Die strandmeer moet oop – maar volgens die reëls
90 jaar oud!
Nuwe puntestelsel vir plaaslike tenders
Minste reën in jare KANSA vereer Kleinmonders Dié foto is in Junie 2012 by Laerskool Kleinmond geneem tydens ‘n basaar en het lank op die Overstrand Herald se webtuiste gepronk. Dit is so ‘n lekker gemeensame foto en tekenend van die belangrike rol wat die laerskool in ons samelewing speel. As Herald-span hoop ons julle gaan van krag tot krag!
Kleinmond Laerskool Blood Pressure kit Blood Pressure monitor
Blood sugar: Acc-chek performa Nebuliser Ecocare kit Intens Care: Ultrasonic Humidifier
Over Hills moenie hul hand oorspeel nie
R280.00 R450.00
Germkill: Automatic Dispenser R244.00 R469.90 R600.00
Instant Hand Sanitizer 1lt
R500.00 R133.90
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Kleinmond Animal Clinic Phone no: 028 271 4183 Emergency no: 083 440 5191 Trading Hours: Weekdays: 08:00 - 18:00 Saturdays: 09:00 - 13:00 Consultations by appointment
Stockist of:
Services available: General Health Care Micro chipping Grooming Puppy Classes Name tags
Bladsy 2
Minste reën in jare
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 3
Gerard Grobler KLEINMOND – Ons weet dat daar talle mense in ons omgewing is wat die reënval noukeurig meet en aanteken. Toe ons dus vroeër vandeesweek op ons FB-blad vra na reënvalsyfers het ons sommer lekker reaksie gekry. Dries Nel van Klein Berlyn is ‘n gesoute reënvalwaarnemer. Hy doen dit al van 2005 af. Volgens sy metings in Swartrivierweg het ons tot aan die einde van September vanjaar 553.5mm reën op Kleinmond gehad. Onthou nou die bietjies van Oktobermaand moet nog bykom. Dries sit hulle eers aan die einde van elke maand by. So kom ons skat die werklike syfer op tussen 560 en 570mm vir die jaar sover. As dit die geval is, en die patroon bly konstant, gaan vanjaar se reënval die laagste in jare wees, in elk geval sedert 2005 toe Dries begin meet het. So lyk sy syfers: 2005 – 1072.5mm 2008 – 1003.5mm 2011 – 683.5mm 2015 – 1030mm
2006 – 926mm 2009 – 868mm 2012 – 929.75mm 2016 – 803.5mm
2007 – 1299mm 2010 – 767mm 2014 – 1158.5mm 2017 – 553.5mm
Die jare van goeie reën was natuurlik 2007 en 2014. Die maer jare was vanjaar (tensy dit ewe skielik vir dae aaneen begin reën) en 2011/2010. Maar kyk nou hoe verskil die reënvalpatrone binne ons streek hier langs die kus af. Jaap van Deventer van Bettysbaai (hy woon digby die Harold Porter) het in 2015 1009mm gemeet, min of meer wat in Klein Berlyn geval het. Maar in 2016 meet hy ‘n allemintige 1347.5mm, meer as wat Dries in al die jare sedert 2005 gemeet het. Jaap het tot dusver vandeesmaand 900mm gemeet, aansienlik meer as op Kleinmond. As ons ‘n bietjie verder af met die kus langs beweeg kry ons vir Dirk Uys, een van die landgoedbestuurders daar by Arabella. Hy meet al van 2002 af. So lyk sy syfers: Hy het vir die jaar tot aan die einde van September maar 427.5mm gemeet, heelwat minder as in Kleinmond en Bettysbaai. 2002 – 706mm 2005 – 879.5mm 2009 – 825mm 2012 – 874.5mm 2015 – 647.5mm
2003 – 533.5mm 2007 – 1034.5mm 2010 – 694.5mm 2013 – 1013.5mm 2016 – 597.5mm
2004 – 666.5mm 2008 – 968mm 2011 - 623mm 2014 – 825mm
Uit Dirk se syfers sien ons dat 2003 ook ‘n swaartrek jaar was. Hulle het in 2016 ook nie veel beter gevaar nie. Vanjaar is egter weer die uitskieter. – die laagste reënval in baie jare.
Leiers van die Over Hills gemeenskap tydens die onlangse geweld. In die middel met die bril is Ayanda Tyulu.
Munisipaliteit gaan weer kyk na tenders Gerard Grobler KLEINMOND – Die Overstrand munisipaliteit ondersoek die moontlikheid om ‘n nuwe puntestelsel te implementeer as dit kom by plaaslike tenders. Die munisipale bestuurder, mnr Coenie Groenewald het verlede Donderdag tydens ‘n vergadering met verteenwoordigers van die Over Hills gemeenskap in die biblioteeksaal gesê daar word tans gekyk na ‘n stelsel waar plaaslike tenderaars bevoordeel sal word bo dié van buite. Die onlangse toekenning van ‘n skoonmaaktender vir Over Hills aan ‘n sakevrou van Hermanus het tot grootskaalse geweld op die dorp gelei. Donderdag se vergadering is belê deur kerkleiers na ongelukkigheid in Over Hills oor terugvoer vanaf die provinsiale minister van finansies, mnr Ivan Meyer. Die minister het tydens ‘n vergadering in September belowe om die prosedure vir die toekenning van die omstrede tender te hersien en terugvoer aan die gemeenskap te gee binne 15 dae. Hy het onderneem
om dit self te doen of ‘n afgevaardigde te stuur. Terugvoer is wel aan die einde van September gegee by wyse van ‘n brief. In die brief bevestig die provinsiale tesourie dat die korrekte prosedure wel gevolg is deur die munisipaliteit. Die Over Hills komitee was egter nie tevrede met die brief nie, en wou met die minister self praat. Soos gemeenskapsleier Ayanda Tyulu dit gestel het: “You can’t ask questions from a letter.” Tyulu het gesê daar is ooreengekom tydens die vorige vergadering dat die minister self sou kom terugvoer gee en dat dit is wat die gemeenskap wil hê. ‘n Vergadering is toe belê met die minister deur Dr Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis. Hanekom besit eiendom op die dorp en het ‘n 40 jaar lange verbintenis met Kleinmond. Hy is nou betrokke by konflikbeslegting op talle dorpe in die provinsie. By die vergadering het Meyer bevestig dat die munisipaliteit wel die korrekte Vervolg op bl. 4
Protecting our community since 1998 Office: (028) 271 4637 Betty’s Bay: (028) 272 9110 Fax: (028) 271 4179 Cell: 082 410 7845 / 082 940 9113 Email: kleinmondsafe@overberg.co.za
Trust is earned
Dr. Audrey Zietsman General Practitioner
21
MBBCH (Wits) Mp0698393 / Pr0664405 Kleinmond practice: 08:45 - 12:30 Monday to Friday, 09:00 - 12:00 Saturdays Pringle Bay practice: 13:30 - 16:30 Monday to Friday
Offices: Kleinmond - 028 271 5321 Pringle Bay - 028 273 8069 - Emergencies: 060 490 0874 Cell: 071 687 3825 draudreyzietsman@gmail.com www.draudreyzietsman.com
084 577 2926
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 4
Munisipaliteit gaan weer kyk na tenders Vervolg van bl.3 prosedure met die toekenning van die tender gevolg het. Hy het toegegee dat dit nie ‘n oplossing vir die probleem bied nie, en het daarom ook die munisipaliteit gevra om weer na hul prosedures vir die toeken van tenders te kyk. Dit is op hierdie punt dat munisipale bestuurder, mnr Coenie Groenewald gesê het dat hul reeds regsadvies inwin oor die voorgestelde nuwe puntestelsel. Die minister gaan ook ‘n span na die dorp stuur om plaaslike sakemense op die nasionale databasis vir tenders te registreer en sodoende meer geleenthede vir plaaslike entrepeneurs te skep. Die Over Hills leiers was nie heeltemal gelukkig met die antwoord wat hulle gekry het nie. “It is clear that the tender will stay with that sissie (businesswoman for Hermanus that got the tender). We want the municipality to pay the lady so she can go.” (Die munisipale bestuurder het reeds by ‘n vorige vergadering aangedui dat dit ‘n geldige tender is en nie sondermeer omgekeer kan word nie. Die tenderwaarde is meer as R3m en sou die munisipaliteit haar betaal sonder dat die werk gedoen word, sou dit ‘n vrugtelose uitgawe wees). Die gemeenskapsleiers het toe aangedui dat hulle die saak met Over Hills se inwoners sou bespreek. Hulle het beklemtoon dat hulle nie kan waarborg dat die gemeenskap dit sou aanvaar dat die tender moet voortgaan nie. (Red: lees – daar is reeds besluit sy gaan nie weer haar voete in Over Hills sit nie) Minister Meyer het van sy kant beklemtoon dat daar iets geleer moet word uit die krisis op Kleinmond en dat sulke situasies in die toekoms vermy moet word. Die munisipaliteit moet dus sy verkrygingsbeleid aanpas, het hy gesê. Die munisipale bestuurder het hierop gesê dat die grondwet bepaal dat tenders vir almal toeganklik moet wees. Hulle ondersoek egter ‘n nuwe puntestelsel en wag op regsadvies. Sou hulle ‘n positiewe antwoord kry kan die nuwe beleid reeds vroeg in die nuwe jaar geïmplementeer word, het hy gesê. Die gesprek het intussen weer teruggekeer na die suksesvolle tenderaar. Daar is daarop gewys dat hoewel die tender aan iemand in Hermanus toegeken
is, die tender bepaal dat al die werkers wat gebruik word van Kleinmond moet wees. Weer het Ayanda Tyulu gesê die gemeenskap plaas druk op hulle om die tender teen te staan. “The people can do the work, but not the lady”. (Red: Over Hills se mense is nog heeltyd deeglik bewus van die bepalings van die tender – dit gaan uiteindelik maar oor die geld – sien redaksioneel) Na die tenderkwessie, wat deur Tyulu as die “critical issue” beskryf is, afgehandel is, het die gesprek aan beweeg na ander sake wat die gemeenskap raak. Tyulu het gesê hulle verstaan dat hulle minstens 5 jaar sal moet wag vir nuwe behuising. Hy het verwys na ander ander sake soos die valhek by die hawe, die ligte tussen Over Hills en Riemvasmaak, die begraafplaas en die kwessie van ‘n hoërskool op die dorp. “We must come together and challenge the department of education. People must realize that when we toy-toy, it is also affecting them,” het hy gesê. Oor die kwessie van die begraafplaas het die munisipale bestuurder gesê daar sal eers studies gedoen moet word. Groenewald het gesê daar is nie tans geskikte grond vir ’n begraafplaas in Kleinmond nie. Daar sal grond gekoop of onteien moet word vir dié doel. Hy het gesê hulle sal moet kyk of hulle in die aanvullende begroting in Februarie geld kan vind om ‘n konsultant aan te stel om die saak te ondersoek. Een van die Over Hills afgevaardigdes, me Bebe, het gesê die begraafplaas is ‘n teer saak vir die gemeenskap. Sy het gesê haar seun is in koma na hy deur ‘n kar in Hoofweg raakgery is. Wat staan haar te doen sou hy sterf?, wou sy weet. Daar is toe deur die gesprekleier, dr Hanekom gevra dat daar gekyk word na ‘n kort- en langtermyn oplossing. Raadslid Fanie Krige het gesê die hele kwessie van ‘n begraafplaas is ‘n staande item op sy wykskomitee se agenda. Tyulu, is volgens hom, ook nou deel van dié komitee. Krige het gesê hulle kyk tans na grond reg langs die bestaande begraafplaas, maar ook na nuwe tegnologie wat ingespan kan word. Een van die Over Hills afgevaardigdes, Willie August het gesê daar word al van 2002 beloof dat iets aan die saak gedoen gaan word, maar niks gebeur nie. Hy wou weet hoekom daar nie na Bettysbaai
gekyk word as oplossing nie. Hy het gesê dit is al bespreek, maar dat ‘n sekere deel van die gemeenskap (witmense) daarteen gekant is omdat hulle hul geliefdes eerder laat veras. Munisipale bestuurder, Coenie Groenewald het gesê dat daar planne is om ‘n streeks begraafplaas by Karwyderskraal in te rig. Daar is reeds ‘n bedrag geld beskikbaar gestel in die bestaande begroting om te begin met die ontwikkeling van dié begraafplaas. Die Wes-Kaapse kommisaris vir menseregte, mnr Chris Nissen, wat intussen by die vergadering aangesluit het, wou toe weet of daar ‘n openbare deelname proses ten opsigte van die streekbegraafplaas gevolg is. Hy het gesê die kwessie van ‘n begraafplaas is belangrik en daarom behoort daar ‘n beleidsverskuiwing by die munisipaliteit plaas te vind. “Kleinmond needs a graveyard here, they do not want a central graveyard.” Raadslid Krige het toe mense gevra om met wykskomitees saam te werk om hul doelwitte te bereik. Volgens hom is wykskomitees die kragtigste instrument wat inwoners het om verandering te bring. Die twee wykskomitees op die dorp werk nou ook nouer saam en woon mekaar
se vergaderings by, het raadslid Grant Cohen gesê. Die volgende kwessie was die van ‘n hoërskool. Dr Hanekom het gesê daar is ‘n groot behoefte aan ‘n hoërskool is en dat hy en die areabestuurder, mnr Desmond Lakey die saak persoonlik met die department van onderwys sal opneem. Daar is intussen besluit dat die valhek by die hawe nie weer aangebring sal word nie. Wat betref die ligte in die strook veld tussen Riemvasmaak en Over Hills was daar die afgelope Maandag ‘n besoek deur munisipale beamptes en raadslede aan die gebied. Volgens die munisipale bestuurder is daar wel besware teen die beoogde ligte, maar dat die meeste mense klaarblyklik ten gunste daarvan is. Hy het gesê hulle sal kyk na opsies soos om die ligte verder van die huise aan te bring. Hanekom het die vergadering afgesluit deur te sê Kleinmond is uiteindelik een gemeenskap. Hy het gesê hy het onlangs ‘n vergadering bygewoon aan die taxi staanplek kant van die dorp en was geskok om te sien hoe dit daar lyk. Hoe is dit moontlik dat die eenkant van die dorp (die hoofstrand-kant) mooi en netjies is en die anderkant (die taxi-staanplek se kant) so haglik lyk, wou hy weet.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 5
Redaksioneel-Over Hills moenie sy hand oorspeel nie Verlede Donderdag se vergadering tussen munisipale rolspelers en die Over Hills gemeenskap was die eerste werklik produktiewe vergadering sedert die onlangse geweld. Vir die eerste keer het dit voorgekom asof die munisipaliteit werklik luister na die Over Hills gemeenskap. Daar was ‘n gees van samewerking. Dit is positief en daar behoort voortgebou te word hierop. Hoekom kan daar nie vir die volgende paar maande een keer per maand so ‘n vergadering tussen die besluitnemers en gemeenskap wees nie? Intussen het die raadslede en hul wykskomitees ook wakker geskrik en werk nouer saam. Ek dink nie hulle hou baie van die idee van ‘n oorkoepelende gemeenskapsforum wat hulle uiteindelik kan vervang nie, vandaar die skielike vlugvoetigheid.Intussen het die werklike oorsaak van die onlangse geweld ook meer duidelik begin word. Dit was nie deel van ‘n grandiose plan om die Wes-Kaap te destabiliseer nie. Daar was ook nie militêre beplanning agter alles nie, ons het bloot Over Hills se mense onderskat. Hulle kom van oral oor en baie van hulle ken en verstaan politieke geweld beter as wat ons dink. Dit het uiteindelik gegaan oor geld. Ja geld. Die belangrikste oorsaak van die geweld was die toekenning van die tender aan ‘n sakevrou op Hermanus. Die res van die lys eise was in werklikheid net bykosse. Die voorsitter van Over Hills se komitee, Christian Msheqo was een van die tenderaars. Hy was onsuksesvol want sy aansoek het tegnies gesproke nie die hele proses deurloop nie, Hy was in elk geval duurder as die suksesvolle tenderaar. Voeg hierdie teleurstelling (volgens hulle eintlik ‘n klap in die gesig) by ‘n gemeenskap wat in haglike omstandighede woon, ‘n hoë werkloosheidsyfer en ‘n algemene gebrek aan hoop, en jy het ‘n resep vir geweld, soos op feitlik elke ander dorp in ons land. Het gemeenskapsleiers deur hul optrede tot die geweld aanleiding gegee? Ja, ek dink so, maar dit het gou ‘n monster met baie koppe geword waaroor hulle by tye geen meer beheer gehad het nie. Dit klink op die oog af na die verkeerdste ding denkbaar. Hoe kan ‘n leier as gevolg van die feit dat hy nie ‘n tender gekry het nie, sy mense aanmoedig
tot geweld? Probeer dit sien uit hulle oogpunt. Iemand van Over Hills sê nou die dag: Toe die geld min was, het hulle die werk vir ons gegee. Nou dat dit baie geld is, gee hulle dit vir Hermanus. Ons praat van meer as R3m en die status om werk te kan uitdeel aan jou patronate. Die tender word deur hierdie gemeenskap gesien as lewensveranderend. Dit plaas jou op ‘n ander baan. Een van die werkers wat voorheen by die tender betrokke was, het nou sy eie taxi-besigheid. Dit het sy lewe verander. Hulle voel werklik die tender, of minstens deel daarvan, moes na iemand in Kleinmond se kant gekom het. Dit regverdig allermins die geweld en skade, maar ek dink dit is wat gebeur het. Die volgende vraag is natuurlik wat gebeur as die nie die gemeenskapsleier nie, maar iemand anders is wat volgende keer tender kry? Wat gaan dan gebeur? Gaan die “iemand anders” se huis afgebrand word? Is tenders net beskore vir leiers? Ons het nog ‘n lang pad voor ons in hierdie land. Die probleem is vererger deur ‘n onbeholpe burgemeester en munisipaliteit wat die situasie vinniger moes opsom en probeer ontlont het, maar nou ja, dit is gedane sake. Politieke geweld is ‘n tweesnydende swaard. Over Hills het dit reggekry om die dorp tot stilstand te ruk en mense se lewens te ontwrig. Op die oomblik is hulle die “celebrities”. Almal wil met hulle praat en die vrede bewaar. Hulle bepaal op die oomblik tot ‘n groot mate die politieke agenda op die dorp. Dit gaan egter nie vir altyd voortduur nie en hulle moet waak daarteen om nie hul hand te oorspeel nie. Politieke onderhandeling gaan oor gee en neem. Jy kan nie heeltyd vat nie, mense gaan vir jou dik raak. Hulle het reeds elke denkbare skokkende ding gedoen wat hulle kon. Winkels geplunder, klippe van die berg af gegooi, die berg aan die brand gesteek, erwe uitgemeet, joernaliste aangeval, noem dit. Mense is wonderbaarlik aanpasbaar. Nou weet ons wat om te verwag volgende keer. Die dae van optogte dorp toe, sonder toestemming, is hopelik verby en volgende keer sal al die besighede nie sluit as daar in Over Hills klip gegooi word nie. Die rol van die polisie na die geweld moet ook meer aandag
geniet. Hier behoort die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ‘n groter rol te speel. Die GPF verteenwoordig die gemeenskap, hulle is nie nog ‘n arm van die polisie nie. Hulle behoort vrae te vra oor die arrestasies na die geweld. In Coligny in Noordwes, waar die dorp ‘n tyd gelede feitlik verwoes is, is 16 mense vir openbare geweld in hegtenis geneem. Die afgelope naweek is berig dat nie ‘n enkele een van hulle vervolg gaan word nie. Hoe is dit moontlik? Dit het ‘n politieke spel geword. As die polisie getuienis het dat
iemand tydens die geweld ‘n ernstige misdaad gepleeg het, moet die vraag gevra word hoekom hulle nie vervolg word nie? Wie het daardie besluit geneem en hoekom? Intussen moet daar ook vrae gevra word oor die leierskap in Over Hills. Praat hulle werklik namens die meerderheid in die gemeenskap? Moet hierdie vergaderings met Over Hills se mense nie dalk in die toekoms in die openbaar en in Over Hills gehou word nie? Dan kry mense die inligting eerstehands en kan die boodskap nie verdraai word nie.redakteur@overstrandherald.co.za
Nuwe taxi-staanplek? KLEINMOND – Gerugte oor die ontwikkeling van ‘n nuwe taxi-staanplek het onlangs die rondte hier begin doen. By navraag het area-bestuurder, mnr Desmond Lakey gesê die nuwe taxi staanplek is tans slegs in ‘n bespekingsfase. Hy het gesê verskeie opsies word ondersoek, waaronder digby Siyabulela (die skooltjie langs Hoofweg en naby waar Over Hills gewoonlik hul gemeenskapsvergaderings
hou). “Geen besluit rakende die ligging is egter nog geneem nie. Verskeie formele aansoeke sal gedoen moet word, waarvan dié in terme van ons stadsbeplanning en eiendomsadministrasie beleidsraamwerke van die belangrikste sal wees. Daar sal ook ‘n omvattende publieke deelname proses moet plaasvind alvorens die spesifieke ligging gefinaliseer kan word, “ het Lakey gesê.
Kleinmond main beach
SPECIALS
Bottomless Filter coffee with Breakfast Monday– Friday
WAITRON POSITION 6 MONTH CONTRACT
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 6
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 7
Kleinmond/ Betty’s Bay/Pringle Bay/Rooi Els
Fine & Country Betty’s Bay 43 Pearl Drive Betty’s Bay, 7141 bettysbay@fineandcountry.com
028 271 3238
LE TE SONDA MA
Hein Brand Property Consultant (MBA)
LE TE SONDA MA
LE TE SONDA MA
+27 (0)84 229 4681 hein.b@fineandcountry.com
www.overstrandherald.co.za
Anmar Marais 082 563 9910
Anmar Marais 082 563 9910
Kleinmond
Anmar Marais 082 563 9910
Web Ref:CWSC-2471
R1 800 000
Bedrooms: 4 | Baths: 3 | Garages: 1
PALMIET
This home is ideal for grandparents living with u. The house has 2 bedrooms, 2 bathrooms, lounge and kitchen. Spacious braai room that separate the flat from the main house. The flat with own entrance consist of 2 bedroom, bathroom and lounge. Single auto garage and private sunny garden.
R1320 000
Kleinmond
Web Ref:CWSC-2439
R1 200 000
Bedrooms: 2| Baths: 1| Garages: 1
This is a 2 bedroom cottage with Oregon pine floors, 1 bathroom, open plan kitchen, lounge and outside entertainment area with braai and pizza oven. Outside bedroom with en-suite bathroom and single garage!
Kleinmond Bedrooms: 3 | Baths: 1 | Garages: 1
Web Ref:CWSC-2522
R1 495 000
This lovely cottage consist of open plan kitchen with laundry, dining room, lounge with fireplace and sun room. Both the sun room and lounge has lovely views of the fynbos garden. Lovely outside entertainment area under the trees. Single garage and 2 store rooms. One is ideal to for your trailer. Walking distance to golf course.
LE TE SONDA MA
LE TE SONDA MA
LE TE SONDA MA
Anmar Marais 082 563 9910
Anmar Marais 082 563 9910
Agter: Trudie van der Westhuizen, Elnette du Toit Voor: Corrie Botes
Pasiëntesorg verder raakgesien Two bedroom house with separate flatlet in Palmiet! Three bedroom house in quiet and safe area of Palmiet. Open plan kitchen/ Lounge. Well equipped kitchen with fridge and washing machine, good quality cupboard and working space, stove (oven and hob). Fenced garden with two entrances - one bedroom and bathroom can be closed off as a separate flatlet. Bigger than normal single garage with carport. Outside shower with warm and cold water. Fruit-trees in the backyard. Sewage is a french drain. Permanent home.
VIEW AT www.meridianrealty.co.za under RL3174. Contact Chris@ 0837441499.
Kleinmond Pasiëntesorg het weer oudergewoonte stil-stil hul ding gedoen. Almal wat met hulle saamwerk is terdeë bewus van hul groot werk wat hulle met soveel toewyding in die stilligheid doen. Nou is hul liefdesdiens wyer raakgesien. Barbara Williams, streeksbestuurder, het onlangs by ‘n byeenkomsvan die KANSA Suidelike Besigheidseenheid se Jaarvergadering, erkenning gegee aan personeel en vrywilligers van ons span. Hulle sluit in die maatskaplike werker, Elnette du Toit, by die Sorgsentrum in Hermanus wat verantwoordelik is vir die koördinering van dienste in die Overberg. Elnette is vereer met n toekenning vir haar rol in die vestiging van kwaliteit dienste en ondersteuningstrukture in verskeie dorpe in die Overberg. Corrie Botes, van Kleinmond, is in Johannesburg vereer as die algehele nasionale wenner van
die Marietta Loots Toekenning, die toekenning vir die vrywilliger wat uitstaande diens lewer op verskillende terreine. Trudie van der Westhuizen, ook van Kleinmond, is vereer met die meriete toekenning vir 2017 vir haar bydrae as vrywilliger in die Suidelike Besigheidseenheid. Corrie en Trudie is onderskeidelik 22 en 24 jaar betrokke by die emosionele ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul gesinne en ook by voorkomingsprogramme en fondswerwingsprojekte. Hierdie twee toegewyde vrywilligers se insette dra by tot die kwaliteit diens aan die gemeenskap. KANSA is baie dankbaar vir dames soos dié se bydrae in die geveg teen kanker! Soos vorige jare neem hulle weer die voortou en is hulle span vir volgende jaar se 10de KANSA Relay for Life Overstrand 2018 reeds ingeskryf.
ON SHOW
Anmar Marais 082 563 9910
Anmar Marais 082 563 9910
Kleinmond
Web Ref:CWSC-2563
R2 095 000
Bedrooms: 3| Baths: 2 | Garages:1
The units consist of 3 Bedrooms, 2 bathrooms, 1 en suite, open plan fully fitted granite kitchen, dining room and lounge with double doors open out to patio with mountain view. Choice of own floor covering within the budget. Single garage with 1 x carport. Double glazed imported pvc windows and doors.
LE TE SONDA MA
Steeped in history and in a quiet cul-de-sac near Harold Porter The olde-world charm of a large entrance, kitchen and living area, together with 4 spacious bedrooms, cannot go unnoticed. There is a self-contained flatlet with its own private entrance. The 'stand alone' studio can easily be used for just that or has the potential to be a 'granny flatlet/teenage pad'.
Phone Kobus at
062 702 1120 084 844 6050 brandcontractors@gmail.com
Suzanne Beukes 074 944 5534
Bedrooms:3| Baths: 2| Garages: 2
NEW RELEASE 2/3 bedroomed north-facing double storey; mes n general bathroom; +-250 to path leading to Main Beach.
SOLE
Suzanne Beukes 074 944 5534
Web Ref:CWSC-1818
Web Ref:CWSC-2754
R1 970 000
Spacious low maintenance family home with distant sea views ceiling fans, trellidoors, stained glass front door and in Pringle Bay. This house is a entertainers dream with all the more.Huge study area leading to sunny bright kitchen / TV bedrooms downstairs and the upper floor is one big living area area with Godin / dining area with sliding doors to semi roofed with a built in braai and kitchen that opens up on to a lovely patio / garden. Sleeping quarters are completely separate from semi- covered patio. Downstairs consists of 4 bedrooms each living area. Home from home, retiring or foot in the door with a en suite bathroom. Step inside and be amazed, you will simply move in and make your mark! not be disappointed.
Saturday 12 2pm Saturday 12 -- 2pm Suzanne Beukes 074 944 5534
Suzanne Beukes 074 944 5534
Web Ref:CWSC-2678
R1 640 000 Pringle Bay
North facing family home with immaculate mountain views in Pringle Bay. This property consists of a spacious open plan kitchen, lounge and dining area with a lovely fireplace. 3 Bedrooms with a extra large double garage. The enclosed veranda overlooking the beautiful smallholdings. There is proposed building plans to extend this newly renovated home into a lovely double storey house. Do not miss out on this investment opportunity.
R1 475 000
Bedrooms: 2| Baths: 2| Garages: 1
Sunday Sunday22- -4:30pm 4:30pm
Betty’s Bay
ON SHOW
INDUSTRIAL, COMMERCIAL AND DOMESTIC ELECTRICAL
07 09 2017
LE TE SONDA MA
Betty’s Bay
Bay 2| Baths: 2| Garages: 1 R1 700 000 Pringle R2 500 000 Bedrooms: Bedrooms: 4| Baths: 4| Garages: 0 Tastefully finished home with granite kitchen counter tops,
Web Ref:CWSC-1098
Bedrooms: 4| Baths:2| Garages: 1
Pringle Bay
R3 250 000
Bedrooms: 3| Baths: 2| Garages: 2
Karon Scholefield 082 322 6722
Karon Scholefield 082 322 6722
BRAND ELECTRICAL
For new installations, maintenance, certificates of compliance (c.o.c) and electrical emergencies!
Web Ref: CWSC-2606
Christmas 2017 can still be spent in your own Beach House. Just metres from Main Beach, this 3 bedroomed 2.5 bathroomed home with 1 bed flat is calling all beach babes, sunlovers, fishermen and surfer dudes . Wake to the crashing of the waves and seas gulls calling. Double garage for Dad and kids' toys. Don't delay .............
ON SHOW
Betty’s Bay
Karon Scholefield 082 322 6722
Karon Scholefield 082 322 6722
Betty’s Bay
Sunday 22 - 4:30pm Sunday - 4:30pm
Anmar Marais 082 563 9910
Bedrooms:3| Baths: 2| Garages: 2
Web Ref:CWSC-2558
R1 300 000
North facing face brick family home with immaculate views of the Kogelberg mountain range. Spacious open plan kitchen, dining area and lounge with built in braai. The main bedroom has its own private lounge with a distanced sea view.
WWW.CHASEVERITT.CO.ZA WWW.CHASEVERITT.CO.ZA
Pringle Bay
Bedrooms: 3| Baths:2 |
R1 980 000
NEW RELEASE Brand new family home. 3 Bedrooms, 2 bathrooms. Spacious double volume open plan kitchen and lounge opening up onto a covered patio. Ready to move in.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 8
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 9
Afriforum wil misdaad hok slaan Elmarie van Dalen Projek Nehemia is ʼn strategie om alle vennote in die veiligheidsektor saam te snoer en saam te beplan om uiteindelik ʼn oorhoofse strategie te bepaal om misdaad in die Overstrand te bekamp. Leiers van die gemeenskap en plaaslike owerheid, wat verskeie belangegroepe verteenwoordig, het onlangs in die Overstrand vergader. Die dryfveer was eenvoudig, naamlik, om ‘n gesamentlike oplossing te kry vir die bekamping van misdaad in die omgewing. Die werksessie is gereël deur AfriForum Overstrand en gefasiliteer deur genl maj Roland de Vries, oud adjunk hoof van die SA Leër. Die doel van die byeenkoms was om ‘n praktiese werkswyse daar te stel vir die vestiging van ‘n werkbare veiligheidstruktuur en stelsel vir die gemeenskap van Overstrand. Die voorgestelde werkswyse het ondermeer die daarstelling van ‘n omvattende gemeenskapsveiligheidsplan in vooruitsig gestel, wat so spoedig
moontlik geïmplementeer sal word. Die vestiging van die beoogde veiligheidstelsel vir die Overstrand moet insgelyks kan dien as vergelykbare studie vir die stelselmatige vestiging van soortgelyke stelsels elders in Suid Afrika. Daar is eenparig besluit om te begin met die vestiging van ‘n gesamentlikeoperasie-sentrum vir die gemeenskap van Overstrand. Laasgenoemde sentrum moet kan dien as ‘n groei kern vir die vestiging van ‘n volwaardige veiligheidstruktuur en stelsel vir die Overstrand. Sodanige plaaslike veiligheidstelsels moet oor die verloop van tyd geïntegreer kan word met soortgelyke ander veiligheidstelsels landswyd. Ons moet relevant informasie kan deel en benut, om goeie besluitneming te doen en doelgerigte optredes te rig. Daar is terselfdertyd saam met lede van SACan en Strattech gekyk na tegnologie, wat as magsvermenigvuldigers kan dien in die beplanning en
uitvoering van pro-aktiewe oplossings deur die gemeenskap teen misdaad. Die bereiking van bepaalde doelwitte is in vooruitsig gestel, naamlik: •Om ‘n veiligheidstruktuur en stelsel vir die gemeenskap van die Overstrand daar te stel, wat doeltreffend tot die bekamping van misdaad in die omgewing sal bydra. •Om alle relevante gemeenskapsleiers en belangegroepe by die bekamping van geweldsmisdaad in die Overstrand te betrek •Om so spoedig moontlik ‘n gesamentlike-operasie-sentrum (GOS) te vestig, wat as nodale punt kan dien vir die beplanning en uitvoering van ‘n geïntegreerde gemeenskapsveiligheidsplan vir die Overstrand. •Om ‘n geïntegreerde gemeenskapsveiligheidsplan vir die Overstrand daar te stel, wat kan dien as basis vir die vestiging van die beoogde ge-
meenskapsveiligheidstelsel. Na afloop van die baie suksesvolle werksessie, is ʼn bestuursgroep saamgestel wat verantwoordelik sal wees vir die ontwikkeling en fasilitering van die beplanningsproses. Deur uitdagings daadwerklik aan te spreek, neem gewone mense beheer van hulle situasie en word hoop gevestig. Die ondertoon van Projek Nehemia is om hoop en vertroue in Geloof te skep! Die werksessie is bygewoon deur besluitnemers uit verskeie industrieë in die Overstrand, oa die direkteur beskermingsdienste met al sy hoofde, senior SAPD bevelvoerders, GPF bestuur, buurtwag voorsitters, sekuriteits maatskappye en nood mediese dienste. AfriForum Overstrand Tak hou ‘n Algemene Vergadering in KLEINMOND om hierdie Projek bekend te stel: 26 Oktober 2017 om 18h00 in die Kleinmond Munisipale dorpsaal.. Almal is welkom.
ON SHOW
Ref# KN1297790
Ref# KN1319796
Kleinmond / R1.25 million
Ref# KN1341977
Kleinmond / R1.495 million
Kleinmond / R2.29 million
Bedrooms 2 / Bathrooms 1.5 / Garages 2 Bedrooms 4 / Bathrooms 3 Bedrooms 5 / Bathrooms 2 / Garages 1 Low maintenance with lovely atmosphere. An ideal Centrally situated close to amenities. Spacious with Historic family home within walking distance to the holiday or retirement home. gorgeous mountain views. main beach and sea front. SOLE MANDATE
Ref# KN1101559
NEW RELEASE
Ref# KN1303089
Ref# KN1333612
Kleinmond / R1.45 million
Kleinmond / R2.95 million
Kleinmond / R5.36 million
Bedrooms 3 / Bathrooms 2 / Garages 1 Well situated, well priced home in sea avenues, walking distance to the seafront with views.
Bedrooms 5 / Bathrooms 5 / Garages 2 Excellent position close to the main beach for memorable family holidays or granny living in.
Bedrooms 5 / Bathrooms 5.5 / Garages 2 Breath-taking views. Includes open-plan living, splash pool and covered braai area.
SOLE MANDATE
SOLE MANDATE
Ref# KN1330487
Ref# KN1334526
NEW RELEASE
Ref# KN1340696
Pringle Bay / R775 000
Pringle Bay / R1.64 million
Spacious stand with sea & mountain views. This large 1328m² north west facing stand is perfect for either a holiday house or permanent home.
Spectacular, elevated, north-facing. This large elevated stand extends up the mountain to the World Wildlife Fund Reserve. Beautiful sea and mountain views over Pringle Bay Village.
Ref# KN1321538
Betty’s Bay / R2.4 million
Betty’s Bay / R3.95 million
Bedroom 3 / Bathroom 2.5 / Garage 1 Beautiful double storey home set in a quiet cul-de-sac.
Bedroom 5 / Bathroom 4.5 / Garage 2 Dual living family home in sought after Bass Lake area.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 10
Strandmeer moet oop - maar volgens die reëls
Hermie van der Merwe Die strandmeer by Kleinmond, wat deel vorm van die groot Bot/Klein Vleiland, is een van die belangrikste bates van Kleinmond. Die strandmeer is vir inwoners van Kleinmond, toeriste, vakansiegangers en natuurliefhebbers ʼn groot aantrekkingskrag. Die strandmeer, of beter bekend as die Lagoon, was in die verlede ʼn wonderlike en veilige speel- en swemplek vir kinders. Hierdie situasie het egter verander. Die mond na die see gaan baie selde oop en dele van die strandmeer word ingeneem deur riete, deesdae selfs aan die seekant van die voetbrug na die see. Die vermoede bestaan dat die water in die strandmeer nie skoon is nie. Omdat die mond deur ʼn groot sandbank deur die see toegespoel is, vloei water nie meer uit in die see nie en kan seewater nie meer in die strandmeer invloei nie en is daar dus nie meer die natuurlike proses waardeur die strandmeer van onsuiwerhede en skadelike stowwe skoongemaak word nie. Daar is verskillende teorieë waarom die mond nie meer oopspoel nie, maar dit is ʼn onderwerp vir ʼn ander geleentheid.
Vergeefse pogings is aangewend om toestemming van owerheidsweë te kry om die mond oop te maak. Briewe wat tot op provinsiale vlak aan owerhede gerig is, is nie beantwoord nie. Kleinmonders het vertoë gerig dat die riete onder beheer gebring moet word, maar ook dit het tot debatte gelei wat uiteindelik op min uitgeloop het, behalwe dat dele van die riete op strategiese plekke gesnoei is en maar net weer uitgegroei en verder versprei het. Op 7 Augustus 2017 het raadslid Grant Cohen ʼn vergadering met mnr. Pierre de Villiers van CapeNature gereël waar ʼn aantal belanghebbendes die kwessie van die strandmeer bespreek het. Die Herald het volledig oor dié vergadering berig. By dié vergadering is ek as skakelpersoon aangewys is en het ek die wykskomitee (Wyk 9) versoek dat ek ‘n komitee saamstel om die hele kwessie van die strandmeer by Kleinmond met die toepaslike instansies en persone te hanteer. Die komitee is saamgestel en is bekend as die Kleinmond Strandmeer Komitee (KSK).
Vakansie en Permanente Huurhuise gesoek Skoonmaakdienste beskikbaar
Dit kom voor dat Kleinmond in die verlede nie altyd uit een mond gepraat het wanneer dit by die sake rakende die strandmeer kom nie en met die KSK het ons gehoop Kleinmond se verenigde stem te laat hoor. Voorts het ons nie ‘n verteenwoordiger by BREF (Bot River Estuary Forum) gehad wat Kleinmond se belange verteenwoordig het nie – die wykskomitee (Wyk 9) se verteenwoordiger het enkele maande gelede begin om die BREF-vergaderings by te woon. Eintlik was dit voorheen net die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging wat ‘n verteenwoordiger daar gehad het en wie se verteenwoordiger, Paul Coetzee, uitstekende insette lewer. Die BREF is die wetlike forum waardeur insette gelewer en aanbevelings gemaak moet word ten opsigte van die hele vleiland. Met die KSK vertrou ons dat ons direk by BREF, of via die wykskomitee, by die BREF en owerheidsinstansies insette kan lewer wat die gevoel van die meerderheid mense in Kleinmond verteenwoordig. Ons moet deeglik kennis neem dat daar verskil van mening oor die oopmaak van die Mond en
die beheer van die riete is – daar is bv. mense wat, met rede, gekant is teen die oopmaak van die Mond en die verwydering van die riete. Die KSK is op uitnodiging saamgestel uit verskillende rolspelers uit die gemeenskap, nl. die Wykskomitee (Hermie van der Merwe), Belastingbetalersvereniging (Jan Willem van Staden), Straatwag (Hugo Krijnauw), Kleinmond Natuurbewaringsvereniging (Paul Coetzee), Sakesektor (Schalk Boonzaaier), Voëlklub (Justin van den Hoven), raadslid Cohen, mnr. Lakey (Overstrand Munisipaliteit) en Tarron Dry (Overstrand Munisipaliteit). CapeNature is versoek om ook ‘n verteenwoordiger aan te wys, maar het dit nog nie gedoen nie. Die komitee het reeds twee maal vergader, maar weens omstandighede kon die volle komitee nog nie vergader nie. Die komitee het ook besluit dat die boere aan die oewer van die strandmeer tussen Kleinmond en Rooisand betrek sal word. Hulle sal eersdaags genader word. Waar nodig sal kundiges genader en betrek word. Die KSK het voorlopig vier prioriteite betreffende die Kleinmond Strandmeer
Nog nuwe somervoorraad uitgepak! More exciting summer stock arrived!
Overstrand Herald geïdentifiseer, nl.: 1. Bekamping van besoedeling van die strandmeer. 2. Oopmaak van die mond 3. Hantering van die rietprobleem 4. Moontlike spoedige inskakeling by RAMSAR ‘n Baie belangrike feit wat almal in gedagte moet hou, is dat ons wetlik verplig word om enige aksies wat die strandmeer raak binne die raamwerk van die Estaurine Management Plan (EMP) moet kan regverdig. Kleinmond se strandmeer vorm deel van die groot Bot / Klein vleiland. Die nuutste konsep EMP is in November 2016 vrygestel. Die proses vir die toets van die water om die werklike verteenwoordigende gehalte van die water te bepaal, is reeds aan die gang. Die wykskomitee en die KSK is ontevrede met die huidige toets van die strandmeer se watergehalte. Daar word tans slegs een watermonster getrek vir ontleding. Die KSK het 4 verskillende plekke geïdentifiseer waar ons versoek dat watermonsters geneem word vir ontleding en wat ‘n meer akkurate en verteenwoordigende lesing
19 Oktober 2017 sal gee van die gehalte van die water in die Strandmeer. Dit is vir die KSK, en ek glo vir alle Kleinmonders, belangrik dat die strandmeer se water geen gesondheidsrisiko vir mense inhou nie. Die oopmaak van die mond, al is dit vir ‘n kort tydperk, is belangrik, onder andere om die onsuiwerhede in die water uit te laat en om te sorg dat seewater in die strandmeer invloei wat belangrik is vir die visse wat in die rivier broei. Voorts dam die water in die strandmeer só hoog op dat die water in die stormwaterslote wat in die strandmeer uitmond opdam en, behalwe vir ‘n gevolglike gesondheidsrisiko, ook voetpaaie oorstroom (bv. die duikweg onderdeur die hoofpad by die rolbalbaan). Water stoot op plekke oor die oewer tot in die dagkampeerareas. Op hierdie stadium wil ons nie ‘n debat open oor die redes waarom die mond nie op ‘n natuurlike wyse oopgaan nie, maar konsentreer ons liewer daarop dat die mond wel oopgemaak moet word. Dit is egter geen vanselfsprekende gegewe dat die Mond wel oopgemaak
sal word nie. Daar moet volgens die wetlike voorskrifte aansoek gedoen word daarvoor. Daar is toenemende gerugte dat inwoners self die Mond sal oopgrawe. Al is dit onskuldig bedoel, kan sodanige opmerkings die onderhandelingsproses om die Mond oop te maak groot skade berokken. Wat die KSK betref, sal enige aksie om die Mond oop te maak binne die toepaslike wetgewing en regulasies onderhandel en deur die toepaslike owerheid uitgevoer word. Die beheer van die riete sal meer aandag kry wanneer die eerste twee prioriteite afgehandel is aangesien die gehalte van die water en die invloei van seewater ‘n groot invloed op die groei van die riete het. Die riete is ‘n probleem waaroor daar verskil van mening is. Voorts is die riete ‘n belangrike filter en blyplek vir ‘n verskeidenheid voëls en kleiner diere. Dit is duidelik dat daar geen manier of regverdiging is om die riete geheel en al uit te roei nie. Wat wel waar is, is dat die riete onder beheer gekry sal moet word en dat die riete wat aan die seekant van die voetbrug
Bladsy 11 by die parkie uitgeroei sal moet word. Op 25 Oktober 2017 is daar ‘n vergadering waar die “Mouth Management Plans” van verskillende vleilande bespreek sal word en waar hopelik meer inligting bekom sal word oor die moontlike oopmaak van die Mond, asook die beheer oor die vleilande, insluitende ons eie Strandmeer. Die KSK hoop en vertrou dat ons meer sukses sal behaal as wat tot dusver met die kwessies rakende die Kleinmond strandmeer behaal kon word. Niemand kan waarborg dat alles wat ons verlang, verkry sal word nie. Daar sal vir seker ook nie oornag wonderwerke verwag kan word nie – dit het die verlede ons reeds geleer. Voorts sal ook nie aan elke individu se wenslys vir die strandmeer voldoen kan word nie – daarvoor is daar te veel verskillende menings en verwagtinge. Die KSK sal te gelegenertyd, wanneer meer inligting beskikbaar is, ook meer dikwels met die pers, as uiters belangrike vennoot, praat en op dié manier Kleinmonders op hoogte van sake hou.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 12
Semi-finalists for Hangklip/ Kleinmond got Talent! The judges at this year’s Hangklip/ Kleinmond Got Talent competition will have an unenviable job on Saturday evening. And once the semis are over, their job on 4 November will be even harder. Here are the names of the Semi-finalists who will appear in the Town Hall on Saturday. The finals will be held on 4 November in the hall of the Dutch Reformed Church in 1st Avenue on 4 November. Colin and Kingdom Vibration Colin and Team Dancing Divas Die Wolwe Flow Drop Jordan
Kleinmond Kingdom Vibration Choir Leandro & Sipathise Overdose Valencia Xander Zuko
1 June—31 Aug 2017 114 x 14 –10% = R1436.40
Die Hangklip-Kleinmond Besigheids Forum vergader Maandag 23 Oktober in die stadsaal om 18h30 en alle besighede in Kleinmond, Bettiesbaai, Pringlebaai en Rooi Els word genooi. Die verkiesing van ‘n bestuur sal plaasvind om die loodskomitee te vervang of aan te vul.
Enige navrae kan gerig word aan Kobus le Roux by Kleinmond Apteek HANGKLIP – KLEINMOND BUSINESS FORUM STATEMENT OF INTENT The Hangklip-Kleinmond Business Forum will be an independent, non-political, subscription-based association, dedicated to promoting a business-friendly environment in the Hangklip - Kleinmond Area. The forum is open to members from every sector of the economy, from the independent entrepreneur to small and medium enterprises. Our aim is to become a key player in society to: o Form an unified business voice representing the HangklipKleinmond Area, o Promote enterprise development, o Skills development training in particular to business relevant to our area such as tourism, hospitality, fisheries etc. o Offer business advisory services, networking events etc. o Promote unity and integration within the business community
Kontak ons vir alle huisverbeterings & kombuisinstallasies Huisverbeteringsprojekte Verf (Binne & Buite) Houtvloere Dakke Eco Rubber Waterdigting Projekbestuur Rekenaarontwerp, -uitlegte en installering van ingeboude kaste vir kombuise en slaapkamers
Ferdi Krige 082 377 4912 fpk@telkmomsa.net www.perfectkitchensolutions.co.za
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 13
Semi-finalists for Hangklip/ Kleinmond got Talent!
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 14
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 15
Physiotherapist comes up with brilliant idea to base camp. Very tired, but ecstatically excited and grateful. On Monday 2 October, it was THE big challenge! After parking the car at Witsieshoek Parking area, we looked skyward and face this ultimate challenge. The mammoth Sentinel Peak (SP), sandstone pillar rising vertical upwards, with its head in the sky and dwarfed us like ants. Humbly I prayed for grace and protection. The ascend around SP, to the top, was treacherous and difficult. Loose stones, narrow ledges on the edge of cliffs, absent eroded ledges, where I had to cling to the rock face like a gecko, climbing and scrambling over massive, slippery rocks and then the Chain Ladders of thirty meters.( see picture) Reaching the top, the victory was sublime and unforgettable! Victory as a total Blind, to climb
BISTRO 365
PRINGLE BAY
PRESENTS / BIED AAN
LADIES TEA 2017
Die Perfekte Jy 2 NOVEMBER 9 for 9h30
WITH GUEST SPEAKERS
CARINDE
music & motivional speaker
ALETTÉ WINCKLER
She
knew that she was formed by
God’s
image consulting & stylist
MARINDA speaker
hands dreamed up in his heart and placed in this world for a
In this imperfect world we live in, I belief my purpose in life is to inspire and give others hope. Hope to live a full life, with or without a perfect body.My sincere thanks to almighty God, my faithful wife and supporting family and friends for their help and support.
TE HUUR
Purpose
Tickets R50pp Contact Reneé on 079 508 4119 / 028 273 8931 Email renee@bistro365.co.za
this three thousand meter high mountain to the top and look down at the Amphitheatr e. As we stood at the edge of the Tugela base, looking down and absorbing the atmosphere, I felt victorious, but very humble. Everyone might criticize me and the dear people who support me in my quests, as being irresponsible. My answer to this is: in order to live a life of victory, you need three important things: independence, worthiness and purpose.
Herman Jordaan. My quest started when I asked myself the following questions: Do you really appreciate and enjoy the spectacularly beautiful creation of God, here in the magnificent splendour of the Kogel biosphere and do you use your blindness as an excuse not to appreciate and enjoy this paradise? Sadly I had to answer YES to both. It was then that I made a conscious choice to change this Blindness problem, to a challenge. A challenge to hike as a blind, and enjoy and appreciate this beautiful country of South Africa. I designed and constructed the ‘Tandem Hiker’ (TH). Like sighted people, the TH, enabled me as a blind to hike safely and experience the splendour of creation. On 30 September, my wife Susan, and I together with her brother and other friends, departed to Mahai Campsite, in the Drakensberg, where we stayed for a week. On arrival, we went up to the Cascades, in the Mahai river, which was an easy walk, just to wet our appetite. The variation of the abundant bird sounds frequently rose above the tranquil cobbling of water. The first real challenge and trial with the ‘TH’, came the next day. My wife, Susan, was willing to lead me. She met all the criteria for leading our TH team: fitness,
patience, endurance, good communicator, adaptability and sharing the same vision to rise to great heights, where eagles sore. We went on a 8 Km hike up Plowman’s Kop ( 2000 m), passing through Gudu Bush smelling its fertile soil, crossing the Gudu river where we had lunch, descending down again to Tiger falls, climbed LookOut Rock with a beautiful view, passed the Cascades on a very very steep descend and back
KANTORE/WINKEL
46m² Kleinvlei sentrum aan Botrivierweg, oorkant SPAR R 4 000.00 per maand (sluit belastings en heffings in)
Kontak: 072 202 4575
28Sept, 5Okt, 12
R775.20
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 16
Ons vier nege dekades LAERSKOOL KLEINMOND – Kom geniet ‘n heerlike herinneringstog en dankie sê Laerskool Kleinmond vier vanjaar sy 90ste bestaansjaar. Op 26 Oktober bied die skool ‘n spesiale OPE DAG waarin alle oud-leerders, ouers, vriende en belangstellendes genooi word om te kom kyk hoe die skool oor die NEGE dekades gegroei en gevorder het. Hierdie dag word spesiaal deur Laerskool Kleinmond aan die gemeenskap gebied om dankie te sê vir hul ondersteuning, met raad en daad of finansieël deur die jare. Oupa en oumas of bejaarde vriende van die skool wat ook die geleentheid wil kom bywoon, maar nie vervoer het nie, kan gerus die skool skakel. Hulle sal ‘n plan maak. Daar sal bepaald geleentheid wees vir lekker gesels! KLEINMOND PRIMARY SCHOOL – Come and share memories
and enjoy the school’s thank you. Kleinmond Primary School is celebrating its 90th birthday this year. On 26 October the school has a special OPEN DAY to which all former learners, parents, friends and wellwishers are invited to see how the school has grown and progressed over the past NINE decades. This open day is hosted by Kleinmond Primary School itself in recognition of the community’s support in word and deed as well as continuous financial contributions. Grandparents or elderly friends of the school who would like to attend the function, but have no transport, can phone the school who would be able to arrange something. Everyone will have a lot to share and tell!
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 17
Die skool hou steeds aan wen
Ná 90 jaar bly Laerskool Kleinmond getrou aan sy leuse van: “Aanhou wen!” Op vele ander klein dorpies loop skole leeg of staan hulle in absolute verwaarlosing soos die weeskinders van die dorp. Op Kleinmond staan een van sy skole reg in die middel van dorp as ‘n uitstalvenster van die groei wat op die dorp en in die skool plaasvind. ‘n Groot bydra tot die skool se groei, is nie net die gehalte onderwys wat gebied word nie, maar ook die deurlopende aandag, ondersteuning en liefde wat Laerskool Kleinmond van inwoners kry, onder wie juis vele oud-leerders is. Hier is al soveel soos ‘n derde en soms selfs ‘n vierde geslag voetjies wat oor die drumpel trap.‘n Jaar of wat gelede het skoolhoof Gys Huisamen gesê tot hul spyt moet voornemende leerders al op waglyste geplaas word, omdat daar eenvoudig net fisies nie meer plek is om die getalle sinvol te hanteer vir kwaliteit onderrig nie. En om sake te vererger, het ‘n woeste wind in Augustus 2013 die opslaanklas in die groot boom kom drapeer. Hulp van die onderwysdepartement was aan die skrapserige kant,
Die eerste geboutjie waarin Laerskool Kleinmond begin het. want hulle het probleme van hul eie.Toe gryp die ouers deur middel van die beheerliggaam in en die skool begin stelselmatig verbeter. Ouers werk deurlopend hard om fondsinsamelings te hou, sodat verbeterings aangebring kan word. Soms spring hulle sommer self in as daarom gevra word. Laerskool Kleinmond het tans die enigste gerekenariseerde biblioteek in die streek. Daar
word gebou aan ‘n skoolsaal. Die snoepie aan die rugbyveld se kant word opgegradeer tot ‘n klubhuis. Die krieketkolfblad sal een van die dae voldoen aan Krieket ASA standaarde en Boland krieketwedstryde sal hier gespeel kan word. Daar word hard gebou aan klaskamers sodat daar nie net genoeg klasse kan wees vir onderrig in Afrikaans sowel as Engels nie, maar dat die getalle
‘n praktiese en beheerbare 25 leerders per klas kan huisves. Nog ‘n buitengewone aanwins wat die skool het, is ‘n leerderondersteuner sentrum waar kinders met spesifiek probleme in sekere klasse onttrek kan word vir sekere tye om intensiewe aandag te ontvang. Die skool is in goeie hande: gemotiveerde opvoeders, lojale ouers en en ondersteunende gemeenskap.
Wanneer die geskiedenis ontvou Maandagoggend, toe die Overstrand Herald se verslaggewer by Laerskool Kleinmond aankom, het me. Christa Steenkamp minute vantevore aangekom. Sy het onder meer die eerste toelatingsregister van die skool saamgebring om saam met tersake foto’s aan die skool te kom gee. So kom ons toe agter dat die eerste 30 leerlinge van Laerskool Kleinmond reeds in 1925 ingeskryf is! En van daardie vanne is steeds op die dorp: Roos, Geldenhuys, Niemand en Groenewald. Die skool begin met sewe Sub A’s, ses Sub B’s, vier st.1’s, drie st. 2’s, twee st. 3’s, vyf st. 4’s, twee st. 5’s en een st. 6. Een van die eerste leerders wat tydelik ingeskryf is,
was Heleen Malherbe wat deur DF Malherbe ingeteken is. So gaan die tyd verby en die vanne groei jaar na jaar aan tot hiérdie spesifieke register se getalle in 1950 oorgedra word na die volgende een. Tans staan die skool se inskrywings op 272 en dis sonder st. 6 (gr. 8). Die eerste skoolhoof was mnr. Nico Uys (1925 – 1935). Hy is gevolg deur mnr. CJH (Casper) Steenkamp (Jan 1936 – 1968); mnr. JS (Japie) Raats (Junie 1968 – Junie 1976); mnr. Schalk Langeveldt (Okt 1974 – Sept. 1996); mnr. JN (Cobus) Bezuidenhout (Jan 1997 – Mrt 2001), en sederdien mnr. Gys Huisamen.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 18
Saal in die saal Leerlinge van Laerskool Kleinmond het op die foto hieronder ‘n sentlegging gehou om geld in te samel vir ‘n spesiale geleentheid. Wie weet, dalk was dit om ‘n skoolsaal te bou. Hier staan die kinders en hul skoolhoof, mnr. CJH Steenkamp en hul juffrou buite die NG Kerksaal. Dis natuurlik in 1960.
In die agtergrond sien ons die geroemde Sipresboom. Indien iemand name vir die kinders in die foto kan verskaf, kan ons dalk die ouderdom van die boom nader bereken,
Daar’s ‘n boom in die gat … Een van die bakens op die skoolterrein van Laerskool Kleinmond, is sekerlik die groot Sipresboom. Niemand kan klaarblyklik ‘n spesifieke datum aan sy plant koppel nie, maar hy lyk omtrent so groot soos die preekboom langs die hoofstand, maar nie so oud nie. Op die foto links is die eerste aanduiding van die boom in die agtergrond. Dit lyk na bietjie meer as ‘n twyg, maar hy staan daar. Miskien kan mens die boom se ouderdom skat op in die omgewing van 70 jaar. Deesdae is die boom etlike meters hoog en verskeie meters in omtrek. Die vlagpaal aan
die regterkant kan as skaal gebruik word. In die boom se takke, hoër as wat ‘n mens met ‘n lang leer kan bykom, hang nog gloeilampies van ‘n hele paar jaar gelede toe inwoners oor die kerstyd ‘n lampie kon borg. Dis ook die boom wat die opslaanklas in die stormwind van Augustus 2013 gevang het. Wat ookal die geval mag wees, die Sipresboom is steeds ‘n lewende getuie van die groei van die skool en die terrein. Mag hy, ten spyte van sy hoë ouderdom en siektes en ellendes, soos die Laerskool Kleinmond van krag tot krag gaan.
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 19
Bou van skoolsaal van Laerskool Kleinmond Oud-leerders en personeellede sal onthou hoe daar in die verlede saalbyeenkomste in verskillende lokale gehou is. Eers in ‘n klaskamer of in die voorportaal van die vorige skoolgebou of buite op ‘n mooi dag en tans in die stadsaal. Die kerksaal van die NG kerk in Eerste Laan word ook dikwels gebruik vir geleenthede waar ‘n verhoog en selfs spesiale beligting benodig word. Binnekort sal die droom van menige leerder, ouer, onderwyser en skoolhoof bewaarheid word: In 2005 het die Beheerliggaam en personeel van Laerskool Kleinmond saam met kenners van Enlighten Trust ‘n skoolontwikkelingsplan opgestel. Daarin het hulle groot gedroom en mylpale in die oprig van fisiese geriewe gestel. Aan
die einde van 2017 word al hul drome bewaarheid wanneer hulle uiteindelik ‘n skoolsaal sal hê! In 2015 het die Beheerliggaam ‘n mandaat van die ouers gekry om ‘n skoolsaal te bou. Aanvanklik is besluit om aansoek te doen vir ‘n lening. Toestemming is verkry van die Onderwysdepartement om ‘n lening aan te gaan. Hulle het uiteindelik ‘n lening gekry by ABSA. In die 2016-begroting, onder kapitale uitgawes, is voorsiening gemaak vir die paaiemente, asook nog ‘n bedrag vir bouwerk. In 2017 is weer daarvoor begroot. Die fondse lê in die skool se surplusfondse in hul bankrekening. Dinge rondom die beplanning van die saal het begin momentum verloor, want die Beheerliggaam wou
eers besin oor skuld wat hul nalaat aan die volgende Beheerliggaam. Die Graad7-klas van 2017 het fondse ingesamel en borge gekry vir die oprigting van ‘n Auditorium langs die klubhuis. Eendag, tydens die oprig van die dak, het onderwysers en ouers gevra waarom kan die gebou nie vergroot word vir ‘n skoolsaal nie. Dadelik is koppe bymekaargesit, kenners gekontak en daar is gesien dat
so iets moontlik is. ‘n Derde van die saal is klaar betaal, daar is genoeg parkering, toilette en ‘n kombuis. Dit het net sin gemaak dat die saal daar gebou kan word. As hulle mooi werk, kan die saal kontant gebou word uit die geld wat reeds in die surplusfonds is, asook die wins wat gemaak kan word uit fondsinsamelingsinisiatiewe wat nie in die begroting is nie. (Pietman Geldenhuys, Joe Black).
Materiaal vir die saamstel van die blad is verkry van me. Christa Steenkamp, Laerskool Kleinmond en die Overstrand Herald. Indien iemand nog interessanthede het of name kan verskaf, kom asseblief met die skool in aanraking.
Come be inspired by Jo Black The motivational speaker, Jo Black, will be the drawing card at the special programme organised by Laerskool Kleinmond for Thursday 26 October. The programme is part of the school’s fundraising efforts. Jo Black started working after school and soon ran his
own construction company. However Jo realised that there is more to life than just work and his life took an about turn. Wanting to empower people to be the best version of themselves, Jo launched the Be that Guy Movement. Please contact the school for more information.
R33.99
R64.99
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 20
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie. THE BAY CHRISTIAN FAMILY CHURCH KLEINMOND Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 08:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 6:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For more information regarding registrations for 2018 CFCI Bible College or Cornerstone institute contact: 072 5112311(Antionette)- 2017 registrations closed. Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 68 Main Road (A.G.S Heal the Land premises) Thursday 19h00 Build one Church in many locations Contact Niël 079 139 5121 Pastoor Ernest 072 084 3454 A.G.S. KERK KLEINMOND Hoofweg 68 (Kompleks Langs Bouhandel) Pastoor Tewis de Jager 082 771 9365 Sondagoggend diens 09:30 / Woensdagaand Biduur 19:00 Kinderkerk 9:30 HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Leraar Hugo Naude, selnommer: 081 256 4818 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome GODS GIVEN MINISTRIES -11 Hoofweg - Bokant Kekkel en Kraai Kleinmond Erediens - 10:00 Sondag Sondagskool vir Jnr Tieners - 9:15 Biduur- 19:00 Woensdag Woordskool vir Snr Tieners - 9:15 Past. Duvenage - 078 8103 632 ( godsgivenministries@gmail.com) LEWENDE WOORD BETTYSBAAI
H/v Delport en Serruria Nr 4960, Bettysbaai Ons nooi u vriendelik na ons volgende byeenkomste: 15 Oktober - GRATIS Fliekaand (Brother’s Keeper) om 17h30 by Simply Coffee/ Bistro 365 in Pringle Baai, 22 en 29 Oktober - In Crassula laan, Bettiesbaai - reg langs die Crassula Saal. Die byeenkoms begin om 17h30 Herderspaar: Gerrit en Marinda de Lange: 021 852 6719 / 082 752 9994. Vir verdere inligting en aanwysings kontak Marielize by 082 411 9193 of Erica by 083 556 3555. Almal welkom! Sien uit om u saam met ons te hê. Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Amal is baie welkom by Laerskool Kleinmond, elke Sondagoggend om 9:30 vm. Navrae, Manie 082 331 3552 of Gerrit 083 251 6039.
VGK Proteadorp Sondag - Erediens om 10.00 - Sondagskool om 9.00 Dinsdag - Kooroefening om 19.00 Woensdag - Biduur om 19.00 Vrydag - Jeugbyeenkoms om 18.00 Christelike Vrouebediening: elke 2de Sondag van die maand om 15.00. Voorsitster: Evelyn Jacobs 072 358 5103 Leierouderling: Kallie Jonkers - 072 478 0771 Skriba: Evelyn Jacobs - 072 358 5103
NG KERK: 22 Oktober 2017 - 028 271 3268 08:30 Kerksaal 09:00 Sentrum in Bettysbaai 09:30 Kerkgebou
Dr Chris Malan Ds. Steven Sass Ds. Nico Rabe
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 - Ds Jannie Hougaard LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay - Service at 9:30 Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9914/ 028 272 9996 / 028 273 8153 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH - 72 6th Street Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Pre-Service Worship Singing: 09:15 Sunday Morning Worship Service: 09:30 Sunday Morning Sunday School and Youth Group: 09:30 Ladies Fellowship: Mondays 09:45 Monday Prayer Meeting: 16:00 Tuesday and Wednesday: Home Fellowship Groups Meet ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707. Leilani Abrams 079 980 4540. Dienstye: 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday at 10:00. 4th Sunday at 08:00. 5th Sunday is family service. Notice will be given at which chapelty in Parish. Sundayschool: Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540. Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146. Priest Father Fr Neil February 084 222 1492/028 284 9772 nkfebruary@gmail.com. PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 18:00 / First Thurday 16:30 / Additional services as per notice board. Parish Priest: Father John Keough 079 874 2281 / 021 859 5397 Catechism Class Contact Janet Hyland 083 702 3909 PRINGLE BAY: KING’S CREW HOMECRUCH & HOMECELL 1519 Dennys Road Pringle Bay Sunday Service: 9:00 - 10:30. (Afirkaans & English) Wednesday Homecell: 19:00 - 20:00 (Afrikaans & English) Pieter and Arina Myburgh 082 080 2129
Pringle Bay House of Prayer
1799 Hilton Circle, Pringle Bay
Thursday 18:30 - 20:00 Sunday: Sundayschool for 5 to 10 years old 9:00 to 11:00m (Building Faith& Character) Rev Dr. Leon and Dr.Jacobi du Toit Whatsapp: 0797068210 yarhema@yahoo.com
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 21
Krisis ontlont deur flinkdink Ria Burrows KLEINMOND – Wat doen die bystandspersoneel as die saal vol gretige luistaars wag en die spreker nie beskikbaar is nie? Soveel te meer as die spreker ‘n erediens moet lei tydens ‘n Nagmaaldiens? Dié dilemma het Sondag ontstaan in die NG kerk Kleinmond. Die verantwoordelike organiseerder het ‘n blink gedagte gekry en ‘n skitterende oplossing voorgestel. Dit is heelhartig ondersteun en het ‘n heel ander atmosfeer geskep. Blokouderling Madeleine Swart en wyksouderling Therina van Dyk was Sondagoggend daarmee gekonfronteer toe die verbinding tussen die NG Kerkgebou en Kogelpark skielik nie wou funksioneer nie. Geen sein is ontvang nie en geen tegniese oplossing kon betyds vir die probleem gevind word nie. In die gehoor was daar toevallig Hennie Smit, voorheen leraar en dosent in Sendingwetenskap, en Madeleine het hom genader om die Nagmaalbediening waar te neem. Hy was dadelik bereid om dit te doen. Terwyl die teenwoordiges onder leiding van een van die gemeente se voorsangers ‘n paar liedere gesing het, het Hennie sy gedagtes geformuleer en daarna ‘n voorlesing uit die Skrif
gedoen en verduidelik wat die Nagmaal in Bybelse tyd beteken het, asook wat die implikasie daarvan vir vandag is. ‘n Opregte en treffende boodskap is op professionele maar eenvoudige wyse oorgedra – voorwaar ‘n man wat selfs onvoorbereid gemaklik gepraat en sterk oortuig het. Die bediening van brood en wyn en die gebruik daarvan, het gevolg. Die geleentheid is afgesluit met die gesamentlike bid van die Onse Vader gebed, gevolg deur die uitspreek die seën. Dr Hennie Smit was saam met sy vrou Esmè en hul seun Jurie, wat tans by hulle kuier, in die gehoor. Hy het sy doktorsgraad in Teologie aan die US Kweekskool voltooi, en was ook by die Universiteit Vrystaat asook en die Universiteit van Zoeloeland betrokke by Teologiese opleiding. Vir sewe jaar was hy die leraar in Empangeni, maar sy voorliefde was by die opleiding van evangeliste. Hy is dan ook vlot in Zoeloe, Sotho en Xhosa – en baie gewild by plaaslike inwoners wat enigeen van die tale as huistaal gebruik of ken. Ons het agterna versoek dat hy oorweeg om daardie kennis ook aan die gewone lidmate oor te dra – nou in Kleinmond dalk ‘n uitstekende hulpmiddel vir versoening en vrede.
KRAPPIES & KREFIES KLEINMOND WENS AL HULLE OUDLEERLINGE VOORSPOED EN SUKSES TOE VIR DIE KOMENDE EINDEKSAMEN. Baie dankie Handrie
Dr Hennie Smit en sy vrou Esmè
Die flinkdinkers Madeleine Swart en Therina van Dyk
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 22
TRENCHERS Medium Digger / Loader Hire Plot clearing Building rubble removal and site clearing General transport Drainage and irrigation
Derick Cheyne 082 677 5577 ROOIELS - PRINGLE BAY - BETTY’S BAY - KLEINMOND
THE OVERSTRAND HOSPICE SHOP The Overstrand Hospice Shop would be very grateful for any unwanted clothing, linen, bric-a-brac, furniture, sporting goods or books. We can collect goods – please phone us on 028 313 1884
OVERSTRAND HOSPICE Palliative (end-of-life) care for the terminally ill & their families – free of charge. Phone Mondays – Fridays 028 312 4679
Overstrand Herald 028 271 3394 Kobus Le Roux Transport Kobus Le Roux Owner / Eienaar
For all your moving needs: Packing, Transport, Storage Professional handling of Office, and/or Household Furniture Transport Vir al u meubel vervoer benodighede: Verpakking, Vervoer, Berging Professionele hantering van Kantoor En/of Huishoudelike Meubelvervoer.
Tel: 028 316 2104 Tel: 087 802 6935 Cell: 082 570 0923 Fax: 087 237 9437 e-mail: lerouxtpt@twk.co.za Posbus / PO Box 908, Hermanus, 7200
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 23
Reviving the entrepreneurial spirit Ria Burrows KLEINMOND – What exactly is an entrepreneur? An entrepreneur has a vision of what the future could be like for him or her. With a little motivation and knowledge, these entrepreneurs will be able to implement their dreams. Entrepreneurs want to be in charge of their own destinies, creating a product or service which they can sell at a profit. This entails a determination to implement their venture with total commitment, even if confronted by obstacles that seem insurmountable. In addition these entrepreneurs have a devotion to their commitment – they love what they do or create. The first of a series of learning sessions to motivate and spell out possibilities for future Kleinmond entrepreneurs was held on Saturday 14 October from 10:00 to 16:00– an initiative of the local Dutch Reformed Church. Die entrepreneursdag is deel van die Getuienisaksie van die NG gemeente se uitreikaksies, maar was oop vir alle Christenvroue in die gemeenskap. Ongeveer 50 vroue het saam gekuier, saam geluister en geëet en uiteindelik saam geleer. Lindie Malan was die spreker wat entreneurskap en die basiese eienskappe van die entrepreneur uitgespel het. Selfdissipline en beplanning, rolmodelle en saamstaan, was van die aspekte wat verduidelik en geïllustreer
Aandag asb!
Die Herald ondervind probleme met sy 3394 lyn. Ons vra verskoning vir enige ongerief
is. “Moenie verskonings soek vir omstandighede nie – wees passievol oor die lewe en neem beheer oor jouself”, is van die gedagterigtings wat geprikkel is tydens informele gesprekke weer uitgelig is. Alice van Rooyen het die gedagte van ‘n “nuwe roetine van dissipline aankweek om jou doel te bereik”, as deurslaggewend vir sukses uitgesonder. ‘n Addisionele aspek was die geestelike motivering
wat hiermee saamgegaan het, gelei deur dr Chris Malan. Hy het Spreuke 31:25 as basis gebruik, maar ook op ligter trant na die saamstaan van vroue en hul take as die “sisterhood” verwys. Hy het hulle genooi om hande te vat en te weet dis ‘hande wat gee’, en ‘hande wat seën”. Judith Laubscher was geraak deur die gehoorlede wat agterna genoem het dat hulle ‘gekoester’ en weer vas
en naby aan die Here gevoel het. ‘n Unieke kombinasie van kennis en geloof – die regte pad vir toekomstige christensakevroue. Hierdie was net die eerste van ‘n reeks praatjies om vroue op te lei as suksesvolle entrepreneurs – ‘n inleiding oor entrepreneurskap en wat dit alles behels. Hoewel hierdie eerste sessie oorwegend in Afrikaans aangebied is, word beplan om dit ook in Engels te doen.
Overstrand Herald
DAGBOEK
19 Oktober 2017
20 Oktober & 21 Oktober: Singleton’s Winkel is op Vrydagen Saterdagoggende (somertyd) oop vanaf 08h30 - 13h00 in Tweedestraat 14, Kleinmond. Kontak Estelle Victor by 028 271 3260 / 072 778 0249. 19 Oktober: Dinsdae en Donderdae om 14:30 oefen ons by die Jukskeibane. Alle belangstellendes en nuwe lede is baie welkom om te kom saam oefen en speel, asook alle huidige lede. Jukskeie sal voorsien word aan beginners en nuwe lede. Sarel Engelbrecht 082 781 0691, Christie Visagie 082 564 2460. 24 Oktober: Skaakklub: Speel skaak elke Dinsdagaand om 18h30 in die Biblioteeksaal. Besoekers welkom. Enkels- toernooi vanaand, asook sosiale spel. Skakel Floris: 0833770367 24 October: Chess Club: We play chess every Tuesday evening at 18h30 in the Library Hall. Visitors welcome. Singles tournament tonight, as well as social chess. Contact Floris: 0833770367 25 October: Every Wednesday 7-9pm, Life Skills Extraordinaire: A Community Initiative. Talks Skills Learning. Encounters sharing inspiring knowledge for an Extraordinary Life. Pay it Forward by sharing your Wisdom. Join us every Wednesday 7–9pm. Booking Essential SMS: 079 755 2047 or Email: symfiona@gmail.com 26 Oktober: Demensie Ondersteuningsgroep byeenkoms om 10:00 in Kogelparksaal. Erna Nissen van die Ondersteuningsgroep van die Strand kom hulle ervaring as Ondersteuningsgroep met ons deel en vrae m.b.t. Demensie-versorging beantwoord. Almal welkom. Kontak 082 434 7377 vir besonderhede. 28 Oktober: VGK Kleinmond Kermis op die rugbyveld: 9.30 Pretdraf; 11.00 Verkopings; 13.00 7s Rugby toernooi. Almal welkom. 30 Oktober: Kleinmond Leeskring vergader om 14h30 in die Gereformeerde Kerk . Jacqueline Leuvennink praat oor haar loopbaan as joernalis en skrywer.Koste vir besoekers is R20. Skakel 0823780057 vir inligting. 31 Oktober: Kleinmond Kiekie Klub Oktbermaand byeenkoms.Tyd 19:00, Plek N G Kerksaal Eerstelaan, Tema:Fynbos, Aanbieding: Deon Zwiegelaar.My onlangse reis na 7 lande in Afrika. 31 Oktober: Kleinmond VLV vergader om 14h30 in die NG Kerksaal. Liesl van der Merwe, oudioloog van die Paarl, kom praat oor gehoorprobleme. Daar is ook allerlei ander interessanthede op die program. Besoekers baie welkom (R20 pp). 2 November: Die KBBV se volgende maandelikse bestuursvergadering om 17H30 in die Bibioteek se Raadsaal.Die AJV is op 10 November 2017 om 10 vm in die Gereformeerde Kerk, in 13de Laan se saal. 2 November: Kleinmond Senior Burger Klub vergader in die N.G.Kerksaal om 15h00. Kersprogram Vier kersfees lag-lag soos Hans die skoenmaker. God se Humor: Prof Daniel Louw afgetrede Dekaan van die Fakulteit Teologie US. Bring jul vriende saam en kom gesels en kuier . Tee en verversings na vergadering. Marietjie 0824455962. 4 November: Church in Creation/Kerk in die Skepping 19.00 on the beach. All welcome. Navrae 082 908 9825. 6 November: Walkerbaai seëlklub 17h30, Rolbalsaal Hermanus. Navrae: 0823766252.
Clive Moss It is with great sadness that we have to say goodbye to a special person. Clive passed away on Saturday the 14th October 2017. He was a great father, grandfather and friend and will be missed dearly. Memorial Service will be held at Gringos in the Harbour on Sunday, 22/10/2017 @ 15:00. 20/05/1936 - 14/10/2017
Bladsy 24
BUKSIES
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 25
GESOEK/WANTED
Soek dringend 'n woonstel/tuinwoonstel,1 of 2 slaapkamers. 0721469521. Providence is looking for cleaning work for Monday and Thursday. Call 063 117 0512. Edith is a Malawian lady looking for domestic work for Wednesdays and Thursdays. Reference available. Call 060347 7844. Kefas is a Malawian guy looking for a job as house-keeper and/or gardener for Saturday, Sunday, Monday, Tuesday. Reference at 072 311 7753. Victor is looking for general work (painting, gardening, etc). Call 078 643 7098 Ligte bakkie of kar in goeie toestand vir kontant. Bel 083 303 5464. Elton, a guy from Malawi is looking for a job as general worker. Call 071 837 9324. Evelyn is efficient, reliable and available on Wednesdays and Tuesday. For a reference call Judy on 083 409 4397. Eric is a Malawian man looking for employment as general worker. Has valid working permit. Ref. Mr. Burls on 078 612 6540 or Mr Johnny 078 299 0266. Whatsapp Eric on 083 568 9966.
19 Oktober - 15 November
TE KOOP / FOR SALE Groot casserolle oondbak (ovaal) 36cm. R350, Gordyne baie goeie toestand. Kontak 028 271 5152. Porcelain dinner plates-square (10 available) R25, porcelain fish/ bread plate square (10 available) R15, porcelain tea-pot collection R30. 0720160961/ 0282714313. Defy Slimline (600 mm) oond en glasbad- kookvlak Uitstekende toestand. 083 450 5237. 2x large breed dog kennels for sale, 1x 950wide x 1200 high x 1400 deep 1x 1160 wide x 1250 higgh x 1200 deep R850.00 each028 271 3972. Eco 18 spoed damesfiets R350, Phillips staan tv 53cm R200, Trojan strider 100 oefenfiets R400. Kontak 0845883070. Hout bababedjie(cot) met matras R150. Baba-eetstoeltjie R100. Tel 028 2714851; 082 7260622. Tow bar for Camry: Genuine Toyota tow bar with ball and electric plug R950. Ph 0833770367. Versamelde werke J.H.H. de waal 1939 Deel 1-8 R600, Versamelde werke C.J Langenhoven 1937 Deel 1-14 R1200. De Longhi Portable airconditioner R700, Donsslaapsak (Daimor-Murren) Geen zip R500. 0825781710. Ys/vrieskas. Nie in werkende toestand, maar herstelbaar (basprobleem) 380 liter. R350 onka. Bel 082 887 1064. Opvou tafeltennistafel met toebehore – R200. Weber met rotisserie R1200. Wit houtkot met nuwe matras R750. Bel 082 574 4731. Mattress quenn size Posturpedic Royal classis. Firm. R650. Good condition. No base. Call 028 271 3259. GP5 Garmen 2011 Nuvi 2495 reeks volledig. R800. Bel 082 825 9449. Camping cot Graca volledig. R500. Bel 072 495 6959. 1x Voertuigoortreksel XXXL vir boot of karavaan R550. 1x parka baadjie XL met wol voering. Militêre kleur. R200. Bel 028 272 9567. Sinkers van alle gewigte@ R1/ons. Bel 083 226 8471. Enkelbedmatras in baie goeie toestand R150. Comics: Casper, Goofy, Archie, ens. 5 vier R10. Enkelbed duvet covers R20 elk. Bel 072 976 2177. Bumbo floor seat for baby R100. Foot spa R100. Both new. Call 076 185 9470.
Só wys mens jou trots Inwoners van Kleinmond het Saterdag ingespring en Magdaleen Brits gehelp om die beddings by die parkeerplek by ons hoofstrand te verfraai. Sy sê verskeie inwoners het plante gebring. Die plante is nie net netjies in die skoongemaakte beddings aangeplant nie, maar ‘n deklaag van houtstukkies is geskenk en geborg. Die is gedoen deur Pieter. Mense wat plante geskenk het was Chris, Hettie, Sylvia, Corrie en Ninnie. Sylvia het ook gate help grawe
en help plant. Oom Andrew van die munisipaliteit het water aangery en so kon die deklaag bolangs natgemaak word. Nou moet almal net hoop die plantjies begin groei en laat hul gesiggies blom by ons pragtige strand. Laat ons hoop al die inwoners begin inkoop in die idee om ons dorp mooi te maak en en so te hou. Die Rotariërs het ook netjiese vuilgoeddromme op die strand aangebring.
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15
Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens Thu / Don Fri / Vry Sat / Sat Sun / Son Mon / Maan Tues / Dins Wed / Woens
02:51 03:24 03:56 04:26 04:56 05:27 06:01 06:43 07:50 09:40 11:07 12:01 00:19 01:01 01:39 02:17 02:56 03:36 04:19 05:04 05:53 06:51 08:05 09:37 10:59 12:00 00:33 01:18
14:59 15:30 16:00 16:29 16:59 17:29 18:04 18:50 20:07 22:02 23:26 —— 12:42 13:18 13:54 14:32 15:11 15:52 16:36 17:23 18:16 19:21 20:45 22:19 23:36 —— 12:48 13:27
08:47 09:17 09:46 10:15 10:45 11:18 11:56 00:15 01:08 02:42 04:34 05:43 05:43 07:06 07:41 08:17 08:54 09:34 10:18 11:06 12:02 00:32 01:40 03:07 04:36 05:46 06:37 07:18
21:14 21:42 22:10 22:38 23:06 23:38 —— 12:46 14:11 16:05 17:25 18:17 18:57 19:34 20:10 20:46 21:25 22:06 22:50 23:38 —— 13:13 14:46 16:23 17:39 18:35 19:17 19:52
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 26
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Kleinmond open seisoen met twee nederlae Garden Services
TRANSPARENT SAFETY BARS
The most affordable and secure way to burglarproof you windows without spoiling your view.
Cleerbar
Die jaar sien die swakste moontlike begin van krieketseisoen in ‘n lang tyd. Beide die eerste en derde span het hul wedstryde die afgelope naweek verloor. Gelukkig tel die punteleer op die laaste wedstryd van die seisoen meer as na die eerste week. Die spanne sal moet verbeter, en sodra die roes af is sal ons die resultate sien. Die eerste span het Saterdag teen Elgin kragte gemeet. In winderige omstandighede kon Kleinmond, wat eerste gekolf het, slegs 128 lopies aanteken. Die telling is meerendeels deur die veteraan, Danny Gerber
7 Sep—28 Okt
(29) en die nuweling, Ruan de Bruyn (23) aangeteken. Die telling is verwoed verdedig, maar was in die einde net te min. Elgin het ge-seëvier met 5 paaltjies en ‘n telling van 131/5. De Bruyn het 1/19 geneem en Christiaan Jordaan (kapt) het 3/27 opgelewer. Die derde span het 171/10 aangeteken met Morne Absolom (36) en Gerbrand Van Der Westhuizen (28) die uitblinkers. Hulle kon die telling nie verdedig en Botrivier het met 6 paaltjies gewen. Kleinmond se 1ste span speel die komende naweek teen Grabouw. Reno Botes
Gerhard Hayward
PLUMBING 911
For all your plumbing emergencies and maintenance:
brandcontractors@gmail.com
The Hair Studio kry nog ‘n paar flinke hande
The Hair Studio Studio het vandeesweek nog ‘n haarstilis ryker geword. Lukechia is ‘n produk van Northlink College en het al sewe jaar ervaring. Lukechia sê sy laat haar kliënt se haarstyl by die kliënt se leefstyl en smaak pas en sy hou daarvan dat die styl vir haar kliënt hanteerbaar moet wees. Waarvan sy egter die meeste hou is braids en om spesiale haarstyle soos vir matriekafskeide en troues te maak. Om haar hand in te hou by die jongste haarmodes, gaan sy nog Dinsdae vir deurlopende opleiding. Lukechia sê met dié dat kliënte soveel nuwe haarstyle op die internet sien, hou sy daarvan om voor te wees wanneer by die stilering daarvan kom.Sy het ‘n passie vir haar beroep en haar kliënte word haar vriende. Sy het vele vriende en tevrede kliënte op Worcester agtergelaat toe sy en haar man na Kleinmond getrek het. Kliënte by Lukechia sal tot 17 November 10% afslag kry ‘n sny en blaas blaas.
R456.00
CONTACT US FOR A FREE QUOTE
Zirk 082 496 6751 Judy 082 452 4260
Geysers Leaking Pipes Unblocking of drains New Bathrooms
062 702 1120 084 844 6050
Cell: 083 677 4261 gerhard@cleerbarsolutions.co.za www.cleerbarsolutions.co.za
Marjoh Plant Hire
SMACK procedures After a massive stroke, body and brain exercises can stimulate cognitive ability. This will cause the body and brain to respond earlier and to react and recover as much as possible. Ongoing research on neuroplasticity is proving this, with the brain function changing structurally and functionally. Liz Gilchrist is well aware of this, and pointed out the five steps of the SMACK procedure to achieve this: Strategic planning; Memory; Analytical ability; Creative movement and Kinesic
learning. We found Liz at Gerimed, giving a demonstration of functional fitness to senior citizens individually and with loving care. Liz beplan ’n oefenprogram met sessies van ongeveer 45 minute om die kognitiewe funksie in die liggaam te verhoog. Dit help jou om die lewe ten volle te geniet, ongeag ouderdom en graad van liggaamlike fiksheid. Baie van die oefeninge word sittende gedoen, dus ook geskik vir verswakte seniors. Sy kan gekontak word by 081 522 6345
Maintenance on R44 The Department of Transport and Public Works (DTPW) has started periodic maintenance on the R44 between Rooi Els and Gordon’s Bay. This R59 million project is expected to have been completed in May 2018.
that delays are frustrating, but some inconvenience during construction is inevitable. Motorists will soon be able to enjoy a safer and more pleasant travelling experience on this road.
The road was last refurbished in 1985. Because the road surface is severely cracked with surfacing failures, it has to be resurfaced. Ancillary elements such as stone walls, structures, and side drains also require repairs. The project will include crack sealing, patching, asphalt overlay, and repairs to culverts and gabions.
DTPW is committed to creating short-term Expanded Public Works Programme employment and skills training opportunities. During the course of this project, a total of R6,5 million will be spent on targeted enterprises and 5 000 person-days of work will be created for people from the Helderberg area. The high-quality road infrastructure that DTPW provides is an important component of a safe and effective transport system, and an enabler of economic and social development in the Western Cape.
Half-width construction (involving the closure of one lane) will take place in sections with stop/ go controls to manage the flow of traffic. Motorists can expect a 15-minute waiting period at stop/ go points. DTPW is aware
09
02
2017
R190.00 paid
Bladsy 27
Aandag asb! Die Herald ondervind probleme met sy 3394 lyn. Ons vra verskoning vir enige ongerief
01
R100 Well-established Security Company requires a RECEPTIONIST MINIMUM REQUIREMENTS:
19 10
1. Must have Grade 12 with a minimum of 1 years’ experience as a Receptionist. 2. The candidate should be confident and capable of operating a busy switchboard, typing documents, managing a petty-cash and maintaining good housekeeping in our reception area. 3. Must have strong admin & organizational skills with a professional telephone manner when answering the phone and dealing with customers and suppliers. 4. Fully computer literate (MS Word, Excel, Power Point, Outlook) speed and accuracy is important. 5. Must have own transport 6. The candidate should be fluent in English & Afrikaans and must present an immaculate well-groomed, professional appearance. German Speaking would be a bonus. 7. IMPORTANT!! The successful candidate should be a proficient multi tasker able to remain level-headed and focused in a highly pressurized environment, while being SUPER EFFICIENT.
R193.8
Above market-related salary offered. Employee benefits (medical insurance) Please email your updated CV with contactable references and include your salary expectation to info@asksecurity.co.za
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Overstrand Herald
Bladsy 28 DARTS LEADERBOARD 2017
WEEK 4 Darts leaderboard Week 4 TEAM
“A” SECTION
PTS
1
9
SWISS
Deon & Kurt
8
2
2
BULL SHARKS
Christiaan & Richard
8
3
1
HARBOUR CORNER
Dippies & Chris
7
4
8
C.C.
Cliffie & Celeste
5
5
5
HOOFPAD 2
Kennie & Mark
4
6
7
BOUHANDEL 2
Adolf & Hannes
4
7
3
HOOFPAD 1
Cassie & Juan
3
8
4
ROLBAL
Jacques & Amanda
2
9
6
BAYSIDE
Hubert & Hennie
2
10
10
HOOFPAD 3
Mike & Jakes
2
TEAM
“B” SECTION
PTS
11
17
GERONIMO’S
Martin & Partner
8
12
14
B&G
Bill & Gill
6
13
19
PAM GOLDING PROP
Mike & Dave
6
14
13
BEKKERS
Johan & Frida
6
15
16
ALPACAS
Stan & Hannelize
5
16
15
BOUHANDEL 1
Nic & Dantes
5
17
18
GOLF CLUB
Anthony & Chris
5
18
11
DATASTOOR
Wynand & Hennie
2
19
12
ECKERMANS
Henry & Sarie
2
20
19 Oktober 2017
Bladsy 29
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS PROPOSED BETTY’S BAY ERF 5546 DEVELOPMENT Notice is given of the public participation process commenced by Elephant Ventures Africa cc for the proposed development of 16 2 residential erven on approximately 2ha at 1250m per erf, roads of approximately 0.51ha and a resort area of approximately 0.5ha. Location: The property is located on the southern edge of Betty’s Bay, west of the main road (Clarence Drive) in between the road and the coastline. Listed Activities: GN No. R.327 Listing Notice 1: Activities 9, 12, 17, 27 & 28 & GN No. R.324 Listing Notice 3: Activities 4, 6 & 12. Exemption: No application for any exemption is sought. Opportunity to participate: Interested and Affected Parties are invited to register interest within the process, or provide written comments to Eco Impact within 30 days of this notice. The project title, your full name, contact details, plus indication of any direct business, financial, personal or other interest you may have in this application must please be provided and fully described. CONTACT: Lauren Abrahams PO Box 45070, Claremont, 7735 Tel: 021 671 1660/9976 E-mail: admin@ecoimpact.co.za
Overstrand Herald 028 271 3394
19, 26 Oct - 2,9 N
R456.00
BYE
Pennevrug
Die Overstrand Herald bied‘n spesiale rubriek waarin ons inwoners en lesers die geleentheid gee om hul eie skryfwerk met ons te deel. Daar is ‘n paar reëls: 1. Gedigte moet asb nie te lank wees nie – ruimte is beperk 2. Kortverhale of essays moet van in die kort-kortverhaal genre wees – nie meer as 800 woorde nie. 3. Dit moet jou eie werk wees. E-pos die gedig of verhaal aan – ilna@overstrandherald.co.za
Verlies van 'n vriend Skugter en bang het jy in ons lewe gekom. Ons wis niks van jou agtergrond, maar duidelik was jy 'n besonderse hond. 'n Pragtige dier het almal opgemerk; skitterswart in die son met koperglans en klein wit vlek. Ná veld en rivier in die ou Transvaal, het ons uiteindelik die see en strand gehaal. Hoe is daar nie baljaar in see en vlei; in berg en sand het jy gedy; Jou oë wat opkyk in myne, wagtend op die volgende avontuur, en wanneer ek weg is,het jy geduldig straat-af getuur. Jenna, my Jenna, ek sal jou mis maar jy moes oplaas gaan; die pyn het jou lewenslus laat taan. Rus sag, my getroue vriend, my skaduwee; my hart gaan met jou mee. My lewe is armer sonder jou; maar vir altyd sal ek ons jare saam onthou Bennie Bredenkamp
RETURN TO THE WELLNESS WITHIN YOU… Renowned nutritionist and wellness coach, Daniel Jardim is available to help you.
19 10 Baie 2017geluk aan Mnr Tommie 08 20 Snibbe wat `n 1000lt Jojo31 Tenk en pompstelsel gewen het. R433.20 R114.00
Entrusting your wish for a healthy, balanced and nutritious life to Daniel can be a most joyful, rewarding and healing adventure. Call Daniel Jardim now on 072-796-4102 for a confidential and stress-free appointment either on Skype or in person. It’s the first step on your return to wellness. DANIEL JARDIM
Return To The Wellness Within You. www.seasonalcookery.co.za/coaching
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
19 Oktober 2017
Bladsy 31
PJM PLUMBING PIETER MARAIS
082 747 0510 Gekwalifiseerd / Gelisensieerd Spesialiseer vervanging van gebarste geysers Riolering en verskuiwing van suigkoppe Maintenance kwaliteit diens en werk
EASY SKIPS
gutterboys@telkomsa.net
“DROP & COLLECT”
THEO 082 804 1893 kleinmond@easyskips.co.za
KLEINMOND BETTY’S BAY PRINGLE BAY ROOI ELS YOUR
BUILDING RUBBLE GARDEN WASTE SAND STONE RECYCLING
RUBBLE IS OUR BUSINESS
BANWELL HOMES Decks
Timberwork
Alterations
Renovations
Maintenance
Painting
Cupboards
03 Aug—24 Aug 2017
Neville Banwell: 072 960 9852 nevbanwell@gmail.com
R114x4 = R456 PAID
OVERBERG
OVERBERG
Boedel Beredderaars & Beplanners
Administrators & Planners of Estates
*Gratis Testamentopstelling *Boedelbeplanning * Taksateurs/Waardasies *Opstel Trustaktes Meer as 35 jaar ondervinding in boedelberedding en geswore waardasies. Kontak Niel Theron / Linda Dixon Tel / Faks: 028 271 5944 Sel: 083 459 9419 / 082 325 2022 Fonteinhoutlaan 38 Kleinmond sdtheron@telkomsa.net Geen BTW op Eksekteurs fooie Eksekteurs fooie onderhandelbaar
*Free drafting of wills *Estate planning * Appraisals / Valuations *Preparation of Deeds of Trust More than 35 years experience in estate administration and valuations. Contact Niel Theron / Linda Dixon Tel / Fax: 028 271 5944 Cell: 083 459 9419 / 082 325 2022 38 Fonteinhout Avenue Kleinmond sdtheron@telkomsa.net No VAT on Executors Fees Executors Fees negotiable
®
Ralf Zipfel Qualified Installer for Solar Hot Water Systems
ASHLEY BANWELL GARDENS
FOR NEW AND EXISTING HOMES
LANDSCAPING & IRRIGATION FENCING PLOT CLEARING & ALIEN REMOVAL FIRE WISE CLEARING
083 663 7661
Ashley cell: 072 842 1819
29/09/2016—27 0/01/2017 E-mail: ashbanwell@gmail.com
info@solar4u.co.za
Overstrand Herald 028 271 3394
TEL: 028 271 3353
NEEM ASB KENNIS BEST VALUE! GUARANTEED!
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
29 Jun—20 Ju R456.00
072 977 8564
Maraton man teen MND het Kleinmond konneksie
Om 31 maratonne in 31 dae op ‘n trapmeul kaf te draf is wat oud-Kleinmond inwoner, Morné Basson tans besig is om daagliks in verskeie winkelsentra in Gauteng aan te pak vir motorneuron siekte fondsinsameling en bewusmaking. Teen 42.2km per dag sal Morné, wat op 28 September hiermee begin het, op 28 Oktober 1308.2km afgelê het. Sy beste tyd tot op hede was 4:35.02 op dag 17, alhoewel tye nie
die faktor in sy veldtog is nie. Twee jaar gelede het hy ook die Comrades ultra maraton op die 80e herdenking van die Comrades op ‘n passasierskip in Alaska klaargemaak vir MND bewusmaking. Hy het weer 90km sonder om ooit af te klim op 16 Desember 2016 by die Kaapse waterfront voltooi vir MND bewusmaking. Morné, wat ook ‘n familielid aan hierdie genadelose soekte afgestaan het, se passie is om MND pasiënte se lewens te vergemaklik, aangesien bitter min hulp van die staat, instansies en/of mediese fondse ontvang word. Na aanleiding hiervan het hy MBI Health (2017/405313/08) as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer om MND pasiënte se lewenskwaliteit te verbeter. Sy rugbyheld Joost van der Westhuizen is in Februarie weens die siekte oorlede. Morné se trotse ouers, Corrie en Geylie Basson is afgetrede onderwysers wat in Kogelpark aftreeoord woonagtig is. Sy laaste maraton is geskeduleer vir 28 Oktober by Carnival Mall in Brakpan aan die Oosrand waar hy ook ‘n motiveringspraatjie gaan hou. Volg gerus Morné se facebookblad “MND 31 days 31 marathon treadmill challenge” om sy vordering dop te hou.
PROTEA
Supa Quick borg gholfhemde Die Kleinmond gholfklub se senior span het ingeskryf vir ‘n nuwe liga by die Boland gholfunie. Die unie is spesifiek vir die oor 50’s. Supa Quick borg die senior span se hemde
Handy Man Services All general home maintenance painting, tiling, roofs etc. Call: Paul: 0637904324 Audey: 0713253158 E-mail: hmsoverberg@gmail.com
DRANKWINKEL LIQUOR STORE
h/v Hoofweg & 6de Straat, KLEINMOND
Van Loveren
geborg het. Hier neem die spankaptein, Frans Bruwer, die hemde in ontvangs van die borg, Schalk Boonzaaier (jr) van Supa Quick
Tel/Fax: 028 271 3898
R57.00 R45.00 09 0 R 40.00 Stettyn Sav Blanc R40.00 Riebeek Sav Blanc FourCousins River Red R30.00 Cape Pearl Merlot/Cab R 30.00 R59.00 Two Oceans 3L R100.00 Rusthof Reeks 3L KOOP 12 EN KRY 18 (6 GRATIS) Nuut R100 New Villiersdorp 1922 3L
Cab/Merlot
Pinotage
R89.00
SavBlanc