ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer
2023 –
No / Nr 286 ISSN 1042 - 1558
Gratis / Free
‘n Jaar van uiterstes
Modderbultboerdery kan nou baie graan opberg
Waar Valtra werk, oes jy sukses www.agri4all.com www.proagri.co.za
www.proagri.co.za ProAgri South Africa 286
01
STARTING FROM
R7 150 *PER MONTH
FREE EXTENDED 7 Years Warranty 150 000kM Service Plan
Mahindra XUV300 Starting From
R3 999 *Per Month
Mahindra XUV700 Starting From
R7 450 *Per Month
02
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Op ons voorblad
'n Jaar van
dankbaarheid n nog 'n jaar is verby! Tyd bly die een E grens wat ons met al ons wonderlike tegnologie nie kan tem nie! Ons kan tyd
meet, in nanosekondes opbreek, beskryf en skeduleer ... maar stop en veral terugdraai kon ons en sal ons nooit kan nie. Al wat oorbly, is om die tyd wat ons het goed en produktief te gebruik en werklik in dankbaarheid te leef. In landbou en so ook in die natuur, is dankbaarheid ՚n daaglikse ervaring. Die reuk van vars grond en van die eerste reën, die gesig van lammers wat spring en mielies wat in saad kom, die vreugdevolle gevoel wanneer riviere en spruite weer afkom na jare se droogte is maar ՚n paar van die gebeure wat ons laat oorloop van dankbaarheid. Wanneer ons aan die einde van ՚n jaar kom, gee dit ons tyd om te besin en terug te kyk oor die jaar wat verby is, om die wêreld om ons te beskou en om vooruit te kyk na dit wat oor die horison wag en wat die nuwejaar inhou. Die hoop vir ՚n jaar van groot oeste, genoeg reën, goeie pryse en voorspoed. Namate die jaar einde se kant toe staan en die meeste mense vir Desembervakansie afskaal, is kleingraanboere volstoom besig om te stroop, terwyl grootgraanboere volstoom voorberei vir die nuwe seisoen wat voorlê. So ook al die ander boere in die waardeketting wat hulle alles gee, sodat ons daagliks iets op ons borde het. Dankie vir elke boer wat ons deur die loop van die jaar gesien het se toegewydheid en deursettingsvermoë ondanks al die uitdagings waarmee hulle elke dag gekonfronteer is - hetsy weersomstandighede, beurtkrag, veiligheidsuitdagings, of sommer net
algemene ekonomiese omstandighede. Dit vat ’n spesiale kaliber mens om ’n boer en boervrou in hierdie harde, geliefde land te wees. Daarom het ons Hemelse Vader ons boere met ekstra liefde, geesdrif en deursettingsvermoë toegerus om elke spesiale stukkie aarde wat ons "plaas" noem, intens lief te hê, om boerderye met groter oortuiging te bestuur en om met ’n sterker drang na oorlewing en sukses onverbiddelik voort te gaan in groeiende geloof. As ek terugkyk na hierdie jaar is daar ՚n paar goed wat ek opnuut besef en geleer het: Omhels veranderinge, druk deur al is dit hoe moeilik, bemoedig mense om jou, leef in die oomblik (veral in die gejaagde tye) en probeer iets van waarde nalaat waar ook al jy gaan. Dankie aan al ons kliënte vir die getroue ondersteuning die jaar, aan al ons boere by wie ons besoek afgelê het - dankie dat julle plaashekke altyd vir ons oopgestaan het en dat die ontvangs altyd warm was. Aan ons lesers, ʼn groot dankie, en dankie aan my kollegas en die ProAgri-span vir nog ՚n suksesvolle jaar. Dankie vir julle toewyding en kameraadskap, dit bly vir my ՚n groot voorreg en trots om ProAgri se naam te laat voortleef tesame met al die nuwe projekte wat ons aanpak. Mag 2024 werklik ’n jubeljaar met uitsonderlike, optimale landboutoestande wees, sodat ons landbou kan bly groei en ons ook kan vrykom van die inperkings van droogte en finansiële kommer. ProAgri-groete! Bianca Henning bianca@proagri.co.za
Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 2. Waar Valtra werk, oes jy sukses Meganisasie 5. New Holland wen groot by Agritechnica 6. John Deere vier 'n jaar van toewyding en volharding 9. Tegnuus-hoogtepunte van 2023 13. Mahindra Scorpio-N: Dié bul is sterk 15. Tugela Steel wys sy staal Hulpbronbestuur 17. 2023: ՚n Jaar van uiterstes! 24. Modderbult-boerdery wen met AGI se bergingsoplossings Gewasproduksie 27. Hoë temperature verhoog waterspanning by mielies 29. Groentetuin vir beginners deel 6: Goeie grond is belangrik 33. Hope for the farmer: Msm’s new online trading platform launches February 2024 35. Meer mense honger teen 2025 Vee en Wild 38. Karoo-lam kry nuwe status 43. Winsgewende skaapboerdery deel 24 49. Ontvangers gee terug uit eerste oes in sewe jaar
2
6
13
17
49
Ses vlytige Valtras sleep, ploeg, plant, oes en hys dat die stof staan by N&M Boerdery. Dit is hoe meganisasie bydrae tot Nico en Mariana Hendriks se boerdery naby Ellisras – en dit het alles begin met ՚n rooi T191 en NAMPO-oesdag. Lees meer op bladsy 2.
ProAgri
Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za Copyright © 2023. All rights r eserved. No m aterial, text or photographs may be r eproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions e xpressed are not n ecessarily those of the publisher or of the e ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r espective o wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.
ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Bianca Henning > 082-326-2572 bianca@proagri.co.za Verslaggewers Maryna Steyn > 082-261-9177 maryna@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 benine@proagri.co.za Spesialisskrywer Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder Diane Grobler > 082-555-6866 diane@proagri.co.za Bemarkers Xander Pieterse > 062-391-6507 xander@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 johan@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 tiny@proagri.co.za Lynette van Tonder > 074-694-4422 lynette@proagri.co.za Evette Liebenberg > 071-891-4441 evette@proagri.co.za Skeppende bestuurder Michelle Kruger > 084-416-1780 michelle@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Anja Oosthuizen & Jamie-Lee Tromp Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz > 084-233-0123 carin@proagri.co.za Navrae Engela Botha > 073-663-1234 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Schluter > 084-088-0123 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 nita@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler
Voorbladartikel
deur Maryna Steyn
Waar Valtra werk, oes jy sukses S
es vlytige Valtras sleep, ploeg, plant, oes en hys dat die stof staan by N&M Boerdery. Dit is hoe meganisasie bygedra het tot Nico en Mariana Hendriks se suskesvolle boerdery naby Ellisaras - en dit het alles begin met 'n rooi T191 en Nampo-oesdag. Teen die oewer van die Mokolorivier, naby die Botswana-grens, boer Nico en Mariana met aartappels, uie en beeste. Saam met hulle boer hulle seun, Nico, wat tans landbou studeer, en skoonseun, Tiaan Gerber. Nico-hulle boer al hier vanaf 1996 met beeste, maar toe hulle die plaas in die jaar 2000 gekoop het, het Nico begin tabak plant.
Later het die boerdery oorgeskakel na groente. “Met tyd het ons begin fokus op net aartappels en uie om meer doeltreffend te boer met die bron van ons hoofinkomste,” vertel Nico. “Ons plant 100 ha aartappels en 36 ha uie, maar ook dekgewasse vir die beeste.” Hulle verpakkingsaanleg loop voltyds gedurende oesseisoen wanneer eers die uie en dan aartappels geoes word. ՚n Gemiddeld van 18 000 10-kilogram sakkies aartappels word per dag gepak. Daarom moet ՚n hardwerkende trekker kan byhou om die oes vanaf die land na die aanleg aan te ry.
Ruan van Wyk, werktuigkundige van Valtrac, die Hendriks-gesin, Nico (Jnr), Mariana en Nico, Tiaan Gerber, skoonseun, en Alfred Purchase, Valtrac-verteenwoordiger, in N&M Boerdery se pakhuis. 2
ProAgri Suid-Afrika 286
Valtra bied waarde vir geld In 2014 het dit vir die egpaar duidelik geraak dat hulle ՚n behoefte aan nog ՚n trekker op die plaas gehad het. Self kon hulle nie by NAMPO ՚n draai gaan maak om na die verskeie modelle van die verskillende verskaffers te kyk nie. Een van hulle dogters was reeds op pad na Bothaville, daarom het Nico haar sommer gevra om na trekkers te gaan kyk. “My dogter het gebel en gevra of ek nie na Valtra-trekkers wil kyk nie. Ek het dadelik gesê nee, want hulle is te duur, maar sy het volgehou dat sy reeds ՚n demonstrasie met Alfred Purchase, die Valtrac-verkoopsverteenwoordiger vir ons distrik, gereël het.” So het dit gebeur dat die flinke Valtrac-span die week na NAMPO ՚n Valtra plaas toe gebring het om sy staal te wys. Die demonstrasie het Nico en Mariana alles gewys wat hulle graag in ՚n trekker wou sien en hulle het besluit om die T191 te koop. “Ek het vertroue gehad in die Finse produk en dit het bygedra tot die besluit om ՚n Valtra-trekker te kry,” brei hy uit. “Ek het verstaan waar dit vandaan kom, want ek het self begin boer met twee ou Volvo-trekkers. ՚n Span Valtras wat skrik vir niks! “Daar is op die oomblik ses Valtras op die plaas en daar is nie ՚n ding wat hulle nie doen nie,” getuig Tiaan. Die Valtras word gebruik vir grondvoorbereiding en om die groot aartappeluithaler en kantelwaens te trek. Die ou trekkers wat al oor die jare op die plaas versamel is, doen enige van www.proagri.co.za
Die Valtra N 155 Active-model met 160-liter hidrouliese stelsel is aangepas met wiele wat geskik is vir die aartappellande. www.proagri.co.za
Nico meen die wye verskeidenheid gehalte produkte wat Valtrac verskaf, maak dit gerieflik vir die boer. Naverkopediens soos geen ander Wat in besonder saak maak vir N&M Hendriks Boerdery is naverkopediens. Dit is ook deel van die rede waarom soveel van hulle werktuie en trekkers deur Valtrac verskaf word. “Ek kan getuig van hulle uitstekende diens deur ՚n storie te vertel,” noem Tiaan. “Toe ons die eerste T193 ontvang het, het ek opgemerk dat daar ՚n klein krakie op die waaierband was. Ek het hulle vieruur die middag geskakel en daarvan in kennis gestel. Ek was heeltemal uit die veld geslaan toe ՚n werktuigkundige al die pad van Parys af die volgende oggend hier stop om die onderdeel te vervang. “Die trekker was onder waarborg, so dit het ons nie ՚n sent gekos nie. Hierdie soort toewyding spreek net van uitstekende kliëntediens!” Nico beaam dat hoewel die naaste Valtrac-tak in Parys is, die getroue span nooit gras onder hulle voete laat groei nie. “Dit is die beste diens wat ek nog ooit van ՚n handelaar gekry het,” sê hy. “Ruan van Wyk, een van Valtrac se handige werktuigkundiges, help graag indien enige deel van die trekker onklaar sou raak en daar is dikwels iemand van hulle in die omgewing.” As een van die onderdele self vervang kan word, stuur Mariana ՚n WhatsApp-foto aan die Valtrac-kantoor in Parys en die onderdeel word die volgende dag per koerier gestuur. Onderdele is altyd beskikbaar. “Daar was nog nooit ՚n geval waar Ruan gesê het dat iets nie beskikbaar is nie – van ՚n klein sensor op ՚n ratkas tot groter dele,” vertel Tiaan. “Selfs die enkele kere wat daar ernstige probleme was het die eienaar van Valtrac, oom Wynn Dedwith, self hierheen gekom om ՚n oplossing te help vind.” “Wanneer die sagteware van die Kuhn-baler my begin ore aansit, dan is die span net ՚n oproep ver,” glimlag hy. Nico vertel dat hy met vrymoedigheid Valtra sal aanbeveel aan ander boere. “Die trekkers se werksverrigting is na my mening bogemiddeld, die brandstofdoeltreffendheid is ook bogemiddeld en die naverkopediens is uitsonderlik,” sluit hy af.
Vir meer inligting oor Valtra se trekkers, wye werktuigreeks en legendariese dienslewering, kontak Attie de Villiers by (+27)83-261-9863 of (+27)56817-7308. Stuur gerus ook ՚n e-pos aan attiedev@valtrac. co.za of besoek die webwerf by www.valtrac.co.za.
Voorbladartikel
die ander los werkies wat opduik. “Die eerste Valtra wat gekom het was die T191. Daarna is daar twee N123’s aangeskaf, en ՚n T193 met ՚n voorste driepunthyser, wat kort daarna deur nog ՚n T193 gevolg is,” sê Tiaan. Die mees onlangse toevoeging is ՚n bul uit die N155-reeks. Die T191-trekker wat dit alles begin het is ՚n 139-kW model wat reeds meer as 9 000 uur geklok het. Albei die N123-trekkers is 90 kW, maar die een het permanent ՚n laaigraaf gemonteer om met die verskuiwing van sakke en bale te help. Die T193-model is ՚n 193kW trekker wat die swaar 5-ton sleepwaens moeiteloos sleep. N&M Hendriks Boerdery se nuutste toevoeging, die N155, is ՚n Active-model wat 111 kW lewer. Dit spog ook met ՚n 160-liter hidrouliese stelsel. “Die N155 is spesifiek gekies om die Grimme GT170-aartappeluithaler te sleep te danke aan sy hidrouliese vermoë,” sê Nico. “Die ander trekkers is gekies om die swaar waens te trek, asook grondvoorbereiding in die lande te doen.” Tiaan vertel dat die boerdery ook verskeie ander werktuie deur Valtrac bekom het. “Ander toerusting op die plaas wat ons ook deur Valtrac aangeskaf het, is die 3-meter Pöttinger-hoëspoeddis wat saam met ՚n APV gebruik word om ons dekgewasse te saai, ՚n Kuhn-baler, die Ranger 3000-gifspuit, die Pöttingerkombinasiesnyers (՚n Alpha Motion van 3,5 meter voor en ՚n Nova Disc-snyer van 3,5 meter wat teen gemiddeld 8 km/u die land kafdraf) asook die Pöttinger-kneuser en -hark wat help om die dik cow candy te kneus, uit te droog en dan later te hark voordat dit gebaal word.”
Gesonde aartappels in die wasproses.
Só oes jy sukses ... en aartappels met ՚n spannetjie Valtra-trekkers.
Die T191 en die N123 met sy permanente laaigraaf laai die aartappels by die pakhuis af. ProAgri South Africa 286
3
NH/UJA 007 A
TWEE VIR DIE REKORDBOEKE. 48 JAAR VAN WÊRELD-LEIER TWIN-ROTOR TEGNOLOGIE
*
FINANSIERING
PRIMA -6.75% CR-REEKS & TAFELS
1200 UUR/ 3 JAAR VERLENGDE WAARBORG EN DIENSPLAN, SLEGS OP 2023 TRANSAKSIES
Een ding omtrent New Holland-stropers is dat hulle nie speletjies speel nie, en daar is geen beter bewys as die feit dat nie net een nie, maar twee van ons stropers wêreld-oesrekords hou – die CR8.90 vir die meeste sojabone ge-oes binne agt uur, en die CR10.90 vir die meeste koring ge-oes binne 8 uur. REKORDS WAT NOG STEEDS NIE GEKLOP IS NIE.
NEW HOLLAND STROPERS
KRY DIT GEDOEN SOOS NIEMAND ANDERS KAN. New Holland Stropers is nou die mees gekose stroper in Europa, met die meeste verkope tot op datum.
*Terme en voorwaardes geld.
4
ProAgri Suid-Afrika 286
https://newhollandag.co.za
www.proagri.co.za
N
ew Holland bly op koers om baanbrekende tegnologie in te span om boerdery makliker, doeltreffender en meer volhoubaar te maak. Hierdie verbintenis tot uitnemendheid is weer bewys by die jaarlikse Agritechnica-landbouskou. Die DLG Duitse Landbouvereniging het drie medaljes aan New Holland toegeken by die gesogte Agritechnica Innovation Awards. New Holland Landbou het die skou se enigste goue medalje huis toe geneem vir die nuwe Twin Rotor-konsep vir stropers, wat vir die eerste keer by Agritechnica in Duitsland aan die wêreld vertoon is. Hierdie nuwe stroper is ontwerp vir hoër werkverrigting, minder graanverlies en het meer bykomende outomatiseringskenmerke wat stroopwerk in die toekoms vlerke sal gee! Dit het ook verder die “Plaasmasjien 2024” -toekenning in die Stroperkategorie ontvang.
48 jaar van bedryfsleidende TWIN ROTOR™-tegnologie
TwinPitch™-rotors ontwerp vir alle toestande • • • • • •
Vir die afgelope 48 jaar het New Holland Landbou nog nooit opgehou om hierdie wenstelsel te verbeter nie. Vir die nuwe derdegeslagrotors geld dieselfde riglyne as altyd: • Kragdoeltreffendheid • Kapasiteit • Graangehalte • Strooigehalte
Dynamic Feeder Roll-(DFR) en TwinPitch™-rotors bied die regte kombinasie vir alle toestande: • 15% meer produktiwiteit op die CR-stroper met 5,18 m (17’) rotors. • 10% meer produktiwiteit op die CR-stroper met 6,7 m (22’) rotors. Dynamic Feeder Roll (DFR) verbeter die voerder se werkverrigting met tot 15% en veroorsaak minder pitkraak. www.proagri.co.za
Twee awegaarvane verbeter materiaalvoer in moeilike toestande. Toenemendevoerhoekoordrag en digtheid bied beter materiaalvloei deur die rotors. Met Twin Pitch-rotors verhoog die kapasiteit met ongeveer 5 tot 10%, veral in moeilike toestande. Rotorgedreun verminder aansienlik. Twin Pitch Plus™ op wyer stropers gee meer kapasiteit met dieselfde voordele. Twin Pitch Plus™ bespaar krag – tot 28,3 kW (38 pk).
Nog voordele: • Tot 20% meer produktiwiteit met dinamiese vloeibeheer. • Beste-in-klasgraangehalte met net 0,2% gebreekte pitte. • Konkawe word binne 60 sekondes herset. • Opti-Spread Plus-stelsel vir eenvormige kafstrooiing oor 13,7 m. • Intellisense™ toonaangewende proaktiewe outomatiseringstelsel. New Holland is ook bekroon met ՚n silwer medalje, vir vernuwing, vir die T7 LNGtrekkerkonsep met sy 'beter as nul kool-
stof' omgewingsvriendelike biobrandstoftegnologie. Hierdie trekker help om afvalprodukte ekonomies te maak, om plaaswinsgewendheid te verbeter en dit bied toeganklike volhoubaarheidsoplossings vir plase van alle groottes. Dit het ook verder die “Plaasmasjien 2024” -toekenning gekry in die hoëklastrekker -kategorie.
Die T4 Electric Power-trekker het ook ՚n silwer medalje ontvang vir innovasie. Dit is die bedryf se eerste volledig elektriese trekker met outonome kenmerke vir maksimum produktiwiteit en doeltreffendheid met geen vrystellings terwyl dit stil krag lewer. Die erkenning en sukses van hierdie masjiene versterk volhoubaarheid as ՚n kernpilaar van ons doel.
Hierdie medaljewenners, tesame met die skeppende oplossings in New Holland se breër portefeulje, wys hoe die maatskappy se skeppingskrag, volhoubaarheid en produktiwiteit oral vir boere werk. Vir meer inligting besoek www.newholland.com of skakel Derrick Coetzee by 082-524-7447. ProAgri South Africa 286
5
Meganisasie
New Holland wen groot by Agritechnica
Meganisasie
John Deere vier 'n jaar van toewyding en volharding deur Bianca Henning
Hentie Breedt ontvang die Jackie Pretorius, Extra Mile-toekenning vir buitengewone diens oorhandig deur Lucas Groenewald.
D
ie landboubedryf bly jaar-na-jaar onvoorspelbaar en op talle terreine ՚n uitdaging, maar die deursettingsvermoë, positiewe en skeppende ingesteldheid van John Deere se span het weer vanjaar geseëvier. John Deere het onlangs hulle jaarlikse toekenningseremonie te Kievitskroon, Pretoria gehou. Hierdie geleentheid beloon die harde werk van John Deere se handelaars, tegnici en verteenwoordigers. Jaco Beyers, besturende direkteur van John Deere het geopen met die volgende woorde: “Dit is dus met groot trots dat daar erkenning gegee word aan die uitskieters van die bedryf. Dit is voorwaar ՚n eer om hier te staan en terug te kyk na nog ՚n ongelooflike jaar. Elkeen wat vanaand hier sit, is genooi omdat jy ՚n impak in ons onderneming maak en ek salueer elkeen van julle. Die afgelope drie jaar is ons op ՚n rewolusionêre reis, waarin ons ontwikkel het van ՚n vervaardigings- en boerderytoerustingmaatskappy na ՚n tegnologie-gefokusde maatskappy. “Vanaand se seremonie is ՚n ware weerspieëling van ons spanne se toewyding, betrokkenheid en ontelbare ure op die pad. By John Deere streef ons altyd na iets beter en belê in ons handelaars en spanlede om volhoubare oplossings met innovasie en baanbrekerstegnologie te bied.” Lucas Groenewald, verkoopsbestuurder van John Deere sê: “Wat ՚n wonderlike jaar was dit nie! Vanaand is ek trots en nederig om deel te wees van so ՚n ongelooflike span! Die een ding waarop ek klem wil lê, is dat ons nie 6
ProAgri Suid-Afrika 286
Konstruksie- en bosbouverkoopswenners van die jaar: Susan Hutton van AFGRI Noord, Middelburg in derde plek, Leon Pool van AFGRI Vredendal in die eerste plek en Klinton Kane van AFGRI Kempton Park in tweede plek.
Griffiths Makgate, konstruksie- en bosbouverkoopsbestuurder oorhandig twee toekennings aan Pieter Nel van Afgri Equipment vir die hoogste konstruksieverkope en hoogste segmentgroei in die konstruksie- en bosbou-afdeling.
net trekkers verkoop nie, ons is deel van die voedselproduserende bedryf wat ons opnuut moet laat besef: Waar kom jou bord kos vandaan? Alle eer gaan aan ons boere.”
Hy voeg by: “Ek is trots om ՚n paar hoogtepunte van 2023 te deel - aan die begin van ons begrotingsjaar het ons 2 300 trekkers ingedien en ՚n totaal van 2 360 verkoop. John Deere se 5075E bly steeds die nommer eenverkoper in die mark. John Deere se 6135B en die 6140M is vandag die topverkopers vir groot trekkers in Suid-Afrika. Ons is trots om te sê dat ons die meeste 8R-trekkers ooit verkoop het vanjaar met ՚n totaal van 338. Ons het die beste jaar nog ooit met stroperverkope gehad met ՚n totaal van 213 en ons het 133 selfaangedrewe spuite verkoop.” “Alle eer gaan aan ons handelaars en www.proagri.co.za
Meganisasie
Antois van der Westhuizen van John Deere Financial saam met die wenners van die John Deere Finansiesspesialistoekennings: Marthie Botha, Willem Roets en Armand Denoon.
Onderdelekennerfinaliste en wenners saam met Glenys Milingham van John Deere, Magda Wallace (derde), MG Labuschagne (vyfde), Morné Cloete (eerste), Gregory Makenna (vierde) en Abraham Mouton (tweede).
Morné Cloete van AFGRI Polokwane is vir die tweede jaar aangewys as onderdelekenner van die jaar. verteenwoordigers in die veld, sonder julle, sou dit nie moontlik gewees het nie!” sluit Lucas af.
Die toekennings vir 2023 is soos volg:
Die Jackie Pretorius Extra Mile-toekenning vir buitengewone diens is aan Hentie Breedt toegeken. Kwek Dietrichsen van Senwes Hoopstad stap vanjaar weg met die PowerGard™-kontrakkundige toekenning, met Theunis Verster van AFGRI Bethlehem in die tweede plek en Philip Human van AFGRI Standerton derde. Die verkoopspersoon van die jaar vir groot landboumasjiene is André Botha van GWK Douglas. Paul Jansen van Rensburg van AFGRI Bethal het die tweede plek behaal en Arnold Jordaan van JDI Bredasdorp is in die derde plek. Die verkoopspersoon van die jaar vir klein landboumasjiene is Paul Jansen van Rensburg van AFGRI Bethal, met Emile Tomlinson van JDI Swellendam tweede en ՚n gesamentlike derdeplek is toegeken aan Sarel Opperman van AFGRI Delmas en Nelis van Heerden van Senwes Aliwal-Noord. ՚n Afdeling waarin John Deere uitmuntende groei die afgelope jaar gewww.proagri.co.za
Armand Botha van Mascor Witrivier is aangewys as konstruksie- en bosbou tegnikus van die jaar. toon het was met hulle konstruksie- en bosboutoerusting en vir die eerste keer is daar ook toekennings oorhandig aan die uitblinkers van die jaar in hierdie deel van die bedryf. Die konstruksie- en bosbouverkoopspersoon van die jaar is Leon Pool van AFGRI Vredendal met Klinton Kane van AFGRI Kempton Park in die tweede plek en Susan Hutton van AFGRI Noord, Middelburg in die derde plek. AFGRI Equipment ontvang beide toekennings vir hoogste konstruksie-
Ruan Kriel van AFGRI Brits is aangewys as tegnikus van die jaar. verkope en hoogste segmentgroei in die konstruksie- en bosbou-afdeling. Pieter Nel ontvang die toekennings. Griffiths Makgate, konstruksie- en bosbou verkoopsbestuurder ontvang die “Never Idle” toekenning, vir sy toewyding, harde werk en groei binne die John Deere-groep. Marthie Botha het die John Deere Finansies-spesialistoekenning van die jaar gewen, Willem Roets behaal die tweede plek en Armand Denoon derde plek. Karen Jordaan ontvang die SSCtoekenning van die jaar vir die meeste kontrakte (՚n totaal van 592) saamgestel en afgeteken vanaf Januarie tot Oktober 2023. Zandile Madalane is die John Deere Financial/ABSA-sake-ontleder van die jaar. Morné Cloete van AFGRI Polokwane is aangewys as onderdelekenner van die jaar. Tweede was Abraham Mouton van AFGRI Caledon, en derde Magda Wallace van AFGRI Bethlehem. Onderdelehandelaar van die jaar is toegeken aan AFGRI Lydenburg. ՚n Jaarlikse hoogtepunt is die aankondiging van werkswinkel van die jaar en vanjaar stap AFGRI Harrismith weg met die titel, Senwes Parys is tweede en AFGRI Bethlehem derde. AFGRI Middelburg het die toekenning ontvang vir konstruksie- en bosbouwerkswinkel van die jaar. Ruan Kriel van AFGRI Brits is aangewys as tegnikus van die jaar, Stephan De Klerk van AFGRI Marquard was tweede en Izak De Lange van AFGRI Delmas derde. Armand Botha van Mascor Witrivier is aangewys as tegnikus van die jaar vir konstruksie- en bosbou, Anton Lombard van Senwes Bloemfontein was tweede en Sabo Magqabi van Mascor Kokstad derde. Die toekenning vir handelaar van die jaar vir divisie 2 en 3 afset is toegeken aan Tata Zambië. Handelaar van die jaar enkelafset is toegeken aan Swazi Trac. Die handelaar van die jaar vir veelvoudige afset is AFGRI Noord met JDI Implemente tweede en GWK derde. ProAgri South Africa 286
7
Meganisasie
AUTHORISED DISTRIBUTOR
NEW MERGER XL50 LRF
WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA
1024 x768
NEW HD 1024X768 @12 µM THERMAL SENSOR
x20 x2.5
HIGH IMAGE DETAIL ACROSS THE WHOLE MAGNIFICATION RANGE 2.5-20X
14
WIDE FIELD OF VIEW
TO FIND A DEALER NEAR YOU, SEE CONTACT DETAILS BELOW: WWW.ULTRANEXUS.CO. ZA | WHOLESALE@ULTRANEXUS.CO. ZA | 083 559 0001 8
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
deur Annemarie Bremner
Elke maand berig ProAgri oor opwindende nuwe tegnologie van regoor die wêreld. Hier is ՚n paar van die hoogtepunte wat vanjaar verskyn het.
ExactShot skiet raak met kunsmis
D
ie ExactShot-planter/kunsmistoediener is een van die interessante nuwe tegnologieë wat John Deere by CES 2023 onthul het — die voorste tegnologieskou wat in Las Vegas gehou is. Dit dien aanvangsbemesting presies op elke indiwiduele saad toe. ExactShot stel boere glo in staat om die hoeveelheid aanvangsbemesting wat benodig word tydens plant met meer as 60% te verminder. Die tegnologie gebruik sensors en robotika om kunsmis presies op sade te plaas soos dit in die grond geplant word, eerder as om 'n deurlopende vloei van kunsmis op die hele ry sade toe te dien. ExactShot gebruik 'n sensor om te registreer wanneer elke saad besig is om in die grond te gaan. 'n Robot spuit slegs die hoeveelheid kunsmis wat benodig word, ongeveer 0,2 ml, op die saad op die presiese oomblik wanneer dit in die grond gaan.
Outomatiese herlaaistasie vir hommels
D
ie Skydock outomatiese batterywisselstelsel vir hommeltuie is in SuidAfrika ontwikkel. Hommeltuie kan baie nuttige hulpmiddels vir plaasbeveiliging en oesbeskerming wees, maar kort werktye as gevolg van beperkte batterykrag is problematies. Dock-One is Skydock Systems se outomatiese hommeltuigbattery-omruiling en vliegbeplanningsoplossing vir DJI Mavic; met ander hommeltuie wat binnekort sal volg. Dock-one is in Suid-Afrika ontwikkel vir die plaaslike en internasionale mark. Dit laat jou toe om hommeltuig-sendings dag en nag outomaties te vlieg. Die uitdaging van opgeleide personeel wat nodig is vir die hantering van die hommeltuie en voortdurende batterywisseling word deur die DockOnedokstasie opgelos. Gekoppel met die DJI Mavic 2 Enterprise-hommeltuig, laat DockOne jou toe om outomaties dag en nag te patrolleer. Hommeltuie wat vir oesmonitering en beskerming in boorde gebruik word, sal ook onophoudelik met hulle werk kan voortgaan. Deur die SkyDock/Flight Now-stelsel te gebruik, kan jy outomatiese sendings skep en die hommeltuig dophou oor die internet. Die DockOne-oplossing bestaan uit www.proagri.co.za
drie komponente: Die DockOne-dokstasie, FlightNow-missiebeplanning en afstandbeheersagteware, en die DJI Mavic 2 Enterprise-hommeltuig. Vir meer inligting, besoek https://skydock.systems/dock-one/. ProAgri South Africa 286
9
Meganisasie
Tegnuus-hoogtepunte van 2023
Meganisasie
Om onkruid met lasertegnologie te bestry, word lewensvatbaar
D
ie LaserWeeder vernietig onkruid met lasertegnologie. ’n Volledig outonome weergawe, Autonomous Weeder, is ontwikkel, maar hierdie 2023-weergawe wat trekkerkrag benodig is deur boere in Amerika verwelkom, omdat dit vinniger werk. Carbon Robotics™ gebruik kunsmatige intelligensie en lasertegnologie vir chemielose, geenbewerkingonkruidbeheer vir spesiale gewasse. Hulle hoëresolusiekameras voer beeldmateriaal intyds na 'n superrekenaar aan boord wat rekenaarvisiemodelle laat loop om gewasse en onkruid te identifiseer. Hoëkraglasers maak dan onkruid by die teelweefsel dood, sonder om gewenste gewasse te benadeel. Laseronkruidbeheer werk dag of nag, in alle weerstoestande. Dit is ’n hoëpresisie-oplossing wat opbrengs verbeter en algehele koste wat met moderne boerdery gepaard gaan, verminder. Daarbenewens skep laserbeheer ՚n volhoubare oplossing vir bewarings- en organiese boerdery. Die nuwe LaserWeeder moet deur 'n rytrekker gesleep word. Dit het egter drie keer meer lasers as die outonome eenheid en in een uur kan dit sowat een hektaar dek en 200 000 bossies uitroei. Die Autonomous Weeders dien nou as demonstrasie-eenhede, maar die LaserWeeder is kommersieel beskikbaar. (Bron: Freethink en Carbon Robotics) 10
ProAgri Suid-Afrika 286
Koeie (en boere) sal mal wees oor Exos, die Lely-grasrobot
D
ie Exos, 'n ten volle outonome voer-tuig vir die oes en voer van vars gras, sal vanaf volgende jaar kommersieel beskikbaar wees vir Nederlandse melkplase. Dit het ongeveer tien jaar geneem om te ontwikkel en is omvattend op 13 Nederlandse plase getoets. Die maatskappy teiken plase met minstens 150 koeie en 'n minimum van 40 ha, maar die robot is ook op plase met tot 350 koeie geëvalueer. Die grasstroper werk teen snelhede van 3 tot 4 km/u, en die werkwydte is 2 m. Die 12 m³-bak hou ongeveer 'n ton vars gras. Die voertuig kan geprogrammeer word om gras aan die
regterkant, linkerkant of albei kante te lewer. ’n Veiligheidsbuffer voor is deel van die standaardspesifikasies, asook veiligheidskameras voor en agter. Buitelugnavigasie is via GPS. Ultrasoniese sensors neem oor wanneer die robot binne ry. Die Exos kan ook gebruik word om vloeibare kunsmis toe te dien. Die tien spuite is reg agter die sny-eenheid geleë, en die kunsmistenk hou 100 liter. Elektrisiteit om die voertuig aan te dryf word voorsien deur 'n ingeboude 400 volt-battery. Elke wiel het ՚n elektriese motor. (Bron: Veehouderij Techniek)
www.proagri.co.za
R
opa van Duitsland het 'n masjien ontwikkel om voorafontkiemde aartappels met die hand te plant. Die planter, genaamd Gecko, plant aartappels sagkens sonder om die uitloopsels te breek. Na twee jaar se veldproewe en gebruik op plase is die verlangde
opbrengs en plantegroei behaal. Die Gecko het plek vir vyf palette van die plantmateriaal om ՚n tamaai stuk land te beplant voordat aanvulling nodig is. Twee operateurs werk per plantry. Hulle plaas die ontkiemde aartappelmoere in die lengte op die sagte en beskermende voerbande, wat dit
sonder seermaak presies in die voor neerlê. Hierdie tegnologie verseker die optimale plant van ՚n aartappel elke 12 cm in die ry teen 'n ryspoed van 3,5 km/u. Dit beteken sowat 6 hektaar kan per werksdag beplant word. Die afstand tussen plante kan veranderlik in 16 fases aangepas word en die vier rye wat per lopie hanteer word is 75 cm uitmekaar. Sien die Gecko in aksie: https://www. youtube.com/watch?v=B0v0IQf6LY0 (Bron: World-Agritech.com
D Ontmoet Smartcore, 'n outonome grondmonsterversamelaar
www.proagri.co.za
ie insameling van presiese grondmonsters is noodsaaklik vir boere, want dit bepaal die hoeveelheid en balans van voedingstowwe wat vir gewasse beskikbaar is, en kan opbrengste bepaal. Smartcore, 'n outonome robot wat ontwikkel is deur 'n paar Purdue University College of Engineering-gegradueerdes, is ontwerp om akkurate, herhaalbare grondmonsters in landerye te versamel en dit na die kant van die landerye te bring vir versending na die laboratorium. SmartCore gebruik 'n Bobcat-glystuur-onderstel en navigeer velde deur grensalgoritmes en 'n verskeidenheid hindernisopsporingsensors te gebruik. Dit is ook toegerus met RTK GPS om te verseker dat grondmonsters van die regte plek geneem word en kan elke seisoen binne sentimeters terugkeer. Die grootste en mees algemene bron van foute in die grondtoetsproses is met die versameling van die grondmonsters. Smartcore is uniek in die gebruik van 'n hoëspoed, selfreinigende hidrouliese awegaar wat presies die regte volume grond op 'n presiese diepte versamel. In tradisionele steekproefnemingspraktyke kan die afwyking in diepte en ligging tot 'n steekproeffout van so hoog as 20% lei. Foute kan veroorsaak dat boere meer as wat nodig is aan kunsmis bestee, of in sekere gebiede ondertoedien. Met Smartcore word hierdie foute uitgeskakel. (Bron: Purdue) ProAgri South Africa 286
11
Meganisasie
Elke moer spruit: Nuwe planter neem die risiko uit aartappels plant
STARTING FROM
Meganisasie STARTING FROM
R266 499 FREE
TOWBAR & RUBBERISING
R204 999 FREE RUBBERISING
12
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Meganisasie
deur Maryna Steyn
Dié bul is sterk ...
en kos minder as ՚n stoetbul
S
edert Julie 2023 dra die Mahindra Scorpio-N die ProAgri-span regoor Suid-Afrika na plaasbesoeke en veilings. Met die belofte dat dit ontwerp is vir ware avontuur, maak hierdie Mahindra 4x4 betroubare reise moontlik. “Ons grootste behoefte vir vervoer is vervul deur die Scorpio-N,” verduidelik Lynette van Tonder, lewendehawespesialis by ProAgri. “Vir ons plaasbesoeke benodig ons ՚n betroubare voertuig wat die uitdagende plaaspaaie kan aandurf – en die rowwe teerpaaie ook.” Lynette getuig dat geen terrein te taai vir die bul is nie. “Hy loop soos stroop,” lag sy. “Hy ry regtig sag vir ՚n 4x4 en voldoen aan al ons veiligheidsvereistes.” Daar is ses lugsakke in die voertuig, elektroniese stabiliteitbeheer (ESC), bestuurdersmoegheidbespeuring, asook ՚n string sensors wat elke element en funksie van die voertuig moniteer om te verseker alles werk heeltyd klopdisselboom.
Krag en gerief in 'n blink baadjie
“Met ons onlangse plaasbesoek aan Frankfort het ons net na die reën opgedaag. Danksy die 4x4-vermoëns van die Scorpio-N het ons nie vasgeval in die kleigrond nie. Die voertuig kan die digte modder goed hanteer,” vertel sy. Rotsagtige koppies, varsgeploegde lande, steiltes en sanderige omstandighede het reeds die Scorpio-N sy staal laat wys. “Hierdie Mahindra-model het nie net ՚n 4x4-ratkas nie, dit het ook vastrap-instellings wat die voertuig se beheer verbeter in weeromstandighede wat gevaarlik kan wees (soos sneeu, klippe, reën en sand). “Die sportsnutvoertuig het bewys www.proagri.co.za
hy kan kers vashou by enige boer se bakkie.” Die 2,2-liter mHawk-dieselenjin lewer 128,6 kW met 400 Nm wringkrag. Elke model in die Scorpio-N-reeks is gebou vir avontuur, maar dit is beskikbaar in sowel 4x2- as 4x4-modelle. Elkeen spog met ՚n 6-gang outomatiese ratkas. Kenmerke van die Scorpio-N wat uitstaan vir die span is: • Ruimte vir al die kameratoerusting • Die vinnige reaksie van die kragtige voertuig • Sewe gemaklike sitplekke vir ver paaie
Geskik vir gesinne, maar ook joernaliste
“Ons hou ook baie van die LCD-skerm wat navigasie vergemaklik. Die GPSstelsel is duidelik, so ons kan maklik die aanwysings na afgeleë plase volg. Die feit dat dit toegerus is met Android Auto bevorder ook die navigasiegerief,” lig Lynette uit. “Iets waarby die span ook baat vind, is die USB en C-tipe poorte wat help om in ՚n japtrap fone of kameratoerusting te laai. Al laai jy die batterye die aand voor die tyd, ՚n lang verfilming of voldag op die pad kan maklik maak dat batterye afloop, en hierdie kenmerk gee ons net daardie ekstra gemoedsrus.” Lynette vertel ook dat die verstellings op die stuurwiel alle belangrike funksies soos klankverstelling en selfoonantwoord binne bereik van die bestuurder plaas. “Dit is veiliger, want jy haal nie jou oë van die pad af nie.” ՚n Bonus is om in soveel luuksheid
Geen terrein is te rof vir hierdie bul nie! Hier pronk hy naby Hertzogville tydens ՚n plaasbesoek. rond te ry wat boonop mooi vertoon. “Orals waar ons gaan, trek die bulletjie aandag,” brei sy uit. “Een van die boere het so ewe vertel dat hy gedink het net helikopters word vervaardig in dié woudgroen-(Forest Green) -kleur. En hy lyk nie net mooi nie, sy prys is ook mooi, beaam almal,” sluit sy af. ProAgri bedank graag die Raceview Motorgroep wat ons plaasbesoeke moontlik maak. Ver paaie, lang ure op die pad en baie kilometers is deel van die joernalistieke- en lewendehawespanne se werk, daarom is betroubare, brandstofdoeltreffende wiele onontbeerlik. Met hierdie Mahindra Scorpio-N is ons in staat om al ons klante regoor die land getrou te dien en veilig terug te kom na ons gesinne.
Om self die bestuursvernuf en 4x4-vermoëns van die Scorpio-N te beleef, bespreek ՚n toetsrit deur https://www.mahindraalberton.co.za/book-a-test-drive/ te besoek. Skakel ook gerus vir Floris Grobler by (+27)82-3387538 of stuur ՚n e-pos aan floris@ rvm.co.za. ProAgri South Africa 286
13
Protect Your Maize Crops And The Environment From Damaging Pests Uphold® 360 SC (Reg. No. L10164) insecticide has been developed to deliver quick knockdown and long residual control of lepidopteran pests, including hard-to- control lepidopteran species on maize, sweetcorn and sorghum. Jemvelva Active® protects both your maize crops and the environment. This active offers a favorable environmental profile and makes use of recognized unique green chemistry - making it an excellent insecticide to use when striving for sustainable and environmentally friendly agricultural practices.
KEY ATTRIBUTES & ADVANTAGES Quick knockdown. Long-lasting control.
Visit Our Website For More Information
Target pests via contact and ingestion. Broad-spectrum lepidopteran activity. Dual-mode of action – providing a unique tool to manage pest populations resistant to other insecticide groups e.g fall armyworm (Spodoptera frugiperda). Ovi-larvicidal activity controls both eggs and caterpillars.
OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1997/003030/07 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa. ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Uphold® 360 SC contains Spinetoram/methoxyfenozide (360 g/L) • Reg. No. L10164 | Act No. 36 of 1947 • TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and its affiliated companies. © 2023 Corteva.
WARNING
HAZARD STATEMENT(S) May cause an allergic skin reaction. Suspected of damaging fertility. Very toxic to aquatic life with long lasting effects.
Visit us at corteva.co.za 14
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
Tugela Steel wys sy staal deur Bianca Henning
D
ie antwoord vir boere en landbouondernemings wat skure, pakhuise en behuising vir diere soos melkbeeste of 'n intensiewe skaapboerdery wil oprig, hoef nie verder gesoek te word as Tugela Steel nie. Sedert Knut Haug Tugela Steel in 1984 op die been gebring het, het die onderneming gegroei tot die trotse en betroubare vervaardiger van stewige, bekostigbare staalstrukture in SuidAfrika. Tugela Steel rig strukture op met spanwydtes wat strek van 9 tot 36 meter. Die maatskappy het ՚n magdom tevrede klante, van kleinboere tot
Die nuttige strukture wat Tugela Steel oprig staan sterk en stewig om tot deur die boer se verre nageslag gebruik te word. megaboere, want Tugela is nie net ՚n vervaardiger nie, maar ook ՚n oprigter van vele boerderye se staalstrukture, van skure, stalle, afdakke en meer. Tugela is daarop toegespits om staalstrukture van topgehalte teen ՚n mededingende prys te lewer. Die maatskappy se hoofkantoor is in La Lucia Ridge, Durban, KwaZulu-Natal, en die vervaardigingsaanleg in Colenso, maar dienste word gelewer net waar die boer dit nodig het.
Benewens die oprigting van standaard en pasgemaakte strukture oral in SuidAfrika, lewer Tugela Steel ook dienste en produkte elders in Afrika aan die nywerheid-, mynbou-, vervaardiging- en landbousektor. Tugela se strukture is ontwerp vir verdere uitbreiding om vir groei voorsiening te maak. Daar is ook meer as genoeg voorraad beskikbaar om ՚n tydige, flink en vinnige diens te lewer. Tugela is ՚n prestasiegedrewe maatskappy wat deurlopend bly groei en sal voortgaan om sy toonaangewende gehalte, presisie en ontwerp te vervaardig en te lewer.
As jy meer oor Tugela Steel of hulle staalgeboue en staalstrukture wil uitvind, kontak hulle gerus by (+27)31-566-4601, stuur ՚n e-pos na sales@tugela.co.za of besoek hulle webtuiste by www.tugelasteel.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
15
Hulpbronbestuur
DLJďƵƌŐŚ dŽĞƌƵƐƚŝŶŐ R 227 000 Btw ing
R 92 000 Btw ing
Voorraad beskikbaar!
Landroller
Paalslaner
Tel jou stroper klippe op? Beskerm jou stroper teen klippe. Rol hulle in die grond in.
Draadspan begin met goeie anker pale - Slaan 150mm stomp teerpale 800mm in die grond in.
\\\ RYTJW HT _F
ϬϴϮϰϭϳϬϭϳϱ
ŵLJďƚŽĞƌΛŐŵĂŝů͘ĐŽŵ
Crates
Optional extras
REMOVABLE DIVIDERS
VIRGIN RED RECYCLED BLACK
CRATE LID
Crates
VIRGIN RED RECYCLED BLACK
VIRGIN RED RECYCLED BLACK
16
ProAgri Suid-Afrika 286
VIRGIN WHITE RECYCLED BLACK
www.proagri.co.za
2023 was ՚n vol jaar. ՚n Jaar van beurtkrag, vloede, brande, skoue, viering van sukses en voëlgriep. Dit was ook ՚n jaar vir tegnologiese groei in die landboubedryf en waarin ProAgri tot ProagriMedia gegroei het. As deel van die groei het video's en die gebruik
van sosiale media ՚n groter rol begin speel om inligting oor te dra. Gaan kyk gerus na al die video's wat ons boere en verskaffers se stories vertel op die YouTube-kanaal, ProagriMedia, en op ons webtuistes www.proagri.co.za en www.proagrimedia.com
deur ProAgri-redaksie
JANUARIE 2023 Beurtkrag bedreig tot 25% van Suid-Afrika se stapelvoedsel-oes Dit is beslis nie ՚n landbouhoogtepunt nie, maar wel iets wat vir altyd onthou sal word en waarmee boere klaarblyklik nog vir lank gaan sukkel. In Januarie 2023 is daar geraam dat tot en met ʼn kwart van Suid-Afrika se stapelvoedsel-oes, mielies, besig was om op besproeiingslande te verlep.
Volgens Vrystaat Landbou se Kommersiële Sakekomitee-voorsitter, Kempen Nel, was die mielie-plantseisoen op ʼn kritieke stadium. “Die aanplantings het baie water nodig in die hitte, maar spilpunt-besproeiingstelsels kon nie werk nie as gevolg van die onbetroubaarheid van ESKOM.”
Boere is genoop om hulle eie oplossings te oorweeg. Dit bly egter ʼn duur en onpraktiese uitdaging omdat rugsteunkragvoorsiening tot tien keer duurder is as ESKOM-krag. Baie boere het al planne gemaak, maar talle staar nog die probleem rondom beurtkrag in die gesig en 2024 lyk nie of dit beter gaan wees nie. FEBRUARIE 2023 Balfour Hooidag terug met reuse skouspel Na ՚n onderbreking van twee jaar as gevolg van COVID-19-inperkings is die Balfour Hooidag weer aangebied – groter en beter as ooit. Die skouspel van hooimaaktoerusting is deur al die belangrike vervaardigers ondersteun en goed bygewoon deur boere. Een van die aandagtrekkers by die demonstrasies was New Holland se selfaangedrewe Speedrower 200 Plus. Wanneer jy nie hooi sny nie, kan jy die koringstropertafel haak en platsny met dieselfde masjien. Kort na die Hooidag is die jaarlikse Balerwedstryd aangebied waar Case IH die veranderlikekamer-afdeling gewen het met die RB 455-baler, gesleep deur ՚n Case Puma 155. Case het ook die tweede plek in die vastekamer-afdeling behaal met hulle RB 545-baler gesleep deur ՚n Case Maxxum 125. Die vastekamer-afdeling is gewen deur Kuhn met hulle FB 3130-baler getrek deur ՚n Valtra N175V. MA ART 2023 Dr Erna Blancquaert is een van vier vlagdraers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf Dr Erna Blancquaert is in Maart aangewys as een van vier vlagdraers vir die SuidAfrikaanse wynbedryf wat op die jaarlikse wynoesherdenkingsgeleentheid op Groot
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
17
Hulpbronbestuur
՚n Jaar van uiterstes!
Hulpbronbestuur
Constantia in Kaapstad, vereer is as rigtingwysers vir toekomstige geslagte. Erna, die eerste vrou van kleur wat ՚n doktorsgraad in wingerdkunde in Suid-Afrika behaal het, is voltydse dosent en navorser in Wingerdkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, sowel as nagraadse toesighouer vir Meesters- en PhD-studente in wingerd en wynkunde, asook volhoubare landbou en biotegnologie.
MEI 2023 NAMPO was weer ՚n toonbeeld van skeppingskrag NAMPO 2023 het sterk gegroei na die vorige jare se inperkings met 81 945 besoekers. Die skou was weer eens ՚n toonbeeld van tegnologie in die graanwaardeketting en die Suid-
Afrikaanse landbousektor as geheel. Daar was 823 uitstallers en nagenoeg 200 vliegtuie en 75 helikopters het gedurende die week op NAMPO-park se aanloopbaan geland.
ARAS 2023 vind in Durban plaas Die derde Afrika-streek Apimondiasimposium (ARAS 2023), aangebied deur die SA Byebedryfsorganisasie (SABIO), het in Maart by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban plaasgevind. Apimondia is die Internasionale Federasie van Byeboereverenigings en ander organisasies wat sedert 1895 binne die byeboerderysektor werk. Die simposium het 'n geleentheid gebied aan byeboere om navorsing, uitdagings en kommersiële geleenthede by werksessies en rondetafelbesprekings te deel. Daarbenewens is die eerste heuning-, meel- en byproduktekompetisie vir die vasteland gehou. Dit het getoon dat daar genoeg ruimte is om hierdie produkte te bemark en sodoende 'n lewensvatbare bedryf verder te ontwikkel. Sewe temas is bespreek, waaronder byebiologie, byebewaring, byeprodukte, byeboerderytegnologie, beleidsontwikkeling en bestuiwing. ՚n Reeks artikels oor die simposium is op ProAgri se webblad beskikbaar.
Hortgro-toekennings
JUNIE 2023 Klein-Karoo olyfolie as beste ter wêreld gekroon De Rustica Olyflandgoed in die hartjie van die Klein-Karoo is by die Evooleum-kompetisie in Spanje bekroon as die beste ekstra suiwer-olyfolie(EVOO) ter wêreld. Sedert 2006 is 100 000 olyfbome van onder meer die Coratinakultivar in die Oudemuragie-vallei langs die Nelsrivier in die voetheuwels van die Swartberge aangeplant. De Rustica se Coratina is met 97 punte uit 100 bekroon as die ‘absolute beste olyfolie’ uit vyf ander soortgelyke inskrywings onder die top tien in die strafste olyfolie-kompetisie ter wêreld. Daar was meer as ՚n duisend inskrywings!
Staatmakers in die sagtevrugtebedryf is op 6 Junie vir hulle werk in die kern- en steenvrugbedryf met spesiale Hortgro-toekennings vereer. Joy van Biljon het die 1662 Hortgro Bedryfstoekenning ontvang. Die 1662-toekenning herdenk die eerste twee appels wat op 17 April 1662 in die Kompanjiestuin aan die Kaap geoes is. Sy was een van die stigterslede van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, ook bekend as KBOS, en het hard gewerk aan haar droom om landbou deur opleiding te verander. Ná 20 jaar as KBOS se uitvoerende hoof het sy in 2020 uitgetree.
APRIL 2023 Nuwe reëls vir paraveeartsenykundiges kan dieregesondheidsorg in SA vir altyd verander Suid-Afrikaanse landelike bewoners en kleinskaalse boere gaan moontlik makliker toegang tot primêre dieregesondheidsorg verkry met die promulgering van nuwe reëls vir para-veeartsenykundiges wat dieregesondheidstegnici (AHT's) toelaat om hulle eie praktyke te open en te besit. Veeartsenykundige verpleegsters kan nou ook op hulle eie dienste aanbied.
JULIE 2023 Bonsmarabul verkoop vir R4,4-miljoen Up George Bonsmaras (die Ralfefamilie) het op 7 Julie 2023 ՚n uitsonderlike 25ste produksieveiling gehou met besondere pryse wat behaal is, asook wêreldrekords wat gespat het! 74 bulle en 72 vroulike diere is aangebied en verkoop. Die bulle het verkoop teen ՚n gemiddelde prys van R202 784. Sebadja Bonsmaras: Christoff Smit, Fouché en Bertus Blignaut het Lot 8, LAR19-373, gekoop vir ՚n top prys van R4,4-miljoen. Dit is ook ՚n nuwe Suid-Afrikaanse en wêreldrekord.
18
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Hulpbronbestuur
AUGUSTUS 2023 Groot, gulsige masjiene wys hulle staal by Grootpan se stroperresies Die stroperresies op Grootpan bied elke jaar groot opwinding en ՚n lekker geleentheid om te demonstreer, te vergelyk en te spog. New Holland se CR 6.80 stroper het weggery as die wenner in die klas 6-afdeling. Case se 8250 het die klas 8-manne gewys hoe word dit gedoen.
SEPTEMBER 2023 Rekordgetal besoekers by NAMPO Kaap 2023
OKTOBER 2023 Sagtevrugtebedryf steier onder vloedramp
Altesaam 34 635 besoekers het die nat weer en sterk wind trotseer om vanjaar se NAMPO Kaap te Bredasdorp by te woon, ՚n rekordgetal teenoor verlede jaar se 32 000. Daar was 530 uitstallers in 625 uitstalruimtes, en die Voermolsaal het 60 bykomende uitstalruimtes gehad.
Die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf steier onder die impak van die oorstromings in be-langrike produksiegebiede, veral in Elgin, Grabouw, Vyeboom en Villiersdorp (EGVV), dele van die Klein Karoo en Franschhoek. Die Wes-Kaap Departement Landbou (WKDL) se aanvanklike beraming van die skade aan infrastruktuur was tussen R400- en R500-miljoen, net in die EGVV-gebied. Die sagtevrugtebedryf is die grootste landboubedryf in die streek.
Oakdale-toutrekwenners Die Hoër Landbouskool Oakdale het vir die tweede agtereenvolgende jaar as die land se Proteaspan die 560 kg-afdeling in die kategorie vir Junior Mans in Switserland gewen. Verlede jaar het hulle die gesogte titel ook in Nederland verower. Die span van twaalf seuns van die bekende landbouskool het vanaf 31 Augustus tot 3 September aan die kampioenskap deelgeneem.
Voëlgriep knou SA se pluimveebedryf Die vernietegende avian influenza (HPAI), oftewel voëlgriep, het teen ՚n ongekende spoed versprei in 2023. Daar is vanjaar reeds meer as 7,2-miljoen hoenders vankant gemaak, wat veral tot ՚n tekort aan eiers gelei het. Dit het ook prysstygings veroorsaak. Volgens woordvoerders van die bedryf is die uitbreking die ergste wat die land nog ooit getref het. Tydens die eerste uitbreking van voëlgriep in 2017 het die H5N8-virusstam gelei tot die vernietiging van sowat 2,7-miljoen hoenders, en in 2021 is nog sowat driemiljoen hoenders vankant gemaak.
Die wynbedryf het nuwe beheerligaam wat die regte van werkers bevorder Die Suid-Afrikaanse Wynbedryf Professionele Liggaam (SAWIPB), 'n eerstevan-sy-soort selfregerende organisasie, is bekendgestel. SAWIPB sal die bedryf se groei en ontwikkeling ondersteun deur professionele ontwikkeling en kennisdeling te bevorder. "SAWIPB is gestig om mense te ontwikkel en bedryfsverwante entiteite te ondersteun om maatskaplike volhoubaarheid te verseker," sê Kachné Ross, menseen vaardigheidsontwikkelingsbestuurder by South Africa Wine. Bron: https://www.bizcommunity.com/ Article/196/786/243265.html www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
19
Hulpbronbestuur
ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za
Let’s celebrate the festive season together! YOUR ONE STOP SECURITY SHOP We want to thank our loyal customers -
Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams STAFIX BRANCH LOCATIONS Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South
Centurion Durban North East London George
CCTV SURVEILLANCE TECHNOLOGY
Gaborone Harare Jet Park Kimberley
Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit
Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown
Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria
H
Mobile irrigation systems to irrigate Africa RHINO 300 4X4
HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR
CANE MASTER 300
RAINMAKER 200 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR
SPORTSMAN/ CROPMAKER 120
LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR
Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park
appy
Vryheid Windhoek West Rand
Holidays!
CLUBMAN/ FARMER 100 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR
GREENKEEPER/ FARMER 200 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR
Choose from our wide variety!
Suitable for irrigating most overhead crops | Pastures/maize/wheat/tobacco/vegetables/sugar cane etc. Head Office - Western Cape: +27 23-342-3438 Jasper Hewitt +27 (0) 82-773-7544 | jasper@rotrixafrica.co.za Andries Bothma +27(0)79-959-3356 | sales@rotrixafrica.co.za
20
ProAgri Suid-Afrika 286
Office - Gauteng: Tobie van den Heever +27 (0)82-658-6054 tobie@iunlimited.co.za
www.proagri.co.za
Dawid Rooifontein (23) is in November vereer met die toekenning vir die beste heuning by ՚n internasionale heuningskou in die Verenigde Koninkryk. Dit was die eerste internasionale heuningkompetisie waaraan hy en agt ander lede van die Wes-Kaapse Byebedryfvereniging (WKBV) op uitnodiging van die Nasionale Heuningskou in Surrey, Engeland, deelgeneem het. Die skou, wat vanjaar sy honderdste bestaansjaar gevier het, is van die mees gesogtes ter wêreld. Dawid se sitrusheuning het met die louere weggestap.
met sy broer André op verskeie plase in die streek en die boerdery word die afgelope drie jaar onder die naam Tartouwa (Edms) Bpk bedryf. Pieter hanteer die saaiboerdery bestaande uit koring, kanola, ander peulgewasse, hawer en gars op ՚n rotasiegrondslag, asook die geldsake en administrasie, terwyl André die vee-afdeling, bestaande uit Brangus-vleisbeeste en Merino-skape, hanteer.
2023 finale sitrusuitvoersyfers: Laer as voorspelde groei In die 2023-uitvoerseisoen het SuiderAfrikaanse sitruskwekers 165,1-miljoen vyftienkilogramkartonne gepak vir lewering aan wêreldmarkte. Hoewel dit 'n toename van sowat 800 000 teenoor verlede jaar is, is dit steeds 500 000 kartonne minder as die voorspelling aan die begin van die seisoen. Dit is ook aansienlik laer as die verwagte groeikurwe wat gegrond word op aanplantings. Volgens die verwagting kan die bedryf moontlik in die volgende vier jaar 200-miljoen kartonne per jaar bereik en teen 2032 tot soveel as 260-miljoen kartonne. Die laer as verwagte groei beklemtoon dat produsente 'n aantal uitdagings in die gesig staar om hulle vrugte by die sleutelmarkte uit te kry.
WRSA se Wildboer van die Jaar
Graan SA se Graanboer van die Jaar Pieter de Jager van Albertinia in die Suid-Kaap is aangewys as Graan SA se Graanboer van die Jaar. Hy boer saam
Tienie Bamberger is pas aangewys as Wildlife Ranching South Africa (WRSA) se Wildboer van die Jaar. Hy het Warthog Safari’s van ՚n wildsplasie van minder as 200 ha op ՚n taai begroting oor twintig jaar ontwikkel in verskeie wildsplase van meer 10 000 ha wat vandag al die aspekte van die wildwaardeketting benut.
Kersfe KersfeesE N N U W E J A A R S B OO D S K A P:
ProagriMedia en Agri4all wens al ons getroue lesers en deelnemers aan ons koop-en-verkoop-platforms ՚n geseënde Kersfees toe saam met julle geliefdes en ՚n voorspoedige 2024. Mag julle genoeg reën kry, die hoogste opbrengste ooit meet, die beste bul hê, die hardwerkendste toerusting wat nie breek nie en geen beurtkrag nie! Mag julle tegnologies net meer vooruitgaan en al julle drome waar word. Dankie vir elke skou, veiling en plaasbesoek waar ons die voorreg het om boerdery uit julle oë te aanskou. Dankie vir julle ondersteuning en vertroue in ons om julle stories te vertel. Ons sien uit na nog baie in 2024. Sonder boere en die landboubedryf het ons niks om oor te skryf nie en ook nie kos om te eet nie.
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
21
Hulpbronbestuur
NOVEMBER 2023 Beste heuning by internasionale heuningkompetisie
Hulpbronbestuur
10034997
10034997
Commercial Ban Commercial Banking
Make Make Nedbank Agriculture Nedba your next your big move. next bi
Nedbank Agriculture Nedbank has the knowledge and expertise Agriculture ha to guide you to through the guide opportunities and challenges you through the your agribusiness your experiences.agribusiness Our team offers expe innovative, specialised a innovative, specialised and sustainable solutions to support your growth. to support your growth.
bigger . Think Ned Think bigger.Think Think Nedbank Commercial Banking.
For more information For about more our solutions, information ab scan the QR code. scan the QR code.
Ne dba Ltd Reg o 1 951 /0 0 0 0 0 9/0 6 . Lice n se d fi n a n cia Nedbank Ltd Reg No 1951/000009/06. Licensed financialnk services and registered credit providerN (NCRCP16). T&Cs apply.
22
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
GRAIN
Hulpbronbestuur
DELIVERING CUSTOM FULL-SYSTEM SOLUTIONS
FEED
FERTILIZER
RICE
STORAGE | HANDLING | PROCESSING | DIGITAL
EXPERIENCE THE DIFFERENCE
Contact us at emea@aggrowth.com aggrowth.com/emea
www.proagri.co.za
@AgGrowthIntl | @AGI EMEA
ProAgri South Africa 286
23
Hulpbronbestuur
Modderbult-boerdery wen met AGI se bergingsoplossings deur Bianca Henning
Modderbult-boerdery spog nou met twee splinternuwe AGI-silo’s vir die berging van sojabone en mielies.
M
odderbult-boerdery is ՚n welbekende naam in Suid-Afrika en die onderneming se sukses is oor geslagte gebou. Die pa-en-seun-boerderyspan met Pieter Brits en sy seun Dawie boer al amper 20 jaar saam in die Balfourdistrik op die Oostelike Hoëveld. Pieter het op die plaas grootgeword en saam met sy pa begin boer tot hy oorgeneem het, en sy seun Dawie volg nou dieselfde pad. Modderbult-boerdery se pluimveeafdeling bestaan uit vier-en-twintig hoenderhuise wat elk sowat 44 000 braaikuikens huisves. Hulle verbou ook mielies en sojabone op die plaas en het 'n beesvertakking. Pieter vertel: “Ons het hoofsaaklik met ՚n mielieboerdery begin en oor die jare uitgebrei met sojabone en beeste. As gevolg van grondskaarsheid hier in ons omgewing het ons besluit om verder uit te brei met pluimvee, wat vandag ՚n groot deel van ons onderneming uitmaak. “Ek is baie opgewonde oor die toekoms van Modderbult. Dit is lekker om te weet dat die volgende jong geslag gaan oorneem. Die nuwe planne, idees en voorstelle waarmee Dawie na die tafel toe kom is baie waardevol. Jy weet, ons ouer geslag boere dink nie meer so uit die boks nie; net as ek dink ons het nou die kruin bereik, kom Dawie met idees met ՚n hele nuwe uitkyk op die boerdery en ek is baie opgewonde oor die toekoms," sê Pieter.
24
ProAgri Suid-Afrika 286
Aan die begin van 2021 het Pieter en Dawie die behoefte gesien om hulle eie graansilo's op die plaas op te rig. Hulle vertel dat vervoer en brandstofkostes heen en weer na die silo’s hulle begin knou het. “Ons grootste uitdaging was die vervoerkostes na die silo’s, die trekkers op die pad, die aftrekkings en om alles in werksure in te pas,” voeg Dawie by. “Nadat ons verskeie verskaffers oorweeg het, het AGI se toerusting vir ons uitgestaan bo die res. As jy kyk na dit wat aangebied word, die AGI-span se toewyding, die fisiese toerusting, die manier hoe dit gebou en opgerig word en natuurlik die prys wat ՚n groot rol speel, was AGI duidelik die antwoord,” verduidelik Dawie. Wanneer dit by landbou-oplossings kom, soek boere meer as net 'n verskaffer. Hulle wil iemand hê met wie hulle kan saamwerk, ՚n pad mee kan stap en wat hulle kan help om hulle sakedoelwitte makliker en doeltreffend te bereik. Dawie vertel: “Ons het die planne in ons kop gehad en AGI het die hele prentjie in perspektief vir ons ingekleur en toe maak dit alles vinnig sin. Om die som op papier te sien en die risiko’s en wins teen mekaar op te weeg, dit maak die groot verskil en hier is waar ons juis aanklank by die AGI-span gevind het. “Ons het vooraf ondersoek ingestel oor presies wat ons behoeftes was, wat ons nodig gehad het in die boerdery en hoe vinnig ons moes in- en uitlaai, en die silo’s is daarvolgens ontwerp en opgerig. Ons het gekyk wat die kapasiteit van ons stroper is en hoe vinnig ons aflaai, asook wat nodig is as ons
van ons bure en ander boere in die omgewing ook wil akkommodeer.” Dawie verduidelik: “Na afloop van die beplanning en koppe bymekaarsit met die AGI-span het ons besluit om 2 x 2 500 ton silo's op te rig en later uit te brei met nog 2 x 5 000 ton silo's. Hierdie opbergingsfasiliteit is beplan en opgerig om verskeie gewasse te hanteer." Dit sal Modderbult se opbergvermoë dus tot 15 000 ton verhoog. “Die oprigting van hierdie silo’s gaan dinge vir ons boerdery soveel makliker en doeltreffender maak, aangesien ons kan lewer wanneer ons wil lewer, veral met ons sojabone. Sojabone het nie tyd nie, wanneer hulle gestroop moet word, moet hulle gestroop word, so met ons eie silo’s kan ons aflaai wanneer en hoe dit ons pas,” voeg hy by. Die stelsel is ontwerp en opgerig sodat ons gelyktydig kan in- en uitlaai teen 120 ton per uur. Die hanteringstoerusting sluit ook in die gewilde AGI MPL 120-voorreiniger-skoonmaker, wat beteken dat ons nou ons eie graan kan sif en 'n beter produk kan berg en lewer aan ons kliënte. Dit stel ons ook in staat om ons neweprodukte en sifsels vir ons beeste te voer. “Ons het baie aanklank gevind by AGI se gehalte produkte en die advies van die span. Ons kom nou al ՚n lang pad saam met Dwight Botha, AGI se verkoopsbestuurder van Suid-Afrika. Dit is lekker om saam met ՚n bekwame span te werk wat jou behoeftes verstaan en die pad saam met jou wil stap, en wat ՚n volledige reeks produkte en dienste met moderne tegnologie bied. Wanneer ek www.proagri.co.za
Pieter en Henrihet Brits, saam met hulle seun, Dawie.
Die AGI-en Modderbult-span: Cristiano Carpin, senior vise-president van AGI vir EMEA, Dwight Botha, AGI-verkoopsontwikkelingbestuurder vir Oos Afrika, Dawie en Pieter Brits van Modderbult-boerdery en Willie Coetzee, AGI-verkoopsbestuurder vir Sub-Sahara Afrika.
Albei silo’s is toegerus met geoutomatiseerde temperatuurwaarnemingstelsels wat konstant die binne temperatuur van die silo's reguleer.
gevra het vir veranderinge, het hulle dit met groot graagte vir ons gedoen en deurgevoer. Hulle het gelewer wat hulle gesê het hulle gaan lewer,” deel Dawie.
"Ons sal in die toekoms niemand anders as AGI gebruik nie." Dwight sê: “Ek glo en vertrou dat die voordeel en waardetoevoeging van die opbergingsfasiliteit by Modderbult boer-dery 'n enorme bydrae sal lewer tot Modderbult se sukses. Ons by AGI fokus daarop om oplossings aan ons kliënte te bied, eerder as net produkte, en dit is pasmaak-oplossings volgens kliënte se unieke behoeftes. Ons het ՚n toegewyde span in Afrika en ons verstaan die behoeftes en toestande van kliënte.” “Familieboerdery is die toekoms van landbou in Suid-Afrika, maar dit is nie altyd so maklik soos wat almal dink nie. Baie mense kom op die plaas en sien net die mooi en die lekker, maar boerdery bly ՚n uitdaging en harde werk. Boerdery is nie net ons voorliefde nie, maar ook 'n roeping en ons liefde, en wat 'n ongelooflike voorreg om dit www.proagri.co.za
Die silo’s spog ook met die AGI MPL 120 ton per uur voorreiniger-skoonmaker.
Die verkoopspan van AGI, Willie Coetzee, verkoopsbestuurder vir Sub-Sahara Afrika en Dwight Botha, verkoopsontwikkelingbe-stuurder vir Oos Afrika, is slaggereed om jou by te staan met jou volgende silo-projek. Gee jou boerdery ‘n hupstoot en kontak hulle vandag nog!
Vertrou op die AGI-voordeel vir jou volgende projek. Besoek AGI se webwerf by https:// www.aggrowth.com/ of kontak Willie by (+27)71-633-5365 of Dwight by (+27)74-700-2738.
Modderbult-boerdery se AGI-opberingseenheid: • •
• • • •
2 x 2 500 platboom silo's AGI se kommersiële hanteringstoerusting gegradeer teen 120 ton per uur hanteringsvermoë AGI MPL 120-voorreinigerskoonmaker Inlaai: 120 ton per uur Uitlaai: 120 ton per uur Ten volle geoutomatiseerde temperatuurwaarnemingstelsel vir die binne temperatuur van die silo's
ProAgri South Africa 286
25
Hulpbronbestuur
van een geslag na die volgende te kan oordra," vertel Dawie. “Ek het twee seuns en dit is vir my so lekker om te sien hoe geesdriftig hulle ook oor die plaas en die boerdery is en ek kan hulle ook in die toekoms sien boer. Dit is lekker om die liefde van jongs af in hulle ook te kweek, wat dit soveel makliker maak om die familieboerdery te laat voortleef, en dit maak my opgewonde oor die toekoms om te weet dat hulle eendag in die familie se voetspore volg,” sluit Dawie af. Wat AGI van hulle mededingers onderskei, is hulle verbintenis tot ՚n vennootskap met hulle kliënte. AGI is toegewyd tot die kliënte en bewys dit deur kliënte by te staan van die aanvanklike ontwerp en vervaardiging, tot die finale installasie.
ONS IS SLIM
MIELIES
Ons mieliekultivars is ontwerp met dieOns plaaslike produsent mieliekultivars in gedagte. Ons seleksie is gemik op nasionale geografiese liggings gemik sowel as besproeiingsop en kuilvoergefokusde nasiona saadprodukte. Maak jou keuse uit meer as 48 wit- en saadprodukt geelmieliesaadbasters.
Besoek ons webtuiste
TM ® SM
26
ProAgri Suid-Afrika 286
Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en sy geaffilieerde maatskappye. © 2023 Corteva
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Hoë temperature verhoog waterspanning by mielies deur Roelof le Roux, Pioneer Landboukundige
•
Hoë temperature kan mielies regstreek raak deur fotosintese te verminder asook bestuiwing te beperk. Die groter impak kom egter by die interaksie tussen oormatige hitte en waterspanning in die tyd. Hoër temperature skep 'n hoër dampdruktekort tussen die versadigde blaar se binnekant en die omringende lug buite die blaar.
•
Solank die vog in omringende lug rondom ՚n blaar minder as 100% is sal dit vog uit die blaar onttrek deur transpirasie. Hoe groter die DDT tussen die binnekant van die blaar en die omgewing is, hoe vinniger sal die vog uit die blaar onttrek word. Temperatuur is belangrik tot die verhouding, want DDT verhoog eksponensieel met temperatuurtoename. Dit is ook die geval al bly die relatiewe humiditeit konstant (figuur 1).
Kernpunte: • • •
•
Hoër temperature veroorsaak dat die transpirasiespoed van plante verhoog en dit het weer ՚n groter aanvraag na grondwater tot gevolg wat vinniger lei tot droogtespanning op die plante. Die verhoogde watervraag onder uiterste hitte is aansienlik – indien die temperatuur van 27 tot 35 °C verhoog, veroorsaak dit dat die wateraanvraag verdubbel. Mielies onder spanning beskerm hulleself deur hulle huidmondjies toe te maak. Dit bewaar vog ten koste van CO2-inname wat nodig is vir fotosintese. Bogenoemde het tot gevolg dat die transpirasiespoed van plante verhoog en dit het weer ՚n groter aanvraag na grondwater tot gevolg wat vinniger lei tot tekens van droogtespanning by plante.
Dampdruktekort (DDT) •
• •
Dampdruktekort (DDT) kombineer relatiewe humiditeit (RH) en temperatuur tot ՚n enkele veranderlike om die verdampingspotensiaal van die atmosfeer te verduidelik. Die ruimte binne die blaar word aanvaar as 100% versadig met water. Waterdamp beweeg van ՚n gebied met ՚n hoër konsentrasie na ՚n gebied met ՚n laer konsentrasie.
Mielies se reaksie tot hoër DDT
Mielies reageer op hoër DDT deur hulle huidmondjies te sluit. Dit help vog bewaar vir periodes waarin die verdampingsaanvraag minder is (figuur 2). Huidmondjies wat toe is lei tot laer fotosintese asook vermindering in CO2. Plante ontwikkel stadiger gedurende die tyd wat huidmondjies vir langer gesluit is.
7 6
Dampdruk (kPA)
Ekstreme hitte verhoog waterspanning
3 2
0 °C -5
0
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
Temperatuur
Figuur 1: Dampdruk van water by relatiewe humiditeit en temperatuur. Soos temperatuur verhoog, verhoog die verskil in dampdruk tussen die binnekant van blare en die omliggende omgewing.
Ekstreme temperature verhoog DDT • •
•
Huidmondjiekanale
Mielies onder erge droogtespanning.
4
1
•
Figuur 2: Huidmondjies en huidmondjiekanale. Huidmondjies sorg vir die verwisseling van water en CO2 tussen die blaar en die atmosfeer. Huidmondjiekanale dien weer as roetes waar water in waterdamp verander en na die atmosfeer verdamp.
5
•
Die verhoogde wateraanvraag is substansieel meer by hoër temperature. Die verhoogde watervraag onder uiterste hitte is aansienlik – indien temperatuur van 27 tot 35 °C verhoog, veroorsaak dit dat die wateraanvraag verdubbel (Lobell et al., 2013). Die skade wat veroorsaak word deur uiterste hitte kan gedeeltelik oorkom word deur bykomende besproeiing te gee, maar nie geheel uitgeskakel word nie (Robberts et al., 2013). Lobell (2013) het die invloed van ՚n 20% vermindering in reënval oor ՚n maand en ՚n 2 °C verhoging in temperatuur oor dieselfde maand op die spanningsvlak van mielies vergelyk. Sy bevinding was dat ՚n 2 °C verhoging in temperatuur tot meer spanning by die plante gelei het as ՚n 20% vermindering in reënval. Daar is ook gevind dat seisoenale reënval minder korrelasie met uiteindelike opbrengs gehad het as wat algemeen aanvaar word. Om aan die plant se aanvraag te voldoen oor die seisoen wanneer dit benodig word is belangriker.
Vir meer inligting oor Pioneer se navorsing en produkte, besoek www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com. www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
27
Gewasproduksie
MAAK JOU BOERDERY DROME ’N REALITEIT
Met vindingryke finansieringsoplossings vir jou nuwe Agrico spilpunt besproeiingstelsels. ☑ Dit is maklik om aansoek te doen. ☑ Jy geniet voorkeurrentekoerse. ☑ Finansier tot 100% van die koste van jou spilpuntbesproeiingstelsel. ☑ Beskikbaar vir alle Agrico-klante. ☑ Buigsame terugbetalingsopsies van tot 10 jaar.
Agrico en Nedbank deel ’n diep verbintenis tot die ondersteuning van die landbousektor as ’n sleutelbydraer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit is hoekom ons hande vat om finansieringsoplossings te bied vir jou nuwe spilpuntbesproeiingstelsel. Dit is maklik om aansoek te doen. Kontak jou naaste Agrico-tak en gesels met ’n Agricoverteenwoordiger wat vir jou meer inligting sal gee. *Terme en voorwaardes geld.
28
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Groentetuin vir beginners deel 6: Goeie grond is belangrik deur Tisha Steyn
I
n die vorige hoofstuk het ons gepraat oor die beskikbaarheid van water, watter invloed die gehalte van water op jou groente het, en wanneer die beste tye is om water te gee. Ons het genoem dat goeie grond beter water hou. Maar wat is goeie grond? Vrugbare grond is die sleutel tot sukses. Arm grond sal lei tot plante wat swak groei en dra en vatbaar is vir siektes. Grond wat met humus (kompos, mis en ander organiese materiaal) verryk is, sal lei tot gesonde plante wat ՚n goeie oes lewer en weerstand teen siektes bied. Grond met baie organiese materiaal behou grondvog en bly langer klam, wat veral belangrik is om water te bespaar en te verseker dat jou plante ՚n beter kans op oorlewing het in droogtetye.
Deur baie organiese materiaal in sand- of kleigrond in te werk kan jy goeie tuingrond skep wat goed dreineer en ryk is aan voedingstowwe.
Geskikte grond
deur Tisha Steyn
www.proagri.co.za
Goeie grond behou vog, terwyl dreinering van oortollige water moontlik gemaak word. Daar is verskillende soorte grond, maar 'n mengsel van sanderige leem is die beste vir albei doeleindes. Moenie moed verloor as jy met sand of klei vassit nie, want jy kan dit regmaak deur organiese materiaal soos kompos of deklaag by te voeg. Soos baie ander plante, hou die meeste groente nie daarvan om nat wortels te hê nie. Wanneer die grond langer as 'n dag of twee versuip, kan die wortels nie voedingstowwe absorbeer nie weens 'n gebrek aan suurstof en die wortelpunte begin afsterf. Om dieselfde rede, kies 'n plek wat nie elke keer as dit reën sal oorstroom nie. As jy nie geskikte grond op 'n sonnige plek in jou tuin het nie, kan jy verhoogde beddings bou. Die grootste voordeel hiervan is dat jy nie rugbreekgrawe hoef te doen om ongeskikte rotsagtige of kleigrond te verwyder nie, want jy vul eenvoudig die verhoogde beddings met die beste grond wat jy kan kry. ProAgri South Africa 286
29
Gewasproduksie
Tipes grond Daar is drie tipes grond, naamlik klei-, sand- en leemgrond. Leemgrond wat uit klei en sand bestaan wat ryk is aan organiese materiaal, is die ideale tuingrond. Omdat dit brokkelrig is, is dit maklik om mee te werk, want dit is ryk aan voedingstowwe en dreineer goed. Leemgrond kan egter kompakteer as dit te veel water kry of as jy in jou beddings trap. Sanderige grond voel grinterig en maak nie modder nie. Dit dreineer goed, wat vog en voedingstowwe laat uitloog wat daartoe lei dat jy die groente meer dikwels moet water gee en voed. Dit verhoog egter ook die suurgehalte van die grond. Omdat die sandgrond goed dreineer is die plante minder vatbaar vir siektes soos veral wortelvrot. Kleigrond is swaar en jy kan dit in ՚n bol rol. Dit is van nature vrugbaar en het goeie waterhouvermoë. Dit het dus minder water en bemesting nodig. Maar dit kan baie dig wees en nie goed dreineer nie, veral as dit brak (alkalies) is. 30
ProAgri Suid-Afrika 286
Grond met organiese materiaal is ryk aan voedingstowwe wat nodig is om groente gesond te laat groei en ՚n goeie oes te lewer. Dit is ook moeilik om te bewerk, want in die reënseisoen raak dit deurdrenk, terwyl dit in hoë temperature kliphard bak. Al genade is om dit in die lente, wanneer dit nie te nat of droog is nie, op te breek en baie organiese materiaal in te werk. Sand- en kleigrond kan verbeter word tot leemgrond deur organiese materiaal soos humus by te voeg. As jy boonop ՚n laag molm bo-oor strooi, verhoed jy verlies aan vog weens
verdamping en jy hou onkruid in toom. Die molm breek geleidelik af en verskaf voedingstowwe aan die plante. Definisies Humus is ՚n mengsel van kompos, mis en ander organiese materiaal. Kompos is organiese materiaal wat afgebreek is. Molm is organiese materiaal wat nog nie afgebreek is nie.
Molm bo-op ՚n bedding kan verhoed dat grondvog vinnig verdamp. www.proagri.co.za
Verhewe beddings
Gewasproduksie
As jy raadop is met arm grond of swak dreinering kan jy voorafvervaardigde verhewe beddings van hout of ander materiaal met goeie grond vul en jou groente daarin plant. Jy kan eintlik enige houer gebruik solank dit diep genoeg is vir die groente se wortels. ՚n Verhewe bedding kan ook op grondvlak gemaak word. Meet jou bedding uit: Hoe lank dit sal wees hang af van hoeveel plek jy het, maar dit is wys om die bedding net wyd genoeg te maak sodat jy die hele bedding van een of albei kante af kan bewerk sonder om in die bedding te trap. Woel die sanderige of kleigrond om en plaas ՚n laag karton of koerantpapier daarop. Die karton keer dat onkruid opkom en dit vergaan met verloop van tyd sodat die wortels daardeur kan groei tot in die grond onder die bedding. Moenie verglansde, kleurryke advertensie-blaaie gebruik nie. Gooi sowat 12 cm verrykte grond boop die karton en erd die rande netjies op. Jy kan houtstompe, bakstene of betonblokke rondom die bedding plaas om dit netjies te hou.
Gesonde, ryk grond sorg vir gesonde plante wat weerstand teen siektes bied.
Molm van dennenaalde kan die suurinhoud van die grond stelselmatig verbeter
Die gehalte van sand- en kleigrond kan verbeter word deur organiese materiaal soos humus, bestaande uit kompos, mis en ander organiese materiaal, by te voeg.
Moenie grond, en veral kleigrond, omspit wanneer dit baie nat of baie droog is nie, want dit kan die grond se struktuur verder beskadig. En dit is harde werk.
Suurgehalte van die grond
spoorelemente nie opgeneem nie en die plant sukkel maar om te groei. Om dit suurder te maak, kan blomswael of ammoniumsulfaat bygevoeg word. As dit te alkalies is, kan fyn kalksteen of dolomiet ingemeng word. Gebruik ՚n pH-toetsstelletjie wat by kwekerye beskikbaar is om die suurgehalte te toets, of laat dit by ՚n laboratorium toets. Laasgenoemde kan ook riglyne gee van hoe die suurgehalte reg gedokter kan word sodat jy nie verder hoef te raai nie.
Die hoeveelheid kalk of kalsium in die grond bepaal hoe suur of alkalies die grond is. Dit word op die pH-skaal van 1 (baie suur) tot 14 (brak of baie alkalies) gemeet. Die meeste groente en vrugte verkies ՚n neutrale pH van sowat 7. Te veel suur in die grond beïnvloed wortelgroei, wat lei tot swak opname van voedingstowwe en ՚n swak oes. As die grond te alkalies is, word fosfaat en www.proagri.co.za
As die grond in jou tuin arm is, kan jy groente in verhewe beddings soos hierdie houtbakke plant wat maklik is om te bewerk.
Bronverwysings Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press Moore-Nöthnagel, B. (2019) Gesonde tuingrond verseker gelukkige plante. Netwerk24 https://www.netwerk24.com/tuis/ Tuine/gesonde-tuingrond-verseker-gelukkige-plante-20180618
ProAgri South Africa 286
31
Gewasproduksie 32
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
T
he South African macadamia industry stands at a crossroads, navigating a transformative journey spurred by the ripple effects of the COVID-19 pandemic and subsequent global economic shifts since 2022. Amidst these challenges, our nation’s macadamia farmers find themselves at a precarious juncture, grappling with diminished returns, escalating input costs, and a shifting market landscape, particularly in our key market, China. Recognising the urgency and gravity of the situation, Macadamia Services Management (MSM) emerges as a beacon of hope for the industry. Founded by industry stalwart and managing director, Cobus Kok, MSM is set to revolutionise the macadamia sector with innovative marketing strategies and comprehensive support services tailored to empower both farmers and processors. Cobus Kok, drawing on his extensive background as a macadamia farmer and processor from a generational lineage deeply rooted in the industry, identifies two pivotal challenges that demand immediate attention: the need to process a larger percentage of harvested macadamias and to diversify product offerings across premium international markets. Scheduled for launch on 15 February 2024, at the Church Unlimited auditorium in Nelspruit, Macadamia Services Management unveils a bespoke cutting-edge online trading platform. This platform
www.proagri.co.za
serves as a nexus for verified sellers and buyers, ensuring supply reliability while fostering a fair legal environment that protects sellers’ interests. Cobus and his team will celebrate a significant achievement as the event signifies more than just a timely intervention; according to him, it represents a paradigm shift. He says: “Contrary to the prevailing narrative of consolidation and dwindling participation, we advocate for increased collaboration among producers and processors. Our goal is to collectively supply a greater volume of quality macadamia products to a diverse array of markets.” In response to the evolving industry dynamics, Cobus emphasises the importance of adopting a forward-thinking approach. “We believe that by addressing these fundamental issues, we can transform the recent period of turmoil into an opportunity for positive change,” he states. Cobus explains: “Our online trading platform, as successfully implemented by others in various agricultural sectors, promises reduced marketing and sales costs, transparent transactions with full disclosure of price, volumes, and trends. Moreover, it advocates for lower retail prices and higher farmgate prices by – typical to platform economies – narrowing the farm-to-retail-price-spreads (FTRPS).”
Article supplied Beyond the trading platform, MSM commits to providing specialised support services to processors and their farmer suppliers, facilitating adherence to stringent food safety, quality, and sustainability standards demanded by the market. Processors engaging with the platform will gain access to a spectrum of additional services, including legal counsel, engineering expertise, logistics support, specialised cultivation services, and marketing extension services. “This is a call to hope – recognition that our farmers, the backbone of this industry and its global marketing prowess, require a solution now,” he declares. “Our vision is a future propelled by quality, investment, and innovation, steering away from the perils of poor production rewards and distribution consolidation similar to the Cashew industry case.” As the launch date approaches, Cobus extends an invitation to farmers and processors whom they already engaged, urging them to attend the event and deliberate the transformative potential that the Macadamia Services Management Company holds for their futures. For more information contact Macadamia Services Management (MSM) on +(27)71-602-3251 or visit their website at www.macsm.org
ProAgri South Africa 286
33
Gewasproduksie
Hope for the farmer: Msm’s new online trading platform launches February 2024
Gewasproduksie 34
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Meer mense honger teen 2025 deur Tisha Steyn
Inwoners van talle lande in Afrika en Asië het nie voedselsekerheid nie. (Bron: Pixabay)
B
ykans die helfte van Suid-Afrika se bevolking gaan teen 2025 nie weet waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Volgens die bevinding van die Shoprite-groep, wat op Wêreldvoedseldag sy voedselindeks vrygestel het, sal 48,96% van die mense in Suid-Afrika teen 2025 nie genoeg kos hê om te eet nie. Die indeks is saamgestel uit inligting van die World Data Lab wat gebruik word om voedselsekerheid in die toekoms te voorspel. Hoewel die prentjie beslis nie rooskleurig is nie, blyk dit dat dit effens beter gaan met Suid-Afrikaners as in 2020 toe COVID-19 se inperking op sy kruin was en toe 52% van die bevolking voedselonsekerheid ervaar het. Volgens die indeks sal Limpopo met 54% die slegste daaraan toe wees, gevolg deur KwaZulu-Natal (53%), Noordwes (53%) en die Noord-Kaap (52%), Gauteng (47%) en die WesKaap (41%). In sommige provinsies sal meer mense in landelike gebiede geraak word, maar in ander provinsies sal stedelinge honger ly. Die vlak van voedselonsekerheid hang ook af van die persentasie mense in die stede of op die platteland. In die Oos-Kaap se landelike gebiede gaan daar 59% honger mense wees, vergeleke met die 13% honger mense in landelike gebiede in die Wes-Kaap, waar meer honger mense (87%) in die stede sal voorkom. Die Shoprite-groep het die navorsing www.proagri.co.za
laat doen om die aandag te vestig op maniere hoe voedselsekerheid teen 2030 in ooreenstemming met die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte kan wees.
Sanjeev Raghubir, Shoprite se hoof vir volhoubaarheid en korporatiewe maatskaplike besteding. (Bron: Shoprite Groep)
Elke bietjie help
Sanjeev Raghubir, Shoprite se hoof vir volhoubaarheid en korporatiewe maatskaplike besteding, sê die syfers is onaanvaarbaar hoog en te min mense raak beter daaraan toe. Oor twee jaar gaan bykans die helfte van die bevolking honger slaap. Volgens die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie (VLO) is dit makliker om te sorg dat mense kos het as om die probleme wat deur hongersnood veroorsaak word op te los. Buiten maatskaplike onstabiliteit strem dit ook die fisiese en verstandelike ontwikkeling van kinders, wat uiteindelik bydra tot die armoede- en hongersiklus. Volgens Sanjeev gaan oplossings nie net daaroor om geld te skenk nie; daar is ander maniere om te help soos om ՚n kostuin te begin of ProAgri South Africa 286
35
Gewasproduksie
in ՚n sopkombuis te help. “Selfs klein ingrypings kan ՚n verskil maak.” Shoprite het verskeie projekte wat help om honger te verlig. Skenkings van R5 per persoon aan die Act For Change Fund by winkels van Shoprite, Checkers en USave word deur middel van goedgekeurde hulporganisasies soos Rise Against Hunger en Meals on Wheels versprei. Die winkelgroep het al R50-miljoen bestee aan 215 kostuine in die land en nog sewe in ander Afrikalande. Die kostuine het gehelp om meer as 61 000 mense se hongerpyne te stil. Shoprite het ook reeds surplus kos ter waarde van R226-miljoen, wat vir 67-miljoen maaltye betaal, aan gemeenskapsvennote in Suid-Afrika en elders op die vasteland geskenk. Voorts word ook 114 kinderontwikkelingsentrums ondersteun waar 1,1-miljoen voedsame etes aan 7 287 kinders verskaf is. Vir baie kinders is
Hoekom honger?
Dit is maklik om te verstaan hoekom baie mense nie weet waar môre se brood vandaan gaan kom nie as die gebrek aan ekonomiese groei, die enorme werkloosheidsyfer en maatskaplike toelaes wat aan miljoene mense uit die belastingbetaler se sak betaal word, in ag geneem word. Baie meer mense moet deel in die koek wat nie groot genoeg is nie. Volgens Statistiek SA se jongste 2022-sensus het Suid-Afrika se bevolking van 51,7-miljoen in 2011 aangegroei tot 62-miljoen. Dit is ՚n toename van sowat 20% oor tien jaar en verteenwoordig ՚n toename van 1,8% per jaar, terwyl die ekonomie die afgelope 10 jaar met net 1% gegroei het. Die werkloosheidsyfer was in Mei 32,7%, wat neerkom op 7,8-miljoen mense. In Maart vanjaar het Sassa (South African Social Security Agency) bekend Honger gaan gepaard met werkloosheid wat onder meer lei tot gebrekkige ekonomiese groei in die land. (Bron: Pixabay) die siekte te stuit. Dit lei tot tekorte en hoër pryse. Die gevaarlike H5N7-voëlgriep wat tot ՚n verwoestende uitbreking in die noordelike provinsies gelei het, het intussen ook na die Wes-Kaap versprei.
Kostuine keer die honger weg
Veral kinders in geweldgeteisterde, arm gemeenskappe oral in die wêreld ly dikwels honger. (Bron: Pixabay) die kosprogramme by skole die enigste voedsame maaltyd wat hulle kry. Sedert 2016 verkoop Shoprite brode, en sedert 2017, ook wegneemetes teen R5 stuk. “Ons is besig om ons pogings teen honger te verskerp, maar ՚n gesamentlike poging deur landbou, vervaardigers, handelaars, die regering, nie-regerings-organisasies en enigiemand anders nodig. Om honger te bestry is nie net die regte ding om te doen nie, dit help ook om ons toekoms te verseker,” sê Sanjeev. 36
ProAgri Suid-Afrika 286
gemaak dat meer as 18-miljoen mense maatskaplike toelaes ontvang. Dit is sowat 47% van die bevolking.
Voëlgriep
Om sake te vererger is een van SuidAfrikaners se goedkoopste bronne van proteïen bedreig deur die ergste uitbreking van voëlgriep ooit wat daartoe gelei het dat miljoene hoenders vankant gemaak en eiers vernietig moes word om die verspreiding van
In die Wes-Kaap het die landbouminister, dr Ivan Meyer, in Oktober tydens Voedselsekerheidsmaand die skep van kostuine aangemoedig. Die tema van die program is “Water is kos, water is lewe. Laat niemand agter nie”. Volgens dr Meyer bly dit een van die provinsie se grootste uitdagings om voedsel-onsekerheid en wanvoeding te bestry. Altesaam 123 huishoudings in Kranshoek, Crags, KwaNokuthula, New Horizon en Wittedrift het voordeel getrek uit die departement se One Home, One Garden-inisiatief. “Dit is ՚n doelgerigte poging om weg te beweeg van kospakkies, wat nie volhoubaar is nie, deur eerder huishoudings te motiveer om hulle eie kostuine aan te lê.” Gesinne in die gebiede wat aan die projek deelneem het die basiese toerusting ontvang om ՚n kostuin aan te lê. Hulle sal ook opleiding ontvang oor watter kossoorte die beste aard en hoe dit gekweek moet word, asook inligting oor pes- en plaagbeheer. Sodra die krisis rondom voëlgriep opgelos is, sal nog sewe huishoudings elk tien lêhenne, ՚n hokkie en genoeg hoenderkos vir drie maande ontvang. Die projek het ten doel om seker te maak dat die gesinne deurlopend www.proagri.co.za
Gewasproduksie
Wanneer daar nie genoeg kos is nie of wanneer dit te duur is, is veral haweloses, bejaardes, vroue, kinders en gestremdes kwesbaar. (Bron: Pixabay)
Burgemeesters Memory Booysen (links) en David Swart (regs) saam met dr Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van Landbou, tydens ՚n besoek aan ՚n kostuin in Kranshoek, Plettenbergbaai in die Suid-Kaap. (Bron: Wes-Kaapse Departement van Landbou)
Burgemeester David Swart en dr Ivan Meyer luister wat Nettie Gladstone oor haar kostuin te vertelle het. (Bron: Wes-Kaapse Departement van Landbou) www.proagri.co.za
genoeg bekostigbare kos tot hulle beskikking sal hê. Gemeenskapstuine is ook by Kranshoek Primêr, die Immanuel-kerk in Crags, en die Phakamisani Primêre Skool in KwaNokuthula aangelê. Hulle is ook voorsien van infrastruktuur, toerusting, produksie-insette en opleiding. Die departement het voorts ook die Food Mountain-veldtog begin wat kos ingesamel en oorhandig het aan verskeie nie-regeringsorganisasies en organisasies sonder winsbejag. Dit is by sopkombuise en kleuterskole in die gebiede uitgedeel. Voorkeur is verleen aan organisasies wat kinders, vroue, bejaardes en gestremdes ondersteun. “Honger is een van die onwaardigste lydings waaraan ՚n mens onderwerp kan word,” het dr Meyer gesê. “Ek moedig gemeenskappe aan om hulle eie kostuine aan te lê om vars, gesonde kos vir hulle gesinne te kweek.” Hy het die inwoners ook gemaan om water spaarsamig te gebruik. “Oes reënwater vir julle tuine, dan is julle nie van munisipale water afhanklik nie. Onthou julle het water vir julle tuine nodig – water is lewe, water is kos.”
Food Mountain: ՚n Berg kos is deur vrywilligers ingesamel vir verspreiding aan behoeftige gemeenskappe in die Plettenbergbaai-omgewing. (Bron: Wes-Kaapse Departement van Landbou)
Onder- en wanvoeding het ՚n invloed op die fisiese en verstandelike ontwikkeling van kinders en kan tot vetsug en suikersiekte in volwassenes lei. (Bron: Pixabay)
Du Plessis, J. (2023) Werkloosheid in SA ‘n ‘nagmerrie’ (Maroela Media) https://maroelamedia.co.za/ nuus/sa-nuus/werkloosheid-insa-nagmerrie/ Kruger, A. (2023) A population of 62m (poorer) people. (2023) Moneyweb https://www.moneyweb.co.za/ news/economy/a-populationof-62m-poorer-people/ Matshoba, A. (2023) About half of SA’s population is facing hunger come 2025. Moneyweb. https:// www.moneyweb.co.za/news/ south-africa/about-half-of-saspopulation-is-facing-hungercome-2025/ Schamrel, A. (2023) Staan saam teen honger, pleit Shoprite te midde van skoksyfers https://www.netwerk24.com/ netwerk24/sake/maatskappye/ staan-saam-teen-honger-pleitshoprite-te-midde-van-skoksyfers-20231016 W-Kaapse pluimveeboere ‘moet waak teen nuwe voëlgriep’ (2023) Netwerk24. https://www.netwerk24.com/ netwerk24/sake/landbou/wkaapse-pluimveeboeremoet-waak-teen-nuwe-voelgriep-20231010
ProAgri South Africa 286
37
Vee en Wild
Karoolam
kry nuwe status
deur Tisha Steyn
Die Karoogebiede waar Karoolam geproduseer word is droog en het min of geen oppervlakwater.
K
aroolam sal voortaan beskermde status geniet nadat dit deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling as geografiese indikator (GI) geregistreer is. In Suid-Afrika geniet rooibos reeds hierdie status. Dit beteken dat boere wat hulle skaap- of lamsvleis as Karoolam wil bemark aan ՚n stel reëls moet voldoen en dat die skaap- of lamsvleis in ՚n spesifieke gebied geproduseer moet wees. Dit beteken ook dat die Karoolam as produk beskerm word teen die lukrake gebruik van die handelsnaam vir skaap- of lamsvleis wat nie in hierdie goedgekeurde gebiede geproduseer is nie, of wanneer die beskrywing, Karoolam, in bemarking en op spyskaarte gebruik word. Die Karoolam-konsortium werk sedert 2011 aan die proses om die naam' Karoolam, te beskerm. Dit was ՚n lang proses om die regulasies in Suid-Afrika vir die beskerming en registrasie van ՚n GI te vestig en af te handel. Volgens Charles Erasmus, uitvoerende bestuurder van die Karoo-lam Konsortium, is die GI-konsep nog baie nuut in Suid-Afrika en dit het “baie bloed en sweet” gekos om die proses af te handel en by die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling te registreer. Dié GIsertifikasie geld tans net in Suid-Afrika. Volgens Charles is die volgende 38
ProAgri Suid-Afrika 286
stap om dit internasionaal by die Europese Unie te registreer, maar in hierdie stadium voldoen Suid-Afrika nie aan veeartsenykundige standaarde, soos die suksesvolle bekamping of voorkoming van die verspreiding van bek-en-klouseer nie. Die GI-sertifisering van Rooibos in die EU was makliker omdat daar reeds markte in die buiteland gevestig was. Dit was reeds in die breër internasionale mark bekend en uitgevoer. Volgens Charles is die registrasie van die lam heelwat moeiliker omdat die meeste lande streng gesondheidsgerigte invoerregulasies het. Hierdie regulasies was nodig as deel van die Suid-Afrika-Europese Unie se vryehandelsooreenkoms om Europese name van oorsprong, soos onder meer Parmaham en sjampanje, namens die Europese Unie hier te beskerm. Die regulasies beteken iemand wat die handelsnaam Karoolam wil gebruik se produk moet voldoen aan die vereistes van die definisie van ՚n Karoolam. Dit sluit in dat die produsent moet kan bewys sy lam is in die Karoo geproduseer en nie uit ՚n voerkraal bemark nie. Die vleis se oorsprong moet naspeurbaar wees en goeie higiëne moet in die produksie- en verwerkingsproses gehandhaaf word om die produk se eienskappe en goeie naam te beskerm.
Die Karoo-lam Konsortium werk sedert 2011 aan die sertifisering van Karoo-lam.
Voerproewe
Die proses om die naam geregistreer te kry het onder meer voerproewe, ontledings deur die Landbounavorsingsraad (LNR) en gas- en sensoriese profiele deur ՚n chemikus ingesluit, asook die identifisering van sekere plantegroei en die afbakening van sekere distrikte waar dit voorkom deur ՚n botanikus. Die weiding bepaal die eienskappe van die vleis: Karoolam ruik en smaak na tipiese Karoobossies en dit is eienskappe wat nie uit ՚n voerkraal kom nie.
Geografiese gebied
Karoolam as produk het ՚n noue skakel met die gebiede van die Nama-Karoo en ՚n deel van die Sukkulente-Karoo waar die skape sekere plante vreet wat die kenmerkende smaak daaraan verleen. Die Karoo beslaan ՚n droë, halfwoestyngebied van sowat 400 000 km2 (19,33-miljoen hektaar) met ՚n lae reënval en baie min oppervlakwater. Die A-sone sluit streke soos onder meer Carnarvon, Williston en BeaufortWes in, terwyl die B-sone die streke van onder meer Calvinia, Kenhardt en Colesberg insluit. Volgens Charles sal skaapboere wat in die B-sone val bykomende oudits nodig hê. www.proagri.co.za
Vee en Wild
As boere hulle skaap- en lamsvleis as Karoolam wil bemark' moet die vee in ՚n spesifieke goedgekeurde gebied aangehou word.
Karoobossies is die sleutel
”Om erken te word, moet die tipiese natuurlike plantegroei van die NamaKaroo- en Sukkulente Karoo-biome van die Groot Karoo op die plaas waaruit die Karoolam verkry word teenwoordig wees,” sê dr Dirk Troskie, direkteur van Besigheidsbeplanning en Strategie by die Wes-Kaapse Departement van Landbou in ՚n verklaring wat deur die Wes-Kaapse minister van Landbou uitgereik is. Die plante sluit tipiese karoobossies soos silwerkaroo, skaapbossie, blesbokkaroo, kapokbossie en perdebos in. Dirk beklemtoon dat die kombinasie van die Karoo se reënvalpatrone, strawwe klimaat en unieke plantegroei ՚n invloed op lam- en skaapvleis het en maklik onderskeibare sensoriese eienskappe daaraan verleen. "Skape wat op plase in die Karoo-
streek op natuurlike weiding grootgemaak word kwalifiseer as Karoolam. Bewys van oorsprong van die diere moet deur die naspeurbaarheidstelsel van die kwalifiserende abattoirs verskaf word. Dit sal bevestig dat alle diere wat deur die geregistreerde en genoteerde eienaars gelewer word wel afkomstig is van plase in die gedefinieerde Karoostreek." Volgens Charles kan enige skaapras wat in die Karooveld wei as Karoolam kwalifiseer. Vleisrasse soos dorpers is ideaal, maar baie van Karoolamkonsortium se lede boer met merino’s, wat nie aan al die vereistes, soos voldoende vetinhoud, voldoen nie. “Hierdie boere kan onder ons sambreel hulle Karoolam laat sertifiseer. Diegene wat nou verkeerdelik Karoolam bemark sal eerder die naam moet
verander na ‘vrylopende lam’, want hulle gaan beslis nie meer wegkom met die benaming Karoolam nie.”
Hoër pryse
Streke soos Beaufort-Wes, Laingsburg en Prins Albert wat binne die gebied val sal dus baat vind by die registrasie. Joseph Steyn, ՚n boer van Laingsburg, hoop die sertifiserings sal boere ՚n paar rand ekstra in die sak bring. “Ek dink ons gaan dalk ՚n rand meer per kg kry, maar ons weet nog glad nie hoe dit gaan werk nie.”
Die weiding bepaal die eienskappe van die vleis: Karoolam ruik en smaak na tipiese Karoobossies en dit is eienskappe wat nie uit ՚n voerkraal kom nie.
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
39
Vee en Wild
VERVAARDIGERS VAN VOER VERWERKINGSAANLEGTE TEEN SAKPASPRYSE!
BOS TOT KOS...
verwerk jou voer op die regte manier!
Voermengers, Kerwers Hammermeulens, Pil masjinerie, Awegaars, Vervoerbande en nog meer We Wish you a Joyous
Festive season
Besoek ook ons Facebook-blad 40
ProAgri Suid-Afrika 286
JRS FEED MILLS
OF
Kontak Reyno Snyman: 082 513 3227 www.proagri.co.za
Werkskepping
Dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou, sê in die verklaring: "Ons vier die feit dat Karoolam die eerste Suid-Afrikaanse produk is wat ingevolge die Wet op Landbouproduktestandaarde as 'n GI geregistreer is. “As gevolg hiervan word die afgebakende gebied, interaksie tussen produk en geografie, aanvaarbare produksiepraktyke en sertifiseringsprosesse beskerm. In wese word die unieke maniere waarop Karoolam geproduseer word erken vir sy hoë gehalte en standaarde en die sertifisering sal dit beskerm.” Alan Winde, Wes-Kaapse premier, verwelkom die skuif om Karoolam as geografiese indikasie te erken. “Die unieke aard van Karoolam is reeds wêreldbekend en hierdie benaming sal die streek se landbousektor ՚n verdere hupstoot gee en werkskepping help bevorder.”
Vee en Wild
Lukas Botes van die Koup in die Laingsburg-distrik sê hy sal sy skape laat sertifiseer, mits daar geakkrediteerde abattoirs op die dorpe naaste aan die plaas is. Volgens Lukas is dit tans nie die geval nie. “Die idee is fantasties en ons is opgewonde dat Karoolam nou geregistreer is en ons sal die opsie om ons lam te sertifiseer oorweeg,” sê Francois van Wyk van Calvinia in die HantamKaroo. Francois het reeds in 2016 die gedagte uitgespreek dat skape wat in die Hantam se unieke bossiesveld geproduseer word as Hantamlam bemark behoort te word. “Die Hantamlam is spesiaal omdat dit ՚n eiesoortige geur het weens die bossieveld van die winterreënvalstreek,” sê Francois. Dit is ՚n eksotiese produk en behoort eintlik die snobkurwe te volg.” Die streek se vleis, wol en toerisme word tydens die jaarlikse Hantam-vleisfees op Calvinia bekend gestel. Die A-sone sluit streke soos onder meer Carnarvon, Williston en BeaufortWes in, terwyl die B-sone die streke van onder meer Calvinia, Kenhardt en Colesberg insluit.
Die unieke maniere waarop Karoolam geproduseer word dra by tot die hoë gehalte en standaarde waaraan dit gemeet word.
Boere wat hulle lamsvleis wil sertifiseer kan dit deur die Karoolam-konsortium doen by 066-317-6593 of info@ karoomeatoforigin.com of besoek die webtuiste by https:// www.Karoo-lamb.org/
Om erken te word, moet die tipiese natuurlike plantegroei van die Nama-Karoo-en Sukkulente Karoo-biome van die Groot Karoo op die plaas wees waar die Karoo-lam produseer word.
www.proagri.co.za
Die unieke aard van Karoolam is reeds wêreldbekend en hierdie benaming sal die streek se landbousektor ՚n verdere hupstoot gee en werkskepping help dryf.
Van Zyl, P., Steyn, T. (2016) Meesterboere: Denkers en Doeners. Turksvy Van Niekerk, R. (2023) Kry nou jou amptelike Karoo-lam. RSG Geldsake met Moneyweb https://www.moneyweb.co.za/ moneyweb-radio/rsg-geldsake/ kry-nou-jou-amptelike-karoolam/
ProAgri South Africa 286
41
Vee en Wild 42
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Vee en Wild
Winsgewende skaapboerdery deel 24:
Die belangrikheid van kruipvoeding
K
ruipvoeding is ononderhandelbaar en ՚n moet vir winsgewende skaapboerdery. Weens die uiters doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen word om die lam volgens sy maksimum groeipotensiaal te laat groei. Indien lakterende ooie op ՚n lae voedingspeil is, piek hulle melkproduksie op ongeveer twee tot drie weke ná lam, terwyl as hulle op ՚n hoë voedingspeil is, bereik hulle ongeveer een week later hulle piekmelkproduksie. Na piekmelkproduksie neem die melkproduksie progressief af, terwyl die lam se voedingsbehoeftes toeneem. Wanneer die ooie op hulle piekmelkproduksie is, groei hulle lammers feitlik teen hulle maksimum genetiese groeipotensiaal (> 350 tot 400 g/lam/dag). Die fisiologiese vermoë van ՚n lam om die ingenome melk en/of voer na vleis om te sit, is afhanklik van sy ouderdom.
Hoe jonger die lam, hoe beter en doeltreffender is sy biologiese prestasies in terme van groeitempo en voeromset (Tabel 1). Om hoër winste te bewerkstellig, moet skaapboere dus uitstekende voeromsettingsvermoë van jong groeiende lammers maksimaal benut.
Ouderdom (dae)
Massa (kg)
Voeromset (kg/kg)
0 - 42 42 - 60 60 - 80 80 - 100 100 - 120 120 - 140 140 - 160
4,5 - 15 15 - 20 20 - 25 25 - 30 30 - 35 35 - 40 40 - 45
1,0:1 3,0:1 3,5:1 4,0:1 4,5:1 5,0:1 5,5:1
Tabel 1: Invloed van ouderdom op die voeromsettingsdoeltreffendheid (kg voer ingeneem per kg massatoename) van lammers. www.proagri.co.za
Hoekom kruipvoer? Op ongeveer vier tot ses weke ouderdom kan tot 50% van die lam se voedingsbehoefte deur bronne (kruipvoer en gras) anders as die ooi se melk voorsien word wat die belangrikheid en noodsaaklikheid van kruipvoeding beklemtoon. Nadat die ooi haar piekmelkproduksie bereik het, neem haar melkproduksie af en gevolglik ook die lam se groei weens ՚n tekort aan noodsaaklike voedingstowwe. Lammers eet baie min vaste kos voor drie weke ouderdom. Die tekort aan noodsaaklike voedingstowwe kan nie deur die weiding alleen voorsien word nie. Die kombinasie van die hoë voginhoud en lae deurvloeiproteïeninhoud van groen weiding en die lae inname daarvan deur die jong lam het tot gevolg dat die lam nie al die ontbrekende voedingstowwe vanaf die ProAgri South Africa 286
43
Vee en Wild
Website
Whishing you all a joyful festive season, and blessed 2024! CPT
Tel: +27 (0)21 907 1712 Email: salesct@rovicleers.co.za
JHB
Tel: +27 (0)11 396 6200 Email: infojhb@rovicleers.co.za
''It's en fantastic working with you in 2023 and we hope we can continua doing business together in the forthcoming years.
VALTRAC
Fram all of us at Valtrac we would like ta thank each and every client, friend and family far their support in
2023.
Sending you jay and goodwill ta carry through the holidays and into the bright new year. Fram the Valtrac Team 44
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Voordele van kruipvoer • Die groei van lammers word betekenisvol verbeter. • Lammers kan 28 tot 50 dae vroeër bemark word. • ՚n Groot persentasie lammers kan regstreeks van die ooie op drie tot vier maande ouderdom bemark word in gevalle waar speen eers op 120 dae ouderdom plaasvind. • Spanning met speen verminder omdat dit die speenskok uitskakel. • Voerkoste word bespaar omdat lammers nou gouer hulle teiken-
Vee en Wild
weiding kan aanvul nie. Die twee hooffaktore wat die groei van sogende lammers op weiding beperk, is die onvermoë van die lam se rumen om die weiding doeltreffend te benut en die lam se relatief klein rumengrootte wanneer ՚n weiding met ՚n hoë voginhoud bewei word. Die gevolg is dat die lam se groei begin afneem en dit vererger indien lakterende ooie op droë en swak weiding is of indien die weiding skaars is. In sulke gevalle moet die jong lam met die ooie meeding vir die beskikbare weiding, wat onmoontlik is.
Die kruiphokke moet so geplaas word dat lammers maklik daartoe toegang het, byvoorbeeld by waterpunte, voerplekke en/of slaapplek van die ooie. (Foto: AgriOrbit)
•
•
Die normale aanbeveling is om kruipvoer vanaf ongeveer 10 tot 14 dae nadat die eerste ooie gelam het te voorsien. Ouderdom (dae)
Kruipvoerinname g/lam/dag
Lammassa (kg)
Kruipvoerinname/ kg liggaamsmassa (g) 3,98
28
37
9,3
35
88
12,2
7,21
42
173
13,5
12,81 14,36
49
224
15,6
56
281
16,9
16,63
63
403
18,7
21,55
70
596
21,2
28,11
77
612
23,5
26,04
84
625
24,5
25,51
Tabel 2: Gemiddelde kruipvoerinname, lammassa en kruipvoerinname relatief tot liggaamsmassa van sogende lammers, op verskillende ouderdomme, wat kruipvoer ad lib ontvang het. www.proagri.co.za
speenmassa bereik en gevolglik kan hulle vroeër gespeen word en die ooie kan dan na ՚n goedkoper lek oorgeskakel word. Wins verhoog, want lammers wat in voerkrale afgerond word, hoef nie aangepas te word nie omdat hulle reeds is en omdat hulle swaarder met speen is, word hulle vir ՚n korter tydperk in die voerkraal afgerond. Koksidiose word beter beheer omdat kruipvoer ՚n koksidiostat (՚n ionofoor) bevat.
Wanneer moet kruipvoeding begin? Hoewel die jong lam se grootpens eers begin funksioneer wanneer hy begin om op ongeveer twee tot drie weke vaste kos te begin vreet, moet daar so gou moontlik na lam met kruipvoeding begin word. Die normale aanbeveling is om kruipvoer vanaf ongeveer 10 tot 14 dae nadat die eerste ooie gelam het te voorsien. Die rede hoekom so vroeg begin word, is omdat die lam ՚n rukkie neem om aan die kruiphok gewoond te raak en om te leer om die droë kruipvoer te vreet. Hoe gouer die lam daaraan blootgestel word, hoe gouer leer hy om dit te vreet en hoe gouer begin sy rumen ontwikkel. Kruipvoerinname In die ondersoek van De Villiers et al (2002) was die gemiddelde kruipvoerinname van sogende lammers ± 15 g/lam/dag op 14 dae ouderdom. Die kruipvoerinname het progressief met ouderdom tot gemiddeld 625 g/lam/ dag met speen op 84 dae ouderdom toegeneem (Tabel 2). ProAgri South Africa 286
45
Vee en Wild
Geen blousuur
DIE ENIGSTE VERSKAFFER VAN
BULLET SAAD Groei in die skaduwee
www.brazgrass.co.za
Groei tot 2,5 duim per dag
Ons voorsien jou van die beste moontlike oplossings vir al jou weidingsbehoeftes, of jou behoefte nou voerverwant is, rehabilitasie van jou grond, of integrasie tussen jou gewasse, ons produkte bied die gerieflikste oplossing waarna jy gesoek het. Ons meerjarige saad is geskik vir direkte beweiding, staande hooi, kuilvoer, baal en as dekgewas vir vogbehouding.
+27 (0)84 840 1659 | brazgrass@safricom.co.za | 3 Fortuna street, Viljoenskroon
BREEKWEG VAN JOU BESIGE LEEFSTYLE DIE VAKANSIE SEISOEN!
DIE BUITELEWE ROEP Selfsorg Chalets, tent en karavaan staanplekke, ablusiegeriewe en braaigeriewe vir kampeerders, visvang, koue & warm swembad & borrelbaddens, 8-bal pool kamer, puttputt, tafel sokker, skaak, veilige kinder speel-area.
bespreek nou jou karavaan staanplek Staanplekke word tans uitverhuur teen R450/nag buite -seisoen en R550/nag binne-seisoen.
Besprekings: 072 823 5236 | E-pos: besprekings@klipdraaikaravaanpark.com Plaas Kookfontein, Viewlaan, Kookrus, Meyerton | www.klipdraaikaravaanpark.com
46
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
Opdroging van ooie Waar lakterende ooie ՚n volledige rantsoen gevoer en die lammers vroeg gespeen word, moet ongeveer vier dae voordat hulle lammers gespeen word na ՚n lae proteïenrantsoen oorgeskakel word om die ooie suksesvol te help opdroog. Melkproduksie sal binne twee tot drie dae na oorskakeling begin daal. Waar lakterende ooie hoë proteïenryke aangeplante weiding bewei, moet hulle vier dae voor speen na swak, lae proteïenweidings geskuif word. Samevatting ՚n Kritieke fout wat baie skaapprodusente dikwels maak, is om nie toe te sien dat hulle jong lammers volgens hulle volle genetiese potensiaal groei nie. Vir elke dag wat ՚n lam langer neem om bemarkingsmassa te bereik, word die voer en weiding wat vir liggaamsonderhoud ingeneem word, vermors. Dit kos geld omdat dit geen waarde
Vee en Wild
Met speen het die lammers ongeveer 25 kg geweeg en 25,51 g kruipvoer ingeneem/kg liggaamsmassa. Die gemiddelde kruipvoerinname tot speen was 337 g/lam/dag en het gewissel tussen 300 tot 350 g/lam/dag. Afhangend van die ouderdom waarop lammers gespeen word, wissel die totale kruipvoerinname van 25 tot 30 kg/lam.
tot die lam toevoeg nie, want dit kan nie vir groei gebruik word nie. Om hierdie rede moet die gebruik van goedkoop, laegehalte kruiprantsoene, wat nie aan die jong, vinnig-groeiende lam se voedingsbehoeftes voldoen nie, vermy word. Die kruipvoer moet van ՚n baie hoë gehalte wees om te verseker dat die lam teen sy maksimum genetiese groeipotensiaal groei.
ProAgri is dankbaar dat ՚n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het. Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.
SMUTSVINGER GRASSAAD &
BONSMARA STOETTELER
ERAGROSTIS (OULANDSGRAS) Saadmonsters getrek uit lotte en getoets deur 'n geregistreerde laboratorium. Lewer aan alle saad maatskappye sowel as direk aan die boer wat nuwe aangeplante weidings wil vestig.
BONSMARAS & GRASS SEEDS
HERMAN WILKENS WILBONEI@MWEB.CO.ZA
082 572 6094
Wilbonei het 2x ‘n jaar teelbulle beskikbaar, asook speenkalwers en aanteeldiere Mark gereed uit die veld Vrugbaarheid & trig & Vibriose getoets
KLERKSDORP/VENTERSDORP NOORD WES
LID VAN GEREGISTREERDE SANSOR SAADVERKOPER LABORATORIUM GETOETSDE SAAD WAARBORG KWALITEIT
S E R T I F I K A T E B E S K I K B A A R
WILBONEI
www.proagri.co.za
ProAgri South Africa 286
47
VERVA ARDIGERS VAN: BETONMURE BETON PALLISADEHEININGS KUILVOERBUNKERS BEES - EN SKAAPDRINKKRIPPE BEES - EN SKAAPVOERBAKKE
ALTYD TOT U DIENS VANAF 1971 ONS VERVAARDIG KWALITEIT
BOTHAVILLE
48
ProAgri Suid-Afrika 286
www.proagri.co.za
deur Tisha Steyn
Boere tussen Oudtshoorn en Calitzdorp het vier groot vragte van die voer wat hulle vir die eerste keer self na sewe jaar se droogte kon oes, aan boere in Noordwes geskenk.
“W
oorde kan nie ons dankbaarheid beskryf nie. ՚n Mens staan verstom oor hoe God steeds vir sy kinders sorg. Baie dankie dat julle ՚n instrument in sy Hand is!” So skryf Gerbie en Lizanne Haasbroek, boere van Stella in Noord-Wes, nadat voer uit die Klein-Karoo in die Vryheid-omgewing afgelewer is by boere wat sedert Augustus feitlik al hulle weiding en ՚n onbekende aantal beeste in verwoestende veldbrande verloor het. 'n Klompie boere tussen Oudsthoorn en Calitzdorp het vier vragmotors met sleeepwaens hoog gelaai met bale voer gestuur. Dié boodskap is maar een van talle boodskappe van dankbaarheid en waardering van boere in die omgewing wat hulpeloos moes aanskou hoe wegholveldbrande, aangehelp deur sterk winde, sowat 840 000 ha weiding, infrastruktuur en plaaswerktuie ter waarde van R1-miljard verwoes. Die skade aan vee en wild is nog nie bereken nie, maar sal na verwagting ook enorm wees.
Eerste oes in sewe jaar
Colin Pote is een van sowat 20 boere wat in die omgewing van Die Bad, ՚n warmwww.proagri.co.za
waterbron tussen Oudtshoorn en Calitzdorp, op die oewers van die Olifantsrivier, boer. Hy het die inisiatief geneem om boere te nader om voer te skenk. “Toe ons deur die uitgerekte droogte moedeloos was, het mense wat ons nie ken nie vir ons voer geskenk,” sê Colin. “Die afgelope ses maande het dit goed gereën en ek het besluit dat dit na ons eerste oes in sewe jaar tyd is om terug te gee.” In dié gebied waar die grond arm en die grondwater brak is, plant die boere hoofsaaklik lusern vir saad en voer vir vee soos volstruise, skape en beeste wanneer daar die vooruitsig van ՚n leibeurt uit die Kammanassiedam is. Indien nie, word hawer en gars met die genade van ՚n reënbui of twee geplant. Colin het Saai gekontak, wat bepaal het waar die nood groot is en Saai en AfriForum se Manna vir Boere-projek het die vervoerkoste betaal.
Manna vir Boere
Volgens Iné Bester van Saai het hulle op hulle Manna vir Boere-netwerk bepaal waar die nood groot is, maar wat ook nie so ver is dat die vervoerkoste die waarde van die geskenkte voer oorskry nie. Daar is gereël dat twee vragte voer by Vryburg en nog twee by Reivilo afgelaai word.
“Ons verkies om vir gemeenskappe te skenk eerder as individuele boere. Dit maak die logistiek en reëlings net soveel makliker,” verduidelik Iné. “As daar ՚n enkele boer is wat bel sal ons kyk hoe ons sy gemeenskap kan mobiliseer of hom betrek by ՚n gemeenskap wat noodhulp gaan ontvang, maar ons werk maar met geval tot geval om te sien hoe ons die beste hulp kan bied.”
Wonderwerke
Gawie Colyn was Saai se kontakpersoon op Reivilo. “Ons het 102 groot ronde bale gekry en dit aan 34 boere in ons omgewing uitgedeel,” vertel hy. “Dit lyk maar rof hier: Party boere het darem reën gekry en die groen grassies kom al uit, maar daar is boere by wie dit nog nie gereën het nie. In ons klein boerevereniging van 24 lede het dit net by twee lede nie gebrand nie, maar ek weet nie wat die skade by nie-lede is nie.” Evie Nel, ՚n vroueboer in die omgewing, vertel: “Ons is ՚n klein gemeenskap hier in die Lykso-omgewing tussen Vryburg, Kuruman en Reivilo, maar ons boere het groot harte, want as dit by een brand, is almal daar om te help. “Ek het gebid en gevra dat dit asseblief nie hier op ons plase sal brand ProAgri South Africa 286
49
Vee en Wild
Ontvangers gee terug uit eerste oes in sewe jaar
Vee en Wild
Staalmeester CONTACT US TO FIND YOUR NEAREST AGENT
Staalmeester
Hendri de Korte Cornel Scholtz Tanya Beyers
+ 27 62 392 1748 (All Northern Provinces & Western Cape) + 27 78 749 9660 (Eastern Cape, Free State & North-West) + 27 82 320 0451 (Northern Cape & Exports) Spare parts + 27 18 431 2171/2 Fin Availance able
Haymaking Combo
Also available: Haymaking Combo Upgrade & XL B70 Round Baler (Original)
Staalmeester 165 cm Mechanical Rotary Drum Mower Upgrade to a 195 cm Drum Mower, Mechanical or Hydraulic options available
Enorossi 4 Wheel Hay Rake Upgrade to a 5 or 6 wheel rake
Save
for only
R 129 00000
up to
20% HEAD OFFICE
2 Coetzee Street, Hartbeesfontein | PO Box 71, Hartbeesfontein, 2600
+ 27 18 431 2171/2
50
excl. VAT
info@staalmeester.co.za
www.staalmeester.co.za
www.proagri.co.za
ProAgri Suid-Afrika 286
Staalmeester_ProAgri2.indd 1
2023/11/29 08:38
dankie vir al die voer wat die skenkers gestuur het – ons waardeer dit verskriklik baie.”
Vee en Wild
nie, maar nadat ons twee weke lank elke dag die vuur probeer keer het, het die vlamme een Sondagmiddag die oorhand gekry en ons plase van gras gestroop. Ons is meestal beesboere en ek het magteloos gestaan en kyk toe die vlamme met ՚n spoed kom. Ek het kliphard gebid dat daar asseblief net nie iemand in die brand sal omkom nie. “Twee van ons wildkampe het gebrand en die vuur het ՚n gat deur die boma gemaak. Maar toe ons die volgende oggend gaan kyk, het niks van die wild gebrand nie – ek het vir my seun gesê dit is hoe ՚n wonderwerk lyk! “Daardie aand het ՚n buurman gebel en gesê hy stuur ՚n groot vrag sojaboonreste. En ons Vastrap-boerevereniging het laat weet ons kan bale voer kom haal, want iemand het voer geskenk. “՚n Mens kan nie glo daar is soveel mense wat vir jou omgee nie! Dis wanneer jy wens jy kan jou hart uithaal en vir die skenkers die dankbaarheid wys. Ons bid dat God julle duisendmaal sal seën vir die voer wat elkeen vir ons gee. Ons dank ook God dat ons nie so baie diere verloor het nie. Nogmaals
Miljard rand se skade
Stephanie Stols is ՚n boer van Stellaland. Sy is die uitvoerende voorsitter van Agri Vryburg, voorsitter van Agri Stellaland, en saam met Gideon van Zyl die vise-presidente van Agri Noordwes. “՚n Baie groot gebied rondom Vryburg het gebrand. Ek het al baie brande help bestry, maar ek het nog nooit soveel diere sien doodbrand of wat vankant gemaak moes word nie.” Volgens haar duur die brande al sedert Augustus. “Dit het nog net nie opgehou nie. Die hitte en sterk winde was verwoestend en party dae het tot vyf brande tegelyk rondom Vryburg gewoed. Baie plase in die gebied het in die slag gebly. Nou in die reënseisoen veroorsaak die weerlig nog vure in die omgewing,” sê sy. “Dit het nog nie gereën nie en net om die oorblywende diere kos te gee kos baie geld. Ons is baie dankbaar vir
Die voer is op twee sentrale punte afgelaai vanwaar dit na die onderskeie plase geneem is.
Na sewe jaar se droogte het die gebied in die omgewing van Die Bad, ՚n warmwaterbron tussen Oudtshoorn en Calitzdorp so gelyk.
Bale voer wat geskenk is bied noodsaaklike uitkoms vir die boere wat hulle weiding verloor het.
Na goeie reën die afgelope ses maande het die boere in die KleinKaroo vir die eerste keer ՚n oes gehad en het besluit om die genade wat hulle ontvang het, met boere in nood te deel.
Links: So het die veld gelyk voordat die brande in Augustus begin woed het. Regs: So lyk dit nou na maande se veldbrande. www.proagri.co.za
elke lid en die gemeenskap wat kom help het om die brande te bestry, die wat kos en koeldrank aangery het en Agri SA en Agri Noordwes wat voer geskenk of gereël het. “Ons bedank ook die landbougemeenskappe van heinde en ver wat voer geskenk het en diegene wat vir die vervoer betaal het. En dankie vir ons Vader wat ons krag gee om aan te gaan.” Volgens Stephanie het altesaam 840 000 ha in die Vryburg-omgewing afgebrand en die voorlopige skade aan diere, infrastruktuur, wat geboue, hei-nings en toerusting insluit, beloop meer as R1-miljard. “Ek gaan probeer om die munisipale bestuurder te oorreed om vir die boere wat soveel skade gely het kwytskelding op grondbelasting vir die jaar te gee.”
Saai: Ine Bester: ine@saai. org of besoek die webtuiste by https://saai.org/ Stephanie Stols: 072-227-4501 of stolsstephanie@gmail.com Gawie Colyn: 072-341-6914
ProAgri South Africa 286
51
Start with unrivaled planter & seed control.
Nourish & protect with optimum applications.
in & out of the field.
tools in your pocket.
Start with unrivaled Nourish & prot planter & seed control. optimum appli Monitor harvest yields Carry decision-making Monitor harvest yields in & out of the field.
SEAMLESSLY CONNECT YOUR OPERATION.
Carry decisiontools in your po
SEAMLESSLY CONNECT YOUR OPERATION.
Dealer Name
Jaco van der Merwe 231-206-5296 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za
www.agleader.com
InCommand® 1200
Dealer Name
Jaco Hamman 231-206-5296 082 762 1669 www.ppfagri.co.za
www.agleader.com
SLIM BEHEER VAN VLIEË
Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid Afrikaanse vlieë
HOE DIT WERK:
BISA BIED U:
• Vliegbeheer op die natuurlike manier. • Langtermyn ekonomiese voordele. • Minder chemiese besoedeling. • ‘n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie.
BISA het agente landswyd. Vir meer inligting, kontak:
52
ProAgri Suid-Afrika 286
InComm
ProAgri South Africa 286
53
3
RUMAX 7m
Uitstekende kerf en meng eienskappe. Bekostigbare menger. Baie dankie aan al ons kliënte vir julle lojale ondersteuning deur die jaar.
54
+27 23 342 6070
www.rumax.co.za
+27 86 626 8397
Samuel Walters Straat 1, Worcester
ProAgri Suid-Afrika 286
MARKET LEADER IN SUPPLY MANUFACTURING, DESIGN AND INSTALLATION OF FENCING MATERIALS
GALVANISED WIRE IN COILS BARBED WIRE DIAMOND MESH/ CHAIN LINK ROOF & REINFORCING DROPPERS & STANDARDS HEXAGON WIRE NETTING ELECTRIC FENCING PRODUCTS
RAIZOR WIRE WELDED MESH POSTS GATES FIELD FENCE WHOLEVIEW PANEL FENCING
012 682 0150 - Centurion 051 880 0220 - Bloemfontein Wholesale prices directly to the public
Support local, buy local
ProAgri South Africa 286
55
LICK BLOCKS Supplements for Success
AVAILABLE AT ALZU FEEDS BRANCHES www.alzu.co.za 013 249 8900
Excellent service and minimum downtime is our priority! AGRICULTURE • AUTOMOTIVE • CONSTRUCTION • MINING BLOCKS, CRANKSHAFTS, CYLINDER HEADS, CAMSHAFTS, FUEL TRANSFER -, WATER- & OIL PUMPS, TENSIONERS, HOUSINGS, TURBOS, 8PK BELTS, FILTERS, & MORE.
WISHING YOU A MERRY FESTIVE SEASON!
25 YEARS CUMMINS EXPERIENCE
FOR YOUR CUMMINS ENGINE COMPONENTS 4/6B series, C series, L8.9 & L9 series, ISB, ISX, ISC, QSB, QSC, QSX, ISF 2.8, ISF 3.8, B3.3, QSB 4.5, and more.
Carradine Varkevisser Office 060 525 9943 011 976 1242 / sales@jumanje.co.za carradine@jumanje.co.za Michael: 063 753 6466
56
ProAgri Suid-Afrika 286
Facebook & Instagram @jumanje4u
ProAgri South Africa 286
57
THE S440 COMBINE Cutting-Edge Technology In A Compact Frame
191kW | 6.8L 6-Cylinder | 3-Speed Hydrostatic Transmisson | 61x313cm TriStream RotorTM 65kW Feeder House Drive | 6500L Grain Tank Capacity | 65L/s Unloading Rate | Deluxe Cab In the vast fields of farming possibilities, the compact yet mighty S440 from John Deere is a cutting-edge technology solution, specially crafted for smaller-scale farmers in Africa and the Middle East. Despite its size, the S440 doesn’t compromise on the precision farming technology that defines John Deere’s legacy. With features like StarFire™ 7000 Receiver, Gen-4 Display, JD-Link™, Remote Display Access, Auto-Track™, and Active Terrain Adjust™, the S440 promises a harvest experience that sets new standards for compact harvesters. Affordable and tech-savvy, it’s the all-in-one solution for the farmers who aim high, ensuring your harvest journey is as advanced as the technology that powers it.
Contact your nearest John Deere Dealer for more information. *Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/) https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821 JohnDeereAME 58
ProAgri Suid-Afrika 286
JohnDeere
JohnDeereAfrica