Grond en water is meer werd as goud
Landbou is een van die oudste beroepe ter wêreld en vandag is landbou die belangrikste beroep ter wêreld. Daar is tans ongeveer 570-miljoen plase wêreldwyd waarvan meer as 80% familieplase is.
In Suid-Afrika is daar ongeveer 32 000 boerderyeenhede, dus produseer ՚n halwe persent van ons bevolking kos vir 60-miljoen mense. Nie net maak ons ՚n bestaan nie, maar volgens 2019 se statistiek skep ons ook werk vir 3-miljoen mense op plase. Dus maak hierdie 32 000 boerderyeenhede ՚n reuse bydrae in ons land.
As ons die storie so paar honderd jaar terug vat na die Groot Trek, waaroor ek ՚n boek op sy eie kan skryf, besef mens weer opnuut grond is nie net iets wat jy erf nie. Hierdie grond is deur bloed en sweet gekoop en betaal. Die bal is in ons hande – of ons dit oppas sodat ons en ons nageslagte nog daarop kan boer.
Meer as ooit dink ek boere besef ook dat ons almal aanpassings moet maak en ons boerderypraktyke verander om steeds wins te maak. Hierdie neiging was ook duidelik sigbaar by NAMPO vanjaar. Met die tema vernuwende landbou, was die fokus dat daar aanpassings gemaak moet word in die bestuurstyl van verskeie boerderybedrywighede.
Jy moet presies weet wat jy insit en wat jy uitkry. Ons kan nie meer
Inhoudsopgawe / Contents
dieselfde grondbewerkingstegnieke gebruik wat ons oupas gebruik het nie en ons kan nie meer bekostig om onnodig lammers te verloor nie.
Ons kan natuurlik nie altyd alles reg doen nie; almal maak foute. Jy koop dalk ՚n verkeerde bul of ram wat iets negatief in jou kudde teel, en dit vat jare om ՚n fout reg te teel.
՚n Boer gooi nie so maklik tou op nie. Hulle sal altyd ՚n uitweg vind want ՚n boer maak altyd ՚n plan. Al benadeel beurtkrag boere erg, sal hulle ՚n plan maak om steeds ՚n sukses te behaal ten spyte van al die uitdagings.
As jy iets doen, doen jou bes om dit reg te doen. Maak seker jou stand is reg as jy plant. Maak seker jou koeie se kondisie is reg as jy die bulle injaag. Jy het nie baie kanse om dit reg te doen nie. Besef elke seisoen hierdie is een seisoen minder om die beste van jou boerdery te maak!
Geniet hierdie propvol uitgawe van ProAgri en indien jy ՚n paar hoogtepunte by NAMPO vanjaar gemis het – moenie bekommerd wees nie; ons span het dit vasgevang en deel dit graag met ons lesers. Voorspoed vir die winterseisoen en lekker boer!
ProAgri-groete!
Bianca Henning bianca@proagri.co.za
Op ons voorblad
՚n Stroom opgewonde boere het vanjaar vir die 23ste keer op John Deere se groen-en-goud uitstalling by NAMPO-oesdag toegesak. John Deere se tema vanjaar was “Saam met jou deur elke seisoen”. Lees meer op bladsy 3.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577
Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708
www.proagri.co.za
Copyright © 2023. All rights reserved. No material, text or photographs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri
Redakteur tydskrif en aanlyn
Bianca Henning >
Verslaggewers
Maryna Steyn >
Natasha Pansegrouw>
Benine Ackermann >
Spesialisskrywer
Annemarie Bremner >
Boere stroom na 55ste NAMPO
Jupidex: Werktuie wat werklik werk vir boere wat wil boer
New Holland:Spuit nou nog meer akkuraat met nuwe tegnologie
Valtrac spog met die nuwe Jumil Global by NAMPO
Unveiling the game changer: The all new Hino 700 series
Afriq Water maak besproeiingstelselinstallasies maklik
Maak skaapwerk maklik met Algar se skaapnekklamp
‘Vergete streek’ kry hulp van mede-boere
Klein-Karoo olyfolie as beste ter wêreld gekroon
Agrico: “Besproeiing is ons hartklop”
Winsgewende skaapboerdery deel 20: Suiwelboere gooi handdoek in Varkpesin Tuinroete wek kommer
Entstoftekort is nou 'n ramp, sê RPO Boere verwelkom nuwe bloutong-entstof
082-326-2572
bianca@proagri.co.za
082-261-9177
maryna@proagri.co.za
081-736-4236 natasha@proagri.co.za
073-105-6938 benine@proagri.co.za
082-320-3642
annemarie@proagri.co.za
Bemarkingsbestuurder
Diane Grobler >
Bemarkers
Xander Pieterse >
Johan Swartz >
Tiny Smith >
Lynette van Tonder >
082-555-6866 diane@proagri.co.za
062-391-6507
xander@proagri.co.za
071-599-9417
johan@proagri.co.za
082-698-3353 tiny@proagri.co.za
074-694-4422 lynette@proagri.co.za
Skeppende bestuurder
Christiaan Joubert >
Uitleg en ontwerp
072-419-3990 christiaan@proagri.co.za
Michelle Kruger & Jamie-Lee Tromp
Kliëntverhoudingsbestuurder
Carin Swartz >
Navrae
Engela Botha >
Rekeninge
Ronel Schluter >
084-233-0123 carin@proagri.co.za
073-663-1234 engela@proagri.co.za
084-088-0123 accounts@proagri.co.za
Verspreiding en intekening
Nita Volmer-van Zyl >
Sakebestuurder
George Grobler
079-515-8708
nita@proagri.co.za
Kom wat wil, John Deere kry dit gedoen, deur elke seisoen
John Deere se tema vanjaar: “Saam met jou deur elke seisoen” het boekdele gespreek wanneer jy deur hulle indrukwekkende 4 000 vierkante meter standplaas geloop het. Daar was iets vir elkeen, deur letterlik elke seisoen van jou boerdery.
John Deere – gefokus op die toekoms
Landbou speel 'n belangrike rol in die ekonomie van Suid-Afrika. Die geleenthede in Suid-Afrika se landboubedryf is onmeetbaar groot – nie net vir boere nie, maar ook vir verskaffers in die bedryf en die dienssektor. John Deere is juis toegewyd daartoe om saam met die boer die pad te stap, saam met die boer te groei en saam met die boer te staan deur elke seisoen. John Deere praat nie net tegnologie nie, hulle leef dit!
John Deere bring GUSS na SuidAfrikaanse boere
՚n Groot hoogtepunt, wat die koppe behoorlik laat draai het by John Deere se NAMPO-standplaas, was die bekendstelling van die wêreld se eerste outonome spuit, GUSS (Global Unmanned Spray System)
GUSS is ՚n volledig outonome boorden wingerdspuit, ontwerp om in enige tipe boord te werk, van amandels en pistachioneute regdeur tot wingerde, soos wyndruiwe en tafeldruiwe.
Chase Schapansky van GUSS Automation vertel meer: “Die outonomie in GUSS laat een operateur toe om die masjien op ՚n afstand te beheer. Dit stel boere in staat om baie doeltreffender te werk. Boere kan hulle spuite tot 90% in terme van tyd beter benut,
met baie min staantyd. Die geoutomatiseerde spuite kry die werk gedoen, binne die tydvensters waarmee jy in die landbousektor moet werk.”
“Hierdie masjien is die eerste een wat sy verskyning op Suid-Afrikaanse
John Deere leef die verskil Sê vir my en ek sal vergeet. Wys my en ek sal onthou. Betrek my en ek sal verstaan. John Deere verstaan hierdie gesegde goed en pas ook die boodskap doeltreffend toe in hulle SMART-program.
“Die John Deere SMART-veldtog is 'n inisiatief gestig om Afrika se landbouproduktiwiteit te verhoog deur nuwe geslag boere te help met meganisasie, hulle opbrengs te verbeter en winsgewendheid te verhoog,” verduidelik Zabion de Wee, sake-ontwikkelingsbestuurder van John Deere.
Waarheen is John Deere op pad met SMART?
“In Suid-Afrika het ons sowat twee jaar gelede begin om die SMART-konsep in werking te stel. Die aanvanklike idee was om oplossings te vind vir kleiner boere om kommersiële status te bekom,” sê Zabion.
Die konsep is ongeveer vier jaar gelede in Kenia ontwikkel. Dit is gefokus op ՚n kontrakteurmodel.
GUSS, die volledig outonome boorden wingerdspuit, het baie aandag getrek by John Deere se NAMPOstandplaas.
“Ons het in die Oos-Kaap begin, en mense sal altyd vra: hoekom die OosKaap? Die Oos-Kaap, glo ek, is ՚n groot voedselmandjie in Suid-Afrika, en daar is enorme potensiaal. Die boere het nie toegang tot titelaktes nie. Met hierdie konsep probeer ons die tradisionele manier om toegang tot meganisasie te kry, uit te skakel, en hulle te ondersteun -daarom het ons die kontrakteurmodel bekend gestel,” vertel Zabion.
Zabion verduidelik: “In plaas daarvan om trekkers aan kleinboere te probeer verkoop, identifiseer John Deere spesifieke boere wat belangstel om nie net hulle eie landerye te bewerk nie, maar ook dié van hulle bure.”
Deur hulle dienste teen 'n gepaste vergoeding aan tussen 20 en 30 van hulle bure uit te kontrakteer, glo John Deere dat hulle gemeganiseerde boerderyoplossings aan 'n groter aantal kleinboere in die land sal kan bied.
“Ons wil nie die wiel herontwerp nie. Ons is 'n meganisasiemaatskappy en ons wil boere met meganisasie bystaan,” sê Zabion.
Zabion sluit af: “Ons as John Deere wil 'n verskil in voedselsekerheid maak. Ons boere was nog altyd gereed, ons moes net die regte manier vind om hulle by te staan om vorentoe te beweeg soos ons doen. Om hulle die regte mentorskap te gee, en om boere te help groei, is ons uiteindelike doel.”
Onderdele vir Afrika
John Deere gebruik praktiese opleiding om operateurs te leer hoe om John Deere-toerusting te hanteer, en om meganisasiedienskontrakteurs toe te rus met die vaardighede wat hulle nodig het om hulle ondernemings glad en winsgewend te bestuur.
“Vir ons by John Deere is ons naverkope- en klantediens van die uiterse belang,” sê Lafras Cronjé, klantediensbestuurder van John Deere.
“Ons is toegewyd en gefokus daarop om na klante se toerusting om te sien oor die lewensiklus van die masjien, ongeag nuut of oud. Ons gebruik ook die jongste tegnologie om die beste diens uit werktuie te haal. Of dit nou is om na pro-aktiewe waarskuwings oor werktuie om te sien, diagnostiek, of om genoeg onderdele aan te hou om na jou as klant om te sien, bly dit vir ons uiters belangrik om ons klante aan die gang te hou en vorentoe te vat. Ons het ՚n wydverspreide handelaarsnetwerk, die grootste in Afrika en die Midde-ooste, om ons klante te ondersteun,” voeg Lafras by.
“Ons het tegnici, ՚n enorme onderdele-afdeling, diensvoertuie, hulpbronne en nog vele meer. Ons werk voortdurend daaraan om ons handelaarsnetwerk uit te brei. Opleiding is 'n grondliggende hoeksteen van ons sukses. Vir ons om vooruitgang vir John Deere en ons klante te verseker, is dit van uiterse belang om voldoende voete
en kundige mense in die veld te hê. Genoeg tegnikusse om probleme tydig op te los, staantyd te verminder en jou toerusting so gou as moontlik weer aan die gang te kry,” sluit Lafras af.
Jaco
Beyers bedank boere
“Namens John Deere bedank ek graag elke klant wat die tyd afgestaan het om tyd by ons en saam met ons tydens NAMPO 2023 te bestee. Dit was ՚n ongelooflike ervaring om by ons boere te hoor wat hulle vrae is, waaroor hulle wonder, en om onderwerpe waaroor hulle meer wou weet te ontleed. Ons by John Deere praat nie net tegnologie nie, ons leef dit daagliks. Ons sien uit na meer interaksie saam met ons boere en ons klante tesame met ons handelaars deur die res van 2023.”
Vreugde in elke seisoen
As jy iets doen, doen jou bes om dit reg te doen. Maak seker jou stand is reg as jy plant. Maak seker jou koeie se kondisie is reg as jy die bulle injaag. Besef elke seisoen hierdie is een seisoen minder om die beste van jou boerdery te maak. Jy het nie baie kanse om dit reg te doen nie, maar as jy dit reg doen, is daar vreugde in elke seisoen. John Deere stap die pad saam met die boer deur elke seisoen, en wil waarde toevoeg waar hulle kan deur elke seisoen.
Landelike Veiligheid DMV Video Stelsels
Stelselontwerpkundiges
• Intensiewe terrein besoeke.
• Professionele ingenieurs ontwerpe.
• HOOGS opgeleide 24/7 beheerkamer personeel.
Algemene omgewings beveiliging / Plaasbestuur / Monitering van vee, voertuie, ens.
Bekamping van misdaad / Vroeë waarskuwing / Verhoog reaksie tyd / Insameling van inligting
Seinversterkers
MEES ALGEMEEN GEBRUIKTE HERHALER IN AFRIKA VIR KWALITEIT, BETROUBAARHEID EN KOSTE-EFFEKTIWITEIT.
• Versterking van selfoonsein regoor RSA.
• Oplossings vir huis, kantoor, lodges, plaas en nywerheid.
• ICASA tipe goedgekeurde RF-toerusting soos vereis - anders as toestelle aanlyn beskikbaar.
• Die oplossing bied ‘n behoorlike waarborg, asook beskerming teen beurtkrag en stroomspanning.
• ‘n Oplossing wat bewese rugsteundiens bewys het, in RSA.
• Word voorsien as ‘n volledige eenheid met kabels, antennas en oplewingbeskerming.
Voordele:
• Aflewering en installasie regoor RSA.
• Produkte goedgekeur en gebruik deur die netwerkoperateurs.
• Uitstekende stem- en netwerkdata.
• ‘n Volledige ondersteunings- en hersteldiens in RSA.
Tegnies:
• Handelsmerkprodukte gesertifiseer deur ICASA. Verskillende kragvlakke en frekwensie soos benodig.
• 2G, 3G, alle LTE reikwydtes sowel as 5G.
• Hoë aangedrewe antenna- en ‘booster’stelsels.
• UPS en sonkrag beskikbaar.
Boere stroom na 55ste NAMPO
Alle paaie het weer na vanjaar se NAMPO gelei! Al wat leef en beef het NAMPO platgestap en telkens in verwondering gaan staan by die aanskoue van die voortreflike tegnologie wat daar tentoongestel is.
Vanjaar se tema was vernuwende landbou. Met altesaam 81 945 besoekers vanjaar was dit weer 'n voorbeeld van vernuwing deur die graanwaardeketting, maar ook die hele SuidAfrikaanse landbousektor.
Uitstallers kon nie wag om hulle nuwe produkte bekend te stel of om met bestaande spogwerktui ete spog nie. Die menigte boere wat van vroegdag af deur die hekke gestroom het is ՚n bewys dat die gemoed net reg was.
Genoeg geleentheid is gebied vir gesprek, interaksie met die 823 uitstallers en 'n geleentheid vir gesinne om landbou in 'n veilige, gasvrye omgewing te geniet.
Nagenoeg 200 vliegtuie en 75 helikopters het gedurende die week op NAMPO-park se aanloopbaan geland.
“Dit is vir ons ՚n groot voorreg om weer ՚n suksesvolle NAMPO-oesdag te kon aanbied,” sê Dirk Strydom van Graan SA. “Ons hoofsaaklike doel met NAMPO is om te kyk na graanprodusente se belange. Die uiteindelik doel van die skou is om te kyk of ons al die tegnologie, onderdele en landbouprodukte op een plek kan neersit, waar boere na een plek toe kan kom om te sien wat nuut op die mark is, wat is die nuwe tegnologie daar buite om sodoende boere te help om meer produktief en effektief te boer. As ons boere produktief en effektief kan boer, kan ons kos vir die land voorsien.
“Die tweede doel van NAMPO is ook die netwerkgeleentheid. Ons sien dit as ՚n groot strategiese sessie, waar almal bymekaarkom en kan praat, koppe bymekaar sit en idees uitruil. Dit bied ook die geleentheid vir boere om hulle uitdagings met verskaffers te deel om sodoende nuwe oplossings te vind.
“Die derde doel is die beeld van landbou. Landbou is nie net meer ՚n ou trekker wat ՚n ploeg agterna sleep nie. Landbou is aan die voorpunt van tegnologie met soveel segmente. NAMPO bied juis daardie geleentheid aan verskaffers om hulle jongste tegnologie bekend te stel aan boere en hulle ook te help om innoverend te bly boer en nie agtergelaat te word nie,” sluit Dirk af.
Dirk deel ook ՚n paar vinnige feite oor NAMPO:
• Die totale oppervlak van NAMPO, insluitend die parkering, strek oor 100 ha, waarvan 40 ha vir die uitstalruimte benut word.
• Grootste uitstaller vanjaar was John Deere (hulle standplaas was ՚n indrukwekkende 4 000 vierkante meter).
• Indien jy deur al die stalletjies wou loop en besoek, moes jy ongeveer 22 sekondes by elke stalletjie spandeer.
• Vir waardevolle tyd op die park, is twee dae voldoende.
• Daar is ՚n volledige gastehuis op die park, met 85 beddens.
• Die gastehuis en NAMPO-park is beskikbaar vir ander funksies, geleenthede en skoue.
• Dit is die eerste jaar na die bek-enklou-uitbraak en die Covid-19-pandemie wat alle genootskappe weer betrokke was NAMPO 2023.
• Altesaam 250 groot- en kleinvee is by NAMPO 2023 vertoon.
Graan SA beoog om aandag aan die volgende sake te gee:
• Verbetering van die vloei van toegangsbeheer by die hekke in terme van die kaartjiestelsel.
• 'n Nuwe fokus om te verseker dat uitstallers en besoekers se NAMPO-ervaring verbeter deur die verdere gebruik van tegnologie en die verbetering van die park se infrastruktuur.
• Graan SA is tevrede met die huidige aantal uitstallers en sal eerder deurlopend verseker dat die verskeidenheid uitstallers toepaslik bly.
• Bevorder die gebruik van NAMPOpark se geboue en geriewe as 'n sakepark regdeur die jaar.
NAMPO is propvol nuwe werktuie
Verskaffers het vanjaar met talle nuwe werktuie by NAMPO gespog.
New Holland Landbou se indrukwekkende uitstalling het verskeie opwindende nuwe aanbiedinge ingesluit, waaronder vanjaar se grootste trekpleister: Die nuwe TH7.32-teleskopiese hanteerder, 'n nuwe toevoeging tot die maatskappy se uitgebreide reeks landboutoerusting.
Die nuwe TH7.32 is geskik vir enige taak op die plaas. Die TH7.32 kan voorwerpe tot 7 meter hoog lig en het ՚n kapasiteit van 3,2 ton. Die nuwe ontwerp het uit en uit operateursgemak in gedagte gehou. Die TH7.32 het ruim en oop vensters wat die operateur toelaat om 360° om hom te sien.
Jupidex se enorme, goudgeel Degelman Pro-Till 40 12-meter hoëspoeddis het ՚n indrukwekkende teenwoordigheid by NAMPO gehad. Die Degelmanhoëspoeddis is nie die enigste nuwe toevoeging in die Jupidex-stal nie – daar is vele meer. Lees meer op bladsy 10.
՚n Groot hoogtepunt wat die koppe behoorlik laat draai het by John Deere se NAMPO-standplaas, was die bekendstelling van die wêreld se eerste outonome spuit, GUSS (Global Unmanned Spray System).
Northmec Implemente het ook vanjaar groot nuus by NAMPO aangekondig. Hulle is die nuwe, trotse SuidAfrikaanse agente vir die Kelly Tillage se bewerkingstoerusting.
Put your best Bakkie forward and feed a nation
Put your Bakkie feed
You can’t call in sick when you have a nation to feed. The Next-Gen Ranger XL Single Cab allows you to drive your business forward every day, with new powertrains like a 2.0-Litre Single Turbo Diesel, and a comfortable interior that’s been expertly engineered to handle long-distance drives with ease.
Unlimit Your World in the Next-Gen Ford Ranger XL Single Cab.
You Cab like engineered Unlimit
Die volgende NAMPO-skoue wat in 2023 onder die vaandel van Graan SA aangebied word, is NAMPO Kaap (13 tot 16 September in Bredasdorp) met 'n wintergraanfokus; NAMPO ALFA (12 tot 14 Oktober op NAMPO-park) met 'n fokus op vee, jag en buitelug; en die OFM NAMPO-park Kersmark (1 tot 2 Desember op NAMPO-park).
NAMPO se nuwe embleem bevat die wiskundige "≥"-teken wat impliseer dat die organisasie se lede saam sterker is as die enkele stem daar buite.
Die Kelly 3009 diamant-eg het baie aandag getrek by NMI se standplaas.
LEMKEN spog met hulle nuwe reeks werktuie, die Müthing-kerwers (mulchers). Die Müthing-reeks kom, net soos LEMKEN se bekende blou werktuie, van Duitsland af. Die werktuie kan gebruik word om massas plantreste fyn te kap, vir ontbossing, die fynkap van blare en gesnoeide takke in wingerde en boorde, soos onder neutbome, en die skoonhou van munisipale parke.
By NAMPO kon boere kyk na die Müthing se 3-meter MU Vario- en die 6,7-meter MU Farmer-kerwer.
NAMPO is nie net vir die oues nie. Môre se boere het ook die verskillende trekkers uitgekyk!
Die vee-afdeling by NAMPO is ՚n jaarlikse hoogtepunt, van skaapskeerdemonstrasies tot groot- en kleinveegenootskappe se teenwoordigheid. NAMPO het letterlik iets vir almal om te sien!
Vir meer inligting besoek gerus NAMPO se webwerf by nampo.co.za.
Jupidex bewaarheid elke boer se drome:
Werktuie wat werklik werk vir boere wat wi l boer
Boere se oë het vanjaar weer geblink by aanskoue van die wenwerktuie wat Jupidex by NAMPO vertoon het. Jupidex is immers ’n markleier in SuidAfrika vir die verskaffing en ondersteuning van hoëgehalte-landboutoerusting.
Die nuutste tegnologie wat Jupidex by NAMPO vertoon het, het ‘n groot verskeidenheid nuttige werktuie ingesluit - grondvoorbereidingstoerusting, strooiers, hooitoerusting, voermengers, spuite, presisietegnologie en meer.
Jupidex ywer immer fluks voort om beter oplossings vir ons boere te vind en daarom kos dit meet en kopkrap om al Jupidex se voortreflike werktuie om twee standplase by NAMPO te pas.
Davel Kirstein, nasionale verkoopsbestuurder van Jupidex, vertel meer: “Dit is ongelooflik om al ons klante weer te kan sien by NAMPO. NAMPO bied ‘n platform om ons nuwe produkte aan die boere en die mark bekend te stel. Die interaksie tussen die boere en die terugvoer wat ons van hulle kant af kry, is vir ons baie waardevol, want dit stel ons in staat om by die boere se behoeftes aan te pas.”
Davel voeg by: “Bo en behalwe geleenthede soos NAMPO hou ons ook baie boeredae, nie net self nie, maar ook saam met ons handelaars regoor die land. Ons gee ook opleiding vir ons handelaars, en dra tegniese kennis oor aan hulle sodat hulle boere beter kan bedien en in staat stel om die meeste nut uit ons toerusting te put.”
Jupidex se verskeidenheid
toerusting by NAMPO
Jupidex het vanjaar nog meer toerusting as die vorige jaar op NAMPO tentoongestel. “Ons het ook ons eie Kverneland-reeks baie uitgebrei, en daar waar daar behoeftes is, het ons produkte gevind om die gapings te vul,” vertel Davel.
Nuwe reeks Kverneland-spuite – eerste jaar op NAMPO
“Ons is ook baie trots op ons volledige reeks hoëtegnologie voorgemonteerde, sleep- en selfaangedrewe Kvernelandspuite wat ons by NAMPO kon wys,” sê Davel.
“Die een spuit wat ons graag vandag wil uitlig is die Kverneland iXter B18sleepspuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk. Die Kverneland iXter B-gemonteerde spuitreeks is die vrug van jare se navorsing en ontwikkeling in noue samewerking met boere: dit is van-
dag die mees gevorderde gemonteerde spuitreeks,” verduidelik Davel.
Hierdie spuitreeks sal enige boer ver vorentoe vat en word sterk aanbeveel vir presisieboerdery. Die iXter B18 kan tot 24 meter wyd werk en hou 3 000 liter spuitstof (1 800 liter agter en 1 200 liter voor) sodat jy nie elke nou en dan jou spuitwerk hoef te onderbreek om vol te maak nie.
“’n Voordeel van hierdie kombinasie is die feit dat jy twee verskillende soorte chemikalieë op een slag kan toedien en oor hoër kapasiteit en meer volume beskik,” voeg Davel by.
deur Bianca HenningVir meer spuitvolume kan die iXtra voor aan jou trekker gemonteer word.
Nuwe reeks Kayhan Ertuğrulstampbalers in die Jupidex-stal Jupidex het ook onlangs hulle nuwe reeks Kayhan Ertuğrul-stampbalers bekendgestel. Die twee balers wat by NAMPO gepronk het was die Kayhan Ertuğrul 520 en 555. “Ons het reeds ‘n paar van hierdie nuwe balers aan klante verkoop en die boere is baie tevrede met die reeks. Dit is ‘n hoëgehalte baler wat ‘n klomp kompakte bale in ‘n japtrap maak. Ons sien uit om nog meer van hulle aan boere in ons midde te verkoop,” sê Davel.
Hierdie kompakte Kayhan Ertuğrulstampbalers het verskeie veiligheidsmeganismes, met breekboute op verskeie plekke om jou baler te beskerm. Die KE 520 het ook ‘n veiligheidspen, wat uitskiet wanneer daar enige probleem voorkom. Dit help om te verhoed dat jy naalde breek. Die balers se knoop- en bindmeganisme is eenvoudig om te onderhou, maklik om mee te werk, en die onderdele vir hierdie balers is maklik en vrylik beskikbaar by Jupidex en hulle handelaars.
Vir maklike en eenvoudige vermenging het die iXter-spuite ook die mengbak aan die kant van die spuit gemonteer, so niemand hoef op te klim en binne-in die tenk te vermeng nie. Jy kan gerieflik werk en sien wat jy doen.
Kayhan Ertuğrulkuilvoerkerwers
“Die Kayhan Ertuğrul-kuilvoerkerwers is ook van ons nuwe produkte. Hulle is beskikbaar in twee verskillende modelle – die KE 125 en die KE 120. Hierdie kuilvoerkerwers is baie gewild onder kleiner boere, die Afrika-mark asook boere wat nie vir kontrakteurs wil wag nie, maar onmiddellik kuilvoer wil sny vir hulle beeste.
“Die KE 120 is ‘n enkelry kuilvoerkerwer. Dit is maklik om te gebruik en te onderhou, met min kW wat vereis word om hom te trek,” verduidelik Davel.
“Die KE 125 is ‘n meerdoelige kerwer wat geskik is om graan en grasgewasse te sny en te kerf. Hierdie kerwer kan voor, agter of langs jou trekker gemonteer word. Sy uitlaatgeut kan 360 grade draai om oorlaai te vergemaklik en vermorsing uit te skakel. Hy het ook ‘n trekstang agteraan, wat jou in staat stel om ‘n kuilvoerwa aan te haak, sodat jy nie ‘n ekstra trekker vir die wa nodig het nie. Jy het ook nie ‘n baie groot trekker nodig om hierdie kerwer te sleep nie.”
Albei kerwers se messe word outomaties skerpgemaak met die slypsteen wat in die kerwer gemonteer is.
gevaartoerusting stof te sien maak op boere se lande,” sê Davel.
Die
McHale se staatmakerrondebalers
Jupidex is ook welbekend vir hulle staatmaker McHale-rondebalers. McHale-balers is reeds bekend as die beste wat geld kan koop, want hulle haal al die kopsere uit baalmaak.
Nuwe McHale Fusion 4+
“Die McHale Fusion 4+ is ons nuutste toevoeging tot die reeks,” sê Davel. “Hierdie baler beskik oor die nuwe Profi-Flo tegnologie, wat ontwerp is om gewasinname te verhoog en ‘n meer doeltreffende materiaalvloei te verseker. Die Fusion 4+ is ook ISOBUS-gereed en toegerus met ‘n skaal wat elke baal vir jou weeg.”
Een van vanjaar se hoogtepunte by die Jupidex-standplaas was die indrukwekkende en nuut-op-die-mark Degelman Pro-till 40-hoëspoeddis.
Minder as ՚n maand gelede het die eerste Izelmak SuperMix-voermenger ook sy verskyning gemaak. Hulle is beskikbaar in ‘n 12 en 8 kubieke meter.
Die klein, maar doeltreffende KE 125- en KE 120-kuilvoerkerwers.
Toscano – nuwe grondbewerkingstoevoegings
“Ons het ook vanjaar by NAMPO ons nuwe Toscano hoëspoeddis en krageg. Die Toscano hoëspoeddis is beskikbaar met werkwydtes van ses en vier meter. Ons het die nuwe Toscano’s reeds in die Ventersburg/Senekal-omgewing getoets en die boere wat met hulle gewerk het ingenome met die werktuig. Ons hoop om binnekort meer van hierdie rooi-
Die reeks McHale-balers wat boere vanjaar by Jupidex se NAMPOstandplaas kon bewonder ... en koop.
Die Fusion 4+ is ook ՚n baaltoedraaier. As die baalkamer klaar sy werk gedoen het, word die baal na die toedraaitafel verplaas om toegedraai te word. Sodra die toedraai-aksie begin, begin die baler om die volgende baal te vorm. As die baler stop om die net op te sit, word die toegedraaide baal netjies op sy kop op die grond neergesit. Al hierdie aksies word vanuit die kajuit beheer.
Die Jupidex-span by vanjaar se 55ste NAMPO oesdag. Vlnr: Philip Janse van Rensburg, Izél Grobbelaar, ZW Nichols, Jacques Le Roux, Davel Kirstein, JC Blignaut, Juandré Maré, Christopher Laubscher, Divan van Rooyen, Wessel Pretorius en Arthur Bezuidenhout.
Die Jupidex-groep is toegewyd daartoe om die jongste landbou- en veral ook presisietegnologie aan boere bekend te stel. Besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of skakel (+27)33-386-3574 vir meer inligting.
iXter B. Gemonteerde spuitreeks.
iXter B.
Hoë vlak gebruikersvriendelikheid vir die professionele boer.
Hoë vlak professionele
SpotSpray-toediening
Optimale gewasbeskerming. Die SpotSpray-toediening is gebaseer op 'n voorafbepaalde voorskrifkaart en slegs aangewese areas word gespuit.
SpotSpray-toediening
Optimale gewasbeskerming. Die SpotSpray-toediening voorafbepaalde voorskrifkaart
VOLLEDIG GEÏNTEGREERDE KONSEP
Alle funksies van die iXter B is maklik om te hanteer: 'n beter beskerming en integrasie is eenvoudig nie moontlik nie.
+ Maklike haak
Die vernuftige sluitstelsel beveilig die masjien.
+ Maklike stel
Die kontroles is geskei aan 'n suig- en 'n drukkant.
+ Filtrasie stelsel
Beide suig- en drukfilters is maklik toeganklik wat minimale kontak met spuitvloeistof verseker.
+ Induksie bak
Die sirkelvormige spoelstelsel is nie 'n toevoeging nie: dit is deel van die ontwerp!
+ 180L Skoonwatertenk
Die spuit kan maklik in die veld skoongemaak word
KyK NOOIT Terug NIe.
Klim in die ruim, gerieflike kajuit van New Holland se nuwe SP310F- en SP380F guardian-voorbalkspuite en jy sal nooit weer terugkyk nie
Topklas Tegnologie en presisievermoëns
guardian™-spuite is nou toegerus met presisie-oplossings vir uiters doeltreffende toediening, insluitend raven Slingshot®- en VSN® Visual guidance-tegnologieë. Dié opgedateerde spuite kombineer IntelliSpray™ ll-spuitstuktegnologie, IntelliSteer™outoleiding en die IntelliView™ 12-monitor om die operateur se verrigting eksponensieel te verbeter.
Hoogs akkuraTe spuiTwerk
Die IntelliSpray™ ll-stelsel werk nou teen dubbel die druk van die vorige modelle vir nóg meer beheer. Al hierdie kenmerke werk saam vir ‘n meer stabiele spuitbalk en ongeëwenaarde akkuraatheid teen hoë spoed. en ja, die balk is nog steeds voor, want by New Holland hou ons nie daarvan om terug te kyk nie.
Kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel:
eduan Booyens (071 871 8163)
Noordwes, Vrystaat, gauteng, Limpopo en Mpumalanga
Paul de Korte (064 752 1613)
KwaZulu-Natal
Quintus Smit (082 524 7397)
Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap
Nou toegerus met raven Slingshot®- en IntelliSpray™ llpresisietegnologieë.
New Holland se Guardian-voorbalkspuite: Spuit nou nog meer akkuraat met nuwe tegnologie
New Holland het sy reeks SP310F en SP380F Guardian™-voorbalkspuite opgegradeer met nuwe tegnologie en meer presisievermoëns. Hierdie spuite integreer die gevorderde presisietegnologieë van Raven met die hoë perdekrag en groot tenks waarvoor New Holland-spuite bekend is om doeltreffendheid op en vanaf die land te verbeter, terwyl dit meer hektaar per uur kan bespuit.
• Guardian™-voorbalkspuite is toegerus met Raven-oplossings wat toedieningsdoeltreffendheid verhoog, insluitend Slingshot®- en VSN® Visual Guidance-tegnologieë.
• Opgedateerde Guardian-spuite kombineer IntelliSpray™ II-spuitstuktegnologie, IntelliSteer™outostuur en die IntelliView™ 12-monitor om operateurprestasie en -gemak te verbeter.
"Die veranderinge wat aan die Guardianvoorbalkspuit gemaak is, verhoog die operateurservaring in die kajuit aansienlik, terwyl die akkuraatheid van die toepassing en die gehalte van die data wat ingesamel word, verbeter word," sê Jason Hardy, globale produkbestuurder vir New Holland Spuite. "Hierdie opgegradeerde eenhede verbind baie toepassingskomponente, asook datapunte vir eienaars en operateurs om meer doeltreffend en winsgewend te wees, en om hulle te bemagtig om meer ingeligte agronomiese en logistieke besluite te neem."
Connected Workflow™ en integrasie van Raven-presisietegnologie neem die Guardian-handelsmerk na die volgende vlak
Hierdie reeks Guardian-spuite bevat die presisietegnologieë Slingshot® van Raven en IntelliSpray™ II. Die data wat uit hierdie funksies gegenereer word, word versamel, verwerk en saamgevoeg deur Raven se Connected Workflowstelsel. Die Connected Workflow-stelsel werk deur data van die kantoor na die land en weer terug te sinkroniseer vir vereenvoudigde bestuur van werktyd, ledige tyd en reistyd.
Die data kan gebruik word om programme en strategieë soos onkruiddodervoorskrifte vir elke land te skep en is toeganklik vir die operateur deur die Slingshot-mobiele toepassing.
Met die inkorporering van IntelliSpray II bied die Guardian-spuite nou die mees presiese spuitpuntbe -
heerstelsel op die mark en verseker ongeëwenaarde akkuraatheid van druppelbedekking – tot 2,5 keer meer akkuraat as vergelykbare stelsels. Hierdie verbeterings help operateurs en boere om dekking te optimaliseer, oorslaan en oorvleuelings te verminder en insetkoste te verminder.
Die IntelliSpray II-polswydtemodulasiestelsel lei die bedryf met ՚n wyer reeks toepassings, naamlik: Standaard, Omseil, Veranderlike druk, Hoëvloei, Hoëvloei VD en Aan/Af. Dit bied hoër vloei- en drukgraderings van tot 17% verhoogde vloei en druk, en ՚n groter vlak van akkuraatheid as gevolg van sy 20 Hz polsslag.
Die benutting van Slingshot op die Guardian-spuite bemagtig operateurs en boere om meer datagedrewe besluite op en vanaf die land te neem. Slingshot genereer ՚n hoëvlaksigbaarheid van data van die begin tot die voltooiing van ՚n taak, insluitend naspeurbaarheidsverslae, toepassingsrekords, vlootdoeltreffendheid, spoorbewerkings en oordraagbare werktake.
Saam met die Slingshot-telematika werk die VSN® Visual Guidance, wat die jongste beeldsensor- en verwerkingstegnologieë gebruik vir vinniger reaksietempo, beter algehele spuitbeheer, verminderde moegheid van die operateur en verbeterde data-insameling. Hierdie komponente kan doeltreffendheid met soveel as 20% verbeter.
Om hierdie take uit te voer, gebruik die visuele leidingstelsel kameras en radar om die spuitbalk en dryflyn van die spuit te lei. Die gebruik van die VSN-stelsel het bewys dat dit tyd en geld bespaar deur die marge vir foute en gewasskade wat deur selfaange -
drewe spuite aangerig kan word, tot die minimum te beperk.
"Ons streef daarna dat operateurs volkome gemoedsrus moet hê terwyl hulle in die kajuit van die Guardianspuit is," sê Jason. "Die integrasie van die VSN-stelsel stel bestuurders in staat om die spuit teen 5 tot 6 km per uur vinniger te bedryf om meer hektare per dag te dek sonder om gewasskade te waag.
Die basiese VSN-stelsel volg nie net die rye met kameras nie, maar die VSN-stelsel stel operateurs in staat om verborge waterweë en ander hindernisse beter te sien. Dit verlig baie van die saamgestelde moegheid en spanning wat operateurs ervaar wanneer hulle lang ure op die land deurbring."
Optimalisering van produktiwiteit op die land met bykomende presisievermoëns
Elke Guardian-spuitmodel is toegerus met aanvullende presisietegnologie wat die werking van die spuite beïnvloed, van draai na stuur, tot bespuiting vir maksimum produktiwiteit.
• IntelliView™ 12- en Viper ®
4+-skerms is intuïtief en aanpasbaar, wat operateurs in staat stel om hulle masjiene se belangrike funksies in ՚n oogopslag raak te sien, insluitend inligting oor vering, vloeistofbestuurbeheer, outomatiese spoelfunksionaliteit, 4-wielstuur, loopvlakwydte-aanpassings en nog meer.
• IntelliField en Slingshot kan visualiseer waar ander trekkers op die lande beweeg en verskaf data oor die produktiwiteit van alle toerusting.
• IntelliSteer™ Auto Guidance handhaaf spuitakkuraatheid terwyl ryspring en oorgange met rigtingbeheer en T3-terreinkompensasie uitgeskakel word.
Vir meer inligting kontak Jaco du Preez, bemarkingsbestuurder, New Holland Landbou by 082-5248898 of stuur ՚n e-pos na Jacobus. du-preez@cnhind.com
Valtrac spog met die nuwe Jumil Global by NAMPO
deur Maryna SteynPresisieboerdery verg dat die boer elke deel van sy boerdery produktief moet maak. Elke onnodige uitgawe moet gesny word, elke werktuig moet optimaal en doeltreffend benut word en nuwe toerusting wat aangeskaf word moet die boerdery verbeter. Dit is ՚n uitdaging, maar dit word aansienlik makliker gemaak wanneer jou meganisasievennoot die vereistes verstaan.
By NAMPO Oesdag 2023 het Valtrac, die verspreider van Jumil-werktuie in Suid-Afrika, weer gewys dat hulle werklik die Suid-Afrikaanse boer verstaan met die bekendstelling van die splinternuwe Jumil Global-geenbewerkingsplanter.
Jumil, ՚n Brasiliaanse vervaardiger, streef daarna om boerderye se produktiwiteit te verhoog deur presisietegnologie. Hulle luister na die boer se uitdagings en lewer ՚n doeltreffende werktuig wat ՚n aanwins is vir die boer in sy omstandighede. Die nuwe Jumil Global-planter is spesiaal vir Suid-Afrikaanse omstandighede ontwikkel.
“Die mense van Brasilië het verlede jaar hier kom rondkyk en toe ՚n planter ontwerp wat hulle gevoel het die beste
hier sal aard,” veruidelik Devin Dedwith, Valtrac se tegniese direkteur. “Wat hierdie planter anders maak, is dat die karretjie dieselfde is as wat vir die Jumil 3090 gebruik word, maar daar is ook ՚n paar toevoegings en die struktuur is effens kleiner en ligter.”
Die Jumil Global is nommerpas vir Suid-Afrika
Om die planter ligter te maak is die raam en die kunsmisbakke kleiner. ՚n Ligter struktuur beteken minder krag word benodig om die planter te sleep en dus gebruik die trekker minder brandstof. Die ligter struktuur sak ook nie te diep in sagte grond in nie. Die planter is dus geskik vir bewerkte of sagter grond en onbewerkte of harder grond.
Die saad word met lugdruk geplaas wat presisie verseker en grondkontak verbeter.
Die planter se karretjies is modulêr. Dit beteken dat die wiele en karretjies geskuif kan word met spasiëring vanaf 760 tot 915 mm.
“Alles word aanmekaar geheg met
boute. Die voordeel hiervan is dat die wydte van jou planter en rye verander kan word na behoefte. As jy dit byvoorbeeld van ՚n 6-ry 91 cm na ՚n 8-ry 76 cm wil verander, voeg jy twee karretjies by en skuif hulle nader aan mekaar,” vertel Devin. “Jy kan dit selfs verstel om ongewone rywydtes te plant as dit is wat jy soek. Al wat jy doen is om die boute los te maak en die karretjie te skuif. Jy kan modules byvoeg of wegvat.”
Die kleinste planter wat beskikbaar is, is die 6-ry model, maar dit kan tot en met 12 rye aangelas word.
Boonop het elke Global-planter die verskillende moniteringstelsels wat Jumil self vervaardig. Een van hierdie is die FertiSystem wat in alle Jumil-planters beskikbaar is. “Hierdie stelsel is ontwerp om seker te maak dat kunsmis egalig uitgemeet word,” sê Devin.
Die planter kan opgradeer word na vol-presisie elektriese saaduitmeting.
Jumil se nuwe-tegnologie planters is toegerus met hulle eie satellietposisioneringstelsels wat op grond van presisiekaarte saadplasing kan aanpas. Al die inligting word op ՚n beheerskerm in die kajuit vertoon.
Elke boer wat plant, hetsy mielies, bone en selfs sorghum, kan net wen met so ՚n presisieplanter.
Doeltreffend en maklik om te gebruik
Een van die uitstaande kenmerke van die Jumil Global is dat die saadbak met een vinnige beweging losgehaak en opgelig kan word om toegang tot die saadbuis te gee sodat dit maklik skoongemaak kan word.
Met ander planters is dit moeilik om verstoppings te verwyder omdat toegang beperk is.
Alle onderdele is ook algemeen beskikbaar, omdat dit soortgelyk aan sy voorloper, die Jumil 3090, is.
Ander spesiale kenmerke sluit in dat die wiele so geplaas is dat dit die
stabiliteit van elke karretjie oor ongelyke grond verbeter. Die 1,6-meter hoogte van die saadbakke vergemaklik die volmaakproses.
Trappies op na die raam verseker ook dat die werker of boer wat die bak volmaak, gemaklik – en veilig – die bak kan bereik.
Spesiale aanbod!
Valtrac se kombinasiepakket vir geenbewerking
Tydens NAMPO het Valtrac ook die No-till, no worries-kombinasiepakket teen ՚n spesiale prys aangebied. Dit bied al die meganisasie-oplossings wat ՚n boer nodig het om oor te skakel na geenbewerking. Dit sluit ՚n Valtra-trekker, Jumil-planter en Kuhn-spuit in:
1. Die trekker is ՚n BH 154 Valtra - 114 kW met vier silinders.
2. Die planter is ՚n Jumil 3070 6-ry planter.
3. Die Kuhn-spuit is ՚n 3 000-liter Eco Ranger met ՚n 25meter balk en seksiebeheer. Dit sluit ook die Timble GFX750 ISOBUS-stelsel en TeeJet-spuitpunte in.
Die aanbieding is beskikbaar solank voorraad hou teen R3-miljoen (BTW uitgesluit).
Vir meer inligting oor die Jumilreeks van Valtrac, kontak Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006, of stuur 'n epos na attiedev@valtrac.co.za. Besoek ook die webwerf www. valtrac.co.z a.
Our Agri Range takes care of your equipment
With decades of experience in the sector, our Agri Range offers a complete solution of innovative products covering all types of applications.
Our Agri Range, Partnering Agriculture for over 60 years
Our Agri Range, Partnering Agriculture for over 60 years
Our products are tested and approved by Major Agricultural & Heavy Vehicle Manufacturers (Original Equipment Manufacturers – OEMs). These product approvals are the official guarantee proving that our Agri products are 100% compatible with the equipment and technology of these related manufacturers.
Our products are tested and approved by Major Agricultural & Heavy Vehicle Manufacturers (Original Equipment Manufacturers – OEMs). These product approvals are the official guarantee proving that our Agri products are 100% compatible with the equipment and technology of these related manufacturers.
Afriq Water maak besproeiingstelselinstallasies maklik:
Woerts-warts en jy het water!
Elke boer moet maniere vind om koste te bekamp sonder om uitsetgehalte in te boet. Besproeiing is ՚n plek waar groot besparings kan plaasvind.
Vanjaar is Afriq Water se agtste bestaansjaar en sesde jaar by NAMPO. Afriq Water se eienaar en stigter, Wynand Ueckermann, vertel meer: "Ons is dankbaar teenoor ons klante, en tot op hede het ons 'n besonderse pad saam met hulle gestap.”
Afriq Drip-besproeiing
Drupbesproeiingstelsels, wat boere help om water te bespaar, word sterk aanbeveel. “Drupbesproeiing is een van die mees ekonomiese maniere om gewasse te besproei,” sê Wynand. “Die waterdruppels word by die plant se basis vrygestel, wat die wortels genoeg tyd gee om dit te absorbeer.” Afriq Drip se drupbesproeiingstelsels verskaf die ideale produk vir die boer, met ՚n wye verskeidenheid wanddiktes, vloeitempos en spasiërings beskikbaar. Drupstelsels benodig filtreerders omdat die klein gaatjies in die pype vatbaar is vir sediment-opbou en uiteindelike verstopping.
deur Natasha Pansegrouw
Omdat ՚n drupbesproeiingstelsel op 1 bar druk werk, kan hierdie stelsel met gravitasie werk, wat ՚n groot pluspunt is in hierdie tyd van beurtkrag.
Afriq Water se Goukoppelstelsel
In 2015 het Afriq Water 'n goukoppelstelsel vanaf Turkye ingevoer. "Dit is 'n plastiekbesproeiingstelsel wat vinnig en maklik opgestel word om jou behoeftes presies te pas," sê Wynand.
Die oorskakeling van staalsproeiers na goukoppelstelsels stel Afriq Water in staat om 'n beter sproeierstelsel teen 'n laer prys aan hulle klante te verskaf.
Die pype word vervaardig van klas 6 HDPE, wat heelwat minder kos as metaalpype, en ook baie ligter is as staalpype; dus is hantering en skuif
van hierdie pype op die plaas baie makliker. Die lewensduur van hierdie pype is heelwat langer as staal pype.
Die Goukoppelsprinkelaarstelsel is modulêr en kan vergroot en uitgebou word soos die boer se behoeftes verander. Die pype klik in-mekaar, met verskeie verbindings soos t-stukke en elmboë.
Begrip vir alle boere se omstandighede het Afriq Water gelei om kostedoeltreffende besproeiingspakkette saam te stel wat enige boer se sak en behoeftes pas. Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.afriqwater.co.za.
Maak skaapwerk maklik met Algar se skaapnekklamp
deur Benine AckermannAlgar Veehantering met hulle gehalte toerusting bly ՚n bekende gesig by NAMPO-Oesdag en boere kon vanjaar weer gaan kyk hoe Algar boerdery makliker maak.
“Ons bou veehanteringstoerusting vir klein- en grootvee,” sê Charlotte Esterhuizen van Algar Veehantering. “Dit was lekker by NAMPO en nog lekkerder om met al die besoekers te gesels en nuwe gesigte te sien,” voeg sy by.
Met veeboere se winsmarges wat kleiner raak as gevolg van hoër insetkostes en uitdagings in die mark is dit noodsaaklik dat daar doeltreffend gewerk word op elke plaas, daarom word Algar se veehanteringstoerusting ontwerp om boere se geld en tyd te bespaar.
Algar se skaapnekklamp het veral aandag getrek, omdat die klamp dit so maklik maak om skape stil en gemaklik te hou vir inenting.
“Dit is ideaal vir boere as hulle hulle skape wil klamp en maklik wil hanteer. Die produk se sluitmeganisme het nie ratte wat moet haak nie, wat beteken die deure kan op presies die regte plek
stop sodat die dier nie kan beweeg nie en ook nie seerkry nie,” sê Charlotte. Die skaapnekklamp is 900 mm hoog. Algar bou ook so 'n nekklamp vir bokke en kalwers, wat 1,2 m hoog is. Die klamp is ook ՚n H-tipe klamp wat beteken die deure maak die volle wydte van die gang oop. Boere kan die nekklamp alleen aankoop en net aanheg aan hulle bestaande drukgange.
Vir meer inligting en die beste naverkopediens, kontak Charlotte by 082-324-6256, stuur ՚n e-pos na algar@algar.co.za, of besoek hulle webblad by: www.algar.co.za.
CHOOSE FROM OUR WIDE RANGE OF TRAVELLING IRRIGATORS.
IRRIGATION & MANURE GUNS
High quality range
IRRIGATION UNLIMITED
QUICK COUPLING PIPES & FITTINGS
Locally Manufactured
WHOLESALE SUPPLIER AND DISTRIBUTOR OF A WIDE RANGE OF IRRIGATION PRODUCTS
BUTTERFLY & WAFER VALVES
CAMLOCK FITTINGS
CLAMPS
COMPRESSION & SADDLES
FITTINGS FOR PVC PIPES
FLANGES & JIS
MALLEABLE FITTINGS
MULTI RANGE FITTINGS
POLY PROP FITTINGS
QUICK COUPLING FITTINGS
QUICK COUPLING ACCESORRIES
RAIN BIRD
VALVES & BRASS FITTINGS
SOLVENT WELD
SOUTHERN CROSS
TRAVELLING IRRIGATORS
TANK CONNECTORS
SIME GUNS
VYRSA
‘Vergete streek’ kry hulp van mede-boere
Erge droogte teister reeds die afgelope tien jaar die Matzikama-distrik van die Wes-Kaap. Niemand verstaan ՚n boer se probleme beter as ՚n ander boer nie en daarom het boere van regoor die land onlangs opnuut na boere in die dorre streek uitgereik met skenkings van voer, saad en selfs diesel.
Agri SA, in samewerking met Agri Wes-Kaap, Agri Limpopo, Santam Versekering, die dierekosvervaardiger ADM en private instansies, het ruim bygedra om die boere by te staan.
Die Matzikama-distrik is in die noordwestelike gebied van die Wes-Kaap geleë, waar dit aan die Noord-Kaap grens. Die Matzikama plaaslike munisipaliteit beslaan ՚n gebied van 12 981 km² wat bykans die helfte van die Weskus-distriksmunisipaliteit se geografiese gebied uitmaak. Die distrik sluit 18 dorpe in, naamlik Bitterfontein, Doringbaai, Ebenhaezer, Klawer, Kliprand, Koekenaap, Lutzville, Molsvlei, Nuwerus, Putsekloof, Rietpoort, Stofkraal, Strandfontein, Vanrhynsdorp, en Vredendal, wat die grootste is en waar die plaaslike munisipaliteit gesetel is.
Die streek word gevoed deur die Olifantsrivier en verwante besproeiingskanale. Die Clanwilliamdam, waarvan die wal tans met 13 m verhoog word, sal ՚n bykmende 70-miljoen kubieke meter water per jaar aan die boere in die streek lewer wanneer die werk eendag voltooi is.
Namakwaland
Kallie Nel se boerderybedrywighede strek oor ՚n groot gebied tussen die Olifantsrivier en die Oranjerivier en sluit grond in die Hardeveld en Boesmanland in.
Hy boer by Nuwerus in die Hardeveld, wat ander dorpies soos Bitterfontein, Kotzesrus en Landplaas in die Matzikama munisipale gebied insluit. Hy boer ook naby Pofadder in Boesmanland, wat ook die dorpies Aggenys, Kenhardt en Brandvlei insluit. “Tussen die dorpies is daar veel nie, net dorre aarde ...”
Konsekwente druppelgrootte, spuitgehalte en werkverrigting vereis DynaJet.
EENVOUD
Kies die druppelgrootte wat benodig word vir die tipe produk wat jy toedien en jy is reg vir aksie.
PRESISIE
Druppelgrootte bly konstant deur die hele toediening, wat optimale gewasbeskerming verseker.
KENMERKE:
• Bereik konsekwente druppelgrootte en spuitkwaliteit ongeag die veldtoestande.
• Handhaaf ‘n konstante druppelgrootte oor ‘n wye verskeidenheid spoed en druk sonder om spuitpunte te verander.
• Wye reeks snelhede, drukke en vloeitempo’s sonder om die spuitpuntte verander.
• Beskerm die omgewing deur spuitdrywing te verminder.
• Gevorderde draaikompensasie, eweredige verspreiding oor die balk selfs in skerp koplanddraaie en spilpuntbespuitings.
• Individuele spuitstuk aan/af skakeling
• Veranderlike tempo per spuitstuk
GERIEFLIKHEID
Minder stres. Jy hoef nie meer druppelgroottes te bereken op grond van druk en spoed nie. DynaJet doen dit vir jou!
DOELTREFFENDHEID
Gebruik minder spuitpunte om ‘n groter verskeidenheid spuittoedienings te dek, vir verbeterde produktiwiteit.
Sedert 2014 het dit stelselmatig al droër geraak met minder reën wat met al groter tussenposes val.
Die bosse wat as weiding kon dien verloor hulle blare of die blare raak bitter of sout wat dit oneetbaar vir vee maak.
Volgens hom is die gemiddelde reënval in Namakwaland tussen 125 mm en 150 mm per jaar. “Daar was nog altyd droë jare in Namakwaland, maar dit is opvallend dat die weerpatroon veral in die afgelope agt jaar baie verander het. Die reën kom later in die jaar, die neerslag is minder op keer, en die tye tussen die reën is langer uitmekaar.”
Dit lei daartoe dat die natuurlike plantegroei wat die vee as weiding kan benut doodgaan, want 5 mm reën is te min om die plantwortels te bereik. Die bossies kom op, maar weens gebrek aan tydige opvolgreën verdor dit maar net weer. “Die gevolge is skrikwekkend,” sê Kallie. “Na raming is 50% van die bosse in Namakwaland dood.” Boonop waai sterk winde die dooie bosse uit die grond en sonder die noodsaaklike plantbedekking waai die bogrond weg.
“Die laaste agt jaar het alles uit die boerdery getap,” sê Kallie. “Boere moet voer koop om hulle diere aan die lewe te hou, maar die voer is baie duur en soms van swak gehalte.”
Tien jaar droogte
In die Hardeveld het hy ՚n gemengde boerdery wat hoofsaaklik uit vee
Boere is afhanklik van duur voer wat dikwels nie van goeie gehalte is nie om hulle vee aan die gang te hou. Honger ooie aborteer ter wille van oorlewing.
bestaan, maar daar word ook graan gesaai om somerweiding vir die vee te skep. Aangeplante weiding is noodsaaklik omdat natuurlike plantegroei wat tydens die winterreëns opkom, hulle blare verloor, of die blare raak bitter of te sout om die plant se voortbestaan te verseker.
Die droogte duur al die afgelope tien jaar. “Ons glo vas daar is ՚n siklus van sewe jaar waartydens sommige jare droër is, maar daar is ook uitskietjare met meer reën.
“Van 2006 tot 2013 het ons ՚n goeie tydperk met reën en seën in die boerdery gehad. Voor 2006 was daar ook droogtes, maar sedert 2014 het dit al minder begin reën. In 2021 het ons ՚n baie goeie gemiddelde jaar met bykans 180 mm reën in die Hardeveld gehad, maar 2022 was ՚n baie swak jaar en slegs 78 mm het geval.”
Dit veroorsaak dat die somer baie lank raak en dat die vee se kondisie nie kans kry om voldoende te herstel vir suksesvolle paring nie. “Ons sit in ՚n moeilike situasie: Ons hoop die winter bring in Junie reën. Indien nie, gaan ons ՚n groot probleem hê, want die aanteelooie verloor hulle lammers om hulleself te beskerm.”
Die antwoord op die vraag oor hoe die boere oorleef is “nie ՚n maklike een nie”, sê Kallie. “Boere maak baie goeie planne om te oorleef. Eerstens gaan soek hulle elders weiding, en hulle verminder hulle vee – ՚n droogte doen dit outomaties!”
Volgens Kallie sê hulle in Namakwaland as dit droog is: “Die winkel is toe.” Dit beteken boere probeer net die boerdery en veral die heinings in stand hou. “Daar is nie geld vir verbeterings aanbring of ՚n bakkie vervang nie. Jy hou net jou gesin en jou boerdery aan die gang.”
Skenkings gee moed
Die Wes-Kaapse regering help en maak groot bydraes met voer. “Maar al waardeer ons dit, is dit nooit genoeg nie. Agri Wes-Kaap het ՚n skenking gemaak waarin al die boere in georganiseerde landbou gedeel het. Ons het ook baie skenkings van ander instellings en van boere landwyd, soos Agri Limpopo, gekry. Die boere elders het hulle harte en hande oopgemaak. Dit gee ons boere moed.”
Boere in die Swartland het verlede jaar 50 ton saadgraan geskenk. “Ons boere het nie meer saad nie en ons kan
nie saad koop nie. ՚n Skenking van SA Graan het baie gehelp, maar omdat die reën te min was, het daar nie veel van gekom nie ...”
In die Noord-Kaap was daar geen droogtehulp van regering af nie. “Dinge lyk nie goed vir die Namakwalandse boere nie. Die regering sal hulp moet gee in die vorm van droogtehulp aan hierdie blykbaar vergete deel van Namakwaland.”
Familieplase in gedrang
Dit is nie maklik om te oorleef nie. Kallie sê: “Ek weet hier is boere wat ՚n probleem met die banke het en een of ander tyd gaan familiegrond onder die hamer kom.”
In Februarie en Maart vanjaar was daar goeie reën wat met donderstorms gepaard gegaan het, maar die boere se kuddes is so uitgemergel dat drie jaar se goeie reën nodig is voor hulle weer lewensvatbaar en vooruitstrewend kan boer.
“Ons kinders kom nie terug nie, want daar is geen vooruitsig vir ՚n seun om saam met sy pa te boer en die boerdery later oor te neem nie. Die boere hier brei nie uit nie, daar is niemand wat nog grond aankoop nie. Baie boere gee boedel oor, want in die toekoms sal net megaboere oorleef.
“Al wat plase koop is mense wat geld het en nie ՚n inkomste uit die plaas nodig het nie. Dit skep ՚n ander soort droogte, want ongediertes word nie op hierdie plase beheer nie. Die ongediertes, en veral jakkalse, maak boere in die gebied baie seer.”
Kallie is nie bewus van enige droogte-ramptoestand wat hier geld nie. “Dieselfde hulp wat vir die WesKaap begroot is, is vir die Noord-Kaap begroot, maar die hulp het nooit by die boere uitgekom nie. Daar is wel gehelp
Sterk winde waai die dooie bosse uit die grond en sonder die plantbedekking is die grond blootgestel aan winderosie.
Matzikama vorm deel van die Weskus-distriksmunisipaliteit in die noordwestelike gebied van die WesKaap en grens aan die Noord-Kaap.
Tussen die dorpies in die Hardeveld is daar 'net die dorre aarde', sê Kallie Nel.
met watervoorsiening wat boorgate en infrastruktuur ingesluit het, maar as jy nie skaap het nie, help dit nie jy het water nie ...
“Ons praat hier van die Hardeveld in Matzikama, maar die droogte strek baie wyer, vanaf die Olifants- tot by die Oranjerivier in die gebiede oos én wes van die N7. Die hele Namakwalanddeel van die Noord-Kaap – altesaam 80% van Boesmanland is steeds in ՚n droogte-knyptang.”
Maar droogte was nog altyd ՚n deel van die gebied. Tydens die droogte in die laat sestigs en die vroeë sewentigs, het Hendrik Schoeman, die minister van Landbou, die boere in Namakwaland besoek. Die aand tydens ՚n vergadering het hy glo opgemerk: ‘Ek het vandag ՚n klomp goeie boere ontmoet. Hulle het net een fout: Hulle geloof is te sterk.’
“Ons gene is van hierdie wêreld, dit is in ons bloed,” sê Kallie. “Ons het al baie mooi jare gehad, maar ons ken nie ՚n droogte van tien jaar met geen reën nie.”
Net genade van Bo af
Arno Pienaar boer op die plaas Leeukuil in die Kliprand-omgewing. Volgens hom was die reënval die afgelope nege,
tien jaar onder gemiddeld. “Dit het ՚n bietjie gereën, maar eintlik heers die uitmergelende droogte, die hitte en oostewind wat verskriklik is. Die dorre aarde is soos ՚n spons, die water raak net weg ...”
Arno boer met angorabokke en skape, maar eintlik is hierdie skaapwêreld. “Ons oorleef net met die genade van Bo af.”
Volgens hom is daar sowat 35 boere in die omgewing wat nie meer kontant het om voer vir hulle vee te bekostig nie. “Voer, en die vervoer daarvan, het verskriklik duur geword. Die boere het hulle versekering en polisse opgeskort en ry nie meer rond nie, maar spaar elke sent om die diere aan die gang te hou.
“Ons is dankbaar vir elke boer en instansie wat die afgelope nege jaar voer geskenk het. Maar dankie is ՚n klein woordjie. As daar iemand is wat ons kan help met ՚n skenking, kan hulle my laat weet.”
Vir meer inligting kontak vir Arno
Pienaar by 083-492-8631 of per epos by pienaar.leeukuil@gmail.com
Klein-Karoo olyfolie as beste ter wêreld gekroon
Klein-Karoo olyfolie as beste ter wêreld gekroon
deur Tisha SteynDie olie kan tot 18 maande teen 18 °C in die tenks bewaar word. Ten einde gehalte te verseker vind bottelering ook op De Rustica plaas.
Woorde word waar
In 2012 het Rob Still, die eienaar van De Rustica gesê: “Hierdie plaas, De Rustica, het die potensiaal om wêreldklas olyfolie te produseer.” Sy woorde het waar geword,” sê Dawie Durand, hoofbestuurder en mede-direkteur van De Rustica.
De Rustica Olyflandgoed in die hartjie van die Klein-Karoo is pas by die Evooleum-kompetisie in Spanje bekroon as die beste ‘Ekstra Suiwer’olyfolie(EVOO) ter wêreld.
Sedert 2006 is 100 000 olyfbome van onder meer die Coratina-kultivar in die Oudemuragie-vallei langs die Nelsrivier in die voetheuwels van die Swartberge aangeplant. Die olyfolie wat as die beste gekroon is, is uit die Coratina-kulitvar gepars.
Die kultivar floreer in ՚n warm, droë klimaat op klipperige grond en is een van die kultivars wat die grootste hoeveelheid polifinole (anti-oksidante) bevat en groter oksidasie-stabiliteit het. Dit beteken die olyfolie is nie net smaaklik nie, maar ook gesond en het ՚n lang raklewe.
Dit is juis die De Rustica Estate Collection Coratina wat as die beste in hierdie klas tydens die 2023 Internasionale Evooleum-kompetisie in Spanje aangewys is as die beste in verskeie klasse, naamlik monovariëteit/enkelkultivar, beste Coratina, die beste mengsel van groen en ryp vrugte, en die beste inskrywing uit Suid-Afrika.
De Rustica se Coratina is met 97 punte uit 100 bekroon as die ‘absolute beste olyfolie’ uit vyf ander soortgelyke inskrywings onder die top tien in die strafste olyfolie-kompetisie ter wêreld.
Beste uit 1 000 inskrywings
26 lede van ՚n internasionale paneel van beoordelaars het die olyfolie ‘blind’ geproe, wat beteken dat die olyfolie, wat net met ՚n kode gemerk was, totaal anoniem beoordeel is. De Rustica se olyfolie het duidelik uitgestaan tussen bykans 1 000 inskrywings waaruit die beste 100 eers gekies is.
Die prestasie is besonders gegewe dat De Rustica, wat hier as ՚n mediumgroot onderneming beskou word, ongeveer 200 000 liter van die sowat 2-miljoen liter lewer wat per jaar in Suid-Afrika produseer word. In Spanje word ՚n “klein” onderneming beskou as een wat met die hulp van dosyne boere 1,2-miljoen liter per jaar lewer.
Dertien lande was vanjaar onder die top-100. Hulle is Suid-Afrika en Brasilië, die enigste twee lande uit die Suidelike Halfrond, Spanje en Italië, wat gewoonlik met die louere wegstap maar vir die eerste keer ooit deur SuidAfrika onttroon is, Portugal, Griekeland, Kroasië, Slowenië, Turkye, Israel, Marokko en Tunisië.
De Rustica was bo-aan die top tien,
gevolg deur altesaam vyf inskrywings uit Spanje, drie uit Italië en met Brasilië in die negende plek.
Boerdery
De Rustica beslaan sowat 140 ha en buiten olywe word daar ook met skape en lusern geboer. Die somers is snikheet, die winters koud en die hoogte bo seespieël tussen 400 en 650 m. Drupbesproeiing uit leidamme en die Nelsrivier, wat deur bergwater gevoed word, word gebruik.
Die olywe word met die hand gepluk wanneer dit halfgroen tot ryp, maar nie oorryp is nie. In die plukseisoen van sowat drie-en-՚n-half maande word werk verskaf aan 200 werkers uit die omgewing. Hulle ‘kam’ die olywe uit die bome, tel dit op die grond op en plaas dit in kratte, waarna dit na die pars geneem word. Altesaam 45 voltydse werkers werk in die boorde en versorg die vee.
՚n Kouepersmetode word gebruik. Dit beteken dat die temperatuur tydens die proses voortdurend laer as 28 °C moet wees. Die olywe word gou verwerk om gisting, wat deur kneusing, hitte en lig veroorsaak word, te voorkom.
Die persproses, wat deurentyd gemoniteer word, duur sowat ՚n uur vandat die olywe by die pars gelewer word.
Volgens Dawie is dit vir die De Rustica-span ՚n besonderse prestasie. Kallie Frey, die olyfbestuurder, en sy
span wat die eerste boompies in 2006 geplant het, kon vandag die vrug van hulle arbeid ervaar met die toekenning as die beste in die wêreld.
Kultuur van gehalte
Dawie meen hulle sukses kan toegeskryf word aan die ondersteuning van Rob, ՚n oorweldigende geesdrif vir olywe, ՚n kultuur van gehalte, spanwerk, eenvoud en dissipline.
Volgens Dawie is goue toekennings nie ՚n vreemde ervaring vir De Rustica nie. “Ons het al toekennings in New York en plaaslik in die ABSA Top 10, SA Olive en Aurora verwerf. Die ‘Beste in die Wêreld’ was egter die Wêreldbeker in olyfolie vir ons en Suid-Afrika!”
De Rustica se kultuur van gehalte geld ook vir hulle skaapboerdery. Die De Rustica Abattoir slag en voorsien hulle baie gewilde Lam in ՚n Boks plaaslik aan besoekers, vakansie-gangers en lekkerbekke in die Suid-Kaap.
By die verkoops- en proelokaal op De Rustica se werf kan die wye verskeidenheid produkte geproe en
Die De Rustica-abattoir slag en voorsien hulle baie gewilde Lam in ՚n Boks plaaslik aan besoekers, vakansiegangers en fynproewers in die Suid-Kaap.
aangekoop word, of besoekers kan deelneem aan ՚n begeleide toer waartydens die prosesse verduidelik word. Daar is ook oornaggeriewe in Asher Stables in die wonderskone natuur op die plaas.
Bemarking:
De Rustica olyfolie is beskikbaar in die handel, aanlyn by https://derustica.co.za/products en op die De Rustica in Oudemuragieweg aan die R62 op pad na De Rust.
Die De Rustica Estate Collection Coratina is ook beskikbaar by https:// derustica.co.za/products/estatecollection-single-cultivar-coratina/
Kontakbesonderhede:
Kontak De Rustica by 044-241-2177 of info@Derustica.co.za of besoek die webtuiste by www.derustica. co.za
BUILT FOR YOUR SUCCESS WITH PIONEER GENETICS
A mark of assurance in seed treatments
You choose a seed treatment package to help assure a successful season. In turn, you should feel assured that those seed treatments perform as expected, and work well with the genetics you’re planting LumiGEN™ seed treatments are designed, verified and proven to work with Pioneer ® genetics, giving farmers a higher level of confidence in their seed treatment options
Designed for our genetics
You’ve invested in outstanding Pioneer® genetics for your field. We’ve invested in protecting their performance potential.
LumiGEN™ seed treatments address:
• Plantability
• Singulation
• Cold tolerance
• Early vigor
• Stand establishment
Verified on our genetics
LumiGEN™ seed treatments capitalize on over 100 years of crop protection knowhow, and an understanding of what growers need and how they farm
Meeting
We evaluate hundreds of product concept combinations to develop the right seed treatment formulations for our genetic lineup Each year, we validate those combinations in labs, greenhouses and farmer fields Our seed treatment development process relies on 30,000 research plot evaluations annually
Plantability
Ensure treatments don’t germination Minimizing potential and the environment
Only seed treatments that excel in this rigorous process earn the
Proven in the field with our genetics
Through our Field Test Network, our treated seed is evaluated by growers. It goes into the ground using real planters, under real conditions
On-farm testing is combined with our large-scale IMPACT™ testing program, where we conduct more than 60,000 plot evaluations each year. This testing helps ensure LumiGEN™ seed treatments work no matter what Pioneer® brand hybrids or varieties you plant.
Our extensive evaluation process also means seed treatments that earn the LumiGEN mark of environment and helping growers reduce the amount of active ingredient they need to apply to their fields
To learn more about LumiGEN™ seed treatments and options available to protect your seed this season, speak to your Pioneer sales representative.
TM ® SM Trademarks and service marks of Corteva Agriscience and its a liated companies. 2021 Corteva
Protect Your Fruit Crops With Delegate® 250 WG
Class leading control of thrips and false codling moth. Certified by the EPA as Green Chemistry.
KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES
Provides long-lasting control of a broad spectrum of insect pests in a variety of crops.
Applied at low rates.
Minimal impact on beneficial insects, including bees and natural enemies, when label directions for use are followed.
Fits Integrated Pest Management (IPM) programs. Has a very strong human and environmental safety profile.
Active by ingestion and contact.
Delegate® 250 WG is a water dispersible granule contact and stomach insecticide for the control of lepidopteran species on citrus, grape, pome and stone fruit crops.
OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE
“Agrico lewer ’n verskeidenheid produkte, maar in ons hart is besproeiing die fokus. Dit is ook wat ons hierdie jaar demonstreer by die skou,” vertel Grethe Bestbier, bemarkingsbestuurder, by Agrico se bedrywige uitstalling by NAMPO.
Sy sê dit is lekker om volspoed terug
Onder die bekende profiel van ՚n Agrico-spilpunt kon boere by NAMPO kyk na die ander oplossings wat Agrico ook bied.
Agrico het al die komponente wat nodig is om van laevolumebesproeiing ՚n sukses te maak.
te wees by NAMPO en al die bedrywighede te aanskou, maar veral om hulle besoekers te verwelkom.
“Om onsself as die beste besproeiingsverskaffer in Suidelike Afrika te vestig, moet ons luister wat ons klante se behoeftes is.
“Daar is twee dinge wat ons hierdie jaar herhaaldelik gehoor het. Die eerste is die boer se behoefte aan ’n groen en doeltreffende besproeiingstelsel, sowel ten opsigte van waterverbruik as energiebenutting. Die tweede is hoe belangrik dit is om naby die boer te beweeg, met ’n taknetwerk wat die nodige kundigheid bied en voorraad hou. Ons is trots om te kan sê ons bied albei: optimale besproeiingstelsels gerugsteun deur wydste ondersteuningsnetwerk in Suidelike Afrika.”
Agrico het tans 38 takke en boere het toegang tot besproeiingskundiges en stelselontwerpers onder een sambreel.
Soos elke jaar, troon die profiel van die Agrico-spilpunt oor die uitstalling, maar dié kroonjuweel is net een van die vele oplossings wat Agrico bied.
Johan Visser, besproeiingskundige, sê in ՚n land waar water en deesdae elektrisiteit, skaars kommoditeite is, is die optimale benutting van hulpbronne Agrico se hooffokus.
Hy sê: “Ons wil graag deel wees van die waardeketting vir die boer; vir sy hele produksiesiklus. Ons kan enige besproeiingstelsel aanpas vir ՚n boer se
behoeftes, vir die gewasse wat hy plant en die omstandighede op sy plaas. Dit is die waarde wat ons span kundiges regoor die land vir die landbou bied.”
Laevolumebesproeiing is in baie gevalle ’n ideale oplossing. Agrico het ՚n paar voorbeelde van die soort besproeiing by hulle uitstalling vertoon.
Drupbesproeiing bogronds en selfs ondergronds kan vir ’n verskeidenheid gewasse gebruik word. Die oplossings benut water en voedingstowwe baie doeltreffend. Watergebruik kan letterlik druppel vir druppel bestuur word en oplosbare voedingstowwe kan presies by die plante se wortelstelsel geplaas word, waar dit benodig word.
Mikrobesproeiing is nog ՚n laevolumeoplossing wat met groot sukses deur veral deur boordboere gebruik word. Die wye verskeidenheid spuite sorg vir waterplasing vir enige behoefte.
Johan sê om so ՚n stelsel doeltreffend te laat werk is daar sekere noodsaaklike komponente. Energiebesparing begin by die pomp wat met wisselspoed beheer kan word om nie meer water te pomp as wat nodig is nie.
՚n Filtreringstelsel verwyder onsuiwerhede uit die water en verhoed dat spuite en emitters verstop. Kleppe beheer die watervloei en -druk, en kan oor ’n afstand verstel word op grond van ’n vloei- en drukmeter se lesings. Dan is daar ook lugkleppe wat lug uit die stelsel laat, en verskillende
Agrico se wakker span slimkoppe was gereed om besoekers by NAMPO te vertel wat hulle kan verwag as hulle een van die maatskappy se 38 takke in Suidelike Afrika besoek: Junior Labuschagne, Roland Andrag, Jurie Hayes, Walter Andrag, Johan Visser, Grethe Bestbier, Christo Hepburn, Guiliam Oberholster en Johan Myburgh.
groottes pype wat die stelsel aan mekaar koppel - met diktes gespesifiseer deur die ontwerpers.
Net die beste gehalte produkte van betroubare verskaffers word ingevoer of plaaslik aangekoop. Agrico het ook drie fabrieke waar baie van die komponente vervaardig word.
Johan Myburgh, hoof meganiese ingenieur van Agrico, sê: “Ons as Agrico verstaan boere se uitdagings en behoeftes. Daarom het ons ՚n wye taknetwerk wat enige produk wat jy moontlik vir jou besproeiingstelsel nodig het, daar en dan kan lewer.
“Ons kundiges by ons takke kan jou help met enige produk – pype, filters, kleppe, koppelstukke, pompe, spuite en meer – wat jy ook al nodig het. Ons streef daarna om voorraad naby jou te hê. Dit is ons beleid om nie dors gesaaides te laat wag nie.”
Vir jou optimale besproeiingstelsel, gesels met Agrico. Op hulle webwerf, www.agrico.co.za, kan jy die kontakbesonderhede van jou naaste tak sien en meer lees oor al hulle oplossings.
“Besproeiing is ons hartklop”
deur Annemarie Bremner
Winsgewende skaapboerdery deel 20:
Hanslammers – dalk ‘n waarskuwingsteken?
Die voorkoms van hanslammers as gevolg van ooie wat hulle lammers weggooi of weier om hulle te laat suip, dien as ՚n waarskuwingsteken dat daar iets verkeerd is wat reggestel moet word. Sommige boere het elke lamseisoen meer as honderd hanslammers. Hoe kan die voorkoms van hanslammers beperk word?
'n Groot vraag op skaapboere se lippe is: Wanneer is hanslammers toelaatbaar?
• Waar ooie vrek
• Waar ooie uier- of speenprobleme het
• Waar ooie ernstig siek is
• Waar ooie beseer is weens ՚n honde- of ongedierte-aanval of tydens veediefstal
• Waar ooie geboorte skenk aan drie of meer lammers
Wanneer is hanslammers 'n waarskuwingsteken?
• Wanneer ՚n ooi die lam weggegooi het of weier om hom te laat suip
• Wanneer meer as 10% van die lammers wat gebore word, hans grootgemaak word
Wanneer gooi ooie lammers weg?
Die grootste rede waarom ooie lammers weggooi is wanneer ooie geen of nie voldoende bies en melk produseer nie. Onvoldoende biesinname kan tot lamvrektes lei weens verkluiming of hitte-uitputting en ontwatering; lae
weerstand teen siektes of ooie wat hulle lammers weggooi.
Indien die lam nie binne die eerste drie uur na geboorte suip nie, neem sy speensoekaktiwiteit af, asook die ooi se belangstelling in die lam. Laatdragtige ooie wat geen of te min deurvloeiproteïen inneem, toon nie net swak uierontwikkeling nie, maar produseer ook abnormale taai en dik bies.
Abnormale taai en dik bies hou verband met lae biesproduksie. Dit is moeilik om uit te suig, vertraag die begin van laktasie en die lammers drink nie binne drie uur na geboorte nie.
Suiging (suip) en die inname van bies gedurende die eerste ses uur na geboorte speel ՚n wesenlike rol in die binding van die lam aan die ooi. Hierdie bindingsproses, asook die handhawing van die moederlike gedrag, word benadeel in die geval van ooie met ՚n lae melkproduksie.
Wanneer ooie hulle lamplek binne een uur na geboorte verlaat op soek na kos en water, is dit ook 'n waarskuwingsteken. ՚n Ooi wat ondervoed is, sal kort na geboorte haar lamplek verlaat op soek na kos, wat die bindingproses sal benadeel. Ooie wat korter as 2 tot 5 uur op die lamplek bly, het ՚n groter kans om permanent van een of meer lammers geskei te word. Die eerste 4 tot 6 uur na geboorte is van kardinale belang om die ooi-lamband te vorm, wat noodsaaklik is vir oorlewing in veldtoestande.
Indien ՚n pasgebore lam van sy ma geskei word voordat hy gesuip het,
kwyn die ooi se moederlike instink en dit kan veroorsaak dat die ooi binne drie uur belangstelling in haar lam(mers) verloor. Veelading en tropgrootte het ook ՚n definitiewe invloed op die oorlewing van lammers. Die rede hiervoor is ՚n toename in die aantal lammers wat permanent van hulle moeders geskei word namate die getal ooie wat daagliks lam per eenheidsoppervlakte toeneem. Die hoofoorsaak van die skeidings is inmenging deur ooie wat op die punt is om te lam met die lammers van ooie wat besig is om te lam of wat pas gelam het.
Swak moedereienskappe kan ook 'n rede wees. Hoewel dit geneties is, bly swak voeding- en bestuurspraktyke die grootste oorsake te wees van ooie wat lammers weggooi.
Hoe kan die voorkoms van hanslammers beperk word?
Om maksimum uierontwikkeling vir optimale biesproduksie te verseker, moet laatdragtige ooie op enige tipe weiding altyd ՚n hoë deurvloeiproteïenaanvulling vanaf minstens vier weke voor lam kry. Hoe swakker die gehalte van die weiding; hoe meer lammers die ooi verwag en hoe skraler die ooie voor lam is, hoe hoër moet die voedingspeil van die aanvulling wees en hoe langer voor lam moet dit voorsien word.
Om te verhoed dat ooie en hulle pasgebore lammers kort na geboorte geskei word, kan die lamhokstelsel gebruik word. ՚n Ooi moet haar met haar
Our POLTEK CLASSIC LIVE BIRD CRATE
Our POLTEK CLASSIC FREEZER CRATE
Vries-brandmerk is ‘n hoogs effektiewe, minimaal-indringende metode om jou beeste permanent te brandmerk. Dit laat geen skade aan die vel nie, wat huidverwante tot die minimum beperk.
GEBRUIK DIE VR
BRANDMERK ME OMDAT JY OMGEE
SKAKEL ONS OP OF BESOEK ONS www.dr yice.co.z
GES IEN B BOTHAVIL
pasgebore lammers van die res van die trop afsonder om suksesvol te kan bind en daarom moet inmenging deur ander ooie en/of mense voorkom word.
Wenke om lamoorlewing te bevorder
• Ooie met pasgebore lammers moet vir minstens 6 uur alleen gelaat word sodat die bindingsproses suksesvol kan verloop. Voorkom inmenging deur mense en ander ooie. Die gebruik van lamhokke word sterk aanbeveel omdat dit die natuurlike afsondering naboots en dit sal dus binding en gevolglik lamoorlewing bevorder.
• Daar moet vir die lammers die geleentheid geskep word om die eerste dag na geboorte onbeperk en ongestoord te kan suip.
• Ooie wat in ՚n goeie kondisie (3- tot 35-kondisiepunt) met lam is en ook byvoeding gedurende laatdragtigheid ontvang het, is meer geneig om op die geboorteplek te bly om met hulle lammers te bind as skraal (2- tot 2,5-kondisie-telling) ooie. Indien die ooie op volop, goeie gehalte weiding lam, voldoende byvoeding ontvang en die lamkampe voldoende skui-ling en skaduwee het, sal die ooie langer op die geboorteplek bly.
• Om te voorkom dat ooie wat pas gelam het van hulle lamplek weggelok word deur die voertuie wat die byvoeding bring en sodoende van hulle lammers geskei word, word aanbeveel dat ooie vanaf sewe dae voor lam totdat al die ooie klaar gelam het ad lib gevoer word en te sorg dat die voer- of lekbakke nooit leeg is nie. Sodra al die ooie klaar gelam het, kan weer na beperkte voeding oorgeskakel word.
• Daar moenie op die gehalte van die lek of volledige rantsoen van laatdragtige en lakterende ooie ingeboet word om koste te bespaar nie, want dit kan boere duur te staan kom omdat dit tot hoë lamvrektes lei.
• Lammers moet vanaf 10 dae ՚n kruipvoer ad lib gevoer word. Om die inname van die kruipvoer aan te moedig, kan 75 kg fyngemaalde lusern (± 10 mm) baie deeglik met die aanbevole kruipvoer gemeng word.
Samevatting
Die vorming van ՚n suksesvolle ooilamband hang daarvan af of die lam se eerste suippogings binne die eerste ses uur na geboorte, suksesvol was en of die lam gedurende hierdie tydperk voldoende bies ingeneem het.
Navorsing toon dat die voorsiening van voldoende deurvloeiproteïen aan laatdragtige en lakterende ooie tot gevolg het dat 5,1 kg tot 5,9 kg meer kilogram lam per ooi gepaar gespeen word, wat dit ՚n kostedoeltreffende aanvulling maak.
Daarbenewens verminder deurvloeiproteïenaanvulling die impak wat parasietbesmetting op die produktiwiteit van diere het deurdat dit die immunologiese weerstand van diere veral tydens tye van spanning (byvoorbeeld paring, laatdragtigheid, lam-, en speentyd, ensovoorts) verhoog.
ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het.
Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape. co.za.
K B L O C K S
Suiwelboere gooi handdoek in
Suiwelboere in die Suid-Kaap en Overberg is raadop met die talle uitdagings wat hulle in die gesig staar en baie van hulle gee boedel oor.
Oorlog en droogte elders
Henry Meyer van die plaas Pleasant View by Ruitersbos in die Mosselbaaidistrik noem die Rusland-Oekrainekonflik as een van die redes waarom suiwelboere moed verloor.
Henry melk 200 Jerseykoeie wat op aangeplante weiding op besproeiingsgrond loop. Hy boer ook met graan en skape – “՚n stokperdjie wat hand uitgeruk het”.
Die voortslepende oorlog het tot ՚n dramatiese toename in die prys van graan en grondstowwe gelei. “Kunsmis- en graanpryse het terselfdertyd gestyg, anders as gewoonlik wanneer kunsmispryse eers styg en graanpryse volg weens die hoër insetkoste. Die oorlog het daartoe gelei dat nie een van die twee lande aanvanklik graan kon uitvoer nie en grondstowwe soos fosfaat en kalium uit Rusland was ook nie beskikbaar nie.”
՚n Droogte in Kanada, die wêreld se grootste kanola-produsent, het gelei tot ՚n tekort aan kanola-oliekoek.
“Kanola-, soja- en sonneblom-oliekoekmeel is die belangrikste bron van proteïen vir suiwelbeeste en weens tekorte het pryse gestyg. Weens graantekorte wêreldwyd het ander lande self begin graan verbou en baie van die kunsmis opgekoop.
Insetkoste vir kunsmis het met 400% gestyg en vir ander grondstowwe met tot 700%. Voerpryse het op R7 000/ton
gedraai voor dit ook ՚n bietjie met tussen R80 en R200 per ton gedaal het.
‘Gulsige’ melkkopers
Henry vermoed ‘gulsige’ melkkopers manipuleer die melkprys om dit laag te hou. Die lae pryse, saam met die verhoging in brandstof- en elektrisiteitspryse, die verhoging in minimumloon vir arbeiders en hoë voerkoste, dwing suiwelboere op hulle knieë.
“Die melkkopers pas hulle pryse gelyk aan, wat daarop dui dat daar nie ՚n vryemark wat op vraag en aanbod gegrond is, bestaan nie. Hulle het 'n bietjie laat wakker geskrik toe hulle besef daar gaan te min melk wees om hulle fabrieke in produksie te hou
en het onlangs die melkprys met ՚n skamele 36c per liter aangepas. Dit bring die aankoopprys op tussen R6,30 en R7,00 te staan.”
Boonop word melk honderde kilometers ver aangery, soos vanaf die OosKaap na melkverwerkingsaanlegte in die Suid-Kaap. “Die melkkopers ry eerder verder om 40 000 tot 50 000 liter melk op een plaas aan te koop as om bietjiesbietjies by kleiner suiwelboere soos ek aan te koop. Melkvervoerkontrakteurs sê reguit hulle ry nie op swak plaaspaaie om kleiner hoeveelhede melk te koop nie, want hulle versekering dek nie skade aan die melklorries nie.”
Hy meen deur van verskillende plekke melk aan te koop, versprei die aankopers hulle risiko. “Dis nie oral op dieselfde tyd droog nie, so hulle paai die melkboere met ՚n klein verhoging.”
՚
Voginhoud
ook
n probleem
Saaiboere wat gewoonlik graan op droëlande in die omgewing van Riversdal, Heidelberg en Swellendam aanplant, waarvan kuilvoer vir ՚n volvoermengsel vir stalkoeie gemaak word, voel ook die kosteknyp.
Die kuilvoer bestaan uit hawer of gars en strooi van die graan wat op die droëlande geoes is. “Die koeie wat in ՚n kamp of kraal staan wat hierdie voer vreet se melkproduksie is hoër, want hulle word presiese rantsoene gevoer,” verduidelik Henry.
Met die goeie reëns in die omgewing het al die aangeplante gewasse geil gegroei en die voginhoud in die droë materiaal wat as ruvoer gebruik word, is hoër.
Gearboxes for Slashers & Cutters, Production Equipment as well as other agricultural implements.
Food Grade Lubrications for Packing Houses.
Power Take-Off (PTO) Shafts.
Electric Motors and Variables Speed Drives (VSD’s).
Weens die goeie reëns het die weiding welig gegroei en die voginhoud van die plante is baie hoog.
“’n Koei kry gewoonlik 20 kg droë materiaal en 12 tot 15% proteïen. Weens die hoë voginhoud, moet ՚n gemiddelde grootte koei 100 kg en ՚n groot koei 150 kg per dag vreet om die
lyf aan te gang te hou en nog meer om melk te kan produseer.”
Opgee is goedkoper as aanhou ՚n Boer van die Heidelbergdistrik het
die som gaan maak. “Eerder as om 1 000 koeie te voer, het hy besef hy kan kanola, gars en koring plant in plaas van hawer vir kuilvoer,” sê Henry.
Dis te verstane, gegewe die styging in brandstof- en elektrisiteitspryse, asook die styging in minimumlone, wat nou R25,42 per uur beloop.
“Die werk in ՚n melkery hou nie oor naweke op nie en arbeid kos geld. Met die minimumloon plus oortyd of selfs dubbel-oortyd op Sondae, beloop loonkoste maklik R750 per werker net op ՚n Sondag, en meer as een werker is nodig.
“As die werkers nie wil melk nie, het die boer nie eintlik ՚n manier om hulle te penaliseer nie – die wet beskerm hulle. Boonop word die nuttelose werker se verblyf op die plaas deur die Esta-wet beskerm.
“Dit is waarom 12 uit 13 suiwelboere uit die streek eerder werkers uit Malawi of Zimbabwe aanstel wat baie meer betroubaar as Suid-Afrikaanse werkers is,” meen Henry.
Al hierdie redes maak boere mismoedig. “Dit is hoekom die boer van Heidelberg sy 1 000 koeie verkoop het en nou eerder kanola, gars en koring plant. Nou hoef hy nie meer naweeklone van honderde rand te betaal nie, en hy hoef nie die twee trekkers wat voltyds voer gemaak het, te onderhou en vol diesel te maak nie.
“Suiwelboerdery was net nie meer winsgewend nie, want waar voerkoste vroeër ՚n derde van sy omsetkoste was, het dit tot die helfte gestyg. Dit is net nie die rompslomp met arbeid, gesondheidsregulasies, slegte paaie, duur werktuie en gulsige melkkopers werd nie.”
Varkpes in Tuinroete wek kommer
Die uitbreking van varkpes (African swine fever) in die Mosselbaaiomgewing in die Suid-Kaap hou gevaar in vir varke in die hele Tuinroete en die res van die land.
Volgens 'n mediaverklaring van die Wes-Kaapse Departement van Landbou wat middel-Mei uitgereik is, is varkpes op 19 April by varke in die KwaNonqaba-woonbuurt buite Mosselbaai bevestig. Bykans 40 varke is dood en sowat 200 oorblywende varke is in kwarantyn geplaas.
Die gemeenskap is versoek om nie enige varke of varkprodukte uit die gebied te verwyder nie om te verhoed dat die siekte na ander gebiede versprei.
Kommersiële landbou en eienaars van slaggeriewe is egter bekommerd oor die uitbreking wat na bewering drie weke lank stilgehou is terwyl besmette varke steeds rondbeweeg is. Volgens die staatsveearts op George het die siekte gevolglik na George en Plettenbergbaai versprei.
Volgens Henry Meyer, streeksverteenwoordiger van Agri-Weskaap, is kommersiële boere ingelig oor mensen dieregesondheid en die handeldryf in lewendehawe. Daarenteen is informele boere wat op ՚n klein skaal met varke en ander lewendehawe boer, dikwels nie opgelei of ingelig oor voorkomingsmaatreëls nie. “Ons is baie bang dat die siekte nasionaal kan versprei. Dit sal ՚n vernietigende uitwerking op alle varkboere, die voedselbedryf en die ekonomie hê," sê Henry.
Aanmeldbare siekte
Varkpes is ՚n aanmeldbare siekte wat deur die staat beheer word. Die staatsveearts moet onmiddellik in kennis gestel word indien die vermoede bestaan dat die varke besmet kan wees. Kwarantyn is noodsaaklik en wetstoepassers kan padblokkades opstel om die vervoer van varke te beperk.
Die siekte kom sporadies voor en indien nagelaat word om die regte prosedure te volg, kan dit na die res van die land versprei. Wanneer ՚n uitbreking voorkom, moet die gebied onmiddellik in kwarantyn geplaas word en
besmette varke moet vankant gemaak word. Die karkasse moet verbrand en nie begrawe word nie.
Voorkoms
Varkpes kom voor onder vlakvarke, bosvarke en ander wilde varke in gebiede in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die noordelike gebiede van KwaZulu-Natal en ander lande in Suider Afrika.
Plaas- en wilde varke en die produkte daarvan mag nie uit gebiede wat met varkpes besmet is verwyder word nie omdat dit ՚n risiko vir varke elders in die land inhou.
Varke word besmet wanneer hulle met besmette varke in aanraking kom of deur ՚n gebied beweeg waar besmette varke was. Hulle kan dit ook van wilde varke of hulle mis kry.
Varke wat met varkpes besmet is, kan nie behandel word nie en die meeste van die siek varke vrek. Dit word nie oorgedra aan mense nie.
Simptome van varkpes
• Die varke wil nie eet nie;
• die varke sukkel om asem te haal;
• die ore, neus, maag en bene kan rooi raak;
• dragtige varke kan aborteer; en
• besmette varke kan binne twee tot tien dae vrek.
Die siekte word baie vinnig van siek na gesonde varke oorgedra. Varke wat siek word maar nie vrek nie, hou steeds ՚n gevaar vir ander varke in omdat hulle die siekte kan oordra.
Tree voorkomend op Koop net varke van betroubare bronne en nie op veilings of van spekulante wat nie bewys kan lewer dat die varke gesond is nie. Moenie varke koop of verkoop as daar varkpes in die gebied voorkom nie. Varke kan varkpes kry as hulle kombuisafval of die vleis van besmette varke eet. Volgens die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF) is dit belangrik dat varke nie kombuisafval gevoer moet word nie. Die Wet bepaal dat kombuisafval gekook moet word voordat dit aan varke gevoer word.
RPO verwelkom biosekerheidsmaatreëls Intussen het die Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) die taakspan oor biosekerheid se verslag, wat aan Thoko Didiza, minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, voorgelê is, verwelkom.
Die aanbeveling is dat kwarantyngeriewe by lewendehawe-veilings en abattoirs geskep word, asook die toepassing van streng higiëne-protokolle en die opleiding van personeel in die beste praktyke vir biosekerheid.
Een van die kernaanbevelings is die skep van ՚n nasionale databasis vir dieregesondheid en inligting oor siektes, wat boere sal help om hulle diere se gesondheidstatus na te spoor en te moniteer ten einde uitbrekings van siektes te identifiseer en betyds daarop te reageer. “Hierdie aanbeveling is veral belangrik in die lig van onlangse uitbrekings van hoogs aansteeklike staatsbeheerde siektes soos Afrikavarkpes en bek-en-klouseer, wat ՚n ernstige uitwerking op die rooivleisbedryf het,” aldus die RPO.
Die RPO ondersteun ook die taakspan se aanbevelings dat 'n nasionale biosekerheidstrategie ontwikkel word wat 'n raamwerk sal verskaf vir die toepassing van biosekerheidsmaatreëls op alle vlakke van die rooivleis-waardeketting. Die RPO glo dat so 'n strategie leiding aan boere en regulatoriese owerhede sal bied.
Bronverwysings
Ackerman, B. (2016) Tien goed wat jy van varkpes moet weet ProAgr i https://www.proagri.co.za/tien-goedwat-jy-van-varkpes-moet-weet/
Engelbrecht, A. (2023) Bedryf bekommerd oor varkpes-uitbraak. Mosselbaai Advertiser. https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/ Agriculture/bedryf-bekommerd-oorvarkpes-uitbraak-202305250155?fb clid=IwAR1aH2DNmlCNvWOzHbSx mNiK4b0fqBGhpqGx-1Imwl6EDz6rfgk-WdV0C-o
STARTER BUNDLE
NEW!
123-222-3333
Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za
WWW.AGLEADER.COM
1234 Example Lane Ames, IA 50010
Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za
Entstoftekort is nou 'n ramp, sê RPO
Perdesiekte is vir die eerste keer in 1719 in Suid-Afrika identifiseer toe meer as 1 700 perde in die Kaapse gebiede daarvan gevrek het. Die grootste uitbraak het in 1854-1855 plaasgevind toe meer as 70 000 perde daarvan gevrek het.
Die siekte is endemies aan die meeste gebiede van Suider-Afrika en die virus was vermoedelik reeds teenwoordig in sebras, wat vandag ՚n bekende draer daarvan is.
Vandag hou die siekte net so ՚n groot gevaar vir perde in. Hoewel entstof die enigste manier is om te verseker dat perde immuun teen die virus is, is die voortslepende tekort aan entstowwe in die vee- en ander dierebedrywe besig om ՚n ramptoestand in die rooivleisbedryf te veroorsaak. Die muggies wat die perdesiektevirus oordra, veroorsaak bloutong by skape en groot verliese word tans ervaar.
“Die wolbedryf word beslis geraak en uitbrake van bloutong word reeds aangemeld,” se Leon de Beer, die hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV). “Genadiglik kom ons nou aan einde van die reёnseisoen in somerreёngebiede en hopelik sal die insekte wat die siekte oordra ook gou minder raak.” Tot 98% van die wol word uitgevoer en verdien waardevolle buitelandse valuta vir die land.
Volgens Leon is daar tans 8 000 kommersiële wolboere in die land, waarvan 3 000 NWKV-lede is en wat 75% van die nasionale wolskeersel verteenwoordig. Daar is 40 000 kommunale boere, waarvan 30 000 lid is van die NWKV.” Bloutong hou dus ՚n geweldige groot bedreiging in vir die wolbedryf, om nie eens te praat van die rooivleisbedryf nie.
James Faber, voorsitter van die
nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het onlangs kommer oor die gebrek aan entstof uitgespreek.
“Kommersiële en opkomende produsente ly nou ernstige verliese weens bloutonguitbrekings wat tot 50% vrektes onder kuddes veroorsaak; Afrika-perdesiekte maai onder perde en donkies wat ՚n ondersteunende rol in die produksieproses van rooivleis speel,” sê James.
Die RPO waarsku nou al geruime tyd dat ՚n tekort aan die voorsiening van sekere entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese produkte (OBP) geproduseer word, ernstige afmetings kan aanneem.
“Dit is tragies dat dit voorkom kon word indien die voorgestelde haalbare aksiestappe deur die owerheid geneem was. Ons voel die owerheid het die bedryf in die steek gelaat,” sê hy.
Die bedryf moet nou maatreëls en strategieë in werking stel om produksie sonder die entstowwe vol te hou. Teen die RPO se advies daarteen, wend sommige boere nou hulle nou tot die gebruik van ongeregistreerde entstowwe, wat groot risiko’s inhou.
James sê die RPO ondersteun die aksies van die Nasionale Dieregesondheidsforum (NDGF), waarvan die RPO lid is. Die RPO was deel van die NDGF se pogings om die probleem op te los, wat ՚n gesprek met Thoko Didiza, minister van Landbou einde Maart ingesluit het.
Na afloop van die vergadering is ՚n subkomitee aangestel om voorstelle te maak en die minister te adviseer. Teen die sperdatum van 28 April was daar nog geen daadwerklike aksie nie.
“Die gebrek aan dringendheid deur die owerheid is uiters frustrerend vir die RPO.
"Die traagheid om die nodige voorgestelde regstellende stappe te doen
ondermyn die doelstellings van die AAMP (Agriculture Agro-processing Master Plan), het ernstige implikasies vir dierewelsyn en hou risiko’s vir menslike gesondheid in.”
Die NDGF, wat namens die vee- en dierebedrywe by verskeie geleenthede die behoefte aan entstowwe uitgespel het, het ook oplossings voorgestel.
Die voorstelle sluit in:
• Dat meer as een diensverskaffer entstowwe produseer sodat risiko’s oorkom en mededingendheid verseker word;
• Dat die kapasiteit by die kantoor van die Registrateur van Wet 36 verhoog moet word om registrasie-aansoeke vinniger te verwerk, en dieselfde geld vir Wet 35-aansoeke; en
• Dat sekere entstowwe met behulp van die private sektor geproduseer word of in lisensie namens OBP geproduseer word.
Die RPO versoek dat die oplossings sonder verwyl deur die owerheid afgekondig en toegepas word. “Alhoewel dit reeds te laat is, moet alles moontlik gedoen word om nasionale pandemies te verhoed,” sê James.
“Die RPO stel dit op rekord dat, in belang van voedselsekerheid, armoedeverligting, inwerkingstelling van die AAMP, menslike gesondheid, uitvoerstrategieë en dierewelsyn, meer drastiese stappe gedoen sal word, indien nodig, om te verseker dat die entstofvraagstuk gou opgelos word.”
Hulle sal hulle lippe aflek
Boere verwelkom nuwe bloutong-entstof
deur Tisha Steyn՚nNuwe entstof teen bloutong is pas bekendgestel om in die dringende behoefte daaraan te voorsien.
Die bekendstelling word met ope arms verwelkom deur die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) wat verklaar dat die gebrek aan entstof wat deur die staat verskaf moes word die veebedryf in ՚n krisis dompel.
Design Biologix, ՚n diere-entstofvervaardiger van Pretoria, het pas die plaaslik toepaslike bloutong-entstof, genaamd BLU-VAX, aangekondig.
Die maatskappy bedien al die afgelope 29 jaar die veebedryf met entstowwe en ondersteunende produkte wat vir plaaslike toestande geld. “In 2017 het ons ՚n projek begin waar ons epidemiologiese studies gedoen het van die algemene serotipes vir Orbivirus wat bloutong by skape in Suid-Afrika veroorsaak,” sê Karen Nel, hoofuitvoerende beampte van Design Biologix.
Die entstof is saamgestel vir die aktiewe inenting van gesonde skape teen bloutong. “Soos met enige nuwe produk, is noukeurige voorbereiding noodsaaklik voor ՚n bekendstelling. Die produk sal beskikbaar wees om voor die volgende somerreënvalseisoen in te ent.”
Noodregistrasie
Design Biologix het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling bedank vir ondersteuning van die noodregistrasieproses om hulle in staat te stel om die dieregesondheidsektor van diens te wees en ՚n beduidende rol te speel in die beheer van bloutong, wat ՚n verwoestende, maar voorkombare siekte is. Karen het ook almal in die bedryf wat by die ontwikkeling van die entstof betrokke was bedank.
Weens die noodregistrasieproses was die evaluering van die entstof nie so omvattend as wat normaalweg met produkontwikkeling in Design Biologix gedoen sou word nie. “Ons het ons egter daartoe verbind om voort te gaan met entstof-evaluering na registrasie sowel as epidemiologiese studies om voortdurend die omvang van die siekte in Suid-Afrika te evalueer.”
Rooivleis in die gedrang
“Kommersiële en opkomende boere ly ernstige verliese weens bloutonguitbrekings wat tot 50% vrektes onder
kuddes veroorsaak, terwyl Afrikaperdesiekte maai onder perde en donkies wat ՚n ondersteunende rol in die produksieproses van rooivleis speel,” het James Faber, voorsitter van die RPO, gesê.
Die RPO waarsku al geruime tyd dat ՚n tekort aan die voorsiening van sekere entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) geproduseer moet word, ernstige afmetings kan aanneem.
Wol in die gedrang
Die krisis is bevestig deur Leon de Beer, hoofbestuurder van die Nasionale Wolkwekersvereniging. “Die wolbedryf word beslis geraak en uitbrake van bloutong word reeds aangemeld. Genadiglik kom ons nou aan einde van die reënseisoen in somerreëngebiede en hopelik sal die insekte wat die siekte oordra ook gou minder raak.”
Die meeste wol (98%) word uitgevoer en buiten die waardevolle buitelandse valuta wat dit verdien, plaas die uitvoere kos op baie mense se tafel.
Volgens Leon is daar tans 8 000 kommersiële wolboere in die land, waarvan 3 000 NWKV-lede is en wat 75% van die nasionale wolskeersel verteenwoordig. Daar is 40 000 kommunale boere, waarvan 30 000 lid is van die NWKV. ”Bloutong hou dus ՚n geweldige groot bedreiging in vir die wolbedryf, om nie eens te praat van die rooivleisbedryf nie.”
Nuwe entstof verwelkom
“Die bedryf is baie opgewonde oor die registrasie en sien uit na die bekendstelling en beskikbaarheid van die BLUVAX!” sê Marzanne Roetz van die Na-
Photos: www.rchiledefrance.co.za
sionale Dieregesondheidsforum (NAHF). Die NAHF, wat namens die vee- en dierebedrywe by verskeie geleenthede die behoefte aan entstowwe uitgespel het, het ook oplossings voorgestel. Een daarvan was dat meer as een diensverskaffer entstowwe produseer sodat risiko’s verminder en mededingendheid verseker word.
KOM ONTSPAN LANGS DIE KLIPRIVIER!
Selfsorg Chalets, tent en karavaan staanplekke, ablusiegeriewe en braaigeriewe vir kampeerders, visvang, koue & warm swembad & borrelbaddens, 8-bal pool kamer, putt-putt, tafel sokker, skaak, veilige kinder speel-area.
Belegging... koop nou jou karavaan staanplek
DIE BESTE TERAPIE IS KAMP
Kontak ons vir meer inligting - Gielie Nieuwoudt: 084 8000 193 - Heyns Nieuwoudt: 084 840 1659
Staanplekke word tans uitverhuur teen R450/nag buite -seisoen en R550/nag binne-seisoen.
Besprekings: 072 823 5236 | E-pos: besprekings@klipdraaikaravaanpark.com
Plaas Kookfontein, Viewlaan, Kookrus, Meyerton | www.klipdraaikaravaanpark.com
VER KEN
Ons verseker ‘n boeiende avontuur deur ons opwindende wildritte!
Gereelde toere (Maandae tot Donderdae) om 09:00 en 14:00
gedurende naweke en openbare vakansiedae (10:00 en 13:00 in die winter seisoen).
Toerfooie: R100 per volwassene | R50 per kind o/12 (sluit ‘n 1 uur wildrit in) Minimum van 6 mense.
Privaat toere beskikbaar
Gestig in 2004• Magi-Clamp is ‘n gepatenteerde produk: South Africa (ZAP/2006/10395)
Package 1
Sunsynk 5kW Inverter
1 x Lifepo4 Lithium battery (5.12 kWh)
6 x 550W Solar panels
Fully Installed R125 000
Package 2
Sunsynk 8kW Inverter
2 x Lifepo4 Lithium battery (5.12 kWh)
10 x 550W solar panels
Fully Installed R205 000
We also do 3 phase installations, as well as solar power calculations to work out the exact size of the system that is required.
Installation: Installation max 10m from DB board, all installations done by qualified electricians. COC and PV Certificate issued after installation.
More packages available on our Facebook page! https://www.facebook.com/profile.php?id=100084894890246
Die Solitair 9 lugdruk planter is beskikbaar in ’n vaste balk of opvoubare semi-gemonteerde modelle, met beskikbare werkswydtes vanaf 3 tot 6 meter. Die lugdruk planter kan op sy eie, of in kombinasie met ’n wye reeks grond bewerkingsimplemente gekombineer word, dit skep ’n veeldoelige planter wat aangewend kan word in verskillende praktyke.
DRYFKRAG: JOU SUKSES!
ONS
met beskikbare werkswydtes vanaf
Meer inligting?
Skandeer die kode! LUGDRUK PLANTER SOLITAIR 9