Bettysbaai: Diewe teiken skootrekenaars en tablette
Sleephelling geniet aandag, sĂŞ ontwikkelaar van hawe
Kleinmond se Afrika-kampioen!
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 2
‘n Beskeie kampioen met groot drome KLEINMOND - Ons ou dorpie mag hier onder aan die Suidpunt van Afrika ‘n kolletjie wees, maar een van ons inwoners is ‘n groot atleet van wêreldgehalte. Victor Hogan (25) is die Afrikakampioen in skyfwerp (diskus). Die groot jong man is ‘n toegewyde Christen en ‘n ewe toegewyde atleet, want hy het besef dat die atletiektalent wat hy het, ‘n gawe is wat ontwikkel moet word. “Alle eer vir Jesus”, sê hy wanneer daar oor sy prestasies gepraat word. Praat mens met Victor oor waar hy al oral deelgeneem het, klink hy behoorlik soos ‘n jet-setter. Wanneer jy hoor dat hy klaarblyklik rits tussen stede soos Rome en Berlyn en Parys en Sjanghai en Moskou en Selinas, is die helfte jou nog nie vertel nie. Die man besoek nie al die plekke om sosiaal te verkeer nie, hy werk. Hy oefen. Hy ontwikkel sy talent. Hy neem deel aan wêreldbyeenkomste en dis nie speletjies nie. Victor is nou net terug van ‘n byeenkoms op Mauritius vir die lande van die Suider-Afrikaanse streek waar hy eerste in sy item was met ‘n afstand van 62,86m. Die volgende groot byeenkoms waaraan hy deelneem, is op 1 Julie in Nancy (Frankryk), op 7 Julie in Boedapest (Hongary) en 21 Julie in die Tjeggiese Republiek. Al hierdie byeenkomste is in aanloop tot die volgende atletiekwêreldkampioenskap wat van 19-28 Augustus in Beijing plaasvind. By die vorige wêreldkampioenskap wat in 2013 in Moskou gehou is, het Victor ‘n uitstekende vyfde plek behaal met sy gooi van 64.35m. Kort na die wêreldbyeenkoms in Augustus, vind die Afrikabyeenkoms gedurende September in Kongo-Brazzaville plaas. Tussen al die stede en byeenskomste lê ure en ure se oefen en oefen en nogmaals oefen. Maar, aangesien hierdie Victor se gekose loopbaan is, sit hy die ure in. Sy afrigter is
Kaai Preller, die man wat ook vir Frans Kruger afgerig het toe dié die diskus verder as 70m gegooi het. Preller hou hom positief en gefokus, veral wanneer ‘n byeenkoms dalk nie heeltemal soos beplan verloop het nie. Hoewel Victor sekere van sy oefeninge by die gimnasium op die dorp kan doen, het hy ook van sy eie apparaat waarmee hy by die huis werk. Dan is daar natuurlik nog die werk op die veld wat ook baie tyd verg. Die vliegtyd tussen byeenkomste neem ook nog tyd, wat dit dan verstaanbaar maak dat Victor se gekose lewe nie net rits en sosialiseer is nie. Die keuse om atletiek bo rugby en krieket te kies toe hy nog maar in gr.10 was, was ‘n groot besluit. Hy volg egter hierdie droom van hom toegewyd na: dag vir dag; oefening na oefening, en byeenkoms ná byeenkoms. Wanneer Victor aan die wêrelldbyeenkoms deelneem, sal dit as lid van die SuidAfrikaanse span wees. Daar is egter ook byeenkomste waaraan hy individueel deelneem en dan dra hy die kleure van sy borg, Adidas. Kos is vir Victor, soos vir alle professionele atlete, baie belangrik, maar nie soos ‘n mens dalk verwag as slegs groot hoeveelhede nie. ‘n Maaltyd, vertel hy, kan bestaan uit ‘n blikkie tuna en twee piesangs. Dit het genoeg proteïne vir ‘n gegewe maaltyd. Hy kyk hoofsaaklik na kos as die bron van die voedingstowwe wat hy nodig het. Hy drink baie water (in die buitland slegs gebottel) en soms sap of energiedrankies, maar hy hou nie van gaskoeldrank nie. Proteïn “shakes” is natuurlik baie belangrik. Maar braaivleis sal sy kop laat draai. Aangesien nog meer mense op die dorp nou bewus is van die datums wat binne die afsienbare toekoms aan Victor groot uitdagings stel, kan hy verseker wees van meer gedagtes en gebede.
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 3
DA leader in Overstrand The leader of the opposition Democratic Alliance, Mmusi Maimane, was the guest speaker at a fund-raising dinner for the party in Hermanus on Youth Day. The dinner was attended by 150 guests including the Executive Mayor of Hermanus, Nicolette Botha-Guthrie, DA MP Michael Cardo and Masizole Mnqasela, MPP. The formal dinner was held at Bona Dea Estate where the elegant guests were treated to a three course meal and Mr Maimane’s vision of the future for the country.
Overstrand Mayor, Nicolette Botha-Guthrie and DA Leader, Mmusi Maimane.
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 4
Hawe geniet aandag, sê WDK Wharfside Developments Kleinmond (WDK) se Johan Pauw het vandeesweek na aanleiding van talle klagtes oor die sleephelling by die hawe soos volg gereageer: As agtergrond net die volgende: Daar is, na aanleiding van behoeftes en tekorte wat Overstrand gehad het ten opsigte van munisipale infrastruktuur en dienste soos riool, krag ens, `n ooreenkoms met WDK aangegaan om, in ruil vir
die verbetering van genoemde infrastruktuur en dienste, maar ook vir die opgradering van die hawe, grond beskikbaar te stel vir ontwikkeling. Dié grond is waardeer en die koste van die verbeterings aan die hawe en dienste is daarteen afgespeel. Die gemeenskap, in die vorm van WDK, is ook by die hele proses betrek en was dus van die begin betrokke by die projek. Wat die hawe spesifiek betref, is daar `n lys van behoeftes
saamgestel deur die belanghebbendes, terwyl die koste om dit te doen bepaal is deur kundige mariene-ingenieurs na die ontwerp van die werk . Daarna is op tender uitgegaan vir die werk en die ervare Sea and Shore Mariene Kontrakteur is aangestel. Hierdie werk is volgens die voorskrifte en spesifikasies van die ingenieurs afgehandel, beoordeel en afgeteken deur die munisipaliteit en WDK as korrek. Deel van die spesifikasies was, onder andere, om die ou bestaande sleephelling met 1,5m te verleng . Dit het nou tot ons kennis gekom dat die sleephelling nie korrek werk soos beplan en ontwerp is nie, en dat daar dringend
aandag aangegee moet word. Overstrand munisipaliteit, die kontrakteur, die ingenieurs en WDK het onlangs `n vergadering gehad in dié verband en ons wag tans kwotasies in om die probleem aan te spreek. Dit kan egter nie onmiddellik geskied nie, want om die werk te doen moet die weer en getye baie goed dop gehou word . Wat die vistafels betref is die probleem ook aangespreek en spesifieke dromme vir die openings sal daar geplaas word. Die hawe is oor die algemeen, `n baie beter plek as wat dit was, maar die aanvanklike probleme sal moet aandag kry, asook deurlopende en aanhoudende kwessies soos vandalisme, rommelstrooiing en geraas. Johan Pauw nms.WDK
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 5
Redaksioneel: Munisipale salarisse: Volhoubaar? Munisipale salarisse is op die oomblik weer in die kollig. Aan die een kant is daar die onderhandelings met munisipale vakbonde oor werkers se salarisse. Hierdie onderhandelinge is kollektief, m.a.w. dit word op nasionale vlak gedoen en alle munisipaliteite moet eenvoudig daarby inval. Die huidige aanbod vanaf die kant van SALGA (South African Local Government Association) wat namens die werkgewers onderhandel is ‘n 5,9% verhoging. Hierby moet nog gevoeg word die 2,5% kerfverhoging wat munisipale amptenare outomaties kry. Dit beteken in effek dat werknemers alreeds minstens ‘n 7,9% verhoging gaan kry. Ek sê minstens, want die syfer kan selfs hoër, afhangend van wat met die onderhandelinge gebeur. Hoe dit ookal sy, dié syfer is reeds aansienlik hoër as wat die Overstrand munisipaliteit voor begroot het en dit gaan ons as belastingbetalers en die
munisipaliteit onder verdere druk plaas. Die hele situasie bring talle vrae na vore. Is die voortdurende verhogings van munisipale salarisse, gewoonlik bo die inflasiekoers, volhoubaar? Die mense wat uiteindelik moet opdok vir die salarisse, nl die belastingbetaler (en in ons geval ‘n groot hoeveelheid pensioentrekkers) is toenemend onder finansiële druk en kan nie meer byhou nie. Hou ingedagte dat munisipale amptenare reeds onder die bes besoldigde sg staatsamptenare is. Dit lyk onafwendbaar dat ons ‘n punt gaan bereik waar die eise van werkers doodeenvoudig onbekostigbaar gaan word. Die probleem lê egter nie net by die eise van munisipale amptenare nie. Raadslede en senior munisipale amptenare dra ook by tot die situasie. Die nasionale regering het onlangs aangekondig dat hy perke op die salarisse van raadslede wil plaas. ‘n Kennisgewing
in die verband het in Maart in die staatskoerant verskyn. Hiervolgens word die perke van raadslede se vergoeding bepaal volgens die hoeveelheid inwoners in die gebied en die inkomste van munisipaliteite. Met ‘n inwonertal van sowat 90,000 mense en ‘n inkomste van R895m is die Overstrand munisipaliteit hiervolgens ‘n graad 3 munisipaliteit. Kyk ons na die salarisse wat senior raadslede tans verdien en
ons vergelyk dit met die perke wat die nasionale regering wil stel, verdien raadslede in die Overstrand aansienlik meer as die perk. Die burgemeester kry volgens die jongste begroting ‘n basiese salarsis van R761.0605 plus toelae van R25, 512 wat die totaal op R787.117 te staan bring. Volgens die voorgestelde nuwe perk behoort sy net R718.415 te verdien. Dieselfde geld vir die Speaker wat tans, (vervolg op bl 8)
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 6
Bettysbaai: Diewe teiken skootrekenaars en tablette KLEINMOND – Die polisie hier sê daar was die afgelope week ‘n vlaag inbrake in Bettysbaai, waar veral skootrekenaars en tablette gesteel is. Dit is hoofsaaklik die gebied vanaf die petrolstasie na die rigting van Pringlebaai wat geraak word. Die polisie sê hulle is bekommerd dat baie van dié inbrake gebeur het terwyl die inwoners tuis was. Hulle sê hul ondersoeke word
gekniehalter deurdat baie van die mense wat deurgeloop het, nie hul eiendom kan beskryf of die reeksnommers daarvan het nie. Dit beteken dat al sou hul die gesteelde eiendom in iemand se besit vind, daar niks kan bewys word nie. Die polisie sê hulle is ook bekommerd oor die feit dat mense nie misdaad aanmeld nie.
www.overstrandherald.co.za www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Redaksioneel
(vervolg van bl 5) saam met toelae, R634.797 verdien teenoor die perk van R574.796. Daar is dieselfde tendens by lede van die uitvoerende komitee en ook deeltydse raadslede. Die politici in die Overstrand verdien as ‘n reël meer as wat die nasionale regering beskou as die norm… en dan praat ons nie eens van die salarisse van ons senior munisipale amptenare nie. Voeg hierby die jongste uitlatings van SALGA (wat sowat 9000 raadslede verteenwoordig) dat munisipale raadslede dieselfde salarisse as parlementslede moet verdien. In onlangse uitsprake deur ‘n woordvoerder van SALGA is gesê: “It is Salga’s position that there should
be greater equality between the payment of municipal councillors, and of MPs and MPLs…. As all councillors have the same responsibilities, regardless of the income of the municipality in which a councillor serves, the basic salary of all councillors should be the same. The notion of fulltime and part-time councillors should be abolished,” het SALGA se kommunikasie bestuurder, Karen Reyneke, onlangs gesê. Sou dit gebeur sal dit die salarisrekening van raadslede in die Overstrand drasties opjaag. Dit is duidelik dat hier ‘n spiraal van stygende uitgawes is wat ons as belastingbetalers tot kommer moet stem.
Bladsy 8
Gesprek sluit kinderbeskermingsweek af Op Kleinmond is Kinderbeskermingsweek op Maandag 1 Junie 2015 afgesluit met ‘n gesprek tussen rolspelers by organisasies wat ‘n bydrae kan maak om kindermishandeling te voorkom of gevalle te hanteer wanneer dit wel voorkom. Nie almal kon daar wees nie, maar by die vergadering is ‘n lang lys van instellings versprei wat ‘n goeie idee gegee het van wat gedoen moet word vanaf aanmelding tot afhandeling. Dit sluit ondersoeke deur die polisie en mediese beamptes in, die uitreiking van hofbevele om kinders te beskerm, die beveiliging van slagoffers deur maatskaplike werkers, die voorbereiding van sake deur die Nasionale Vervolgingsgesag, optrede deur die betrokke onderwysdepartement en die verantwoordelikhede van ‘n skoolbeheerliggaam. Nasionale Kinderbeskermings-
week is vanjaar gevier in Kleinmond vanaf 25 Mei tot 1 Junie 2015. Die veldtog, wat al in 1997 vir die eerste keer gereël is, het ten doel om alle sektore van die samelewing te mobiliseer om kinders te versorg en te beskerm. Elkeen van ons het ‘n plig in dié verband! In Suid-Afrika is die beskerming van kinders teen geweld, uitbuiting en misbruik ‘n basiese mensereg en word dit deur Artikel 28 van die Grondwet bevestig, maar ten spyte daarvan bly hulle steeds kwesbaar en is dit vir ons ‘n groot uitdaging om die uitermatige hoë vlakke van geweld teen kinders af te bring. Kindersorg SA Kleinmond was baie tevrede met die opkoms by die vergadering en glo dat dit bygedra het dat rolspelers mekaar leer ken en ‘n grondslag vir beter samewerking in die toekoms gelê het.
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 10
PROMOTION
Pringle House Eco School: Where being at school is like being at home
Openness, self-confidence and relaxed friendliness are the first impressions you get of the children when you visit Pringle House Eco School. The old farmhouse housing the school, lovingly restored by parents and friends, provides the ideal environment for children to explore, learn, and develop. Ample outdoor space, an expansive lawn, a variety of play apparatus, a cross country trail and a vegetable garden encourage children to feel at home in the natural environment. Every morning each child is personally greeted by a waiting teacher and ‘Moonshine’, Principal Binkie Lees’s friendly Labrador. Classrooms are arranged to encourage interaction among learners and teachers. Reference books, computers, microscopes and teaching aids line the walls, stimulating curiosity in children and visitors. Classes are small, allowing for individual attention and self-expression, while positive interaction between younger and older children, encouraged by the ‘family feel’ of the school, ensures that no child is overwhelmed and every child can flourish in the school environment. The children’s families are as much part of the school community as the children themselves, which accounts for their self-confidence and relaxed friendliness. Love for nature The school exudes environmental responsibility. Love for nature and a sense of community provide its unique character. Pringle House Eco School is proud of its membership of the international Eco Schools movement and its association with the Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) and its right to fly the Eco Schools flag
in the school grounds. Over the years Pringle House Eco School has won several awards and commendations for its environmental programmes. Outings, adventures and sports The school arranges regular educational outings and adventures. Afternoon activities in the summer months include athletics, cricket and arts and crafts from 14:15 – 15:00 on different days. Winter sports and activities are hockey, soccer, ring ball and arts and crafts. Crosscountry running is on Monday afternoons from 14:15 - 15:00 and Fridays from 08:00 -08:20. Cross-country running takes place with various other schools as well, along with cricket and soccer with other independent schools. Art classes are on Thursday afternoons (R65 per class) throughout the year and are open to all children. Drama: The school tries to produce at least one school play each year. Academic programme The school curriculum follows the South African Department of Basic Education (DBE) NEC/ CAPS syllabus, ensuring that children graduating from Grade 7 successfully integrate into top high schools in the Overberg and Cape Peninsula. Pringle House is audited by both the Department of Basic Education (Western Cape Education Department) and the Independent Schools Association. Much of the work goes hand in hand with the ECO plans and themes from the ordinary work. The school’s planned and varied educational program includes language, maths and science. In the small classes, the teachers expand each child’s understanding at a pace and in a manner best suited to that child. On enrolment, each child is assessed and placed at the correct level for that child and regular assessments through
the year monitor their progress. Parents receive mid-year and year-end reports. Aftercare: The school offers after care daily from 14:00 17:00. The School follows the Western Cape school terms. Holiday Club: Pringle House offers a Holiday club and care for the children of working parents as well as children needing a bit of fun. Guiding principles and objectives The objectives of Pringle House include: Providing a safe, fun environment to educate learners while respecting each other’s individuality, diversity and disabilities; upholding an ethos of environmental awareness, healthy living and gentle respect for one another and the surrounding world; to lovingly nurture the talents and strengths of each child to develop positive values, a healthy self- image and individuality; employing the highest standard of teaching staff to uphold the principles of the school; to function financially in a way that the school can fulfil its commitments and expand its facilities Emotional development: Pringle House encourages a compassionate orientation based on community and mutual support. Intellectual development: The school caters for a variety of learning modalities: kinaesthetic, visual, auditory and sensory. Each child is
encouraged to develop in a manner suited to their individual profile. This includes computer technology, educational games and the study of the scheme of things. Where appropriate, preschoolers are included in the activities of the older children. Physical development: Fine motor skills are encouraged through hands-on activities in the classroom and in nature, while physical development is complemented through various outdoor games and apparatus. Children are encouraged to acquire healthy eating habits, toilet routines, good manners and tidying up skills. More about Pringle House Eco School Pringle House was established in Pringle Bay in January 2008 to serve the educational needs of children in Rooiels, Pringle Bay, Betty’s Bay and Kleinmond. The school grew rapidly in its first years and continues to grow. The “Pringle House Educational System” provides a holistic and integrated system that focuses on the learners’ mental, emotional and physical needs. It is quality education that develops the total person and provides learners with the necessary skills, tools and information to cope and be successful in the “School of Life”. For more information, contact Tim Attwell, School Governing Body chairman, at 0823432501 or Principal, Binkie Lees at 0837965842.
Overstrand Herald
25 Junie 2015 klink minder ingewikkeld. Ek het dit op goeie gesag die skilder WH Coetzer het gesê die
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
moeilikste kleur om te skilder is wit. En daar dink ons toe almal wit is wit. Wys jou net.
Briewe
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie? Kleurkaarte Enigeen wat al ‘n kamer wou verf of hare wou kleur weet wat ‘n kleurkaart is. Dis ‘n sort van “Fifty shades of ….” welke kleur jy ookal in gedagte mag hê om die diepte en skakering daarvan te bepaal. Noem ‘n kleur, en elke mens het ‘n spesifieke skakering in gedagte. En deesdae wil dit my voorkom, is daar ‘n skakering verbonde aan elke saak (moreel of andersins) onder die son. Maandag toe praat hulle op RSG se Monitor oor joga: Is dit sonde, of is dit nie. Ai tog. Is dans nog sonde? Toe ek op skool was, kon ek jou al die verkeerde dinge van dans opnoem. Soos dit aan my oorgedra is, nie deur my ouers nie, want hulle was ou en goeie dansers. Nee, dit was maar iets wat so uit die portuuren kerkgoep gekom het. En toe daardie fase verby is, toe het ek nie meer ‘n probleem daarmee nie.En nou geniet ek nogal ‘n dansie nou en dan. Nou wonder ek oor die aard van ‘n “Sondekleurkaart”. Indien iemand se sonde soos “skarlaken” is, is die buurman se ligte pienk sonde dan minder erg? As jaloesie groen is, is dit grasgroen of donkergroen soos dennenaalde. Is dit orrait om lemmetjiegroenjaloers te wees? Ek wonder wie is die beoordelaar van die skakering. Sê nou net hy is kleurblind. Of sê nou hy is iemand wat van blou hou en is dan bevooroordeeld teenoor oranje, dan kan mens nie ‘n saak uitmaak vir jou siening van ‘n bruin-oranje saak nie, want die beoordelaar kyk met ‘n blou
Bladsy 11
oog. Baie keer, vermoed ek, is dit tieners wat nie baie simpatie met ‘n kleurkaart het nie. Iets is swart of wit vir hulle, as ek reg onthou. Hoe jonger ‘n mens is, hoe duideliker moet die bakens wees, kleure (sake) moet klinkklaar en helder wees, hulle moenie inmekaar vloei nie. Ek dink dis dalk hoekom radikale godsdienste of denke jongmense trek: Daar is vaste perimeters waarbinne die volgelinge beweeg en nie veel ruimte vir argumente laat nie. Dit klink binne die grense van die groep altyd in die kol en die leier is uiteraard altyd reg. Daar is dus nie ‘n kleurkaart nie. Daar is net één kleur, die voorkeurkleur van die leier, en geen skakerings nie. Dit werk presies uit vir I.S.; dit het gewerk vir die Nazi’s; dit werk vir politieke groepe en hoe radikaler, hoe beter werk dit vir die eenkleuriges. Dit werk vir die klein mannetjie van Noord-Korea; dit werk vir ultra-regse groeperinge en dit het net so goed gewerk vir die Kommunisme en al die ander –ismes. Vir wat dit mag werd wees: ek is nie juis bekend met “Fifty shades of Grey” nie. Die eerste keer toe ek daarvan lees op fb, so saam met ‘n kleurkaart van grys, het ek die grappie gemis. Foei, maar ek het toe mettertyd agtergekom dis die titel van ‘n boek en later ‘n fliek. Punt is, daar is darem vyftig skakerings. Maar ek sal maar by die kleurkaart ipv die boek hou, dit
Die goeie ou dae Ek het die artikel oor die kinders van die 1930’s to 1970’s in die laaste Herald baie geniet. Ek dink tog mens kan nog twee dekades bylas tot by die 1990’s. Toe ons in 1977 teen die hange van Stellenbosch ingetrek het, was die wêreld in daardie woonbuurt nog redelik onbebou. Ons drie seuns het daar half in die veld grootgeword. Hulle het gereëld berglangs gegaan na die skietbaan om lood te gaan optel om te verkwansel vir sakgeld. Ons het maar geglo hulle sal die gesonde verstand hê om nie koeëls te gaan versamel wanneer daar skietoefeninge is nie. Later was daar meer huise en snaaks genoeg was die buurt geseënd met ‘n hele klomp seunskinders. As hulle nie die berg ingevaar het nie, het hulle boomhuise gebou op ‘n nabygeleë oop stuk veld met hoë bome. Van kaskarre gepraat, daar is ook een gebou en hulle het met ‘n verbysterende spoed teen die bult afgejaag en het gou geleer dat die beste
manier om te stop as hulle die dwarsstraat onder tref, is om in die randsteen vas te ry met soms onaangename gevolge. Daar het min maande omgegaan wat ek of een van die buurvrouens nie een by die dokter gehad het om steke te kry waar een hom raakgekap het met ‘n byl, in ‘n bottelstuk getrap het, of uit ‘n boom geval het nie. Gelukkig het ons dokter self drie seuns gehad en het dus verstaan dat mens die mannetjies nie heeldag kan oppas nie. Nou dat die seuns self al pa’s is, hoor ons dat die helfte van die avonture en ongelukke nooit aan ons vertel is nie. Ek was maar net altyd dankbaar dat hulle hulle self besig gehou het en in die proses oorleef het sonder ernstige skade. Hoe jammer kry ek nie deesdae se kindertjies wat so opgepas moet word nie, maar tye het drasties verander en die ouers het seker nie ‘n ander keuse nie. Maryna Loubser
‘n Groot dankie! Aan al die Kleinmonders wat leesboeke aan Kogelpark Aftree-Oord geskenk het, ‘n hartlike dankie!! Ons waardeer die boekskenkings en ons is reeds besig om heerlik aan al
die nuwe leesstof “te smul”! Nogmaals dankie. Hentie van der Westhuizen. Bestuurder Kogelpark AftreeOord
Dankie Gerimed personeel Baie dankie aan die ondersteuning wat my pa, Retief Koch, by almal by Gerimed kry. Saterdag het hy siek geword en die verpleegpersoneel saam met dr. Lise Morkel het ons regtig goed gehelp. Die diens
wat hy by Medi-Kliniek op Hermanus in ongevalle asook Saal A gekry het, was ook baie professioneel, al was hy baie deurmekaar. Nogmaals dankie. Ilna Grobler
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Briewe Rude treatment I often browse around the “Chinese” shop next to the FNB bank to look at their interesting items. There aren’t many shops to visit here in Kleinmond so I regularly go to the “Chinese” shop to see what is new. Everytime I enter the shop and the older Chinese woman is there, I greet her, which I believe to be good manners, but seem to pick up an irritated attitude from her. My reasoning was that she is from a different culture and does not know or understand the English tongue, so I let it ride. Yesterday, 22 June 2015, I entered the “Chinese” shop specifically looking for light bulbs and this particular Chinese woman was there at the door. I greeted her as usual, with just a blank stare back from her, and asked her if she keeps any light bulbs,even doing the hand gesture to describe what I was after in case she did not understand what I was asking for in English? She told me “NO”, so I thought I would look around if any new stock arrived for winter? As I was looking on the shelves I
saw to my surprise a FULL box of light bulbs sitting there?....I thought to myself that maybe she had forgotten that she had stock, so I started scratching around in the box! This Chinese woman started shouting at me to leave the goods alone....you can imagine my astonishment and confusion at this treatment.... This was the last straw for me, I confronted the woman and asked her why she was always so rude to me when I visited her shop. Well, she abruptly and without due reason shouted at me that she didn’t like me and when I asked her why, she turned her back on me and said she doesn”t know why, and then accused me of never buying anything in her shop??? I replied that I had bought two pairs of shoes from her in the past, 10 pairs of socks and a blouse...yet she continued to say that I talk too much and repeated she doesn”t like me... Never in my life have I been treated like this as a customer?... verbally abused and insulted in an environment that is supposed to be friendly and
helpful because the customer chose to spend their money in the shop.... Ladies, please think twice before you want to enter this shop and spend your well earned money there!!! Unless being verbally abused and treated like garbage
Bladsy 12 is your thing whilst shopping for garments?? One thing is for sure, I will NEVER enter into that store again...I am definetly going to be spending my money in the OTHER friendly stores in Kleinmond. Unhappy Shopper
Prysverhogings op voorbereide vleise by Spar Op Sondag 21 Junie het ek soos gewoonlik na Spar gegaan om van hul voorbereide vleis te koop. Groot was my verbasing toe ek die verhoging op lamsboud en beestong sien. Lamsboud het vanaf R99-99 tot R194-99 gestyg en beestong vanaf R69-99 tot R88-99 per kilogram.
Ek sal graag wil weet of hierdie buitensporige onaanvaarbare verhoging as gevolg van Vadersdag is en of die plaaslike inwonersdit maar so moet aanvaar. Verseker sal ek goed dink voor ek weer op ‘n Sondag in die tou sal gaan staan. Ontevrede kliënt
Waar is wetstoepassers? Op 6 Januarie het ek ‘n lys met 12 registrasienommers aan ‘n verkeerskonstabel gegee van mense wat sonder bestuurderlisensies ry. Op dieselfde dag het ek ook met hom gepraat oor taxi’s wat oorlaai word. By een taxi het ek in plaas van die wettige 15 mense, 32 getel. Verder het
Proteastraat net een spoedwal, maar wanneer van die taxi’s bo-oor is, jaag hulle met ‘n hoë spoed verder. Kan daar nie probeer word om strenger te wees oor hoë spoed in Proteaen Heidestraat nie? Daar speel dikwels kinders in die straat. Pikes
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Briewe
“Ons het niks verkeerd gedoen nie” – Kom ons vra die SARB? ‘n Kleinmonder het na aanleiding van die FIFA/SAFA sokker debakel en die beweerde R120 miljoen omkoopgeld wat aan FIFA oorbetaal is om die wêreldbeker in Suid-Afrika te hou, hierdie interessante perspektief aan ons gestuur. Die skrywer is ‘n voormalige tesourier van sowel ‘n plaaslike as ‘n internasionale bank. As daar nou een ding is wat jy moet ken, as jy met internasionale handel, en-valutahandel transaksies betrokke is, is dit die “Valutabeheer Regulasies en Voorskrifte” van die SA Reserwebank. ‘n Oortreding van die regulasies en voorskrifte kan ly tot die opskorting van die gemagtigde handelaar se valutalisensie en die betrokke amptenare kan beslis vervolg word. In drastiese gevalle kan dit selfs ly tot die opskorting van die bank se aandele-notering op die onderskeie effektebeurse waar dit genoteer is. Derhalwe is die risiko vir gemagtigde Handelaars, om nie aan al die bepalings van die valutabeheer regulasies te voldoen nie, geweldig hoog en geniet dit prioriteit by alle gemagtigde handelaars, om aan alle aspekte van ‘n valutatransaksie te voldoen.
Geen Suid-Afrikaner kan vreemdemunt besit nie, al dink meeste mense wel so. Wat jy wel besit byvoorbeeld, as jy sogenaamde VSA-dollars of enige ander vreemdemuntsaldos “besit”, is dit slegs ‘n spieëlbeeld van ‘n saldo in vreemdemunt in die boeke van ‘n plaaslike kommersiele bank se rekening by ‘n kommersiele bank in die buiteland (Nostro). Vir Suid Afrikaners bestaan daar valutabeheer regulasies wat met die valutasaldo moet gebeur en die voorwaardes en tyd daaraan
verbonde om dit om te skakel na ZAR, deur ‘n gemagtigde valutahandelaar in Suid-Afrika. Dus kan Suid Afrikaners, (Instellings, Entiteite en Publiek) slegs die teenwaarde van die vreemdemuntsaldos ontvang en nie werklik vreemdemunt nie. VSA-dollarssaldo en munt behoort aan die Federale Reserwe Bank en nie aan enige ander entiteit buite die VSA nie. Suid Afrika se uitvoere word gewoonlik in VSA dollars gefaktureer, maar nie noodwendig nie. Kan ook in enige ander munt gedoen word. Daardie valutaverdienste moet na Suid-Afrika gerepatrieer word soos per valutabeheer regulasies en goedkeurings en die uitvoerder ontvang ZAR vir sy uitvoeropbrengste, alhoewel daar in vreemdemunt betaal word. Daarinteen , sal invoerders in vreemde munt gefaktureer
Bladsy 13 word en enige buitelandse betaling moet ingelyks voldoen aan die valutabeheer vereistes (dokumentasie, goedkeurings, permitte ensv.) Die invoerder doen ‘n valuta transaksie met ’n plaaslike gemagtigde handelaar in ZAR en koop sodoende die invoer faktuurwaarde in vreemdemunt van die handelaar, wie die vreemdemuntsaldo in sy Nostro rekening by sy oorsese bank hou, en gee dan opdrag om die vreemdemuntsaldo bedrag na die uitvoerder se rekening oor te betaal. Hierdie transaksies is slegs bank-tot-bank transaksies en word gerugsteun deur ‘n reeks dokumentere bewyse waarvan ‘n reeks verskepingsdokumente. In die geval van kapitale transaksies, geld dieselfde beginsels, behalwe dat spesiale goedkeurings van die SARB (vervolg op bl 16)
Overstrand Herald
25 Juniei 2015
Bladsy 14 Die Maandblad Zuid-Afrika, ‘n Nederlandse tydskrif wat sedert 1924 bestaan en Herman Van Veen, bekende Nederlandse musikant het saamgespan om ‘n CD van Afrikaanse musiek aan Nederlanders bekend te stel. Volgens Ingrid Glorie, die redakteur van Maandblad Zuid Afrika is daar in Nederland ‘n beperkte belangstelling vir Afrikaanstalige musiek maar dat hulle dit graag wil verander met ‘n oorsig van die beste Afrikaanse groepe of musikante op een CD. Die konsep van die CD is as volg: Om 10 Musikante voor 1994 en 10 musikante na 1994 op een CD te plaas. Die Kleinmondse groep is deel van tien kunstenaars wat na 1994 hul musiek vrygestel het. Tribal Echo skuur dus skouers met van die grootste Afrikaanse kunstenaars wat ons land al opgelewer het soos bv Coenie De Villiers, Koos Du Plessis, Anton Goosen, David Kramer en Chris Chameleon, om slegs enkeles te noem! Volgens Frazer Barry en Sandy Gertse, is dit vir Tribal Echo ‘n groot eer om deel te wees van hierdie projek. Slegs een liedjie van elke kunstenaar word op die CD toegelaat en Tribal Echo het op die liedjie “Onner Afrika Son” besluit. Diegene wie nog nooit vir Tribal Echo in aksie gesien en gehoor het nie, het nou die geleentheid om ‘n spesiale vertoning by te woon. Die groep hou ‘n konsert ten bate van die 7 jarige, autistiese seun, Jareemo Cronje te Perigators, Pringlebaai. Die familie vind dit moeilik om die maandelikse uitgawes van Jareemo se skool Camphill te Hermanus te dek. Volgens Jareemo se ouers, Jerome en Patricia, het Jareemo baie gegroei sedert hy die skool bywoon en is hulle opgewonde oor sy ontwikkelling. Die doel van die konsert is om fondse in te samel om sy skoolfooie, vervoer na die skool, mediese uitgawes en daaglikse behoeftes te dek. Kaartjies: R40 Jerome Cronje Kontak: 072 209 2510 E-pos: cronjejerome123@ gmail.com
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 15
Overstrand Herald
25 Juniei 2015
Bladsy 16
Briewe (vervolg van bl 13 verkry moet word, alvorens so ‘n transaksie deur n gemagtigde handelaar afgesluit mag word. Voldoen die FIFA en SAFA transaksie aan die valutavereistes? – “Ons het niks verkeerd gedoen nie” 1. Die volle bedrag wat volgens ooreenkoms aan Suid-Afrika (SAFA) oorbetaal moes word, het nie gebeur nie en ‘n gedeelte nl. VSA$10mio is teruggehou. Het SARB dit so goedgekeur? 2. Derdeparty betalings word nie deur ons valutavereistes toegelaat, sonder Reserwebank goedkeuring nie. M.a.w. ‘n uitvoerder kan nie opdrag gee dat slegs gedeelte van sy valutaverdienste na Suid-Afrika gerepatrieer word nie, maar dat VSA$ x teruggehou moet word om ander valuta verpligtinge wat hulle in VSA-dollars het, te vereffen. Dit sal dan nie met die faktuur en dokumentasie klop nie en kan die gemagtigde handelaar in Suid-Afrika nie die transaksie voltooi nie!. Dus kon SAFA nie sonder va l u ta b e h e e rg o e d ke u r i n g opdrag gegee het dat VSAdollars 10 miljoen teruggehou word deur FIFA om ‘n derdeparty betaling namens SAFA te doen nie, al het daar so ‘n ooreenkoms tussen FIFA en SAFA bestaan. SAFA is onderhewig aan die SA jurisdiksie en geld ons valutabeheerregulasies, ongeag die ooreenkoms. Dit is juis om hierdie rede dat derdeparty betalings verbied word, want die dokumentspoor word onderbreek en valutabeheer word ontduik. 3. Watter SA banke het die valutatransaksies hanteer en teen watter dokumente is die transaksies afgemerk? SA Banke moes minstens die “Finansiele Ooreenkoms” ter insae gehad het en die oorbetalings gemonitor het soos wat dit oorgeplaas en omreken was. Dit sou duidelik uitwys dat iewers is iets kort.! 4. Oor-fakturering en onder-fakturering is ook n
oortreding van die valuta regulasies. Alhoewel hierdie nie ‘n uitvoertransaksie per se was nie, geld die beginsels steeds wanneer daar met internasionale betalings (Ontvangste/Uitbetalings) gehandel word. 5. Die betaling van VSAdollars10 miljoen namens SAFA sou onderhewig aan valutagoedkeuring wees wat deur ‘n gemagtigde handelaar geloods moes gewees het. Die valutabeheer goedkeuring en die opdrag om die betaling te maak per skrywe, kon minstens vergesel gewees het aan FIFA. Indien nie, het dit juis die gevaar dat transaksies sigbaarheid inboet en die ouditspoor omseil wil word. 6. Aanvanklik is berig dat daar na bewering n kontant transaksie in Parys Frankryk plaasgevind het ! Die implikasies van so iets is selfs groter, deurdat meeste lande ooreenkomste onderteken het teen “Geldwassery”. Nou ontstaan die vraag dat, sou dit waar wees, wie het die kontant voorsien? Want, dit sal beslis nie ‘n gemagtigde handelaar wees nie! Gemagtigde handelare handel nie in sulke volumes in kontant nie. Dus vermoed ek dat die FBI die transaksies beskou onder hul “Patriot Act”, wat geldwassery insluit. Dus, as enigiemand meer as VSAdollar10.000 in kontant in sy “suitcase” het, is dit onwettig! Vreemdemunt in jou besit moet binne n bestek van 7 dae teruggereken word na ZAR; dus terugverkoop word aan die gemagtigde handelaar. Dit is onwettig om vreemdemunt in kontant in jou “suitcase” te hou vir’ n volgende keer! 7. Omseiling van valuta beheer regulasies is onwettig. As daar doelbewus ‘n transaksie gestruktureer word met die doel om SARB valutabeheer te ontduik, is dit onwettig. 8. Skenkings is spesifiek onderhewig aan SARB goedkeuring. Die transaksie (vervolg op bl 17)
Overstrand Herald (vervolg van bl 16) was beslis onderhewig aan valutabeheer goedkeuring en as dit wel bestaan dan was die transaksie wettig en was daar niks verkeerd gedoen nie. Die VSA het beslis ‘n se, as sy munt vir twyfelagtige transaksies gebruik word. Dus is dit verkeerd om die aanname te maak dat die VSA bemoei hom met sake wat hom nie aangaan nie! As ons geldeenheid (ZAR) byvoorbeeld misbruik word vir onwettige transaksies soos
25 Junie 2015 dwelmbetalings, wapensmokkelarybetalings, korrupsie ens, dan het ons beslis nie die reserwes om so ‘n aanslag af te weer nie, en sal die Rand afgradeer tot die status van die ZIM-dollar synde, “afgeskaf”. Ek dink nie dat ‘n verantwoordelike Sentrale Bank sal toelaat dat sy munt vir onwettige transaksies misbruik word nie en indien wel bekend, sal daadwerklik wettiglik ingetree en opgetree word deur SARB. Werner Pauw Ex Valutahandelaar
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 17
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 18
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 19
Overstrand Herald
25 Juniei 2015
Bladsy 20
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 21
Overstrand Herald
25 Juniei 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 22
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 23
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 24
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 25
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 26
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 27
Overstrand Herald
25 Juniei 2015
Bladsy 28
Hermanus FynArts se Jeugkonsert suksesvol Op 13 Junie het Kleinmond se Narrative Foundation musiekleerders en vriende ‘n wonderlike program met ‘n groot verskeidenheid van musieke in Hermanus aangebied. Altesaam 65 jong musikante het deelgeneem en het die gehoor ook vir sekere items betrek. Benewens die Marimba orkeste (Handevat Marimbas asook die junior- en senior orkeste van Kleinmond Primêr), het daar verskeie solosangers, violiste, altvioliste, fluit-, trompet-, tjello/kontrabas-, kitaar- en blokfluitspelers opgetree. Met die twee tutti-items aan die einde (Singabahamba en Ode to Joy) was die entoesiasme en energie van die groep en gehoor voelbaar! Voormalige of huidige studente van US & UFS (en almal voormalige leerders van Stefné van Dyk) het luister aan die geleentheid verleen en was goeie rolmodelle vir die ander jong musikante. Drie van ons eie Sumaré Prinsloo se vioolleerders het ook vir die eerste keer in die openbaar opgetree! Verder is die musikante aangevul met drie musiekleerders van Caledon. Daar was baie gunstige terugvoer (ten spyte van die program wat effens aan die lang
kant vir ‘n middaguurkonsert was!): Een egpaar het dit as ‘n meevalletjie beskou as uitstekende waarde vir geld en hulle hoop ons kom volgende jaar weer! Die meeste mense het verwys na die positiwiteit en vreugde wanneer so baie jong mense van verskillende agtergronde saamwerk en musiekmaak. Die mees aanmoedigende terugvoer het gekom van ‘n dame wat spesiaal vir die Hermanus Fynarts se tien daelange fees vanaf Sedgefield gekom het. Sy het die fees baie geniet en vir haar was die hoogtepunt die jeugkonsert! Die musikante is: Viool: Sumaré Prinsloo, Bridget Dreyer, Lize Visser, Jesua Lourens, Anja Swart, Alexander Goodson Altviool: Maja van Dyk, Ruben Bouma. Tjello / kontrabas: Addin Booysen. Fluit: Axolile Hoza, Mienke Swart. Trompet: Gileano Pieterse. Mondfluitjie/ Kitaar: Llewellyn Adonis. Klavier / Perkussie: Sharon Anderson. Sangers: o.a. Riwaan Isaacs, Heston Makka. Handevat Marimbas: Noni Afrika, Shaun Bailey, Monelisi Lutshwati, Lize Visser, Nina Visser, Siya Saul & Sayola Zungula.
Blokfluite / Kitaar: Cassidy Adams, Miché Cronjé, Bridgett & Matthew Dreyer, Dylan, Chevonne & Xander Erasmus, Waney Fountain, Carol-Lynne, Jonathan Green & Sheryl-Anne, Ruth Goliath, Nonceba & Noncebakazi Gxagxa, Chantelle Hendricks, Granville Hickley, Chriswin Hull, Chantel Isaacs, Sinoylo Koti, Siyasanga Kwinana, Natalie &
Mischka Lakey, Thangolwethu Leve, Aphiwe Masiza, Keisha McKenzie, Zubenam Mgqobosi, Lauren Michaels, Nicolet Musekwina, Asonge Ntla li, Monifah Pretorius, Zilungile Pote, Reanetsi Ramosala, Labeeqah Samuels, Yanike Smuts, Eswill & Leighton Swartz, Sisipho Tukani, Hlumani Vava, Nicole Williams, Khanysile Zeleni, Enya & Timo Zipfel.
Hermanus Fynarts Jeugkonsert op 13 Junie 2015 in St Peter’s: ‘n Deel van die 65 instrumentaliste besig om te repeteer met “Singabahamba”
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 29
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
DAGBOEK
25 Junie 2015
26 & 27Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249.
Bladsy 30
BUKSIES
Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. 26 Junie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 29 Junie: Kleinmond Leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk. The Unlikely Pilgrimage of Harold Fry deur Rachel Joyce word deur Marianne de Wet bespreek. Almal is welkom. Skakel 082 378 0057. 30 Junie: Kiekieklub: Tyd 19:00. Plek: NG Kerksaal, 1ste laan, Kleinmond. Tema: Straat tonele. Aanbieding: Ontstaan en werking van Stoomtreine, deur Nico Boshoff. 02 - 11 Julie: WINTERMARK N G Kerksaal, 1ste Laan, Kleinmond. Tye Maan – Vrydag 10:00 – 15:30, Saterdag 09:30 – 13:00. Kinderklere, Lekkergoed, Koek, Pottery, Juwele, Sjokolade, Leerprodukte, Konfyt, Boeke en vele meer. Pannekoek, Kerrie & Rys, Vetkoek, Sop en Brood sal ook te koop wees. Skakel Fynbos Dienssentrum - Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting. 02 - 11 July: WINTER MARKET – D R Church Hall, 1st Avenue, Kleinmond. Hours Mon – Friday 10:00 – 15:30, Sat 09:30 – 13:00. Homemade Cakes, Bread, Biscuits, Pottery, Jewellery, Needlework, Chocolates, Sweets, Knitted goods, Woodwork, Decoupage and lots more. Also on sale Curry & Rice, Pancakes, Curry Bunnies, Soup and Bread. For more informationc ontact Fynbos Service Centre Melanie 028 271 3602 (08:00 – 14:00).
GESOEK / WANTED
Nosiphe is looking for work cleaning houses and helping in a restaurant as a waitress. Phone 073 098 5221 Vingerbord, Nr 5 dameswaterstewels, fietsponp + fietsklokkie. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Opsoek na worsstopper om te koop. Skakel 028 271 3703 / 081 557 0959 Sandy is looking for domestic work Mondays, Wednesdays and Thursdays. Has reference Mrs Twine 082 787 4065 / 072 736 8829. Phone 078 945 7989 Nombulelo is looking for work as homebase carer, security or domestic work any day of the week. Phone 084 819 6354 Fatima is a Malawian lady who is looking for domestic work Wednesdays and Thursdays. Has reference 082 663 8071. Phone 073 412 8580 Soek ‘n geleentheid van Kleinmond na Caledon en terug 2 - 3 keer per week. Skakel 071 575 5578 Enigeen wat skoolklere het om te skenk soos skoene, truie, baadjies ens. Ons soek dringend. If you have any school clothing like shoes, jackets, etc, preferably navy, we need urgently, please. Phone Leilani 079 980 4540 or Rachel Goliath 073 990 9513
TE KOOP / FOR SALE
Dubbelbed + basis + matras met kopstuk en laaie weerskante R2000. Skakel 028 271 3093 / 074 855 8595 Defy multifunction Chest freezer settings for fridge and freezer, brand new R2000. Splinternuwe hout baba kot R1100. Skakel 082 225 3136 Interlock sement stene (400 stene) R350. Swartpot nr 2 R300. Lessenaar R275. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Damesklere No 30 & 32. Skakel 082 739 0110 Samsung Galaxy pocket R650. Basketball uitrusting R500. Skakel 079 953 6853
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 31
BUKSIES
Oefenfiets met kontroles. Skakel 072 424 7839
Roland Digital Piano. DP-970. Perfect condition. Stinkwood chest drawers. 110x65x50. White painted chest drawers. 84x54x60. Skakel 084 580 1298 / 028 272 9875 Gietyster (cast iron) bad met krane, bypassende wasbak en toilet. Alles in avo/savanna kleur: R500. Stortsykant van ondeursigtige glas in aluminiumraam gemonteer 2m hoog en 90 cm wyd: R100. Foto’s is per e-pos of Whats App op aanvraag beskikbaar: Skakel 083 968 0214
F. EAGAR (CAPTAIN) E. LAMBRECHTS
F. EAGAR (CAPTAIN) A, BROWN, S, MAY
GOLF RESULTS WEDNESDAY 17/06/15 - 4BBB STABLEFORD 1) O, OOSTHUIZEN & F, BEKKER 53 POINTS 2) D, UNGERER & L, MORKEL 50 POINTS 3) T, BRUWER & D, MCKIRDY 49 POINTS
FRIDAY 19/06/15 - SUNDOWNER IST 9 - SINGLE STABLEFORD 1) E, LAMBRECHTS 22 POINTS 2) H, EKERMANS 22 POINTS 3) H, UPSHER 22 POINTS SATURDAY 20/06/15 - 4BBB BOGEY PLUS 1) S, MAY & A, BROWN + 10 2) J. STONE & P, HAEFELE +9 3) K, V/D MERWE & W, SCHOLTZ + 8
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 32
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 28 JUNIE 2015 09:30 Kerkgebou 09:00 Sentrum, Bettysbaai
Ds. Barry Lordan Ds. Nico Rabe
KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 33
Overstrand Herald
25 Junie 2015
Bladsy 34
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
25 Junie 2015
Bladsy 35
Vlnr. agter: Matthi Theron, Monet Meyer, Alan Bryant, Roy Galloway, Cai Classen, Elma Visagie, Frank Cawood. Voor: Cor J. van Vuuren, Valerian Strydom, Celeste Price
Kleinmond Rolbalklub Nuwe Bestuur 2015/16 Op die onlangse Algemene Jaarvergadering gehou, is die nuwe bestuur vir 2015/16 as volg verkies. President: Valerian Strydom; Vise President: Celeste Price; Uittredende President: Cor J van Vuuren Sekretaris: Matthi Theron; Treasurer: Frank Cawood; Match Secretary: Cai Classen
Additional Members Men: Alan Bryant Dames: Monet Meyer en Elma Visagie Skeidsregter / Afrigter: Roy Galloway Addisionele Gekoรถpteerde lid: Ingrid Erasmus. Die nuwe bestuur word alle voorspoed toegewens vir hulle taak.
Sunday Bowls / Braai: 28 June 2015 An open invitation. Everyone is welcome, from 9 to 90 years of age. Bowls will be provided if you want to play. Remember to wear appropriate footwear. Gates open at 11:00 with games
commencing at 12:00. Bring your own meat, salads, plates and cutlery as braai facilities will be available, after playing. Greenfees R25 per player; spectators free. Come and enjoy this monthly event.
www.overstrandherald.co.za