20 minute read

Hoofstuk 20— ‘n Groot Godsdienstige Opwekking

IN Openbaring 14 word daar ‘n groot godsdienstige opwekking voorspel tydens die verkondiging van die spoedige wederkoms van Christus. Die apostel het ‘n engel “in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners vandieaardeenaanallenasiesenstammeentaleenvolke.”“Met‘ngrootstem”verkondig hy die boodskap, “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.” Openb. 14: 6, 7. {GS 407.1}

Die feit dat daar gesê word dat ‘n engel hierdie boodskap verkondig, is merkwaardig. Dit het goddelike wysheid behaag om die verhewe karakter van die werk wat deur hierdie boodskap gedoen word, en die krag en heerlikheid waarmee dit gepaard gaan, voor te stel deur die reinheid en heerlikheid en krag van die hemelse boodskapper. In die vlug van die engel “in die middel van die lug,” en “die groot stem” waarmee die waarskuwing gegee word, en die verkondiging daarvan aan almal wat op die aarde woon naamlik “aan alle nasies, stamme en tale en volke” is bewys van die spoed en wêreldwye omvang van die beweging. {GS 407.2}

Die boodskap self werp lig op die tyd wanneer hierdie beweging sal begin. Dit word verklaar om deel te wees van die “ewige evangelie”; en dit kondig die aanvang van die oordeel aan. Die boodskap van saligheid is in alle eeue verkondig; maar hierdie boodskap is deel van die evangelie wat alleen in die laaste dae kan verkondig word, want alleen dan sou dit waar wees dat die uur van Sy oordeel gekom het. Die profesieë stel ‘n reeks gebeurtenisse voor wat ons tot die begin van die oordeelsuur bring. Dit is veral waar van die boek van Daniel. Maar daardie deel van sy profesie wat betrekking het op die laaste dae, moes Daniel verseël “tot die tyd van die einde.” Nie voor ons hierdie tyd bereik kan die boodskap van die oordeel, wat gebaseer is op die vervulling van hierdie profesieë, verkondig word nie. Maar in die tyd van die einde, sê die profeet, sal “baie dit deursoek, en die kennis sal vermeerder.” Dan. 12: 4. {GS 408.1}

Die apostel Paulus het die kerk gewaarsku om nie die wederkoms van Christus in sy tyd te verwag nie; “Eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word,” voordat daardie dag kan kom. (2 Thess. 2:3.) Eers na die groot afval en die lang tydperk van die regering van die mens van sonde, kan ons die wederkoms van ons Here verwag. Die “mens van sonde,” wat ook genoem word “die verborgenheid van ongeregtigheid,” die “seun van die verderf,” en “die ongeregtige,” stel die pousdom voor, wat soos in die profesie voorspel is, vir 1260 jaar heerskappy sou voer. Daardie tydperk het in die jaar 1798 geëindig. Die wederkoms van Christus kon nie voor daardie tyd geskied nie. Paulus maan die hele Christelike bedeling tot by die jaar 1798 tot versigtigheid. Dit is na daardie tyd dat die boodskap van die wederkoms van Christus sou verkondig word. {GS 408.2}

Geen dergelike boodskap is ooit in die verlede gegee nie. Paulus, soos ons gesien het, het dit nie gepreek nie; hy het die aandag van sy broeders op die verre toekoms gevestig vir die wederkoms van die Here. Die Hervormers het dit nie verkondig nie. Martyn Luther het in sy tyd gesê dat die oordeelsdtg nog omtrent driehonderd jaar in die toekoms was. Maar sedert die jaar 1798 is die boek van Daniel geopen, kennis van die profesieë het toegeneem,envelehet dieplegtige boodskapverkondigdatdieoordeelsuurnabywas. {GS 408.3}

Net soos die groot Hervorming van die sestiende eeu, het die Adventbeweging in verskillende lande op dieselfde tyd begin. In beide Europa en Amerika is manne van geloof en gebed gelei om die profesieë te ondersoek; en waar hulle die ingegewe oorkondes nagegaan het. het hulle die oortuigende bewys gevind dat die einde van alle dinge op hande was. In verskillende lande was daar algesonderde groepe Christene wat uit ‘n blote ondersoek van die Skrifte beweeg is om te glo dat die Heiland se wederkoms naby was. {GS 409.1}

In die jaar 1821, drie jaar nadat Miller deur sy ondersoek van die profesieë die tyd van die oordeel vasgestel het, het Dr. Joseph Wolff, ,.wêreldsendeling.” die spoedige wederkoms van die Here begin verkondig. Wolff is van Joodse ouers in Duitsland gebore; sy vader was ‘n Joodse Rabbi. Toe hy nog baie jonk was, is hy oortuig van die waarheid van die Christelike geloof. Daar hy van ‘n aktiewe. ondersoekende geaardheid was, het hy baiefyn geluister na die gesprekke watinsyvaderse huis plaasgevind het,waar toegewyde Jode daeliks saamgekom het om te praat oor die hoop en verwagting van hulle volk, die heerlikheid van die komende Messias, en die herstelling van Israel. Eendag, toe die naam van Jesus van Xasaret genoem is, wou die seun weet wie Hy was. “Een van die talentvolste Jode,” was die antwoord; “maar omdat Hy voorgegee het dat Hy die Messias was, het die Joodse hof Hom tot die dood veroordeel.” “Hoekom,” het die seun gevra, “is Jerusalem verwoes en waarom is ons in ballingskap?” “Helaas, helaas!” het sy vader geantwoord, “omdat die Jode die profete om die lewe gebring het.” Dadelik het die gedagte by die kind opgekom: “Miskien was Jesus ook ‘n profeet en het die Jode Hom onskuldig om die lewe gebring.” “Travels and Adventures oj the Rev. Joseph Wolff,” Deel I, bl. 6 (ed. 1860).So sterk was hy onder die indruk hiervan dat hy, alhoewel hy verbied was om ‘n Christelike kerk binne te gaan, dikwels buitekant na die preek gestaan en luister het. {GS 409.2}

Toe hy maar nog sewe jaar oud was, en hy teenoor ‘n bejaarde Christelike buurman gespog het met die toekomstige oorwinning van Israel by die wederkoms van die Messias, het die ou man hom vriendelik gesê, “Liewe kind, ek sal jou sê wie die ware Messias was: HywasJesusvanNasaret...watdeur jullevoorvadersgekruisigisnetsoosookdie profete vanouds. Gaan huis-toe en lees die drie-en-vyftigste hoofstuk van Jesaja, en jy sal oortuig wees dat Jesus Christus die Seun van God is.” “Travels and Adventures oj the Rev. Joseph Wolff,” Deel I, bl. 7.Sy oortuiging het dadelik sterker geword. Hy is huis-toe en het die skrifgedeelte gelees; hy wTas verbaas om te sien hoe volkome dit deur Jesus van Nasaret vervul is. Was die woorde van hierdie Christen waar? Die seun het sy vader gevra om ‘n verklaring van hierdie profesie, maar hy is met so ‘n strenge stilswyse begroet dat hy nooit weer gewaag het om die onderwerp aan te roer nie. Dit, egter, het sy begeerte net groter gemaak om meer te weet van die Christelike godsdiens. {GS 410.1}

Die kennis waarna hy gesoek het, is sorgvuldig in sy Joodse huis van hom af weggehou; maar toe hy elf jaar oud was, het hy sy vader se huis verlaat en is hy die wêreld in om self ‘n opvoeding te verkry, om sy godsdiens te kies en sy lewenswerk. Vir ‘n tyd het hy by ‘n rasgenoot ingewoon, maar is gou daar weggejaag as ‘n ketter; alleen, en sonder geld, moes hy sy bestaan soek onder vreemdelinge. Hy is van plek tot plek en het homself onderhou deur Hebreeuse lesse te gee, terwyl hy self ywerig gestudeer het. Onder invloed van ‘n Katolieke leraar is hy beweeg om die Roomse leer aan te neem, met die voorneme om as sendeling vir sy eie mense te dien. Met hierdie doel voor oë is hy later na die “College of the Propaganda” te Rome om sy studies voort te sit. Hier het sy onafhanklike gedagtegang en sy manier om vryuit te praat hom die beskuldiging van ketter op die hals gehaal. Hy het openlik die misbruike van die kerk aangeval en gewys op die noodsaaklikheid van hervorming. Hoewel hy in die begin die guns van die Roomse waardigheidsbekleërs geniet het, is hy later van Rome weggestuur. Onder toesig van die kerk is hy van plek tot plek, maar dit het spoedig duidelik geword dat hy nooit sou toestem tot die slawerny van die Roomse kerk nie. Hy is as onverbeterlik verklaar, en hulle het hom toe vrygestel om te gaan waar hy wou. Hy is toe na Engeland en het by die Kerk van Engeland aangesluit. Na twee jaar se studie het hy in die jaar 1821 met sy sending begin. {GS 410.2}

Hoewel Wolff die groot waarheid van Christus se eerste koms as ‘n “Man van smarte en bekend met krankheid,” aangeneem let, het hy gesien dat die profesieë net so duidelik ook die wederkoms van Christus in krag en heerlikheid, geleer het. En waar hy getrag het om sy eie mense tot Jesus van Nasaret as die Beloofde Een, te bring, en hulle te wys op Sy eerste koms en nederigheid en as soenoffer vir die sondes van die mensheid, het hy ook Sy wederkoms as Koning en Verlosser voorgehou. {GS 411.1}

“Jesus van Nasaret, die ware Messias,” het hy gesê, “Wie se hande en voete deurboor is, wat as Lam na die slagting gebring is, die Man van smarte en bekend met krankheid, wat, ná die septer van Juda weggeneem is en die wetgewer van tussen sy voete, en wat die eerste maal gekom het, sal die tweede maal kom op die wolke van die hemel en met die basuin van die Aartsengel.” Wolf}, “Researches and Missionary Labours,” bl. 62 (ed. 1835).“En Hy sal op die Olyfberg staan; en die heerskappy, wat eenmaal aan Adam oor die skepping gegee is, en deur hom verbeur is (Gen. 1: 26; 3: 17), sal aan Jesus gegee word. Hy sal Koning wees oor die ganse aarde. Die gekreun en geweeklag van die skepping sal ophou, maar die lofen dankliedere sal gehoor word . . . wanneer Jesus kom in die heerlikheid van Sy Vader, met Sy heilige engele ... sal die gelowiges eerste opstaan. (1

Thess. 4: 16; 1 Kor. 15: 23). Dit is wat ons Christene die eerste opstanding noem. Dan sal die diereryk sy aard verander (Jes. 11: 6-9), en hulle sal aan Jesus onderworpe wees. (Ps. 8.) Daar sal algemene vrede heers.” “Weer sal die Here die aarde aanskou en sê, ,Dit is baie goed.’ “ “Journal of the Rev. Joseph Wolff, bis. 378, 379, 294 {ed. 1839. {GS 411.2}

Wolff het geglo dat die wederkoms van die Here naby was, en sy verklaring van die profesieë het daardie groot gebeurtenis binne ‘n paar jaar gebring van die datum wat deur Miller vasgestel is. Diegene wat volgens die Skrifte aangevoer het dat niemand die uur of diedagkanvasstelnie, endat mensnikskanweetvandienabyheidvandaardiegebeurtenis nie, het Wolff as volg geantwoord: “Het die Here gesê dat daardie dag en uur nooit kan aangewys word nie? Het Hy ons nie die tekens van die tye gegee sodat ons ten minste kan weet dat Sy koms nader, net soos mens kan weet dat die somer naby is wanneer die vyeboom bot nie? (Matt. 24: 32.) Kan ons dan nooit daardie datum vasstel nie, daar die Here Self ons vermaan het om nie alleen die profesie van Daniel te lees nie, maar om dit ook te verstaan daardie selfde Daniel waar ons lees dat die woorde verseël is tot die tyd van die einde (wat die geval in sy tyd was), en dat baie dit sal ,deursoek’ (‘n Hebreeuse uitdrukking om ‘n datum te ondersoek en te bepeins), en dat ,die kennis’ (aangaande daardie tyd) ,vermeerder’ sal word nie? (Dan. 12: 4.) En wat meer is, die Here sê nie dat ons die koms van daardie tyd nie sal sien nie, maar dat niemand die juiste ,dag en uur’ sal weet nie. Genoeg sal gesien word, het hy gesê, volgens die tekens van die tye, om ons te beweeg om klaar te maak vir Sy koms, net soos Noag die ark klaargemaak het.” Wolff, “Researches and Missionary Labours,” bis. 404, 405. {GS 411.3}

Aangaande die algemene metode om die Skrifte te verklaar, of verkeerd te verklaar, het Wolff geskryf: “Die grootste gedeelte van die Christelike kerk het afgedwaal van die duidelike betekenis van die Skrifte, en hulle het hulle gewend tot die stelsel van die Boeddhiste wat glo dat die toekomstige geluksaligheid van die mensheid sal bestaan in rondswewe in die lug, en wat veronderstel dat as hulle Jode lees hulle heidene moet verstaan; en wanneer hulle Jerusalem lees, hulle die kerk moet verstaan; en dat die aarde, die lug beteken; en as hulle lees van die koms van die Here hulle die vooruitgang van die sendinggenootskappe moet verstaan; en dat die gaan na die berg van die huis van die Here, ‘n groot vergadering van Metodiste beteken.” ,Journal oj Rev. Joseph Wolff,” bl. 96. {GS 412.1}

Gedurende die vier-en-twintig jaar van 1821-1845 het Wolff baie rondgereis. Hy het Afrika, Egipte, Abessinië, Palestina, Sirië, Persië, Bokhara, en Indië besoek. Ook het hy die Yerenigde State besoek, en op sy reis daarheen het hy op die eiland van St. Helena gepreek. Hyhet in Augustus 1837 in New York aangekom; en na hyin daardie stad gepraat het, het hy op Phfladelphia en Baltimore, en eindelik op Washington gepreek. Hier, sê hy, “is daar op ‘n voorstel van die gewese president John Quincy Adams, in een van die kongreshuise, eenparig besluit om die gebruik van die kongressaal aan my af te staan vir

‘n lesing, wat ek op ‘n Saterdag gegee het, en wat vereer was deur die teenwoordigheid van al die kongreslede, die biskop van Virginia, en die geestelikes en burgers van Washington. Dieselfde eer is aan my gegee deur die lede van die regering van New Jersey en Pennsylvania, in wie se teenwoordigheid ek lesings gegee het oor my navorsingswerk in Asië, en oor die persoonlike regering van Jesus Christus.” “Journal of Rev. Joseph Wolff,” bls. 398, 399. {GS 412.2}

Dr. Wolff het in meeste van die heidenlande gereis sonder die beskerming van enige Europese owerheid; hy het baie ontberings verduur en het in baie gevare verkeer. Hyis met stokke geslaan, uitgehonger, as slaaf verkoop, en driemaal tot die dood veroordeel. Hy is deur rowers aangeval, en soms het hy byna van dors omgekom. Hy is beroof van alles wat hy gehad het, en moes honderde myle te voet oor die berge aflê met die sneeu in sy gesig en sy kaal voete dood van die koue op die bevrore grond. {GS 413.1}

Toe hy gewaarsku is om nie ongewapend onder die vyandige stamme in te gaan nie, het hy geantwoord dat hy wel van wapens voorsien was “van gebed, ywer vir Christus, en vertroue op Sy hulp.” “Ek is ook,” het hy gesê, “voorsien van die liefde van God en my naaste in my hart, en met die Bybel in my hand.” Adams’ W. H. D., “ln Perils Oft,” bl. 192.Waar hy ookal gegaan het, het hy ‘n Bybel in Hebreeus en Engels saamgedra. Van een van sy latere reise sê hy, “Ek het die Bybel in my hand oopgehou. Ek het gevoel dat my krag in daardie Boek was, en dat sy krag my sou bewaar.” Idem, bl. 201. {GS 413.2}

Op hierdie manier het hy in sy werk volhard totdat die boodskap van die oordeel aan die grootste gedeelte van die aardbol gebring is. Onder Jode, Turke, Parsees, Hindoes, en baie ander nasies en geslagte, het hy die woord van God in verskillende tale versprei, en orals het hy die aanstaande regering van die Messias verkondig. {GS 413.3}

In sy reise in Bokhara het hy gevind dat die leerstelling van die spoedige wederkoms van die Here deur ‘n afgeleë volk gehuldig is. Die Arabiere van Jemen, sê hy, “is in besit van ‘n boek genoem ,Sera,’ wat die wederkoms van Christus en Sy regering en heerlikheid verkondig; en hulle verwag dat groot gebeurtenisse in die jaar 1840 sal plaasvind.” “In Jemen . . . het ek ses dae by die kinders van Regab deurgebring. Hulle drink geen wyn nie, plant geen wingerde nie, en saai geen saad nie; hulle woon in tente en onthou nog vir Jonadab, die seun van Regab; en by hulle het ek van die kinders van Israel gevind van die stam van Dan, . . . wat net soos die kinders van Regab, die spoedige koms van die Messias op die wolke verwag.”,Journal oj the Rev. Joseph Wolff,” bis. 377, 389. {GS 413.4}

‘n Ander sendeling het dieselfde geloof in Tartarye aangetref. ‘n Tartaarse priester het die sendeling ondervra aangaande die tyd van Christus se wederkoms. Toe die sendeling sê dat hy niks daarvan weet nie, was die priester verbaas oor die onkunde van iemand wat homself uitgegee het as ‘n Bybelleraar; hy het sy eie sienswyse verklaar, gebaseer op profesie, dat Christus in die jaar 1844 sou kom. {GS 414.1}

So vroeg reeds as die jaar 1826 is die Adventboodskap in Engeland verkondig. Die beweging daar het nie so ‘n bepaalde vorm aangeneem as die van Amerika nie; die juiste datum van die wederkoms is nie so bepaald verkondig nie, maar die groot waarheid van Christus se spoedige wederkoms in heerlikheid is algemeen verkondig; en dit nie alleen onder die afgeskeides en nonkonformiste nie. Mourant Brock, ‘n Engelse skrywer, verklaar dat daar sowat 700 predikante van die Kerk van Engeland besig was met die verkondiging van hierdie “evangelie van die koninkryk.” Die boodskap wat 1844 aangewys het as die datum van die Here se wederkoms is oor die hele Groot-Brittanje verkondig. Boeke uit Amerika oor die advent is wyd en syd gesirkuleer. Boeke en tydskrifte is in Engeland gepubliseer. In die jaar 1842 het Robert Winter, ‘n Engelsman van geboorte, maar wat die Adventgeloof in Amerika aangeneem het, na sy geboorteland teruggekeer om die koms van die Here te verkondig. Baie het met hom saamgewerk, en die boodskap aangaande die oordeel is in verskeie dele van Engeland verkondig. {GS 414.2}

In Suid-Amerika het Lacunza, ‘n Spanjaard en ‘n Jesuïet, ondanks die heersende barbaarsheid en priesterbedrog, sy weg tot die Skrifte gevind, en daar het hy die waarheid geleer van Christus se spoedige wederkoms. Gedwing om die waarskuwing te verkondig, maar terselfdertyd begerig om die veroordeling van Rome te vermy, het hy sy sienswyses gepubliseer onder die skuilnaam van “Rabbi Ben-Israel,” en hy het homself voorgestel as ‘n bekeerde Jood. Lacunza het in die agtiende eeu geleef, maar dit was in die jaar 1825 dat sy boek in Londen in Engels vertaal is. Die verskyning van hierdie boek het die belangstelling wat reeds in Engeland opgewek was in die onderwerp van die wederkoms, vermeerder. {GS 414.3}

In Duitsland is die leer in die agtiende eeu verkondig deur Bengel, ‘n predikant van die Lutherse Kerk, en ‘n vermaarde Bybelverklaarder en kritikus. Na hy met sy opvoeding klaar was, het Bengel hom “toegelê op die studie van teologie, waartoe hy aangetrokke gevoel het weens sy godsdienstige aanleg wat vermeerder en versterk is deur sy vroeër opvoeding en dissipline. Soos ander nadinkende jongmense voor en na sy tyd, het hy te kampe gehad met twyfel en moeilikhede van ‘n godsdienstige aard, en hy spreek met groot gevoeligheid van die “baie pyle wat sy arme hart deurboor het, en sy jongelingsjare swaar gemaak het om te dra.’ “ Encyclopedia Britannica, art, Bengel (negende druk).Toe hy ‘n lid van die kerkraad van Wurtemburg was, was hy‘n voorstander van godsdiensvryheid. “Terwyl hy die regte en die voorregte van die kerk gehandhaaf het, was hy ‘n voorstander van redelike vryheid aan almal wat gedwonge gevoel het omweens gewetensbesware hulle aan die kerk te onttrek.” Idem. Die goeie gevolge van hierdie beleid word nog gesien in die provinsie waar hy gewoon het. {GS 415.1}

Dit was terwyl hy met ‘n preek besig was oor Openbaring 21, vir “Adventsondag” dat die lig van Christus se wederkoms in Bengel se hart opgegaan het. Die profesie van Openbaring het voor hom ontplooi soos nog nooit tevore nie. Oorweldig deur ‘n gevoel van die groot belangrikheid en allesoortreffende heerlikheid van die tonele wat deur die profeet beskryf is, is hy gedwing om vir ‘n tyd van die onderwerp af te stap. In die preekstoel het dit hom weer beetgepak met helderheid en krag. Van daardie tyd af het hy hom toegelê op die ondersoek van die profesieë, veral die van Openbaring, en spoedig het hy tot die oortuiging gekom dat hulle aangedui het dat die wederkoms van Christus naby was. Die datum wat hy vasgestel het vir die wederkoms het met ‘n paar jaar verskil van die wat later deur Miller vasgestel is. {GS 415.2}

Bengel se geskrifte is deur die hele Christendom versprei. Sy menings oor die profesieë isalgemeenaangeneeminsyeiestaatvanWurtemburg,enookinanderdelevanDuitsland. Die beweging het aangehou na sy dood, en die Adventboodskap is in Duitsland gehoor op dieselfde tyd toe dit aandag geniet het in ander lande. Vroeg reeds het sommige van die gelowiges na Rusland gegaan; daar het hulle kolonies gestig, en die geloof in die spoedige koms van Christus word vandag nog gehuldig deur die Duitse kerke in daardie land. {GS 416.1}

Die lig het ook in Frankryk en Switserland geskyn. In Geneve, waar Farel en Calvyn die waarhede van die Reformasie verkondig het, het Gaussen die boodskap van die wederkoms verkondig. Terwyl hy ‘n student op skool was, het Gaussen in aanraking gekom met die gees van Rasionalisme waarvan Europa gedurende die laaste helfte van die Egtiende eeu en die begin van die negentiende eeu deurtrokke was; en toe hy predikant geword het, was hy nie alleen onkundig wat die ware geloof betref het nie, maar hy het ook neigings getoon tot skeptisisme. In sy jongelingsjare is sy belang opgewek in die studie van die profesieë. Na hy Rollin se “Outydse Geskiedenis” gelees het, is sy aandag gevestig op die tweede hoofstuk van Daniël, en hy is getref deur die wonderbare juistheid waarmee die profesie vervul is soos deur die geskiedskrywer aangetoon. Hier was ‘n bewys van die ingewing van die Skrifte wat vir hom as anker gedien het te midde van die gevare van later jare. Hy was nie tevrede met die leer van Rasionalisme nie, en deur ‘n studie van die Bybel en ‘n soek na meer lig, is hy, na ‘n tyd, tot ‘n positiewe geloof gebring. {GS 416.2}

Namate hyvoortgegaan het met syondersoek van die profesieë, het hytot die oortuiging gekom dat die koms van die Here naby was. Onder ‘n besef van die plegtigheid en belangrigheid van hierdie groot waarheid het daar ‘n begeerte by hom ontstaan om dit voor die volk te bring; maar die algemene idee dat die profesieë van Daniel verborgenhede was wat nie kon verstaan word nie, was ‘n groot struikelblok in sy weg. Eindelik het hy besluit net soos Farel voor hom gedoen het in die evangelisasie van Geneve - om met die kinders te begin, deur wie hy gehoop het om die belangstelling van die ouers op te wek. {GS 416.3}

“Ek wil graag hê dat dit verstaan moet word,” het hy later gesê toe hy van die doel van sy onderneming gespreek het, “dat dit nie weens die onbelangrikheid van die onderwerp nie, maar inteendeel, omdat dit so belangrik is, dat ek dit graag in hierdie bekende vorm wil voorstel en dat ek dit aan die kinders gerig het. My begeerte was om verhoor te word, en ek het gevrees dat dit nie die geval sou wees as ek mytot die volwassenes gerig het nie.” “Ek het dus besluit om na die jongstes te gaan. Ek bring ‘n gehoor van kinders saam; as die groep groter word, en as ek opmerk dat hulle luister en tevrede en belangstellend is, en dathulledieonderwerpverstaanenkanverduidelik,isekversekerdatekspoedig‘ntweede groep sou hê; op hulle beurt sal die groot mense sien dat dit die moeite werd is om te gaan sit en te studeer. Wanneer dit gedoen is, is die saak gewin.” Gaussen, L., “Daniel the Prophet,” Deel II, Voorwoord. {GS 417.1}

Die poging was suksesvol. Waar hy die kinders toegespreek het, het ouer mense kom luister. Die galerye van sy kerk was gevul met aandagtige hoorders. Onder hulle was daar manne van aansien en geleerdheid, en vreemdelinge en uitlanders wat in Genêve op besoek was; op hierdie manier is die boodskap na ander dele gedra. {GS 417.2}

Aangemoedig deur sy sukses, het Gaussen sy lesse in druk uitgegee met die hoop om die studie van die profetiese boek in die Franssprekende gemeentes te bevorder. “Om onderrig te publiseer wat aan kinders gegee is,” het Gaussen gesê, “is om aan volwassenes te sê, wat maar te dikwels sulke boeke verwaarloos op voorwensel dat hulle onverstaanbaar is, ,Hoe kan hulle onverstaanbaar wees aangesien julle kinders hulle kan verstaan?’ ” “Ek het ‘n groot begeerte gehad,” het hy gesê, “om ‘n kennis van die profesieë gewild te maak onder ons gemeentes indien moontlik.” “Daar is geen studie waarvan ek weet wat beter in die behoeftes van die tyd voorsien nie.” “Dit is hierdeur dat ons klaarmaak vir die beproewing wat naby is, en waak en wag vir Jesus Christus.” Hoewel hy een van die beroemdste en gewildste predikers in die Franse taal was, is Gaussen na ‘n tyd van sy predikantskap geskors; die vernaamste klagte teen hom was dat hy die Bybel gebruik het in sy onderrig van die kinders, en nie die kategismus van die kerk nie ‘n droë, rasionalistiese handboek wat byna heeltemal ontbreek het aan positiewe geloof. Later het hy ‘n leraar geword in ‘n teologiese skool terwyl hy ook op Sondae die kinders geleer het uit die Skrifte. Sy werke oor die profesieë het groot belangstelling verwek. Van sy hoogleraarstoel, deur die pers, en in sy geliefde werk as leraar vir die kinders, het hy vir jare ‘n groot invloed laat geld en was hy die middel om die aandag van baie te vestig op ‘n studie van die profesieë wat aangetoon het dat die wederkoms van die Here naby was. {GS 417.3}

In Skandinawië ook is die Adventboodskap verkondig, en daar is groot belangstelling opgewek. Baie is opgewek uit hulle sorglose sekerheid, om hulle sondes te bely en te versaak en vergifnis te soek in die naam van Christus. Maar die geestelikes van die kerk het die beweging teengewerk, en deur hulle invloed is sommige wat die boodskap verkondig het in die gevangenis gewerp. Op baie plekke waar die predikers van die Here se spoedige koms op hierdie manier die swye opgelê is, het dit God behaag om die boodskap op wonderbaarlike wyse deur kinders te laat verkondig. Omdat hulle nog nie mondig was nie, kon die wet van die staat hulle nie belet nie, en hulle is toegelaat om ongehinderd te spreek. {GS 418.1}

Die beweging het grotendeels onder die laer klasse ontstaan, en dit was in die eenvoudige wonings van arbeiders waar die mense saamgekom het om die waarskuwing te hoor. Die kinderpredikers self was vir die grootste gedeelte uit armoedige huise. Sommige van hulle was nie ouer as ses of agt jaar nie. En terwyl hulle lewens bewys het dat hulle die Heiland liefhet en getrag het om in gehoorsaamheid aan sy wette te lewe, was hulle bekwaamheid en intelligensie maar net wat mens gewoonlik by kinders van daardie ouderdom sou verwag. Wanneer hulle voor die mense gestaan het, was dit egter duidelik dat hulle besiel was met ‘n krag bokant hulle eie natuurlike gawes. Hulle stem en maniere het verander, en met krag het hulle die waar-skuwing van die oordeel gegee, en hulle het die juiste woorde van die Skrifte aangehaal: “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van Sy oordeel het gekom.” Hulle het die sondes van die mense bestraf, deur nie alleen hulleonsedelikheidteveroordeelnie, maarook wêreldsgesindheidenafvalligheid,enhulle hoorders tewaarsku omhulle tehaasomte vlugvir diegrimmigheid wataankomwas. {GS 419.1}

Die mense het met vrees geluister. Die oortuigende Gees van God het tot hulle harte gespreek. Baie is daartoe gebring om die Skrifte met nuwe en groter aandag te ondersoek. Die onmatiges en die onsedelikes is hervorm, ander het hulle oneerlike praktyke versaak, en daar is ‘n werk gedoen, so merkwaardig, dat selfs die predikante van die Staatskerk gedwing was om te erken dat die hand van God in die beweging was. {GS 419.2}

Dit was Gods wil dat die boodskap van die Heiland se koms in die Skandinawiese lande sou verkondig word; en toe die stem van Sy diensknegte stilgemaak is, het Hy Sy Gees in die kinders laat kom, sodat die werk gedoen kon word. Toe Jesus naby Jerusalem gekom het, vergesel van die juigende skares wat met triomfkrete en swaaiende palmtakke Hom aangekondig het as die Seun van David, het die nydige Fariseërs Hom versoek om hulle die swye op te lê; maar Jesus het geantwoord dat dit alles ‘n vervulling van profesie was, en dat as hierdie mense sou swyg, die klippe sou uitroep. Die volk, banggemaak deur die dreigemente van die priesters en owerstes, het hulle gejuig gestaak toe hulle die poorte van Jerusalem binnegaan; maar die kinders in die tempelhowe het later die gejuig hervat; hulle het hulle palmtakke geswaai, en uitgeroep, “Hosanna vir die Seun van Dawid!” (Matt. 21: 8-16.) Toe die Fariseërs, ontevrede aan Hom gesê het, “Hoor U wat hulle daar sê?” het Jesus geantwoord, “Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van die klein kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?” Net soos God deur die kinders gewerk het tydens Christus se eerste koms, so het Hy ook deur hulle gewerk in die verkondiging van die

This article is from: