ProAgri SA 275

Page 1

Gratis / Free ProAgri No / Nr 275 ISSN 1042 - 1558 Makadamia besproeiing wat sin maak www.proagri.co.za www.agri4all.com tegnologie vir die boer technology for the farmer Die toekoms wink blink vir SA saffraan Maak mooi hooi met New Holland Miskruiers: Meer as net bolle rol Beurtkrag: Kommer oor voedselproduksie en boere se veiligheid

AANSKAKEL VAN TREKKER

INSTANDHOUDING WETLIKE VEREISTES

Kontak jou naaste John Deere Handelaar vir meer informasie

*Vs en Bs geld. Alleenlik geldig in Suid Afrika. Beskikbaar op alle nuut gekoopte trekkers. Sien bepalings en voorwaardes hier: https://www.deere.africa/en/our-company/news-media/newsreleases/2022/nov/free-tractor-operator-training/free-tractoroperator-training-ts-cs/

SETA-GEAKKREDITEERDE OPERATEURS OPLEIDING

www.proagri.co.za 02 ProAgri Suid-Afrika 275
VEILIGHEID KONTROLE JohnDeereAME John Deere Africa & Middle East John Deere www.deere.africa | africa@johndeere.com | Kliëntediens: 0800 983 821 |

Ho u ko ers:

n Nuwe jaar met nuwe vooruitsigte

So het ՚n nuwe jaar aangebreek. Ek staan die ander dag in die veld tussen die beeste en verstom my aan die hardwerkende, slim miskruier tussen die beeste se mis, bo-op en al om sy misbol.

Eers klim die kragtige miskruier boop die bol – 'n meesterstuk wat hyself gemaak het en tot 'n koeëlronde balletjie verwerk het. Dan dans-draai hy in die rondte bo-op sy misbol, gevolg deur die afklimslag en rol die bol met sy agterpote weg in 'n presiese reguit lyn van die plek af waar hy bolle gerol het.

Ek lees toe op dat miskruiers met goeie rede eers so fyntjies ronddans bo-op 'n gerolde misbol alvorens hulle koers kies en dit wegrol. Navorsing het bevind die miskruier dans bo-op die misbol om homself in 'n reguit lyn te oriënteer. Die wegrol in 'n reguit lyn is baie belangrik vir die oorlewing van die miskruiers, want so verseker hulle dat hulle nooit die misbol terugrol na die oorspronklike plek toe nie. Op die manier maak hulle seker dat hulle nie deur ander boelie-miskruiers wat hulle harde werk ongedaan wil maak deur die misbol af te rokkel, deurloop nie.

Boerdery verg nou maar een maal al die beplanning, toewyding, buitengewone krag en energie wat nodig is om by die wenresep uit te kom en daar te bly. Daar is talle veranderlikes wat deurentyd vra dat daar opnuut koers bepaal moet word en dit is nie altyd maklik om kop te hou nie.

Dikwels is ons bereid om alles te oorweeg, ons pakkies op te tel en ’n koers wat vir ons reg lyk in te slaan ... soms om net kort daarna agter te kom dat ons, soos dit met 'n miskruier lyk, ook rondom

dieselfde moeilikheid bly ronddraai en selfs daarna hunker om na ou bekende paaie terug te keer.

Vir die boer wat na aan die aarde leef en werk, sal dit interessant wees om te besef dat miskruiers in die proses die maan, die son en skaduwees as rigtingwysers gebruik om te verseker dat hulle reguit weg beweeg van die plek af waar hulle die misbol gevorm het.

En, net soos in die boerdery en sakewêreld, is daar ook 'n plan vir wanneer dinge skeef loop. Dit is wanneer die miskruier beheer verloor oor die misbol of daar dalk iets in sy pad kom staan wat hom verhoed om die taak suksesvol en tydig af te handel. Dit is dan dat hy elke keer weer bo-op die misbol sal klim … opnuut die dans sal uitvoer … en koersvas in 'n reguit lyn sal wegbeweeg van die plek waar die moeilikheid kan opduik.

Slim, of hoe? (Lees die meer oor miskruiers op bladsy 33).

My wens vir al ons lesers en adverteerders is ՚n blink nuwe jaar met mooi geleenthede en die moed en hoop om 2023 geesdriftig aan te pak ... dat ons sal besef al word ons soms van koers af gedwing, dat ons weer moet opklim en koers vind. Mag die nuwe jaar vir jou vreugde, voorspoed en geluk inhou. Ons sien uit daarna om vir jou die eenstoplandbouwebwerf te wees en nooi jou vriendelik uit om saam met ons die nuwe jaar aan te pak!

ProAgri-groete! Bianca Henning bianca@proagri.co.za

Op ons voorblad

Mikro-besproeiing word alom as die doeltreffendste metode van besproeiing gesien. Water is 'n kosbare hulpbron en moet optimaal benut word, veral in Suid-Afrika. Lees meer op bladsy 3 hoe Agrico, mikro-besproeiing maklik maak vir makadamia boere.

ProAgri

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za

Copyright © 2023. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri

Redakteur tydskrif en aanlyn Bianca Henning >

Verslaggewers

Maryna Steyn > Natasha Pansegrouw > Benine Ackermann >

Spesialisskrywer Annemarie Bremner >

maak

Beurtkrag benadeel voedselproduksie en boere se veiligheid 'n Groen Somerkersfees

Klimaatsverandering: Boere regoor Afrika ly SA saffraan ding mee met die beste in die wêreld Tabakboere floreer ten spyte van onwettige verbod Boere help red Overberg Rûens se Renosterveld

Winning in aftermarket

Hooimaak verg die regte toerusting − en New Holland het die antwoord

Mahindra Pik Up: Meet the Karoo, Dusk and Storm

Tegnuus: Die jongste in landboutegnologie vanoor die wêreld

Miskruiers: Klein werkers lewer 'n groot bydrae

Die volstruisbedryf in die Klein-Karoo deel 4

Winsgewende skaapboerdery deel 15 Stop hittespanning dood in sy spore hierdie warm somer Sorg só vir jou skape in die somer Derde proewe van die Vrystaat Jongooiklub

Bemarkingsbestuurder Diane Grobler > Bemarkers Xander Pieterse > Johan Swartz > Tiny Smith > Lynette van Tonder >

Skeppende bestuurder Christiaan Joubert >

082-326-2572 bianca@proagri.co.za 082-261-9177 maryna@proagri.co.za 081-736-4236 natasha@proagri.co.za 073-105-6938 benine@proagri.co.za 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za 082-555-6866 diane@proagri.co.za 062-391-6507 xander@proagri.co.za 071-599-9417 johan@proagri.co.za 082-698-3353 tiny@proagri.co.za 074-694-4422 lynette@proagri.co.za 072-419-3990 christiaan@proagri.co.za

Uitleg en ontwerp Michelle Kruger Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz > Navrae Engela Botha > Rekeninge Ronel Schluter >

084-233-0123 carin@proagri.co.za 073-663-1234 engela@proagri.co.za 084-088-0123 accounts@proagri.co.za 079-515-8708 nita@proagri.co.za

Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > Sakebestuurder George Grobler

www.proagri.co.za ProAgri 275 1
Inhoudsopgawe / Contents
3 5 14 25 29 39 Voorbladartikel 3. Gewasproduksie 5. 6. 11. 14. 17. 20. Meganisasie 22. 25. 26. 29. Vee en Wild 33. 34. 39. 43. 47. 49.
'
Agrico: Mikrobesproeiing wat sin
www.proagri.co.za 2 ProAgri Suid-Afrika 275 Promotion valid from 1 October 2022 to 28 February 2023 - *Ts&Cs Apply. Meeting your agricultural needs for more than 60 years. Your daily partner tailor-made lubricant for agriculture. Purchase 200L or more and stand a chance to WIN* a drone Buy a minimum order of 200L per order. Place your sales invoice for your account or the receipt for cash payment in the competition entry box. T’s and C’s apply.

Goeie boer besluit nie sommer uit die bloute waarmee en hoe hy wil boer nie. Nee, hy stel ondersoek in na die mees winsgewende praktyk en gewas wat in sy omgewing aard, asook hoeveel grond en water nodig is — dit maak mos sin!

Rob en Keegan Hughes van Thulani Macs glo ook so. Hierdie pa-en-seun duo boer 20 km buite Empangeni in die Heatonville-omgewing. Rob is ՚n eiendomsontwikkelaar en besit ook ՚n wildsplaas. In 2019 het hulle besluit om boerdery aan te pak, geïnspireer deur ander makadamiaboere in die omgewing se sukses.

Hulle het grond met ’n goeie bron van water aangeskaf en daarna vir Willie Vosloo van Agrico in Empangeni genader. Hy het gehelp om vas te stel presies waar die besproeiingspunte – en dus die boorde – gevestig moet word. In die begin van 2020 het hulle aan die werk gespring en die eerste boom is in 2021 geplant.

Vandag bestaan die 105 hektaar hoëdigtheidboorde uit 43 780 bome.

Makadamiaboorde met mikrobesproeiing wat sinvol uitgelê is “Ons het verskeie makadamiaboere langs die kus genader vir inligting. Hulle het gretig raad gedeel,” onthou Rob. “Maar voordat ons enige iets gedoen het, het ons eers daaroor besin en gevra: maak dit sin? Ons benader alles so.

“Ons het vir Willie genader om die watertoevoer te help beplan,” vertel Rob. Agrico behartig die ontwerp van die stelsel: van opmeet tot uitleg. Die boer kan self die stelsel oprig of kontrakteurs gebruik, maar Agrico bly deurgaans betrokke.

Vir hierdie boerdery word water uit die Mkuzerivier gepomp en in ՚n gronddam geberg. Dit dien as ՚n bufferdam en help dat die slik afsak om skoner water deur die stelsel te pomp. Mikrobesproeiing is aangewend om verskeie redes. ’n Mikrostelsel kan maklik na drupbesproeiing oorgeskakel word in die geval van ՚n watertekort. Daarby kan 'n mens maklik sien as die gaatjies verstop is, en die stelsel help boonop om die boord te beskerm teen veldbrande.

Mikrobesproeiing wat sin maak

Daar is twee 73 kW motors aan KSB-pompe gekoppel wat water na die verskillende blokke lei. Die blokke is verdeel volgens die waterbehoefte van die grondsoort en die helling waarteen dit staan.

Elke pomp het wisselspoedaandrywing (VSD) wat help om die druk teen die verskillende hellings te beheer en algehele elektrisiteitskostes afbring.

Die stelsel is gebou om 3,5 mm water per dag toe te dien. Sikluslengtes wissel van drie tot ses dae, afhangende van die grondeienskappe en die weersomstandighede.

Na die besproeiingsbeplanning is die veld ontbos en grondbewerking het begin. Kalk en gips is bygewerk op aanbeveling van ՚n landboukundige wat die wisselende grondsoorte identifiseer het. Daar is riwwe met die ploeg gemaak waarop die besproeingspype aangelê is en die bome is geplant.

Elke boom kan met satellietkoördinate (GPS) geïdentifiseer word te danke aan ՚n stelsel wat Keegan ontwerp het. “Ons het aanvanklik met die hand gemeet waar elke boom in ՚n blok moet wees, maar dit was moeilik om akkuraat te wees en tydrowend. Hierdie elektroniese stelsel verseker dat elke boom drie meter van sy bure af staan. Dit is vinniger ook,” verduidelik Keegan.

Die variëteite wat hulle plant is A4, 695, 816, 863, 8.4 en N2. “Ons wissel twee variëteite per blok af, met vier rye van een soort en dan vier van ՚n ander. Tussen elke ry plant ons olifantsgras wat dien as ՚n windbuffer,” sê hy. “Hierdie variëteite word geplant omdat die blomtydperke oorvleuel en kruisbestuiwing verseker.”

’n Organiese benadering tot makadamiaverbouiing Die Hughes volg ՚n organiese benadering in hulle boerdery.

“Ons vermy chemiese plaagdoders en bemestingstowwe en tot dusver het ons nog nie nodig gehad om enige kunsmis by te voeg nie. Blaar- en saptoetse het aangedui dat ons bome tevrede is,” vertel Keegan.

Hulle gebruik eerder beesmis wat tot kompos afgebreek het om die wortels

natuurlik te voed. Die kraalmis word deur ՚n plaaslike beesboer aan hulle voorsien.

Wanneer ’n ekstra hupstoot wel nodig word, is daar die varkie-stelsel – ՚n vlekvrye staaltenk wat druk tot en met 10 bar hanteer – om kunsmis toe te dien. Dit word gekoppel aan die water wat na die boord vloei; oplosbare of vloeibare kunsmis word in die “varkie” se maag gegooi en dan so deur die boord versprei.

Daar is bye op die plaas om te help met bestuiwing, ՚n wildsheining wat bosvarke uithou en hulle het ook paaltjies opgerig vir die bosjakkalsvoëls wat rotte onder beheer hou.

Verder maak hulle gebruik van ՚n deklaag van organiese materiaal om die vog in die grond te hou, die besproeiingspyp af te koel en ՚n gunstige omgewing vir mikro-organismes te skep. Dit beheer ook onkruid.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 3
՚n
Om jou naaste tak op te spoor, besoek Agrico se webtuiste by www. agrico.co.za of skakel vir Willie Vosloo op (+27)35-787-1949 of per selfoon by +(27)82-571-2452.
Die varkie-stelsel wat kan help om onkruiddoder of kunsmis toe te dien. Die jong makadamiaboord van Thulani Macs. Rob Hughes, Willie Vosloo van Agrico en Keegan Hughes is trots op die makadamiabome wat deur goeie beplanning goed groei.
Gewasproduksie
deur Maryna Steyn

Beurtkrag benadeel voedselproduksie en boere se veiligheid

Beurtkrag het ՚n geweldige impak op SA se ekonomie, sakeondernemings, elke indiwidu en veral die landbousektor wat voedsel vir die land moet produseer.

Dit speel ook ՚n groot rol in die veiligheid van ons boere, want veiligheidstoerusting soos kamerastelsels en alarms het net beperkte batterykrag en is ook afhanklik van WiFi. Boere wat tot laataand plant, stroop, grondvoorbereiding doen of spilpunte kyk en vrouens en kinders alleen los is in groot gevaar, want baie het nie eers selfoonsein as die krag afgaan nie.

Beurtkrag fase 6 is kort voor Kersfees 2022 in werking gestel.

“Staats- en nasionale infrastruktuur word ook gedurende beurtkrag geplunder. Sindikate stroop transformators, elektriesetreinkabels en selfoontoringbatterye,” sê Jack Armour, operasionele bestuurder by Vrystaat Landbou.

՚n Besproeiingsboer is baie aangewese op elektrisiteit, want as die gewasse in volle aanvraag ingaan, gewoonlik gekoppel met die warmste maande soos Desember, dan moet die besproeiingstelsels 24 uur per dag loop net om by te hou. “Gedurende hierdie tye is beurtkrag ՚n geweldige krisis vir die boere. Vlak 5 kan tot erge opbrengsverliese lei as dit in kritieke fases van die plantegroei is soos die begin van planttyd,” sê Jack.

“Ons wat uit kanale besproei het 'n MOR (Maksimum Onttrekkingsrendement) van 120 uur per week. As jy water bestel maar dit weens beurtkrag nie kan benut nie, word jy steeds daarvoor aangeslaan en jy verloor dit maar net,” sê Kempen Nel, voorsitter van Vrystaat Landbou se Kommersiëlesakekomitee.

Kempen voeg by dat die toediening van bemesting ook moeilik is met beurkrag.

Die hoeveelheid water wat ՚n gewas kry speel ՚n rol by die tonne per hektaar wat gestroop word. “Met koring as ՚n wintergroeier sê kritieke waterbehoefte is nie so groot nie en wyer verspreid as byvoorbeeld mielies wat juis in Desember aangeplant is,” sê Jack.

Kempen noem dat die boere se koringoeste einde van 2022 nie so goed gelyk het nie maar dit was hoofsaaklik as gevolg van fusarium, ՚n swam wat koring tydens blomstadium besmet.

Daar is baie vrae of Suid-Afrika nog genoeg voedsel gaan hê as beurtkrag voortduur en vererger. “Dit was ՚n paar goeie jare vir die droëlandakkerbou en dus het ons voldoende voedsel op die rakke en vir uitvoer,” sê Jack.

Die toekoms vir boere is heel moontlik sonplase, maar dit is peperduur.

“Die groot koste is die batterye vir as daar in die nag besproei moet word en die boer is nie gekoppel aan die kragnetwerk (ESKOM) nie. Indien ESKOM ՚n sonkragbelasting inbring soos hulle al aangedui het, kan dit boere dwing om heeltemal van die kragnetwerk af te gaan en die hoër kostes van batterye te betaal. Sonkrag verg baie kapitaal,” meen Jack.

Met die hoë brandstofpryse kan kragopwekkers ook nie die nodige krag voorsien wat spilpunte nodig het nie.

“՚n Ander probleem wat in sommige

provinsies voorkom, maar nie so groot in die Vrystaat is nie, is lasvermindering. Dit is as die krag weer aankom na beurtkrag dat die substasie uitskop weens oorlading op die stelsel. Op enige tyd wat die stelsel oorlaai is kan dit ook uitskop,” sê Jack.

Beurtkrag raak alle boere

“In die Vrystaat is dit die meer intensiewe boerderye soos varke, pluimvee en melkerye wat grootliks deur beurtkrag geraak word – meeste van dié boerderye het in elk geval rugsteunkragvoorsiening. Indien nie, kan beurtkrag op ՚n koue aand groot vrektes veroorsaak, of nie genoeg kos of water aan die intensiewe vee-opset gee nie. Voerkrale het ook die laasgenoemde probleem,” sê Jack.

• Die pluimveebedryf sukkel omdat die geboue verhit of verkoel moet word en dit bemoeilik die slag en verwerking van die hoenders en die eierproduksie.

• Tafeldruiwe: Spesifieke fitosanitêre vereistes geld vir uitvoerdruiwe en enige onderbrekings in verkoelingstydperke kan enorme verliese vir die uitvoerbedryf beteken.

• By lewendehawe is elektriese heinings af, wat ongediertes laat inkom.

• Melkproduksie gaan verlore omdat boere nie koeie kan melk of die melk kan verkoel nie.

• Groente en vrugte moet teen die regte temperatuur opgeberg word.

• Druiwesap moet onder 0 °C verkoel gehou word.

Jack noem ook dat Vrystaat Landbou sal aanhou om hom saam met ander burgerregte-organisasies te beywer vir ՚n regverdige, kostedoeltreffende energiediens en ՚n billike energie-oorgang wat nie landbou benadeel nie.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 5
Gewasproduksie
deur Benine Ackermann

Boere

in die Sentraal-Karoo, KleinKaroo en Tuinroete jubel oor die reën wat wyd in die gebiede uitgesak het.

“Ek het vanoggend met ՚n knop in my keel opgestaan oor die lieflike reën wat ons van gisteraand af kry,” vertel Henry Meyer van die plaas Pleasant View in die Mosselbaai-omgewing. Hy is Agri Wes-Kaap se streeksvoorsitter vir die Tuinroete (Streek 17).

“Tot vanoggend, Dinsdag 14 Desember, was ons nog in ՚n benarde situasie oor die min reën wat ons sover gekry het. Oor die naweek het ons 10 mm uit misreën gekry, maar gisteraand seweuur het die sluise van die hemel oopgemaak. Ons het 44 mm reën gekry. Ek het gedink aan Koos Doep se liedjie ‘Helder Somerkersfees’: Vanjaar gaan ons ՚n lekker groen Kersfees hê ...”

Volgens Henry het dit by Herbertsdale 35 mm gereën en oor die naweek 24 mm by Brandwag, nader aan Mosselbaai as wat sy plaas is.

“Ons is goddank bly. Gisteroggend het

www.proagri.co.za 6 ProAgri Suid-Afrika 275
Gewasproduksie
Die Calitzdorpdam in die Nelsrivier by Calitzdorp het op 5 Desember 57% water gehad. (Foto: Tisha Steyn) Die Stompdriftdam by Oudtshoorn het tans 23,87% water. (Foto: Tisha Steyn) deur Tisha Steyn

ek nog na vanjaar se syfers gekyk en was bekommerd. As daar minder as 60% van jaar se reën val, kan dit as droogte geklassifiseer word. Ons het nog net 60% van ons jaarlikse 650 mm gekry, so ons kort nog baie – maar dié reën het ons syfers ՚n groot sprong gegee.”

Die reën het binne ՚n kort rukkie uitgesak. “Hier by ons kan die grond sowat 8 mm per uur opneem en ՚n totaal van sowat 40 mm teen daardie tempo om die grondprofiel nat te maak. Die kleigrond vat moeilik vog omdat dit so dig is, en ons het ՚n paar jaar van bogemiddelde reën nodig om dit goed nat te maak.”

Hy het verwag dat baie water gaan wegloop omdat die reën so intens was en in ՚n kort rukkie geval het. “Maar die uiters droë grond weens intense hitte en suidoostewinde het baie van die water opgeneem. Ons grondvogmeters het dit bevestig.

“Ek het gisteroggend met ՚n nekspasma van spanning oor die swak syfers wakker geword, maar die spasma is nou weg en ons het klaar begin tef saai en ander planne maak.”

Maar ՚n boer moet mos kla, sê hy. “Die donderstorm het die krag afgeslaan en ons het heelnag nie krag gehad nie. As gevolg daarvan en met beurtkrag kon ons nie die water wat in die strome afloop in die damme pomp nie...”

En al is diesel se prys met amper R1,50 af, is dit steeds duur, net soos kunsmis en saad – alles wat na die Suid-Kaap vervoer moet word. “Maar die reën maak dit makliker om met geloof en hoop saad in die grond te sit.”

Sentraal-Karoo

“Eindelik het die Karoo sy deel ook gekry met reën wat die eerste naweek in Desember oor die verskillende streke uitgesak het,” sê Déan Gous, voorsitter van Agri Sentraal-Karoo. “Dit is ՚n wonderlike wegspring vir die somerreënseisoen. Dit volg nadat die meeste van ons gebiede sowat 'n maand gelede ook 'n bonusbui van tussen 15 en 20 mm gekry het.”

Beaufort-Wes: Volgens syfers wat Déan ontvang het na Sondag en Meiringspoort vanaf Barry Meijer se plaas in die Swartberge. Die poort is Sondag toegemaak omdat

Maandag se donderbuie het Koup 4, wat onder Beaufort-Wes val, gemiddeld 20 mm gekry wat van 6 mm op plekke tot 42 mm op ander plekke geval het. Letjiesbos het gemiddeld 43 mm gemeet met tussen 16 en 62 mm op plekke. Neverset se gemiddeld was 38 mm, met tussen 24 en 53 mm op plekke. Nuveld het gemiddeld 25 mm gekry. Op plekke het dit 4 mm gereën, terwyl ander plekke 50 mm gekry het.

Laingsburg se gemiddeld was 25 mm, met 10 tot 50 mm op plekke. Merweville het gemiddeld 23 mm gekry, met tussen 8 en 36 mm op plekke.

Murraysburg se gemiddeld was 24 mm, met tussen 10 en 55 mm op plekke. Nelspoort se gemiddeld was 28 mm, met tussen 5 en 50 mm. Prins Albert se gemiddeld was 19 mm, met tussen 12 en 30 mm op plekke, en Rietbron het gemiddeld 35 mm gekry, met tussen 5 en 65 mm op plekke.

“Heelwat van ons plase, veral in die Rietbron- en Letjiesbos-gebiede, het die afgelope twee dae altesaam oor die 100 mm reën ontvang,” sê Déan.

Die meeste riviere in die gebied het afgekom. “Hier en daar is geringe vloedskade aangemeld – meestal laag-

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 7 Gewasproduksie
verwag is dat reën in die Sentraal-Karoo die Grootrivier, wat deur die poort vloei, kan laat afkom. (Foto: Tisha Steyn) Die Gamkadam by Beaufort-Wes, waar hierdie foto geneem is, is tans 84,5% vol. (Foto: Tisha Steyn)

Die intense bui reën het die grondpaaie op Henry Meyer se plaas verspoel, maar op die landerye het die water weggesak.

sy kudde bestuur en verminder het, en sy veld laat bewei het. “Sodra daar droogte is, is jy veronderstel om jou getalle met ՚n minimum van ՚n derde te verminder. In ons geval was daar baie boere wat uiteindelik omtrent net hulle aanteeldiere gehou het.”

Met hierdie lang tydperk van aanhoudende droogte het die meeste van die eetbare bossies gevrek, en selfs bome wat redelik droogtebestand is, soos soetdoring en karee, het ook gevrek.

Die gras wat gou na reën opkom, is seisoensgebonde. “Binne ՚n paar maande is dit droë gras en jy moet vir die diere byvoeding gee. Talle Karoobossies is goed aangepas om ՚n kort droogte te oorleef en herstel vinnig, selfs binne ՚n jaar, na goeie reën.”

Klein-Karoo

waterbrûe wat beskadig is en skade aan heinings.

“Eskom het egter meer skade aan hooflyne na sekere gebiede ondervind en van die gebiede is van Saterdag af sonder krag.”

Volgens Déan duur die droogte al tien jaar. Die boere is baie opgewonde en meer positief. Kuddes moet egter nou weer opgebou word nadat veegetalle tydens die droogte drasties verminder is.

“Mens sou kon sê dat die droogte oor die grootste deel van die SentraalKaroo in 'n mate gebreek is, veral na verlede jaar se goeie reën. 'n Mens moet egter in gedagte hou dat die veld in die Karoo na so ՚n uitgerekte droogte nie vinnig herstel nie en dit kan vyf of ses jaar neem om voldoende te herstel.”

Hoe lank dit sal vat om te herstel hang af van hoe droog dit was, maar ook hoe die boer tydens die droogte

Willie Barry, wat vier kilometer van Gamka-Wes buite Calitzdorp boer, sê ՚n donderbui het Maandagaand 48 mm reën binne 90 minute gelewer. By Gamka-Oos het 40 mm op een plaas geval, maar binne ՚n kilometer daarvandaan het ՚n stortbui na raming minstens 100 mm laat uitsak sodat water vir die eerste keer in jare in ՚n kloof afgekom het. Van die boere se wortel- en preiesaad het weggespoel. In Calitzdorp self is 70 mm gemeet. “Ons is dankbaar vir die reën, al gaan dit met skade gepaard,” sê Willie.

Dean Barnard van Waboomskraal sê dit het tussen 5 en 10 mm gereën. “Dit

www.proagri.co.za 8 ProAgri Suid-Afrika 275 Gewasproduksie
Gronddamme op Henry Meyer se plaas Pleasant View het water gekry al kon die water wat in die bergstrome afgekom het, weens 'n kragonderbreking en beurtkrag nie in damme gepomp word nie. (Foto: Henry Meyer) (Foto: Henry Meyer) Die Gamkarivier by Letjiesbos het afgekom na die goeie reën in die omgewing. (Foto: Déan Gous)

is baie droog en die damvlakke begin nou kwaai sak. Die watertafel in die landerye en boorde is baie laag en ons het nie water om dit reg te stel nie, maar ons glo ons gaan binnekort lekker reën kry.”

Volgens Barry Meijer van die plaas Meijers Rust naby De Rust, het dit 10 mm by hom gereën. “Ons hele wêreld is desperaat,” sê hy.

Volgens Wendy Young van Uniondale het dit Maandagnag 46 mm gereën en Dinsdag nog 10 mm.

Johan Keller van Volmoed sê dit het tussen 17 mm en 20 mm in die omgewing gereën en leë velddamme het water gekry. “Ons het drie weke gelede ՚n leibeurt uit die Stompdriftdam gekry, maar die vars water met stikstof laat die droë geel gras oornag groen verkleur.”

Johan Koegelenberg van Rooiheu-

wel buite Oudtshoorn, sê dit het sowat 20 mm by hom gereën. Weens die droogte kan hy slegs 10% van sy grond bewerk waar hy vanjaar bietjie lusern geplant het. “Die krisis is groter as drie jaar gelede,” sê hy.

Hy meen dit is nie moontlik om ՚n boerdery uit die Kammanassiedam aan die gang te hou nie, want die dam kry baie min water. “Wanneer dit in die Uniondale-omgewing goed reën, kom die riviere af, maar dit het nie die afgelope klompie jare daar gereën nie.”

Weens die droogte is daar nie lusernsaad beskikbaar nie, want dit is te droog om lusern vir saad te kweek. “Die bietjie lusern wat ek wel aan die gang hou, word nou deur torre opgevreet!”

Volgens Willem Fourie, bestuurder van die Stompdrift-Kammanasie Watervereniging (SKWV) wat Oudtshoorn se boere bedien, was die Stompdriftdam vroeg in Desember 23,87% vol, terwyl die Kammanassie 3,66% water gehad het.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 9 Gewasproduksie
Die water van die harde bui reën het op Mount Pleasant kortpad gevat deur die tuin en skuur waar die werktuie staan. (Foto: Henry Meyer)
C

Klimaatsverandering: Boere regoor Afrika ly

K

limaatsverandering het ՚n rampspoedige uitwerking op landbou, die ekonomie en die lewensgehalte van miljoene mense in Afrika. Die mees kenmerkende nagevolg hiervan is uitermatige weerstoestande wat tussen swaar reënval en ernstige droogte swaai.

Regoor die kontinent teister hierdie effekte inwoners en hongersnoood loer vir ons op die horison. Buiten die tekort aan water vir gewasse en vee, asook huishoudelike gebruik, is daar ook minder water om krag op te wek by Afrika se hidrokragstasies, dus ontstaan daar ՚n kringeffek wat uitkring dwarsdeur Afrika tot in die huis van elke inwoner.

Klimaatsverandering, die hoofsondebok agter permanente temperatuurveranderings, word aangewakker deur menslike bedrywighede wat gasse in die atmosfeer vrystel wat hitte vaskeer en verhoed dat die aarde natuurlik afkoel. Hierdie aardverwarming is die bekendste effek van klimaatsverandering, maar daar is egter ook warmer oseane, stygende seevlakke, smeltende yskappe, ernstige droogtes en erge storms.

Droogte hier, vloede daar, klimaatsverandering oral Droogtes

Die werklikheid van klimaatsverandering is dat dit uiterste weerpatrone veroorsaak. Op een deel van die kontinent spoel mense weg tydens swaar vloede, en op ander deel is daar droogte en waterskaarste wat oeste laat misluk.

Die grootste riviere in Afrika is besig om op te droog en die impak hiervan sal mettertyd regoor die wêreld gevoel word wanneer spesifieke gewasse minder verbou word of sekere voedselsoorte van die rakke af verdwyn.

Gedurende 2021 het die Niger-, Volta-, Nyl-, en Kongorivier ondergemiddelde watervloei gehad. In 2022 is die Nyl se vloei as 2 803 m3/s gemeet waar dit gewoonlik 3 000 m3/s was.

Die verdroging van die Nyl het verreikende kettingreaksies. Al langs die elf lande waarlangs die rivier kronkel, is daar ՚n dringende behoefte aan skoon water vir besproeiing en kragopwekking.

Die Nyl, wat deur die Blou- en Witnyl gevoed word, het ook tans baie politieke toutrekery oor waterregte en etiese waterbestuur. Dit is veroorsaak deur die dam wat Ethiopië gebou het vir elektisiteitopwekking en die massas water uit die Blounyl wat die reusagtige opgaardam terughou.

In die ander been van die rivier, die Witnyl, vloei daar ook minder water. Die Witnyl word gevoed deur Victoriameer waar daar reeds drastiese verliese van water is te wyte aan verdamping wat deur aardverwarming en veranderings in die hoek van die aarde se as veroorsaak word.

Omdat Egipte so ongelooflik afhanklik is van die Nyl, loop gemoedere hoog oor die afname van die water. Om dit te vererger, sukkel die Nyldelta reeds met besoedeling en nou moet boere veg teen die groeiende soutafsettings van die stygende seevlak en die daling van vars water. Boere word regstreeks in mededinging met stedelike gebiede geplaas.

Laer watervloei beteken ook dat minder slik neergesit word, wat die vrugbaarheid van landbougrond verminder. Slik is ՚n belangrike natuurlike

hulpmiddel in hierdie boere se boerderye omdat dié vrugbare grondsoort as bemesting dien.

Al hierdie faktore lei tot kleiner oeste en verhoog wêreldwye hongersnood.

In El-Hamoud, Egipte, is dit ՚n uitdaging om om sukkelende plase aan die gang te hou omdat toegang tot water, bemesting en katoensaad van goeie gehalte ewe moeilik is. Daarom was boere genoodsaak om waterintensiewe landbougewasse soos katoen en rys te beperk en goedkoper stapelvoedsel in te voer.

Ander lande soos Niger het oor die afgelope jaar ՚n korter reënseisoen gesien.

Selfs in die Suide van Afrika, in die Wes- en Oos-Kaap, sien ons dat daar aanhoudende droogte is. Waterbeperkings is aan die orde van die dag ten spyte van swaar vloede wat paaie en huise wegspoel.

Vloede Waar Oos-Afrika gekenmerk word deur droogtes, beleef Wes-Afrika heeltyd oorstromings.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 11
Gewasproduksie
Bron: Red Charlie op Unsplash

In die Tsjad-meergebied het die reën met mening neergestort en landerye weggespoel wat gelei het tot 30% minder voedselproduksie. Tsjad het in Oktober 2022 ՚n ramptoestand verklaar omdat die erge vloede duisende mense haweloos gelaat het. Daar is ook 234 graanskure vernietig. Dit maak dat die inwoners in ՚n benarde posisie is en vrees vir hongersnood.

Nigerië het ook onder die vloede gely en meer as 332-duisend hektaar is vernietig. Van hierdie grond was ongeveer 108-duisend hektaar landbougrond.

Om die swaar vloede te beheer – en droogtetye te help verlig – beoog sommige regerings om bykomende damme te bou om die strome water wat uit Kameroen se Lagdo-dam stroom te bestuur. Waar die dam oorspronklik opgerig was om as besproeiingsdam te dien en om hidro-elektrisiteit op te wek, rig die vrylating van oortollige water tans baie skade aan.

Op eie bodem het vloede in KwazuluNatal gedurende April en Mei 2022 duisende mense sonder blyplek gelaat. Onlangs het ՚n groot gedeelte van Gauteng skade ervaar waar baie brûe ineengestort het en talle mense in die vloedwater van riviere verdrink het.

Krag vir niks Verskeie lande in Afrika gebruik hidroelektriese kragstasies om krag op te wek. Lande soos Lesotho, Zambië, Nigerië en Ethopië is welbekend vir hulle waterskemas en reuse opgaardamme wat hidrokrag moontlik maak.

Die aanhoudende droogtes – of eerder onreëlmatige en onbetroubare reën – hervul nie die waterstelsels vinnig genoeg om genoeg water beskikbaar te hê vir huishoudelike gebruik, besproeiing en kragopwekking nie.

In Ethiopië hou die Grand Ethiopian Renaissance-dam (GERD), die einste dam wat baie twis in Egipte veroorsaak, 74-biljoen m3 water terug. Hierdie is Afrika se grootste hidro-elektrise opwekkingskema en voorsien elektrisiteit aan die land se inwoners en 50% van Sudan en 80% van Uganda se krag. Maar dit is nie genoeg nie. Buiten dat Afrika reeds sukkel om genoeg krag vir al sy bewoners op te wek, noop die droogte regerings om kragtoevoer te bestuur. Aan hierdie toestand is Suid-Afrikaners nou al gewoond: Beurtkrag.

Zambië is in dieselfde bootjie. Buiten dat daar al vir jare kommer is oor Karibadam wat opdroog, is daar nou ‘ladingsbestuur’ ingestel.

Die Zambezirivier voed die dam, maar dit het gedurende 2022 minder water voorsien. Dit beteken kragopwekking by die Kariba Noord- en Suidoewer is nie moontlik nie. Om hidro-elektrisiteit op te wek moet water in damme op bepaalde vlakke staan, eerstens om te verseker dit kan onttrek word, en tweedens dat dit nie die reserwe heeltemal opgebruik nie. Die stasies voorsien krag onderskeidelik aan Zambië en Zimbabwe.

Verskeie lande regoor Afrika maak gebruik van hidro-elektriese kragopwekking. (Bron: IHA)

Waterbestuur bly die wagwoord Met waterskaarste en onvoorspelbare weerpatrone is daar een behoefte ontbloot: Afrika moet beter waterbestuur toepas. Dit geld vir die in- en uitvloei van damme, asook die besef vir elke gebruiker dat verder af in die stroom, iemand anders ook die water nodig het.

Spaarsamigheid alleen gaan egter nie die saak red nie. Daar sal alternatiewe oplossings vir landbou se waterbehoeftes gevind moet word. ՚n Land soos Nigerië skerp droë-seisoen verbouing op om te verseker daar is heel jaar gewasse wat gekweek word.

Egipte se alternatiewe landbou is daarop gemik om die druk van tradisionele verbouing te verlaag. Een van hierdie besluite was om meer sitrus te plant in die sanderige grond.

Kenya se veewagters moes ook planne maak om te verhoed dat hulle diere van die dors omkom. Putte is gegrawe om ondergrondse water te bereik – net soos die Blossoms-projek in die Karoo verligting aan boere bied.

Om meer water uit die grond te onttrek vir landbou is ՚n goeie alternatief vir water uit die bogrondse waterstelsels. Tesame met goeie infrastruktuur

www.proagri.co.za 12 ProAgri Suid-Afrika 275
Gewasproduksie
Vloede in Nigerië het duisende sonder heenkome gelaat. (Bron: AFP) Afrika: Geïnstalleerde kapasiteit 2021 (MW) Sleutel

12 Desember 2022

Droogtegebied: 19% Lande in droogte: 9 Uiterste nat gebiede: 6% Lande in uiterste nat toestande: 3

Grondvogindeks (-)

vir besproeiing kan die uitwerking van droogtes in ՚n betekenisvolle mate bestuur word.

Tans is slegs 3% van sub-SaharaAfrika onder besproeiing. Van hierdie grond word 5% met ondergrondse water besproei. Hierdie ondergrondse waterbronne sal sorgvuldig bestuur moet word, anders sal dit ook vinnig uitgeput raak.

Dit is wel ook noodsaaklik om in gedagte te hou dat geen projek oornag gebeur nie. Fase twee van Lesotho se Hooglandwaterprojek het, byvoorbeeld, eers die afgelope Desember begin. Die hele projek is in verskeie dele verdeel en het in die tagtigerjare begin.

Fase twee van die projek beloof om die Lesotho-oordragskema tot sy volle potensiaal te voer. Die Polihali-dam en oordragtonnel wat die fokus van Fase twee is, is tans onder konstruksie en sal water uit die Senqu- en Khubelurivier opgaar. Hierdie dam se water sal dan in die Katse dam vloei. Die Polihali-dam sal ook ՚n mini-kragstasie hê.

Bronne: Russell , J. 2022. Kenya herders look for water undergroundVOA - Voice of America English News. Beskikbaar by: https:// learningenglish.voanews.com/a/ kenya-herders-look-for-water-underground/6833883.html

African flood and drought monitor (app). n.d. Beskikbaar by: http://hydrology.soton.ac.uk/apps/afdm/

Climate change blacks out Zambia. 2022. Beskikbaar by: https:// farmersreviewafrica.com/climatechange-blacks-out-zambia/ [2022, December 14].

Ewepu, G. & Ojiego, N. 2022. Flooded Farms: Food scarcity looms in Nigeria, farmers, Millers contradict Agric minister. Beskikbaar by: https://www.vanguardngr. com/2022/11/flooded-farms-foodscarcity-looms-in-nigeria-farmersmillers-contradict-agric-minister/ Hydropower in Africa. 2001 Beskikbaar by: https://www.hydropower. org/region-profiles/africa

Ikani, J. 2022. Africa's longest river is drying up from its source to Delta, here's why - heritage times. Available: https://www.theheritagetimes.com/africas-longest-river-isdrying-up-from-its-source-to-deltaheres-why/

McDonnell, T. 2022. The Nile Delta isn't ready for climate change. Beskikbaar by: https://qz.com/thenile-delta-isn-t-ready-for-climatechange-1849657612

Afrika se voginhoud gedurende Desember 2022.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 13 Gewasproduksie
Die Nyl is die aar wat die hele Egipte se landbou aan die lewe hou. Indien dit opdroog sal daar erge hongersnood wees.

Die toetse bewys: SA saffraan ding mee met die beste in die wêreld

Op grond van onlangse organoleptiese (sintuiglike) toetsing het die plaaslike saffraanvervaardiger, Saffricon, se produkte topgradering van ՚n vooraanstaande Suid-Afrikaanse multinasionale kleinhandelaar ontvang.

Dié waardebepalingstoets het ingevoerde saffraan onder die kleinhandelaar se eie handelsmerk ingesluit, asook ingevoerde saffraanprodukte vanaf Spanje en Iran, laasgenoemde synde die wêreld se grootste vervaardiger met ՚n markaandeel van meer as 90%.

Die assesseringskriteria was visuele trefkrag, die balans tussen smaak en geur, geurintensiteit, tekstuur en mondgevoel (die fisieke sensasies wat voedsel of drank in die mond veroorsaak, in teenstelling met smaak). Saffricon was die enigste deelnemer wie se produkte agt of meer uit tien in elk van hierdie kategorieë behaal het.

Saffricon-stigter en -direkteur Bennie

Engelbrecht sê die toetsingsresultate bevestig wat hulle nog altyd gesê het. “Die saffraan wat ons in Suid-Afrika verbou, het ՚n kenmerkende geur en aroma. Saam met die ISO 3632-klassifikasie wat ons onlangs verwerf het, bied dit verdere bewys van ons volgehoue verbintenis tot uitsonderlike gehalte,” verduidelik hy.

Volgende mylpaal: Wêreldspelerstatus Bennie wys daarop dat Saffricon se doelwit nog altyd was om met betrekking tot kwantiteit sowel kwaliteit ՚n beduidende speler in die wêreldmark te word. “Die toetsing bewys deur en deur dat ons gehalte hoogstaande is. Kom dit by volume, is ons gereed om binne die volgende agt tot tien jaar aansienlike hoeveelhede saffraan te begin produseer,” sê hy.

Corné Liebenberg, bemarkingsdi-

rekteur van Saffricon-vennoot Laeveld Agrochem (LAC), sê die toetsresultate bevestig dat dit die regte besluit was om saffraan in Suid-Afrika te begin verbou met die oog op die vestiging van ՚n bedryf wat op die uitvoermark gerig is.

Corné wys daarop dat saffraan nie net ՚n hoë-waarde spesery is nie; dit is ook ՚n relatief lae-risiko gewas wat op so min as ՚n kwart hektaar grond verbou kan word. “Dit maak saffraan ideaal vir kommersiële boere wat wil diversifiseer terwyl dit ook ՚n optimale geleentheid skep vir die miljoene Suid-Afrikaners wat op ՚n klein skaal na landbou wil uitbrei om uiteindelik ՚n goeie bestaan daaruit te maak.

“Ons eerste prioriteit is om mense te help om hulle eie gewasse te verbou en kos op die tafel te sit, wat ons reeds deur middel van verskeie projekte doen. Om by saffraanboerdery betrokke te raak, is egter ՚n verdere stap in die regte rigting wat voornemende boere bemagtig om hulle eie inkomste te genereer en selfonderhoudend te word,” verduidelik Corné.

Proefpakkette vir voornemende boere

Sedert hulle bekendstelling verlede jaar, het Saffricon sowat 385 saffraan-proefpakkette verkoop aan voornemende boere in al nege provinsies, asook Botswana, Namibië, Lesotho en Zambië. Die doel van hierdie pakkette is om boere in staat te stel om die lewensvatbaarheid van saffraanverbouing te toets voordat hulle boerdery op ՚n groter skaal oorweeg.

Elke pakket bevat ongeveer 500 tot 700 voorbereide knolle asook ՚n planten kwekershandleiding, kunsmis, Agri

www.proagri.co.za 14 ProAgri Suid-Afrika 275 Gewasproduksie

Technovation-ondersteuning deur LAC, ՚n NviroTek- en Agri Technovationgrondontledingstel en toegang tot die MYFARMWEB-platform om data te moniteer.

Daar is tans twaalf kommersiële saffraanboere aan boord wie se aanplantings die spektrum van 1 000 tot 600 000 knolle dek.

Corné sê altesaam 20-miljoen knolle is tot op hede aangeplant. Een keer per jaar, onder gunstige omstandighede, vermenigvuldig elke knol sowat drie keer ondergronds. “Om dit in perspektief te plaas; een hektaar wat met knolle beplant word, sal teen jaar vier genoeg knolle vir 24 hektaar hê,” verduidelik hy.

Oorkoepelende organisasie vir bedryfstoesig

Nog ՚n Saffricon-hoogtepunt vanjaar was hulle eerste kwekerskonferensie in Augustus, waartydens die Association of Saffron Southern Africa (ASSA) bekendgestel is. Bennie beskryf ASSA as ՚n sambreelorganisasie wat in ՚n toesighoudende hoedanigheid vir die Suider-Afrikaanse saffraanbedryf dien.

“Dit is deurslaggewend belangrik dat ons ՚n oorkoepelende liggaam het om toesig oor die bedryf te hou, veral namate meer boere aan boord kom en die bedryf groei,” verduidelik hy.

Die vereniging sal ondersteun word deur ՚n tussentydse komitee wat die grondwet sal uitvaardig en verseker dat alles in plek is vir die amptelike inwerkingtreding van lede se pligte.

Bennie voeg by dat dit vir voornemende boere belangrik is om hulle knolle te koop by ՚n onderneming soos Saffricon wat noodsaaklike ondersteuning vir die suksesvolle verbouing van saffraan bied. “’n Hele paar nuwe kwekers het al hulle vingers verbrand.

Dit beklemtoon die belangrikheid van ՚n organisasie soos ASSA wat geakkrediteerde knolverskaffers aan voornemende kwekers sal bekendstel,” verduidelik hy.

Corné sê om knolle by Saffricon, die baanbrekers van die Suid-Afrikaanse saffraanbedryf te koop, verseker kwekers se toegang tot die mees vooraanstaande speler in die plaaslike mark. “Kwekers wat hulle knolle by ՚n ASSA-geakkrediteerde verskaffer soos Saffricon koop, kan ook staatmaak op die gewaarborgde terugkoop van hulle geoeste saffraan,” voeg hy by.

Ontwikkelingsprogram

binnekort bekendgestel Saffricon is ook besig met die ontwikkeling van die Saffron Incubation Program (SIPS) wat gemik is op projekte wat deur gemeenskappe en die regering befonds word. Die maatskappy sal oor ՚n verlengde tydperk opleiding en ondersteuning verskaf om die suksesvolle uitrol van die program te verseker. Saffraan is verreweg die duurste spesery in die wêreld, vandaar die beskrywing daarvan as “rooi goud”.

Die plaaslike kleinhandelprys kan tot R250 per gram (of R250 000 per kilogram) bereik. Hierdie hoë prys kan toegeskryf word aan arbeidsintensiewe oesmetodes, van die pluk van die blomme tot die verwydering van die saffraandrade, wat alles met die hand gedoen word. Daarbenewens is sowat 150 000 blomme nodig om ՚n enkele kilogram “rooi goud” te produseer.

Topopbrengste vir topgraad saffraan

Bennie sê Saffricon sal plaaslike boere tot R100 00 per kilogram vir topgraad saffraan betaal. “Ons wil ՚n hoë-gehalte produk vestig en in stand hou. Daarom

is dit noodsaaklik dat boere voldoende vir hoë-graad saffraan vergoed word,” verduidelik hy.

Saffricon se bestellings vir die 2023-seisoen het op 1 Oktober geopen. Opsies sluit in verskillende hoeveelhede knolle vir kommersiële produksie, die proefpakkette en ՚n tuinierspakket wat ideaal is vir kwekers wat ՚n paar knolle vir persoonlike gebruik in hul tuine wil plant. Vir meer inligting, besoek gerus Saffricon se webwerf by saffricon.com

Nog ՚n hoogtepunt van die nuwe seisoen is die bekendstelling van Saffricon se Saffron Red Gold Experience, ՚n luukse pakket bestaande uit een gram Suid-Afrikaanse saffraan, ՚n doelontwerpte stamper en vysel en ՚n tangetjie waarop Saffricon se logo gegraveer is.

Gewasproduksie
Vir meer inligting, kontak vir Anel Engelbrecht by (+27)71-4310249, stuur ՚n e-pos na info@ saffricon.com of besoek hulle webwerf by www.saffricon.com.

Crop Protection Growing Progress

www.proagri.co.za 16 ProAgri Suid-Afrika 275
Visit us at
FUNGICIDES HERBICIDES INSECTICIDES FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER:
·
• Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A,
Office
272
Avenue,
corteva.co.za Corteva Crop Protection brings farmers an unmatched set of tools to equip them to do what they do, better. We are evolving our crop protection portfolio with the future in mind, adding more natural and safe solutions, and an unrivalled pipeline of new product launches. We address a wide variety of pests, diseases, and weed control options on multiple crops, with different chemical modes of action, and with sustainable innovation criteria. We can advise which crop protection products work best together, and how and where to apply crop protection in the field. Together, we will grow progress for agriculture and society, enriching the lives of those who produce and those who consume.
Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd
Reg. No. 1997/003030/07
Paarl +27 (0) 21 003 8259
Lakefield
Park,
West
Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa.

Tabakboere floreer ten spyte van onwettige verbod

Tabakboere in die Wes- en Oos-Kaap, wat as ՚n eenheid bestuur word, het nie blywende skade gely weens die verbod op die verkope van tabakprodukte van 27 Maart tot 18 Augustus 2020 nie.

Die 29 tabakboere van Graaff-Reinet tot in Oudtshoorn se produksie is goed op koers. ՚n Verhoging in produksie van die huidige 536 ton na 732 ton gedurende die 2022/23-oes word vir hierdie gebied beplan. Dié gebied verteenwoordig tans 20% van die nasionale produksie.

In Suid-Afrika word twee soorte tabak verbou, naamlik oonddroogtabak wat vir die vervaardiging van sigarette verbou word en die meeste tot aksynsbelasting bydra, en lugdroogtabak wat plaaslik vir pyptabakprodukte gebruik word en waarvan sowat 35% van die oes uitgevoer word.

Verbod bevoordeel sluikhandel

Die staat het die verbod op die verkoop van sigarette en ander tabakprodukte in Maart 2020 ingestel en aangevoer dat dit ՚n poging was om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus, wat Covid-19 veroorsaak, te probeer keer.

Die verbod het daartoe gelei dat die aantal rokers in die land met tussen 9 en 15% afgeneem het. Diegene wat nie heeltemal ophou rook het nie, het minder sigarette gerook – van sowat agt per dag tot sowat ses-en-՚n-half per dag. Nadat die verbod opgehef is, het die aantal sigarette wat gerook word onmiddellik opgeskiet tot bykans nege per dag.

Die verbod het die staat egter meer benadeel as die rokers wat in elk geval sigarette ten duurste deur die florerende sluikhandel bekom het, terwyl

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 17 Gewasproduksie
In Suid-Afrika word twee soorte tabak geproduseer wat onderskeidelik in sigarette en in pyptabakprodukte gebruik word. (Foto: Pixabay)

na raming R5,8-miljard nie die SuidAfrikaanse Inkomstediens (SAID) se koffers bereik het nie.

Die appèlhof in Bloemfontein het op 14 Junie vanjaar beslis dat Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, se verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens die inperking ongrondwetlik en ongeldig was. Sy moet boonop die koste van dié hofsaak dra.

Die appèlhof het die beslissing van ՚n laer hof bekragtig dat die regering verkeerd opgetree het deur die verbod op die verkoop van sigarette in Maart 2020 af te kondig terwyl daar geen wetenskaplike regverdiging vir die verbod was nie.

“Die enigste persone wat by hierdie verbod baat gevind het, was dié wat by onwettige handel van sigarette betrokke was,” het dr Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, op 14 Junie in ՚n mediaverklaring gesê.

Sluikhandel nog sterker

Jaco Malan, besturende direkteur van Universal Leaf South Africa (ULSA), wat op pyptabakprodukte fokus, beklemtoon dat die omstrede verbod die sluikhandel se vastrapplek in die mark verder verstewig het.

“Ten spyte van die onlangse beslagleggings aan die vervaardigingkant van die bedryf, is die effek nog groot en ՚n bedreiging vir wettige handel. Die bedreiging vir die lugdroogtabak wat in die Oos- en Wes-Kaap geproduseer word, is die goedkoop sigarette wat algemeen, en veral in Oudtshoorn, beskikbaar is. Dit sluit ook die beskikbaarheid van goeie vervalsings van alle pyptabakprodukte in wat op die swartmark beskikbaar is.”

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se Sindikaatbelasting- en Doeane-afdeling het in April vanjaar inspeksies en soek-en-beslagleggings op verskeie entiteite in onder meer die sektore tabak en sigarette, alkohol, goud, klerasie en

die banke in KwaZulu-Natal, die WesKaap en Gauteng uitgevoer.

Tabakproduksie verskaf stabiliteit Volgens Jaco het ULSA deurgaans boere geldelik bygestaan deur die betaling van voorskotte op hulle oeste waar kontantvloeiprobleme ondervind is. Dit het boere in staat gestel om hulle werknemers in diens te hou.

Hy sê tabak vaar tans baie goed in die Wes- en Oos-Kaap. “Tabakverbouing gee stabiliteit in boerderye. Nettomarges in die Kaap was veral baie goed, aangesien die boere spesifiek die afgelope twee jaar tabak van hoë gehalte geproduseer het.”

Volgens hom was die tabakbedryf tydens Covid-19 in staat om op produksievlak te funksioneer. “Aanvanklik is die afset benadeel aangesien vervaardigers nie produkte kon vervaardig nie en dus aankope van onverwerkte tabak beperk het. Die oes moes verklein word om die balans tussen vraag en aanbod te behou. Dit het goed gewerk en die bedryf het nou genormaliseer.”

Tabak word met groot sukses in die Oos-Kaap en in die Klein-Karoo geproduseer. (Foto: Pixabay)

Hy sê boere se produksie is tydens die afgelope twee seisoene effens ingeperk om die mark te beskerm. “Markvooruitsigte lyk steeds goed, maar produksie word noukeurig beplan om nie die seisoen se aanvraag te veel te oorskry nie. Die kwotavolume vir die 2022/23-oes word nasionaal met ongeveer 20% verhoog.”

www.proagri.co.za 18 ProAgri Suid-Afrika 275
Gewasproduksie
Verskillende sigaarstyle word tans met groot sukses beproef. (Foto: Pixabay) Nuwe wetgewing wil die verpakkiing van tabakprodukte strenger beheer. (Foto: Pixabay) Oonddroogtabak word vir die vervaardiging van sigarette verbou. (Foto: Pixabay)

Uitdagings

Boere se prestasie ten opsigte van gehalte en opbrengs het oor die afgelope drie jaar baie verbeter. “Die gehalte was veral hoog gedurende die afgelope oes, maar die opbrengspotensiaal is nog nie bereik nie.”

Insetkoste is steeds ՚n groot uitdaging, veral vir die volgende oes weens die buitensporige toename in veral kunsmispryse en die koste van energie soos diesel en elektrisiteit.

“Suid-Afrika produseer ՚n nis-tipe lugdroogtabak wat gesog is onder vervaardigers van spesifieke produkte, en solank hierdie gehalte produseer word, sal die bedryf gesond bly. Verskillende sigaarstyle word tans ook met groot sukses beproef.”

Nuwe wet

Die kabinet het pas ՚n langverwagte wetsontwerp op die beheer van tabakprodukte en elektroniese sigarette

(vaping) goedgekeur vir voorlegging aan die parlement. Dit is nie seker hoe die nuwe wette die gebruik van tabakprodukte gaan beïnvloed nie.

Die wetsontwerp stel onder meer 100% rookvrye binne- en sommige buite-gebiede voor; ’n verbod op die verkoop van sigarette deur verkoopsmasjiene, strenger voorskrifte en reëls vir verpakking van sigarette en vir waarskuwingsborde.

Die wetsontwerp poog ook om e-sigarette wat nie tabak nie, maar wel nikotien bevat, te reguleer. Tans het die staat geen beheer oor die verkope en gebruik van daarvan nie, en kommer heers oor die toenemende gebruik daarvan deur jongmense.

Die nuwe wetsontwerp is glo daarop gemik om openbaregesondheidsmaatreëls te versterk in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raamwerk-konvensie oor die beheer van tabak.

Verwysingsbronne Appelhof-uitspraak https://cdn.24.co.za/files/Cms/ General/d/3505/e5b0c4bcbf794dbdb1b9fefa782f983d.pdf

Oosthuizen, J. (2022) Nuwe wet wil rokers verder inperk. Voertaal https://voertaal.nu/nuwe-wet-wilrokers-verder-inperk/

Phillips, L. (2022) Appèlhof gee Dlamini-Zuma, Ramaphosa pak slae oor tabakverbod Landbou. com

https://www.landbou.com/landbou/nuus/appelhof-gee-dlaminizuma-ramaphosa-pak-slae-oortabakverbod-20220615

SARS voer soek-en-beslaglegginsoperasies uit in verskeie sektore. (2022) SARS https://www.sars. gov.za/wp-content/uploads/Docs/ Translations/MediaReleases/2022/ April/Media-release-SARS-carries-out-search-and-seizure-operations-in-various-sectors-updateon-8-April-2022-Afrikaans.pdf

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 19 Gewasproduksie
Kontakbesonderhede Kontak Jaco Malan by malanj@ universalleaf.com Nuwe wetgewing wil ook probeer beheer uitoefen oor elektroniese sigarette (vaping). Nuwe wetgewing wil rook binne en buite geboue verder bekamp. (Foto: Pixabay)

Boere help red Overberg Rûens

se Renosterveld

Renosterveld is ryk aan biodiversiteit wat talle blomplantspesies insluit.

Boere in die Overberg Rûens lewer ՚n belangrike bydrae tot die bewaring en restourasie van die oorblywende renosterveld.

Renosterveld verwys nie na ՚n enkele plantsoort nie, maar sluit ՚n verskeidenheid plante in. Dit word as die rykste bolplantstreek op aarde beskou en sluit bolplante soos Freesia en Gladiolus in wat wêreldwyd bekend is en gekweek word.

Die Overberg Rûens het eens op ՚n tyd bestaan uit gras- en bossiesveld met ruigtes langs waterlope. Vandag is dit ՚n monokultuur-landskap met flentertjies renosterveld wat hoofsaaklik beperk is tot koppies, rotswande en rivierlope.

“Ongelukkig is hierdie biodiverse brandpunt nou gevaarlik na aan uitwissing,” sê dr Odette Curtis-Scott, wat die Overberg Renosterveld Conservation Trust tien jaar gelede begin het.

Daar is slegs sowat vyf persent renosterveld oor in die Overberg en dit is hoofsaaklik fragmente in laagliggende gebiede langs stroompies en vleilande – ‘uitvalgrond’ wat ongeskik is vir landbou uit die grondeienaar of boer se oogpunt. Die ander 95% het geswig voor die ploeg om plek te maak vir die prentjiemooi, uitgestrekte, monokultuur graan- en kanolalande waarvoor die Rûensgebied bekend is. Daar is gedeeltes wat ongeskonde is, maar baie daarvan het weens verkeerde bestuurspraktyke in die verlede – en hede – dringende ingryping nodig om dit te restoureer.

Huidige status

Die renosterveld van vandag verskil heelwat van wat dit 300 jaar gelede was. Toe het die ryke verskeidenheid plantegroei, wat gras en struikgewasse ingesluit het, groot getalle wild onderhou, insluitend swartrenosters, elande en die uitgestorwe bloubok en kwagga.

Die blaar- en grasvreters het die natuurlike diversiteit en struktuur van

die stelsel gehandhaaf. Toe migrerende grootwild deur vee vervang is, het die veld begin agteruitgaan. Bestuursprobleme soos oorbeweiding, te veel of te min beheerde brande, erosie en indringerplante het mettertyd hulle tol geëis. Tog is daar hoop: hoewel die toestand van die veld agteruit gegaan het, het verskeie studies bewys dat die veld met goeie bestuur gerestoureer kan word.

Uitdaging

Die Kaapse floristiese streek is bekend as die kleinste, maar rykste planteryk ter wêreld. Dit bestaan uit bergfynbos wat voorkom op arm grond, strandveld op alkaliese grond ryk aan spoorelemente,

en renosterveld op vrugbare kleigrond (skalie), soos dié van die Rûens.

Die Overberg-rûens bestaan uit vier verskillende plantegroeistreke, naamlik die Westelike Rûens, Sentrale Rûens, Oostelike Rûens-skalierenosterveld en Rûenssilkreet-renosterveld. Die plantegroei in al vier streke is op die Rooi Datalys as kritiek bedreig geklassifiseer.

“Ten spyte van die enorme verlies aan habitat, verteenwoordig hierdie oorblywende fragmente renosterveld steeds een van die rykste biodiversiteitbrandpunte op aarde, en dit het dringend bewaring nodig,” sê Odette.

Swak bestuurstelsels bedreig die waterlope en habitatoorblyfsels

www.proagri.co.za 20 ProAgri Suid-Afrika 275 Gewasproduksie
Die bewaring van renosterveld strek tot voordeel van die hele ekostelsel en landbou. Dr Odette Curtis-Scott, direkteur van die Overberg Renosterveld Conservation Trust, met 'n witkruisvleivalk, een van verskeie spesies waaroor navorsing gedoen word. Navorsing het bewys dat goeie bestuur van die oorblywende diverse plantegroei die renosterveld kan restoureer. deur Tisha Steyn

wat die ekologiese funksies van die Rûensgraanstreek aanmekaar hou. Gemeganiseerde landboupraktyke en grootskaalse aanplanting van monokultuur-voedselgewasse het die natuurlike landskap wat hier bestaan het, tot nadeel van die natuurlike plantegroei in landerye omskep.

Die Trust se doelstelling is om boere in die gebied bewus te maak van die waarde van die renosterveld en hoe bewaring en landbou saam sorg vir ՚n gesonde ekostelsel én produkverbouing. Die renosterveld dien as 'n skakel tussen die omliggende kus- en bergstreke en dit is belangrik om dit as korridors te beskerm.

Die biodiversiteit is die “lewensbloed van die hele streek,” sê Odette. “Noudat die verband tussen gesonde ekostelsels en landbou begryp en die lot van die laaglande beter verstaan word, het die landbou en natuurbewaring tot ander insigte gekom.”

Die bewaringsfokus moes wyer as geïsoleerde reservate beweeg om die algehele verdwyning van hele ekostelsels te verhoed. Terselfdertyd is die verlies aan biodiversiteit, gesonde en goeie gehalte grond en funksionerende waterlope en riviere bewys as negatief vir produksielandskappe, en daarom het die landbou besef dat ՚n ommeswaai in boerderypraktyke nodig geword het.

Kopskuif

Volgens Odette begin grondeienaars besef dat ՚n dringende kopskuif nodig is om die natuurlike prosesse in die streek aan die gang te hou en die Trust se doel is om noodsaaklike verandering mee te bring deur verhoudings met grondeienaars en boere te bou en leiding en ondersteuning aan hulle te bied.

Vir die doel het sy en vier ander kundiges ՚n gidsboek saamgestel waarin die plante, diere en voëls in die oorblywende renosterveld toegelig word en hoe hulle voortbestaan verseker kan word.

“Hierdie handleiding is ons geskenk aan die boere van die Overberg Rûens. Julle is die bewaarders van die oorblywende renosterveld en dit is ons droom om julle te inspireer om dit op te pas, en die verborge skatte daarin vir die nageslag te bewaar. Dit gaan nie net

oor natuurbewaring nie, maar op die lange duur ook oor produktiewe en gesonde boerdery.”

Wetgewing

“Wette is nodig om natuurlike landbouhulpbronne te beskerm en sodoende gesonde, lewende landskappe te onderhou waar daar vir nog baie geslagte geboer kan word,” sê Odette. “Gesonde ekostelsels is die grondslag vir produktiewe plase, en plase wat goed bestuur word, sluit natuurlike weiding en skuiling in.

Ekostelseldienste sluit in:

• natuurlike dreinering deur natuurlike plantegroei in vleilande en waterlope;

• bestuiwingsdienste deur voorsiening te maak vir ՚n verskeidenheid bestuiwers, veral bye;

• erosiebeheer deur natuurlike plantegroei wat help om erosie teen steil hellings en in klowe te bekamp.

Twee wette is van krag vir die verbouing van braaklande en die bestuur van natuurlike hulpbronne, naamlik die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (National Environmental Management Act - NEMA) en die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (Conservation of Agricultural Resources Act - CARA). CARA fokus op die bewerking van braaklande, terwyl NEMA op die bewerking van voorheen onbewerkte gebiede van toepassing is.

Albei wette verklaar dat dit onwettig is om sonder ՚n permit enige braaklande of velde wat nie in die laaste tien jaar bewerk is nie, te ploeg of te bewerk. Dit is ՚n strafregtelike oortreding en strafbaar met ՚n groot boete van miljoene rand en/of tronkstraf, en dan sit jy met ՚n misdaadrekord. Die wette word deur die Departement van Omgewingsake en die Departement van Landbou toegepas.

Voogdyskapprogramme Suid-Afrika is die wêreldleier ten opsigte van geleenthede skep vir grondeienaars om dele van hulle eiendom in bewaringsgebiede vir die nageslag te bewaar.

Organisasies soos CapeNature, SANParke, die WWF-SA en Overberg

Renosterveld Conservation Trust is besig om verskillende modelle te ontwikkel wat grondeienaars help om hulle grond as bewaringsbate te beskerm.

CapeNature bestuur die Biodiversiteits-voogdyskapprogram om volhoubare biodiversiteit in ՚n veranderende klimaat buite beskermde gebiede te verseker. Dit hou die voordeel van CapeNature se kundigheid in wat bydra tot die goeie bestuur van die verskillende gebiede.

Vier voogdyskapprogramme bestaan, naamlik: Kontrak-natuurreservate, waar wettig beskermde en verklaarde natuurreservate geproklameer word ingevolge artikel 23 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur:

• Beskermde gebiede, wat aanbeveel word vir gebiede van kritieke biodiversiteitsbelang waar bedreigde ekostelsels met uitsonderlike biodiversiteitsversamelings voorkom.

• Beskermde omgewing, vir formeel beskermde en geproklameerde omgewings ingevolge artikel 28 van die Wet op Nasionale Omgewingbestuur: Beskermde Gebiede. Dit is ՚n werkbare opsie vir groepe eienaars wat verskillende grondgebruike op ՚n groter gebied toepas.

• Biodiversieitooreenkoms, waar ՚n kontraktueel wettige ooreenkoms tussen die grondeienaar en CapeNature ingevolge die wette van die Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad gesluit word. Gebiede wat as beskermingswaardig beskou word, kan vir ՚n tydperk van minstens tien jaar deur die biodiversiteitooreenkoms beskerm word.

Bewaringserwituutprogram

Die Serwituurprogram is ՚n nuwe konsep in Suid-Afrika en is oorspronklik deur WWF-SA en die Overberg Renosterveld Conservation Trust ontwikkel en word sedert 2017 deur goedgekeurde nie-regeringsorganisasies soos die Trust bestuur.

In Renosterveld Deel 2 word gekyk na doeltreffende, volhoubare bestuurspraktyke soos voorgestel deur die Overberg Renosterveld Conservation Trust.

Verwysings

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 21 Gewasproduksie
Kontak dr Odette Curtis-Scott van die Overberg Renosterveld Conservation Trust by 083-5513341 of info@overbergrenosterveld.org.za
Curtis-Scott, O., Goulding, M., Helme, N., Mcmaster, R., Privett, S., Stirton, C.H., (2020). Field
Guide to Renosterveld of the Overberg. Penguin Random House South Africa. Beskikbaar by: https://overbergrenosterveld. org.za/
Grant Forbes is bewaringsbestuurder van die Overberg Renosterveld Conservation Trust. Rooivlerkies is een van die visspesies wat in die riviere in die Overberg voorkom.

WINNING IN AFTERMARKET

Customers do not expect products to be perfect, but they do expect manufacturers to fix things quickly when they break down. A bold statement, and a challenging one to live by, but John Deere lives and breathes by ensuring they can deliver the best parts and aftermarkets support services to their customers.

The John Deere Africa Middle East branch invests extensively in parts- and aftermarket support and development to live by our promises, and to assist our customers in the shortest possible time. Likewise have our dealer outlets equipped themselves with experts in their parts and aftermarket departments. In order to ensure these investments are challenged and reviewed, John Deere test these experts on a yearly in order to measure their knowledge capabilities and level of expertise in their field.

We reveal and reward these experts at our yearly John Deere Awards Ceremony. This awards ceremony is a platform for John Deere to honor those that looks after the green and yellow equipment, but also a way to reveal to our customer that we do not stand still, we believe in growing and continually improving our customer facing specialist. The most important key players in the Agricultural and Construction Sectors were invited to partake in the glamorous and prestigious annual Dealer Awards Ceremony. John Deere AME Dealers and support staff, including technical experts, sales managers, parts managers expert parts personnel and financial specialists all play an integral role in the success that John Deere AME has experienced in its region. In an effort to thank the dealers as well as to reward exceptional service, John Deere identified the top performers in the relevant sectors who contributed to one of the most outstanding financial years in the recent history of John Deere.

The masquerade ball-themed event took place at the Radisson Hotel and Convention center in Kempton Park on 11 November 2022. Jaco Beyers, Managing Director of John Deere, thanked every attendee for their utmost support and service towards John Deere and its Customers by thinking out of the box in a very challenging year. “I want to salute you all. If we look at all the challenges we faced: challenges with logistics, computer chips and parts that we had to fly in. But through it all, all of you pulled together, all of you supported

www.proagri.co.za 22 ProAgri Suid-Afrika 275 Meganisasie
Following one of the most outstanding years in recent history, John Deere rewarded exceptional service from the top performers in their relevant sectors

the customer: the farmer. It was a team who came together, and tonight we are going to celebrate great teams, but also great individuals.” Beyers said as part of his opening remarks. Janalize van Buuren, Region 1 Aftermarket and Customer Support Director, thanked each individual in parts and aftersales, for being the frontline ambassadors of the customer experience.

John Deere AME Aftermarket Sales Manager, Glenys Millingham, presented the awards in the Aftersales Division, which entailed four different categories, with two of the awards being presented in 2022 for the very first time. The Parts Sales Branch of the Year award was one of the new initiatives this year. The competition objectives included growth in total sales, alternative parts sales and also hinged upon healthy parts order ratios and the overall evaluation of a branch by the area managers on aspects such as facilities, parts availability as well as marketing initiatives. The very first winner of this award was AFGRI Polokwane.

Alternative parts are John Deere endorsed parts for out of warranty machines, and this year, a competition was launched specifically for dealer parts sales representatives for driving alternative part retail sales. Bati van Aardt from Settlers Service Station won the Alternative Parts Sales Competition. A special award was given on the evening to Jaco Wessels, who started his career in parts as a parts clerk in 1994 and worked his way up and has been the Parts Manager at the AFGRI Marquard branch for the last 21 years. Jaco was recognized for his parts expertise by winning the parts expert of the year competition for four consecutive years, by being included in the Parts Expert Wall of Fame. Millingham said: “I want to commend you for your wealth of parts knowledge. You are really a role model to all of us. Thank you for your contribution to our parts world, as well as for being our brand ambassador.”

The award for Parts Expert of the Year is a very popular competition, with 138 entries this year. The competition entailed testing of the participants’ knowledge in three different rounds and was also expanded to include a practical section on specifically the 8R and 6M tractors, as well as the S-series combine and the M-series self-propelled sprayers. The prestigious award went to Morne Cloete from AFGRI Polokwane whose elation was visible after receiving the award: “For me it’s truly a proud moment that I did not expect, but it just goes to show that hard work pays off, said Morne”. Runner up Johannes Haefele, from AFGRI Frankfort, said that the competition means a lot to him. “Competing against the best of the best, is truly something. There is no other company in the world that offers this level of competition to the guys who work with parts. I am immensely proud to be able to enjoy this evening, but I also enjoyed the competition that led up to it.”Third place winner Deon Britz from AFGRI Malmesbury said that it was great to be able to position yourself by means of this competition, to see how you measure up in the business. “You have to enrich yourself when partaking in a competition such as this one by doing every course possible online, as well as by being alert and by looking at things differently,” said Britz.

Andre van den Berg, AFGRI North Group Parts Sales Manager, received a special mention by Glenys Millingham, who thanked him and commended his leadership in the AFGRI Group - who palmed in most of the awards on the evening. “We want to acknowledge your leadership - as the team is just as strong as their leader. Millingham said.

It was an evening of glamour, entertainment, good food and good company all to celebrate and thank the best in the industry.

*Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/) https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821

ProAgri South Africa 275 Meganisasie
JohnDeereAME JohnDeere JohnDeereAfrica
It was a team who came together, and tonight we are going to celebrate great teams, but also great individuals.
www.proagri.co.za 24 ProAgri Suid-Afrika 275 verminder DIE hooI op jou vurk. www.newholland.com/za Volg ons op Tindrum 23/003 Kontak jou new Holland-handelaar vandag of skakel: eduan Booyens (071 871 8163) – noordwes, vrystaat, Gauteng, Limpopo en Paul de Korte (064 752 1613) – KwaZulu-natal Quintus Smit (082 524 7397) – Wes-Kaap, noord-Kaap en Oos-Kaap
Model Afmetings BB1290-hoëdensiteit-kerwer 900 x 1200 x 1000-3000 mm BB1290-hoëdensiteit-verpakker 900 x 1200 x 1000-3000 mm BC5060-klein vierkantbaler 360 x 460 x 300-1300 mm rB150F-ronde bandbaler 900-1500 Ø x 1200 mm rB150C-ronde bandbaler + kerwer 900-1500 Ø x 1200 mm roll-Bar 125-rondebaler 1250 Ø x 1200 mm roll-Bar 125-rondebaler + kerwer 1250 Ø x 1200 mm rB125-ronde rollerbaler + kerwer 1250 Ø x 1220 mm SELFAANGEDrEWE MASjINEr Model Afmetings Fr650-kuilvoerkerwer 480 kW 300FP-opteltafel 3000 mm 380FP-opteltafel 3800 mm 60BFi-mielietafel 6000 mm Sr200-platsnyer 142 kW 416-snyer/kneusertafel 4900 mm 419-snyer/kneusertafel 5900 mm SNYErS & SNYEr/kNEuSErS Model Afmetings 108m-6-skyf-snyer 2400 mm d210-8-skyf-snyer/kneuser 3160 mm 313-8-skyf-snyer/kneuser 4000 mm 316-10-skyf-snyer/kneuser 4950 mm 488-sekelmessnyer/kneuser 2819 mm
BALErS

Hooimaak verg die regte toerusting

− en New Holland het die antwoord

New Holland is ՚n voorstander van tegnologiese veranderinge om nie net die werksaamhede van sy klante te vergemaklik nie, maar ook om die omgewing te beskerm sodat daar nog lank boerdery bedryf kan word en voedselvoorsiening versterk kan word.

New Holland ontwikkel toerusting nie net vir gemak nie, maar vir doeltreffendheid in alle opsigte.

FR650-kuilvoerkerwer

New Holland is al sestig jaar aan die voorpunt van die kuilvoersektor met 'n hele reeks baanbreker-bedryfeerstes wat 'n rewolusie gemaak het in die manier waarop jy vandag kuilvoer hanteer. Gepatenteerde HydroLoc™tegnologie waarborg konstante snitlengte onafhanklik van deurset en tipe gewas. Die ActiveLOC™-stelsel pas snitlengte outomaties aan by werklike voginhoud vir onoortreflike gehalte. Gevorderde MetaLoc™-tegnologie beskerm jou FR-kerwer teen metaal wat jou masjien kan binnedring. Dit voorkom skade en bespaar jou baie geld.

Die gepatenteerde Variflow™gewasverwerkingstelsel kan in minder as twee minute van mielie- na grasposisie verander word sonder dat dit nodig is om gereedskap te gebruik.

Die IntelliFill™-funksie vul die sleepwa vir jou sodat jy kan konsentreer op die ernstige saak van optel. Sny- en opteltafels is ook beskikbaar in verskillende groottes vir die verskillende masjiene.

Snyer-kneusers

New Holland bou die kantsleepeenheid D210 en die gewilde middelpuntsleepeenhede, naamlik 313 en 316. Die gewilde MowmaxTM-skyfsnyerstelsel word nog steeds taai gebou en verg minimale onderhoud. ShockproTMspilpunte absorbeer die impak wat verstoppings kan veroorsaak. Indien die ringrat breek, kan dit maklik in die land vervang word om verder te sny.

Rubber-kneuserrollers is verstelbaar na gelang van die materiaal en druk wat toegepas moet word.

SR200 Speedrower-platsnyer

Selfaangedrewe “Speedrowers” maak vinnig skoonskip van enige hooimateriaal as daar vinnig of groot oppervlaktes gesny moet word. Die SR200 is opgegradeer met ՚n beter bestuurstelsel deur die hidroulika, elektriese stelsel en agteras aan te pas. Die kajuitvering, sitplek en sagteware is ook opgegradeer. Verder is die skyfsnyer-kneusertafel ook aangepas om beter verspreiding van materiaal te lewer. Hierdie kombinasie van veranderinge maak hierdie eenheid nou meer doeltreffend as ooit tevore.

Roll-Bar 125-rondebaler

Die nuwe Roll-Bar™ 125-vastekamerbaler maak 'n baal van 1,25 m in deursnit en is gebou op die sterk erfenis en DNA van die besteverkoper BR6000-reeks. Die bewese eienskappe van eenvoudige, betroubare aandryflyne, maklike instandhouding en hoë oesbuigsaamheid is verbeter om aan die behoeftes van vandag se boerderybedrywighede te voldoen. Moderne syskerms gee 'n stylvolle voorkoms en vergemaklik diens met hulle meeuvlerk-openingontwerp.

Alle hoofaandrywingkettings is versterk om maksimum betroubaarheid te verseker. Nuwe verseëlde laers in sleutelareas en 'n hidrouliese rotor-truskakelaar is beskikbaar van die fabriek af. Daar is 'n keuse van voerstelsels en as jy die oes moet sny, is die CropCutter™stelsel ook beskikbaar. Wat jy ook al moet baal, die New Holland Roll-Bar™ 125-baler kan gespesifiseer word om aan jou vereistes te voldoen.

BigBaler 1290 High Density

New Holland plaas al meer as drie dekades die 'groot' in groot vierkantige bale. Sedert sy eerste grootbalers in

1987 van die produksielyn af gerol het, is sowat 30 000 eenhede wêreldwyd afgelewer. Daarmee het New Holland die bedryf betree met ՚n hoëdigtheidsbaler. Hierdie BigBaler 1290 High Density kan bale met ’n digtheid van tot 22% hoër as konvensionele balers lewer. Dit lei tot doeltreffender logistiek en makliker vervoer van bale. Hierdie baler is dus ideaal vir professionele baalkontrakteurs en baalhandelaars.

Die balers het ook New Holland se Loop Master™-knooptegnologie. Die tweede knoop is nou ’n lusstylknoop in vergelyking met die bekende dubbele knoopstelsel. Hierdie lusknoop is 37% sterker as ’n standaardknoop. Dit lei tot ’n toename van tot 26% in algehele treksterkte vir verminderde breekskade. Nog belangriker – dit skakel afgesnyde stukke tou wat tans in die lande agterbly en moontlik in voer kan beland, uit. Dit klink miskien nie na baie nie, maar dit is meer as 6 km of 46 kg tou wat bespaar word in ’n baalseisoen met 10 000 bale.

Die BigBaler 1290 High Density is verder ontwerp met makliker onderhoud in gedagte, want die boer wil immers meer tyd bestee om te baal en minder tyd op die werf! Doeltreffende funksies soos minimale daaglikse smeerpunte, wye kantopenings en voorskerm, asook maklike toegang tot die onderkant van die baler help om tyd en moeite te bespaar. Die optelroller het bande met plastiese tande, wat dit vinniger en makliker vervangbaar maak. Die groot, plat boonste bedieningsdek bied onmiddellike toegang tot die knoopstelsel.

Vir meer inligting, besoek www.newholland.com/za of kontak vir Jaco du Preez by (+27)82-524-8898.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 25
Artikel voorsien
Meganisasie
New Holland is al sestig jaar aan die voorpunt van die kuilvoersektor.

Mahindra Pik Up:

Meet the Karoo, Dusk and Storm

Mahindra SA launched three madefor-purpose adventure bakkies with a promise to Unleash the Explorer in You. To prove this, these flagship bakkies were sent to the most challenging terrains across Southern Africa. After an epic 21-day adventure, the team returned safely home with their three Pik Up models, all showing no signs of failure during the entire trip.

The participants were blown away by the vehicles’ performance. The heavyduty suspension was put to work on multiple terrains and didn’t disappoint. The challenges were all absorbed with ease. Even driving up the toughest mountains, the handling still felt very comfortable.

Hardy De Kock, expedition leader at Specialised Adventurers shares his experience with us:

“Driving along off-road trails felt like a breeze in these bakkies! What also surprised me was that we had no failures on the vehicles – this is unheard of for such a long trip. They are incredible. I was so overwhelmed by this vehicle, that I requested to purchase the vehicle I drove.”

These three very special new bakkies were first revealed earlier in 2022 when Mahindra inaugurated its new brand promise to “Unleash the explorer in you”.

Each bakkie takes its design cues from the beautiful and untamed Karoo desert and each one offers a unique combination of lifestyle and performance accessories that make them ready for whatever adventure the owner might be planning. This makes

the Karoo Dawn, Dusk and Storm the perfect lifestyle bakkies to make good on the new brand promise.

The new flagship bakkies are all equipped with a unique, heavy-duty suspension with special 16-inch hardened off-road-ready alloy rims and off-road-biased tyres with a more aggressive tread pattern. Add to that the custom-designed approach and departure bumpers with recovery points, shift-on-the-fly 4x4 system with auto-

www.proagri.co.za 26 ProAgri Suid-Afrika 275 Meganisasie
Article supplied

locking rear differential (Mechanical Locking Differential or MLD), and you have a lifestyle bakkie that can take on everything that Africa can throw at it.

Storm, Dawn and Dusk look like a million bucks

Inspired by the dark of night, the blackon-black Karoo Dusk gets an enhanced sports bar atop a roller shutter topped rubberised load bin and a longer front bumper sports bar up front.

The all-new sandy beige Dawn takes its cue from early Karoo mornings and is set apart by its heavy-duty roof rack and flush mounted tonneau cover.

The powder blue-grey Storm is defined by those rare Karoo rainstorms.

Powered by Mahindra’s 103 kW and broadly torque 320 Nm mHawk 2,2 turbodiesel turning a talented, made for SA Aisin six-speed automatic transmission, the Scorpio range benefits the Scorpio Pik Up’s hugely capable allwheel drive system and differentials.

All Karoo Dusk, Karoo Storm and Karoo Dawn models come with a 4-year or 120 000 km mechanical warranty, and 5-year or 90 000 km service plan.

Price – Storm/Dawn/DuskR624 999. Order yours today from Mahindra Alberton.

The farmers’ option: Mahindra Pik Up S4 Farmers Kit

Now new on the Mahindra market is the Mahindra Pik Up S4 Farmers Kit! This new variation on the S4 Pik Up, especially for the agricultural community, comes with a large load box with a maximum payload of 1 200 kg, and a braked towing capacity of 2 500 kg, making this a hardworking, dependable team player.

The 2,2-ℓ 4-cylinder mHawk turbo-diesel engine delivers 103 kW @ 3 750 r/min power and 320 Nm of torque @ 1 500 – 2 800 r/min. Additional to the above, the S4 Farmers Kit comes standard with cattle rails, snorkel, front & rear steel bumpers, towbar, and a wraparound nudge bar. Starting from R364 999 (4 year / 120 000 km factory warranty)

You can watch the whole 21 day expedition on YouTube by following this link https://www.youtube.com/ watch?v=fvvELWithzU, or on Specialised Adventures Facebook page https://www.facebook.com/SpecialisedAdventures.

For more information, send an e-mail to info@rvm.co.za or contact Mahindra Alberton on (+27)87-803-1108. Visit their website at www.mahindraalberton.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 27
Meganisasie
www.proagri.co.za 28 ProAgri Suid-Afrika 275 www.teejet.com om al ons spruite te besigtig. Versoek die Volledige Sakpas gids vandag, by info@teejetsa.co.za ® ® ® ® ® GEWAS BESKERMING KWALITEIT BESPUITING BEGIN MET TEEJET KWALITEIT SPUITPUNTE. Gewasbeskerming produkte en vloeibare kunsmis is slegs doeltreffend wanneer dit behoorlik toegedien word. 1. Maak seker dat jy die regte spuitpunt vir jou toediening kies. 2. Vervang verweerde spuitpunte. 3. Inspekteer jou spuit en kalibreer jou spuitpunte om behoorlike toediening te verseker. ® VLOEIBARE KUNSMIS GRATIS! OOV RP L ANT NAP L A TN KONTAK SISTEMIES ANOKPO M S K ONTAK NAOPKOMSSISTEMIES VOOR-OPKOMS SISTEMIES KONTAK SWAMDODERS URKNO I D D ODERS INSEKDODERS

Tegnuus

Die jongste in landboutegnologie vanoor die wêreld

LEMKEN belê in kunsmatige intelligensie Nuwe belang in AgTech-maatskappy Track32

Moderne beeldherkenning kom al hoe meer op die voorgrond in landbou en bemoontlik minstens gedeeltelike outonome aanwending van werktuie in vele velde. Maar dit verg kragtige kameras of sensors in kombinasie met intelligente algoritmes.

Met sy IC-Weeder AI, het LEMKEN reeds ՚n skoffelmasjien geloods wat betroubaar tussen suikerbeet en onkruid onderskei, selfs onder hoë onkruiddruk. Die toepaslike sagteware is ontwikkel deur die Nederlandse AgTech-spesialis, Track32, waarin LEMKEN nou ՚n belang bekom het.

Ontmoet New Holland se eerste elektriese trekker

New Holland is nou ook in die geledere van trekkermaatskappye wat elektriese en outonome keuses aan boere bied. Die T4 Electric Power, ՚n algeheel elektriese ligte nutstrekkerprototipe, is onlangs in Amerika vertoon.

Die trekker word aangeprys as die perfekte elektriese oplossing, wat ook outonoom kan werk, vir gemengde en veeplase. Produksie vir die mark sal na verwagting teen die einde van 2023 begin. Meer modelle word vir die toekoms beplan.

Die trekker lewer piekkrag van 88, 26 kW, maksimum wringkrag van 440 Nm en ՚n topspoed van 40 kmu. Die battery lewer glo ՚n vol dag se werk en word met ՚n vinnige laaier binne net een uur volgelaai.

Elektriese punte is beskikbaar vir daaglikse plaastake soos sweis en boor, of om as daaglikse of noodkragopwekker te dien, en om elektriese werktuie aan te dryf. Gewone meganiese, hidrouliese of kragaftakkerwerktuie kan ook gebruik word.

Die elektriese prototipe het glo in toetse uitsonderlike werkverrigting teenoor ՚n konvensionele dieseltrekker getoon. Met sy beter vastrapbeheer, gladder vorentoe- en truskakeling en ratwisseling en die besparing in dieselkoste is die trekker se bedryfskoste glo tot 90% laer. Die trekker is ook stil en 90% van die vibrasie is uitgeskakel. Afstandbeheer is moontlik met ՚n slimfoontoep wat die trekker aktiveer. Vanboord digitale dienste laat jou toe om die trekker enige tyd vanaf enige plek te beheer en die werkverrigting en batteryvlak te moniteer.

(Bron: profi)

Bo-op die T4 Electic Power se dak is sensors, kameras en beheereenhede wat versperrings raaksien en vermy om die trekker outonoom te laat werk.

Die intensiewe samewerking met Track32 in Ede, Nederland, is reeds hoogs suksesvol in die ontwikkeling van kamerabeheerde skoffelmasjiene. Anthony van der Ley, besturende direkteur van die LEMKEN-groep, sê: “Dit sal die ontwikkeling van slimtegnologie versnel en voortgang verseker.

Vir Track32 bied ons samewerking beplanningsekerheid en ՚n groot moontlikheid vir groei.”

Track32 se stigter, Joris IJsselmuiden, verduidelik: “As ՚n maatskappy wat spesialiseer in sagteware en kunsmatige intelligensie, het ons oplossings ontwikkel vir oopland- en kweekhuisboerdery. Met LEMKEN as ՚n belegger en klant, kan ons ons meer toespits op die verdere ontwikkeling van ons sagteware en voordeel trek uit groter nabyheid aan eindklante.”

Track32 se kundigheid sal LEMKENwerktuie in staat stel om selfs meer presies en meer veelsydig aangewend te word, want die intelligente masjiene hoef nie net deur menslike operateurs beheer te word nie, maar byvoorbeeld ook deur robotte.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 29 Meganisasie
(Bron: profi) (Bron: profi) (Bron: LEMKEN) deur Annemarie Bremner

Van die land na die beeste – outomaties!

Eurotier-diereproduksieskou in Hanover, Duitsland, se organiseerder, die Duitse Landbougenootskap, het die wenners van die Landboukonseptetoekenning aangekondig.

Vir plaaswerktuie is ՚n toekenning gemaak aan die merkwaardige Exosgroenvoersnyer van Lely. Hierdie ten volle elektriese werktuig sny vars gras op die veld en gaan dien dit vanself aan die beeste op.

Groenvoer wat op die plaas verbou word is die grondslag vir melkproduksie en is noodsaaklik vir dieregesondheid. Met die Exos bied Lely ՚n konsep vir die ten volle outomatiese sny en voer van vars gras. Om groenvoer tydens die groeitydperk te voer bied vele voordele. Een daarvan is dat daar geen energieverlies as gevolg

van inkuiling is nie, die beperkende vensterkansies vir inkuiling word uitgeskakel en baie geld word bespaar.

Die ten volle elektriese Lely Exos voorsien die daaglikse groenvoer vir die hele kudde outomaties. Die robot gewaar versperrings en beweeg gladweg in veilig in die land en in die stal. Hy kan ook kunsmis strooi terwyl hy sny.

Snywerk vind op die regte tyd plaas en dit bevorder hergroei. Die relatief lae gewig van die werktuig beskerm ook die grond.

Dit stel die boerdery in staat om die groeitydperk ten volle te benut vir hoër melkproduksie vanaf selfgeproduseerde voer. Dit bespaar ook arbeid, die aantal werktuie benodig en die aankoop van bykomende voer.

(Bron: www.word-agtitech.com)

Case maak gereed vir koue Antarktika

Drie tamaai Case IH Steiger Quadtractrekkers is op die laaste been van ՚n tweejaar-reis om gereed te maak vir ՚n unieke nuwe tuiste, ver van die Australiese plase waar hulle gewoonlik gesien word.

Die drie Case IH Steiger Quadtrac 500-bulle is tans in Tasmanië vir finale voorbereidings vir hulle reis na Antarktika, waar hulle gebruik sal word vir ondersteuning aan die Australiese Antarktiese Divisie se lugvaartoperasies by Wilkens Blue Ice-aanloopbaan, 70 km binnelands van Casey-stasie, en ook by die Casey-skilandingsgebied, 15 km van die stasie.

Die trekkers het in September in die hawe van Melbourne aangekom vanaf die VSA, en toe oor die Bass-seestraat na Tasmanië gevaar, waar hulle padlangs na die Case IH-handelaar, TTMI, op Longford, net suid van Launceston, gereis het om voor te berei vir hulle skeepreis na Antarktika.

Jason Wood, Case IH Steiger se produkbestuurder, sê die Steigers is in Case KH se aanleg in Fargo, NoordDakota, vervaardig voordat hulle aanpassings ondergaan het om hulle in staat te stel om die uitdagende toestande van Antarktika die hoof te bied.

(Bron: www.world-agritech.com)

“Die proses het verskeie jare geduur, want dit is nie maar net ՚n saak van drie van ons gewone Steiger-modelle aflewer nie. Om die uiterstes van die omgewing waarin hulle moet werk te weerstaan en om die werk op die hoogste standard te verrig, moes hulle sekere noodsaaklike aanpassings ondergaan,” sê Jason.

www.proagri.co.za 30 ProAgri Suid-Afrika 275 Meganisasie

Johan

“Sleutelpype moes met arktiese pype vervang word en verwarmers moes aangebring word om die verkoelmiddel en olie voor elke aansitslag te verhit Selfs die brandstoftenks se grootte is verdriedubbel om hulle veelsydigheid te verbeter.”

Sodra hulle in Antarktika aankom, sal hulle gebruik word in aanloopbaanonderhoud, die vervoer van brandstof en vrag vanaf Casey na Wilkens, die sleep van swaar sleë en vir voertuigherwinning.

Sedert die Steigers se aankoms in Tasmanië het hulle finale opdaterings en toetse ondergaan, saam met opleiding

vir die werkspan in Antarktika.

Pete Mc Cann, hoofbestuurder van Case IH Australië/Nieu-Seeland, sê dit is ՚n unieke versoek vir sy span, wat dit geniet het om die Steigers voor te berei vir iets so ver verwyderd van hulle gewone plaasomgewing.

“Dit sal ՚n trotse oomblik wees wanneer hulle in Hobart op die skip gelaai word vir die reis na hulle nuwe tuiste en hulle nuwe werk aan die voorpunt van die belangrike wetenskaplike werk wat in Antarktika gedoen word.”

(Bron: www.caseih.com)

Hentie Nel Cell: (082) 810 5419 Email: hentie@nutrochem.co.za

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 31 Meganisasie www.nutrochem.co za Should you require additional information about our product range, please contact: CONFORMSTO EN
1276
Geoff Bayman Cell: (083) 263 8945 Email: geoff@nutrochem.co.za
Herholdt Cell: (082) 378 3334 Email: johan@nutrochem.co.za Hercules Barnardt Cell: (073) 286 3267 Email: hercules@nutrochem.co.za
We offer our customers a World Class quality range of proven research driven speciality chemical products and services. Our in-depth knowledge of the Agricultural Industry has resulted in an evolved product range that ensures the highest levels of hygiene quality for your industry. ISO 9001:2015 BLENDING FACILITIES INTERNATIONALLY APPROVED PRODUCT RANGE Chemical Supply and Application Management On-Site Hygiene Audits and Reports Workplace Best Practice Training Optimisation of Chemical and Cleaning Protocols On-Call 24/7 AGRICULTURAL INDUSTRY (Bron: www.caseih.com)
www.proagri.co.za 32 ProAgri Suid-Afrika 275 ™ ® Trademarks and service marks of Corteva Agriscience and its affiliated companies. © 2023 Corteva. Visit Our Website
WE ARE SMART
AGRICULTURE We are dedicated to enriching the lives of those who produce and those who consume by being grower-centric in everything we do. Our team of passionate Agronomists and Sales specialists await to serve your agronomy and planting needs.

Miskruiers: Klein werkers lewer 'n groot bydrae

Het jy ook al in verwondering ՚n miskruier staan en dophou? Wie van ons het nie al neergekniel en die tyd vergeet terwyl jy hierdie doenige skepseltjie bekyk en dalk ՚n bietjie geterg het nie? As daar een ding is wat kan werk, is dit die miskruier. Die diertjie het my op ՚n dag in die veld tussen die beeste so geboei dat ek besluit het om bietjie op te lees oor die miskruier.

Werkgereedskap

Die miskruier is 'n soort kewer wat bekend is daarvoor dat hy mis in ronde balletjies rol, rondstoot en begrawe, asook sy geneigdheid om eiers in dieremis te lê.

Die miskruier het te alle tye sy werkgereedskap byderhand om die dag se take flink en vinnig af te handel. Die graaf sit voor aan die kop, die hark is die getande voorbene en aan die kop of borsstuk is dikwels uitgroeisels soos horings of ՚n vurk waarmee die mis gesteek, gesny of gestoot word.

Die rol van die bol

Ons almal weet dat die miskruier sy bol met sy agterpote beheer en dit agteruit stoot en rol, maar Edmund Caldwell, die illustreerder van Percy Fitzpatrick se boek, Jock of the Bushveld, het dit nie geweet nie. In die 1908-uitgawe van die boek het hy die miskruier geteken waar hy sy misbol vorentoe stoot. Dit is darem in latere uitgawes reggestel.

Edmund Caldwell se foutiewe tekening in Jock of the Bushveld van ՚n miskruier wat sy misbol vorentoe stoot. ՚n Regte miskruier se misbol is gewoonlik ook heelwat groter as Caldwell s’n.

Die agterbene is konstant besig om die bol te draai, sodat dit netjies rond en kompak gevorm word. Die voorste paar bene druk die bol treetjie vir treetjie in die regte rigting. Die middelste paar bene hou die bol in posisie.

Miskruiers se belangrike rol in ekologie

Miskruiers is een van die insekgroepe wat ՚n belangrike rol in die ekostelsel speel.

Die vermoë van miskruiers om mis ondergronds te begrawe, is een van hulle belangrikste eienskappe. Die miskruier belug die grond deur die boon-

ste laag oop te grawe. Die misbolle wat hy begrawe, is organiese materiaal wat die grond verryk en dien as groeibodem vir plante.

Dit lei tot beter grondvrugbaarheid en hou vlieëgetalle onder beheer. Die waarde van ՚n miskruier is enorm. Sou daar nie miskruiers gewees het nie, wat sou van al die mis geword het?

Miskruiers se bedrywighede in die mis breek die miskoek af, wat dan nadelige parasietorganismes versteur.

Die voedingstowwe wat die miskruier in die grond plaas verhoog die gehalte en drakrag van die weiding.

Miskruiers verseker ook dat die koolstof in mis gebind word met die grond. Sodoende word minder koolstof in die atmosfeer vrygestel, wat lei tot vermindering van kweekhuisgasse wat klimaatsverandering veroorsaak.

Dieet

Die miskruier se dieet bestaan hoofsaaklik uit mis. Hulle vreet mis van 'n verskeidenheid diere, solank die dier 'n planteter is. Miskruiers vreet ook sampioene, blare en ander ontbindende materiaal. Miskruiers hoef nie enigiets anders te vreet nie, omdat die mis al die nodigde voedingstowwe bevat; hulle hoef nie eens water te drink nie.

Die wyfiemiskruier lê haar eiers binne in die bolletjie en wanneer die baba-miskruiertjie aankom, vreet hy die misbol van binne af.

Party mannetjies sal ’n groot stuk mis vir ’n miskruierwyfie aanbied in die hoop om haar te beïndruk. Wanneer daar vars mis is, is daar groot mededinging. Hulle kom binne ՚n kort tydjie uit verskillende rigtings om te deel aan die koek. Miskruiermannetjies skar-

rel om mis uit die koek te grawe, dit in bolle te rol en dit dan weg te rol tot op ՚n geskikte plek om dit te begrawe. Dikwels ry die wyfie saam op die misbol sodat sy op die regte tyd haar eiers daarin kan lê.

Drie hoofgroepe

Daar is drie hoofgroepe miskruiers, naamlik:

• Telokoprofaag: Hierdie miskruiers rol misballe en begrawe dit op ՚n afstand van die miskoek.

• Parakoprofaag: Hierdie miskruiers begrawe hulle misballe reg onder die miskoek.

• Endokoprofaag: Hierdie miskruiers bly binne die miskoek, voed en lê hulle eiers daar.

Om te verseker dat miskruiers hulle verpligtinge in die ekostelsel bly uitvoer, is dit belangrik dat diversiteit in die miskruiergemeenskap behou word. Aanpassing van boerderypraktyke en die beperking van chemiese middels sal verseker dat daar ՚n diverse miskruiergemeenskap is wat vir jou werk.

Bronne: Miskruier (2022) Wikipedia. Wikimedia Foundation. Available at: https:// af.wikipedia.org/wiki/Miskruier.

Picker, M., Griffiths, C.L. and Weaving, A. (2019) Field guide to insects of South Africa. Cape Town: Struik Nature.

LNR-Kleingraanproduksiehandleiding. Available at: http://www.arc. agric.za/.

Dreyer, A., Anka Eichhoff se Goggastories. Available at: https://kyffhauser.co.za/Goggastories.htm

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 33
deur
Bianca Henning Larwe van miskruier. (Foto: Jabulani Safari) Vee en Wild

Die volstruisbedryf in die Klein-Karoo deel 4:

Die rol van toerisme in die volstruisbedryf

einde as volstruisboere voort te gaan.

Dit het die uiters winsgewende bedryf op sy knieë gedwing. Boere het aansienlik minder per volstruis verdien en daar moes dringend ՚n alternatiewe bron van inkomste gevind word.

“Al ons volstruise – elke broei-volstruis, slagvoël en klein kuikentjie- is met die uitbreek van die voëlgriep doodgemaak,” vertel Johan Keller van Volmoed, voormalige volstruisboer wat nou die toerismeafdeling van die saak hanteer. Sy broer Viljee hanteer die volstruisboerdery.

“Ons was verslae oor wat gebeur het aangesien 60% van ons boerdery uit die volstruisbedryf bestaan het, terwyl die res lusern en agritoerisme ingesluit het. Daardie jaar was daar ook ernstige droogte met geen lusernhooi op die landerye nie.”

Uiteindelik het die staat darem 50% van die waarde van die volstruise wat vankant gemaak moes word, aan die boere uitbetaal, maar dit het die broers laat besef hulle kan nie net op ՚n inkomste uit volstruisprodukte, naamlik

G root rykdom het aan die begin van die vorige eeu in die Klein-Karoo geheers te danke aan volstruise. Maar toe die veremark in duie stort, moes die volstruisboere ander planne maak om te oorleef en hulle planne het vandag nog nie opgeraak nie.

In die vorige hoofstuk het ons gesien waar die volstruisbedryf begin het, hoe die pragtige pluime Oudtshoorn onder die wêreld se aandag gebring het, en hoe ander bedrywe daaruit gegroei het.

Vandag het Oudtshoorn ՚n bevolking van bykans 100 000 wat in ՚n groot mate van die volstruisbedryf afhanklik is, nie net vir die verwante landboubedrywighede en diensverskaffers nie, maar ook vir toerisme. Baie sake op die dorp het ontstaan en bly aan die lewe as gevolg van die volstruisbedryf en die duisende werksgeleenthede wat dit skep.

Ten spyte van terugslae, soos uitmergelende droogtes, voortslepende voëlgriep en Covid-19-inperkings wat die markte gesluit het en toerisme aan bande gelê het, leef die volstruisbedryf voort.

Uitdagings omskep in geleenthede

In 2011 het die uitbreking van die H5N2-voëlgriepvirus daartoe gelei dat sowat 50 000 volstruise vankant gemaak moes word om te probeer voorkom dat die virus versprei. Boonop is die uitvoer van volstruisvleis na lidlande van die Europese Unie is verbied. Om die kroon te span moes hulle aan biosekerheidsvereistes voldoen voor hulle hulle plase kon registreer ten

՚n Volstruis op 'n nes vol eiers op Highgate volstruisplaas.

www.proagri.co.za 34 ProAgri Suid-Afrika 275

oor baie jare bekend staan, te kan absorbeer vir ons kontantvloei.

“Agri-toerisme was die aangewese ding om te doen, want ons het reeds uitgebreide infrastruktuur, soos woonhuise, buitegeboue en skure gehad wat ons kon omskakel vir die gasvryheidsbedryf. Dit was ՚n goeie besluit wat ՚n suksesvolle inspuiting in ons ondernemings was, want agritoerisme het ons deurgehelp.”

Hulle het die woonhuise op Mooiplaas,

wedersyds ondersteun,” sê Johan.

Die besoekers stroom na Oudtshoorn om die Kangogrotte te besoek, maar ՚n besoek aan ՚n volstruisplaas waar hulle die groot voëls van naderby kan leer ken, is ook hoog op die lys van besienswaardighede.

“Omtrent elkeen wat Oudtshoorn deur die jare besoek het, wou graag ՚n volstruis sien en dalk ook op een ry. Die misnoeë en teleurstelling op elke besoeker se gesig is duidelik sigbaar as

Besoekers is gaande daaroor om die volstruise te voer wat op Highgate Volstruisskouplaas se werf aangehou word.

Die Peperboom-restaurant by Highgate berei geregte van volstruisvleis en -eiers om verder waarde toe te voeg en die produkte bekend te stel. vleis, vere en velle, staatmaak nie.

Die wêreldbekende Highgate-volstruisskouplaas binne 10 km vanaf buurplase waar H5N2 voorgekom het, moes ook al sy volstruise uitslag. Die plaas is vir twee jaar vir toeriste gesluit. Dit het die Hooperfamilie baie sleg getref, want dit het hulle twee jaar lank van ՚n inkomste ontneem. Hulle kon dit nie oorleef nie en in 2013 het die Kellerbroers Highgate uitgekoop.

Toerisme blom

Toerisme is nie regtig geraak met die uitbreek van voëlgriep nie, want alhoewel daar ՚n verbod op die verskuiwing van volstruise was, kon mense nog kom en gaan mits aan biosekerheidsmaatreëls voldoen is.

“Toerisme het geblom en talle nuwe gastehuise het in die Oudtshoornomgewing tot stand gekom. Groot getalle besoekers uit Duitsland, Nederland, Engeland en Amerika het ingestroom.” Volgens Corleen Barnard van Oudtshoorn en De Rust Toerismeburo is die meeste besoekers tans uit die res van Suid-Afrika, gevolg deur Duitsland, Nederland, Brittanje en Indië.

Agritoerisme

“Ek en Viljee het besef ons sal moet diversifiseer, veral buite die landbou, om die droogtes waarvoor Oudtshoorn

De Denne en Bakenskraal ontwikkel en dit kry groot aftrek by plaaslike, maar veral internasionale gaste.

“Ons geniet die sinergie tussen agritoerisme en die boerdery wat mekaar

hy of sy hoor die ryery van volstruise sedert 2019 verbode is weens druk wat deur sekere groenes toegepas is. Die groenes voer aan dat die ryery die volstruis kan beseer!”

՚n Besoeker hou ՚n volstruiskuiken vas.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 35 Vee en
Wild

Vars volstruisvleis kon voor die uitbreking van H5N2 in 2011 uitgevoer word, maar die verbod bestaan steeds.

Covid-19

Die uitbreking van Covid-19 in Maart 2020 was ՚n nuwe uitdaging. “Dit het ons platgeslaan. Ons het baie goeie besprekings vir die laaste kwartaal van 2020 en die eerste kwartaal van 2021 gehad, maar alle besprekings is gekanselleer. Ons was opnuut verslae.

“Dit was die begin van dertig maande se ernstige kontantvloeiknellings vir almal in die gasvryheidsbedryf. Baie sake het gesluit aangesien die banke nie meer bereid was om verdere krediet te verleen nie. Die risiko’s was net te hoog – en is nog steeds. Alle toerismeondernemings is steeds onder geweldige geldelike druk.”

Volgens Johan het die staat darem die werknemers tot Julie 2021 met die Ters-fondse ondersteun wat vir hulle kos op die tafel gesit het. “Baie werknemers is sedertdien steeds by hulle huise en sukkel om hulle gesinne te onderhou omdat hulle werkloos is. Ons is in ՚n stryd met die Departement van Arbeid gewikkel om ons mense uit die werkloosheidsfonds te help.”

Les geleer

Maar hulle het geleer om dinge anders toe doen. “Ons het geleer om slimmer te raak, om geld te bespaar en met die absolute minimum te oorleef ... en om die banke tevrede te hou.

“Ons werkers het geleer om meer as een taak te bemeester, want daar is nie meer die luuksheid vir ՚n persoon vir elke funksie by die werk en vir mense om rond te staan nie. Die kelners of gidse bedien kos, help in die kombuis en met die opwas en afdroog van skottelgoed. Dieselfde mense werk ook by van die ander afdelings van die onderneming as die nood druk.

“Brandstofpryse en vervoerkoste is vir almal ՚n groot uitdaging. Onnodige besit-

Eierdoppe word graveer of beskilder en verkoop om die volstruisbedryf verder te diversifiseer.

tings soos tweede voertuie en landboutoerusting wat rondstaan en nie meer gebruik word nie, is verkoop. Ons doen groothandel-aankope om die geweldige styging in kospryse teen te werk.”

Johan sê winsgewendheid in die bedryf is nou die grootste uitdaging aangesien Europeërs nie inflasie ken nie en nie meer wil betaal as wat die tariewe voor Covid-19 was nie.

“Baie ondernemings moes noodgedwonge hulle tariewe die afgelope drie jaar dieselfde hou, wat ՚n geweldige

druk op ons winsgewendheid plaas. Vliegtuigkaartjies se prys het die afgelope jaar bykans verdubbel, terwyl brandstofpryse vir binnelandse reise ook die hoogte in geskiet het. Boonop het voedselinflasie ook gestyg, wat nog ՚n geweldige uitdaging vir die toerismebedryf inhou.

“Die gevaar is dat die wêreld SuidAfrika as ՚n onbekostigebare bestemming kan klassifiseer en lande nader aan Europa soos die Ooste bo ons kan verkies en dit sal ՚n tragedie wees.”

Die winkel op Highgate verkoop volstruisware wat elke sak pas.

www.proagri.co.za 36 ProAgri Suid-Afrika 275 Vee en Wild

Nietemin lyk besprekings vir die laaste kwartaal van 2022 baie belowend, maar dit sal seker ՚n verdere twaalf maande neem om tot die vlakke voor Covid-19 te herstel.

Toekoms

“Ek glo dat Oudtshoorn baie van sy aansien as toerismedorp sal verloor as die boere gedwing word om die bedryf te verlaat omdat dit nie winsgewend is nie,” meen Johan.

“Prysverhogings vir die boere hou glad nie tred met die verhogings in die kostestruktuur soos arbeid, elektrisiteit, brandstof, voeding, kunsmis, saad, koste van kapitaal, en dies meer nie.”

Die volstruisbedryf, wat die produksie en vervaardiging van produkte insluit, dra by tot die ekonomiese vooruitgang van Oudtshoorn en dit is sekerlik een van die grootste werksverskaffingsbedrywe in die streek. En dit is noodsaaklik vir toerisme.

Op hulle beurt ondersteun die toerismebedryf die volstruisbedryf deur volstruisvleis in hulle gastehuise en restaurante te gebruik. Vertoonlokale en uitstallings by die vertoonplase en gastehuise gee internasionale blootstelling aan al die vleis-, leer-, vere en byprodukte, soos beskilderde of gegraveerde volstruiseiers. Toere op volstruisvertoonplase en gastehuise help ook om die bedryf bekend te stel.

Vir meer inligting, kontak Johan Keller by (+27)83-236-3456 of stuur ՚n e-pos na johan@dedenne.com. Besoek die webtuiste by http://www.highgate. co.za/ of op Facebook by Highgate Ostrich Show Farm by https://www. facebook.com/pages/Highgate-Ostrich-Show-Farm/132423466795542 of https://www.facebook.com/Oudtshoorn.Tourism.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 37
Vee en Wild ՚n Hoogtepunt vir ՚n buitelandse besoeker is om ՚n volstruis uit jou hand te laat eet. Items van volstruisleer is gesog by besoekers, wat ՚n waardevolle inkomste vir die onderneming inbring. Binnelandse en buitelandse besoekers geniet ՚n nadere kennismaking met die volstruise wat die kern vorm van Oudtshoorn se ekonomie.
www.proagri.co.za 38 ProAgri Suid-Afrika 275 Vee en Wild VOORKOM SWAK NAMAAKSELS EN KOOP DIREK VANAF DIE ENIGSTE BONNOX-FABRIEK GELE Ë IN SUNDERLAND RIDGE, CENTURION SLEGS BONNOX-FAKTUUR DIEN AS SERTIFIKAAT VAN OORSPRONG zane@bonnox.co.za • gerda@bonnox.co.za • linda@bonnox.co.za www.bonnox.co.za • 012 666 8717 2.44m 1.2m 1.8m WOW! koedoes kan NIE oor die heining spring nie! ‘N EERSTE VIR SUID AFRIKA!!! KUDOS VIR B O N N OX SE NUWE 3METER HEINING . 3m

Winsgewende skaapboerdery deel 15:

Laatdragtigheid: Maak-of-breek vir elke skaapboer

Die maak-of-breek tyd in ooibestuur is laatdragtigheid, het wyle dr Jasper Coetsee, ’n bekende skaapvoedingkundige, altyd gesê. Dit is egter ook die maak-of-breek tyd wat roofdierbestuur betref. Jy wil nie tydens die lamseisoen met ’n roofdierprobleem sit nie. Begin dus tydens laatdragtigheid reeds die lamkampe vir ongediertes nagaan en tref voorsorg deur gate onder heinings toe te pak. Moet dit nie tot lamtyd uitstel nie, want dan het die ooie jou volle aandag nodig.

Om ՚n suksesvolle lamtyd te verseker, is die uitvoering van sekere kritieke take reeds gedurende laatdragtigheid van kardinale belang. In die verband is die balansering van laatdragtige ooie se voedingstofinname vanuit weiding, deur die voorsiening van aanvullende lekke wat die tekorte (byvoorbeeld deurvloeiproteïne, energie en spoorelemente) aanvul, noodsaaklik om lamoorlewing en -groei te verhoog.

Ooivoeding in laatdragtigheid Laatdragtigheid (vierde en vyfde maand van dragtigheid) is een van die belangrikste stadiums in die reproduksiesiklus. Ooie verloor maklik kondisie tydens laatdragtigheid omdat ongeveer 70% van die ongebore lam gedurende die laaste ses weke van dragtigheid ontwikkel en die ooi se buik vol lê. Sy het dan minder plek om voldoende ruvoer in te neem, veral as die gehalte van die ruvoer laag is. Om te verhoed dat laatdragtige ooie kondisie verloor, behoort dié met enkelfetusse 150 tot 250 g/dag in massa toe te neem, en ooie met meerlingfetusse 250 tot 350 g/dag.

Aangesien swak gehalte weiding laag in energie en laag verteerbaar is, moet die laatdragtige ooi groot hoeveelhede daarvan inneem om in haar hoë behoeftes te voorsien. In hierdie omstandighede is dit fisies nie moontlik nie en gevolglik ondervind die ooi ՚n groot energietekort. Sulke groot voedingstekorte verlaag geboortemassa en beperk uierontwikkeling en biesproduksie, wat op sy beurt lamvrektes verhoog en lamgroei beperk.

In die praktyk is dit feitlik onmoontlik en meestal ook onekonomies om hierdie voedingsvlakke deur voedingsaanvulling te bereik. Daar kan in ՚n sekere

Om die beste uit jou ooie te kry, is dit nodig om hulle voedingspeil voortdurend hoog te hou. Voeding en lampersentasie loop hand aan hand.

mate op lekaanvullings bespaar word deur die ooi toe te laat om van haar liggaamsenergie (vet) te gebruik.

Estradiool, ’n hormoon wat deur die plasenta afgeskei word, berei die ooi se uier vir laktasie voor. Sodra die ooi gelam het, stop die afskeiding van estradiool. Daarom is dit belangrik om uierontwikkeling vóór lamtyd maksimaal te ontgin deur ’n lek wat ryk aan deurvloeiproteïen is aan die ooie te voorsien.

Deur bogenoemde toe te pas, kan die skaapboer lewenskragtige lammers van tussen 3,5 en 5,5 kg verwag, en ooie se uiers sal ook voldoende ontwikkel wees vir maksimum bies- en melkproduksie. Dit verseker ook die optimale ontwikkeling van wolfollikels vir leeftydwolproduksie.

Kondisietelling gedurende laatdragtigheid Ooie moet in ’n goeie kondisie lam (3,5 kondisietelling). Evalueer die ooie weekliks in die laaste ses tot agt weke van dragtigheid. Sodra die kuddegemiddeld onder ’n kondisietelling van 3 beweeg, moet daar opgetree word. Gee

ook vroegtydig aandag aan daardie ooi wat ’n kondisietelling van 2,5 en laer het, anders gaan sy nie haar lam grootmaak nie.

Indien die ooi in die regte liggaamskondisie met paring (3,5 kondisietelling) was en die ooi ՚n maksimum 0,5 KP gedurende middragtigheid verloor het, is dit aanvaarbaar en toelaatbaar dat sy nog ՚n 0,5 KP gedurende laatdragtigheid kan verloor. Indien ՚n ooi se liggaamsvetreserwes verder uitgeput word, sal dit lei tot ՚n lae geboortemassa en afname in lewenskragtigheid van lammers met geboorte, vertraging in die aanvang (en laer) biesproduksie, swak moederseienskappe en onvol-doende vetreserwes om maksimum melkproduksie in vroeë laktasie te verseker.

Belangrikheid van hoë geboortemassa Lae geboortemassa is een van die hoofoorsake van lamvrektes weens die onvermoë van klein lammers om voldoende melk in te neem. Klein lammers met geboorte is ook meer vatbaar vir vrektes gedurende baie koue of baie

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 39
Vee en Wild

warm toestande. Die ideale geboortemassa wat maksimum lamoorlewing sal verseker is, 4,5 tot 5,5 kg.

Belangrikheid van voldoende uierontwikkeling Hoewel betekenisvolle uiergroei al vanaf ongeveer vyf weke voor lam plaasvind, vind die meeste groei tydens die laaste drie weke plaas. In die geval van ooie met tweelingfetusse vind ongeveer 25% meer uiergroei plaas as by die met enkelingfetusse. Die belang

van voldoende uierontwikkeling word beklemtoon deur die feit dat daar ՚n hoë verwantskap is tussen uiergrootte en hoeveelheid melk geproduseer.

Belangrikheid van voldoende biesproduksie Ondervoeding gedurende laatdragtigheid het ՚n drastiese verlaging in biesproduksie tot gevolg en veroorsaak ook dat dit nie onmiddellik na geboorte vrygestel word nie. Lammers benodig 210 ml biesmelk per kg liggaamsmassa

in die eerste agttien uur na geboorte as energiebron om te oorleef, voldoende immuniteit teen siektes op te bou en om voldoende vog aan die lam te voorsien om ontwatering te verhoed. Deurvloeiproteïen is die voedingstof wat die grootste invloed op die biesproduksie van die ooi het.

Belangrikheid van deurvloei-proteïen

Die belangrikheid van deurvloeiproteïen as ՚n bron van noodsaaklike aminosure om geboortemassa, uierontwikkeling, biesproduksie, vloeibaarheid van die bies, melkproduksie, lamoorlewing, vroeë lamgroei, wolproduksie en -gehalte te verbeter asook weidingsinname te stimuleer, is goed bekend. Bykomende deurvloeiproteien verhoog die immuunweerstand van laatdragtige ooie wat die impak van parasietbesmetting, veral tydens tye van spanning, op die produktiwiteit van die ooie verminder.

Daar is ՚n dramatiese verhoging in die deurvloeiproteïenbehoeftes van die ooi gedurende die laaste drie weke voor lam weens die vinnige groei van die ongebore lammers, uierontwikkeling en biesproduksie.

Belangrikheid van voldoende en korrekte byvoeding, vitamiene en spoorelemente

Die voedingstowwe waaraan daar gereeld ՚n tekort is, is deurvloeiproteïen, energie en sekere spoorelemente en vitamiene.

Tekorte aan sekere spoorelemente asook vitamien A en E kan lampersentasie, speenmassa en immuniteit van ooie op verskeie maniere nadelig beïnvloed.

www.proagri.co.za 40 ProAgri Suid-Afrika 275 Vee en Wild
Swaardragtige ooie. (Foto: Klipkoppies dorperstoet)

Hierdie tekorte veroorsaak onder meer afname in fetusgroei, lae geboortemassa, doodgebore lammers, lammers swak met geboorte, lamvrektes, vassit van nageboortes, lae weerstand teen siektes, swak lamgroei, lae speenmassa, asemhalingsiektes, vrotpootjie en afname in eetlus.

Dit is belangrik dat voedingstowwe wat ingeneem word, gebalanseerd is en aan die behoeftes van laatdragtige ooie voorsien.

Aanvullings op droë weiding

Die meeste navorsing toon dat die verskaffing van hoëdeurvloeiproteïenlekke aan ooie op droë weiding diereprestasie verbeter.

Die voorsiening van deurvloeiproteienlekke aan laatdragtige en lakterende ooie op droë koringstoppelweiding en droë suurgrasveld het die speenpersentasie met 12 tot 18% en die massa lam gespeen per ooi gepaar met 4 tot 5,1 kg verhoog.

Afhangend van die hoeveelheid weiding beskikbaar en die kondisie van die ooie, behoort lekke vanaf ongeveer vier tot ses weke voor lam verskafte word. Ooie wat skraal is, moet reeds agt tot tien weke voor lam lekke kry. Indien onvoldoende weiding beskikbaar is, moet ekstra hooi bykomend tot die lekaanvulling aan laatdragtige ooie verskaf word.

Aanvulling op groen weiding

Die aanvulling van deurvloeiproteïenlekke aan laatdragtige ooie op groen weiding sal voordelig wees in gevalle

waar ooie nie hulle voorgeskrewe liggaamsmassatoename handhaaf nie.

Ter opsomming

Die voorsiening van deurvloeiproteienlekke, wat die tekorte en wanbalanse in die weiding in terme van deurvloeiproteïen, energie en minerale balanseer, aan laatdragtige ooie is noodsaaklik om ՚n suksesvolle lamseisoen, asook hoë speen persentasie en speenmassa te verseker.

Terselfdertyd moet ՚n doeltreffende gesondheidsbeheer- en doseerprogram gevolg word. ՚n Swaar interneparasietbesmetting kan onder meer tot gevolg hê dat ooie en lammers ՚n swakker weerstand opbou wanneer hulle teen siektes ingeënt word.

Voldoende voorsiening van koel en skoon drinkwater gedurende laat-

dragtigeid is belangrik, veral gedurende die warmer tye van die jaar. Dit word ook aanbeveel dat ooie vanaf vyf weke voor lam met rus gelaat word. Alle bedrywighede soos inent, doseer, mikskeer ensovoorts moet vyf weke of langer voor lam uitgevoer word.

ProAgri bedank 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, wat sy Handleiding vir Winsgewende

Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 41
Vee en Wild Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
www.proagri.co.za 42 ProAgri Suid-Afrika 275 Promotion valid from 1 October 2022 to 28 February 2023 - *Ts&Cs Apply. Meeting your agricultural needs for more than 60 years. Your daily partner tailor-made lubricant for agriculture. Purchase 200L or more and stand a chance to WIN* a drone Buy a minimum order of 200L per order. Place your sales invoice for your account or the receipt for cash payment in the competition entry box. *T’s and C’s apply.

Hittespanning (heat stress) by beeste is ՚n groot bekommernis in baie dele van die wêreld, insluitend Suid-Afrika. Beeste is veral kwesbaar vir hittespanning omdat hulle nie doeltreffend kan sweet nie. Hittespanning is veral algemeen gedurende die somermaande, wanneer die temperatuur so hoog as 40 grade Celsius kan styg. Dit kan lei tot ՚n afname in voerinname, gewigsverlies en verminderde melkproduksie, wat uiteindelik die algehele gesondheid en produktiwiteit van die kudde beïnvloed.

Om hittespanning te bekamp, is dit belangrik dat boere stappe doen om hulle beeste koel te hou. Dit kan die verskaffing van skaduwee, die installering van waaiers en die toegang tot water insluit. In sommige gevalle sal boere dalk hulle voer- en waterroetines moet aanpas om hulle beeste te help om die hitte die hoof te bied.

Boonop is dit belangrik vir boere om hulle beeste te moniteer vir tekens van hittespanning, soos hyg en lusteloosheid. As dit onbehandeld gelaat word, kan hittespanning ernstige gevolge vir die gesondheid en produktiwiteit van beeste hê.

Oorsake van hittespanning

Een van die hoofoorsake van hittespanning by beeste is die gebrek aan toegang tot skadu en water. Beeste is hoogs sensitief vir hitte en benodig ՚n konstante toevoer van koel water om hulle liggaamstemperatuur te reguleer. Baie plase is geleë in droë streke waar skaduwee skaars en water beperk is. Dit plaas die beeste in gevaar om oorverhit te raak, aangesien hulle nie verligting van die skroeiende son kan vind nie. Nog ՚n bydraende faktor tot hitte-

spanning by beeste is die hoë vlakke van vogtigheid in die lug. Vogtigheid kan die beeste se vermoë om hulleself deur sweet af te koel verminder, aangesien die vog in die lug verdamping belemmer. Dit kan lei tot ՚n toename in liggaamstemperatuur, wat hittespanning tot gevolg het.

Hittespanning kan ՚n negatiewe impak op die algehele gesondheid en produktiwiteit van die kudde hê. Beeste kan ook minder vrugbaar wees en meer geneig wees om siek te word, wat dit vir hulle selfs moeiliker maak om gesonde kalwers te hê.

Om hittespanning by beeste te voorkom, kan boere in Suid-Afrika verskeie strategieë inspan. Toegang tot skaduwee en koel water is noodsaaklik, aangesien dit die beeste in staat stel om hulle liggaamstemperatuur te reguleer en oorverhitting te vermy. Die gebruik van waaiers en misstelsels kan ook help om die diere koel te hou, asook om die voggehalte in die lug te verminder. ՚n Goedbeplande voerprogram en die verskaffing van hoë gehalte voer kan ook help om die gesondheid en produktiwiteit van die kudde te handhaaf.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 43
Vee en Wild
pexels deur Евгения Егорова) Stop hittespanning dood in sy spore hierdie warm somer Temperature humidity index - Temperatuurhumiditeitindeks (THI) Relatiewe humiditeit % Geen hittespanning Matige hittespanning Ernstige hittespanning Dooie beeste
(Bron:
deur Natasha Pansegrouw

Hierdie

Effek van voergehalte Die tipe en gehalte voer kan ՚n beduidende rol speel in die vermoë van beeste om hulle liggaamstemperatuur te reguleer en hittespanning te hanteer. Voer van hoë gehalte en kragvoer kan voldoende voeding en energie vir beeste verskaf om hulle liggaamskondisie te handhaaf en hulle fisiologiese funksies te ondersteun, insluitend termoregulering. Voer van swak gehalte kan lei tot verminderde voerinname en wanvoeding, wat die vermoë van beeste om hittespanning die hoof te bied, kan benadeel.

Nog ՚n faktor wat hittespanning by beeste kan beïnvloed, is die fisiese vorm van die voer. Beeste wat ՚n dieet gevoer word wat hoogs verteerbaar en maklik is om te kou, kan hulle voerinname en verteringstempo handhaaf, wat hulle liggaamsfunksies ondersteun en die erns van hittespanning kan verminder.

Verder kan die hoeveelheid en frekwensie van voerinname ook hittespanning by beeste beïnvloed. Beeste wat

՚n hoë-energie dieet gevoer word en gereelde toegang tot voer het, kan hulle liggaamskondisie handhaaf en ՚n hoër verdraagsaamheid vir hittespanning hê.

Hitteproduksie vanaf voerinname bereik ՚n hoogtepunt vier tot ses uur ná voeding. Daarom sal hitteproduksie by beeste wat in die oggend gevoer word, ՚n hoogtepunt bereik in die middel van die dag wanneer omgewingstemperature ook hoog is. Om van die hittelading van voer te verlig, moet beeste minstens 70 persent van hulle voer in die laatmiddag of aand, twee tot vier uur ná piekomgewingstemperatuur, ontvang.

Watter soort watertoevoer het beeste nodig?

As gevolg van verhoogde asemhaling en sweet het beeste meer water nodig tydens hittespanning. Beeste verlaag vinnig hulle kernliggaamstemperatuur deur water te drink. Hittespanning verhoog waterverbruik bo metaboliese behoeftes. Die bestuur van waterbronne is noodsaaklik om hittespanning te bestuur.

sentimeter lineêre waterspasie per kop gedurende die somer. Voor uiterste hitte-gebeurtenisse moet beeste gewoond wees aan bykomende watertrôe. Sommige beeste sal ՚n watertrog oorheers en verhoed dat ander toegang tot water kry. Die watertoevoer behoort 1,1 persent van die beeste se liggaamsgewig per uur te verskaf. Daarom drink ՚n bees van 450 kilogram omtrent 5,5 liter per uur.

Ses stadiums van hittespanning

Stadium 1: Beeste sal hoër vlakke van hittespanning toon namate die hittelading styg. Aanvanklike tekens van hittespanning sluit ՚n rustelose houding, ՚n toename in staantyd en ՚n effens verhoogde asemhalingstempo in.

Stadium 2: Die asemhalingstempo bly verhoog en die beeste kwyl moontlik. Die meerderheid van die diere sal rusteloos en staande wees en beeste kan begin saambondel.

Stadium 3: Hittegespanne beeste se asemhalingstempo sal styg en daar sal oormatige kwyl en/of skuim wees.

www.proagri.co.za 44 ProAgri Suid-Afrika 275 Vee en Wild
Beeste benodig 8 Die asemhalingstempo van beeste in stadium 3 van hittespanning stadium sal toeneem en hulle kan kwyl en/of oormatig skuim by die mond. (Bron: drovers.com) Stadium 2 van hittespanning: Beeste kan begin kwyl en verhoogde asemhaling hê. Beeste mag groepeer en rusteloos staan. (Bron: alltech.com) Hier is baie skoon water en plek vir al die beeste om te drink. (Bron: Pixabay deur Meh Hikwa) bees het die vyfde stadium van hittespanning bereik, wat maklik aan die tong herkenbaar is. (Bron: canadiancattlemen.ca)

Stadium 4: Aanvang van oopmond-asemhaling en ՚n afname in kwyl.

Stadium 5: Verhoogde respiratoriese inspanning, abdominale inspanning en tonguitsteek.

Stadium 6: Die ergste stadium, gekenmerk deur moeisame asemhaling met die kop wat hang; erg aangetaste diere sal van die trop skei. As hulle nie verligting kry nie, is kalwers in stadiums 5 en 6 meer geneig om weens hittespanning te vrek. Kalwers moet stadig afgekoel word deur in skadu bedek te word en met koel water gespuit te word. Vermy om die kalwers te beur deur te probeer beweeg of in bedwang te hou. Nadat hulle van die aanvanklike hittespanning herstel het, kan sommige kalwers dae later steeds weens orgaanversaking vrek, al is hulle afgekoel.

Metodes om hittespanning te verminder

Een manier om hittespanning by beeste te verminder, is deur voer te voorsien wat hoog in energie en

handhaaf. Tydens hittespanning kan beeste elektroliete verloor deur sweet en verhoogde asemhaling, so die verskaffing van elektrolietryke voer kan help om hierdie verliese aan te vul en ontwatering te voorkom.

proteïene is. Hoë-energie voer kan help om die verhoogde metabolisme en energieverbruik wat tydens hittespanning voorkom, te ondersteun. Proteïen is ook belangrik aangesien dit gebruik word om weefsels te herstel en in stand te hou en kan help om die immuunstelsel te ondersteun.

Nog ՚n manier om hittespanning by beeste te verminder, is deur hulle te voorsien van voer wat hoog in elektroliete is. Elektroliete is minerale wat help om liggaamsvloeistowwe te reguleer en behoorlike hidrasie te

Beeste Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za

(Bron: dtnpf.com)

in ՚n IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s Nozzle-by-nozzle control. Consistent coverage across any terrain. Increased productivity and speed Industry leading visibility. www.agleader.com

Ten slotte kan ՚n dieet ryk aan energie, proteïene en elektroliete help om die negatiewe gevolge van hittespanning by beeste te verminder. Boere kan hulle beeste teen hittespanning beskerm en hulle gesond en produktief hou deur skadu en water te verskaf, verkoelingstelsels te installeer en by ՚n noukeurig uitgewerkte voerskedule te hou. Dit kan hulle welstand ՚n hupstoot gee deur hulle gesondheid en produktiwiteit te verbeter.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 45
Vee en Wild
word koel gehou met sproeiers
warm gebied.
Bronne Dewell, G. (2014) Heat stress in beef cattle. Beskikbaar by: https:// www.academia.edu/85168520/ Heat_Stress_in_Beef_Cattle IT’S YOUR NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s Nozzle-by-nozzle control. Consistent coverage across any terrain. Increased productivity and speed. Industry leading visibility www.agleader.com Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za
12 x 25 x 4 oprigting ingesluit R227 253 15 x 30 x 4,5 oprigting ingesluit R327 000 18 x 30 X 4,5 oprigting ingesluit R491 565 20 x 30 x 6 oprigting ingesluit R550 141 25 x 30 x 6 oprigting ingesluit R737 696 30 x 30 x 6 oprigting ingesluit R1 225 360 Modulêre behuising, afgelewer binne twee weke na bestelling. 1,2,3 of meer slaapkamers met sitkamer, kombuis en badkamer. Doen dit self strukture vir oplaai (geen oprigting). 12 x 25 x 4 ..........................................R180 903 15 x 30 x 4.5........................................R256 650 18 x 30 x 4.5........................................R381 065 20 x 30 X 4..........................................R359 000 20 x 30 X 6..........................................R421 291 25 x 30 X 6..........................................R580 696 30 x 30 X 6..........................................R956 360 Kontak besonderhede: 011-786-1043 steve@smstructures.com Jon Marco: 076-519-1734 jonmarco@smstructures.com Ons is geregistreerd om na alle SAOG-lande uit te voer, en voer ook uit na enige ander land ter wêreld. SM STAAL STRUKTURE VERVAARDIGING, OPRIGTING, DAKPLATE EN BTW INGESLUIT. Duisende projekte reeds suksesvol voltooi. KIES GEMOEDSRUS; KIES SM STRUCTURES! *** Pryse geld solank voorraad hou. 2 of 12 x 25 x 4 oprigting ingesluit R415 000 MEER SPESIALE AANBIEDINGS

Sorg só vir jou skape in die somer

’n Bondige, nuttige naslaangids om gereeld seker te maak dat jy nog op die regte spoor is met die bestuur van jou diere, is nooit te versmaai nie. Die produsentedienste van die Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika (NWKV) gee elke tweede maand ’n bestuurskalender vir wolskape in die somerreëngebiede van Suid-Afrika uit. Hier is die Desember- en Januarie-uitgawe wat jou sal help om jou veekudde beter te bestuur.

Suiplammers (Augustus en September se lammers)

• Doseer alle lammers ouer as 12 weke teen lintwurm en rondewurms.

• Ent alle lammers ouer as 12 weke teen siektes soos bloutong, slenkdalkoors, bloednier en pasteurella. Gebruik waar moontlik kombinasie-entstof.

• Speen alle lammers en selekteer vervangingsooie.

• Skuif die speenlammers na goeie weiding en verskaf ’n goeie proteïenlek indien nodig.

• Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om hierdie dosering te doen.

Ooie wat in Oktober/November gedek is

• Tas ooie af vyf tot ses weke nadat die ram uitgehaal is. Ooie wat droog aftas, kan verkoop word. Gebruik geld om dragtige (verkieslik tweetand) ooie in te koop.

• Ooie wat vroeër as Oktober/ November gedek is en binne die volgende ses weke gaan lam, moet teen pasteurella, bloednier, blou-uier, rooiderm (indien dit by u voorkom) en bloedderm (indien dit by u voorkom) geënt word. Voorts moet hulle teen inwendige parasiete ingespuit word en teen neuswurm gedoseer word. Doseer ook met minerale. Maak seker dat hierdie ooie nie kondisie verloor nie. Kondisiepunt die ooie weekliks en gee kos of lek sodra die kondisie begin verswak. Let veral op na die kondisie van meerling- en tweetandooie. Hierdie ooie lyk gewoonlik goed omdat hulle buike baie uitsit, maar hulle kan maklik kondisie verloor sonder dat dit sigbaar is. Ooie wat in ’n swak kondisie lam se melkproduksie is swak, die lam-

mers groei swak en die daaropvolgende besetting is swakker. • Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om daarteen te doseer.

Belangrik:

Moenie dragtige ooie met lewende entstowwe soos bloutong en slenkdalkoors spuit nie. Dit kan aborsies veroorsaak. Lees die entstof se pamflet om seker te maak dat dit veilig vir dragtige ooie is.

Ramme

Alle bestuursaksies van die ramme moet minstens agt weke voor die volgende paring in Maart/April afgehandel wees. Ramme kan tydelik onvrugbaar word as hulle gehanteer of met lewende entstof ingespuit word. Dit neem dan agt weke vir hulle om weer hulle semenvolume aan te vul. Dit sluit aksies soos die volgende in:

• Toets die ramme vir vrugbaarheid en geslagsiektes vir die herfsparing.

• Skeer die ramme en doen alle nodige inentings, doserings en aanvullings van minerale vir die herfsparing.

• Sorg dat die ramme in ’n goeie kondisie is voor paring. Prikkelvoeding soos hawerpitte of ’n goeie lek gee goeie resultate. Wees versigtig vir skoon mielies of sjokolademielies, aangesien dit tot die versameling van vet om die testes kan lei, wat die ramme se vrugbaarheid aantas. ’n Lek hoog in proteïen word aanbeveel. Sorg vir genoeg vreetspasie sodat die ramme almal gelyktydig kan vreet. Ramme moet pers tussen die voor- en agterbene wees wanneer hulle na die ooie gaan.

• Doseer elke ram een keer per week met 20 ml koringkiem die laaste vier weke voor paring. Vir die Oostelike streek word 10 ml per ram per week vir ses weke voor paring aanbeveel.

• Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om daarteen te doseer.

• Knip die ramme se hoewe sodat hulle sonder moeite kan loop en spring.

Ooie wat in die herfs gedek gaan word

(Al hierdie aksies moet 6 weke voor paring afgehandel wees).

• Mikskeer ooie. Dit help die ramme om hulle gemakliker te dek.

• Ent ooie teen ensoötiese aborsie, pasteurella, bloednier en bloutong.

• Doseer met mondelinge middels teen rondewurms en neuswurm. Doseer met minerale.

Vervangingsooie

• Ent die ouer groep ooitjies, wat in die herfs die eerste keer gepaar gaan word, teen ensoötiese aborsie, asook pasteurella, bloednier, bloutong, slenkdalkoors, ensomeer.

• Die ooitjies wat so pas geselekteer is (wat in Augustus/September gebore is), moet teen bloutong gedoseer word. Doen A, B en C apart en wel ses weke uitmekaar.

• Ent die jong ooitjies met ’n bloednier-opvolginenting.

• Neuswurm is baie aktief in November tot Januarie en dit word sterk aanbeveel om daarteen te doseer.

Belangrik:

Jong diere wat vir die eerste keer voorkomend geënt word, moet binne ses weke weer geënt word om weerstand te versterk. As dit nie gedoen word nie, kan swakker weerstand verwag word.

Kontak jou plaaslike veearts as u oor enige van die dieregesondheidaanbevelings twyfel! Lees alle entstof, doseermiddels en voer se pamflette om u te vergewis van die veilige gebruik daarvan.

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 47 Vee en Wild
48 ProAgri Suid-Afrika 275 Willem Kok: willem@dieseldeliveries.co.za 087 012 6077 082 433 0844 Whatever your diesel needs are, We are here to deliver DIESEL SUPPLIERS & CARRIERS PURE FIRST-GRADE QUALITY BP DIESEL Big or small, Dynamic Diesel Deliveries offers professional, FREE diesel delivery services throughout South Africa. Only pay for the diesel that you buy. Whether you need diesel delivered to your home, shopping center, or place of business, we are the go-to trustworthy delivery service for all your diesel needs.

Derde proewe van die Vrystaat Jongooiklub: 'n Dawerende sukses vir plaaslike veeboere

deur Natasha Pansegrouw

Die boer wat vooruit wil boer en wins wil verdien, moet sorg dat die gehalte van sy produkte beter is as die res.

Met hierdie waarheid in gedagte het Theron Swanepoel, Eduard Prinsloo en Dirco Bezuidenhout die Vrystaat Jongooiklub gestig om hierdie doel te bevorder. Theron verduidelik dat hulle ՚n groep vindingryke jong skaapboere

Kampioene in elke afdeling

Afdeling

Voerkraal:

bymekaargemaak het om hulle verskillende benaderings tot skaapbestuur uit te toets en te bepaal watter die hoogste opbrengste lewer. Theron verduidelik: "Ons wil hierdie klub as ՚n grondslag vir hierdie proewe gebruik, want alle boere het idees en baie vrae."

Derde jaar van toetsing Ooie van al die lede is vanjaar na Wim

Olof en Sarique Wilken se plaas L & Co gebring waar hulle bestuursvernuf op die proef ge-stel is. Dit stel almal bloot aan nuwe perspektiewe op kuddebestuur, wat die gesamentlike wysheid van die groep as geheel verhoog. Daar was altesaam 140 ooie in die proef.

Swaarste lam gespeen op 100 dae Landman & Co Dohne Suffolk 42 kg

Swaarste meerlinggroep gespeen op 100 dae Landman & Co Suffolk Suffolk 64 kg

Swaarste lam geslag Francois Swanepoel Afrino Dohne 31,2 kg Swaarste meerlinggroep geslag Landman & Co Suffolk Suffolk 51 kg

Swaarste groep geslag Theron en Tiaan Swanepoel Merino 153,2 kg Beste groei in voerkraal Eduard Prinsloo Merino

97,84% 10 ooie met hoogste lam inkomste

Swaarste vag Ras van Pletzen Merino 5,25 kg R961,28 Ooi met beste wolopbrengs Ras van Pletzen Merino R961,28

Groep ooie met hoogste wolopbrengs Ras van Pletzen Merino 9 ooie R6 571 Groep ooie met hoogste opbrengs Theron en Tiaan Swanepoel Merino R22 886,30

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 49 Vee en
Wild
Lid Ooiras Ramras Inligting
Francois
Ras
Merino Dohne
Ras
Ras
Merino
Theron en Tiaan Swanepoel Merino R18 056,82 Beste ooi met hoogste opbrengs Ras van Pletzen Merino R4 534,34 Meatmaster ingesluit Groep met meeste lammers Landman & Co Afrino 150% Swaarste gemiddelde lamgewiggroep gespeen op 100 dae
Swanepoel Afrino 31,51 kg Swaarste Meatmasterlam gespeen op 100 dae Landman & Co asook Francois Swanepoel Afrino Dohne Meatmaster Meatmaster 32,6 kg Karkas: Beste enkelkarkas
van Pletzen
Beste groep karkaste
van Pletzen Merino Wol: Buite skou Fynwolgroep
van Pletzen Merino Mediumwolgroep Zack van Zyl Dohne Sterkwolgroep Landman & Co Dohne Beste groep ooie Ras van Pletzen Merino Beste algehele ooi Zack van Zyl Dohne Wol: Binne skou Gewig Koste/mikron

CONNECTING

www.proagri.co.za 50 ProAgri Suid-Afrika 275
your business with
advertising. Tap
the
for
your
needs.
We wish you a happy new season
YOU
Diane Grobler: +27 (0)82 555 6866 | diane@p roagri.co.za www.agri4all.com We provide
borderless
into
largest online trading platform
all
agricultural
Upload your new or used agri products for free onto www.AGRI4ALL.com and grow your business.
WITH AFRICA

Watter soort jaarlikse samewerking vind tussen lede plaas?

Hierdie groep se lede vorm saam die deurslag, nie net die een wat ՚n plaas inspekteer of goedkeur nie. Vervoer, skaapkampe, tente, prysuitdeling, woltafel, ooiklassifikasie en enige ander take wat nodig is om almal te laat voel hulle het ՚n aandeel in die geleentheid se sukses, hang alles van die indiwiduele deelnemers af. Deur saam te werk, word lede van die gemeenskap aangemoedig om by die klub aan te sluit en al hoe meer mense werk saam.

Spesiale bedankings

Die klub se bestuur het waardering betuig vir Afrivet se ondersteuning van die proef deur dieregesondheidsprodukte te verskaf. Gedurende die proeftydperk was die totale koste van medikasie R50 per ooi en R30 per lam. AFGRI, wat sowat R250 000 se voer vir die proewe geborg het, het ook er-kenning vir hierdie vrygewigheid gekry.

Voorlopige voorspellings vir 2023

Rudi van Zyl se plaas sal in 2023 as plek vir die proewe dien. Die klub het ambisieuse, vooruitdenkende planne en idees wat hulle van plan is om op die lammers te beproef. Die nuwe proewe sal ՚n opvoedkundige tak bevat wat konsentreer op die band tussen moeder en nageslag.

Die Vrystaatse Jongooiklub sal algaande 2023 se nuwe aanbiedinge en ontwikkelings bekend maak sodat nog meer boere voordeel daaruit kan trek.

Vir meer inligting oor die Vrystaat Jongooiklub en hoe om aan te sluit, kyk na hulle Facebookblad by @vrystaat jongooiklub

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 275 51
Vee en Wild
Tiaan en Theron Swanepoel van Mooihoek Merino’s het die algehele eerste plek vir 2022 behaal met ՚n totale inkomste van R22 887 uit hulle 10 ingeskrewe ooie. (Bron: Vrystaat Jongooiklub, Facebook)
52 ProAgri Suid-Afrika 275 QUALIFIED AND REGISTERED ELECTRICIANS ola S ns l ta s n l l ati o André Alkema 067 716 8285 bevonkelectrical@gmail.com www.bevonkelectricalcontractors.co.za @bevonkteprojects f Pretoria & Johannesburg : Sandton, Vanderbiljpark, Germiston, Roodepoort, Centurion, Krugersdorp, Kempton park, Brits, Hartbeespoortdam, Rustenburg r
ProAgri South Africa 275 53 Call us today to discuss your transportation requirements or to request a quotation. 082 375 9320 - Sammy Olivier | 082 339 9054 - Gary Miller | millerlowbeds@gmail.com We keep your business moving Your agricultural transportation service We pride ourselves on excellent customer service
54 ProAgri Suid-Afrika 275 1. Highly visible from a distance. 2. Ideal for efficient data record and stock identification. 3. Branding is clear, neat and tidy. 4. Freeze-branding causes little or no damage to the hide. 5. Freeze-branding takes between 5 to 10 minutes per head of cattle. Gauteng, 012 810 0500 / (083) 375 6627 Durban 031 569 6209 / (083) 375 9970 Port Elizabeth (041) 451 0181 / 083 243 6483 info@dryice.co.za Freeze-branding kills the pigment-producing cells in the hair follicle. As a result, the regrowth of white hair takes place where the branding iron was applied. ev erstarindustri e s co m | Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. ev erstarindustri e s Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. Pi CMY K ev erstarindustri Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. C CM CY CMY VX 2642 6x4 40m INTERLINK SIDE TIPPER VALI D I N S A ON LY T S& C’ S APP LY PRI CE S E X C L U D E S VAT ONR O A D C O S T S A N D LI CE N C E FEE S O FFE R VALI D WH IL E S TO C K S L AS T ev erstarindustri e s co m Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. Gauteng: Centurion +27 12 940 1750 Jetpark +27 11 390 8160 Kwazulu-Natal: Empangeni +27 35 772 1739 Pinetown +27 31 700 1222 Pietermaritzburg +27 33 846 0590 Mpumalanaga: Ermelo +27 17 811 5181 Middelburg +27 13 120 4010 Limpopo: Polokwane +27 78 265 4673 Tzaneen +27 15 307 5000 Eastern Cape: Gqeberha +27 41 453 1810 Northern Cape: Kimberley +27 79 698 3222 Kathu +27 76 207 3934 Western Cape: Milnerton +27 86 117 6937 Brackenfell +27 21 981 2000 M Y MY CY K VALID IN S.A ONLY. T’S & C’S APPLY. PRICES EXCLUDES VAT, ONROAD COSTS & LICENCE FEES. OFFER VALID WHILE STOCKS LAST. EVERSTARINDUSTRIES.COM. VALI D I N S A ON LY T S& C’ S APP LY PRI CE S E X C L U D E S VAT ONR O A D C O S T S A N D LI CE N C E FEE S O FFE R VALI D WH IL E S TO C K S L AS T ev erstarindustri e s co m Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. Gauteng: Centurion +27 12 940 1750 Jetpark +27 11 390 8160 Kwazulu-Natal: Empangen +27 35 772 1739 Pinetown +27 31 700 1222 Pietermaritzburg +27 33 846 0590 Mpumalanaga: Ermelo +27 17 811 5181 Middelburg +27 13 120 4010 Limpopo: Polokwane +27 78 265 4673 Tzaneen +27 15 307 5000 Eastern Cape: Gqeberha +27 41 453 1810 Northern Cape: Kimberley +27 79 698 3222 Kathu +27 76 207 3934 Western Cape: Milnerton +27 86 117 6937 Brackenfell +27 21 981 2000 M CM MY CMY K VALI D I N S A ON LY T ’ S& C’ S APP LY PRI CE S E X C L U D E S VAT, R O A D C O S T S A N D LI CE N C E FEE S O FFE R VALI D WH IL E S TO C K S L ev erstarindustri e s co m | Double Circuit Airbrakes 3 Years/ 300 000km Warranty (South Africa only) Max Torque —N.m @ r/min 1750/1300-1400 420 Horsepower Hub Reduction Axles PTO 12 Speed Transmission Assembled in South Africa, engineered for tough local conditions and priced to deliver maximum value, you will be hard-pressed to find a better deal than this Powerstar VX 2642. Built to power your project, forward. Gauteng: Centurion +27 12 940 1750 Jetpark +27 11 390 8160 Kwazulu-Natal: Empangeni +27 35 772 1739 Pinetown +27 31 700 1222 Pietermaritzburg +27 33 846 0590 Mpumalanaga: Ermelo +27 17 811 5181 Middelburg +27 13 120 4010 Limpopo: Polokwane +27 78 265 4673 Tzaneen +27 15 307 5000 Eastern C Gqeberha +27 41 453 Northern C Kimberley +27 79 698 Kathu +27 76 207 Western C Milnerton +27 86 117 Brackenfell +27 21 981 2000 CY CMY K Mpumalanga:
ProAgri South Africa 275 55 RumaX B J P S u p p l i e s 023 342 6070 www.rumax.co.za Samuel Walters Straat 1, Worcester Meganiese Snoeilemme, Voermengers, Misstrooiers, Hamermeule, Awegare, Ker wers & Pilmasjiene VERVA ARDIGER VAN:
56 ProAgri Suid-Afrika 275 Vliegparasiete (Muscidifurax raptor) word in ‘n insektarium geteel en is beskikbaar in pakkies van 5 000. Hierdie parasitiese wespes word gereeld by vliegbroeiplekke op die plaas losgelaat. Die volwasse wesp steek die papie van die vlieg, dood dit in die proses en lê eiers in die papie. Die eiers teer op die dooie vliegpapie en ontwikkel ‘n wespe. Die wespe broei binne 19-21 dae uit en begin dan die soektog na vliegpapies as voedsel en waarin hulle kan eiers lê. HOE DIT WERK: • Vliegbeheer op die natuurlike manier. • ‘n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie. • Langtermyn ekonomiese voordele. • Minder chemiese besoedeling. SUKKEL JY MET VLIEË? Arno Moore (PhD) Besturende direkteur 083 270 4866 l arno@bioinsectsa.com Helouise Rumbles Kantoor 083 566 4784 l bisa@bioinsectsa.com BISA het agente landswyd. Vir meer inligting, kontak: Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid Afrikaanse vlieë 013 244 7024 | info@picrsa.co.za | www.picrsa.co.za Longer longevity with: More productive days Lower feed cost • Better leg score & structure • Lower % of removals caused by leg & feet problems: The camborough drives sow herd efficiency LOWEST COST PER PIG CAMBOROUGH A low-maintenance, high-performing sow CAMBOROUGH t h e goldstandard in costofproduc t io n the IDEAL Choice ® R R R R R R 22,28 31,98 21,09 23,64
ProAgri South Africa 275 57 YOUR ONE S T OP SECURIT Y SHOP ELECTRIC FENCE AND SECURIT Y CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams CCT V SURVEILLANCE TECHNOLOGY Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South Centurion Durban North East London George Gaborone Harare Jet Park Kimberley Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park Vryheid Windhoek West Rand STAFIX BRANCH LOCATIONS (+27) 82 773 9297 | info@rippertillage.co.za | sales@rippertillage.co.za | 12 Wessel Street, Hennenman, 9445, South Africa RIP WITH US! ROBUST, INNOVATIVE RIPPER TILLAGE EQUIPMENT Ideal for the African soil Wind Rollers Rotary Hoes Harvester Trailer Design, manufacturing and development of agricultural equipment. Rip tills, Strip tills, Rotary hoes, Roller wheels & planter closing wheels.
58 ProAgri Suid-Afrika 275 CINDY TALJAARD (DIRECTOR) 018 000 5162 cindy@alphadamme.co.za www.alphadamme.co.za ZINC DAMS WATER TANKS PLACE ORDER TODAY!!! SUPERIOR QUALITY FOR ALL DAM TYPES Our liners are suitable for potable water and a wide range of chemicals or liquid fertilizers. QUALITY GENUINE LEATHER PRODUCTS Shop online: www.brando.co.za TRADE ENQUIRIES WELCOME Wallets, purses, bags, shoes, belts and leather jackets
Phone: 079 326 2683 Email: richard@rnfengineering.co.za 430 Steve Biko Street Gezina, Pretoria rotect and seal your roof with a liquid rubber coatING Specials Buy directly from the manufacturer 20ℓ LIQUID RUBBER R 800 + VAT 20ℓ BONDING LIQUID R 550 + VAT 20ℓ SHEEN INTERIOR & EXTERIOR R 900 + VAT 20ℓ QD ENAMEL R 950 + VAT Choose your colour: www.rnfengineering.co.za Clear Charcoal Grey Dove Grey Medium Grey Dark Brown Red Terracotta Black Green White Mid Blue Cream Burgundy Coffee VERVAARDIGERS VAN VOER VERWERKINGSAANLEGTE TEEN SAKPASPRYSE! Voermengers, Kerwers Hammermeulens, Pil masjinerie, Awegaars, Vervoerbande en nog meer Besoek ook ons Facebook-blad JRS FEED MILLS OF Kontak Reyno Snyman: 082 513 3227
60 ProAgri Suid-Afrika 275 My burgh Toerusting Kontoermaker Dit is nie te laat om jou kontoere reg te maak nie. Te huur ook @ R 1750 btw ingesluit per dag Landroller Trap die klippe in die grondd in om makliker te stroop Te huur ook @ R 2150 btw ingesluit per dag Aflewering beskikbaar. Paalslaner 450 kg Hammer moker stomp terpale in die grond in. Te huur ook @ R 995 btw ingesluit per dag Aflewering beskikbaar Dammaker Bou klein dammetjies in die voor tussen jou beddings en vang water op. Te huur ook @ R 450 btw ingesluit per dag Aflewering beskikbaar Forklift Tel op soos geen ander Driepunt implement. Pas dus op al jou trekkers. Massasaktoring Werk saam met jou trekker forklift, en maak die hantering van masasakkekinderspeletjies Bol-'n-vlieg As jy nie van vlieë hou nie Bestel gerus aanlyn Kry die skakel op ons Facebook blad Belugter Meer water, meer gras. Te huur ook @ R 2090 btw ingesluit per dag Aflewering beskikbaar R 175 000.00 btw ing R 215 000.00 btw ing R 99 500.00 btw ing R 45 000.00 btw ing R 45 000.00 btw ing R 29 000.00 btw ing R 195.00 btw ing R 209 000.00 btw ing 6 Tol inlyn hark Elke tol op sy eie arm en breek dus minder vingers 10 Tol V Hark Vou op vir maklike pad vervoer R 105 000.00 btw ing R 48 250.00 btw ing CONTACT US: sales@wsfafrica.com www.wholesalefencingsa.co.za Tel: +27 12 682 0150 (Gauteng, Centurion) Tel: 051 – 880 – 0220(Free-State, Bloemfontein) • Galvanised Wire in Coils • Barbed Wire • Diamond Mesh / Chain Link • Roofing & Reinforcing • Droppers & Standards • Hexagonal Wire Netting • Razor Wire • Welded Mesh • Posts • Gates • Field Fence • Wholeview Panel Fencing YOURONESTOP FORFENCINGSOLUTIONS BIG SAVINGS Wholesale prices directly to the public l Support local buy local
ProAgri South Africa 275 61 RAINMAKER 200 HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION RHINO 300 HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION The most effective and cost efficient travelling irrigation systems available HEAVY DUTY COMMERCIAL FARMING IRRIGATION Suitable for tall crops HOSE MASTER 50/100 PORTABLE IRRIGATION SYSTEM SPORTSMAN 120 SPORT FIELD AND GARDEN IRRIGATION CLUBMAN 100 SMALL SCALE FARMING AND RECREATIONAL IRRIGATION Head office: Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544 jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma +27 (0) 79-959-3356 / +27(0) 23-342-3438 / sales@rotrixafrica.co.za Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054 +27(0)12-736-2121/2103/2323 tobie@iunlimited.co.za www.rotrixafrica.co.za SOUTH AFRICA
62 ProAgri Suid-Afrika 275 Senter360 is online...are you? For the best service contact us at + 27 (0)18 469 1331 0r +27 (0)82 564 5955 or www.senter360.co.za Our Center pivots are known for it’s superior construction quality and strength. Now the same legacy lives in our communication systems! Terms and conditions apply Our standard control system has comprehensive cell/internet communication abilities No monthly/ yearly subscription costs (zero!)
ProAgri South Africa 275 63 Web: www.ritlee.co.za Enq: sales@ritlee.co.za Showroom. H/O & Branch office A7 Grader Place, 23 Grader Road, Spartan, Kempton Park, 1619, South Africa. Office Sales: Dan: +27 11 452 3434 / dan@ritlee.co.za Spares Dept: Joseph: +27 11 452 3434 / joseph@ritlee.co.za KZN & Export: Marc: +27 84 453 4499 marc@ritlee.co.za Rest of RSA: John: +27 73 930 3799 / john@ritlee.co.za 225 Ritlee Gravity feed wood chipper & chip grinder through 8, 10, 12, 15, 20mm screen Ritlee TM3 Compost Turner Office Sales & Spares: Dan: +27 11 452 3434 / dan@ritlee.co.za KZN & Export: Marc: +27 84 453 4499 marc@ritlee.co.za Rest of RSA: John: +27 73 930 3799 / john@ritlee.co.za w w w . a l z u . c o . z a 0 1 3 2 4 9 8 9 0 0 L I C K B L O C K S A V A I L A B L E A T A L Z U F E E D S B R A N C H E S S u p p l e m e n t s f o r S u c c e s s
64 BLOCKS, CRANKSHAFTS, CYLINDER HEADS, CAMSHAFTS, HOUSINGS, TURBOS, 8PK BELTS, FILTERS, & MORE. Excellent service and minimum downtime is our priority! AGRICULTURE • AUTOMOTIVE • CONSTRUCTION • MINING Instagram @jumanje4u Carradine Varkevisser Facebook & 060 525 9943 011 976 1242 / sales@jumanje.co.za Michael: 063 753 6466 carradine@jumanje.co.za 25 YEARS CUMMINS EXPERIENCE FOR ALL YOUR CUMMINS-RELATED ENGINE COMPONENTS 4/6B series, C series, L8.9 & L9 series, ISB, ISX, ISC, QSB, QSC, QSX, ISF 2.8, ISF 3.8, B3.3, QSB 4.5, and more.
ProAgri South Africa 275 65
Wayne 0649421459 Jaap 0828246440 CARL 064 634 6530 Pneumatic

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.