4 Junie 2015

Page 1

Con Spirito se laaste konsert:

FOTO’S

Tragedy Family of three dies in fire

Mila (10), Sandi and Erhardt Schoonwinkel


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 2

Drie sterf in brand op Pringlebaai PRINGLEBAAI – Drie lede van ‘n gesin van hier is Sondagnag/ Maandagoggend tragies in hul huis dood, nadat die woongedeelte van hul huis tot nog toe onverklaarbaar aan die brand geraak het. Erhardt, Sandi and Mila (10) Schoonwinkel died in the flames when their home inexplicably caught fire during the night of 31 May/ 1 June. According to Mr Braam van Vuuren, a neighbour living diagonally across from the home the Schoonwinkels rented in Dennys Steet, he was awakened by his dogs at about 01:15 on Monday. When he opened the door of his home, he saw flames emanating from the Schoonwinkel home. Van Vuuren said he rushed towards the blazing home shouting their names. Unfortunately the fury of the flames in the strong wind drove him back. Rescue services and the fire brigade were called and by 03:00 the fire was extinguished and the remains of the victims removed. The scorched structure of the house was all that was left as the content of the home, including the family dogs, was reduced to ashes. Sandi’s teenage son, Josh, escaped the blaze as he had slept over at his maternal grandmother, Ms Karin Lawler. According to Erhardt’s father, Mr Nols Schoonwinkel, his son and the family had been out

visiting Karin’s mom earlier Sunday evening, but had returned to feed the dogs. A grief-stricken Mr Schoonwinkel said on Monday that perhaps a cinder from a stove could have fallen onto the carpet to start the fire. Toe die Herald Maandagoggend op die toneel was, was die polisie nog daar. Mnr. Schoonwinkel (sr) was baie aangedaan toe hy oor klein Mila uitgevra is. Hy het gesê sy was ‘n liewe kind wat voluit gelewe het en alles met oorgawe gedoen het. Buurman Braam van Vuuren het vertel dat hy en sy vrou Sondag vroegaand oorgestap het om die Schoonwinkels te waarsku dat bobbejane in die omgewing opgemerk is, maar dat die gesin toe uit was. Die Schoonwinkels het die woongedeelte aan die suidekant van die huis gehuur, terwyl ‘n klein woonstelletjie aan die agterkant (noordekant) van die huis bo-op die garage aan twee broers uit Zimbabwe verhuur is. Die woonstelgedeelte het die vlamme heeltemal ontsnap. Gereedskap en ander besittings van die Schoonwinkels wat in die garage gebêre is, het ook niks oorgekom nie. ‘n Forensiese ondersoek na die oorsaak van die brand is onderweg. Volgens Sandi se suster, Heidi Lawler, het Erhardt nog ‘n seun, Tristan, en ‘n dogter, Tegan, uit ‘n vorige huwelik. Sandi laat haar seun Josh agter. Erhardt was bekend in die omgewing weens sy werk met die insit van aluminiumrame (vevolg op bl 3) Mila Schoonwinkel (10) was volgens almal ‘n vriendelike, liewe, lewenslustige meisie wat alles met oorgawe gedoen het. Sy het graag geteken en was ‘n goeie atleet wat vroeër vanjaar ‘n sertifikaat vir die beste o.11 meisie-atleet ontvang het by Laerskool Kleinmond.


Overstrand Herald en vensters, terwyl Sandi van die huis af gewerk het. Mila was ‘n leerder aan Laerskool Kleinmond. A remembrance service for the family will be held at Waldo’s Place off Buffel’s Road at 11:00 on Saturday.

In happier times: From left... Tristan (Erhardt’s son), Joshua (Sandi’s son) standing. Mila, JP (Family friend), Sandi and Erhardt. (Facebook)

4 Junie 2015

Bladsy 3


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 4

‘n Vrolike 90 jaar! Café gereël.

Tant Coba Claassen wat op 30 Mei 90 jaar oud geword het, lig ’n glasie vir die heidronk wat op haar gedrink is. Mev Coba Claassen van Kleinmond het op 30 Mei 90 jaar oud geword en die susters van die Gereformeerde Kerk, waar sy lidmaat is, het vir haar ’n vrolike geselligheid by Cup’a

Tannie Coba het ’n interessante lewe gehad en as entrepreneur is sy vandag nog bekend vir die heerlike fudge wat sy tot onlangs nog op verskeie plekke op die dorp versprei het. Sy het sommer vir elke gas ook ’n keurig verpakte blokkie daarvan saamgebring na die geselligheid toe. “Ek en my man was van ons troue af in besigheid – hy by sy garage en ek by my winkeltjie langsaan - Merriman Handelaars. Dit was oorkant die Opvoedkunde gebou op Stellenbosch. Studente kon enigiets daar koop – van kruidenierswaretjies tot kos,” vertel sy. Die studente was glo dol op die heerlike sop wat sy op reëndae daar aan die prut gehad het. “Hulle kon nog op die boekie by my koop,” lag sy. “Ek het altwee my kinders in die

winkel grootgemaak. Toe hulle groter word, het hulle soggens na die enigste kleuterskool op die dorp gegaan – by ’n kloosterskool. Ek onthou nog hoe my dogtertjie op reëndae vir my gesê het ‘ek wil nie vandag na die ‘kanonne’ toe gaan nie.’ Sy en Hans het op ’n kleinhoewe buite die dorp gewoon. “Ons het ’n paar hoenders en ’n melkkoei op die hoewe aangehou, maar ons het nie regtig geboer nie – ons was te bedrywig met die besighede. Ek het nog koek ook gebak vir die Goodhope Sentrum.” Toe die groot kettingwinkels begin oopmaak het sy haar winkel toegemaak en nog 23 jaar by Oom Samie se Winkel gewerk. Tant Coba het ’n fyn humorsin en sy spot graag met haarself.

Die Gereformeerde susters het vir haar ’n pragtige handgeverfte tafeldoek geskenk, maar dit saam met ’n wit onderdoek verpak. Toe sy die onderdoek eerste uithaal, roep sy verwonderd uit: “Haai, is dit ‘n ou lakentjie vir die ouetehuis?” Later het sy nog tong-in-die-kies bygevoeg dat sy ook gewonder het of dit dalk ’n doodskleed vir haar was.... Sy was egter baie opgewonde oor die pragtige tafeldoek, want sy maak nog graag haar tuinwoonstelletjie gesellig en mooi waar sy by haar seun, Francois, en sy gesin woon. Sy gaan ook elke jaar vir die wintertyd by haar dogter, Ellen, in Pretoria kuier. Sy het 5 kleinkinders en 10 agterkleinkinders.“Wie sou kon dink dat ons ou tweetjies wat daar op Stellenbosch begin het, so ’n lekker groot nageslag kon voortbring?” Kobie Coetzee


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 5

Die mense van Kleinmond: Dr Neil Fairall In die verre verlede was Kleinmond dikwels, in ligte luim, getipeer as die plek waar die predikante aftree. Hoewel ons steeds die leraars in ons midde waardeer, het die dorp en omgewing oor die afgelope jare ook die plek geword waar ‘n groot verskeidenheid professionele mense aftree en hulle laaste jare hier geniet maar ook nog hulle talente en bekwaamhede tot beskikking stel en aanwend. Een van hulle was dr Neil Fairall, wat hier gewoon het en op 25 Mei in die ouderdom van 79 oorlede is. Hy was ‘n SuidAfrikaans gebore en getoë natuurwetenskaplike van wêreldformaat wat in stilte hier tussen ons gewoon het en na aftrede nog groot bydraes tot die bewaring en benutting van die unieke omgewingsprag van Kleinmond en Wes-Kaapland gemaak het. Dr Fairall het sy B-, M-, en Dgrade in die natuurwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria verwerf en homself oor die jare bewys as nie net ‘n geleerde man nie, maar ook ‘n wyse en praktiese man in die toepassing van sy kennis vir die uitbou en benutting van al die groot wildparke in Suidelike Afrika. In die vroeg 1960’s en vir jare daarna, was dr Fairall as ‘n jong, professionele natuurbewaarder in die Kruger Nasionale Park werksaam en aktief betrokke by die eerste uittoetsing van die nuwe verdowingsmiddel M99, wat ‘n revolusie in die vang en translokasie van wild en veral groot diere soos olifante, renosters en buffels tot gevolg gehad. Die middel en die teenmiddel het intussen die basis geword waarop suksesvolle wildvang en wildboerdery gebou is. Dr Fairall het baanbreek navorsing in dié verband gedoen en veel bygedra om renosters en olifante van uitwissing te red en wildboerderypraktyke te ontwikkel en vestig. In sy loopbaan as natuurbewaarder het sy kennis en insig en leierskapeienskappe

hom na die administrasie en bestuurskader geneem en uiteindelik ook na die Wes-Kaapse Departement vir Natuurbewaring waar hy instrumenteel was in die totstandkoming en vestiging en leiding van die uitvoerende arm van die departement wat nou bekend staan as Cape Nature. Van grootwild in die noorde het hy na fynbos in die suide beweeg en na aftrede was hy nog vir jare aktief in die bestuurskomitees van Kleinmond Natuurbewaringsvereniging, Kogelberg Biosfeer vereniging (KOBIO) en die uitvoerende maatskappy (KBR) van hierdie wêrelderkende bewaringsgebied waarbinne Kleinmond geleë is. As kundige raadgewer het hy waardevolle insette gelewer vir die Overstrand Conservation Forum (OCF), Bot River Estuary Forum (BREF) en die ontwikkeling en instelling van die, vir Kleinmond belangrike, bestuursplan vir die Palmietopvanggebied. Hy word oorleef deur sy vrou Anna Marie, kinders Henriëtte, Chris, Donelle, in New Zealand, en kleinkinders Neil, Lillian, Simon en James. (- Prof Frans van der Merwe)


Overstrand Herald

4 Junie 2015

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 6


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 7


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 8

Blankets from the heart KLEINMOND – Toe Grim Grimbeeck van Pringlebaai 70 jaar oud geword het vroeër vanjaar, het hy sy voet neergesit en gesê hy wil nie nuttelose geskenke ontvang nie. On Grim’s invitation to his 70th birthday celebrations, he unequivocally stated that he wanted NO presents, but that he was “collecting blankets to spread some warmth this winter and would love (a blanket) contribution instead of a gift”. These blankets were delivered to Corrie Gerber at her home

at Kleinmond from where the distribution will take place. Corrie en die Helpende Hand organisasie op die dorp sal uitvind waar die nood hoog is, en dan komberse daar aflewer. Van die komberse is kleiner, warm kombersies wat aan onder meer Siyabulela geskenk gaan word. Daar is egter ‘n groot verskeidenheid groottes en verskeie mense gaan vanjaar daarby baat, omdat een man met sy verjaardag aan ander gedink het.

Grafiese ontwerper Die Overstrand Herald het ‘n tydelike pos vir ‘n grafiese ontwerper vanaf 1 Julie tot en met 31 Augustus 2015. Kennis van InDesign noodsaaklik. Coraldraw sal ook help. Daar sal van die persoon verwag word om direk met kliente te skakel asook ander kantoortake te verrig. Indien u belangstel stuur asb ‘n verkorte CV (1 bladsy) aan redakteur@overstrandherald.co.za voor Vrydag 12 Junie 2015. Moet ons asb nie skakel nie. Salaris en ander reëlings sal bespreek word tydens onderhoude.


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 9


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 10

‘n Naweek van Con Spirito afskeid KLEINMOND - Die laaste note van die gewilde Con Spirito sangers in Kleinmond het hierdie naweek weerklink – met trompetgeskal en uitbundige vreugde en musiekgenot – maar ook uiteindelik met ‘n weemoed in die hart. En ‘n era van pragtige musiek onder leiding van die inspirasie, kreatiwiteit en talente van koorleier Isabel Wagener, het verby gegaan. Vyftien jaar van oefen, groei, konserte, toere, beplanning en pragtige musiek deur die koor, het die naweek ten einde geloop. Drie van die stigterslede is vandag nog aktiewe koorlede – Annelie Fick, Ann Myburgh en Joan Marnewick, terwyl James Munnik vanaf die eerste jaar solis was. Donderdag- en Vrydagaand het die beplande twee konserte plaasgevind waartydens die treffers uit die vorige jare vir oulaas gehore vermaak het. Talle oud-lede wat vir oulaas kom deel het in Con Spirito fees, het die laaste twee items saamgesing. Die volgepakte sale en die uiteindelike staande ovasie was vir al die bekende gunstelinge, insluitend die musiekblyspele, soos “Fiddler on the Roof” met Louis Fourie se ryk basstem; “West Side Story” met die soet stemme van die trio Hanlie Haasbroek, Sandra Odendaal en Bea Whittaker; “My Fair Lady” met Jean du Toit en Anneli Fick, en “Ol’ Man River” met James Munnik en Louis Fourie. Madre Beukes was ‘n aangename jeugdige verrassing met haar kragtige “When the Red, Red Robin comes bob, bob, bobbin’ along”. En die uitmuntende instrumentaliste het geselekteerde items klankryk na groter hoogtes geneem. Elke item is entoesiasties toegejuig en klaarblyklik terdeë geniet. Die immer gewilde Hallelujakoor uit die “Messias” van Georg F Händel was ‘n hoogtepunt aan die einde van die aand. Precious memories as well as the lighter moments of the past fifteen years, were shared during a social get together of

Beau Visser oorhandig ‘n ruiker aan Isabel Vrydagaand. all members, including those who were part of the group during the earlier years. Of the eight founder members 15 years ago, three were active members of the choir until the end. Various members voiced their joy and appreciation for Isabel Wagener’s enthusiasm and energy, as well as the legacy of her personality. As Johan Jacobs specified, she showed each member the way to perseverance as well as to self-control, and her gentle contact with all individuals illustrated her special talents in simplifying the message and interpretation of every song. And the staff members of the Fynbos culinary team, impressed by the greatness of the moment, surprised and impressed all with their lively impromptu choir! Sondagoggend het ds. Willie Badenhorst, self ‘n oudlid van die koor, die koor se laaste optrede effektief by sy boodskap ingesluit. Die tema het gesentreer om die begrip van tyd, en sy waarskuwing dat die koms van die Koning op hande is, is deur die koor bekragtig

met die bekende “The King is coming”, van William Gaither. Die trompetspeler Chrisjan Cruywagen en ‘n paar koorlede was tydens die diens eers deel van die kerk se voorsanggroep, en daarna deel van die koor. Menige oog was betraand, nadat die seënbede uitgespreek is en die koor se heel laaste lied

gesing is: “God bly met u waar u ookal gaan”. Isabel, Kleinmond was ryker met jou onvervangbare Con Spirito’s se goue klanke en suiwer stemme. Ons sal hulle mis! (Berig en foto’s op middelblad - Ria Burrows)


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Local chess players perform well KLEINMOND - Genève, Emile and Chané Mehnert took part at the Bontebok Open Chess Tournament in Swellendam on Saturday, the 23rd of May. Genève and Emile both received a bronze medal in the boys and girls under 13 age group at the prize giving afterwards. Chané took part in the Open Category competing against parents, teachers and well experienced high school pupils. She managed to put 3 of the 5 rounds in her pocket. Emile was also the lucky winner of a mini cupcake maker at one of the lucky draws that took place which added a special touch to the day. During the weekend of 15 to 17 May Genève and Emile took part at the Western Cape Schools Chess Trials in Worcester. They were chosen to present the Overberg team to compete against the Western Province, Cape Winelands (formerly known as Boland), South Western District and West Coast for a place in the

Western Cape Team. At the presentation afterwards Genève was chosen to represent the Western Cape at the SA individual School Chess Tournament which will take place in the June/July holidays. They would like to thank Allen Badenhorst, their coach while still part of Kleinmond Primary School’s Chess group, who has contributed and helped them to achieve great heights.

Bladsy 11


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Briewe

God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other

`n Agent duisend

‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

Nog ‘n koppie? Pêrels Nou die aand toe ek so sit en luister na Con Spirito in hul laaste amptelike konsert, toe dink ek hulle was darem maar een van die pêrels van ons gebied. Van die pêrels hier is natuurlike wonders: die see en die fynbos en die berge en die riviere en al die ander vorms van water. Selfs die gewraakte bobbejane en die luiperds en die vet dassies en al die voëls is deel van daardie kosbare rykdom. Dan het ons die gekweekte pêrels waarvan Con Spirito een was. Ek sou reken die Hackers is een van daardie pêrels, So ook die Natuurbewaringsvereniging en die VLV. Daar is Tribal Echo en die Hangklip Dayzees en die marimba orkeste. Alles verenigings wat begin is uit liefde vir ‘n saak en behalwe vir Tribal Echo wat dalk al begin geld maak, geen of nie veel nie beloning ontvang anders as om plesier daaruit te put nie, maar terselfdertyd vreugde aan ander te bring en te deel nie. Behalwe vir die Echo en die Dayzees en die marimbas, wil ek my verstout om te sê dat die

Bladsy 12

mense betrokke waarskynlik ‘n gemiddelde ouderdom van om en by 60+. Wat mens laat dink né? Nou weet ek ook dat jonger mense gewoonlik so besig is om te veg om ‘n bestaan, dat hulle hulself dikwels nie die tyd gun om by iets anders uit te kom nie. Gelukkig is daar darem sportklubs en ‘n gimnasium wat die mense die geleentheid gee om hul liggaam in goeie toestand te hou. Ek weet by ons skole gebeur wonderlike dinge, en dis great. Maar wat doen die res van ons om vry, gratis en verniet van ons dorp en omstreke ‘n beter plek te maak? Wanneer ons iets goed doen, doen ons dit inderwaarheid nie vir onsself nie, maar belê ons in die toekoms van ons kinders, terwyl ons die hier en nou vir onsself ook beter en aangenamer maak. ‘n Pêrel word immers ‘n pêrel nie met die gedagte om iets kosbaars te wees nie. Hy probeer die lewe vir homself aangenamer maak en in die proses word iets wonderliks geskep.

Ons het onlangs die eienaars van `n vakansie eiendom op Kleinmond geword. Wanneer `n mens `n besluit maak om in die pragtige kusdorpie in eiendom te belê, kan dit nogal vreesaanjaend wees. Soveel huise beskikbaar, soveel agente, soveel voor- en nadele aan elke woning! Ons het op die ou end huise gaan kyk saam met net drie agente wat op hul unieke styl vir ons deur `n paar moontlikhede geneem het. Dis wanneer `n agent se ware kleure na vore kom. Die een agent wat werklik uitgestaan het met haar geduld,

goeie advies en eerlikheid, en vir wie `n mens kan vertrou met haar raad en bystand, was Mima Claassen. Haar vriendelikheid en professionele manier waarop sy al ons vrae beantwoord het, sonder om enige druk op ons te plaas, sit haar in `n ander kategorie van agentwees. `n Groot geskenkpak met die heerlikste eetgoed het op ons gewag met ons intrek in ons eie huis. Sy stel waarlik in haar kliënte belang en help waar sy kan. Ons is nie net meer kliënte nie, maar vriende. Baie dankie, Mima! “Gelukkige Koper”

Con Spirito se laaste Sondag 31 Mei 2015. Wat ‘n ondervinding! Wat ‘n wonderlike belewenis om vorentoe te koester! Daar was ds. Willie Badenhorst (oudkoorlid) se wonderlike boodskap (ons tye in God se Hand), die koor se duidelike verkondiging: The King is coming, die koor se eerbiedbetoning aan Hom: Heilig,Heilig is die Heer, die koor se seënbede: God bly met u waar u ook mag gaan.

Tot hiertoe kon die meeste van ons nog ons emosies beheer, maar met die slotlied, het ek maar eerder op die woorde en note gekonsentreer en die gehoor se gesigte totaal vermy, want anders sou ek geen geluid kon uiter nie! Wat ‘n treffende gebedsversoek: Prescious Lord, take my hand . . . . . Ek gaan die koor met al sy fasette verskriklik mis! Dankie Isabel. Jean du Toit


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 13

Laerskool Karnaval maak byna teiken KLEINMOND – Laerskool Kleinmond se karnaval wat Saterdag gehou is het ten spite van die reën weer amper hul mikpunt van R45 000 bereik. Die onderskeie stalletjies wat uit klasse bedryf is, het gedurig ‘n toeloop van voete gehad, veral waar die pannekoek en die koffie verkoop is. Die pannekoektafels het net oor die R3 300 van hul produk verkoop.


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 14

PROMOTION

Why meditate? Carol Holding was introduced to meditation 15 years ago by her teacher, a man from Mauritius. She has been teaching meditation for the past five years. “As you meditate, your mind becomes clearer and clearer. You feel less overwhelmed by mental chatter and troubling emotions gradually melt away. Feelings of stress and anxiety are greatly reduced�. The inner calm meditation provides also leads to a more positive outlook, increased clarity and enhanced creativity. Meditation helps to diminish stress and anxiety and helps you to sleep more deeply. With constant practice, the positive effects compound and become more established. People who meditate daily are more calm and learn to appreciate the positive changes in their lives which have been influenced by regular meditation. When

you practice meditation your heart rate and your breathing gradually slow down. Your blood pressure normalises and the function of your immune system improves. Meditation also helps the adrenal glands produce less cortisol, one of the main hormones attributed to ageing. What if you’ve never experienced meditation before? What benefits can meditation offer in your everyday life? A few examples are that one learns to stay cool under pressure; to think clearly and solve complex problems. One learns to value and put aside me time; it stimulates creative thought; helps one focus on goals and makes one become more balanced emotionally. So, do you want to learn how to meditate - Join our Beginners Meditation workshop on 14 June - phone or email for brochure: carolholding@yahoo. com 072 102 7937


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 15

Uitsonderlike VLV-tuisteskepper Middag Die tuiste-skepping portefeulje van die VLV-Kleinmond het die leiding geneem vir die maand vergadering gehou op Dinsdag 26 Mei 2015. Hierdie keer het die lede en talle besoekers aandagtig geluister na twee mans wat hulle kennis en talente met die gehoor gedeel het. Eerste aan die woord was Collin Gouws :’n nuwe intrekker in Kleinmond. Collin is oorspronklik van Thabazimbi en leef nou sy skeppings-passie uit met hout-restorasie en herwinning van ou hout. Volgens Collin is die moontlikhede “legio.” Die dames was baie entoesiasties oor sy voorbeelde van verskillende maniere om hout en meubels te verf. Collin het verduidelik van “chalk paint” wat maklik is om te gebruik. Hy het beklemtoon dat hierdie produk perfek is vir items wat nie elke dag in gebruik is nie. Daar is ander verf-produkte op die mark wat baie meer prakties en duursaam is vir gebruikitems. Verf met ‘n water-basis werk baie goed op meubels en hy het die “pearl-glow” en “ultra-matt” aanbeveel. Vir enigiemand wat belangstel om hout te restoureer is die nuwe “Renovator” apparaat perfek. Dit is lig, maklik om te hanteer en werk baie effektief vir die skuur van hout. Collin glo aan “nuwe lewe vir ou hout”en het voorbeelde gebring van o.a. esels wat hy gemaak het. Die dames het na die tyd omtrent baie vra gehad en belangstellendes kan sy vertoonlokaal besoek in Gerrit Maritzstraat 19, Kleinmond. Pieter Lourens is ook ‘n nuweling in ons dorp en hierdie talentvolle man het die dames in vervoering gehad met sy pragtige sang-stem. Hy is nog steeds verbonde aan die SAUK en ook RSG. Pieter het kontemporêre en geestelike liedjies gesing. Die gehoor het sy liedjies en sang so geniet dat hy gevra is om nog ‘n liedjie te

sing. Hy kan genooi word om by geleenthede op te tree. Hermien van Zyl het die wenk namens die Landbou portefeulje behartig. Hermien onderstreep die VLV-tema vir die jaar, nl “Vroue met visie” : sulke vroue maak tuin in Meimaand. Dit is is nou tyd om sweet-peas, Namakwaland-dasies, seldery en gesiggies te plant. Dit is ook noodsaaklik om genoeg slakpille te gebruik. Dit is raadsaam om ‘n deklaag rondom die plante te strooi, voor die winterreën. Dit sal help dat die bogrond nie sommer wegspoel nie. Dit is ook die laaste kans om bolle in die grond te kry. Meer volledige inligting oor die prakties en interessante wenke van die dag is beskikbaar van die voorsitter, Ninnie du Toit. Baie dankie aan Ohna de Stadler en haar span wat gesorg het vir ‘n uithang geleentheid met die heerlikste verversings na die tyd. (Alice van Rooyen)

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 Juniei 2015

KLEINMOND – ‘n Brand het Woensdagoggend by The Foodbar Takeaways in die Spar-sentrum uitgebreek. Die brandweer was gou op die toneel en die brand is geblus.

Bladsy 16

Niemand is beseer nie. Paula Calitz Eiendomme, wat net langs die Foodbar geleë is, het as veiligheidsmaatreël hul kantoor begin ontruim, maar dit was uiteindelik nie nodig nie.

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 17


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Con Spirito

Bladsy 18

Bo: Isabel erken die applous na finale konsert

Regs: Die Tiefen Keller van die koor. Louis Fourie

Links: Die koorleier Isabel Wagener saam met die instumentaliste Sharon Anderson, StefnĂŠ van Dyk, Sumare Prinsloo en Shaun Bailey


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Con Spirito

Bladsy 19

Bo: Die finale noot is sopas gesing

Regs: Jean du Toit smeek dat die koor hom betyds kerk toe neem!

Links: Soliste Bea Whittaker, Hanlie Haasbroek en Sandra Odendaal saam met Isabel Wagener


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 20

Kleinmond Rolbalklub Die jaarlikse Berg-en See Kompetisie het op 27 Mei, in goeie weersomstandighede plaasgevind. Die twee groepe het elk 8 spanne vir die kompetisie ingeskryf. Die formaat van die kompetisie was twee rondtes van 10 koppe elk. Die spanne het mekaar behoorlik aangevat. Groot was die opgewondenheid toe Cor J van Vuuren, die klub president, die wenspan aankondig. Vanjaar moes die Seespan die knie voor die Bergspan buig. Kallie de Kock, Seespan kaptein, en verledejaar se wenners, moes die beker hierdie rondte afstaan. Cor het die beker namens die Bergspan in ontvangs geneem. Die bergspanne het met 23 - 9 gewen. Na die Berg -en See Kompetisie, het die klub-president die 2014/2015 klubkompetisie bekerprysoorhandiging, gedoen.

Mens Fours L. to r. C. Lombard, C. Classen, T Rossouw, A Dietchman, Cor J v Vuuren (President)

Winners Of Club Competitions 2014/2015 Mens Fours: Alan Dietchman (skip), Tiki Rossouw, Chris Lombard. Ladies Fours: Sandra Helmbold (skip), Bets Goosen, Merle Quirk, Magriet Pretorius Mens Trips: Matthi Theron (skip), Alex Leeb, Chris Harding Ladies Trips: Elaine le Roux (skip), Ingrid Erasmus, Magriet Pretorius Mens Pairs: Roy Galloway (skip), Bob Bradnick Ladies Pairs: Christa Steenkamp (skip), Monet Meyer Mixed Pairs: Emile du Toit (skip), Bekkie Galloway Mens Singles: Kevin Sandy Ladies Singles: Ingrid Erasmus Champion of Champions: Kevin Sandy 101 Mens Singles: Hubert Bock 101 Ladies Singles: Sandra Helmbold Novices: Irene Cawood

Mens Pairs L.to r. B Bradnick, Cor J v Vuuren, R. Galloway

Verlede Sondag het die uitspeel van Boland “Champions of Champions� op Hermanus plaasgevind. Veels geluk aan

Ingrid Erasmus wat deur is om op 7 Junie aan die finaal op Worcester deel te neem. Ons wens haar alle voorspoed toe.


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 21

Kleinmond Rolbalklub

Dames Pare Vlnr.M.Meyer, Cor J. v Vuuren, C. Steenkamp

Gemengde Pare Vlnr. B. Galloway, Cor J. v Vuuren, E. du Toit

Dames Driespel Vlnr. I Erasmus, Cor, E Le Roux, afw. M. Pretorius Novices: Irene Cawood with Cor J. van Vuuren (President)

Mens Singels Kevin Sandy

Mans101 Wenner Hubert Bock

Dames Enkels Ingrid Erasmus


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 22


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 23


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 24

Herder verlaat gemeente

Hier verskyn lede van die kerkraad van St Nicholas, asook die twee leke-predikers van die gemeente, Shirley Swarts en Mary Malgas, saam met vader Bastiaan. Voor staan van links: Herman Olivier, Jenny Cronjé, Ursula Africa, Leilani Abrahams, vader Bastian, Susan Megan, Mary Malgas en Angelique October. Agter: Angelo Mitchell, Delicia Appel, Andrew Arendse, Shirley Swarts en Paulette Marinus. KLEINMOND – Vader Vincent Bastiaan was vir twee jaar die prediker, priester en herder van St Nicholas, die Anglikaanse gemeente. Kleinmond is deel van die parogie van Botrivier. Members of the church say Fr. Bastiaan was a priest and comforter to all the members of the congregation and will be sorely missed when he retires at the end of June. He served his last mass and delivered his last sermon to his flock from Kleinmond on Sunday.

Pringle House hosts open day PRINGLE BAY – Pringle House Eco-School had a well-attended open day on Saturday. The school moved to larger premises and welcomed parents, villagers and visitors in their new environment. The view from these grounds must be a contender for “the school with the most beautiful view in the world”!

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 25

www.overstrandherald.co.za


Overstrand Herald

DAGBOEK

4 Junie 2015

5 & 6 Junie: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249.

Bladsy 26

BUKSIES

Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Invites all Walkers, Joggers and Runners to come and participate in a walk/run every WEDNESDAY– It’s FREE, Bring a friend and your dog BUT it must be on a leash. Meet at 17:45 at the Car Park, Sandown Restaurant. 4 Junie: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Kom ons maak ‘n baadjie van ‘n paar “Fat Quarters” en word aangebied deur bekende Alma Schwabe van Somerset Wes. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882. 4 Junie asook 2 Julie: Kleinmond Senior Burgerklub kom speel saam BINGO , lekker pret en gesellig, om 15:00 in die NG Kerksaal. Bring jul vriende saam. Kontak Marietjie selnr. 082 445 5962 5-16 June: Hermanus FynArts Festival. Programme includes music, art, workshops, films, talks, wine tastings, exhibitions and fun things for children to do. This year the Italian contribution to our culture and way of life will be acknowledged. Book your tickets now www. webtickets.co.za or, www.hermanusfynarts.co.za or call Hermanus Tourism 028 312 2629 11 Junie: Kleinmond Demensie Ondersteunersgroep kom weer op 11 Junie bymekaar in die Tobie Erasmussaal by Kogelpark. Mnr Kobus le Roux(apteker) kom met ons gesels oor : Ons en ons medikasie. Bring u vrae en sommer n vriend(in) saam. Kontakpersoon M Coetzer , 0282713002. 16 Junie: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 09:00 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. 18 June: Friends of the Hangklip Library . Theme/tema: “Create a Greeting Card”/ Maak `n Kaartjie met Manda Malan. Please bring: sharp scissors/craft glue with nozzle/Pritt/damp cloth/ 2x sheet kitchen towel/ruler/old glossy magazine. Kom geniet `n oggend saam met ons! Time/tyd: 10h30. Venue: Betty`s Bay Library / Bettysbaai Biblioteek

www.overstrandherald.co.za

GESOEK / WANTED

Hedgetrimmer in goeie toestand. Skakel 083 303 5464 Lorraine is looking for a kitchen or restaurant cleaning job. Phone 063 037 7151 Esther is a Malawian lady looking for domestic work and babysitting work Monday to Friday. Phone 081 070 0846 Goodness is looking for domestic work Mondays, Wednesdays and Fridays. Has reference 082 955 0215. Phone 078 781 0964 Wendy is looking for work Monday to Friday, she has a reference. Phone 078 879 1938 Opsoek na huis te om te huur op langtermyn basis. In Seelane met minstens 3 slaapkamers en 2 badkamers met opsie om te koop. Skakel 082 441 4652 / 028 271 3039 ¾ Bed met basis en matras + kopstuk as dit moontlik is. Skakel 028 270 3093 / 074 855 8595 Someone who can re-ink cassette typewriter ribbons for Olivetti. Phone 028 271 4145 Bankskaaf of vlakteskaaf. Skakel 072 593 4651 WILLIAM IS LOOKING FOR WORK – GARDEN / PAINTING ETC . NON DRINKER / NON SMOKER VERY RELIABLE AND HARDWORKING. CONTACTABLE REFERENCES AVAILABLE. PLEASE CONTACT WILLIAM ON 084 072 2240 STANDING LAMP WANTED – MUST BE IN GOOD CONDITION AND +- 1.5 – 1.8 Metres high. Contact Eddie on 082 697 0534

TE KOOP / FOR SALE

Hobby Craft DIY Bench Drill press 1.5Kw motor in good condition R550. Phone 083 245 6372 1x Meranti garage door in good condition R600 onco. 1x Folding table tennis table on meeds needs tlc. R350 onco. Phone 084 697 3431 Elektriese olie verwarmer, De Longhi, 12 vin R350 soos nuut. Elektriese blowdraai haarborsel, splinternuut R150. Skakel 028 271 3419


Overstrand Herald

BUKSIES

4 Junie 2015

2x Koelkaste onderskeidelik R400 em R300 elk. Skakel 072 452 3254 / 028 271 4009 UNO 1400 gearbox en breakdiscs (nog nuut) Prys onderhandelbaar. Skakel 073 131 5202 / 072 452 3254 Shockmate radial armsaw R2500. Skakel 072 593 4681 1x 3 Laai lessenaar met stoel R300. 1x 16pk Suzuki outboard net gediens in baie goeie kondisie. Skakel 082 747 9318 Waterfilter (nuut) R400. Weed-eter R250. Embuia telefoontafel R300. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Zink unit with zink and taps, Handbasins with pedestals and taps, desk, doors, Kitchen cupboards. To much to ad. Phone for appointment 083 770 7787 Skottelgoedwasser, 2 plaat stoof met oond en Shop Rider te koop. Skakel 072 473 8117 Enkel Sonbed Suntan systems Elite 9 Tubes 30 min safety timer Easy to move around. Min gebruik R7,700. Skakel 082 834 0504 Hawkins Slimming System EBA 16. Elektroniese Verslankings en spier-verstewiging masjien Bevorder Bloedsirkulasie Verhoog Metabolisme Verminder selluliet Min Gebruik R2,700 Selnr 0828340504 Klawerbord Teaching Electronic organ MLS 9688 Mooi Klavierklank So goed soos nuut R770. Trekklavier. Scandalli Symphony Eighty R1700. Dubbelbed basis met splinternuwe sponsmatras, 4x op geslaap, Plus Rottangkopstuk R870. Skakel 082 834 0504 7- rib Oil heater with 1-9 adjustable heat setting. Good condition R150. Phone 028 271 5333 Stinkhout laaikas. Verwarmer. Stootbare rolstoel. Aluminium push/ foldable walker. splinternuwe elektriese “piemaker”. Teflon gevoer soos toasted toebroodjies. Sunbeam.. Logitek skype kamera. Komper luidsprekers. Rottangmandjie. Skakel 028 272 9875 / 084 580 1298 Spaanse diefwering vir venster 700 x1700 R250. Warm baadjie met kappie –donker bruin s – med grootte, nuut R130. “Tie backs” 2 goudkleurig R20 elk. Pashmina (stola) nuut goud/swartkleurig R70. Skakel 028 272 9334 / 084 517 6664 Groot glas enkeldeur Coke yskas.Motor werkend,kort gas.R550.00 Tweeplaat gasstoof (2 x 3 ring branders)met wiele R450.00 Skakel 0760208778.

VERLORE / LOST

Sak met Canon toerusting by Lagune op bankie verloor. As iemand dit dalk opgetel het, kontak my by 083 430 6870

www.overstrandherald.co.za

Bladsy 27


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 28

KERKE / CHURCHES

NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.

The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome

Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;

NG KERK: 7 JUNIE 2015 09:30 Kerkgebou Ds. Nico Rabe 09:00 Kerksaal Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Hannes van Wyk KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772

PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015


Overstrand Herald

4 Junie 2015

GOLF RESULTS MONDAY 25/05/15 - FISH EAGLES Please come and join us, every last monday of the month 4B ALLIANS STABLEFORD 2 SCORES TO COUNT 1) D, ERASMUS, O, OLIVIER, S, SMITH, P. ODENDAAL 96 POINTS WEDNESDAY 27/05/15 - 4BBB STABLEFORD 1) B, CORNELIUS, M, ARENDSE 48 POINTS 2) H, BASSON, C, BASSON 46 POINTS FRIDAY 29/05/15 - SUNDOWNER 2ND 9 SINLGLE STABLEFORD 1) C, BRAND 22 POINTS 2) H, UPSHER 21 POINTS 3) E, VAN ZYL 20 POINTS SATURDAY 30/05/15 - SINGLE STABLEFORD 1) P, BENADE 43 POINTS 2) C, DE JAGER 36 POINTS 3) PC, THERON 34 POINTS

Bladsy 29


Overstrand Herald

4 Junie 2015

Bladsy 30

SERVICES - DIENSTE


Overstrand Herald

SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00

4 Junie 2015

Bladsy 31


Kleinmond Rugbyklub Wedstryd verslag van Saterdag 30 Mei 2015: Kleinmond vs Standards (Bredasdorp) Na die teleurstellende vertoning van die vorige naweek, was dit terug “drawing board” toe en daar is hard met spelers en afrigters gepraat. Dit het vrugte afgewerp en die positiewe uitslae van die naweek se wedstryde is bewys daarvan. In totaal het Kleinmond 17 drieë gedruk, wat bewys is dat hulle beslis in staat is om goeie rugby te kan speel. Hierdie week lê nog harde werk voor en oefen, oefen, oefen…. Die derde span wen 46 – 5. Deuston Olivier het 4 drieë gedruk en Elvino Hopley 3. Dit was waarskynlik Deuston Oliver en Elvino Hopley se vinnige spel wat die deurslag gegee het vir die mooi oorwinning. Marvin Barry het gesorg vir die span se 8ste drie en Jaco Stemmet het met ‘n doelskop geslaag. Elvino Hopley het ook met twee doelskoppe geslaag. Die tweede span wen 17 – 7. Altesaam 3 drieë is in die wedstryd gedruk. In my opinie was dit Frank Philander

wat uitgestaan het in hierdie wedstryd en sy span, met sy goeie spel, tot die oorwinning gelei het. Frank Philander, Grant Swarts en Devan Makka het elk ‘n drie gedruk en Uwin Cedras het geslaag met ‘n doelskop. Die eerste span wen 30 – 24. Altesaam 6 drieë is in die wedstryd deur Kleinmond gedruk. Dit is moeilik om te sê wie die deurslag gegee het met die wen, maar as ek twee

mense moet uitsonder sal dit Wessel Swartz wees met sy 2 drieë en Travis Goliath met sy uitstekende verdediging en die drie wat hy gedruk het. Dawid Oliver, James Jonas en Gerrit October het ook elk ‘n drie in die wedstryd gedruk. Die bestuur wil graag aan al die ouers en toeskouers wat die wedstryde bygewoon het, baie dankie sê. Ons waardeer julle ondersteuning.

Wedstyd verslae van die vorige naweek: Kleinmond vs Botrivier, 23 Mei 2015: O/19 Span: Kleinmond 10 – 7 Botrivier, 3de Span: Kleinmond 7 – 8 Botrivier, 2de Span: Kleinmond 5 – 7 Botrivier en 1ste Span: Kleinmond 15 – 19 Botriver. Saterdag reis Kleinmond (3de, 2de en 1ste) spanne na Hermanus om teen Atlantics kragte te meet. (-Wendy Tawse)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.