
27 minute read
Hoofstuk 13—Die Nederlande en Skandinawie
IN die Nederlande het die pouslike tirannie vroeg reeds besliste teenstand uitgelok. Sewehonderd jaar voor die tyd van Luther is die Roomse opperpriester deur twee biskoppe wat as afgesante na Rome gegaan het en wat die ware karakter van die “heilige stoel” ontdek het, in die volgende woorde onbevrees beskuldig: “God het vir Sy koningin en bruid, die kerk, ‘n edele en ewigdurende voorsiening gemaak, en aan haar ‘n bruidskat gegee wat nie kan verwelk of vergaan nie, asook ‘n ewige kroon en septer; . . . al hierdie weldade het u soos ‘n dief, van haar gesteel, U het uself in die tempel van God opgestel; pleks van ‘n herder, het u ‘n wolf vir die skape geword ... u wil ons wysmaak dat u ‘n opperbiskop is, maar u gedrag is soos die van ‘n tiran . . . pleks dat u ‘n kneg van knegte is, soos u uself noem, streef u om ‘n heer van die here te wees. . . . U bring die gebooie van God in veragting. . . . Die Heilige Gees is die opbouer van alle kerke oor die hele aarde. . . . Die stad van onse God, waarvan ons die burgers is, reik tot alle dele van die hemel; en dit is groter as die stad wat deur die heilige profete Babilon genoem is, wat voorgee dat hy goddelikis, wathomgelyk stel metdie hemel, endaaroproemdatsywysheidonverganklik is; en eindelik, wat voorgee, hoewel sonder enige bewys, dat hy nooit gedwaal het of kan dwaal nie.” Brandt, “History oj the Reformation in and About the Low Countries,” boek I, bl. 6. {GS 271.1}
Van eeu tot eeu het daar ander opgestaan om die protes te herhaal. En daardie vroeë leraars, wat in verskillende lande gereis het, en verskillende name gedra het, het die karakter gehad van die Vaudois-sendelinge; orals het hulle die kennis van die evangelie versprei, en hulle het ook die Nederlande binnegedring. Hulle leer het vinnig versprei. Hulle het die Waldensiese Bybel op rym in Hollands vertaal. Hulle het verklaar “dat daarin groot voordeel was; geen grappe en geen fabels, geen ydele woordspelings, geen bedrog, maar net woorde van waarheid; dat daar wel hier en daar ‘n harde kors was, maar dat die murg en soetigheid van wat goed en heilig was maklik daarin kon ontdek word.”- Idem,” bl. 14.So het die vriende van die ou geloof in die twaalfde eeu geskryf. {GS 272.1}
Toe het die Roomse vervolgings begin; maar te midde van die brandstapels en marteling het die gelowiges steeds vermeerder, en standvastig verklaar dat die Bybel die enigste onfeilbare gesag in die godsdiens was, en dat “geen mens gedwing moet word om te glo nie, maar dat hy deur prediking gewin moes word.” Martyn, Deel II, bl. 87. {GS 272.2}
Die leerstellings van Luther het goeie grond gevind in die Nederlande, en ernstige en getroue manne het opgestaan om die evangelie te verkondig. Uit een van die provinsies van Nederland het Menno Simons gekom, opgevoed as Katoliek en as priester georden, was hy heeltemal onkundig wat die Bybel betref het, en hy wou dit nie lees nie uit vrees dat hy tot kettery verlei sou word. Toe hy eenmaal getwyfel het oor die transsubstansiasieleer het hy dit as ‘n versoeking van Satan beskou, en deur gebed en belydenis het hy getrag om homself daarvan te bevry, maar tevergeefs. Deur buitensporighede het hy probeer om die aanklaende stem van sy gewete stil te maak, maar dit het nie gehelp nie. Na ‘n tyd het hy oorgegaan tot ‘n studie van die Nuwe Testament, en dit, saam met die geskrifte van Luther, het hom beweeg om die Hervormde geloof aan te neem. Kort daarna het hy in ‘n naburige dorp gesien hoedat ‘n man om die lewe gebring is omdat hy hom weer laat doop het. Dit het hom aanleiding gegee tot ‘n studie van die Bybel oor die kinderdoop. Hy kon geen bewys daarvoor in die Skrifte vind nie, maar hy het ontdek dat bekering en geloof nodig was voor die doop kon bedien word. {GS 272.3}
Menno het hom aan die Katolieke Kerk onttrek, en sy lewe gewy aan die verkondiging van die waarhede wat hy ontdek het. Beide in Duitsland en die Nederlande het daar ‘n klas fanatieke verrys wat die belaglikste en oproerigste leerstellings verkondig het, wat die reels van ordelikheid en welvoeglikheid verwerp en oorgegaan het tot opstand en geweld. Menno het gesien watter vreeslike gevolge hierdie bewegings sou hê, en hy het met alle mag die verkeerde leerstellings en wilde skemas van die fanatieke bestry. Daar was baie, egter, wat deur hierdie fanatieke mislei is, maar wat later hulle gevaarlike leer versaak het; en daar was ook nog baie afstammelinge van die vroeë Christene die vrugte van die Waldensiese leerstellings. Onder hierdie klasse het Menno met groot ywer en sukses gewerk. {GS 273.1}
Vir vyf-en-twintig jaar het hy rondgereis met sy vrou en kinders; hy moes baie ontberings verduur, en dikwels was hy in lewensgevaar. Hy het die Nederlande en noordelike Duitsland deurreis, en onder die eenvoudiger klasse gewerk, maar hy het groot invloed gehad. Van nature welsprekend, hoewel hy nie veel geleerdheid gehad het nie, was hy ‘n man van onwrikbare opregtheid, van ‘n nederige gees en sagmoedige maniere; hy was vroom en in sy eie lewe het hy uitgeleef wat hy geleer het, en hy het die vertroue van die volk gehad. Sy navolgers is verjaag en verdruk. Hulle het baie gely omdat hulle verwar is met die dweepsieke Munsteriete (Wederdopers). As gevolg van sy arbeid het daar groot getalle tot bekering gekom. {GS 273.2}
Op geen ander plek is die Hervormde leerstellings so algemeen aangeneem as in die Nederlande nie. In min lande het die gelowiges heftiger vervolging ondervind. In Duitsland het Karel V, die Hervorming in die ban gedoen en hy sou baie graag al die aanhangers daarvan na die brandstapel gebring het; maar die vorste het soos ‘n bolwerk gestaan teen sytirannie. In die Nederlande het hy groter mag gehad, en dekrete tot vervolging het vinnig op mekaar gevolg. Om die Bybel te lees, om dit te preek, of om daarvan te praat, het feitlik die dood beteken op die brandstapel. Om tot God in die geheim te bid, om te weier om voor ‘n beeld neer te buig, of om‘n psalmte sing, was ook deur die dood strafbaar. Selfs diegene wat hulle dwalings afgesweer het, is veroordeel; die mans moes met die swaard om die lewe gebring word, en die vrouens moes lewendig begrawe word. Duisende het omgekom tydens die regering van Karel en die van Filips II. {GS 274.1}
Eentyd was daar ‘n hele gesin voor die inkwisisiehof gebring omdat hulle weggebly het van die Mis en hulle godsdiens tuis beoefen het. By die verhoor, het die jongste seun, in antwoord op ‘n vraag wat hulle in die geheim gedoen het, gesê: “Ons val op ons knieë en bid God om ons verstand te veriig en ons sondes te vergewe; ons bid vir die koning, dat sy regering voorspoedig en sy lewe gelukkig mag wees. Ons bid vir ons magistrate dat die Here hulle mag bewaar.” Wylie, boek XVIII, hoofstuk 6.Sommige van die regters was diep getref ; maar tog is die vader en een van sy seuns tot die brandstapel veroordeel. {GS 274.2}
Die woede van die vervolgers was net so heftig as wat die geloof van die martelaars sterk was. Nie alleen die mans nie, maar delikate vrouens en jongmeisies het onwrikbare moed aan die dag gelê. “Vrouens het dikwels aan hulle eggenoot se sy by die brandstapel gestaan, en terwyl hy die vuur verduur het aan hom trooswoorde toegefluister of psalms gesing om hom op te beur.” “Jong meisies het gaan lê in hulle lewende graf asof hulle op hulle bed vir die nag gaan lê het; of hulle het na die brandstapel gegaan, in hulle beste klere gekleed, asof hulle bruide was.”- Wylie, boek XVIII, hoofstuk 6. {GS 274.3}
Soos in die dae toe Paganisme getrag het om die evangelie uit te roei, was die bloed van Christenedie saad.(SienTertullianus se“Apologie,”para.50.)Dievervolginghet diegetal getuies vir die waarheid vermeerder. Jaar na jaar het die keiser, wat woedend gemaak is deur die onoorwinlike standvastigheid van die volk, sy wrede werk met grag voortgesit; maar tevergeefs. Onder die edele Willem van Orange het die opstand eindelik aan Holland die vryheid gebring om God te dien. {GS 274.4}
In die berge van Piedmont, op die vlaktes van Frankryk en langs die kuste van Holland, is die vooruitgang van die evangelie met die bloed van die dissipels gemerk. Maar in die noordelike lande het dit vreedsaam voortgegaan. Die studente van Wittenberg wat na hulle huise teruggekeer het, het die Hervormde geloof na Skandinawië geneem. Die geskrifte van Luther het ook die lig versprei. Die eenvoudige, taaie volk van die noorde het hulle afgewend van die bederf, die prag, en die bygeloof van Rome, om die reinheid, die eenvoud, en die lewegewende waarhede van die Bybel aan te neem. {GS 275.1}
Tausen, “die Hervormer van Denemarke,” was ‘n boereseun. Reeds vroeg in sy lewe het die seun blyke gegee van ‘n lewenskragtige verstand; hy het gedors na onderrig; maar weens die omstandighede van sy ouers kon hy dit nie verkry nie, en hy is gevolglik na ‘n klooster. Hier het die reinheid van sy lewe, saam met sy ywer en getrouheid, vir hom die guns van die prior gewin. Sy eksamens het getoon dat hy talente besit het wat in die toekoms veel sou beteken vir die diens van die kerk. Daar is besluit om hom na een van die universiteite van Duitsland of die Nederlande te stuur; die jong student kon self kies, maar meteenvoorwaarde,naamlikdathynienaWittenberg moesgaannie.Hierdiestudent van die kerk moes gevrywaar word teen die gif van kettery, so het die monnike gesê. {GS 275.2}
Tausen het na Keule gegaan wat destyds, en soos dit vandag nog is, een van die vestings van Katolisisme was. Spoedig, egter, het hy gevind dat die mistisisme van die skoolmanne hom nie aangestaan het nie. In hierdie tyd het hy Luther se geskrifte in die hande gekry. Dit het hy met verbasing en verrukking gelees, en hy was baie begerig om persoonlik deur die Hervormer onderrig te word. Om dit te kan doen, sou beteken dat hy hom die misnoeë van die kloosterhoof op die hals sou haal en dat hy daardeur sy ondersteuning sou verloor. Dit het hom nie lank geneem om te besluit nie, en baie gou was hy ingeskryf as ‘n student op Wittenberg. {GS 275.3}
Terug in Denemarke, is hy weer na sy klooster. Totnogtoe het niemand vermoed dat hy ‘n Lutheraan was nie; hy het nie sy geheim verklap nie, maar het getrag om sy vriende, sonder om hulle vooroordeel op te wek, te lei tot ‘n reiner geloof en heiliger lewe. Hy het dieBybelaan hulle verklaar,en Christusaanhulleverkondig asdie sondaarse geregtigheid en syenigste hoop op die saligheid. Die prior wat soveel van hom verwag het as ‘n magtige verdediger van Rome, was woedend. Hyis dadelik uit syeie klooster verwyder na ‘n ander, waar hy in sy sel onder strenge toesig moes bly. {GS 276.1}
Tot ontsteltenis van sy nuwe bewakers, het verskeie van die monnike verklaar dat hulle die Protestantse geloof aangeneem het. Deur die tralies van sy sel, het Tausen die waarheid aan sy metgeselle verkondig. As hierdie Deense vaders geweet het hoe om met ketters te handel, sou Tausen se stem nooit weer gehoor gewees het nie; maar pleks om hom in die een of ander ondergrondse kerker op te sluit, het hulle hom uit die klooster gesit. Nou was hulle magteloos. ‘n Koninklike edik wat pas uitgevaardig was, het beskerming verleen aan al die leraars van die nuwe leer. Tausen het begin preek. Die kerke is vir hom geopen, en die volk het daarheen gestroom om hom te hoor. Daar was ook ander wat die woord van Godverkondig het. Die Nuwe Testament,in dieDeense taal vertaal, is wydensyd versprei. Die pogings wat die priesters aangewend het om die werk te stop, het dit net uitgebrei, en eerlank het Denemarke verklaar dat hy die Hervormde geloof aangeneem het. {GS 276.2}
Ook in Swede, het jongmanne wat uit die fontein van Wittenberg gedrink het, die water van die lewe aan hulle landgenote gebring het. Twee van die leiers in die Sweedse Hervorming, Olaf en Laurentius Petri, seuns van ‘n smid op Orebro, het onder Luther en Melanchthon gestudeer, en die waarhede wat hulle geleer het, het hulle ywerig verkondig. Soos die groot Hervormer, het Olaf die mense deur sy ywer en welsprekendheid opgewek terwyl Laurentius, soos Melanchthon, geleerd, nadenkend, en kalm was. Albei manne was baie vroom, met groot bekwaamheid in die teologie, en van onwrikbare moed in die verkondiging van die waarheid. Pouslike teenstand het nie ontbreek nie. Die Katolieke priesters het die ongeleerde en bygelowige volk opgerui. Olaf Petri is dikwels deur die gepeupel aangeval, en verskeie keer is hy byna gedood. Hierdie Hervormers het egter die guns en beskerming van die koning geniet. {GS 276.3}
OnderdieRooms-KatoliekeKerkisdievolkverarmenverdruk.Hulle hetniedieSkrifte gehad nie; en met ‘n godsdiens wat net uit tekens en seremonies bestaan het en nie die verstand verlig het nie, het hulle verval tot die bygeloof en paganistiese praktyke van hulle heidense voorouers. Die volk was in strydende partye verdeel, en die gedurige stryd het almal in ellende gedompel. Die koning het besluit tot ‘n hervorming van kerk en staat, en hy het hierdie bekwame helpers in die stryd teen Rome verwelkom. {GS 277.1}
In teenwoordigheid van die koning en die vooraanstaandes van Swede, het Olaf Petri met groot bekwaamheid die leerstellings van die Hervormde geloof verdedig teen die Roomse kampvegters. Hy het verklaar dat die onderwys van die kerkvaders aangeneem moes word alleen as dit ooreenkom met die Skrifte; dat die vernaamste leerstellings van die geloof duidelik en eenvoudig in die Bybel voorgestel is, sodat alle mense dit kan verstaan. Christus het verklaar, “My leer is nie Myne nie, maar van Hom wat My gestuur het;” en Paulus het verklaar dat as hy ‘n ander evangelie sou verkondig as wat hy ontvang het, hy ‘n vervloeking sou wees. (Joh. 7: 16; Gal. 1: 8.) “Hoe, dan,” het die Hervormer gevra, “sal ander hulle die reg aanmatig om leerstellings na hulle eie goeddunke te maak en dit dan voor te skryf as dinge wat nodig is vir die saligheid?” Wylie, boek X, hoojstuk
4.Hy het daarop gewys dat die dekrete van die kerk geen gesag het as hulle indruis teen die gebooie van God nie, en hy het die groot Protestantse beginsel gehandhaaf, naamlik: “Die Bybel en die Bybel alleen” as die enigste maatstaf van die geloof en lewe. {GS 277.2}
Die stryd, hoewel dit, algemeen gesproke, op ‘n afgeleë toneel plaasgevind het, dien om ons te toon “watter soort manne die leër van die Hervormers uitgemaak het. Hulle was nie ongeletterde, sektariese, luidrugtige redetwisters nie gladnie; hulle was manne wat die woord van God gestudeer het en wat goed verstaan het om die wapens waarvan die Bybel hulle voorsien het, te hanteer. Wat geleerdheid betref was hulle voor hulle tyd. As ons dink aan sulke skitterende sentrums soos Wittenberg en Zurich, en aan sulke beroemde name soos die van Luther en Melanchthon, van Zwingli en (Ecolampadius, kan daar moontlik aan ons gesê word, maar hierdie manne was die leiers van die beweging, en natuurlik verwag ons dat hulle manne van buitengewone krag en groot talent sou wees; maar hulle ondergeskikteswasnie sooshullenie. Wel,laat onsnadaardieafgeleëtoneel,Swede,gaan, en laat ons byvoorbeeld Olaf en Lourentius Petri neem • van die leiers tot die dissipels en wat vind ons? . . . geleerdes en teoloë; manne wat die hele stelsel van evangeliese waarheid volkome verstaan het, en wat maklik die oorwinning behaal het oor die drogredenaars van die skole en die waardigheidsbekleërs van Rome.” “ Wylie, boek X, hoojstuk 4. {GS 278.1}
As gevolg van hierdie redetwis, het die koning van Swede die Protestantse geloof aangeneem, en kort daarna het die volksverteenwoordiging hulle ten gunste daarvan verklaar. Die Nuwe Testament is deur Olaf Petri in Sweeds vertaal, en op versoek van die koning het die twee broers ‘n vertaling van die hele Bybel onderneem; en so het die
Sweedse volk vir die eerste maal die woord van God in hulle eie taal gekry. Die Ryksdag het bepaal dat die predikante deur die hele koninkryk die Skrifte moes ver-klaar, en dat kinders in die skole geleer moes word om die Bybel te lees. {GS 279.1}
Stadig maak seker het die duisternis van onkunde en bygeloof gewyk voor die geseënde lig van die evangelie. Vrygemaak van die Roomse onderdrukking, het die volk ‘n krag en grootheid bereik soos nog nooit tevore nie. Swede het een van die bolwerke van Protestantisme geword. ‘n Eeu later, in ‘n tyd van die allergrootste gevaar, het hierdie klein en totnogtoe swak volk die enigste volk in Europa wat dit gedurf het om te help tot die hulp van Duitsland gekom in die vreeslike stryd van die Dertigjarige Oorlog. Dit het geskynof dieheleNoordelikeEuropaaandiedwingelandyvanRome souonderwerpword. Dit was die leers van Swede wat Duitsland gehelp het om die pousgesindes te oorwin en om verdraagsaamheid teenoor die Protestante te verkry Calviniste sowel as Lutherane en om gewetensvryheid te bring aan die lande wat die Hervorming aangeneem het. {GS 279.2}
Hoofstuk 14—Later Engelse Hervormers
TERWYL Luther besig was omdie geslote Bybel vir die Duitse volk te open, is Tyndale deur die Gees van God gelei om dieselfde vir Engeland te doen. Wycliffe se Bybel is uit die Vulgata vertaal wat baie foute bevat het. Dit het nooit in druk verskyn nie, en die prys van die handskrifeksemplare was so hoog dat maar min behalwe die rykes en die edelliede ditkonbekostig;enwat meeris,omdatditdeurdiekerkverbiedis,was dieomloopdaarvan baie klein. In die jaar 1516, sowat ‘n jaar voor die verskyning van Luther se stellings, het Erasmus se Griekse en Latynse Nuwe Testament verskyn. Nou, vir die eerste keer, is die woord van God in die oorspronklike taal uitgegee. In hierdie werk is baie van die foute van die vorige uitgawes verwyder, en die betekenis is duideliker geopenbaar. Aan vele onder die geleerde klasse het dit ‘n beter kennis van die waarheid gegee, en dit het ook die Hervorming ‘n stoot vorentoe gegee. Maar die gewone mense was nog in ‘n groot mate afgesny van Gods vvoord. Tyndale sou die werk van Wycliffe voltooi deur die Bybel aan sy landgenote te gee. {GS 281.1}
‘n Ywerige student en ‘n ernstige soeker na waarheid, het hy die evangelie geleer uit die Griekse Testament van Erasmus. Onbevrees het hy sy oortuigings verkondig, en daarop aangedring dat alle leerstellings aan die Skrifte getoets moes word, ‘n Antwoord op die bewering van die Katolieke dat die kerk die Bybel gegee het en dat die kerk alleen dit kon verklaar, het Tyndale gesê: “Weet u wie die arende geleer het om hulle prooi te vind? Wel, dieselfde God leer Sy hongerige kinders om hulle Vader in Sy woord te vind. Yerre daarvandaan dat u die Skrifte aan ons gegee het, is dit u wat hulle vir ons verberg het; dit is julle wat diegene verbrand wat die Skrifte verduidelik, en as julle dit kon doen, sou julle die Skrifte self verbrand.” D’Aubigne, boek XVIII, hoojstuk 4. {GS 282.1}
Tyndale se prediking het groot belangstelling opgewek, en baie het die waarheid aangeneem. Maar die priesters was wakker, en nog skaars het hy die plek verlaat of hulle het deur hulle dreigemente en wanvoorstellings probeer om sy werk te vernietig. Maar te dikwels het hulle daarin geslaag. “Wat sal ons doen?” het hy uitgeroep. Terwyl ek op die een plek saai, beskadig die vyand die land wat ek net klaar bewerk het. Ek kan nie orals wees nie. O! as Christene maar net die Heilige Skrifte in hulle eie taal kon hê, sou hulle self hierdie drogredenaars kon weerstaan. Sonder die Bybel is dit onmoontlik om die leke in die waarheid te bevestig.” D’Aubigne, boek XVIII, hoojstuk 4. {GS 282.2}
Hy het ‘n nuwe plan gekry. “Dit was in die taal van Israel,” het hy gesê, “dat die Psalms in die tempel van Jehova gesing is; en sal die evangelie nie in die taal van Engeland tot ons spreek nie? . . . Sou die kerk op sy middag minder lig hê as tydens die dagbreek? . . .
Christene moet die Nuwe Testament lees in hulle moedertaal.” Die doktore en leraars van die kerk het onder mekaar verskil. Slegs deur die Bybel kan mense tot die waarheid kom.
“Die een hang hierdie doktor aan, en die ander daardie doktor. . . . En hulle weerspreek almal mekaar. Hoe dan kan ons onderskei tussen die een wat reg is en die een wat verkeerd is?...Hoe?...OngetwyfelddeurdiewoordvanGod.” D’Aubigne, boek XVIII, hoofstuk 4. {GS 282.3}
Dit was nie lank daarna nie dat ‘n geleerde Katolieke doktor in ‘n redetwis met hom uitgeroep het, “ons sou beter daaraan toe wees sonder Gods wette as die van die Pous.” Tyndale het geantwoord, “ek verwerp die Pous en al sy wette; en as God my lewe spaar, sal ek binnekort dit so bewerk dat die seun agter die ploeg meer van die Skrifte sal weet as jy.” Anderson, “Annals oj the English Bible,” bl. 19. Hersiende druk, 1862. {GS 283.1}
Die plan wat hy gekoester het om die Nuwe Testamentiese Skrifte aan die volke in hulle eietaaltegee,isnouverwesenlik,enhyhetdadelikaandiewerkgespring.Deurvervolging van sy huis verjaag, het hy na Londen gegaan waar hy vir ‘n tyd ongehinderd gewerk het. Maar weer is hydeur die geweld van die Roomsgesindes verplig om te vlug. Dit het geskyn of die hele Engeland vir hom gesluit was, en hy het besluit om in Duitsland skuiling te gaan soek. Hier het hy begin met die druk van die Engelse Nuwe Testament. Tweemaal is die werk stopgesit; maar waar hy in die een stad verbied is om te werk, het hy na ‘n ander gevlug. Eindelik het hy na Worms gegaan, die plek waar Luther ‘n paar jaar vantevore die evangelie voor die Ryksdag verdedig het. Daar was baie vriende van die Hervorming in daardie stad, en Tyndale kon sy werk ongehinderd voortsit. Gou is daar drieduisend eksemplare van die Nuwe Testament gedruk, en die volgende jaar het daar ‘n nuwe oplaag gevolg. {GS 283.2}
Met groot erns en volharding het hy sy werk voortgesit. Hoewel die Engelse owerheid die hawes baie goed dopgehou het, is die woord van God langs verskillende weë heimlik na Londen gevoer, en vandaar is dit oor die land versprei. Die pousgesindes het probeer om die waarheid te onderdruk, maar tevergeefs. Die biskop van Durham het eentyd van ‘n boekhandelaar, ‘n vriend van Tyndale, sy hele voorraad Bybels gekoop, met die doel om hulle te vernietig om die werk te verhinder soos hy gemeen het. Maar inteendeel, die geld wat vir die Bybels verkry is, is gebruik om materiaal te koop vir ‘n nuwe en beter uitgawe, wat andersins nie sou gedoen kon gewees het nie. Toe Tyndale later gevange geneem is, is daar aangebied om hom vry te stel op voorwaarde dat hy die name verklap van almal wat hom gehelp het met die onkoste en druk van sy Bybels. Hy het geantwoord dat die biskop van Durham in hierdie opsig meer as enige ander persoon gedoen het; want deur die ou voorraad teen ‘n groot prys op te koop, is hy (Tyndale) in staat gestel om sy werk voort te sit. {GS 283.3}
Deur verraad het Tyndale in die hande van sy vyande geval, en eentyd was hy vir baie maande in die tronk. Eindelik het hy die marteldood gesterf vir sy geloof. Maar die wapens wat hy berei het, het ander stryders deur die eeue heen in staat gestel om die stryd voort te sit. {GS 284.1}
Van die kansel het Latimer betoog dat die Bybel in die volkstaal behoort gelees te word. Die bron van die Heilige Skrifte, het hy gesê, is God Self; en die Skrifte deel in die krag en ewigheid van die Bron. “Daar is geen koning, keiser, of magistraat of regeerder ... of hulle is verplig om Sy heilige woord te gehoorsaam.” “Laat ons nie uitdraaipaadjies volg nie, maar laat die woord van God ons lei: laat ons nie agter ons voorvaders aanloop nie, of spreek soos hulle gespreek het nie, maar laat ons maak soos hulle moes gemaak het.” Latimer, “First Sermon Preached Before King Edward VI.” (ed. Parker Society.) {GS 284.2}
Barnes en Frith, die getroue vriende van Tyndale, het opgestaan om die waarheid te verdedig. Die Ridleys en Cranmer het gevolg. Hierdie leiers in die Engelse Hervorming was manne van geleerdheid, en die meeste van hulle was baie hoog aangeskryf vir hulle ywer en vroomheid onder die Katolieke. Hulle teenstand teen die pousdom was die gevolg van hulle kennis van die dwalings van die “heilige stoel.” Hulle bekendheid met die verborgenhedevan Babilonhet groter kraggegeeaanhullegetuienis teenhaar. {GS284.3}
“Nou wil ek ‘n vreemde vraag stel,” het Latimer gesê. “Weet julle wie die ywerigste biskop en prelaat in die hele Engeland is? {GS 284.4}
. . .Ek sien julle luister en wag dat ek sy naam moet noem. {GS 284.5}
. . .Ek sal julle sê: dit is die duiwel. . . . Hy is nooit sonder ‘n gemeente nie, . . . besoek hom maar as julle wil, hy is altyd tuis; . . . hy is altyd agter sy ploeg. . . . Ek waarborg dat julle hom nooit ledig sal aantref nie. . . . Waar die duiwel woon, daar moet die boeke wyk en die kerse moet opgesteek word; weg met die Bybels, en bring die krale; weg met die lig van die evangelie, en laat die lig van kerse skyn; ja, selfs op die middag; . . . weg met die kruis van Christus, en laat die vaevuur-goudief kom; . . . weg met die bekleding van die naaktes, die armes, en die magtelose, maar laat die beelde bedek, en stokke en stene versier word; verhef die tradisies en wette van mense, en vertrap die tradisies van God en Sy heilige woord. . . . O, mag ons prelate net so ywerig wees om die koring van gesonde leer tesaaiasSatanisomdieonkruidtesaai!” Latimer, “Sermon oj the Plough.” {GS284.6}
Die groot beginsel wat deur hierdie Hervormers gehandhaaf is -dieselfde wat deur die Waldense, Wycliffe, Johannes Huss, Luther, Zwingli, en diegene wat by hulle aangesluit het, gehuldig is was aanname van die onfeilbare gesag van die Heilige Skrifte as maatstaf van geloof en lewe. Hulle het die reg ontken van pouse, konsilies, kerkvaders, en van konings, om die gewete in godsdienssake te beheers. Die Bybel was hulle enigste gesag, en aan die leer daarvan het hulle alle leerstellings en aansprake getoets. Dit was geloof in God en Sy woord wat hierdie manne opgebeur het waar hulle hulle lewens op die brandstapel opgeoffer het. “Wees goedsmoeds,” het Latimer gesê aan ‘n medemartelaar netvoordat dievlamme hulle stilgemaak het, “deurdie genadevan Godsal ons in Engeland
‘n lig opsteek wat nooit weer uitgedoof sal kan word nie.” “ Works oj Hugh Latimer,” Deel I, bl. 13. (ed. Parker Society.) {GS 285.1}
In Skotland is die saad van waarheid wat deur Columba en sy medewerkers gesaai is, nooit heeltemal vernietig nie. Vir honderde jare na die kerke van Engeland hulle aan Rome onderwerp het, het dié in Skotland hulle vryheid gehandhaaf. In die twaalfde eeu, egter, is die pousdom daar bevestig, en in geen land het dit groter heerskappy gevoer nie. Nêrens was die duis-ternis groter nie. Maar nogtans het daar ligstrale gekom deur die duisternis as ‘n belofte van die koms van die dag. Die Lollarde, wat uit Engeland gekom het met die Bybel en die leer van Wycliffe, het baie gedoen om die kennis van die evangelie te bewaar, en elke eeu het sy getuies en martelaars gehad. {GS 285.2}
Met die begin van die Groot Hervorming het die geskrifte van Luther gekom, cn daarna Tyndale se Engelse Nuwe Testament. Ongemerk deur die hiërargie, het hierdie boodskappers stil oor berge en dale gegaan, en die fakkel van waarheid wat so byna uitgedoof was in Skotland, het weer begin opflikker en die werk begin afbreek wat Rome tydens die vier eeue van onderdrukking gedoen het. {GS 286.1}
Toe het die bloed van die martelare die beweging ‘n groot stoot vorentoe gegee. Die pouslike leiers, toe hulle skielik wrakkerskrik vir die gevaar wat hulle saak bedreig het, het sommige van die edelste en geëerdste seuns van Skotland na die brandstapel gebring. Maar dit het gedien as ‘n kansel vanwaar die woorde van hierdie sterwende getuies oor die hele land gehoor is, en wat die volksiel met ‘n onwrikbare voorneme vervul het om die boeie van Rome af te werp. {GS 286.2}
Hamilton en Wishart, prinse van karakter sowel as van geboorte, met nog ‘n hele aantal eenvoudiger dissipels, het hulle lewens op die brandstapel opgeoffer. Maar van die brandstapel van Wishart het daar een gekom wat die vlamme nie kon stilmaak nie, iemand wat onder leiding van God die doodslag aan die pousdom in Skotland sou gee. {GS 286.3}
John Knox het die tradisies en die mistisisme van die kerk verwerp om op die waarhede van Gods woord te teer. Die leer van Wishart het hom bevestig in sy besluit om die kerk van Rome te verlaat, en homself te voeg by die vervolgde Hervormers. {GS 287.1}
Toe sy vriende by hom aangedring het dat hy die predikantsamp moes opneem, het hy met bewing teruggedeins vir die verantwoordelikheid, en dit was eers na dae van afsondering en innerlike stryd dat hy ingestem het. Maar toe hy eenmaal die werk opgeneem het, het hy voortgegaan met onwrikbare vasberadenheid en moed solank as daar lewe was. Hierdie opregte Hervormer was nie vir die mens bang nie. Die martelaarsvure wat rondom hom gebrand het, het slegs gedien om sy ywer groter te maak. Met die byl van die tiran dreigend na sy hoof gemik, het hy palgestaan en links en regs het hy magtige slae uitgedeel om afgodediens te verpletter. {GS 287.2}
Toe hy van aangesig tot aangesig voor die koningin van Skotland verskyn het, in wie se teenwoordigheid die ywer van rnenige leier van Protestantisme verdof het, het John Knox onwrikbaar getuig vir die waarheid. Liefkosings kon hom nie oorhaal nie; vir dreigemente het hy nie gesidder nie. Die koningin het hom beskuldig van kettery. Hy het die volk geleer om ‘n godsdiens aan te neem wat deur die staat verbied is, het sy gesê, en dus het hy Gods gebod oortree wat die volk beveel om hulle prinse te gehoorsaam. Yasberade het Knox geantwoord: {GS 287.3}
“Daar ware godsdiens nie oorspronklike krag of gesag van wêreldlike vorste verkry het nie, maar van die ewige God alleen, is die onderdane nie verplig om hulle godsdiens te reel volgens die smaak van hulle prinse nie. Want dikwels is dit die geval dat prinse die onkundigste van almal is in die ware godsdiens van God . . . as al die afstammelinge van Abraham die godsdiens van die Farao’s bely het, wie se onderdane hulle vir ‘n lang tyd was, dan vra ek u, mevrou, watter soort godsdiens sou daar in die wêreld gewees het? Of as alle mense in die dae van die apostels die godsdiens van die Roomse keisers bely het, watter soort godsdiens sou daar op die aarde gewees het? . . . En so, mevrou, sal u kan sien dat die onderdane nie gebonde is deur die godsdiens van hulle prinse nie, alhoewel hulle beveel is om hulle te gehoorsaam.” {GS 287.4}
Maria het geantwoord, “Jy verklaar die Skrifte op een manier, en hulle (die RoomsKatolieke leraars) verklaar dit op ‘n ander manier; wie moet ek glo, en wie sal oordeel?” {GS 288.1}
“U moet God glo, wat duidelik in Sy woord spreek,“ het die {GS 288.2}
Hervormer geantwoord; “en verder as wat die woord leer, moet u nog die een nog die ander glo. Die woord van God is op sigself duidelik; en as daar onduidelikheid op die een plek is, verklaar die Heilige Gees, wat Homself nooit weerspreek nie, daardie gedeelte duideliker op ander plekke, sodat daar geen twyfel kan bestaan behalwe in die geval van diegene wat moedswillig onkundig wil bly nie.” Laing, “Works oj John Knox,” Deel II, bis. 281, 284 (ed. 1895.) {GS 288.3}
Dit was die waarhede wat die onverskrokke Hervormer, in lswensgevaar voor die koningin verkondig het. Met dieselfde heldemoed het hy doelbewus voortgegaan; hy het gebid, en die stryd van die Here gestry totdat Skotland van die pousdom bevry is. {GS 288.4}
InEngelandhetdiebevestigingvanProtestantismeas‘nnasionalegodsdiensvervolging laat afneem, maar dit is nie heeltemal stopgesit nie. Terwyl baie van die leerstellings van Rome versaak is, is baie van die vorms behou. Die oppermagtigheid van die Pous is verwerp, maar in sy plek is die koning verhef tot hoof van die kerk. In die kerkdienste was daar nog ‘n groot afwyking van die reinheid en eenvoud van die evangelie. Die groot beginsel van godsdiensvryheid was nog nie heeltemal verstaan nie. Hoewel die vreeslike wreedhede wat Rome teen ketters gepleeg het maar selde deur Protestantse heersers toegepas is, is die reg van elke mens om God te dien volgens die inspraak van sy gewete, nogtans nie erken nie. Van almal is geverg dat hulle die leerstellings moes aanneem en die vorms moes gebruik wat deur die kerk voorgeskryf is. Andersdinkendes is vervolg vir ‘n tydperk van ‘n honderd jaar en meer. {GS 288.5}
In die sewentiende eeu is duisende predikante van hulle ampte onthef. Op dreigement van swaar boetes, gevangenisstraf, en verbanning, is die volk verbied om enige godsdienstige byeenkomste by te woon behalwe die wat deur die kerk goedgekeur is. Daardie getroue siele wat gedwonge gevoel het om God te aanbid, is verplig om in donker systraatjies, verborge solders, en in sommige gevalle snags in die bosse byeen te kom. In die beskutting van die bosse, ‘n tempel deur God self gebou, het die verstrooide, vervolgde kinders van God vergader om te bid en God te loof. Maar ten spyte van al hulle voorsorgsmaatreëls, moes baie vir hulle geloof ly. Die tronke was tot oorlopenstoe vol. Gesinne is verbreek. Baie is na vreemde lande verban. Maar God was met Sy volk, en vervolging kon hulle nie stilmaak nie. Baie is oor die see verdryf na Amerika, en daar het hulle die hoeksteen gelê van burgerlike en godsdiensvryheid wat nog steeds die bolwerk en eer van daardie land is. {GS 288.6}
Weer, net soos in die dae van die apostels, het vervolging gedien tot uitbreiding van die evangelie. In ‘n afskuwelike kerker, vol diewe en verlaagdes, het John Bunyan die atmosfeer van die hemel ingeasem; en daar het hy sy bekende allegorie van die “Pelgrim se Reis na die Ewigheid” geskrywe. Vir meer as tweehonderd jaar al spreek daardie stem van die Bedfordse tronk met opwekkende krag tot die harte van mense. Bunyan se “Pilgrim’s Progress” en “Grace Abounding to the Chief of Sinners” het baie voete in die lewensweg gerig. {GS 289.1}
Baxter, Flavel, en Alliene, en nog ander manne van talent, opvoeding, en Christelike ervaring, het opgestaan in heldhaftige verdediging van die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Die werk van hierdie manne, verban en verbied deur die heersers van hierdie wêreld, kan nooit vergaan nie. Flavel se “Fountain of Life,” en “Method of Grace” het duisende geleer hoe om hulle siele vir bewaring aan Christus te gee. Baxter se “Reformed Pastor” was ‘n groot seen vir vele wat ‘n herlewing in die werk van God begeer het, en sy “Saints’ Everlasting Rest” het sy werk gedoen om siele te lei na die rus wat oorbly vir die volk van God. {GS 290.1}
‘n Honderd jaar later, in ‘n tyd van groot geestelike duisternis, het Whitefield en die Wesleys verskyn as ligdraers vir God. Onder die wette van die gevestigde kerk, het die mense van Engeland verval in ‘n toestand van godsdienstige agteruitgang wat skaars onderskei kon word van die heidendom. Natuurlike godsdiens was die geliefkoosde studie van die geestelikes, en dit het al hulle teologie ingesluit. Die hoër klasse het vroomheid versmaad,en hulledaaropberoemdat hullehoërgestaanhetas wathullefanatismegenoem het. Die laer klasse was baie onkundig, en oorgegee aan ontug, terwyl die kerk geen moed of geloof meer gehadhetomdievertraptesaak vanwaarheidte ondersteunnie. {GS290.2}
Die groot leerstelling van regverdigmaking deur geloof, wat so duidelik deur Luther geleer is, is byna vergeet; en die Roomse beginsel van vertroue op goeie werke vir die saligheid het die plek daarvan ingeneem. Whitefield en die Wesleys, lede van die gevestigde kerk, was opregte soekers na die guns van God en dit kon verkry word, soos hulle geleer is, deur ‘n deugsame lewe en die nakoming van die insettings van die godsdiens. {GS 290.3}
Toe Charles Wesley eenmaal siek was, en daar gevrees is vir sy lewe, is aan hom gevra waarop hy sy hoop op die ewige lewe gebou het. Sy antwoord was, “Ek het my beste pogings aangewend om God te dien.” Toe dit geskyn het of die vriend wat die vraag gestel het nie heeltemal met die antwoord tevrede was nie, het Wesley gedink, “Wat! is my pogings nie voldoende grond vir hoop nie? Sou hy my wil beroof van my goeie werke? Ek het niks anders om op te vertrou nie.” Whitehead, John, “Lije of the Rev. Charles Wesley,” bl. 102 (2de Am. ed. 1845).So dig was die duisternis wat die kerk omhul het, wat die versoening bedek het, wat Christus van sy heerlikheid beroof het, en wat die harte van die mense afgewend het van hulle enigste hoop op die saligheid, naamlik die bloed van die gekruisigde Verlosser. {GS 291.1}
Wesley en sy medewerkers is daartoe gebring om te sien dat ware godsdiens sy setel in die hart het, en dat Gods wet te doen het met die gedagtes sowel as met woorde en dade. Oortuig van die nodigheid van hartheiligheid, sowel as ‘n onbesproke uiterlike gedrag, het hulle in alle erns ‘n nuwe lewensweg begin. Met alle ywer en gebed het hulle probeer om die boosheid van die natuurlike hart in bedwang te bring. Hulle het ‘n lewe van selfverloëning, liefdadigheid, en nederigheid gelei, en met die grootste nougesetheid alles gedoen wat volgens hulle mening kon help om wat hulle die meeste begeer het aan hulle te besorg naamlik daardie heiligheid wat vir hulle die guns van God sou verkry. Maar hulle het nie gekry wat hulle gesoek het nie. Hulle pogings om hulleself te bevry van die veroordeling van die sonde en die mag daarvan te verbreek, was tevergeefs. Dit was dieselfde stryd wat Luther ondervind het in sy sel te Erfurt. Dit was dieselfde vraag wat sy siel gemartel het “Hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?” Job 9: 2. {GS 291.2}
Die vure van goddelike waarheid, wat byna uitgedoof is op die altaar van Protestantisme, is weer aangesteek deur die ou fakkel wat deur die Boheemse Christene van eeu tot eeu oorhandig is. Na die Hervorming, is Protestantisme in Boheme deur die hordes van Rome vertrap. Almal wat geweier het om die waarheid te versaak, is gedwing om te vlug. Sommige van hulle wat skuiling in Sakse gevind het, het die outydse geloof daar gehandhaaf. Dit was van die afstammelinge van hierdie Christene wat Wesley en sy medewerkers die lig ontvang het. {GS 291.3}