rekenaars en om aan die inter net gekoppel te wees. Om ՚n Massey Ferguson-tegnikus te wees is ՚n groot avontuur, met ՚n voortdurende leerkur we en nuwe geleenthede. Dit het nou iets besonders geword waaroor jy met jou vriende om die braaivleisvuur kan gesels, en met familie en mense wat jy in jou lewe teëkom,” sê Dominik.
Inskrywings vir Master Mechanic Seisoen 2 het in die middel van Augus tus 2022 gesluit, met verfilming van die werklikheidsprogram in September. Op
Massey Ferguson Beauvais-fabriek in Frankryk te besoek en opleiding te ontvang. Dit is waar die Massey Ferguson-trekkers met hoë perdekrag vervaardig word.
Seisoen 2 sal konsentreer op inge boude tegnologie in MF trekkers met hoë perdekrag en demonstreer hoe boere die tegnologie en eienskappe tot hulle volle potensiaal kan benut, wat op die ou end gaan oor meer wins. Hierdie seisoen sal ook super groot uitdagings bied om die hoogs gemotiveerde en opgeleide tegnici regoor die land se vaardighede ten toon te stel.
Suzzi Swanepoel (gasheer), Rooi, Richard Heald en Ryan Clark (beoordelaars). Artikel verskafLaaste maar geensins die minste nie, bied Massey Ferguson wêreldklas teg niese opleiding aan sy tegnici, vandaar die selfvertroue om die vermoëns en kundigheid van MF hoëperdekrag-tegni ci te demonstreer.
Die spankeuse sal in die eerste epi sode van vier aangekondig word. In die epiese finale uitdaging sal die spanne probeer om ՚n reuse-weergawe van die ikoniese Massey Ferguson driehoekembleem suksesvol na te maak. Hulle moet dit doen met behulp van ՚n MF 8S toegerus met ՚n 2 000 liter Eco Rangerspuit met 12 meter spuitbalke met agt seksies, wat 450 liter per hektaar spuit. Toediening- en seksiebeheer word ver skaf deur die Massey Ferguson 8S OEM Data Tronic 5-skerm, gekoppel aan die ISOBUS Liquid-beheerstelsel.
ONTMOET DIE DEELNEMERS
Hoopstad in die Vrystaat se BHBWhandelaar het twee aanspraakmakers, naamlik Lodewyk ‘Lood’ Wiid en sy leerling wat binnekort kwalifiseer as tegnikus, Caleb Webster. Caleb hou vol hy het rooi bloed soos Massey Fergu son, met bobaas genetika.
“MF het die beste in my na vore gebring. Dit is ՚n groot eer om gekies te word om die Massey Ferguson-leerlinge in hierdie uitdaging te verteenwoordig.
Ek is hier om die wêreld te wys wat jongmense kan doen, veral met moderne trekkertegnologie,” sê Caleb.
Lodewyk sê: “Ek beskou myself as een van die bestes in Suid-Afrika. Wat my in die topklas plaas, is eenvoudig: ek verstaan dat leer ՚n voortdurende proses is. Hoe meer ek oop is om te leer en my kennis met ander te deel, hoe meer het ek ՚n ontvanklike ver stand om komplekse probleme met eenvoudige oplossings te wen. Ek het ՚n lang pad gestap sedert ek ՚n klein seuntjie was wat van trekkers geleer het. Ek is gereed om vir Suid-Afrika en die wêreld te wys uit watter staal ek gemaak is!”
Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap word bekwaam verteen woordig deur Francois Beer van Beer Trekkers, wat verklaar dat hy enige hoë perdekrag MF-trekkers kan regmaak. “Om op ՚n plaas groot te word en nou in ՚n boerdery-onderneming te wees, stel my in staat om beide kante van die spektrum te verstaan – van die boer se perspektief tot die belangrikheid daarvan om die beste produkonderste uning te bied. My 15 jaar ondervinding as werktuigkundige en die deurlopende opleiding wat ek ontvang, het my voor berei vir hierdie uitdaging.”
Filter Dienste in Bethal, Mpumalanga, word met trots verteenwoordig deur Jacques Duvenage, wat sê: “Ek kry soveel vreugde daaruit om uitdagings op te los. Ek leer heeltyd nuwe dinge en pas die kennis wat ek opdoen toe om die vol gende uitdaging doeltreffend op te los. Ek geniet dit om met die MF-trekkers te werk. Ek weet ek is reg vir die Master Mechanic-uitdaging aangesien ek diag nostiek en tegnologie verstaan.”
Die vaandeldraer vir die Vrystaat, is Nico-Ann Jansen van BHBW Bothaville, die enigste dame in die kompetisie. “Ek weet ek het iets spesiaals om by te dra, en ek is vasbeslote om daardie merk te maak. Ek pas perfek in hierdie kompeti sie, want ek het meestal op hoë-spesifi kasie Massey Ferguson-trek kers gewerk. Elke dag druk ek myself om nuwe vaardighede aan te leer en nuwe uitdag ings vir my vermoëns te stel. My tone krul van LEKKERKRY as ek die masjien weer aan die werk het en die boer se gevoel van verligting kan ervaar.”
Een van die deelnemers wat foute op sy trekker diagnoseer.
Laaste, maar nie die minste nie, is Stiaan Redelinghuys van Hennie’s Trekkers in Malmesbury, Wes-Kaap. Hy wys daarop dat hy die afgelope dekade aan Massey Ferguson-trekkers werk. Dit beteken hy het ՚n magdom ervar ing wat hom goed te staan sal kom in die kompetisie. “Ek is ՚n man van min woorde. Die werk wat ek gedoen het is my getuienis. Wat meer is, ek het nog nooit ՚n Nr 13-sleutel verloor nie!"
Master Mechanic Seisoen 2 word op 18 November op MF Master Mechanic YouTube en Facebook-kanale vrygestel. Alle episodes sal gelyktydig beskikbaar gestel word.
Master Mechanic is so ontwerp en verfilm dat enigiemand dit kan ver staan, saam met ՚n paar spesiale items vir die 'gesoute' tegnici om te geniet. Dit is gevul met al die emosies, drama en spanning wat ՚n mens van ՚n wêreld klas-werklikheidsprogram sou verwag.
Maak seker dat jy inteken om te kyk hoe die beste MFwerktuigkundiges alles uithaal vir wat hulle liefhet en waarin hulle glo: Massey Ferguson en alles waarvoor dit staan. Volg ons sosiale media-kanale hieronder en ondersteun jou gunsteling spanne!
• YouTube: https://www.you tube.com/c/MFMasterMechanic
• Facebook: https://facebook. com/MFMasterMechanic
• Instagram: https://www. instagram.com/mfmasterme chanic/
• TikTok: https://www.tiktok. com/@mfmastermechanic
• Twitter: https://twitter.com/ masseymastermec
• Webwerf: www.mfmechanic. co.za
CNH Industrial AG & CE SA stel nuwe besturende direkteur aan
Artikel voorsien
Jacques Taylor is vanaf 1 Oktober 2022 as die nuwe besturende direk teur van CNH Industrial AG & CE SA aangestel, en neem verantwoordelik heid vir die leierskap en ontwikkeling van die CNH Industrial AG & CE-groep in Suider-Afrika.
Jacques sal aan die hoof staan van beide die landbou- en konstruk siesegmente vir die CASE IH- en New Holland-handelsmerke en ՚n invloedryke rol speel om voort te bou op albei afdelings se reeds uitstaande reputa sie wat die vorige bestuur en sy besturende direkteure gevestig het.
Met meer as 20 jaar se bedryf spesifieke ondervinding in verskeie leierskaprolle en hoëprofielposte, bring Jacques sterk vaardighede en ՚n uitstekende reputasie vir hoë presta sie, spanleierskap en verhoudingsbou saam met hom. Hy is bekend as ՚n skeppende strateeg, ՚n beslissende leier, en het ՚n indrukwekkende rekord in die bereiking van inkomste- en sakegroeidoelwitte.
Sy vermoë om die beste in sy span na vore te bring deur ՚n gesonde en aangename werksomgewing te skep, sal verder bydra tot die groei van die maatskappy en ՚n positiewe kultuur in die werkplek en in die mark kweek.
Jacques het tot onlangs die pos van afdeling-besturende direkteur: Case IH beklee sedert die verkryging van die Suid-Afrikaanse verspreider, Northmec, deur CNH Industrial in
Januarie 2021. Sy vroeër ervaring sluit die bank- en finansiessektor in waar hy verskeie direkteur- en bestuursposte by Standard Bank se landbou-afdeling beklee het (insluitend hoof van die Landbou-afdeling), waarna hy sy loop baan in die landboutoerustingbedryf in Afrika en Europa begin het.
Volgens Jacques is die maatskappy daarop ingestel om sy markleiersposisie in trekkers en stropers te versterk, terwyl die platforms vir presisielandboutegnologie uitgebrei word. Deurlopende aandag sal gegee word aan naverkope-ondersteuning en die handelaarsnetwerk.
Belangriker nog, die maatskappy sal sy energie fokus op ՚n maatskappykul tuur waar die kliënt die middelpunt van sy strategie is, om te verseker dat plaaslike produsente tuis voel wanneer hulle met enige van die CNH Industri al-handelsmerke te doen kry.
Die maatskappy is opgewonde om Jacques in hierdie belangrike posi sie te verwelkom en sien uit na die verskil wat sy energie en kundigheid gaan maak. Die maatskappy het hom ook geprys vir sy bydraes tot dusver en vir die groei wat hy na die CASE IH-afdeling gebring het.
Ons wens hom sterkte toe in sy nuwe pos en ons is vol vertroue dat hy ՚n beduidende bydrae tot die groei en sukses van die CNH Industrial Group sal maak.
Die Ocmis-kruipspuit van Irrigation Unlimited se pyp lê uitgestrek oor die hele veld tot waar die kanonspuit staan.
Kanonkruipspuite pas nie in elke boer se boerdery nie, maar die Ocmisbesproeiingstelsel het Alex Wray van AJ Boerdery se boerdery na nuwe hoogtes gestuur. Te danke aan Irriga tion Unlimited wat hierdie masjiene van Italië af invoer, kan sy kalwers hulleself trommeldik vreet aan voedsame, sap pige groen grassies.
Alex boer nou al 20 jaar op sy plaas naby Tarlton in Gauteng. Dit is hoofsaaklik ՚n beesboerdery met ՚n voerkraal, maar hulle plant ook elke jaar 200 ha mielies vir kuilvoer in die voerkraal en weiding.
Alex boer met Bovelders, maar vir die voerkraal koop hulle enige goeie beesras se ligte kalfies aan. “Ons probeer altyd so 2 000 in die voerkraal hou en so 1 500 op die agtergrond,” verduidelik Alex. Hulle koop ook skape in vir vetmaak, meestal Ile de France, Merino’s of ander vleisrasse.
Toe Alex dertien jaar oud was, het
Die aanwysings op die masjien is eenvoudig en enige operateur kan die masjien beheer in drie maklike stappe.
hy saam met sy ouers van Zimbabwe na Suid-Afrika verhuis. Alhoewel daar familie by die boerdery betrokke is, is dit nie ՚n familieboerdery nie. “My pa is ՚n reken meester, so hy het aanvanklik op die myn gaan werk,” vertel hy. “My passie vir boer kom al ՚n lang pad. My oupa-hulle was beesboere in Zimbabwe. Daar is uitdagings in boerdery, maar ek het nog altyd
gesê dit is wat ek wil doen.”
Na skool is Alex landboukollege toe waar hy sy diploma behaal het en daarna het hy twee jaar lank vir iemand geboer. “Ek begin toe met die beeste spekuleer en die geld wat ek daaruit gekry het, het ek gebruik vir grondkoop en beeste vetmaak.
Nadat die voerkraal gevestig was, het hy die boerdery stelselmatig uitgebrei deur plase aan te koop. Die beweegrede was om die bykomende grond te gebruik om kuilvoer te plant, maar dit was steeds te duur. Dit het Alex genoop om eers na hoëdruk en later ultra-hoëdruk weidingstelsels te beweeg.
“Toe ek aanvanklik die som gedoen het om net uit die voerkraal 'n inkom ste te maak, het ek besef dit kan nie so werk nie, want ՚n mens was as prysne mer te afhanklik van die markprys. Ons het kuilvoer begin plant omdat dit ons grootste energiebron is. Daarmee kon ons 60% minder voer aankoop en so ons koste verminder, maar daar was steeds plek om koste te besnoei. Dit is toe dat ons die ander plaas vir besproeiing aangekoop het,” vertel hy.
Verdere verbetering het ingesluit om net ligte kalwers te koop vir vetmaak en ՚n teeltrop te hê wat ongeveer 500 tot 600 kalwers per jaar lewer.
Nadat die kuilvoer gesny is, vorm die lande en mieliereste ook deel van die weiding waar teeltroppe ingejaag word. Met dié benadering het Alex ook laer uitgawes vir onkruidbeheer, want die beeste eet alle groen blaartjies op die veld, behalwe die giftige bossies waarvan hulle moet wegbly.
Die kanonspuit spuit water tot 40 meter ver! ՚n Mens sal heeldag vir die spuit kan staan en kyk.
Van grond tot mond met Ocmiskruipspuite
In die middel van die pandemie se inperkings het Alex-hulle met ՚n slaghuis begin toe daar in die omgewing ՚n be hoefte aan vleis was. Hulle voorsien self die vleis vanuit die voerkraal. “Wanneer die beeste slagpale toe gaan, gebruik ons ՚n gedeelte van die vleis vir die slaghuis en die res word terug aan die slagpale bemark,” sê hy.
“Ons leuse is ook weet wat jy eet. Daarom kan jy in enige stadium opvolg waar die vleis vandaan kom– daardie opspoorbaarheid is vir ons belangrik,” vertel Alex.
“Ons het klein begin, maar nou moet ons al ՚n groter slaghuis bou. Waar ons aanvanklik net in Randfontein verkoop het, ry ons na Roodepoort en Krugersdorp ook. Nou het ons tot afleweringsvoertuie en navrae oor verspreidingsreggeleenthede.
“Om jou eie vleis te verwerk en te verkoop is ՚n belangrike aspek van waardetoevoeging tot jou eie produk.”
Sukses met Irrigation Unlimited se Ocmis-spuite
Die vermoë om soveel beeste per jaar te kan bemark is te danke aan die Ocmiskruipspuite van Irrigation Unlimited wat die boerdery aangeskaf het. “Ons het twee R1/1-75/220 Ocmis-spuite wat die ultra-hoëdruk weidingstelsel na nuwe hoogtes geneem het. Die een kruipspuit kan voor loop en natmaak, dan vreet die beeste in die middel en agter loop die ander spuit om die weiding weer te laat groei,” verduidelik Alex. “Ons plant elke jaar 100 ha weiding.”
Die groenvoer wat Alex-hulle plant hang af van die seisoen. In die winter plant hulle Agrilife 2 en in die somer Agrilife 12. Dit is omdat hierdie saad mengsels op spesifieke tye van groei belangrike minerale en proteïne bevat.
Alex se pad met Irrigation Unlimited het begin by NAMPO in 2018, en in 2019 is die spuite afgelewer. “Ons het lank somme gemaak voordat ek besluit het om twee te koop. Die Ocmis-spuite is bekostigbaar, dus kon ons in twee belê om te kyk of dit in ons stelsel inpas sonder dat dit ons ՚n arm en ՚n been gaan kos.” Die lae onderhoudskoste is vir Alex-hulle ՚n bonus.
“Ek wou gehad het hy moet 250 m kan uittrek, maar hy spuit reeds 35 tot
Die ultra-hoëdruk weidingstelsel werk deur die beeste in klein afgekampte gebiede op die aangeplante weiding in te jaag. Die beeste vreet dan die deel skoon voordat hulle na die volgende ry geskuif word. Die skoongevrete deel word dan weer met die Ocmis-kruipspuit besproei.
40 meter ver. Toe besluit ons op die 220 meter masjien,” vertel hy. “Ek het Tobie van Irrigation Unlimited gesê wat die waterbehoefte is en hy het die res van die tegniese vereistes bepaal en ՚n 75 mm pyp voorgestel.” Elke spuit kan aangepas word volgens jou behoeftes.
Die voordeel van die Ocmis-stelsel is dat dit verskuifbaar is. Jy kan dit skuif na waar dit nodig is — selfs ՚n ander plaas! Wanneer ՚n onvoorsiene gebeur tenis insluip soos ՚n pomp wat breek, kan Alex en sy werkers diere vinnig na ander kampe skuif en die besproeiingseenheid saamneem. “՚n Klein trekker verskuif ook die outjie moeiteloos,” voeg hy by.
Met hierdie twee spuite saam be sproei AJ Boerdery lag-lag 80 ha.
Die masjien self is wateraangedrewe en gebruik geen elektrisiteit nie. Op
Die resultate wat hierdie kruipspui-te lewer, het Alex beïndruk. “In alle eer likheid het ek aanvanklik getwyfel oor my besluit, maar na net ՚n week het ek erken ek sal nooit weer iets anders gebruik nie. Ons het die spilpunte wat ons gehad het juis verwyder omdat hierdie besproeiingstelsel soveel beter by ons behoeftes pas.”
Omdat die kruipspuite verskuifbaar is, kan Alex minder bekommerd wees oor diefstal. “Die Ocmis-eenhede kan ons toesluit in die skuur wanneer ons vir ՚n naweek weggaan of selfs wanneer hulle nie gebruik word tydens die reën seisoen nie. Dit het ook nie onderdele wat diewe aanlok nie,” verduidelik Alex.
Hierdie twee spuite werk alreeds drie jaar hard vir AJ Boerdery. “In die tyd het die masjiene nog nie een maal gebreek nie en Tobie moes nog nie een keer herstelwerk doen nie. Hy het ons net gewys waar die onderdele gereeld geghries moet word.
Anders as ՚n spilpunt wat omwaai wanneer die storms by Alex-hulle opsteek, bly die kruipspuite staan.
Om die kruipspuit te beheer, word die masjien se spoed gestel volgens ՚n tabel wat wys hoeveel mm water teen watter spoed gelewer word. As jy meer water wil spuit, verander jy die spoed met ՚n hoër rat of groter spuitpunt.
Wat die masjien ook doeltreffend maak, is dat jy die hoek waarteen die kanonspuit werk ook kan verstel om dele wat die beeste gaan vertrap te vermy.
“Ek sal definitief hierdie kanonkruipspuite aanbeveel, veral vir boere wat gebruik maak van ՚n ultra-hoëdruk weidingstelsel.
“Tobie se naverkopediens is uit stekend. Veral aan die begin was ek onseker oor hoe om die tabelle te ge bruik, maar hy het altyd gehelp. Hy het ook verskeie kere deurgery om seker te maak ons kom reg,” verklaar Alex.
Alex se plaas pomp die boorgate water in twee opgaardamme en een besproeiingsdam. Daar is ՚n pompkamer waar Alex-hulle ՚n motor met veranderlike spoed (VSA) het om die lewering van water vanaf die besproeiingsdam na die kruipspuite te beheer.
“Beurtkrag is wel ՚n uitdaging met die pompe, daarom beoog ons om bin nekort nog twee spuite van dieselfde model aan te skaf.”
Skakel Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited by +27 82658-6054 of +27 12-736-2121 om jou volgende kanonspuit te bekom. Stuur gerus ook ՚n e-pos aan tobie@ iunlimited.co.za of besoek die web tuiste www.iunlimited.co.za vir meer inligting.
ReMaCon se splinternuwe produk, betonwaterkrippe, gereed vir jou plaas.
ReMaCon stel bekend: Onderhoudsvrye betonwaterkrippe vir jou vee
deur Bianca Henningpersent teen baldadige diere.
“Die water kan uit die betonkrip getap word met ՚n 32 mm inskroef prop aan die kant van die krip, en weer volgemaak word met die beheer van ՚n balklep of kraan,” voeg Silvio by.
Laat die water maklik uit met die 32-mm uitlaat.
Min dinge in die lewe is so lekker as om te sien hoe vee diep teue lekker koel, vars water uit ՚n skoon, stewige krip drink. Watervoorsiening aan vee in veldkampe is een van die belangrikste aspekte in enige boerdery. Veral in die droër gedeeltes van ons land soos die Karoo en Kalahari, is water die enkele belangrikste oorlewingsmiddel vir mens en dier.
Boere gebruik dikwels enigiets wat water kan hou as krippe in hulle kampe: ou baddens, groot plastiek- of staalbakke, selfgemesselde krippe, noem maar op ... en dit lek, breek, val om, roes of die beeste breek knaend die toevoerklep af.
Geen wonder dat boere ReMaCon, die vindingryke vervaardigers van YFEL-bunkerboublokke en gewilde betonvoerkrippe, gevra het om ook betonwaterkrippe te vervaardig nie.
ReMaCon is die trotse vervaardiger van betonstrukture. “Ons het eers die betonvoerkrippe bekendgestel, wat baie gewild is onder boere en die lewendehawemark,” sê Silvio Ferraris, besturende direkteur van ReMaCon.
“Ek is baie opgewonde oor ons betonwaterkrippe. Op hierdie stadium vervaardig ons slegs een standaardgrootte. Na die bekendstelling van die produk en soos navrae toeneem, sal ons die groottes daarvolgens aanpas en ons reeks uitbrei.”
ReMaCon se waterkrippe word tans in ՚n standaardgrootte vervaardig. Die krip is 2,5 meter lank, 500 mm breed, 300 mm hoog en hou 350 liter water. Die betondeksel bo-op die krip is 500 mm breed, 650 mm lank en 80 mm dik met twee gleuwe om die deksel mee op te lig. Dit beskerm die balklep honderd
Voordele van die betonwaterkrippe:
• Die skuins en gladde afwerking, asook die ronde hoeke aan die binnekant van die krip maak die skoonmaakproses makliker.
• Min onderhoud.
• Die krip is sterk en duursaam.
• Geskik vir talle soorte vee en wild op die plaas.
• Die krippe word nie deur weersom standighede beïnvloed nie.
• Vee kan nie die krippe beskadig, verskuif of vervorm nie (die krip weeg 818 kg).
• Diere drink met gemak.
• Die beton hou die water koel in die somer, waar plastiek- en rub berkrippe baie hoë temperature bereik.
• Die krippe roes nie en sal enige ander tipe krip oorleef.
• Die krippe word nie beskadig tydens veldbrande nie.
• Die krippe het betondeksels wat die klep teen sonverwering en bal dadige diere beskerm.
• Die betondeksel kan ook afgehaal word om meer drinkruimte vir die vee te maak.
“Soos met al ons ander produkte, is ons betonwaterkrippe verskuifbaar. Die krippe kan verskuif word met hangstroppe,” verduidelik Silvio.
ReMaCon is toegewyd daartoe om
Die betonkrippe word ook as standaard toegerus met betondek sels om jou kleppe te beskerm teen sonverwering en vernielsugtige diere. Die deksel kan ook afgehaal word om meer drinkruimte vir die vee te maak.
duursame en langdurende produkte aan boere te bied. Stuur jou navraag vandag nog om ՚n prysopgawe te ontvang. Sodra die nodige prosesse afgehandel is, kan jy jou produkte by hulle fabriek gaan afhaal, of alternatiewelik kan vervoer reëlings getref word.
Die ReMaCon-span is baie opge wonde oor die amptelike bekendstel ling van hulle betonwaterkrippe. Vir enige navrae of om jou betonwater krip vandag nog te bestel, kontak Stephnie du Plessis by 082-781-1596 Besoek ook hulle webwerf by https://remacon.co.za om meer uit te vind oor hulle wye verskeiden heid betonprodukte.
Nuus: Water skep twee wêrelde
deur Tisha SteynDie Klein-Karoo en Suid-Kaap beleef tans albei “twee wêrelde in een”. So sê Henry Meyer, suiwel- en graanboer van Mosselbaai, en Laubscher Coetzee, volstruisboer van Oudtshoorn.
Suid-Kaap
“Saaiboere soos ek wat koring, kanola en hawer het wat ons wil platsny, stroop en baal, soek nou ՚n bietjie mooiweer, terwyl boere met weiding reën kort,” sê Henry.
Hy meen die afgelope ses, sewe jaar se droogte is nie gebreek nie, want die kleierige ondergrond seekant van die Outeniekwas bly droog. “Die wêreld is mooi groen want ons kry elke nou en dan so vyf tot tien millimeter en daar het selfs nou die dag 20 mm Knysna se kant toe uitgesak. Dit sorg vir bietjie water in die bergstrome, maar die vog hou ook net ՚n week, dan is dit weer op.”
Bergstrome
Elke bietjie reën wat nou val voed darem die bergstrome, waarvan boere van die Gouritsrivier by Albertinia tot by Plettenbergbaai afhanklik is. Water wat uit die bergstrome gepomp word, word regstreeks vir besproeiing gebruik of om damme vol te maak.
Weens die min winterreën is damme wat in die winter volgemaak word om voorsiening te maak vir somerbe sproeiing, glad nie vol nie. “Ons het die damme vinnig leeg besproei, want ons moes van die wintergewasse wat tradisioneel winterreën kry, met die somer se besproeiingswater in die damme natmaak,” verduidelik hy.
Henry sê die droogte in die KleinKaroo het ՚n invloed op die hoeveelheid water wat boere duskant die Outeniek was tot hulle beskikking het. “Omdat dit nie in die Klein-Karoo reën nie, kry die reservoirs in die berge wat ons strome voed, nie genoeg water nie. Dit is al sedert 2016 ՚n probleem.
“Toe dit verlede jaar goed in die Klein-Karoo gereën het, het ons ՚n groot verbetering in die afvloei uit die berg gehad. Ons oeste lyk vanjaar glad nie soos verlede jaar s’n nie; daar is beslis nie rekordoeste op die lande nie.”
Arbeid
Henry meen die hoë insetkoste gaan daartoe lei dat boere net-net gelyk
Damme water staan na goeie reën in die Volmoed-omgewing langs die Olifantsrivier, maar die droogte is steeds fel en boere bid vir reën. (Foto: Verskaf)
breek of dalk sit met oorlaatskuld wat na volgende jaar oorgedra word.
“Insetkoste bly maar te hoog. Loonsverhoging is nie ՚n probleem nie, want ek sien wat dit kos om net te kan oorleef. Die groot probleem met arbeid is onproduktiwiteit, want mense bly van die werk af weg en stel nie regtig belang in wat hulle doen nie. Om op te daag vir werk raak ՚n spesiale vaardigheid.”
Hy vertel hy het vier jongmense in diens geneem met die doel om hulle op te lei om die Jerseykoeie te melk. “Hulle was ՚n jaar hier, maar al lei jy hulle op, kry jy hulle nie iets geleer nie – hulle stel net nie belang nie. Tog wil hulle ՚n topsalaris hê soos ՚n werker
met twintig jaar ondervinding. Een van die jongmanne meen selfs hy behoort eintlik baie meer te verdien omdat hy die ‘meeste sukkel op die plaas’.”
Henry voorsien swarigheid met die regulasie dat buitelandse wer-kers na Desember die pad moet vat. “Plaaslike werkers word deur die wet beskerm, maar bring nie hulle kant nie. Ons buitelandse werkers hou die boerderye aan die gang. Ek weet nie hoe dit sal gaan sonder ons staatmakers nie ...”
Elektrisiteit
Kragtariewe wat opgaan geld nie net vir elektrisiteit wat verbruik word nie, maar ook vir die huur van kragpunte. “As die kragtariewe met 20% opgaan,
betaal ek ook 20% meer vir elke kragpunt. As daar beurtkrag is en ons het nie elektrisiteit om te pomp of te besproei nie, word die gebrek aan die diens nie in berekening gebring nie –ons betaal steeds daarvoor.”
Dit raak veral erg wanneer ՚n stroom bietjie water kry en afkom. “Ons kan nie die water net laat wegloop nie, ons moet maar die kragopwekker gebruik om te pomp. Ons damme raak net al hoe leër.”
Beurtkragtye maak dit bitter moeilik om ՚n melkery te bedryf, veral wanneer onderbrekings van 06:00 tot 08:00 en weer vanaf 16:00 tot 18:00 plaasvind is. “Dit kos tussen R600 en R1 000 se diesel per dag om die kragopwekker te gebruik, want die melk in die tenks moet ook afgekoel word.”
Beurtkrag raak die hele waardeket ting van die produkte. “Dit beïnvloed ook silo’s waarin graan, veral kanola, opgeberg word nadelig. Kanola moet
heeltyd deurlug word, anders muf dit. Die silo’s moet ook met kragopwekkers aan die gang gehou word.
“Hoe ons oorleef, weet ek nie – ons raak regtig agter. Dit raak al hoe taaier om te boer. Gelukkig het ons ՚n goeie departement van landbou in die WesKaap, en Agri Wes-Kaap help ook waar hulle kan. Ek glo ons oorlewing berus daarop dat ՚n boer ՚n plan kan maak. Maar ՚n klomp mense gaan vou as hier nie gou iets kom nie – landbou is besig om dood te bloei ...”
Maar die boere hou moed, sê hy. “Ons hoop dat dit sodra die oeste af is behoorlik gaan reën en dat dit ՚n goeie nat laat November en Desember sal wees, soos allerweë voorspel word. Ons gaan aan met goeie geloof.”
Klein-Karoo
Beurtkrag veroorsaak dat derduisende rande per maand aan die sel vir kragopwekkers bestee moet word om die melkery aan die gang te hou. (Foto: Henry Meyer)
Laubscher Coetzee (vierde geslag) wat saam met sy seun Jacques (vyfde geslag) op die plaas Kandrif buite Oudtshoorn met volstruise boer en van die beste volstruisvere in die distrik lewer, sê boere in die Klein-Karoo val en kan die besproeiingsgronde op die oewers nie natgelei word nie. Ons moet maar net bly hoop en bid vir reën om ons deur hierdie moeilike tyd te dra.”
Die goeie nuus is dat die volstruis bedryf darem kop optel. “Die pryse is baie beter en ewenaar die pryse van voor die Covid-19-pandemie. Dit maak ons ՚n bietjie meer positief oor die situasie.”
Maar ook daar is ՚n kinkel: “Mielies en lusern vir voeding vir die volstruise het baie duur geraak. Die boere langs die Olifants het nie lusern nie, want daarvoor het ons water nodig. Dit plaas geweldige druk op die produksiekoste van volstruise.”
Dis nie al nie: Beurtkrag hou ook ekstra koste in. “Dit is broeityd en ons broeikaste moet loop. As Eskom nie krag kan lewer nie, en veral wanneer ons fase 6-onderbrekings ervaar, moet ons baie geld aan diesel spandeer om ՚n kragopwekker aan die gang te hou. ՚n Mens kan nie ՚n broeikas laat koud word nie!”
ook in twee kampe wat die beskikbaar heid van water betref.
“Ons is as’t ware in twee wêrelde waarvan een baie beter af is as sowat twee, drie jaar terug. Boere hoër op in die Swart- en Kammanassieberge vaar goed, want die droogte by hulle is basies gebreek. Hulle lei al sedert verlede jaar water en gaan steeds voort. Ek hoor nou die dag van die boere by Schoemanshoek, het al water uit die kanaal afgekeer, want hulle damme is vol.”
Die teendeel geld vir boere op die oewers van die Olifantsrivier op die sentrale en grootste landboudeel van die Klein-Karoo. “Hier is dit nog kritiek droog, want die takriviere loop nie sterk genoeg om tot onder in die Olifantsrivier uit te kom nie,” sê Laubscher.
“Ons het nog baie reën in die berge nodig, want as dit nie meer as 100 mm reën nie, kom die water nie by die boere laer af langs die Olifants uit nie
Suiwelbeeste
Kontak Henry Meyer by 072-3721277 of pleasantview@vodamail. co.za.
Kontak Laubscher Coetzee by 082898-5941 of info@kandrift.co.za.
Tien weglooposse, 'n visioen … en vye-jenewer
Wat het tien osse gemeen met vyejenewer wat internasionale toe kennings opraap? Alles. Want die tien wegloop-osse het in die laat 1880s op ՚n wonderbaarlike manier daartoe gelei het dat die Barnards in Waboomskraal beland het.
“As dit nie vir die osse was nie, was ons dalk vandag nie hier nie,” sê Dean Barnard, vyfde geslag Barnards wat in die Geelwalle-omgewing in die skilderagtige Waboomskraalvallei boer.
Die Barnards was van oorgrootoupa Andries se tyd in die laat 1800s tot vandag planmakers. Dean, wat in 2004 saam met sy pa, Deon, begin boer het, is ՚n ware ՚n boere-ondernemer. Hy sien ՚n geleentheid en gelei deur gebed, voeg hy waarde toe tot alles wat die rykdom van die aarde bied.
Groen-goud
“My voorouers het in die 1880’s in die Jonkersberg onder kontrak stinkhouten geelhoutbome gesaag,” vertel Dean. “Hulle was togryers in die Sinksabrugomgewing. Hulle het tien osse gehad en my pa Deon onthou nog die name: Tottie, Shortie, Regter, Roos, Skulder, Matroos, Dapper, Stap, Toldraai en Lap.
deur Tisha SteynDie osse se name het verwys na een of ander eienskap van die osse wat uit gestaan het, so Skulder verwys eintlik na Nederlands schouder (shoulder). Maar laat ons nie nou ingaan op Tottie se naam nie ...”
Dean vertel: “Op ՚n dag het die tien
uitgespande osse weggeraak. Hulle is later bo-op Platberg gevind waar Highlands Lodge vandag is. Uit die hoogte het oorgroot-oupagrootjie Andries ՚n mooi klomp stinkhout- en geelhoutbome gesien, wat tot die belangrike besluit gelei het om grond
in Waboomskraal te koop. Uiteindelik het hulle met die geld wat die hout, of groen-goud, verdien het, driekwart van die grond in die vallei vir 1 200 pond ‘op skuld’ gekoop.
In 1912 het hulle die eerste plase in Waboomskraal gekoop en begin ontbos en ontwikkel. Vandag boer hier nog vier Barnard-broers, naas Deon en Dean, ook Deon se broers, Sakkie en Fanie.
Die bome is afgesaag en bo van Platberg af in die rigting van George afgerol. Vir die doel is slote gegrawe en na die bome met treksae afgesaag is, is dit met die span osse tot bo-op Platberg gesleep en teen die berghang afgerol, waar die bosboudepartement dit in ontvangs geneem het. “As mens weet waar om te kyk, is die sleeppaaie nog sigbaar,” sê Dean.
Die hout is op die wa gelaai en na Swellendam geneem. “Met die geld is twee maande se kruideniersware gekoop; die res van die geld is ge bruik om die plase af te betaal by ՚n prokureur op George.”
Volgens oorlewering het een van die Barnard, broers, Marthinus, wat blind was, saam met ՚n werker, Jakob, die Montagupas te voet aangepak om die geld by Raubenheimers te gaan inbetaal. Teen 1930 was die plase gro tendeels afbetaal.
Waboomskraal
Waboomskraal, destyds as Wagen boomskraal bekend, kry sy naam van die protea-spesie wat in die volksmond as waboom bekend is omdat dit in die tyd van waens gebruik is om wielsparre en remblokke te maak. Die ‘kraal’ verwys na die Outenikwaberge wat die vallei feitlik omring. Die plaas se naam Kouwdouw verwys na die koue mis wat van die berge af in die vallei afsak en die dou wat dan oor die landskap lê.
Deon is in 1955 op Waboomskraal gebore. “Daardie jare was die boerdery maar primitief – hier was nie trek kers en vragmotors nie, net die ou Chev- en Ford-lorrietjies van vyf tot sewe ton wat die vrugte en groente na varsproduktemarkte in Port Elizabeth en Epping in Kaapstad aangery het. Hier is tot druiwe geplant ... en die Barnards vat dit nog verder met aan plantings van neute.
“Destyds is hier appels en perskes geplant wat aan die Langeberg-in maakfabriek op Mosselbaai gelewer is. Groente soos tamaties, aartappels, uie, kool, skorsies en pampoene, is Maan dae en Woensdae op tot 13 lorrietjies gelaai en mark toe gevat.”
Met verloop van tyd het groen teboer-dery begin afneem namate groente-boere nader aan die markte die oorhand gekry het; vervoer was duur en dit was het nie meer betaal om groente so ver aan te ry nie.
Die boerderye in die ryk vallei het baie werk geskep en werkers is van Dysselsdorp tussen Oudtshoorn en De Rust aangery. Met verloop van jare het die werksgeleenthede afgeneem tot seisoenwerkers.
Die vallei het goeie koue-eenhede wat belangrik is vir vrugte en hier is
aard net tussen die 40 en 45 noord- en suid-breedtegraad. Naas die ligging, maak die gematigde wind, reënval, koue winter en lang, warm somerdae die vallei geskik daarvoor. Hop het ook tussen 450 en 500 mm water per jaar nodig en die vallei se reënval was nog altyd bestendig, buiten in erge droogtetye.
Hopverbouing het in 1935 begin toe die Fernridge-proefplaas in George begin het en die landboudepartement die botanis, Ernest Baker, aangestel het om met proefnemings te begin. Daar was in ՚n stadium 28 plase waar hop verbou is, maar teen 2015 het dit afgeneem tot agt boere, waarvan sewe in die vallei was en een in George. Tans is daar net sewe oor.
Dean vertel sy oupa Izak het in die Geelwalle-gebied met groente geboer. In die 1900s het hulle ook met ko-ring, groente en melkkoeie geboer en hulle inkomste aangevul met die pluk van besemgoed, oftewel fynbos, wat in die berge gepluk is en in Oudtshoorn verkoop is om besems van te maak. Later het Deon perskes geplant, en in 1983 ook op die hop-wa geklim. Vandag is al die dele van die plaas wat daarvoor geskik is onder hop, wat ses maande van die jaar intensief verbou word. Feitlik al die hop wat in die vallei verbou word, word aan SA Brouerye verkoop.
Hop, wat gebruik word vir die maak van bier, word feitlik eksklusief in Waboomskraal verbou. Die plante groei tot agt meter hoog.
baie water. Die afgelope paar jaar word hier ook kiwi-vrugte geplant wat baie goed aard.
Hop
Die vallei is die suidelikste plek in Afrika waar hop verbou word, want dit
In ՚n stadium het die Barnards ook rooi An gusse aangehou, maar dié moes hulle weens die droogte verkoop. Die lusern wat hulle aangeplant het, het nie so goed gevaar nie, en in 2016 het hulle be gin pekanneute plant. Vandag het hulle sowat sewe hektaar daarvan wat volgende jaar in produksie gaan kom. In 2017 het hulle pruime ge plant, wat steeds uitbrei, terwyl hulle nou ook amandels verbou.
Die plan is om die neute aan ՚n maatskappy in Hartswater te verkoop, maar vorentoe kan hulle self die neute verwerk.
In ՚n stadium het hulle ook vye aangeplant, maar die boorde is in 2019
uitgebrei na amandels, wat ook vol gende jaar in produksie kom.
Vrugte-in-'n-bottel
“Omdat net die helfte van die vye uit gevoer kan word en 'n mens min geld kry vir Graad B-vrugte, het ons besluit om ‘vrugte-in-՚n-bottel te begin verkoop,” sê Dean. In ՚n stadium het sy ma, Mariana, tot 14 000 bottels konfyt per jaar gekook.
Die gedagte van vrugte-in-՚n-bottel het gegroei. “Een Oujaarsaand het ons lekker gekuier en ek het vir die eerste keer jenewer gedrink. Net daar het ek
besluit om self jenewer te begin maak."
In Januarie die volgende jaar het hy vir ՚n kursus ingeskryf om die begin sels van jenewerproduksie te leer. “Teen April het ek my eerste resep vir sjokolade-en-aarbei-jenewer geskryf, en in Desember my tweede resep, dié keer vir vye en swartpeper.”
Die geheime resepte en bestanddele word by ՚n boetiek-jenewerdistilleerder op Mosselbaai gelewer waar die je newer distilleer word. Slegs ՚n beperkte aantal bottels word gemaak.
Visioen
“Daar word altyd gesê ՚n mens kan van enigiets sap maak, buiten avokado's, piesangs en vye …”
Dean het begin eksperimenteer met die onttrekking van sap uit vye. “Vir die eerste probeerslag het ek net vyf liter sap uit sowat 400 kg vye gekry,” vertel hy. Baie bid en probeer, maar een nag het hy ՚n visioen gehad waarin hy presies gesien het hoe hy moet maak. “Die Here het vir my gewys pre sies hoe om sap uit die vye te kry.”
Die volgende oggend was hy al douvoordag by die kombuis waar hy sy resepte ontwikkel. “Toe ek probeer om sap te onttrek soos wat ek in my visioen gesien het, het ek sewe liter sap uit 20 kg vye gekry!”
Die jenewer word onder die naam 10 Oxes bemark, en elkeen is vernoem na een van die tien osse. Die gewilde vyeen-swartpeper-jenewer, wat al talle na sionale en internasionale toekennings verower het, heet Skulder.
“Ons beplan om later ook brandewyn en whiskey te maak, en elkeen van die produkte sal ՚n os se naam dra.”
Dean is nog geheimsinnig oor die maak van jenewer van vars hop. Dit is moeilik om met vars hop eerder as die gedroogde keëls wat gewoonlik in bier gebruik word, te werk. “Die vroulike plante se blomme moet binne vier uur
Oppie Plaas Venue
Hulle het die Oppie Plaas Venue in 2010 geskep waar 35 tot 47 troues per jaar gehou word. Die huwelik word in die ou klipkraal met sy houtstompe met kussings voltrek, voor die gaste aan stap na die lokaal waar 250 gaste met gemak kan aansit vir heerlike kos uit die kombuis.
Vir meer inligting, kontak Dean Barnard by 072-996-1668 of stuur ՚n e-pos na info@oppieplaasvenue. co.za of besoek die webtuiste by https://oppieplaasvenue.co.za/
In 'n stadium is hier naas aartap pels, tamaties, graan, lusern en ver skeie groentesoorte ook uie verbou. Hier wys Johan Barnard, 'n neef en voorman op die plaas, die reuse-uie.
en onder koel omstandighede verwerk word, anders verlep dit en die geur verander.”
Maar soos die aarbeie-en-sjokolade-, en vye-en-swartpeper-jenewer, gaan hop-jenewer ook uniek wees.
Verwysingsbronne
Steyn, T. (2015) Bakermat van bier se bitter. Netwerk24 https://www.netwerk24.com/ netwerk24/bakermat-van-bier-sebitter-20150828
Van Wyk, A. (2019) Die Barnards van Waboomskraal (en die geskiedenis van 10 trekosse) SSK Wen akker Nuusbrief, Desember 2019 https://www.ssk.co.za/wp-content/ uploads/Dec-2019-Wenakker.pdf
Die aarbei-en-sjokolade-jenewer het al gesogte toekennings ontvang, net soos die vye-en-swartpeper-jenewer.
Most
The self-cleaning Flygt N-pump is extraordinarily energy efficient. Many of our customers report energy savings of up to 50% with any new Flygt N-pump. That’s why we guarantee you’ll save at least 25% on energy consumption compared to your currently installed non-Flygt pump or we’ll make up the difference.
And speaking of money, thanks to the breakthrough N-impeller, clogging and breakdowns are virtually a thing of the past. This means you can cut the cost of regular and emergency maintenance. The Flygt N-pump increases productivity and ensures sustained high efficiency in operations.
ads make promises. This one gives guarantees.
Die volstruisbedryf in die Klein-Karoo deel 2: Só knou voëlgriep die volstruisbedryf
Voëlgriep is ՚n nare werklikheid wat aanvaar en bestuur moet word.
Die voëlgriepvirus (HPAI) kom nie net onder pluimvee voor nie, maar ook onder volstruise op kommersiële plase, en wilde voëls, insluitend migrerende watervoëls, wat vermoedelik die virus van elders in die wêreld oordra na inheemse voëls, wat dit verder ver sprei. Saadvretende voëls soos duiwe, en ook seevoëls en selfs aasvoëls word daardeur aangetas.
Sedert die hoogs aansteeklike HPAI in April 2021 op ՚n kommersiële pluimveeplaas oos van Johannesburg uitgebreek het, het 85 uitbrekings in Gauteng, die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en KwaZuluNatal voorgekom. Dit het daartoe gelei dat 3,7-miljoen henne, veral lê-henne, vankant gemaak moes word.
Volgens die nasionale departement van landbou se verslag oor voëlgriep: H5 and H7 van 3 Junie 2022, het uit brekings onder kommersiële volstruise in die Oos-Kaap en Wes-Kaap voorge kom, maar die meeste van die gevalle is opgeklaar. In die Wes-Kaap is daar tans net enkele uitbrekings in Hes sekwa en Witzenberg.
Deel van die natuur “Ek dink ons moet net bietjie tus sen ons newels van onwisbaarheid en beheerbeheptheid kyk en besef dat ons deel is van die natuur, al probeer ons dit uitermate onderwerp aan ons
wille en grille,” sê dr Adriaan Olivier, volstruis-veearts by die Suid-Afrikaanse Volstruissakekamer (SAOBC) op Oudtshoorn.
“Dit was nog nooit ՚n nuwe skaars siekte nie – dit is lankal bekend as
‘fowl plague’ wat massas pluimvee kon dood-maak. Die huidige baie hoë voorkoms kan waarskynlik toegeskryf word aan ons beter vermoë om die virus te ondersoek en te moniteer. Dit kan dalk ook toegeskryf word aan die mens se impak op die fyn balans van
die natuur, want skielik het wilde voëls makliker toegang tot kos- en water bronne. Miskien verkeer die wilde voëls onder meer spanning in die natuur, wat daartoe lei dat gewone draers verder beweeg of hoër vlakke van die virus uitskei.”
Volgens dr Olivier kan of wil die mensdom maar net nie leer dat die siekte soos vele ander nou deel van ons siektebestuur-strategieë is nie. “In Europa word daar nou ernstig gekyk na enting, wat voorheen totaal taboe was. Dit is ՚n belangrike deurbraak 26 jaar sedert die vrees in Hongkong ontstaan het dat die H5N1-virus mense kan doodmaak. Die vankantmaak van miljoene pluimvee (en honderde volstruise) het egter bewys dat dié drastiese stap geen werklike verskil gemaak het nie.”
Beheer en bestuur van HPAI onder volstruise
Die beheer van uitbrekings berus op voorkoming deur goeie bestuursprak tyke, tydige identifikasie en die toe passing van biosekuriteitsmaatreëls. Dit verwys na ՚n stel praktyke wat enting, monitering en beheer van beweging en toegang insluit.
Maar selfs die strengste biosekuriteitsmaatreëls het geen beheer oor die risiko van wilde voëls wat die virus in ekstensiewe volstruisboerderystelsels versprei nie.
Navorsing by die Wes-Kaapse Departement van Landbou se navorsingsplaas buite Oudtshoorn, toon dat selfs ՚n klein persentasie wilde voëls weens klimaat- en ekologiese omstandighede by sommige plekke, soos by mere, dwarsdeur die jaar die virus kan onderhou. In Suid-Afrika word voëlgriep ver eenselwig met migrerende spesies wat die virus na inheemse watervoëlspesies oordra. Daar is ook sogenaamde brug spesies, insluitend saadvreters soos duiwe, wat die virus verder versprei en ander voëls daarmee besmet.
Die oordrag van virus deur wilde voëls kan teoreties enige tyd van die jaar plaasvind, alhoewel dit aanvaar word dat die kouer, natter herfs- en wintermaande die virus se oorlewing bevoordeel omdat volstruise se gesondheid en weerstand dan onder meer spanning is.
Aan die ander kant kan die virus ook
'n Jong volstruiskuiken wat in broeikampe grootword is lekker kos vir jakkalse en ander roofdiere en word daarom gewoonlik in kleiner kampe aangehou totdat hulle drie maande oud is. (Foto: Pixabay)
in warm, droë somermaande versprei, want dan is veldkos skaars en wilde voëls word na voer- en waterbakke in volstruiskampe gelok. “Bestuursprak tyke moet dus daarop gemik wees om die volstruise so groot te maak om die risiko en uitwerking van besmetting te verhoed en verminder.”
Die simptome en uitwerking van die virus op die volstruis hang af van die virusstam, die gasheer en omgewingstoestande. Sommige virusstamme is meer aggressief en versprei vinniger.
Omgewingstoestande wat die virus bevoordeel sal ՚n volstruis wat onder spanningsvolle omstandighede aange hou word, aantas en tot besmetting lei. “Dit is dus van die grootste belang dat volstruise altyd in ՚n goeie kondisie is sodat hulle weerstand teen die virus kan bied en ՚n laer risiko van ernstige simptome en vrektes het.”
Boerderypraktyke Boerderypraktyke speel ՚n belangrike rol in die verloop van die siekte. Bestuurs-
praktyke wat fisiologiese spanning veroorsaak lei tot verlaagde immuniteit en verhoogde vatbaarheid vir siektes.
Daarenteen kan goeie bestuurspraktyke wat op voorkoming fokus, fisiologiese spanning verminder en goeie gesondheid bevorder. Dit sluit die bestuur van voerbakke en voer, ontsmetting van water, die handhawing van higiëniese toestande, voorsiening van voldoende ruimte en beskutting teen uiterste temperature in.
“Deurlopende goeie bestuur wat daarop
Wanneer daar min kos vir wilde voëls in die veld is, kom soek hulle kos in volstruiskampe en dra so voëlgriep aan hulle oor. (Foto: Pixabay)
Volstruise sluk gruis in wat help met hulle spysvertering. (Foto: Pixabay)
Kou hieraan ...
... Kimtrafos is die beste oplossing vir jou diere.
Kimtrafos 6 & 12 Grandé
Fosfaat en spoormineraalaanvulling of konsentraat vir fosfaat-arm streke.
• Beskikbaar as ‘n konsentraat (P12) en klaargemengde produk (P6).
• In ‘n gerieflike korrelvorm vir ‘n stofvrye produk.
• Verryk met die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot fosfaat.
• Aangename melasse reuk en smaak om inname te bevorder.
• Bevorder produksie en vrugbaarheid.
• Verbeter groei en skeletontwikkeling.
• Veelsydige aanwending gedurende die reënseisoen of reg deur die jaar in fosfor-arm streke.
• Geskik vir beeste, skape en bokke.
Gebalanseerde dierevoeding. www.yara.co.za/animal-nutrition animal.nutrition.sa@yara.com
Tel: +27 (0)31 910-5100
Kimtrafos 6 Grandé - Reg. No. V23311 (Wet 36 van 1947)
Kimtrafos 12 Grandé - Reg. No. V18670 (Wet 36 van 1947)
Yara Animal Nutrition Suid-Afrika (Edms) Bpk. Reg. Nr. 2001/025850/07
gemik is om spanning te verminder en immuniteit te verbeter, kan die risiko van besmetting met voëlgriep beduidend doeltreffend verlaag,” sê dr Oilvier.
Dit is uiters belangrik dat die nodige biosekuriteitsmaatreëls ook deurlopend in plek moet wees om die volstruiskudde teen primêre besmetting deur watervoëls te beskerm. Dit beteken toestande wat wilde voëls lok en tot interaksie met die volstruise lei moet sover moontlik be perk word. Dit sluit ook in dat volstruise teen sekondêre besmetting deur besmette volstruise en besmette toerusting en besoekers beskerm moet word.
Die ideaal is om volstruise in ՚n geslote stelsel te hou waar geen volstruise van buite af ingebring word nie. Waterbronne moet ontsmet word en saam met voerbakke sodanig bestuur word dat dit nie wilde voëls oormatig lok nie. In die Klein-Karoo word oop water omhein sodat volstruise nie toegang daartoe het nie. Voerbakke word op ՚n hoogte geïnstal leer wat dit onmoont lik maak vir wilde voëls en watervoëls, insluitend kolgan se wat op die grond kos soek, om in te klim.
Besoekers moet deur middel van doeltreffende toegangsbeheer beperk word. Dit sluit in dat plaashekke van ՚n kennisgewing voorsien word wat die plaas aandui as ՚n biosekuriteitsge bied. Besoekers word net op afspraak toegelaat. Voertuie moet op ՚n spesi fieke plek parkeer en besoekers moet deur ՚n voetbad loop om seker te maak die virus word nie aan hulle skoene ingebring nie.
Beheerproses
Francois de Wet, besturende direkteur C apeKaroo International, sê volstruisboere moet waak teen besmetting met die virus, maar moet HPAI eerder beskou as ՚n uitdaging wat nuwe ge leenthede kan skep.
Die grootste nadeel van die besmet ting is dat selfs hitte-behandelde vleis nie deur die Europese Unie vir verspreiding in Europa toegelaat word nie, wat nog te sê vars vleis. Vleis van volstruise wat negatief toets is 10 0% gekon troleer en mag wel in die binneland versprei word. “Dit hou geen gesond heidsgevaar vir verbruikers in nie.”
Volgens Francois raak die uitbreking van 2021 nie die volstruisbedryf erger as die voriges nie. Plase wat posi
tief toets word as voorsorgmaatreël deur die Departement van Landbou in kwarantyn geplaas. “Daar was die afgelope jaar baie min H5-virus onder volstruise wat as hoog-patogeen getipeer is. Die vinnige reaksie van die departement help om hierdie en omliggende plase so gou moontlik vry te stel sodat hulle weer tot die mark kan toetree.”
Wanneer ՚n plaas positief toets word
• Gesondheid- en welsynsinspeksie word deur ՚n staatsveearts ge doen en deur nog inspeksies in die produksielyn bevestig.
Alle volstruise is deur middel van die plaatjie afsonderlik identifiseerbaar, die verskuiwings is naspeurbaar en ge sondheidstatus word bevestig. Dit bied sekerheid aan handelsvennote. Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se LITS-stelsel (Live stock Identification and Traceability Sys tem) werk volgens dieselfde beginsel.
“Ek is ՚n groot voorstander dat land bou steeds die basis is en bly van die skep van welvaart,” sê dr Olivier.
Piet Kleyn, hoofuitvoerende beampte van SAOBC, se leuse is: “Soek eerder na ՚n oplossing vir ՚n probleem as om jou blind te staar daarteen. Dit is beter om leiding te gee aan ons produsente en ՚n positiewe omgewing vir vooruitgang te skep deur iets uit die uitdagings te leer.”
al die plase in ՚n straal van 10 km ook in kwarantyn geplaas en die volstruise daar word ook getoets. Geen volstruisplaas wat virus-positief toets word toegelaat om enige volstruise te slag of na enige ander plaas te vervoer nie.
Francois meen volstruise is waar skynlik die spesie wat die strengste in Suid-Afrika beheer en gemoniteer word omdat ՚n bewegingspermit nodig is om hulle te kan verskuif. So ՚n permit bevat die plaatjienommer van elke vol struis wat toegelaat word om verskuif te word.
“Omdat die vleis nie uitgevoer kan word nie, verdien die boer minder vir sulke volstruise tot die kwarantyn op die indeksplaas opgehef word. Hierdie beperking was die afgelope vyf jaar op talle boere van toepassing en daarom skep die huidige positiewe uitbreking nie eintlik nuwe uitdagings nie.”
Geskik vir menslike gebruik
Die volstruise wat negatief toets se gesondheidstatus word bevestig as sonder besmetting wat ander pluim vee kan bedreig en geskik vir menslike gebruik.
Die volgende vereistes geld:
• Die volstruise moet voor enige beweging negatief toets
• Hulle moet met ՚n geldige permit vervoer word
Vir meer inligting, kontak vir dr Adriaan Olivier by 072-3762284 of stuur ՚n e-pos na saobcvet@saobc.co.za.
Verwysings
Engelbrecht, A. Bestuurspraktyke en avian influenza by volstruise. Wes-Kaapse Departement Land bou, Oudtshoorn Navorsingsplaas.
Scholtz, A.J. (2014) Biosecurity in practice. Ostrich manual. Western Cape Department of Agriculture.
Thukwana, N. (2022) South Africa reported 145 outbreaks of avian flu and culled 3.7 million birds in 12 months. Business Insider SA. https://www.businessinsider. co.za/south-africa-has-145-avi an-influenza-cases-betweenapril-2021-and-march-2022-37-mil lion-birds-killed-2022-6
Avian Influenza H5 and H7 out break update report (2022, June 3) Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development. file:///C:/Users/dxlxt/Downloads/ AVIAN%20INFLUENZA%20H5%20 AND%20H7%20outbreak%20up date%20report%20(1).pdf
13:
Só benadeel voorgeboortelike verliese jou skaapboerdery
Die lae lampersentasie (lammers gebore/ooie gepaar) van ooie in Suid-Afrika is kommerwekkend, want dit het ՚n regstreekse invloed op die inkomste uit skaapboerdery omdat die beskikbaarheid van surplusdiere vir verkoop daardeur beperk word. Dit plaas ook ՚n geweldige demper op die genetiese verbetering van ՚n ooikudde omdat dit streng seleksie bykans onmoontlik maak weens die beperkte aantal vervangingsdiere (jongooie) wat beskikbaar is.
Een van die groot redes, wat egter nie algemeen bekend is nie, vir ՚n swak be setting en ՚n lae persentasie meerlinge, is die afsterwing van bevrugte ovums (eiselle), embrio’s en fetusse. Embrionale en fetale vrektes is ՚n groot oor saak van lae reproduksietempo, maar ook van lae winsgewendheid by skape omdat dit ՚n versteekte verlies, die sogenaamde onsigbare winsvreter, is.
Embrionale vrektes
Die eerste 30 dae van dragtigheid word algemeen as die vroeë dragtige
stadium beskou, wat in die pre-inplantingsfase (eerste 15 dae na bevrugting) en die inplanting- of aanhegtingsfase (volgende 15 dae) verdeel word. Bevrugte ovums (eiselle) wat die eerste 10 dae van dragtigheid afsterf, vervloei en word geresorbeer. Embrio’s wat gedurende die aanhegtingfase (vanaf ± dag 11 tot ongeveer dag 30 tot 34) afsterf, word ook geresorbeer.
Hoewel dit in die praktyk baie moeilik is om die omvang van embrionale vrektes te bepaal, word dit waargeneem as ՚n hoë persentasie ooie wat oorslaan of ՚n hoë persentasie ooie wat in die tweede siklus lam en ՚n lae getal meerlinggeboortes lewer. Indien ՚n bevrugte eisel van ՚n ooi wat slegs een bevrugte eisel het, voor dag 12 afsterf, kom die ooi na 15 tot 18 dae weer normaalweg op hitte.
Sy kan dan weer beset raak, maar die meerlinggeboortes neem af omdat die ovulasietempo met die tweede hittesiklus laer as met die eerste is. Indien slegs een van twee embrio’s afsterf, sal die ooi ge boorte skenk aan ՚n enkeling wat kleiner as die gemiddelde van die enkelinge is.
Fetale vrektes Sodra die aanhegting van die embrio voltooi is, staan dit as ՚n fetus bekend. Aanhegting is rondom Dag 30 tot 34 voltooi, hoewel sommige navorsers van mening is dat dit nie volledig voor Dag 50 tot 60 van dragtigheid voltooi is nie. Vroeë fetale vrektes vind na aan hegting plaas en die dooie fetus kan geresorbeer of geaborteer word.
Embrionale verlies na aanhegting versteur ook die balans van verdeling, in die geval van meerlinge, tussen die twee baarmoederhorings, en die grootte van die oorblywende fetusse wat die variasie in die grootte tussen lammers van dieselfde ooi vergroot. Hierdie verskynsel kan ook wees weens die toevallige en oneweredige verdeling van die aantal kotiledons (plasentalobbe) tussen die onderskeie fetusse in die baarmoeder. Waar een fetus gedurende dragtigheid afsterf, sal die oorblywende fetus(se) met ge boorte kleiner wees as die gemiddelde grootte van die lammers met dieselfde geboortestatus.
Dit wil voorkom dat ooie wat die hoogste risiko loop om in ongunstige voedingstoestande een of meer fetusse te verloor, jongooie (veral dié wat op 12 maande ouderdom of vroeër gepaar is), veral dié wat tweelinge verwag en boonop van ՚n wolras is. Hoogs pro duserende ooie (byvoorbeeld hoë wolen veselproduserende ooie) is veral gevoelig vir spanningstoestande.
Oorsake van voorgeboortelike verliese Spanning
Die oorlewing, groei en ontwikkeling van die embrio en fetus is grootliks af hanklik van sy suksesvolle aanhegting aan die endometrium (baarmoeder voering of -wand). Spanning weens oormatige hantering (soos skeer; mikskeer; dip; dosering; enting; aftasting; kloue knip; vervoer; langafstandaanjaag); brommeraanvalle; ongure weerstoestande; skielike voeding- of weidingsverandering, asook skielike voedingspeilverandering gedurende paring en die eerste 42 dae na bevrugting, kan tot embrionale en fetale verliese lei.
Enige vorm van spanning moet veral die eerste 60 dae van dragtigheid, dus gedurende paring en die eerste 30 tot 42 dae nadat die ramme uitgehaal is, voorkom of beperk word, want dit kan tot embrionale resorpsie en fetale ver liese lei by hoërisikodiere (byvoorbeeld dié met meerlingfetusse; skraal ooie; jong- en ou ooie).
Vir maksimum embrionale en fetale oorlewing moet alle aktiwiteite tot minstens een maand nadat die ramme uitgehaal is, gestaak word. Ooie moet ook nie kondisie of gewig tydens paring en die eerste maand daarna verloor nie, aangesien dit ook tot embrionale en fetale verliese kan lei.
Voeding
՚n Verlies (afsterwe) van ՚n bevrugte ovum (eisel), embrio en fetus kan onder meer deur ՚n voedingstekort en/ of -wanbalans veroorsaak word. Met wanvoeding (veral ՚n proteïentekort) is daar gevind dat tot 55% van die ooie hulle embrio’s geresorbeer het. Waar ooie voor dekking in ՚n swak kondisie (< 2 KP) was en dan te na aan dekking (14 tot 21 dae voor die paarseisoen) oorvoer is, het ՚n hoë persentasie em brionale verliese voorgekom.
՚n Te lae voedingspeil gedurende die paarseisoen en die eerste maand na die ramme uitgehaal is, wat massaver lies tot gevolg het, kan tot embrionale en fetale vrektes lei. Daarenteen vind maksimum embrio-oorlewing plaas in dien die voedingspeil net na bevrugting tot die aanvang van aanhegting (dit is ± 14 dae na bevrugting) na ՚n onder houdspeil verlaag word, mits die ooie met paring in ՚n goeie kondisie was.
Die voorkoms van mikotoksiene (soos aflatoksiene; zearalenoon en
ergot) in gemufde voer of weiding kan tot embrionale verliese lei. Lusern- en eenjarige medic-weiding kan in sekere omstandighede (blaarsiektes as gevolg van virusse en swamme; voorkoms van roes; beskadiging van blare deur luise en insekte; vogtekort; tekort aan fosfaat, swawel en spoorelemente) fito-estrogene, bekend as koumestrol, afskei. Estrogeniese aktiwiteit is ook in gemufde grasse waargeneem.
Die paring van ooie op weiding wat goitrogeniese verbindings bevat, soos raap, radyse en kool, kan tot bloedar moede lei weens ՚n geïnduseerde ysteren kopertekort wat weer embrionale vrektes op dag 14 kan veroorsaak.
Inname van te hoë vlakke van oplos bare (byvoorbeeld ureum) en degradeerbare proteïen (byvoorbeeld pro teïenryke weidings; weidings wat met hoë vlakke van ureum of KAN bemes is; hoogs degradeerbare proteïenryke grondstowwe soos lupiene, ertjies, son neblomoliekoekmeel, ensovoorts) kan tot te hoë bloedureumvlakke lei, wat die oorlewing van sperme, eiselle (ovums) en embrio’s in die baarmoeder verlaag.
Die noodsaaklike spoorelemente wat bekend is dat hulle embrionale en fetale oorlewing kan beïnvloed, is koper, jodium, yster, mangaan, seleen en sink, asook kobalt. ՚n Tekort aan noodsaaklike spoorelemente, veral
seleen, vitamien A en vitamien E, veroorsaak verskeie reproduksieprobleme (byvoorbeeld resorpsie, aborsie, doodgeboortes, ensovoorts).
Siektes
Verskeie siektes (byvoorbeel ensoötiese aborsie; slenkdalkoors; wes selsbronsiekte; bloutong; pasteurella; ensovoorts), veral dié wat koors veroorsaak, asook interneparasietbesmetting (byvoorbeeld lewerslak) en bosluiskoors, kan almal tot embrionale en fetale vrektes lei. Die inskakeling van ՚n doeltreffende immuniseringsprogram in ՚n skaapboerdery in die Noord-Kaap het die verdwynfaktor, soos bereken van aftasting tot stertsny (sluit dus embrionale, fetale en lamvrektes in), vanaf 35% tot 16% verlaag.
Ander
By jongooie wat op ՚n baie vroeë ou derdom, byvoorbeeld 6 tot 8 maande ouderdom, gepaar word, is embrionale vrektes baie hoog weens die onver moë van die bevrugte eiselle om tot die aanhegtingstadium te ontwikkel. Embrionale vrektes is ook hoër by jongooie as by volwasse ooie.
Embrio’s van veral jong- en ou ooie, wat in ՚n swak kondisie met paring is, loop ՚n hoë risiko om te
vrek indien hierdie ooie op ՚n lae voedingspeil na bevrugting is (Robin son, 1986). Betekenisvolle hoër em brionale vrektes (50 vs 15%) het by maer ooie (1,5 KP) as by ooie in ՚n goeie kondisie (3 KP) voorgekom. Meer embri onale vrektes kom ook voor by ooie wat oorvet (≥ 4 KP) is, asook by ooie met meer as een embrio.
Riglyne vir beperking van voorgeboortelike verliese • Goeie bestuur- en voedingsprak tyke kan nie oorbeklemtoon word nie. Embrionale vrektes neem af soos die kondisie van die ooie tydens paring verbeter. Die laagste embrionale vrektes kom voor waar ooie in ՚n goeie kondisie met die aanvang van die paarseisoen is en wat voor paring goed gevoer is, met ander woorde prikkelvoeding ontvang het.
• Spuit ooie vier weke voor paring met Multimin (G 1853) asook Vitamien A & E (Aquaject-A-Forte: G1069).
• Volg ՚n doeltreffende siektevoorkomende - (immuniserings) pro gram asook ՚n interne- en eksterne parasietbeheerprogram. Ooie moet vier weke voor die paarseisoen met ՚n ensoötiese aborsie-entstof gespuit word.
• Hou ooie rustig en staak alle akti witeite gedurende die paarseisoen en die eerste paar weke (± 4 tot 6 weke) nadat die ramme uitgehaal is om embrionale en fetale vrektes te beperk.
• Gebruik koggelramme, want dit sal verseker dat meer as 90% van die ooie in die eerste siklus beset raak en gevolglik behoort die aan hegting van die embrio al voltooi te wees wanneer met die hantering (byvoorbeeld dosering, enting, aftasting, ensovoorts) van die
ooie, ՚n maand nadat die ramme uitgehaal is, begin word.
• Ooie mag nie tydens paring en die eerste maand na die ramme uitge haal is, uitgehonger (byvoorbeeld oornag gekraal) word nie.
• Voorsien skaduwee (in die vorm van bome of skadunet) as die dagtem peratuur meer as 28 °C, maar definitief as dit meer as 32 °C is.
• Ooie moet altyd vrylik toegang tot skoon drinkwater van goeie gehalte hê, wat so na as moontlik aan die skaduwee moet wees. Baie brak- en soutwater verhoog die hittespan ning wat die risiko vir embrionale en fetale verliese verhoog.
• Tas ooie ongeveer 42 dae nadat die ram uitgehaal is af en skei ooie in minstens drie groepe (ooie met en kelingfetusse; ooie met tweeling fetusse; ooie met drieling-fetusse) en pas differensiële voeding (dit is voeding volgens behoefte) toe. Jongooie moet apart van volwasse ooie bestuur word. Alle droë ooie moet onmiddellik na aftasting bemark word.
Embrionale en fetale verliese wissel aansienlik binne en tussen kuddes, asook van jaar tot jaar. Die probleem is egter dat hierdie verliese ongesiens verby kan gaan sonder dat die boer daarvan bewus is en daarom moet dit elke paarseisoen gemoniteer word.
ProAgri bedank ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za
JUWEL
JUWEL
EASE OF
SAADBEHANDELING GEDRYF DEUR PIONEER®
‘n Merk van versekering in saadbehandeling Jy kies ‘n saadbehandelingspakket om ‘n suksesvolle seisoen te verseker. Op sy beurt moet jy verseker voel dat daardie saadbehandeling na verwagting gaan presteer en goed sal saamwerk met die genetika wat jy plant.
LumiGEN™-saadbehandeling is ontwerp, geverifieer en bewys om saam met Pioneer®genetika te werk, wat boere ‘n hoër vlak van vertroue in hul saadbehandelingsopsies gee.
Ontwerp vir ons genetika
Ons evalueer honderde produkkonsepkombinasies om die regte saadbehandelingsformulerings vir ons genetika te ontwikkel. Elke jaar bevestig ons daardie kombinasies in laboratoriums, kweekhuise en op boere se lande. Ons ontwikkelingsproses vir saadbehandeling maak jaarliks staat op 30 000 navorsingsperseel evaluasies.
Geverifieer op ons genetika
LumiGEN™-saadbehandeling is gebaseer op meer as 100 jaar se kennis van gewasbeskerming, asook ‘n begrip van wat produsente nodig het en hoe hulle boer. Ons saadbehandelingskombinasies word noukeurig geëvalueer by die Corteva Agriscience Centre of Seed Applied Technologies (CSAT) - ‘n allesin-een fasiliteit wat gedeeltelik laboratorium, toetssentrum en saadbehandelingsaanleg is. Hier word saadbehandelings hersien deur ons eksklusiewe ses-stap PASSER-proses te gebruik.
Bewys om saam met ons genetika te werk
Deur ons Veldtoetsnetwerk word ons behandelde saad deur produsente geëvalueer. Dit gaan in die grond in met regte planters, onder werklike toestande. Op-die-plaas toetse word gekombineer met ons grootskaalse IMPACT™-toetsprogram, waar ons meer as 60 000 navorsingsperseel evaluasies elke jaar uitvoer. Hierdie toetse help om te verseker dat LumiGEN™-saadbehandeling werk, ongeag watter Pioneer®-handelsmerkbasters of -variëteite jy plant.
pioneer.com/za info.rsa@pioneer.com
™ ® Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en geaffilieerde maatskappye. © 2022 Corteva.