ProAgri SA 288

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

No / Nr 288 ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

CNH Industrial groei markaandeel met trekker- en stroper verkope

Balfour Hooidag wys weer die beste van die beste

Waar gehalte en diens boere oortref www.agri4all.com www.proagri.co.za

www.proagri.co.za ProAgri South Africa 288

01


02

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


2024

O

Op ons voorblad

skop af op ‘n hoë noot!

ns het hierdie jaar omtrent op ‘n drafstappie begin! Dit voel of ons voete skaars grond gevat het in 2024, en reeds met soveel opwinding, uitdagings en geleenthede afgeskop het. Die meeste gesprekke met ander boere wat ons in die dorp, by veilings of by landbougeleenthede raakloop, word afgeskop met: “Het julle al reën gehad?” Dan word daar met groot erns kopknikkend saamgestem dat aardverwarming nou ’n gegewe verskynsel is. Soos wat boere maar altyd in ’n positiewe lig na moeilike uitdagings kyk, groet ons mekaar met: “Die reën is op pad!” Klimaatsverandering bly steeds ‘n uitdaging vir boere landwyd, Onsekerhede, oor wisselvallige klimaatstoestande was reeds deel van die Suid-Afrikaanse boere se lewe nog lank voor die begrip El Niño bekendheid verwerf het. Daar is steeds onsekerheid en kommer oor hoe groot die negatiewe impak van die voorspelde El Niño-verskynsel gedurende die komende seisoen gaan wees. Die NWK Arena adviseur boere om eerder van Put-opsies (minimumprys-kontrakte) gebruik te maak en eers seker te maak wat die grootte van die 2024/2025-oes gaan wees, in plaas van vaste pryse vir voorseisoen-kontrakte. Ontledings rakende die prysverloop van Safex-witmielies gedurende vorige El Niño-seisoene dui aan dat graanprodusente meestal hoër pryse vir hulle produkte ontvang het deur dit eerder later as vroeër in die graanseisoen te bemark. In hierdie nuwe uitgawe van ProAgri lig ons ‘n paar hoogtepunte van die jaar

tot dusver uit. Balfour-hooidag 2024 het sy elfde hooidag opgedra aan Piet Kriek op wie se plaas die hooidag jaarliks gehou word, wat vyf dae voor vanjaar se hooi-dag oorlede is. Die hooidag was weereens goed ondersteun deur boere van die omgewing met ‘n totaal van 1400 besoekers. Lees meer oor die hoogtepunte van vanjaar se hooidag vanaf bladsy 27 tot 35. In ons voorbladartikel vertel DG Fourie, boer van Noordwes, hoe Zimmatic se besproeiingsoplossings bydra tot sy boerderysukses. Lees meer op bladsy 3. Nog ‘n artikel waarheen jy maar kan blaai is Jacques Taylor se vooruitsigte vir die jaar vir 2024 en waar hy deel hoe hulle markaandeel in Afrika op trekkers en stropers vergroot het. Lees meer op 12. Ons het ook ‘n splinternuwe reeks oor grasse van Suid-Afrika begin, maak seker jy mis hom nie! Dit stop wel nie net by nuus hoogtepunte nie, die ProAgri-span is ook opgewonde om twee nuwe toevoegings by ons redaksionele span te verwelkom, Ashleigh Schubert en Natasha Pretorius. Ons wens vir hulle alle sukses toe vir hulle toekoms saam met ProAgri. Tot volgende keer, mooi loop en lekker boer! ProAgri-groete! Bianca Henning bianca@proagri.co.za

Inhoudsopgawe / Contents Voorbladartikel 3. Zimmatic-spilpunte verhoog opbrengste en maak besproeiing maklik Maganisasie 5. How effective is the centre pivot as an irrigation tool? 7. New Holland T600-trekkerreeks: Altyd betroubaar, altyd nuut 12. CNH: Markleiers vir stropers en trekkers in Africa 21. Stroop vinniger met se LEXION 8700 Balfour Hooidag 27. Balfour Hooidag 2024: 'n Mooi dag vol hooi 33. Case IH verf Balfour Hooidag 2024 rooi 35. Rovic Leers baal dat die biesies bewe by Balfour Hooidag

3

5

Gewasproduksie 37. Groeistadiums en ontwikkeling by sonneblomme 39. AGT Foods Africa koop Pannar se droëboonsade 41. Wat is gras? 44. Groentetuin vir beginners deel 8

21

Hulpbronbestuur 47. Verblyfreg: Watter regte het die eienaar en die werker?

27

Vee & Wild 50. Winsgewende skaapboerdery deel 26

47

DG Fourie, boer van Noordwes, is oortuig dat die gehalte van Zimmatic se spilpunte en besproeiingstelsels ʼn groot bydrae tot hul boerderysukses maak. Lees meer op bladsy 3.

ProAgri

Posbus 72707, Lynnwoodrif / Rossouwstraat 577 Die Wilgers, Pretoria 079-515-8708 www.proagri.co.za Copyright © 2024. All rights r­ eserved. No m ­ aterial, text or ­photo­graphs may be r­ eproduced, copied or in any other way ­transmitted without the written consent of the publisher. ­Opinions e ­ xpressed are not n ­ ecessarily those of the publisher or of the e ­ ditor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their r­ espective o ­ wners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

ProAgri Redakteur tydskrif en aanlyn Bianca Henning > 082-326-2572 bianca@proagri.co.za Verslaggewers Maryna Steyn > 082-261-9177 maryna@proagri.co.za Natasha Pretorius >083-468-2653 natasha@proagri.co.za Ashleigh Schubert > 071-585-9422 ashleigh@proagri.co.za Benine Ackermann > 073-105-6938 benine@proagri.co.za Spesialisskrywer Annemarie Bremner > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Bemarkingsbestuurder Diane Grobler > 082-555-6866 diane@proagri.co.za Bemarkers Xander Pieterse > 062-391-6507 xander@proagri.co.za Johan Swartz > 071-599-9417 johan@proagri.co.za Tiny Smith > 082-698-3353 tiny@proagri.co.za Lynette van Tonder > 074-694-4422 lynette@proagri.co.za Evette Liebenberg > 071-891-4441 evette@proagri.co.za Skeppende bestuurder Michelle Kruger > 084-416-1780 michelle@proagri.co.za Uitleg en ontwerp Anja Oosthuizen & Jamie-Lee Tromp Kliëntverhoudingsbestuurder Carin Swartz > 084-233-0123 carin@proagri.co.za Navrae Engela Botha > 073-663-1234 engela@proagri.co.za Rekeninge Ronel Schluter > 084-088-0123 accounts@proagri.co.za Verspreiding en intekening Nita Volmer-van Zyl > 079-515-8708 nita@proagri.co.za Sakebestuurder George Grobler


2

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Artikel voorsien

doel om opbrengste te verhoog, veral tydens droë tye. Hulle het nege spilpunte waarmee hulle mielies, hawer en sojabone besproei. DG Fourie beklemtoon die geldelike en opbrengsvoordele van spilpuntbesproeiing en sê dat dit ՚n groot verskil in hulle boerdery maak. Die betroubaarheid van Zimmatic en die voortreflike diens wat OBARO lewer, het hulle oortuig om aan te hou met hierdie besproeiingsmetode. Dit het hulle gemotiveer om nog meer in spilpuntbesproeiing te belê. In die uitdagende omgewing van Noordwes, waar beurtkrag en diefstal ՚n konstante kommer is, het die sukses van DG Fourie en sy familie ՚n inspirasie vir ander boere geword. Hy beveel Zimmatic-spilpunte en besproeiingstelsels aan vir ander boere, en hy is oortuig dat die gehalte van hierdie produkte ՚n groot bydrae tot hulle boerderysukses maak.

B

oerdery in die Noordwes-provinsie het ՚n lang en ryk geskiedenis, en die gebruik van spilpuntbesproeiing het ՚n groot impak op die sukses van hierdie boere. DG Fourie van die plase Rooipoortjie en Hartebeespoortjie tussen Potchefstroom en Parys, vertel ons meer oor hoe Zimmatic-besproeiing hierdie boere ondersteun en die voordele daarvan. DG is die derde geslag wat op Rooipoortjie boer en hy is met reg trots op sy familieplaas se ryk geskiedenis en hoe hulle oor die afgelope 51 jaar ՚n suksesvolle boerdery bedryf. Met ՚n verskeidenheid gewasse en ՚n topografie wat uiteenlopende grondtipes insluit, het die Fourie-familie ՚n suksesvolle boerdery opgebou. Spilpuntbesproeiing speel ՚n belangrike rol in hulle boerdery, en hulle gebruik Zimmatic-spilpunte met die

DG Fourie, boer van Noordwes, by sy Zimmatic-spilpunt se beheerkas.

Om jou naaste Zimmatic-handelaar te vind of 'n prysberaming aan te vra, besoek www.lindsay. com. Kontak vir Tanya Brits by +27(0)21-986-8900 of stuur vandag 'n e-pos aan tanya.brits@ lindsayafrica.co.za om meer uit te vind oor die voordele wat Zimmatic-spilpunttegnologie jou kan bied.

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

3

Voorbladartikel

Zimmatic-spilpunte verhoog opbrengste en maak besproeiing maklik


WWW.ULTRANEXUS.CO.ZA

1024 x768 HD 1024X768 @ 12 ΜM THERMAL SENSOR

REC BUILT-IN PHOTO AND VIDEO RECORDER

2300m EXTRA-LONG DETECTION RANGE

4

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Article supplied

W

ith water being a valuable asset, water management for an irrigation farmer is one of the most important aspects of their operations. It should always be a priority to optimally use this resource. Centre pivot irrigation systems have been proven to be one of the most effective methods of irrigation, especially for medium to large sized tracts of land. Getting water more effectively into the soil is the first simple line of saving with any irrigation system, but how is that achieved? Using top range ultra-low pressure sprinkler packages is a good start. This is not only about low pressure and the obvious advantage thereof, but also about correct droplet sizes, even water distribution combined with wider sprinkler bandwidth, all contributing to effectively getting the low-pressure water into the soil combined with very low evaporation, and virtually no, if any runoff. This type of irrigation is more cost-effective than sprinkler systems, travelling guns or micro irrigation systems, demand less labour input and can be completely automated. By attending to the detail as mentioned above, you may have savings of more than 50% compared to higher

pressure systems with cheaper sprinklers. Losses are due to (1) high pressure systems which uses more power, (2) water losses through evaporation, caused by cheaper static sprinklers not having even droplet sizes, (3) runoff often caused by low pressure cheaper sprinklers with a narrow bandwidth, (4) hanging those sprinklers lower to combat evaporation, causing sealing of the soil, causing even more runoff and surface evaporation. A water shortage at critical times has a major influence on the loss of yield of the various crops. This is dependent on the type of crop and the growth stage of the plants but can be disastrous to the total expected crop yield. Efficient irrigation will lessen the risk as water pumped will be water in the soil. Adding to the advantages of centre

To find out more about what makes Sentre360 different, you can view this YouTube video: https:// www.youtube.com/ watch?v=YH3C395so8 For more information, visit the Sentre360 website at https:// www.senter360.co.za/.

YOUR IRRIGATION SOLUTION! • 1ha – 4ha Single tower, electric, water or petrol driven center pivots available Starting at R130 000

• 3ha – 100ha+ Electric pivots • 3ha – 100ha+ Solar grid tie pivots • 3ha – 10ha Solar standalone pivots

YOU ALREADY TRUST US FOR... Having the strongest structure in the industry Best reliability The best sprinkler packages Best web control system

For best service contact us at: +27 (0)18 469 1331 or +27 (0)82 564 5955 www.senter360.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

5

Meganisasie

How effective is a centre pivot as irrigation tool?

pivot irrigation and its economical operation, is that technological advances in this industry now makes it possible for the farmer to manage his pivot systems remotely via his mobile phone or computer from anywhere in the world. Again, saving on labour costs and time, the farmer can set and change irrigation sequences as he wishes. This emphasises the usefulness of these systems, providing peace of mind and significant cost savings to farmers.


EKSTRAS

KAN JY DIT BEKOSTIG?

T6000REEKS

JA, JY KAN! A

PRIM

*

% 5 . 8 -

RING E I S N FINA

DELTA

• 16X16 SPS ELECTRO COMMAND-RATKAS • PREMIUM BANDE

PLUS

• 16X16 SPS ELECTRO COMMAND-RATKAS, • 113 L/MIN GESLOTEBAAN-HIDROULIESE SISTEEM • PREMIUM BANDE

CLASSIC • 18X6 FPS POWER COMMAND-RATKAS • VOLLE RTX OUTOMATIESE STUURSTELSEL • 113 L/MIN GESLOTEBAAN-HIDROULIESE SISTEEM • PREMIUM BANDE *Bepalings en voorwaardes geld. Gestruktureerde betaalopsies beskikbaar. Onderhewig aan finansieringsgoedkeuring. Installasie- en diensfooie kan van toepassing wees. Aanbod geldig tot 31 Maart 2024 terwyl voorraad hou. BFW.

2 JAAR / 2000 UUR WAARBORG OP ALLE T6000 EENHEDE.

Kontak jou New Holland-handelaar vandag of skakel: Eduan Booyens (071 871 8163) - Noordwes,Vrystaat, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga Paul de Korte (064 752 1613) - KwaZulu-Natal Quintus Smit (082 524 7397) - Wes-Kaap, Noord-Kaap en Oos-Kaap

www.newholland.com/za

6

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za

Tindrum 24/016

Volg ons op


New Holland T6000-trekkerreeks Altyd betroubaar, altyd nuut

Vir meer inligting, kontak jou naaste New Holland-handelaar of besoek www.newholland.com/za. Skakel ook vir Jaco du Preez by (+27)82524-8898.

Artikel verskaf

N

ew Holland se T6000-trekkerreeks is nie nuut nie, maar ook nie oud nie! Veranderinge en opgraderings wat met die tyd aangebring word verseker dat die blouspan op datum bly met nuwe tegnologie. Die reeks het drie vlakke van tegnologie, naamlik DELTA, PLUS en CLASSIC en strek van 82 tot 121 kW. Die DELTA-reeks (82 en 93 kW) is die ekonomiese reeks en is beskikbaar met ՚n rolstaaf (ROPS) of ՚n kajuit. Hierdie reeks is in 2023 opgradeer met ՚n 16x16 Electro Command-ratkas. Skakeling tussen ratte is vergemaklik deurdat geen koppelaar benodig word nie. Omdat hierdie trekker baie gebruik word om waens in druk oestyd na die silo te sleep, lei hierdie kenmerk tot

minder uitputting vir die operateur. Dit bespaar ook onderhoudkoste. Die PLUS-reeks bestaan uit die T6070 (104 kW) kajuittrekker en het dieselfde ratkas in as die DELTAreeks. Hier is egter die geslotebaan hidrouliese stelsel van 113 liter per minuut met drie volledige hidrouliese koppelings. Al drie het vloeibeheer en twee is verstelbaar vir watter taak jy ook al benodig. Dit is ideaal vir plantwerk of enige ander hidrouliese behoeftes. Die CLASSIC-reeks (104 en 121 kW) is die hoëspesifikasiereeks met drukbuisinspuiting wat toegerus is met die bykomendekragfunksie (boost) in sekere toepassings. Die 18x6 Power Command-volkragskakelingratkas bied uitstekende werkverrigting en gemak vir die operateur. Dieselfde hidrouliese stelsel as die PLUS-reeks doen sy werk ook hier. Twee standaard bande-opsies is beskikbaar, naamlik 650/65R38 agter en 540/65R28 voor, of die rygewasbande van 580/70R42 agter en 480/70R30 voor. Die kajuit is modern en gerieflik en bied goeie sig. www.proagri.co.za

Voortdurende opgradering sorg dat New Holland se T6000-reeks gewild en nuttig bly. ProAgri South Africa 288

7

Meganisasie

՚n Volle RTX-stuurstelsel is reeds toegerus en al wat jy benodig is die RTXsein met die verkose akkuraatheid om al jou aksies te verrig. Natuurlik het jy volle toegang tot die MYNEWHOLLANDportaal waar jy jou plaas, vloot en data kan integreer en berg, en dit is gratis! Verskeie ander opsies is ook beskikbaar, soos ՚n driepunt-hyser voor aan die trekker met hidroulika en kragaftakker. ՚n Twee-jaar/2 000-uur diensplanwaarborg is standaard op al die T6000trekkers. Almal het ook premium bande. Die kajuite is ruim en bied uitstekende sig. CNH Capital-finansiering teen prima minus 8,5% oor 36 maande, met 20% deposito is ook beskikbaar op die hele T6000-reeks. Die 15% BTW op jou transaksie word ook gefinansier en jy kan dit terugvorder binne drie maande. Dit verminder jou aanvanklike deposito aansienlik en versterk jou kontantvloei.


Meganisasie

PR MA M NUS JAARLIKSE BETALINGS

Geldig vir alle wieltrekkers hieronder:

700 Vario Reeks

800 Vario Reeks

900 Vario Reeks

1000 Vario Reeks

Aanvangsfooi en diens mag van toepassing wees. B's & V's geld en finansiering is onderhewig aan goedkeuring deur AGCO Finance, 'n produk van WesBank - 'n afdeling van FirstRand Bank Bpk. 'n Gemagtigde Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer. NCRCP20. Bepalings en voorwaardes geld: 25% deposito, 36 maande leningstermyn, jaarlikse terugbetaling. Geldig vanaf 1 Feb - 29 Feb 2024. Terwyl voorraad hou. 'n produk van

8

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Meganisasie

As die boer nie na New Vaal Motors kan gaan nie,

gaan New Vaal Motors na die boer toe deur Natasha Pretorius

New Vaal Motors het hulle reeks Mercedes-Benz- en FUSO-trokke by vanjaar se Balfour Hooidag aan boere bekendgestel.

A

s die boer nie na jou toe kan kom nie, gaan jy na die boer toe. Die span van New Vaal Motors in Vereeniging het by vanjaar se Balfour Hooidag boere bekendgestel aan hulle MercedesBenz- en FUSO-trokke. New Vaal Motors het sy deure in 1958 oopgemaak en was een van die eerste Mercedes-Benz-handelaars in SuidAfrika. Hulle het later die trokgedeelte bygevoeg en dié is al vir 20 jaar ՚n suksesvolle afdeling van hulle maatskappy. Pierre Marnewick, New Vaal Motors se handelaarshoof, verduidelik dat hulle by Balfour Hooidag uitgestal het om aan boere te wys wat hulle bied. “Dit is altyd lekker om tussen die boere te wees en te hoor wat hulle doen. Die manne is altyd op die plase, so hulle kry nooit die geleentheid om by die handelaars uit te kom nie. Dus kom ons maar na hulle toe sodat hulle kan sien wat ons vir hulle kan bied,” verduidelik Pierre. Al hulle voertuie val onder die Daimler-sambreel wat onder andere Mercedes-Benz-trokke, FUSO-trokke en Truck Store besit. Truck Store is hulle afdeling vir tweedehandse vragmotors. Die vragmotors wat deur New Vaal Motors aangebied word kan vir ՚n wye reeks take gebruik word, soos langafstandvervoer, boerdery en logistiese doeleindes. Hulle reeks sluit ook in: seilkanttrokke, sy-kantelwatrokke, wipbaktrokke, loopvloere en nog baie meer. “Mercedes-Benz is die handelsmerk om na te kyk,” sê Pierre. Hierdie is die tiende jaar wat Pierre die hooidag bywoon en die maatskappy het self nou al vier jaar by die dag uitgestal. “Ons is baie ingestel op wat ons klante wil hê, en ons klante is boere. So ons maak seker dat ons iets vir hulle saambring. Ons wys graag ՚n beesbak vir die boere en ons het altyd ՚n drie kubieke-meter “tippertjie” wat ons saambring, wat veral gewild is onder die www.proagri.co.za

boere,” sê Pierre oor hulle uitstalling. Hy vertel dat hulle Mercedes-Benztrokke met die Uptime-toepassing aangebied kan word. Die toepassing is ՚n bestuurder- en voertuigbeheerstelsel wat ՚n onderafdeling van die Daimler Fleetboard-vlootbestuurstelsel is. Uptime registreer foutkodes op die trokke om jou vroegtydig in te lig voordat hierdie probleme in groter skade kan ontaard. Die data word dan nie net na die eienaar gestuur nie, maar ook die handelaar en Uptime-span by Mercedes-Benz. New Vaal Motors en Mercedes-Benz bied ook bestuurderopleiding aan. Die handelaar doen ՚n deeglike oorhandiging aan die koper en die ProDrive-span van Mercedes bied ՚n een-, twee- of vyfdagbestuurkursus vir vragmotorbestuurders aan. Pierre se: "Ons het Mercedes-Benz- en FUSO- onderdele asook Truck Parts met hulle reeks Mercedes-Benz- en FUSOonderdele, die enigste verskil is die Truck Parts is bietjie goedkoper en vir voertuie wat nie meer onder waarborg is nie." In 2024 stel hulle vier nuwe voertuie in die Actros-reeks bekend, asook byvoegings tot die vastebak Arocs-reeks. “Hierdie reeks is veral gewild onder mense wat insleepvoertuie het en insleepdienste vir trokke doen. Daar is nou ՚n onderstel waarop hulle hulle toerusting kan installeer. Ons wag al lank hiervoor en ons is baie opgewonde oor die bekendstelling.” Pierre vertel dat die Actros-troktrekkerreeks aangepas en uitgebrei is na aanleiding van klante se voorstelle. Hierdie jaar gaan hulle nog ՚n paar skoue bywoon, veral plaaslik, om met gebruikers te skakel. Pierre sê dat New Vaal Motors as ՚n familie-onderneming graag hulle gemeenskap ondersteun. “Ons is ՚n familie-onderneming en is deel van die Hallmark-groep. Dit is vir

ons lekker om teen die einde van die dag ons klante ook deel te maak van die familie. “Ons is net ՚n oproep weg en ons nooi enige persoon om ons te kontak. Ons help graag waar en hoe ons kan,” sluit Pierre af."

Pierre Marnewick, New Vaal Motors van Vereeniging se handelaarshoof sê hulle besoek graag die Balfour Hooidag om met die boere te gesels.

Die beesbak wat New Vaal Motors gebou het om vir die boere te kom wys. Vind hulle op Facebook deur hierdie QR kode met jou slimfoon af te tas.

ProAgri South Africa 288

9


Gewasproduksie

THE DYNAMIC DUO EFFICIENCY UNLEASHED COSTS TAMED

Introducing the dynamic John Deere 5080E and 5080EN The John Deere 5080EN and 5080E (80hp) tractors are designed with versatility, productivity, and efficiency in mind. The 5080EN narrow tractor is perfect for spraying, mowing, haulage or general work among high-value crop orchards. The 5080E standard tractor is ideal for smaller grain and other crop operations, haulage and general farm work. The 5080E standard tractor is also ideal for hay-making, haulage, animal feeding and other tasks on dairy and livestock farms.

What sets the tractor apart? A turning radius of 3.7m. Up to 25% less fuel consumption – making it a highly economical option. 2.9l John Deere PowerTech Diesel Engine that provides up to 21% higher reserve torque. This means fewer stops to refuel and fewer gear changes resulting in higher productivity and lower cost of ownership.

Contact your nearest dealer today *Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/) https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821

JohnDeereAME 10

ProAgri Suid-Afrika 288

JohnDeere

JohnDeereAfrica www.proagri.co.za


Meganisasie

Unveiling the dynamic duo: John Deere 5080E and 5080EN tractors revolutionising farming in South Africa Article supplied

J

ohn Deere proudly introduces its latest power-packed duo on African soil for the first time: The 5080E and the 5080EN tractors. Their versatility extends over various tasks on your farm. 5080EN: A narrow tractor of 80 hp (59 kW) rated power. Ideally for spraying, mowing, haulage and other applications in high-value crop orchards (such as citrus, nuts, soft fruits, grapes, etc). 5080E: A standard tractor of 80 hp (59 kW) as well. This tractor is a perfect fit in smaller-scale grain and other field crop production, powering of haymaking equipment, haulage, and animal feeding.

Powerful engine

John Deere PowerTech™ diesel engines provide high backup torque up to 21% and the tractor works effectively with less RPM drop in heavy load applications and no need for shifting gears frequently in different load conditions which helps to do more work in less time. The engine provides excellent torque, fuel efficiency, and durability: • Each piston is sprayed with cooled and filtered oil, resulting in less heat generation, wear and tear and increasing the live of the engine, resulting in reduced cost of ownership. • Engine oil cooler which helps to reduce the temperature of the engine oil, protects engine components from early wear and tear and reduces maintenance cost of the engine. • Turbocharger to provide better www.proagri.co.za

response in fluctuating load conditions and improves fuel efficiency.

Maneuverability with precision

Navigating tight spots on a farm can be challenging, but not with the 5080EN. Boasting a remarkable shorter turning radius of only 3,7 m, this tractor maneuvers with great agility, working with ease in tight spots. Farmers can now effortlessly navigate their orchards.

Fuel efficiency for maximum productivity

Apart from fuel saving through the effective 2,9 litre John Deere PowerTech™ Diesel Engine and 21% higher reserve torque, these tractors are fitted with an Economy PTO (540E) for lighter duty applications like spraying and spreading, leading to a fuel saving of up to 25%.

Durability

The 5080E and 5080EN tractors provide enhanced performance through: • Dual stage oil immersed hydraulic wet-disc brakes. The self-adjusting and self-equalising hydraulic operated disc brakes provide more responsive breaking under load and requires no adjustment. • Planetary type reduction gears ensure equal distribution of load on the gears and axle, are more reliable, can sustain heavy loads, and ensure longer life of the components. • Advanced top shaft lubrication technology where transmission components are lubricated in all operating conditions. This ensures superior durability of components and enhance uptime.

Operator comfort at its core

Understanding the importance of operator comfort, John Deere has incorporated ergonomic design features into the 5080E and 5080EN. The extended legroom and suspended clutch and brake pedals enhance the overall operator experience, while cleverly designed side shift levers contribute to the tractor's user-friendly operation, reducing operator fatigue. The 5080EN offers a creeper gear, ensuring a low speed where needed, while the 5080E standard offers a 12/12 power reverser option with wet clutch. The 5080EN is available in an open station configuration, while the 5080E standard tractor is available in an open station platform or CAB.

Warranty and after-sales excellence

Investing in the future of farming, the 5080E and 5080EN come with the standard 24 months or 2 000 hours warranty, but also has the PowerGard™ extended warranty option, offering up to 5 000 hours or 5 years of warranty. This, coupled with John Deere's worldclass after-sales service, ensures that farmers can rely on their equipment for years to come. In conclusion, the John Deere 5080E and 5080EN tractors stand as a testament to innovation and efficiency in the agricultural sector. Farmers in South Africa can now embrace a new era of productivity, fuel savings, and operator comfort with this dynamic duo, propelling them into a future led by the pioneering advancements of John Deere.

ProAgri South Africa 288

11


Meganisasie

deur Natasha Pretorius

Markleiers vir stropers en trekkers in Afrika

C

3. ՚n Sterk NH is bekend daarvoor dat handelsmerk hulle die boer se en handebehoeftes ken laarsnetwerk: en verstaan – CNH streef en die sukses daarna om hulle van die boer handelsmerk op in al sy bedryalmal se lippe wighede ten te hê en ook doel het. 2023 hulle handewas ՚n uitdagenlaarsnetwerk de jaar vir die tot op ՚n sekere landboubedryf, standaard te maar CNH het kry en daar te uitgestyg deur hou. hulleself as 4. Operamarkleiers met sionele uitbetrekking tot muntendheid: trekker- en Intern moet stroperverkope hulle ondernete vestig. ming doeltrefMet 36,5% fend bestuur van die 2023word deur markaandeel middel van die vir trekkers en regte prosesse. 49% vir stro5. Volhoupers, volgens die baarheid: ՚n Jacques Taylor, uitvoerende hoof van CNH is opgewonde oor wat die toeSuid-Afrikaanse Groot deel van koms vir hulle maatskappy en landbou inhou. LandboumasjinCNH gaan oor erie-assosiasie volhoubaarheid. (SAAMA), vertel Om volhoubaar Jacques Taylor, te kan boer, “Albei het steeds ՚n volledigeprodukdie uitvoerende hoof van CNH dat hulle maar ook om volhoubaar te wees reeks, maar New Holland het spesialiswil voortbou op hierdie sukses. Volgens in terme van hulle produkontwiktrekkers en CASE IH het ՚n groter fokus verskepingsyfers kan CNH ook spog met keling. Die gebruik van henubare op tegnologie,” verduidelik Jacques. 45% markaandeel in die res van Afrika energiebronne is vir hulle belangrik en die Midde-Ooste. en hulle het reeds elektriese- en Jy besluit self metaantrekkers na die Suid-AfriEen van die vele voordele van hulle Twee reuse onder een dak kaanse mark gebring. toerusting is dat jy pasgemaakte opCNH het twee handelsmerke onder een lossings na jou lande kan bring. Wandak en hulle het die wenresep gevind CNH se sukses neer jy ՚n masjien by hulle koop kies jy om te verseker dat daar harmonie en Jacques skryf hulle sukses toe aan die spesifikasies en tegnologie wat by gesonde mededinging tussen CASE IH hulle klante, die CNH-span en die CNHjou boerdery pas. en New Holland is. handelaarsnetwerk. “Ons is in ՚n baie unieke situasie om “Die mark was baie sterk die afdie twee handelsmerke te hê. Ons is Die boer is prioriteit by CNH gelope drie jaar, die aanvraag na nuwe dieselfde maatskappy, maar in die veld CNH wil hê hulle klante moet tuis voel landboutoerusting was uitsonderlik ding ons teen mekaar mee, net soos by hulle, daarom het hulle vyf stratehoog. In 2021 het ons die CASE IHteen enige ander handelsmerke. Ons giese prioriteite: agentskap teruggeneem van die Invicta het ՚n baie interessante dinamika in 1. Ontwikkelings wat deur die Holdings-groep en dit het ons in staat die onderneming, maar tog steeds een boer geïnspireer word: Hulle gestel om ՚n nuwe beeld van ons handoel as CNH. Ons werk hard daaraan mik om nader aan die boer te delsmerke te ontwikkel. Gepaard met dat elke handelsmerk sy eie kultuur beweeg en hulle behoeftes te verdie nuwe produkte wat ons bekendhet, maar uiteindelik is ons steeds een staan. Die terugvoering wat hulle gestel het oor die afgelope drie jaar, maatskappy,” vertel Jacques. ontvang van boere word gebruik het ons net groei ervaar.” vir verdere produkontwikkeling. Nog ՚n groot stap vorentoe was die Elke handelsmerk het sy 2. Tegnologiese leierskap: Die klem bekendstelling van Advanced Farming hier is op die term leierskap en CNH voordeel Systems (AFS) aan die CASE IH-kant streef daarna om aan die voorpunt Hoewel CASE IH en New Holland se en Precision Land Management (PLM) van tegnologie te bly. ՚n Voorbeeld aanbiedings baie ooreenkom, verhiervan is toe hulle in 2023 Raven aan die New Holland-kant. “Dit het CNH duidelik Jacques dat dat hulle wel Industries, ՚n presisie-tegnologiegeposisioneer as een van die leiers in poog om die twee handelsmerke in die maatskappy, oorgekoop het. landboutegnologie,” voeg Jacques by. mark te differensieer.

12

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Opgewonde oor die toekoms

Nader aan die boer

CNH bly deurentyd naby aan die boer om seker te maak hulle voldoen aan hulle behoeftes. Deur boeredae by te woon, plaasbesoeke te doen en terugvoering van hulle handelaarsnetwerk te ontvang, verseker hulle hulle weet wat hulle verspreiders en boere nodig het. “CNH het ook samewerkingsooreenkomste met baie rolspelers in die bedryf, soos ons verskaffers, saad- en kunsmismaatskappye, sowel as presisieboerderymaatskappye,” vertel Jacques. Hulle stuur ook deurentyd hulle personeel vir opleiding sodat hulle op hoogte kan bly van die nuutste tegnologie. Hierdie opleiding word plaaslik en internasionaal aangebied. “Inligting is vrylik beskikbaar vandag danksy die Internet, en ons kom gereeld in situasies waar iemand reeds iets aanlyn raakgesien het en daar-

www.proagri.co.za

oor wil gesels. So dit is belangrik vir ons handelaarsnetwerk en span om op hoogte te bly van die nuutste tegnologie en produkontwikkeling,” meen Jacques.

Landbou en sy uitdagings

Met betrekking tot volhoubaarheid moet jou maatskappy eerstens winsgewend wees, dan moet jy ook na die volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne omsien. “Die verbruiker kyk anders na voedsel en die voorsieningsketting, ek noem dit die sosiale lisensie wat landbou het. Ons moet verseker dat die manier waarop ons voedsel produseer sosiaal aanvaarbaar vir die mark is,” sê Jacques. CNH het ook ՚n noue verhouding met Agritechnovation wat psesifiek op presisieboerdery fokus. Hy sê: “Ons het ՚n hele paar werksessies saam met hulle aangebied om boere in te lig oor die voordele van presisieboerdery.” Maar hulle harte strek verder as net hulle kopers, hulle is ook betrokke by gemeenskapsontwikkeling en veral universiteite en skole. In 2023 het hulle toerusting aan die Stella Landbouskool in Noordwes geskenk, betrokke geraak by Waterkloof Hoërskool in Pretoria en die geriewe by die NAMPO-plaasskool opgegradeer, om net ՚n paar te noem.

Landbou en sy kultuur

Jacques kom uit ՚n landbou-agtergrond af en boer ook self. Hy glo dat dit hom help om beter met die landbou-bedryf en mark te verbind. “Ek voel landbou is soos wiskunde, ek dink nie jy kan iemand wiskunde leer nie, hy moet dit verstaan. En ek dink landbou is dieselfde, jy moet ՚n gevoel daarvoor en vir die bedryf hê,” deel Jacques. Vir hom is landbou se kultuur en mense belangrik daarom is dit noodsaaklik om naby aan die mark te bly.

Wens vir landbou se toekoms

In sy nuwejaarsboodskap aan die landbousektor het Jacques mense aangemoedig om aan te hou hoop. Hoop is nie ՚n wens nie maar eerder die positiewe verwagting van ՚n uitkoms. Jacques sê: “By CNH, die moedermaatskappy van wêreldbekende handelsmerke soos CASE IH en New Holland, het ons tot die besef gekom dat daar buitengewone krag in hoop is. Trouens, hierdie vermoë is ongetwyfeld die hoofrede vir ons maatskappy se wêreldleierskap in konstruksie- en landboumeganisasie.” Met die druk wat landbou ondervind om aan die eise van groeiende bevolkings, voedselsekerheid en volhoubaarheid te voldoen sê Jacques ons moet ons voorouers se voorbeeld volg en nie wegskram van probleme af nie. “ʼn Boer maak ʼn plan! Deesdae kan ons probleme oplos deur slimmer te werk te gaan en om tegnologiese vernuwings in te span om beter en meer produktief te boer. Maar, bowenal, moet ons gesindheid en ons lewensuitkyk reg ingestel wees.” Hy sê deur doelbewus ons hoop en drome uit te voer, sal ons beslis môre die vrugte daarvan pluk. Hy nooi boere uit om die maatskappy dop te hou, want daar is nog groot dinge wat 2024 inhou! “Ek nooi ook al ons boere uit; kom kuier by ons by NAMPO 2024 waar ons klem op nuwe produkte en nuwe tegnologie gaan wees. Ons sien uit om almal met ope arms te verwelkom.”

Besoek gerus CNH se webtuiste by www.cnh.com om meer te leer oor hulle wye reeks landboutoerusting.

ProAgri South Africa 288

13

Meganisasie

Vir CNH gaan 2024 die jaar van konsolidasie wees vertel Jacques. Hy verduidelik dat hulle verwag dat die mark bietjie gaan terugtrek na die afgelope drie jaar en dat hulle nou die klem laat val op naverkoopdiens en die beskikbaarheid van onderdele. “Ons as CNH het ՚n wesenlike groei in markaandeel ervaar, ook as gevolg van lang wagtye vir bestellings wat in 2021 en 2022 geplaas is, maar eers in 2023 afgelewer kon word. Ons was gelukkig dat ons na hierdie lang wagtye die produkte uiteindelik op die grond kon sit. Verskaffers was onder ongelooflike druk gewees en komponente was net nie beskikbaar nie, dit was immers vir ons en baie ander bedrywe een van die grootste uitdagings.” Hulle ervaar steeds probleme met betrekking tot die invoer en vervoer van produkte. “Die beskikbaarheid van vragskepe, vraghouers en uitdagings met ons hawens maak dit steeds moeilik,” sê hy.


Mahindra Pik Up 2.2 mHawk DC 4x4 Karoo Starting From

R8 499

*PM

NO DEPOSIT

RVMG 14

ProAgri Suid-Afrika 288

T&C Apply. E&OE

www.proagri.co.za


deur Maryna Steyn

O

psetlike avontuur. Dit is die motivering agter Mahindra Pik Up Karoo se spesiale reeks wat op eie bodem ontwerp en vervaardig is. Mahindra weet mos wat hulle Suid-Afrikaanse klante soek. Die spesiale reeks, naamlik die Karoo Dusk, Dawn en Storm, is reeds in 2022 aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Al drie is opgegradeerde weergawes van die oorspronklike Pik Up Karoo. Elkeen is toegerus met swaardiens veldvering, veldbande en verharde 4x4-vellings. Die Pik Up-reeks se grondvryhoogte van 210 mm spel ook avontuur. Die Karoo-naam word steeds gekoppel aan die Mahindra Pik Up-reeks om te wys dat die fabrikaat werklik die behoeftes van die Suid-Afrikaanse bakkiemark verstaan. Die gewildheid van die oorspronklike Karoo-model word toegeskryf aan die balans wat Mahindra handhaaf tussen betroubaarheid en doeltreffendheid en nou bied die nuwe reeks nog meer. Met dieselfde doeltreffende 2,2-liter turbodieselenjin bied hierdie bakkies 103 kW krag en 320 Nm wringkrag. Die sesspoed outomatiese ratkas verseker gladde oorskakeling en volle benutting van die enjin se krag. Maar is dit dan nie dieselfde Karoobakkie in ՚n nuwe baadjie nie? Nee, want bo en behalwe sommige eienskappe wat standaard is in die oorspronklike model, is daar ook nuwe toevoegings soos ՚n ten volle leerbeklede kajuit en pasmaakkleure. Aan die buitekant spog dit met ՚n stootstaaf voor en sportstaaf op die bak wat die Karoo-naam dra. Binne is die

www.proagri.co.za

raakskerm opgegradeer na nege duim. Saam is al die toebehore en kenmerke nie net staatmakers op 4x4uitstappies nie, maar dit maak ook die voertuig ՚n leefstylbakkie wat Afrika maklik aandurf. Alle modelle het ՚n 120 000 km meganiese waarborg en ՚n vyf-jaar/ 90 000 km diensplan. Mahindra wou graag met die ontwerp van hierdie spesiale modelle wys dat Suid-Afrikaners vir hulle nie net kopers is nie, maar mense oor wie se behoeftes hulle werklik omgee.

Karoo Dusk

Die Karoo Dusk is beskikbaar in ՚n sagte swart matafwerking wat die voertuig indrukwekkend laat vertoon. Sy kenmerkende Karoo-embleem – die doringboom – is in blou uitgelig. Hierdie model se ontwerp is geïnspireer deur die gietswart nag van die Karoo.

Karoo Dawn

Hierdie model trek sterk inspirasie vanuit die roomkleurige sand van die Karoolandskap. Op hierdie model verskyn die embleem in oranje, wat herinner aan die vroeë môreson. Dit het ook ՚n dakrak as standaard bykomstigheid.

Karoo Storm

Dink aan daardie broeiende storm oor die oop Karoo … Dit is die kleur van die Karoo Storm Pik Up. Die algehele ontwerp trek hierdie grysblou deur om nie net ՚n kenmerkende kleur te wees nie, maar ՚n belewenis.

Toetsbestuur ՚n Mahindra Karoo Pik Up by Mahindra Alberton vandag. Bespreek by https://www.mahindraalberton. co.za/book-a-test-drive/ of skakel Floris Grobler by (+27)82-338-7538. ProAgri South Africa 288

15

Meganisasie

Mahindra se spesiale Karoo Pik Up reeks is eie aan SA … nes die Karoo


Meganisasie

Pantser jouself só teen die aanslae op ons paaie deur Bianca Henning

D

it is geen geheim-dat Suid Afrika se paaie verskeie risiko’s inhou nie, of dit nou ontvoerings, kapings of klipgooiery is, ons is daagliks in gevaar op ons paaie. Veral wanneer jy in verkeer vasval, by ՚n verkeerslig stilstaan of by ՚n plaashek moet stilhou, moet jy op jou hoede wees. Gepantserde voertuie is niks nuuts nie, ons sien hulle daagliks op ons paaie en daar is natuurlik ook meer luukse voertuie beskikbaar wat gepantser is met die uitsluitlike doel om “baie belangrike” mense soos politici en ander hoë profiel insittendes veilig by hulle bestemmings te kry. Maar wat van gewone mense?

Armoured Mobility bied beveiligde voertuie

Armoured Mobility, ՚n Suid-Afrikaanse maatskappy met takke in Sandton, Durban en Kaapstad het aan ProAgri die geleentheid gebied om ՚n gepantserde voertuig onder oë en hande te kry en ons het hom toetsbestuur vir ՚n paar dae. Die vraag op almal se lippe was of dit prakties is en of daar werklik ՚n mark vir so ՚n soort voertuig is, en die antwoord is oorweldigend ja. Volgens Suid-Afrika se misdaadsyfers is 22 742 voertuie in 2023 gekaap. Hierdie gebeure gaan soms gepaard met ernstige beserings, so ՚n ekstra laag beskerming maak sin. Nabeel Kahn, hoofbestuurder van Armoured Mobility, sê: “Ons het aanvanklik slegs voertuie gepantser vir die regering en sekuriteitsdienste, waarna daar ՚n groot vraag ontstaan het vir die beveiliging van ander mense se voertuie ook. Ongelukkig is dit ՚n teken van tye waarin ons leef. Natuurlik wens ons almal dat daar geen nut vir gepantserde voertuie was nie, maar die veiligheid van mense op die paaie en binne hulle voertuie is vir ons ՚n prioriteit.” Nabeel verduidelik hoe hulle te

werk gaan: “Ons deurlopende interne navorsing en ballistiese toetsing van materiale verseker dat ons altyd die beste beskerming aan ons klante bied. Ons gepantserde voertuie is gebou met die nuutste, gesertifiseerde, saamgestelde, liggewig pantseroplossings. Al ons werk word volgens internasionale spesifikasies gedoen en ons beskermingsvlakke en bougehalte slaag die Armscor-sertifiseringsvlakke, wat streng vereistes vir gepantserde beskerming stel.” Armscor, vroeër Krygkor, is die verkrygingsagentskap vir die Suid-Afrikaanse Departement van Verdediging. Hy voeg by: “Vandag bied ons aan enige persoon die keuse om jouself en jou gesin te beskerm met 'n gepantserde voertuig wat soos die fabrieksmodel lyk. Ons bring die nodige veranderinge op jou huidige voertuig aan volgens jou spesifikasievlak. Alle pantsermateriaal word diskreet in die voertuie se bestaande ontwerp geïntegreer om die voertuig se passasiers te beskerm, sonder dat dit sigbaar is.” Alle pantservoertuie gaan deur streng inspeksies voordat hulle die fabriek verlaat. “Ons boet nie in op ons gehalte nie

Toetse en demonstrasies van verskillende kaliber vuurwapens toon dat die buitekant van die ruit ontplof en skade opdoen, maar die binnekant van die ruit bly seepglad. en ons is toegewyd daaraan om uitsonderlike gepantserde voertuie te vervaardig, daarom bied ons dus tot 'n tweejaar-waarborg op vakmanskap en 'n vyfjaar-waarborg op ons glas,” vertel Nabeel trots. Armoured Mobility bied twee spesifikasievlakke waarvan jy kan kies: ՚n B4of ՚n B6-gepantserde spesifikasievlak.

B4-gepantserde spesifikasievlak

Nabeel verduidelik: “Die B4-gepantserde spesifikasievlak bied beskerming teen handwapens soos ՚n 9 mm, .40, .45 en .375 gewere, met beskermende glas van 21,5 mm dik en Kevlar-plate vir die panele wat geskik is vir beskerming teen ՚n tipiese kaping. Kevlar is 'n organiese liggewigvesel wat hoë treksterkte, duursaamheid en verbeterde beskerming bied.”

B6-gepantserde spesifikasievlak

Vir diegene wat bietjie meer beskerming wil hê, is daar ՚n B6-spesifikasievlak. Dit is die hoogste vlak van pantsering vir burgerlike gebruik en kan aanslae met hoë-aangedrewe wapens soos R1-aanvalsgewere of AK 47's teenstaan. Dit is te danke aan 36,5 mm

Alle pantsermateriaal word diskreet in die voertuie se bestaande ontwerp geïntegreer sonder dat dit sigbaar is. Dit word so netjies gedoen dat geen mens met die blote oog sal raaksien dat die voertuig enigsins van sy stalmaats verskil nie. 16

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Meganisasie

Die B4-spesifikasievlak voertuie het die opsie om toegerus te wees met 'n interkom en sirene. Dit is standaard op B6-voertuie.

՚n Uiteensetting van die B4 spesifikasievlak, en wat dit alles insluit.

՚n Uiteensetting van die B6-spesifikasievlak, en wat dit alles insluit. glas en spesiale versterkte staalplate. “Ons vlak B6 voeg net ongeveer 350 tot 500 kg gewig by as gevolg van die hoë gehalte, liggewig pantsermateriaal wat ons gebruik. Hierdie bykomende gewig bly steeds onder die bruto voertuiggewiggradering (GVWR), wat beteken dat minimale meganiese www.proagri.co.za

komponente vervang hoef te word nie,” vertel Nabeel. Toetsrit met die Chery Tiggo 8 Pro Max B4-gepantserde weergawe Ek het aanvanklik gedink die voertuig gaan baie swaar wees, en dat die gepantserde materiaal ՚n invloed op die

voertuig se prestasie gaan hê, wat alles behalwe die geval was! Die invloed op werkverrigting, brandstofverbruik en hantering is minimaal. Jy kan laat wiel met hierdie moderne Chery Tiggo 8 Pro Max en boonop veilig op die pad voel, selfs in die nag wanneer jy by verkeers-ligte of tolhekke moet stop. Al waar ek wel die verskil agtergekom het, is met die oop- en toemaak van die deure; hulle voel swaarder as gewoonlik. Van swaar gepraat, met die B4spesifikasievlak weeg die Chery Tiggo 8 Pro Max ՚n skrale 110 tot 140 kg meer. Om ՚n voertuig met ՚n B4-spesifikasie toe te rus neem ongeveer 7 tot 10 weke en om ՚n B6-spesifikasie aan te bring neem ongeveer 10 tot 13 weke. Armoured Mobility is ook die trotse eienaars van Chery se handelstak in Sandton. Plaaslike pryse vir die spesiale pantserweergawe van die Chery Tiggo 8 Pro Max begin by R1,2 miljoen. Kontak hulle gerus om ՚n gepantserde voertuig te toetsbestuur of vir meer inligting oor hulle Chery-reeks gepantserde voertuie. Jy kan selfs ՚n gepantserde voertuig huur! Vir meer inligting oor Armoured Mobility se dienste en wat hulle alles vir jou op jou voertuig kan bied, besoek hulle webwerf by https:// www.armouredmobility.co.za/. ProAgri South Africa 288

17


Meganisasie

Tegnuus: Die nuutste in

landboutegnologie van regoor die wêreld

Mag die beste robot wen! deur Annemarie Bremner

F

uture Farming ('n media-onderneming) en World FIRA (International Forum of Agricultural Robotics) gaan in Februarie die belowendste landbourobot by 'n skou in Toulouse, Frankryk, aanwys. Dit is die tweede jaar van die wedstryd en uit twaalf maandelikse aanspraakmakers is die volgende vyf masjiene gekies om mee te ding vir die titel: Landbourobot van die Jaar. (Bron: Future Farming)

Digital

workbench Tipard 1800

Andela Robot Weeder ARW-912

Tipard 1800 is 'n outonome multi-draer platform vir die outomatisering van primêre bewerkings soos saai, bemes, onkruid- en plaagbeheer en oes. Afhangend van die werk wat gedoen word, kan die batterye tot twaalf uur hou and dan kan oorgeskakel word na diesel. Die hoofraam het sewe modulêre subraamruimtes wat toegerus kan word met verskeie dieselenjins tot 40 kW, bykomende brandstoftenks, batterymodules met tot 56 kWh batterykapasiteit, 'n driepunthaak of verskeie sensoreenhede. Daar is vyf werktuigopsies.

Die ARW-912 is 'n volledig geoutomatiseerde onkruid-dodermasjien met twaalf onkruideenhede en 'n werkwydte van nege meter wat geskik is vir rygewasse. Elke eenheid het 'n kamera wat die onkruid opspoor en die gekoppelde robotarm beheer, wat die onkruid doodbrand sonder om die grond te versteur of gewenste plante te benadeel. Die beeldherkenningstelsel kan onkruid vanaf 'n baie vroeë stadium opspoor en dood-maak. Die masjien kry sy krag van sonpanele, word elektries aangedryf en loop op spore met RTK-GPS-beheer. Die ARW912 kan 24/7 gebruik word en teken al die data op met beelde soos hy vorder. 18

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


WEAI werk met hoë presisie wat veral belangrik is vir groenteverbouing. Die robot het meganiese arms om onkruid tussen rye en 'n skoffelstelsel om onkruid in die rye te verwyder. Só verminder jy ook die gebruik van onkruiddoder sodat die boere hulle koste kan besnoei en bydra tot 'n gesonder omgewing. Toetse in Swede het getoon dat die robotstelsel kan bydra tot hoër opbrengste in vergelyking met konvensionele verbouing met onkruiddoder. Die robot gebruik RTK-GPS om met presisie van 2 cm te navigeer.

Meganisasie

Ekobot WEAI

Ekobot WEAI. Tensorfield se Landbou-Jetty.

Tensorfield se Landbou-Jetty

Jetty voer giflose presisie-onkruidbeheer uit in hoëdigtheid-rygewasse soos wortels en stingeluie. Dit identifiseer onkruid tussen gewasse deur rekenaarbeelde te gebruik. Dit spuit dan 'n mikrodosis organies-goedgekeurde groente-olie met ‘n hoë temperatuur op die onkruid om dit dood te maak en gewasse te laat floreer. Volgens Tensorfield lewer Jetty die vinnigste, mees kostedoeltreffende metode om 'n presiese dodelike dosis hitte-energie op 'n onkruid te plaas vir na-opkoms onkruidbeheer.

Tortuga AgTech F en G In ander nuus: John Deere reik na die sterre

Tortuga se platform kombineer kunsmatige intelligensie (KI) en doelmatige ontwerp vir bedrywighede in boorde. Die robot is hoofsaaklik ontwerp vir oes, maar kan ook data vir opbrengsvoorspellings insamel, plante met UV-C-lig behandel en snoei. Die robotte het 'n outonome basis wat op en af in die ry beweeg en twee arms wat vrugte identifiseer en pluk. Die robot se KI gebruik byna twintig "modelle" om plukbesluite te neem, maak staat op gevorderde sagteware om met twee arms gelyk te pluk en in die rye te navigeer. www.proagri.co.za

Deere & Company het 'n ooreenkoms met SpaceX aangegaan om satellietkommunikasie (SATCOM)-diens aan boere te lewer. Deur gebruik te maak van die Starlink-netwerk sal hierdie oplossing boere wat sukkel met kommunikasie in die platteland bemagtig om presisielandboutegnologieë te benut. "Die waarde van elektroniese verbinding is breër as enige enkele taak of aksie. Dit ontsluit groot geleenthede wat voorheen beperk of nie beskikbaar was nie," sê Aaron Wentzel, visepresident van Produksie en Presisiestelsels by John Deere. "Boere moet byvoorbeeld regdeur die jaar take binne uiters kort tydperke voltooi. Dit vereis die uitvoering van ongelooflik presiese produksiestappe terwyl verskillende masjiene gekoördineer en masjienprestasie bestuur word. Elkeen van hierdie take word verbeter deur kommunikasie, wat die hele operasie doeltreffender en winsgewender maak."

Die SATCOM-oplossing sal beide nuwe en bestaande masjiene verbind deur middel van satellietinternetdiens en robuuste satellietterminale. Dit sal tegnologieë soos outonomie, intydse deel van data, afstanddiagnostiek, verbeterde selfhersteloplossings en masjien-tot-masjien-kommunikasie ten volle moontlik maak, wat boere help om doeltreffender te werk terwyl staantyd tot die minimum beperk word. "John Deere is al meer as twee dekades in die landboutoerustingbedryf met satellietgegronde presisievoorligtingstegnologie," sê Jahmy Hindman, senior visepresident en hooftegnologiebeampte by John Deere. "Nou bring ons satellietkommunikasiediens op skaal na die plaas sodat boere met gebrekkige sellulêre dekking die waarde van kommunikasietegnologie kan benut." John Deere se SATCOM-oplossing sal SpaceX se Starlink-satellietinternetopstelling benut. Om hierdie oplossing te aktiveer, sal John Deere-handelaars Starlink-terminale op versoenbare masjiene installeer, asook 'n 4G LTE JDLink-modem om die masjien aan die John Deere Operasionele Sentrum te koppel. Die SATCOM-oplossing sal aanvanklik beskikbaar wees deur 'n beperkte vrystelling in die Verenigde State en Brasilië wat in die tweede helfte van 2024 begin. Ongelukkig vir Suid-Afrikaanse boere kan dit 'n geruime tyd duur voordat Starlink in hierdie land verwelkom sal word. ProAgri South Africa 288

19


Meganisasie

ONTVANG TOT

RENTE OP JOU NUWE

MASSEY TREKKER KONTAK JOU NAASTE MF-HANDELAAR. WWW.MASSEYFERGUSON.COM EERSTE KOM EERSTE MAAL. TERWYL VOORRAAD HOU. Aanvangsfooi en diens mag van toepassing wees. B's & V's geld en finansiering is onderhewig aan goedkeuring deur AGCO Finance, 'n produk van WesBank - 'n afdeling van FirstRand Bank Bpk. 'n Gemagtigde Finansiële Dienste en Geregistreerde Kredietverskaffer. NCRCP20. Bepalings & Voorwaardes geld: 25% deposito, 36 maande leningstermyn, vaste rentekoers, maandeliks terugbetaling. Geldig vanaf 1 Feb 2024. 'n Produk van

©2024 AGCO Corporation. E&OE

20

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


deur Benine Ackermann

“E

k het drie dae vinniger gestroop as gewoonlik met die nuwe stroper en ook die skoonste koring in 30 jaar gestroop.” So sê Piet Louw van Louw Boerdery in Hopetown, Noord-Kaap van, sy CLAAS LEXION 8700-stoper. Hy loop al jare die pad met CLAAS en is die eerste boer in die Noord-Kaap wat die indrukwekkende stroper besit. Daar is nog nie baie van die stropers in Suid-Afrika beskikbaar nie. Dit is van die grootste masjiene wat CLAAS vanaf Duitsland na Suid-Afrika invoer. Piet voeg by dat nie enige stroper koring behoorlik kan stroop nie, maar CLAAS is baas op die koringland, verklaar Piet. Piet is nie net ՚n boer nie, maar ook ՚n werktuigkundige en ken daarom die stroper van hoek tot kant. Sy twee seuns, Charlie en Pieter, boer saam met hom en versien ook self hulle werktuie na elke seisoen. Piet loop behoorlik oor van opwinding en inligting: “Die stroper stroop outomaties en ry min of meer 5 km/u,”

sê Piet. Hy stroop tussen 50 en 60 ton koring per uur en 6 tot 7 hektaar per uur met die LEXION 8700. CLAAS het die kajuit van die stroper groter gemaak, wat dit gemaklik maak vir die boer om lang ure te stroop. Daar is ՚n lekker yskas in vir jou verversings en ՚n lugverkoeler sodat jy nie die 40-grade hitte buite voel nie. Die sitplekke kan verstel word om warm of koud te maak. “Dit is veral lekker in die winter wanneer dit so koud is in die aande,” sê Piet. Hy sê jy hoef nie alles van die stroper te weet nie; die tegnologie is gevorderd en lei die boer. “’n CLAASstroper het van die beste tegnologie in die wêreld,” sê Piet. Met die tegnologie kan die boer ook die stroper se werking vanaf sy selfoon dophou as iemand anders die stroper bestuur. CLAAS maak gebruik van die CEBIS-skerm. “Daar is drie skerms in die stroper. Die een wys die boer hoe hy sy gewas se opbrengs lyk, die vogvlakke, wan-

neer die graantenk vol is en vele meer. Die tweede skerm is die presisieskerm wat die rooi kolle in die land wys. Dit is waar die grond meer aandag nodig het en waar die boer weet hy meer kunsmis moet gee. Die derde skerm is die GPS van die masjien,” sê Piet. Die LEXION 8700 het 'n konkaafoppervlakte van 1,55 m2. Piet sê dit is maklik om te vervang. Die konkaaf het 'n segment of gedeelte wat uitgehaal en vervang kan word vir verskillende gewasse. 'n Oorladingbeskermingstelsel bied ook beskerming teen blokkasies. Die stroper het ՚n gewone hardebed(rigid) -tafel. “Die tafelmes kan ook verder uitstoot vir ander gewasse.” Die volumes graan wat die graantenk kan hou wissel tussen 10 000 en 18 000 liter. Daar is sewe verskillende aflaaiawegare beskikbaar en die aflaaispoed

Foto: Die swart kat productions. www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

21 31

Meganisasie

Stroop vinniger met CLA AS se LEXION 8700


Crates

Optional extras

REMOVABLE DIVIDERS

VIRGIN RED RECYCLED BLACK

CRATE LID

Crates

VIRGIN RED RECYCLED BLACK

VIRGIN RED RECYCLED BLACK

VIRGIN WHITE RECYCLED BLACK

Kou hieraan ... ... Kimtrafos – die beste oplossing vir jou diere.

Kimtrafos 6 & 12 Grandé uppe marketing A34150

Fosfaat en spoormineraalaanvulling of konsentraat vir fosfaat-arm streke. • Beskikbaar as ‘n konsentraat (P12) en klaargemengde produk (P6). • In ‘n gerieflike korrelvorm vir ‘n stofvrye produk. • Verryk met die belangrikste spoorminerale in die regte verhouding tot fosfaat. • Aangename melasse reuk en smaak om inname te bevorder. • Bevorder produksie en vrugbaarheid. • Verbeter groei en skeletontwikkeling. • Veelsydige aanwending gedurende die reënseisoen of reg deur die jaar in fosfor-arm streke. • Geskik vir beeste, skape en bokke.

Gebalanseerde dierevoeding. www.yara.co.za/animal-nutrition/ animal.nutrition.sa@yara.com | Tel: +27 (0)31 910-5100 Yara Animal Nutrition Suid-Afrika (Edms) Bpk. Reg. Nr. 2001/025850/07 Kimtrafos 6 Grandé - Reg. Nr. V23311, Kimtrafos 12 Grandé - Reg. Nr. V18670 (Alle produkte is geregistreer onder Wet 36 van 1947.)

22

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Foto: Die swart kat productions.

behoorlik leeg te maak. Die verkoeler sit bo-op rug van die stroper wat maak dat hy skoon lug kry en nie vol stof raak nie. Piet brand ook nie die land nadat die koring gestroop is nie want die LEXION se kafkapper en strooier versprei alles wat die stroper uitgooi regoor die snyoppervlakte. “Jy sal nie gesnyde kaf op die koring kry nie.” Die stroper het ook ՚n APS SYNFLOW HYBRID-dwarsdrom. Dit is ՚n kombinasie van ’n rotor en ’n sekondêre dwarsdrom. Die dorsdrom se deursnit is vergroot tot 755 mm. Dit word gevolg deur ’n nuwe, groter voerdrom met ’n deursnit van 600 mm. Die groot deursnit van die dorsdromme veroorsaak ’n lae-kontakhoek van 132 grade.

Hierdie eienskappe, saam met die sinkronisasie van die spoed waarteen die dromme draai, verseker ’n egalige materiaalvloei wat die stroper ligter op brandstof maak. Die LEXION 8700 het 'n Perkins-enjin in ooreenstemming met die CLAAS POWER SYSTEMS-konsep. Die boer hoef ook nie bekommerd te wees om heelnag te stroop nie, want die skerp LUD-ligte laat die nag soos dag lyk. Die langreeksligte skyn ver en die belangrike masjiendele het onderhoudbeligting. Piet is baie tevrede met Kimberley Agri Onderdele en Hopetown Agri se goeie diens wat hy ontvang het.

Besoek gerus www.claas.co.za om te kyk wie jou naaste handelaar is om jou LEXION aan te skaf.

Piet Louw van Louw Boerdery glimlag breed in sy nuwe CLAAS LEXION 8700 stroper. Die stroper maak sy strooptyd maklik, lekker en vinnig.

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

23

Meganisasie

wissel tussen 110 ℓ/s en 130 ℓ/s. Hierdie pype is tot 12 meter lank. Daar is ook ’n 180 ℓ/s weergawe beskikbaar vir die LEXION 8700-model. Om die afvoertrokke en tapkarre so presies as moontlik te laai, kan hierdie awegaar se werkspoed verlaag word na 90 ℓ/s. Onder die uitgooipyp is ‘n kamera wat sorg dat die operateur vanuit die kajuit gemaklik in die tapkar kan inkyk. So kan die boer die aftapproses vanuit die kajuit dophou. Die stroper werk baie goed saam met 'n tapkar wat 20 ton kan hou. Wanneer die graantenk leeggetap is, skakel die awegaar binne die bak outomaties eerste af terwyl die awegaar in die aflaaipyp nog draai om die pyp


Gewasproduksie

CELEBRATING SKILLED TECHNICIANS John Deere 2023 Awards

On the 10th of November 2023, the prestigious Kievits Kroon played host to the much-anticipated John Deere Africa Middle East (AME) Award Ceremony, a night dedicated to acknowledging the outstanding contributions of individuals and branches within their extensive dealer network. Among the highlights were the Agriculture Workshop of the Year 2023 and the AG Technician of the Year 2023 awards, which showcased the commitment to excellence within the John Deere community.

AFGRI Harrismith’s dedication to continuous improvement shone through in their commitment to training. Actively participating in training events and engaging in online courses, they reinforced their position as a workshop at the forefront of industry knowledge. Customer satisfaction, a cornerstone of their success, was validated through positive surveys, cementing AFGRI Harrismith’s well-deserved status as the Agriculture Workshop of the Year 2023.

AFGRI Harrismith, under the leadership of Joppie Bartleman, secured the esteemed title of Agriculture Workshop of the Year 2023, marking a standout performance amid tough competition. The rigorous evaluation process encompassed a comprehensive checklist that assessed workshops against various criteria throughout the year. AFGRI Harrismith, as part of the top 5 workshops, underwent a meticulous auditing process to validate the information documented on their scorecards. Not only was their efficiency tested, but the turnaround time of their service as well. The amount of downtime was to be kept to an absolute minimum in order to keep in step with the requirements. Their commitment to marketing excellence was evident through the presence of a qualified technician or workshop manager at all times, backed by the technical skills and expertise that ensures that clients enjoy the utmost dedication towards the fast and efficient repair of their machines. The physical aspects of their facilities spoke volumes about AFGRI Harrismith’s commitment to professionalism. Their service vehicles were easily identifiable, the service reception was clearly marked, and the workbenches consistently maintained a tidy appearance. Moreover, the workshop had all the necessary tools to provide comprehensive and high-quality services to their customers. 24

ProAgri Suid-Afrika 288

Agriculture Workshop of the Year- AFGRI Harrismith

www.proagri.co.za


Ruan Kriel emerged as the AG Technician of the Year 2023, a testament to his expertise and dedication.

selection of the top 3 based on practical, theoretical, and fault-finding assessments.

The competition mirrored the workshop evaluation process, with technicians taking an online test, progressing to a written exam, and culminating in the

Reflecting on his achievement, Ruan Kriel stated, “Being recognized as the AG Technician of the Year is truly an honour which I didn’t at all expect. I enjoy the responsibility of managing my clients and workload by myself and I don’t mind putting in extra time to learn something new.” He further emphasized the fact that he loves what he does and wants to continue to grow in his occupation. “I want to continue to contribute to Agriculture in South Africa as a whole”. In conclusion, the John Deere AME (Africa Middle East) Awards 2023 not only celebrated outstanding achievements but also underscored the commitment to excellence, innovation, and customer satisfaction within the dealer network. The high standards that are reflected by competitions like these are a testament to the fact that clients are in extremely good and capable hands whenever they visit a dealership for any aftersales and technical services. The accolades bestowed upon AFGRI Harrismith and Ruan Kriel serve as beacons of inspiration for the entire John Deere community in the Africa Middle East (AME) region.

AG Technician of the Year- Ruan Kriel

Top 3 Technicians of the Year - Ruan Kriel (On the left); Stephan de Klerk (Middle);Joppie Barlteman received, on behalf of Izak de Langen (on the right)

*Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/) https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821 JohnDeereAME www.proagri.co.za

JohnDeere

JohnDeereAfrica ProAgri South Africa 288

25


PRECISION SEEDBEDS IN A SINGLE PASS No wonder the Orthman 1tRIPr® isPRECISION the most popular strip-till system on Earth. SEEDBEDS IN A SINGLE PASS No wonder the Orthman 1tRIPr® Designed, engineered and built to last for years of production, the is the most popular strip-till system on Earth. 1tRIPr® manages the Three Principles of Precision Tillage and

provides a clean, level, seed-ready seedbed in a variety of field conditions, including wheat stubble, cover crop, standing corn Designed, and built last for yearsone-pass of production, the stalks andengineered many more. Totomaximize productivity, the 1tRIPr® manages Threealone Principles Precisionwith Tillage 1tRIPr® can be the utilized or inof unison oneand of the many provides a clean, level, seed-ready seedbed in a variety of field

fertilizer carrying options Orthman has to offer.

conditions, including wheat stubble, cover crop, standing corn stalks and many more. To maximize one-pass productivity, the

The Orthman 1tRIPr® Row Unit is an engineered process in which individual components work in unison 1tRIPr® can be utilized alone or in unison with one of the many to perform ideal seedbed preparation, precision nutrient placement Orthmanand has optimal to offer. root zone conditioning in a fertilizer carrying options

single pass. When all of these precision tillage principles are combined, you’ve created the perfect The Orthman 1tRIPr® Row Unit is an engineered process in which individual components work in unison

environment to maximize your crop yield while minimizing your inputs. From the practical force-throughto perform ideal seedbed preparation, precision nutrient placement and optimal root zone conditioning in a

to robust baskets, thetillage Orthman Roware Unit displaysyou’ve everycreated reason Orthman is A mount design single pass. When rolling all of these precision principles combined, thewhy perfect Tough Act To Follow. environment to maximize your crop yield while minimizing your inputs. From the practical force-throughmount design to robust rolling baskets, the Orthman Row Unit displays every reason why Orthman is A Tough Act To Follow.

STRIPTILL TILL STRIP 2

ProAgri Suid-Afrika 288

Brian Nieuwoudt 076 283 0766

www.proagri.co.za

Graham Bekker 071 838 7314


’n Mooi dag vol hooi deur Ashleigh Schubert

Te veel hooi op jou vurk is nie goed nie, maar by Balfour Hooi-dag beteken méér hooi méér opwinding!

D

ie Balfour Hooidag is ՚n dag wat boere lank vooruit reeds in hulle dagboeke aanteken. By hierdie geleentheid kry verskillende vervaardigers die geleentheid om al hulle hooimaaktoerusting te demonstreer. Boere kan die werktuie teen mekaar opweeg en nuwe toerusting ontdek. Alles gaan oor hooimaak, wat uiteindelik die beste waarborg vir suksesvolle veeboerdery is. Die organiseerders van die dag is ՚n span met drie hooflede: Gert Kriek (Hooidag-voorsitter), Dawie Brits (ondervoorsitter) en Carel Kriek (tesourier). Die hooidag word ook elke jaar op Gert se plaas aangebied. Gert noem dat die hooidag ontstaan het om te dien as ՚n fondsinsameling deur die Balfour Boerevereniging. “Die hooidag is ՚n geldelike inspuiting vir die plaaslike gemeenskap en ՚n groot trekpleister. Dit is die enigste dag waarvan www.proagri.co.za

ons weet waar alle hooitoerusting uitgestal en gedemonstreer word.” Die sukses van hierdie dag kom ook nie van nêrens nie. Volgens Gert begin die span elke jaar op 1 September al beplan vir die volgende jaar. Dan sit die organiseerders koppe bymekaar om aan idees te begin dink. “Ons probeer altyd so ՚n bietjie verandering bring sodat dit interessant sal bly.” Die elfde hooidag het vanjaar begin met ՚n ysige windjie en nie ՚n sonstraal in sig nie. Daar was kommer of die balers gedemonstreer sal kan word as dit reën. Ondanks die koue het die reën weggebly en boere kon die volle reeks werktuie in aksie sien.

Daar is werktuie vir agterplaasboere tot megaboere

Van die uitstallers wat vanjaar by die hooidag was, sluit in New Holland, John Deere, Case IH, Jupidex, CLAAS, Massey Ferguson, Valtrac, Kubota, Orbach Agri, Landini, Myburgh Boerdery, JWL Standerton en Rovic Leers. Pieter Erasmus, of soos hy alombekend is, Grasmuis, van CASE IH sê dat hy al betrokke is by Hooidag van die heel eerste keer wat dit

Case se RB455-baler wys: Dit is hoe ՚n perfekte baal moet uitrol. ProAgri South Africa 288

27

Balfour Hooidag

Balfour Hooidag 2024:


Jongboere

LUBRICATING THE DRIVE Enhancing vehicle performance and longevity Cars

Mining

Agriculture

Motorcycles

Transport

Heavy Duty

Navigating the fields of agriculture excellence with precision lubrication. Precision lubrication is not just a buzzword; it’s a game-changer for agriculture. Explore how using the right lubricants, in the right amounts, and at the right intervals significantly enhances engine efficiency. This includes reducing friction, dissipating heat, and extending the lifespan of critical engine components.

www.lubeforce.co.za

RAYTON Office: 012 734 5332/ 4064 Jurie van Dyk: 082 568 2266 Gerhard Engelbrecht: 072 494 6561 Address: 1039Suid-Afrika Treurnicht288 Street, Rayton, Gauteng, South Africa 2 ProAgri

Guidelines TotalEnergies

RUSTENBURG Office: 014 596 7663 Ruan van Rensburg: 083 798 9889 Address: 22 Bosch Street, East End, Rustenburg, South Africa www.proagri.co.za


Balfour Hooidag

Hierdie KE520-baler van Jupidex spoeg elke paar minute ’n perfek gevormde blokkiebaal uit.

Die CLAAS 960 Jaguar selfaangedrewe kuilvoerkerwer maak skoonskip van ՚n windry. plaasgevind het. “Dit is my wêreld waar ek grootgeword het, en daar is baie bekendes hier. Ek is bly mense ondersteun die dag.” Sy persoonlike hoogtepunt is om die rooi CASE IHtrekkers deur die veld te sien ry. Balfour Hooidag is die grootste hooidag en een van die grootse boeredae in die land volgens JP Adlem, gebiedsbestuurder van Case. Vir die uitstallers is dit baie goeie blootstelling. JP se kollega, Willie van der Schyf, sê hierdie fees groei elke jaar al hoe meer. By die heel eerste hooidag wat hy bygewoon het was daar net drie of vier uitstallers. Tussen al die kosmaak vir diere is daar ook natuurlik kos vir die mense en verskeie ander stalletjies wat besoek kon word. NG Kerk Balfour se stalletjie met tradisionele boerekos, pap en vleis, was veral gewild. Mevrou dominee, Megan Maartens, vertel dat die lekkerste deel van die dag vir haar is om by al die mense uit te kom. “Dit is elke jaar iets om na uit te sien. Ons ken die boeregemeenskap, so ons kom om hulle te ondersteun en hulle kom om ons te ondersteun.” www.proagri.co.za

Besoekers het bale vol pret by Balfour Hooidag!

Met CLAAS se indrukwekkende, selfaangedrewe Imperador 3.0-spuit kan jy spuit en strooi. ProAgri South Africa 288

29


Grow your future

With us! Increase your business profits and opportunities.

HAMMER MILLS AUGERS SPREADERS STRUCTURES SILOS CONVEYORS FEED MIXERS SEED/GRAIN CLEANING MACHINES

info@haylandengineering.co.za

|

071 684 0291

|

www.haylandengineering.co.za

PREDICTIVE ANALYSIS CONDITION MONITORING CONDITIONING MONITORING TO OPTIMIZE YOUR BOTTOM LINE SCALABLE

optimyze™

At its heart, Xylem optimyze™ is a condition monitoring module that harnesses the power of predictive maintenance analysis and advice for rotating and fixed assets - a 360 Performance game-changing feature that forecasts trends and maintenance needs, optimising efficiency and reducing downtime.

Find out how we can solve water together. 30

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Balfour Hooidag

Boere kry die geleentheid om bale van naby te ondersoek om te kyk of dit netjies en styf gebaal is.

Die opwinding van Balfour Hooidag lok mense van alle ouderdomme.

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

31


CHOOSE FROM OUR WIDE RANGE OF TRAVELLING IRRIGATORS.

IRRIGATION & MANURE GUNS High quality range

BUT TERFLY & WAFER VALVES CAMLOCK FIT TINGS

IRRIGATION UNLIMITED

CLAMPS COMPRESSION & SADDLES FIT TINGS FOR PVC PIPES FLANGES & JIS MALLEABLE FIT TINGS MULTI RANGE FIT TINGS POLY PROP FIT TINGS QUICK COUPLING FIT TINGS QUICK COUPLING ACCESORRIES RAIN BIRD

QUICK COUPLING PIPES & FITTINGS Locally Manufactured

VALVES & BRASS FIT TINGS SOLVENT WELD SOUTHERN CROSS TRAVELLING IRRIGATORS

WHOLESALE SUPPLIER AND DISTRIBUTOR OF A WIDE RANGE OF IRRIGATION PRODUCTS

TANK CONNECTORS SIME GUNS VYRSA

FOR YOUR NEAREST DEALER, CONTACT:

Tobie Van Den Heever

Henko Cilliers

32 12 ProAgri Suid-Afrika PTA +27 736 2121 | CPT288 +27 21 946 1194

+27 82 658 6054

+27 71 303 8829

www.iunlimited.co.za www.proagri.co.za


Balfour Hooidag

CASE IH verf Balfour Hooidag 2024 rooi deur Bianca Henning

D

ie koue en bewolkte weer het boere beslis nie afgeskrik van vanjaar se Balfour Hooidag nie. Boere en belangstellendes het weer vanjaar op Gert Kriek, voorsitter van Balfour Hooidag, se plaas bymekaargekom om die nuutste hooitoerusting en landbouwerktuie in aksie te sien. Verskeie groot vervaardigers het weer die kans gekry om hulle toerusting en masjinerie se kragte en werkverrigting te demonstreer, en soos altyd het CASE IH se mooi rooi toerusting die koppe laat draai!

Die Stirex QR12-hark was ook mooi getooi in rooi om te wys wat in hom steek. ՚n Verskeidenheid van CASE IH en Northmec se wêreldbekende werktuie is by vanjaar se Hooidag gedemonstreer, naamlik; verskeie Sitrex-harke, Vermeer-balers- en hooitoerusting, CASE IH se indrukwekkende balers en snyers asook die WD 1905 platsnyer. Verskeie CASE IH-trekkerreekse, van groot tot klein, het natuurlik gehelp om die demonstrasies ՚n werklikheid te maak. Dale Bierman, verkoopsverteenwoordiger van Agrimech SA en handelaar van CASE IH op Balfour, vertel: “Die jaarlikse Balfour Hooidag in ons omgewing is vir ons as Agrimech SA baie belangrik. Dit is vir ons ՚n eer om vir enige boer, groot of klein, die regte toerusting te kan bied en demonstreer op dae soos die.” Dale voeg by: “՚n Groot hoogtepunt van die dag vir ons was ook om ons nuwe toevoeging tot ons trekkerreeks, ons Optum 300, aan boere bekend te

André Olwagen, hoof van CASE IH en NMI se Taktiese Bemarking, deel sy boodskap aan boere en organiseerders van Balfour Hooidag.

stel. Hierdie outjie sal ook by vanjaar se NAMPOoesdag uitgestal word, vir die wat hom weer ՚n slag van nader wil bekyk!” André Olwagen, hoof van CASE IH en NMI se Taktiese Bemarking, deel meer na afloop van die dag: “Ons as CASE IH is toegewyd daartoe om die volledige pakkie aan die boer te bied. Ons het vanjaar weer ՚n goeie hooidag gehad. Alhoewel die dag bewolk begin het, het dit ՚n mooi dag geword, en almal kon hulle toerusting demonstreer en wys wat hulle kan doen. Ons reeks toerus-ting het ook weereens sy waarde bewys. Ons demonstrasies het ՚n verskeidenheid toerusting ingesluit, van ons balers – daar is nie verniet ՚n nommer een op daardie RB455-baler nie, die balerresies wenner, tot ons trekkers, harke en snyers asook ons ondersteunerswinkel.” André voeg by: “2024 is ՚n baie belangrike jaar vir ons, en ons is opgewonde oor wat die jaar inhou. Ons wil aan ons boere die voordele wys wat ons toerusting en tegnologie bied en hulle help, bystaan en ondersteun om beter besluite vir die toekoms te neem. “Hierdie dag bied ons soveel ongelooflike geleentheid om aan die boere te wys wat ons bied, om skouers te skuur met die boere, verhoudings op te bou en die belangrikste vir ons, of dit nou nat of droog is, moeilik of maklik gaan, CASE IH, Northmec Implemente (NMI) en Agrimech SA stap die pad saam met die boer, en ons wil die boere gemoedsrus bied om op ons te kan steun.

Boere het belangstellend gekyk hoe die CASE IH se WD 1905-platsnyer flink en vinnig deur die gras werk. “Ons het handelaars regoor die land en ons nooi elke boer uit om in aanraking met ons te kom vir goeie diens en gerieflikheid, waar die boer kan instap en alles kry wat hy benodig, van ՚n glimlag tot ՚n koppie koffie en ՚n langtermyn vennoot. “Elke jaar raak hierdie geleentheid net al hoe beter! Namens CASE IH en Northmec spreek ons graag ons dank uit aan al die organiseerders van dié byeenkoms en almal wat gehelp het om die dag ՚n sukses te maak. Ons sien uit na ՚n opwindende 2024 en om weer by Balfour Hooidag 2025 saam te kuier,” sluit André af.

Vir enige navrae oor CASE IH se produkte, besoek hulle webwerf by https://www.caseih.com/ en-za/southafrica en vir enige navrae oor Northmec Implemente se produkte, gaan na https:// www.northmecimp.co.za/. Kontak ook CASE IH se handelaar op Balfour, Agrimech SA, by (+27)17-004-0118. Boere is beïndruk met die perfekte baal wat CASE IH se RB545-baler maak. www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

33


Staalmeester

CONTACT US TO FIND YOUR NEAREST AGENT Hendri de Korte + 27 62 392 1748 (KwaZulu-Natal, Eastern Cape, Gauteng, Western Cape and Exports) Tanya Beyers + 27 66 190 7408 (Northern Cape & North West & Free State) Leonard Olivier + 27 82 888 1877 (Limpopo & Mpumalanga) Spare parts + 27 18 431 2171/2

Staalmeester

Fin Availance able

B70 Round Baler (Original)

Staalmeester 2121 Hammer Mill Has an effective 360 ° milling area which increases the quality of the feed and has a larger capacity.

LICK BLOCKS

Staalmeester 6116 RS Hammer Mill

Supplements for Success

This model has an integrated blower system that optimises the milling capacity.

JF 92 Z10 Single Row Forage Harvester The perfect choice for the farmer who requires a smaller harvester for a few hectares a year. HEAD OFFICE

2 Coetzee Street, Hartbeesfontein | PO Box 71, Hartbeesfontein, 2600

+ 27 18 431 2171/2

info@staalmeester.co.za

www.staalmeester.co.za

AVAILABLE AT ALZU FEEDS BRANCHES www.alzu.co.za 013 249 8900

32

www.proagri.co.za

ProAgri Suid-Afrika 288

Staalmeester_ProAgri_Feb24.indd 1

2024/01/26 15:02


Meganisasie Balfour Hooidag

Rovic Leers baal dat die biesies bewe by Balfour Hooidag deur Natasha Pretorius

B

oere was beïndruk met die puik toerusting wat Rovic Leers by vanjaar se Balfour Hooidag gedemonstreer het. Meer produksie, minder moeite met Rovic Leers se Krone V165XC bandbaler Melissa Jonker van Rovic Leers verduidelik dat hulle drie soorte balers in hulle reeks het: Die Fortima, die Comprima en die VariPack. Die Krone VariPack V165XC-baler was een van Rovic Leers se eersteklas hooiwerktuie wat by die hooidag gedemonstreer is. Hierdie baler is presies volgens die behoeftes van die boer ontwerp: Eenvoudige tegnologie, hoë deurvloei en hoë baaldigtheid. Die VariPack het ՚n veranderlike

baalkamer sodat jy enige baalgrootte van tot 1,65 m kan maak. Al die Krone-balers werk met ’n net wat aan die voorkant van die baler ingesit word. Daar is ook twee houers vir ekstra net aan die kante van die baler. “Dit verseker dat jy op die land genoeg net het om sommer baie bale te maak voordat jy moet aanvul,” verduidelik Melissa. Om ’n nuwe net in te sit is kinderspeletjies en voor jy kan sê “Soetlandfontein se verskalwers” is jy weer volstoom aan die baal met jou Krone VariPack. Heel voor het die VariPack ’n voerroller wat die materiaal plat druk sodat die noklose Easyflow-opteller van 2,15 meter dit vinnig, maklik en volledig kan optel en na die baalkamer invoer. Omdat hierdie balers se optellers nokloos is, verg hulle baie minder versieningstyd en onderhoud en daar is minder goed wat kan breek. Hierdie kamme het ook ’n invloed op jou spoed. Met die noklose stelsel kan jy ook vinniger ry en die kort venstertye wat geskik is vir baalwerk beter benut. Die VariPack V165XC se sentrale selfsmeerstelsel sorg dat sy aandryfkettings deurgaans gesmeer bly en hulle werk baie jare lank getrou gaan doen. Een van die eienskappe waarvan boere baie hou, is dat die VariPack ’n bandbaler is. Die vier bande in die baalkamer is glad aan die onderkant en grof bo. Die growwe kant help om die hooi gouer en beter te beheer en ook om baaldigtheid te verseker.

Melissa Jonker is net so opgewonde soos die boere oor die merkwaardige Krone VariPack V165XC-baler wat Rovic Leers by Balfour Hooidag gedemonstreer het. www.proagri.co.za

Die VariPack V165XC is ’n veranderlikekamerbaler wat perfekte bale van enige grootte tot 1,65 m kan maak.

Die VariPack V165CX se spanningsveer en spanningaanduider sorg dat sy kettings altyd teen die regte spanning werk. Die VariPack V165XC het ՚n elektrieshidrouliese versamelaar wat saam met jou bindmeganisme werk en jou spanningsveer het ՚n aanduider wat die digtheid van jou baal aandui. Melissa verduidelik dat die VariPack V165XC verstelbare baalskoppers het, wat verseker dat jou baal sag land wanneer hy uit jou baalkamer kom. “’n Sagter landing verseker dat jou baal nie seerkry nie,” vertel sy. Die VariPack V165XC werk vir jou – nie jy vir hom nie. Daaglikse onderhoud word woerts-warts afgehandel met ՚n sentrale smeerpunt aan elke kant van die baler. Dit is ՚n rare gebeurtenis dat ՚n VariPack verstop, maar as dit die slag wel gebeur, is dit maklik en vinnig om van die blokkasie ontslae te raak en met die baalwerk voort te gaan. Die merkwaardige Krone-balers is beskikbaar by enige Rovic Leers-handelaar in die land, en indien jy nie weet waar om ’n handelaar naby jou te kry nie, besoek gerus hulle webtuiste by www.rovicleers.co.za. ProAgri South Africa 288

35


ONS IS SLIM

SONNEBLOMME

Ons sonneblombasters is ontwerp met sterk agronomiese eienskappe, hoë opbrengspotensiaal en indrukwekkende saadoliekonsentrasie, wat hulle bewese presteerders maak. Hierdie sonneblomme weet beslis hoe om uit te blink!

Besoek ons webtuiste

™ ® SM Handelsmerke en diensmerke van Corteva Agriscience en sy geaffilieerde maatskappye en geregistreerde lisensiehouers. © 2023 Corteva.

36

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Gewasproduksie

Groeistadiums en ontwikkeling by sonneblomme

D

ie totale groei en ontwikkeling van sonneblomme en die tydsduur tussen verskillende groeistadiums, word bepaal deur die interaksie tussen die genetiese agtergrond van die plant en seisoenale omgewingsfaktore. Om te bepaal op watter groeistadium van ontwikkeling ՚n land is, is dit noodsaaklik om ՚n groot aantal plante wat verspreid oor die land voorkom, te evalueer. As dit kom by reproduktiewe groeistadium-identifisering op die kop (՚n drieweg-kruistipe plant is ter sprake), is ՚n verteenwoordigende evaluering van die land uiters belangrik. As evaluasies gedoen word op koppe tussen groeistadiums R7 tot R9, maak seker dat gesonder, ontwikkelde koppe geëvalueer word.

Vegetatiewe groeistadiums Opkoms V-E Die saailing het ontkiem en die eerste blaar na die saadlobbetjies is minder as 4cm lank. Vegetatiewe stadium V • Die vegetatiewe stadiums word bepaal deur die aantal ware blare, blare wat minstens 4 cm lank is, V1, V2, V3, ens. • Indien die eerste blare nie meer aan die onderkant van die stam sigbaar is nie, tel die aanhegtingspunte (uitgesluit die aanhegtingspunte van die saadlobbe). • V-1, V-2, V-3 Verduideliking van reproduktiewe groeistadiums R – 1: Die eindpunt of groeipunt vorm ՚n klein blomknoppie, eerder as ՚n bos saamgestelde blare. Van bo gesien neem die saamgestelde skutblare die vorm van ՚n veelvuldige sterretjie aan. R – 2: Die onvolwasse klein blomknoppie bly groei en die naaste (hoogste) blaar op die stam is omtrent 2 cm vanaf die blomknoppie. Die sterstadium is gewoonlik R1 en/of R2. R – 3: Die onvolwasse, nou blomknop, www.proagri.co.za

deur Philip Fourie, Pioneer Landboukundige

verleng tot meer as 2 cm vanaf die naaste (hoogste) blaar op die stam. Ignoreer die blare wat direk agter die kop ontwikkel. R – 4: Die bloeiwyse begin oopmaak. Van bo gesien is ligtegeel, onvolwasse kroonblare in die middel van die blom sigbaar. R – 5: Die begin van blom. Hierdie stadium word in verskillende stadia opgedeel, 5,1 tot 5,9, afhangend van hoe ver die koparea ontwikkel en gevul is. Van buite na binne: 5,4 dui op 40% voltooi en 5,7 op 70% voltooi. 50% blom is nie dieselfde term wat gebruik word om 5,5 groeistadium aan te dui nie. Vandat die land begin blom, is 50% ՚n aanduiding dat die land al 50% van ՚n geel skynsel of geel blomme toon. R – 6: Die blomstadium is voltooi en die geel kroonblare verlep. R – 7: Die agterkant van die kop begin liggeel vertoon. Die oorgang is liggeel terwyl die skutblare nog donkergroen vertoon. Dit is steeds oorheersend groen aan die agterkant van die kop met die ligtegeel skynsel. R – 8: Die agterkant van die kop is helder en duidelik geel, terwyl die

skutblare steeds groen vertoon. R – 9: Die skutblare verkleur geel met bruin vlekke en merke op. Soms bly die skutblare groen, maar eers as dit geel verkleur is die plant fisiologies ryp, R – 9. Dit is nie nodig om te wag dat die agterkant van die kop ook bruinerig verkleur nie. Baie van die volseisoen-groeilengtebasters se koppe is reeds fisiologies ryp, maar die stamme is nog donkergroen. Die plante is reeds fisiologies ryp en die koppe sal lank voor die stamme afdroog. Sommige mediumgroeiseisoenbasters se stamme en koppe droog gelyk af. Hier moet tydig gestroop word, anders verloor die produsent op massa. Bronne: Schneiter, A.A., NDSU Professor. Miller, J.F., USDA – ARS. Berglund, D.R. emeritus NDSU extension agronomist.

Reproduktiewe groeistadiums R – 1 tot R – 9. Vir meer inligting, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com

ProAgri South Africa 288

37


Gewasproduksie

Hommeltuig Hommeltuig

Met trots bied Inyati Drilling 'n baanbrekerhommeltuig met 'n magnetometer aan om die grond Met trots bied Inyati Drilling 'n te skandeer en die ideale boorlokasies te baanbrekerhommeltuig met 'n identifiseer. magnetometer aan om die grond te skandeer en die ideale boorlokasies te Ons hommeltuig is 'n gevorderde identifiseer. tegnologiese instrument wat ons in staat stel om die grond met Ons hommeltuig is 'n gevorderde ongekende presisie te ondersoek tegnologiese instrument wat onsen in magnetiese te onthul wat staat stel omveldpatrone die grond met dikwels dui op potensiële ongekende presisie te ondersoek en waterbronne. magnetiese veldpatrone te onthul wat dikwels dui op potensiële Die gebruik van die magnetometer in waterbronne. ons hommeltuig verseker 'n vinnige proses, terwyl ditdie ons toelaat om in Die gebruik van magnetometer akkurate data te verkry sonder die ons hommeltuig verseker 'n vinnige noodsaaklikheid proses, terwyl ditvan onsuitgebreide toelaat om en tydrowende toetse. akkurate datahandmatige te verkry sonder die noodsaaklikheid van uitgebreide en Hierdie vooruitstrewende tegnologie tydrowende handmatige toetse. stel ons in staat om effektief die beste boorlokasies te identifiseertegnologie vir Hierdie vooruitstrewende resultate in boorprojekte vir stel ons in staat om effektief ons die beste waardevolle boorlokasieskliënte. te identifiseer vir resultate in boorprojekte vir ons Inyati Drilling,kliënte. waardevolle Die Leier in Boortegnologie! Inyati Drilling, Die Leier in Boortegnologie!

Magnetometer Magnetometer

38

012 940 0507

ProAgri Suid-Afrika 288

sales@inyatigroup.co.za

www.inyatigroup.co.zawww.proagri.co.za


Gewasproduksie

Bedryfsaankondiging: ARE YOUR SEEDS COATED WITH AGT Foods Africa koop Pannar se droëboonsade ADVANCED TECHNOLOGY? deur Natasha Pretorius

Pietermaritzburg en Durban hawe. Hulle voer ook hulle produkte internasionaal uit. Hulle missie is om die hoogste gehalte produkte teen die laagste pryse te verskaf, wêreldwyd. AGT Foods Africa koop, produseer, verpak en voorsien peulgewasse, stapelvoedsel en voedselbestandele. In Suid-Afrika verskaf AGT Foods Africa graan, rys en pasta, peulgewasse en gespesialiseerde gewasse wat lensies, ertjies, keker-ertjies en kanariesaad insluit asook voedselbestandele soos peulvrugmeel, proteïne, stysels en AGT Foods Africa is reg om aan vesels wat aan groothandelaars en boere te verskaf nadat hulle kleinhandelswinkels asook AGT Foods Pannar se droëboonsaad-onderneAfrica se aanlynwinkel voorsien word. ming oorgekoop het. Nou kan hulle bone en droë bone ook by die lys voeg. 'n Volgepakte stoor reg vir die “Ons verstaan die saadbedryf, ons plantseisoen. GT Foods Africa was nie van plan weet wat ons doen, ons weet wat ons om hulle produkreeks uit te brei vermoëns is, en ons het die verwernie, maar toe die geleentheid hom kingsvermoë,” sê Brian. voordoen om Pannar se droëbone Aan die einde van November 2023 saadmaatskappy oor te koop, het hulle het die Suid-Afrikaanse Mededingingsbesef dat dit perfek sal inpas by hulle kommissie die groen lig gegee vir die groot verskeidenheid produkte. • Agricote® Advanced Seed Technology haskoop beenom in deur South AfricaMaar for over years te gaan. dit het20 met Die nuus van die moontlike oorkoop voorwaardes gekom: AGT Foods Africa • Bothhet field andinlaboratory has been performed independent universities for the past 15 years reeds November research 2023 die rondmoet ՚n sekere by aantal eenhede boontes begin doen, maar op 1 Februarie saad aan dieindepartement van with Landbou • Continuous development of new coating technology collaboration internal partners as well as universities 2024 is die koop uiteindelik deur. voorsien teen ՚n verlaagde prys. Hulle Brian Africa Lever, besturende direkteur • AGT Foods have developed our seedsalcoating formulations through trial and error and with international partners ook bystand, soos landboudienste, van AGT Food Africa verduidelik dat aan ՚n seker aantal bestaansboere vir ՚n • Agricote® ease of seed placement which makes planting more accurate hulle inensures Maart 2023 genader is deur tydperk van drie jaar moet lewer. Pannar. “Ons het besluit om ՚n aanbod • Agricote® boosts seedlings to ensure strongHierdie plantsooreenkoms beteken die te maak, ons het met hulle vergader regering kan nou die saad regstreeks • Agricote® increases thevoordat flowability of the seed, making it more en gesprekke gevoer ons die van die verskaffer koop.compatible Brian vertel with new generation planters Die suikerbone is reg om geplant te finale aanbod gemaak en die ondernedat hulle nie op soek is na nog uitbrei• Agricote® ensures better seed to soil contact word. ming gekoop het.” dingsgeleenthede vir hulle onderneming Die aankoop van die droëbone saad- biting • Agricote® provides protection against and sucking insects nie; maar dit hang alles af van wat oor pakket pas perfek in by AGT Foods Afriop ՚n kontraktuele grondslag saam met hulle pad kom. • Agricote® promotes precision agriculture ca se sakemodel. Hulle geriewe is groot AGT Foods Africa sal werk. “Ons het nie boontjies in ons stal genoeg om die bone by hulle struktuurDie maatskappy het ՚n sake-eenheid gehad nie, en ons wou graag ons saaden produksietydlyn in te skakel. Nadat wat kommersiële bone bemark, en AGT bedryf verstewig. Ons verkoop saad boere hulle vroeë springmielies geoes Foods Africa gaan nou kommersiële regoor Afrika en nou kan ons bonesaad het, kan die boere wat reeds vir Pannar bone en droëboonsaad aan die mark ook aan die Afrika-mark verskaf,” sê ® geplant het, nou net voortgaan om vir verskaf. Brian. AGT Foods Africa te plant. Boere kan uitsien na ՚n vol pakhuis, In 2012 het AGT Food and Ingrediomdat AGT Foods Africa sommer uit die ents Inc, Kanada die Advanced Seeds staanspoor weggetrek het met kleinVir al jou saad, en nou ook maatskappy, wat in 1964 gestig is, witboonsaad vir inlê en suikerbone. droëbone behoeftes besoek oorgekoop. Hulle het in 2016 die naam Hulle het reeds kontrakte in plek en gerus hulle webtuiste, na AGT Foods Africa verander sodat dit het al begin plant vir die 2024 seisoen. www.agtfoods.co.za of skakel by die internasionale handelsmerk kan Die Pannar boonsaad-onderneming het David by 011 762 5261. inpas. Die maatskappy het geriewe in ook ՚n gekontrakteerde teler wat nou Chamdor in Krugersdorp, Kaapstad, Agricote® is a registered trademark in South Africa since 2008. All dissertations are available on request.

A

INSIST ON ORIGINAL AGRICOTE COATED SEED FROM AGT FOODS AFRICA OR AGRICOL

www.proagri.co.za

ProAgri South Africa 288

39


Gewasproduksie

ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za

YOUR ONE STOP SECURITY SHOP

Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams STAFIX BRANCH LOCATIONS Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South

40

Centurion Durban North East London George

ProAgri Suid-Afrika 288

CCTV SURVEILLANCE TECHNOLOGY

Gaborone Harare Jet Park Kimberley

Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit

Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown

Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria

Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park

Vryheid Windhoek West Rand

www.proagri.co.za


Wat is gras?

deur Ashleigh Schubert

G

ras is ’n term met baie verskillende betekenisse. Dít wat ’n kind sal sê verskil heeltemal van wat byvoorbeeld ’n boer as gras sal omskryf. Dit is dus moeilik om die werklike betekenis van gras in een sin op te som. Deur die loop van hierdie reeks sal verskillende aspekte van gras bespreek word. Gras is ongeveer 10 000 jaar gelede vir die eerste keer aangeplant as ’n kossoort. Selfs vandag nog val mielies, koring en rys onder gras. Dit maak gras een van die belangrikste plantfamilies op aarde. Die meeste diere is afhanklik van gras as ’n bron van voedsel. Gras is egter ook baie belangrik vir die beskerming van grond teen reën en wind. Die groeivorm van gras dien as ’n grondstabiliseerder en grondbeskerming. Een van die maniere hoe ‘n mens gras kan uitken, is deur die afwesigheid van helderkleurige blomme. Dit is ’n plant met blare wat uit drie dele bestaan: ’n lang smal blaarskyf, ’n blaarskede en ’n tongetjie (ligula). Die eerste grasse kom waarskynlik van woude af. Die breë blare van die gras kon met die hoë bome meeding vir die sonlig. Dit was in die tyd toe al die kontinente nog saamgesmelt was. Soos die kontinente uitmekaar gedryf het en verskillende klimate gevorm het, het gras daarby aangepas en groei nou in alle habitatte waar plantegroei moontlik is. Uit alle plantfamilies, is die grasfamilie die vierde grootste op aarde met omtrent 9 700 spesies. Uit al hierdie

www.proagri.co.za

spesies kom byna ’n tiende in SuiderAfrika voor. Uit die 967 grasspesies wat hier voorkom, is 329 endemies. Die gras wat in Suider-Afrika groei is veral geskik vir weiding en meer as 40 van die grasspesies wat hier voorkom word internasionaal as weiding aangeplant.

Gebruike van gras

Graan: Graan is ’n belangrike vorm van gras, aangesien dit maklik verbou word en hoog is in energiewaarde. Dit sluit in mielies, rys, koring, gars, sorghum, rog en hawer. Suikerriet: Suikerriet word gepars om die sap te verkry. Hierdie sap bevat baie suiker. Suikerriet word ook gebruik om stroop, melasse, rum, alkohol, gom en veevoer te maak. Grasperke: Sportvelde en grasperke is ’n groot bedryf, waarvan die kweek, aanplant en bestuur hoogs gespesialiseerd is. Sportliggame en maatskappye spandeer baie geld aan die regte oppervlak en saad. Gras is ook aantreklik in tuine. Dit is egter belangrik om nie uitheemse grassoorte aan te plant nie. Inheemse gras hou baie meer voordele in, soos die verskeidenheid voëls wat dit na ’n tuin lok. Blommerangskikkings: Party grasse, soos bewertjiegras en haastert, word in blommerangskikking gebruik. Konstruksie: In konstruksie word gras meestal gebruik vir grasdakke of die bou van mure. Die dekgrasbedryf is baie groot in Suider-Afrika en een van die volhoubaarste bedrywe. Gebruiksartikels: Gras kan gevleg word om ’n groot aantal gebruiksar-

Gras en ekologie

In ekologie dien gras as ’n voedselbron en habitat vir diere. Dit dien ook as brandstof vir veldbrande. Onversteurde gras speel ’n belangrike rol in die binding en berging van koolstof. Gras word ingesluit in die meeste voedselkettings. Aan die onderkant van die voedselketting is daar gewoonlik diere wat die gras eet. Op hierdie manier is selfs roofdiere indirek afhanklik van gras. Diersoorte wat die meeste gras benut is: Grasvreters: Grasvreters, soos buffels, sebras, blouwildebeeste en beeste, kom in massas in onversteurde grasvelde voor. Hulle vreet die meeste gras en het dus ook die grootste impak op die grasvelde. Hierdie diere sal so ver gaan as om te migreer agter grasvelde aan. Gras is egter ook afhanklik van die grasvreters, aangesien die diere ou materiaal verwyder, groei stimuleer, bemesting bied in die vorm van mis, en die hoewe van troppe diere die korslae van die grondoppervlak breek om ontkieming van nuwe saailinge te bewerkstellig. Knaagdiere: Grassade en die basis van grashalms waar reserwevoedingstowwe geberg word, is baie voedsaam en word deur die meeste knaag-diere geëet. Knaagdiere gebruik ook grasvelde vir skuiling. Voëls: Voëls bou hulle nessies van grasse, skuil in riete of leef net van grassade. Insekte: Insekte, veral sprinkane en termiete, gebruik gras as kos of skuiling. Die bruinsprinkaan kom voor in swerms van tot drie-miljoen en kan tonne gras in ’n kort tydperk opeet. Sommige insekte, veral besies, eet grasstuifmeel.

Gras en weiding

Grasse se groeipunte is naby aan die oppervlak van die grond waar dit buite bereik van weidende diere is. Gras berg ook reserwevoedingstowwe wat hulle later gebruik vir hergroei in hulle wortels en halmbasisse. Op hierdie maniere is grasse goed aangepas vir ontblaring deur beweiding, brand of sny. Wanneer grasse ontblaar word, word hergroei gestimuleer. Vir die hergroei gebruik dit die reserwevoedingstowwe in die basis van die plant. Hierdie reserwevoedingstowwe word deur fotosintese geproduseer. Soos wat nuwe blare ná ontblaring vorm en weer normaal kan fotosinteer, word die reserwerbronne weer aangevul.

ProAgri South Africa 288

41

Gewasproduksie

Grasse van Suid-Afrika deel 1:

tikels te vorm, soos besems, mandjies, matte, hoede en heinings. Olies: Vlugtige olie wat van gras gemaak word, word al vir jare benut. Dit sluit in byvoorbeeld sitronella-olie, palmarosa-olie, kuskusolie en nardusolie.


Gewasproduksie

Mobile irrigation systems to irrigate Africa RHINO 300 4X4

HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

CANE MASTER 300

RAINMAKER 200 4X4 HEAVY DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

SPORTSMAN/ CROPMAKER 120

LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

CLUBMAN/ FARMER 100 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

GREENKEEPER/ FARMER 200 LIGHT DUTY AGRICULTURAL IRRIGATOR

Choose from our wide variety!

DLJďƵƌŐŚ dŽĞƌƵƐƚŝŶŐ R 156 000 Btw ing

Tafelopteller

\\\ RYTJW HT _F

Draadspanner ϬϴϮϰϭϳϬϭϳϱ

ŵLJďƚŽĞƌΛŐŵĂŝů͘ĐŽŵ

R 203 Btw ing

ProAgri Suid-Afrika 288

Paalslaner

10 Tol Kombinasie Hark

R 45 750 Btw ing

42

6 Tol Hark

R 105 000 Btw ing

R 5 000 Btw ing

Baalpenne vir Forklift

R 49 950 Btw ing

R 7 900 Btw ing

R 32 250 Btw ing

Onkruidkapper

Bol-’n-vlieg 1 Pak www.proagri.co.za


Grasse beskerm grond teen erosie. Die grondbedekking, lae groeivorm en uitgebreide wortelstelsel help om die grond te stabiliseer. Plante vertraag die spoed waarteen reënwater afloop, wat waterindringing en die beskikbaarheid van vog vir plante verhoog. Plante beskerm ook die grond teen die son, die slag van reëndruppels en wind. Die dooie blare wat van plante af val en op die grond beland word deur mikro-organismes bewerk om die vrugbaarheid en waterhouvermoë van die grond te verbeter.

Gras en gronderosie

Gras word gebruik om allerhande huishoudelike items te maak, soos hierdie besems. (Bron: Pixaby) Rus na beweiding is nodig om gras in ’n gesonde en groeikragtige toestand te hou. Ontblaring is goed vir die grasplant, aangesien dit verhoed dat oormatige dooie materiaal op die plant agterbly. Dit kan veroorsaak dat die graspol versmoor en afsterf. Oorbeweiding is egter die oorsaak van die meeste veldagteruitgang. Oorbeweiding is wanneer ’n stuk veld herhaaldelik sonder enige rus bewei word, wat veroorsaak dat die reserwevoedingstowwe uitgeput raak. Dit lei daartoe dat die plant se wortelstelsel verswak, sukkel om water en voedingstowwe te absorbeer en dan afsterf. Oorbeweiding lei daartoe dat die plantegroeibedekking op die bogrond wat as beskerming dien verwyder word. Dit verlaag ook die drakrag van die veld. Grasse verskil in die hoeveelheid weibare materiaal wat hulle produseer. Sommige grassoorte word bevoordeel deur bewei te word, in die vorm van bemesting, en is dus smaaklik om diere te lok. Ander grasse produseer min of onsmaaklike blare, aangesien hulle kies om nie bewei te word nie.

Die weidingswaarde van gras word deur die volgende beïnvloed:

Produksie: Dit is die vermoë van gras om baie of min blare te vorm. Smaaklikheid: Dit is hoe aanvaarbaar of smaaklik gras vir die grasvreters is. Dit word beïnvloed deur verteerbaarheid en voedingstowwe. Voedingswaarde: Dit dui op die hoeveelheid voedingstowwe wat die gras bevat. Gras absorbeer voedingstowwe vanuit die grond of produseer dit self.

www.proagri.co.za

Gronderosie is wanneer gronddeeltjies deur water en wind verwyder word. Natuurlike gronderosie is ’n natuurlike proses wat oor miljoene jare plaasvind en lei tot die vorming van bergreekse en vlaktes. Tydens hierdie proses is daar ’n balans tussen grondvorming en grondverlies. Versnelde gronderosie is ’n vinnige proses wat veroorsaak dat miljoene tonne vrugbare bogrond verwyder word en in die see beland. Versnelde gronderosie word veroorsaak deur die verwydering van die plantegroeilaag op die grondoppervlak. Dit gebeur gewoonlik deur herhaalde oorbeweiding, nie-volhoubare oes van vuurmaakhout en meganiese grondversteurings, soos ploeg. Die ontblote grond wat blootgestel word aan wind en reën lei tot erosie. Die veld waarvan die bogrond weggespoel is deur erosie, kan nie grassoorte onderhou soos voorheen nie. Die rede hiervoor is dat die grond wat weggespoel is meer vrugbaar is as die grond wat agterbly, wat produktiwiteit laat afneem. Die yl gras wat op hierdie tipe grond voorkom, kan nie reënwater doeltreffend opvang nie, wat vog vir plantegroei verminder. Die ontblote grond se temperatuur is hoër, wat verdamping verhoog.

Gras se blare bestaan uit drie dele: ’n lang smal blaarskyf, ’n blaarskede en ’n tongetjie. (Bron: Pexels)

Bron: Van Oudtshoorn, F. (2012). Gids tot Grasse van Suider-Afrika. (3de uitgawe). Briza Publikasies.

10% KOEPON

AFSLAG

Kry 10% afslag op Frits Van Oudtshoorn se Gids tot Grasse van suider-Afrika by Briza Publications (Soutpansberg 121, Riviera, Pretoria) of bestel aanlyn by marketing@briza.co.za Gebruik die kode vir afslag:

ProAgri01

Afslag is van toepassing vir drie maande vanaf die publikasiedatum van hierdie tydskrif.

ProAgri South Africa 288

43

Gewasproduksie

Die belangrikste faktor in terme van voedingswaarde is die hoeveelheid ruproteïen in die plant. Groeikragtigheid: Dit is die plant se vermoë om na beweiding vinnig te groei en weer weibaar te wees. Verteerbaarheid: Verteerbaarheid word bepaal deur die veselinhoud van die blare. Hoe meer vesel in die blare, hoe laer is die verteerbaarheid. Habitatvoorkeur: Grasse wat in nat gebiede groei, het hoër blaarproduksie, waar grasse wat in stikstofryke grond groei, meer voedingswaarde bevat.


Gewasproduksie

Groentetuin vir beginners deel 8:

Maak jou eie kompos deur Tisha Steyn

D

ie beste en goedkoopste manier om te verseker dat jou tuingrond van goeie gehalte is, goed dreineer en terselfdertyd vog behou, is om jou eie kompos te maak en in die grond in te werk. Kompostering is ՚n proses wat organiese materiaal, soos blare, takkies, grassnysels en kombuisafval soos skille en ou groente en vrugte afbreek tot ryk, krummelrige donkerkleurige kompos wat na gesonde grond ruik. Die afgebreekte plantmateriaal wemel van voordelige mikro-organismes en erdwurms en as jy dit in jou tuingrond inwerk skep jy ՚n gesonde groeimedium.

ABC van komposmaak

Hoekom kompos?

B. ՚n Hoop of ՚n houer? Sommer net ՚n hoop ՚n Hoop kompos in ՚n weggesteekte hoek in jou tuin is voldoende, mits jy kans sien vir ՚n ietwat onordelike hoop plantmateriaal wat aan ՚n mossienes herinner... ՚n Maklike kas Jy kan ook jou eie komposhouer bou. Jy kan bakstene, sementblokke of houtlatte gebruik. Bou twee houers langs mekaar: wanneer die tweede een vol is, behoort die kompos in die eerste een gereed wees om te gebruik. Houers te koop Daar is verskeie komposhouers in die handel beskikbaar, soos ՚n tuimelaar wat jy met ՚n slinger kan draai en

• •

• •

44

Kompos is omgewingsvriendelik. As jy kompos maak van kombuisen tuinafval gaan minder daarvan na stortingsterreine, wat die impak op die omgewing verminder. Kompos verryk die grond op natuurlike wyse en jy het nie chemiese kunsmis nodig nie. Komposryke grond het beter waterhouvermoë, so jy hoef minder dikwels jou tuin nat te spuit, wat water bespaar. Komposryke grond absorbeer vog en verhoed dat die tuin verspoel. Buitendien, hoekom iets weggooi wat vir jou van groot waarde kan wees? ProAgri Suid-Afrika 288

A. Waar moet die komposhoop geplaas word? • • • • • •

Die grond onder die hoop of houer moet goed dreineer; Daar moet bietjie skaduwee wees; Dit moet toeganklik wees vanaf jou kombuis; Dit moet naby ՚n kraan wees sodat jy die hoop kan klam hou; Dit moet buite bereik van troeteldiere en klein kindertjies wees; Vir ՚n huistuin moet daar genoeg plek wees om die komposhoop van sowat ՚n meter hoog en ՚n meter wyd te huisves.

omdop om die kompos uit te gooi, of ՚n komposhouer met ՚n deksel bo sodat jy materiaal kan byvoeg en ՚n deurtjie onder waardeur jy die kompos wat gereed is om te gebruik kan uithaal. Die plasing van die houer berus op dieselfde beginsels as ՚n komposhoop. Mens kry ook komposteerders wat jy in jou kombuis kan hou om kombuisafval te verwerk, maar hulle is nogal duur. C. Hoe bou jy ՚n komposhoop? • Voor jy begin, spit die grond onder die komposhoop- of houer om sodat water vrylik kan dreineer en erdwurms uit die grond die organiese materiaal in die

Komposwurms, in Engels bekend as wigglers, kan by die kompos gevoeg word om die organiese materiaal te help afbreek.

www.proagri.co.za


• •

• •

• •

D. Wat kan jy gebruik? • •

Vrugte- en groenteskille en stukkies vrugte en groente wat weggegooi sou word Koffiemoer en teeblare

• •

• • •

Gebruikte koffiefilters, papierservette en -handdoeke Versnipperde of opgeskeurde karton, eierhouers en koerantpapier, maar nie glanspapier soos advertensieblaaie nie Tuinafval, soos grassnysels, verlepte blomme, blare en takkies en selfs onkruid wat nog nie saad geskiet het nie Fyngebreekte eierdoppe Neutedoppe Houtsaagsels of -skaafsels van onbehandelde hout. Pasop net dat die houtskaafsels, net soos te veel grassnysels, nie op ՚n hoop lê en die komposteringsproses smoor nie.

Moenie die volgende gebruik nie: • Troeteldiermis of katsand • Vleis, bene, vis of pluimvee • Gaar kos • Suiwelprodukte • Steenkoolas of houtskool, maar klein hoeveelhede as van ՚n houtvuur is goed • Groot stukke hout • Skaafsels of saagsels van behandelde hout • Vet of kookolie, of papiervadoeke waarmee jy die olie opgevee het • Tuinafval wat voorheen met insekof onkruiddoder behandel is. • Siek plante • Plastiek of enige ander materiaal wat nie bio-afbreekbaar is nie E. Gebruik jou kompos Wanneer die organiese materiaal opgebreek het tot ՚n ryk, donker krummelrige kompos, is dit gereed om in die tuin gebruik te word. Jy kan dit met pot- of tuingrond meng of dit bo-op die grond gooi. Jy kan ook kompostee maak deur ՚n bietjie van die kompos tot twee dae lank in water te week en dit dan op die plante spuit. F. Alternatiewe bemesting

Tuinafval soos grassnysels, blare en takkies is ideale groen, stikstofryke materiaal om in die kompos te gebruik.

Droë mis van vee, perde en hoenders kan by die kompos gevoeg word.

www.proagri.co.za

Bokashi-emmer Die Bokashi-emmer is aanlyn en by sommige tuinsentrums beskikbaar. Dit is ideaal om plantaardige afval uit die kombuis in kompos te omskep. Groenteskille en ander kombuisafval word in die emmer geplaas en ՚n handvol Bokashi-mengsel word bo-oor gestrooi. Soos wat die emmer vol raak, word die inhoud saamgepers om lugholtes te verwyder. Die gegiste vloeistof loop deur die plastiek-dreineringsplaat in die emmer tot in die opgaarhouer aan die onderkant en kan dan met die kraantjie afgetap word en verdun op plante gebruik word. Wanneer die emmer vol is, lyk die gegiste organiese materiaal soos sagte, vloeibare slyk. Dit kan in die grond ingewerk word of as bolaag gebruik word. Die laaste fase van die gistingsproses vind in die grond plaas.

Wurmplaas ՚n Wurmplaas bestaan uit ՚n paar lae houers wat op mekaar gestapel word en in ՚n koel, maar nie koue plek weg van direkte sonlig gehou word. Die wurms, hetsy erdwurms of komposwurms (wigglers) word kombuisafval gevoer en hulle skei ryk swart erdwurmkompos (vermicast) uit. Die erdwurmkompos kan in saailingmengsels, potgrondmengsels of as bolaag gebruik word. Vloeistof wat afgeskei word, dreineer deur die boonste houers tot in die onderste houer met ՚n soliede basis. Die vloeistof kan met die kraantjie afgetap word en om die helfte met water gemeng word vir vloeibare kompos wat net so aangewend kan word. Groenbemesting Plante wat vinnig volgroeid raak en in ՚n bedding geplant word nadat jy die groente geoes het, voeg organiese materiaal en stikstof by die grond. Dit sluit mosterd, hawer, lusern, peulgewasse en gars in. Plant die gewasse in die winter en spit die plante in die grond in sodra blomme begin vorm. Tuisgemaakte vloeibare kunsmis: Gebruik seewier, mis van plantvreters, kruie en plante om vloeibare kunsmis te maak. Week ՚n lap of sak met dieremis (nie troeteldiermis nie!) of plante daarin in ՚n groot emmer en laat dit twee dae staan. Verdun met water sodat dit soos flou tee lyk en gooi rondom plante. Kommersieel vervaardigde organiese kunsmis: Daar is verskeie produkte op die mark. Dit sluit droë miskorrels, vloeibare miskonsentraat, seewierkonsentraat, viskonsentraat en beenmeel in. Beenmeel is goedkoop, maar jou hond gaan die plantjies uitgrou as hy snuf in die neus kry ...

Ajmera, R. (2021) How to Start Composting at Home. Healthline https://www.healthline.com/nutrition/composting-beginners-guide Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press ISBN: 978-1-928201-12-0 Durand, F. (g.d.) Maak jou eie kompos. Die wêreld om ons. https://wereldomons. co.za/2020/03/02/maak-jou-eiekompos/#page-content McNulty, T. (2016) So maak jy jou eie kompos. Tuis https://www.netwerk24.com/tuis/ Tuine/Tuindagboek/so-maak-jyjou-eie-kompos-20170914

ProAgri South Africa 288

45

Gewasproduksie

komposhoop of -houer kan bereik en help afbreek. Plaas groen en bruin lae materiaal afwisselend sowat 30 cm dik in die houer. Die groen materiaal is vars en stikstofryk, terwyl die bruin laag koolstofryk is. Groen materiaal is vars materiaal, terwyl bruin materiaal droog is. Om die proses aan te help kan jy ՚n lagie aktiveerder, wat in die handel beskikbaar is, of dieremis/korrels tussen die lae strooi. Gooi die lae nat soos wat jy die hoop bou, maar die materiaal moet klam, nie deurweek wees nie. Wanneer die houer vol is moet jy dit bedek met iets wat lug sal deurlaat, maar nie ՚n stortbui nie. Te veel water laat die inhoud vrot, terwyl die natuurlike komposteringproses nie sal plaasvind as die plantmateriaal te droog is nie. Laat die kompos vir ՚n maand lank staan sodat dit natuurlikerwys hitte kan opbou wat sal klaarspeel met onkruidsaad of plantsiektes. Keer die kompos om met ՚n tuinvurk en bedek weer. Herhaal minstens nog een keer voordat die proses voltooi behoort te wees en die natuur jou seën met ryk, donkerkleurige, krummelrige kompos wat soos skoon, nat grond lyk en soos grond in ՚n woud ruik.


Gewasproduksie

SUIGPYPE DIREK

VIR DIE LANDBOUBEDRYF

Ons verskaf pasgemaakte oplossings vir jou rubberslangvereistes.

lflex.co.za Gert Burger (gert@lflex.co.za) 083 267 2635 | admin@lflex.co.za Kantoor nommer | 079 771 1822 No 30 Pittsburg Street, Cnr Apex Street, Apex Industrial, Benoni

46

ProAgri Suid-Afrika 288

www.proagri.co.za


Tisha Steyn

B

oere is oor die algemeen wetsgehoorsame landsburgers wat nie goedsmoeds die wet oortree nie. Omdat onkunde ’n mens soms in die pekel laat beland, is dit goed om meer uit te vind oor die regte en verpligtinge wat deur die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, No 62 van 1997 (ESTA – Extension of Security of Tenure Act) op die onderskeie partye geplaas word. André Bloem bied opleiding oor die ESTA-wet saam met Heine Otto van Otto Theron Prokureurs in samewerking met Agri Wes-Kaap aan. André en Heine woon in die Paarl, maar bied landwyd werksessies vir landbougemeenskappe aan. Al klink die omskrywing van die wet omslagtig, is dit belangrik om presies te sê wie is wie en wat is wat sodat daar nie misverstande is nie.

Die ESTA-wet het ten doel om langtermyn-sekerheid van verblyf vir okkupeerders van behuising op plase te bevorder deur, waar moontlik, die gesamentlike pogings van okkupeerders, grondeienaars en regeringsliggame.

Doel van ESTA

ESTA het ten doel om langtermynsekerheid van verblyf vir okkupeerders van grond of plase te bevorder deur, waar moontlik, die gesamentlike pogings van okkupeerders, grondeienaars en regeringsliggame. Dit het ook ten doel om die regte van okkupeerders uit te brei deur die uitsetting van kwesbare bewoners te reguleer. Die regte, pligte en wettige belange van eienaars moet egter ook behoorlik erken word om in gepaste omstandighede by die hof te kan aansoek doen vir ’n uitsettingsbevel.

Wanneer is ESTA van toepassing?

ESTA is hoofsaaklik van toepassing op alle grond buiten grond in ’n dorpsgebied, maar insluitend enige grond binne so ’n dorp wat ingevolge enige wet vir landboudoeleindes aangewys is, en enige grond binne ’n dorp wat na 4 Februarie 1997 gestig, goedgekeur, geproklameer of andersins erken is, en waar die bewoner ՚n okkupeerder was onmiddellik voor sodanige stigting, goedkeuring, proklamasie of erkenning plaasgevind het.

Wie is wie

Die okkupeerder is ’n persoon wat ouer as 18 jaar is, minder as R13 625 per maand verdien en met toestemming, hetsy formeel of stilswyend, van die eienaar of persoon in beheer op die grond woon of die grond gebruik. www.proagri.co.za

Dit sluit egter ’n persoon wat die grond vir kommersiële doeleindes gebruik uit, tensy daardie persoon geen werknemers buiten sy familielede in diens het nie. Die bedrag van R13 625 per maand verwys na ’n gemiddelde bruto inkomste (byvoordele uitgesluit) vir die voorafgaande periode van 12 maande. Die eienaar is die persoon of entiteit aan wie die grond behoort waarop die okkupeerder/s woonagtig is. Die persoon in beheer is die persoon wat by magte is om toestemming tot okkupasie te verleen of te kanselleer, en tree namens die eienaar op. ՚n Afhanklike van die okkupeerder is ’n familielid teenoor wie die okkupeerder ’n wetlike plig het om te onderhou. Die okkupeerder se gesin verwys na

die grond woon.

sy/haar gade of saamleefmaat, ’n kind (insluitend ’n aangenome of pleegsorgkind),’n kleinkind, ’n ouer, en ’n grootouer wat afhanklik is van die okkupeerder en wat saam met die okkupeerder op

Okkupeerder se regte

Volgens die ESTA-wet, wat sedert 4 Februarie 1997 geld, het die okkupeerder sekere regte, naamlik die reg om: • op die plaas te woon en toegang te hê tot sekere dienste soos ooreengekom met die eienaar of die persoon in beheer; • familiegrafte op die grond te besoek en in stand te hou, mits voldoen ProAgri South Africa 288

47

Hulpbronbestuur

Verblyfreg: Watter regte het die eienaar en die werker?


Hulpbronbestuur

maande openlik op die grond gewoon het, word dit beskou dat die persoon die eienaar of persoon in beheer se toestemming het om daar te woon. Tree dadelik op wanneer iemand intrek.

Tariewe en heffings

Ingevolge klousule 8 van Sektorale Vasstelling vir plaaswerkers nr. 13, kan die werkgewer tot 10% van die bruto verdienste van ’n werknemer se loon verhaal indien hy of sy behuising as byvoordeel ontvang.

André Bloem van Agri Labour Practitioners bied ՚n kursus in Robertson in die Wes-Kaap vir werkgewers aan oor die ESTA-behuisingswet wat van toepassing is op grond wat vir landbou gesoneer is.

• • • • • • •

word aan redelike voorwaardes van die eienaar of persoon in beheer; sekerheid van verblyfreg te hê; besoekers op redelike tye en vir redelike tydperke ontvang; pos en ander kommunikasie te ontvang; ՚n gesinslewe te hé in ooreenstemming met die kultuur van sy familie; toegang tot water te hé, wat nie ontneem mag word nie; en toegang tot onderrig en gesondheidsdienste te hê wat nie ontneem mag word nie.

Hierdie regte is nie onvoorwaardelik nie en die eienaar of persoon in beheer mag redelike voorwaardes stel oor besoektye om lewens en eiendom te beskerm en om te voorkom dat plaaswerk ontwrig word. Die okkupeerder kan aanspreeklik gehou word vir enige skade deur die besoekers, veral as dit voorkom kon word.

omdat hy of sy daar werk. Die res van die gesin/familie se toestemming tot verblyf hang ook hiervan af. Behuising is nie ’n verpligte byvoordeel nie maar ՚n reg wat volgens die oordeel van die eienaar of persoon in beheer verleen word. Die reg is nie outomaties oordraagbaar aan iemand anders in die huishouding nie. Die eienaar of persoon in beheer moet sorg dat daar ’n duidelike beleid oor die toekenning van behuising is en dienskontrakte moet dit uitspel. As dit die huishoof se byvoordeel is, moet dit in ander wat daar woon se dienskontrakte uitgestippel word dat hulle nie die byvoordeel ontvang nie.

Stilswyende toestemming

Waar ’n persoon met die eienaar of persoon in beheer se medewete vir twaalf

Die behuising moet voldoen aan sekere vereistes, naamlik: • die woning moet minstens 30 m² groot wees; • die dak moenie lek nie; • die glasvensters moet kan oopmaak; • indien beskikbaar moet daar elektrisiteit wees; • drinkwater moet binne 100 m van die huis af wees; en • daar moet ’n spoel- of puttoilet binne of naby die woning wees. Die verhaling kan slegs van die huishoof se vergoeding afgetrek word selfs nadat sy of haar dienste beëindig is. Indien dit van een van die ander wat daar woon se salaris verhaal word, kan dié persoon argumenteer dat hy weens die aftrekking behuising as byvoordeel ontvang het.

Langtermyn verblyfreg

Indien die okkupeerder tien jaar lank op die grond gewoon het en die ouderdom van 60 jaar bereik het, of na tien jaar medies ongeskik geraak het, het hy verblyfreg. Dit kom dan neer daarop dat die okkupeerder vir die res van sy lewe daar kan woon. MAAR, onder sekere omstandighede kan die verblyfreg beëindig word,

Die okkupeerder mag nie •

՚n ander persoon wat op die perseel woon opsetlik of onwettiglik benadeel nie; • opsetlik en onwettiglik wesenlike skade aan die eiendom aanrig nie; • betrokke wees by optrede wat ander wat op die grond woon of ander grond in die omgewing wettiglik okkupeer, bedreig of intimideer nie; of • ongemagtigde persone in staat stel of help om nuwe wonings op die betrokke grond op te rig nie. Indien die okkupeerder of ander wat daar woon skuldig is aan hierdie oortredings kan die verblyfreg opgeskort word en die werknemer afgedank word.

Diensverhouding

Toestemming tot verblyf spruit gewoonlik uit die diensverhouding: Die okkupeerder of huishoof kry verblyfreg 48

ProAgri Suid-Afrika 288

In die kursus “ESTA unpacked” word die belangrikheid van ՚n duidelike beleid oor die toekenning van behuising en die opskorting daarvan onder grondeienaars of persone in beheer se aandag gebring. www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

naamlik wanneer: • die okkupeerder ander wat op die grond woon opsetlik en onwettiglik benadeel; • die eienaar of persoon in beheer se eiendom opsetlik en onwettiglik wesenlik beskadig; • ander persone wat daar woon bedreig of intimideer; • ongemagtigde persone help om nuwe wonings op die grond op te rig; • nie die eienaar of persoon in beheer se billike bepalings van verblyf soos ooreengekom, nakom nie; • enige optrede, soos diefstal, wat lei tot die wesenlike en onherstelbare verbreking van die verhouding tussen die okkupeerder en die eienaar of persoon in beheer.

Verandering van eienaar

In die geval waar die grond verkoop word bly alle regte en pligte en die tydperk van okkupasie soos voor die oordrag op die nuwe eienaar van toepassing.

Meer oor André Bloem

Die kursus is in Citrusdal aangebied. Verblyfreg en die beëindiging daarvan is landwyd ՚n tameletjie wat op die regte manier aangepak moet word en kennis van die ESTA-wet is mag.

André Bloem, van Agri Labour Practitioners, werk sedert 1997 as arbeidswetgewingspesialis in die landbousektor. Hy het onder meer in 2012 tydens Kontak André Bloem by andre@andrebloem of 883-231-7320. Besoek die die arbeidsonrus by De Doorns as webtuiste by https://andrebloem.co.za/ of die Facebookblad by https:// raadgewer vir AgriSA en Agri Weswww.facebook.com/AndreBloemAGRILabourPractitioners Kaap opgetree en was lid van die onderhandelingspaneel. André is ’n paneelbeoordelaar van Agri Weskaap se Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy dien op die uitvoerende komitee van die Kaapse Werkgewersorganisasie (https://www.caeo.co.za/) en is geakWe provide after sales service & parts krediteer om werkgewers in die Kommissie vir Konsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie (Engels CCMA) te verteenwoordig.

Landforce Disc Plough DPS 3

www.proagri.co.za

Rondini Fertilizer Spreader SP500

- Number of rows: 2 - No of blades: 2 mm - Working capacity: 0.4 ha/h - Working speed: 1.36km/h - Required power: 55-60 Hp

- Gearbox: Compatible with 55HP Tractor - Auger speed: 180RPM - Auger length: 100mm - PTO: Clutch type

R 27,988.00

R 51,946.00

R 63,844.00

Landforce Sub Soiler SSS-1

Landforce Sub Soiler SSH-5

Landforce Maize Planter Faza 4 Wheel Rake 4 Row – RP/4

- Number of tynes: 1 - Working width: 70mm - Working depth: 610 mm - Tractor power (HP): 45-55 - Weight: Approximately 126 kg

- Number of tynes: 5 - Working width: 1850mm - Working depth: 610 mm - Tractor power (HP): 100-125 - Weight: Approximately 490 kg

- Row space (inch): 24”(Max) & Adjustable with U-Clamp - Hitch type: 3 Point. - Seed depth adjustment: 50mm to 100mm - Tractor type: 20 to 25HP - Suitable speed: 2.5 to 3.5

R 10,642.00

R 31,923.00

R 72,108.00

- No. of Discs: 3 - Width of cut: 880 – 920 mm - Min. Tractor power: 65–80 HP - Weight: Approximately 380 kg

Die kursus is gemik op senior bestuurspersoneel wat grondeienaars en menslikehulpbronbestuurders insluit.

Landforce Potato Digger Landforce Post Hole Digger with 9”, 12” or 18” Auger DGP 2

- Single disc - Sheet metal steel hopper - Hopper capacity: 350l/480kg - Weight: 60kg

R6,688.00

- Number of wheels: 4 - Number of teeth per wheel: 40 - Rake working width: 2.60 - Spread working width: 2.30 - Transport width: 2.20

R 10,990.00 5 Wheel Rake : R13,946.00 6 Wheel Rake : R16,995.00

3 tyne with roller: R 22,941.00

www.southtrade.co.za | southtrade@iafrica.com | +27 (0)21 981 6044

All prices excl. vat

ProAgri South Africa 288

49


Vee en Wild

Winsgewende skaapboerdery deel 26:

Oordeelkundige terminale kruisteling sit wins in jou sak S

lim terminale kruisteling van wolskaapooie met witwolvleisramme verbeter die winsgewendheid van wolskaapboerdery, omdat die basterkrag produksie verhoog. Oordeelkundige kruisteling word beskou as 'n stelsel waar vir voldoende vervangingsooie voorsiening gemaak word sodat die gevaar nie bestaan dat 'n suiwer geteelde wolskaapkudde tot niet kan gaan of die skeersel met kemp en gekleurde vesels besoedel word nie. Vroeër is kruisteling in wolskaapkuddes ten tyde van hoë vleispryse en/of lae wolpryse gedoen, terwyl dit deesdae 'n meer aanvaarbare en standaardpraktyk in sowel wol- as vleisskaapboerdery is. Suid-Afrikaanse skaapboere word gekonfronteer met steeds stygende insetkoste en lae produkpryse wat tot gevolg het dat hulle winsgrense kleiner en kleiner word. In ՚n poging om ekonomies te oorleef, moet skaapboere hulle skaapboerdery se doeltreffendheid, in terme van massa vleis en wol per hektaar per jaar geproduseer, drasties verhoog deur aanpassings aan boerderypraktyke te maak. Die doel van hierdie artikel is om wolboere bewus te maak van oordeelkundige kruisteling en om werkbare voorbeelde van hoe kruisteeltkuddes getallegewys saamgestel kan word, te verduidelik. Die toepassing van kruisteling vereis hoë bestuursinsette en die moontlikheid dat gehalte oor tyd ingeboet kan word, bestaan. Die belangrikheid van die wolvesel as ՚n verdiener van buitelandse valuta en die langtermynvooruitsigte vir die wolbedryf maak dat onoordeelkundige kruisteling ՚n onbekostigbare opsie vir die Suid-Afrikaanse

50

ProAgri Suid-Afrika 288

Die F1-kruisooie (derde kudde) kan met hoëgehalte Dormerramme, met uitstekende vleisbouvorm wat ook hoogs vrugbaar is, en oor ՚n hoë genetiese potensiaal vir groei beskik, gepaar word. (Foto: Mertoun Dormers) wolboer is, spesifiek met verwysing na gekleurde vesels en kempbesoedeling. Oordeelkundige kruisteling gaan as ՚n goue reël altyd met die gebruik van witwolramme gepaard en is so gestruktureer dat daar na normale wolskaapboerdery teruggekeer kan word sodra die wolprys herstel.

Kruisteeltstelsels

In die praktyk is daar normaalweg ՚n keuse tussen twee kruisteeltstelsels, naamlik ՚n tweeras- of tweepuntkruisteeltstelsel bestaande uit twee kuddes, en ՚n drieras- of driepuntkruisteeltstel-

sel bestaande uit drie kuddes. Tweeraskruising waar die eerste kudde suiwer (byvoorbeeld paring van Merinoooie met Merinoramme) gehou word en die tweede kudde (byvoorbeeld paring van Merino-ooie met witwol-vleisramme) produseer terminale F1-kruislammers wat almal bemark word. Daar kan ook oorweeg word om hierdie tweede kudde gedurende ՚n ander tyd van die jaar te laat lam om byvoorbeeld arbeid en weiding beter te benut. In die ekstensiewe gebiede word Afrinoramme dikwels in kruisings met Merino-ooie gebruik. Die Afrino is ՚n

www.proagri.co.za


Vee en Wild

Ramme wat kemp afgee of wat gekleurde vesels produseer, moet in geen omstandighede gebruik word nie om die besoedeling van wol te voorkom.

Voordele van kruisteling •

(Foto: merinolandskaap.co.za) hoogs vrugbare, witwolvleisskaap met ՚n baie hoë geslagsdrang (libido) wat kemp- en kleurvry is en baie goed in die droë dele van die land aangepas is. Drieraskruising waar die eerste kudde (byvoorbeeld Merino-ooie) suiwer gehou word, die tweede kudde produseer F1-kruislammers waarvan die F1-ooilammers vir vervanging vir die F1-ooikudde gehou word terwyl al die F1-ram- of hamellammers bemark word. Die derde kudde bestaan uit F1-kruisooie wat terminale F2-lammers produseer wat almal bemark word. Waar bestuur en voervloei dit toelaat, kan die F1-ooikudde elke agt maande laat lam word. In hierdie stelsel kan die tweede kudde (byvoorbeeld Merino-ooie) met hoë gehalte (dit is hoogs vrugbare ramme met ՚n hoë groeipotensiaal en uitstekende vleisbouvorm) SA Vleismerinoramme gepaar word om F1-kruislammers te produseer. Die F1-kruisooie (derde kudde) kan met Dormerramme van hoë gehalte, met uitstekende vleisbouvorm wat ook hoogs vrugbaar is, en oor ՚n hoë genetiese potensiaal vir groei beskik, gepaar word. Sowel die tweede kudde as die F1kudde (die derde kudde) moet apart laat lam word en die kruislammers moet òf met geboorte òf met stertsny op so ՚n manier gemerk word dat hulle van die suiwer lammers onderskei kan word. Dit word gedoen om te verseker dat die kruislammers nie per ongeluk as teelmateriaal in die suiwer kudde opgeneem word nie.

Die gevare van onoordeelkundige kruisteling: •

Te veel ooie kan vir kruisteling aangewend word, wat tot ՚n tekort aan vervangingsooie lei, asook vertraging van seleksievordering in die suiwer kudde. Kruisgeteelde ooie word in gevalle van swak bestuur aangewend om getalle van die suiwer kudde aan te vul. Verdere teling met kruisgeteelde ooie geskied onplanmatig.

www.proagri.co.za

Een van die voordele van oordeelkundige kruisteling is dat dit die risiko in ՚n mate tussen die wolen vleisprodukte versprei, sonder dat die wolproduksie van die suiwer kudde benadeel word. As gevolg van basterkrag (heterose) presteer die nageslag (kruislammers), wat uit ՚n kruising van twee verskillende rasse gebore is, normaalweg beter as die gemiddelde waarde van die betrokke eienskap van die twee ouers. Die eienskappe wat die meeste met kruisteling bevoordeel word, is die sogenaamde fiksheideienskappe soos reproduksie, lewenskragtigheid, melkproduksie en weerstand teen siektes. Die hoër melkproduksie is gedeeltelik as gevolg van

ProAgri is dankbaar dat 'n legende in die landboubedryf, dr Jasper Coetzee, sy Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery aan die lesers van ProAgri beskikbaar gestel het. •

die hoër suipfrekwensie van die aktiewer kruislam. Kruislammers bereik nie net gouer markgereedheid nie, maar gradeer ook beter en kan meestal in dieselfde produksieseisoen bemark word.

Verdere voordele van 'n drieraskruisteeltstelsel: • • • •

F1-kruisooie presteer weens basterkrag beter as die suiwer ooie in die tweeraskruisteeltstelsel. Ongeveer twee-derdes van die totale kudde kan steeds uitstekende wol produseer. Ongeveer twee-derdes van die totale kudde kan uitstekende slaglammers produseer. Indien die F1-kruisooie in ՚n agtmaandelamstelsel ingeskakel word, is daar meer lammers en wol om meer gereeld te bemark, wat die kontantvloei van die skaapvertakking verbeter.

(Foto: merinolandskaap.co.za) •

Met hierdie stelsel voldoen die skaapboer aan al die opsies wat hy kan volg om meer geld te verdien, naamlik rasverandering, hoër speenpersentasie, hoër wol- en vleisproduksie, asook kruisteling. Met die herstel van die wolbedryf kan sonder enige rompslomp weer teruggeskakel word na suiwer kuddeteling. Die F1-kruisooie kan dan na ՚n stelsel waar suiwer ooie met ՚n vleisram gepaar en waar alle nageslag bemark word, orgeskakel word.

Samevatting

Deur die oordeelkundige kruising van ՚n gedeelte van ՚n Merino-ooikudde met witwolvleisramme kan die totale lamvleisproduksie van die Merinokudde oor die korttermyn merkbaar verbeter word, sonder dat die wolproduksie van die suiwer Merino-moederooie enigsins benadeel word. Dit word hoofsaaklik toegeskryf aan beter lamoorlewing en vinniger groei by kruislammers met ՚n gevolglike korter produksiesiklus. Die doelwit in sowel die suiwer as die kruisteeltkudde(s) moet altyd wees om ՚n hoë reproduksietempo asook maksimum vleisproduksie per hektaar te handhaaf. Gevolglik moet alle ooie wat oorslaan en alle ooie wat lam, maar nie ՚n lam speen nie, asook alle ooie wat swak, klein en boepenslammers speen, uitgeskot word. Dit is belangrik om daarop te let dat goeie kruislammers slegs vanaf goeie moeders en vaars afkomstig is, met ander woorde, kruisteling kan nie vergoed vir swak ouers of swak bestuur of voeding nie.

Indien jy meer inligting oor winsgewende skaapboerdery wil bekom, bestel jou Handleiding vir Winsgewende Skaapboerdery vandag nog deur ՚n e-pos te stuur na: mvs@meadowcape.co.za.

ProAgri South Africa 288

51


SLIM BEHEER VAN VLIEË

Onoortreflike gehalte en professionele diens - in Suid-Afrika geteel vir Suid Afrikaanse vlieë

HOE DIT WERK:

BISA BIED U:

• Vliegbeheer op die natuurlike manier. • Langtermyn ekonomiese voordele. • Minder chemiese besoedeling. • ‘n Bemarkingsvoordeel deur omgewingsvriendelike landbouproduksie.

BISA het agente landswyd. Vir meer inligting, kontak:

52

ProAgri Suid-Afrika 288


IT’S YOUR

NOZZLE-BY-NOZZLE ADVANTAGE. It’s Nozzle-by-nozzle control. Consistent coverage across any terrain. Increased productivity and speed. Industry leading visibility.

www.agleader.com Jaco van der Merwe 082 738 0718 jaco@agtechtechnology.co.za

Jaco Hamman 082 762 1669 www.ppfagri.co.za

ProAgri South Africa 288

53


ELECTRIC FENCE AND SECURITY CENTRES 0861 STAFIX/782349 www.stafix.co.za

YOUR ONE STOP SECURITY SHOP

Ø Electric Fencing Ø Gate Motors Ø Batteries Ø CCTV Ø Garage Door Motors Ø Remotes Ø Intercoms Ø Equestrian Fencing Ø Game Fencing Ø Alarm Systems Ø Roboguard Ø Security Beams STAFIX BRANCH LOCATIONS Bethlehem Bloemfontein Cape Town Central Cape Town South

Centurion Durban North East London George

CCTV SURVEILLANCE TECHNOLOGY

Gaborone Harare Jet Park Kimberley

4 cube paddle mixer wagon R165 600 excl VAT

Klerksdorp Lusaka Mozambique Nelspruit

Kya Sand Paarl Pietermaritzburg Pinetown

6 cube paddle mixer wagon R184 600 excl VAT

6 cube vertical spiral mixer R286 000 excl VAT

PROMOSIE 1.5 cube pto paddle mixer R64 200 excl VAT

3 cube paddle mixer wagon R142 500 excl VAT

Besoek ook ons Facebook-blad 54

ProAgri Suid-Afrika 288

Polokwane Port Elizabeth Potchefstroom Pretoria

OP MENGERS

3 cube vertical mixer wagon R133 500 excl VAT

JRS FEED MILLS

Rustenburg Somerset West Upington Vanderbijl Park

Vryheid Windhoek West Rand

Gelukkige kliënte se goedere, oppad na Zambië. Geldig Feb / Mrt 2024

3 cube 7.5 kW vertical spiral cutting mixer R128 500 excl VAT

OF Kontak Reyno Snyman: 082 513 3227


MARKET LEADER IN SUPPLY MANUFACTURING, DESIGN AND INSTALLATION OF FENCING MATERIALS

GALVANISED WIRE IN COILS BARBED WIRE DIAMOND MESH/ CHAIN LINK ROOF & REINFORCING DROPPERS & STANDARDS HEXAGON WIRE NETTING ELECTRIC FENCING PRODUCTS

RAIZOR WIRE WELDED MESH POSTS GATES FIELD FENCE WHOLEVIEW PANEL FENCING

012 682 0150 - Centurion 051 880 0220 - Bloemfontein Wholesale prices directly to the public

SILVERLAKES

Support local, buy local

Get your 2024 Deal Free Towbar, rubberizing and Smash & GraB

FOR ALL YOUR AGRICULTURE, CONSTRUCTION, AND PERSONAL VEHICLE NEEDS c/o Solomon Mahlangu Drive & Lynnwood Drive Equestria

Wickus Willemse: 074 928 8746, wickusw@mcmotor.co.za | Ofentse Phatlane: 064 105 7501, ofentsep@mcmotor.co.za

ProAgri South Africa 288

55


Choose your next quality used

Truck or Trailer with us!

We BUY & SELL QUALITY used trucks, trailers & earthmoving equipment

Truck Sales

Valuations

Buying

www.kagimatrucks.co.za Eugene - 082 556 1808 | eugene@kagimatruck.co.za Johandre - 060 992 2898 | johandre@kagimatrucks.co.za Heinrich - 076 499 3482 | heinrich@kagimatruck.co.za

56

ProAgri Suid-Afrika 288


Cereals System Portfolio HERBICIDES

Aubaine® 518 SC A suspension concentrate herbicide for the residual pre-plant, pre-emergence or early post-emergence control of Italian Ryegrass and other selected weeds in wheat in the winter rainfall region.

Kerb™ FLO 400 SC A suspension concentrate herbicide used for annual winter grasses on canola in the winter rainfall areas.

Pixxaro® 266 EC An emulsion concentrate herbicide for pre-plant burndown of broadleaf weeds on fallow lands and selective early post-emergence control of broadleaf weeds in wheat and barley.

Quelex™ 200 WG A water dispersible granule herbicide for early post-emergence broadleaf weed control in wheat in the Western Cape and the summer rainfall region.

Tarzec® 320 WG A water dispersible granule herbicide for selective, early post-emergence control of broadleaf weeds and some annual grasses in wheat in the Western Cape and irrigated areas in the summer rainfall region.

OUR CROP PROTECTION PRODUCTS ARE AT THE HEART OF AGRICULTURE FOR MORE INFORMATION CONTACT THE REGISTRATION HOLDER: Corteva Agriscience RSA (Pty) Ltd · Reg. No. 1991/003030/07 • Paarl +27 (0) 21 003 8259 • Centurion +27 (0) 12 683 5700 • 2nd Floor, Building A, Lakefield Office Park, 272 West Avenue, Centurion, 0157, Gauteng, Republic of South Africa. ALWAYS USE ACCORDING TO LABEL RECOMMENDATIONS: Aubaine® 518 SC contains chlorotoluron (500 g/L) and isoxaben (18.75 g/L) | Reg. No. L11069 | Act No. 36 of 1947 • Kerb™ FLO 400 SC contains propyzamide (400 g/l) | Reg. No. L4065 | Act No. 36 of 1947 • Pixxaro® 266 EC contains Arylex® (16.25 g a.e./L) and fluroxypyr (250 g a.e./L) | Reg. No. L11191 | Act No. 36 of 1947 • Quelex™ 200 WG contains Arylex® (100 g/kg) and florasulam (100 g/kg) | Reg. No. L10759 | Act No. 36 of 1947 • Tarzec® 320 WG contains Arylex® (70 g/kg) and Pyroxsulam (250 g/kg) | Reg. No. L10760 | Act No. 36 of 1947 TM ® Trademarks of Corteva Agriscience and it’s affiliated companies. © 2024 Corteva.

WARNING

DANGER

HAZARD STATEMENT(S) FOR AUBAINE® 518 SC Suspected of causing cancer. Suspected of damaging the unborn child. Very toxic to aquataic life with long lasting effects.

HAZARD STATEMENT(S) FOR PIXXARO® 266 EC May cause an allergic skin reaction. Causes serious eye damage. May cause respiratory irritation. Very toxic to aquatic life with long lasting effects.

WARNING

WARNING

DANGER

HAZARD STATEMENT(S) FOR KERB™ FLO 400 SC Suspected of causing cancer. May cause damage to organs through prolonged or repeated exposure if swallowed. Very toxic to aquatic life with long lasting effects.

HAZARD STATEMENT(S) FOR QUELEX™ 200 WG Causes serious eye irritation. May cause cancer. Very toxic to aquatic life with long lasting effects.

HAZARD STATEMENT(S) FOR TARZEC® 320 WG May be harmful if swallowed. Causes serious eye irritation.Very toxic to aquatic life with long lasting effects.

Visit usSouth at Africa corteva.co.za ProAgri 288 57


10034997

Commercial Banking

Make Nedbank Agriculture your next big move. Nedbank Agriculture has the knowledge and expertise to guide you through the opportunities and challenges your agribusiness experiences. Our team offers innovative, specialised and sustainable solutions to support your growth. Think bigger. Think Nedbank Commercial Banking. For more information about our solutions, scan the QR code.

58

ProAgri Suid-Afrika 288

Nedbank Ltd Reg No 1951/000009/06. Licensed financial services and registered credit provider (NCRCP16). T&Cs apply.

www.proagri.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.