Huldeblyk aan Dok Tobie
Talle vrae oor toekenning van nuwe visvangregte Gaan die regering dit diĂŠ keer reg doen?
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 2
Wyle Prof Tobie Erasmus
Hy het sy kant gebring Die gedenkdiens vir wyle dr Tobie Erasmus, wat op 5 Julie in sy negentigste lewensjaar oorlede is, is op Saterdag 10 Julie in die Tobie Erasmussaal in Kogelpark aftree-oord onder leiding van ds Nico Rabe gehou. Dit is bygewoon deur sy eggenote Else en hulle kinders Elize, Tinus, Anna, Hannes, Kobus, Herman met hulle gades en kleinkinders en ‘n groot aantal vriende, wat ‘n laaste eer aan ‘n besondere Kleinmond inwoner kom bewys het. Een van sy eertydse kollegas het (tereg) opgemerk dat hier ‘n man is wat “altyd sy kant gebring het” – ‘n ou gesegde wat aan die plaaslewe ontleen is en wat beteken dat die leier van die span trekdiere altyd gewillig en in staat moet wees om te lei. Dr Jacobus Erasmo Erasmus, wat op die familieplaas, Geluk in Steytlerville, gebore en getoë is, was ‘n landbouman en leier in murg en been. Hy het na skool eers die Diploma in Landbou aan Glen Landboukollege verwerf en daarna vir ‘n graad by Universiteit Stellenbosch ingeskryf. Hy het so uitgeblink
in sy studies en verdiep geraak in die studieveld Dieregenetika dat hy, terwyl hy later gewerk het, ook die M.- en D-grade in die landbouwetenskappe aan die U.S. behaal het. Intussen het hy by die Dept van Landbou begin werk en met ‘n nagraadse studiebeurs vir ‘n jaar gevorderde navorsing in pluimveeteelt by ‘n wêreldbekende instituut in Aberdeen, Skotland gedoen. In sy lang en vrugbare loopbaan in diens van die landbou in Suid-Afrika, het dr Tobie as pluimveekundige verbonde aan die Elsenburg Landboukollege ‘n groot bydrae gemaak tot die ontwikkeling van die moderne pluimveebedryf wat vandag so ‘n belangrike voedselverskaffer aan verstedelikte bevolkings is. Hy was senior lektor aan die Universiteit en mettertyd het die Departement sy bestuursvaardighede so hoog waardeer dat hy bevorder is tot hoof van Elsenburg Landboukollege en die Departement van Landbou in Wes-Kaap. Vandaar is hy bevorder tot Hoofdirekteur en na Pretoria verplaas, verantwoordelik vir (vervolg op bl 3)
Overstrand Herald (vervolg van bl 2) koördinering en bevordering van landbou hulpbronontwikkeling oor die hele land. Die Erasmus gesin het ‘n lang verbintenis met Kleinmond. Else is ‘n kleindogter van die bekende Luckoff famile wat Kleinmond pionierinwoners was. Pot Luck, bokant die huidige rolbalbaan was vir jare en is steeds die Erasmus familie vakansiehuis. Maar waarvoor Kleinmond en die geslagte wat kom, vir dr Tobie altyd sal onthou, is vir sy leidende aandeel en taaie volharding in die daarstelling van die pragtige moderne aftree-oord bekend as Kogelpark en waar dit gepas is dat die gemeenskapsaal na hom vernoem is. Hy het in 1989 in Pretoria afgetree en op Kleinmond kom woon waar hy aktief betrokke geraak het by die N.G. Gemeente, die Tuinbouvereniging en die aanplant van fynbostuine. Vanaf die middel 1990’s was hy betrokk by die aanvoorwerk (nog ‘n plaas spreekwoord) en die deurvoering van die Kogelparkprojek. Tobie se familie, vriende en kollegas eer sy nagedagtenis. (F J van der Merwe)
16 Julie 2015
Bladsy 3
Support KAWS and Naval officers locked in the cages at kaws. will be stuck in the cages until we raise enough money to get out! There will be music, snacks and lots of laughs. PLEASE SUPPORT US and come and have some fun and a snuggle with a furry friend. DATE: 18TH July 2015 TIME: 12pm onwards Come to KAWS on Saturday from 12 onwards to see who all is in the cages with our furry friends. The trainees of the SA Naval Officers of Gordons Bay will be joining us. We are raising money for KAWS and we
THERE WILL BE A DONATION BOX ON SITE For more information please contact us on 028 271 5004
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 4
Talle vrae oor toekenning van nuwe visvangregte KLEINMOND - Amptenare van die department van landbou, bosbou en seevisserye het Kleinmond Maandagoggend besoek as deel van ‘n openbare deelname proses oor ‘n aantal nuwe konsepbeleide wat in Junie in die staatskoerant gepubliseer is. Die volgende rondte toekenning van visvangregte is ook bespreek. Dié regte, wat vroeg aanstaande jaar aangekondig sal word, sal vir die volgende 15 jaar geld en is dus krities vir veral plaaslike kleinvissermanne. Die vorige toekenning van visvangregte was vir 10 jaar en verval vroeg aanstaande jaar. Die voormalige minister van Landbou, bosbou en seevisserye, me Tina JoematPietersen, het in 2013 te midde van groot ontevredenheid in die vissersgemeenskap en na beweringe van onreëlmatighede en politieke inmenging aangekondig dat die toekenningsproses gestaak word en van vooraf aangepak sou word.
Die huidige openbare deelname proses is deel van dié nuwe proses. Terwyl Kleinmond se stadsaal vol mense was vir die vergadering, was dit duidelik dat baie van die klein vissermanne wat die vergadering bygewoon het, die ingewikkelde toekenningsproses sigbaar nie verstaan nie. Een van die grootste bekommernisse onder plaaslike vissermanne is die klem wat die department op transformasie plaas. Trouens, dit is volgens die department se dokumentasie die belangrikste van 7 prioriteite met die nuwe toekenning van regte. Die grondslag vir dié transformasie van die bedryf is volgens die departement die land se bevolkingsamestelling nl. 79,6% swart, 9% bruin, 8,9% wit en 2,5% Asiër. Die amptenaar wat die aanbieding by die vergadering gedoen het, was egter baie versigtig om te beklemtoon dat dit nie
‘n absolute reël is nie, maar wel ‘n rol mag speel in die beoordeling van aansoeke. Die plaaslike vissersgemeenskap, wat hoofsaaklik bruin is, sien dit uiteraard as ‘n bedreiging vir hul lewenswyse. Hoekom moet swart mense, wat nog nooit werklik plaaslik deel van die bedryf was nie, voorrang kry bo bruin mense wat al geslagte lank visvang hul lewe maak, wou een van die vissermanne weet. Ander belangrike kwelpunte is dat volgens die nuwe reëls net een persoon uit elke huishouding regte sal kan ontvang. Wat gebeur dan nou as ‘n pa en seun, wat albei hul lewe uit die see maak, dan sou aansoek doen, wou een van die vraestellers weet. Die antwoord was dat dit gedoen word, sodat soveel moontlik mense voordeel uit die toekenning van regte kan kry. Onder die van die positiewe aspekte van die nuwe toekenningsproses is die feit dat die
department op die uitkyk gaan wees vir maatskappye en entiteite wat op die een of ander wyse verbind is aan mekaar en dan gesamentlik aansoek doen vir regte. Nog ‘n belangrike verwikkeling is dat aansoekers nou nie meer ‘n skuit hoef te besit nie. Hulle kan gedeelde eienaarskap of selfs ‘n ooreenkoms met ‘n booteienaar hê. Booteienaars ontvang egter wel ‘n hoër puntetelling in die finale beoordeling. Dit word gedoen, het die department gesê, om voorsiening te maak vir die belegging wat booteienaars gemaak het. Die department oorweeg dit ook om ‘n voorlopige lys van die visvangregte te publiseer sodat verdagte toekennings uitgewys kan word. Tydens die vergadering is daar ook ‘n voorlegging gedoen oor die voltooiing van aansoekvorms. Die verwagting is dat die nuwe konsepbeleide teen begin (vervolg op bl 6)
Overstrand Herald
16 Julie 2015 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch
kleinmondsw@gmail.com
Die polisie sê dankie “Dra asseblief ons dank oor aan al die lede van Kleinmond Straatwag, en veral aan die vrywilligers wat so getrou die strate patrolleer. Daar bestaan geen twyfel nie dat hulle pogings vrugte afwerp en dat misdaad, in vergelyking met verlede jaar hierdie tyd, drasties afgeneem het.” Dit is die baie positiewe terugvoer wat Kleinmond Straatwag hierdie week van die polisie ontvang het. Volgens die polisie help die patrollies nie alleen om diefstal en inbraak te voorkom nie, maar lewer
hulle ook dikwels ’n belangrike bydrae om skuldiges aan die man te bring. Dit is nou al byna ’n jaar sedert ’n groep vrywilligers met vrywillige nagpatrollies begin het, en dit gaan steeds voort – ten spyte van die winterkoue is daar elke nag mense wat hulle warm huise (en beddens) verlaat om te help verseker dat andere rustig kan slaap. Dit spreek boekdele oor die gees van diensbaarheid wat so kenmerkend van Kleinmond se gemeenskap is. Die enkele gevalle van misdaad
wat wel die afgelope paar weke aangemeld is, sluit koperdiefstal, huisbraak en diefstal uit ’n motor in. In een geval het ’n man wakker geword toe ’n inbreker sy selfoon langs sy bed gesteel het. ’n Straatwaglid laat weet van ’n inbraakpoging ’n rukkie gelede in hulle huis. Sy alarmstelsel buite en binne die huis is van so ’n goeie gehalte dat die dief nie enige skade kon aanrig nie. Die KSW straatkoördineerder het dit aan die polisie gerapporteer en hulle het weer eens onderstreep dat inwoners voortdurend paraat moet wees en geen deure en vensters moet laat oopstaan nie. Die betrokke sekuriteitsmaatskappy het ook baie vinnig gereageer nadat die alarm afgegaan het. Dit wys maar net weer hoe belangrik dit is dat ons paraat bly en saamwerk.
The police say thank you “Please convey our gratitude to all the members of Kleinmond Street Watch, and especially
Bladsy 5 to the volunteers who patrol our streets so diligently. There is no doubt that their efforts bear fruit and that the crime rate in Kleinmond is much lower compared to this time last year.” KSW received this positive feedback from the police this week. According to the police the patrols not only help to prevent crime, but also help in apprehending suspects. It is now close to a year since a group of volunteers started with night patrols. These patrols continue each night of the week – in spite of the cold there are people who leave the warmth of their homes (and beds) to help ensure that others sleep peacefully. This is a wonderful demonstration of the spirit of community and solidarity that is so characteristic of our community. The few crime incidents that were reported recently include copper theft, housebreaking and theft from a car. In one incident a man woke up while an intruder was stealing his cell phone from his bedside. A member of KSW told us (continued on p 8)
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Nuwe visvangregte (vervolg op bl 4) September gefinaliseer sal wees en dat aansoeke dan ingedien sal kan word. Die department het ‘n spesiale oproepsentrum daargestel om voornemende
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 6
aansoekers te help met navrae. Die nommer is 021 402 3727. Hulle kan ook gekontak word by die volgende e-pos adres: FRAPPolicies2015@daff.gov.za.
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 8
The police says thank you (continued from p 4) about an attempted break-in at his house. The alarm system outside and inside his home is of such a good quality that the intruder could not cause much harm. The KSW Street coordinator reported the incident to the police who again stressed
the point that residents should remain vigilant and never leave doors and windows open. The security company also reacted promptly. Which goes to show how important it is to be prepared and to work together. Vic Brink
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
16 Julie 2015
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
Briewe
Dankie Kleinmond polisie
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? The Free Electric Band My gits, daar gaan my gedagtes toe nou weer nou die dag ver terug toe ek die ou liedjie van Albert Hammond oor RSG hoor. Ek onthou dit spesifiek want dit het in die Springbok kafee in die Strand gespeel, terwyl ‘n outjie besig was om vir my baie avontuurlustige vriendin, Gerda uit Pretoria, ogies te maak. Dit was in die Desembervakansie tussen st. 8 en st. 9, dws einde 1973. Sonder Gerda sou ek nooit in daardie kafee gewees en by ‘n tafeltjie sit en koeldrank drink het nie, want daar, so het die gerug gelui, daar moes mens vir ‘n Pepsi met twee strooitjies vra dan kry jy ….. drugs! Nog minder sou daardie mannetjie sonder Gerda met my begin praat nie het, want ek was ‘n maar bitter beskroomde kind. Maar Gerda het die mannetjie goed ge-“floor” en sy en ek is die aand iewers heen saam met hom en sy vriend. Die mannetjie het ‘n paar maal weer by Gerdahulle se huis ‘n draai kom maak daai vakansie, maar sy was nie verder lus vir sy “attensies” nie. Sy het aanbeweeg. My lewe sou sonder haar soveel armer gewees het. Is dit nie vreemd dat die “burden of (the) song” van ‘n “Free Electric Band” altyd iewers by elke nuwe geslag aanklank vind nie? Almal wil wegbreek; die wêreld hou hulle vas; vryheid wink weg van die bekende af. Daar is wel baie duisende wat
Bladsy 10
by wyse van spreke, kitaar in die hand agter die fluitspeler van Hamelin aanstap om nooit weer terug te keer na gebaande weë nie, maar die meeste, die meeste bly seker maar by die bekende en beplande na ‘n woerts-warts kennismaking met ‘n Free Electric Band van ‘n aard. Sommiges raak die pad heeltemal byster en dan word wat na ‘n avontuur gelyk het, ‘n nagmerrie waarvandaan hulle nie kan terugkeer nie. Soms, wanneer mens kan terugkyk oor jou lewe, dan weet jy, jou beskermengel en jou ma se gebede en jou common sense het jou menige keer ‘n tree nié laat neem nie. Nie dat jy nié die Free Electric Band gehoor het en hier en daar op die ritme daarvan saamgewarrel het nie, anders sou die lewe darem eens te saai en voorspelbaar gewees het. Maar jy weet ook dat jou eie kinders die Free Electric Band van húl tyd gaan hoor en dan neem jy jou plek langs die beskermengel in en gun jou kind sy of haar ontmoeting met genoemde “Band”. Wanneer daardie tyd aanbreek, hoop jy ook dat die liefde en common sense waarmee jy hom/ haar toegerus het, sal inskop, sodat jou kind die lewe sonder vrees op hul eie ritme kan geniet en ontdek. Shaladah badub dub dee dee dee the Free Electric Band. shaladah badub dub dee dee dee the Free Electric Band.
www.overstrandherald.co.za
Ek het vanaf Parow na Kleinmond getrek en woon in Palmiet. Ek wil graag my dank uitspreek teenoor die vinnige en flinke hulp van die plaaslike polisie wat my bygestaan het toe me. Ilse Groenewald van Agtstelaan geval het. Ons kon haar weens
haar siekte nie terug op die bed kry nie en die polisie het ingespring om te kom help toe ons op hul nommer druk. Ilse is verlede week op Worcester oorlede. Nogmaals baie dankie. Santie
Die dwase van die ryk middelklas.... As mens Spreuke lees dan lees mens op ‘n paar plekke van hoe ‘n dwaas is. Ek het al gewonder watter moderne woord mens vir ‘n dwaas in Afrikaans sal hê en ek kan aan niks anders dink as “dom poe%^&&e nie. Nou, die ryk middelklas verwys heel gereeld en gerieflik na veral die arm, onontwikkelde mense as dom en onnosel, maar, hier op hulle eie stoep doen hulle maar presies dieselfde onnosel goed as waarvan hulle ander mense so maklik beskuldig. Die middelklas is veronderstel om mos nou teen die tyd al mooi opgelei en opgelees te wees oor die bewaring van ons omgewing en die bestuur van die skaars kommoditeite soos water en energie en hoe ons ons afval ook moet skei en beheer vir hersirkulasie. Verder moet hulle mos nou teen die tyd ook weet hoe jy die afval van jou huishouding moet hanteer en bestuur op die mees effektiewe manier moontlik. Die “ryk” middelklas is dan mos ook nou veronderstel om die voorbeeld vir die “dom
poe%^&&e te stel, want ek meen, hulle roem dan so daarop dat hulle die “ontwikkelde en gesofistikeerde” mense van die bevolking is! Hoe ver van die waarheid is dit tog nie! Hier in die straat waar ek bly en ook in die res van ons ou mooie Kleinmond is “ryk middelklas” mense wat vakansiehuise het wat net naweke en vakansies bewoon word wanneer hulle moeg is vir die stadsgewoel. Hulle suip en kuier te lekker, geniet die naweek/vakansie, gooi al hulle drankbottels en braaivleis houertjies in ‘n swart sak, sit die sak op die sypaadjie ongeag of dit Maandag is of nie en.....die katte en honde verskeur die sakke en die afval waai die wêreld vol. Ons, wat in dieselfde straat woon moet nou die buurman se vullis optel omdat ons darem ons mooi ou straatjie weer wil skoon kry! Dit lyk my die dom poe%^&&e kry mens maar regdeur, van arm tot stinkryk! Sjame, wie gaan die voorbeeld stel vra ek jou nou?? Helgard Du Plessis
Kom ons span kragte saam Baie dankie vir die plasing van my skrywe in verlede week se Overstrand Herald aangaande die eskalasie van kriminaliteit. Ongelukkig het die “kop” van my skrywe , nl. Bettysbaai, verlore gegaan het, het ek gevrees dat ek oorval sou word deur reaksie van die hele Overstrand se publiek. Groot was my
ontnugtering egter, want slegs 6 mense het gereageer! As die hond eers so apaties geraak het dat hy staak om die vlooie van sy lyf te krap, moet hy weet dat hulle ongehinderd sal vermeerder totdat hy leeg gesuip raak van sy lewensbloed. Is dit wat met ons mense aan (vervolg op bl 11)
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bekende inwoner van Pringle oorlede PRINGLEBAAI - Willie Rheeder (73) is verlede Sondag 5 Julie in sy huis op die dorp oorlede. Hy en sy vrou Marie is reeds 19 jaar daar gevestig. Hul kinders, Willem wat in George woon en Ansu wat by Kleinmond Bouhandel werk het Marie, sy eggenote, bygestaan met al die reëlings. Willie en sy vrou is albei doof gebore en die kinders is albei horend.
Die begrafnisdiens is gelei deur Elsabe Doman wat self doof is. Heelwat van die mense wat die diens bygewoon het, is ook doof. Marie, Willem en Ansu is die Rheeders se buurman en die gemeenskap van Pringlebaai innig dankbaar vir die hulp en bystand. Hulle sê dit is ‘n riem onder die hart om te weet dat daar sulke wonderlike mense is.
Lieflappers se prys kry ‘n baas KLEINMOND – Die Lieflappers, die kwiltgilde op die dorp, het die wenner van hul looitjieprojek van die Paasnaweek bekend gemaak. Henriëtte van der Linden van Bellville wat gedurende die Paasnaweek by haar broer in
Tweedelaan gekuier het, het die kwilt gewen. Die Lieflappers se uitstalling in die Haweskuur was ‘n groot sukses en die organiseerders en deelnemers is die gaste en besoekers baie dankbaar vir hul ondersteuning.
Bladsy 11
Briewe (vervolg van bl 10) die gebeur is? Aanvaar ons maar net wat met ons gebeur sonder om weerstand te bied? Die oneffektiwiteit van bestaande pogings om die euwels van inbrake en diefstal die hoof te bied, is sekerlik die oorsaak daarvan dat mense nie meer betrek wil word nie. Daarom het ek gesê dat `n nuwe, anderse poging weer aangewend moet word. As die skrywe mooi gelees word, sal daar waargeneem kan word dat ek afstand van bestaande organisasies probeer bewerkstellig om sodoende die effek van ontnugtering te ontduik. Daar is heelwat gebreke aan die bestaande bevegtingspogings wat reggestel kan word, maar eerstens moet ons effektief kan kommunikeer. As sê maar 30 mense hul e-posadresse aan my stuur kan ek hulle oortuig om
elk nog 10 mense se adresse te kry. Hierdie proses kan by herhaling binne `n paar dae honderde adresse oplewer. Deur hierdie e-posse kan dan inligting verkry word aangaande frekwensie en teikengebiede van inbrake, asook randwaarde van skade. Daarmee kan ‘n strategie van optrede bepaal word. Inligting aangaande die gebrek aan suksesvolle opvolging van die polisie asook die oneffektiwiteit van strafmaatreëls kan dan verkry word. Met hierdie inligting kan daar dan `n baie meer gemotiveerde versoek om beter staatsbeskerming aan die owerhede gerig word. Ek vra weer dat soveel as moontlik mense van Bettysbaai hul eposadresse aan my sal stuur by wjpienaar6@gmail.com. Willie Pienaar
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 12
Western Cape Government heads up search for province’s most talented entrepreneurs On Wednesday, Premier Helen Zille and Economic Opportunities Minister, Alan Winde, officially opened the call for entries for the 2015 provincial Entrepreneurship Recognition Awards. Launched in 2013, the Premier’s Entrepreneurship Recognition Awards (PERA) seeks to celebrate the achievements of the Western Cape’s top entrepreneurs. The overall winner nets an overseas trip
to the world’s most prestigious entrepreneurship conference and prize money. Past winners have earned global recognition for their products. Premier Zille and Minister Winde will highlight the impact of the competition and outline some of its most recent success stories. The launch event took place at the offices of the Khayelitsha Cookie Company, which last year won the PERA award in the Best Social Enterprise category.
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 13
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 14
Hangklip/ Kleinmond’s aged treasures / Ons beleë skatte
Ons het reeds berig oor ‘n paar inwoners wat 90 jaar oud geword het en steeds hups is. Ons verneem graag van nóg sulke inwoners om hulle te ontmoet en iets oor hulle te
skryf. Joukie Kührau (96): ‘n Lewe van diens Tannie Joukie (Johanna) gebore Grobler, is nie net een van ‘n tweeling nie, maar ook een
van sewe susters en een broer. Boonop was at hulle nie net twee tweelinge in hul gesin nie, maar is sy in 1938 met een van ‘n tweeling getroud. Haar gtroude van wat dalk vreemd op die Afrikaanse tong val, het sy gekry by haar man, Mike Kührau wie se pa ‘n Duitser was wat met ‘n Afrikaanse meisie getroud is. Haar naam (Joukie) het sy by haar pa gekry afgekort vir “Johanna”. Die Groblers het grootgeword in die Vereeniging omgewing en het op Eikenhof skoolgegaan. Tannie Joukie vertel julle moes soggens om 07:00 begin skool toe stap wanneer die waterwerke se fluit afgegaan het om dan om 08:00 by die skool te wees wat drie myl van die huis af was. Mense het maar swaar gehad en daar was nie geld vir skoene nie. In die winter moes die drie myl kaalvoet deur die ryp afgelê word. By die skool moes hulle deur die erf loop waarop die skoolhoof se huis gestaan het. In ie jOUdie winter, vertel tannie Joukie, het sy vrou hulle dan geroep om eers hul voete voor die vuur te kom warm maak. In die middag was daar dikwels ‘n lekker koppie sop. Destyds het die meeste kinders tot st 6 (gr 8) skoolgegaan. Afgesien van die skool wat hulle elke dag moes bybring, het elke kind hul werk by die huis gehad. Tannie Joukie, haar tweeling Lizzie, en die sussie wat net ouer as hulle was, was saam ingedeel. Hulle moes al om die ander week óf in die kombuis werk, óf die kamers aan die kant maak, óf die voorhuis en stoep blink en skoon hou. Die werk in die kombuis het ingesluit om soggens die vuur in die koolstoof aan te steek en water vir koffie op te sit en wanneer dit koook, koffie vir pa en ma in die kamer te neem. Dit het ook beteken dat die stoof die vorige aand skoongemaak moet word en nuwe houtjies, droë mis of stonke opgetel word vir die volgende dag. Gedurende oestyd is stronke opgetel, en wanneer daar mis
opgetel is, moes die miskoeke eers omgedraai word dat dit alkant droog kon wees voor dit reg was om vuur mee te maak. Wanneer daar nie skool was nie, moes al die kinders (en hier was daar sewe meisiekinders en slegs een seun wat om daardie rede ook maar lekker bederf is!) op die lande gaan werk waar daar geskoffel, geoes of onkruid uitgetrek moes word. Tannie Joukie sê daar mag nie rondgestaan geword het wanneer hulle opp die lande gewerk is nie. Indien jy staan en rondkyk het, het die oupa jou vinnig-vinnig met ‘n kluit bygekom. Tannie Joukie vertel sy het kort na sy klaar was met st. 6, as hulpverpleegster by die Vereeniging-hospitaal begin werk. Dit het ook haar lewenstaak geword om mense te versorg. Sy het etlike jare by Cotlands in Johannesburg gewerk, toe dit nog ‘n tehuis vir ongehude moeders was waar jong meisies hul babatjies kon kry wat dan vir aanneming gegee is. Dit was vir haar baie hartseer om te sien hoe die meisies hul babas moes afgee en sy het menige aand saam met die meisies gehuil, na hul babatjies weg is. Later van tyd het tannie Joukie ook bejaardes versorg. Dit het sy tot laat in haar lewe gedoen voor sy afgetree het. Sy het oom Mike ontmoet toe die oupa Grobler sy gesin, sowel as sy eie jongste broertjie op ‘n dag na die Johannesburg Dieretuin geneem het. Tannie Joukie se ouer sussie was nie lus om saam met die “kinders” te loop nie, want hulle was onderskeidelik al 19 en 17 jaar oud. By die dieretuin het twee jong manne hulle raakgesien en van daar af het een ding op die ander gevolg. Sy en oom Mike was 53 jaar lank getroud en het drie seuns en drie dogters gehad. Tannie Joukie bak steeds bekuit, lees graag en brei voortdurend. Haar goeie gesondheid skryf sy toe daaraan dat sy altyd hard gewerk het en die skool toe stap in die ryp!
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 15
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 16
Eerste: Stippel kleur Kobie Coetzee
Kleinmond Kiekie Klub Die tema vir Junie maand was straattonele en het heel interessante inskrywings van ons fotograwe opgelewer. Dit bewys maar weer dat daar heelwat geleenthede is om `n treffende oomblik vas te vang as ons die tyd neem en fyn
waarneem waar ons ook al rondbeweeg. Beelde wat spesiale vermelding ontvang het is: Anelé van Wyk; ‘Tremspore’, James Luckoff; ‘On a roll’ , Deon Mostert ; ‘In pas’, Nico Jacobs; ‘Op pad huistoe’.
Tweede: Kyk eers mooi...Deon Mostert Derde was Alex Boonzaaier met ‘Outyds’, tweede, Deon Mostert; ‘Kyk eers mooi’ en in die eerste plek Kobie Coetzee met ‘Stippelkleur’. Veels geluk aan die outeurs met die mooi beelde!
aantal video opnames van die verskillende modelle treine van veral Groot Britanje. Nico het self ook stoom lokomotiewe bedryf tydens sy verblyf in Engeland en ook hier in Suid Afrika. Baie dankie aan Nico!
Die aanbieding vir die aand is gedoen deur Nico Boshoff. Hy het met ons sy passie vir stoomtreine gedeel en die werking en toepassing van stoom in die spoorweg bedryf verduidelik aan die hand van `n
Die onderwerp vir 28 Julie is Herfs/ Autumn. Ons sien uit na die mooi herfskleure. Maryna Loubser doen die aanbieding vir die aand met (vervolg op bl 17)
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 17
Kleinmond Kiekie Klub
Derde: Ouderwets Alex Boonzaaier (vervolg van bl 16) 028 271 5920 \ 083 306 9332 haar beelde van `n reis deur \ gerhalta@tiscali.co.za vir Portugal. enige inligting aangaande die Kontak Gerhard van Helsdingen Kiekieklub.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 18
Die fyndruk onderaan jou munisipale rekening lees nou só
www.overstrandherald.co.za
Elektrisiteit: • Elektrisiteitsdeposito’s vir kredietmeters word vanaf 1 Julie 2015 met 7.39% aangepas. • Elektrisiteitsdeposito’s vir voorafbetaalelektrisiteitmeters word vanaf 1 Julie 2015 na R424.00 verhoog Water • Maak asseblief seker dat jou stopkraan toe is wanneer jy nie tuis is nie om onnodige waterverliese weens lekkasies in jou afwesigheid te verhoed. • Verseker dat jy gedek is in die geval van lekkasies en gebarste pype op jou eiendom. • Waterverbruik word bereken volgens ‘n glyskaal. Die aantal dae tussen lesings moet in ag geneem word. Die formule kan van jou naaste munisipale kantoor verkry word. • Moet nie met watervloeibeperkermeters peuter nie. Enige teken hiervan sal tot gevolg hê dat alle watertoevoer tot die perseel summier gestaak word. Vullis • Huishoudelike vullishouers of sakke moet om 07:00 uitgeplaas
word op die dag waarop vullis verwyder word. Riolering • Die afsnypunt vir die lewering van rioleringsdienste op dieselfde dag is 15:00. Enige versoek vir tenkerdienste wat na 15:00 ontvang word, sal teen die na-ure-tarief gefaktureer word of, so nie, tot die volgende werksdag oorstaan. Rekeninge: • Rekeninge is betaalbaar voor of op die 20ste van die volgende maand. • Betaal jou rekening betyds om invorderingskoste, rente, verhoogde deposito’s en staking en/of beperking van dienste te verhoed. Korrespondensie: Om te verseker dat ons tydig op jou rekeningnavraag reageer, rig asseblief alle e-posnavrae aan enquiries@overstrand.gov.za. Ons beloof om binne tien dae te reageer. • Overstrand se maandelikse nuusbrief is beskikbaar op die munisipale webblad: www. overstrand.gov.za. Bron: Overstrand Bulletin
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 19
Make everyday a Mandela www.overstrandherald.co.za Day:
Contributing 67 minutes of our time to help those in need The celebration of Mandela Day aims to serve as a global call to action for people to “recognise their individual power to make an imprint and help change the world around them for the better”, says the Nelson Mandela Foundation. Read more: http://www. southafrica.info/mandela/ 67minutes.htm#.VaYcXvmqjGc# ixzz3fwovbuB5 In July, South Africa celebrates former president Nelson Mandela’s birthday. 18 July has been declared Nelson Mandela International Day, but as South Africans we embrace the chance to celebrate Nelson Mandela’s life for the whole of July. This gives everyone the opportunity to heed the call to action for people to recognise their individual power to make an imprint and change the world around them. A global movement for positive change begins with small actions. As each person acts, they fuel momentum toward positive change, raising awareness and expanding the reach of Mr Mandela’s values – fighting injustice, helping people in need and practicing reconciliation.
What can you do for Mandela Month: * Contact your local HIV organisation and find out how you can help. * Help out at your local hospice. * Many terminally ill people have no friends or family who can visit them. Take a little time to have a chat and find out what they need. * Donate toys to the children’s ward at your local hospital. * Tutor kids in a school subject you are good at. * Donate your old computer to a school. * Donate books to a school. Maar Saterdag is eintlik Mandela-dag. Dan kan elkeen van ons vir 67 minute iets goeds vir iemand anders of vir die gemeenskap doen . Maak jou straat skoon. Maak die begraafplaas skoon. Gaan kuier by ‘n bejaarde. Maak ‘n pot sop vir ‘n huishouding wat dit nie breed het nie. Dit gaan waarskynlik hier by ons reën Saterdag. Bak ‘n paar ekstra pannekoeke en gee dit vir iemand wat dit kan geniet. Find more areas where you can volunteer your services on the Nelson Mandela Day website.
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Rondloperdiere voortaan mensliewend vasgevat word Op 24 Junie 2015 is die Konsepverordening insake die Skut van Diere in die Raad ter tafel gelê. Die voorneme met hierdie verordening is om te verseker dat Overstrand se bewoners, eienaars se eiendom en gebruikers van ons paaie beskerm word teen die potensiële gevare wat rondloperdiere soos perde, beeste, skape, bokke en varke kan inhou. Die verordening stipuleer egter tegelyk onomwonde hoe daar omgesien moet word na diere wat afgedwaal het en hoe hulle, nadat hulle geskut is, behandel en oor beskik moet word. Tans bepaal die verordening dat rondloperdiere vir tot op sewe dae geskut kan word alvorens daar na behoorlike kennisgewing aan die eienaar, waar so ? eienaar opspoorbaar is, met hulle weggedoen
kan word. Ooreenkomstig ? aanbeveling deur Hermanus se dieresorgvereniging sal ? tarief van R59.95 per dag per geskutte dier gehef word. Daar word egter steeds met Overstrand se afdeling finansies oor hierdie tarief onderhandel. Enigeen wat belang by die voorgenome verordening het en, in die besonder, die boetes wat ten opsigte van geskutte diere opgelê gaan word, moet asseblief met Overstrand se hoofwetstoepassingsbeampte, Lester Smith, by 028 313 5041 in verbinding tree of ? e-pos rig aan lsmith@overstrand.gov.za. Afskrifte van die voorgestelde verordening kan vanaf jou naaste munisipale kantoor verkry word en is ook beskikbaar op Overstrand se amptelike webwerf: www.overstrand.gov. za. Bron: Overstrand Bulletin
Bladsy 20
Loslit innie Lente: Wie kry die geld? Loslitdag het verlede jaar 28 miljoen ingesamel – en dikwels wonder mense wat hul R10 plakker koop waarheen gaan die geld? Eerstens gaan ‘n deel van elke donasie na 300 organisasies oral oor die land – dit sluit in skole, tehuise en organisasies wat omsien na die regte van persone met gestremdhede tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping. Die nasionale begunstigdes van die geld beslaan 12 nasionale organisasies wat die hele spectrum van gestremdhede dek. Die projek behoort aan en word bestuur deur die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word geborg deur die Edcongroep. Takke van die organisasie, oftewel Verenigings vir Persone met Gestremdhede, werk in nege provinsies om om te sien na die behoeftes van mense op plaaslike vlak. Alle deelnemende organisasies is deur Loslitdag goedgekeur. Ondersteun gerus ‘n Loslitdagorganisasie in jou buurt. Vir ‘n lys in jou gebied of om jou organisasie te registreer, stuur ‘n epos aan info@casday.co.za and zaza@casday.co.za Die Nasionale Raad vir Blindes se hoofkantoor is in Pretoria en koordineer 100 kleiner lidmate om dienste te lewer aan gesiggestremdes. Die raad
werk op gemeenskapsvlak om blindheid te voorkom en bied ook rehabilitasie, ontwikkeling en opleiding aan blindes by Optima-kollege. Besoek www.sancb.org.za Die doel van die SA Federasie vir Geestesgesondheid is om gelyke dienste aan mense met intellektuele en psigiatriese gestremdhede te verskaf. Die organisasie werk ook om die stigmatisering teen sulke individue te bekamp, om navorsing te doen en om bewustheid te verhoog oor intellektuele probleme. Kry meer inligting by www. safmh.org.za QuadPara Vereniging van Suid-Afrika (QASA) streef om rugmurgbeserings te verhoed en om die belange van mense met mobiliteitsgestremdheide op die hart te dra. Die groep werk op regeringsvlak om die nasionale beleid en strategie rondom fisiese gestremdhede te lei. Een van QASA se opwindendste projekte is Driving Ambitions, wat mense met mobiliteitsgestremdhede leer motor bestuur soday hulle hul bestuurslisensie kan kry. Meer inligting by www.qasa. co.za Outisme Suid Afrika skep bewustheid rondom Outisme en help ouers van kinders met outisme met dienste en berading. Besoek www.aut2know.co.za
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 21
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
DAGBOEK
16 Julie 2015
17 & 18 Julie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. Aansoeke word ingewag vir uitstallers vir die Kunsmark Des 2015 in Bettysbaai. Keuring van produkte en artikels vir die Kunsmark Des 2015, vind plaas by Disakloof Jeugkampterrein bedags vanaf 09:00. Kontak Judith 074 3669 533 16 July: Friends of the Hangklip Library. Theme/tema: BONSAI morning/oggend met Willie Slabber & Manie Mans: Talk, Demonstration & Exhibition of Bonsai plants. Kom geniet `n oggend saam met ons! Boompies, potte & grond te koop. Cost/ koste: R40 pp (Tea or Coffee & Pancake). Booking/Bespreking: Betty`s Bay Library before 13 July. Time/tyd: 10h30. Venue/plek: Café El’Ora, Village Centre, Betty`s Bay 20 July: The Overberg Quilters’ Guild will be meeting at 9.30 at the de Wet Hall, Roos Street, Onrus. Speaker will be Fransie Gibson.
Bladsy 22
Mauritz van dan Berg aangebied word. Almal baie welkom, Hoop ons sien jul daar, Tee en verversings vir gesellig verkeer. Marietjie sel. 0824455962
9 Augustus: Spesiale middag vir Vrouedag, sprekers, musiek, ens en saam kuier na die tyd. Krietiewe vroue uitstalling. NGK, kerksaal, Eerstelaan om 2.45nm. Kaartjies R10.00 by kerkkantoor of Albertyn apteek. 11 Augustus: Hiermee kennis geskied van Kindersorg Suid Afrika: Kleinmond se Algemene Jaarvergadering gehou om 18h00. Die vergadering sal in die Jeugsaal (agter die kantoor) plaasvind. U jaarlikse lidmaatskap fooi van R10 is betaalbaar. Vir meer inligting skakel asb die kantoor by (028) 271 4044. Baie dankie en mooi bly! 11 August: Herewith please be informed about the Annual General Meeting to be held at 18h00. The meeting will take place in the Youth Hall (behind our office). The annual membership fee of R10 is payable. For more information please contact the office at (028) 271 4044. Thank you and stay well!
14 Augustus: Die Vriende van Afrikaans se Kleinmondtak bied weer ’n viering van Afrikaansdag in die Gereformeerde Kerk Kleinmond om 19:00 aan. Dit beloof om ’n opwindende aand van Vers en Lied en ’n kompetisie vir ’n gekostumeerde voordrag te wees. Kaartjies teen R30 beskikbaar by Albertyn apteek. Sop en toebroodjies ingesluit.
BUKSIES
21 Julie: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. 27 Julie: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk. Klimtol deur Etienne van Heerden word deur Elize Gerber bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057. 28 Julie: Kleinmond Kiekie Klub byeenkoms om 19:00 by die NG Kerksaal. Onderwerp: Herfs/Autumn. Aanbieding: Maryna Loubser: Reis deur Portugal
28 Julie: VLV Vergadering om 14:30 in die NG Kerksaal. Tema: Ons Afrikaanse taal is 90 jaar oud. Kom beleef ons Skryfkuns en Woordkuns met Pieter Lourens. Almal welkom. 3 Augustus: Walkerbaai Seëlklub om 17:30 Rolbalsaal Hermanus. Skakel 082 376 6252 6 Augustus: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroet vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Alma Schwabe van Somerset Wes is die Gasspreker vir die oggend. Ons sal ook leer hoe om Ou Baltimore Patrone te vernuwe, asook die gebruik van “Freezer Paper”. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882 6 Augustus: Kleinmond Senior Burger Klub vergader in die N.G. Kerksaal om 15h00. Ons hou ‘n Stokperdjie uitstalling van al die lede en dit beloof om baie interessant te wees. Almal word genooi om deel te neem. “n Algemene kennis vasvra sal deur
GESOEK / WANTED
Dringend op soek na 3 slaapkamer huis op Kleinmond of in Palmiet. Skakel 072 869 4237 Fietspomp en fietsklokkie. No 5 Dames waterskoene “topboots”. Leë kassette vir tape recorder. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Natasha is looking for domestic work any day of the week. Has reference Karin 082 961 6019. Phone 063 376 6691 Eunice is looking for domestic work Thursdays and Fridays/ Phone 073 616 8090 Agnes is looking for a cleaning job 3 days a week. Phone 078 970 1216
Overstrand Herald
16 Julie 2015
BUKSIES
TE KOOP / FOR SALE
Scotsman MV606 icemaking machine, very little been used R32000. Phone 083 264 6568 Plasma TV stand, Cherry wood finish, with smoked glass TV attaches with bracket R950. Phone 074 285 7309 Nog enkele items oor vir verkoop te Gazanialaan 15, Heuningkloof, Kleinmond op 16 & 17 Julie, onder andere ‘n elektriese grassnyer en kantsnyer. Skakel 028 271 3049 W123 230E 1985 Mercedes-Benz R10 000. Skakel 082 875 5663 Oefenfiets met kontroles. Skakel 072 424 7839 Dubbel kombuiswasbak soos nuut R550. Laptop oud werk nog R350. Skakel 082 927 8385 1993 Mazda Rustler 1600 seiltjie, nog nooit gebruik nie. Skakel 076 973 0331 Goldstar Videomasjien met remote in baie goeie toestand R530 ona. Vingerbord R100. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Soliede Eikehout kombuis tafeltjie 85x70cm + 2 riempie stoele in uitstekende toestand R2100. Skakel 028 271 5100 Sitkamerstoel R250. Graaf, vurk, besems, hark, ens R50. Stofsuier R250. Skakel 028 271 3496 Sleeper couch + base (little used) R1800 onco. Phone 072 348 4679 Wispeco Roll-A-Door bruin, baie goeie toestand en volledig R850. Skakel 082 563 6121 GT-S5300 Samsung Galaxy pocket R450. 2 Staaf kwarts verwarmer 6962496 4 keer gebruik. R200. Oorspronklike Miami basketball uitrusting en oorspronklike San Francisco Giants baseball uitrusting R300. Skakel 079 953 6853 Sleepwa in goeie toestand R4500. Skakel 083 455 2730 Defy fridge/freezer - side by side R2500. Computer desk R350. Phone 084 697 3431 / 028 272 9188 Regop GEC vrieskas R600. Beddegoed vir twee ¾ beddens R120 p/ stel. ¾ bed duvet. Skakel 083 512 1628 Brand new Bernette walking foot R200. Skakel 079 996 5874 Nokia Model 306 with charger in good condition R350. Phone 083 298 0654 JVC televisie - skermgrootte 56cmx42cm R800. Health Walker R400. Wit hoekbad soos nuut 135cmx135cm R800. Skakel 082 583 8159 / 082 859 0579 Speedqueen wasmasjien in goeie werkende toestand R850. Samsung GT-B3210 selfoon in goeie toestand R350. Gestoffeerde
Bladsy 23
tweesitplekbank rusbank in goeie toestand R500. Queen-grootte bed, basis, matras en oortreksel R650. Aluminium trapleer R150. Skakel 071 491 8002 Good Wood for Special Projects- Stinkwood (several large pieces); small quantities - Wild Olive (Oranjerivier Olienhout); Malawi Ebony; Oak. Yellow wood table top 1.52mx86cm; 2 pcs Three Ply 2.1m x 90cmx3mm; three 3m pine lengths; lots other wood pieces. Bentwood Chair /to be assembled; 2 large pieces plate glass; three old fashioned Tea Chests; 1 Large Postal Bag (museum piece!). 61 Botriver Road. Phone 072 906 8029 75 Long playing Records – Neil Diamond, Harry Belafonte, Jim Reeves, Nana Mouskouri, ABBA, Cole Porter, Beethoven Concertos (boxed), Die Fliedermaus – Johan Strauss (boxed); Italian Interlude, Tshaikovsky Waltzes, Hammond on the Organ, Rudi Neitz, Springbok Hit Parade, Perry Como - too numerous to mention! R10 ; boxed R50: 61 Botriver Road. Stewige plastiektafeltjie en 4 stoeltjies (vir kleuters) in goeie toestand. R250. Stewige kleutertoilet-stoeltjie met verwyderbare potjie asook kleutersitplek wat op groot toilet pas. Beide so goed soos nuut. Albei vir R120. Skakel Jacoba 028 271 5045 / 072 1011 246 Sansui kleur Tv in goeie toestand vir R600. Skakel 082 320 0344 6 sitplek Oregan Pine eetkamerstel met riempie stoele R900. 200 lt X stream sunstream geyser R500. HP Deskjet 1000 printer R200. Skakel 084 652 7318 10 Gholfstokke enige aanbod. Skakel 082 932 8066
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 19 JULIE 2015
09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Nico Rabe Ds. Ben de Wet
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 25
Overstrand Herald
16 Julie 2015
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
16 Julie 2015
Bladsy 27
Golf results
Wednesday 05/07/2015 - 4BBB Bogey Plus Great to have 50 players on a Wednesday afternoon even though the weather was a bit overcast. 1) J OOsthuizen & F Bekker (+9) 2) D Erasmus & F Bruwer (+8) 3) J Wylbach & K Olivier (+8) Friday 10/07/2015 - Sundowner 2nd 9 The Sundowner competition is always well supported and enjoyed by all the players. 1) R Hansen (22 points) 2) G Baxter (22 points) 3) J du Toit (22 points) Saturday 11/07/2015 - 4 Ball Alliance Stableford ( 2 Scores to count) Weather conditions didn’t chase away the golfers and a great afternoon of golf was had by all the golfers. 1) D & G Baxter, P Van Heerden, P Haefle (90 points) 2) J & S Pombo, H Dewhurst, N Commin (88 points) 3) K Karelse, P Benade, R Hansen, H v/d Merwe (87 points)
D Baxter, F Eagar (Capt) G Baxter, P Van Heerden and P Haefle
R Hansen & F Eagar (Capt)