4 minute read

Hoofstuk 5—Kampioen van die Waarheid

Next Article
Voorwoord

Voorwoord

VOOR die Reformasie was daar tye dat daar maar min eksemplare van die Bybel bestaan het; maar God het nie toegelaat dat Sy woord heeltemal vernietig word nie. Die waarhede daarvan sou nie vir altyd bedek bly nie. Net so maklik as wat Hy gevangenisse en ysterpoorte kon opmaak, om Sy diensknegte vry te laat, kon Hy ook die woorde van die lewe in omloop bring. In die verskillende Europese lande is manne deur die Gees van God beweeg om na die waarheid te soek soos na verborge skatte. Deur die Voorsienigheid na die Heilige Skrifte gelei, het hulle die gewyde bladsye met die grootste belangstelling ondersoek. Hulle was gewillig om die lig aan te neem al sou dit hulle ook wat kos. Alhoewel hulle nie alles duidelik gesien het nie, is hulle in staat gestel om waarhede wat lank bedolwe was, te sien. Soos hemelse boodskappers het hulle voortgegaan, die kettings van dwaalleer en bygeloof verbreek, en diegene wat so lank verslaaf was, toegeroep om op te staan en hulle vryheid te handhaaf. {GS 89.1}

Behalwe onder die Waldense, was die woord van God vir eeue opgesluit in tale wat alleen deur die geleerdes verstaan is; maar die tyd het aangebreek vir die Skrifte om vertaal en aan die mense van die verskillende lande gegee te word in hulle eie taal. Die middernag van die wêreld was verby. Die ure van duisternis het haas verbygegaan, en in baie lande is die tekens gesien van die dageraad. {GS 90.1}

In die veertiende eeu het die “morester van die Hervorming” John Wycliffe in Engeland verrys. Hy was die boodskapper van hervorming, nie alleen vir Engeland nie, maar vir die hele Christendom. Die sterk protes teen Rome wat hy gemaak het, is nooit stilgemaak nie. Hierdie verset het die stryd aangebind wat as gevolg sou hê die vrystelling van indiwidue, van kerke, en van volke. {GS 90.2}

Wycliffe het ‘n goeie opvoeding geniet, en by hom was die vrees van die Here die beginsel van wysheid. Op kollege was hy bekend vir sy vroomheid sowel as vir sy wonderbaarlike talente en vir sy deeglike studie. In sy dors na kennis het hy getrag om op hoogte te kom van alle takke van geleerdheid. Hy is onderrig in die skolastiese filosofie, in die kerkwette, in die burgerlike regte, veral van sy eie land. In sy later lewe het die waarde van sy vroeër opleiding duidelik geblyk. ‘n Deeglike kennis van die spekulatiewe filosofie van sy tyd het hom in staat gestel om die dwalinge daarvan aan die kaak te stel; en deur sy studie van burgerlike en kerkwette is hy voorberei vir die groot stryd vir burgerlike en godsdiensvryheid. Terwyl hy die wapens uit Gods woord verkry, kon gebruik, is hy ook verstandelik geoefen in die skole, en hy het die taktieke van die geleerdes verstaan. Die krag van sy genie en die uitgestrektheid en deeglikheid van sy kennis het die respek afgedwingvanbeidevriendeenvyande.Synavolgershet mettevredenheidgesiendathulle kampvegter vooraan gestaan het onder die leiers van die volk; en sy vyande kon dus onmoontlik die saak van die hervorming in veragting bring deur te wys op die onkunde of swakheid van die voorstander daarvan. {GS 90.3}

Terwyl Wycliffe nog op kollege was, het hy begin met ‘n ondersoek van die Skrifte. In daardie vroeë tye, toe die Bybel slegs in die ou tale bestaan het, kon die geleerdes hulle weg na die fontein van waarheid vind ‘n weg wat gesluit was vir die ongeleerde klasse. Toe reeds was die weg geopen vir Wycliffe se toekomstige werk as Hervormer. Geleerdes het die woord van God ondersoek en hulle het die groot waarheid van Sy vrye genade ontdek. In hulle leer het hulle die kennis van hierdie waarheid versprei, en hulle het ander gelei om na die lewende orakels te gaan. {GS 90.4}

Toe Wycliffe se aandag op die Skrifte gevestig is, het hy hulle begin ondersoek met dieselfde deeglikheid as dié wat hom in staat gestel het om die ander vakke te bemagtig. Tot dusver het hy ‘n groot behoefte gevoel wat nóg sy skolastieke studies en nóg die leer van die kerk kon bevredig. In die woord van God het hy gevind wat hy so lank tevergeefs gesoek het. Hier het hy die verlossingsplan ontdek, en gesien dat Christus die enigste voorspraak van die mens is. Hy het homself oorgegee aan die diens van Christus, en hy het besluit om die waarhede wat hy ontdek het, te verkondig. {GS 91.1}

Soos die Hervormers na hom, het Wycliffe nie aan die begin van sy werk gesien waarheen dit hom sou lei nie. Hy het homself nie met voorbedagte rade in opstand teen Rome verset nie. Maar getrouheid aan die waarheid kon nie anders as hom in botsing bring met valsheid nie. Hoe duideliker hy die dwalinge van die pousdom gesien het, hoe vuriger het hy die leer van die Bybel verkondig. Hy het gesien dat Rome die woord van God versaak het vir menslike oorlewering; onverskrokke het hydie priesters beskuldig dat hulle die Skrifte verban het, en hy het geëis dat die Bybel aan die volk moes herstel word en dat die gesag daarvan in die kerk moes gehandhaaf word. Hy was ‘n bekwame en ernstige onderwyser, asook ‘n vloeiende prediker, en sy daelikse lewe was ‘n demonstrasie van die waarhede wat hy verkondig het. Sy kennis van die Skrifte, die krag van sy argumente, die reinheid van sy lewe, en sy onwrikbare moed en opregtheid, het vir hom algemene agting en vertroue gewin. Baie van die mense, toe hulle die boosheid sien wat in die Roomse kerk geheershet,het ontevredegeword met hulle godsdiens, enhullehet metonbedektevreugde die waarhede verwelkom wat deur Wycliffe geopenbaar is; maar toe die pouslike leiers sien dat hierdie Hervormer groter invloed as hulle verkry het, is hulle met woede vervul. {GS 91.2}

Wycliffe was skerp om dwaalleer te ontdek, en hy het heftige slae toegedien aan die baie misbruike wat op gesag van Rome toegelaat is. Terwyl hy as kapelaan vir die koning opgetree het, het hy sterk opgetree teen die betaling van die belasting wat die Pous van die Engelse koning gevorder het, en hy het daarop gewys dat die pouslike aanmatiging van gesag oor wêreldlike heersers teenstrydig was met gesonde verstand en die Bybel. Die eise van die Pous het groot verontwaardiging uitgelok, en Wycliffe se leer het die vooraanstaandes onder die volk beïnvloed. Die koning en die edelliede het saamgestaan in hulle ontkenning van die Pous se aanspraak op wêreldlike gesag en in die weiering om die

This article is from: