Top munisipale amptenare het glo ‘lewenslange’ kontrakte “Overstrand municipality is in financial difficulty with serious consequences for ratepayers and businesses. We need to convert the apathy and fear factor among ratepayers into action. People fear that they are going to be targeted if they speak out against the municipality” – Piet Louw, Hermanus Chamber of Commerce
Kleinmonders is Sarie-tydskrif se glans bruidspaartjie vir 2013
Berig en foto’s binne
Gemeenskap maak stem dik
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 2
Top amptenare sit glo met ‘lewenslange’ kontrakte Gerard Grobler HERMANUS – Min mense weet dit, maar daar is glo reeds in 2010 kontrakte aangegaan met Overstrand munisipaliteit se top amptenare wat hulle hul poste waarborg tot en met aftrede op 65. Dit is een van die skokonthullings wat die Hermanus Sakekamer tydens ‘n aanbieding op dié kusdorp gemaak het. Verteenwoordigers van belastingbetalersverenigings van regoor die streek is na Disndagoggend se vergadering genooi. ‘n Konsultant van die sakekamer, mnr Piet Louw, het die aanbieding waargeneem en gesê die gewraakte kontrakte met senior munisipale amptenare is bekragtig tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 20 Desember 2010, kort voor Kersfees, terwyl die raad in werklikheid in reses was. Hy het gesê daar is toevallig by dieselfde vergadering vier jaar terug ook deur raadslede besluit
om vir hulself die maksimum toelaatbare verhoging toe te ken. Louw het gesê dié kontrakte met top-amptenare het ‘n reuse finansiële implikasie vir belastingbetalers op die langer termyn. Hy sê die munisipaliteit voer aan dat die kontrakte noodsaaklik is om skaars kundigheid te behou. Hy meen egter dit hou nie water nie, aangesien daar baie kundiges is wat graag in ons omgewing sou wou werk. In nog ‘n onthulling het Louw gesê ‘n onlangse opname het getoon dat Overstrand munisipaliteit se munisipale bestuurder, mnr Coenie Groenewald, met sy salaris van byna R1,7 miljoen die dertiende hoogs besoldigde munisipale bestuurder in die land is. Hy het gesê Groenewald se eweknie op Stellenbosch verdien R1,3 miljoen en daar, anders as in die Overstrand, sê hy, het senior (vervolg op bl 3)
Overstrand Herald (vervolg van bl 2) amptenare en raadslede besluit om nie vanjaar ‘n verhoging te neem nie. Louw het aangevoer dat munisipale salarisse in die Overstrand buite verhouding hoog is. Hy het gesê die basiese salaris in die toerisme bedryf ( die Overstrand se grootste werkverskaffer) is R32 313 per jaar terwyl die basiese salaris by die munisipaliteit R63 000 p.j. is. Voeg die byvoordele by en jy eindig by R90 000 per jaar, het hy gesê. Volgens Louw is al die senior munisipale amptenare en selfs baie middelvlak bestuurders in die klein groepie ( 2,4%) topverdieners in die Overstrand streek. Louw voer aan dat die munisipaliteit se totale salarisrekening jaarliks sedert 2009 met 14,6% gestyg het ( ‘n totaal van 88% oor die vyf jaar. In dieselfde tydperk het senior amptenare se salarisse met 76% of 12.3% per jaar geklim. Volgens Louw is die salarisse van senior amptenare egter net ‘n druppel in die emmer. “ Selfs al sou ons vandag hul (vervolg op bl 4)
19 Junie 2014
Bladsy 3
Mervyn Milner, Chairman of the Hermanus Chamber of Commerce ( right) and Piet Louw (centre in conversation with representatives of various local ratepayers associations during the briefing on Tuesday
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 4
Top amptenare sit glo met ‘lewenslange’ kontrakte (vervolg van bl 3) salarisse met 10% sny, sal dit wienig verskil ten opsigte van die begroting maak. Hy het gesê daar sal drasties ingegryp moet word om munisipale besteding in die geheel te besnoei of ons stuur op ‘n ramp af. Louw voer aan dat munisipale uitgawes sedert 2009 met 91% toegeneem het, terwyl inkomste met slegs 70% gestyg het. Hy het gesê die Overstrand het ‘n waterskeiding bereik ten opsigte van munisipale uitgawes aan die een kant en die vermoë van belastingbetalers om daarvoor te betaal aan die ander kant. “Belastingbetalers en sakeondernemings kan eenvoudig nie meer nie en baie ouer mense gebruik hul spaargeld om aan die lewe te bly”. Louw sê die Overstrand streek het meer inwoners bo die ouderdom van 65 (as deel van die totale bevolking) as enige ander munisipaliteit in die land. Verder verdien 48% van die streek se mense
minder as R5000 per maand. Hierbenewens is bykans 40% van jong mense tussen die ouderdom van 18 en 35 in die streek sonder werk. Dit is hierdie mense wat die munisipaliteit moet finansier en hulle kan nie meer nie, het hy gesê. Intussen het die munisipaliteit die bo-
perk vir lenings bereik, so hy kan ook nie meer geld leen nie. Trouens, die rente op die terugbetaling van lenings ten bedrae van sowat R400 miljoen maak nou ‘n beduidende deel van uitgawes uit, sê Louw. Hy voer aan die munisipaliteit het hoegenaamd nie tred
gehou met die ekonomiese omgewing rondom hom nie. “Terwyl die res van die land die afgelope paar jaar deur ‘n moeilike tyd is, was daar sedert 2009 weinig teken van werklike besparing aan die kant van die munisipaliteit. Terwyl (vervolg op bl 5)
Overstrand Herald (vervolg van bl 4) ons ons gordels stywer moes trek, het hulle losgemaak. Die munisipaliteit moes leierskap geneem en uitgawes ingekort het, maar hulle het nie. Publieke belang het plek gemaak vir eiebelang”, het hy gesê. Volgens Louw is daar ‘n gebrek aan finansiële bestuurskundigheid, veral ten opsigte van kontantvloei, by die Overstrand munisipaliteit. Hy het gesê daar is talle voorbeelde van waar die munisipaliteit kontantvloeiprobleme gehad en belastingbetalers hulle dan uit die sloot moes help. Ander aspekte wat Louw tydens sy aanbieding aangespreek het, was die kwessie van konsultante en uitgekontrakteerde werk deur die munisipaliteit. Hy het gesê in 2014 het dit R84miljoen beloop. ‘n Styging van 37% sedert 2009. Hy het gesê die munisipaliteit is glo besig met ‘n projek om Eskom kliënte oor te skakel na die munisipaliteit. Louw het mense aangeraai om hulle elektrisiteitsrekening te gebruik om self vas te stel wat hul nuwe tariewe gaan wees. Hy sê in sy geval gaan hy soveel as 65% meer vir sy krag by die munisipaliteit betaal. Die voorsitter van die Hermanus Sakekamer, mnr Mervyn Milner het by dieselfde vergadering gesê die munisipaliteit luister doodgewoon nie vir sy
19 Junie 2014 belastingbetalers nie. Hy het gesê die sakekamer het reeds drie of vier jaar gelede samesprekings met die munisipaliteit gevoer in ‘n poging om hulle te oorreed om ‘n nuwe koers in te slaan. Hulle is egter geïgnoreer, het hy gesê. “It appears that the municipality has led us down the garden path. The time has come for ratepayers to have a say. Ratepayers should stand up and be heard”. Verskeie verteenwoordigers van belastingbetalersverenigings waaronder dié van Bettysbaai en Pringlebaai was teenwoordig en het ook hul misnoeë met die munisipaliteit uitgespreek. Daar is na afloop van die vergadering besluit om ‘n oorhoofse komitee, bestaande uit verteenwoordigers van die onderskeie verenigings en die sakekamer, te vorm. Die gedagte is dan dat hierdie komitee belastingbetalers en besighede se griewe met die munisipaliteit sal opneem. Daar is selfs die moontlikheid genoem dat so ‘n oorhoofse organisasie onafhanklike kandidate kan benoem vir die volgende munisipale verkiesing in 2016. Red: Die Herald het bogenoemde berig Dinsdagmiddag billiksheids-halwe aan die munisipaliteit voorgelê vir kommentaar. Hulle het laat weet dat hulle op die vroegste aanstaande Woensdag sal kan repliek lewer.
Bladsy 5
English summary “Overstrand municipality is in financial difficulty with serious consequences for ratepayers and businesses. We need to convert the apathy and fear factor among ratepayers into action. People fear that they are going to be targeted if they speak out against the Municipality” – Piet Louw, Hermanus Chamber of Commerce * A consultant with the Hermanus Chamber of Commerce, Piet Louw, has evaluated the Overstrand municipality’s budgets since 2009 and have come to the conclusion that the municipality is in financial difficulty with possible serious consequences for ratepayers and businesses * He alleges that top officials have been offered “ lifetime” contracts until their retirement at 65. * Overstrand’s Municipal Manager is the 13th best paid municipal manager in the country * Louw says municipal salaries in general are way above the norm. Salaries have risen by 88% since 2009. The average basic salary in the Overstrand’s leading sector, tourism, is R32 313 per annum while the average basic salary at the municipality is R90 000 per
year ( benefits included) * Louw says that the Overstrand has reached a point where ratepayers cannot afford its municipality. 48% of residents earn less that R5000 per month. The municipality has more residents above the age of 65 ( as a percentage of the total population) than any other municipality in the country. Many of them have to dip into their savings to stay afloat. Then there is unemployment. Louw reckons about 40% of all Overstrand residents between the ages of 18 and 35 are jobless. These are the people that have to pick up the municipality’s tab and they can’t do it anymore * Louw says it is not only about salaries. It is about savings in general. While the municipality is good with getting their revenue in, they are not good at controlling spending. While everybody else had to tighthen their belt during the past few years, the municipality carried on as usual. The effect is that they have reached their borrowing limit and have cash flow problems, fromwhich ratepayers now have to bale them out.
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 6
Kleinmond se eie glanspaar!
Chris en Rachel Venter
KLEINMOND - Die Sarie tydskrif se Bruidspaar van 2013 kom hier uit ons eie dorp! Chris en Rachel Venter pryk vandeesweek in die jongste Sarie en welke pragtige paar het die twee nie gemaak nie! Baie inwoners ken Rachel wat haar salon in Tweedestraat bedryf. Verder kan mens nie anders om haar en Chris op te merk wanneer hulle iewers verskyn nie, want hulle is inderdaad mense wat aandag trek: afsonderlik en veral saam. Die twee het mekaar in 2007 op kollege ontmoet. Hulle is in Desember op een van Gary Player se plase in die Colesberg omgewing (waar Chris vandaan kom) getroud. Die hele huwelik en seremonie was nie die gewone nie, aangesien die meeste gaste op die plaas gebly en gekuier het. Die onthaal is
gehou in ‘n skuur wat al blykbaar afgebreek moes geword het. “Maar” sê Rachel, “ek hou daarvan om dinge bietjie anders te doen. Daarom het ek die vervalle skuur gekies.” Ma Loumarie van Wyk het gesorg vir die spyseniering en almal het gehelp met die optooi van die saal. Skoonpa het gesorg dat daar vir die okkasie toiletgeriewe gebou word naby die saal. Sarie en haar lesers en beoordelaars het ook gedink hierdie twee mooi mense is baie besonders en die nuus oor hul aanwysing het Rachel verlede Woensdagaand bereik. Meer foto’s en inligting word in Sarie se Septemberuitgawe bekend gemaak en daar is tans nog foto’s en inligting oor hul fenomenale pryse op die Sarie se web-blad.
Reënval: 152 mm vir Junie, nog op pad KLEINMOND – Die Overstrand het die afgelope maand ‘n hoë volume reënval ervaar en volgens kenners is dit nog lank nie verby nie. Volgens Vanya Jones, ‘n inwoner van Kleinmond wat haar eie weerstasie by die huis bedryf, het daar tot en met Maandag vandeesweek 152mm reën geval vir Junie maand. Jones se metings word elektronies gedoen en op haar webblad, Underground Weather, vertoon. Die hoeveelheid reënval tot dusver is maar net die punt van die ysberg en hierdie jaar kan ‘n natter reënseisoen as die rampspoedige seisoen van laasjaar wees. Die Herald het laasjaar November berig dat meer as 200mm reën binne ‘n kwessie van 48uur geval het. Dit het
gelei tot grootskaalse skade met paaie en huise wat weggespoel het. Volgens Jones kan sy nie ‘n konkrete voorspelling maak vir die res van die reënseisoen nie. “Ek kan nie rêrig voorspel wat die res van die seisoen in hou vir ons nie, omdat daar baie faktore is wat kan bydra, maar as ek so luister na ou Kleinmonders kan dit ‘n baie nat jaar vir ons wees.” Die weer sal more gedeeltelik bewolk wees en vir die naweek sal die son skyn. *Gaan besoek ons webtuiste by www. overstrandherald.co.za om die skakel te kry na Underground Weather. LET WEL: Die webtuistes is in werklike tyd (real time) wat beteken dat dit slegs die huidige weersomstandighede vertoon.
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 7
Overstrand Herald
19 Junie 2014
www.kleinmondonline.co.za
Bladsy 8
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 9
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 10
Jeugdiges marsjeer teen dwelmgebruik Jacques Myburgh KLEINMOND – Die gemeenskap van Proteadorp het op Jeugdag in getalle opgedaag om protes aan te teken teen dwelmgebruik onder die jeug. Sowat ‘n 100 inwoners waarvan die meeste kinders was, het opgedaag. Die verrigtinge het by Proteadorp gemeenskapsaal omstreeks 10:00 afgeskop in die vorm van ‘n informele kerkdiens waar daar gesing en gedans is om die gees aan te por. Verbygangers het uit nuuskierigheid kom inloer waaroor die harmonieuse gesange en bulderende dromme gaan. Vier voormalige gevangenis van die Prison Ministry in Mitchellsplein het vir die dag deurgekom om die jeug te vertel van hulle “nuwe geboorte” en verhouding met Christus. Geklee in hulle oranje gevangenisoorpakke en kettings om hulle enkels het hulle hulself voorgestel onder die titel “Broer” as Dawid, Nicholas, Paul en Pietersen. Almal van hulle het lang strawwe uitgedien vir onder meer moord. “Ek het drie lang strawwe uitgedien, maar die Here het met my kom praat en my kom los maak”, het Broer Paul gesê terwyl die gehoor gejuig en hande geklap het. Daarna het die groep onder leiding van Edmund Arendse - wat vir 20 jaar verslaaf was aan tik – en die Broers van Prison Ministry die strate ingevaar gewapen met plakkate wat gelees het, “Tik maak dood” en “Take drugs and die like a bug.” Arendse het met ‘n mikrofoon die groep aangepor om luidrugtig saam
te sing. Binne ‘n paar minute toe die groep aan die bopunt van Proteastraat was, was hulle ‘n goed geoliede masjien wat uit een mond “Drugs kill don’t fool yourself” en “No to drugs, yes to Jesus”, gedreunsing het. Sommige omstanders van huise waar die protesteerders verbygegaan het, het aangesluit by die groep. Elk van die broers van die Prison Ministry het ‘n kans gekry om oor die mikrofoon te praat en die inwoners van Proteadorp uit te nooi na die diens wat in die gemeenskapsaal plaasvind het. Soos wat die groep begin terugkeer het na die gemeenskapsaal het hulle eers in Nemesia laan gestop om eer te toon aan die kruis van Nigel April. April is sowat ‘n maand terug op verkiesingsdag, slegs ‘n dag voor sy 19de verjaarsdag vermoor. Hy is herhaaldelik met ‘n mes gesteek en in die oop stuk veld langs Nemesia Laan gelos vir dood. Drie verdagtes moet op 28 Julie in die hof op Caledon verskyn vir die moord op April. ‘n Jong meisie het by die kruis die dag opgedra aan hom. “Vandag is ‘n dag vir jong mense soos Nigel wat wreed van ons af weggeneem is deur die lewe, maar hy kan nou vir altyd troosting vind by God.” Die groep het daarna ‘n kers opgesteek ter nagedagtenis aan hom. Die groep het teruggekeer na die gemeenskapsaal vir ‘n getuienis geleentheid waar sop bedien is. Sowat ‘n 150 mense het die geleentheid na die optog bygewoon.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 11
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 12
Wanneer tik... tik...tik ontplof Ilna Grobler KLEINMOND - Volgende jaar is die Herald 20 jaar op Kleinmond. Gedurende daardie tyd het baie dinge baie positief ontwikkel. Wat egter klaarblyklik nog vinniger ontwikkel het met rampspoedige gevolge, is die invloed van tik op ons eens rustige omgewing. Eers was die grootste euwels kreefen perlemoensmokkel, met drankmisbruik oor naweke en mense wat dagga rook. Ander dwelms het per geleentheid waarskynlik tydens sosiale geleenthede ter sprake gekom. Dit was toe. Nou het die tiktsoenami ook vir Kleinmond bereik. En saam met hierdie dwelm het bendebedrywighede toegeneem. Daar is na bewering berugte smokkelaars op Hawston met filiale hier op ons dorp. Mense wat dink dat die probleem net die een is van die mense op die bult, sal weer moet dink. Huisbrake en inbrake en diefstalle vind plaas om tikgebruikers kontant in die hand te gee om te ruil vir die dwelm. Mense wat teen die heuwel bly, vertel van seuns en mans en meisies van alle kleure en gelowe wat by sogenaamde tikhuise stop om voorraad te kry. In Proteadorp word mense se klere van die draad afgesteel; van onderklere tot lakens. In die dorp verdwyn koperkrane in ‘n oogwink. Inwoners wat agterkom hul motorliggies word gebreek: Neem kennis, die gloeilampies word gebruik om tik mee te rook. Mense op die grond weet die gesteelde goedere gaan om die tikgewoonte te voer. Enigiets en alles word verkwansel wanneer hul geld opraak: van gesteelde goedere tot hul eie liggaam. Vir gesteelde goedere soos wasgoed en selfone, sê die mense, gaan hulle nie eens polisie toe nie, want “dit baat’ie”. Wat ook nie “baat’ie”. is vir familielede om met geweld teen die dwelmhuise op te tree.
Bo: Hierdie mesietjie hou een val vele posters vas wat te sien was tydens Maandag se optog teen dwelms. Onder: Die trompoppies van Proteadorp het tydens en na die optog gestap. Hier verskyn hulle met hul afrigter, Venia Lewis.
Daardie mense het “gewillige” slawe om hul vuilwerk te doen. Sogenaamde “tikkoppe” doen enigiets om ‘n “fix” te kry. Daarom is die gemeenskap se werkwyse die enigste wat ‘n moontlike kans op sukses het: om hul totale teenkanting en aversie van die pes van dwelms te wys. Soos ‘n evangelis eenmaal oor die radio gesê het.” Die enigste manier om vry te wees van dwelms is om nooit te begin nie”. Die gemeenskap spring nou in en wys waar hulle staan. Nou is dit die gereg wat sy kant moet bring. Tydens Maandag se optog gesels mense. Almal is reeds op die een of ander manier deur tik geraak: ‘n eie kind, familie, bure. Ek is vertel dat die eerste paar keer kan die tik dalk gratis wees, sommer vir die aardigheid. Kort voor lank, verkwansel ‘n tikgebruiker enigiets om tog net weer die “high” kry. Enigiemand is ‘n potensiële gebruiker: arm kinders; middelklas huisvroue wat gewig wil verloor en aan die gang wil bly; tieners wat in “daai” stadium is. Kinders (en studente) met sakgeld is ‘n gesogte prooi, want hulle is ‘n voortdurende bron van kontant om die produk te koop. (vervolg op bl 13)
Overstrand Herald (vervolg van bl 12) Die raarste van die hele proses is: Die groot base van smokkelhandel word in gerespekteerde kringe geag, want hulle lyk nie soos gomtorre nie. Hul kinders gaan na goeie skole en die wat nie weet waar hierdie welgestelde “sakemanne” se geld vandaan kom nie, beskou hulle as lekker kêrels. Wat hulle waarskynlik in beter sosiale geselskap is, want hulle is nie die mense wat hul hande vuil smeer met die “skuim” van die samelewing nie. En dan is die sogenaamde skuim die mense wie se lewe verwoes is deur die smokkelware. Metamfetamien word vandag saam met heroïen en “crack”kokaïen beskou as een van die mees verwoestende dwelmmiddels in omloop. Anders as kokaïen, wat die breinreseptore vinniger aantas en dus gouer verslawend is, word “kristalmet” geklassifiseer as ‘n positiewe versterker wat die gebruiker elke keer wat dit gebruik word, gelukkiger en meer energiek laat voel. Wanneer gebruik van die middel gestaak word, ervaar die gebruiker ‘n ernstige ineenstorting. Die “herbedrading” van die brein se beloningstelsel vestig ‘n obsessiewe denkpatroon, wat dit moeilik maak vir ‘n gebruiker om sonder professionele hulp dié dwelmgewoonte te staak. Die probleem is egter dat ‘n tekort aan fondse gelei het tot ‘n gebrek aan staatsgesubsidieerde rehabilitasieprogramme, terwyl die middel juis gewild is onder arm gemeenskappe waar daar groot werkloosheid heers.
19 Junie 2014 Dit kan in poeier- of kristalvorm voorkom en kan gerook, gesnuif, gedrink of ingespuit word. Wanneer dit binneaars ingespuit word, is die effek daarvan onmiddellik, terwyl die effek ‘n minuut of wat duur om in te skop wanneer dit gerook word. Dit neem ‘n paar minute langer wanner die dwelm gesnuif word. In Suid-Afrika word “kristalmet” meestal deur ‘n strooitjie gerook nadat die poeier in ‘n gloeilamp waarvan die metaaldraadjie verwyder is, verhit is. (Die middel word gewoonlik in strooitjies verkoop.) Gebruikers ervaar onmiddellik ‘n genotvolle gevoel wat ‘n paar sekondes kan duur, gevolg deur ‘n euforie wat ure kan aanhou. In hierdie toestand voel die gebruiker wakker en energiek en kan tot 18 uur lank sonder kos bly sonder om honger te voel. Die aangename gevoel word veroorsaak deur ‘n toename in dopamien, ‘n chemiese stof wat deur die brein afgeskei word. Die aangename gevoel word egter verplaas deur uiterste rusteloosheid, slapeloosheid en angstigheid wanneer die middel uitwerk en dit kan ure duur voordat die liggaam herstel het. Dit kan op sy beurt lei tot ‘n gevoel van uitputting en uiterste depressie, wat weer daartoe kan lei dat die gebruiker ander dwelms gebruik in ‘n poging om beter te voel. Baie verbruikers wend hulle na ‘n kombinasie van dagga en Mandrax, wat as “witpyp” bekend staan omdat die wit poeier soos ‘n pyp deur ‘n bottelnek gerook word. (Die inligting oor Metamfetamien is bekom van Wikipedia)
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 13
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
19 Junie 2014
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
video; ev. Winston Maritz vir sy klanktoerusting; elke lid van Healing and Revival Ministries vir hul hulp en bystand, die wetstoepassingsbeamptes en
Nog ‘n koppie?
Die tyd tik verby
genoeg was nie. Hoekom is die meeste mense so? Ons wil almal kaas en konfyt en polonie ook hê. Intussen, al sou ons kinders tevrede gewees het met brood en liefde, raak hulle gewoond aan koek en kaas en ‘n selfoon en video games om die afwesigheid van ‘n pa of ma te verbloem en die gemis te verdoof. Dikwels oorkompenseer moderne ouers, dink ek, om te probeer opmaak vir dit wat hulle dink hulle nie gehad het toe hulle kinders was nie. Ons stop ons kinders in met goeters om onsself beter te laat voel, want ons kan vir ons vriende vertel wat ons alles vir ons kinders gee. Wat die kinders dan dikwels aansienlik minder van kry, is ons aandag, want hulle word besig gehou deur tegnologie. En goeters. Later wanneer hulle ouer en ons oud, wonder ons waar ís ons kinders dan? Waarskynlik besig met goeters, want dan het hulle dalk nooit geleer om liefde te gee nie.
Briewe
Dankie vir die optog
Ek, as diaken van Healing and Revival Ministries, wil graag aan ‘n paar persone dankie sê na ons optog deur die gemeenskap Maandag. Eerstens aan ons Hemelse Vader vir die genade dat ons dit kon doen en vir
elke lid van die gemeenskap wat opgestaan en saam ge-”march” het. Nogmaals baie dankie. Edmund Arendse
Future borehole water
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Ja, ek is ook nou daar waar ek nie mooi kan glo nie dat my seun wat nou die dag nog klein en drukbaar was, nou yslik groot is. Indien jy gelukkig is, laat jou kinders hulle dit darem nog welgeval dat jy hulle af en toe mag druk, maar dis eerder die uitsondering as die reël. Wat my nou deesdae vang, is dat toe ek jonger en jonk was, ek so independent wou wees, dat ek nie sommer my pa en ma wou druk nie. Noudat hulle oud is, is ek so spyt oor my gewaande trots. Nou is hulle oud en broos en hoewel ek hulle nou so gereeld as wat ek kan drukkies gee, vergeet hulle dit, want hulle leef grootliks in die verlede. Nou dink ek so aan al die dinge waarmee ons ons tyd verspeel. Die meeste mense droom, klink dit my, daarvan om ryk te wees. Nie gelukkig nie, nie tevrede nie, ryk. In hul strewe daarheen, werk hulle dag en nag. Ons het ook hard moes werk om brood op die tafel te kry, maar wanneer die brood daar was, was dit asof dit nie meer
Bladsy 14
die lieflike dag wat hy gegee het. Dan aan my vrou, Denise Arendse vir haar ondersteuning en vir al die reëlings en raakvat tydens die geleentheid. Dan vir Daniël en Cherine Baartman vir bystand en die foto’s en
It is now over two years ago we contacted the Dept of Transport and Public Works concerning our Main Road. We also asked the people at Hermanus how they managed to have so many trees planted all over the town. The answer was” Because of the roadworks being done. Now that our Main Road has been so beautifully tarred by Public Works, can we expect our share
of trees as well and not only at the west end of Main Road? At the moment the Municipality has a bigger problem at hand with “gemors” water coming down the mountain. But, they said, in the next financial year, meaning this coming July, it will be attended to. We trust them. Residents’ bore hole water might be in danger during the coming summer. G. Klapwijk
Warm kindness The Management, Staff but especially the children of Heideland Pre-Primary in Proteadorp would like to thank the owner and staff of FOUNTAIN SQUARE RESTAURANT in Harbour Road. On Friday, 13 June 2014, these lovely people donated a big pot of nutritious soup and freshly
baked rolls to the crèche. This act of immense kindness was especially welcomed on such a cold and wintery day. May God bless and keep you and once again from the bottom of our hearts: THANK YOU VERY MUCH!!! Mary Malgas (Principal)
Child Welfare looking for SAFETY PARENTS KLEINMOND - The local branch of the Childwelfare Organisation is appealing to members of the community as they are in dire need of safety parents. These parents are requested to provide a loving and stable environment to a child in need for a specific period of time. Training will be provided free of charge to these parents and/or individuals in July 2014 by the Department of Social Development. Anyone
interested in helping our community in providing this essential service, please contact the office at 028 271 4044. Staff members are available more information regarding the issue. We want to thank you and the community for your ongoing support and would like to extend a hand for future networking. Esmien Van Zyl (Social Worker)
Ek soek na die bakkie Ek sal baie graag wil weet wie die persoon is wat op Woensdag 11 Junie om ongeveer 12:00 drie sakkies lemoene by die NG kerksaal in die kombuis vir
die Fynbos Dienssentrum kom aflewer het. Die persoon het met ‘n wit dubbelkajuit voertuig gery. Kontak my asb. Marietjie 028 271 4894/ 083 311 0369
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.
Die gras is nie net groen nie Ek merk in verlede week se Overstrand Herald op dat daar lesers is wat Australië toe trek. Noudat my voete weer stewig geplant is in die Beloofde Land, soos bevestig deur die kaptein van die vlug tussen Johannesburg en Kaapstad in sy aankondigings, moet ek julle meedeel dat hoewel die gras groener lyk, daar ook plaaslike owerhede is. Mislike paliteite, soos my skoonpa sê! Mense wie se missie dit is, soos wyle Norris Snyders dit gestel het, “to wipe them smiles off”! My studie van koerante in Perth het my weer eens onder die indruk gebring dat daar min indien enige ander instellings soos ‘n munisipaliteit is om mense om te krap. As dit nie vir ongewilde besluite en ander foute deur plaaslike owerhede nie, wonder ek of daar ooit ‘n koerant sou verkoop. Nie dat die Wes-Australiese buurtkoerante soos North Coast Times, North Coast Weekender, The Great Southern Weekender, Augusta Margaret River Mail en Sun City News – almal in volkleur-ponieformaat – verkoop word nie. Jy kry hulle gratis en party word selfs in die posbus by jou huis afgelewer. Selfs die koerante wat in die Herald se formaat is, word gratis aan die gemeenskap versprei. Die Stad Wanneroo se
hoofkoerant is die North Coast Times, terwyl die Weekender se fokus op die buurstad Joondalup val. Duidelik beskik Wanneroo oor ‘n departement vir openbare betrekkinge. Die hoofberig van die Times handel oor ‘n padbouprojek wat goed op dreef is en verbysterende statistieke word verskaf oor die materiaal wat verskuif is, materiaal wat aangery is vir opvulwerk en die duisende kubieke meter teer wat gebruik gaan word. Die projek van R55 miljoen, waarvan R9 miljoen reeds bestee is, gee elke dag werk vir 15 mense en die foto wys dat omtrent elkeen van hulle agter die stuur van ‘n stootskraper of laaigraaf sit. Die agterblad is deur die munisipaliteit gekoop en word as ‘n nuusbrief aangewend. Tussendeur kennisgewings oor boomplantdae en ‘n projek om familiegeskiedenisse op te teken, word ‘n derde van die blad deur die burgemeester gebruik om te motiveer hoekom dit belangrik was dat twee raadslede en die hoof uitvoerende beampte ‘n kongres van die Local Government Managers Australia in Melbourne (aan die anderkant van die vasteland) moes gaan bywoon. Nie net was baie van die referate van toepassing op die uitdaging om met ‘n beperkte (vervolg op bl 16)
Bladsy 15
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Potjiekos
www.overstrandherald.co.za
(vervolg van bl 15) begroting dienste aan ‘n vinnig groeiende gemeenskap te lewer nie, maar daar kon ook met ander munisipale leiers saamgespan word om druk op hoër owerhede te plaas om meer geld vir munisipale projekte beskikbaar te stel. Mense wat hul bedenkinge oor sulke blootstelling het, sal waarskynlik ook die eerstes wees om die raad te kritiseer as hy weens oningeligtheid swak besluite neem, sê die burgemeester. Ongelukkig lyk dit of die nuutverworwe kennis nie betyds gekom het om ‘n “goeie” besluit oor die vermindering van die spoedperk op een van die stad se hoofroetes te keer nie. ‘n Leser wys daarop dat tienduisende mense wat daagliks moet gaan werk, benadeel gaan word en die werklike oorsaak van die probleem nie aangespreek is nie. Volgens hom is die situasie veroorsaak deur ryk kerkskole wat nie die dravermoë van die buurt se paaie in ag geneem het toe hulle hul skole ongebreideld laat groei het nie. Ouers behoort die verantwoordelikheid te aanvaar om self hul kinders veilig by die skole te kry, skryf hy. Sy punt word nogal ondersteun in ‘n afsonderlike berig oor ‘n verkeersligstelsel wat teen ‘n koste van R5 miljoen by ‘n winkelsentrum opgerig word. Die Wes-Australiese Administrasietribunaal het in die geval ‘n presedent geskep deur te gelas dat die kitskosbedryf McDonalds ‘n bydrae van R500 000 tot die koste moet maak omdat ‘n nuwe tak van hom tot die toename in verkeer gelei het. Die Administrasietribunaal is nogal ‘n magtige instelling. Hy het ook gelas dat Stad Wanneroo ‘n voetbrug moet verlaag nadat inwoners se klagtes voor hom gebring is. Administratiewe wiele draai
Bladsy 16 maar stadig: die brug is reeds in 2009 opgerig en die Tribunaal se besluit is in 2012 geneem. Die geld vir die verandering (R2,5 miljoen) is eers nou op die begroting geplaas. Die belastingbetalersvereniging kan ook nie verstaan hoekom dit ‘n verdere twee maande gaan kos om dit brug laer te maak nie. Die eerste brug is sommer oornag opgerig, vertel die voorsitter. Wys maar net, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde! POTJIEKOSIDEE VAN DIE WEEK ‘n Leser stel voor dat ek by die avonturiers Riaan Manser en Vasti Geldenhuis ‘n potjiekosresep moet kry. Die paartjie het in ‘n kano van slegs 7 meter lank oor die Atlantiese Oseaan van Afrika tot in New York geroei. Iemand se kosmaakvernuf het gewerk want die tweetjies wil nou afhaak en rustig word. Laat asb van julle hoor of moet ons wag tot die boek verskyn. Ons is trots op julle! RED: Net ter inligting: Gratis en volkleur is goed en wel as jy nasionale adverteerders het. Die Herald het nie ‘n enkele nasionale adverteerder nie, maar maak staat op plaaslike besighede. Die hele stelsel rondom nasionale adverteerders word in werklikheid beheer en gestuur deur die groot koerantgroepe. Ons het doodgewoon nie toegang tot hulle nie, want ons kan nie voldoen aan al hul vereistes nie. Daarby wil die rolperse in die Kaap wil nie minder as 5000 koerante op ‘n slag druk nie. Dit neem hul perse 2000 of 3000 koerante net om behoorlik te registreer. Verder is die koste uitmergelend. Dit gaan jou nie minder as R25 000 per week kos om die Herald daar te druk nie. Dit is R100 000 tot R120 000 per maand net vir druk en dan het jy nog geen ander kostes soos salarisse, huur ens ens bygereken nie. Dit is nie haalbaar nie in ‘n klein gemeenskap soos ons s’n nie.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Misdaad: koper en inbrake bly ‘n probleem KLEINMOND – Koperdiefstal en huisbrake teister stééds die dorp met verskeie voorvalle wat die afgelope week plaasgevind het. Daar was laasweek ‘n voorval van huisbraak by Eugene Conradie waar selfone gesteel is terwyl hy en van sy vriende by die huis was. “Ek weet van ‘n paar mense wie se selfone en handsakke in Kleinmond gesteel is, terwyl mense in die nag geslaap het. Inbrekers raak al hoe meer vermetel en arrogant. Inbrake/diefstal raak kommerwekkend en wat word daaraan gedoen? Polisie vra net, ‘wil jy ‘n saak maak’?”, skryf ‘n Kleinmonder op Facebook. Vier huise in Geelhoutlaan in
Klein Berlyn het verlede week onder koperdiewe deurgeloop. “Daar was die afgelope naweek ‘n poging om my buurman s’n af te breek. Ek het myne vandag toegemessel. Dis geen waarborg teen diefstal nie, maar sal dit darem vir kriminele effens moeiliker maak om te steel”, skryf nog ‘n Kleinmonder, ook op Facebook. Meld misdaad aan op die Overstrand Herald se facebookblad of stuur ‘n e-pos. U kan ons ook bel. Op hierdie wyse kan ons ander mense bewus maak van wat in hul omgewing aangaan, aangesien die polisie feitlik geen meer inligting bekend maak nie.
Bladsy 17
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 18
Gabriella and Genius after their last event wet
Equestrian centre overstrand fun show LAMLOCH - On 14 June starting promptly at 08:00 the Equestrian Centre had their fun show. Riders were able to complete 7 out of our 9 classes before the rain brought a halt to the show. The organisers are very thankful toward all who participated as well to parents who were there to help and support their children even though the weather was inclement. Their next show will be on 12 and 13 July with loads of fun, pony rides and mouth watering catering (pancakes, soup, curry and rice, boerewors rolls, hamburgers etc). All will be welcome. The results of Saturday’s show are as follows: 1. Best Walk: 1st place – Genius ridden by Nina Visser. 2nd place – Red ridden by Josephine Starke, 3rd Place – Lady ridden by Gabriella Du Bois. 4th Place – Misty Cove ridden by Calista Janke, 5th Place – Fred ridden by Sophie Malachowski 2. Best Trot: 1st place – Red ridden by Josephine Starke, 2nd place – Pedro ridden by Zenika Matthee, 3rd Place – Lady ridden by Gabriella Du Bois, 4th Place – Genius ridden by Nina Visser. 5th Place – Misty Cove ridden by Calista Janke, 6th Place – Fred ridden by Sophie Malachowski 3. Performance riding: Test 1 -
1st – Lady ridden by Gabriella Du Bois, 2nd – Misty Cove ridden by Rigaard La Grange, 3rd – Fred ridden by Zenika Matthee, 4th – Genius ridden by Nina Visser 4. Show Jumping: Class 1 Height 30-40cm clear rounds were: Rigaard La Grange riding Misty Cove, Gabriella Du Bois riding Genius, Kayla Fryer riding Lady, Keelan Nel riding Alcalde Class 2 – 50cm clear rounds were: Rigaard La Grange riding Misty Cove, Gabriella Du Bois riding Genius, Kayla Fryer riding Lady. Keelan Nel riding Alcalde Class 3 – 60cm clear round were: Niketa Roxburg Riding Waca Runner, Keelan Nel riding Alcalde, Rigaard La Grange riding Misty Cove. Robyn Helmbold riding Iron Pasha., Monique Starke riding Lucy, Gabriella Du Bois riding Genius Class 4 60cm Competition In this event the riders must get a clear round then they go into a jump off on time 1st place went to Niketa Roxburg riding Waca Runner, 2nd place went to Monique Starke riding Lucy, 3rd place went to Keelan Nel riding Alcalde, 4th place went to Robyn Helmbold riding Iron Pasha, 5th place went to Rigaard La Grange riding Misty Cove having 4 faults in the first round
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 19
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 20
The Cat’s Whiskers, KAWS second hand shop, expands On Friday 6 June, the Cat’s Whiskers opened its new wing, a second hand bookand art shop. The opening was attended by some Volunteers and Committee members. On top of the new bookshop, the shop itself was renovated. The Cat’s Whiskers is open on Friday afternoons and Saturday morning – please come and visit! You might find a nice book to read in this cold weather or a nice big coffee mug for a nice mug of hot chocolate!
The shop depends on donations from the community, al those ‘white elephants’ in your cupboard may just end up being something special in somebody else’s cupboard! Donations to the shop can be done anytime during office hours from Monday to Saturday. For those of you with My School Cards, KAWS is now a beneficiary as well. You can also vote for KAWS on www.charitysa.co.za You can contact us on kaws. media1@gmail.com
Overstrand Herald
Kom na die KARNAVAL! Hanneke Lordan en Francois Marais, onderskeidelik hoof meisie en hoofseun van Laerskool Kleinmond, nooi namens die skool alle lede van die gemeenskap om Saterdag die skool se Karnaval te kom bywoon!
19 Junie 2014
Bladsy 21
Overstrand Herald
19 Junie 2014
DAGBOEK
20 & 21 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdag-oggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249.
Bladsy 22
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. 20 Junie: Ons wil graag ‘n ondersteuningsgroep vir mense wat worstel met Depressie, Spanning of soortgelyk begin. Kom drink ‘n tee by Fynbos Seniorsentrum, N G Kerksaal om 10:00. Vir meer inligting kontak Corrie 028 271 3865 / 084 877 5356 20 June: We would like to start a support group for people struggling with Depression, Stress or similar problems. Join us for a cup of tea at Fynbos Senior Centre, D R Church Hall at 10:00. For more information contact Corrie 028 271 3865 / 084 877 5356 21 Junie: Laerskool Kleinmond hou Karnaval! Heerlike koeke, terte, poedings, pannekoek en middagetes beskikbaar. Kindertafel, speletjies, snoepwinkel, plaasstal en rustige teetuin en potjiekos rond die dag af! Kom geniet die dag saam met ons kinders by Laerskool Kleinmond. 22 Junie: om 10H00 (Sangdiens) tree die Gospel groep op in die VGK Kleinmond 24 Junie: Byeenkoms Kleinmond Kiekie Klub. Tema: Deel van die geheel/ Part of the whole. * Slegs ‘n gedeelte van ‘n voorwerp moet in die beeld vertoon maar dit moet steeds duidelik wees wat die voorwerp is. Dink aan ‘n gedeelte van ‘n boot of net die oog van ‘n mens of dier. Daar is baie moontlikhede. Aanbieding: Kobie Coetzee, Hulle verblyf in Suid Korea. 25 Junie: Tweedehandse klereverkoping by NG Kerksaal in Eerstelaan vanaf 8:00 – 11:00 26 June: Friends of the Hangklip Library. Theme: “ ART of WALKING – Alexander Technique presented by Marguerite van der Merwe. Path to Health, correct postural, mobility & walking patterns. Time: 10:30. Venue: Betty`s Bay Library/Bettysbaai Biblioteek 30 Junie: Kleinmond Leeskring vergader om 15:00 in die Biblioteek. Too much happiness deur Alice Munro word deur Margie Wilson,Annette vd Heever en Tess Bruwer bespreek. Almal is baie welkom. Skakel Saryna van As by 082 378 0057 01 – 05 Julie: Fynbos Wintermark N G Kerksaal. 01 – 05 July: Fynbos Winter Market 29 Augustus: VGK Kleinmond, Debutante Bal, kaartjies verkrygbaar @ R50pp by Ouderling Maria Hoffman – 072 766 7561 / Ouderling Sophie August – 078 429 9615
WANTED/ GESOEK Bottelproppies en -doppies van plastiek koeldrank- en melkbottels. Ook enige hersirkuleerbare rolle of papier vir gebruik by Anima Sentrum vir Gestremdes. Bring na Herald kantoor. Wanted: Your secondhand clothes, shoes and bric & brac for kaws shop. 2de-handse embuia meubels om te koop en herstel. Skakel 082 469 0300 Monica is looking for cleaning work. Phone 076 305 6842 Ons Greenwing Macaw het uit sy hok ontsnap. Omgewing van De Draay. Beloning. Skakel 078 346 1947. Victoria is looking for any domestic work any day of the week. Phone 072 531 9523. 2nd Hand electrical lawn mower. Medium size, +- 1800KW with extention cord for cash buyer. Phone 028 271 4145. Precious is looking for domestic work. Available Tuesday, Thursday, Saturday & Sunday. Phone 071 782 9849. Small realiable bakkie up to R35 000 required. Phone 028 271 4145. Tabeth want to do work as a house-cleaner. Monday - Friday. Phone 074 061 6912. Pensioner requires hearing-aid. If anyone can help please phone 028 271 4927 / 071 871 8420
10 Julie: Kleinmond Seniorklub. Beetle drive. Baie pryse (Tweede Donderdag van Julie) by die Kerksaal.
FOR SALE/ TE KOOP BOSCH 4-BURNER GAS STOVE for sale. Stainless-steel finish. Almost new. 2-year repair guarantee, proof of purchase provided. Retail price R7500, asking R4500. Betty’s Bay. Phone 0823256671.
7 Augustus: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se maandelikse bestuursvergadering in die Biblioteeksaal om 18:00.Almal welkom.
Mellerware Executive Trento Expresso Maker. R300.00. Phone 0837872211
www.overstrandherald.co.za
New washing line rotary type. 4-arm 3m dia. 30m line. Completely galvanized. Phone 082 459 3907.
Overstrand Herald
BUKSIES
19 Junie 2014
One single garage door in good condition. Price negotiable. Phone 060 300 0840. Tafel (verstelbaar) vir 8 sitplekke (embuia) Baie goeie toestand. Maak ‘n aanbod. Skakel 079 162 3548. “Moonboot” medium grootte (6-8). Min gedra. Mooi toestand R800. Skakel 028 271 3044 / 072 450 2287. Lexmark kleurdrukker in goeie toestand. R100. Skakel 072 463 9567. Emuia koffietafel, solied, puik toestand R400. Oefengewiggies 2kg R100. Spieëlkas groot spieël en 4 laaie R500. Skakel 084 583 7104. Outboard engin 15 hp Yamaha. Zodiac boot 3.8 + trailor. Bad met wasbak en krane (ligbruin, goeie toestand) Skakel 082 863 4000.
Kommentaar op Overstrand Herald se Facebook-blad Western Scrooby: Wow! Dankie vir die foto - die mond wat oopspoel op Kleinmond Marietjie Du Plessis: Baie dankie. Ek bly in Engeland en lees gereeld die Herald. Kan nie wag om volgende jaar Augustus weer in Betties Baai te kuier nie! Delene Nel: Is dit nou nie ‘n groot lekkerte om die Herald in Amerika te kan lees nie!’ Elza De Klerk: Dankie dat ek Overstrand Herald kan lees hier in Noordwes. Ansie Breytenbach: (Aan die Herald) Ons as die ouers van Dylan Breytenbach wat op Sondag, 8 Junie by ‘n restaurant by die hawe oorlede is, wil graag sy vriende, die mediese nooddienste, brandweer en die polisie bedank vir hul optrede en hantering van die situasie daardie oggend. Dit was ‘n traumatiese gebeurtenis vir almal teenwoordig en ons wil nie vinger wys nie. Weereens dankie aan al die betrokkenes. Naomi van der Kolf: Baie dankie!! Maar ek sal jul met graagte nog steeds ondersteun met ‘n R6.50, net nou mis ek uit op daai winskopies in Buksies. Daleen de Beer: Ek is van Mpumalanga maar ek geniet ook al die foto’s veral die see foto’s!!
Bladsy 23
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 24
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950
NG KERK: 22 JUNIE 2014 09:30 Kerkgebou Ds. Ben de Wet 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum Ds. Nico Rabe KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30: Oggenddiens Ds Ferdie Postma Geen aanddiens LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier
Overstrand Herald
19 Junie 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 25
Overstrand Herald
19 Junie 2014
Bladsy 26
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
19 Junie 2014
www.overstrandherald.co.za www.kleinmondonline.co.za
Bladsy 27
www.overstrandherald.co.za