Vlaag inbrake in Seelane
Is it a bird? Is it a plane? Is it a GRIPEN?
Kleinmond se tweede aftree-oord gaan uiteindelik gebou word
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 2
Vlaag inbrake en skade in seelane KLEINMOND – “Daar was die afgelope tyd ‘n toename in inbrake op die dorp, veral in die Seelane”, sê Brian van der Merwe van Safe Security. “ Die inbrekers gooi klippe deur die vensters, forseer vensters oop en steel gewoonlik elektroniese toerusting. Helder oordag, in die nag, daar is geen tyd nie. Dit lyk asof die inbrake op die ingewing van die oomblik plaasvind. Kwaaddoeners of geharde misdadigers, ons weet nog nie.” Hy het inwoners gevra om alle gevalle aan die polisie te rapporteer en aan te dring op ‘n CAS/MAS nommer. “Dit maak nie saak of daar net opsetlike saakbeskadiging of poging tot huisbraak was nie, rapporteer asseblief alle gevalle.” Volgens Van der Merwe is daar skynbaar ‘n groep kinders betrokke by van hierdie inbrake. “Na wat ons verneem kan die kinderwelsyn slegs optree en ingryp as daar amptelike sake gerapporteer word. Iewers is daar ‘n afsetplek vir die gesteelde goed, reg onder ons neuse. Laat ons almal mekaar se oë en ore wees. ‘n Styging in misdaad gaan ‘n ernstige knou vir ons toerisme meebring. Bel die polisie se tolvrye misdaadrapporterings nommers indien jy inligting het
en te bang is om dit openbaar te maak,” het hy gesê. Die polisie het bevestig dat daar die afgelope tyd weer ‘n styging in inbrake was, maar sê die probleem lê hoofsaaklik in Bettysbaai. Polisie woordvoerder, ao Jaco van Wyk, sê daar is ‘n kommerwekkende tendens dat inbrake gebeur terwyl die bewoners tuis is. Hy het inwoners gemaan om te alle die nodige sekuriteitsmaatreëls te tref en deure gesluit te hou, al is hul tuis. Hy sê die inbrake op Bettysbaai is meesal opportunisties van aard. Inwoners moet veral op die uitkyk wees vir verdagtes wat snags in die gebied rondbeweeg. Intussen was daar die afgelope week ‘n voorval van huishoudelike geweld in Riemvasmaak, waartydens ‘n vrou haar man met ‘n mes gesteek het. Die man is in die Worcester hospital opgeneem, maar is intussen ontslaan. Niemand is nog in verband met die moord voorverlede week in Poppedorp in hegtenis geneem nie. Gerugte doen egter die rondte dat dit drie jong mans was wat die 29 -jarige Sibongile Mxhosa vermoor het.
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Fynbospark uiteindelik gebou Die Beheerraad van Fynbos Dienssentrum het die afgelope week besluit dat daar begin kan word met die oprigting van Fynbospark Aftree en Versorgingsoord. Fynbos Dienssentrum is geaffilieer met Badisa, die Barmhartigheidsdiens van die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk. Alle lede van Badisa se eiendomme (ouetehuise en aftreeoorde) word geregistreer in die naam van die Goeie Hoop Behuisingsmaatskappy wat deur Badisa bestuur word. Die bestuur van die eiendomme word dan behartig deur die plaaslike organisasie se Beheerraad. Oor die afgelope ongeveer tien jaar is daar hard gewerk om fondse in te samel vir die oprigting van Fynbospark aftree- en versorgingsoord. Uiteindelik is daar sopas die R7.5 miljoen kerf verbygesteek met die fondsinsamelingspogings. Soos onlangs deur Jean du Toit gerapporteer, het die Singleton winkeltjie (Oom Sakkie) ook `n stewige R1,15 miljoen bygedra tot die fondsinsameling. Die verkryging van grond vir Fynbospark was `n baie lang proses. Onderhandelinge met die Overstrand Munisipaliteit het oor jare verloop en verskeie persele is deur die Munisipaliteit aangebied maar was nie aanvaarbaar nie. Uiteindelik is in 2010 `n 2 hektaar deel van die Karavaankamp aan Fynbos verkoop. Hierna was daar nog verskeie vertragings oor wetlike vereistes wat nagekom moes word voordat die terreinplan by die Munisipaliteit ingedien kon word en selfs verdere vertragings het opgeduik voordat die uitleg uiteindelik in 2012 goedgekeur is. Die uitleg van die terrein maak voorsiening vir `n Sentrum met `n saal, kombuise, kantore, `n verswakte afdeling met 20 beddens en vleuels met bystandskamers met badkamers vir 20 persone. Verder word beplan om 39 enkel, 19 eenslaapkamer en 12 tweeslaapkamer wooneenhede(met garages) op te rig. In 2015 was beplan om `n gedeelte van die sentrum met die verswakte afdeling
en bystandskamers op te rig. Ongelukkig was die tender bedrae heelwat meer as die fondse wat beskikbaar is. Dit is ook nie ekonomies volhoubaar om slegs met die verswakte afdeling te begin nie aangesien die maandelikse heffings per persoon te hoog sal wees. Daar is nou besluit dat daar eers met die oprigting van wooneenhede begin moet word. Om kostes te bespaar gaan daar op die eienaar-bouer beginsel met die projek begin word. Chris Jacobs het aangebied om gratis as die Projek Bestuurder op te tree. Daar sal sover moontlik probeer word om van plaaslike bouers en ambagsmanne gebruik te maak om sodoende werkgeleenthede binne Kleinmond te skep. Die planne vir die tweeslaapkamer huise met badkamers is deur die Tegniese Komitee van Fynbos saam met die argitek gefinaliseer en word nou ingedien vir goedkeuring deur die Munisipaliteit. Aangesien daar infrastruktuur t.o.v. riolering, water en elektriese verspreiding ge誰nstalleer moet word moet die insette van siviele en elektriese ingenieurs bekom word. Die omheining moet ook aan die begin ge誰nstalleer word vir sekuriteitsdoeleindes. Tenders vir die bouwerk sal ook terselfdertyd aangevra word. Die wooneenhede word op die lewensreg beginsel verkoop, dus is daar geen oordragkostes by die koop betrokke nie wat `n aansienlike besparing vir die bewoners bewerkstellig. Hoewel alle eerstekopers die volle oprigtingskoste van die wooneenhede sal betaal sal herkopers nie deur stygings in boukostes geraak word nie en dus wooneenhede teen billiker pryse as markpryse kan bekom. Die verkope van die eerste huise sal nou begin. Persone wat belang stel om `n huis in Fynbospark te bekom word aangeraai om Fynbos Dienssentrum (Tel: 028 271 3602) so gou moontlik te kontak aangesien daar is reeds `n paar persone hul name op die waglys geplaas het. Christo Kok (Tel: 083 257 8843)
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 3
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 4
Overstrand Herald
LAERSKOOL KLEINMOND was Maandag die gasskool vir die aanbieding van die o.13 rugbyproewe vir ‘n groep skole in die Overstrand. Die kinders wat die streekspan gehaal het,
10 Maart 2016
Almal koes vir ‘n vale…
speel eersdaags in verdere proewe vir die Walkerbaai o.13 span. JD Floris en Jean Roux het Laerskool Kleinmond verteenwoordig en JD is in die streekspan ogeneem.
VGK, Proteadorp Stasies van die Kruis-staptog: Goeie Vrydag, 25 Maart om 06.30. Ontmoet by die Gemeenskapsaal en eindig by die Preekboom. Volg Jesus op Sy kruisweg. Almal welkom. Navrae 082 908 9825
Bladsy 5
Stations of the Cross pilgrimage: Good Friday, 25 March at 06.30. Meet at the Community Hall and end at the Preekboom. Follow Jesus on the Way of the Cross. All are welcome. Navrae 082 908 9825
KLEINMOND – “Nee aarde! My hart klop, my hande bewe, my honde duik vir die hokke! Watse ding is nou net hier oor Kleinmond? Ek sal mos ‘n hartaanval kry…..” So het Johamay Putter vandeesweek op sosiale media laat hoor kort na ‘n straalvliegtuig laag oor Kleinmond deur die klankgrens gebreek het. Die Herald het net die knal gehoor en nie die vliegtuig self gesien nie. Talle het egter gesweer dat dit ‘n Gripen vegvliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugmag was. Die Herald het navraag gedoen by die lugmagbasis op Bredasdorp en die
bevelvoerder, lt.kol Marius van den Heever het ietwat versigtig geantwoord deur te sê dat hy nie kan bevestig dat dit wel ‘n Gripen was nie. Volgens hom het die straalvliegtuie van die bekende Thundercity groep op daardie tydstip ook die lugruim in die gebied gebruik. Kol Van den Heever het wel bevestig dat die Gripens van 2 eskader die afgelope week lug-tot-lugoefeninge in die gebied vanaf Bredasdorp tot by Kaapstad gedoen het. Dit is ‘n jaarlikse gebeurtenis en die vliegtuie het Woensdag weer terug vertrek na Makhado waar hulle gestasioneer is.
Ouers wil robot by laerskool se voetoorgang hê KLEINMOND – Ouers van Laerskool Kleinmond het die afgelope week hul stemme dik gemaak oor die voetoorgang in Hoofweg. Hulle sê daar is wel ‘n verkeersbeampte aan diens in die oggend, maar smiddae moet hul kinders dikwels letterlik hul lewe in hul eie hande neem om die pad oor te steek. Talle ouers
wou op sosiale media weet wat dan geword het van die destydse skolierpatrollies? Volgens DA raadslid, Phillip Appelgrein het onderwysers deesdae te veel ander verpligtinge. Kan ouers nie dalk betrokke raak nie, wou hy weet? Appelgrein het onderneem om die saak met die provinsiale owerhede op te neem
Overstrand Herald
10 Maart 2016
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 7
Overstrand Herald
10 Maart 2016
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie?
Slaap
Ek kry mense wat nie kan slaap nie, bitter jammer. Ek geniet dit om te slaap. En ek is hoorlik knorrig indien ek nie genoeg slaap nie, of gedurende die nag wakker gemaak word. Slaap is vir my lekker. Ek weet daar is mense wat met min slaap kan regkom. Ek is nie een van hulle nie. Dis vir my lekker om nadat ek iets gelees en die lig afgeskakel het, om net weg te raak in heerlike sagte newels. Daar is mense wat beweer dat
op haar dag. Die gedig bly my steeds by en dit som tog regtig die hele proses so raak op. Daarom: geniet dit weer ‘n keer. Die slaap en die gedig. Wat is die slaap ‘n wondersoete ding! Sag op haar bloue oë daal die vaak soos maneskyn diep waterkuile raak om daar te droom in silwer skemering. Vir laas beef oor haar lippe ‘n fluistering: “Nag, Pappie.” Ek merk hoe
Bladsy 8 langsaam hy genaak, wat drome soet tot werklikhede maak: in vaderarms rus my lieweling. Sluit so my oë, God, wanneer vir my u Engel wenk ter laaste, lange rus en ek van wilde woeling hier moet skei; dat my dan stille drome huis toe sus en sterke Hand deur duisternisse lei. Sluit so my oë, God, as ek gaan rus.
www.overstrandherald.co.za ek snork. Ek sou nie kon sê nie. Ek slaap mos. Ek weet wel dat ek baie droom. Soms deurmekaar, soms stories, soms gesprekke. Daar is ook die ‘odd’ nagmerrie, maar gelukkig nie só dat dit my enigsins verhinder om weer te slaap nie. Inteendeel, ek draai dikwels net om en slaap verder in die arms van Morpheus. Op skool was DF Malherbe se gedig “Slaap” voorgeskryf as voorbeeld van ‘n sonnet. Jors Troelie moes dit taks voordra, want sy kon lekker perform
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 9
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 10
“Receive children, receive Me.” KLEINMOND - Dit was die tema van die 86ste viering van die Wêreldbiddag vir Vroue, soos vanjaar opgestel deur die Wêreldbiddagkomitee van Kuba. Hierdie gedagte is Vrydag 4 Maart dwarsdeur die wêreld gehuldig, ook in Kleinmond by die VGK Proteadorp, waar vroue van verskillende gemeentes saamgekom het om die gedagte te oordink en vir vroue in ander lande voorbidding te doen. The Cuban atmosphere was set with a glass of lemonade presented to each lady entering the auditorium, as commonly done in Cuba to welcome friends and visitors. The worship centre was garnished with white flowers to illustrate the Butterfly Jasmine, the Cuban national flower. A procession of women of different generations entered in a procession, carrying symbols of the fruits of the earth and the Bible. The leader of the procession and chairwoman of the Christian Woman Movement of this church, Evelyn Jacobs, greeted everyone the Cuban way with “Buenos tardes!”, inviting all to worship together. This included various songs, with competent Shirley Swartz at the organ, as well as a call to worship, consisting of various members of the procession illustrating the daily life as well as praising of Cuban woman, followed by various scripture readings and prayers of invocation and confession. Die gasspreker van die middag was Mina Smit, wat gefokus het op die rol van die vrou wat sterk moet wees in die Here, maar ook sag teenoor die minderes wat ‘n sagte skouer nodig het. Haar illustrasie “As enigeen hom teen ‘n vrou vasloop, is dit soos teen ‘n rots!” het ‘n glimlag ontlok by meeste vroue in die gehoor. Jesus wys ons deur Sy optrede hoe ons moet optree teenoor die kindertjies – maar verwelkom waarskynlik ook die moeders en oumas! Die boodskap van die middag was om die wêreld in te gaan
Foto bo: Al die deelnemers aan die middag se program. Foto regs: Van die besoekers aan die VG kerk vir die verrigtinge. Foto regs onder: Shirley Swartz (orrelis), Evelyn Jacobs (gasvrou) en Mina Smit (gasspreker) tydens die Wêreldbiddag vir Vroue program, met ‘n hart vol deernis vir kinders en mense in nood, asook die wete dat God my in liefde aanvaar, net soos Hy die kindertjies aanvaar. The afternoon ended with the following benediction: At each day’s dawn We receive the blessing And welcome the mission Of caring and celebrating The miracle of inspiring All life – in prayer. Berig en fotos; Ria Burrows
Overstrand Herald 028 271 3394
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 11
Overstrand Herald
Overstrand Herald 028 271 3394
10 Maart 2016
Bladsy 12
Almal verdien ‘n tweede kans
PRINGLEBAAI – ‘n Twee-entwintigjarige jong man wat sy jong lewe in pleegsorg, kinderhuise, ‘n verbeteringskool en selfs die tronk spandeer het, se lewe het die afgelope drie jaar so ‘n verandering ondergaan dat hy nou die trots is van ‘n gesin van hier wat hom ingeneem het. Leeroy Hendricks
is al op 3 jaar in pleegsorg gesit en was op 8 jaar die eerste keer verbeteringskool toe gestuur. Hierna was hy om die beurt in kinderhuise en pleegsorg en het op 18-jarige ouderdom vir drie maande in die tronk beland vir diefstal. In 2013 het hy by die Oliviers op Pringlebaai beland en het intussen in ‘n kranige atleet ontwikkel. Leeroy het al ‘n twintig stuks half en vol marathons voltooi en mik nou vir die Two Oceans wat later vandeesmaand plaasvind. Volgende jaar, sê hy, is dit die grote – die Comrades. Om sy droom moontlik te maak het hy egter hulp nodig. Hy het dringend behoorlike drafskoene nodig vir die Two Oceans, ook drafklere, ‘n sweetpak en aanvullings. ‘n Horlosie wat afstand kan meet is net ‘n droom, sê hy. As u kan help, skakel asb vir Ilse by 0604973799
Overstrand Herald
10 Maart 2016
KidsCan thank donors KLEINMOND – The kids, staff and committee at KidsCan treated their donors to an
afternoon of singing and eats while introducing them to the activities of the Centre.
SACSSA Athletics The Cape Home Educators (CHE) was invited to participate at the SACSSA Inter Schools Regional Athletics Day. This event was held on Friday, 26 February at the Tygerberg Athletics Club situated at the Jan Burger Athletics Stadium in Parow. The other schools or groups who participated were Ambleside, West Coast Christian School, Mondeor Eco School, Rabonni, Shiloh, Sommerstrand, Active Home Schoolers and MôreSon Mission School. More than 500 athletes participated in different track and field events. CHE entered 130 home schoolers. Chané Mehnert participated in the Women Junior 800m (2nd), 1 500m (1st) and 3 000m (1st). Emile Mehnert participated in the Boys 13 Long Jump (4th), 800m (2nd) and 1 500m (1st) as well as the Boys 15/16 (Sub Youth)
SPERTYD VIR ADVERTENSIES IS DINSDAE OM 12:00
3000m (2nd).
They have qualified for the SACSSA Provincial Athletics Meeting which will take place on Saturday, 12 March at the Parow Athletics Stadium.
Bladsy 13
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 14
Leerders ondersteun hul span
Op die foto wys die Kleinmonders waar hul lojaliteite lê.
Leerders van KLEINMOND PRIMêR het op 27 Februarie die geleentheid gehad om hul span, die Stormers, op Nuweland te sien speel. Wat die dag nog meer opwindend gemaak het, was dat die Stormers die Bulle kafgedraf het.
Mnr. Lyndon Hunter, afrigter, sê hulle is hul borge wat die geleentheid moontlik gemaak het, baie dank verskuldig.
Twee o.13 rugbyspelers van KLEINMOND PRIMêR is vir die o.13 Overberg streekspan gekies. Die proewe is Maandag
by Laerskool Kleinmond gehou. Die spelers is Ashley Malan en Keaton Kiewitz. By hulle is afrigter Lyndon Hunter.
Hulle is Garth Adonis, Matty Botes, WWF, MK Transport, LeeAan Adonis en Willie Augus.
Overstrand Herald
10 Maart 2016
BB vang dat die water spat! STRUISBAAI – Die afgelope naweek het die hengelaars van Bettysbaai uitstekend gevaar tydens die 5- Spesie visvangkompetisie wat aangebied is. Die weer was deurentyd baie mistig en en die barometer het op 1015 bar gestaan, terwyl die watertemperatuur goed was vir visvang. Die Bettysbaaiers het 63 kabeljou aan wal bebring waarvan 9 ingeweeg is. Daar was 214 inskrywings en Andries Coetzee het algeheel 3de geëindig, terwyl Bettysbaai as span die silwer medalje behaal het. Pietie Roux het ‘n 1ste sowel as 3de plek verower vir sy
KLEINMOND – Zack Coetzer, 13-jarige hoogspring atleet van Laerskool Kleinmond en seun van SPAR se Werner Coetzer, is opgeneem in die Weskaap laerskool atletiekspan.
Bladsy 15
Die span neem dié naweek deel aan die Nasionale atletiekbyeenkoms wat op die baan van Nelson Mandela Metropolitan Univer-sity in Port Elizabeth plaasvind.
Belmanne en daarmee ‘n nuwe katrol en ‘n aasboks gewen. Die kabeljou het glo omtrent vuisgeslaan vir Andries se hoe k en die man het 16 kabeljou uitgetrek, terwyl manne reg langs hom droëbek moes toekyk. Uitslae: Pietie Roux 2x Belman, onderskeidelik 2,2kg en 1,5 kg. Edmund Olivier (Smurf) 3x kabeljou. 565 – 1,74 kg; 540 – 1,39 kg; 510 – 1,17 kg. Charlie 1x kabeljou 580 – 1,64 kg. ndries Coetzee wilde perd – 540 kg; kabejou : 315 – 0,54 kg; 530 – 1,32 kg; 535 – 1,34 kg; 610 – 2,13 kg; 505 – 1,97 kg.
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 16
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
10 Maart 2016
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 17
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 18
Local soccer teams eagerly supported KLEINMOND – The soccer teams of this town are great drawing cards to the lovely pitch every Sunday. Residents loyally support their teams playing each other if no opponents from elsewhere are arranged for any given Sunday. It is great to be able to report that from our town alone, there is enough interest and participation to keep 11 teams up and running. The players and coaches have already proved their commitment. They could however, greatly benefit with help from local business and donors. The Herald visited the pitch on Sunday in time to see Yiso Yiso beat Try Again with 5 goals to two. More information regarding soccer in our town, is that Kleinmond Football Club (KFC) have received sponsorship. KFC started as a group of friends who wanted to become fit after work. Soon it became more serious, with many more interested guys wanting to play soccer in earnest. KFC was approached by the already established football club in Kleinmond, to establish Overhills area as a Football Club. They jumped at the opportunity to partake in one of the games on the newly build FIFA synthectic grass football field. Though they had no soccer jerseys of their own for their first game, they borrowed some from Kleinmond Spar for the time being. After numerous games with Kleinmond Spar jerseys, the team started raising funds to buy their own jerseys. The money that was raised covered their registration fees etc. Despite shortcomings with soccer kit, they still managed to win games and are climbing the rankings in the Football Federation. One of the team members who worked in the garden of an Arabella Golf Estate resident
was approached by the owner of the residence, who was interested in what the player does on weekends. The player mentioned the soccer on Sundays and how they struggle to get sponsorship for soccer jerseys. The home-owner, a very open-hearted Dr. Richard Schimmer from Germany had already sponsored a few other football groups in Hermanus area and Somerset West, so he was interested in helping Kleinmond Football Club get soccer jerseys. He reached the coach, Johannes Rossouw and manager, Alfranco Floris on quantities and colours and managed to get a set of jerseys from Germany (Pumas) for Kleinmond Football Club. After further discussions Schimmer, mentioned that he does this for the love of the game. He suggested that all teams on the field should look more professional with full soccer kit. He tried to get more soccer equipment from Germany, but with the import cost it has become very difficult. Schimmer will sponsor the KFC Junior Team with similar jerseys in the coming week. Very pleased and proud team members of the KFC Football Club received the surprise sponsorship jerseys with open hearts. As the Mr. Alfranco Floris mentioned,’’ it’s a real blessing from Dr. Richard Schimmer” The Kleinmond Football Club would like to put the word out that they are looking for a sponsor for jerseys for all the teams. If there are Organisations, Retailers and Companies willing to sponsor them, please contact: Alfranco Floris (Chairman): 0724956241; Johannes Rossouw (Coach): 0846363052. (- EBRAIME HULL) Top right: Kleinmond Football Club Centre: Yiso Yiso Below: Try Again
Overstrand Herald 028 271 3394
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 19
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 20
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 21
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 22
Joey Maree dames driespel rolbal toernooi KLEINMOND - Donderdag 3 Maart, was `n helder heerlike sonskyn dag met `n ligte seebriesie, `n ideale dag vir die dames om aan die toernooi deel te neem. The club President, Valerian Strydom, extend a cheerful welcome to all the ladies and express his appreciation for their enrollment for the tournament. Fourteen teams enrolled for the Joey Maree Ladies Tournament (one team each from Worcester, Caledon, Franskraal and two teams each from L`Algulhas and Greyton, three teams from Hermanus and four teams from our club). Celeste Price explained the competition rules and the format of play for the day, namely two games in the morning of 12 ends and one game of 14 ends after lunch, each end being a skin and four points for the win. Ons sê dankie vir Wynand Neethling wat die telkaarte vir die dag behartig het. Na al die formaliteite het spel in alle erns begin. Na die 1ste spel is tee saam met heerlike toebroodjies bedien en na die 2de spel is koue vleise, slaai en vir nagereg, roomys vir die dames, deur die manne, voorgesit. Die mans wat gehelp het was, Walter Galloway, Ockie Marais, Johan Carstens en Paul Pretorius. Annelene Strydom het `n wakende oog gehou dat alles in die kombuis vlot verloop. Ons sê baie dankie vir almal wat in die kombuis gewerk het en vir Maria en haar helper wat die skottelgoed na die ete, moes was. The umpire for the day was Roy Galloway. Thank you Roy, for the dedicated manner in which you fulfil this task. Die dag se spel het pragtig afgeloop en angstig is daar in die klubhuis gewag op die finale uitslae. Sarie Ferreira, from L`Algulhas,
won the price (hamper) for the most touchers for the day (13 all together). Congratulations and thanks to Ingrid Erasmus and Bekkie Galloway who donated the price. Die klub President het die pryswenners aangekondig en Karlien Venter (Albertyn Apteek), hoof borg van dié dag, het die prysoorhandiging gedoen. Die President het die dag se verrigtinge afgesluit deur almal te bedank wat die dag moontlik gemaak het. `n Spesiale woord van dank was gerig tot Karlien Venter (Albertyn Apteek) en Sassie Maree, ons borge vir die dag. Sonder borgskappe, is sulke toernooie nie moontlik nie. Finale Uitslae: Eerste Prys. Francina Cumpsty (Skip), Ena Viljoen en Elsa van Tonder (L`Agulhas) 37 +19 Tweede Prys: Rina van Rensburg (Skip), Hannie de Kock en Janette van Wyk 36+9 Derde Prys. Cecile Beyers se span (L`Agulhas) 29 +4 Vierde Prys: Kay Puttick se span (Franskraal) 28+15 Vyfde Prys: Elsie Mc Geoch se span (Hermanus) 28 + 12
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 23
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 24
Overstrand Herald
10 Maart 2016
GOLF RESULTS WEDNESDAY 02/03/16 - 4BBB BOGEY PLUS 1) J,STENEVELD & G,BARTON +12 2) P,BENADE & T,TALJAARD +11 3) F,CRUYWAGEN & L,VAN ZYL +10 FRIDAY 04/03/16 - SUNDOWNER 1ST 9 SINGLES STABLEFORD 1) H,GRIMBEEK 23 POINTS 2) J,BEKKER 23 POINTS 3) M,HAAK 22 POINTS SATURDAY 05/03/16 - 4BBB STABLEFORD 1) M,PIETERSEN & A,ANDRIES 51 POINTS 2) E,WHITEHEAD & DB,ROSSOUW 46 POINTS 3) J,WHITEHEAD & H,BASSON 45 POINTS
THIS WAS THE WEEK WITH THE BEST WEATHER, OUR COMPS WAS FULL BESIDES FRIDAY SUNDOWNER, SATURDAY WE GOT A GROUP OF GOLFERS CALLD YMCA FROM TOWN,THEY SAY KLEINMOND GOLF CLUB IS ONE THE BEST 9 HOLES AROUND.
F EAGAR (CAPT), J STENEVELD, G BARTON
M PIETERSEN, F EAGAR (CAPT.), A ANDRIES
F EAGAR (CAPT.), H GRIMBEEK
Bladsy 25
Overstrand Herald
DAGBOEK
10 Maart 2016
11 & 12 Maart: Singleton’s Winkel is op Vrydag- en Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08:30-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die Kleinmond Tennisbane word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 10 March: Friends of the Hangklip Library. Theme: “Bee Keeping & the Benefits of Honey” by Sunra Mostert. Products FOR SALE from R35 –R80. Time: 10h30. Venue: Library, Betty`s Bay. All are most welcome! Almal welkom! 11 Maart: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die NG Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting 15 Maart: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 07:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. Publieke Wykskomitee Vergaderings / Public Ward Committee Meetings: Wyk 9: Woensdag, 16 Maart 2016 om 16:00 in die Stadsaal, Kleinmond Ward 9: Wednesday, 16 March 2016 at 16:00 in the Town Hall, Kleinmond Wyk 10: Dinsdag, 15 Maart 2016 om 15:00 in die Biblioteeksaal, Bettysbaai Ward 10: Tuesday, 15 March 2016 at 1500 in the Library Hall, Betty’s Bay 19 - 28 March: Craft Market in Crassula Hall, Betty’s Bay. 21 Maart/March: Sandkasteel en vlieër pregdag. Sandcastle and kite fun day. Hoofstrand/Main beach 10:00 29 Maart: Kiekie Klub: Plek: NG Kerksaal 1ste Laan. TYd: 19:00. Tema: Ope afdeling. Aanbieding: Izak van Niekerk met Spanje, Camino en ander 30 Maart: Kleinmond Leeskring vergader om 14h30 in die Gereformeerde Kerk. Split deur Debbie Loots word deur Kleintjie Muller bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057 7 April: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergaderin om 09:30 in die Rolbaklubhuis. Bring blok vir projek saam. Demonstrasie vir “Apple Core” - papierlas. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882. 5 Mei: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhis. Bring prjek. Saamwerkoggend: Bring handwork en kwilt saam om te doen. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882.
Overstrand Herald 028 271 3394
Bladsy 26
Overstrand Herald
BUKSIES
10 Maart 2016
Bladsy 27
asb nou kontak? Dit is dringend, dankie. Skakel 072 906 8029.
TE KOOP / FOR SALE
Multi station Trojan home gym 14 weights R3500. Phone 082 584 3536 Turntable (white) in good working order R250. Salton 2 tier electric food steamer white R100. Black cordless electric kettle R50. Small toaster white R50. Kill pest ultra violet electric insect killer R150. Phone 072 697 1504
GESOEK / WANTED
Montego Classic hondekos (groot) ± 22kg + 3 blik nat kos (820cm) elk R300. Skakel 079 142 1410
Ntombi is looking for domestic work Tuesdays and Thursdays. Phone 083 355 3724
200 Liter Staaldromme R80 elk. Skakel 028 271 3122
Nancy is looking for domestic work every day of the week. Phone 072 738 6593
Rexal CB 206 binder – soos nuut met heelwat binders R300. Ligbruin matte 2.10 x 2.10 en 3.365 x 93 nuut plus gom R100. CD Stand van duursame hout R75. Skakel 072 976 2177
Bench drill press and vice urgently needed. Phone 072 761 3326 Opsoek na ‘n vleismeul en worsstopper. Skakel 082 584 3536 Agnes is looking for cleaning work 3 days a week. Phone 078 970 1216 Opsoek na oorskiet wol vir dame van 95 wat nog brei. Skakel 028 271 4173 Lucia is looking for domestic work Mondays, Tuesdays and Thursdays. Has reference. Phone 076 779 7350
Last 5 copies of the highly-praised noval “Too late for tears” by Mo Riordan-Bull selling at cost R150 each. Phone 028 271 4145 Old Mecer PC (1999) R50 only. Has Win 98, MS Office, games like Sudoku and soukoban etc. Phone 082 824 6924 2x Bar stools – Solid oak, red padded seats – velvet R790 for pair. TV (small) arm mount on wall R100. Bankie padded seat and storer R150. Ladder (wooden) 4 steps R100. Phone 028 271 3259 Meranti window frame 2,4m x 0,9m R150. Phone 082 806 2960 Garage door in good condition in Pringle Bay. Phone 028 273 8697
Looking for 2 Bed, garage, pet friendly, own title or low levy townhouse/house or flat. Phone 083 609 9221 Joyce is looking for domestic work Mondays to Fridays. Phone 078 762 7870 Ellen is looking for domestic work 4 days a week. Phone 083 342 0251 Santie is bereid om na u dierekinders om te sien indien u nie tuis is nie. Skakel 074 855 8595 Wall mount for an old non flat screen TV. Phone 082 806 2960 Opsoek na oorskiet vloer teëls 17 4 kant square. Skakel 079 582 1174 Looking for a 2 or 3 bedroom cottage or a house to rent in Betty’s Bay, Pringle Bay or Rooiels. Phone 071 360 1087 Looking for a garage in Kleinmond, Betty’s Bay or Pringle Bay to rent on a monthly basis. Phone 071 360 1087 Looking for a reliable Campervan to buy (that is suitable for touring) as well as a closed trailer to buy. Phone 071 360 1087 Looking for a second hand tow-hitch for Golf 3 or Jetta 3. Phone 071 360 1087 Overberg retired rn’s ( sisters) interested in getting together for a morning tea on the 11th april 2016 @10h00. Call: Edna 082 390 9542 / Christel 083 234 9700 Sal die vriend wat my man se armhorlosie en die muur-horlosie (met die 12 voëltjies op) na Mnr Stevens in Bellville sou geneem het, my
Splinternuwe 650 voertuig battery R650 (nuwe prys R1180). Skakel 062 543 2692 Dubbelbed R800. Enkelbed, gordyne. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Mans fietsry skoene – maxed Nr 11 R300. Skakel 083 556 3728 2x Birdfeeder R75 elk. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Embuia hoekkas. Moet gehang word R1000. Skakel 072 620 4552 4 Diningroom Riempies Chairs, JONKER STINKWOOD as new, R500 each. 1 x 4-Draw Metal Filing cabinet, as new, with files, R450 ono. Phone 082 824 9022 – Betty’s Bay 54cm Tedelex television. Very good condition R550. Phone 083 348 1782 Outydse eetkamer tafel 180 cm (Akkerhout) te koop R800. Skakel 028 271 4790 / 0832923258 Compressor Nebuliser, min gebruik, R250.Skakel Rita 082 821 1807 Koning grote bed met matras R800. 6 Eetkamerstoele R150 elk. 2 Enkelbeddens met matrasse R300. Elk. Skakel 083 772 6385 1 x set Genius Computer multimedia Hi Fi Speaker system, Still working, one with built in amp R50. 1 x set Genius webcam and earphone set, clips over the ear, and includes microfone R50. 1 x galvanised dog feeder R200. 2 x Dog car safety belts R50 each. 1 x Pet towel R20. Contact Gavin Rathbone on 079-333-6864 Groot goud visse en ‘n vistank met stander. Skakel 076 571 6407
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 28
KERKE / CHURCHES NG KERK: 13 MAART 2016
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome LEWENDE WOORD BETTYSBAAI H/v Serruria en Watsonia Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik uit na ons byeenkoms elke Sondag om 18:00: Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Erica by 083 556 3555. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê.
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal is welkom by Laerskool Kleinmond elke Sondagoggend 09:30. Navrae by Manie 082 331 3552 / 028 271 5592 of Gerrit 083 251 6039 / 028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. John Holtzhausen: 074 248 0108 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
09:30 Kerkgebou 08:30 Kerksaal 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Nico Rabe Ds. Daan Botha Ds. Steven Sass
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 The Sunday of Passion (Palm Sunday) 20 March 09:00 Good Friday 25 March 09:00 / Easter Sunday Ressurection of our Lord 27 march 07:00 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Fr Neil February 084 222 1492 nkfebruary@gmail.com. PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 18:00 / Thurday 17:00 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father John Keough 079 874 2281 / 021 859 5397 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2016: 03/04/2016 & 29/05/2016 24/07/2016 25/09/2016 04/12/2016
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Siyabulela Golf Day 2016! Siyabulela Pre Primary held their fourth annual Golf Day on Friday, 26 February 2016. The day was very successful despite the rainy weather. 50 Players entered the field and were soaking wet after the 18 rounds of golf. Siyabulela would like to thank all the sponsors and participants as R53 000.00 was raised for the school! Sponsorships were received from: Albertyn Apteek Anew (Helma Potgieter) Arabella Golf Club Aucor (Stefanus Olivier) Bellevue Beyerskloof Bouchard Finlayson Cecile Froehling Corrie Gerber Devonvale De Zalze Golf Club Edwin Godfrey Carelse Eileen Deitchman Evert Cilliers Fynbos Senior Sentrum Henties Johan Human Kaapzicht Kleine Zalze Kleinmond Laser Cutting (Gertha & Deon) Kleinmond Spar Leeuwenkuil Marché Cilliers Marianna Cilliers Mark Floris Montagu Dried Fruit Mooiplaas Nicholas & Anna Lescure Newton Johnson Origin Wyne Pudding & Pie Rust & Vrede Sanlam Sanlam Reality Santam Sheriff’s Liquor Simonsig Toyshop Kleinmond Vriesenhof Whalehaven Wildekrans Zidela Wines Siyabulela! (“We thank you!” in isiXhosa)
Bladsy 29
Overstrand Herald
10 Maart 2016
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
10 Maart 2016
NEEM ASB KENNIS SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
Bladsy 31
Overbergdistrik Jukskei Prysuitdeling Die jukskeiseisoen het Saterdag op ‘n hoë noot afgesluit by ’n byeenkoms op Kleinmond. Ideale weer het daartoe bygedra dat die spelers hul beste kon lewer en die kompetisie was baie straf. Spanne van oor die hele Overbergdistrik het deelgeneem en na afloop van die wedstryde is verskeie toekennings oorhandig. Kleinmond het geseëvier in die A-afdeling met Gansbaai en Groenberg wat onderskeidelik die silwer- en bronsmedaljes ingepalm het. In die B-afdeling het Groenberg met die louere weggeloop terwyl die C-span van Kleinmond die bronsmedalje verower het. Die liga in die A-afdeling is deur Gansbaai gewen, in die B-afdeling deur Groenberg en in die C-afdeling deur Kleinmond. Kleinmondklub is aangewys as Klub van die Jaar Toeks Moore van Gansbaai is vereer vir haar uitmuntende spel en besondere toewyding en diens aan die sport – haar naam sal voortaan pryk op die ererol van die Overbergdistrik Jukskei federasie. Die Speler van die Jaar toekennings,
is verwerf deur Joepie Engelbrecht (Kleinmond) in die A-afdeling, Penny Davidson (Groenberg) in die B-afdeling en Toeks Botha (Groenberg) in die C-afdeling. Frans Bothma en Alet Theron, albei Groenberg, is onderskeidelik aangewys as wenners in die manlike en vroulike sosiale kategorie. Spesiale eerbetoning is aan die Duitssprekende Wolff Barth betuig. Wollf en sy vrou Anna, wat ook jukskei speel, is Duitse emigrante en woon in Chanteclair, Onrus. Hulle het onlangs begin jukskei speel en is baie geliefd in die jukskeigemeenskap. Alhoewel hulle nie Afrikaans magtig is nie, sê Wollf dat al wat hy in Afrikaans verstaan is die jukskeiterme en die uitroepe van blydskap as hy dalk ’n skof sou gegooi het. Hoewel die ligaseisoen in hierdie streek nou ten einde geloop het, sal verskeie van die spelers begin regmaak vir die Nasionale Toernooi in Kroonstad wat in April sal plaasvind. Daar kan verwag word dat Jako Botes, Willie en Poppie Marais, Penny Davidson, Tiekie Cox
Speler van die Jaar - Joepie Engelbrecht (Kleinmond) Afdeling A
Speler van die Jaar - Penny
en André van der Walt reeds besig is om voor te berei om die
Overbergdistrik op die hoogste vlak te verteenwoordig.
Davidson (Groenberg) Afdeling B