Die Afrikaner: 16 - 22 November 2012

Page 1

Die

Tel: (012) 335-8523

16 - 22 November 2012

Wêreldwye anargie neem toe!

http://www.hnp.org.za/afrikaner

Jaargang 43

Nr. 2044

PRYS R6-00

EUROPA:

In Europa het ongekende stakings en geweld teen besuinigings in Spanje, Portugal, Frankryk en Italië uitgebreek. Die stakers wil fabrieke, staatskantore en lugrederye lamlê uit weerstand teen besparingsmaatreëls op begrotings wat deur die Europese Unie (EU) afgedwing word. Werkloosheid is nog een van die groot probleme waarmee in Europa geworstel word weens die skuldspiraal waarin lande soos Griekeland, Spanje, Portugal, Frankryk en Italië is. Vakbonde speel ‘n groot rol in die organisasie van die opstande. Na verwagting sal dit na België, Duitsland, Frankryk en Brittanje uitgebrei word. Verkiesings die afgelope tyd in Europa laat dit blyk dat sosialiste die protes ten koste van nasionalisme kaap wanneer daar uiteindelik na die stembus gegaan word.

SUID-AFRIKA: Sowat 18 000 leë vrugtekratte is op Wolseley in die Wes-Kaap aan die brand gesteek. Boere het magteloos toegekyk terwyl die kratte brand. Miljoene rand se skade is al in dié provinsie aangerig as deel van die ANC en die vakbond, Cosatu, se politieke aanhitsing tot politieke geweld. (Lees ook berigte op bladsye 5 en 12 hieroor).

Politieke kruitvat knou SA-ekonomie

Anita Morkel

Die frustrasie en ontevredenheid omdat die ANC ná 18 jaar steeds nie hulle wonderlike beloftes aan hulle stemvee nakom nie, is die politieke vuurhoutjie in die sogenaamde arbeidsonrus kruitvat in Suid-Afrika. Die verwoesting en anargie in die WesKaap handel nie oor minimum lone nie, en kan nie as arbeidsonrus getipeer word nie. Die breë politieke opset is eerder ter sprake meen die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) in skrywes wat aan die ANC-president, Jacob Zuma, die adjunk-president en saakgelastigde ministers gestuur is. Nóg ‘n politieke motief wat ‘n rol kan speel in die hele onrusstokery in die arbeidsektor is stemwerwery vir die ANC se Bloemfontein-konferensie volgende maand. Trouens, die Wes-Kaapse anargie (wat in die Wes-Transvaal by Marikana begin het) is sommer ‘n paar vlieë met een klap, aangesien dit gemik is teen die (blanke) boere én die DA-heerskappy in dié provinsie, meen politieke kenners. Die stilswye van iemand soos Jacob Zuma en sy senior ampsgenote oor die aangeleentheid is ook opvallend.

TLU SA eis dat die ANC teen die ANC-leier in die Wes-Kaap, Marius Fransman, optree weens sy aanstigting tot geweld in die landbousektor in die Wes-Kaap. Fransman, wat ook ‘n adjunkminister vir internasionale betrekkinge is, het vroeër in baie ongure taal gesê: “die boere moet ...”. Dié aanhitsing,

wat na alle waarskynlikheid ‘n vorm van haatspraak is, is ook woordeliks in die media aangehaal. Die vakbond Cosatu blaas die anargie verder aan sodat pakhuise, boorde en wingerde en ander eiendom afgebrand is, paaie (soos die N1- en N2-snelweë) versper is en ‘n boer op Wellington uit sy bakkie gepluk en ernstig aangerand is. Fransman behoort deur die ANC gedissiplineer te word en ten minste van sy amp(te) onthef te word, meen TLU SA. Boere moet ook vir die skade wat hulle gely het weens hierdie saakbeskadiging te midde van hierdie wettelose anargie, vergoed word, eis TLU SA van die ANC-regime. Na wat berig word, is ‘n ‘ooreenkoms’ gesluit vir ‘n twee weke lange ‘skietstilstand’ en daar sal glo ook nie dissiplinêr teen die werkers opgetree word nie. Volgens kundiges moedig dit uiteraard die Marikana-sindroom aan wat vroeër ontvlam het - kry jou sin deur geweld, saakbeskadiging én teken politieke punte aan vir die sogenaamde “struggle” van werkers teen die kapitaliste. Die voorspelling is dat die onrus na ander bedrywe in die land sal uitbrei namate die

politieke oorwinnings onder die dekmantel van ekonomiese ‘onreg’ (as deel van die ANC se Afro-kommunistiese rewolusie) behaal word. Die onrus het weens die aanstigting van die ANC en sy alliansievennoot, Cosatu, na ander dorpe in die Wes-Kaap versprei nadat dit aanvanklik in De Doorns begin het. Na aanleiding van die blatante saakbeskadiging in die Wes-Kaap, waar miljoene rand se eiendom al afgebrand is, raai TLU SA boere aan om nie meer arbeiders op plase te huisves nie. Arbeiders behoort na werk na hul huisvesting elders terug te keer, en kan soggens weer op plase vir werk aanmeld. Met die ter perse gaan van Die Afrikaner het mediaberigte aangedui dat dit wil voorkom asof die plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap nog nie verby is nie. Swaar tye word ondertussen vir SuidAfrikaanse verbruikers in die vierde kwartaal van vanjaar voorspel op grond van gegewens in die indeks van die finansiële kwesbaarheid van verbruikers (CFVI) wat MBD Credit Solutions en die Buro vir Marknavorsing van Unisa saamgestel het. (Lees ook berigte op bladsye 5 en 12).


2 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 Die

Posbus 1888, PRETORIA. 0001 http://www.hnp.org.za/afrikaner/

Geweld werk in Suid-Afrika Suid-Afrika is die laaste maande geteister deur arbeidsgeweld, eers in die mynbedryf en nou ook in die landboubedryf. Nadat die polisie by Marikana hardhandig opgetree en ’n aantal opstokers doodgeskiet het, loop hulle onder geweldige kritiek deur. Die kommissie van ondersoek wat tans op die saak ingaan, is nie beïndruk met die polisie se optrede by Marikana nie. Inderdaad was dit duidelik dat die polisie ongeorganiseerd was en van die normale skarebeheer-formasies, was daar niks te sien nie. Tog moet ingedagte gehou word dat enkele dae tevore, twee polisiemanne op die gruwelikste manier denkbaar afgeslag is deur die stakers, en die polisie kollegas het gesien wat kan van hulle word as hulle in hande van die stakers en ander leeglêers beland. Nou is soortgelyke optrede aan die gang by De Doorns, in die Hexriviervallei, waar sogenaamde landbouwerkers al vir weke lank die verkeer ontwrig sodat die hoofroete na die Kaap, die N1, meer gesluit is as wat hy oop is. Hulle het ook wingerde aan die brand gesteek en skade van miljoene rande daardeur aangerig. Hierdie keer tree die polisie glad nie op nie. Skynbaar is hulle afgeskrik na hulle eie dapperheid by Marikana. Tog is daar in die De Doorns-optrede al meer skade deur die stakers en hulle leeglêer-vriende veroorsaak as by Marikana. Die polisie moes die eerste arrestasies uitgevoer het toe die eerste wingerd aan die brand gesteek is, en dié wat daaroor gejubel het, ook gearresteer het, want die deler is so goed soos die steler. Tog gebeur dit nie en word die boere aan hulle lot oorgelaat. Waar die minimumlone vir die landbou R69 beloop, eis die De Doorns-werkers nou R150 per dag. Hulle het goed geleer van die buitensporige eise wat in Marikana gestel is en waaraan grootliks voldoen is. Agri Wes-Kaap is bereid om R80 aan te bied, maar die werkers wil niks daarvan weet nie. Skielik kom die Minister van Landbou, Tina JoematPetterson, en sy laat die georganiseerde landbou se verteenwoordigers byeenkom. Voor dit egter, maak sy ’n openbare uitspraak dat die landbou se minimum lone verhoog moet word en dat sy oortuig is dat haar kollega van Arbeid ’n gunstige oor daarvoor sal hê. Wat dus hier gebeur is dat die ekonomie word miljarde rande skade aangerig, boere verloor miljoene rande aan onmiddellike produksie, maar dié wingerde wat afgebrand is gaan jare neem om hervestig te word en terug in produksie te kom. Daardie inkomsteverlies moet nog bereken word. In wese is die brandstigters misdadigers wat boere se eiendom wederregtelik en opsetlik beskadig. Hulle word beloon met ’n onderneming van die minister dat hulle salarisse verhoog moet word. Dieselfde het by Marikana gebeur, waar die moordenaars en medepligtiges van die aanvanklike polisiebeamptes beloon is met ’n hoër salaris. Arbeidswetgewing in Suid-Afrika maak dit vir ’n werkgewer baie moeilik om ’n werknemer sommer af te dank. Al sou die De Doorns-boere weet wie hulle wingerde aan die brand gesteek het, moet hulle eers deur die proses gaan van skorsing, tugverhoor en moontlike appèl voordat ’n werker uiteindelik afgedank kan word. Waar dit nie bekend is wie die vuurhoutjie getrek het nie, het die boer uiteraard wantroue in sy hele arbeidsmag, want dit kon enigeen van hulle gewees het. Hoe is die herstel van ’n uiters noodsaaklike werksverhouding na dese nog enigsins moontlik? Hoe kan ’n minister by haar positiewe enigsins dink dat boere nou bereid is om skielik die minimumloon aan te pas? Dan praat ons nog nie eens van die ekonomiese impak daarvan nie. Heel duidelik betaal dit om in Suid-Afrika gewelddadig en misdadig te staak. Die Staat sal vir jou sorg. Is dit vir enigeen aan die ander kant van dié munt nog enigsins aanloklik om in so ’n bedeling te bly? Behoort die De Doorns-boere nie nou ook maar te begin kyk na die moontlikheid van vryheid nie?

Die groot kommunikasiegaping Mnr Jaap Marais het dikwels verwys na die moeilikhede wat daar in ons politiek bestaan om werklik ’n sinvolle debat te voer oor ons volkbelange en die Afrikanervolk se toekoms. Een van die groot probleme wat hy raakgesien het, was die feit dat die massamedia telkens gesprekke tussen Afrikaners beduiwel met valse voorstellings, verdagmaking, verdraaiing van mense se woorde, en boonop skerp aanvalle op die konserwatiewe gedagte. Indien hierdie inmenging in die gesprekke tussen Afrikaners nie daar was nie, en daar nie voortdurend pogings was om die regse politiek as onaanvaarbar voor te stel nie, sou die verset teen die politiek van John Vorster, PW Botha en FW de Klerk baie vinniger aangegroei het. Die linkse media het dit geweet, en het hulle daarvolgens ingerig. Ons het steeds met hierdie situasie te doen. Is daar vandag genoegsame gesprek in die geledere van Afrikaners rondom ons belange en ons toekoms, tot dié mate dat Afrikaners hul eie strategie kan inrig vir die moeilike tye wat op ons wag? Dit is so dat konserwatiewe Afrikaners, behoudende Afrikaners, nasionalisties-gesinde Afrikaners, volksgerigte Afrikaners, oor dekades verdag gemaak en vals voorgestel is. Ons is die verkramptes genoem, die ekstremiste, die verregses, die jukskeibrekers, die doemprofete en ek weet nie wat nog alles nie. Die gevolg is dat daar vandag steeds groot versperrings bestaan tussen die Afrikaners wat hulle sedert 1969 teen die liberale politiek van die NP verset het, en diegene wat maar met die stroom saamgegaan het, soos die media dit van hulle verwag het. Aanpassings en veranderings is voorgehou as vooruitgang, as “verligte denke”. Die feit is dat die NP op daardie weg sy Afrikaner-steun verloor het, maar uiteindelik die hele volk uitgelewer het aan die kommunisties-beheerde magte wat tans oor ons heers. Tog bestaan die vooroordele nog teen die konserwatiewe

Afrikaners. Ontnugtering het nie al die vooroordele verwyder nie; en die media sorg nog dat die ware stem van Afrikanernasionalisme nie gehoor mag word nie. Dit is ’n situasie wat ons sal moet omkeer. Soos mnr Jaap Marais in Mei 2000 gesê het, sal ons die versperrings wat die vyande tussen Afrikaner en Afrikaner opgerig het, moet afbreek. Ons sal moet uitreik na mekaar en weer hande moet vat. Maar dit sal in baie groot erns moet gebeur; want besinning oor beginsels en ideale is net so deel

PERSPEKTIEF deur Meinhard Peters

Verbonde aan die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis van daardie behoefte. Ons kan nie net gesprek voer ter wille van gesprek nie; ons moet gesprek voer ter wille van die toekoms van ons volk. Daarvoor is dit ook nie nodig dat daar eenheid tussen almal moet wees nie; ons het wel eensgesindheid oor ons volksideale nodig. Om daardie eensgesindhied te bewerkstellig, is nie een dag se werk nie; dit kan dalk dekades in beslag neem. Maar een ding is seker: ons sal deur die bestaande kommunikasiegaping moet breek wat deur ons vyande geskep is; ons sal oor die grense van organisasies met mekaar moet praat; en dan ook buite-om die invloed van die linkse en liberale media. Wanneer mens so oor sake dink, word dit ook duidelik waarom ons ons eie middele sterker moet maak – of dit nou gaan oor radiodienste, die gebruik van die internet, of die publikasie van koerante, boeke en tydskrifte. Diegene wat aan die leiding staan van sulke middele, dra ’n enorme verantwoordelikheid. Hulle moet die Afrikanergesprek bevorder en sinvol ondersteun; hulle moet ruimte maak vir die groot verskeidenheid van gedagtes wat daar onder ons mense

leef; maar hulle moet ook rigting gee en die pas aangee sodat Afrikanerideale nie andermaal onder mooi-klinkende slagkrete en populêre denkbeelde begrawe word nie. Ons het genoeg denkers en skrywers in ons geledere; maar die sirkulasie van idees en die kommunikasie-netwerke wat nodig is vir ’n nasionale beweging, is nog lank nie sterk genoeg nie. Die koerante wat in die jare dertig en veertig so ’n sterk rol in ons nasionale politiek gespeel het (dink aan Die Transvaler, die Volksblad en Die Burger!) verkeer steeds in die greep van die liberale beskouing en die linkse magte; van die persgroepe het intussen groot kommersiële instellings geword wat hulle advertensie-inkomste koester, eerder as om hulle oor volksbelange te bekommer. Dit is duidelik dat daar ’n wye proses van ontnugtering ingetree het in die Afrikanerpolitiek – veral na die jaar 2000 en die ondergang van die NP. Daar is duisende Afrikaners wat nog nie hul nuwe politieke tuiste gekies het nie, maar hulle kry nie leiding nie; en hulle word nie ingelig nie. Hulle is steeds bang om as rassiste, ekstremiste of fundamentaliste bestempel te word. Daarom staan hulle nog buite die stryd en dra hulle nie by tot die vele projekte wat reeds in Afrikanergeledere aangepak is nie. Die kommunikasiegaping tussen Afrikaners wat jare lank in die stryd gestaan het en diegene wat by ons hoort, maar ons nog nie reg verstaan nie, sal oorbrug moet word. Dit sal uiteraard nie net van een kant kan kom nie – en daarvoor is gesprek en die sirkulasie van idees so belangrik. Ons sal nie ons weerstandvermoë kan opbou as ons nie volkswyd debatte voer, en opnuut aansluiting soek by die diepste waardes wat ons van ons voorgeslagte geërf het nie. Afrikaners sal weer met mekaar moet praat, en ons vertroue herwin in die beginsels wat die rigsnoere van ons volkslewe was. Saam kan ons baie meer vermag – méér as wat ons vyande vermoed.


DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 3

Bandebelasting - nóg gewettigde diefstal Jan publiek R2,67 per kg meer betaal vir ‘n nuwe band. Die normale passasiersband gaan nou tussen R25,00 en R30,00 meer kos. Vervoerkontrakteurs skud vanaf 1 November op hulle beurt hulle sak met tussen R250,00 en R400.00 meer per band weens die heffing vir die sogenaamde red die planeet/groen belasting. Die ‘projek wat die hele herwinningsaksie bedryf, staan amptelik bekend as Redisa of Hoisa – die Herwinning en ontwikkelingsinisiatief van Suid Afrika. Daar word aangevoer dat Redisa ‘n nie-winsgewende maatskappy is, en dat een van sy doelwitte is om 10 000 werksgeleenthede oor die volgende 5 jaar te skep. Die embleem van die ANC-regime se departement van omgewing-

Vervoerkoste en gevolglik alle produkpryse gaan styg weens die belastingheffing op alle nuwe bande wat onlangs ingestel is om glo die herwinning van afval bande mee te ‘finansier’. Terwyl verbruikers al hoe swaarder kry, gaan die ANC-regime volgens ‘n konserwatiewe beraming wat gemaak is nagenoeg R300 000 000.00 (drie honderd miljoen rand) per jaar ekstra in sy sak steek, en voeg daarby ‘n verdere R42 000 000.00 (twee en veertig miljoen rand) wat in BTW geïn word, het ‘n bekende sakeman in die bandebedryf aan Die Afrikaner gesê. Ingevolge die bandeheffing betaal ‘n verbruiker R2,35 per kg meer per band en voeg daarby die BTW van 14% dan gaan

HNP-DAGBOEK

HNP-OPENBARE VERGADERINGS Spreker: Mnr. Andries Breytenbach, Leier van die HNP

NYLSTROOM

Dinsdag 20 NOVEMBER 2012 19:00

Marie Bergsma Saal SAVF

sake pryk op Redisa se webblad. ‘n Skakel na ‘n staatskoerant, waarin die wetgewing in 2009 gepubliseer is ingevolge waarvan Redisa seker tot stand gekom het, is ook op die webblad beskikbaar. Die sakeman meen dat daar in beginsel aanvaar moet word dat gebruikte bande ‘n groot probleem in die land is. Herwinning of alternatiewe gebruik vorm tans ‘n klein persentasie van die massa bande wat elke dag deur handelaars ingeneem word. Tans word bande verbrand om hitte op te wek by sementvervaardigers, verder word staal uit bande herwin. Hy sê die prentjie word egter donkerder gemaak, deur die feit dat die herwinning van tweedehandse bande nou deur ‘n derde

Geloofsbond van Reformatoriese Kerke kom

‘n Skrifgebonde geloofsbond tussen alle Reformatoriese kerke wat onafhanklik wil wees, word aanstaande jaar op inisiatief van die steedsHervormers in die vooruitsig gestel. ‘n Protestantse geloofsbond van onafhanklike kerke kan sodoende tot stand kom. Reformatoriese gemeentes wat dieselfde leer en etos onderskryf as die Steedshervormers sal aanstaande jaar ‘n Geloofsbondvergadering kan

bywoon. ‘n Baie interessante tendens wat na vore kom, is die reaksie vanuit die geledere van ander kerke, soos onder meer die Gereformeerde Kerke en die N.G. Kerk. In hierdie kerke is verset besig om op te laai teen die verdraaide leer en leringe in hul kerk én die “vrysinnigheid” van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria. Bepaalde predikante in die ‘susterskerke’ gaan waar-

BRUWER MENLOPARK

Skakel Pieter Prinsloo (014) 717 2703; Johannes van den Berg (012) 335 8523

RUSTENBURG

Oogkundiges

Charlesstraat 496, Pretoria

Dinsdag 27 NOVEMBER 2012

Tel. (012) 346 1038

Tot u diens vir

19:00 NG Moedergemeente saal

Brille, Kontaklense sonbrille en Kunsoë LW: Ons doen kleurvoorkeur ontledings op die “INTUITIVE COLORIMETER” om persone met disleksie en leerprobleme te help.

Skakel Johannes van den Berg (012) 335 8523; J Nel 014 537 2347

Geloftefeeste 2012

CLOCOLAN

KLOOF GELOFTEFEES

Kom kampeer vanaf die Saterdag saam met mede-Afrikaners. Kampeergeriewe is beskikbaar.

Die Willie Marais Afrikanersentrum Eloffsdal, Pretoria

09:30 Geloftediens

11:00 Gelofterede Mnr. Andries Breytenbach (Leier van die HNP en Voorsitter van die Afrikaner Volksraad)

Geloftesaal Skougronde, Clocolan

08:00 Kranslegging

Ds. Rossouw van die Hervormde Kerk

Gelofterede:

Mnr. Meinhard Peters

Navrae: Mnr. Frans Pieterse

Tel: 072 335 0555

DOORNKRAAL Pietersburg

9:00 Vlaghysing 10:00 Feesrede: Mnr. Willie Spies

11:00 Geloftediens:

Ds. Retief Gouws (Gereformeerde Kerk)

Navrae: Mnr. Johan Willemse Tel. 072 197 3134

party gedoen moet word, wat sekerlik ‘n SEB-firma gaan wees. Die staat het klaar laat blyk dat die firma tot 18 maande het om gebruikte bande by handelaars af te haal. “Wat ‘n gemors – geen handelaar het die stoor- of bergingsfasilteite om sy gebruikte bande vir selfs twee maande te stoor nie – wat nog van 18 maande! Teen daardie tyd het die SEB-firma sy voertuie en infrastruktuur met staatsgeld opgerig en alweer bankkrot gespeel. Wat dan? Wie gaan dan die opgehoopte bande afhaal en verwerk? “Ja, die probleem van gebruikte bande moet aangespreek word maar nie op die ondeurdagte manier wat hier na vore kom nie,” het hy gesê.

Sondag 16 Desember 2012

9:00 Geloftediens

Prof. Hennie Theron (APK)

Kom lê opnuut die Gelofte af saam met Afrikaners wat steeds die vryheidsideaal van die Afrikanervolk hulle erns maak.

LICHTENBURG Feesterrein van die CVO-skool

08:00 Geloftediens Ds. LH Stavast

Gelofterede:

Ds. LH Stavast

Navrae: Mnr. Hansie Theart Tel. 082 922 5755

GROBLERSDAL Kameeldoring

(plaas van mnr Paul Kruger) Groblersdal 10:00 Geloftediens

Ds Phillip Olivier (APK)

12:00 Gelofterede: Mnr Wouter Rust

Navrae: Mnr Paul Kruger

Tel. 082 772 6011

PAARDEKRAAL

Verrigtinge begin om 06:00

09:00 Vlaghysing

Aflê van die 1880 Gelofte

skynlik dieselfde pad as die steedsHervormers stap deur onafhanklike gemeentes te stig. Tydens ‘n pas afgelope byeenkoms van die steedsHervormers by die Premiermyn-gemeente op Cullinan is daar ‘n mandaat gegee om teologiese opleiding te ondersoek. Gesprekke sal dan ook nasionaal en internasionaal in hierdie verband gevoer word. Een van die aspekte wat aandag sal geniet, is praktiese opleiding in gemeentes onder die mentorskap van ‘n predikant. Tans is daar tien gemeentes wat onafhanklik is (waarvan die jongstes Stilfontein, Koster, Vaalwater en Schwei-zer-Reneke is), nagenoeg drie is in die proses om die keuse uit te oefen, en in sewe gemeentes is daar huisgemeentes.

HELDERBERG-KOM (Strand, Somerset-Wes, Gordonsbaai) Samesang

9:00 Erediens Ds. Steve Botes (APK)

(Nederduitsch Hervormde Kerk, h/v Boschendal en Elimstr) Lees van Gelofte

Navrae: Japie Botha 083 231 6321 Willem Reyneke 083 375 7701

VANRHYNSDORP

Lankverwacht Gastehuis Sa.15 Desember Bring en braai

Feesboodskap:

So. 16 Des. 9:00 Geloftediens Oudl L. Burger

11:00 Geloftediens

9:45 Gelofterede - Dr. S van der Merwe

Ds. JPJ Fourie (NH Kerk)

Ds. HA Retief (NH Kerk)

Navrae: Mnr. At von Well Tel. 082 348 3828

Navrae: Louis Burger 074 193 2978


4 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012

‘Heropvoeding’ as deel van ’n sielkundige oorlogsvoering (1)

In Der Südafrika-Deutsche van 9 Oktober 2012 het ‘n artikel getiteld, “Umerziehung der Deutschen als Teil der Psychologischen Kriegführung” deur Hans-Joachim von Leesen verskyn. Vanweë die toepaslikheid van die taktieke in die “(h)eropvoeding van die Duitsers as deel van ‘n sielkundige oorlogsvoering” op die Afrikanervolk word ‘n vertaling (deur Anita Morkel) van die artikel gepubliseer. Die inleiding daarvan is ‘n gedeelte van die kommentaar wat in die gemelde koerant verskyn het, waarna uittreksels uit die artikel weergegee word.

Daar is twee blanke volke op aarde, wat boonop tot ‘n groot mate bloed- en geesverwante is, wat saam met hulle erfskuld leef, die Afrikaner en die Duitsers...en wanneer hulle nie uitsterf/uitgesterf het nie, sal hulle ewig daarmee saamleef. Watter ander volk op aarde waarvan u weet, dra ‘n soortgelyke ewiggeldende skuld? Hier word natuurlik na die holocaust en apartheid verwys. Sodra daar gekyk word na hoe daar ‘n skuldkompleks by die Duitse volk gekweek is, kan daar duidelike ooreenkomste gesien word hoe dieselfde metodes gevolg is sodat die “heropvoeding van die Duitsers as deel van die psigologiese oorlogsvoering” uitgevoer kon word. Vervolgens word daar gekyk na ‘n puik artikel deur Hans-Joachim von Leesen. Die begrip, “sielkundige oorlogsvoering” gaan oor ‘n geveg om die siel. Wat baat ‘n glansend uitgeruste weermag as mense nie strydvaardig is nie omdat hulle ietwat aan hulle eie

Dag en nag gaan die oorlog wat ons volk moet vernietig ongebreideld voort. Rooftogte, wraakmoorde, verkragtings en mishandelings is al doodgewone woorde in ons daaglikse gesprekke. So gewoon soos wat jy elke dag oor die weer praat! Dit is mos deel van ons daaglikse bestaan. Hierdie aanhoudende vernieling en vertrapping van ons volkslewe het maar nie net ‘n nadelige invloed op ons ekonomiese bestaan nie, maar is ook besig om ons innerlik te verswak. Die feit dat ons in tuisgemaakte tronke moet lewe, dat vir baie van ons ‘n uitstappie om kos te gaan koop of om selfs kerk toe te gaan vir veral die ouer mense ‘n nagmerrie word, maak ons ‘n terneergedrukte en moedelose klomp mense. Baie van ons lewe met ‘n houding van: dit is nou maar eenmaal so, wat kan ons daar nou tog verder aan doen? Dit is, so vertel hulle wat eenmal nog “ons eie mense” was, vir ons, ons eie skuld. Ons kry nou maar terug wat ons destyds self gedoen het. Ons wou dan by die wonderlike versoeningskommissie nie in groot getalle kom skuld bely nie! Kyk, hoe het die arme Tutu daar nie oor gesit en huil nie! Hoor hoe is al die mislukkings, bedrog, korrupsie en ander misdaad vandag nog steeds die gevolg van “apartheid”.

saak twyfel? Dit is juis hier waar die sielkundige oorlogsvoering ter sprake kom. Aldus Anne Moreli, ‘n professor aan die Université libre in Brussel, in haar boek, Prinsipien der Kriegspropaganda (Beginsels van oorlogspropaganda) is die doelwitte van sielkundige oorlogsvoering, wat deur alle partye, hetsy dit demokraties of dikatoriaal is, gevolg word: 1.Die ander land het begin 2. Die vyand dien die duiwel 3. Ons baklei vir ‘n goeie saak 4. Die vyand begaan met opset grusaamhede 5. Ons verliese is gering Slegs enkele weke na die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het die Britte reeds ‘n oorlogspropagandaburo begin. Hierteen was die Duitsers nie opgewasse nie. Eers teen die einde van die oorlog het Erich Ludendorff daarin geslaag om ‘n teen-propaganda offensief vir die Duitsers daar te stel, maar dit kon nie meer ‘n beduidende verskil maak nie. In 1918 het die veglus van die Duitsers ineengestort, en dit kan grotendeels teruggevoer word na sielkundige oorlogsvoering, meen prof. Paul MA Linebarger, wat hom in Amerika in ‘n aantal boeke uitgelaat het oor die grondbeginsels daarvan. Lord Arthur Ponsonby was reg toe hy hom ook in die Duitse vertaalde weergawe, Lügen in Kriegsszeit, (Leuens in oorlogstyd), geskryf het: “Die sielkundige aspek is in oorlogstyd net so belangrik soos die militêre faset. Die voortsetting van die psigo-oorlog teen Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog

Die rol van Amerika en Brittanje, kom ter sprake in die voortgesette sielkundige oorlog

teen Duitsland, veral ten opsigte van hul siening hoe die Duitsers sal moet boet wanneer die oorlog tot ‘n einde sou kom asook hul beskouing van die Duitse wesenstrekke. Na die oorlog het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Archibald McLeesh, by die Potsdam-konferensie gesê dat die doel van die heropvoeding moet wees om die karakter en mentaliteit van die Duitse volk te verander sodat Duitsland uiteindelik ‘n lewe sonder toesig kan lei. “Ons moet die algehele Duitse tradisie uitblus. Mens moet ‘n proses aan die gang kry, waar die Duitsers se selfheropvoeding aan die einde bereik moet word [uitvoerig vervat in Schrenk-Notzing, Charakterwäsche (Karakterwassery)en ook in Mosberg, Reeducation]. Die kollektiewe skuld van die Duitsers In die “Report of a Conference on Germany after the War”wat deur ‘n gesamentlike komitee insake die na-oorlogse beplanning aan die Colombia Universiteit gedoen is, word die beplanning vir die heropvoeding van die Duitsers gevind. Dit het dan ook die amptelike riglyn van die Amerikaanse na-oorlogse politiek geword. Dit is ontwikkel uit die studievelde van die medisyne, psigologie, sosiologie en vele ander. Die Switserse psigo-analis, CG Jung het gewaarsku teen ‘n onderskeidmaking tussen ‘n goeie en ‘n slegte Duitser. Die Duitsers is “kollektief skuldig”. Die rede daarvoor is “’n algemene psigiese minderwaardigheid van die Duitse mense”. Na sy mening is die Duitsers “gedegenereerd”. Die enigste werkbare terapie is dat die Duitsers daartoe beweeg moet word dat hulle hul skuld erken, ja, dat hulle self openlik en immer weer hul

skuld beken. Die eerste stap tot hierdie doel was die Stuttgart Skuldbekentenis van die Evangeliese Kerk van Duitsland. ‘n Bekentenis van die Duitse kollektiewe skuld is dan ook in die openbaar afgelê. Een van die hoofrolspelers hier was die hoofsekretaris van die ekumeniese raad, die Nederlander, Visser’t Hooft wat gedurende die oorlog deel van die Britse geheimediens was. Op 18/19 Oktober 1945 het hoofde van die Duitse Evangeliese Kerk die gewenste skuldbekentenis afgelê, en nie net vir die Evangeliese Kerk nie, maar ook vir die hele Duitse volk. Telkens kom mens te staan voor die aanname van die heropvoeders dat die kollektiewe skuld van die Duitsers sy oorsprong het in hulle biologiese samestelling. Dit moet die Duitsers ingeprent word totdat hulle self daarvan oortuig is. Die instrument daartoe is die media, veral die pers, die televisie en die rolprentbedryf. Vervolgens wys Von Leesen daarop hoe nuusgentskappe en redakteurs gekeur en opgelei is en voodurend met ‘n swaard oor die hoof geleef het dat hulle hul lisensies sou verbeur indien hulle nie die Geallieerdes (en in besonder die Amerikaners en Britte) ter wille was nie in die hele sielkundige oorlogsvoering ingevolge waarvan die Duitse volk vir hulle kollektiewe skuld moes instaan en van hulle minderwaardigheid oortuig moes word. Helmuth Mosberg het hieroor ‘n boek getiteld, Re-education – Umerziehung und Lizenzpresse im Nachkriegsdeutschland. (Heropvoeding en die lisensiepers in die na-oorlogse Duitsland). Elke joernalis het ‘n heropvoeder geword. (Vervolg)

Woord en Wêreld

Sou ek nie haat nie? (1)

Ds. LH Stavast

Dit is ons eie skuld dat weerlose bejaardes op ons plase beroof en vermoor word, dat selfs pastorieë met vriendelike dominees in nie meer veilig is, dat kinders nie meer op die straat kan speel of veilig skool toe kan gaan nie... En dit is nie alleen maar maghebbers met “Nkandla-paleise” wat so sê nie: dit is mense met Afrikaanse name wat so praat. Ons moet, om ons bas te red, tog maar so gou as wat ons kan, leer om vergifnis te skenk aan hulle wat destyds by ons geleer het om te moor, te roof en te vernietig.... En ons dominees, pastore, priesters en hoe hulle verder ookal onder ons genoem word, gaan

ons gesalfd, vermanend en bestraffend daarin voor. Ons moet vergewe, sê hulle, onvoorwaardelik vergewe. Want God maak ook so. En hierdie soort van teologie word in koerantartikels van veral Naspers (u weet wel die firma wat selfs in die kommunistiese Sjina net so goeie besigheid doen as in die diens van Anglo-American kapitaliste) word dit in vromerige meditasies en venynige briewe en rubrieke verkondig. En op die radio word in die bejaarde “Afrikaanse” diens (hulle het nou die dag 75 jaar geword, sê hulle) daar glo weer lekker gespot met die agtergeblewe klomp wat nog praat van die “Rooi gevaar en die Soweto-gevaar” asof daar vandag nog kommuniste en barbare sou wees. In elk geval moet jy daardie rooies en swartes wat nog so ‘n bietjie onderdruk en moor mos vergewe. Onvoorwaardelik. Want God maak ook so! Die maandblad van die kerkverband waaraan ek op my ou dag nog aan verbonde is, het sy hele Oktober-uitgawe gewy aan die onderwerp: vergifnis. Die verskillende skrywers het op ‘n baie versigtige wyse vir ons uit die Bybel vertel hoe wonderlik God se vergewende genade is. Dit is goed en nodig om daaraan herinner te

word, want ons sondig daagliks teen die heilige God. Die Kategismus vra: “Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly? En die antwoord is: Nee, glad nie, inteendeel, sy toorn is verskriklik...Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.” (Heidelbergse Kategismus, Sondag 4; vgl. Gen. 2: 17; Rom 5: 12; Ps. 50: 21; Deut. 27: 26; Gal.3: 10 e.a). En sonde teen die naaste wat na God se beeld geskep is, is dus ook sonde teen God. Een van die skrywers gee ‘n voorbeeld van iemand wat blykbaar eers vergewing by God gesoek het en toe Frank Chikane en tien vroue uit Mamalodi se voete gaan was het. Sy naam was Adriaan Vlok. Hy het vergifnis gesoek vir sy aandeel in, wat die skrywer noem: die finale jare van apartheid” (1986 – 1991). Ek het nou gretig verder gelees om nou ook so ‘n dramatiese voorbeeld te kry uit die “finale jare van die struggle” of ten minste die eerste jare van die “demokrasie”. Sê maar pastoor Frank Chikane of mnr. Nelson Mandela, of enige iemand anders van die ‘gewapende stryd’ sou die voete gewas het van die Kerkstraat-bom oorlewendes! (Vervolg)


DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 5

Dr. Müller Pretorius

Onbevestigde berigte wil dit hê dat die opstande by De Doorns deur Cosatu (alliansie venoot van die ANC) gedryf word om die WesKaap onregeerbaar te maak om die DA wat daar regeer in ‘n slegte lig te stel sodat die ANC by ‘n volgende verkiesing die provinsie kan oorneem. Die “stakers” word glo met busse aangery om deel te neem aan die staking deur die sogenaamde plaaswerkers. Baie van hierdie “stakers” kom uit plakkerskampe en is beslis nie almal bona fide plaaswerkers nie. Daar is wel stukwerkers wat op wingerdplase werk wat wel in plakkerskampe bly.

De Doorns-opstande poging om DA in slegte lig te stel?

Dit sal seker lonend wees om ‘n opname onder die “stakers” te maak om uit te vind wie van hulle werklik plaaswerkers is. Die feit dat Cosatu aangekondig het dat die staking van De Doorns uitgebrei gaan word na die ander plaasarbeiders in die Wes-Kaap is ook ‘n aanduiding dat hulle die hele Wes-Kaap in oproer wil kry sodat die DAregering daar ‘n slegte naam kan kry en die ANC dan ‘n beter kans sal hê om die verkiesing daar te wen. Dit is ook interessant dat die staking/opstande nou voor Bloemfontein plaasvind dat mens ook met die indruk laat dat dit alles te doen het met die

magstryd deur die faksies binne die ANC. Wanneer ons bedink wat die geldelike skade is wat aangerig is deur die afbrand van wingerde en ander strukture

Die nuwe swart bemagtigingskodes wat nou ter tafel lê en wet sal word, bepaal dat in alle senior- en middel-bestuursvlakke die algemene demografiese samestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking weerspieël moet word. In die praktyk beteken dit dat rassediskriminasie in sy ergste graad in die werkplek en in bestuursposte van die staatsdiens, polisie, onderwys, die regsberoep, die bankwese, mynbou en in die nywerheid toegepas sal word. Alle nuwe aanstellings sal ongeag ervaring of kwalifikasie bloot op velkleur plaasvind. Vir die wit kind hou hierdie bepalings ’n

s ree v e b On lank B

Onrusstokers wil hoër minimumlone afdwing

TLU SA het in ‘n persverklaring daarop gewys dat die wynboere hulle plaaswerkers meer as die minimum loon betaal as die ander voordele wat hulle kry ook in berekening gebring word. Verder sê TLU SA dat hulle hul lede geadviseer het om hulle werkers nie minder as die minimumloon te betaal nie, maar dat TLU SA ook nie namens sy lede kan besluit wat die lid sy arbeiders moet betaal nie. Volgens die mediaverklaring

eindelose verskrikking in. Die nasionale demografie van Suid-Afrika is tans soos volg: Swart 73,7%; Blank 12,2%; Bruin 10,9% en Asiër 3,2%. Met hierdie verhouding as kriteria beteken dit dat selfs in die Wes-Kaap alle nuwe aanstellings swart sal wees. Die demografie van die Wes-Kaap is 54,8% Kleurling en 29,1% Swart. Dit speel geen rol volgens die nuwe wet nie. Al is die Swartes in die minderheid met slegs 29,1%, bepaal die nuwe wet dat nuwe aanstellings swart sal wees. Teen hierdie agtergrond sal die Blankes net dieper wegsink in die reeds kommerwekkende moeras van armoede wat in

Die enigste Afrikaanse weekblad wat skryf oor Blanke- en Afrikanerbelange. Die koerant met die suiwer boodskap van Afrikaner-nasionalisme!

Weeklikse rubrieke oor ekonomiese en kulturele sake.

Teken NOU in en wees ingelig !

R285 vir 12 maande R142,50 vir 6 maande Elektroniese koerant, R180 vir 12 maande

Stuur u intekengeld met onderstaande voltooide vorm aan: Die Afrikaner, Posbus 1888, Pretoria, 0001 Tjeks word uitgemaak aan Die Afrikaner, maar internet-betalings of bankinbetalings kan gedoen word by Absa, Rekeningnommer 020 800 801 Bewys van inbetalings moet gefaks word na (012) 335 8518

Naam:

Adres:

________________________________________

________________________________________

________________________________________ _______________ Poskode: _______________

Telefoon: __________________ Selfoon: ________________ e-pos:

kom, maar uiteindelik gaan die man op straat ook maar weer moet opdok en gaan die pryse van druiwe en wyn ook weer onnodig hoër gejaag word.

sê TLU SA ook dat dit lyk asof die landbou organisasies nou verantwoordelik gehou word vir die onrus in die lanboubedryf en die sosio-maatskaplike probleme wat daaruit voortvloei. Dit terwyl dit uit en uit die regering en die verantwoordelike instansies se plig is om oplossings vir hierdie probleme te vind. In hul verklaring sê hulle dat indien die minimum loon verhoog word sal dit beteken dat die wynboere moet begroot

vir ‘n verdere R10 000 of R20 000 wat hulle nie sal kan betaal nie en daarom kan hulle verplig word om te kyk na die produktiwiteit van die werkers en dan noodgedwonge van die werkers sal moet aflê. Mnr Meintjes, die president van TLU SA het oor die hele aangeleentheid die volgende gesê soos aangehaal in hulle persverklaring: ”Salaris is die prys van arbeid, en in ‘n vrye mark behoort die arbeider self oor sy salaris te kan besluit. Aan die

Rewolusie is die vrug van SEB

Deur Wouter Rust

Intekengeld:

dan kan nie gedink word dat mense so kortsigtig kan wees net terwille van hoër lone nie. Om die skade te herstel sal eerstens uit die wynboere se sakke

___________________ Faks: _________________

1994 geskep is. Die monsteragtige SEB (swart ekonomiese bemagtiging) is die direkte oorsaak dat Suid-Afrika die misdaad-mekka van die wêreld genoem word. Kan dit anders as alle senior range en bevelsposte gereserveer word vir onbekwame Swartes? Wanneer so ’n persoon enige magsposisie bekom, misbruik hulle die mag. Kyk maar hoe is die polisiemag betrokke by ’n baie groot persentasie van misdaad. Dit maak nie saak of dit ’n plaasaanval, ’n transitoroof, ’n bankroof of OTM-opblasing, veediefstal en selfs verkragting en moord is nie. Dikwels is daar ’n polisie-uniform in die agtergrond. Kyk maar na die feite. Die tans sieklike Celebe was in ’n stadium die hoof van Interpol. Nou spook hy om uit die tronk te bly. Sy opvolger volg toe sy voorbeeld en kyk vandag na die buitewêreld deur die tralies van die tronk. Daar word beweer dat 40 uit 52 Afrikalande veiliger is as Suid-Afrika. Die Wall Street Journal sê dat selfs volgens Afrikastandaarde sak Suid-Afrika sleg uit sedert 1994. Die SA Vloot het sedert 1994 285 bekwame ambagsmanne afbetaal. Dié personeel met ervaring is vervang met onervare Swartes. Die gevolg is dat ’n duikboot wat miljoene rande gekos het, ’n drywende kafee geword het. Die vaartuig is vir 110 volt bedraad. ’n Swart tegnikus het toe 220 volt deur die sisteem gestuur, wat die hele bedrading onherstelbaar uitgebrand het. Ons eens trotse lugmag val nou terug op Cessna-vliegtuie wat reeds 20 jaar gelede geskrap is. Dié vliegtuie wat as ’n risiko geklassifiseer is, gaan nou vir opleiding gebruik word. Vliegongelukke is reeds 9 keer meer in Afrika as in die Eerste Wêreldlande. Daar word gesê dat 90% van vliegongelukke in Suid-Afrika deur swart vlieëniers of hulle bemanning veroorsaak word. Jason Maistry, ’n vliegopleidings-inspekteur, blameer die swak keuring van kandidate en die swak opleidingspeil daarvoor. 73,7% van al die kandidate wat gekeur word, is swart. Maistry sê dié swart vlieëniers gebruik sakrekenaars om 6 X 5 somme te doen. Daarteenoor moet blanke kandidate ’n wiskunde eksamen aflê met 75% as slaagsyfer. Selfs dan kom hulle nog nie in aanmerking vir keuring nie. Die ANC het sedert 1994 rasseskeiding met ’n uiters diskriminerende SEB vervang. Die demografie word gebruik in die sogenaamde demokrasie. Aan die verligting van armoede en die opheffinfg van die Swartes is nog niks gedoen nie. Die enigste poging is die welsynspensioene wat

ander kant sit die boer in die posisie dat hy ‘n prysnemer is wat maar moet vat vir sy produkte wat hom aangebied word. As minimumlone verhoog word na onverantwoordelike, onwettige en selfs misdadige optrede, kan die punt bereik word dat boere ook kan begin ‘eis’ om R5 000 vir ‘n ton mielies of R50 vir ‘n kilogram tamaties te kry. Hierdie aksies en teenaksies sal lei tot die vernietiging van die ekonomie, en TLU SA sal nie daaraan aandadig wees nie.”

betaal word vir elke baba wat gebore word. Dit hou net die vigs-epidemie lewendig. Die leë beloftes bring die massas in opstand en wakker anargie aan. Terwyl Suid-Afrika brand, is die SEB besig om net ’n klein swart elite–groep te bemagtig en in poste aan te stel waarvoor hulle geensins bekwaam of opgelei is nie. In elke munisipaliteit in Suid-Afrika is raadslede met selfverryking besig. Die munisipale bestuurder van Nelspruit word tans vervolg vir R920 miljoen. Die ANC het in 1994 ’n gevorderde ekonomie en infrastruktuur geërf. Toe het daar in Rwanda 800 000 mense gewelddadig gesterf. Vandag is die groeikoers in Rwanda 8% en in Suid-Afrika minder as 3%. Waar die Rwandese struikelblokke vir beleggers uit die weg ruim, verhoog die ANC-regime die struikelblokke vir beleggers soos byvoorbeeld die poging om Wal-Mart se beleggings te keer. In Zambië is die nasionalisering van myne gestop. In Suid-Afrika word dié gedagte vertroetel. Met die ANC-jeug wat toetree tot die sogenaamde “establishment” kan ’n mens maar net wonder hoe Suid-Afrika oor vyf jaar vorentoe daar gaan uitsien. Hulle het geen gehalte onderwys nie en kan ook nie roem op eerlike uitslae nie. Vraestelle lek voor die tyd uit en leerlinge sit oop en bloot in eksamenlokale en afskryf sonder toesig. Hiervan is ’n koerantman en sy kamera die stille getuies. Swartes slaag hulle eksamens deur die onregverdige toekenning van punte en aanpassings van 20%. So beland hulle by die universiteite, ontwrig klasse, kom in opstand teen dissipline, word skuldig aan vandalisme en word dan op die lange duur deur SEB bevoordeel tot sleutelposte. So tref ons hulle dan aan in die staatsdiens, in die bankwese, by Eskom, by derde regeringsvlakke en selfs in direksies van maatskappye. So word hulle bankbalanse verstewig en verpes hulle ons op die paaie met hulle duur Duitse motors en arrogante bestuursvermoë. Hulle maak goeie charismatiese sprekers uit, is magbehep, korrup en arrogant. Die demokrasie het vir hulle geen waarde nie. En as hulle iets nalaat, is dit ’n spoor van armoede, ellende en grootskaalse bloedvergieting. Die vrug van die SEB is opstand, arbeidsonrus en swak of geen dienslewering. Nòg die ANC nòg sy opvolger sal hieraan ’n einde kan maak. Dit wat voor ons oë afspeel, is die in duie storting van politieke mag as die voorwaarde vir rewolusie.


6 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012

Toesprake van vorige Eerste Ministers vandag steeds van toepassing

Hierdie toespraak is seker een van dr Verwoerd se belangrikste toesprake waarin hy die hele spektrum van die politiek gedek het. Vir enige Afrikaner nasionalis is dit koersaanduidend en daarom publiseer ons die toespraak volledig in drie agtereenvolgende uitgawes omdat dit nie maklik bekombaar is nie. Die toespraak is veral gemik op die jeug en daarom sal dit baie goed wees as die jeug van vandag dit ook goed bestudeer en dan toepas. Meneer die Voorsitter en Liewe Vriende, Ek wil u baie hartlik bedank vir die buitengewone vriendelike ontvangs wat ons hier geniet het. Ek wil u ook baie hartlik bedank vir die mosies wat u aanvaar het en wat ek aan my kollegas sal oordra tot hulle troos en bemoediging, want dit is ‘n feit dat leiers altyd die steun en die geesdrif, veral van die jeug van hulle nasie, nodig het. Dit is maklik om die steun te hê van die mense van jou eie tyd wat miskien soos jy dink, maar die toets of ‘n nasie nog op die regte koers is en of die regering op die regte koers is, is of die jeug nog by jou is. Dit help ‘n mens niks om planne te maak vir die toekoms, om fondamente te lê vir daardie toekoms, as terwyl jy besig is om die fondamente te lê, jy reeds weet dat die boumeesters wat op jou gaan volg op daardie fondamente nie sal wil voortbou nie. Dan is ‘n mens se werk nodeloos en nutteloos. Dit is daarom dat ‘n leier en sy mede-leiers altyd baie fyngevoelig is oor die wete dat die jeug van hulle land nog by hulle staan . KWEEK VAN LEIERS U weet dit waarskynlik nie, maar ek was by die geboorte van die Jeugbond nogal doenig. Heelwat van die samesprekings met jongmense wat tot die stigting later gelei het, het plaasgevind in my kantoor in die ou Transvaler-gebou. Toe die idee nog net geopper was deur ‘n paar van die jongmense, het hulle my kom raadpleeg en gesels. Ek het mnr. Strijdom toe later gevra om by te kom met sommige van die geselsies. Eintlik het uit daardie gedagtewisseling later, nie baie later nie, net kort daarna, die eerste stappe gekom. Die rede waarom ons daardie tyd inderdaad geesdriftig was oor die stigting van die Jeugbond, is die rede waarom ek vandag nog daaroor geesdriftig is, en

dit is omdat ‘n mens voel dat jou leiers van die toekoms die beste gekweek kan word in onderlinge samewerking tussen diegene wat tydgenote is. DEELNAME VAN JONGMENSE Dit is baie goed as ons jongmense ook deelneem in die plaaslike aktiwiteite en die breëre aktiwiteite van die party as geheel. Dit is nie net goed nie, maar dit is wenslik en noodsaaklik, en daar was baie van ons destyds wat skrikkerig was oor die moontlikheid dat die jongmense, as hulle in die Jeugbond gaan, vir die party as geheel minstens tydelik verlore sal gaan. Maar dit het nie in Transvaal waar geblyk nie. Hier het ons nog die kragte van ons jongmense in ons sekretariële en ander posisies behou, en tegelykertyd het hulle onder mekaar mekaar geïnspireer in die Jeugbond tot die grotere dade wat later deur hulle sou moes verrig word. Dit is ‘n feit dat uit daardie vroeëre jare van die Jeugbond leidende persone gekom het. Nou bedoel ek dit nie net op die politieke terrein nie. U weet dat daar oud-Jeugbonders reeds in die kabinet en as adjunk-ministers en as L.U.K.’s is, maar ek bedoel dit as ‘n suurdesem ook in ander sfere van ons volkslewe. LIBERALISTIES OF KONSERWATIEF OP ALLE TERREINE Want ‘n volk bestaan nie net op politieke terrein nie. Sy lewe is ‘n groot geheel, en as mens op die politieke terrein reg is, soos ons dit sal uitdruk, en dit is nie reg (d.w.s. geestelik net so ingestel) op die ander terreine van die lewe nie, dan is daar iets verkeerd met daardie volk. Ons kan nie liberalisties wees in die kerk of liberalisties in die vermaaklikheid of onderwys, of waar dit ook mag wees nie,

DIE LOSKOPDAM-TOESPRAAK (1) Nasionale Jeugbondkongres, 4 September 1965 en dan konserwatief op politieke terrein. Jy moet een gees dwarsdeur jou hele volksliggaam laat adem as daardie volksliggaam gesond wil bly. ROL VAN LEIERS OP ALLE TERREINE Daarom is dit vir ons belangrik dat mense die leiding neem soos reeds deur die leier van die Jeugbond na verwys is op alle terreine van die lewe, en ook nie net in die voorgestoeltes nie, maar oral. Want weer, wat help dit as daar leiers is wat, soos ons sal sê, reg is, al is dit op elke terrein, en daar waar die steun vandaan moet kom, oral oor Suid-Afrika versprei, is die leiding of volgelingskap nie reg nie? Dit is die kweking van ‘n gesonde gees in die hele volk wat op die ou end tot oorwinning van die volk lei. Dit, hoop ek, sal uitkom in die paar gedagtes wat ek vanaand voor u wil lê. LEIERS IS DIENAARS Ek wou graag hulle laat vooraf gaan met ‘n betuiging van dank vir u vriendelike ontvangs vanaand, maar bo alles vir u voortdurende steun en tegelykertyd ‘n woord van bemoediging om welgemoed die toekoms in te gaan as Jeugbond, omdat die Jeugbond as die dienskneg van sy volk nog altyd baie waardevol was. Dit is ook ‘n gedagte wat ons maar gerus met ons kan saamneem. Ons is almal dienaars en nie heersers nie. Dit is die grootste funksie en ook die grootste voorreg van die leiers van ‘n volk op al die verskillende terreine van die lewe dat hulle mag dien, dat hulle geroep is om iets te doen vir andere, dat hulle die kans gekry het om hulself opsy te stoot en hulle werkskragte en hulle denkkragte aan die gemeenskap te gee van wie hulle deel is. Dit is hulle voorreg en dit is ook die enigste bron van hulle waarde om te dien en nie om te heers nie. AFRIKANER EN DIE TOEKOMS Vriende, ek het gehoor dat die soort van agtergrondtema van u kongres sou wees die stryd teen Afrikaner-nasionalisme, of miskien die styd van

Afrikaner-nasionalisme. Nou, in ander woorde, die gedagtes is gaande in die jongste tyd (‘n mens lees dit ook dikwels in koerante en in briewe en hoor dit van platforms) dat ons mense praat oor die vraag of die Afrikaner homself sal kan handhaaf in die toekoms, en vir ons jongmense is enige vraag wat gaan oor handhawing belangrik. As ons, of min of meer my ouderdomsklas of nog ouer of effens jonger praat van handhawing van dit of dat, dan praat ons met ‘n blik miskien nog 10 of 15 jaar vorentoe, maar as ‘n jongmens van rondom die twintigerjare praat van handhawing, dan gaan sy gedagtes, of behoort dit te gaan, 40 jaar vorentoe. En om te handhaaf binne die kort bestek, is miskien iets wat jy met groot geloof en sekerheid oor kan praat. Maar kan jy met net soveel sekerheid praat oor handhawing van wat dit ook al mag wees, wanneer jy weet jou woorde het betekenis vir 50 of 60 jaar vorentoe? Tog wil ek dit so bekyk. Ek wil dink in terme van ‘n halwe eeu vorentoe. Ek wil die vraag dus saam met u vra of die Afrikaner homself lank nog sal kan handhaaf, en as hy kan, wat sou die voorwaardes daarvoor wees? AFRIKANERDOM EN BLANKEDOM Maar voor ‘n mens praat van handhawing van die Afrikaner, is daar eintlik ‘n primêre vraag wat, ek wil byna sê belangriker is, want as hy nie positief beantwoord kan word nie, dan kan jy die vraag van die voortbestaan en handhawing van die Afrikanerdom maar vergeet, want dan gaan die Afrikanerdom vanself onder. Hierdie primêre vraag is: Kan die Blankes van Suid-Afrika en in Suid-Afrika homself handhaaf? Soos ek gesê het, ek stel dit as ‘n 20-jarige. Ek stel die vraag vir ‘n halwe eeu of meer vorentoe, binne die leeftyd van dié mense wat nou in die Jeugbond hulle voorberei vir daardie 50 jaar van die toekoms. TOETSE VIR TOEKOMS Natuurlik, vir ons as ouers en grootouers is die toekomsvraag nog eintlik baie langdu-

riger, want wanneer ‘n mens kinders en kindskinders het, soos ons dit het, dan kan jy nie net jou gedagtes laat gaan oor die beperkte tydperk van 50 jaar nie. Dan begin jy dink in terme van alle toekoms. ‘n Toekoms wie se end nie besienbaar is nie. Dan word jou vraag, sal die Blanke hom permanent in SuidAfrika kan handhaaf? En dit is ook in daardie sin wat ek die vraag stel: kan die Blanke hom in Suid-Afrika handhaaf? Nou, ‘n mens moet so ‘n vraag beantwoord deur sekere toetse te stel, en die toets wat ek wil stel, is net om verskillende terreine van ons lewe waarop mededinging of stryd of pogings om ons te vernietig, kan voorkom. Ek wil hulle vat en dan een vir een saam met u ‘n bietjie bekyk, al is dit oppervlakkig. EKONOMIESE TERREIN Die eerste voor die handliggende terrein waar ‘n mens kan vra of die Blanke homself kan handhaaf, is die ekonomiese vooruitgang. Ek kies opsetlik die ekonomiese terrein eerste omdat dit die maklikste is waarop ‘n mens met groot selfvertroue durf sê dat hier die Blanke hom wel sal kan handhaaf. Daarom is dit die sigbaarste. Solank die Blanke in Suid-Afrika sal wees — die vraag of hy hier sal wees, hang af van die ander toetsterreine - maar solank hy hier sal wees, sal hy hom op die ekonomiese terrein kan handhaaf, en daarvoor is daar baie redes. INGEWIKKELDHEID VEREIS KENNIS Een van die redes is dat die ekonomiese bedrywighede in die moderne lewe reeds ontsettend ingewikkeld is, en hulle sal in die toekoms al meer ingewikkeld word. As ‘n mens net die eenvoudigste bedryf neem, dan vind jy reeds dat ‘n man alleen byna nie die bedryf kan opbou nie, dat dit spanwerk vereis. Maar hoe meer jy ingaan in die groter groeiende bedrywe- en ek dink nou nie net aan die bekende bedrywe, soos die yster- en staal nywerheid nie,

Vervolg op bl 7


Vervolg van bl 6 of die vervaardiging van krag soos met Eskom nie, maar ek dink aan byna elke betekenisvolle bedryf in die samelewing en aan al die maniere van handel dryf, of dit deur koöperasies is of deur die privaat handel of in die groothandel, of in die uitvoerhandel, internasionale handel orals het die behoefte aan kennis, gespesialiseerde kennis, so geweldig belangrik geword dat jy jou nie kan indink in die voortsetting van daardie bedrywighede sonder mense met die regte karaktertrekke, dryfkrag, bestuursvermoë, helder insig, omgangsmaniere wat dit maklik vir hulle maak om spanne saam te laat trek, leiersvermoë om persone van allerlei aard in die bedryf saam te organiseer, sodat ‘n doelwit wat taamlik belangrik en groot is, en baie geld kos, verwesenlik kan word. Met ander woorde, in ons moderne lewe is nie net ekonomiese kennis, bestuurskennis - ek wil byna sê sielkundige kennis - alles nodig nie; nie net is daar nodig aansienlike finansiële vermoë, beide die vermoë om die geld te kry en die vermoë om die geld te hanteer nie, maar daar is al diepergaande wetenskaplike kennis nodig. LEIERSKAP VAN WITMAN Maar die wetenskaplike kennis wat vandag nodig is in die bedryfslewe, is nie behoefte aan finansiële vermoë, aan leierskap en ander karaktertrekke, aan wetenskaplikes, aan ‘n wetenskaplike navorsingsagtergrond, selfs wat die ruime wetenskap betref wat uit hierdie praktiese toepassings gebore kan word. Dit is so vreeslik nodig dat hele spanne van verskillende soorte mense byeengebring word om werklik op die ekonomiese terrein te vorder dat ‘n mens met vrymoedigheid kan sê, sonder die Witman in Suid-Afrika sal vir jare der jare der jare vorentoe die ekonomiese bedrywigheid nie voortgesit kan word nie. Met ander woorde, dit is maklik om te sê dat ‘n ontleding van alles wat essensieel is op die ekonomiese terrein afhang nie net van die teenwoordigheid nie, maar die leierskap van die Blanke man. Val hy weg, dan is daar geen SuidAfrika meer soos ons hom ken nie. Hy kan net nie wegval nie.

S.A. KAN NIE SONDER WITMAN NIE Dit is nie Kenia waar ‘n betreklike klein groepie mense grotendeels in boerderybedrywighede besig was, wat as hulle weggaan, wel ‘n land in nood agterlaat, maar ‘n land wat darem nog op ‘n manier voortrol nie. Dit is ‘n hoogs geïndustrialiseerde land hierdie, wat sonder die Blankes op die bedryfslewe net nie sal kan voortbestaan nie, en daarom is dit wat ek sê dat die toets of die Blankes in Suid-Afrika ‘n toekoms het, of hy homself hier kan handhaaf, kan ja beantwoord word met groot oortuigingskrag en sekerheid as gevolg van doodgewone deeglike ontleding van die situasie en watter soort mens kan daardie plek vul. Hier is dus vir ons almal ‘n gerusstelling. BEROEPSLEWE Daar is ook ‘n tweede terrein waarop ‘n mens die antwoord byna op dieselfde manier moet gee, en dit is op die terrein van professionele dienste, en hierby bedoel ek aan die een kant wel die gebruik van die medici, die regsgeleerdes of die ingenieursberoep. Dit is ondenkbaar dat die Blankes wat op daardie terreine werksaam is, net eenvoudig, al is dit binne 50 tot 60 jaar, opsy geskuif kan word. En wanneer ‘n mens dit breër en verder deurdink, en jy dink ook aan die mense wat kundig is in jou staatsdiens en elkeen van die ingewikkelde dienste waarin duisende mense werksaam is (en elkeen ken nie alles nie, nie eens die hoofde kan ‘n ding alleen doen met ‘n klomp ongeoefende persone nie) dan kan ‘n mens sien dat hierdie hele piramide van werkers wat gevorm is in die groei van jou beskawing hier in Suid-Afrika, al daardie mense as dele van een, nie net patroon nie, maar een werkende gemeenskap, nodig is. Sonder hulle kan jy nie klaarkom nie. Stel jou voor ‘n Kabinet sonder die hele Staatsdiens, of ‘n Kabinet met alles wat hy mag weet, miskien ‘n 20 jaar in hulle diens was, maar sy hele staatsdiens val skielik weg en hy moet begin met, ek wil nie sê met ‘n klomp Swart mense nie, maar met ‘n klomp mense wat daardie werk nie gedoen het nie, van onder tot bo en dwarsdeur uit, moet hy begin met nuwe mense: die masjien kan net nie loop nie. Dit is net soos ‘n masien wat

jy uitmekaar gehaal het, en die netwerk lê daar maar jy weet nie hoe om dit inmekaar te sit nie en nou wil jy hê daardie masjien moet loop. Dit is ook so op die terrein van professionele diens van allerlei soort in ‘n land soos Suid-Afrika sonder diegene wat in die hele opbou daarvan ingegroei het en ingeleef het, geslag na geslag — dit hoef nie dieselfde persone te wees nie: daarsonder kan jy nie klaarkom nie, nie sommer so nie. BANTOESTATE SE BEHOEFTES Daarom is dit ook dat wanneer ons die Bantoe hulle eie ontwikkeling wil gee, ons besef dat ons nie kan doen wat die metropolitaanse state in ander dele van Afrika gedoen het om net sommer uit te stap en hulle te los nie. Jy sal van onder af hulle moet inbring, en dit kan jy net doen as daar betreklike eenvoudige state is wat hulle moet bestuur. Dan kan jy binne afsienbare tyd hulle nog aanbring en ‘n diensmasjien skep wat vir hulself kan sorg. Jy sou dit nie kon gedoen het as jy te doen gehad het met die ingewikkelde state van die wêreld nie, soos ons s’n ook al is. Daarom, op hierdie terrein is die antwoord weer gerusstellend. Die noodsaaklikheid van die professionele man sal bly, en die Blanke sal hom op al daardie terreine kan handhaaf, moet handhaaf. POLITIEKE TERREIN Dan kom ons op ‘n ander terrein, en dit is die politieke terrein. Hier het ons te doen met twee vorme van die politieke stryd, die binnelandse politiek en die buitelandse politiek. En nou moet ek die vraag stel: kan die Blanke man hom handhaaf in die binnelandse politiek? Daar is weliswaar minder ontwikkelde state waar die Blanke nog behou is op die ander terreine wat ek nou net genoem het, maar waar hy op die politieke terrein sy houvas verloor het. U weet van die state in Afrika waar dit gebeur het. Nou is die vraag hier in ons Republiek, kan die Blanke sy posisie as regeerder en heerser handhaaf? Daarop is ons antwoord ja, mits die beleid gevolg word waarin ons glo, naamlik van afsondering van Blank en Swart. As ons in Suid-Afrika ‘n beleid van integrasie sou aanvaar, dan sou ek sê dat nieteenstaande alle tierlantyne

DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 7

wat jy daaraan heg op grond waarvan jy belowe dat die Blanke vir die afsienbare tyd nog sal heers, sal die Blanke hom op die ou end nie kan handhaaf nie. Jy kan in ‘n staat van Swart en Wit gesien as een volk in een staat soos ons opponente dit sien, nie aanneem dat ‘n minderheid wat ‘n vyfde van daardie gesamentlike volk vorm, soos hulle dit sien, hom sal kan handhaaf as ‘n heerser nie, want deur middel van opvoeding en deur middel van eise om allerhande dienste in te kort en bloot deur middel van ‘n meerderheidseis sal die meerderheidsgroep, al sou hy die land dan ten gronde laat gaan, eis om te regeer, en sal hy dit regkry. Die geskiedenis wys dat in elke eenvormige staat die massa, al was dit die arm massa, al het die ryk adel gedink dat hulle alleen kan regeer en behoort te regeer omdat hulle as minderheid soveel slimmer en soveel beter is, altyd die beheer gekry het. Dus kan die Blanke hom handhaaf, maar nie onder enige beleid van integrasie nie. SKEIDING VAN BANTOE

Hy kan hom alleen handhaaf as die Nasionale Party aan bewind bly met sy beleid, naamlik ’n beleid waarin hy heeltemal uit die liggaam van sy Staat uitskei, die Bantoegebiede met die Bantoemens daaraan gebonde. Of die persoon ook nog by jou hier werk of nie werk nie, dit is heeltemal bysaak. Wat belangrik is, is of hy polities totaal uit die liggaam van jou volk uitgedink is en in die praktyk ook daarbuite funksioneer. Sy politieke funksie moet weg wees van joue. En dit is waar die Verenigde Party en sy volgelinge so verkeerd gaan omdat hulle nie kan besef nie dat jy basies nie een volk mag wees of jouself as sodanig probeer sien nie. Daarmee grawe jy jou eie graf. Daarmee pleeg jy selfmoord. Jy moet die grondbeginsel van die Nasionale Party aanneem as die Blanke hom wil handhaaf en dit is ‘n skeiding van wat werklik volke is. OPBREEK IN NASIONALE BESTANDDELE Ons het gesien hoe ook op dié manier alleen vrede kan verkry word. Daar was ryk na ryk in die geskiedenis wat verdwyn het, wat opgebreek het en altyd opgebreek het in hulle nasionale bestanddele.

En dan het die nuwe state met die aparte nasies langs mekaar as bure kon lewe in vrede en vriendskap soos anders nooit nie, en dit is waarna ons moet mik. ALTERNATIEF IS HEERSKAPPY VAN MEERDERHEID

Wanneer dus ons Bantoetuistebeleid gekritiseer word, dat jy besig is om ‘n deel van jou land weg te gee, dan is dit nie alleen geskiedkundig ‘n valse bewering nie, want jy kan nie weggee wat jy nie eers as jou eie beskou het nie. Van die Voortrekkertyd af het ons nog altyd die Bantoegebiede as Bantoegebiede gesien, as hulle s’n, wat beheer en regeer omdat hulle dit nie kan doen op ‘n wyse wat vir hulle orde en vir ons bring nie, maar nog altyd as iets wat ons vir hulle beheer wat hulle s’n is. Maar dit is nie net geskiedkundig nie reg om te sê dat jy iets weggee wat joue was nie, maar dit is ook geestelik verkeerd om dit te sê omdat as jy dit nie doen nie, as jy nie die aparte tuistes erken as die plek wat die Bantoe net onder sy eie mense sy eie politieke toekoms kan vind nie, as jy nie gereed is om dit te doen nie, dan word jy daartoe gedwing om aan te neem dat hulle deel is van een volk binne een land. As jy jou daartoe laat dwing, dan moet jy besef dat jy jou laat dwing het tot die uiteindelike heerskappy van die meerderheid. Dus, my antwoord is ja, die Blanke sal vir hom in die onbeperkte toekoms kan handhaaf as die politieke heerser van Suid-Afrika, mits hy aan een voorwaarde voldoen, en dit is dat die beleid van skeiding die ewigdurende beleid van Suid-Afrika bly. (Applous). INTERNASIONALE POLITIEK Maar nou vra ons ons verder af of ons in die internasionale politiek as Blankes ons kan handhaaf. Ons weet mos dat die verskillende lande van die wêreld nou byna in ‘n psigose, ‘n siekte, ‘n geestelike siekte beland het van te wil dink dat die Nieblankes ‘n regmatige grief het en dat om sy steun te kry vir watter ideologie ook al, aan hom iets gegee moet word, en dit is ‘n vryheid in een of ander vorm.

Vervolg aanstaande week.


8 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012

Terreur teen die Afrikaner

“Apartheid”: ‘n oproep tot Afrikanervolksmoord

Pieter Oosthuizen

“Hulle kan gemaak word om die grootste skendings van realiteit te aanvaar....en was nie geïnterresseerd genoeg om te besef wat aangaan nie” “Oorlog is Vrede; Vryheid is Slawerny; Onkunde is Mag.” George Orwell in “1984”

Taal word misbruik om presies die teenoorgestelde te doen as wat regerings sê hulle gaan doen. Die taal word gebruik om ons te onderdruk, terwyl die regering met sy grondwet die boodskap die wêreld instuur dat almal in SuidAfrika gelyk en vry is. Ons eie onkunde en belangeloosheid by daaglikse gebeure is een van die pilare van mag vir die ANC-regering. So byvoorbeeld word die woord ‘apartheid’ veral deur diegene gebruik wat daaragter wegkruip om hul onbekwaamheid en gebrek aan verantwoordelikheid weg te steek. Die woord ‘apartheid’ is een van die kommunistiese ANC-regering se belangrikste wapens om permanente slawe van Afrikaners te maak. Hierdie woord word gebruik as rookskerm om ‘n magdom ander terreurdade vlak onder ons oë, sonder dat ons dit agterkom, teen die Afrikaners te pleeg. Hierdie woord is ‘n baie gevaarlike woord wat betref die impak daarvan op verskeie gehore. Apartheid is een van die belangrikste woorde wat gebruik word van die president af ondertoe om deurlopend die Afrikaanse gemeenskap mee te terroriseer. Die woord ‘apartheid’ is ook een van die belangrikste instrumente waarmee die ANC-regering ‘n swart gemeenskap mobiliseer om Afrikaners mee te terroriseer. Die woord ‘apartheid’ word gebruik om swart terroriste asook ‘n apatiese groep blankes wat aan onvanpas-

te skuldgevoelens ly mee te skep. Dit is een woord wat ‘n hele volk se psiges en denke verander. Deur omgewingsveranderlikes in die verstand aan of af te skakel, word beheerprosesse in die verstand van die swart massas doodeenvoudig afgeskakel. Nadat die proses in die verstand afgeskakel is, tree die massas nie meer op ‘n sosiaal-aanvaarbare manier op nie. Ook die proses waarmee individue hulself spieël om te kyk of hulle as persoon aanvaarbaar is en aanvaarbaar optree, word afgeskakel. Die individu voel nie meer verantwoordelik teenoor sy omgewing en homself om ‘n aanvaarbare persoon te wees nie. Een van die eerste omgewingsveranderlikes wat verander moet word om ‘n massa mense in terroriste te verander, is hulle persoonlike identiteit. Die massas of die individu moet anoniem kan funksioneer, waar die verantwoordelikheid vir hulle dade nie bestaan nie of in die massa kan verdwyn. Die woord ‘apartheid’ word dan soos ‘n onsigbare kombers oor die swart massas gegooi, waaragter almal kan wegkruip. Uit hierdie anonieme posisie kan daar onophoudelik in groepsverband blaam aan blankes toegedig word. Verder kan hulle hulself rasionaliseer vir hul eie bose dade dat hulle die boosaards van ‘apartheid’ beveg het en dat ons dit in elk geval verdien. “Apartheid’ is die tegniek in ‘n woord vervat, waarmee die swart massas ‘n swartskaap kan skep vir die gewaande tekortkominge in hulle lewens. En die skep van ‘n permanente swartskaap in die vorm van blankes regverdig dan ook enige geweldsmisdade wat teen ons gepleeg word deur swart terroriste. Indien die woord ‘apartheid’ herhaaldelik en onophoudelik gebruik word om die aandag van hulle eie wandade weg te steek, bestaan die gevaar dat in die psiges van die swart massas die aanhoudende gebruik van die woord dan ook ‘n oproep tot ‘n volksmoord van die Afrikaners is. Die tweede omgewingsveranderlike wat gemanipuleer moet word in die psiges van die swart massas, indien hulle in terroriste verander wil word, is die feit dat hulle vyand, die Afrikaners nie meer as mense gesien moet word nie. Daar moet ‘n totale stroping van enige individuele eienskappe

by die blankes plaasvind in die psiges van die swart massas. Daarom is nog ‘n massa-kombers waarmee persepsies oor blankes ingekleur word, soos ‘n ‘boer’ of ‘kakkerlakke’, baie gevaarlik. Die term, ‘apartheid’, verskaf anonimiteit en verwyder die verantwoordelikheid van die swart massas van waaragter hulle terreurdade teen blankes kan pleeg sonder enige nagevolge. Deur die woord ‘apartheid’ te gebruik wanneer daar na blankes verwys word, verstaan die swart massas dat alle blankes skuldig is aan alle probleme en tekortkominge in swartmense se lewens. En solank blankes blameer kan word vir swartes se probleme het die swart individue nie meer die wil om self iets aan sy lewe te verander nie. Persoonlike verantwoordelikheid verdwyn ook in die proses. Nog ‘n manier waarop die swart massas anoniem gemaak word, geskied tydens besoeke aan toordokters wat vir voornemende kriminele en terroriste medisyne gee om hom óf onsigbaar maak vir blankes óf imuun teen koeëls maak. Die jeugdige kannibale in die Kongo, die jeunesse, word deur toordokters met badproppe, stukke tuinslang of ander voorwerpe wat met water verband hou, voorsien omdat dit sal verseker ‘dat alle koeëls wat hulle mag tref in water verander’. Daar bestaan nog verdere faktore wat ‘n kombers van anonimiteit aan die swart massas verleen. Swart vaders wat ‘n massa swart kinders verwek en dan verdwyn, skep ‘n gevoel van anonimiteit by kinders wat op die manier grootword. ’n Teenwoordige vader help dat ‘n kind sekere probleemoplossingsvaardighede aanleer. Hierdie probleem word vererger deur n samelewing wat geen erg het aan opleiding nie. Plakkerskampe en hoëdigtheid wooneenhede soos die situasie in Hillbrow en Yeoville, skep ook ‘n situasie waar n kind as individu en mens verdwyn. Meestal is hierdie swart kinders net in die pad en blootgestel aan aanrandings, molesterings en ander euwels. Dit skep ‘n kind wat anoniem grootword en waar geweld ‘n normale verskynsel in sy lewe is. Volgens dr Mickey Pistorius, ’n forensiese sielkundige, is sulke woonplekke met die gepaardgaande omstandighede, die teelaarde vir psigo-

pate. Ons as Afrikaners word deur sulke woonplekke omring. Die ANC se terreurgeskiedenis, verontskuldig alle terroriste van hul terreurdade en hoogverraad. Die geskiedenis verklaar die swart massas as ‘anoniem’, wat geen skuld aan enige wandade het nie en wat geen verantwoordelikheid het om op n sosiaal-aanvaarbare manier op te tree nie. Die ideologie wat as vertrekpunt van regeringsoptrede in Suid Afrika ingespan word, naamlik die een van kulturele Marxisme, verklaar ook alle swartes as ‘heilig’ en tot niks slegs in staat nie, tesame met die verklaring dat blankes die ‘demone’ op moeder aarde is. En hiermee word nog ‘n kombers van anonimiteit aan die swart wandaders verskaf. So, uit verskeie oorde vind daar ‘n voortdurende anoniemmaking van die swart massas plaas deur die gebruik van die eenvoudige woord “apartheid”. Plaas mens nou nog hierdie individue (volgens Zimbardo van Stanfordse Universiteit) in ‘n pos of departement of staat, waar die groep wat in magsposisies is, kan funksioneer op ‘n basis van anonimiteit met geen verwagtinge van enige verantwoordelikhede wat nagekom moet word nie dan het jy probleme. Plaas jy ‘n ander groep mense in hulle hande wat onderhewig is aan die magsposisies se regulasies en wette word die probleem vererger indien die onderdanige groep in ‘n groterwordende mate van hulle unieke individualiteit en karakter gestroop word. Op hierdie punt word die onderworpe groep of oorwonne groep soos die Afrikaners nie meer as mense gesien nie. Dis dan wanneer die mishandelings, verminkings, martelings en moorde tot op die vlak van ‘n volksmoord toeneem. So, wat ons te doen staan is om die skendings van ons menswees fyn dop te hou en te beveg. En ek praat van ons skendings wat in die taal en die media voorkom, soos die herhaalde gebruik van die woord ‘apartheid’ wat in wese ‘n oproep is tot die volksmoord van Afrikaners. Ons moet geïnteresseerd raak in ons omgewing, en die taal waarmee ons beskryf word, want dit is hier waar die skendings van die realiteite waarbinne ons onsself bevind, plaasvind. Dieselfde woord ‘apartheid’ wat ‘n anonimiteit verskaf aan die swartes van waaragter hulle hul

terreurdade teen blankes ongehinderd kan pleeg, verskaf ook ‘n breë baadjie wat deur die meeste Afrikaners aangetrek word. En dadelik het jy ‘n skuldgevoel en ‘n skuldkompleks, al weet jy nie waarom nie. Onmiddellik word jou menswees geskend omdat jy alle vergrype teen jouself en jou volk maar gelate aanvaar, want ‘ons het dit verdien’. Die taal word dus gebruik,en was gebruik om die swart massas se denke te korrupteer. Ook die Afrikaners se denke word deur hierdie taalwapens besoedel en korrup gemaak. As ons dus ons situasie wil verbeter of wil oorleef, sal ons daagliks onder meer ‘n geveg op die taalfront moet veg. Ons sal veral swak joernalistiek en swak berigte in die massamedia moet beveg met alles tot ons beskikking, want as taal (en die konnotasie en betekenis wat aan ‘n bepaalde term gekoppel word) ons samelewing korrup maak, sal ons by die taal moet begin as ons dit wil beter maak. Die gevaar is dat die voortdurende gebruik van die woord ‘apartheid’ besig is om ons Afrikaners die teikens te maak in ‘n ‘wetenskaplike’ volksmoord. Die woord ‘apartheid’ word gebruik om ‘n hele massa swart mense op te roep tot die slagting van Afrikaners. In die proses vrywaar die woord ‘apartheid’ die swart massas van enige nagevolge van hulle dade. Swart volksmoordenaars kan anoniem in die skares verdwyn wat almal kollektief die skuld van die uitwissing van blankes dra. Maar dit is ‘n skuld waaraan alle volksmoordenaars klaar deur ‘n moderne staat met sy magsinstrumente onskuldig bevind is.

Pieter Oosthuizen is 'n strateeg en nagraads opgelei aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit onder generaal H de V du Toit. Sy boek: Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verklaar in detail, die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die volksmoord van Afrikaners. Die boek is beskikbaar op die web by: www.neo-genocide.com of kan bestel word by: pieter@neo-genocide.com


DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 9

EKONOMIE EN TEGNOLOGIE

Adam Jacobs:

Ekonomiese oorsig November 2012 Samevatting

Die rympie van die afgelope aantal maande oor die internasionale ekonomie (waarvan die besonderhede nie weergegee kon word nie weens ‘n gebrek aan spasie op die bladsy) moet maar weer herhaal word. Ekonomies/finansiёle toestande bly traag en daar is steeds aansienlike onsekerhede oor waarheen sake neig. Dit ten

Plaaslike verwikkelinge

Hoe die ekonomiese groeikoers vir kwartaal (kw) 3 in die RSA gevaar het, sal teen die einde van November bekend gemaak word. Die algemene verwagting is dat dit nie goed gaan lyk nie. Daar is reeds bekend gemaak dat werkloosheid in kw3 verder gestyg het. Daar moes groot dalings in die mynwese voorgekom het. In fabriekswese vertoon die PMI-indeks, (aankoop bestuurdersindeks), swak wat ook op trae groei dui. Die gebruik van elektrisiteit bly ‘n goeie aanduiding van ekonomiese aktiwiteite. Jaar-op-jaar gemeet was die verbruik van elektrisiteit in kw3 sowat 2% laer as ‘n jaar tevore. Dit dui op ‘n reёle BBP groei van ongeveer 1,5% vir kw3. Elektrisiteitsverbruik in kw3 was ook laer as in kw2. Sou die saak vanaf die vraagkant benader word, wil dit voorkom asof binnelandse besteding, aangevuur deur veral private verbruiksbesteding, steeds redelik goed gevaar het. Immers, reёle kleinhandelsverkope vir Julie en Augustus was 4,7% hoёr as ‘n jaar tevore, terwyl die verkope van nuwe motorvoertuie in kw3, en ook in Oktober, stewig gebly het. Die probleem is dat verbruikers meer skuld aangaan om hierdie besteding te finansier – dit was blykbaar wat die Resewebank wou gehad het toe hulle die rentekoers vroeg in kw3 verder verlaag het. Die owerheid probeer tans hard om die staat se besteding in te kort om die tekort in bedwang te hou gesien laer belastingontvangstes. Die grootste bestedingsitem van die staat bly egter salarisse en lone en die is selfs onlangs verhoog. Vaste investering het die afgelope jaar effens verbeter maar geen vuurwerke, gemiddeld gesien, word verwag nie aangesien die privaatsektor surplus produksiekapasiteite het. Vanaf dié sektor kan dus nie ‘n versnelling in investering te wagte wees nie. Dit wil voorkom asof reёle bruto binnelandse besteding, jaarop-jaar (j-o-j) gesien, in kw3 met sowat 4% kon gestyg het. Reёle uitvoer, weer eens j-o-j beskou, kan egter sowat 2% laer wees as ‘n jaar gelede, terwyl invoer met ongeveer 6% toegeneem het. Dit laat ‘n styging van ongeveer 1% in die BBP. Dit beteken dat van kwartaal-tot-kwartaal bereken, seisoenaal aangepas en teen ‘n jaarkoers bereken, die groeikoers ‘n daling van soveel as 4% kan toon. Dit lyk groot maar onthou dat kw2 se groeikoers abnormaal gestyg het weens ‘n sterk toename in mynbouproduksie wat omswaai in ‘n groot daling. Daar is dus groot skommelinge in die groeikoers van k-t-k gemeet en daarom verkies ek om liewers j-o-j na die BBP te kyk. Die verdere interessante aspek is natuurlik hoe die reёle bruto nasionale inkome kon gevaar het? Hiervoor moet die BBP syfers aangepas word met netto faktor betalings en netto oordragte van die res van die wêreld. Gesien die groot toename in netto rente- en diwidendbetalings aan die res van die wêreld gaan BNI groei swakker vertoon as die BBP. Dit bring my dan by die verloop van die lopende rekening van die betalingsbalans in kw3 van 2012. Die handelsyfers, gemeet teen heersende waardes, vir kw3 was soos te wagte swak en swakker as verwag. Uitvoer toon ‘n daling van 3,9% op ‘n jaar tevore terwyl invoer met 13,0% gestyg het. (Vir die eerste nege maande van die jaar styg uitvoer met slegs 2,8% terwyl invoer 18,3% hoёr is.) Met hierdie inligting bekend kan ‘n redelike aanduiding verkry word wat met die lopende rekening in kw3 gebeur het.

spyte van die feit dat die ekonomiese groeikoers in die VSA in kw3 effens beter as die vorige kwartaal verloop het. In Sjina is daar ook optimisme dat die groeikoers nie onder die 7% vlak sal inbeweeg nie. In die meeste ander lande in die wêreld is daar egter nog nie positiewe nuus nie en bly groeikoerse swak tot negatief met werkloosheidsvlakke wat veral in sekere lande skerp toeneem. Plaaslik ervaar die land ook die internasionale resessie

winde. Daarby is daar probleme eie aan die land soos stakings en swak bestuur van sake by veral sekere owerheidsinstansies. Die groeikoers vir kw3 blyk swak te wees, verbruikers neem meer krediet op, die lopende rekening tekort het aansienlik vergroot, die wisselkoers is onder druk en dit wil voorkom asof die inflasiekoers aan die versnel is, met die werkloosheidskoers wat bly styg. In sy geheel gesien, ‘n lastige situasie.

Saldo op lopende rekening van die betalingsbalans

R miljard, seisoenaal aangepas en teen ‘n jaarkoers bereken 2011 2012 Kw1 Kw2 Kw3 Kw4 Jaar Kw1 Kw2

Kw3(skatting)

Goedere uitvoer

645.8

652.4

671.8

714.8

671.2

697.7

688.6

Goedere invoer

-667.6

-696.6

-739.0

-816.9

-730.1

-819.1

-843.5

-836.0

Netto goud uitvoer Handelsbalans

62.3 40.5

70.4

25.9

83.5

16.3

85.0

-17.1

75.3

16.4

79.3

-42.1

79.2

-75.7

640.0 86.0

-110.0

Netto dienste, inkome en lopende oordragte

-115.3 -114.4

-137.8

-93.1

-115.2

-110.5

-124.3

-130.0

Saldo op lopende rekening

-74.8

-88.5

-121.5

-110.2

-98.8

-152.6

-200.0

-240.0

As persentasie van BBP

-2.6

-3.0

-4.1

-3.6

-3.3

-4.9

-6.4

-7.5

As persentasie van BNI

-2.7

-3.1

-4.2

-3.6

-3.4

-5.0

-6.6

-7.7

Soos blyk uit die voorgaande tabel, is my raming dat die lopende rekening tekort in kw3 merkbaar verder tot ongeveer R240 miljard vergroot het. Dit beloop sowat 7,5% van die BBP teenoor verlede jaar se 4,2%. Wat insiggewend is, is dat weens die feit dat die groei in die BNI swakker vaar as die BBP, die tekort op dié wyse uitgedruk, selfs groter word. Die vraag is nou: as die tekort groot bly, en die netto invloei van kapitaal bloot verlangsaam sodat die totale betalingsbalans in ‘n tekort inbeweeg, hoe gaan die wisselkoers vaar en wat gaan die kredietgraderingsagentskappe doen? Soos sake staan, het die effektiewe wisselkoers van die rand vanaf einde kw2 tot einde kw3 min verander – dit het slegs met 0,5 persent gedaal. Netto aankope deur buitelanders van effekte en aandele het in kw3 sowat R18,6 miljard beloop. Dit dui daarop dat daar ook ander invloeie van kapitaal moes gewees het en/of dat die Reserwebank dalk van buitelandse reserwes aangewend het om die rand se daling te stut. Inligting hieroor sal vroeg in Desember beskikbaar wees. Verder van belang is dat die wisselkoers van die rand die afgelope vier maande tot Oktober, teenoor die VSA$ met sowat 3,6% verswak het, teenoor die euro met 7,5%, die Britse pond met 7,4% en die jen met 4%. Aangesien die meeste uitvoer in VSA$ geprys word terwyl die meeste invoer in euro en jen geprys word, werk dit ook tot die land se nadeel sover dit ontvangstes en betalings vir uitvoer en invoer betref. Teen voorgaande agtergrond moet nou na die verloop van die inflasiekoers en verwagte verloop daarvan gekyk word.

Inflasiekoers

Die VPI het in September vinniger gestyg as wat markverwagtinge was. Die toename vir die land as geheel, het 5,6% beloop teenoor 5,1% in Augustus. Die grootste versnelling was by die goedere komponent wat van 4,2% in Augustus tot 5,2% versnel het aangevuur deur die styging in voedselpryse vanaf 4,9% tot 5,8%. Sover dit die PPI betref, wat slegs die prysstygings van goedere meet en nie ook dienste nie, toon die amptelike vrystelling ‘n verlangsaming van 5,1% in Augustus tot 4,2% in September. Hierdie syfer sluit uitvoerpryse in maar invoer-

pryse word uitgesluit. Dit meet dus eintlik die BBP deflator vir die goedere komponent. Die PPI soos gepubliseer, is dus nie ‘n aanduiding in watter mate die PPI se verloop die goedere komponent van die VPI in komende maande kan beïnvloed nie. Om dit te bepaal moet uitvoerpryse, wat in September 1,7% laer as ‘n jaar tevore was, weggelaat word, terwyl invoerpryse, wat 9,4% beloop het en terloops vanaf 4,4% die vorige maand versnel het, bygereken moet word. As dié oefening gedoen word, blyk dit dat die PPI in September versnel het vanaf 6,2% tot 7%. Gegewe die verswakking van die wisselkoers in Oktober, prysstygings van voedsel wat in die pyplyn is, hoёr salarisse en lone en ‘n loonrekening wat gaan versnel indien die loonkoste per eenheid produk geproduseer gemeet word, saamgesien met die publiek wat bykomende skuld aangaan met ‘n groter wordende gaping tussen verbruik en produksie, en veral inkomste, en ‘n swakker wisselkoers, dan kan die inflasiekoers in komende maande versnel. In die lig hiervan het die president van die Reserwebank dan ook verklaar dat verdere rentekoersdalings onwaarskynlik is. Inteendeel, die daling daarvan vroeg in kw3 blyk ‘n fout te wees en daar sal ernstig oorweeg moet word om rentekoerse te verhoog ten einde besteding te beteuel wat invoer kan laat daal sodat die betalingsbalans beskerm word en sodoende te help keer dat die wisselkoers skerp daal en verdere afgraderings van die kredietwaardigheid van die land en regering voorkom. Rakende die land se kredietwaardigheid moet ook genoem word dat die land se buitelandse skuld in rand gemeet, skerp styg. Op 30 Junie vanjaar was dit 25% hoёr as ‘n jaar tevore. Kredietgradering soek egter ‘n antwoord hoofsaaklik vir één saak: sal ‘n land in die toekoms voldoende buitelandse valuta hê om al sy internasionale verpligtinge te kan nakom. As hierna gekyk word, is dit duidelik dat die land op dun ys beweeg en dat verdere afwaartse graderings moontlik is. Dit kan sake vir die land verder aansienlik bemoeilik met veral die wisselkoers wat dan verder kan verswak terwyl die rentekoste op staatseffekte, wat die afgelope maand reeds met sowat 20 basispunte gestyg het, verder kan toeneem.


10 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012

AFRIKANER VROUEFORUM

Bydraes vir hierdie rubriek is baie welkom. Ook briewe wat handel oor enige onderwerp wat die vrou na aan die hart lê. U kan skryf aan: afrikaner@hnp.org.za; Vroueforum, Posbus 1888, Pretoria, 0001

onder redaksie van Anita Morkel

Tegnologie - ’n onmisbare euwel

“Ek wil niks weet van die ou lewe nie, net nuwe dinge. Weet tannie wat VIP is? Weet tannie wat eco/eko is? Ek gaan multi-media doen. Het tannie geweet robotte doen die werk in fabrieke?” Tannie stel toe vas dat “eko” blykbaar na ekologie verwys, maar kry nie eintlik ‘n spreekbeurt terwyl ek - as deel van die “ou lewe” wat eintlik niks weet van al die “nuwe dinge” - beïndruk word nie. “Die Bybel sê daar is niks nuut onder die son nie”, kry ek darem gesê. Wel, die begrip “multi-media” dateer al van 1966 af sê die geleerdes. Baie woorde kom buitendien uit Grieks of Latyn om “nuwe dinge” te benoem, soos byvoorbeeld die woord, biblioteek. Tussen die vertellery deur word daar vir my gesê dat hy in die biblioteek gaan werk. Dit klink bekend – boeke en ‘n biblioteek. Later jare het die term, “mediasentrum”, by skole begin opduik. Seker omdat daar ‘n rekenaar of twee rondgestaan het. Biblioteke se ou kaartjie liasseerstelsel is al immers dekades gelede al gerekenariseer. Toegegee, tegnologie het drasties gevorder. Net ‘n dag gelede het die kinders my met hulle sellulêre fone getrakteer. Die snaaksighede wat “afgelaai” is, het my hartlik verveel. Net as die musiek nog mak klink, skreeu daar ‘n kat tussendeur en ek kry hond se gedagte oor dieremishandeling. Die video-opname op die een foon is maar vaal want dit is planlose skote van onwillige gesinslede in die televisiekamer. Die sessie het my laat terugverlang na die eenvoudige ou swart telefoon waarvan mens net die slinger gedraai het en dan het iemand by die sentrale geantwoord. Toe vertel ek die kinders van die swart telefoon, die sentrale en die mense wat jy almal daar geken het en plaastelefone. “Tegnologie is sleg,” sê Sussie vir my. “Nee wat, dit het ook voordele”, antwoord ek en brei effens daarop uit. “Wel, dit het voor- en nadele”, sê ek ten einde laaste.

Eenvoud en minder kunsmatig Een van die voordele was dat die wêreld nogal heelwat eenvoudiger en minder kunsmatig was. Die swart telefoon, tikmasjiene, telegramme, ‘n afrolmasjien, ‘n telefaksmasjien en ander kommunikasiemiddele was tot jou beskikking, en jy het daarmee klaargekom. Dit was asof mense meer tyd gehad het om met mekaar te praat. Ja, asof hulle meer vir mekaar te sê gehad het voordat hulle lewens begin wentel het om sepiekarakters se lewens. Mense sal in kleur en geur vir jou vertel van ‘n aflewering van ‘n sepieverhaal op die televisie, maar dit skeel hulle weinig wie langs hulle woon. Die bure is en bly vreemdelinge wat mense verkieslik nie van naderby wil leer ken nie. Dit is ‘veiliger’ om jou in te leef in vreemdelinge op ‘n televisieskerm se onwaarskynlike lewens. Wat het geword van die kuns om te gesels? Wat het geword van ons storievertellers? Ja, die kuns om te gesels en stories te vertel. Kinders wat baie tyd voor rekenaars en die televisie deurbring se geselskap handel oor wat hulle op die skerm sien. Wanneer hulle my egter van hulle eie ervarings in die werklike lewe vertel, geniet ek dit die meeste. Maar kry kinders en mense nog regtig oefening in gesels en stories vertel? “Sport en spele” Baie mense se televisiekamers is die sentrumpunt in hul huise waar hulle byeenkom om voor die ‘huisaltaar’ te lê. Daar eet hulle ook baie keer. Wanneer die sport, veral rugby aan die gang is, klink dit of daar huismoles aan die gang is. Die geskel en gevloek oor die klomp op die veld laat mens wonder waarom die toeskouers nie self ‘n groot sportloopbaan gehad het nie. Die entoesiastiese ondersteuning vir “sport en spele” is uiteraard ‘n baie ou taktiek om die aandag van die werklikheid af te lei. Hoe slegter dit in Suid-Afrika gaan hoe harder speel ons rugby, krieket en sorg

dat die kinders op die sportveld presteer. Die huis waarin ek opgegroei het, het groot vertrekke gehad. My pa was lief vir bou en het altyd sy blyplekke gebou soos sy eie grootword huis in die Boland. Ons kombuis was die lekkerste kuierplek want dit was ‘n kolossale vertrek met ‘n kombuistafel en –stoele in die middel. Daar het ons geëet en die grootmense het daar gekuier. Die meeste kinders het eenkant gespeel want ons mag nie “tande getel het nie”. Laasgenoemde het meegehelp daartoe dat baie kinders langer kinders kon bly en nie soos klein grootmensies was nie. Al die blink goed Ja, die lewe was vroeër minder kunsmatig. Blink toestelle wat in die hand rondgedra word, op jou skoot en op ‘n tafel staan, met vingerpunte geplooi en met stokkies getik word, was onbekend. Niemand kon iemand met die blinkerigheid van die nuutste model se jongste tegnologie beïndruk nie. So het ek op ‘n dag vir ‘n tienermeisie en –seun by ‘n restouranttafel sit en hulle dopgehou. Hulle het elkeen ‘n blink toestel in die hand gehad en was deurentyd daarmee besig. Hulle het seker nie vyf woorde vir mekaar gesê terwyl hulle by die tafel gesit het nie. Miskien het hulle die toestelle gebruik om met mekaar te praat. Mense in ‘n winkelsentrums loop en praat op hulle sellulêre fone terwyl die wêreld om hulle maar kan vergaan. Hulle is uiteraard maklike teikens vir misdadigers. Amptelike navorsing het getoon dat hierdie “afgeleide aandag” van motorbestuurders ongelukke veroorsaak omdat hulle aandag nie by hulle eintlike taak is nie. Wat het ons gedoen voordat ons gedu-rig met sellulêre foonoproepe en –boodskappe besig was? Wel, die skermpie van ‘n toestel is ‘n handige ontvlugtingsmiddel as jy nie daarin belangstel om met jou huweliksmaat, gespreksgenoot of wie ookal te kommunikeer nie. ‘n Wankelende verhouding of huwelik

se doodskoot kan juis die “elektroniese opsitkers” wees soos my ma die bakkiesblad (“facebook”) noem. Sommige kenners beweer dat mense bykans verslaaf raak aan hierdie sosiale media. Nou ja, ek het lankal vermoed dat daar so-iets is soos verslawing aan sellulêre fone. Die funksies van die fone word gedurig uitgebrei en is dus vir party bykans permanente ‘gespreksgenote’.

Niks nuut onder die son nie So gepraat van “Die opsitkers”, daar is inderdaad niks nuut onder die son nie. ‘n Vriendin van my gee jare gelede vir my ‘n uitgeknipte gedeelte van “Die opsitkers” om te lees. Haar skoonsuster in Suidwes het indertyd toe dit verskyn het Republiek toe gebel om vir haar te sê sy moet die betrokke tydskrifuitgawe koop. ‘n Spotprentjie het gepryk by haar vorige man se ‘profiel’, waarin hy hom in die beste reklametaal opgedis het. Ja, hy het toe ‘n niksvermoedende vrou ontmoet en ‘n soveelste huwelik gesluit. Dit het ook net gehou totdat sy – soos my vriendin - van sy ou ‘kwaal’ uitgevind het. ‘n Ander vriendin se man het weer ‘n sogenaamde “ou skoolmaat” op die bakkiesblad raakgeloop. In sy kleurryke ‘profiel’ het hy vertel dat hy ongetroud is. Wel, na dese is hy. Sussie staan nou die dag rond met sulke pienk gelakte naels, en die kleur daarvan laat my dadelik dink aan ou afrolmasjiene en wasvelle. Die flaterwater vir wasvelle was presies dieselfde pienk as Sussie se naellak. Ai, fotostaatmasjiene en rekenaars is darem wonderlike goed in vergelyking met daardie “ou lewe” se tegnologie! Intussen kyk ek maar met heimwee na Sussie se pienk naellak en mis selfs afrolmasjiene en wasvelle. Sy sal nie verstaan as ek haar van die “ou lewe” vertel nie, maar daardie betrokke “ou lewe” se wasvel-flaterwater-pienk is darem lelik op naels, sowaar.

KINDER- EN JEUGAFDELING a Ons kleurryke moedertaal

Idiome het te doen met figuurlike taalgebruik waarin volkswysheid vervat is. Wanneer idiome gebruik word, moet die taalgebruik dit korrek gebruik. Met ander woorde jy moet weet wat die idioom beteken en ook die regte woorddele waaruit dit bestaan, ken. Wanneer ‘n idioom in ‘n gewone woordeboek of “idioomwoordeboek” opgesoek word, moet ‘n kernwoord gekies word. In die geval van byvoorbeeld “die aap kom uit die mou” sal “aap” ‘n kernwoord wees. Die figuurlike betekenis daarvan is natuurlik - die geheim is bekend. ‘n Man wat “onder die pantoffelregering staan” óf “onder die besemstok staan,” het dit maar swaar want sy vrou is die baas in die huis. Waarskynlik is hy dan ook te lamlendig om die baas te wees, en sy vrou moet maar dié rol vervul. “Hy het die hasepad gekies”, beteken dat iemand vinnig padgegee het (asof hy ‘n haas is).

Indien jou sustertjie “oor die onderdeur loer,” staan sy nie (noodwendig) letterlik by die onderdeur en kyk daaroor om te sien of daar ‘n vryer aankom nie. Nee, sy is maar net ‘n tiener en begin belangstel in seuns. Sy is dus wel groot genoeg om bo-oor die onderdeur te kan sien. Wanneer gesê word “die appel val nie ver van die boom nie”, word bedoel dat ‘n kind na sy ouers aard. Indien jy jou ouma se “oogappel” is dan is jou haar ou witbroodjie. Maar jou ma het “‘n appeltjie (te) skil” met jou omdat jy jou kamer so deurmekaar gelos het. Iemand is “nog nat agter die ore” as hy sommer nog jonk is. Indien daar van ‘n “japsnoet” gepraat word, kan jy sommer weet dat dit ook nog ‘n jongeling is. Swaar tye word beleef wanneer “dit boomskraap gaan”, aangesien die boom of die heel onderste deel van die balie dan geskraap word om die laaste oorblyfsels te probeer uitkry.

Jou sustertjie begin “muisneste” kry wanneer sy baie aan seuntjies dink en “oor die onderdeur loer”. Indien jy te veel geëet het en begin fout vind met die kos sal jou ma vir jou sê: “as die muis dik is, is die meel bitter”. Sodra “die kat weg is, is die muis baas”. Dan neem die kinders ‘n klaskamer oor omdat die juffrou gou uit is. Laat sy maar net weer by daardie deur inkom dan sou sy in die goeie ou tyd jou kon “laat riemspring” het. Die blote wete dat ‘n goeie pakslae op swak gedrag kan volg, was genoeg om jou egter “in jou spoor te laat trap”.


DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012 11

Bejaarde vrou op plaas aangeval, beroof en verniel

Die Geklassifiseerde advertensies

VAKANSIE & AKKOMMODASIE

BLOEMFONTEIN Oornagwoonstel. Ruim, luukse oornagwoonstel met eg Suid-Afrikaanse gasvryheid. Veilige parkering. Kleur TV. Skoon en netjies. Stil en rustige atmosfeer Tel 051 522 6035 Sel 082 726 9959

Posbus 1888, Pretoria. 0001 Tel. (012) 335-8523 Faks. (012) 335-8518

TARIEWE: • Geklassifiseerd: R2,45 per woord • Vertoon (Nuusbladsye): Kontak asb. kantoor • Boedelkennisgewings: R95,00 per plasing. BTW ingesluit by genoemde tariewe.

Kopiëring van DVD

8mm films, Beta/VHS-bande & fotoskyfies na DVD, asook plate & musiek-kasette na CD. Skakel 011 447 2186

BOEKE

Dawie du Plessis Boekhandelaar

Ek koop en verkoop versamelstukke pryslys en soeklys op aanvraag beskikbaar. Posbus 129, Orania, 8752

Adverteer in Die Afrikaner en ondersteun u eie mense. Skakel Liza by: (012) 335 8523 of e-pos: advstr@hnp.org.za

082 495 7378 Posbus 14935 Sinoville 0129

Maandag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Dis My Musiek (H) aangebied deur Henk Joubert 02:00 ‘n Lans vir Afrikaans (H) aangebied deur Friedel Hansen 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur WillemSmit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing (h) 11:30 Nuut op die rak 12:00 Kontreidagboek sluit cd kompetisie in 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Piet de Jager 12:45 Dieredinge Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 ‘n Lans vir Afrikaans 19:45 Dit Is Radio Pretoria aangebied deur Willie Spies Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Uit die Hoed aangebied deur Marianne Roos 21:30 Die Stem en die Melodie opgestel deur Carel Nagel 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Hiervan Hou Ek aangebied

Dr. Müller Pretorius

deur Henk Joubert 23:00 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Dinsdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Ons Was Ook Daar (H) aangebied deur Friedel Hansen 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Regslui vir Afrikaans (H) aangebied deur Matthys Krogh 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Hiervan en Daarvan aangebied deur Pierre de Wet 12:30 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 16:30 Kuiersaam aangebied deur Nikao Studios 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Padlangs deur Afrika aangebied deur Alex Smith 19:45 Beskerm Jou Eie aangebied deur T.L.U.

Tel: (012) 543 0120 Faks: (012) 567 7394 www.radiopretoria.co.za Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Net Medies (h) aangebied deur Marianne Roos 21:15 Musiek 21:30 Hengel Parade aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Personeelkeuse aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Woensdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Dis Countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 In die ou Waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op / Kultuvaria (H) aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Musiek / Promosiegesprek (Crisis on Call) 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke

Mev Wynie Scheepers (78) is Sondag, 11 November 2012, wreed op haar plaas naby Thlobane, Vryheiddistrik in Noord-Natal aangeval waar sy alleen bly. Haar man is etlike jare al oorlede en sy behartig nog self die boerdery. Haar kleinkinders was met die honde na die dam sodat sy alleen was om ete voor te berei vir die middag. Haar seun Gert en dié se vrou Salomé wat op Pongola bly, was kerk toe waar dit

17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ek Wil Weet aangebied deur Faan Rabie Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Bel en Bestel o.l.v. JDM Collective Media 21:00 In die ou Waenhuis 21:30 Op Soek Na 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Dis My Musiek aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Donderdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:0 Nuut op die Rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James kemp 02:00 Eggo (H) aangebied deur Hors Prinsloo 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Personeelkeuse (H) 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Net Medies aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz 12:30 Woord vir die dag aangebied deur Karen Zeelie en Eunice van der Merwe Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae /

onder andere kategese-afsluiting vir die jaar was. Twee jong swartes met ‘n pistool en mes gewapen, het ‘n deur van die huis oopgestamp en haar oorval en geld geëis. Hulle het haar erg verniel en onder meer met die pistool teen die kop gekap en aan haar nek gesleep. Sy het vir hulle die R800,00 wat in haar beursie was gegee, maar hulle wou nog geld gehad het. Gelukkig het sy in die week haar rekenings in Vryheid betaal en het dus werklik nie meer geld by haar gehad nie. Toe wou

Promosiegesprekke 16:30 Dis My Plek Die aangebied deur JDM Collective Media 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld aangebied deur Friedel Hansen 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Regslui vir Afrikaans aangebied deur Friedel Hansen en Mathys Krogh Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Musiek 20:30 Musiek en Liriek aangebied deur JDM Collective Media 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Top Tien aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Vrydag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Onthou U Nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Beskerm Jou Eie (h) aangebied deur T.L.U. 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieredinge (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos en Alet Erasmus Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Onthou U Nog aangebied deur Cyrus Smith 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00

13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Winkels Toe aangebied deur JDM Collective Media 15:20 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Na Buite aangebied deur James Kemp 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ons Was Ook Daar aangebied deur Friedel Hansen Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:10 Wees Paraat aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 20:45 Radioleesklub / Boekerubriek 21:30 Dis Country Tyd opgestel deur Karien Marnewick 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Saterdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Padlangs deur Afrika (H) aangebied deur Alex Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en Melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en Daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Top Tien (H) aangebied deur Henk Joubert 03:45 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek van der Merwe 04:15 Uit die Hoed (H) aangebied deur Marianne Roos 05:30 Uit Ons Boeremusiek Skatkis (H) Oggendskof : 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek 08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek 11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag Skof : 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reenvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek 15:00 Saterdagsport / Musiek 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand Skof : 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur Omroeper

hulle ook vuurwapens hê en het haar hande agter haar rug met draad vasgemaak en verder verniel. Toe haar seun-hulle terugkom van die kerkdiens op Vryheid het die booswigte by die hoor van die motorvoertuig se gedreun die hasepad gekies. Een van hulle het nog gedreig dat hulle weer sal kom. Sy is toe ontset en na ’n dokter op die dorp geneem waar sy behandel is en na haar dogter, Roelien Kok, se huis geneem is waar sy aansterk na die nagmerrie ondervinding. 19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Uit ons boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 20:35 Musiek 21:00 Eggo aangebied deur Hors Prinsloo 21:30 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Musiek opgestel deur Omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Sondag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Wat U Wil Hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak My U Weë Bekend (H) 02:00 Serenade (h) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue Gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit My Platerak (H) aange bied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy Eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aange bied deur Tienie Mans 05:30 Rondom Die Orrel En Sy Meesters (H) aangebied deur Jan Zielman Oggendskof: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek 06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerknuus 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy Eer opgestel deur Omroeper 10:15 Omroeperskeuse opgestel deur Omroeper 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie Middag Skof: 12:00 – 17:00 12:00 Goue Gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:05 Musiek 13:15 Andre se Keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:45 Wat Sê Die Musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 15:15 Kuiertyd opgestel deur Faan Rabie 16:15 Uit My Platerak aangebied deur Heinrich Marnitz Aand Skof : 17:00 – 24:00 17:00 Musiek 17:30 Wat U Wil Hoor aangebied deur Tienie Mans 18:30 Musikale Tussenspel 18:40 Sing Nuwe Lof 19:00 Aanderediens 19:30 Maak My U Weë Bekend aangebied deur Prof. Schalk Botha 20:00 Nuus Om Agt 20:05 Verkorte Weervoorspelling 20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek Wil Weet (Herhaling) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie Se Musiek 22:00 Rondom Die Orrel En Sy Meesters aangebied deur Jan Zielman 22:30 Die Volmaakte Instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:00 Ons Eie Keuse aangebied deur Francois en Lucille 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere


12 DIE AFRIKANER, 16 - 22 November 2012

Optogte vir vryheid bou stoom op

Die Optogte vir Vryheid wat op Vrydag, 30 November gaan plaasvind en waaroor in die vorige uitgawe van Die Afrikaner berig is, tel baie stoom op. Laasweek is daar nog vermeld dat daar na drie ambassades toe gegaan sal word, maar nou het daar nog ‘n verdere ambassade bygekom, naamlik die Amerikaanse ambassade. Deelnemers, wie se vanne van Duitse, Franse of Nederlandse afkoms is, word gevra om na die ooreenstemmende ambassade toe te gaan, terwyl mense met vanne van ander oorsprong versoek word om na die Amerikaanse ambassade toe te gaan om daar vir hulle vryheid te demonstreer. Tans word daar van die VVK se kant af groot navorsing gedoen oor die oorsprong van ons volk se vanne en daardie inligting sal eersdags op hulle webwerf beskikbaar

gestel word. Daar kan belangstellendes tussen omtrent 3000 verskillende vanne hulle eie van se oorsprong opspoor. Vir baie vanne is die oorsprong ooglopend, maar vir baie vanne sal daar verrassings wees. Dit is byvoorbeeld verbasend hoe baie vanne van Skandinawiese oorsprong is, soos byvoorbeeld die van ‘Els’, wat van Swede afkomstig is. Sodoende sal ons volk weer bewus gemaak word van sy herkoms en word die sterk Europese en Westerse bande van ons volk beklemtoon. Deelnemers word dus gevra om volgens die oorsprong van hulle vanne die optogte by te woon, naamlik by die: Nederlandse ambassade (Koningin Wilhelmina Rylaan 210, Nieuw Muckleneuk) Duitse ambassade (Blackwoodstraat 180,

Arcadia) Franse ambassade (Melkstraat 250, h/v Middelstraat, Nieuw Muckleneuk) Amerikaanse ambassade (Pretoriusstraat 877, h/v Eastwoodstraat , Arcadia) Deelnemers moet van 09:30 by die optogte by die onderskeie ambassades aansluit, sodat die delegasie wat deur verskeie Volksraadlede gelei gaan word, amptelik om 10:00 deur die ambassadepersoneel ontvang kan word. Die Volksraad sal dus kragtens die mandaat wat hulle van die volk ontvang het, die buiteland om bemiddeling in die vryheidsaak vra. Alle volksgenote word ook aangemoedig om die Vryheidseis te lees (vergelyk Die Afrikaner van 19 – 25 Oktober 2012). Die Vryheidseis kan in Afrikaans van die webwerf, www.volksraad.co.za, afgelaai word,

waar dit ook in vertaalde weergawes beskikbaar is en dus ook vir buitelanders toeganklik is. Vir verdere inligting omtrent die optogte, kan ‘n e-pos gestuur word aan: kantoor @volksraad.co.za of 0848708805 kan geskakel word. Meer inligting omtrent die optogte sal in die volgende uitgawe van Die Afrikaner verskyn. Aktuele inligting omtrent die optog sal ook op die Volksraad se webblad geplaas word (http://volksraad.co. za/beplande-aksies/). Deelnemers word ook gevra om by bogenoemde adres aan te meld indien hulle aan die optogte wil deelneem, om die logistiek verbonde aan die reëlings van so ‘n dag te vergemaklik.

Verskeie lede van die Oranje Sakekamer Pretoria se Telkom-dienste het die afgelope tyd by hulle besighede in duie gestort weens

kabelprobleme omdat die kabels indie meeste gevalle blykbaar gesteel is. Die Sakekamer het in ‘n persverklaring

gesê dat lede op die pas afgelope maandelikse byeenkoms hul verontwaardiging uitgespreek het oor die verswakkende Telkom-dienste wat ondervind word. “Telkom het die vermoë verloor om kabelprobleme spoedig en effektief op te los. Volgens ‘n voormalige tegnikus van Telkom is daar in sy tyd 24 uur per dag gewerk om diensprobleme, soos wat tans ondervind word, met dringendheid te herstel. “In ‘n geval waar ‘n lid van die sakekamer se ses Telkom-lyne onbruikbaar was, is hy deur ‘n Telkom-woordvoerder meegedeel dat die herstel daarvan tussen drie dae tot ‘n maand sal neem omdat daar nie kabels beskikbaar is nie. Dit het toe twee weke geneem. “Sake-ondernemings moet noodgedwonge oorskakel na duurder alternatiewe kommu-

nikasie en Telkom sal sodanige kliënte permanent verloor. Die nie-dienslewering van Telkom skep nie net ‘n groot ontwrigting vir sake-ondernemings en hulle kliënte nie, maar veroorsaak ook finansiële verliese vir ondernemings wat dit moeilik in die huidige swak ekonomiese klimaat kan bekostig. “Dit is veral verontrustend dat die ineenstorting, wat vroeër hoofsaaklik op die platteland plaasgevind het, na die stede verskuif het. Die polisiediens, as bewakers van eiendom en beveiliging van die gemeenskap is duidelik nie in staat om hierdie verantwoordelikheid na te kom nie. Belangstellende sakemanne wat hulle gewig by die Oranje Sakekamer van Pretoria wil voeg, kan dit doen deur Meldy by 012 546 5187 te skakel.

Swak Telkom-diens knou ekonomie verder

Ons bedien ons kliënte in Afrikaans.

Baie geluk HNP!

Die HNP het op 20 Oktober sy 43ste verjaardag gevier. Die Party staan steeds vas op die beginsels van Afrikaner-nasionalisme en voer die politieke stryd om die vryheid van die Afrikanervolk te herstel. Baie ondersteuners kon nie die verjaardagfees bywoon nie. Daarom bied ons hier in die kolomme van Die Afrikaner ’n geleentheid vir elkeen wat waardering het dat die HNP nog weekliks ’n koerant soos Die Afrikaner uitgee en in die volkstryd volhard, om sy of haar verjaardaggeskenk aan die HNP te stuur.

HNP Verjaardagfonds

Naam:

Adres:

=

Met Afrikanergroete,

Louis van der Schyff

R ________________

__________________________________________________

__________________________________________________

__________________________________________________

__________________________________________________

Inbetalings kan gemaak word aan die HNP, by Absa, Rekeningnommer 020 001 348. Stuur bogenoemde vormpie aan Die HNP, Posbus 1888, Pretoria, 0001 of faks dit aan (012) 335-8518 om ons in staat te stel om die nodige administrasie te doen en aan u ’n kwitansie te kan stuur.

Neem Kennis Die Afrikaner vereenselwig hom nie noodwendig met die menings wat gasskrywers uitspreek in artikels en rubrieke wat in die koerant verskyn nie.

HNP:

Mnr Johan de Ridder (jr.) oor wie ons in ’n vorige uitgawe berig het, is op Donderdag 15 November 2012 in die Kaap oorlede nadat hy vir ’n hele ruk ernstig siek was aan breinkanker. Sy pa, Johan (sr.) is nog steeds ernstig siek en word in ’n versorgingsoord verpleeg. Sy vrou, Suzette, sal weens sy siektetoestand nie na die begrafnis van hulle seun kan gaan nie. Die redaksie wil die gesin innige meegevoel toebid met die afsterwe van Johan jr. Hulle word ook sterkte toegebid in hierdie beproewing waarin hulle verkeer. Mag hulle deur die troue Verbondsgod omarm word en mag hulle krag ontvang om steeds die goeie stryd te stry. Die de Ridders was jarelange HNP-lede en baie bekend in Afrikaanse kultuurkringe.

Geagte Strydgenoot,

Hiermee my verjaardaggeskenk aan die HNP op sy 43ste verjaardag. 43 jaar X R ______________

Johan de Ridder (jr.) oorlede

Advertensie

Op 26 Oktober het mnr Louis van der Schyff 'n onderhoud op Radio Pretoria gevoer oor die 43ste bestaansjaar van die HNP en die rol van die HNP om die Afrikanervolk se vryheid te herstel.

Mnr Edwin Clarke het beeldmateriaal by dié klankopname gevoeg en die onderhoud op Youtube geplaas. Die video kan besigtig word by http://www.youtube.com/watch?v=jVT1YiiTH-k of op die HNP se webblad by www.hnp.org.za.

Afrikaanse webtuistes www.hnp.org.za TLU SA: www.tlu.co.za

Volksraad Verkiesing Kommissie: www.vvk.co.za Afrikanervolksraad: www.volksraad.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.