BTW ingesluit / VAT included
Eiendomsmark beleef ‘n opbloei maar steeds ‘n kopersmark Foto ter illustrasie
Bejaarde geld kwyt na swendelaar se wolhaarstories
Kogelpark se wentuine: Foto’s en berig binne
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 2
Foto ter illustrasie
Bejaarde word slagoffer van telefoonslenter KLEINMOND – ‘n Bejaarde man in sy negentigs is oor die R2000 kwyt ná hy om die bos gelei is deur ‘n telefoonslenter. Die man, wat verkies om anoniem te bly, het verlede Vrydagoggend ‘n oproep ontvang waarin ‘n stem met ‘n Indiese aksent hom verwittig dat iemand geld trek op sy kaart. “Ek kon nie
heeltemal hoor wat die man sê nie, my gehoorstuk was nie in nie”, sê die man. Hy het toe die foon vir sy dogter gegee om te luister wat die stem oor die telefoon sê. Die stem het aan haar gesê daar word bedrog gepleeg en hulle benodig al die inligting van die kaarthouer om (vervolg op bl 2)
Daar is oplewing in die eiendomsmark, maar dit is steeds ‘n kopersmark Gerard Grobler KLEINMOND – Eiendomsagente hier is dit eens dat daar die afgelope jaar ‘n beduidende opswaai in die eiendomsmark was, maar hulle meen feitlik deur die bank dat dit nog vir ‘n geruime tyd ‘n kopersmark gaan wees. Die Herald het die afgelope week by verskeie eiendomsagente op die dorp gaan inloer om te verneem hoe sake in dié mark verloop. Hulle het deurgaans gesê dat hulle die afgelope jaar aansienlik meer eiendomme verkoop het as in 2013. Lise Götz van Pam Golding sê 2014 was vir hulle ‘n baie goeie jaar. “Onderhandelinge was dikwels langer en moeiliker as voorheen maar ons is besig”, sê sy. “Goeie voorraad is skaars. Dit is nou drie slaapkamerhuise, verkieslik lae onderhoud en in die R1,25 tot R1,35 miljoen prysklas.” Götz meen
daar is ‘n besliste behoefte aan aftree meenhuise soos byvoorbeeld die Polka en Paljas-komplekse in Negende laan. “Mense wat aftree soek na siersteenhuise met lae onderhoud, drie slaapkamers, verkieslik enkeltitel en lae heffings.” Gevra oor waar die kopers vandaan kom het sy gesê daar is beslis meer kopers uit die Noord-Kaap, maar hulle kry ook baie navrae uit Gauteng en die groter Kaapstad. Daar is ook heelwat buitelandse kopers in die rondte, sê Lise??? André du Toit van Kleinmond Estates stem saam dat daar die afgelope jaar beslis groei was. “Terwyl ons laasjaar meer erwe verkoop het, het ons vanjaar ‘n meer eweredige verspreiding tussen erwe en huise gehad.” Hy meen Gauteng en die groter Kaapstad lewer tans die meeste
kopers op. “ Ons kry dit al meer dat mense kontant koop of dan minstens met ‘n groot deposito. Dit het natuurlik baie te doen met die streng kriteria van die banke.” Anmar Marais? van Chas Everitt sê ook vir hulle was dit ‘n bedrywige jaar. “ September en Oktober was baie goeie maande. Ons is besiger, maar pryse het nie gestyg nie.” Sy sê Kleinmond is veral gesog onder die Gautengers en Noord-Kapenaars. “ Daar is hope huise te koop. Die probleem is dat daar in werklikheid baie min huise is waar jy kan instap en woon. Daar moet aan die meeste van veral die ouer huise gewerk word voor jy kan intrek en dit kos baie. Uit die sowat 230 eiendomme in die mark is daar net ‘n handjievol waar jy kan intrek en woon.” (vervolg op bl 4)
Overstrand Herald
6 November 2014
Oplewing in eiendomsmark (vervolg van bl 3) Keller Williams se Patrick McLoughlin sê hulle is nog net twee maande op die dorp en kyk dus nog die kat uit die boom. Hy meen egter dat die plaaslike eiendomsmark baie waarde bied en dit is om hierdie rede dat hulle besluit het om die belegging te maak om ‘n kantoor van Keller Williams hier te vestig. Keller Williams is een van die grootste eiendomsagentskappe in Noord-Amerika en het wêreldwyd meer as ‘n 100 000 agente. Nols Geldenhuys Van Durr Estates is ‘n gesoute agent en sê hulle het veral in die eerste ses maande van die jaar gewoel. “Die laaste paar maande was stiller, maar dit is maar tradisioneel so.” Nols sê na die skerp stygings tot ongeveer 2007 het die mark nog nooit regtig herstel nie. “Ons sien nou ‘n effense oplewing, maar ons is nog nie naastenby by 2007 se
vlakke nie.” Hy meen daar is ‘n besliste tendens van mense wat van die binneland, veral Gauteng na die Wes-Kaap verhuis – veral afgetredenes. Die meeste van sy navrae kom uit Gauteng ( 60%) terwyl die groter Kaapstad en buitelandse kopers van veral Holland en Engeland ook beduidende belangstelling in plaaslike eiendom toon. Realnet se John Knight sê dit is ongetwyfeld steeds ‘n kopersmark. Hy meen die voorraad van bekostigbare huise is besig om min te raak in veral Pringlebaai en Rooiels. Hy sê in die geheel gesien was dit ‘n goeie jaar vir hulle. Gautengers is ook sy belangrikste kliënte met kopers uit die groter Kaapstad en van oorsee volgende op die lys. Volgens John is daar tans sowat 400 eiendomme te koop in die hele Hangklip/Kleinmond streek en dat daar ‘n goeie verskeidenheid is om van te kies.
PROMOSIE
Bladsy 4
The Hair Studio
“A woman who cuts her hair is about to change her life” Coco Chanel. Agter: Leonie en Johann. Voor: Charlene Hoewel The Hair Studio van eienaar verwissel het, is al drie die stiliste wat soveel kliënte se hare omtower, steeds almal hier om hul taak voort te sit. Die nuwe eienaar is Charlene wat
The Hair Studio van die begin van November af oorgeneem het. Leonie en Johann is se kliënte kan ook gerus wees, hulle is steeds hier. The Hair Studio Est 1999.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 5
Rapporteer asb misdaad Bejaarde word slagoffer Diewe stel hulle visier nie alleen misdaad te doen. op maklike teikens nie. Verlede Thieves are not just hitting easy van telefoonslenter was daar verskeie insidente targets, last week there were waar hulle by eiendomme met sekuriteitsheinings ingegaan het om koperkrane te steel. Dit dui daarop dat die bewegings van inwoners dopgehou word en dat daar toegeslaan word wanneer die mense nie tuis is nie. Dit beklemtoon maar net weer dat ons waaksaam moet wees en verdagte persone en vreemdelinge moet probeer identifiseer. Vreemdelinge op fietse was onlangs betrokke by die toename in koper- en bronsdiefstal. Vyf voorvalle van koperdiefstal is die afgelope naweek alleen aan KSW gerapporteer – twee in 1ste Laan, tussen 11de en 13de Strate en drie in Palmiet. Daar is egter nog nie verklarings oor hierdie voorvalle by die polisie afgelê nie met die gevolg dat dit dalk nooit in Kleinmond se polisierekord opgeneem sal word nie, met die gevolg dat die stand van misdaad in die dorp laer as die werklikheid in amptelike statistieke opgeneem sal word. Dit lei weer daartoe dat minder bronne en personeel aan Kleinmond toegewys word. Dit is derhalwe belangrik dat alle misdaad wel met ’n verklaring aan die polisie gerapporteer word, self al lyk dit onbenullig klein. Ons vra ook weer dat inwoners ook hulle KSW Straatkoördineerder oor alle misdaad sal inlig. Byna al die misdaad van die afgelope week was weer in die Noordwes Wyk (Proteadorp en omgewing). KSW het onlangs ’n vergadering met ’n aantal inwoners uit die verskillende gemeenskappe gehou om gedagtes te wissel oor maniere om misdaad in hierdie deel van die dorp te beveg. ’n Opvolgvergadering word op 10 November om 18:00 in die Gemeenskapsaal in Proteadorp gehou om voorstelle van lede van die verskillende gemeenskappe te ontvang en vir die toekoms te beplan. Probleme wat aangespreek moet word het eweveel met die oorsake as met die gevolge van
several incidents where they entered secure properties with high boundary fences just to wrench off a couple of taps. It seems to indicate that they are watching our movements and strike while we are away from home. This emphasises the importance of keeping vigilant and identifying suspicious looking strangers in our streets – including those riding bikes; strangers riding bikes have of late been involved in increased theft of brassware and copper. 5 incidents of copper theft were reported to KSW this past weekend alone – two in 1st Avenue between 11th and 13th Streets and three in Palmiet – but since sworn statements about these incidents have yet to be lodged with the Police they may never be recorded in Kleinmond Police Station’s record of crime; if these cases are not reported the state of crime in the village will be reflected in the official statistics as lower than it actually is. The lower the reported crime rate in Kleinmond the less police will be allocated here, this is why it is so important to make a sworn statement with the Police whenever criminal activity – however insignificant – occurs or is suspected. Residents are again asked to inform their KSW Street Coordinators whenever they are made aware of criminal activity. Almost all of the crime this past week again occurred in the Northwest Ward (Proteadorp, etc.). KSW has met with a few residents from this ward to discuss ways of preventing crime. A follow-up meeting is to be held at 6PM on the 10th November in the Community Hall, Proteadorp to receive suggestions from members of the local community and to plan the way forward. Problems that need to be addressed by this ward concern as much the causes of criminal activity as its effects. John Tanton & Vic Brink
(vervolg van bl 2) die transaksies te stop. “Ek het myself koud geskrik. Al wat ek onthou van die oproep was die woord “bedrog”. Mens dink nie altyd rasioneel in so ‘n situasie nie”, sê die dogter. Kort ná die oproep en kort ná hulle die inligting aan die stem verskaf het, het ‘n SMS op die man se nommer deurgekom wat hom in kennis stel dat ‘n transaksie van R2848,25 tussen Corporate Bank en sy bankrekening gemaak is. ‘n Tweede SMS het daarop gevolg wat hom
versoek om Standard Bank se bedrogafdeling te skakel. Die nommer was egter glo foutief. “Ek kan nie glo dit het gebeur nie, gewoonlik kan ek vermoed as iets verkeerd is. Mense besef nie altyd hoe sulke mense jou kan druk om jou inligting te gee nie. Die man oor die telefoon was baie arrogant en ongeskik.” Die man sê hy voel baie verleë dat so-iets gebeur het, en wil graag ander inwoners waarsku om meer bedag te wees as dit kom by sulke oproepe.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 6
The Jareemo Cronje benefit concert KLEINMOND - Autism is real and it’s everywhere. It’s a fact that some people are better placed to cope with it as a family than others. A case in point is the Cronje family. Jerome Cronje works for the Kleinmond Animal Welfare and earns a salary of just over R3 000 per month. He is the only income earner in the family with 3 young children, Jareemo and his twin siblings. Jareemo is the oldest and suffers from autistism. In these hard economic times, bringing up a a child with a disability such as autism can really cause a drain on an income. These expenses include: Camphill School in Hermanus, petrol money to get Jareemo to and from the school every day (as the family do not own a
vehicle Jareemo’s grandmother transports him). This means that he boards with her at Bot River during the week and comes home to his family on weekends. Another big expense is nappies as Jareemo is still in need of these as well as various other essentials. With the help of some kind local and even international people the family has been able to obtain some financial relief, but this could come to an end at any time. It was this that made a few people come together to see how they could assist the family on a greater scale going forward. A trust fund has been setup for Jareemo. We have now decided to put on a concert in Kleinmond to raise some funds for the family and
we hope for this to become a much more regular thing with various events planned for the future. The first event is the JAREEMO CRONJE BENEFIT CONCERT for which the organisers have been able to get an amazing line-up together. It will be held at the Kleinmond Town Hall on 22 November 2014. The main artist for this concerrt is the great Tribal Echo band. Frazer, the lead singer of Tribal Echo knows Jareemo and the Cronje family very well, so this is something especially close to his heart. The band has promised a performance that NO-ONE in attendance will forget with one or two surprises along the way! The organisers are also very excited to have Die Hangklip Dayzees on board! A group whichalso covers many genres
of music. Then what can be seen as a big scoop for the area, the organisers are exceptionally proud to announce the participation of Auriol Hays with her full band. Auriol is a SAMA nominated musician who has been described as the voice of her generation by various publications. Auriol has graced many international stages as well as performing as such established local events as The Cape Town Jazz Festival. Any Isidingo fans will also be very familiar with her voice as her music is featured regularly in the show. Lastly we have the MC. We are keeping this TOP SECRET for now but let’s just say wherever he goes, magic follows! (Grant Cohen)
Bring asseblief weer vaalgeld vir Anima KLEINMOND - Last year the staff and committee of the Anima Centre were surprised out of their socks after our small campaign which ran over August 2013. Residents were asked to contribute their small change to the Anima Centre for children with developmental disablilities. At the end of the month we could pay in more than R5000 into Anima’s account. The Centre’s Teacher Jenni is quite convinced that the best people in the world live in our area, because of the contributions of plastic bottle tops, cards, wool, material and
paper that have been reaching the Centre through the Herald office for the past few months. Ons vra hierdie jaar weer vir bydraes van vaalgeld (koperkleingeld wat net die beursie swaarmaak en die houer daarvan irriteer!). Ons sal gedurende November, Desember en Januarie asseblief weer u kleingeld by die Overstrand Herald-kantoor in 14de Straat, Industriële gebied ontvang vir Anima. Op 22 November neem die spannetjie deel aan ‘n konsert op Hermanus. Elkeen het ‘n rol om te vertolk, net soos in die lewe.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 7
Overstrand Herald
6 November 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 8
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 9
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 10
VLV hoor eerstehands oor misdaadbekamping KLEINMOND - Dr. Vic Brink, voorsitter van die Kleinmond Straatwag, is genooi om die VLV-lede meer te vertel oor die bedrywighede van die plaaslike buurtwag. Dr Brink was die hoofspreker by die VLVmaand vergadering op Dinsdag 28 Oktober 2014. Hy het die goeie nuus oorgedra dat, volgens syfers, die misdaad in Kleinmond die afgelope tyd baie afgeneem het. Die buurtwag se teenwoordigheid en optrede op die dorp het baie tot hierdie toedrag van sake bygedra. Die goeie samewerking tussen die buurtwag en die plaaslike polisie skep ‘n effektiewe teenvoeter teen misdaad. Die dorp is in tien wyke ingedeel en elke wyk het ‘n straat-koördineerder. Die buurtwag het meer as ‘n duisend lede. Een honderd en vyftig van hulle behartig tans die nag-patrollies. Dit is noodsaaklik dat inwoners ‘n kennisgewingbord op hulle huise sal vertoon wat wys dat hulle geaffilieer is by die straatwag. Persele moet ook beveilig word. So byvoorbeeld bied groot struike en bome in die tuin ‘n skuilplek aan misdadigers. Huiseienaars moet sover moontlik toesien dat sulke geleenthede nie aan misdadigers gebied word nie. Persone word ook aangeraai om nie hulle besitting te vertoon nie. Groot oop vensters sonder gordyne maak dit maklik vir potensiële misdadigers om binne-in huise te sien. Veiligheidshekke is noodsaaklik en waar moontlik moet ruimte tussen die hek en die deur geskep word. Sodoende is daar ‘n afstand tussen die inwoner en ‘n verdagte persoon. Inwoners wat die polisie skakel oor iemand wat verdag voorkom, moet soveel moontlik besonderhede aan die polisie verskaf wat identifisering van persone deur die polisie makliker maak. Meer inligting oor die buurtwag is beskikbaar by dr. Brink of van die straat- en wyk-koördineerders.
Dr. Vic Brink, voorsitter van die Kleinmond Straatwag en VLVVoorsitter, Ninnie du Toit. Stef Liebenberg en Christine Christine Dreyer se stem laat Dreyer het die gehoor in reg geskied aan die voorlees vervoering gehad met hulle van poësie, vergesel deur vertolking van “Nostalgie” met klavierspel. Dit is ‘n heerlike klavier, sang en voorlesing.Stef ervaring om na haar duidelike het al by verskeie geleenthede en perfek-beheerde stem te die VLV-lede geïnspireer met luister. sy klavierspel en sang. By Dit blyk dat VLV-Kleinmond hierdie geleentheid het hy se maand vergaderings ‘n onder andere Hans du Plessis groot bron van inspirasie en se weergawe van Psalm 121 in motivering vir die lede is, en Griekwa-taal, gesing. Die eerste dat die inligting wat by hierdie byeenkomste oorgedra word, ‘n paar reëls klink so : wye verskeidenheid behels. Dit Ek slat my twee oge op, spoor lede aan om uitdrukking my kyk vang die veerste kop, Wavanaf sal my hulp nou kom? te gee aan die leuse vir hierdie My hulp is vannie Jirre, Van jaar, naamlik dat lede hulle grense op verskeie gebiede Hom. Du Plessis beklee ’n eiesoortige moet verskuif. plek in die Afrikaanse Baie dankie aan die twee VLVletterkunde. Enersyds is hy ’n portefeuljes wat gesorg het vir gerespekteerde taalkundige, ‘n baie inspirerende middag. andersyds ’n romanskrywer. Meer besonderhede oor die Maar dit is veral as digter van die ander verrigtinge van die Griekwa-Psalms dat hy binne die middag en die volle weergawe Afrikaanse letterkunde vir hom van Hans du Plessis se Psalm 121 ’n besondere plek oopgeskryf is beskikbaar by VLV-Voorsitter, het. Du Plessis se ervaring van Ninnie du Toit. die tradisionele Griekwa is een (Berig en fotos Alice van van `n kinderlike geloof in God Rooyen) as die Skepper van hemel en aarde. Daar is `n erkenning van volle afhanklikheid van God. Hierdie gevoel van afhanklikheid kan moontlik gevoed word deur die harde en barre omgewing van die Noord-Kaap.
SMS jou mening na 072 113 9065
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 11
SmartKids in R15 000 KLEINMOND - Mthimkhulu SmartKids het hul eerste groot fondsinsameling gehou in die vorm van ‘n Debutante Bal wat op 31 Oktober gehou is. ‘n Goeie bedrag van R 15000.00 is geïn deur die ywerige werk van die kleuters se ouers. SmartKids wil hul innige DANK betuig aan almal wat hulle ondersteun het.
asook hul borge nl. Arabella, Albertyn Apteek, Spar, Pep Stores en Aunty Corrie Gerber. Inwoners word vriendelike genooi na Mthimkhulu Community Development se OPE DAG wat sal plaasvind op 5 Desember 2014, wanneer die Kleuters se “gradeplegtigheid” ook sal plaasvind.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 12
Potjiekos ‘n Gereelde rubriek oor aktuele sake deur Fanie Krige Fanie Krige van Solid Stuff Media Agency is ‘n bedrewe potjiekosmaker wat al in die politieke kookkuns by ‘n kollege klasgegee en ook jare se ondervinding in munisipale kombuise het. Hy glo dat met ‘n bietjie speserye en kruie en genoeg tyd kan jy iets van benerige vleis en moerige aartappels maak. Peper hom gerus met vrae by redakteur@ overstrandherald.co.za. Ons stuur dit aan.
And this, too, shall pass I was quite astonished when Bradley left his perch on his lookout dune to join me for my early morning walk on Betty’s Bay Main Beach the other day. Of course there was no chance that conditions would soon improve enough that he would get into the water for his most favourite pastime – surfing. On that morning the Southeaster had already been on a relentless run for four days and not only was the water messy and choppy, but the Antarctic water had also arrived and as we all know the only time Bradley enjoys icy cold is with a whisky on the rocks. The wind was the reason why I changed the direction of my walk - entering the beach from the parking area so as to be blown towards Stony Point with the wind at my back. So instead of having a tete-a-tete with Bradley as usual when I left the beach, I met him at the beginning. The most remarkable thing of our walk was the strange behaviour of a group of seagulls who could not manage to navigate the strong wind. Bradley told me that contrary to the belief that flock was the collective name for gulls, they were actually a colony. He also mentioned that he had seen a romp of otters going into the sea a few evenings before. I impressed
him with my knowledge that a group of rhino was a crash. I do not know if we laughed more heartedly about the strangeness of the English language or at the Kelp gulls who could not get away from us. It was as if they took off simultaneously to be pushed down by the wind in exactly the same order a few yards away. It was only at the rocky outcrop where the beach was wide enough for them to move sideward that we could pass them. This made me think of a famous speech by the arguably yard stick of all American presidents, Abraham Lincoln, who made good use of the saying “And this, too, shall pass” in his campaign for his first election. After warning the farmers of Wisconsin about the fallacy of “free labour”, he closed his speech with the following paragraph: It is said an Eastern monarch once charged his wise men to invent him a sentence, to be ever in view, and which should be true and appropriate in all times and situations. They presented him the words: “And this, too, shall pass away.” How much it expresses! How chastening in the hour of pride! -- how consoling in the depths of affliction! “And this, too, shall pass away.” (vervolg op bl 13)
Overstrand Herald (vervolg van bl 12) And yet let us hope it is not quite true. Let us hope, rather, that by the best cultivation of the physical world, beneath and around us; and the intellectual and moral world within us, we shall secure an individual, social, and political prosperity and happiness, whose course shall be onward and upward, and which, while the earth endures, shall not pass away. Bradley then stated that in his opinion President Lincoln had probably had the most difficult task of all world leaders ever in that he had had to end slavery in the United States of America. This had come at a huge cost of life in the American Civil War, even his own, because he was assassinated by a deranged actor sympathetic to the South just after they had surrendered. At the little unnamed river half way through the next beach our ways parted. I went home and Bradley returned to his spot. The next day the wind was gone and I saw the old soul having a good time on his board. Back at home I suddenly wondered how our President Mandela would compare with Abraham Lincoln and, lo and behold, when I googled the subject I saw that I was definitely not the first to have come up with such a thought. In fact, the journalist John Carlin who had covered South Africa’s
6 November 2014 democratic transition for the London Independent and had then written Playing the Enemy which became the film Invictus, had said in 2011 that “Mandela is Africa’s Lincoln”. “Mandela’s imperishable lesson for the ages,” Carlin wrote, “is that it is possible to be a great human being and a great politician at the same time. Showing respect to friend and enemies alike can get you a long, long way”. The same is true of Lincoln. In an obituary last year Brian Stewart of CBC, wrote that Mandela had not been called the “Lincoln of Africa” for nothing. Both leaders had combined exceptional generosity of spirit with gritty political skills. “They had been able to summon forth the better angels of human nature without ever losing sight of the flawed and power-obsessed character of so many of those they had had to convince and lead through desperate times. Abraham Lincoln had to end a civil war that often seemed unwinnable; in turning the page on apartheid, Mandela had to prevent one that looked unavoidable.” My thoughts turned back to that colony of seagulls on the beach who had had to face us, their possible adversaries, under very difficult circumstances and had made us laugh. And I remembered a very old song of 1971: And the seagull’s name was Nelson…
Só is in die Sondagsriviervallei basaar gehou Die negentigjarige tant Babsie het vir Fanie Krige na aanleiding van sy rubriek verlede week ‘n bydrae gestuur oor hoe daar tydens laat depressie en vroeë oorlogsjare (die jare dertig tot veertig) in haar grootwordgemeenskap basaar of dankfees gehou is. Tant Babsie skryf: Ons in die wyk van Blue Cliff van die Kirkwoodgemeente het dit sommer in Kellerman se skooltjie gehou, waar alle byeenkomste, met of sonder toestemming van die Goewerment, gehou is.
Daar was tafels vir poeding, droë koekies, ge-icede koeke, koeldrank, pasteie, lekkergoed, vrugte en groente en vir ons kinders ‘n speelgoedtafel. Dit was vir my altyd ‘n skok om my pa wat so gesteld was op tafelmaniere met ‘n bak oorlopens vol basaarpoeding te sien staan. Is daar dalk lesers wat vir my ‘n resep vir Basaarpoeding het? Myne het ongelukkig verlore gegaan. Alle produkte was tuis vervaardig en by die naaldwerktafel was daar gecrocheted lappies vir die
wastafel in die ‘Vrykamer’. Ja, ons het nog wastafels gehad en ‘n vrykamer. Van die Droë Boere in die Noorsveld was daar gebreide bok-velletjies,gedraaide en gevlegte swepe en branderige heuning. Die boere “Onder Water” (besproeiing) was daar lemoenstroop, lemoenkoek, lemoen et al voorsien. Hoewel ons van alles genoeg gehad het,
SMS jou mening 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
Bladsy 13 het ons mekaar se goed gekoop en vergelyk of ons s’n nog die beste was en of ons kompetisie het. Een ding waaroor ons onder mekaar verskil het, was of die skat van die getal boontjies in ‘n bottel sonde was of nie. Na so dag van oor-eet en nuwe “cases” maak, was ons die Sondag in die kerk om te hoor wat ons “ópgebring” het.
Overstrand Herald
6 November 2014
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie?
Passievol Lang jare gelede het ek ‘n eerstejaar in my seksie gehad wat kuns geswot het wat uiters talentvol was. Milene was haar naam. Milene Rust. Sy en haar kamermaat het die matrones en die skoonmakers in die koshuis tot raserny gedryf, want niks anders het in hul lewe gefigureer, as die taak waarmee hulle besig was nie. Met boxcutters is (nie aspris nie) snye in die novilon gemaak. Die kunsgoed en skilderye het oral verstrooi en gepak gelê, maar die twee het dit nie raakgesien nie. Eendag het Milene my kom roep om te kom kyk waarmee sy besig was. Hulle moes 12 blokkies met enerse figuurtjies in pastelle teken om lig daarop te illustreer. Sy het twee skulpies gekies. Milene het behoortlik na haar kunswerk gesweef, terwyl ek sukkel-sukkel oor papiere en kwasse en buisies verf en klere en lappe en watse goeters nog, my weg moes baan om by die kunswerk uit te kom. En dit wás pragtig. Ek was ook nie verbaas om te hoor dat sy later ‘n beurs gekry het om Oxford toe te gaan vir verdere studie nie. En dat sy nou ‘n hoogs suksevolle kunstenaar en ontwerper is nie. Die meisiekind het passie gehad. En sy het dit nog. Ek sien passie by die polisiekaptein op Gansbaai wat nie speel met stropers en kwaaddoeners nie. Dit lyk asof hy nog in sy werk glo en diegene van ons wat daarvan hoor, die gemoedsrus gee dat alle polisiemanne nie só hand
om die blaas met kriminele staan soos blykbaar in Gauteng nie. Daar begin lyk die ou klompie glo soos Tweedledum en Tweedledee. Rouxlé wat ons gestremde dogter se oppasster is, is passievol oor haar werk met gestremde of verswakte mense. Dis hoogs bemoedigend om te weet daar ís nog jong mense wat werklik omgee vir swakkeres. En dan is sy nog mooi ook! Eddie Appollis en sy bestuur en die o.19 rugbyspelers is begeesterd en passievol oor hul “game”. Hulle span is nog nie eens behoorlik gevorm en ingeoefen nie, en hulle speel klaar dat die stof staan en hulle geniet die spel. My vriendin Dannelene is ‘n hoogs begaafde verpleegkundige. Haar pasiënte kom eerste. Moenie dat iemand iets doen wat hulle enigsins kan benadeel nie. Daai klein mensie ontplof soos ‘n kanonbol. Stefné van Dyk borrel so oor van entoesiasme dat sy sommer almal met wie sy in aanraking kom, besiel. Gelukkig is opvoeders op die dorp darem nog van so ‘n aard dat hulle leerders aanmoedig en inspireer. My niggie in Kanada word tot raserny gedryf deur die Kanadese se “passieloosheid”. Volgens haar maak niks hulle opgewonde nie en is hulle ‘n klomp koue visse. Sy hou nie van hulle nie. Sy kan passievol raak oor verskeie dinge soos Afrikaans, diere, diereregte, passielose mense, haar werk wat haar teen die mure uitdryf
(want sy doen dit slegs om den brode) en tennis. Ek is natuurlik ernstig van mening dat die probleem deesdae is dat wat werk soek bo alles kyk wat na die salarispakket van die potensiële werk. Selfs die wat kan kies watse beroep hulle wil volg, kyk eers na die geld. Ek weet van te veel mense wat sielsongelukkig is in die werk waarin hulle staan, maar hulle bly oor die geld. En dan is dit nie ‘n sielsverrykende werk nie. Dis net ‘n “job”. Wat erger is, indien dit lyk asof jy behae skep in jou werk/
Bladsy 14 stokperdjie/ lewe, is daar veels te vinnig te veel mense wat jou op jou onkunde wil wys: Indien jy jou werk geniet, word jy te min betaal; indien jy jou stokperdjie met oorgawe volg en dink jy maak mooi goed, is jy verwaand; indien jy gelukkig is met jou lewe, moet daar fout wees met jou, want die lewe is so “niksseggend”. Ek glo dat wanneer mens iets in jou lewe ontdek het wat jou passievol maak, dan gryp jy dit met albei jou hande vas en jy geniet dit. Nevermaaind wie sê wat.
Briewe
Dink maar mooi voor jy jou kruisie trek Maandagoggend 27 Oktober om 08:15 gaan ek na die munisipale kantoor in Kleinmond om ‘n voertuig, wat ek aangeskaf het, te registreer, Ek bevind my voor dooiemansdeur. Alhoewel daar ‘n kennisgewing is dat hierdie diens vanaf 08:00 tot 12:45 beskikbaar is, kondig ‘n tweede kennisgewing aan “GESLUIT”. By navraag by die toonbank langsaan, waar ek normaalweg my maandelikse munisipale rekening betaal, word ek ingelig dat ek maar more weer moet kom. Dosyne rande se telefoonoproepe later en ‘n rit na Hermanus het ek uiteindelik geholpe geraak . Om 13:00 is ek weer by die huis. In Hermanus is ek op goeie gesag ingelig dat die situasie ontstaan het, omdat die verantwoordelikheid vir hierdie diens van een afdeling van die munisipaliteit na ‘n ander oorgeplaas is. Die onderbreking in die diens van die nuwe afdeling is omdat amptenare spesiale opleiding moet ontvang. Ek is jammer, maar hierdie opleiding moes vooraf beplan en uitgevoer gewees het sodat die publiek nie verontrief sou word nie. Hierdie soort optrede is tipies van die munisipaliteit en kom op krisisbestuur neer. Kom ons kyk
na soortgelyke gevalle waarvan ek bewus is. Die onlangse wysiging van die tariewe wat gehef word vir dienste op rioolverwydering is soortgelyk. Eers ontvang ek ‘n kennisgewing dat bo en behalwe die normale tariewe wat gehef word en wat gebaseer is op my maandelikse waterverbruik, ek nog ‘n bykomende bedrag moet betaal. Dit kom neer op dubbelbelasting. Na vermoedelik baie besware word hierdie dubbelbelasting herroep en word teruggekeer na die tarief gebaseer op waterverbruik. Soos in die geval van die voertuiglisensie debakel is hierdie dubbele rioolheffing nie voor die tyd behoorlik deurdink nie. Kom ons kyk na die toestand van ons gruispaaie. Die oorsaak van die verval van ons paaie is na my mening die stormwaterkanale wat nie behoorlik onderhou word nie. In die middel van die winter wanneer die stormwaterkanale die paaie oorstroom word daar gepoog om dit skoon te maak. Dit is mos ‘n taak wat voor die winter afgehandel moet word. Nou moet ek byvoeg dat baie van die kanale nooit skoongemaak (vervolg op bl 15)
Overstrand Herald
6 November 2014
Briewe (vervolg van bl 14) word nie en is feitlik nie meer sigbaar nie. As ons kyk na sommige strukture wat met die goedkeuring van die munisipaliteit in Sunny Seas toegelaat word, word die wette oortree. Hierdie strukture is teenstrydig met die voorskrifte vervat in die titelaktes en die prosedure wat deur die Wet op Nasionale Bouregulasies voorgeskryf word, word eenvoudig geïgnoreer. Absolute
vertrapping van die regte van titelhouers. Ons as belastingbetalers stel nie amptenare aan nie. Nog minder hou ons toesig oor hul werk. Ons stel ‘n politieke party aan om hierdie take te verrig. Daar kom mos weer binnekort ‘n munisipale verkiesing. Voor ons weer ons kruisie gaan trek moet ons kyk of die party wat tans aan bewind is, hul taak na ons bevrediging verrig het al dan nie. Fourie. Bettysbaai
Dankie Something Els Saterdagaand 25 Oktober gaan ons met kinders en kleinkinders, altesaam 10 stuks my verjaardag vier by SOMETHING ELS in Rooi Els. Ons het vooraf bespreek vir die “lang saal” en was ons aangenaam verras met die besondere moeite gedoen met blomme, versiersels en spesiale verwelkoming. Die geregte was uit die boeke, die bediening 5 ster, die aandag aan elke gas uitstekend. Toe die kinders onder 10 verveeld
raak, is daar spesiaal na hulle omgesien met speletjies, koeldranke en liefde. Dank aan die kok ook aan die broers Fanie en Marius ook besondere dank aan Christelle wat die lokaal versier het, die hele aand vir ons bedien het met liefde en deernis. Ons kan met vrymoedigheid Something Els aanbeveel vir die beste waarde vir geld. Etta Eksteen
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 15
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 16
Kleinmond Kiekieklub
1ste Jan Rousseau
Die Overberg met sy pragtige landskappe is die afgelope maande deur ons plaaslike fotograwe deurkruis op soek na die wen foto vir ons Oktober kompetisie. Ons het meer as 40 inskrywings ontvang en die beelde was deurgaans van hoogstaande gehalte. Almal teenwoordig het hulle verlustig in die verskeidenheid van pragtige beelde soos hoe elke fotograaf die tema geinterpreteer en aangebied het. Ons be-oordelaars moes dus behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys. Die volgende fotograwe se inskrywings is met eervolle vermelding beloon: Gerhard van Helsdingen, Rina Boonzaaier en Anita du Toit. Die derde plek is toegeken aan Vic Brink vir sy pragtige protea. Die tweede plek gaan aan Alex Boonzaaier vir sy landskap oor die Botrivier meer, terwyl Jan Rousseau die eerste plek verower het met sy beeld van die son se eerste strale oor ‘n
2de Alex Boonzaaier
3de Vic Brink
canola land. Daarna het ons gekyk na ‘n paar oudio visuele reekse wat oa. gehandel het oor die pragtige landskappe van koring en canola in die Overberg streek. Wat ‘n voorreg om hier te kan woon en ons kameras te laat werk, werk ,werk. Volgens ons Kiekieklub reëls moet ons elke jaar gedurende ons Oktober byeenkoms ‘n nuwe bestuur kies. Die vergadering het toe eenparig besluit om die huidige bestuurspan te herkies. Ons volgende byeenkoms vind plaas op Dinsdag 25 November om 19h00 in die NG Kerksaal op die hoek van Eerstelaan en Derdestraat. Die Tema vir hierdie geleentheid is “Watervalle”. Na die bekendmaking van die maandwenners gaan ons ook uitvind wie die jaar se algehele wenners is. Dit is voorwaar iets om na uit te sien. Die aand en jaar se verrigtinge word dan gesellig afgesluit met allerlei verversings. Moet dit nie misloop nie.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 17
Kogelpark aftree-oord het groen vingers! KLEINMOND – Die inwoners van Kogelpark aftree-oord het jaarliks ‘n tuin kompetisie om te bepaal wie die mooiste en netjiesste tuin het. Al die inwoners van die 50 eie-titel huise word outomaties ingeskryf vir dié kompetisie. Vanjaar se beoordelaars is nie teleurgestel deur die inwoners se groen vingers nie. Die tuinbeoordeling het op 28 Oktober plaasgevind deur Christo Kock en Evelyn Seldte. “Kogelpark spreek hul dank uit aan Christo n Evelyn wat met soveel hartlikheid en meelewing ingestem het om te beoordeel. Altwee het ‘n grondige kennis van tuine en plante. Ons was bevoorreg om deur hulle gehelp te word met die beoordeling”, sê Hentie van der Westhuizen, bestuurder van Kogelpark aftree-oord.
Eerste prys: Vir die derde agtereenvolgende jaar. Mev. J.C. van der Merwe van huis no. 17. Haar tuin is vol kuns en ‘n skildery in plante.
Tweede prys: Mev. Dimsie Krone van huis no.44. Haar tuin is ‘n getuienis van vreugde en liefde vir plante en bome.
Derde prys: Mev. Griet Swart van huis no.8. Soveel interessante plante! Pragtige eenvormigheid in haar tuin.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 18
Kleinmond Dameskring se Boektrommelprojek KLEINMOND - Die plaaslike tak van die Dameskring het na ‘n inspirerende besoek self begin om boeke in te samel vir kinders wat nie maklik toegang het daartoe nie. Dit is spesifiek gedoen om kinders so vroeg moontlik lief te maak vir boeke en lees. Na ‘n vergadering met Amanda de Stadler van die Vriende van Afrikaans in April oor hul Boektrommelprojekop Stellenbosch, het die Dameskring vlam gevat. Aangesien Kleinmond ‘n baie aktiewe tak van Vriende van Afrikaans het, het hulle reeds ‘n trommeltjie geskenk aan een van ons plaaslike kleuterskole waar die Dameskring se lede voorlees vir die kleintjies. By die vergadering het die lede elk ‘n boekie of twee gebring vir die trommel. Die Dameskring-tak het besluit om ‘n pragtige blou trommeltjie te koop en nog ‘n bewaarskool te betrek as ‘n projek van Dameskring self. Dit het maande geneem vir die twee Dameskringlede, Mariëtta Pienaar en Tess Bruwer, om die trommeltjie te vul. Met behulp van die vriendelike, plaaslike tak van die SuperSpar, kon die Dameskring ‘n trollie by die ingang versier met ‘n versoek aan die gemeenskap om boeke te skenk. Die inwoners het nie
Boeke word oorhandig aan SMARTKIDS teleurgestel nie! Op Maandag, 6 Oktober 2014, het Riëtte van der Merwe, Delise Scholtz, Mariëtta en Tess met Vera von Wielligh, hul fotograaf/ argivaris, die trommeltjie met boeke gaan oorhandig aan die SMARTKIDS bewaarskool by MTHIMKULU. MTHIMKULU is ‘n wonderlike gemeenskapsprojek
op Kleinmond wat inwoners bemagtig om vaardighede te ontwikkel en werk te skep. Die baasbrein agter SMARTKIDS is Debbie Hull. Sy het gesien dat daar kindertjies op straat is wat geen versorging bedags het nie. In geloof het sy toe toestemming gekry by MTHIMKULU om te begin met ‘n bewaarskool.
Nou, twee jaar later, het sy omtrent 40 kinders uit al Kleinmond se gemeenskappe, en twee opgeleide preprimêre onderwyseresse. Hulle is reeds besig om die ander personeel op te lei. Die Dameskring sê hulle is trots om iets by te dra om hulle te help.
SMS jou mening - 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 19
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 20
Skaars sport memorabilia opgeveil Gringo’s se potjiekos gaan vanjaar GROOT wees KLEINMOND – Gringo’s se jaarlikse potjiekos kompetisie om fondse in te samel vir ‘n verdienstelike saak word vanjaar op 30 November gehou en dit beloof om ‘n uitsonderlike geleentheid te wees, veral vir sportliefhebbers. Adelaide Truter van Gringo’s het vandeesweek gesê Riëtte Koegelenberg van Kleinmond Skroot het ‘n tyd gelede vorendag gekom met die idee om geld in te samel vir
die mediese onkostes van rugbylegende, Thinus Linee. Adelaide sê hulle het dadelik besluit om die voorstel te steun. Linee, ‘n voormalige Springbok- en WP-senter is vroeër met motorneuronsiekte gediagnoseer. Die 45-jarige rugbyheld is intussen Maandag oorlede. Adelaide sê hulle het egter besluit om met die projek voort te gaan. “Mediese rekeninge verdwyn nie wanneer iemand sterf nie. Hulle hou net
aan kom. Ek weet dit uit dure ondervinding. Dan is daar nog die begrafnis ook.” Sy sê die saak is uitgeklaar met Linee se vrou, Diana asook die WP Rugby-Unie wat die projek voluit steun. Adelaide vertel die projek het intussen gegroei na waar vanjaar die grootste en waarskynlik die interessantste tot nog toe gaan wees. Sy sê sedert die projek rugbaar geword het, het allerlei wonderlike dinge begin gebeur. Daar is onder meer ‘n 2003 getekende Springboktrui geskenk wat opgeveil gaan word. Daar is glo ‘n reserweprys op die seldsame stuk sport memorabilia en indien dit nie behaal word nie, sal die skenker die reserweprys oorbetaal as donasie. Dan, sê Adelaide, is daar ook ‘n WP-trui met die handtekeninge van vanjaar se Currie Beker sterre wat uitgeloot
gaan word. Verder is daar ook ‘n getekende kolf van JP Duminy en skenkings deur Adriaan Kuiper wat opgeveil gaan word. Volgens Adelaide gaan daar ook seldsame uitvoerwyne en Groot Magnum wynbottels te koop wees. Hulle beplan ook om bekende kunstenaars by die potjiekos te hê. Die reëlings word tans gefinaliseer, so hou maar die Herald aanstaande week dop. Daar is op die oomblik plek vir dertig potte. Potensiële deelnemers moet dus gou spring om hul plek te bespreek. Adelaide sê die gedagte is dat die potmakers hulle kos verkoop en dan hopelik weer ‘n skenking aan die Linee-trust maak. Vir meer besonderhede stuur ‘n e-pos na gringos@sonicmail. co.za of skakel Adelaide by Gringos in die hawe.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 21
Kerskonserte: CCS Kersfees is al stoomrollender, sonder enige verposing aan die nader kruip – so ook die twee optredes van die Con Spirito Sangers. Alles het ‘n begin en ‘n einde of soos die Goeie Boek dit stel: daar is ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan -- so ook vir die koor. Dus sal julle ‘n daadwerklike poging moet aanwend om betyds kaartjies te bekom aangesien hierdie die laaste Kersoptredes sal wees. Wat sing ons vanjaar? Omdat daar nie so ‘n magdom Kersliedere soos gewone liedere is nie, word baie liedere jaarliks herhaal, maar ‘n mens raak nooit moeg daarvoor nie. Daar is dus die goue oues wat altyd gehoor sal word rondom Kersfees soos Panis Angelicus, Stille Nag, Oh Holy Night, The Holy City, Kom alle getroues en Brother James’s Air (Die Here is my Herder). Minder bekende liedere wat ingesluit is, is Audire Angeli (Dogter van Sion), Siter Kerslied (‘n Tjeggiese lied), Tiroolse Kerslied, Still, Still,Still . ., Every
star shall sing a carol en Hoor die Hemelinge sing. Ligter liedere soos die Negerliedjies A tiny little Baby en Mary had a Baby word onder andere afgewissel met Jingle Bells en Deck the Hall. Verder is daar nog ‘n paar verrassings wat ek nie nou gaan noem nie. Donderdag 27 November se uitvoering word gereël deur Hangklip Gemeenskapsorgsentrum/Hangklip Community Care Centre. Kaartjies vir daardie geleentheid kan by die organisasie in Bettysbaai verkry word. Vrydag 28 November se optrede word deur die koorlede self behartig. Kaartjies is reeds beskikbaar by die koorlede, die NG Kerkkantoor en Albertyn Apteek. Beide aande open die deure om 18h15 en die uitvoering begin stiptelik om 19h00. Geen plekbesprekings word gedoen nie. Beide aande se kaartjies is R40-00 en dit sluit ‘n verversinkie ook in. Maak jou keuse en kom ondersteun die geleentheid – die laaste geleenthede dat die koor ‘n Kersuitvoering aanbied. Jean du Toit
Tenore van die Con Spirito Sangers: Leon,Hannes,Rudolf,Herman en Johan
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 22
So close, yet so far Danny Gerber, the captain of Kleinmond’s Boland team cut out a frustrated figure on Saturday after his team lost their first Boland 50 over cricket match of the season. Coming off a run of 3 wins the team took a lot of confidence into the match with a strong batting lineup. Bowling first, the team had missed opportunities in the field that cost them dearly. In the end a total of 185 was scored by the visiting team Kromco. Contributions from C Jordaan 2/24 and N van der Bank 3/18 stood out. This team, aspiring to take the title (in only their second season), shouldn’t be daunted by a (relatively) low target of 185 in 50 overs. A break in concentration had the home team reeling at 10/4 in a short space of time. This brought the captain to the crease joining Christiaan
Jordaan. The two seasoned players put up a brave fight and a partnership of 104 runs before Gerber was caught on the boundary for 44. The cricket saying goes “one brings two” and shortly afterwards Jordaan was back in the stands for an excellent contribution of 88 runs. The team score at that stage was 153 for 6 wickets with more than 15 overs to come. Needing only 33 runs with 4 wickets remaining called for calm heads. The fact that they lost with 7 runs had Danny tearing out his hair seeing that a victory would have placed the team firmly on the top of the standings Instead the team will travel to Bredasdorp this coming Saturday needing a win to remain among the contenders. Luckily the season still has a long way to go. Reno Botes
J BEkker, A Ferreira, F Cruwagen (President) C Van Heerden
Kleinmond golf results Wednesday 29/10/2014 4BBB Stableford 1) D Erasmus & M Bisset (49 Points) 2) J Oosthuizen & M Vosloo (49 Points) Friday Sundowner 1st 9 1) K Burger (21 points) 2) H Huisamen (21 points)
3) D Ungerer
(19 points)
Saturday 01/11/2014 SINGLES STABLEFORD 1) A Ferreira (40 points) 2) C Van Heerden (40 points) 3) J Bekker (40 points) John Whitehead an Eagle on Number 6
Rugbyklub op soek na nuwe bestuur
Die”Sheriff” wat almal dophou.
KLEINMOND - Die huidige bestuurskomitee van die RVK het vanjaar hul tweejaar bestuurstermyn voltooi en die proses om ‘n nuwe bestuur te kies is aan die gang gesit. Op Donderdag 13 November woon ‘n afvaardiging van die bestuur ‘n verpligte Bolandunie vergadering by om onder meer die nuwe 2015 konsep kompetisies te bespreek. Alle belangstellende voorne-
mende bestuurslede en huidige rugbyspelers word uitgenooi om op 17 Nov om 19:00 ‘n vergadering by te woon waarop die verkiesingsprosedures uiteengesit gaan word. Die verkiesing van die 2015 bestuur vind op 24 November om 19:00 in die rugbyklubhuis plaas. Vir enige navrae, skenkings, donasies of borge, skakel Solly van Wyk by 072 726 0939.
Kleinmondfietsklub is hierdie November 6 jaar aan die gang en spog met ‘n ledetal van 65. Ons het nie ‘n klubhuis nie en het ook nie een nodig nie, want ons omgewing, ons fietse en ons mense is ons klubhuis. Op 8 November 2014 hou die klub ‘n jaarafsluitingsrit- en braai. Alle klublede met hul gesinne is welkom. Plek en tyd
: 08:00 vanaf Gringo’s in ons eie Waterfront Pad en Bergfietse. Met terug-koms sal die klub iets op die kole gereed hê. Bring geldjie saam vir eie drinkgoed en R10 vir worsie op die kole. RSVP: Donderdag voor 16:00 by Kleinmond Cycles, 14de Straat of SMS Lammie met jou naam en koppe tal. 0797191912. Laat die Kettings Kraak
Rolbalklub hou Country & Western aand Fietsklub jaar einde rit Verlede Vrydagaand was die Rolbalklub aan die gons. Almal het in hul beste “cowboy” klere opgedaag vir ‘n spitbraai en dans, asook die amptelike opening van die bane vir die komende seisoen. Cor Jansen van Vuuren, die President, was al vroegdag besig om die skape voor te berei. Elaine le Roux, Ingrid Erasmus
en hul spanne was ook aan die werk om die saal te versier en tafels te dek. Daar was ‘n feestlike atmosfeer toe die mense begin opdaag. Die “sheriff” wat buite op die stoep gesit het, het verseker dat al die “cowboys & girls” hulle goed gedra. Baie dankie aan almal wat bygedra het. Dit word opreg waardeer.
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 23
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 24
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 25
Overstrand Herald
6 November 2014
DAGBOEK
7 & 8 November: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewenaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 Ek nooi graag oud-lede van S A Polisie Mag/Diens woonagtig in Kleinmond,Bettysbaai en Pringlebaai om met my kontak te maak indien u wil aansluit by die Bond van oudlede van die SAPD. Ons wil u graag verwelkom by die Bond van oud-lede.Vir meer inligting kontak Pieter van Wyk. Tel O28 271 3843 / 072 203 1799. Ondersteuningsgroep vir depressielyers ontmoet elke Vrydag. Kontak Corrie by 0848775356/0282713865 en kom sluit gerus by ons aan. 6 November: Senior Burgers Kersprogram. Geniet ‘n gesellige Kersprgram om 15:00 in die N G Kerksaal, 1ste Laan , Kleinmond Almal welkom. Kontak Hester Wentzel 082 541 2470. Wykskomitee vergaderings / Ward Committee meetings: Wyk 9: 13 November 2014 om 16:00 in Biblioteeksaal, Kleinmond Ward 9: 13 November 2014 at 16:00 in Library Hall, Kleinmond Wyk 10: 11 November 2014 om 15:00 in Jeugsentrum, Proteadorp, Kleinmond Ward 10: 11 November 2014 at 15:00 in Youth Centre, Proteadorp, Kleinmond
Bladsy 26
birds seen and at which locations, thus giving us a good idea of the local birds at this time of year. We will meet up at Paul’s house to sicuss the lists/birds seen. Please bring your own coffee and eats. Car share R5. Club levy R5. All welcome. Enquiries Paul/Pauline Bramhall 028 271 2170 23 November: Interkerklike lofprysing-aand met lofdansers uit Kleinmond, Hermanus en Onrus. Chookie Naude van Onrus bring kort aanvullende boodskap. Almal baie welkom. Gratis toegang. Vrywillige skenking vir verversing. Tyd 19:00. Plek : 68 Hoofweg, Kleinmond, gebou van AGS kerk. Navrae 072 6111 642. 24 November: Die Kleinmond Leeskring se Afsluitingsfunksie vind op 24 November om 15:00 in die Fountain Square Restaurant in die Hawe plaas.’n Bydrae van R40 per persoon is op die dag betaalbaar. Kontak: Emsie Pienaar 082.695.2083 of Kota van der Mescht 028 271 of 083 288 4977. 25 November: Kleinmond Kiekieklub se volgende byeenkoms vind plaas om 19:00 in die NG Kerksaal op die hoek van Eerstelaan en Derdestraat. Die tema vir hierdie maand is “Watervalle”. Daar sal geen aanbieding wees nie maar ons sluit die jaar af met ‘n gesellige funksie. 27 November: Senior Burgers Kersete – VCSV Kamp, 11de laan, Kleinmond om 12:00. Bring u eie eetgerei en drankies. Lede R35.00 pp en Nie-lede R50.00 pp. Besprekings sluit 14 November. Kontak Hester Wentzel 082 541 2470 27 & 28 November: Musiekkonsert (Kersfeesuitvoering) deur Con Spirito Sangers te NG Kerksaal (Eerste Laan) om 19:00 @ R40 p.p. Kaartjies verkrygbaar by Kerkkantoor, Albertyn Apteek, Hangklip Dienssentrum, koorlede
BUKSIES
13 November: Demensie Ondersteunersgroep kom op 13 November om 10vm bymekaar in die Tobie Erasmussaal, Kogelpark. Gilian van Wyk, kliniese sielkundige, kom praat oor die rol van depressie by die persoon wat met demensie gediagnoseer is. Vir enige navrae kontak Madeleine by 0829403003 14 November: Hangklip Dayzees tree by Kogelpark op. Skemerkelkies (ingesluit) om 17h30 en Musiek begin om 18h30. Kaartjies @ R40 p.p. by Albertyn Apteek. 16 November: St Nicholas Anglican Church Kleinmond Golf Day at Kleinmond Golf Club. Please enter your friends, family and everyone that can play golf. It is a fundraiser to build a fence around our church. To enter phone paulette @ 0729843707. Leilani 079 980 4540 / 028 272 9363. Please please please support us. 19 November: Kleinmond Bird Club. Venue Local Bird Survey. Meet at Kleinmond Library car park at 07:30. Depending on numbers we will divide into teams. Each team will be given a programme of gardens/places to visit and rotational details. The idea is to list all We are continuing with our craft market at the library every Friday morning - if and when the hall is available. If our board is outside, we are inside. Cheap Xmas cards & tags (English and Afrikaans) will soon be available. Phone Hugie for information at 028 271 3950 / 073 135 7912
GESOEK / WANTED
Netjiese Dubbeldeur Staalkabinette of Dubbeldeur Staal Skryfbehoeftekaste in netjiese toestand dringend gesoek vir Koop. Asseblief geen kansvatters of mal pryse nie. Kontak dringend by 072 481 0658 Soek geleentheid om pakkie na PIETERMARITZBURG te neem. Kontak M. Grové by 028 271 4484. Pensionaris soek asb ‘n naaimasjien teen R500 - R550. Skakel 082 580 9678
Overstrand Herald
BUKSIES
6 November 2014
Victoria is looking for work as a domestic worker Monday, Wednesday, Friday and Saturday. Phone 078 901 1153 / 078 059 6926 Primrose, a Zimbabwean lady is looking for a job a housekeeping and cleaning, she is a hard worker and trustworthy. Phone 084 809 4872 Alice, a Zimbabwean lady is looking for a job a housekeeping and cleaning any day of the week. Phone 061 193 4038 Agnes is looking for work as a nanny/cleaner any day of the week. Has reference 084 787 7191. Phone 078 970 1216 Rolled-up garage door with brackets. Phone 082 461 2779
FOR SALE / TE KOOP
Elektriese rol lem grassnyer. “ Saphire 360 straight cut”. Prys R1000. Skakel 083 306 9332 Dubbelbed hout basis, elektriese grassnyer en plasma tv stand. Skakel 079 771 0813 4x Isuzu 15” rims and tyres with 2 good 245/75-R15 tyres. 1x 195/65 new tyre on 4 hole aluminium rim. Phone 082 459 3907 Sitkamerstel R999. Skakel 028 271 3496 / 082 579 2580 Table top bar yskassie R800. Skakel 082 557 0079 ‘n Sleepwa (karet) in werkende toestand met roeskolle ± R500. Skakel 079 692 6407 / 028 271 5432 Franke double bowl stainless steel zins in good condition R300. Phone 076 175 5278 Golf car - Trio 3 wheeler, 2 years old, hardly used and in immaculate condition. Phone 083 631 2124 Kinderfiets (no.20) soos nuut, R450. Skakel 083 289 8362 1987 Toyota Cressida GLE (groen) 132,000km, een eienaar, uitstekende toestand R38,500 o.h.b. Skakel 083 775 5175 Large Philips TV, perfect working order R750. Phone 028 271 4870 / 073 595 4870 TV: LG 51cm R500 in puik toestand. Technics musiek-sentrum. Skakel 072 425 6050 / 082 344 2325 Meranti opslaan garage deur R800. Skakel 072 591 5271 4 Tapes with Christmas sons (Readers Digest) as good as new - different singers, choirs and well-known orchestras. R10 each. Phone 028 271 3929 / 073 946 5226 Beige couch (very good condition) R1000, Old school desk (single) R300, KIC 150l chest freezer R800, Orbitrek Health Walker R700. Phone 083 348 1782.
Bladsy 27
Ouer model Defy 521 wit 4-plaat vrystaande Stoof/Oond. Goeie toestand. R500. Skakel 082 801 7381. Trojan Dolce Oefenfiets R500. Sapelehout rondetafel 112cm deursnit R275. Drukpot van vlekvrye staal. Nuut. R350. Skakel 028 273 8231 / 072 397 7081 Muureenheid 2.3 x 1.9m (H) eikehoutvoorkoms, 3 dele, vir tv, drank, boeke en baie meer R850; Tafellamp: 65cm (H) elegante terracotta basis met donkerrooi kap R150. Skakel 083 450 5237 1x Krupps Coffee Maker R200. 1x Tedelex Slow Cooker R200. Phone 083 787 2211. Hoover ministofsuier, koortloos, herlaaibaar. R120. Skakel 028 271 4851 / 082 726 0622 Feeding Cushion R200, Chicco Infant Carrier R300, Bath seat R100, Avent Bottle Sterilizer R250, Cat protect net for cot R100, Baby neck cushion R50, Graco Mirage Plus baby Stroller & Car seat R1500.Phone Elnette (after hours) 083 992 9779.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 28
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Saturday and Sunday evenings: 18:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Hoof Diaken – Christiaan Bailey: 078 311 1744 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Diaken: Tohlin Oppelt & Diaken: Rachel Arendse –076 166 9811 Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Ouderling: Maria Hoffman & diaken Rachel Arendse: 072 766 7561 Koor oefen elke Disdag aand om 19H00; Koorleier: Janine Floris: 082 495 3950
NG KERK: 9 NOVEMBER 2014 08:15 Kerkgebou Ds. Barry Lordan 10:00 Kerkgebou Ds. Barry Lordan 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Chris Goosen 08:30 Saal, Familiediens Ds. Nico Rabe KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Woensdae: Biduur om 18:30 GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Frik Schutte 028 271 5786 / Theo Kruger 028 273 8834 09:30 Dr Chris Malan LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay. Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Leilani Abrams 0799804540 Andrew Arendse 0282714002. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772 PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Kleinmond Gottesdienst 2014 Sonntag 28 September 2014 - 15h30 Sonntag 30 November 2014 - 15h30 - Adventsfeier
Overstrand Herald
6 November 2014
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 29
Overstrand Herald
6 November 2014
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SMS jou mening 072 113 9065 Het jy iets raak gelees in die Overstrand Herald wat jou pla? Het jy ‘n mening oor ‘n aktuele saak? Of miskien wil jy sommer net saam gesels of vir ons vertel hoe jy deur misdaad geraak word. Nou kan jy! Dis maklik - stuur net vir ons ‘n sms na 072 113 9065 en praat saam. Die Herald sal sover moontlik al die sms’se wat ons ontvang in die volgende week se uitgawe publiseer. NEEM ASB KENNIS: Ons behou die reg voor om die inhoud van sms’e te plaas aldan nie. Onthou: Speel die bal, nie die man nie!
6 November 2014
Bladsy 31
Kleinmond rugby bly bo! KLEINMOND – Die o.19 rugbyspan het die afgelope naweek sy opponente les laat op sê in 3 afsonderlike kragmetings. Vrydag, 31 Oktober, het Kleinmond teen Grabouw te staan gekom. In ‘n titaniese stryd het Kleinmond in die eerste helfte agtergeloop maar samespel tussen die voor-en agterspelers in die tweede helfte, het die wen vir Kleinmond verseker met ‘n
eindtotaal van 18-17. Die drie van die wedstryd is toegeken aan Wheelan Floors. Saterdag het Kleinmond aan die Botrivier toernooi deelgeneem. Hier het die manne ook skoonskip gemaak. Teen Villiersdorp het Kleinmond 41-10 gewen en Grabouw 3623 geklop. Kleinmond het die eindstryd teen die gasheer, Botrivier, 27 – 7 gewen en
sodoende die prysgeld van R1000 losgeslaan! Die speler van die wedstryd was Peter Olivier. Die laaste wedstryd vind op 8 November plaas wanneer Kleinmond in ‘n tuiswedstryd teen Botrivier te staan kom. “Die span wil by voorbaat dankie sê aan Mk Transport en ook vir mnr. Wessels van Kleinmond Primêr en Kleinmond rug-
byklub vir die borg van truie. Hulle is ook dankbaar vir al die ouers en die toeskouers wat die wedstryde bygewoon het. “Ons wil vir al ons spelers sterkte toewens met hulle eksamens”, sê Eddie Appolis, voorsitter van Kleinmond rugbyklub. Appolis sê dat borgskappe vir truie sal baie waardeer word.