Die Afrikaner: 18 Jab - 24 Jan 2013

Page 1

Die

http://www.hnp.org.za/afrikaner

Tel: (012) 335-8523

18 - 24 Januarie 2013

Jaargang 44

Nr. 2047

PRYS R6-00

Volksraad aan Menseregtekommissie:

“Ons eis nóú antwoord!” Die Boere-Afrikaner Volksraad is tans besig om plaaslik ‘n remedie te probeer kry deur hom tot die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) te rig omtrent die BoereAfrikanervolk se reg op selfbeskikking. Ingevolge internasionale wetgewing wat deur die ANC-regime geratifiseer is, is die SAMRK dié Suid-Afrikaanse instansie wat genader moet word in die geval van enige regsverbreking. Eers wanneer dit duidelik is dat hierdie weg nie geslaagd is nie, kan internasionale beregtiging aangevra word. Juis daarom het die Volksraad gevra vir ‘n spoedige beslissing of die SAMRK wél beskik oor ‘n mandaat om ‘n klag omtrent die Boere-Afrikanervolk se reg op selfbeskikking te oorweeg. Die voorsitter van die Volksraad, mnr. Andries Breytenbach, het die SAMRK gevra “hoe lank dit sal duur om te bepaal” of die klag wat ingedien is wel binne die mandaat van dié organisasie val. Dit volg nadat die SAMRK in antwoord aan die “Boere Afrikaner Volksrand” (let wel: soos dit in hul skrywe gespel is) op die klag wat die Volksraad verlede jaar gelê het, gereageer het dat daar eers ondersoek oor sy mandaat hieromtrent ingestel sal moet word. ‘n Klag is laat verlede jaar deur die Volksraad by die SAMRK gelê teen die ANC-regime se president en lede van die kabinet omdat hulle in stryd met die Grondwet en internasionale verdragsverpligtinge optree ten opsigte van die Boere-Afrikanervolk se reg op selfbeskikking. Die klag wat gelê is, wys daarop: Hierdie reg (op selfbeskikking is verwoord in (onder andere) Artikel 235 van die huidige SuidAfrikaanse Grondwet asook in die Volkereg - onder andere in Artikel 1(2) en Artikel 73

van die Handves van die Verenigde Nasies (onderteken deur die RSA); asook Artikels 1(1); 2(2); 2(3); 25; 27 en 28 van die VN se Internasionale Konvensie op Burgerlike en Politieke Regte, soos aangeneem op 16 Desember 1966; en geratifiseer deur die RSA op 10 Desember 1998. Een van die punte in die klag is dat die ANC-regime, met die uitsondering van een brief, glad nie op skrywes oor die vryheidseis gereageer het nie. Die altesaam vyf briewe is as aanhangsels tot die klag aan die SAMRK gegee. Weens hierdie versuime word dit in die klag gestel dat: “As ‘n maatreël tot uitputting van nasionale remedies, lê die Volksraad in naam van die Boere-Afrikanervolk hiermee ‘n klag teen die Regering - synde dat laasgenoemde in stryd met Artikel 235 van die huidige Suid-Afrikaanse Grondwet handel; en ook in stryd met die RSA se verpligtinge in hierdie opsig ten aansien van die Volkereg — spesifiek die Artikels hierbo vermeld.” Benewens die VN se Internasionale Konvensie op Burgerlike en Politieke Regte het die ANC-regime ook ‘n Opsionele Protokol onderteken. Daarmee is die bevoegdheid van ‘n Menseregte Komitee (wat namens die VN ‘n moniteringsfunksie uitoefen betreffende die nakoming van die bepalings in die verdrag) aanvaar om klagtes te ontvang van individue in so (‘n) staat se jurisdiksie: tot die effek dat die staat die Verdragsbepaling verbreek. Die Menseregte Komitee kan sulke klagtes dan oorweeg mits die klaer(s) reeds alle binnelandse regsmiddele uitgeput het. Met verwysing hierna skryf mnr. Breytenbach aan die SAMRK: “In die lig van die S.A. Regering se toetrede op 28 Augustus 2002 tot die Opsionele Protokol tot die

Mnre. Ben Geldenhuys en Andries Breytenbach verlede jaar voor die Uniegebou afgeneem tydens die oorhandiging van die BoereAfrikanervolk se vryheidseis aan die presidensie.

Internasionale Konvensie vir Burgerlike en Politieke regte, aanvaar ons dat uitsluitsel oor u mandaat om met die saak te handel, 'n eenvoudige saak is waaroor vinnig besluit kan word.” Hy vra dan ook dat daar teen 31 Januarie ‘n antwoord omtrent die

SAMRK se beslissing aan die Volksraad gegee sal word. Mnr. Breytenbach het hom soos volg oor die kwessie uitgelaat: “Die ANC-regering vermy skakeling met ons oor die aangeleentheid om-

Vervolg op bl. 12

Boere ontstoke oor Zuma-gronduitsprake

MAJOR STRUCTURAL REPAIRER 24 UUR-INSLEEPDIENS 014-596 6727

IN BESIGHEID VIR 30 JAAR FABRIEKS GOEDGEKEURDE HERSTELLER Dawesstraat 94, Rustenburg, 0300 Tel.: 014-596 6727 johan@prontortb.co.za www.prontortb.co.za

Boere moet al tevrede wees om net te aanvaar wat hulle vir hulle produkte kry omdat hulle nie self die pryse daarvoor kan bepaal nie. “Nou gaan van boere verwag word om nog prysnemers op hulle grond ook te wees! Dit is onaanvaarbaar en sal deur TLU SA met alles tot sy beskikking teengestaan word,” het dié organisasie se president, mnr. Louis Meintjes, in ‘n mediaverklaring gesê. Dit volg nadat TLU SA oorval is met oproepe van ontstoke boere oor pres. Jacob Zuma se sogenaamde 8 Januarie toespraak, waarin hy gesê het dat sogenaamde grondhervorming moet versnel en dat die gewillige koper, gewillige verkoper-beginsel uitgedien is.

“TLU SA is bekommerd oor die feit dat die regering hom geheel en al blind hou vir die mislukkings van sy grondhervormingsprogramme tot dusver, en dat hy hom doof hou vir pleidooie dat grond nie ’n emosionele kwessie gemaak moet word nie, maar deel moet bly van ’n gesonde ekonomie ten einde aan die steeds hoër wordende eise van voedselsekerheid te voldoen,” het mnr. Meintjes voorts gesê. “Dit is onverantwoordelik om ’n suksesvolle ekonomiese sektor, soos landbou, op te breek terwyl die staat self enorme hoeveelhede grond besit wat ongebruik lê. Voordat die regering vingers na boere kan wys, behoort hy eers sy eie huis in orde te kry en self die

voorbeeld te stel. Hy moet die grond in sy besit onverwyld beskikbaar stel vir opkomende boere, terwyl kommersiële boere met rus gelaat moet word in hulle taak om die land van voedsel te voorsien. “Grondhervorming as ’n politieke model sal die land in soortgelyke ellende dompel as Zimbabwe, en sal deur TLU SA met hand en tand beveg word. Waar boere wel om een of ander rede grond sou verkoop, behoort hulle die prys wat die vrye mark aanbied, daarvoor te kry, sonder inmenging van die staat of ’n waardeerder-generaal,” sê mnr. Meintjes.


2 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 Die

Posbus 1888, PRETORIA. 0001 http://www.hnp.org.za/afrikaner/

‘n Nuwe jaar Gewoonlik word daar aan die begin van ‘n nuwe jaar bespiegel oor wat die jaar gaan inhou. Natuurlik kan dit net by bespiegelings en raaiwerk bly, maar bepaalde tendense kan wel reeds waargeneem word en daaromheen beplan word. Daar is egter ook lesse uit die geskiedenis te leer om te verhoed dat dieselfde foute nie herhaal word nie. Daarvoor moet soms net na die geskiedenis gekyk word. Sedert ons laaste uitgawe was dit Geloftedag. Die terugvoer van oral oor die land is dat Geloftefeeste steeds beter bygewoon word. Dit is goeie nuus. Ons beskou onsself as ’n Geloftevolk, wat deur God se genade en ingryping, veral ook by Bloedrivier, die geleentheid gekry het om ons eie land te besit en as unieke volk te ontwikkel. Bloedrivier was die begin van ’n tyd van relatiewe vrede waartydens die Boere hulle eie republieke kon stig en opbou tot internasionaal erkende state. Daarom sal dit vir ons volk vrugte afwerp om die Gelofte van Bloedrivier, saam met die geloftes van Van Riebeeck en Paardekraal, in toenemende mate te herdenk en te vier, as ’n dankdag en herdenking, soos ons voorgeslagte dit aan ons Hemelse Vader beloof het. Hierdie besondere dae moet ook besonder gekoester word in ons volk, as ’n werklike eerlike herdenking, sonder dat daar vorme van persoonlike gewin betrokke raak. In vandag se swaar ekonomiese tye is ’n geringe reisvergoeding vir sprekers by Geloftefeeste seker nie onvanpas nie, maar wanneer mense begin fooie vra vir toesprake, begin rooi ligte reeds flikker. Dit is Godsdae en volksdae, waar dit gaan oor die verheerliking van Sy Naam, en nie die verryking van ons sakke nie. Intussen het die ANC se veelverwagte Mangaungkonferensie plaasgevind. Jacob Zuma het sy enigste opponent, die huidige adjunk-president, oorweldigend verslaan in die leierskapstryd. Die ANC se meesteronderhandelaar, Ceryl Ramaphosa, is die nuwe adjunk-president van die ANC, en sal waarskynlik volgende jaar dan ook die nuwe adjunk-president van die land word. Baie mense dink dit gaan ’n verbetering wees. Hy is immers ’n skatryk sakeman wat ’n voorstander is van die vryemarkstelsel, so word gehoop. Die feit is dat hy nie te lank gelede nie nog by die wildboere se kongres baie arrogant vertel het dat hulle van hulle grond sal moet afstaan aan Swartes wat grond soek. Heel waarskynlik het hy sy geldsakke reeds deeglik gevul, baie van sy belange na die buiteland geskuif, sodat hy nou weer tot die politiek kan toetree om die ANC in sy ekonomiese revolusie te ondersteun. Daarom moet daar gewaak word om te veel van Ramaphosa te verwag. Die verkiesing van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het ’n paar veranderinge opgelewer, maar in wese niks aardskuddends nie. Tydens sy 8 Januarie-toespraak het Jacob Zuma ook geen onduidelikheid gelaat nie dat hulle hierdie jaar gaan gebruik om die wet op Naturelle Grondbesit van 1913 se honderdste herdenking te omskep in ’n grondhervormingsjaar. Die aanslag gaan dus weer wees op ons grond en eiendomsreg in die algemeen. Ons sal hierdie jaar pro-aktief moet wees om die verwagte leuen van gesteelde grond met alle bewyse te weerlê, en ons mense te ontmoedig om ons erfgrond aan enige Swarte of die Staat te verkoop. Enige sodanige poging moet met hand en tand beveg word. Dalk het die tyd aangebreek om ’n Grondbesit Trust op die been te bring, sodat ons grond wat in die mark sou kom, kan opkoop om te bewaar vir ons volgende geslagte. Ons gaan geen vryheid in ’n eie land kan hê as ons nie meer die transportakte van ons grond het nie. Hierdie jaar sal ons ook weer moet begin met die voetwerk vir die volgende VVK-verkiesing wat volgende jaar moet plaasvind. Ons vryheidstrewe sal meer dinamies en modern aangebied moet word om die passiewe deel van ons volk in aksie te kry. Dit sal helaas verhoogde insette en opofferings eis van dié wat reeds in daardie stryd staan. Maar soos Luther kan ons ook net sê: “Ons staan hier, want ons kan nie anders nie...”

Ras en nasionalisme Die lewensomstandighede wat vir ons geskep word skerp. Eie instellings, soos eie sko-le, kerke en kultudeur ons vyan-de, noodsaak ons om dieper te dink urorganisasies gaan al hoe belangriker tuistes vir oor die Afrikanervolk se identiteit. Oral om ons word ons word in die toekoms. Op eko-nomiese gebied sal veelrassigheid, vermenging en gefor-seerde inte- nuwe strategieë bedink moet word om ’n Afrikanergrasie die algemene patroon. Wat staan Afrikaners ekonomie te bevorder wat ook kulturele doelwitte te doen in sulke omstandighede? Hoe handhaaf ons insluit. ons ideaal om ’n aparte wit volk in Afrika te bly, te In die verlede is Afrikaners sterk gemotiveer deur midde van hierdie uitdagende om-standighede? ons geskiedenis en afkoms, binne ’n lewenskrag-tige Dit is opvallend dat baie Afrika-ners die nuwe volksnasionalisme. Nasiona-lisme trek grense ronomstandighede as normgewend aanvaar, en ook uit- dom die eie volk, en by direkte implikasie word daar druklik verklaar dat ’n ander persoon se ras nie vir ook rasgrense getrek. hulle saak maak nie. Hulle wil sodoende graag aan-vaar Talle organisasies wat vandag op Afrikaners se sentiword as deel van ’n moderne gees waarin verskille ment aanspraak maak, verbind hulle nie aan die ideaal van afkoms en kultuur hoegenaamd nie ’n rol moet van nasionalisme nie, en rig ook hulle werkspeel nie. Dan is hulle nooit skuldig aan die sonde saamhede so in dat hul-le nie as diskriminerend sal van diskri-minasie nie, en kan hulle binne aanvaar voor-kom nie. Gaandeweg word nasionalisme en word as medeburgers in ’n rasse-onderskeid prysgegee, al is dit gemengde samelewing, behoor-lik dan eers net ten opsigte van die ingelyf in die nuwe sosiale en poliKleurlinge, omdat baie Kleurlinge tieke orde. Afrikaanssprekend is en die skim nageDit gaan by baie Afrikaners nie juis jaag word dat Kleur-linge die Afrikaners deur oor werklike oortuigings nie, maar oor se saak sal sterk teen die Swart Meinhard Peters pragmatiese optrede, oor so-siale aanmeerderheid. vaarbaarheid; terwyl men-se hul oorTaal kan nooit ons enigste norm Verbonde aan die Instituut vir tuigings tog gaandeweg verskuif om wees nie. Dit is ook by ander vol-ke Kultuur en Geskiedenis die liberale beskou-ing te aanvaar. ook nie die enigste norm nie. Nie Hoe lyk ons lewenskringe werklik? almal wat Engels praat behoort aan een Ons koopsentrums is gemeng en vertoon veelras- volk nie. Nie almal wat Ara-bies praat behoort aan een sige advertensies. Hotelle en restourante is veel-rassig. volk nie. Blankes se werkomgewings is lankal op alle vlakke Afrikanerskap en Afrikanernasio-nalisme is ten nouste rasvermengd, behalwe in sommige kleiner, private verbind met ons rasbewustheid en ons afkoms. Ons is ondernemings. Konferensies en opleidingspro- uit die rots van Europa ge-kap; uit die beste van die gramme word doelbewus veelrassig aangebied. Germaan-se hartlande, soos Holland, Friesland, Die oorgrote meerderheid van Afrikaanse skole het Vlaandere, Duitsland, Frankryk, en uit ander volke op die veelrassig-heid in ’n mindere of meerdere ma-te aan- grense van daardie hartlande. vaar. Die kampusse van voor-malige Afrikaanse uniMaak ons nog enigsins erns met daardie naelstring versiteite is al vir dekades gemengde kampusse; en – waarmee ons godsdiens en taal en lewensbeskou-ing Afrikaanse studente ervaar hoe hul taal en kultuur verbind is? Leer ons ons kinders iets daarvan, en kom daar-deur onder druk geplaas word. iets daar-van tot uiting in ons alledaagse omgang? Die staatsideologie is ingestel daarop om Wanneer Afrikaners begin ver-geet waar hulle vanAfrikanisering in alle staatsinstansies deur te voer. daan kom, en dink dat veelrassigheid geen verskil Dit het niks met “regstellende aksie” te doen nie, aan die toekoms gaan maak nie, misgis hulle hul deegmaar beoog die vervanging van Blanke bestuurslui lik. Rond-om ons kan ons sien wat die re-sultate van en -werkers met Swart bestuurslui en -werkers. Die rassevermenging is: in die eerste plek kan dit nie meer omgewing van staatsdepartemente en staatskorpo- Afri-kaanse omgewings wees nie en moet Afrikaans rasies is slegs tydelik veelrassig, en sal al meer soos plek maak vir Engels. In die tweede plek word godsregerings elders in Afrika begin lyk. dienstige norme oorboord gegooi en word die sedeNie alleen het die Afrikanervolk (en daarom ook die like basis van ons samelewing aangetas. In die Blankes van Suid-Afrika) hulle politieke mag verloor derde plek is daar nie meer ruimte vir nasionalisme, nie, maar binne ’n baie kort tydjie is hulle eie lewen- volksge-voel en ’n historiese bewussyn nie – ’n sruim-tes van hulle vervreem. Ons moet ook onthou inklusiewe benadering bete-ken immers dat die verdat die voorbereiding daarvoor nie in 1994 begin het haal van die Afrikaners liewer verswyg moet word. So nie, maar kort na die sluipmoord op dr HF Verwoerd word ons nasionale dae, plekname en monumente in 1966 – toe die Vorster-regering besluit het om vir die nuwe ideologies-gedrewe orde ’n ernstige verveelrassige sport in te stel en sosiale geriewe oop te leentheid. gooi. Die politiek van vermenging en die oor-name van Die Afrikanerkultuur kan in werklikheid nie doeltreBlankes se sosiale ruim-tes is ten nouste aan mekaar ffend bevorder word as hierdie groter uitdaging nie ver-bind – die ANC kon bloot hierdie proses in ver- ook aanvaar word nie, naamlik die opskerping van snelde rat voortsit. bewustheid oor ons afkoms en die beklemtoning van Wat staan Afrikaners te doen on-der hierdie ons identiteit as ’n Blanke volk nie. Ons is inderdaad omstandighede? Dit is voor die hand liggend dat ’n volk uit en van Europa, maar terself-dertyd met ’n Afrika-ners hul Blanke erfenis weer sal moet toeëien, eie kultuur en he-roïese geskiedenis in Afrika. Onen hul weerstand teen rassevermenging sal moet op- der alle omstandighede wil ons ’n wit volk bly.

PERSPEKTIEF


DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 3

Hofsake teen behoudendes uitgestel Boeremag-lede wat op aanklag van hoogverraad skuldig bevind is, kan aansoek doen om hul skuldigbevinding ter syde gestel te kry, is in die Pretoriase hooggeregshof gesê. Hulle voer aan dat nuwe bewyse van ‘n polisiesameswering teen hulle aan die lig gekom het. Regter Eben Jordaan het die saak tot 24 Januarie uitgestel. Mnr. Paul Kruger, wat sommige van die lede verteenwoordig, sê ‘n oudpolisieman, kapt Deon Loots, het bewerings gemaak oor die beweerde ongerymdhede tydens die ondersoek en hofsaak. Dit het verlede jaar Oktober in ‘n Sondagkoerant (vergelyk foto’s hiernaas) verskyn. Rapport het in twee berigte die polisiebeampte aangehaal wat beweer die polisie het bewyse op die mans geplant, hulle aangehits om misdrywe te pleeg en het konsultasies met hul reg-

spanne afgeluister. Loots was een van die ondersoekers in die Boeremag-saak en die hanteerder van die agent wat hulle geïnfiltreer en teen hulle getuig het. Hy was ‘n kaptein in die misdaadintelligensie-eenheid en het onlangs gesê dat hy bereid is om in die hof te getuig en die polisie se “misdadigheid” oop te vlek. Intussen is die saak van hoogverraad teen die vier mans wat die sogenaamde Slag van Bloemfontein teen die ANC beplan het tot 23 Januarie uitgestel. Mnre. Johan Prinsloo, Martin Keevy, Mark Trollip en Hein Boonzaaier het volgens die staat beplan om president Jacob Zuma en ander ANC-lede om die lewe te bring. Hulle is in aanhouding sedert hulle op 16 Desember verlede jaar in hegtenis geneem is. Die vier mans het om borgtog aansoek gedoen. Volgens hulle het

Dié twee berigte oor die Boeremag in Rapport het ‘n groot opskudding veroorsaak.

die staat ‘n swak saak teen hulle. Die staat voer aan dat een van die mans, Mark Trollip, vroeër ‘n bekente-

nis oor sy rol in die saak gemaak het. Die staat staan die borgaansoek teen.

Mynreus deur ANC-regime gedreig Die ANC-regime het ná ‘n baie lang stilswye oor die verwoestende arbeidsonrus in Suid-Afrika hewig teen die mynmaatskappy, Anglo American, te velde getrek. Dit volg nadat Amplats, Anglo se platinum-filiaal aangekondig het dat hy sowat 14 000 van sy 59 000 werkers in Rustenburg gaan afbetaal. Aldus die ANC se minister van minerale

bronne, Susan Shabangu: “Anglo het die land teleurgestel deur by te dra tot ons werkloosheidsprobleem. Ons beskou dit as ‘n maatskappy wat eensydig en met minagting optree.” Amplats produseer 40% van die wêreld se platinum. Die ANC het in ‘n verklaring gesê Anglo se besluit is “si-nies” en “gevaarlik”. Die regime dreig nou om die

toekenning van mynlisensies te hersien wat beteken dat die maatskappy se regte kan verloor. Volgens Shabangu het Amplats haar nie behoorlik geraadpleeg nie. Die rand het ondertussen aansienlik teenoor die vernaamste geldeenhede geval na die nuus oor Amplats bekend gemaak is. Die nasionaliseringsplanne van die

regering in die myn- en landboubedryf asook die voortslepende sta-kings in dié bedrywe laat buitelanders van hulle SuidAfrikaanse bates ontslae raak. Die kredietagentskap, Fitch, het baie onlangs SuidAfrika se kredietgra-dering afgegradeer en het maatskaplike en politieke spanning as redes daarvoor aangevoer.

Terroriste-aanvalle en moorde teen blankes sleep voort

ees r v be On lank B

Die enigste Afrikaanse weekblad wat skryf oor Blanke- en Afrikanerbelange. Die koerant met die suiwer boodskap van Afrikaner-nasionalisme! Weeklikse rubrieke oor ekonomiese en kulturele sake.

Teken NOU in en wees ingelig ! Intekengeld:

R285 vir 12 maande R142,50 vir 6 maande Elektroniese koerant, R180 vir 12 maande

Die gevrieste lyk van ‘n bejaarde vrou is op die plaas, Somerset, naby Parys gekry. Die lyk van mev. Annetjie van Rooyen (74 jaar) se man, Ernst (75 jaar), het langs die vrieskas in hul snoepwinkel gelê. Die egpaar is van talle blankes wat die afgelope tyd in moorddadige aanvalle van swart terroriste op blankes vermoor óf ernstig beseer is. Een van die gevalle in Desember 2012 wat mense geruk het, is die koelbloedige moord Desember verlede jaar van mnr. Gerrit Kroon (40 jaar) met sy eie vuurwapen, terwyl hy besig was om die wiel van sy motor op die N1 noord van Pretoria om te ruil. Hy word oorleef deur sy vrou en drie dogtertjies. ’n Aantal jare gelede is sy vader by sy winkel op die Baviaanspoortpad beroof en dood-

Stuur u intekengeld met onderstaande voltooide vorm aan: Die Afrikaner, Posbus 1888, Pretoria, 0001

Bewys van inbetalings moet gefaks word na (012) 335 8518

Adres:

________________________________________ ________________________________________ ________________________________________ _______________ Poskode: _______________

Telefoon: __________________ Selfoon: ________________ e-pos:

___________________ Faks: _________________

Vervolg op bl. 5

HNP-Dagboek 2013

Tjeks word uitgemaak aan Die Afrikaner, maar internet-betalings of bankinbetalings kan gedoen word by Absa, Rekeningnommer 020 800 801

Naam:

geskiet. Vroeg vanjaar is ’n gesin, ouers, kinders en kleinkinders vroegoggend op die kusdorpie Boknesstrand oos van Port Elizabeth deur ses gewapende swart mans in hul strandhuis oorval en ernstig aangerand. Die gesinshoof het verskeie steekwonde onder andere in sy maag opgedoen, terwyl van die ander gesinslede ook meswonde toegedien is. ’n Boer van die distrik Villiers, mnr. Jannie du Plessis (64) en sy vrou Stinnie (59) is in die nag in hul huis oorval, hy in die maag geskiet en hulle daarna agt uur lank in hul kluis toegesluit agterlaat het. Mnr. Du Plessis se linkernier moes verwyder word nadat hy tydens die terroriste-aanval

22 Januarie om 18:30 Openbare vergadering

Rustenburg NG Moedergemeente Navrae: Mnr Frans Jacobs Tel. 084 742 7002

28 Januarie om 19:00

5 Februarie om 18:00

Streekvergadering

Politieke kuieraand

Pretoria

Kleinfontein

Die Willie Marais Afrikanersentrum Navrae:

Navrae: Mnr Driaan Beyers Tel. 071 234 8470 Mnr Johannes van den Berg (012) 335-8523

Mnr Johannes van den Berg

Tel/ (012) 335-8523

Die spreker by al bogenoemde vergaderings is mnr Andries Breytenbach (Leier van die HNP)


4 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013

Die sielkundige aanslag teen die Afrikanervolk (1) Meinhard Peters Uittreksels word uit ‘n referaat oor die sielkundige aanslag teen die Afrikanervolk (Afrikaner Volkskongres 1994*) gegee in aansluiting by die twee aflewerings omtrent die heropvoeding van die Duitse volk as deel van die sielkundige oorlog wat teen hulle sedert veral die Tweede Wêreldoorlog gevoer word (vergelyk Die Afrikaner van 16 - 22 November 2012 en 23 - 29 November 2012). Vervolgens word gedeeltes (soms ook samevattend) uit die referaat weergegee:

Opsommend Die aanslag op die siel van die Afrikaner, met die doel om hom van sy vryheid en sy vaderland te beroof, is meedoënloos oor baie dekades gevoer. Die aanslag is vanuit twee duidelike identifiseerbare oorde geloods: vanuit die senusentra van die kommunistiese lande onder aanvoering van die Sowjetunie aan die een kant, en aan die ander kant vanuit die hoofkwartiere van die linkse, Westerse geldmagte (sogenaamde “kapitaliste”) wat met behulp van hulle agente in die regerings van veral Brittanje en Amerika voordurend besig was om SuidAfrika te ondermyn en te druk om af te sien van sy beleid van afsonderlike ontwikkeling. Hierdie vyandelike sentra het van ooreenstemmende metodes van sielkundige oorlogvoering gebruik gemaak om die Afrikanervolk sag te maak en sonder om ‘n konvensionele oorlog te voer, hom tot prysgawe van sy vryheid te dwing. ‘n Gebrek aan kennis van die aanslag en van die metodes wat gebruik is, het die Afrikanervolk grootliks weerloos gelaat. Dit het die vyand in staat gestel om Afrikanerverraaiers (die joiners van ons tyd), insluitende leiersfigure, vir sy saak uit die geledere van die volk self te werf, en om die naïwiteit van goedgelowige volksgenote maksimaal uit te buit – veral tydens verkiesings. Dit is belangrik om te besef dat die sielkundige oorlog nie verby is nie. Dit duur steeds voort in die vorm van ‘n misleidende

proses van “versoening”, “heropvoeding” en “rekonstruksie”. Dit is gebiedend noodsaaklik dat die Afrikanervolk hom effektief daarteen sal verweer en ‘n teenstrategie sal ontwikkel om die sielkundige oorlog te wen.

Inleiding Om behoorlik reg te laat geskied aan hierdie onderwerp moet ‘n mens jouself die volgende vrae afvra: Wat is sielkundige oorlogvoering? Wie voer die sielkundige oorlog teen die Afrikanervolk? Hoe word die oorlog gevoer? Waarom word die oorlog op hierdie manier gevoer? Wat is die doel en uitwerking van die oorlog? Verder moet antwoorde gevind word op die volgende twee vrae: Hoe verweer die Afrikaner homself teen hierdie oorlog? Hoe keer ons die aanslag om op ons vyande?

Die aard en doel van sielkundige oorlogvoering Van die vele terme waarmee aspekte van moderne konflik beskryf word, is onder meer begrippe soos breinspoeling, propaganda, psigopolitiek, kulturele rewolusie, massa-sielkunde, rewolusionêre aanslag ensovoort. Na aanleiding van Josef Stalin en sy handlanger, Lavrenti Beria se definisie van die psigopolitiek kan gesê word dat psigopolitiek deur die kommuniste ontwikkel is as ‘n middel tot sosiale, ekonomiese en politieke beheer wat gerig is op die “heerskappy oor” en die “oorwinning van vyandelike state”. Die metode is om mense en instellings te beweeg om te konformeer met die “gedagtes” en “norme” van die kommuniste. Diegene wat dit nie doen nie, word gebrandmerk as “geestelik siek”, “ongebalanseerd”, “wanaangepas”, “verouderd”, “reaksionêr”, ensovoort.

Let maar goed op hoe die linkses na regse organisasies, partye en leiers verwys as synde deel van die “lunatic fringe”! Van die doelstellings van die psigopolitiek is: die sosiale isolasie van die opponente. Vervreem hulle van hulle eie mense, saai wantroue en skep verwarring oor hul betroubaarheid – en siedaar, die oorwinning is halfpad behaal! Die hoofdoelstelling van die psigopolitiek kan op grond van Beria se kommunistiese ideologie soos volg beskryf word - “die grootste moontlike chaos” deur kulturele verwoesting, ekonomiese ontwrigting, konflik, armoede en geestelike verval te veroorsaak.

Ander middele as konvensionele oorlog Met verwysing na die kommunistiese strategie is dit belangrik om op te let hoedat bloot net die dreigement van oorlog genoeg kan wees om die begeerde doel van toegewings, onderwerping of oorheersing te bereik. Die Amerikaanse regering (deur middel van die American State Department en organisasies soos die Central Intelligence Agency), die Britse regering en ander instrumente van die liberale Westerse Geldmag opereer in die internasionale politiek volgens presies dieselfde doktrine. In sy boek, Oproep tot die stryd, beskryf dr. Albert Hertzog wat die vyandige Amerikaanse politiek grondig bestudeer het, die aanslag soos volg: “Die Amerikaanse Geldmag... probeer hul doel bereik sonder om self te skiet – sonder om self oorlog te voer. Hulle verkies geestelike middels; middels wat die mens se gees en sy selfvertroue en sy moed breek... Vandag word hier binne in ons land geestelike oorlog gevoer. Dit word gevoer teen die Blanke Afrikanervolk, en teen alles wat deel daarvan is: Sy land, sy taal, sy godsdiens, sy tradisies, sy geskiedenis... Alles word ingespan om ons geestelik te probeer verlam.” Die strategie om te dreig met ‘n oorlog is in

die referaat toegelig aan die hand van Rhodesië en Suid-Afrika, laasgenoemde sedert 1960. Dreigemente van geweld en bloedvergieting is dan ook teen ‘n nee-stem in 1992-referendum tyd gebruik. Die gewelddadigheid wat hierna sou volg, word egter gerieflikheidshalwe verswyg.

Die strategie van Lenin Waar die Duitse militêre strateeg, Karl von Clausewitz, bevind het dat oorlog die voortsetting is van politiek met ander middele, het die rewolusionêre kommunis, Lenin, dit omgedraai en verklaar dat die politiek (soos bedryf in vredestyd) net die voortsetting van oorlog met ander middele is. Laasgenoemde doktrine het aan die kommunistiese aanslag sy buitengewoon verraderlike karakter besorg. Lenin het aanpasbare metodes van rewolusionêre oorlogvoering verkondig, die vermenging van vredestydse benaderings tot ‘n nuwe vorm van nie-tradisionele oorlogvoering waarin enigiemand en enigiets gebruik kan word, solank dit net die doelstellings van rewolusie bevorder. In die uitvoering van die Leninistiese strategie word daar gebruik gemaak van letterlik honderde frontorganisasies: onderwysverenigings, studenteverenigings, jeuggroepe, vroue-organisasies, vakbonde in elke denkbare rigting, kerklike verenigings, akademiese verenigings, joernaliste, welsynorganisasies, regslui, gesondheisorganisasies en dies meer. Die frontorganisasies is almal betrokke by die voortplanting van die linkses se idees, by die toepassing van die tegnieke van nie-tradisionele vorme van oorlogvoering soos intimidasie van opponente, beswaddering van leiers, infiltrasie en beïnvloeding, die stel van eise, die hou van massademonstrasies, en die toepassing van die tegnieke van onderhandeling om toegewings te verkry. (*”Ons sal opstaan...” Referate gelewer tydens die Afrikaner Volkskongres 17 - 18 November 1994. Redakteur: mnr. Andries Breytenbach). (Vervolg)

Woord en Wêreld Watter God aanbid ons? Hier aan die begin van 2013 is dit noodsaaklik dat ons weer moet seker maak dat ons die regte God aanbid en ons aan Hom toewy vir hierdie jaar. In die uitgawe van Beeld, 8 Januarie 2013 het prof. Wilhelm Jordaan, buitengewone professor in sielkunde aan die Universiteit van Pretoria, 'n debat tussen tradisievastes en vernuwers afgesluit met 'n volblad artikel in die rubriek: “Kommentaar en ontleding”, p.11 met die titel “Dra ander se geloofstaal”. Kortliks het prof. Jordaan as een van die vernuwers gevra dat die twee groepe darem vir mekaar ruimte moet gee om van mekaar te verskil en dan langs mekaar te staan en mekaar te verdra. Hy sluit sy artikel so af: ”Sulke verdraagsaamheid bring mee dat tradisievastes en vernuwers geborge en verwonderd voor die geheim van God kan staan – langs mekaar en nie teenoor mekaar nie; met geboë hoofde, nie met gebalde vuiste nie.” Nou klink dit baie goed, maar van watter God skryf prof Jordaan hier voor wie ons moet staan? In sy hele betoog is dit duidelik dat hy kies vir die god wie se seun “fatherless in Galilee” was, wat nie deur die maagdelike geboorte die

Dr. Müller Pretorius mensheid aangeneem het nie en wat nie fisies, liggaamlik uit die graf opgestaan het nie. Ek sal graag langs enige mens wat die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, erken en bely wil staan, nie met gebalde vuiste nie, maar met hande in mekaar gevou in gebedshouding voor die Almagtige God wat my (en hom) so lief gehad het dat Hy sy Seun aan die kruis laat sterf het om aan ons die ewige lewe te gee en ons te verlos van die ewige dood. Die God wat hierdie liefdesdaad bevestig het toe Hy uit die graf opgestaan het en opgevaar het om aan die regterhand

van ons ewige Vader te sit en ons as Christene en die wêreld te regeer tot in ewigheid. Maar hierdie selfde drie-enige God wat van ewigheid af bestaan, het Hom nie net bemoei met die volk Israel van Wie ons in die Ou en Nuwe Testament as die Woord van God (die Bybel) lees nie, maar ook met die Christelike Kerk, waarvan ons voorouers die Voortrekkers ook deel was. Hierdie God het in sy grootheid en genade ook die roepstemme van die Trekkers voor die Slag van Bloedrivier gehoor en beantwoord deur aan daardie klein klompie gelowige stryders die oorwinning te gee oor die duisende Zoeloekrygers wat hulle daar op 16 Desember 1838 aangeval en probeer uitwis het. Indien ons dit nie erken en aanvaar nie soos wat die moderne Christene deesdae in Suid-Afrika doen wanneer hulle skryf en praat oor die viering van Geloftefees, dan moet ons weet dat ons nie meer voor dieselfde God staan nie. In 'n artikel, “Waarom nog Geloftedag?” wat dr Leopold Scholtz, Media24 se verteenwoordiger in Europa, in die Kerkbode van 7 Desember 2012 skryf, sê hy die volgende: ”Dus, wat Gelofte-

dag betref: As ons die dag sien as 'n viering van die Voortrekkers se militêre oorwinning oor die heidense en barbaarse Zoeloes, het dit geen plek meer nie. As dit gevier word as 'n dag van verootmoediging voor God, as 'n versoeningsdag, soos elke Sondag – dit maak sin.” Dan kan ons vra waarom kan ons nie aanvaar dat dieselfde God voor Wie ons ons elke Sondag en eintlik elke dag verootmoedig weens ons sonde en sondeskuld ook die God is wat ons voorgeslagte die wonderbare oorwinning oor die Zoeloes gegee het nie? Ek, as tradisievaste gelowige, glo in die God van die Bybel en dat Hy in staat is om ons ook in hierdie jaar weer te bewaar van die aanslae van moderne Zoeloes se aanslag om ons ou volkie uit te wis deur ons te verdruk op elke terrein van die lewe. Maar dan moet ons as enkelinge en as volk ons skuld en sonde teen die gebooie van die HERE erken, bely en laat staan. Dan alleenlik is daar vir ons as 'n volk 'n toekoms in hierdie land wat ek glo wat God aan ons gegee het.


DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 5

Plaasoproer se vure van buite aangestook Dr. Müller Pretorius In die Wes-Kaap is daar baie goeie verhoudings tussen die wynboere en hulle permanente plaaswerkers. In die negentigerjare van die vorige eeu is die bemarkingsrade wat die boere gehelp het om hulle vrugte en wyn te bemark, afgeskaf en het die ANCregime die boere glad nie gehelp met die bemarking van hulle produkte nie. Verder het strenger arbeidswetgewing, veral die wet wat aan plaaswerkers permanente verblyfreg op die boere se plase gegee het, daartoe gelei dat boere net ‘n kerngroep plaaswerkers op hul plase gehuisves het en vir die res van die plaaswerk gebruik gemaak van seisoensarbeiders. Dit het daartoe gelei dat daar uit die gebiede en lande waar arbeiders nie werk kon kry nie hulle in die vrugteseisoen na die Wes-Kaap gestroom het om op die vrugte-en wynplase te werk. Hierdie seisoenwerkers het gebruik gemaak van die goedkoopste huisvesting wat hulle in die plakkerskam-

pe gekry het. Dit is nou hierdie seisoensarbeiders wat in die plakkerskampe opgelaai is saam met ander leeglêers om te gaan staak en betoog vir hoër lone. Hulle het ook gewelddadig geraak en met brandende buitebande die N1 by De Doorns versper, wingerde, store en ander strukture op plase aan die brand gesteek om krag aan hul eis te gee van R150 per dag minimumloon. ‘n Groot deel van hierdie seisoensarbeiders kom uit die Transkei en Zoeloeland en is net die tale van Xhosa en Zoeloe magtig wat ook die verhouding met die plaasboere strem omdat hulle nie hierdie twee tale kan praat of verstaan nie. Die grootste gros permanente plaaswerkers (indien nie almal nie) neem nie deel aan die stakings nie want hulle kry in elk geval meer as die minimumloon van R69-00, en daarby kry hulle huisvesting, water, gratis vervoer, gesubsidieerde elektrisiteit, mediese hulp en skoolgeld vir hul kinders. Indien dit nou werklik van hierdie permanente plaaswerkers

Enkele foto’s van die De Doornsomgewing, waar pogings voortgesit word om die landboubedrywighede heeltemal te ontwrig. sou wees wat hierdie onbesonne dade van brandstigting ensovoorts gedoen het, is dit te betwyfel of die wynboere of enige werkgewer bereid sou wees om sulke mense weer in diens te neem. Die uitbreek van hierdie plaasoproer in die Wes-Kaap was dus nie net ‘n groot skok en selfs vreemd vir beide die vrugte-en wynboere en die permanente plaaswerkers nie maar dit kan met se-

kerheid aanvaar word dat die plaasoproer van buite die boerderygemeenskap aangestook is. Dan kan ons maar net vra watter instansie sou benadeel word as daar soveel ongelukkigheid en ongeregtigheid onder die plaaswerkers in die WesKaap is, Die antwoord is die regeerders op politieke gebied in hierdie provinsie, naamlik die DA. Die party wat be-

voordeel sou word as die provinsie nie goed regeer word nie sal dan die ANC wees wat baie graag ook hierdie provinsie wil regeer. As ‘n mens dus soek wie hierdie buitestanders sou wees wat die plaasoproer aangestook het hoef mens seker nie verder te soek nie as die ANC en sy alliansie-vennote die vakbond Cosatu en die Kommunistiese Party.

Baie in Engelse polisie het twee beroepe Dr. Müller Pretorius In ‘n ondersoek wat The Mail on Sunday in Engeland, gedoen het, is vasgestel dat 23000 van die polisie twee beroepe beoefen. Behalwe hul polisiewerk het hulle ook nog ‘n ander werk waaruit hulle inkomste verdien.(Sien berigte en kommentaar in The Mail on Sunday van 30-12-2012). Hierdie ander werke wissel van ‘n predikant tot ‘n instruktrise in paaldanse. In die koerant se hoofartikel on-

der die opskrif “How DO police find time for moonlighting?” maak die redakteur die volgende insiggewende opmerkings: 1) Om vir die polisie te werk is ‘n voorreg (“privilege”), maar ook ‘n baie veeleisende taak wat die volle aandag verg van die polisieman(vrou). 2) Dit is verrassend dat so ‘n groot persentasie van die polisie wat eintlik goed besoldig word, dit nodig vind om ‘n ekstra inkomste te verdien. 3) Daar is wel regulasies in hierdie verband in die Polisiemag maar dit blyk

HNP Hoofkantoor Adresveranderings • Die HNP-hoofkantoor is met ‘n landwye werwingsaksie besig.

Skakel ons asseblief om u posadres, telefoon- en selnommer, en e-posadres te kontroleer.

dat dit in sommige plekke in die land baie lukraak (“very loosely and casually”) toegepas word. 4) Die Polisie Federasie (vakbond) verskaf verskonings vir hierdie “moonlighting” wat wissel van gebrek aan oortyd tot ‘n hoër pensioen-ouderdom. 5) Openbare ontevredenheid oor die polisiëring het oor dekades toegeneem - onder andere oor die afskaling van voetpatrollies en die sluiting van voorstedelike polisiestasies, en in die algemeen die verandering van die polisie se rol in die samelewing. 6) Mense wat voorheen nooit die polisie bevraagteken het nie sal nou begin wonder oor die toewyding en ywer van ‘n polisiemag wie se lede die tyd en energie oor het om te werk as chauffeurs, kulkunstenaars, kokke, vlieëniers, roomysverkopers en selfs as

‘n predikant. 7) Dit is duidelik dat daar nog goeie polisielede is wat hulle lewens op die spel plaas om die publiek te beskerm al beteken dit dat hulle werk somtyds onaangenaam en selfs gevaarlik kan wees, maar dit moet nie die Minister van Binnelandse Sake verhinder om sodanige ernstige hervormings aan te bring sodat hierdie “moonlighting” onder die polisie ingekort kan word. 8) Die polisie is tog uiteindelik ‘n mag ten goede van wie dit verwag kan word om opofferings te maak om aan hulle doel te beantwoord. Tot sover die redakteur se kommentaar en wanneer ons nou kyk na die werk van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) hier in ons beleërde land dan wonder ‘n mens ook somtyds of daar nie sommige van die polisielede is

wat ook nog ander beroepe beoefen en daarom nie in staat is om hulle eintlike werk, naamlik om wet en orde te handhaaf en ons te beskerm teen die wrede aanvalle op ons volksgenote wat byna daagliks uitgemoor word. Dalk moet die Minister van Polisie ook ondersoek instel na die aantal lede van die SAPD wat dalk ander beroepe gelyktydig met hulle diens in die polisie beoefen. Dalk kan daar ook sulke interessante dinge na vore kom soos in Engeland? Gelukkig is daar nog altyd die pligsgetroue (veral blanke) polisielede wat nog beantwoord aan die edele doel waarvoor hulle deur God geroep is om die wet en orde hier in ons land te handhaaf. Aan hulle wil ons sê: baie dankie, hou so aan , ons is trots op julle.

Terroriste-aanvalle en moorde teen blankes sleep voort Vervolg vanaf bl. 3

BRUWER MENLOPARK Oogkundiges

• Die belangstelling in die werksaamhede van die HNP neem toe. • Reël asseblief vir ons ‘n openbare- of inligtingsvergadering.

Brille, Kontaklense sonbrille en Kunsoë

012-335 8523

LW: Ons doen kleurvoorkeur ontledings op die “INTUITIVE COLORIMETER” om persone met disleksie en leerprobleme te help.

Charlesstraat 496, Pretoria

Tel. (012) 346 1038 Tot u diens vir

in die maag geskiet is. Op Belfast is die lyke van mnr. Rudolf “Koffie” van Heerden (79) en sy vrou, Elna (79) in die vrieskas in hul huis gekry met hul hande agter hul rûe vasgebind. Hulle is skynbaar lewend én vasgebind in die vrieskas gedru,k en het vermoedelik versmoor. Mnr. Van Heerden was ’n afgetrede landmeter en die egpaar het langer as 50 jaar op die dorp gewoon. Mev. Elmarie van der Berg (29 jaar) van Navalsig in Bloemfontein is gebroke nadat haar man, Hugo (34 jaar) onlangs in die parkeerterrein van hul woonstelblok vermoor is. Hy is met verskeie messteke in sy bors gekry.


6 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013

Die ondergang van Detroit is ‘n les vir die Westerse wêreld Die eerste drie maande van vanjaar sal deurslaggewend wees om die eens welvarende Amerikaanse stad, Detroit, finansieel te probeer red ná bykans 40 jaar onder swart leierskap. Die groot vraag is tans slegs hoe die stad se bankkrotskap bestuur sal word.

ganisasie wat hy saam met ‘n Sowjetagent Paul Robertson begin het), het verskeie ampstermyne as burgemeester beleef en het vir 20 jaar (1973-1993) gedien. Sedert 1974 word Detroit deur ‘n sterk burgemeesterstelsel beheer ingevolge ‘n handves wat deur die stads-

Sekere dele van die Amerikaanse stad, Detroit, lyk asof oorlogsverwoesting dit getref het. Die leë straatblokke, waar geboue platgestoot is, vervalle geboue en verlate strate kom bykans onwerklik voor asof dit tonele in ‘n rolprent met ‘n apokaliptiese tema is. En inderdaad is Detroit se verhaal ‘n blik op wat vir die Weste wag. Lees meer hieroor in dié artikel deur Anita Morkel saamgestel. Nuwe wetgewing is reeds in plek en gee plaaslike owerhede die opsie om ‘n finansiële bestuurder of ‘n “Chapter 9” bankkrotskap, mediasie of ‘n toestemmingsooreenkoms te kies. Die beskrywing van Detroit se ondergang is op die meeste Suid-Afrikaanse dorpe en stede van toepassing, naamlik stygende misdaad én plaaslike owerheidskuld, swak staatskole, algehele verval van die infrastruktuur, en mense wat as gevolg daarvan padgee. Selfs die korrupsie deur senior amptenare soos die vorige burgemeester van Detroit, Kwame Kilpatrick, en sy ‘vriendin’ asook fluisteringe oor ongerymdhede deur ander burgemeesters klink ongemaklik bekend. Detroit is aldus die 2010-sensus die stad met die meeste swartes in Amerika. Dit is ook die grootste stad in die staat Michigan. Verskeie ander Amerikaanse stede het insgelyks ‘n beduidende swart bevolking en het ook swart burgemeesters. Detroit is allermins die enigste stad in Amerika wat finansieel in die knyp is. Geen stad van Detroit se grootte het egter al ‘n federale bankkrotskap beleef nie. Die skrywer, Daniel Okrent, het in sy artikel oor Detroit in die Times Magazine tereg opgemerk: “die uiteindelike lot van Detroit sal baie omtrent die karakter van Amerika in die 21ste eeu openbaar.” Hoewel die reikwydte internasionaal strek, is die raakpunte tussen dié stad, waarvan die grondlegging na 1701 teruggevoer kan word, en plaaslike omstandighede opvallend: Swart leierskap, oftewel swart politieke mag Swart/gekleurde armoede Haglike verval Misdaad Werkloosheid Rassespanning wat in rasopstande uitgeloop het in 1863 (2 gedood, talle beseer en 35 geboue afgebrand en brandskade aan verskeie ander geboue), 1943 en 1967 (43 gedood, 342 beseer en 1 400 geboue gebrand) Uittog van inwoners Swart leierskap Detroit word al bykans 40 jaar deur swartes beheer – beide polities, en sedert die 1960’s ten opsigte van hul bevolkingsoorwig. Die swart’bewussyn’ spreek uit die feit dat die eerste swart burgemeester van Detroit, Coleman Young, gesê het dat hy ‘n swart burgemeester van ‘n swart stad is. Detroit het ook sy eie ‘volkslied’, “Lift every voice and sing”, wat die stad se swartes as “ons volkslied” beskryf. Coleman Young, (‘n voormalige lid van die Kommunistiese Party en Nasionale Neger Raad, ‘n kommunistiese frontor-

inwoners goedgekeur is. Dit beteken dat Detroit se burgermeesters sedertdien oor aansienlike magte beskik. In Young se derde termyn is daar ‘n ondersoek ingestel oor aanklagte dat hy gepoog het om die stad se besigheid na maatskappye met swart eienaars te herlei. Hy is egter nie vervolg nie, maar die polisiehoof (wat ‘n boesemvriend van hom was), is in hegtenis geneem vir die diefstal van $2,6 miljoen se stadsfondse. ‘n Hele groep van sy vertrouelinge in verskeie skoolrade en stadsdepartemente, en veral die polisieafdeling is indertyd aan die kaak gestel in wat beskryf is as ‘n groot sirkel van korrupsie wat die burgemeester omring. Die meeste van die mense wat indertyd vasgetrek is, is in vasgetrap op sterkte van opnames wat van Young se huistelefoongesprekke gemaak is. Die algemene opvatting is dat hy nie aan die pen gery het nie omdat die destydse president Jimmy Carter opdrag gegee het dat hy nie “aggressief vervolg” moet word nie. Young se opvolger, Dennis Archer, word as swart getipeer, hoewel hy eintlik net soos die Amerikaanse president ‘n Kleurling is. Die volgende burgemeester, Kwame Kilpatrick, het verlede jaar saam met sy pa, ‘n vriend en ‘n voormalige departementhoof in die hof verskyn op aanklagte van sameswering om hulself te verryk met kontrakte wat deur die burgemeester se kantoor hanteer is. Kilpatrick se swart vriendin, waarmee hy ‘n buite-egtelike verhouding gehad het en wat ook ‘n werknemer van die stadsbestuur was, het insgelyks in die hof verskyn weens haar betrokkenheid by korrupsie. Tydens Kilpatrick se vonnisoplegging is melding gemaak van die “patroon van afpersing, omkopery en bedrog” wat sommige van Detroit se mees senior stadsamptenare kenmerk. Dave Bing het oorgeneem by Kilpatrick in ‘n waarnemende hoedanigheid en sy uiteindelike aanwysing in 2009 as burgemeester het die stad se belastingbetalers miljoene dollar gekos. Jare se begrotingstekorte kenmerk die stad en het verlede jaar tot $100 miljoen opgebou. Die finansiële krisis het trouens al baie van die stad se dienste ontwrig. In Oktober verlede jaar het die ouditeure ‘n tekort van $29 miljoen in die stad se pensioenfonds ontdek. Bedrog ten opsigte van werkersvergoeding is maar een van vele vergrype waaraan die stadsbestuur hom skuldig gemaak het. Geskille tussen Bing, die raadslede en staat het ‘n geruime tyd lank daadwerklike optrede om die sake reg te ruk, gekortwiek. Die onvermoë van die stads-

bestuur om saam te gewerk, het dit ook in gebreke laat bly: om herstrukturering te doen, die kommerwekkende spandering aan te spreek en die bepalings van ‘n staatskas-ooreenkoms na te kom. Die hele ingesteldheid van die stad se swart bestuur word saamgevat deur raadslid Jo Ann Watson se uitspraak dat president Obama iets (“bacon” in haar woorde) in Detroit se rigting moet gooi (federale fondse om die stad se begrotingskrisis te verlig) om die stad se inwoners te beloon dat hulle so oorweldigend vir sy herverkiesing gestem het. Hierdie beloning sal noodwendig plaaslik ook van toepassing wees ná die herverkiesing van president Jacob Zuma. Op die plaaslike front is ‘n land ter sprake en nie net ‘n stad nie.

Slegs 6 jaar na die rasse-opstand in 1967 is Coleman Young deur swart inwoners as burgemeester gekies. Vanweë sy belofte dat hy die spanning tussen swart inwoners en die polisie-afdeling sal uitstryk, het Young sy posisie met ‘n baie klein meerderheid bekom. Hy het in sy ampstyd ‘n ‘regstellende’ program gevolg sodat daar teen 1993 reeds meer as 50% swartes in dié afdeling was. Misdaad was teen die einde van sy ampstyd erger as toe hy oorgeneem het. Dwelmhandel het tydens sy ampstyd ‘n deeglike vastrapplek gekry. Tydens sy termyn is Detroit as die brandstigting en moord-hoofstad van Amerika beskryf. Die stad is dikwels in die FBI se misdaadstatistiek as die gevaarlikste stad in Amerika gelys. Die stad se moordstatistiek het ver-

Watson het in haar “bacon”-toespraak verwys na die feit dat Coleman Young op dieselfde grondslag na Jimmy Carter toe gegaan het nadat laasgenoemde as president aangewys is. Dié besoek het vrugte afgewerp in die vorm van geldelike gewin en in Watson se woorde is dit hoe mens dit doen. In een van die jongste verwikkelinge is die omstrede stadsprokureur, Krystal Crittendon, uit haar pos geskop deur Bing en ses raadslede omdat sy die samewerkingsooreenkoms om die stad te red in die wiele gery het. Tot onlangs wou die raadslede nie met Bing saamwerk om haar uit die pad te kry nie. Watson het daarteen gestem dat haar mede Afro-Amerikaner haar pos verloor. Crittendon het verlede jaar ‘n saak teen die staat van Michigan gemaak om die regsgeldigheid van die ooreenkoms te bevraagteken en het ook aangevoer dat dié staat Detroit miljoene dollar skuld. Michigan het op sy beurt gesê dat hy sy reddingsboei (geld) gaan weerhou weens die betrokke saak. Die saak is uiteindelik uit die hof gegooi. Een kommentator merk op dat Crittendon se skuldeis daarop dui dat haar uitgangspunt is dat iemand anders vir Detroit se finansiële probleme verantwoordelik is, en dat die blankes “upstate” daarvoor moet instaan. ‘n Joernalis merk tereg op dat die verydeling van pogings tot onlangs nog om die stad van finansiële ondergang te red uiteindelik nie oor geld handel nie, maar oor mag en ras. Mag berus natuurlike op politieke mag, en swart Demokrate beskou die stad as hulle politieke platform, skryf hy.

lede jaar tot 411 gestyg in vergelyking met die vorige jaar se 377 en 327 moorde in 2010. Laat verlede jaar het Forbes aangevoer dat Detroit as die nommer een misdaad-stad in Amerika gereken kan word. Volgens die jongste misdaadinligting oor die stad het die meeste gewelddadige misdaad, behalwe roof afgeneem. Die styging in die moordstatistiek die afgelope vier jaar vertel egter die ware verhaal omtrent misdaad in die stad. Baie van die moorde word met dwelms verbind, terwyl ander bronne weer op werkloosheid en armoede fokus. Die onderbefondsing van die polisie en brandweer asook donker strate weens die stad se finansiële krisis sorg dat mense op hulself aangewese is. Die burgemeester, Dave Bing, het tydens die bekendmaking van die 2012-misdaadsyfers aangevoer dat sowat 1 000 meer polisiemanne ‘n verskil aan die hoë moordsyfer in die stad sal maak.

Misdaad Geen wonder dat Detroit dikwels as die misdaad-hoofstad van Amerika beskryf word nie, want sedert 1969 (tot en met die middel van verlede jaar) is 21 000 mense in die stad vermoor.

Rassespanning en uittog van inwoners Die hele demografiese proses van immigrasie en migrasie (tussen byvoorbeeld stede) is baie nou met Amerika se geskiedenis vervleg. Swartes uit hoofsaaklik Afrika het aanvanklik in Amerika beland weens onder meer slawehandel. Sedert die 1960’s het immigrante uit Mexiko, Sentraal en Suid-Amerika, Asië en Afrika-lande in (Noord-)Amerika beland vanweë veranderde immigrasie wette. Na hierdie immigrante word daar in Amerika en ander lande heel misleidend verwys as sogenaamde minderhede, waaronder die “Hispanics” tel. Dit moet ook gemeld word dat die term, blank, oënskynlik heel ruim deur die Amerikaanse Sensusburo gebruik word. Ekonomiese en veral politieke faktore het grootliks daartoe bygedra dat die

Vervolg op bl. 7


DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 7 Vervolg vanaf bl 6 beweging van die onderskeie rasgroepe deurentyd vloeibaar gebly het. “Blockbusting” is deur huisagente toegepas om swartes in blanke woonbuurte te vestig wat weer die blanke vlugtog (“white flight”) aangehelp het. Die term, “black flight”, word ook gebruik en vorm ‘n studie op sigself. Die agente het blykbaar ‘n wins gemaak uit blankes wat teen ‘n verlies verkoop het. Detroit se eerste swart burgemeester, Coleman Young, was berug vir sy openlike rassistiese uitsprake teen blankes. Hy meld egter in sy outobiografie dat die blanke uittog, industrieel en sosiaal “Detroit with the damnedest demographics in America” gelaat het. Een van die beste voorbeelde van politieke diktatuur is die gedwonge integrasie wat in die 1970’s deur ‘n hofbevel afgedwing is deur swart/gekleurde skoolkinders met busse na hoofsaaklik blanke buurte aan te ry. Blanke skoolkinders moes weer na die middestad gedeeltes aangery word. Dit het daartoe bygedra dat blankes nog verder uitgewyk het en staatskole ongewild by blanke ouers geraak het. Die onderskeie rasse het verskeie kere in Detroit se geskiedenis met mekaar gebots. Die uittog van blankes van gemengde woonbuurte na meer homogene voorstede het plaasgevind namate veral swartes in voorgenoemde buurte ingetrek het. In 1967 (in ‘n relatief vooruitstrewende tydperk) het die ergste rassebotsings in Amerika uitgebreek, waarna die blankes op groot skaal na die voorstede padgegee het omdat stedelike geweld (misdaad) toegeneem het. Die uittog was egter nie net na die voorstede nie. Meer as ‘n kwart van Detroit se inwoners het die stad volgens die Amerikaanse Sensusburo teen Julie 2011 verlaat (sedert 1950 het Detroit meer as 60% van sy inwoners verloor). Ontvolking beteken natuurlik noodwendig ‘n daling in belastinginkomste en verval. Die uittog van mense uit die stad is dan ook die rede vir die sogenaamde afname in segregasie in woonbuurte (wat aldus die 2010-sensus plaasgevind het) meen die New York Times. Haglike verval Die uittog van inwoners en die 2008resessie is van die faktore wat die stad se verval verhaas het. Leë eiendomme en lae bevolkingsdigtheid in bepaalde buurte soos onder meer Brightmoor en Delray is van die grootste probleme waarmee die stad worstel. In 2010 is sowat 3 000 van altesaam 10 000 vervalle huise deur die stadsbestuur platgestoot. In sommige gevalle is hele straatblokke se huise platgestoot. Finansiële probleme en swak bestuur het egter deur die jare daarvoor gesorg dat die agteruitgang kwalik gestuit kon word. Laat verlede jaar is die Sensusburo aangehaal dat 3 uit elke 10 huise leeg is. Die helfte van die eiendomme is teen $50 000 of minder gewaardeer. Tog is daar ‘n tekort aan huise in goeie areas meen ‘n eiendomsagent. Pryse wissel ook van woonbuurt tot woonbuurt. Dit is egter opvallend dat die woonbuurte verder van die middestadsgebied nie agteruit gegaan het nie en mense dikwels slegs ander werk as dié in die motorbedryf gekry het. In reaksie op raadslid Watson se quit pro qui (“bacon”)-uitspraak word gesê

Detroit is platsak na dekades van Demokratiese oorheersing, die linkses se hoë belasting, ‘n beleid van spandering, wanbestuur, korrupsie en rassisme. Onder Coleman Young is ‘n beleid van politieke ‘herverdeling’ gevolg, eerder as ‘n beleid van heropbouing, meen ‘n kommentator. Tot onlang toe het verskeie pogings om in die Bing-bestuur in te gryp, gelei tot aanklagte van rassisme. Armoede en werkloosheid Ekonomiese en sosiale faktore in Detroit is baie nou vervleg met die motorbedryf in die stad wat bekend staan as Motown of die motorstad vanweë die groot motorindustrieë en onderdele vervaardigers wat daar gevestig is. Die werksgeleenthede in die motorbedryf kan teruggevoer word na die vestiging van Ford en ander motorvervaardigers sedert 1903 in die stad. In die eerste helfte van die twintigste eeu was daar 125 motormaatskappye in die stad. General Motors, Ford en Chrysler het as die groot vervaardigers uitgestyg. Ford het op ‘n stadium die meeste swartes in diens gehad. In die 1930’s het vakbonde bloedige dispute met vervaardigers verklaar,

noemde syfer toon dat swart armoede nie deur swart leierskap verlig is nie. Slotsom Een van die menings is dat ‘n grondoorsaak van Detroit se ineenstorting gesoek moet word in die “versaking deur die middelklas” wat onvermydelik is wanneer ‘n manie om demokratiese gelykheid te bewerkstellig die norm word, want demokratiese state konsentreer op die armstes en die mins produktiewe ten koste van die mees produktiewe om te bewys dat daar pogings aangewend word om gelykheid af te dwing. Die resultaat is dat ‘n gemeenskap vir politieke doelwitte leeg gebloei word. Voorafgaande mening kan herlei word tot twee faktore, naamlik dat die politieke beleidmakers gesorg het vir die demografiese samestelling van Detroit weens die migrasie van veral blankes. Coleman Young het in 1990 tydens ‘n televisie-uitsending getiteld, Detroit’s agony, gesê: “In hierdie land, is swart mense die slagoffers van rassisme. Dit is nie toevallig dat die stede oor die land wat die grootste persentasie swartes het die hoogste persentasie armoede, misdaad en werkloosheid het nie.”

Brandstigting is een van Detroit se grootste probleme en lei daartoe dat baie skole verlate staan (bo links en regs). Derduisende rondloper honde (links) dwaal rond in Detroit. maar sedert die 1950’s het motorvervaardigers al hoe beter vir hul werkers gesorg. Te midde van al die welvaart het die werksverliese toe al reeds begin. Desentralisering, nuwe tegnologie en ekonomiese faktore in Amerika en wêreldwyd is enkele van die grootste redes hiervoor. Sedert die resessie in 2008 is Amerika se grootste motorvervaardiger, General Motors, deur staatsingryping van ondergang gered. Laat verlede jaar is berig dat huispryse weer begin styg omdat die motorbedryf ‘n herlewing beleef. Detroit se agteruitgang moet opgeweeg word teen die verhaal van Pittsburg, waar die staalbedryf veel erger in die 1970’s en 1980’s as die motorindustrie getref is. Dit het nie tot opstande en brandstigting gelei nie. Inteendeel, Forbes het onlangs Pittsburg as een van die mees “leefbare” stede in Amerika benoem, en The Economist beskryf die stad as die beste stad in Amerika. Pittsburg is een van die witste stede in Amerika. Volgens ‘n 2011-verslag is bykans die helfte van die volwassenes in Detroit ongeletterd. Dit kan herlei word tot ‘n baie lae skoolbywoning desondanks die feit dat daar in die 2010-2011 tydperk $15,945 per leerling spandeer is. Die nasionale gemiddeld gedurende 2007-2008 was $10, 259. In die middestad-omgewing word groot armoede ervaar. Werkloosheid is voorverlede jaar op bykans 20% gestel, terwyl armoede 32,3% was. Laasge-

Die kommentator het indertyd direk na Young se opgemerking uitgewys dat in Detroit is die swartes nie net die meerderheid nie, maar hulle is ook die gesag aangesien hulle die polisie, die howe, die skole en stadsopset beheer. Nogtans het swart politieke mag nie ekonomiese welvaart beteken nie. In ‘n reaksie hierop het ‘n Amerikaanse joernalis verlede jaar opgemerk dat indien blanke beheer onderdrukkend sou wees, behoort die verwydering daarvan die probleem te verlig. Dit wil voorkom asof Paul Kersey, die skrywer van Escape from Detroit: the collapse of America’s black metropolis (2012), se uitgangspunt in sy deeglik nagevorste boek is dat swartes (AfroAmerikaners in sy woorde) nie in staat is tot selfregering nie, en dat ‘n liberale plan om ‘n swart beheerde Amerika daar te stel gevolglik sal lei tot dieselfde vlak van destruksie regoor Amerika. Hierdie siening is heeltemal strydig met die siening wat gehuldig word deur die (meeste) Amerikaners, nuusagentskappe en die Amerikaanse regering, naamlik dat die enigste rede vir swart Amerikaanse armoede eintlik wit rassisme is (vergelyk Coleman Young se opmerking in 1990). Hierdie siening word ten beste vervat deur die Kerner Verslag wat na die rasopstande in 1967 verskyn het. Die oplossing vir die probleem is dan ook om groot somme geld op sogenaamde groot gemeenskapsprogramme te spandeer wat daarop gemik is om gelykheid tussen rasse te bewerk-

stellig deur welsyn, onderwys en ‘bemagtigingsprogramme’. Dit is trouens die ‘oplossing’ wat wêreldwyd aan blankes gepropageer word as “wit skuld” aan swart/gekleurde ‘slagoffers van armoede’ te midde van ‘n merkbare toename van gewelddadige aanvalle en moorde deur swartes en gekleurdes in Europa, Amerika en natuurlik in SuidAfrika. Die feit dat blankes wêreldwyd in dieselfde bootjie is, kan in die woorde van ‘n jong Amerikaner, Matthew Heimbach, saamgevat word. Hy waarsku teen die gevare van Marxisme en ‘n multikulturele samelewing. Heimbach maan ook dat ‘n “volksmoord” aan die kom is wanneer minderheidsgroepe meer as die Amerikaanse blanke bevolking word. In ‘n onderhoud wat Russia Today onlangs met Heimbach gehad het, is verlede jaar se demografiese samestelling met dié vir 2060 vergelyk. Tans is daar nog 63% blankes in Amerika en 37% ‘minderhede’. Teen 2060 sal daar 43% blankes en 57% ‘minderhede’ wees. Dit lyk soos die demografiese projeksies vir die meeste Europese lande. Sommige skrywers wil “simboliese” betekenis heg aan Detroit se ondergang onder swart leierskap. Dit is eens as “Parys van die Weste” en die “Arsenaal van demokrasie” beskryf, maar ná bykans veertig jaar is dit bloot ‘n ‘simbool’ van mislukking, onbevoegdheid en verval. Detroit versinnebeeld inderdaad die lot van talle stede en lande onder swart bestuur. Daar is egter weinig simboliek verbonde aan die harde werklikheid dat die stad telkemale bankkrot was, maar dat daar in die verlede bloot voortgegaan is omdat daadwerklike ingryping ‘n refleksie sou werp op die swart bestuur van die stad. Deur boedel oor te gee, sou ‘n toegewing deur die swartes self én liberale blankes wees dat Detroit onder swart leierskap misluk het. Gegewe die geskiedenis van Detroit het die hele politieke “droom” van die Amerikaners oor gelykheid sienderoë platgeval. Die kern van die saak is egter nie geleë in die argument of swartes in staat is tot selfregering nie, maar eerder dat multikulturalisme en integrasie uiteindelik daartoe lei dat die een ras demografies, polities en godsdienstig (die instroming van Moslems in Europa is ‘n goeie voorbeeld daarvan) die knie voor die ander moet buig. Demografiese projeksies en nuusgebeure regoor die wêreld toon dat die blanke ras aan die kortste ent trek ten opsigte van hul geboortesyfers, ekonomiese faktore soos welsyntoelae en behuising aan ‘minderhede’ en steeds stygende misdaad deur ‘minderhede’ teen blankes. Die rol van politieke mag hang uiteraard weer saam met getalle wanneer dit by die stembus kom. Verkiesings verlede jaar in Europa het duidelik getoon dat daar rekening gehou moet word met die ‘minderhede’ in lande soos Frankryk en Spanje. Derduisende juigende Moslems uit Afrika en die Ooste het daarvan getuig dat hulle tevrede is met die uitslae van die presidentsverkiesing in Frankryk. En dáár, net soos in Amerika met die herverkiesing van die gekleurde Barack Obama as Amerikaanse president, sal die swartes en gekleurdes “bacon” (geld en ander voordele) as beloning verwag.


8 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013

Terreur teen die Afrikaner

In die parskuip

Pieter Oosthuizen Julle word almal voorspoed vir hierdie jaar toegewens. Ons gaan dit nodig hê om te kan oorleef. Ons sal diep in ons kreatiewe reserwes en intellek moet grou om kop bo water te hou hierdie jaar. In elke mens se lewe is daar faktore waaroor hy ‘n beheer het en ander waaroor hy geen beheer het nie. Ons sal terwille van oorlewing moet fokus op die faktore in ons lewens waaroor ons wel beheer het, en die elemente versterk. Hier dink ek maar aan ons finansies en omvang van ons skuld, ons algemene gesondheid en gesonde leefstyle, familiebetrekkinge, ons geloof in Jesus Christus as ons God en ons Verlosser, en helaas ons eie veiligheid. In die dae wat mense vir weke in isolasie met gangrene in hulle ledemate in hospitale sit en wag op behandeling, moet ons na ons gesondheid omsien deur ‘n leefstyl aan te leer van gesond eet wat gepaard gaan met fisieke inspanning of oefeninge. Niemand wil in hierdie dae in die staatshospitale beland nie, want dit het in blote wagkamers op die dood verander. Ons veiligheid in die dae van ‘n volksmoord op Afrikaners, laat nog veel te wense oor. Ons moet ons slaapkamerdeure versterk. Te alle tye moet daar net een of geen deur oop wees nie. Vuurwapens beteken niks in ‘n kluis nie, en moet nie eens die binnekant van jou kluis sien nie. My handvuurwapen is al vir agt jaar binne bereik. Selfs op die pad moet jou vuurwapen letterlik in jou hand wees te alle tye. Die dag kom nader dat ons voorbereide water alleen gaan drink as gevolg van vlakke van besoedeling van ons waterbronne, bogronds sowel as ondergronds. Besoedelde water se gif gaar op in jou gestel, en lei net op ‘n dag tot oomblik-

like nierversaking. Dan is jou lewenskwaliteit onmiddellik daarmee heen. Ons oudag en die voorbereiding daarvoor is ‘n kommerwekkende realiteit. In ouetehuise word oumense vermoor en uitgebuit. Ons sal in groepe moet bymekaarkom en kommunale wooneenhede oprig. Op die webblad van Orania is daar oulike konsepte beskikbaar wat reeds met groot sukses in Brittanje en Australië van stapel gestuur is. Ook hieraan kan ons iets doen as ons dit betyds doen. Ons sal betyds moet begin om op een of ander manier fondse te genereer vir ons aftreedag, al beteken dit dat jy nou moet afskaal op jou lewenskwaliteit. Die maklikste manier om dit te doen, is om natuurlik van al jou skuld ontslae te raak en die ekstra fondse dan te begin spaar vir jou oudag. Wat ons eksterne omgewing betref waaroor ons geen beheer het nie, is die een wat die grootste en tans vernietigendste op ons lewens inwerk, natuurlik die regering. Ons moet besef ons sit met ‘n klomp onopgevoede kinders wat nou grootmense geword het in die regering. Hulle dink soos kinders en het glad nie die denkvermoë van ‘n volwassene of ‘n lid van ‘n beskawing nie. Ons regering dink en tree op soos kinders in ‘n barbarestam. Hulle logika is die logika van kinders in die Steentydperk, en dit gaan nie verander nie. Dit kan nie verander nie, en wil nie verander word nie. So ons gaan met die risiko’s leef van ‘n groep mense sonder ‘n regering. Ons gaan nie enige vorm van effektiewe regering hê nie, hetsy hospitale, of opvoeding, of weermag, of polisie, of plaaslike regering, of bekamping van besoedeling, of beheer van die toestroming van onwettige immigrante nie. Ook gaan daar geen beheer of bekamping van misdaad of geweldsmisdaad wees nie. Die massas se eise gaan net toeneem en hulle gaan hulself in semi-terroriste verander en die blankes teiken. Ook die subtiele aanhitsing tot geweld teenoor blankes wat daagliks uit die SABC en die gedrukte media voortdurend voortspruit, gaan aanhou. Die advertensiewese projekteer in ‘n toenemende mate die blankes as die misdadigers en ‘slegte ouens’. Dit het natuurlik ‘n boodskap vir die onderbewus-

syn van die swart massas dat blankes sleg is en natuurlik, maar met geweldsmisdade geteiken kan word. Ons gaan in ‘n toenemende mate jaarliks sit met verskeie geslagte van verlore jeugdiges in die swart bevolking. En wanneer hierdie verlore jeugdiges dan volwasse raak, gaan jy jaarliks met ‘n groeiende populasie van swart massas sit wat ekonomies niks beteken of opgelei is nie, maar nog steeds die behoefte van volwassenes het soos voortplanting, behuising en kos. En hoe hulle dit in die toekoms gaan kry, gaan net op een manier geskied en dit is plunderary van boere se landerye, en rooftogte van individue wat verbruikersgoedere in hulle huise het, naamlik ek en jy. Waarom sê ek so? Eenvoudig. Dit het die afgelope paar weke in koerante verskyn dat swart skoolleerlinge voor die voet van die laerskole tot die hoërskole bevorder word met jaarpunte van 25%. En iewers brand hierdie ongeletterdes vas, hetsy op die hoërskool of tersiêre inrigtings. En selfs die regering se abdikering in die verband deur die aanstelling van die Amalusi-groep wat matriekresultate ‘nagaan en beheer’, werk nie. 2012 se matriekuitslae was bykans 10 keer aangepas, net ‘om dit beter te laat lyk’. En hierdie tipe van misleiding vererger net die probleem. Iewers loop ‘n onbevoegde kandidaat homself vas, en veroorsaak groot skade aan die ekonomie en die land met sy ongeletterdheid. Kyk maar na die groot getalle doellose televisieadvertensies wat deesdae te siene is op die SABC se televisiekanale. Oor baie van hulle wonder jy wat die produk was wat hulle adverteer? Dit is almal advertensies wat deur ‘regstellende aksie’ kandidate ontwikkel was vir maatskappye. Die probleem is dat hierdie advertensies om net een keer vir 30 sekondes op die televisie te verskyn, sowat R100 000 kos. En dit verskyn menigmaal. En omdat dit sulke sinlose advertensies is, word daar nie meer produkte verkoop wat die advertensie regverdig nie. Die probleem is dat die onderneming nou reeds miljoene rande aan ‘n nuttelose advertensieveldtog spandeer het, sonder enige resultate. En dan word hierdie onsinnige advertensieverlies verhaal deur die produkte se pryse te verhoog. En

ek en jy ly dan daaronder, want ons moet nou meer betaal vir produkte wat deur ongeletterde swart ‘bemarkers’ geadverteer was. Ek en jy betaal die prys vir al sulke advertensiemislukkings. Die vervaardiger van die produkte dra nie daardie verliese nie. Een voorbeeld is die Mi-Waykorttermynversekering se advertensie, waar die motorbestuurder willens en wetens in parkeerterreine inry en ander motors stamp. So argeloos soos hulle optree en nie omgee vir ander se besittings nie, word hierdie vernietigingskultuur as ‘n ‘normale’ voorgehou. Dit alleen maak mense so woedend dat hulle nooit vir Mi-Way sal ondersteun nie. Ook uit die staatspresident se perspektief blyk die ongeletterde denke wat heers in die hoogste amp in die land. Op 7 Januarie 2013 het Zuma die ANC-propaganda, genaamd ‘sensusdata’ gebruik en meen hy daar is nog steeds ‘n groot verskil tussen die inkomstes van blanke huishoudings en swart huishoudings, en dat die feit alleen ‘versoening tussen blankes en swartes bemoeilik, en dat die probleem aangespreek moet word tydens die volgende fase van die ANC se revolusie’. So ‘n eenvoudige stukkie terreur-ideologie wat as propagandastelling net so terloops as ‘n feit aangebied word oor nasionale televisie het ek nog nooit waargeneem nie. Dit sê nog meer van die intelligensie van die 60 miljoen swart massas wat sulke twak glo en as waarheid beskou. Duidelik moes Zuma in beheer van die VN of selfs Amerika gewees het, want met een sin kan hy al die pyne, kwale en probleme van die wêreld oplos. Hy behoort die Nobelprys vir ‘n eensin-oplossing te verower. En Naspers het natuurlik besluit om die regering se hand te sterk met hulle propagandapogings. Reeds vroeg in die jaar het Rapport sy swaargewig tref-en-trap-propagandiste begin inspan om die psiges van die Afrikaner verder te vernietig. Propagandiste soos dr. Christo Landman en prof. Wilhelm Jordaan het sommer vroegvroeg artikels begin plaas, waarop lesers geen repliek kan lewer nie. En dit het weer eens te doen met aanvalle op die grondbeginsels van die Evangelie van Jesus Christus en die Protestantse geloof. Duidelik is daar by Naspers ‘n voorkeur vir

ateïste en betekenislose postmoderne propagandiste. Die mees tragiese verwikkeling vir my is die feit dat Maroelamedia dieselfde tipe van propaganda in hulle nuusberigte begin bedryf. Waar kriminele in swart woonbuurte aangekeer word, word ‘n foto by die berig geplaas van ‘n witmens se hand wat agter tralies is, so asof die misdaad deur blankes gepleeg word. Ook meld Maroelamedia nie of dit blankes of swartes is wat die misdaad gepleeg het nie. Dit is natuurlik ‘n sosiale verontskuldiging van die misdadiger en die boodskap wat uitgaan, is dat misdadigers verseker kan wees dat die media aan hulle anonimiteit gaan verleen, sonder enige vereistes van sosiale verantwoordelikheid deur die gemeenskappe wat hierdie misdadigers produseer. En Maroelamedia is ook van die tipe wat internetsensuur toepas en kommentaar weier of verwyder wat nie by die skrywer se tref-entrap-opinies inpas nie. Om deur al hierdie verdraaiings in die media te kan sien wat die waarheid is, sal ons moet wakkerloop. Een van die opsies wat ons kon oorweeg om die volksmoord teen Afrikaners, en die oortreding van die Roomse Statute te beveg, was natuurlik om sake teen die aanhitsers van volksmoord, soos Zuma wat verlede jaar gesing het dat ‘die Boere met kanonne geskiet moet word’, te maak. Maar soos ‘n bekende advokaat aan my gesê het: “Selfs die Grondwet Hof is 95 % ANClede, en sal nooit so ‘n uitspraak teen die staat maak nie.” “Die regstelsel is in sy peetjie in”, sê hy. En dit beteken vir my en jou dat ook hierdie weg nie eintlik gaan werk nie. Ons is in ‘n hoek vasgekeer of vasgeverf. En ek hoor hoe die voete die Afrikaners in die parskuip begin trap dat die bloed loop. Hierdie jaar is die jaar van die Afrikaner-parskuip. Pieter Oosthuizen is 'n strateeg en nagraads opgelei aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit onder generaal H de V du Toit. Sy boek: Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verklaar in detail, die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die volksmoord van Afrikaners. Die boek is beskikbaar op die web by: www.neo-genocide.com of kan bestel word by: pieter@neo-genocide.com


DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 9

EKONOMIE EN TEGNOLOGIE Adam Jacobs: Beleggingsvooruitsigte vir 2013 Samevatting Die jaar 2012 was ‘n onstuimige jaar op die finansiёle markte met redelike groot fluktuasies in aandeelpryse en op valutamarkte. In die eerste aantal maande van die jaar het aandeelpryse ook sywaarts tot laer geneig maar daarna merkwaardig herstel. Vooruitsigte vir 2013 is nie minder onseker nie. Die fiskale probleme in die VSA en Europa gaan nog vir ‘n aansienlike tyd markte beïnvloed en in die eerste helfte van 2013 mag dit selfs negatiewe invloede tot gevolg hê. Die grootte van die VSA en Euroland se ekonomieё tesame, is van sodanige omvang dat dit die gang van sake in ander dele van die wêreld steeds wesenlik kan raak. Aan die positiewe kant wil dit voorkom asof Sjina se ekonomie ‘n groeimomentum van 7% kan handhaaf. Ander lande in Asiё, (met die uitsondering van Japan), asook Afrika lande se groeikoerse behoort ook meer gunstig as dié van die erkende nywerheidslande in die Weste te wees. Nietemin, is dit onwaarskynlik dat wêreldgroei, gemiddeld beoordeel, beter as in 2012 sal wees.

Waar staan ons tans met die finansiële- en kommoditeitsmarkte? Met verwysing na die belangrikste veranderings (in persentasie weergegee) in die syfers betreffende onder meer wisselkoerse, edelmetaalen oliepryse, die belangrikste aandeelmarkte en inflasiekoerssyfers vanaf Desember 2011 tot dieselfde tyd verlede jaar (wat in die oorspronklike teks weergegee is), merk die skrywer op dat die volgende daaruit blyk: Die wisselkoers van die rand het na ‘n sterk daling in 2011, in 2012 matig verder verswak en teenoor die jen versterk weens ‘n verswakking in dié geldeenheid teen jaareinde. Die hoofrede vir die matige daling in die waarde van die rand gesien die groot tekort op die lopende rekening van die betalingbalans, bly ‘n groot netto invloei van portefeulje kapitaal. Dit is natuurlik as gevolg van aankope van effekte deur buitelanders. Of dit in die komende jaar op dié skaal sal voortduur is te betwyfel. Grootliks weens die verwikkeling, hiervoor genoem, het kapitaalmarkrentekoerse in 2012 gedaal. Inflasiekoerse se koerstoenames het verlangsaam hoofsaaklik weens laer koerstoenames rakende voedselpryse en pryse van invoere. Pryse van buitelandse aandele het, nieteenstaande swak groeikoerse, in 2012 verbeter. In die RSA het die totale indeks meer as verwag gestyg, terwyl die hulpbronne indeks prakties onveranderd gesluit het. Hoe lyk die pad vorentoe? In die loop van 2012 het die reёle groeikoers, (BBP), swakker geneig. Vir 2013 word ‘n effens beter groeikoers voorsien, sowat 2,5%, weens die meer mededingende posisie van die land as gevolg van ‘n meer realistiese wisselkoers. Die

Myns insiens het beleggingsrisiko’s intussen ook vergroot. Die rede is dat winste swakker neig nadat dit aanvanklik goed vertoon het weens koste besnoeiïngs. Laasgenoemde kan nie onbeperk voortduur nie. Gevolglik kan die gemiddelde prys/ verdienste verhoudings styg. Die ander groot onsekerheid is wat inflasiekoerse in die loop van 2013 gaan doen, gesien die groot monetêre stimulasies wat nou reeds vir ‘n ruk duur. Sou inflasiekoerse begin styg, en monetêre owerhede noop om minder verruimende beleidsrigtings te volg, kan kapitaalmarkrentekoerse begin styg met nadelige gevolge vir beide effekte- en aandeelpryse. Hierdie paar samevattende opmerkings, sal in die teks wat volg uitgebrei word. (Hieruit moes daar uittreksels en samevattende verwysings gemaak word vanweë beperkte spasie in die koerant. Tabelle kon ook nie weergegee word nie). Dit dui daarop dat sover dit beleggings in finansiёle markte betref, daar maar katvoet in die volgende jaar geloop moet word.

wisselkoers van die rand kan in 2013 verder verswak, gesien die groot tekorte op die lopende rekening van die betalingsbalans wat in 2013 verder kan styg. Hiermee saam moet besef word dat die omvang van netto invloei van kapitaal die een of ander tyd sal begin verlangsaam. Dit kan verdere afwaartse druk op die wisselkoers meebring. Dit kan veroorsaak dat die inflasiekoers versnel en kapitaalmarkrentekoerse styg - veral ook indien die land se soewereine kredietwaardigheid verder afwaarts aangepas word - wat moontlik lyk. In 2012, het die totale opbrengs van alle effekte, (“bonds”), steeds goed vertoon soos bereken deur die SA Reserwebank. In 2011 het dié indeks met 8,8% gestyg en het dit vanaf Desember 2011 tot Oktober 2012 ‘n opbrengs van 12,4% gelewer. In Oktober het dit egter vir die eerste keer in ‘n lang tyd laer geneig en toon dit ‘n daling van 0,6% vergeleke met September. Ek voorsien dat hierdie indeks in 2013 kan daal of baie lae opbrengste sal bied. Beleggings in kapitaalmarkbates behoort dus vir 2013 vermy te word. Opbrengste op die geldmark is tans laer as die inflasiekoers. Hierdie situasie kan in 2013 voortduur en gevolglik voorsien ek nie veel vreugde ten opsigte van beleggings in hierdie markte nie. Pryse van kommoditeite in VSA$terme gemeet, het die afgelope jaar steeds nie goed gevaar nie. So byvoorbeeld toon Reuters se CRB kommoditeitsindeks ‘n daling van 3,4% die afgelope jaar wat volg op ‘n daling van 8,3% in 2011. Kommoditeitspryse behoort op huidige laer vlakke te bly solank as wat wêreldgroei traag bly. Nietemin moet besef word dat voorraadvlakke afgebou is en dat dat daar die een of ander tyd weer groter aankope sal begin intree. Gegewe die verwagte verdere verswakking in die wisselkoers van die rand, alhoewel minder teenoor die VSA$ as teenoor die euro

weens verwagte dollar swakte, behoort opbrengste in randterme dubbelsyfers te haal. Goud en platinum kan beter vaar weens inflasieverwagtinge wat kan toeneem asook die juweliersvraag wat hier ‘n rol speel. Dan is daar die produksie onderbrekings in die RSA se myne wat ook in gedagte gehou moet word en wat die pryse kan bevoordeel volgende op die laer produksievolumes. Dit bring my by vooruitsigte vir aandele op die JEB. Allereers waar staan ons tans sover dit dié beleggingsmedium betref? Die grafiek wat in die oorspronklike teks gegee is, toon die weeklikse pryse sedert 7 Januarie 2000. Die indeks het van 8 653 tot 39 260 op 31 Desember 2012 gestyg. Dit verteenwoordig ‘n styging van 354%. In dié tydperk het die inflasiekoers met byna 100% gestyg. Dit dui daarop dat oor tyd, beleggings in aandele nie net die inflasiekoers geklop het nie, maar ook positiewe reёle ná-belaste opbrengste gelewer het. Let egter ook daarop dat daar tye is wanneer beurspryse daal of sywaarts verloop. Dalings het in die tydperk 2002 tot 2003 en in 2008 tot 2009 voorgekom. Daar is dus nie ‘n waarborg dat aandeelpryse, gemiddeld, elke jaar sal styg nie. Daarom moet beleggings in aandele altyd as ‘n langtermyn belegging gesien word. Die vraag is nou: is daar gevaartekens dat beurspryse in 2013 dalk kan daal of nie aan verwagtinge kan voldoen nie sodat dit nie positiewe reёle ná-belaste opbrengste kan bied nie? Immers, die totale indeks het vanaf 24/10/2008 tot einde 2012 reeds met 112% gestyg. Myns insiens is daar ‘n paar tekens om dop te hou soos: Is die prys/verdienste verhoudings hoog of laag? Is die diwidend opbrengste hoog of laag? Hoe lyk ‘n maatskappy se diwidenddekking? Is dit hoog of laag? Is die verhouding van bedryfsbates tot –laste gesond? Het die aandeelpryse die afgelope jaar of twee reeds baie gestyg of andersom? Styg beurspryse vinniger as die nominale toename in die BBP? Is ‘n betrokkke aandeel se betawaarde hoog of nie? Hoe lyk die verdienste per aandeel se opbrengs teenoor die opbrengste van alternatiewe beleggings? Bied ‘n aandeel verskansing teen ‘n swakker wisselkoers? Staan die aandeel se prys teen ‘n diskonto op sy intrinsieke waarde of nie? Voorgaande is voorbeelde van faktore wat in aanmerking geneem moet word saam met ‘n maatskappy se geskiedenis, die sektor waarin dit opereer en die bewese bestuursvermoё van persone in beheer daarvan. Vervolgens gaan daar aan enkele van die vereistes vermeld, aandag gegee word. Die prys/verdienste (p/v) verhouding is ‘n rowwe aanduiding of ‘n aandeel, of ‘n indeks, gemiddeld beoordeel, relatief goedkoop of duur is. Ek beskou slegs die huidige

situasie en nie die raming daarvan ‘n jaar of twee vooruit nie. Met verwysing na die grafiek in die oorspronklike teks word opgemerk: die gemiddelde p/v verhouding sedert 2002 is 14,1. Volgens my norme begin die mark duur raak indien die p/v 15 oorskry en is die mark relatief goedkoop indien die verhouding laer as 10 is. Teen einde Desember 2012 was die gemiddelde p/v verhouding 14,81 wat effens hoёr as die langtermyn gemiddelde van 14,1 is en net laer as 15. (Teen 4 Januarie vanjaar het dit op 15,2 te staan gekom.) ‘n Jaar gelede het die syfer op 12,71 gestaan. Dit beteken dat die afgelope jaar die pryse van aandele 16,5% vinniger gestyg het as wat winste, gemeet as verdienste per aandeel, toegeneem het. Die mark is gemiddeld dus duurder as ‘n jaar gelede, maar nie uitermatig duur nie. Die vraag is egter hoe winste in die loop van 2013 kan verloop. Om dié vraag te beantwoord, is ‘n grafiek gegee om die verdienstes per aandeel en prys groei op ‘n indeks grondslag aan te toon met Junie 2000=100. Die grafiek wat gegee is, toon dat oor tyd ‘n noue verwantskap bestaan tussen verdienstes en die prys van aandele. Daar is egter tye wat die gaping tussen prys en verdienste oopmaak en andersom. Uit die syfers blyk dit dat die verdienstes vanaf Augustus verlede jaar, jaarop-jaar gemeet, aanmerklik verlangsaam het en die afgelope 5 maande teen ‘n koerstoename van slegs ongeveer 6% gestyg het, terwyl aandeelpryse in dié periode met byna 13% toegeneem het. Daar sal dan ook gemerk word dat die p/v verhouding weens dié verwikkeling toegeneem het. Gegrond op hierdie basiese verhouding se verloop, kan die afleiding gemaak word dat daar min ruimte bestaan vir aandeelpryse om in 2013 verder te styg, in ag genome die feit dat risiko’s aansienlik vergroot saam met ‘n hoёr p/v verhouding. Die vraag is egter of die ekonomie nie dalk sal kop optel wat winste sal kan laat versnel nie en die p/v verhouding se styging kan bekamp nie. Om dit te toets, moet ons kyk na twee stelle gegewens. Hoe verloop aandeelpryse teenoor die nominale BBP en hoe verloop aandeelpryse teenoor die leidende aanwyser van die sakesiklus. Die afgelope jaar het die pryse van aandele 8% vinniger as die nominale BBP gestyg. Die vorige jaar het dit met 10% gedaal. Die grafiek wat gegee is, dui daarop dat in beide die VSA en die RSA die leidende aanwysers van die sakesiklus die afgelope jaar grootliks sywaarts verloop het, terwyl aandeelpryse gestyg het. Hiervolgens wil dit voorkom asof daar vir minstens die volgende 6 maande nie ‘n versnelling in ekonomiese groei te wagte moet wees nie. Inligting uit dié twee grafieke dui daarop dat aandeelpryse in 2013 waarskynlik nie so goed as die afgelope jaar sal vaar nie. Maar dan is daar die vraag: waarheen dan met beleggings? Hierdie vraag word deels beantwoord deur te kyk na die relatiewe waarde wat

aandele bied teenoor die verloop van rentekoerse op beide die kapitaal- en geldmarkte. Die relatiewe waarde grafiek dui daarop dat gegewe die rentekoerse wat verdien word, dit is histories gesien, steeds goeie waarde bied om in aandele te belê. Sou rentekoerse egter begin styg, dan verander die prentjie as verdienstes van aandele nie ook sou toeneem nie. Dit word nie voorsien dat so iets minstens in die eerste helfte van 2013 sal gebeur nie, maar verwikkelinge sal deurgaans dopgehou moet word.

Wat staan beleggers te doen? Dit lyk of daar min vreugde in 2013 gaan wees in beleggings in die kapitaal- en geldmarkte. Beleggings in kommoditeite behoort beter te vaar, maar daar word natuurlik geen rente of diwidende daarop verdien nie. Dit laat die effektebeurse maar weer eens die plek om te kyk vir waarde om minstens ‘n positiewe reёle na-belaste opbrengs vir 2013 te probeer verdien. Maar ook op die beurse is daar vanjaar groter risiko’s as verlede jaar. In besonder is daar sekere sektore en indiwiduele aandele wat myns insiens duur is. So byvoorbeeld het die pryse van algemene kleinhandelaars buite verhouding gestyg. Dié groep aandele se gemiddelde p/v verhouding was op 31 Desember 2012 meer as 20 met sommige individuele aandele wat op ‘n p/v verhouding van meer as 30 verhandel. Eiendomsaandele het die afgelope twee jaar ook bogemiddelde stygings getoon en die vraag moet gevra word hoeveel dit verder kan toeneem. Daar is egter sektore wat agterweё gebly het en waar winste redelik goed kan verbeter, gesien die aannames waarop gewerk word. In die opsig lyk die prys van hulpbronaandele tans aantreklik gesien die prysdalings wat die afgelope twee jaar ingetree het. Dan is daar ‘n groep aandele wat reeds redelik duur lyk, maar steeds goed kan vaar indien die wisselkoers van die rand verder sou verswak soos wat ek verwag die geval sal wees. Baie van die aandele is op buitelandse markte genoteer en verdien ook heelwat van hulle inkomstes in die buiteland. Hier kan direkte beleggings in goeie kwaliteit aandele in die buiteland oorweeg word. Dan moet verwag word dat, gesien die lae rentekoerse internasionaal volgende op groot inspuitings van likiditeit, meer fondse ook na finansiёle bates kan vloei. ‘n Laaste sektor wat die afgelope twee jaar baie slae gekry het, is die konstruksie sektor. Bloot gesien die huidige laer pryse waarteen van die aandele verhandel, met die moontlikheid dat infrastruktuur besteding kan toeneem, kan tot gevolg hê dat hier verbeterings begin intree. Daar is ‘n klein getal aandele wat op die oog af nie duur lyk nie of wat steeds goeie waarde bied. Die groep is vanjaar egter aansienlik minder as verlede jaar hierdie tyd. Dit som die huidige situasie op!


10 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013

AFRIKANER VROUEFORUM onder redaksie van Anita Morkel

Bydraes vir hierdie rubriek is baie welkom. Ook briewe wat handel oor enige onderwerp wat die vrou na aan die hart lê. U kan skryf aan: afrikaner@hnp.org.za; Vroueforum, Posbus 1888, Pretoria, 0001

Die Geskiedenis van Boerekos in Suid-Afrika Die boek, Die Geskiedenis van Boerekos 1652 – 1806, het deel gevorm van dr. Hettie Claassens se dokotorale proefskrif. Die basiese uitgangspunt van die studie was om na te vors waar die oorsprong lê van die koskultuur wat in die sewentiende eeu na die Kaap gekom het, wat die koskultuur behels het en wie daardie koskultuur aan die Kaap beïnvloed het. Vir haar boek het Claassens diep gaan delf in historiese dokumente om die geskiedenis van Suid-Afrikaners se eetgewoontes vas te lê. Die dagboeke van Jan van Riebeeck, Adam Tas en lady Anne Barnard is onder meer gefynkam vir detail oor die Kapenaars van weleer se eetgewoontes. Sy het verwys na resepte van so vroeg as 1226 uit Bagdad, en dié van die Franse koning se kok wat in 1490 al melksnysels gemaak het. "Frensch toast' is inderwaarheid 'n ou Romeinse resep, en "Franse slaaisous" het saam met Jan van Riebeeck uit Holland aangekom. Oor die invloed van Maleise kookkuns op Boerekos wys Claassens daarop dat die slawe aan die Kaap uit arm dele gekom het, wat slegs borrie en gemmer geken het. Die kerriemengsels wat vandag bekend staan as sogenaamde Maleise disse, is aldus Claassens inderwaarheid oorspronklik in Persië ontwikkel, en die speserykennis het saam met Jan van Riebeeck hier aangekom. Wortels was van die vroegste groentesoorte wat deur die Europeërs geplant is. Van wortels, wat volgens Claassens in Afghanistan ontwikkel is, het daar drie variëteite in Europa bestaan: rooi, swart en pers. Die geel en

oranje variëteite is deur die Hollanders ontwikkel. Die oranje wortels soos ons dit ken, staan in Nederland bekend as “rooiwortels”, terwyl die “geelwortels” se benaming terugslaan op die geel variëteit van dié groente wat in Nederland ontwikkel is. Volgens Claassens is die eerste onderontwikkelde ertjiepeule reeds in die 16de eeu in Vlaandere aangetref. Honderd jaar later het dit in Frankryk 'n modegroente geraak toe Lodewyk XIV daarop verlief geraak het. Franse edelvroue was glo so gek oor dié groentesoort dat hulle hulle saans van partytjies huis toe gehaas het om voor slaaptyd te smul aan dié lekkerny. Beskuit is toe nie eintlik so tipies Suid-Afrikaans soos gewoonlik gemeen word nie. Volgens haar kom die woord beskuit uit die Frans wat “twee keer gebak beteken”. Die woord het inslag gevind en is gekies bo die dialektiese Nederlandse woord, tweebak. Dit was eintlik nie so snaaks dat hulle

die Franse woord gekies het nie. Die meeste Nederlanders was destyds Frans magtig. Claassens vertel dit het alles begin toe die Franse hul soldate oorlog toe gestuur het met ‘n slopie van dié goed – biscuit de guerre, het hulle dit genoem. Dit was sulke regte klinknaelbeskuite, “haas oneetbare beskuit van meel en water”, aldus Claassens. Die VOC se skeepsbeskuite was nie veel beter nie. Claassens haal Peter Kolbe (Naauwkeurige Beschryving van de Kaap de Goede Hoop) aan. Dié goed was glo so hard dat ‘n mens dit “naauwlyks met de tanden kan meester worden”. Volgens Claassens was Jan van Riebeeck en sy mense vir ‘n hele paar jaar aangewese op “hartbrood”, die gedroogde brood wat deur die skepe daar aangebring is. Partykeer was dit so muf wanneer dit daar afgelewer is dat dit sommer dadelik vir die varke

gevoer is volgens die inskrywings in Van Riebeeck se dagboek. Toe die eerste twee beskuitresepte in De Volmaakte Hollandsche Keukenmeid van 1761 verskyn (aldus Claassens) was die vroue aan die Kaap al lankal vlytig aan die bak. “... versoeke is meermale tot die burgers gerig om beskuit aan vlote te lewer. Op 25 April 1740 is alle ingesetenes van die Kaap byvoorbeeld gevra om aan goewerneur Swellengrebel te rapporteer hoeveel beskuit hulle in die volgende week aan die Engelse vloot sou kon lewer. Toe die inwoners van die Kaap op 4 Maart 1760 met ‘n plakkaat verbied is om enige gebak aan die Franse vloot te lewer, was daar na raming reeds dertigduisend pond beskuit verkoop.” Die Louis Hiemstra-prys vir nie-fiksie is aan H.W. Claassens toegeken vir Die geskiedenis van Boerekos: 1652 – 1806.

Spys en drank kry nuwe baadjie ‘n Hele boek vol koskultuur het tot die groot vreugde van kosliefhebbers met ‘n nuwe baadjie verskyn. ‘n Nuwe uitgawe van Renata Coetzee se Spys en drank het verskyn om ekstra kulturele waarde tot elke boekrak te voeg. Saam met Leipoldt, Hildagonda Duckitt en Van Tulleken behoort dit tot die kultuurgoedere van die Afrikanervolk. Hettie Claassens se doktorale tesis oor die herkoms van Boerekos het sekere menings daaroor in ‘n nuwe perspektief geplaas. Aldus die bekende restauranteur en koskenner, Peter Veldsman, het Coetzee na oorweging toe enkele regstellings gemaak. Hy het ook die voorwoord vir die nuwe uitga-

we geskryf. Die nuwe Spys en drank is deur Adriaan Vorster ontwerp en hy was ook vir nuwe fotomateriaal verantwoordelik. Hy het dan ook daarin geslaag om ‘n pragboek te lewer.

KINDER- EN JEUGAFDELING a Raak jou nuwe skoolomgewing baas ‘n Nuwe skooljaar beteken verandering wat kan wissel van ‘n nuwe graad tot ‘n nuwe skool. Verandering beteken aanpassing by die onbekende. Daar is egter beproefde metodes om aanpassing makliker te maak. Tem die onbekende deur gedissiplineerd te wees, verantwoordelikheid te aanvaar, te let op jou ingesteldheid en doelgerig te wees.

Dissipline Volg ‘n roetine om seker te maak dat jou skoolklere en –werk in orde is. Dit beteken dat jy as skoolkind moet weet wat van jou verwag word. Skryf inliging neer om te verhoed dat jy vergeet wat gesê is. Begin sommer al van die eerste dag af om te werk – al is dit net om jou skoolskrifte en -handboeke oor te trek. Indien jy enigsins kan, trek dit liefs self oor. Wanneer huiswerk gegee word,

doen dit stiptelik sonder om te wag dat iemand (jou ouers of onderwysers) vir jou sê om dit te doen.

Verantwoordelikheid Skoolwerk berei mens op verskillende maniere op jou lewe ná skool voor. Dit leer jou om elke dag te werk én boonop kennis te verwerf sodat jy jou werk kan doen. Sodoende leer jy om elke dag te werk en terselfdertyd slimmer te word. Elkeen in jou gesin het ‘n taak om te verrig. So byvoorbeeld probeer jou ouers om hulle werk te doen om weer goed vir jou te kan sorg. ‘n Skoolkind het skoolwerk om na die beste van sy/haar vermoë te doen.

Doelgerigtheid Dit is natuurlik om te wil deurkom om jou skoolloopbaan af te handel, en

boonop te presteer. Op laerskool en veral vroeg hoërskool kompeteer skoolkinders met mekaar. Daarna is die ideaal dat jy met jouself kompeteer deur selfdissipline in jou skoolwerk toe te pas.

Ingesteldheid Jou houding omtrent jou skoolwerk gaan grootliks bepaal hoe jy op skool vaar. Deur positief te wees, kan jy CJ Langenhoven se raad volg deur die

swaarkry met lekkerkry klaar te kry: Dis die smorende vuur wat swaarkry En tog nie die kos kan gaarkry maar dis die vrolike vlam wat klap en kraak dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry Indien jy hierdie goeie raad volg en jy hard werk, is die kanse goed dat jy jou punte gaan verbeter. Trouens, skool sal sommer ‘n aangenamer plek wees om by te woon. Positiewe maats sal verder ‘n rol speel om jou skooltyd vinniger verby te laat gaan. Voor jy jou oë uitvee, is jou skoolloopbaan dan verby. Geniet intussen jou tyd op die skoolbanke en maak die allerbeste daarvan!


DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013 11

Redakteur en sy vrou besoek hul seun in die VSA

Die

Geklassifiseerde advertensies

Posbus 1888, Pretoria. 0001 Tel. (012) 335-8523 Faks. (012) 335-8518 TARIEWE: • Geklassifiseerd: R2,45 per woord • Vertoon (Nuusbladsye): Kontak asb. kantoor • Boedelkennisgewings: R95,00 per plasing. BTW ingesluit by genoemde tariewe.

VAKANSIE & AKKOMMODASIE BLOEMFONTEIN Oornagwoonstel. Ruim, luukse oornagwoonstel met eg Suid-Afrikaanse gasvryheid. Veilige parkering. Kleur TV. Skoon en netjies. Stil en rustige atmosfeer Tel 051 522 6035 Sel 082 726 9959

Kopiëring van DVD 8mm films, Beta/VHS-bande & fotoskyfies na DVD, asook plate & musiek-kasette na CD. Skakel 011 447 2186

BOEKE Dawie du Plessis Boekhandelaar Ek koop en verkoop versamelstukke pryslys en soeklys op aanvraag beskikbaar. Posbus 129, Orania, 8752

Adverteer in Die Afrikaner en ondersteun u eie mense. Skakel Liza by: (012) 335 8523 of e-pos: advstr@hnp.org.za

082 495 7378 Posbus 14935 Sinoville 0129 Maandag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Dis My Musiek (H) aangebied deur Henk Joubert 02:00 ‘n Lans vir Afrikaans (H) aangebied deur Friedel Hansen 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur WillemSmit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing (h) 11:30 Nuut op die rak 12:00 Kontreidagboek sluit cd kompetisie in 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Piet de Jager 12:45 Dieredinge Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 ‘n Lans vir Afrikaans 19:45 Dit Is Radio Pretoria aangebied deur Willie Spies Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Uit die Hoed aangebied deur Marianne Roos 21:30 Die Stem en die Melodie opgestel deur Carel Nagel 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Hiervan Hou Ek aangebied

deur Henk Joubert 23:00 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Dinsdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Ons Was Ook Daar (H) aangebied deur Friedel Hansen 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Regslui vir Afrikaans (H) aangebied deur Matthys Krogh 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Hiervan en Daarvan aangebied deur Pierre de Wet 12:30 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 16:30 Kuiersaam aangebied deur Nikao Studios 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Padlangs deur Afrika aangebied deur Alex Smith 19:45 Beskerm Jou Eie aangebied deur T.L.U.

Tel: (012) 543 0120 Faks: (012) 567 7394 www.radiopretoria.co.za Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Net Medies (h) aangebied deur Marianne Roos 21:15 Musiek 21:30 Hengel Parade aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Personeelkeuse aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Woensdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Dis Countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 In die ou Waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op / Kultuvaria (H) aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Musiek / Promosiegesprek (Crisis on Call) 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke

Dr. Müller Pretorius en sy vrou Hannie het in Desembermaand die wonderlike voorreg gehad om hul seun Victor en sy gesin in San Diego, Kalifornië, VSA te besoek . Victor het in Edmonton, Kanada aan die Alberta Universiteit gespesialiseer in toraks (borskas) sjirurgie en is op die oomblik assistent-professor by die harteenheid van Kalifornië Universiteit, San Diego. Hy en sy vrou Linda en hul twee seuns Pierre (17) en Mark (14) bly in Carmel Valley ‘n voorstad van San Diego. Hulle het dit baie geniet en hulle kon ook die yshokkie- en rugbywedstryde van hul kleinseuns gaan bywoon. Dit is nou nie Amerikaanse rugby nie, maar dieselfde rugby wat ons in Suid-Afrika speel. Behalwe al die besienswaardighede wat hulle in pragtige stad San Diego besoek het, kon hulle ook ‘n besoek bring aan Palm Dessert waar hulle ook met die grootste kabelspoor ter wêreld tot op ‘n

17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ek Wil Weet aangebied deur Faan Rabie Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Bel en Bestel o.l.v. JDM Collective Media 21:00 In die ou Waenhuis 21:30 Op Soek Na 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Dis My Musiek aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Donderdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:0 Nuut op die Rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James kemp 02:00 Eggo (H) aangebied deur Hors Prinsloo 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Personeelkeuse (H) 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Net Medies aangebied deur Marianne Roos Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz 12:30 Woord vir die dag aangebied deur Karen Zeelie en Eunice van der Merwe Middag Skof: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae /

Promosiegesprekke 16:30 Dis My Plek Die aangebied deur JDM Collective Media 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld aangebied deur Friedel Hansen 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Regslui vir Afrikaans aangebied deur Friedel Hansen en Mathys Krogh Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:15 Musiek 20:30 Musiek en Liriek aangebied deur JDM Collective Media 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Top Tien aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Vrydag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Onthou U Nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Beskerm Jou Eie (h) aangebied deur T.L.U. 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieredinge (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggendskof: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggendskof: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiepraatjies Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos en Alet Erasmus Tussen Skof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Onthou U Nog aangebied deur Cyrus Smith 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag Skof: 13:00 – 16:00

hoë sneeubedekte berg kon gaan om ‘n pragtige uitsig oor daardie deel van Kalifornië te kon kry. San Diego is ‘n kusstad aan die Stille Oseaan en is by die grens met Meksiko. Dit het ‘n Middelandse See klimaat wat baie gematigd is. Die laaste week van die vakansie is hulle na Boston waar Mark aan ‘n yshokkietoernooi gaan deelneem het. Hulle het daarheen gevlieg en toe hulle daar aankom het, het hulle in die sneeu gery na die plek waar die toernooi aangebied is. Mark-hulle se span het nie te goed gevaar nie omdat hulle teen spanne wat hoër as hulle gegradeer is, gespeel het. Hulle het darem een van hulle vier wedstryde gewen. Na die toernooi het hulle nog in ysige sneeuweer Boston se besienswaardighede gaan sien en het vandaar na London en Suid-Afrika vertrek na ‘n heerlike maandlange vakansie.

13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Winkels Toe aangebied deur JDM Collective Media 15:20 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag Skof: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Na Buite aangebied deur James Kemp 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ons Was Ook Daar aangebied deur Friedel Hansen Aand Skof: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om Agt / Nuuskommentaar 20:10 Wees Paraat aangebied deur dr. Kriek van der Merwe 20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 20:45 Radioleesklub / Boekerubriek 21:30 Dis Country Tyd opgestel deur Karien Marnewick 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Saterdag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Padlangs deur Afrika (H) aangebied deur Alex Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en Melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en Daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Top Tien (H) aangebied deur Henk Joubert 03:45 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek van der Merwe 04:15 Uit die Hoed (H) aangebied deur Marianne Roos 05:30 Uit Ons Boeremusiek Skatkis (H) Oggendskof : 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek 08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek 11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag Skof : 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reenvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek 15:00 Saterdagsport / Musiek 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand Skof : 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur Omroeper

19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Uit ons boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 20:35 Musiek 21:00 Eggo aangebied deur Hors Prinsloo 21:30 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Musiek opgestel deur Omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere Sondag: Deurnagskof: 00:00 – 05:00 00:00 Wat U Wil Hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak My U Weë Bekend (H) 02:00 Serenade (h) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue Gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit My Platerak (H) aange bied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy Eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aange bied deur Tienie Mans 05:30 Rondom Die Orrel En Sy Meesters (H) aangebied deur Jan Zielman Oggendskof: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek 06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerknuus 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy Eer opgestel deur Omroeper 10:15 Omroeperskeuse opgestel deur Omroeper 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie Middag Skof: 12:00 – 17:00 12:00 Goue Gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:05 Musiek 13:15 Andre se Keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:45 Wat Sê Die Musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 15:15 Kuiertyd opgestel deur Faan Rabie 16:15 Uit My Platerak aangebied deur Heinrich Marnitz Aand Skof : 17:00 – 24:00 17:00 Musiek 17:30 Wat U Wil Hoor aangebied deur Tienie Mans 18:30 Musikale Tussenspel 18:40 Sing Nuwe Lof 19:00 Aanderediens 19:30 Maak My U Weë Bekend aangebied deur Prof. Schalk Botha 20:00 Nuus Om Agt 20:05 Verkorte Weervoorspelling 20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek Wil Weet (Herhaling) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie Se Musiek 22:00 Rondom Die Orrel En Sy Meesters aangebied deur Jan Zielman 22:30 Die Volmaakte Instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:00 Ons Eie Keuse aangebied deur Francois en Lucille 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere


12 DIE AFRIKANER, 18 - 24 Januarie 2013

Grondopname vir vrye Republiek gemaak ‘n Grondopname-proses is begin ter bepaling van die ligging van die volgende vrye Republiek. Dié aksie van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) word soos volg uiteengesit: “Sodanige grondgebied sal deur

die volk self beset, bewoon en bewerk moet word; en die grootte daarvan sal in verhouding moet wees met die getal van volksgenote wat in die eerste plek aandring op vryheid in ‘n onafhanklike staat. “Die tydperk van die huidige Volksraad

Onderwysminister dreig om wet te wysig Dr. Müller Pretorius Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het gesê dat die ANC-regime is bereid om die onderwyswet te wysig sodat die Onderwys Departement in staat kan wees om te bepaal hoeveel kinders by ‘n skool toegelaat moet word. Sy het gereageer nadat die Appélhof bepaal het dat die beheerraad van Laerskool Rivonia reg was toe hulle geweier het om ‘n graad 1 leerling toelating te gee om-dat die skool reeds sy kwota vir graad 1 be-reik het. Die Onderwys Departement het die skool toe gedwing om die leerling wel in te neem en selfs die skoolhoof tydelik geskors. Die beheerraad het die saak toe na die Appélhof geneem en dié hof het toe ten gunste van die beheerraad beslis en bepaal dat dit die beheerraad van ‘n skool se plig is om te bepaal hoeveel kinders en watter kinders by daardie spesifieke skool toegelaat mag word. Dit is nou op hierdie uitspraak dat Motshekga gedreig het dat die wet verander moet word sodat die Onderwys Departement kan bepaal wie en hoeveel kinders by

‘n skool toegelaat mag word. Sy sê dat dit haar departement se veranwoordelikheid is om toe te sien dat alle kinders wat wil skool gaan, by ‘n skool geplaas word, al sou dit beteken dat die kwotas oorskry word. Motshekga neem blykbaar nie in aanmerking nie dat gehalte onderwys alleenlik kan geskied waar die verhouding tussen die onderwysers en die leerlinge sodanig moet wees dat daar individuele aandag aan elke kind gegee kan word. As daar dus byvoorbeeld 25 leerlinge in ‘n klas is sal daar beter gehalte onderwys kan wees as wanneer daar 40 of meer leerlinge in ‘n klas is. ‘n Mens wonder ook wat die persentasie slaagsyfer sal wees as die minister nou haar sin kry en die leerlingtal per klas onbeperk opgeskuif word en die gehalte onderwys daaronder gaan ly. Dit is tog ook so dat die beheerrraad van ‘n skool presies weet watter etos by die skool gehandhaaf word en hoeveel kinders per klas tot die beste resultate vir daardie skool sal lei. Verder lyk dit ook of die toelating van die leerling by Laerskool Rivonia eerder daarom gegaan het dat ‘n swart leerling in ‘n oorwegend blanke skool geplaas moes word.

verstryk teen Mei vanjaar om nasionale – en internasionale uitweë te volg tot vreedsame herstel van die reg op territoriale selfbeskikking. Daarna sal die volk self, by wyse van volksvergaderings en na gelang van omstandighede, besluit wat vervolgens gedoen sal word. “Om die Volksraad en volksvergaderings op daardie tydstip in staat te stel om ingeligte keuses uit te oefen, het die VVK besluit om ‘n grondopname-veldtog te loods. Diegene wat op die volkskieserslys geregistreer is; wat eiendomsreg oor enige vaste eiendom beskik, en wat begerig is dat sodanige eiendom by ‘n toekomstige onafhanklike staat ingeskakel moet wees, word geleentheid gebied om ‘n opgawe van so ‘n eiendom by die VVK in te dien deur “Vorm 16” in te vul. Dit kan op die VVK-webblad gekry word

by: www.vvk.co.za. “Onder “eiendomsreg” word ook inbegryp al diegene wat aandeelhouers van maatskappye is wat sulke grond besit; of lede is van beslote korporasies wat sulke grond besit. Indien ‘n trustbegunstigde grond wat in naam van die trust besit word, wil inskakel by hierdie opgawe, moet die meerderheid van ander trustbegunstigdes (indien enige) daartoe instem per brief. In geval van maatskappye en beslote korporasies, is dit voldoende indien die meerderheid aandeelhouers- of ledebelanghouers tot hierdie opgawe instem.”

Kontak die VVK oor “Vorm 16” by: 012 803 0712 of per vonkpos chantal.kruger@vvk.co.za

Volksraad eis aan Menseregtekommissie: Vervolg vanaf bl. 1 dat dit vir hulle 'n probleem is. Hulle is egter goed op hoogte...” Sien die volgende webskakel asseblief: http://volksraad.co.za/antwoord-vanaf-menseregtekommissie/.

Belangrike gebeure: 7 Februarie 2013: VVK en Volksraadvergadering te Zeerust. Indien u verdere inligting omtrent bogenoemde verlang, of 'n vergadering in u omgewing wil hou, kontak gerus die VVK-kantoor by: 012 803 0712 of per vonkpos by: chantal.kruger@vvk.co.za

Nuut op die boekrak Titel: In die loopgraaf Outeur: Adriaan Snyman Uitgewer: Vaandel Uitgewers Formaat: Sagteband, 160bl. Prys: R155 + R30 posgeld As u Volksverraad van adv PJ Pretorius gelees het, sal u hierdie boek ook wil lees. As u nooit Volksverraad gelees het nie, moet u hierdie boek lees. Die Afrikaner is in die laaste loopgraaf en verraad is endemies onder ons volk. Het u gedink u weet wat alles om ons aangaan, hoe die swartes redeneer en teen ons agiteer, hoe ons eie mense ons uitverkoop?

Ons bedien ons kliënte in Afrikaans.

U sal verbaas staan. Die ANC regering het onder andere R600 miljoen bewillig om “verregse” agente aan te stel om ons organisasies in te sypel en onskuldige mense verdag te maak. Snyman draai geen doekies om nie. Op één bladsy word soveel as tien nog lewende handlangers van die ANC by die naam genoem, en vele meer dwarsdeur die boek. De Klerk se motiewe, en hoeveel geld hy ontvang het, word uitgespel. Snyman sê dat hy in 2008, na die publikasie van Siener – Blaas die Basuin (die opvolg op Boodskapper van God), gedink het daar is niks meer oor Siener te sê nie. „Maar ‘n ware profeet laat hom nie so maklik stilmaak nie, en getrou aan hulle aard, het Siener sy stem verhef om in hierdie donker van donker tye nog hard en duidelik gehoor te kan word“. Gebeure van die afgelope paar jaar wys net weer hoe korrek Siener telkens geprofeteer het. Dus kan ons met sekerheid verwag dat ons sy tot nog toe onvervulde profesieë nie as „motgevrete drome van ‘n waarsêer“ (soos Tom Gouws dit in Rapport bestempel) moet sien nie. ‘n Hele paar onlangse gebeure

Neem Kennis Die Afrikaner vereenselwig hom nie noodwendig met die menings wat gasskrywers uitspreek in artikels en rubrieke wat in die koerant verskyn nie.

HNP:

kan herken word in hierdie „motgevrete drome“: 2012 se gewoel in die NHK, die Lonmin-stakings, die geweld in die Midde-Ooste, die aardbewings in Japan, bankrot munisipaliteite, Duitsland se ekonomiese herstel en meer. Snyman poog ook om ‘n kronologiese weergawe van Siener se visioene saam te stel. Hoewel Siener nooit datums “gesien“ het nie, is daar heelwat aanduidings van sommige volgordes. Dit gee ons ‘n idee van wat nog kan kom. Hier is sommige van die opskrifte in die boek: “Broederbloed sal weer vloei”, Die Boeremag-sage”, “Dood en verwoesting oor Engeland”, “Kentekens van verraad”, “Roelf Meyer: SA moet dankbaar wees”, “Europese weerstand teen immigrante”en “Siener se Tydorde”.

Bestel by: Hutten Buchdienst, Posbus 7234, Pretoria 0001, Tel/Faks 012 807 0434. hutten.buchdienst@gmail.com ABSA tjekrekening: 1630 350 480 GU Graefe

Afrikaanse webtuistes www.hnp.org.za TLU SA: www.tlu.co.za

Volksraad Verkiesing Kommissie: www.vvk.co.za Afrikanervolksraad: www.volksraad.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.