Krematorium vir eers van die baan
Munisipale amptenare wil nie net vet verhoging hĂŞ nie, hulle dring ook aan op mediese fonds en minimum salaris van R7600pm
Kleinmonder doen Comrades... op ‘n trapmeul
Fisheries report: Perlemoen will be wiped out in 20 years
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 2
Munisipale werkers wil vet verhoging, mediese fonds hê KLEINMOND - Salarisonderhandelinge tussen SALGA (Souith African Local Govern-ment Association – wat munisipaliteite verteenwoordig) en SAMWU (wat munisipale werkers verteenwoordig) is tans by breekpunt en planne word reeds beraam vir ‘n moontlike staking, het ‘n ingeligte bron vandeesweek aan die Herald gesê. Volgens die bron het SAMWU weggespring met ‘n loon-eis van 15% terwyl die werkgewers slegs 4,8% aangebied het. Die gaping het intussen vernou na waar SAMWU 10% eis en SALGA 5,9% aanbied. Munisipale werkers kry ook elke jaar ‘n 2,5% kerfverhoging. Volgens SALGA se jongste aanbod sal dit
in effek beteken dat munisipale werkers ‘n verhoging van 7,9% kry. SAMWU wil egter ook ‘n mediese fonds vir werkers hê, ‘n minimum salaris van R7,600 per maand en ‘n verhoging in die pensioenfondsbydrae van munisipaliteite wat tans op 18% staan. Ons bron sê die minimum salariseis is van die tafel gevee aangesien munisipale amptenare reeds onder die hoogs besoldigde staatsamptenare is. Die koste van ‘n mediese fonds is nog nie eens bereken nie, maar sal die salarisrekening van munisipaliteite geweldig opstoot, het hy gesê. Die volgende rondte samesprekings is op 17 Junie.
Perlemoen will be wiped out in 20 years If poaching is not curbed drastically the perlemoen resource along our local coastline will be wiped out in 20 years time. This is one of the findings of the “ The Status of the South African Marine Fishery Resources” report released this week. The bi-annual publication presents and summarises the current status of South Africa’s fishery resources. This report presents the most recent information and analyses of the status of the marine living resources in seventeen fishery sectors of South Africa. The research and scientific assessments of the fish stocks form part of an important suite of valuable indicators directing the overall management system of the country’s marine resources. According to the report the perlemoen resource in the area from Hangklip to Hermanus is continuing to decline due to poaching. The incursion of rock lobsters since the early 1990s has also caused
an ecosystem shift, hampering recruitment of young abalone and compromising the ability of the resource to recover. The report states that recovery will only be possible if a major reduction in illegal harvesting can be achieved. Background: Fish supply the greatest percentage of the world’s protein consumed by humans, making the Oceans critical to Food Security. We know that achieving food security in its totality continues to be a challenge for the whole world and in particular for the developing nations when you consider the proportion of the population affected. According to FAO, most of the world’s major fisheries are being fished at levels above their maximum sustainable level with a number of fish stocks completely depleted. Our planet comprises 71% of the Ocean. It is the most important life-support systems on earth, and almost (continued on p 4)
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 3
Kleinmonder doen die Comrades – op ‘n trapmeul KLEINMOND - Morné Basson, ‘n inwoner van Kleinmond het op Sondag 31 Mei 2015 die Comrades-geskiedenisboeke herskryf in Ketchikan, Alaska. Saam met meer as 20000 ander atlete het hy hierdie moordende ultra marathon van 90 kilometer suksesvol afgelê, maar met een groot verskil: hy het dit is op ‘n trapmeul kafgedraf. Morné, tans die spa en fiksheidsdirekteur vir Canyon Ranch SpaClub aanboord Celebrity Cruises se Solstice passasierskip, het hierdie ongekende stap in hardloopkringe aangepak om mense van motorneuronsiekte en die J9 stigting bewus te maak. J9 is legendariese Springbok skrumskakel Joost van der Westhuizen se organisasie wat mense bewus maak van hierdie aaklige ongeneeslike siekte waaraan hy ook ly. Van Morné se familielede Annelie Jurgens, sy ma, Geylie Basson sy niggie, en agterkleinnefie Danté Vorster het reeds hul stryd jare gelede teen hierdie siekte verloor. eNuus op Kyknet het Sondagaand 31
Mei ‘n minuutlange insetsel van Morné se heldhaftige poging op die sewe uur hoofnuusbulliten uitgesaai. Boodskappe van gelukwense en ongeloof het van oraloor die wêreld ingestroom soos wat hierdie ongekende prestasie in hardloopkringe rugbaar geword het. Terwyl Morné net na ses die oggend in Alaska in sy hoekie weggespring het in Ketchikan, het die skeepslewe rondom hom voortgegaan. Meer as 4000 passasiers en bemanning het normaalweg voortgegaan, hul dagtake verrig en die pragtige natuurskoon van Ketchikan bewonder en heelwat later na Tracy Arm Fjord naby Juneau begin vaar. Die bekende Chariots of Fire van Vangelis het Morné se laaste paar minute saam met hom afgetel terwyl ‘n paar van sy kollegas en groot vriendinne hom ‘ingewag’ het met ‘n lint om te breek soos die wafferse Comradeswenner wat hy is. Wat ‘n (vervolg op bl 4)
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Kleinmonder doen die Comrades – op ‘n trapmeul (vervolg van bl 3) ongelooflike oomblik was dit nie! Morné se ouers Corrie en Geylie Basson is inwoners van Kogelpark Aftreeoord en saam met familie, vriende, kollegas en sy werkgewer baie trots op Morné se deursettingsvermoë, energie, passie en ongelooflike prestasie. Morné het almal wêreldwyd op sy facebookprofiel bedank vir hul ondersteuning
deur die volgende te skryf: “Doesn’t matter who you are... You CAN make a difference. Thank you E-nuus and every single friend (and friends of friends) for sharing this 90km journey on a treadmill with me, supporting the J9 foundation and creating awareness for people suffering from Motor Neuron Disease”. Corlie van Aswegen
Bladsy 4
Perlemoen wiped out (continued from p 2) all humans on Earth depend on the sea natural resources. Half of the World’s population lives with 200kms of the Coastline. Oceans produce 50 percent of the oxygen necessary for human survival and therefore, the sustainable use and management of the Oceans
even its resources, is therefore critical to us today and for the future generation. According to FAO, most of the world’s major fisheries are being fished at levels above their maximum sustainable level with a number of fish stocks completely depleted.
Krematorium vir eers van die baan KLEINMOND – Planne vir ‘n krematorium hier in die hawegebied is vir eers van die baan. DA wyksraadslid, Phillip Appelgrein, het bevestig dat die planne om ‘n moderne verassingsgerief op twee erwe digby die hawe op te rig, afgekeur is. Appelgrein het gesê die besluit is geneem in terme van die wetlike voorskrifte wat bepaal dat so ‘n gerief nie nader as 500m aan residensiële
eiendomme mag wees nie. Die beoogde krematorium het heftige reaksie onder sakemense en inwoners uitgelok en daar is onder meer ‘n petisie daarteenoor opgestel en aan die munisipaliteit oorhandig. Dit is egter dalk nog nie die einde van die saga nie, aangesien die ontwikkelaar volgens ingeligte bronne nog sekere ander wetlike opsies het.
Overstrand Herald
11 Junie 2015 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch
kleinmondsw@gmail.com
Misdaadbekamping net ’n deel van die oplossing Dit is lekker om te kan rapporteer dat die misdaadvlakke die afgelope twee weke heelwat laer was as die gemiddeld van die afgelope ses maande. Daar was net enkele gevalle van huisbraak en diefstal. Dit word toegeskryf aan verskillende arrestasies wat in Mei gedoen is en die deurlopende bydrae wat die patrollies lewer om eksta oë en ore in die dorp te wees. Kleinmond Straatwag het in Mei ’n opleidingsgeleentheid in samewerking met die Departement van Gemeenskapsveiligheid gereël. Sewe en dertig mense, van Overhills in die weste tot Heuningkloof in die ooste, het dit bygewoon en die redes vir misdaad en die nadelige uitwerking daarvan op gemeenskappe is met groot openhartigheid bespreek. Dit was duidelik dat misdaadbekamping deur polisiëring, sekuriteit en patrollies slegs ’n deel van die oplossing vir misdaad is, en dat die sosiale en ekonomiese uitdagings wat ten diepste die oorsaak daarvan is, ons aandag verdien. Kleinmond Straatwag het ook een van Kindersorg se netwerkvergaderings bygewoon en daar kon mens weer moed skep. Daar is heelwat individue en organisasies wat bogenoemde uitdagings pak en ’n verskeidenheid programme aanbied om waardes in die gemeenskap te help vestig en hoop te bring aan moedeloses. Een feit het uitgetroon: Ons
hele dorp het ’n rol te speel in die grootmaak van die kinders van die dorp. Daar word dikwels klagtes ontvang oor ’n groep kinders wat vir kwaadgeld in die strate ronddrentel en na bewering by misdadige optrede betrokke raak. Ons vra mooi: Elkeen wat die kinders sien en ongewenste gedrag waarneem, moet dit asseblief dadelik by die polisie en die kindersorgvereniging rapporteer. Maak seker dat jy goed kyk, want akkurate inligting en beskrywings van die kinders is belangrik. Dan kan die betrokke owerhede ingryp en die kinders in remediërende programme plaas. Moet asseblief nie aalmoese aan hulle gee nie. Dit help hulle om op straat te oorleef, en vestig patrone wat tot groter probleme aanleiding gee. (Gaan gee die kos wat jy wou gee liewer in die vorm van ’n onbederfbare produk vir die Kindersorg of jou kerk.)
It takes a village ... It is great to report that crime levels of the past two week have been significantly lower than the average of the past six months and that there were only a few incidents of burglary and theft. This is probably because of several arrests made in May and the ongoing contribution of the patrols providing extra eyes and ears at night. A training session organised
in May by Kleinmond Street Watch in co-operation with the Department of Community Safety was attended by 37 people from the various communities of the town, from Overhills in the west to Heuningkloof in the east. There were open and honest discussions about the reasons for crime and its negative consequences on our entire town and its people. It soon became clear that crime prevention by policing, security measures and patrols are only part of the solution and that the social and economic challenges at the root of the problem deserve our attention. Kleinmond Street Watch also attended a network meeting organised by Child Welfare which was greatly encouraging. Several individuals and organisations are meeting the challenges mentioned above with programmes that help to develop values in die community and bring hope to
Bladsy 5 the desperate and helpless. It was stressed that the whole town needs to play a role in raising our children. From time to time there are complaints about a group of children who roam the streets and are clearly up to mischief. They are also suspected of criminal behaviour. Residents are asked to report incidents of suspected criminal behaviour by them to the police and Child Welfare. Please give accurate information and descriptions of those involved. Your reports will help the authorities to have the children placed in remedial programmes. Please do not give handouts. It only enables them to survive on the streets, and establishes patterns that lead to greater problems. (Give the food you wanted to give to Child Welfare or your church, where it will be put to excellent use.) Vic Brink
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
11 Junie 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 8
KLEINMOND – ‘n Tandarts van hier het in samewerking met ‘n tandepasta maatskappy tandeborsels en buisies tandepasta aan kleingoed by drie skole op die dorp uitgedeel. Dr. Klaas Visser het in samewerking met Colgate by Kleinmond Primêr, Siyabulela en Heideland aan van die jong leerdertjies nie net inligting oor tandversorging nie, maar ook tandeborsels en buisies tandepasta aan hulle gegee. Op die foto staan dr. Visser by die groepie kinders van Heideland wat gewapen is teen tandbederf.
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 10
Assault charge could go away Ilna Grobler KLEINMOND – Every victim of assault lives in fear of their attacker until he is locked away. Unfortunately this fear also exits in our town for a number of reasons. Ms X*, a young mother of a 10year old son, was attacked by a man who lives a few doors from her. This man allegedly is a trafficker in drugs and stolen goods. On Sunday, 31 May, someone asked Ms X where she could get hold of a cell phone. As it is apparently general knowledge in the closed community of Overhills, Ms X suggested the potential client try the man who sells all kinds of products from his home. Apparently the lady who wanted to buy a cell phone then refused the R15 odd he charged her, as she said the phone belonged to her anyway. According to Ms X the “vendor” then made threats against her, because
the “client” refused to pay. On Sunday evening Ms X went to the “buyer” to ask her to pay the money, but she steadfastly refused, saying that she would not buy her own property back. Ms X then went to her neighbour asking him not to continue his threats as the transaction “gone wrong” had nothing to do with her. Several people were sitting inside the neighbour’s dwelling. Then, she says, he hit her and shoved her away from his door. This incident led to her calling the police. According to her she waited for an hour, but they never arrived, although they had promised that they would come out to her. Monday passed without incident, yet the threats continued. Ms X was very afraid, as her young child is often alone at home. On Tuesday evening she went to the “vendor” again asking him to stop his threats as she did not want any trouble.
He then viciously attacked the small woman weighing about 50 kgs, beating her with a thick plank and kicking and punching her. This attack took place in the communal yard of the dwellings with several people witnessing the occurrence. When Ms X arrived at work on Wednesday, her shocked employer immediately took her to the police station to lay a charge. On arrival Ms X was told to get a doctor’s certificate confirming her injuries. At the clinic she had to wait her turn until the doctor could see her. It was then confirmed that she had received internal injuries and her kidneys had also been injured. On Thursday Ms X and her employer again went to the police station handing in the doctor’s certificate and officially laying a charge. Ms X was told that the investigating officer would SMS her the case number. The employer asked for the number and was given it. By Tuesday 9 June Ms X had still not received the SMS. She and her employer went to the police to find out how far the investigation had proceeded, as the attacker was still going about his business and threatening Ms X. Once at the police station, the employer says, they were informed that the doctor’s certificate had apparently gone missing. She asked to speak to the investigating officer. She was taken to see a female officer who then was in possession of the certificate, but apparently not impressed on being queried. According to the employer, the officer shouted that the case
was none of her business. The employer told her that “this (case) will not go away”. The employer then contacted the Herald. As last week was National Child Protection week, the whole situation in which a young child was not only subjected to daily alleged drug trafficking, but also to the trauma of seeing his mother assaulted, seems totally incongruous to this reporter of the Herald. During this week members of the community were repeatedly invited to bring information to the police to help them do their work properly. The Herald then called on Capt. MM Kutu, station commander, to voice not only this inconsistency, but also to ask what recourse women subjected to abuse, domestic or otherwise, have. On inquiry at the station, Kutu found that the alleged perpetrator had in the meantime been picked up and was in custody. This, Kutu said, unfortunately does not mean that he would automatically be sent to prison. If no previous charges have been filed, the man may be let go on his own recognisance as this would seem to be his first offence. (*A pseudonymn is used for her protection) ‘n Paar weke gelede het die Herald berig oor gesteelde goedere wat in ‘n Wendyhuis in Proteadorp gevind is. Na bewering is baie van die gesteelde artikels deur inwoners gekoop. Sodanige optrede van gemeenskapslede bemoeilik die polisie se taak aansienlik. Moenie gesteelde goedere koop nie!
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 11
PROMOSIE
Goeie diens gaan voort by Fishies Fishies, die gewilde viswinkel aan die lagune-kant van die dorp, het pas van eienaars verwissel. Rina en Nattalie Oelofse is ‘n ma en dogterspan wat hulself uit Gauteng op
Kleinmond kom verplant het. Hulle neem Fishies oor by Chantel en Faye en onderneem om op dieselfde beginsels van voortreflike diens, goeie kwaliteit en waarde vir geld,
voort te bou. Rina en Nattalie sê hulle is dankbaar vir die goeie samewerking en ondersteuning van Chantel en Faye tydens die verkoop en oorneem van Fishies
en Chantel en Faye sê hulle het die ondersteuning van die gemeenskap terwyl hulle Fishies bedryf het, baie waardeer. En Fishies gaan voort!
Overstrand Herald
11 Junie 2015
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
Briewe Baie dankie
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Om soos die Prez te lag My ma het my mooi geleer: ‘n mens respekteer altyd alle mense. Selfs al “verdien” hulle dit nie, doen jy doen dit om jou eie ontwil om nie te raak soos wie of wat jou nie aanstaan nie. Daar was ‘n tyd dat mense gedink het ‘n parlementslid of ‘n raadslid of ‘n predikant of ‘n onderwyser was so ‘n trappie verhewe bo die res van ons. Respekte sien. Uit pure respekte het ons gewone sterflikes mense met professionele kwalifikasies dikwels op ‘n ou voetstukkie geplaas, omdat mense op ‘n tyd gereken het geleerentheid maak van jou iets. En so het mens begin dink, lyk dit my, indien jy nie geld of geleerdheid het nie, is jy “minderwaardig” en dan moet die werk wat jy doen wat dikwels ongeskoold is, sekerlik minderwaardig wees. Dis afleidings soos dié wat die samelewing sy lekker verwronge waardesisteem laat ontwikkel en gedy. Ek reken dis omdat ons leer kyk het na wat iemand hét, in stede daarvan om te kyk na wat hy of sy inherent ís, dat die wêreld gekom het waar hy nou is. Kyk nou maar na die mannetjies van Hoërskool Waterkloof wat destyds gedink het “hulle mag maar” ‘n hawelose aanrand. Waar wou jy nou vier meer vermetele, windmaker
Bladsy 12
monstertjies (in die volle sin van die word) gesien het? Twee, en later nog een, het klaarblyklik agtergekom hulle is nie regtig die nekkies van die plekkies wat hulle gereken het nie, maar ene wil nog al die pad nie hoor nie. Hy kuier iewers in ‘n maksimum sekuriteit tronk. Om ‘n professionele posisie iewers te beklee, maak nie van jou ‘n engel nie. Daarvoor het ons al te veel gehoor van dokters wat onbehoorlik met hul pasiënte omgaan; opvoeders wat meisies verkrag; of predikante/ priesters wat eerder klink of hulle vir die duiwel werk. So hoor ons ook van parlementslede en politieke gesagsdraers wat klaarblyklik probeer om soveel van die sewe doodsondes te ervaar onder die vaandel van hul party as wat dit moontlik is. En dis nou hier dat ek begin wonder oor die president van ons land. Welke positiewe nalatenskap gaan ons van hom hê? Of is dit moontlik dat hy geheel en al net nie omgee nie? Daai laggie wat hy nou die dag in die parlement gegee het, is eintlik skrikwekkend. Dis ‘n hoonlaggie wat na my mening presies vir die hele volk, sy eie kabinet, die parlement, sy eie party en die ander span, mooi vertel wat hy van hulle dink. Duidelik niks. He-he-he.
Graag wil ek net aan die publiek en my kliënte wat my verlede Woensdag so gou gehelp het om die brand by my wegneemete onderneming so vinnig onder beheer te kry, damkie sê. Ek wil ook spesiaal dankie sê aan Safe Sekuriteit se personeel: Brian, Johan, Jan en Dirk wat so vinnig op die toneel was om te help. Hulle het nie vir ‘n oomblik aan hul eie veiligheid gedink
nie, net onmiddellik ingespring en die vuur probeer blus. Ek sal julle altyd dankbaar wees. Dankies ook aan die polisie en brandweer. Aan my kliënte wil ek net sê ek is jammer oor die ongerief. Ons sal so gou moontlik weer oop wees vir besigheid. Amanda Booysen. The Foodbar, Sparsentrum
Land agteruit Wanneer laas het julle deur ons platteland gereis en die moeite gedoen om so ‘n bietjie in die dorpies te vertoef of selfs oor te slaap? Ons het so pas deur dele van die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng en die Noord-Kaap gereis en was ontnugter deur die agteruitgang en verwaarlosing wat daar plaasvind. Dit maak ‘n mens sommer hartseer om dit te aanskou. Die strate is vol slaggate, die sypaadjies is stukkend en vuil en rommel lê oral op straat rond. Dit lyk asof daar geen munisipaliteit
bestaan nie, net ‘n dorpsraad wat maandeliks salarisse ontvang. Dit is jammer maar waar. Ons wil ons dank en waardering teenoor ons munisipaliteit uitspreek vir die netheid en instandhouding van Kleinmond. Wees verseker ons sien dit raak en waardeer dit opreg. Ons besef nie aldag watter voorreg en plesier dit is om in Kleinmond hier in die Wes-Kaap te woon nie, al is die weer soms so ‘n bietjie onstuimig. Vriendelike groete, Edward en Maria Whitehead
Grafiese ontwerper
Die Overstrand Herald het ‘n tydelike pos vir ‘n grafiese ontwerper vanaf 1 Julie tot en met 31 Augustus 2015. Kennis van InDesign noodsaaklik. Coraldraw sal ook help. Daar sal van die persoon verwag word om direk met kliente te skakel asook ander kantoortake te verrig. Indien u belangstel stuur asb ‘n verkorte CV (1 bladsy) aan redakteur@overstrandherald.co.za voor Vrydag 12 Junie 2015. Moet ons asb nie skakel nie. Salaris en ander reëlings sal bespreek word tydens onderhoude.
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 13
Con Spiritokoor sing nie meer nie In ‘n terugblik oor die afgelope jare se optredes van die Con Spiritokoor, kom ‘n mens tot die gevolgtrekking dat dit vir lede pure plesier moes gewees het om in die koor te kon sing. ‘n Mens kon dit telkens sien in die stralende gesigte van elke lid. Wanneer Isabel Wagener haar vinger gelig het en gevra het: “Is julle gereed?” het almal gelyktydig ingeval met die eerste begeleidende noot. En daarna was dit nie vir haar nodig om verder te dirigeer nie. Elkeen het presies geweet wat om te doen. Dit het baie toewyding gevra van die koorlede om weke lank voor te berei, nuwe stukke in te studeer en oor-en-oor te oefen tot op die vlak waar op ‘n verhoog opgetree kan word om musiek van hoë gehalte te kan lewer. Dat hulle die singery geniet het, was nooit te betwyfel nie. Die entoesiasme van sowel die koor as die bekwame begeleiding het keer-op-keer oorgespoel na die gehoor. Die laaste week voor elke konsert was nogal veeleisend en het fisies baie geverg van koorlede. Daar was altyd ‘n volle kleedrepetisie, gevolg deur twee uitvoerings, wat beteken het dat koorlede vir etlike ure op die verhoog moes staan, terwyl die gehoor rustig agteroor in gemaklike stoele kon sit. Vir hierdie opoffering oor al die jare heen verdien hulle beslis ‘n bykomende applous. Baie van hulle het daar in die grootste pyn gestaan. Sommiges met hewige rugpyn, ander met heupvervangings, enkeles met kieries en knievervangings, ander moes sit. Maar met die stembande en kele was daar niks mee verkeerd nie. Diegene wat mooi geluister het, sou die dalende en stygende klankintonasie bykomend kon geniet en waardeer. Want om dit goed te kan doen, is een van die kenmerkende eienskappe van ‘n goeie koor. So ook balans tussen die verskillende stemme en artikulasie wat uitmuntend tot uitdrukking gekom het. Al
het jy heel agter in die saal gesit, kon ‘n mens altyd elke woord wat gesing is sonder enige inspanning duidelik hoor. Min mense het goed opgelet na Isabel Wagener se formidabele begeleiding, wat nie net tegnies voortreflik was nie, maar ook met emosionele aanvoeling gelaai was. Die uitvoering aan die einde van Mei was haar laaste optrede as stigter, leier en afrigter van die koor, wat met daardie konsert formeel ontbind het. Sy het getroue konsertgangers immer deeglik beloon met hoogstaande begeleiding. Dit was maar eers die afgelope vyf of ses jaar dat die koor deur ‘n groter aantal instrumentaliste aangevul en ondersteun is en deur hulle deelname baie meer diepte aan konserte verleen het. Dit sou onregverdig wees om iemand uit te sonder. Elkeen van hulle het bygedra tot ‘n aangename atmosfeer. Daar was die onmisbare begeleiding deur die strykers Stephné van Dyk en haar dogter Mara, Beate Hill en die jeugdige Sumaré Prinsloo,
asook die trompetspeler Chrisjan Cruywagen. Sommige tye het Hanlie Haasbroek met kitaar, Flippie Kok op haar trekklavier, Sharon Anderson op Glockenspiel en Shaun Bailey met djembe en marimba hand bygesit en het Jan Nel die gehoor op sy mondfluitjie vermaak. Talle soliste het die afgelope 15 jaar saam met die koor opgetree, te veel om op te noem. Almal kon beleef hoe James Munnik oor die jare gegroei het en niemand sal Louis Fourie se voortreflike basstem vergeet nie. Die twee soprane, Bea Whittaker en Sandra Odendaal, het telkens ‘n hoogtepunt van elke konsert uitgemaak. Goeie stembeheer, uitstekende vokalisasie en meelewing het dit telkens ‘n plesier gemaak om na hulle te luister. Die eerste lede van die Con Spiritokwartet, Jan (Spar) Joubert, Jean du Toit, Louis Fourie en Peet Pretorius se eenmalige sang kon ‘n kommersiële sukses gewees het sou hulle ‘n CD gemaak het. En nou mag die geheim oor hoe
hulle hulle stemme opgewarm het, seker maar verklap word: “backstage” was daar altyd ‘n flessie “ou-bie-es” vir hierdie doel. Enige persoon met twee fyngehorige ore wat kan onderskei tussen korrels en kaf, tussen histeriese geskreeu en kwaliteit sang, tussen crescendo en diminuendo, mag ‘n deurdagte mening waag. Daarvoor hoef ‘n mens nie te beskik oor tegniese kwalifikasies om as beoordelaar van koorkompetisies te kan funksioneer nie. My oorwoë opinie is dat die Con Spiritokoor vir geen soortgelyke koor elders ‘n aks hoef terug te gestaan het nie. Niemand sal kan stry dat al die konserte oor die afgelope 15 jaar sinryke, genotvolle en onvergeetlike musiekaande was nie, waarvan ek geen enkele plaaslike konsert sedert 2001 misgeloop het nie. Baie mense sal sekerlik saamstem dat dit ‘n groot kulturele verlies is dat Con Spiritokoor nie meer sing nie. Chris Storm
Overstrand Herald
11 Juniei 2015
Bladsy 14
Overstrand Herald
11 Junie 2015
F. EAGAR (CAPTAIN), L. MORKEL
GOLF RESULTS WEDNESDAY 03/06/15 - NO RESULTS BECAUSE OF RAIN FRIDAY 05/06/15 - SUNDOWNER 1ST 9 SINGLE STABLEFORD 1) M. HAAK 25 POINTS 2) B. STEYN 24 POINTS 3) S. UPSHER 22 POINT SATURDAY 06/06/15 ALLIANS TWO SCORES COUNT ALL HOLES
4B TO
1) L. MORKEL, P, KILPIN, S, V/D BERG, R, V/D BERG 93 POINTS 2) T, BRUWER, P, LOTTER, C, BASSON, H, BASSON 92 POINTS 3) H, EMMENIS, W, EMMENIS, A, DELEN, F, BEKKER 91 POINTS
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
M. KOTZE (VICE CAPTAIN), M. HAAK
Bladsy 15
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 16
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 17
Kleinmonders in Overberg skaakspan Laerskool Kleinmond is baie trots op drie leerders wat in die Overbergspan opgeneem is. Nina Visser is in die o.13 span opgeneem, terwyl Charl van Wyk vir die o.11 span gekies is en Cara Coetsee vir die o.9 span. Hierdie leerders het ook onlangs saam met 7 ander leerders van die skool aan die Ope Skaaktoernooi in Swellendam deelgeneem. Charl en Cara het elkeen ‘n brons medalje ontvang, terwyl Nina baie gelukkig was om ‘n radio in ‘n “lucky draw” te wen.
Regs: v.l.n.r Charl van Wyk (gr. 4), Cara Coetsee (gr. 3), Nina Visser (gr. 6).
Fynarts se Jeugkonsert Fynarts se Jeugkonsert deur Kleinmond en omgewing se leerders word volgende Saterdag 13 Junie 2015 in Hermanus aangebied. Dié uitnodiging is ‘n groot eer wat hul te beurt geval het en dit vind plaas in die St Peter’s Anglikaanse kerk as deel van die Fynarts Kunstefees. Dis ‘n middaguurkonsert en begin om 12:30. Kom kyk en luister hoe die Narrative Foundation musiekontwikkelingsprogramleerders en vriende musiek maak! Die “Vriende” is belowende musiekleerders:
Sumaré Prinsloo (viool), Sharon Anderson (klavier en perkussie), Ruben Bouma (altviool en bariton) en ‘n paar jong musikante van Caledon. Vorige leerders van Stefné van Dyk se US Caledon kampus (wat nou al studente aan verskillende universiteite is of was): Axolile Hoza (fluit en tenoor), Addin Booysen (klavier, kontrabas en tjello), Gileano Pieterse (trompet), Llewellyn Adonis (kitaar en mondfluitjie), Maja van Dyk (altviool en sopraan) neem ook deel. Die Handevat Marimbas gaan
optree asook blokfluit-, kitaar-, fluit- en vioolspelers. Plaaslike sangtalent soos Cassidy Adams, Heston Makka, Bridget Dreyer e.a. sal ook te hore wees! Kom geniet ‘n interaktiewe program waar u in die gehoor ook kan deelneem om die plesier en vreugde van musiekmaak eerstehands te kan ervaar! Kaartjies kos R60/R30 en is beskikbaar by Webtickets of Hermanus Tourism. Tel. 028 312 2629. Webwerf: www. hermanusfynarts.co.za
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 18
Overstrand Herald
11 Junie 2015
KAWS NEWS
The KAWS AGM was held on the 12 of May 2015 at Mthumkhulu Village at which the new Committee was elected. After the formal formalities we were honoured to welcome Vicky Hudson from Cape Nature and her “Tortoise-finding-K9�, Brin. She gave a very interesting presentation of the training and work Brin does and afterwards we got to see a Brin in action. The new Committee: Chair: Leslie van Zyl Vice-chair / Media: Vanya Jones Secretary: Diane Lange Treasurer: George du Plessis Cats: Rosemary Greeff Dogs: Jenny Banks Fundraising: Tracey-lee Cohen Shop Liaison: Victor Knoop Memberships: Volunteers / street collections: Vet: Dr Peter Dave Most people are probably not aware but KAWS has a sponsorship program in place, especially for those who love cats and dogs but circumstances prevent them from having pets. For R100.00 a month a cat or dog can be sponsored. This R100.00 contribute to any medication, if needed, vet treatments, food, etc. We have some awesome cats and dogs that need a Sponsor Mom and/or Dad. Bangers is a beautiful dog that can be sponsored. Good mannered, loving and loves human attention. KAWS is situated on the corner of Main and Protea Roads. Tel: 028271 5004. Email: kaws@telkomsa.net
Bladsy 19
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 20
Warwick Herfstoernooi
Saterdag, 6 Junie, het 24 spanne die rolbalbane op Kleinmond aangevat. Die weersomstandighede was perfek, met nie eens ‘n ligte windjie nie. Die 14 buitespanne wat deelgeneem het was 2 van Hermanus, 1 van Gordonsbaai, 2 van Belville, 1 van Somerset Wes, 3 van Strand, 3 van Parow, 1 van Stellenbosch & 1 van Warwick. As they warmed up, so did the competition. The first game was played on a random draw, thereafter the competition was played on a strength vs strength basis. The competition was decided over 2 games of twelve ends, and 1 of fifteen ends. The players enjoyed a welcome cup of tea and sandwiches after the first game. A big thank you to Susan Classen, Analene Strydom, Monet Meyer & Marion Bezuidenhout for the tea time treats. Thank you to Edith van der Westhuizen, who sold raffle tickets and opened the day’s proceedings with a prayer. Kleinmond Slaghuis het vir die spelers potjiekos en rys, asook heerlike malvapoeding en vla voorberei. Mense, was dit nie heerlik nie! Die slaghuis het ook ‘n vleispak en 2 stukke biltong vir die looitjies geskenk. Baie
dankie!
Na die 3 wedstryde, was almal gretig om te hoor wat die puntetellings was. 1ste : Chris Barnard, Ingrid Erasmus en Sandra Helmbold (Kleinmond) 38 + 41. 2de : Celeste Price, Brian & Soo Yarwood (Warwick) 36 +19. 3de : Kallie en Hannie de Kock & Philip Graham ( Kleinmond) 34 + 20. 4de : Alex Rabie, Brian Hugo & Jerome Thorpe (Hermanus) 34 + 10. 5de : Wendy Adams, Luc & Sandra Roels (Belville) 30 + 5. The “sportsman’s” prize was awarded to Jan Roux and his team from Belville.
1st price winners l to r Sandra, Brain, Ingrid,Chris
Our grateful thanks to Warwick for their generous sponsorship. Warwick is an insurance & financial planning company which specialises in the needs of bowlers, particularly those over 50 years of age. Fellow Bowlers, once our Autumn tournament has come and gone, we realise that the bowling season is wrapping up. So, make the most of the good weather, before the greens can receive the TLC they need, before the new season begins. Regards, Kitty.
2nd price winners Warwick team
3de prys Kalie de Kock span
4de pryswenners Hermanus
www.overstrandherald.co.za
5de pryswenners Wendy Adams span van B`ville
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 21
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
DAGBOEK
11 Junie 2015
12 & 13 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249.
Bladsy 22
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Invites all Walkers, Joggers and Runners to come and participate in a walk/run every WEDNESDAY– It’s FREE, Bring a friend and your dog BUT it must be on a leash. Meet at 17:45 at the Car Park, Sandown Restaurant.
GESOEK / WANTED
5-16 June: Hermanus FynArts Festival. Programme includes music, art, workshops, films, talks, wine tastings, exhibitions and fun things for children to do. This year the Italian contribution to our culture and way of life will be acknowledged. Book your tickets now www. webtickets.co.za or, www.hermanusfynarts.co.za or call Hermanus Tourism 028 312 2629
In die annale van skeepswrakke van die Suid-Kaap vanaf 1673 1974 kom daar om en by 200 voor in Kleinmond word daar van twee melding gemaak die Disa en die Gustaf Adolf. Is daar iemand wat enige inligting omtrent die Disa het? Skakel 072 620 3780
11 Junie: Kleinmond Demensie Ondersteunersgroep kom weer op 11 Junie bymekaar in die Tobie Erasmussaal by Kogelpark. Mnr Kobus le Roux(apteker) kom met ons gesels oor : Ons en ons medikasie. Bring u vrae en sommer n vriend(in) saam. Kontakpersoon M Coetzer , 0282713002.
Kaggel skoorsteen: 4-kantig 19cm x 19cm ±1,5m. Phone Kenny at 083 247 8556 / 028 271 4700
Noma is looking for char work Tuesdays and Fridays, even Saturdays if it is possible. She has reference. Phone 079 734 6961 Bakkie (voertuig) in goeie toestand. Skakel 028 272 9931 1x Stainless steel, 1x Aluminium propeller 15 pitch for 60h/p motor. Phone 082 567 8930
16 Junie: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 09:00 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345.
Opsoek na ronde prente rame of ovaal, kan gebreek wees. Skakel 082 781 6776 / 028 271 4566
17 June: Kleinmond Bird Club: Hawston Sewage works, Vermont pan Vermont beach path, Nature Reserve. Meet at Kleinmond Library car park 08:30am. June is not the best time for birding, however Hawston sewage works always has birds present, as does the salt pan; in particular waders. At the sea front we can expect to see Terns and the local fynbos speckled Mouse-birds. Cost of car share R20. Enquires Joan/Hans Wurr 028 271 5434. Cell 083 244 9746 (Hans) Cell 076 787 0267 (Joan)
Dubble door fridge and three plate electric stove. Phone 081 334 6510
18 June: Friends of the Hangklip Library . Theme/tema: “Create a Greeting Card”/ Maak `n Kaartjie met Manda Malan. Please bring: sharp scissors/craft glue with nozzle/Pritt/damp cloth/ 2x sheet kitchen towel/ruler/old glossy magazine. Kom geniet `n oggend saam met ons! Time/tyd: 10h30. Venue: Betty`s Bay Library / Bettysbaai Biblioteek
Chipo is looking for work in the Tourism industry. Phone 061 163 1945
30 Junie: Kiekieklub: Tyd 19:00. Plek: NG Kerksaal, 1ste laan, Kleinmond. Tema: Straat tonele. Aanbieding: Ontstaan en werking van Stoomtreine, deur Nico Boshoff.
Opsoek na naaldwerk masjien en overlocker om te koop. Skakel 072 583 3101
¾ Bed met basis en matras + kopstuk as dit moontlik is. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Soek ‘n geleentheid na George of sover as Mosselbaai, sal petrol deel. Skakel 028 272 9953 / 082 532 4222
Somila is looking for domestic work any day of the week. Reference 082 906 2615. Phone 081 071 3361 Faith is a Zimbabwian lady who is looking for work as a house cleaner everyday of the week and is very hard working. Phone 073 213 7975 Het u enige heel, Engels/Afrikaanse boeke om aan Kogelpark Aftree-Oord te skenk? Kan afgelewer word by Kogelpark AftreeOord kantoor tussen 8:00 en 13:00, of kan by u gehaal word. Groot behoefte aan nuwe leesstof vir bibliotekie. By voorbaat dankie, Hentie van der Westhuizen 072 460 4263
Overstrand Herald
11 Junie 2015
BUKSIES
Hot Tray. Yster Jaffle pan. Ou Doylies , Hekel lappies , Garing tolletjies en enige ou naaldwerk goed. Skakel Cecilia 082 575 2557 Deksel met handvatsel vir 6 liter Presto stoompot. Skakel 083 968 0214 MPHO: 079-761-0964; FEMALE Billingual Professional Home Carer; AND/OR Domestic Duties; 4 days per week. Reference: 082 955 0215
TE KOOP / FOR SALE
Meranti Garage foor in good condition R600 onco. Folding table tennis table on wheels R350 onco. Phone 084 697 3431 Tweedehandse teëls, kom haal. Te koop: Materaal, Hekelgare, Smokmasjien, eetstel, TV, Groot strykplank en Miniatuur strykplank. Skakel 028 271 4331 / 082 395 2544 Honda XR 650L - 2012 - 16000km - R45 000. Clarck petrol tenk, Scorch uitlaatpyp. In puik toestand. Oorspronklike petrol tenk ook beskikbaar. Nuwe ketting en “sprockets”, bande het nog 80% loopvlak. Skakel 082 333 3709 Draad tuinstel bestaande uit ronde tafel en vier stoele, bietjie geroes, moet net geverf word R150. Skakel 028 271 3954 / 082 333 3207 Duursame winterjasse, mans en vrouse, lank en driekwart, verskillende kleure en nommer 36 - 42, pryse wissel van R120 R155. No 32 Lavenderblue aandrok, Paul van Zyl skepping, lank sonder moue. Skakel 082 797 1088 Gegalvaniseerde geïsoleerde / toesluit sleepwa 1,7m x 1m R4500. Skakel 082 564 2460 11 Vin olie verwarmer met 1-9 hitte verstellings in baie goeie toestand R350. Skakel 078 335 8383 Geskilde droë perskes @ R60/kg. Skakel 028 271 3649 na-ure Pfaff 230 naaldwerk masjien, het aandag nodig - nog in trapkas. Skakel 072 583 3101 Shopmate radial armsaw R2500. Skakel 072 593 4651 Swartpot nr 2 R250. Kombuiskas R350. Weedeater R250. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Donkerhout eetkamertafel met koperpote 2,1m lank en 1,1m wyd + inlasblad met 8 stoele. Skakel 072 424 7839 2x Pool chairrs - lounges (fold out) never used, still in original plastic R800 each. Weedeatter strimmer Ryobi electric, used R400. Phone 081 334 6510 Defy stoof kitchenaire 621 R600. Speed Queen heavy duty washer R500. Phone 079 162 3548 Studioline M20/14cm vrystaande verstelbare bed, splinternuut! R10 000 onderhandelbaar. Studio Line M20 / 14cm freestanding adjustable bed, brand new! R10 000 negotiable. Phone 028 271
Bladsy 23
4535 Office hours Shoprider te koop, 3 wiel, min gebruik. Goeie kondisie. R10 000. Skakel 072 473 8117 Stewige rottang sitkamerstel in baie goeie toestand (twee sitplek bank en twee stoele): R500; Bloukleurige uitskop gemakstoel in goeie toestand: R300. Skakel 083 968 0214
VERLORE / LOST
2x Outboard props for 60 h/p. 1x Stainless steel, 1x Aluminium 15 pitch. Reward offered. Phone 082 567 8930 Leesbril met swart raam in swart brilhouer verloor. Reading glasses with black frame in black hard cover case lost. 028271 5801 or 076 733 9911
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 14 JUNIE 2015 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Theuns Henn Ds. Barry Lordan
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
11 Junie 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 25
Overstrand Herald
11 Junie 2015
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
11 Junie 2015
Bladsy 27
Kleinmond vaar goed teen Atlantics Wedstryd verslag van Saterdag 6 Junie 2015: Kleinmond vs Atlantics (Hermanus) Verlede naweek het Kleinmond na Hermanus gereis om teen Atlantics te staan te kom, en die spanne het ons nie teleurgestel nie. Die derde span wen 14 - 12, Deuston Olivier het 2 drieë gedruk en Jaco Stemmet het altwee verdoel. Die wedstryd was baie spannend tot die eindfluitjie geblaas het en voor- en agterspelers het mooi saamgewerk en goeie hardlooprugby gespeel. Die tweede span verloor 13 – 19. Jerome Stuart het sy span se enigste drie gedruk. Uwin Cedras het geslaag met een doelskop en twee strafskoppe. Die span het ‘n bietjie gesukkel. Die voorspelers het goed gespeel, maar die agterspelers kon mekaar netnie vind op die veld om die wedstryd af te rond nie. Die eerste span wen 10 – 6. Kleinmond het die enigste twee drieë van die wedsrtyd aangeteken. Die agterlyn het baie mooi saamgespeel. Die blitsige spel van Tamryn Plaatjies en Marius Tawse het telkemale
hul span tot op die doellyn van die opponent gehad. Hulle kon egter net nie die ander twee drieë druk wat vir hulle die bonuspunt wen sou besorg het nie. Uithou, aanhou manne,
ons is trots op julle!! Die bestuur wil graag aan al die ouers en toeskouers wat die wedstryde bygewoon het, baie dankie sê, ons waardeer julle ondersteuning.
Saterdag speel Kleinmond (3de, 2de en 1ste) spanne teen Grabouw tuis, kom ondersteun die manne, hulle het julle ondersteuning nodig langs die veld!!