BTW ingesluit / VAT included
Jongste oor nuwe supermark Nuwe streekforum: Opposisie vir die DA in die 2016 verkiesings ‌ of nie? Ons gesels met die ODF se voorsitter, Gawie Eksteen
Masked robbers terrorizes residents
Young couple tied up and robbed in their home
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 2
Masked intruders terrorize Pringle Bay residents Jacques Myburgh PRINGLE BAY – A group of armed intruders have been terrorising the town and have left residents in fear. A group of masked intruders, armed with knives, have been invading people’s homes, tying them up and robbing them of their possessions. Two homes have been hit in the last two weeks by what seems to be the same group of robbers. One of these was the holiday home of a well-known TV personality, formely known as Sandy Ngema. The home of the Ehrenreichs in Caesar Road was targeted by the intruders last week Tuesday. Ehrenreich, a former Miss South Africa and Strictly Come Dancing Host, was sleeping alongside her husband, Peter, and their 3 year old toddler when the robbers gained access to their home. According to an ASK security member who was later
at the scene, the Ehrenreich family woke up at midnight to find that the masked men were standing beside their bed. Both Sandy and Peter were tied up with their shoelaces while their toddler sat between them. Some of the men were armed with knives, says the security member. Ehrenreich, who understands the dialect of most South African languages, said to the security member that she could not understand the language they were speaking to one another. “She told me that she thinks they might have been Zimbabwean or Nigerian.” They allegedly gained access to the home through the front door by forcing the door open with a screwdriver. The member claims that the bandits used the mountain behind the home as a vantage point to gain knowledge of the activity inside the home. A domestic worker was working at the home until
Overstrand Herald 18:00 before leaving the premises. “The one man demanded to know where the third person (domestic worker) was. They also demanded to know where the family’s iPad’s were and claimed that they know they own such items. “It is clear that they were stalking the house before they invaded it.” The men took the Ehrenreich’s jewellery, cash, cell phones and their iPad’s before disappearing into the bushes and over the mountain. The Ehrenreich family could not be reached for comment. The incident comes shortly after masked intruders tried to invade a house one street below the Ehrenreich household, on the same night. At 21:00 John Knight, from Realnet properties in Kleinmond, was at home with his wife. “My wife realised that our one cat was very agitated and standing at the sliding door leading to the backyard.
2 Oktober 2014 She went to the bedroom to open the window for him and saw that a man wearing a balaclava was crouching right next to the window looking at the sliding door. She shouted at the man and he ran into the bushes.” According to a neighbour, who wishes to remain anonymous, a similar incident took place in James Road that leads into Caesar Road. A couple who was also on holiday, was tied up and robbed of their possessions. According to the neighbour the group of men were not wearing masks, but followed the same modus operandi. ASK security confirmed the incident. (ED: We contacted the local police to confirm the robberies and they referred us to the Western Cape liaison office. At the time of going to press, we had not received any comment from them.)
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 3
Belangrike kennisgewing Die Herald beplan vanjaar twee spesiale vakansie-uitgawes. Die koerant sal tot op 18 Desember soos gewoonlik op ‘n Donderdag verskyn. Die eerste spesiale vakansie-uitgawe sal op Maandag 22 Desember op die rakke wees met nog ‘n vakansie-uitgawe wat vir Maandag 29 Desember beplan word. Die sluitingsdatum vir advertensiebesprekings vir beide die vakansie-uitgawes is 15 November. Adverteerders wat bespreek en betaal voor 30 Oktober 2014 kwalifiseer vir ‘n afslag van 10%.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 4
ODF wil streek en sy mense ontwikkel HERMANUS – ‘n Nuwe oorkoepelende organisasie wat hom beywer vir die ontwikkeling van die Overstrand-streek en die belange van inwoners wil bevorder, het onlangs tot stand gekom. Die Overstrand Ontwikkelingsforum/Overstrand Development Forum (ODF) is ‘n inisiatief van die Hermanus Sakekamer en belastingbetalersverenigings regoor die streek. Die ondervoorsitter van Kleinmond Belastingbetalersvereniging, dr Gawie Eksteen, is vroeër tydens ‘n vergadering op Hermanus as eerste voorsitter van die ODF aangewys. Die Herald se Gerard Grobler het by hom gaan kers opsteek oor dié nuwe organisasie. Dr. Eksteen, kan ons begin deur te vra wat julle laat besluit het om so ‘n oorkoepelende streekorganisasie op die been te bring? Dit was ons ondervinding dat verskeie organisasies
en selfs individue altyd met dieselfde vrae en probleme die Overstrand Munisipaliteit (OM) genader het. Dit het nie net alleen tot duplisering gelei nie, maar ook tot ‘n vermorsing van tyd en energie van ons amptenare. Wat ons ook grief is dat die OM al meer deur die wykskomitees begin werk en in die proses die voorleggings, welmenende kommentaar en bydraes van organisasies en individue ignoreer. Dit, ten spyte daarvan dat die OM publieke deelname versoek het. Dit is ons persepsie dat die OM al meer na “ ‘n verdeel en beheer” bestuurstyl beweeg. ‘n Ander deurslaggewende rede is dat die OM amptenare en politici nie op vele versoeke reageer het om die styging in tariewe en salarisse binne perke te hou nie. Die OM val binne ongeveer die 50% nasionale kwartiel van munisipaliteite, maar ons drempel vergoeding
Dr Gawie Eksteen
is op die vlak van stedelike metropole. Munisipaliteite is basies besigheidsondernemings wat ‘n diens verkoop, die probleem is egter dat die dienste nou ook bo die vermoë van die koper van die diens is. Wie is tans lede en wat is julle vernaamste oogmerke? Alle belastingbetalerverenigings, besigheidskamers en belang-
hebbende organisasies wat die welvaart van die Overstrand area vooropstel, is welkom om deel te word van ons inisiatief. Ons het reeds meer as 20 organisasies en enkele indivuele lede wat besondere kundigheid na die tafel kan bring. Die ODF beplan om op vier fronte die OM te ondersteun. Daarom gaan ons saamwerk met die OM om (vervolg op bl 5)
Overstrand Herald (vervolg van bl 4) belastings en tariewe op ‘n meer realistiese vlak te te kry waar die OM as ‘n dienslewerende organisasie sy dienste aan die verbruiker verkoop. Ons sal graag saamwerk om die Overstrand se belangrikste bate, nl. TOERISME, te bevorder. Dan wil ons ook graag help om die agteruitgang van ons riviermondings om te keer. Die veiligheid van al ons inwoners is ononderhandelbaar. Ons is van mening dat die OM primêr en verskillende organisasies wat met veiligheid te make het beter kan funksioneer as daar beter onderlinge samewerking en koördinering is. Ons het soveel kundigheid wat tussen ons inwoners, polisie, straatwagte, wetstoepassers en sekuriteitsfirmas opgesluit is, dat ons graag wil meehelp om dit te ontsluit. U beklemtoon dat die organisasie a-polities is, maar is dit nie juis gebore uit ontevredenheid met die skerp stygings in tariewe en salarisse
2 Oktober 2014 by die Overstrand munisipaliteit nie? Soos reeds gesê is ons erg bekommerd oor die finansiële posisie van die OM. Die munisipale salarisrekening is onaanvaarbaar hoog en ons is ver agter met instandhouding van infrastruktuur en ons kapitaalbegroting sal meer afgeskaal word, terwyl daar voortdurende kostestygings is. Uitgawes aan konsultasiedienste is ook te veel volgens ons inligting. Alles hierbo genoem het niks met die politiek te doen nie, dit raak aan die bas van al ons mense ongeag vir wie hy of sy gestem het of gaan stem. Hoe is die stigting van die WOF deur die DA beheerde Overstrand munisipaliteit ontvang? Hieroor kan ek maar net spekuleer, want ons het nog geen terugvoering ontvang nie. Inteendeel die burgemeester is onlangs eers amptelik van die ODF se stigting ingelig. Dit is egter ons doel om ‘n samewerkende verhouding te skep waar ons in alle vriendelikheid op mekaar se tone gaan trap, met die
duidelike verstandhouding dat ons die bal gaan speel tot uitbouing van ons streek en tot voordeel van al ons mense. Dit is en was nooit die ODF se bedoeling om die OM te verguis nie, ons wil maar net die beste vir ons gemeenskap en omgewing verseker. Ons is twee jaar weg van die volgende plaaslike verkiesing. Het die WOF enige planne om kandidate tydens die 2016 verkiesing in die veld te stoot? Weereens kan ek maar
Bladsy 5 net spekuleer. Ekself glo nie in ‘n “verdeel en heers” situasie nie, iewers gaan mense isoleer word en my ondervinding is dat dit maklik op die politieke speelveld kan gebeur. Ons sal maar moet sien hoe dinge gaan vorder. Ek kan my egter voorstel dat die a-politiese benadering ook tot ‘n a-politiese deelname aan die politiek mag lei. Veral as daar ‘n toename is in die vlak van ontevredenheid oor stygende koste en swakker dienslewering.
April Moord: Saak weer uitgestel KLEINMOND – Die gereg se swaard hang al vir ‘n rukkie oor die drie verdagtes wat tereg staan op die moord van die jong Nigel April vroeër vanjaar. Ethan Hoffman, Dustin Stewart en Philip Manual het verlede Vrydag wéér in die landdroshof op Caledon verskyn. Die saak is uitgestel en die drie moet weer op 24 Oktober in die hof
verskyn. Dit kom ná die jong April op verkiesingsdag vermoor is, slegs ‘n dag voor sy 19de verjaardag. Hy is talle kere met ‘n mes gesteek waarna hy vir dood gelos is in ‘n oop stuk veld in Nemesia Laan. Hy het nog gelewe toe die polisie by die toneel opgedaag het, maar het kort daarna aan sy wonde beswyk.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
Bladsy 6
Skielike bedankings laat talle vrae HERMANUS – Die onverwagse bedanking hier van twee senior DA raadslede van die Overstrand munisipaliteit het tot heelwat gissinge aanleiding gegee. Die burgemeester, me Botha-Guthrie het by verlede week se raadsvergadering aangekondig dat raadslede Ben Solomon en Pieter Scholtz gaan uittree. Solomon se bedanking was met onmiddellike effek en hy het nie die raadsvergadering bygewoon nie. By navraag het Solomon gesê die gesamentlike bedanking was nie bepland nie, maar bloot ‘n sameloop van omstandighede. Hy wou hom nie uitlaat oor beweringe dat daar persoonlike verskille tussen
hom en die burgemeester was nie. Solomon, wat een van die belangrikste portefeuljes in die raad – finansies – beklee het, het gesê hy voel hy kan steeds ‘n belangrike bydrae tot Hermanus en die streek maak en sou graag wou. “ Mense is welkom om met my te kom gesels.” ANC raadslid, Patrick May het aan die Herald gesê hy vermoed beslis onraad in die DA koukus. “ Hulle speel egter hul kaarte baie naby aan die bors”. Hy het gesê hy vermoed dit het te make met die groeiende finansiële druk waaronder die munisipaliteit verkeer en raadslede se verskillende menings oor hoe dit aangespreek moet word.
Perlemoen smokkelaar vas in Somerset-Wes SOMERSET-WES - ‘n 26 jarige man van Zwelihle in Hermanus is verlede week Donderdag hier vasgetrek met perlemoen met ‘n geskatte waarde van R1.5 miljoen. Volgens kapt. FC van Wyk, provinsiale polisie woordvoerder, het die polisie inligting ontvang van ‘n Isuzu bakkie wat
moontlik perlemoen vervoer op die N2 digby Somerset-Wes. “Nadat lede van die polisie die voertuig opgemerk het, het ‘n jaagtog ontstaan. Die voertuig is afgetrek en die verdagte is in hegtenis geneem”, sê Van Wyk. Volgens hom is die voertuig deursoek en sakke perlemoen gevind.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 7
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 8
Munisipaliteit blink uit
www.overstrandherald.co.za
AfriForum het in Junie 2014 hulle #SkoonSA-projek voltooi en was beïndruk met, maar ook teleurgesteld oor wat by die verskillende vullisterreine regoor die Wes-Kaap gevind is. Een munisipale stortingsterrein wat die organisasie egter beïndruk het, was die terrein by Karwyderskraal. Afriforum het al die vullisterreine besoek, waar hulle die oudit volgens ‘n standaardvraelys uitgevoer het. Die terreine moet onder meer oor ’n permit of afvalbestuurlisensie beskik, moet behoorlik omhein
wees, en afval moet daagliks gekompakteer en met grond bedek word om te verhoed dat die wind die rommel wegwaai. Die organisasie het ’n klein teken van waardering betoon deur ’n sertifikaat aan die munisipaliteit te oorhandig. “Die Overstrand se Karwyderskraal-stortingsterrein se bestuur is van ‘n hoë standaard en het 96% in die veldtog behaal. AfriForum wil die Overstrand Munisipaliteit bedank vir hulle goeie werk en toegewydheid”, het Marianne Rossouw, voorsitter van die Overstrand-tak, gesê.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 9
Overstrand Herald
Voorheen
2 Oktober 2014
Bladsy 10
Nou
Bekende Pringlebaaier warm onder die kraag Uitsig nou daarmee heen
PRINGLEBAAI – Bekende akademikus en huiseienaar van Pringlebaai, prof Deon Knobel, sê hy is witwarm onder die kraag oor ‘onaanvaarbare praktyke’ rondom bouwerk op dié kusdorp. Knobel, wat ‘n vakansiehuis in Ann Weg besit, vertel in ‘n brief aan die Herald dat hy vroeër vanjaar ‘n brief van ‘n omgewingskonsultant, mnr Doug Jeffrey, ontvang het oor die voorneme van sy buurman, om sy huis (Ann Weg 577) te sloop en ‘n nuwe te bou. “In die brief is ek en my naaste buurman, mnr Arend Doorduin, versoek om die voorgenome projek te bestudeer en te bevestig of daar enige beswaar daarteen is. As eienaar van die naasliggende eiendom by 578 Ann Weg, het ek dit noukeurig nagegaan en geen beswaar gehad teen die effense uitbreiding na die suide/ straatkant of na die ooste, nader aan my erf nie. Daar is verder uitdruklik in paragraaf 2 van die dokument bevestig dat (ek haal aan) – “The new residential dwelling will not be situated closer to the Buffels River than the existing dwelling with the majority of the increased cover of the development footprint taking place on the eastern and southern boundary of the site (towards Anne Road.)” “Met my aankoms verlede week om vir ‘n paar dae in my huis te vertoef, vind ek tot my ontsteltenis dat die bouwerk aan
die huis, wat reeds ver gevorder het, baie nader aan die rivier strek as wat op die voorgelegde dokument aangedui is. Ek het dadelik met mnr. Danie van Zyl van die munisipaliteit op Kleinmond geskakel wat my toe meedeel dat my buurman self die Departement Omgewingssake genader het en so toestemming gekry het om die voetspoor-grens nader aan die rivier te skuif. Hierna het ek ook met mnr Simson van stadsbeplanning in Hermanus gesels wat my min of meer dieselfde verklaring gegee het. Op my dringende vraag hoekom daar oorspronklik toestemming gevra is en daarna nogtans “agter ons rug” aansoek gedoen is by Omgewingssake, is ek meegedeel dat die nasionale departement se besluit die besluite van streeks- en plaaslike departemente “override” of iets van die aard, en dat dit nie nodig was om weer toestemming van naasliggende eienaars te verkry nie. Dit klink vir my na totale vertrapping van demokratiese en wetsbeginsels.” “Hierna praat ek op Vrydag 26 September met mev. Natasha Bieding van Omgewingsake, en ek verstaan toe dat sy self op die terrein was en die aansoek geteken en goedgekeur het. Na my beswaar dat dit geen sin maak om eers vir toestemming te vra en daarna die voorwaardes te verander nie, het sy my vandag, Maandag (vervolg op bl 12)
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 11
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 12
Warm onder die kraag (vervolg van bl 10) 29 September ‘n e-pos gestuur waarin sy sê dat die saak aandag geniet. Ek is meegedeel dat die nuwe toegewing iets soos 5 meter van die rivier sou wees en in werklikheid 7.2 meter van die rivier gebou word, en ek is byna laat voel dat ek dankbaar behoort te wees oor die toegewing. Ek is geweldig spyt dat ek enige dokument geteken het en selfs die nader skuif aan my noorde kant, want hy lê nou reg op my grens. En as ek meegedeel was dat die rivier deur die bouwerk genader sou word het ek definitief nie geteken nie. My laaste stukkie uitsig op die branders wat op die rotse by die riviermond breek is uitgewis en my privaatheid aan die kant van die rivier, waar my onthaalarea is, is totaal vernietig.” Red: Die Herald het bostaande aan sowel die Overstrand munisipaliteit as die departement van Omgewingssake voorgelê vir kommentaar, maar het met die ter perse gaan van die koerant nog geen kommentaar van hulle ontvang nie.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.
Daar is ‘n tyd vir alles Die skielike bedanking van twee van die Munisipaliteit Overstrand se mees senior raadslede sal ongetwyfeld baie vrae laat ontstaan. ‘n Logiese gevolgtrekking sal wees dat daar ‘n tyd is om te kom en ‘n tyd om te gaan. Hulle het om een of ander rede besluit op die laaste uitweg. Snaaks genoeg, ek het gemeen dit is ‘n Bybelse waarheid, maar in Prediker 3 se lang lys van dinge wat hul vaste tye het, staan daar niks van kom en gaan nie. Die teenstellings is tussen geboorte en sterfte, plant en oes, die neem van ‘n lewe en die red van ‘n lewe, afbreek en opbou, huil en lag, treur en dans en laer af ook stilbly en praat. Tog in die volksmond verwys ons graag na kom en gaan. Dikwels wanneer jong mense in ‘n magsposisie kom, sal hulle belowe dat as hulle nie meer kan of wil dien nie, sal hulle gaan, maar hoe langer iemand in daardie posisie bly, hoe moeiliker word dit om daarvan afstand te doen. Vra maar vir die Zimbabwiese president Robert Mugabe. Wat sal ‘n mens laat beweeg om uit sy magsposisie te tree? Ons het na die onlangse verkiesing gesien hoe die vorige Minister van Toerisme, Marthinus van Schalkwyk, die Parlement soos ‘n warm patat gelos het toe hy
nie weer President Jacob Zuma se kabinet gehaal het nie. Was dit ‘n goeie besluit? Hy was tog ‘n harde werker en jonk genoeg om weer die guns van ‘n president te wen as hy aangebly het. Toe ek hom onlangs by die reuse-koorfees in die Grand West Casino se Arena gesien het, het hy vir my ‘n bietjie verkreukel en verstote gelyk. Pallo Jordan het aan die ander kant weer die morele hoë grond bestyg toe hy onmiddellik uit die Parlement bedank het toe die skandaal oor sy akademiese kwalifikasies breek. Daar was selfs sprake dat een van ons instellings vir hom ‘n eregraad moet gee. Duidelik het hy die regte ding gedoen en word hy daarvoor gerespekteer. Jare gelede toe ons nog in die Grensoorlog gewikkel en ek die skakeloffisier van die SWA Gebiedsmag in Windhoek was, is ons in die “Veiligheidsmagte” deur die skielike bedanking van die Hoof van die Weermag, genl Constand Viljoen, geskok. Die gewilde generaal het ‘n reis deur die land en die destydse SWA/Namibië onderneem om sy optrede te verduidelik. Ek kan goed onthou hoe hy in Windhoek vir ons gesê het die Grensoorlog, wat toe al reeds 25 jaar aan die gang was nog lank gaan duur en dat dit tyd was vir ‘n jonger leier om by hom oor
te neem. Sy verbasing was seker net so groot soos myne toe die ouer Jannie Geldenhuys die leisels vat en die oorlog twee jaar later beëindig. Winston Churchill met sy fyn woordvernuf het die Engelse spreekwoord “commeth the hour, commeth the man” letterlik uitgeleef toe hy sy land deur die krisistye van die Tweede Wêreldoorlog gelei het, net om daarna deur die kiesers by die stembus verwerp te word. Dieselfde geld ons eie Veldmaarskalk Jan Smuts wat in sy tyd Suid-Afrika se grootste wêreldfiguur was, maar in die 1948-verkiesing nie sy eie setel kon behou nie. Aan die ander kant kan ‘n mens ook vra of Nelson Mandela nie dalk tog moes oorweeg het om vir ‘n tweede termyn te dien nie. Sou ons nie dalk verder op die pad van versoening en nasiebou gevorder het as hy gebly het nie? Wat raadsheer Pieter Scholtz en rdl Ben Solomon betref, weet ons dat albei aanstaande jaar sewentig word. Ons weet ook dat munisipale verkiesings in 2016 gehou word en dat dit ontsaglik baie verg van die DA om sulke verkiesings te veg. Hy kan nie staatmaak op die misplaaste lojaliteit van
Bladsy 13 kiesers wat meen hulle is deur ‘n sekere party bevry nie. Elke kieser moet oortuig word dat die DA sy stem verdien en dat hy hom vir ‘n samelewing met oop geleenthede vir almal moet beywer. As jy nie verder in die politiek wil gaan nie, is dit dus nou die tyd om uit te tree. Maar dan moet hulle dit hard en duidelik sê sodat daar nie onnodig gegis word nie. Miskien moet hulle ‘n blaadjie uit Generaal Viljoen se boek neem. Al word hulle deurtyd verkeerd bewys. Want ek dink die Afrikaanse kiesers hou van ouer leiers, want hulle glo met grysheid kom wysheid. POTJIEKOS AL WAT BLY Ek het nogal gebrand om meer uitvoerig op Tony Ehrenreich se uitnodiging na sy “fundraising” te reageer, maar netnou word hy kwaad vir my. Ek moedig lesers aan om die funksie te ondersteun want dit klink vir my grense word met die poging verskuif. Na dese sal organiseerders anders moet dink oor die geleenthede wat hulle wil reël. Ek is net bly potjiekos bly een van die kernfasette daarvan. Tony kan gerus een van sy resepte met die lesers deel.
Nuwe supermark nog op koers, maar die wiele draai stadig KLEINMOND – Planne vir nog ‘n winkelsentrum op die perseel van Mtimkhulu Village in Kleinmond se hoofstraat is nog op koers, maar daar is nog heelwat hekkies wat oorgesteek sal moet word. Na wat die Herald verneem het mede-eienaars van die grond, Deon en Gerda Hattingh tot ‘n vergelyk met die munisipaliteit gekom oor grootmaat dienste
heffings. Volgens John Mc Laclan van Planactive konsultante sal daar, sodra dié proses afgehandel is, voortgegaan kan word met die onderverdeling van die grond. Hy sê die werklike projek kan dan eers werklik op dreef kom. Dit beteken egter dat Kleinmonders nog lank sal moet wag vir nog ‘n supermark.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 14
Byna 100 patrolleer al Daar is gedurende die afgelope week (eindigende 28 September) weereens ’n verbetering in die voorkoming van misdaad teenoor die vorige week aangeteken. Byna al die misdaad wat gerapporteer is, het in die Noordwes-wyk plaasgevind. KSW is nou besig om inwoners in hierdie deel van die dorp te vra om insette te gee oor hoe die probleem aangespreek kan word. Daar was verlede Saterdag ’n suksesvolle lede- en fondswerwingveldtog by die ingang van SPAR. KSW se ledetal is verhoog en die gesamentlike bydraes om die koste van patrollies en noodsaaklike toerusting te help dek is nou al meer as R6 600 per maand. Hierdie was ’n nood-poging om ondersteuning aan die klein groep mense wat tans die volle lading van die patrolliewerk doen, te ondersteun. Saam met die twee oop vergaderings van vroeër die maand, het die getal van mense wat ingewillig het om te help met die patrolliewerk binne twee weke van 25 tot 96 gegroei. Hierdie is ’n raps meer as die helfte van die getal vrywilligers wat nodig is om te verseker dat mense nie meer as een skof per week hoef te neem nie. Die mikpunt is dus om hierdie getal te probeer verdubbel en daardeur te verseker dat die projek volhoubaar is en die las nie te veel raak vir die huidige vrywilligers wat groot persoonlike opofferings maak ter wille van duisende inwoners wat die voordele hiervan geniet nie. KSW sal deur sy netwerk van Wykskoördineerders en Straatkoördineerders in Oktober die volgende fase van sy aksieplan in werking stel. Die mikpunt hiermee is om veel
meer inwoners en huiseienaars betrokke te kry by die poging om Kleinmond so vry as moontlik van misdaad te hou. This past week (up until Sunday 28 September) we again saw further improvement upon the previous week. Of the reported incidents of crime, almost all took place in the northwest ward. This is an area of town that needs attention and KSW is now asking residents to give input about how to address this challenge. A very successful recruitment and fundraising drive took place at the entrance to SPAR last Saturday, increasing the membership of KSW and raising the combined contribution towards the cost of night patrols and essential equipment to over R6 600 a month. This was an emergency effort to assist the few who have until now carried the full load of night patrols. This appeal, together with the two general meetings, has resulted in increasing the number of those willing to patrol at night over the past fortnight from 25 to 96 which is just more than half the number needed to limit night watch duty to once a week per volunteer. This number needs to double to avoid current willing volunteers from feeling the strain of having to be on duty twice a week and deciding against continuing to make their personal sacrifice on behalf of the thousands who benefit from their effort. KSW, through its network of Ward Co-ordinators and Street Co-ordinators, will shortly be rolling out the next phase of its campaign aimed at involving all residents of Kleinmond to take responsibility for keeping their village free of crime. John Tanton & Vic Brink
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
HPV Vaccination Round 2 starts During April 2014 Western Cape Government Health (WCGH) in conjunction with the National Department of Health vaccinated the first round of nine-year-old girls against the Human Papillomavirus (HPV). Each girl should receive two vaccinations: the initial vaccination and a follow-up booster vaccination. Starting today, the follow-up or booster dose of the HPV vaccination will be administered: to all girls in Grade 4 who received the first dose in April this year. The second round will run from 29 September to 31 October 2014. Those girls who were not yet nine (9) years old during the first round in April, or did not return the signed consent form to the their school, will now also have the opportunity to receive the vaccination. This small group (approximately 13% of the total group), will receive their booster shot during the 2015 campaign. Human Papillomavirus (HPV) is the virus that causes Cervical Cancer, the vaccination protects women from being infected by HPV and thus reduces the risk of developing HPV related cervical cancer later in life. Cervical Cancer is the second most prevalent cancer among women after Breast Cancer. The HPV vaccination that is used is Cervarix® and protects the girl specifically against HPV strains
16 and 18 which are the most virulent types of HPV. The vaccination’s efficacy against contraction of the virus is proven with marked decreases in the incidence of HPV infection in countries such as the USA, India and the UK, where the vaccine has been available for a while. Vaccination remains the safest method to prevent illness. Only girls who return their consent forms or formed part of the first round of the campaign will be vaccinated. Western Cape Health Minister, Theuns Botha said: “We now have the opportunity to reduce this illness significantly. What is required from government is effective vaccination. Our health teams have started visiting schools around the province to vaccinate Grade 4 girls. We ask that parents and care givers take responsibility for their daughter’s health.” For more information on HPV, the vaccination and how to ensure that your daughter stays HPV free, please visit the following link: htt p : / / w w w.we ste r n ca p e . gov.za/general-publication/ frequently-asked-questionsabout-human-papillomavirushpv The information is available in all three languages of the Western Cape.
Holiday fun for kids KLEINMOND - Hierdie vakansie hoef kinders nie verveeld by die huis rond te hang en hul ma te frustreer nie. Verskeie gemeenskapsorganisasies het hande gevat en bied nou drie dae van pret op die hoofstrand aan. Kids can come and join the fun from 8-10 October. Organised games such as beach volley ball, beach soccer, tug of war (toutrek) and such like will be
presented for the older kids while other attractions, such as a puppet-show will amuse the little ones. One of the organisers, Heleen Schliep, says because so many organisations are involved, donors were more easily found and small lunch packs can now also be provided. For more information call 083 533 9303
Bladsy 15
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? I am not an African Op 8 Mei 1996 het voormalige president Thabo Mbeki die “I am an African” toespraak gemaak. Vandat ek dit gehoor het sit ek daaroor en tob. Agt jaar lank prut dit iewers in my kop. En nou kan ek onomwonde verklaar: I am NOT an African.” Wat ek weliswaar is, is ‘n Suid-Afrikaner van Europese herkoms. Ek voel ook nie skuldig daaroor nie. Om die waarheid te sê, ek is besonder trots op my voorsate, net soos ek glo die Africans trots is op hulle s’n. Wat ek ook weet, is dat almal wat nou in hierdie land bly, gevorm is deur die invloede wat die vorige mense op mekaar gehad het. Voor enige misverstande ontstaan, beter ek ewe vinnig verklaar dat net omdat (aangesien Maandag internasionale koffiedag was) ek meer van ‘n latté as espresso in die koffie-omgewing is, beteken dit nie ek ag my beter as my mede-Suid-Afrikaners wat minder, meer of geen melk by het nie. Ons is almal koffie van ‘n aard. Nie dat ek my verbeel die melk wat by my koffie gekom het, room is nie. Maar ek dink stellig dis darem nie suur of vrot nie. Dis vir my ‘n onding dat mense vanweë hul velkleur outomaties as ‘n groep in ‘n kamp gejaag word. Dit irriteer my grensloos wanneer iemand wat my van g’n Adam ken nie, my ‘n sogenaamde rassistiese grap in die oor kom fluister net oor ons naastenby dieselfde skakering koffie is. ‘n Grap is of snaaks, of hy is nie. ‘n Grap ten koste van
iemand anders is vir my net in swak smaak. Wat beteken dat ek nie die hoe-ha oor die twee tennissusters kan verstaan nie. Met hul innoverende haarstyle en tennisdrag, vra hulle dat iemand ‘n bietjie vir hulle lag. Dis wat gewone mense met glansmense doen wat hulself te ernstig opneem. Ek gee nie voor om te dink ek verstaan hoe mense van ander kulture dink nie. Behalwe die generiese term “mansmense”, want dis redelik eenvoudig. Maar oor ‘n bevolkingsgroep wat hul besondere kulture en tradisies het en volgens ‘n sekere ingesteldheid leef, matig ek myself nie aan om “te verstaan” nie. My agtergrond is Calvinisties en Europees. Ek het groot waardering vir Afrika en die tradisies van die mense. Ek dink ons het die mooiste land in die wêreld en ek het geen behoefte om te gaan kyk hoe lyk die natuur in ander lande nie. Maar my siel hunker daarna om te gaan kyk hoe lyk Europa, hoe lyk die kuns- en ander museums daar en ek wil die argitektuur en die katedrale beleef. En dan wil ek terugkom, want ek is ‘n SuidAfrikaner. Ek het al avonture in die wildernis van Namibië en Botswana gehad en dit was ongelooflik. Maar dan kon ek altyd weer terugkom na wat genoem word die beskawing. Ek verstaan nie die raamwerk waarbinne ander kultuurgroepe opereer nie. Ek verstaan nie die Midde-Oosterse denkwyse nie, en ook die Oosterse manier van redeneer nie. Ek
verstaan meeste van die tyd die Westerse manier van dink, maar ek hou nie noodwendig daarvan nie en ek stem nie met alles saam nie. Op die oomblik dink ek dikwels ons regering sê hoogs amusante dinge en neem vreemde besluite, maar, binne die raamwerk van ‘n kultuur wat ek nie begryp nie, maak dit seker sin. Ek moet bely, ek het die vorige spannetjie self nie aldag verstaan nie en ons
Bladsy 16 agtergrond was naastenby dieselfde. Ek neem aan, dis wat politiek doen: Dit skep ‘n kultuur van sy eie waarvan ek nie hou nie, maar dis my probleem waarmee ek moet saamleef. In Die Burger van Saterdag was ‘n advertensie wat 13 verskillende maniere van koffiedrink bemark het. Ons het 11 amptelike tale in Suid-Afrika. Ek voel baie tuis in my koffieland al is ek nie ‘n African nie.
Briewe
Government’s AIDS campaign aides smugglers A walk or jog along the coastal paths anywhere around Betty’s Bay marine reserve or further around Sea Farm where the private residents have made lovely coastal paths that will take you all the way to the Hangklip light house is a wonderful experience. Spring in the Western Cape is the time to experience the true diversity of indigenous flora and with a bit of luck you may see fauna such as a grysbokkie, a baboon family or mongoose. If you keep an eye out in the kelp you may be very lucky and see a cape clawless otter, and further out to sea, a southern right whale could be seen. If the sun is shining the diversity of the coastal indigenous flowers is quite exceptional. The various
colours shapes and patterns of all the plants also changes from week to week. Most of us walking or jogging along the costal paths between the colourful flowers have however often seen the bright blue little covers of those condoms that are freely available at all government/ municipal toilets. So what goes on after dark along the coast? Are the youth into wild sex orgies behind the rocky outcrops? The truth is that the condoms are used as a handy, freebie waterproof container for cell phones used by the divers, stripping out the last remaining perlemoen for the smuggling gangs. (continued on p 17)
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Briewe (continued from p 16) During the course of about one year individuals of Sea Watch picked up the condoms during walks in the Betty’s Bay Marine Protected Area. In this time many sacks were filled, which demonstrates the scale of the stripping of our coast.
The pictures are indicative of the scale of illegal stripping of endangered marine life destined for the Far Eastern markets. The crime is on a similar scale to the tragedy happening to our Rhino herds. John Eccles
Hoog en droog en ver van die hawe
“Skippies”, Karvele (eintlik alle outydse vaartuie) fasineer my. Die twee outydse vaartuie naby die N2 langs die Eersterivier, het my gedagtes jare teruggeneem. Ek het gewonder hoe Simon van der Stel dit sou ondervind het 335 jare gelede toe hy Stellenbosch in 1679 gestig het. Was dit ook so ‘n mooi lentedag soos vandag? Het die Eersterivier ook so sterk gevloei soos tans na die winter? Ek ry langs die rivier in die rigting van Stellenbosch, sien in
my truspieëltjie hoe van Hunks besig is om Tafelberg se mussie te brei. My eerste gedagte was dat hierdie skippies hier MOET staan – dit is immers hulle wat die beskawing vanaf Jan van Riebeeck se tyd Kaap toe gebring het. Voorts ry ek deur Stellenbosch, bewonder die lente skoonheid, raak nostalgies en weer eens opgewonde dat ek met die “Skippies” die verlede kan invaar. Nols Geldenhuys
Vroue van die uitreikgroep kamp lekker KLEINMOND - Die uitreikgroep se jaarlikse kamp (19-21 Sep) was ‘n groot sukses en vroue het weggegaan met ‘n blywende boodskap: ‘Vroue wat glo leef anders’.Baie dankie vir almal wat ‘n bydrae gelewer het,
hetsy deur donasies of anders. Jul ondersteuning word altyd opreg waardeer. Die program was baie intensief, maar daar was ook tyd afgeknyp vir mosaïk, handwerk en lekker kuier om die breipenne.
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 17
Dankie polisie Maandagaand ongeveer 20:30 het ons hondjie woedend begin blaf. Ek het dadelik besef daar is fout en toe ek die voordeur oopmaak, sien ek ‘n persoon wat met iets op die grasperk voor die huis besig was. Toe ek hom redelik oortuigend aanspreek, het hy baie vinnig gevlug. By nadere ondersoek is bevind dat die kragdraad wat hy aan die deurknip was van die paal tot op die gras gehang het. Dit was ‘n redelike lang stuk draad waarmee die dief gelukkig nie weggekom het nie. Ek het dit dadelik gerapporteer en die polisie was binne minute op die toneel. Twee vriendelike polisiemanne het
die munisipaliteit dadelik van die probleem in kennis gestel en die los stuk draad is kort daarna verwyder. Daar is Maandag aangekondig dat kabeldiefstal as ekonomiese sabotasie geklassifiseer sal word, wat dit inderdaad is. Met swaarder strawwe kan dié probleem moontlik verminder. Ek wil graag ons dank betuig vir die vinnige bystand van die polisie en hul effektiewe optrede, asook die werk van die betrokke munisipale amptenare. Dit word baie waardeer. Ons is m.i. nog gelukkig om in Kleinmond oor sulke nooddienste te beskik. Dit is beslis nie oral in ons land die geval nie. Johan Jacobs
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 18
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 19
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 20
Klas kom aangery KLEINMOND - Die nuwe klas wat by Laerskool Kleinmond opgerig word, het verlede Donderdag op ‘n vragmotor vir abnormale vrag op die dorp aangery gekom. Mnr. Gys Huisamen, skoolhoof, sê die klas behoort binne die volgende maand geïnstalleer en reg vir gebruik te wees.
Die klas word deur die departement van openbare werke in opdrag van die WKOD opgerig. Die klas kom in die plek van die vorige asbes-opslaanklas wat in Augustusmaand 2013 deur ‘n stormwind aan flarde gewaai is.
Horse-riding KLEINMOND - Two sisters from this school really know how to strut their stuff when it comes to horse-riding. Jemma and Isabella Anderson both took part in the WP Lower Novice Dressage Championships held in Constantia on Saturday. Isabella on Kochia Bannut Kintillo won the 10 and unders off the lead special prelim test 1. Jemma on
her faithful Halliford Shooting Star won the Pony Rider WP champion. Furthermore she attained a second in the Novice 1 Class and again won Novice 2 with a score of 68%, winning the Supreme champion in the WP and carrying off the Vaderland Rietvlei Floating Trophy as well as a beautiful leather halter and two cash prizes.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Hier verskyn die wenners van pryse wat gewen kon word na die Kiekieklub hul opleidingsessie by Laerskool Kleinmond aangebied het. Zimé, Dylan en Catlin staan hier by Gerhard van Helsdingen, voorsitter van die klub.
Kleinmond kiekieklub KLEINMOND - Die Kiekieklub het as deel van hul visie om binne die gemeenskap betrokke te raak, ‘n groep leerders van Laerskool Kleinmond aan fotografie bekend stel. Gerhard van Helsdingen, voorsitter, sê met die samewerking van die skoolpersoneel het die Kiekieklub twee opleidingsessies aangebied wat deur ongeveer 15 kinders bygewoon is. Tydens die sessies is die basiese teorie van fotografie aan die leerders verduidelik waarna hulle dit prakties kon gaan toepas en oefen. Hulle het met
groot entoesiasme daaraan deelgeneem. Om hul belangstelling verder te prikkel het die klub hulle uitgedaag om elkeen ‘n foto te neem waarin die kleur rooi sterk beklemtoon word. As motivering vir deelname het Anmar Marais van Chas Everitt R300 geborg. Die drie leerders wat na die oordeel van die beoordelaars die beste foto’s ingelewer het, het elk R100 ontvang. Hulle is Zimé le Grange (gr. 5), Dylan Erasmus (gr. 4) en Caitlin Stofberg (gr.6).
Important notice The creche fundraiser is not under Cosatu but in Tony Ehrenreich’s personal capacity all welcome. No alcohol sales
Bladsy 21
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 22
SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
Hier verskyn Sumaré by Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum
AfriForum help Sumaré met projek KLEINMOND - Sumaré Prinsloo moes vir haar gr. 10 leerplan ‘n navorsingsprojek oor die omgewing doen en sy het AfriForum om ondersteuning en raad gevra. Sumaré is ‘n uiters begaafde musiekleerling wat tuisskoling ontvang, sodat sy die nodige aandag aan haar musiekopleiding kan gee. Vir die projek moet sy ‘n kontemporêre omgewingskwessie eie aan in die Kleinmond area ondersoek.
Marianne Rossouw van Afriforum het Sumaré betrek by die organisasie se program wat betref die uitroei van die riete in die Kleinmond strandmeer wat alle ander plantegroei verswelg, wat toe ook die leerder se navorsingsprojek geword het. As verdere deel van haar gemeenskapsdiens het Sumaré betrokke geraak by AfriForum se boomplantprojek tydens boomplantweek.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Pikkewyne leer van ‘n kitaar en trekklavier BETTYSBAAI - Woensdag het die kleingoed by Pikkewyntjies ‘n heerlike verassing gehad toe Sandra Taljaard ‘n boodskap, gestuur het dat sy ‘n interessante besoeker bring.Die verrassing was haar man, Sedrick wat twee snaakse sakke ingedra het. Die kinders het in afwagting gesit! Uit die eerste sak het ‘n kitaar gekom waarmee hy hulle begelei het van Sarie Marais tot Suikerbossie. Die kinders het
gedans, gesing en ook hul eie musiekinstrumente gebruik om te deel in die groot pret. Toe haal hy ‘n ding uit ‘n sak wat nie een van die kinders toe nog ooit gesien het nie! Die trekklavier wat Sedrick toe begin speel het, het die mondjies het behoorlik laat oophang. Die Taljaards het die kinders se dag heelik opgekikker en hul horisonne verbreed.
Menings van ons lesers *What is the status of the Christa Ross murder case. Is the NPA going to prosecute or not? Surely we have the right to know. *Waarom Gerrit Maritzstraat uitsonder “as nie meer veilig nie”? Elke dag vind daar onheilighede soos koperdiefstal en inbrake plaas, oral in Kleinmond. Inwoner van Gerrit Maritzstraat. *In die geval van Mev Koegelenberg; Jy het n vaste adres, jy het haar vingerafdrukke, haar besigheidsadres , dalk kan jy borg uitreik want sy sal betaal; maar nee jy het ‘n muis kom skiet met ’n kanon. (Red:verkort) *Aan die persoon/instansie wie die plankie wandelpad langs die kus aan Palmiet herstel en oor die modderige dele verleng het, ons opregte dank en waardering. André en Esma Momberg *Red: Speel asb die bal en nie die man nie. Aan die leser wat skryf: Waarom Gerrit Maritzstraat uitsonder? Dit was nie die geval of die bedoeling nie. Gaan kry weer. Ons het bloot die slagoffer aangehaal.
Bladsy 23
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 24
Seniors Speledag hou litte los KLEINMOND - Die Kleinmond Senior Burger Klub het op 4 September in die Stadsaal ‘n baie geslaagde Speledag aangebied. Daar was ‘n heerlike atmosfeer toe die spanne met krete, danse en vrolike liedjies hul span voorgestel het. Elke deelnemer het aan die joligheid en pret deelgeneem Die dag is met skriflesing en gebed geopen deur ds. Hannes Smit. Mnr Desmond Lakey, areabestuurder, het die amptelike opening waargeneem. Die seniors het sy teenwoordigheid hoog op geprys gestel. Dit was heerlik om 14 spanne van verskillende klubs te kon ontvang. Die kompetisie tussen die spanne was baie duidelik sigbaar. Dit was dan ook die rolbalspan wat met die eerste prys weggeloop het. Onder groot opgewondenheid en toejuiging het hulle die trofee ontvang van rdl. Liesel Krige wat goedgunstiglik ingestem het om die pryse te kom oorhandig. Die tweede prys is verower deur die Kleinmond Jukskei Klub en die VLV het die derde plek ingeneem. Die meeste punte deur ‘n dame is deur me. Ingrid Roelofse ook van die rolbalspan ingeoes, terwyl die beste mansspeler, mnr WP Straus was, wat die NG Kerkraad verteenwoordig het. Na die opgewondenheid van die dag se bedrywighede is ‘n heerlike ete van kerrie en rys voorgesit. Groot dank is verskuldig aan elkeen wat ‘n bydrae tot die suksesvolle dag gemaak het.
Die komitee waardeer elkeen se gewilligheid, tyd en talente wat hulle tot die seniors se
beskikking gestel het om die goed georganiseerde spele te kon aanbied. Dit is beslis ‘n dag
op die senior burgers se kalender wat wonderlik ondersteun word. (Melanie Wiles)
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 25
Nuut op die dorp KLEINMOND - Mnr Golam Murtuza is die nuwe eienaar van die Foodzone supermark in die hoofstraat. Hy is van Bangladesh maar woon die afgelope ses jaar in Woodstock in die Kaap waar hy ‘n wegneemete onderneming bedryf het.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 26
Post Office staff do their bit for the community On 24 September, Heritage Day also called “nasionale braaidag” Rehann Eygelaar and his staff from the local Post Office entertained the 20 children and staff of Overstrand Child and Youthcare Centre with a braai. “We collected money amongst ourselves and got some donations from our local Spar and Safe Security company to fund the event. We enjoyed the day very much and it certainly gave us a lot of joy to see all the happy faces.”
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 27
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 28
Sportdag teen misdaad was groot pret
‘n Groepie deelnemers met waterbottels wat deur Albertyn Apteek geskenk is.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 29
Sportdag teen misdaad Die Sportdag Teen Misdaad verlede Woensdag (24 September 2014) was vir die jong Hangklip-Kleinmond Sport en Kultuurorganisasie in vele opsigte ‘n vuurdoop, een wat na ‘n hakerige begin met vlieënde vaandels geslaag is. ‘n Gesukkel met die klankstelsel aan die begin van verrigtinge het die program lank vertraag, maar toe dit eers aan die gang was is die toeskouers met ‘n ryk verskeidenheid getrakteer. In die program was optredes deur die Handevat-marimba-orkes, die trompoppies van Kleinmond Primêr en ‘n hondevertoning deur die Lugmagbasis Overberg ingesluit. Kort maar kragtige boodskappe is gelewer deur Vincent Daniels, voorsitter van Sport Against Crime, wyksraadslid Philip Appelgrein en pas aangewese Onderburgemeester Rudolph Smith. Almal was dit eens dat ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves en dat sport geleentheid bied om ander beter te leer ken en goeie verhoudings te bou. Die sport het gewys dat daar groot talent onder die jeug en ook ouer mense op die rugby- en sokkervelde asook netbalbane is. Plaaslike uitblinkers onder die wenners op die dag van die dag was die o12 netbalspeler Chrislynn Visser, die o13 netbalspeler Elanka Lordan, die o12 rugbyspeler Leighton Swartz en die o13 rugbyspeler Waylon Reyneke. ‘n Groep seuns het ook deelgeneem aan ‘n rugbykliniek wat deur die Springbok Bolla Conradie en verskeie ander provinsiale rugbyspelers aangebied is. Die SA Lugmag en Kelford’s het gebruik gemaak van die ruimte langs die bane wat vir uitstallings deur borge opsy gesit is. Jong mense kon meer hoor oor die militêre vaardigheids-
ontwikkelingsprogram wat die SA Nasionale Weermag aanbied, terwyl belangstellendes verskeie nuwe modelle van Ford kon toetsbestuur. HKSKO-voorsitter William August het groot waardering teenoor Build It, Albertyn Apteek, ST Motors, Crispin Sonn, Account Solutions, Sir Lowrian’s Rugby, Coke, Fruit and Veg en die Narrative Foundation uitgespreek vir die bydrae wat hulle tot die sukses van die dag gelewer het. Die Overstrandse Munisipaliteit het, volgens August, uit sy pad gegaan om die terrein gereed te kry en te verseker dat alles ordelik op die dag verloop. Hy het ook sterk gesteun op die reelingskomitee wat bestaan het uit Vincent Daniels, Heleen Sliep, Fanie Krige, John Knight en die verteenwoordigers van die verskillende sportkodes. Die aankondiger, Dencil Arendse, rugbyskeidsregters Marcello October, Cabun Abrahams en Raymond van Wyk, die netbalskeidsregters, die terreinbeamptes en die skoonmakers wat vrywillig en sonder vergoeding diens gelewer het, het ook vermelding gekry. Kleinmond Welsyn (Kindersorg) het vir twee groot potte sop gesorg teen etenstyd. Mnr August meen die HKSKO het bewys dat hy ‘n rol het om te speel en sê die volgende groot projek sal wees om erkenning te gee aan sportklubs, kultuurgroepe en individue wat die afgelope jaar gepresteer het. ‘n Aankondiging hieroor word binnekort gemaak. Daar word weer ‘n sportdag teen misdaad vir vroeg aanstaande jaar beplan en August nooi al by voorbaat besighede, organisasies en sportkodes om met hom by 082 843 3861 kontak te maak.
www.overstrandherald.co.za
Papiermakery by Allerlei As deel van Nasionale Craftersweek het Marlene Lewis op 25 September ‘n kursus in papiermakery by Allerlei aangebied. Hier help sy vir Jemima en Debbie met hul eerste probeerslae.
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
DAGBOEK
3 & 4 Oktober: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249.
Bladsy 30
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Ondersteuningsgroep vir depressielyers ontmoet elke Vrydag. Kontak Corrie by 0848775356/0282713865 en kom sluit gerus by ons aan. 2 Oktober: Kleinmond Senior Burgers by die NG Kerksaal. Kom geniet ‘n musiek program om 15:00. 4 Oktober: Craft Market in the Pringle Bay Community Hall from 08:30 - 14:00. For table bookings contact Rina Scholtz 073 203 1487 / 028 273 8440 6 Oktober: Seëlklub om 17:30, Rolbalsaal Hermanus. Navrae 082 376 6252 23 Oktober: Vrouediens afsluiting om 15:00. Spreker Susan Coetzer. Kaartjies beskikbaar by NG Kerkkantoor @ R35 p.p. Skakel 028 271 3470 27 Oktober: Kleinmond Leeskring vergader om 15:00 in die biblioteeksaal. Die sneeuslaper van marlene van niekerk word deur Professor Gunter Pakendorf bespreek. Almal is welkom. Skakel Saryna by 082 378 0057 16 November: St Nicholas Anglican Church Kleinmond Gholf day at kleinmond gholf club. Please enter your friends, family and everyone that can play gholf. It is a fundraiser to build a fence around our church. To enter phone paulette @ 0729843707. Leilani 079 980 4540 / 028 272 9363. Please please please support us
GESOEK/ WANTED
Sandy is looking for a cleaning job for Mondays and Thursdays. Ph 078 945 7989. For a reference call 028 271 5981. Netjiese Dubbeldeur Staalkabinette of Dubbeldeur Staal Skryfbehoeftekaste in netjiese toestand dringend gesoek vir Koop. Asseblief geen kansvatters of mal pryse nie. Kontak dringend by 072 481 0658.
GEVIND/ FOUND
Rooi lees bril agter gelaat in Village Vibe Surf & Beach Shop, Harbour Road. Bel asb 0282 71 3295
TE KOOP/ FOR SALE
City Golf White 1995. Phone 083 244 9746/ 028 271 5434 Lexmark faksmasjien PTC 211-08-060 met handboek. Baie min gebruik in puik toestand. R400. Skakel 082 927 2512 Voëlhok te koop, groot genoeg vir pappegaai – R100. Kiddies Walking Ring R150. Skakel 061 444 2611 1 Tyre 175/65 R 14. met 40% loopvlak R150.00. Phone 074 263 5216 Volledige 4 stuk 6-hoekige swart eetstel R250 onka. Stewige hout lessenaar R300 onka. Koffieperkuleerder R250 onka. Skakel 076 673 3757. Garage Sale: o.a Matrasse, Lessenare, beddegoed, tuingereedskap, ens. 2de Laan 76. Sat 10h-15h00 Twee dennehout beddens (enkel) met sponsmatrasse. R350 elk of R650 vir beide. Ongebruikte Lasher roterende wasgoedlyn R400. Skakel 076 834 1293 Ronde sapelehouttafel 112cm deursnit plus ses cottage style stoele R975. Skakel 028 273 8231 / 072 397 7081 Karrimor Papoose 4 Baby Backpack Carrier, R150. Dunlop kids bicycle 20” wheels, R150. Phone 083 348 1782
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
BUKSIES
KRUPPS Coffee Machine 15 cups R300.00 Slow cooker hardly used R300.00. Phone 083 787 2211 MALAWI – Baskets (large & small), etc Also Wellingtons/Gum Boots, as new, Size 10; Earthern Ware Jars; electric items and irrigation stuff. Kom kyk self. Botrivierweg 61, Kleinmond. Embuia klerekas R1000 ona. Skakel 079 046 3863 Motorbatterylaaier R200. Victa Vac Trimrite 500 outdoor. Vacuum extractor. R350. Skakel 078 515 9058. Elektriese kombersD/bed. Puik toestnd. Skakel 028 271 3419 1x2seater canoe. Distributor for Bantam/Mazda. 1 set caravan mirrors. Phone 072 282 9096 4 good quality Pine kitchen chairs with tie on cushions. R100 ea. Phone 028 271 3007 Fourteen metal bar stools with upholstered seats in need of refurbishment. Fabric provided. R100 each. Call or sms 071 443 8819. 2 old Meranti driveway gates. 1,92m long x 92m high.. R1800 for both. Phone 076 714 4534 Stoel toilet/ Commode. Feitlik splinternuut. R400. Skakel 072 621 4260 1x3 stel kookpotte Nuut R100. Skakel 083 5644681. Akkerhoutstaanlamp R450. Bedlampie R50. Eetkamerstoel R300. Skakel 028 271 3496 Passive slimmer exerciser (skudmasjien). Skakel 028 271 3954/ 082 333 3207 Silwer geweerkluis - H 137 x B 45 x w 56. R1800 ohb. Skakel 084 411 4005/ 084 523 9807 Dubbelbed met matras (standaard grootte) soos nuut. R800. Skakel 083 640 3060. Kelvinator dubbeldeur yskas. R1000. Antieke yster/koper katel (dubbelbed) R 5000. Skakel 079 522 4183/ 028 271 3094 Opwip enkel motorhuisdeur. Volledig in goeie toestand. R800 ona. Skakel 082 459 6921 Ryoby cutting saw (metaal) R1200. Skakel 028 271 4325 Twenty one titles by Lawrence G. Green FOR SALE, published between 1933 – 1985. Some are First Editions and undamaged. Average price R100 per book. CONTACT: Pip Prinsoo (028 272 9949)
www.overstrandherald.co.za
Hello all you beautiful people I like to share this girl called Liefie and ask you guys to please share her as well and help her find a forever home. I don’t know much about her, but her photo caught my eye and after looking at it, I just knew I have to help this girl. Her whole body is telling me that she has had a hard life so far and will be so grateful for a home where she can be loved and cared for. Liefie is currently at Moorreesburg Vet (Western Cape), but she is sitting in a cage at the moment. They are looking for a forever home for her, but will settle for a foster home. Just to get her out of the cage at the vet. The vet thinks that she has been abused. She has gained some trust in people, but won’t it be awesome if we can get her a foster/forever home that will spoil her with all the love in the
Bladsy 31
world? Help her gain confidence? Show her that not all people are bad and that there is people in this world that will do everything and anything to protect her. Can we be that people please? The people that shows her, that we do have some good in us. Please contact Moorreesburg Vet directly on 022 433 4883. or contact Erika Senekal via Facebook or Danica on danicapalvie@ yahoo.com
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 32
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
Christian Revival Church “Mend the nets, the catch will be great” Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950
NG KERK: 5 OKTOBER 2014 08:15 Kerkgebou 10:00 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Ben de Wet Ds. Ben de Wet Ds. Nico Rabe
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 27 July 2014 - 15h30 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 33
Overstrand Herald
2 Oktober 2014
Bladsy 34
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SMS jou mening 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
2 Oktober 2014
Bladsy 35
Kleinmond golf results WEDNESDAY 24/09/2014 4BBB Stableford 47 players with two guests and the rest all members enjoyed a lovely afternoon of golf!!! 1) M Vosloo & S Upsher (49 Points) 2) J C Swart & K Olivier (46 points) 3) J Brayne & J Clifton (45 points) 4) L Van Zyl & K Geldenhuys (45 points)
Kleinmond weer bo! Na 4 rondtes in die Sondagliga is Kleinmond krieketklub weer aan die stuur van sake. Caledon het eerste gekolf en het ‘n goeie telling van 194/10 aangeteken. Kleinmond het op hul beurt ‘n verwoede aanslag op die boulers geloods. Divan de Wit moker 73 lopies van net 30 balle(hy het 9 sesse geslaan), Johan van der Westhuizen het met sy 35 lopies gehelp om die wind uit Caledon se seile te neem. Die boulers wat aanspraak gemaak het was C Jordaan met 3 paaltjies en D Gerber met 2. Die aangehegde foto is van Divan wat een van sy 4 x 6’e in ‘n ry geslaan het- dit wil gedoen wees. Kleinmond haal die telling toe in 27.1 beurte.
Die grootste vraag wat tans hang oor Kleinmond hang, is hoeveel lopies is genoeg om hulle te stuit! Die ander spanne sal moet hard werk om ons die jaar te keer! Sondag 5/10/2014 is daar 2 x 20/20 mayoral cup wedstryde op Kleinmond vanaf 10:00 en die Sondagliga gaan voort teen Stanford, op Stanford. Ons verwag nog ‘n riller daar. Kom ondersteun die manne asseblief. Kleinmond se Golfdag word 17/10/2014 gehou. Enige borge is welkom en 4 balle kan nog bespreek word. Kontak gerus vir Helma Potgieter op 0824432292 of per e-pos by helma@vodamail.co.za
SATURDAY 27/09/2014 4BBB Stableford The morning started off with rain but that didn’t stop our group of 47 players from Old Mutual playing golf! So by the time the afternoon field started the rain had gone and the sun was shining and 39 players had fun out in the sun! 1) W & C Van Heerden 2) D Ungerer & P Benade 3) F Bruwer & W Pienaar 4) R Lassen & J Whitehead
(47 points) (46 points) (46 points) (44 points)
W Van Heerden, M Kotze ( V Capt) C Van Heerden