30 Julie 2015

Page 1

Huisrower sit lank “Bejaardes ... is vreesbevange. Wanneer gaan iemand iets doen?�

Klasie tree af

Kleinmonder hospitaal toe na hy aangerand is deur inbreker

Pangaman in hof Fynbospark is goed op koers


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 2

O

Kleinmonder oorval by huis in Tiendelaan Gerard Grobler KLEINMOND - “Daar bly talle ouer mense in hierdie straat en van hulle is vreesbevange. Daar is van hulle wat al skietgoed saamdra. Wanneer gaan iemand iets doen aan hierdie toedrag van sake?” So vra ‘n inwoner van Tiendelaan, mnr John Burls, na hy Sondagoggend vroegdag in ‘n bakleiery met ‘n vermeende inbreker was. Burls is Dindagoggend uit die Hermanus hospitaal ontslaan, waar hy behandel is vir ‘n gebreekte gewrig en snyplekke aan sy gesig en kop. Hy moes onder meer tien steke ontvang. John vertel dat hy vroeg die Sondagoggend gereed was om na Kaapstad te vertrek. Sy voordeur het oopgestaan, omdat hy besig was om sy tasse in sy voertuig te laai. Hy was op sy stoep, aan die voorkant van die huis, toe hy skielik ‘n bruinman in sy ingangsportaal sien staan. Die man het met sy vinger voor sy mond beduie dat Burls stil moes wees. Burls het egter op hom afgestorm en hom net buite die voordeur beetgekry. ‘n Woeste bakleiery het ontstaan. Burls, wat ‘n frisgeboude man is,

sê die vermeende inbreker het byna bo-menslike krag gehad en hy vermoed dat hy onder die invloed van dwelms was. Burls vertel dat die stoeiery vir omtrent tien minute aangegaan het. Die vermeende inbreker het toe ‘n baksteen in die hande gekry en Burls daarmee toegetakel. In die proses het hy talle wonde aan sy gesig en agterkop opgedoen. Hy sê hy het dadelik die polisie se noodnommer – 10111 – gebel. Daar was volgens hom drie keer na mekaar geen antwoord nie. Hy het toe ‘n familielid gebel en dié het Kleinmond se polisie geskakel. Hulle was glo sowat 15 minute later op die toneel. Burls, wat al tien jaar lank op Kleinmond woon, sê hy het weinig hoop dat die skuldige vasgetrek sal word. “ Dit was nog donker en alles het vinnig gebeur. Ek het nog sy skoene en kep hier en ek weet hy het ‘n litteteken langs sy neus af, maar dis al. “Die polisie het kom vingerafdrukke neem, maar eers twee dae later. Wat help dit? Toe is daar reeds ‘n horde mense deur die huis”.

Huisrower sit lank KLEINMOND – Die huisrower wat in September verlede jaar ‘n bejaarde inwoner van Gerrit Maritzstraat in Palmiet met ‘n mes aangehou en beroof het, is onlangs swaar gestraf. Die 26-jarige Dalen Isaacs van Hawston is in Caledon se landdroshof gevonnis tot twaalf jaar gevangenisstraf , waarvan vier jaar opgeskort is vir vyf jaar. Isaacs het in September verlede jaar mnr Donovan McGiddy in

sy slaapkamer oorval en hom aangehou met ‘n mes. Isaacs wou volgens McGiddy geld hê en was opsoek na die kluis se sleutels. Hy is, na hy doodluiters vir hom brood gesmeer het in die kombuis, weg met McGiddy se bromponie en ander gesteelde goedere. Die bromponie is later in Hermanus opgespoor. Isaacs is kort daarna in hegtenis geneem.

G d


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 3

y

t

r e

e

r

l

p

n

m

p

s

Gaan hy deurbreek? Die strandmeer by die hoofstrand het die afgelope twee weke mooi opgestoot en sal in alle waarskynlikheid na die volgende kouefront na die see deurbreek.


Overstrand Herald

30 Julie 2015 * Doen jou deel om misdaad te help voorkom * Rapporteer alle misdaad by die polisie * Registreer by KSW * Beveilig jou eiendom *Ondersteun Kleinmondnagwag * Do your share to help prevent crime * Report all crime to the police * Register at KSW * Secure your property * Support Kleinmond Night Watch

kleinmondsw@gmail.com

Goeie gewoontes kan misdaad keer In ’n land waar baie mense al vuisvoos van al die misdaad is, is dit lekker om te kan rapporteer dat misdaadsyfers vir Julie in Kleinmond die laagste in ’n baie lang tyd is. Verlede week is daar slegs enkele gevalle van diefstal van klein items aangemeld en is koperkrane op ’n paar eiendomme in Palmiet gebuit. Die diefstal van kabels is ook aangemeld en ’n persoon is

beseer in ’n skermutseling met ’n vermeende misdadiger. Met die baie kragonderbrekings trek die batterye van alarmstelsels swaar. Dit beteken dat hulle lewensduur ook aansienlik korter word. Dit is seker onnodig om daarop te wys dat ’n alarmstelsel net so goed (of swak) is as die battery wat dit aan die gang moet hou. Laat joune maar gereeld nagaan.

Maak seker dat die stelsel in geheel gereeld nagegaan en opgegradeer word wanneer nodig. Dit is ook ’n goeie praktyk om vaste gewoontes te ontwikkel wanneer jy jou huis verlaat – selfs al is dit net om vinnig winkel toe te gaan om ’n koerant te gaan koop: maak al die vensters toe, maak seker niks waardevol is in sig of naby ’n venster nie, sluit die buitedeure en veiligheidshekke, aktiveer die alarm, sluit die tuinhekke, laat niks waardevols binne sig in jou motor wanneer jy parkeer nie. Kyk straatop en –af of jy nie verdagte persone sien ronddrentel nie. Moenie ’n sleutel onder die mat of agter ’n potplant laat nie. Good habits can prevent crime In a country where many people are fed up with crime, it is good to report that our July crime figures for Kleinmond were very, very low. Last week only a few incidents of theft (and only small items) and one of cable theft were reported. Copper taps were stolen from a few properties in Palmiet. A man

Bladsy 4

was injured in an encounter with a person suspected of criminal intent. Power cuts shorten the lifetime of the batteries in alarm systems significantly. Please remember that an alarm system can only be as good (or bad) as the battery that powers it. Have your battery checked regularly. Also have your complete system checked regularly and do the necessary upgrades if needed. It is also good practice to develop fixed habits when you leave your house – even if it is only for a short time to buy a newspaper at the nearest shop. Close all the windows, ensure that nothing of value is visible or within reach of a window, lock outside doors and security gates, activate the alarm, lock the garden gate, don’t leave anything valuable within sight in your car when you park. Look up en down the street and take note of people loitering or suspicious behaviour. Do not leave a key under the floor mat or behind a plant pot! Vic Brink

O

H

K o t b I d a v W i j v n m g e n w k k O n s k a i u W a s 0 m a t t d B e r a K i o


e

m

e

y

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 5

Hier LEES die mense KLEINMOND – Waar biblioteke op ander dorpe en streke toemaak weens gebrek aan belangstelling, brei ons bib uit. Inwoners sien die afgelope tyd die verbouings en veranderings aan die biblioteek op die hoek van Derdestraat en Vyfdelaan. Wanneer al die bouwerk voltooi is, sal die bib nie net ‘n aparte jeugafdeling hê wat in die voormalige ou saal gevestig is nie, maar ook ‘n naslaanafdeling met verskeie rekenaarstasies, ‘n groot afdeling vir volwassenes en Kleinmond se eerste hysbak na die eerste verdieping waar daar ‘n lesinglokaal, ‘n konferensielokaal, ‘n personeelkamer en balkon sal wees. Op die grondvloer word ook nuwe toiletgeriewe, ‘n vergrote stoorkamer en ‘n ruimer kantoor vir die biblioteekhoof aangebring. Die boeke word in die voorportaal in- en uitgeboek. Wilna Hoohneberg, librarian at the Kleinmond Library, says an average of about 10 000 books get lent out every month. Considering that there are about 13 000 residents in the Hangklip/ Kleinmond area that increases to about 40 000 during peak season and Betty’s Bay has a library servicing the estimated 4000 permanent residents of the Hangklip area, it is clear that at least at Kleinmond, reading is still an important part of a large part of the community. (Population

statistics from Overstrand Municipality website) The improvements and renovations at the Library will be completed by early next year. In the meantime the Library will unfortunately be closed from 4-7 August (Tuesday to Friday next week) due to the renovations and hopefully weather permitting. Readers must please be prepared and stock up on their reading matter for the duration of their closure. Die biblioteek is ook besig met die organisering van Hangklip Kleinmond Got Talent. Die personeel vra dat die persone wat nog wil inskryf dit die dag van die oudisies moet doen of hulle moet die vorms na die Kinderwelsynkantore neem.

Bo: Vier van die vyf lede van die biblioteekspan verskyn hier. Agter staan Wilna en Gertie, terwyl Susan en Yoliswa voor staan. Venda was met ete. Below left: Mike and some of the workers are at work at what will be the front entrance to the Kleinmond Library which is being renovated at the moment.


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 6

Hoekom dan nie ‘n Wimpy of ‘n Spur nie?

www.overstrandherald.co.za

KLEINMOND – Elke nou en dan kom die gerug: Kleinmond gaan ‘n Wimpy kry, of ‘n Spur of ‘n KFC. Nie lank daarna sterf die gerug ‘n vinnige dood. Die meeste Kleinmonders sien met reikhalsende verlange uit na die dorp se eerste kitskoskettingwinkel. Die dorp het tog die afgelope paar jaar aansienlik gegroei en ons is langs ‘n belangrike deurweg na Kaapstad. Hoekom gebeur dit dan nie? Telkens is daar sakemense wat die geleentheid ondersoek, maar daar kom niks van nie. Wat skort? Die Herald het die afgelope week by een van die land se bekendste restaurantgroepe, Die Spur Corporation, aangeklop om te hoor wat is dan die fout. ‘n Woordvoerder van Spur het aan die koerant gesê daar is nie ‘n manier wat ons dorp binnekort een van dié restaurante sal kry nie. Sy het gesê hulle kyk na ‘n verskeidenheid

van aspekte, wanneer hulle die opening van ‘n nuwe restaurant oorweeg. Dit sluit in die bevolking, die inkomste van inwoners en ‘n geskikte perseel. Ons is min, maar hier is tog duisende vakansiegangers op sekere tye van die jaar. Nee, het sy gesê, hier is nog heeltemal te min mense om dit eens te oorweeg. Sy het gesê hulle dink nie Langebaan is al reg vir ‘n Spur nie, en dié dorp is aansienlik groter as Kleinmond. Wat persele betref, het sy gesê, verkies hulle winkelsentrums, en nee, Kleinmond se Spar-sentrum kwalifiseer volgens haar nie as volwaardige sentrum nie. Die Spur-persele is gewoonlik om en by die 500 vkm groot en daar moet in die omgewing van 100 parkeerplekke in die onmiddelike omgewing wees. Dan is daar die koste. ‘n Spur-restaurant sal jou so in die omgewing van R6 miljoen kos. Nou weet ons!

O


s

.

,

e

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 8

Fynbospark is op koers KLEINMOND – Die dorp se tweede aftreeoord, Fynbospark, is goed op koers. Die voorsitter van die beheerraad van die Fynbos diensentrum, Christo Kok was vandeesweek in London en nie beskikbaar vir kommentaar nie, maar die

Herald het betroubaar verneem dat daar reeds tenders vir die bou van die oord ingewin is en dat dié tenders tans beoordeel word. Die verwagting is dat ‘n finale besluit teen 4 Augustus geneem sal word.

Die wêreld is soveel www.overstrandherald.co.za beter in kleur KLEINMOND – Die Herald beplan om met ingang 1 Augustus ook volkleur drukwerk te doen. Volgens Gerard Grobler, redakteur van die Herald, is daar lank reeds ‘n behoefte vir kleur drukwerk vanaf die kant van adverteerders. “Dit was egter tot onlangs toe onbekostigbaar duur en ons kon dit eenvoudig nie regverdig nie. Daar is egter nou nuwe opsies wat dit moontlik maak, en ons gaan oor die volgende paar maande eksperimenteer met van dié

opsies. Tans is ons beperk tot kleur op sekere vorms in die koerant. Dit beteken nie dat die koerant in volkleur gedruk gaan word nie. Dit sal ons tans in die koers van 70 ure neem om dit te doen, en dit is beslis nie haalbaar nie. Kleur sal dus beperk word tot sekere bladsye.” Vir meer inligting oor kleurtariewe kontak Grobler by redakteur@overstrandherald. co.za of skakel met Nelia Calitz by 028 271 3394.

O


m

n

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

30 Julie 2015

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Ashley Madison Die wêreld verander darem vinnig. As ek die storie nou so beskou, het die lewe aansienlik momentum gekry sedert 1915. Gedurende die vorige 100 jaar van 1815 af, het die vrystelling van die slawe en die Industriële Rewolusie ‘n groot invloed op die destydse Westerse samelewing gehad. Daar was oorloë, maar die lewe vir gewone mense buite die oorlogsone, so klink dit my, het oor die jare maar redelik dieselfde gebly. En in die tye vóór die 1820’s het die landelike samelewing nog stadiger verander. MAAR toe kom WO1 en ‘n sweer van onvergenoegdheid bars oop: Die Russiese Rewolusie, stemreg vir vroue, die Depressie, WO2, Dr. Spock, hippies, Women’s Lib, die Viëtnamese oorlog, (in SuidAfrika – die invloed van Uhuru, Republiekwording en diensplig), Nelson Mandela en selfone. Saam met al dié veranderings, ontwikkel die TV en rekenaars en kommunikasietegnologie. So raak gebeure wat dalk voorheen geïsoleerde voorvalle kon gewees het sonder die media, aan die groot klok gehang. Almal weet skielik baie meer as voorheen, of hulle nou wil of nie. Inligting verbyster ons. Selfs groot maatskappye en lande se geheime inligting maak hul verskyning op die internet. En nou is inligting oor, klink my 50 000, (SA) indiwidue se private en klaarblyklik buiteegtelike lewe ook beskikbaar en skielik swaai ‘n knuppel in die hoenderhoek rond. Ek luister en lees hoe verontwaardig

die samelewing is oor hierdie “ongeoorloofde” inbreuk op privaatheid aan die eenkant en oor die “morele verval” aan die anderkant. So asof mense hulle vantevore streng by monogamie gehou het. Net omdat iemand êrens die inligting bekom het en wil rugbaar maak, is dit nou skielik erg (of erger)? Op elke klein dorpie loop ‘n gerug dat daar getroude pare is wat bymekaar kom en sleutels in ‘n hoed gooi. Na bewering werk dit vir hulle. Wat instemmende grootmense doen is seker hul saak. Binne 100 jaar en so twee geslagte, het die norme van ons samelewing van Victoriaans verskuif na aansienlik meer liberaal. Of miskien hou mense net daarvan om te dink hulle is liberaal. Dis maklik om te praat oor hoe mense se denke meer vry geraak het, maar jy sal dit nie uit hul optrede aflei nie. Jong kinders op skool leer deesdae oor seks, of hulle dit begryp of nie. Sowaar as vet, ek weet nie of dit hulle juis voorberei op enigiets nie. Dit klink my wel kinders word geprikkel om vroeër dinge uit te vind, maar of hulle iets uit die kennis wys word, sal ek nie weet nie, en die ouers van daardie kinders lyk my nie is nie op dieselfde bladsy as hul kinders nie. Hoekom anders sal Ashley Madison ‘n rimpel op die samelewing se dammetjie maak? Dalk wil die volwassenes van vandag met mag en mening aan hul jeugdigheid vashou, want die mediese wetenskap maak dit

vir jou moontlik om met ‘n blou pilletjie of hormoonaafvullings die verouderingsproses teë te werk. En seks is ‘n manier waarop die samelewing jou laat glo jy is viriel of bekoorlik en daarom nog jonk en ‘n bok vir sports. Dalk is dit hoekom ons president vier of vyf vrouens en 21 kinders het. Dalk is hy ‘n bok vir sports wat stort. Vernietig die Ashley Madison

Bladsy 10 webtuiste(-s) mense se huwelike en dus nou ook die hacker? Ek dink nogal nie so nie. Dis iets wat ‘n mens self doen wanneer jy ‘n skelmpie soek. En geliefdes, as ‘n magtige land se geheime of banke se kliëntbesonderhede uitgelap kan word op die internet, hoe veilig kan jy nou ‘n sappige webtuiste verwag om te wees?

Briewe

Wimbledon in my huis! Hiermee net ‘n hartlike dank aan Kleinmond SuperSPAR dat hulle met die onlangse aarbeipromosie die pas-afgelope Wimbledonse Tennistoernooi tot in ons almal se voorhuise gebring het. Behalwe dat dit die mooiste aarbeie was, het dit veral op Dinsdag 7 Julie vir ons laat voel ons sit vasgenael daar oorkant terwyl Anderson en Djokovic dit uitspook op centre court. Daardie bakkie aarbeie en room, tesame met die onverwagse heerlike warm weer, het dit wat duisende

kilometer ver afgespeel het, reg voor ons laat gebeur. Baie dankie SPAR dat ons nie net die handelsnaam op die groot skerm gesien het nie, maar dat julle met die plaaslike promosie so ‘n bietjie fantasie en drome vir die tennisentoesiaste bygevoeg het. Aan daardie laaste hou kon julle niks doen nie, maar mens sluk die knop in jou keel makliker af met ‘n bloedrooi aarbei en room! Hermien van Zyl Red: Jammer, Hermien, dat hy agterwee gebly het.

Hangklip Kleinmond Got Talent MAAK GOU, OUDISIES BEGIN 1 AUGUSTUS. SKRYF NOU IN EN KOM WYS JOU TALENT!! JONK EN OUD WELKOM. Dit is wonderlik dat ons deurentyd steeds plaaslike besighede, organisasies en individue by kry wat handevat om die reeks te versterk en sukses te verseker. Sover het ons die ondersteuning van

Overstrand munisipaliteit, SolarMax, Boathouse, Albertyn Apteek, Overstrand Herald, ASK Security, Kleinmond Eiendomme, VillaChad, NG Kerk Kleinmond en n aantal individue, hetsy deur finansiële steun vir pryse of lewering van dienste en verskaffing van geriewe. Saam kan ons soveel meer vermag!

www.overstrandherald.co.za

O

O

O S a d g s d h n n m h o V v n m m G v s g d h a n f h T n s v t H h b l v N ‘ s s h o t


e

Overstrand Herald

30Julie 2015

Bladsy 11

Oom Sakkie se “wooi” Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se Winkelstoep) en sy alter-ego (die uwe) het nou die dag lekker in die wintersonnetjie gesit en gesels oor vervloeë dae se studente-vervoermiddel, nl. die duim (rylopery) en toe dop hierdie storie uit. Dat al mý feite nou die volle waarheid is, sal ek nou nie my hand opsteek nie, maar die bron (kom ons noem hom vriend H) het dit met oortuiging vertel. Vriend H wou in die sestigerjare van die vorige eeu een vakansie na sy ouerhuis in P.E. gaan en moes maar noodgedwonge met die duim soontoe ry. ‘n Geleentheid op die N2 het verbasend gou opgeduik en soos dit maar daardie tyd die gewoonte was, het hy sommer dadelik, nadat hy sy sit gekry het, ‘n doodskisspykertjie aangesteek en daarna sommer nog baie kere, want hy was feitlik ‘n kettingroker. Die Ford het die pad opgevreet. Toe hulle teen skemer vir George nader, het die bestuurder skielik aangedui dat hy van plan verander het en na Oudtshoorn toe sal moet wegdraai. Vir vriend H was dit nie ‘n probleem nie en hy versoek die man toe om hom by George se polisiestasie af te laai, dan kan hy sommer in een van die selle oornag. Nadat hy verneem het dat daar ‘n sel beskikbaar is, vra hy die sersant of hy maar sy bagasie solank daar kan gaan bêre, want hy wou gou na die restourantjie oorkant die straat gaan om iets te ete te kry. Waar vlieg die

man hom nie toe liederlik in nie!! “Wat??!!, dink jy hierdie is ‘n ?#*@! hotel? As ons jou nou toesluit, maak ons eers môreoggend oop!” Noodgedwonge moes hy hom toe maar (nadat hy gereël het dat die seldeur die volgende oggend om 7-uur oopgesluit sou word) met ‘n leë maag in die koue sel gaan inskommel. Binne was dit nou juis so luuks soos in ‘n 5-ster nie en slegs ‘n dunnerige matjie met ‘n bondel kooigoed daarop, het hom welkom laat voel. Gelukkig kon Vriend H darem ook ‘n kombersie tussen sy eie goed uithaal. Na ‘n ongemaklike en onrustige nag, skrik Vriend H eers teen 8uur se kant wakker en vind die deur nog gesluit. ‘n Geroepery en gedeurslanery het geen polisieman se aandag getrek nie. Toe Vriend H deur die venster kyk, sien hy ‘n bandiet in die tuintjie werk, maar toe hy hom vra: “Gaan roep die sersant om die deur oop te sluit sodat ek kan uitkom”, het die man met so “hu-hu-hu” gelag vir die grappie van sy medegevangene!! Na vele gesukkel het hy darem die sleutel in die slot hoor knars en kon hy hom na die restourantjie haas om sy honger te stil. Daar aangekom, wie sien hy? Sy rygeleentheid van die vorige dag wat ‘n smaaklike ontbyt geniet. Of die man hom werklik nie gesien het nie of hom sommer net blatant geïgnoreer het, weet Vriend H nie, maar terwyl hy nog vir sy kos wag, is

www.overstrandherald.co.za

die man daar uit sonder enige herkenning. Vriend H het weer in die pad geval en ‘n geleentheid tot op Knysna gekry. Toe hy dáár langs die N2 staan, kom dieselfde Ford daar verby, maar die man kyk só anderpad dat die Ford amper in die sloot langsaan beland. Die man se gewete moes hom sleg gepla het, want na so ‘n paar honderd treë het hy omgedraai en Vriend H kom oplaai. Hy was skaars in en het weer ‘n spykertjie uitgehaal toe die man hom versoek om tog nie in die motor te rook nie. Toe hoor vriend H dat die vorige dag

se skielike gery na Oudtshoorn net ‘n verskoning was om hom uit die Ford te kry, want die man kan sigaretrook nie verdra nie en wou maar net van die ryloper ontslae raak. So moet vriend H toe tot in P.E. ‘droeghebek’ sit, maar toe hy voor sy pa se winkel afgelaai is, was die Ford nog nie eens in eerste rat nie, toe suig hy al behaaglik aan die spykertjie!!! Ja, ek het ook maar Vrydae tusen Wellington en die Strand geryloop, maar Sondae met die trein teruggekeer: ‘n predikantskind ‘hike’ mos nie op ‘n Sondag nie!! – Jean


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 12

Vriende van Afrikaans bied aan “Vers en lied” Kleinmond se Vriende van Afrikaans bied weereens vanjaar op Vrydag 14 Augustus ’n opwindende program van Afrikaanse verse, ’n voorlesing en ou bekende liedere aan. Hierdie aand van Vers en Lied word om 19:00 in die Gereformeerde Kerk (aan die bopunt van 6de straat en 13de Laan) aangebied vir almal wat belangstel. Die program behels onder andere ’n voordrag van Pieter von Wielligh, ’n gedramatiseerde voorlesing uit ’n kostelike pennevrug van Madelein van Biljon asook Woordspele van versies en gedigte aangebied deur Christine Dreyer en Helma Potgieter. Daarbenewens kompeteer 5 laerskool leerlinge om

geldpryse met gekostumeerde verse. Twee baie bekwame beoordelaars sal die beoordeling doen. By afwisseling van items sing die gehoor onder leiding van Karlien Venter en bekwame sangers saam met instrumentbegeleiding lekkersing liedjies uit ons Afrikaanse FAK soos die ou bekende Roelandstraat, Vêr in die ou Kalahari, Groen Koringlande, Die Oukraalliedjie en vele meer. Kaartjies is teen R30 by Albertyn Apteek beskikbaar en dit sluit ’n heerlike koppie sop na eie keuse en toebroodjies in. (Deelnemers aan die program kry konsessie kaartjies.) Hannes Smit

Dit is tyd om uit te tree KLEINMOND - Vanaf 1975 (40 jaar) was Klasie die eerste amptelike elektrisiën op Kleinmond as Kleinmond Elektries en daarna Klasie Engelbrecht Elektries. Klasie voel egter nou die tyd het aangebreek om die “tools” weg

te bêre en die lyf ‘n ruskans te gee. Hy sê baie dankie aan almal wat deur die jare hom ondersteun het en die vertroue gegee het om sy werk te doen. “ Was dit nie vir jou/ julle nie, sou dit nie so voorspoedig gegaan het nie”, sê Klasie.


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bird club outing KLEINMOND -Local is lekker. This was discovered by sixteen birders on our July outing. Meeting at 09:00 on probably the coldest morning this year, we set off to the local sewage works. Here we found the long disused bird hide-out overlooking the ponds. Perhaps some public-spirited citizens/ organisation would like to clear a new path to this facility! A good hour was spent in this location, identifying waders as birds flew in and out. Spotted were Yellowbilled ducks, Egyptian geese, 3-banded plovers, Blacksmith plovers, Yellow-billed egret, African black duck, Cape Teal, and in the surrounding fynbos, Malachite sunbird, Cape sugarbird and a Karoo Prinia. From here we drove to the picnic spot located alongside Palmiet lagoon. By now the winter sun was bringing some warmth, enabling outer garments to be

shed. Our enthusiastic birders spotted the following birds on the water: White-crested cormorants, Kelp gull, Hartlaub gulls, Little egret, Swift terns, Yellow billed ducks, White fronted plovers, Egyptian geese and Grey heron. Around the nearby fynbos were Cape bulbul, Cape wagtail, Cape robin and Sugarbirds. A total of 20 different species at the two locations. These two birding spots together with Kleinmond form our local birding experience where there is always something to see. After the birding, it was out with the flasks and biscuits for the social side: Very pleasant sitting in the winter sun with coffee discussing the morning’s sightings. We finally dispersed about 11:30 after a very enjoyable morning. (Paul Bramhall)

Bladsy 13


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 14

Matrics: use prelims to your advantage With the preliminary matric examinations just around the corner, learners should use them as an opportunity to assess their preparedness for their final exams, as well as to boost their year mark and chances of landing a place in their chosen higher education course and institution. Education expert Wonga Ntshinga, a Senior Head of Programme at The Independent Institute of Education, SA’s leading private higher education institution, says many learners don’t understand the importance and the value of their penultimate school exams. “Often learners view the prelims as an annoying inconvenience on their road to writing their final exams, when in fact these exams are very important for a number of reasons.” Ntshinga says prelims provide the only objective yardstick to determine how well prepared you are for your final exams, and your performance in these exams should be used to inform your strategy in the lead-up to the finals. “Prelims provide a great opportunity to consolidate your study methods and adjust them where they are shown to be inadequate. They also help you to experience the kind of the stress you’ll have to endure during final exams, which means that you can use the opportunity to develop better stress management and coping mechanisms if necessary. “Additionally, you will be able to gauge how much time you require to master your various subjects, which will help you draw up an accurate and effective study roster in the weeks ahead of your final exams. And if you master your current study materials, you won’t need to devote so much time on them later, freeing you up to dedicate your time to mastering any new work which

you will encounter in the weeks and months to come.” Ntshinga says another reason for learners to take the prelim exams very seriously, is because they can influence – positively or negatively – a person’s higher education chances. “Conditional offers from higher education institutions could still be withdrawn if you do not perform well, while in other instances, the prelim marks may be the ones that will secure you the space you desire.” Finally, the preliminary results contribute to learners’ overall year mark. “If you do well in your prelims, you will be able to write your final exams with the peace of mind that comes from being well prepared, and knowing that your overall performance during the past year already puts you in a good position,” Ntshinga says. Ntshinga says learners should stick to the basic best principles of studying effectively: by organising, preparing and planning. “It is important that you first organise your time, your work and your environment. Have a clear plan for what you will study every day and ensure you have all the materials you require. When preparing, ensure that you have looked at all your subjects and all the work you need to study for that subject. Then, when you are clear on the scope, draw up a study roster. “You should stick to this roster, and ensure that you have also factored in time for a second round of revision, as well as writing past papers. Focus on the big, overall picture, and also on the details. If you are happy and confident that you have given it your all in your preparation, you will be able to enter the exam room calmly and with the energy and focus required to perform at your (continued on p 15)

O

( v A l t b “ e n s b d o “ s y l o t i m a

P

E v i m a i v D v


s

r

e

d e

e

)

Overstrand Herald (continued from p 14) very best.” As with any examinations, learners should also ensure they maintain a healthy and balanced lifestyle, he adds. “Exercise, eat well, get your eight hours of shut eye every night, and learn to manage your stress. Make time for taking a break with your friends, and don’t get sucked into a pattern of procrastination. “The next few months will be some of the most important in your life, and their impact will leave an enduring impression on your future ability to build the career of your choice. Yes, it is a sacrifice that you need to make. But soon it will be over, and you will forever thank your

30 Julie 2015 future self that you did.” The Independent Institute of Education (IIE) is the largest, most accredited registered private higher education institute in South Africa. It has a history in education and training since 1909, and its brands - Rosebank College, Varsity College, Design School Southern Africa (DSSA) and Vega - are widely recognised and respected for producing workplace-ready graduates, many of whom become industry-leaders in their chosen fields. The IIE offers a wide range of qualifications, from post-graduate degrees to short courses, on 20 registered higher education campuses across South Africa.

Panga-man in hof Een van die mans wat me Linda van Zyl van Neethlingstraat in Palmiet in Mei vanjaar met ‘n panga in haar huis aangehou het, het op 23 Julie in die landdroshof op Caledon verskyn op ‘n klag van huisroof. Die voorval het ‘n opskudding veroorsaak na twee jong broers

van hier, Johan en John-Micheal Burls en nog ‘n Kleinmonder, Emile Odendaal, een van die aanvallers kort na die voorval aangekeer het. Die jong manne is van heinde en verre geloof vir hul optrede. Die polisie is steeds op soek na die ander man wat by die rooftog betrokke was.

Bladsy 15


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 16

O


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 17

w


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 18

G’day “Ouma Hester” home from Downunder! KLEINMOND – Ms Hester Walters, affectionately known as “Ouma Hester” by the pupils of Laerskool Kleinmond, Monday visited the school during their assembly, to tell them about her adventures in Australia. Hester left home for her journey on 17 May with her travelling toy companion, Barnacle the Whale. On reaching Australia, Hester and Barnacle commenced on a journey along that country’s coast travelling in a motorhome. The estimated length of the journey was between 16 000 and 20 000 kms. The final number of kilometres completed, was 18 656 kms. To keep the pupils involved one of the questions set for them was to guess the length of the journey. The winner in this section was Madison Salhab who was 7 kms short of the final amount. Barnacle and Hester eXplored primarily the coastline of the fifth largest continent and shared their adventures with followers back home on fb on Follow Barnacle the Whale. In this way, local children had the opportunity to learn about a foreign country in a way that not only caught their attention, but made the journey a

personalized experience. This is an example of what could be learnt about Ouma Hester’s and Barnacle’s journey on their fb page (June 14):”Tomorrow we will pass the 10,000 kilometers which means we are way past the halfway mark on our journey around Australia. Ouma Hester found out that from Cape Town to Cairo it is 10,280 km so some time tomorrow we would have driven that far! Can you find a map of Africa so you can see? Australia is a VERY big country! It is also an island and a continent. Is that not just amazing? And South Africa will fit into Australia about 17 times!” Boonop het “Ouma” Hester die kinders se belangstelling geprikkel om kennis te neem van wonderlike dinge wat in ander lande bestaan. Met haar terugkeer het Hester aan elke lid van die personeel n yskasmaganeet gebring en vir elke kind ‘n klein borsspeldjie van ‘n koalabeertjie met ‘n Australiese vlaggie. Aan die twee leerders wat Barnacle se naam help kies het, het sy ‘n koala beertjie gebring, asook ‘n regte boomerang vir die skool se vertoonkas.

O


!

7

n t

t ,

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 19


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 20

O


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 21


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 22

Op die foto verskyn van links agter: Nina Visser, Caitlin Stofberg, Siya Saul, Tershem Jacobs, Winchell Abrams (al vyf gr. 7), Chanri van Vuuren (gr. 6) en LucheanĂŠ Hechter (gr, 6) Voor verskyn Caleb Riordan, JD Floris en Danika Singleton (al vier gr. 6).

Marimba groep weer in internasionale kompetisie KLEINMOND – Laerskool Kleinmond se Marimba orkes neem eersdaag weer deel aan die internasionale Marimba

& Steel Pan Festival deel. Die fees word in Bedfordview in Johannesburg aangebied.Hulle neem Saterdag deel.

www.overstrandherald.co.za

O


n

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 23


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 24

Kleinmond Rugby Nuus

www.overstrandherald.co.za

Wedstryd verslae van Kleinmond vs Standards die afeglope naweek, 25 Julie 2015 * 3de span: Kleinmond 25 - 5 Standards * 2de span: Kleinmond 36 - 0 Standards * 1ste span: Kleinmond 36 - 30 Standards Die tweede en derde spanne het goeie hardloop rugby gespeel en altesaam 11 drieë gedruk. By die eerste spanne was dit ‘n opdraende stryd, en al het Kleinmond 5 drieë gedruk was dit maar ‘n taai wedstryd. By die 3de span het Wheelan Floors twee drieë gedruk en was hy telkens op die opponente se doellyn. By die 2de span het al die spelers

in die agterlyn ‘n uitstekende wedstryd gehad, maar as ek iemand kan uitsonder sal dit Uwin Cedras moet wees omdat hy self ‘n drie gaan druk het en geslaag het met 3 doelskoppe. Kleinmond het 6 drieë gedruk in die wedstryd. By die 1ste span het die voorspelers die wedstryd oorheers en die agterlyn het maar min bal besit gekry om mee te hardloop. Gerrit October en Phernol Miennies het altwee goeie wedstryde gehad en het bygedra tot hulle span se oorwinning. Saterdag reis Kleinmond na Grabouw toe om ‘n ligawedstryd teen Safcol te speel. - Wendy Tawse

Boland o.19 Span Op Maandag 1 Junie, het ‘n groep van 30 spelers, die gure weer trotseer en Caledon toe gereis om deel te neem aan die Overberg Streekspanne proewe. Die volgende o.19 spelers: Chantin Jonas, Junaid Karelse, Nathan Appel, Brad-Lee Hickley, Wheedan Bosman en o,21 spelers: Tamryn Plaatjies, Shaquile Cedras en Marno Blaauw is gekies om deel te neem aan BOLAND RUGBY UNIE STREEKDAG, wat op DINSDAG 16 JUNIE 2015 gehou is. Hierdie

Streekdag dien as proewe en talent-identifisering van die onderskeie provinsiale spanne. Nadat Chantin Jonas, Junaid Karelse en Deuston Oliver aan die finale proewe deelgeneem het, is ons baie trots op U mee te deel dat Junaid Karelse en Deuston Oliver opgeneem is in die Boland o.19 finale oefengroep wat twee keer ‘n week op Wellington moet aanmeld vir oefening. - Wendy Tawse

O


m

r

Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 25

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

DAGBOEK

30 Julie 2015

31 Julie & 1 Aug: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Wish to advise that due to the Winter Season there will be NO running/walking on Wednesday evenings at the Car Park, Sandown Restaurant until Wednesday 2nd September. 31 Julie: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

3 Augustus: Walkerbaai Seëlklub om 17:30 Rolbalsaal Hermanus. Skakel 082 376 6252 6 Augustus: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroet vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Alma Schwabe van Somerset Wes is die Gasspreker vir die oggend. Ons sal ook leer hoe om Ou Baltimore Patrone te vernuwe, asook die gebruik van “Freezer Paper”. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882 6 Augustus: Kleinmond Senior Burger Klub vergader in die N.G. Kerksaal om 15h00. Ons hou ‘n Stokperdjie uitstalling van al die lede en dit beloof om baie interessant te wees. Almal word genooi om deel te neem. “n Algemene kennis vasvra sal deur Mauritz van dan Berg aangebied word. Almal baie welkom, Hoop ons sien jul daar, Tee en verversings vir gesellig verkeer. Marietjie sel. 0824455962

Bladsy 26

Vers en Lied en ’n kompetisie vir ’n gekostumeerde voordrag te wees. Kaartjies teen R30 beskikbaar by Albertyn apteek. Sop en toebroodjies ingesluit. 20 August: Kleinmond Animal Welfare Society; Come & meet the wonderful staff, canine & feline stars! Theme/tema: “KAWS, it`s a good KAWS” presented by Eloise Knoop at KAWS, Kleinmond. Time/tyd: 10:30. Venue/plek: KAWS, Proteastraat, Kleinmond. Contact Pip Prinsloo 028 272 9949.

T

22 Augustus: Dance Mouse konsert by die Stadsaal Kleinmond begin 11:00 en kos R50 volwassenes, R30 skoolkinders en voorskool is gratis.

E 1 P

27 Augustus: Kindersorg Suid Afrika: Kleinmond se Algemene Jaarvergadering deurgee? om 18h00. Dit is nie meer Dinsdag, 11 Augustus 2015, om 18h00 nie.

G B f

29 August: KAWS Fashion Show Fundraiser with Cheese & Wine tasting. Special Guest: Evette Weyers. TIME/tyd: 15:00- 18:00. Venue/plek: Nivenia Hall, Harold Porter Botanical Gardens, Betty`s Bay. Ticket/ Kaartjie: R100 pp. CONTACT for Tickets JEAN 079 190 6135

T e g

12 December: The Friends of the Hangklip Library invite you to join: HANGKLIP COMMUNITY BOOTSALE Winter is a good time to sort out cupboards & get rid of the clutter. Your unwanted goods may be someone`s treasure! TIME/TYD: 09:00-14:00. VENUE/PLEK: Crassula Hall, Crassula road, Betty`s Bay. Registration fee: R50.00 per car. This can be paid at the Library, Betty`s Bay. Rosaline 028 272 9263. Contact Pip Prinsloo 028 272 9949.

BUKSIES

11 August: Herewith please be informed about the Annual General Meeting to be held at 18h00. The meeting will take place in the Youth Hall (behind our office). The annual membership fee of R10 is payable. For more information please contact the office at (028) 271 4044. Thank you and stay well! 14 Augustus: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.

14 Augustus: Die Vriende van Afrikaans se Kleinmondtak bied weer ’n viering van Afrikaansdag in die Gereformeerde Kerk Kleinmond om 19:00 aan. Dit beloof om ’n opwindende aand van

2 4

G C R

1 m

K l 1 r

B n

2 b

9 Augustus: Spesiale geleentheid vir vroue-dag. Hoof spreker Louise Bruwer. Lofdansers en samesang. Plek: NG kerksaal, Eerstelaan, Kleinmond om 15:00. Almal baie welkom, Kaartjies R10.00 by Albertyn apteek of NG kerk-kantoor. Kreatiewe vroue uitstalling. 11 Augustus: Hiermee kennis geskied van Kindersorg Suid Afrika: Kleinmond se Algemene Jaarvergadering gehou om 18h00. Die vergadering sal in die Jeugsaal (agter die kantoor) plaasvind. U jaarlikse lidmaatskap fooi van R10 is betaalbaar. Vir meer inligting skakel asb die kantoor by (028) 271 4044. Baie dankie en mooi bly!

O

5 3

S t S G s 0

GESOEK / WANTED

Sandy is looking for domestic work Mondays, Wednesdays and Thursdays. Ref: Mrs Twine 028 271 5981 / 082 787 4065. Phone 078 945 7989 Maliviwe is looking for cleaning or gardening work. He can take away refuse with his bakkie afterwards Mondays - Saturdays. Phone 063 151 3721 Veronica is looking for domestic work 3 days a week. Has reference 084 389 8298. Phone 063 162 9267 Bruin elektriese koord vir `n Salton warm skinkbord / Brown electrical cord for a Salton hot tray. Skakel 083 244 1245

G W T b M m s


:

Overstrand Herald

30 Julie 2015

BUKSIES TE KOOP / FOR SALE

2 Marantz luidsprekers 65cm hoog R200 o.n.a. Skakel 028 271 4109 Embuia Ball & Claw table - 6 seater R3500. Vintage cupboard 1,53 x 1,86 x 0,52m R2500. Embuia headboard width 1,17m R550 o.n.c.o. Phone 082 247 8556 Garage sale: Saturday 1 August from 10:00 at 3 Swartrivier, Klein Berlyn: TV’s from R50 - R250. Computer Monitors, Toaster, Kettle, furnitue & much more household goods. Toyota SL3404D Omkapmasjien in baie goeie werkende toestand en min gebruik, slegs R950. 2 Manspakke no. 38 R150 per pak en goeie mansbaadjies @ R75. Skakel 028 271 3508 / 082 797 1088 Garage Sale: 1 August from 09:00 at 16 Bob Laubser street Palmiet: Clothes, pottery, books R10, records, video’s R5, small items R5, R10 large range stock various prices. 1 Sitkamerstel: 2x Tweesitplekbanke + 2x stoele, 1x Lazyboy en mikrogolfoond. Skakel 079 394 2930 Kas vir gang of werkskamer vir hobb’s of materiaal (3 rakke) 1,20m lank x 90cm hoog R230. 4 Bruin kussinsgs met goue borduursel en 1 lang rol kussing vir bed of bank R130. Stewige veiligheidshek met raam R400. Skakel 076 074 6203 Bernina 2000 DE (4 tol) ‘overlocker’, baie min gebruik. R1 500 of naaste aanbod. Skakel Rita 082 8211 807 2 “Directors”stoele Kroegtoonbank hoogte R100 elk. Skakel Zelda by 072 805 4804 5kg Tumble Dryer @ R1 100 good condition. Please contact 082 320 0344 Sleeper couch van soliede hout met dubbelbed futon, baie goeie toestand. Maak ‘n aanbod. Koffietafel R70; Klein TV- kabinet R20; Swart gestofferde koegstoeltie R15; George Foreman “Lean Fat Grilling Machine” R105; Glasbord vir groot mikrogolf gratis; 2 stukke 5mm glas 60x46cm en 60x66cm R12 elk. Skakel Jacoba by 028 271 5045 of 072 101 1246 GOOD WOOD PIECES for sale – all now priced by knowledgeable Woodcrafter at discount prices. Long Metal curtain rail, Yellowwood Table top, , Three good oldfashioned Tea Chests, Bentwood chair to be assembled, Goeie Stinkhout stukke, ook kort geskaafde stukkies, Malawi pinkswart Ebbehout stompe, baie los stukke hout (eikehout, miranti, stinkhout,)en nuttige planke. Die hele week oop. Kom kyk self.61 Botrivier Weg.

Bladsy 27


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 2 AUGUSTUS 2015 - NAGMAAL 09:30 Kerkgebou Ds. Steven Sass 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Hannes van Wyk KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772

PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015

O


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 29


Overstrand Herald

30 Julie 2015

Bladsy 30

SERVICES - DIENSTE

O


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

30 Julie 2015

Bladsy 31


Kleinmond o.19 Rugby Vrydag 17 Julie het ons ‘n funksie gehad om die volgende borge te bedank vir hulle bydrae tot die o.19 Rugby Ontwikkelings-projek wat deur mnr David Horne van Horne Tegnologies cc geborg is, is ook daar bekendgestel en daarna is ‘n wedstryd gespeel teen

Hawston se o.19 span. Ons wil die volgende borge hartlik bedank vir hulle bydrae tot die sukses van hierdie projek: * Touba Factory Shop * Jowa’s Electrical cc * Petrus Karelse – Queen of Hearts

* Edwin Karelse * Koos Barry * Jaco Stemmet * Jan Pieterse * Horne Technologies cc – David Horne * Boland Rugby – Mr Cliffie Booyse

Die bestuur en spelers is baie dankbaar vir al die ondersteuning wat die gemeenskap en ouers vir ons gee!! Die wedstryd verslag dieselfde aand, Kleinmond het weerens hulle wedstryd gewen, Kleinmond 25 - 17 Hawston - Wendy Tawse


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.