Polisie bekommerd oor inbrake in veral Bettysbaai
Meenthuis ontwikkeling in 13de Laan “nie wenslik�
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 2
‘n Skets van die beoogde meenthuise.
Meenthuis ontwikkeling in 13de Laan “nie wenslik” KLEINMOND – Die wykskomitee vir wyk 9 het by sy mees onlangse vergadering besluit om nie ‘n aansoek vir die vestiging van ‘n meenthuis kompleks in 13de Laan aan te beveel nie. Die aansoeker, mnr JHC Mans, het gevra dat erf 4740 in 13de Laan hersoneer word ten einde die erf te verdeel in nege kleiner erwe en dan meenthuise op te rig. Die grootte van die onderverdeelde erwe sou wissel tussen 370vkm en 449vkm. Die enkelverdieping meenthuise sou onder meer drie slaapkamers, twee badkamers, ‘n motorhuis en afdak hê. In die aansoek word pertinent na soortgelyke ontwikkelings in die direkte omgewing van Dertiende Laan verwys, en hoe dit hierby sou aanpas. Die wykskomitee se besluit om die aansoek nie te steun nie, volg na ‘n soortgelyke aanbeveling deur die Kleinmond Belastingbetalersvereniging (KBBV). In sy beoordeling van die aansoek sê die KBBV dat dit wel waar is dat daar reeds hoë digtheid komplekse in die omgewing is. “Die feit is egter dat daar steeds groot
relatief onontwikkelde erwe bestaan’. Dit, sê die KBBV, skep ‘n landelike karakter en maak die bestaan van die huidige hoë digtheid eenhede “ draagliker”. “Die inwoners van hierdie area is gewoond aan relatief min verkeer, heelwat ruimte op bestaande erwe, fynbos wat die gevoel van oopte gee en min mure wat ‘n mens ingeperk laat voel. Die ontwikkeling van NOG ‘n hoë digtheid kompleks gaan beslis nie die huidige karakter van die omgewing verbeter nie, die teendeel is eerder waar”. Die KBBV sê verder dat daar “tans ‘n geweldige aanbod is van huise wat te koop is op Kleinmond. Hoewel mense geneig is om te oordryf, word syfers van tot 600 huise genoem. Daar is tans 4 soortgelyke ontwikkelings wat baie min aftrek kry”. Die KBBV het ook besware ten opsigte van die bykomende verkeer wat die ontwikkeling kan veroorsaak; voorsiening vir stormwater, riolering en watervoorsiening. Hulle is veral besorg oor laasgenoemde aangesien dit bykomende koste kan meebring.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 3
Onderonsie lei tot aanrandingsklagte KLEINMOND – ‘n Fondsinsamelingsdans by die plaaslike rugbyklub het Saterdagnag glo byna gelei tot die dood van ‘n man na ‘n paar manne blykbaar handgemeen geraak het. Dis moeilik om agter die kap van die byl te kom, maar klaarblyklik het mnr. Ricardo van der Merwe en sy vermeende aanvaller buite die lokaal woorde gewissel wat toe ontaard het. Na bewering het die vermeende aanvaller se glas Van der Merwe in die gesig getref. Een van die glasstukke het ‘n slagaar getref. Die wond het toe baie gebloei. Die voorval het omstreeks 02:00 Sondagoggend gebeur. Van der Merwe is na die polisiestasie geneem waar daar op die ambulans gewag is. Hoewel die noodpersoneel redelik gou op die toneel was, het dit hulle glo meer as ‘n halfuur geneem om Van der Merwe sodanig te stabiliseer dat hy hospitaal toe geneem kon word op Hermanus. Hy is kort
voor 07:00 ontslaan en moes weer Maandag by die Kleinmond kliniek sy wond laat verbind. Dáár sou die dokter ‘n sertifikaat kon uitreik oor die aard van die wond wat ter stawing gebruik sou word in die klag van aanranding wat hulle volgens die familie omstreeks 08:00 Sondag by die polisiestasie gelê het. Volgens ‘n familielid het die polisie Sondagaand die beweerde aanrander na Van der Merwe gebring waar hy glo om verskoning gevra het en aangebied het om die mediese onkostes te betaal. Dinsdag het Van der Merwe se broer uit die Kaap weer na die polisiestasie gegaan om die mediese sertifikaat aan die aanrandingsklag te heg. Daar het hulle toe glo gevind dat geen saak geopen is nie, omdat volgens wat die polisie glo verstaan het, geen saak nog aanhangig gemaak is nie. Volgens ‘n woordvoerder van die polisie is ‘n saak is toe wel Dinsdag geopen. Van der Merwe se familie is egter baie ontsteld oor
die voorval. ‘n Woordvoerder van die Kleinmond rugbyklub, mnr. Willie Karelse, het gesê die klub is nie bewus van die voorval nie.
SPERTYD VIR ADVERTENSIES IS DINSDAE OM 12:00
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Polisie bekommerd oor inbrake KLEINMOND – Die polisie hier het vandeesweek gesê hulle is bekommerd oor ‘n styging in inbrake in veral Bettysbaai, maar ook Kleinmond. Polisie woordvoerder, ao Jaco van Wyk het inwoners gemaan om na te gaan of hul alarmstelsels in orde is en om op hul hoede te wees vir opportunistiese diefstal. In
een geval die afgelope week het die polisie ‘n fiets en ander goedere wat tydens ‘n inbraak in Twaalfde Laan gesteel is, teruggevind nog voor die slagoffer dit kon aanmeld. Die polisie se veldtog teen dwelms duur intussen voort. Verskeie suksesse is die afgelope week aangemeld.
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 4
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 5
Hangklip/ Kleinmond’s aged treasures / Ons beleë skatte We will be doing a series on elderly residents of our area who have reached the very great age of 90+. Ons het reeds berig oor ‘n paar inwoners wat 90 jaar oud geword het en steeds hups is. Ons verneem graag van nóg sulke inwoners om hulle te ontmoet en iets oor hulle te skryf.
Hermine al 23 jaar deel van Kleinmond
Hermine Fyfer was een van die eerste inwoners van Heuningkloof waar sy en haar oorlede eggenoot, Ben, in Gazanialaan gewoon het. Hul oudste seun, wat saam met hulle daar ingetrek het, is ook reeds oorlede. Die Groblers het in 1995 in Heuningkloof ingetrek en toe gereeld vir Hermine in haar tuin sien werskaf, hoewel ek haar ook elke maand by die VLV gesien het. Die Herald se verslaggewer het destyds self die vergaderings bygewoon. Die eerste VLV lid wat toe begin het om bydraes te stuur en foto’s te neem, was juis Hermine. Sy het in die Caledon distrik op ‘n plaas grootgeword en het op die dorp skoolgegaan. Na skool het sy aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer en ‘n graad behaal met naaldwerk en huishoudkunde as hoofvakke. Na haar studies het Hermine vir 5 jaar lank op Greyton skoolgehou waarna sy ‘n pos op Montagu aanvaar het. Maar dít het nie lank gehou nie, want Ben, wat toe haar verloofde was, was nie tevrede met haar wat so ver in die wêreld skoolgehou het nie en hulle is in 1952 getroud. Sy het toe op die plaas gehelp en was boervrou, maar het ook nog 12 jaar skoolgehou by Groenberg Sekondêr op Grabouw. By die VLV het Hermine aangesluit toe sy begin skoolhou
Die foto is verlede jaar op 10 November met Hermine se 90ste verjaardagviering geneem.
het en is dus reeds 68 jaar lank lid. Sy en Ben het twee kinders gehad, Louise van Eeden wat op Kleinmond woon, en Herman, wat by Koeberg werk en op Melkbos woon. Sy het ook twee kleinkinders en drie agterkleinkinders. Hermine is sedert 1 Januarie vanjaar ‘n inwoner by Gerimed. ( - Ilna Grobler)
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 6
www.overstrandherald.co.za www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 8
Sex and the South African bedroom Last year we interviewed Dr Marelize Swart, a psychologist/ sexologist that lives in Kleinmond just after she was asked to be the expert sexologist for Health24’ forum. Health24.com is South Africa’s premier health and wellness website, averaging over 1.2 million unique users from across the world each month. Of these, over 650 000 users are based in South Africa. Whilst Dr Swart has continued her work with Health24’ forum, she has also recently joined DRUM magazine as their Sexologist with her own sexology column every two weeks. According to Swart, writing about sex, which is a universal and natural occurrence, brings
Dr Marelize Swart
one very close to a person’s intimate life. This act, however, is viewed differently from culture to culture and religion to religion. Even naming the organs involved, is a highly sensitive matter which has to be treated with great circumspection. Along with its sister magazines, Huisgenoot and YOU, DRUM magazine is currently one of the largest consumer magazines in South Africa with a total readership of three million and ninety thousand. Swart said that she felt very privileged to have such an intimate view of what happens inside (and outside!) the South African bedroom.
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
18 Junie 2015
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
Briewe
Klippie nou ‘n rots
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Kinders Ek verstaan die beweegrede agter ‘n dag soos Jeugdag, maar dis waar dit eindig. Sedert 1976 weet ek regtig nie of die situasie vir kinders veel verbeter het anders as die waarlik pragtige wette wat die regering die afgelope 20 jaar gemaak het nie. Destyds, op die gewraakte 16 Junie was ek 18 jaar oud en het ek aan die ander kant van die draad gestaan. Toe het ek net geweet wat die destydse spindokters aan ons opgedis het. Dis een van die redes waarom ek so sinies is oor enigiets wat uit ‘n politikus se mond kom. In elk geval. Kinders. Ons is geleer “Kinders word gesien, maar nie gehoor nie”. Dit het besonder goed gewerk in ‘n klaskamer, maar dit het tot baie aaklighede ook aanleiding gegee. Deesdae mag/ moet kinders mishandeling van enige aard aanmeld, maar, vreemd genoeg, bly die grootmense wat veronderstel is om sulke dinge reg te stel, klaarblyklik ewe onwillig. Ek is nie seker of misdade teen kinders deesdae net meer plaasvind, en of die wye verspreiding daarvan in die media ‘n mens net meer bewus maak daarvan nie. Kinderbruide is ‘n eeue-oue tradisie, maar nou, onder die Westerse beskawing wat op die hede die aanvaarde wêreldnorm is, word die boosheid daarvan blootgestel. Maar dit duur voort. Op BBC sien ek ‘n advertensie wat lui “If she’s too young to vote, she’s too young have
Bladsy 10
children”. Kinderprostitusie en kinderarbeid word deur die mense wat tog so graag vergadering hou, veroordeel, maar, verstaan ek, moenie te diep krap nie. Klaarblyklik is selfs baie van diegene wat die stoele op sodanige vergaderings warm hou, se hande nie aldag skoon nie. Hoe langer die konferensies in die hoofstede van die wêreld duur, hoe groter is die kanse dat hierdie sake voortduur, want is die vergaderings en die kos en die drank dan net nie te lekker nie? In ons eie land, hoor ek uit die Prez se mond, word drie universiteite gebou. Om te wat? wonder ek so in my enigheid. Die kinders kan dan klaar beswaarlik lees en skryf en daar is reeds nie genoeg onderwysers nie. Soms wonder ek of baie skole nie dalk net ‘n plek is waar kinders georganiseerd kan kos kry nie. En soms nie eens nie, want skelm grootmense steel die kosgeld. Soos hulle die boekegeld ook steel. So bly die kinders aan die kortste end trek. Die staat kan nie kinders grootmaak nie. Die staat is nie ‘n ouer nie. ‘n Ouer is ‘n ouer. Die regering kan vir ons die pad makliker maak deur die wonderlike wetgewing wat daar is, maar hulle kan nie ons kinders grootmaak nie. Mens doen dit met liefde en dis nie iets wat die staat kan verskaf nie. Dis net ironies dat selfs na 39 jaar sake in ons land baie verander, maar nie noodwendig verbeter het nie. En die kinders bly aan die kortste end trek.
Dit is nou al vir baie lank dat die klein klippie in my skoen, in ‘n rots verander het. Die halfklaar huis op die hoek van Hoof- en Haweweg is die oorsaak daarvan. Wanneer die eienaar of bewoners daar is, veral tydens die Desember/ Januarie vakansie, word die wasgoed duidelik sigbaar vanaf Hoof- en Haweweg, opgehang – sommige dae net onderklere. Ek het alreeds ‘n brief aan die munisipaliteit geskryf en mnr. Lackay se antwoord was dat daar geen wet is wat hulle kan toepas om dit te verbied nie. Behalwe die wasgoed wat daar hang, is die toestand van die erf, die aanmekaar geflansde bouwerk en soos dit lyk, ‘n kombuis wat vanuit die motorhuis bedryf word (is dit wettig?) ‘n absolute skande! Die eienaars sit gewoonlik op die onklaar oprit, byna in Haweweg, en kuier want daar is geen ander toeganklike buite kuierarea nie. Haweweg is die hoofroete na ons pragtige hawegebied en word daagliks en veral tydens vakansietye
deur toeriste gebruik. Hierdie huis is ‘n skande vir toerisme in Kleinmond. Die pragtige vuurtoring wat destyds op die hoek van Hoof- en Haweweg opgerig was, is vinnig afgebreek omdat dit onwettig was, maar niemand het nog ooit iets omtrent hierdie halfklaar woning gedoen nie? Daar is reeds en gaan nog geld in die toekoms spandeer word vir verdere verfraaiing en verbetering van ons hawe, maar dit is jammer dat die ingang na die hawegebied so ontsier word. Dit was nog altyd ‘n raaisel vir my hoekom mense erwe by kusdorpe besit en dan nie die fondse het om iets ordentlik op te rig of die woning te voltooi nie. Daar is vele van hierdie halfklaar “make do” bouvalle in Kleinmond wat ‘n groot impak het op die waarde van omliggende eiendomme. Dit sal goed wees as strenger maatreels geïmplimenteer kan word op bou-sloerdery en afwyking van goedgekeurde planne. Lowena
Dankie vir stappaadjies Graag wil ek as stapper dankie sê vir die munisipaliteit en Kleinmond Natuurbewaringsvereniging wat deur hulle wedersydse samewerking die stappaadjies in die natuurbewaringsgebied in stand hou, herbou en nou onlangs weer, die paadjies pragtig oopgesny het. Kleinmond Natuurbewaringsvereniging kanaliseer en bestuur oor die jare heen fondse van die Frank Robb-trust en ander skenkers juis om hierdie werk te help finansier. Ek wil glo dat dit hierdie ywer en volgehoue inisiatief van
die Natuurbewaringsvereniging is wat weerklank vind by natuurbewaringsamptenare in die munisipaliteit en hulle so aktief laat saamwerk. Die munisipaliteit het ook die boonste deel van 13de Laan (beperkte toegang) opgegradeer, wat die lewe vir die weeklikse fynbosblomplukkers baie makliker maak : soos baie weet word hierdie juweeltjies van ons fynbos elke week by die biblioteek en die inligtingskantoor (h/v 6de str. en hoofweg) uitgestal. Chris Bester
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Briewe
Die nuwe verbeterde hawe en al die probleme Daar is groot ongelukkigheid oor die verbeteringe aan die Kleinmond Hawe. Die vissermanne en sportvissers wat gebruik maak van die slip in die hawe is die herrie in oor skade wat veroorsaak word deur die nuwe gedeeltes van die helling wat aangebring is. Booteienaars betaal der duisende rande vir skade aan bote en treilers wat veroorsaak word deur die nuwe gedeeltes. Genoeg is genoeg. Die fout wat gemaak is met die slip deur die kontrakteur moet nou reggestel word. Daar moet toegesien word dat alle foutiewe werke herstel word. Let wel: alle bote met “trailers” wat die helling gebruik moet kan veilig in en uit. Die veranderings wat gemaak is wat veronderstel was om die hawe beter te maak vir boot eienaars en ander verbruikers is nie voldoende
nie. Om een fout uit te wys: die nuwe vistafels wat ontwerp is, is nie naastenby soos die ou vistafels nie. Die nuwe tafels is só vernou daar kan nie eers ‘n drom tussen-in staan nie. Vissers kan dan nie hul afval soos in die ou dae daarin gooi nie, want daar is nie voorsiening voor gemaak nie wat beteken die seemeeue kom en strooi die hele slip vol aas “en die vissers word blameer vir foute wat die kontrakteurs gemaak het” wat hulle warm onder die kraag maak. Daar gaan eersdaags ‘n vergadering belê word met alle booteienaars om hulle klagtes aan te hoor. Daar is alreeds ‘n versoek dat die Munisipaliteit nie die werk wat gedoen was in die hawe moet afteken nie alvorens alles nie reggestel is nie. Charles Swartz
All the roadsigns in Pringle Bay is a legacy from Sandi.
Bladsy 11
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 12
Kleinmond Kiekieklub
Gerhard van Helsdingen- Roomkan en maatemmer Die eerste koue en reën van `n mooi verskeidenheid van die seisoen het nie `n demper baie goeie beelde ingeskryf, geplaas op die bywoning van die die meeste inskrywings tot die Kiekie Klub byeenkoms van op datum! Dankie vir julle 2 Junie nie. Dankie aan elkeen entoesiasme! Beelde van fyn wat die koue trotseer het en die afgewerkte messe, ou verroeste aand bygewoon het. metaal, blink gepoetsde metaal Die voorgeskrewe onderwerp en houers van yster en koper is was metaal. Die fotograwe het vertoon.
Beelde wat spesiale vermelding ontvang het was: Klampe - Vic Brink; Kurktrekker- Rina Boonzaaier; SleutelAlex Boonzaaier; Silwer lepel- Anelé van Wyk. In die derde plek Gerhard van Helsdingen- Kraan; Tweede plek, Christo Kok - Ford motorkap , en in die eerste plek, Gerhard van HelsdingenRoomkan en maatemmer. Baie geluk aan die outeurs van die beelde. Hou so aan met die goeie werk. Die tema vir Junie maand se byeenkoms is Straat tonele. Die aanbieding van die aand is gedoen deur Friso Woudstra wat
`n aantal oudiovisuele reekse vertoon het van Namibie, die Wes Kaap en afgesluit het met `n reeks oor die landskappe van hierdie mooi omgewing waar ons bly in die Overberg en die dierelewe in die Kgalagadi. Aanbieding 30 Junie. Nico Boshoff vertel van die ontstaan en werking van stoomtreine. Hy sal ook ‘n paar beelde vertoon. Kontak Gerhard van Helsdingen 028 271 5920 \ 083 306 9332 \ gerhalta@tiscali.co.za vir enige inligting aangaande die Kiekieklub.
derde plek Gerhard van Helsdingen- Kraan
Tweede plek, Christo Kok - Ford motorkap
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 13
Overstrand Herald
18 Juniei 2015
Bladsy 14
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 15
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 16
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 17
Overstrand Herald
18 Junie 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 18
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Brace yourself Recent studies from around the world indicate that climate change could bring on more severe cold and flu outbreaks, warn experts. Mariska van Aswegen, spokesperson of cold and flu pharmaceutical firm, Pharma Dynamics, says it was once thought that global warming might bring on fewer deaths caused by respiratory infections during the colder months of the year, but the latest research by Arizona State University found a significant association between warm winters and severe colds and flu seasons that follow. “According to the study, researchers examined government data for each flu season over the past 15 years and found that when a winter had above average temperatures, cold and flu strains were more aggressive 72% of the time in the winter that followed. Researchers also noticed an early onset of the two main types of flu that cause seasonal epidemics, namely influenza A (H1N1) and B (H3N2). “As the earth’s average temperature continues to rise, SA’s winters are starting to become warmer too,” says van Aswegen. Preliminary data from 20 selected weather stations distributed across South Africa, indicates that 2014 was the 10th warmest year since 1961. On average, SA’s mean temperature has increased by about 0.13 °C per decade. “Thirty years or so ago, the average onset of the cold and flu season was the first week of June, but the trend over the past several years point to an earlier shift in the season, starting the first week of May already,” says van Aswegen. Reports by SA medical insurance schemes also suggest that we could be in for the worst cold and flu season on record. Medical aids confirm that they’ve already received a significant number of claims
for cold and flu related illnesses this winter and that the strains in circulation this year seem to be much more aggressive and highly infectious. And to make matters worse, the peak of the cold and flu season isn’t even here yet. So why might a warm winter predict a nasty cold and flu season next time around? Van Aswegen suggest that the flu virus is more difficult to transmit during mild weather conditions, because it dies faster in warmer air, and if fewer people get the flu the one year, more people could possibly be susceptible to contracting it the next season. She says the findings certainly point to the possibility that a mild winter could cause a more miserable flu season the next time, therefore taking additional immune-boosting supplements and going for the flu shot would be advisable. For those who have contracted a cold or flu, Van Aswegen advises the following: 1. Take at least two to three days off work. This will give you the essential rest that your body needs to recover while limiting other people’s exposure to the virus. 2. Stay hydrated by drinking plenty of fluids to help rid your body of the illness. 3. Use a nasal decongestant for three to five days, which will reduce inflammation of the nasal passages and slow-down mucus production. 4. Flush out your sinuses with a Neti pot or saline solution for a more natural approach. 5. Take over-the-counter (OTC) cold remedies, which will go a long way in relieving symptoms such as a fever, headache, aching throat and congestion. If you suffer from an underlying condition, consult with your doctor first to ensure that OTC medicine won’t interfere with your current medicine regime.
Bladsy 19
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 20
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 21
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
DAGBOEK
18 Junie 2015
12 & 13 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249.
Bladsy 22
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. 12 Junie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 18 June: Friends of the Hangklip Library . Theme/tema: “Create a Greeting Card”/ Maak `n Kaartjie met Manda Malan. Please bring: sharp scissors/craft glue with nozzle/Pritt/damp cloth/ 2x sheet kitchen towel/ruler/old glossy magazine. Kom geniet `n oggend saam met ons! Time/tyd: 10h30. Venue: Betty`s Bay Library / Bettysbaai Biblioteek 26 Junie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 30 Junie: Kiekieklub: Tyd 19:00. Plek: NG Kerksaal, 1ste laan, Kleinmond. Tema: Straat tonele. Aanbieding: Ontstaan en werking van Stoomtreine, deur Nico Boshoff. 02 - 11 Julie: WINTERMARK N G Kerksaal, 1ste Laan, Kleinmond. Tye Maan – Vrydag 10:00 – 15:30, Saterdag 09:30 – 13:00. Kinderklere, Lekkergoed, Koek, Pottery, Juwele, Sjokolade, Leerprodukte, Konfyt, Boeke en vele meer. Pannekoek, Kerrie & Rys, Vetkoek, Sop en Brood sal ook te koop wees. Skakel Fynbos Dienssentrum - Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 02 - 11 July: WINTER MARKET – D R Church Hall, 1st Avenue, Kleinmond. Hours Mon – Friday 10:00 – 15:30, Sat 09:30 – 13:00. Homemade Cakes, Bread, Biscuits, Pottery, Jewellery, Needlework, Chocolates, Sweets, Knitted goods, Woodwork, Decoupage and lots more. Also on sale Curry & Rice, Pancakes, Curry Bunnies, Soup and Bread. For more informationc ontact Fynbos Service Centre Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00).
GESOEK / WANTED
Domestic worker who works for me, seeks additional employment during the week. Relaiable, honest and excellent worker. Please phone me for a reference. Mrs Sill 082 809 8511 Patricia is looking for work. Has reference 083 264 1812. Phone 078 232 1666 Margeret is looking for work 3 days a week. Phone 073 673 5378 Enigeen wat skoolklere het om te skenk soos skoene, truie, baadjies ens. Ons soek dringend. If you have any school clothing like shoes, jackets, etc, preferably navy, we need urgently, please. Phone Leilani 079 980 4540 Soek ‘n geleentheid na George of sover as Mosselbaai, sal petrol deel. Skakel 028 272 9953 / 082 532 4222 ‘n Mandjie om ‘n miniatuur Toy-Pom te vervoer met vliegtuig. Skakel 028 272 9744 / 082 671 8422 William is a Malawian man who is looking for work as a house keeper, gardener, chef or waiter. He has experience. Phone 078 607 9670
TE KOOP / FOR SALE
Diving suit ‘long-john’ sleeveless with zips in bottom of pants plus separate love sleeve jacket with zips in bottom of arms, plus hood, flippers, diving knife in pouch and ‘Nemrod’ 3 rubber speargun. All for R2000. Phone 084 205 4481 Panasonic Lumix DMX FZ200 digitale kamera (F2.8 vir 25-60mm) R4200. Skakel 082 650 5640 Ostrich skin men’s shoes, Crocket & Jones, size 10 R350. Defy hob 4 plate R475. Sinkers R25 for 10. Phone 028 271 5724 / 082 707 2307 Lessenaar R300. Sitkamerstoel R250. Graaf & vurk R40. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580
www.overstrandherald.co.za
Kelvinator dishwasher, brand new R3000. Defy multifunction Chest freezer settings for fridge and freezer, brand new R2200. Phone 082 225 3136
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Aan al die kinders wat die 1930’s tot 1970’s oorleef het! Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl hulle swanger was. Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit die blik geëet en is nooit getoets of hulle diabete was nie. Na al die trauma is ons in ons bedjies gesit op ons magies in ‘n kot wat oortrek was met helder kleurige lood basis verf. Ons het geen kindvaste deksels of proppe op medisyne bottels, deure of kaste gehad nie en geen kopskerms gedra as ons fietsry nie… Om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie. As kleuters en kinders kon ons agter op die sitplek sit sonder veiligheidstoele, veiligheidsgordels of lugsakke. Om agter op die bakkie te ry was groot pret en ons het water uit die tuinslang gedrink en nie uit bottels nie. Ons het ons koeldrankies met vier vriende gedeel uit een bottel en niemand is dood daarvan nie. Ons het sjokoladekoek en wit brood geëet met regte botter en kool aid met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie want….. ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL! Ons het die huis verlaat in die oggend vroeg en het heeldag gespeel. Solank ons terug was as die straatligte aankom of voor die kerse aangesteek was. NIEMAND kon ons kontak deur die dag nie en ons het almal veilig teruggekeer huistoe. Ons het ure spandeer deur kaskarre te bou uit afvalhout en yster en het dan teen die steilste bulte afgejaag, net om uit te vind ons het vergeet van die brieke. Nadat ons ‘n paar keer die kaskar omgegooi het en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los. Die dogtertjies het die rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die pret te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie. Ook was daar nie tyd vir dwelms nie want ons ouers het nog genoeg vir ons omgegee om ons boude aan die brand te klits as ons iets ongehoords sou probeer doen. Sondae het ons almal ons beste kleertjies aangetrek en kerk toe gegaan. Ons het nie playstations, nintendos, XBoxes, wii, of enige video speletjies gehad nie. Shopping vir ontspanning was nie aan ons bekend nie, en ontwerpersklere was toe ook nog nie eers in China gemaak nie. Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video flieks, selfone, persoonlike rekenaars met internet, facebook of chatrooms nie… Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net buite toe gegaan. Ons het uit bome geval, is gesny en het bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie. Ons het wurms en modderpasteie geëet en die wurms het nie vir altyd in ons geleef nie. Ons het windbukse en poppe gekry vir ons tiende verjaarsdag, speletjies opgemaak met stokke en tennisballe, ou komberse en peule en al het niemand ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uitgesteek. Ons het met ons fietse gery of pop gespeel of sommer net geloop na ons vriende se huise, aan die deur geklop en sommer ingeloop en gesels. “Oom” en “Tannie” (en selfs “Antie”) was nog aan die orde van die dag en jy en jou was net op rondloperhonde van toepassing. (vervolg op bl 25)
Bladsy 23
BUKSIES
Oefenfiets. Skakel 072 424 7839 Aluminium walker . Folds very small and light. 4 wheels. Teflon coated “piemaker”. brand new. Skype camera, logitek. Computer speakers. Thermos flask basket. good condition. Stinkwood chest (5) drawers. 110x65x50. Bedroom chest drawers (3).84x54x60. Phone 084 580 1298 Seslaai kiaathout lessenaar 137cmx76cm met uittrek amstutte R750. Skakel 028.273 8231 / 072 397 7081
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 21 JUNIE 2015 09:30 Kerkgebou Ds. Ben de Wet 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Nico Rabe KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
18 Junie 2015
1930’s tot 1970’s ? (vervolg van bl 23) Terugpraat was die grootste euwel en ons ouers het nie toegelaat dat ons kinders hulle met mooi woordjies kon manipuleer nie. Ouers was nog ouers en kinders was nog kinders, en kinders het gedoen wat vir hulle gesê is. Skoolsiekte was nie toegelaat nie, want ons ouers het geweet hoe om te cope met die daaglikse stres in hulle lewens. Al wanneer jy by die huis kon bly was wanneer jy halfdood was. Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie…… Skoolsertifikate is aan almal uitgegee wat nooit afwesig was gedurende die jaar nie en snaaks genoeg, ons almal het altyd een gekry. Elke oggend is met gebed en sang geopen en die oudste onnies het altyd die Bybelperiode aangebied. Seker omdat hulle die Bybel die beste geken het. Daardie generasie het van die beste risikovatters, problemoplossers en uitvinders OOIT geproduseer. Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe idees. Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het GELEER hoe om dit te hanteer. As jy een van hulle was…..
Baie geluk!!!
Bladsy 25
Overstrand Herald
18 Junie 2015
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
18 Junie 2015
Bladsy 27
Golf results
Ziron Stallenberg en Elvisia Wilskud
Kleinmond spelers in provinsiale span Golf results for Wednesday 10 June 2015 4BBB Stableford Winners: K. v d Merwe, H. Strydom 46 Points Second: T. Bruwer, H. van Zyl 45 Points Third: S. Augustyn, W. v Heerden 43 Points Friday 12 June 2015 Sundowner Winner: H. Strydom 25 Points Second: G. Bell 23 Points Third: M. Du Toit 23 Points
KLEINMOND – Twee speelsters van die Hangklip netbalklub is onderskeidelik in twee afsondelike Weskaap spanne opgeneem. Elvisia Wilskud en Ziron Stallenberg is die twee Kleinmonders wat tot die provnsiale spanne verkies is. Elvisia is by talle inwoners bekend as die jongste vriendelike toevoeging tot ons dorp se tak van die poskantoor. Sy is verkies tot die senior span. Ziron is verkies tot die o.21 span.
Die nasionale toernooi duur van 23-29 Augustus. Elke speler moet R8 000 bydra om die onkostes van die toer te dra. Die bestuur van die Hangklip netbalklub doen ‘n beroep op besighede en individue in die gemeenskap om asseblief ‘n bydrae te maak om die speelsters die geleentheid te gee om hul klub, dorp en provinsie te gaan verteenwoordig. Belangstellendes kan Elvisia by 0767800358 of Ziron by 0798242110 skakel.