BTW ingesluit / VAT included
Palmieters omgekrap oor leĂŤ erwe
Overstrand: Clean audit for second year running
Farewell to a remarkable lady
Moordsaak weer uitgestel
Moordverdagte, Ethan Hoffmann (op die trap met die kappie oor sy kop) verlaat Dinsdag die Caledon streekhof saam met sy ma.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 2
Clean audit
On tabling the 2013/2014 Annual Report at the Council meeting held on 23 January 2015, Executive Mayor Nicolette Botha-Guthrie was pleased to announce that Overstrand’s finances have yet again been handed a “clean bill of health”. The local authority’s clean audit status for the past fiscal year was confirmed when Finance Director Santie Reyneke, supported by the Director: Management Services, Desiree Arrison, presented the Mayor with the Auditor-General’s confirmation during the Council meeting on 29 April 2015. Clearly pleased with this turn of events, Botha-Guthrie extended a special word of thanks to the Audit Committee. In particular,
two outgoing members of the committee (photo below) who have diligently fulfilled their duties during their five-year term of service were singled out, namely Vollie Jacobs and Graham Lawrence. Lawrence’s career in local government commenced in 1965, of which the last 10 was in service of Overstrand. He commented that he is especially proud of having been part of the team “that brought Overstrand to where it is today – a real winner”. In recognition of their tremendous contribution towards ensuring that Overstrand remains on the financial “straight and narrow”, each received a small token of appreciation.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 3
Moordsaak weer uitgestel CALEDON – Die saak waarin twee jong Kleinmonders en een inwoner van Hawston aangekla word van die moord op die 18jarige Nigel April verlede jaar, is Dinsdag weer in die Caledon streekhof uitgestel. Ethan Hoffmann, Dustin Stewart en Phillip Manuel is in Mei verlede in hegtenis geneem na die lyk van die 18-jarige April in ‘n oop stuk veld langs Nemesiastraat in Proteadorp gevind is. April is na bewering herhaaldelik in die bene met ‘n mes gesteek en toe uit die kar gegooi. Sowat drie weke gelede het Manuel se regsverteenwoordiger aangedui dat hy wou skuldig pleit en dat daar onderhandel word met die staat oor so ‘n moontlikheid. Dinsdag is daar in die streekhof aangedui dat die onderhandelinge nog nie afgehandel is nie. Die saak is weer uitgestel na 1 Junie. Hoffmann, van Kleinmond, is Dinsdag deur sy ma na die hof vergesel. Soos tydens vorige verskynings was Hoffmann weereens agressief toe die
Dustin Stewart (links met die kappie op) verlaat die streekhof. Phillip Manuel kruip weg agter een van die omstanders. Herald ‘n foto van hom wou neem. Hy het se ma het op die fotograaf geskreeu dat die gesê hy sal die Herald se fotograaf “ iets koerant nie “ liegstories” moet skryf nie. aandoen” as hy die foto sou neem en dat “My seun gebruik nie dwelms nie, “ het sy hy die” koerant gaan toemaak.” Hoffmann gesê.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 4
Geliefde inwoner oorlede Rudolf Visser, ‘n bekende en gewilde persoonlikheid van Kleinmond, is op 16 April 2015, na ‘n lang siekbed oorlede. As leiersfiguur en iemand wat met sy sin vir humor goeie menseverhoudings gehandhaaf het, laat hy diep spore na. Rudolf was vir baie jare veearts op Piketberg en was bekend dwarsdeur die Swartland. Daarna het hy die pos van staatsveearts op Stellenbosch beklee voordat hy bevorder is tot direkteur van veeartsenydienste in die Wes-Kaap. Op kulturele gebied het Rudolf ’n wye belangstelling gehad. Sy liefde vir die jeug, buitelewe en vir Afrikaans het hy uitgeleef as kommandant van die Voortrekker beweging op Stellenbosch . Op kerklike terrein was hy ’n toegewyde ouderling wat sy wykslede met woord en daad geïnspireer het. Wie sal dan ooit die snoek-en-patat
wegneemetes vergeet wat hy en sy wykslede voorberei het ter stywing van die gemeente fondse! Sy christenskap het hy prakties uitgeleef en hy was vir 10 jaar leier van ‘n bybelstudiegroep. Hy was ’n staatmaker tenoor in die Con Spirito- en die NG kerkkoor. As ywerige jukskeispeler was hy lid van die plaaslike jukskeiklub. Met sy aftrede het hy en sy vrou, Beau, na Kleinmond verhuis waar hy sy betrokkenheid en leiersvaardighede op vele terreine met sukses kon voortsit. Rudolf se roudiens was op Sondag 26 April 2016 en is gelei deur sy groot vriend, ds. Francois Cillié, aan die hand van 1 Timoteus 4 : 7-8. Dank- en huldebetuigings is gelewer deur twee van sy kinders, Helene Simpson en Johan Visser. Hy word oorleef deur sy eggenote, Beau, 4 getroude kinders en 7 kleinkinders. ( - M. Coetzer)
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 5
Farewell to a remarkable lady
The little white car The little white car, the greyhaired owner and the car full of dogs is a well-known sight in Kleinmond. But sadly, that will be no more. Yvonne Pretorius was a remarkable woman and her passion and love for animals phenomenal. She felt very strongly about the indiscriminate breeding of animals and saw the need of an animal welfare that can take care of this breeding and the hardship it cause to the animals. In 2001 she realised
the need for an animal welfare in Kleinmond and in 2002 KAWS was registered as an NPO. Without Yvonne’s passion and dedication there would be no KAWS. Yvonne, from the KAWS Committee and Staff we would like to thank you for what you have done for the animal communities in the KleinmondHangklip area. It was an honour for us to have known and work with you. Rest in peace Yvonne. 02-121930 to 30-04-2015
KLEINMOND - The death last week of Yvonne Pretorius is a great loss, not only to her many friends but also to this town and the Overberg. She spent the last fifteen years at Kleinmond working energetically, tirelessly and passionately for “The Greater Good” [her words] of all the animals in the Overberg. She is well known for being the founder of KAWS. She could be called upon any time, night or day and [in spite of her age, failing health and the unreliability of her old car] she would respond without hesitation if an animal was in need. Her compassion, love and generosity was not confined to animals as many Kleinmonders could testify. She was a truly remarkable human being. Yvonne spent a great deal of her time in the past year setting up a trust for the sterilisation of animals. Should anyone wish
to contribute to this fund in memory of Yvonne, the details are as follows: Sterilisation For Pets Trust. Nedbank account no. 1101302224 At Yvonne’s request there will be no service. We her friends and Kleinmond residents have been privileged to share in her life. She is loved and missed. May she rest in peace. Kathy Campbell, Jenny Boulton, Dorrie Martins, Jenny Banks (PS A few of Yvonne’s friends have decided to “ turn over a glass” [Vonnie’s expression ] in her memory, as she did not want any kind of service. Should you or anyone you know wish to join us, we will be at Sandown Blues from 4pm - 5,30 on Friday 8th May. You can bring a bottle and pay corkage or order food and drink there. If you have any interesting stories or memories about Yvonne we would love to share them.)
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 6
Leon Olsen R.I.P
www.overstrandherald.co.za
KLEINMOND – Die vriendelike man wat baie mense deur sy grassnydienste, Grasshopper, leer ken het, Leon Oelsen, is Maandagoggend in die hospitaal oorlede. Leon het soos die meeste mense maar, sy eie deel van swaarkry gehad, nadat hy op die ouderdom van 17 met skisofrenie gedianoseer is. ‘n Lang pad van aanvaarding het voorgelê waarin baie aanpassings gemaak moes word om hom te kry om selfonderhoudend en selfstandig te wees. Cindy, sy een suster, onthou dat hy ten spyte van alles ‘n baie mooi onafhanklike lewe begin lei het. Hy het met Claudia getrou en hulle het ‘n
pragtige dogter, Chanel, wat in Laerskool Kleinmond is. Hy is aan die einde van 2014 gediagnoseer met kolonkanker, alhoewel hy al baie lank sekere simptome gehad het. Hy moes deur al die nodige kanale en prosedures by die staatshospitaal gaan om uiteindelik behandeling te kry Aan die begin van dié jaar het hy ‘n baie groot operasie ondergaan en die familie is baie dankbaar oor die besondere manier waarop die Kleinmond gemeenskap uitgereik en omgegee het. Drie maande gelede het Leon chemoterapie begin ondergaan. Hy is die afgelope naweek opgeneem in ‘n hospitaal in die Paarl. Volgens die familie was dié stap nodig, omdat hy baie gesukkel het met die inhou van vloeistowwe en daarom geheel en al gedehidreer het. In die hospitaal het hy baie vinnig agteruitgegaan en in ‘n koma begin verval. Klaarblyklik is Leon aan nierversaking oorlede. Die familie is baie trots op die baie mooi manier waarop hy na homself en na sy besigheid (Grasshopper) in die Kleinmond omgewing omgesien het. Tydens sy chemo het sy pa, Brian Olsen, vir hom ingestaan en probeer om na sy besigheidsbelange en kliënte om te sien. Hy sal ook voortgaan met die goeie diens wat Leon gelewer het. Vir meer inligting, bel 0834449576
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 7
Overstrand Herald
7 Mei 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 8
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 9
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 10
Palmieters omgekrap KLEINMOND – Radelose inwoners van die Palmietstraat omgewing wend hulle nou ten einde raad tot die Herald. “Om die munisipaliteit te bel,” sê me. Emma Cilliers, “help nie”. Leë en half-beboude erwe in Palmietstraat vanaf IJ Singletonstraat tot verby CR Louwstraat, sê me. Cilliers, skep nie net ‘n brandgevaar nie, maar help ook misdaad aan, want rondlêers kom kamp glo snags daar uit. Onlangs het ‘n inwoner wat met sy hond gaan stap het, glo iets verdag in een van die bosse gesien en die polisie ontbied. Kort voor die polisie
opgedaag het, het tot soveel as 14 mense glo die pad gevat. Wat ook nou gebeur omdat die erwe so verwaarloos daar lê, is dat mense rommel en vullis daar kom strooi. Die inwoners wat nou in netjiese, versorgde huise woon, sien hoe hul woonbuurt sienderoë agteruitgaan, sonder dat iemand blykbaar ‘n vinger wil verroer. Cilliers sê hulle sorg dat hul plek netjies is en het reeds ‘n karweier betaal om oortollige vuilgoed van hul eiendom te verwyder. Gewone mense kan nie bekostig om almal om hulle se erwe skoon te hou nie.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 11
VLV-middag propvol wenke en musiek-talent KLEINMOND - By die VLV-maand vergadering gehou op Dinsdag 28 April 2015 het Edith Henn van Cape Nature die dames se kennis oor brande opgeskerp en uitgebrei. Edith was die hoofspreker van die dag. Sy is die Gemeenskap-bewaring bestuurder vir die Overberg en sy werk met die kusgemeenskappe vanaf Hermanus tot Infanta. Die treffende oranje blomme rangskikking het die dag se tema van brand en “vlamme” uitgebeeld. Enige vuur het drie elemente nodig om aan te hou brand : suurstof, hitte en iets wat brand. Wanneer een van hierdie drie element weggeneem word, kan die brand geblus word. Die gehoor is weer attent gemaak daarop dat water nooit op brandende olie gegooi moet word nie, of op brande wat deur elektrisiteit veroorsaak is nie. Die gehoor is aangeraai om seker te maak dat persone/ gesinne basies reëls in plek moet hê vir enige brand situasie. Dit is raadsaam om ‘n veilige en toeganklike uitgang van ‘n huis/gebou/besigheid te identifiseer, lank voordat ‘n nood-situasie opduik. Edith Henn het die belangrikheid van die STOP, DROP, ROLL metode beklemtoon wanneer iemand se klere aan die brand raak. Die persoon moet dadelik stop en nie probeer hardloop nie. Dan moet die persoon op die grond val en dadelik begin rol. Dit sal veroorsaak dat die brand se suurstof afgesny word en sodoende kan die brand
geblus word. Kleinmond se VLV is bevoorreg om baie talentvolle persone te hê wat by die maand vergaderings optree. Hierdie maand was die sang item van Eleanor Lea seker een van die hoogtepunte van die middag. Eleanor is die kleindogter van VLV-voorsitter Ninnie du Toit. Sy en haar ouers kuier tans in Kleinmond. Alhoewel Eleanor Lea maar 15 jaar oud is, het sy ‘n pragtige suiwer stem. Sy is deel van die jeugkoor van die Universiteit van Pretoria waar sy optree as solis. Eleanor het die gehoor in vervoering gehad met haar goue stem en hulle het aan haar ‘n staande toejuiging gegee uit waardering vir haar jong talent en wonderlike sang stem. Stef Liebenberg was net die regte persoon om Eleanor te begelei en die kombinasie van Stef op die klavier en Eleanor wat sing, was uitstekende en perfek. Die opvoering het emosies geprikkel het daar was talle wat trane weggevee het ! Baie dankie en baie geluk aan Stef en Eleanor wat gesorg het vir ‘n uitmuntende sang-en-klavier spel. Dankie ook aan al die lede van Openbare sake wat gesorg het vir ‘n baie verrykende middag met heerlike verversings na die tyd. Edith Henn se volle toespraak en verdere inligting oor die middag se ander verrigtinge is beskikbaar van die Voorsitter, Ninnie du Toit. Daar is ook talle pragtige fotos op ons “facebook” bladsy. (Alice van Rooyen)
Overstrand Herald
7 Mei 2015 “hierdie department wens u mee te deel”, of “geliewe die volgende onder werknemers se aandag te bring”.
God, give me grace to accept with serenity the things that cannot be changed, Courage to change the things which should be changed and the Wisdom to distinguish the one from the other
Ek hoú van woorde. Ek is lief vir woordeboeke en verklarende woordeboeke en ek kan nie skryf
‘n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za
Nog ‘n koppie?
Woorde Ek ken baie woorde. ONS ken baie woorde. Soms dink ek ons ken geheel en al te veel woorde, want wanneer ek na mense luister, praat baie van hulle eintlik suiwer, onverdunde NONSENS. Goeie voorbeeld hiervan is die regering. Het jy nou al gewonder wat beteken die woord “kapasiteit” wat elke Jan Rap en sy maat, veral in die regering so mildelik aanwend? Ek het tot die slotsom gekom dat jy het, of jy het nie, die VERMOë om iets te doen. Maar indien jy byvoorbeeld sou sê Escom het nie die VERMOë om aan al die vereistes van ‘n groeiende ekonomie te voldoen nie, dan klink dit asof iemand êrens drooggemaak het en nou moet ander onder die gevolge daarvan ly. Indien Escom egter nie die KAPASITEIT het nie, klink dit soveel geleerder en asof dit nie so erg is nie. En terwyl Escom hom nou so goed leen om as voorbeeld gebruik te word: Wat beteken BEURTKRAG? En Fase 1, 2 , 3 en 4? Geliefdes, in my boekie beteken dit daar gaan kragonderbrekings wees en dis net die diepte van die jy weet wat, wat van dag tot verskil. Dit maak nie saak hoeveel versiersuiker jy oor die perdyvye gooi nie, ‘n ding is wat hy is en iemand het iewers nie sy werk gedoen nie. Dis die werk van die sogenaamde “spin-doctors” wat die waarheid verwring en verdoesel sodat gewone mense later nie meer weet wat om te glo nie. Dis nou waar sinsontleding so handig
te pas kom. Daai deel van Afrikaans (of enige taal) wat so baie mense haat, maar glo my, dit het besliste voordele, veral wanneer jy begin soek na die essensie van wat gesê word. Ek het op ‘n keer ‘n boek gelees waarin een sin oor twee-en-‘nhalf blaaie gestrek het. Ek kon nie agterkom wat die karakter eintlik wil sê nie. Ter verdediging van myself: Die karakter se kop het geraas en die storie speel af tydens WO2. Ek verstaan Fidel Castro kon so nimmereindigend toespraak hou. En Mangosuthu Buthelesi. Maar wat sê die manne nou eintlik? Dis pure magsvertoon om mense so lank op hul stoele te hou, terwyl hullle warm lug uitblaas en niks sê nie. ‘n Politikus wil immers nie hê die voetvolk wat moet stem moet regtig verstaan wat hulle bedoel nie. Die een wat binne 10 minute presies sê wat hy bedoel, sodat almal hom (of haar) ten volle begryp, is nie ‘n goeie politikus nie. Geleentheidsprekers word ook per uur betaal, dus moet hulle so lank as moontlik neem om hul sê te sê. Hulle leer net om dit só mooi te doen dat jy nie agterkom hoe lank dit hulle neem om jou oor te knoop nie. Die staatsdiens is geswore meesters in die kuns van verwarring. Iemand êrens in ‘n kantoortjie wil belangrik wees en gebruik dan woorde driemaal die lengte van die mat onder sy (of haar) stoel. Ek het daar gewerk, ek weet presies hoe die storie inmekaar steek. Waar anders kom die AAKLIGHEID van “huidiglik” vandaan? Of
Bladsy 12 sonder ‘n thesaurus nie. Maar ek weet wat ek wil sê. Dis een van die redes hoekom ek liewer skryf as praat, dat ek bietjie kan nadink oor wat ek wil sê en dit so gou moontlik doen. Ek wil nie staan en tjommel nie. En ek wil veral nie staan en lieg nie.
Briewe
Afrikaners te inskiklik Ek kan werklik nie anders nie as om met ‘Straatwagter’ in die Overstrand Herald van 30 April 2015 heelhartig saam te stem nie. Dit wil sê, DIE GEDURIGE AFSKEEP VAN MY MOEDERTAAL. Ons Afrikaanssprekendes is al jare der jare TE inskiklik teenoor ander Engelssprekende landsburgers, en daar moet nou halt geroep word. Wat
doen hulle in Engeland, Pole, Duitsland en vele ander lande waar die betrokke landstaal nie deur besoekers of nuwe intrekkers gebesig kan word nie, hmm? Verruil ek my land vir enige ander land MOET ek daardie land se taal leer ,praat, lees en skryf!. ARTHUR JORDAAN Dertiendestraat 12 Kleinmond.
Professionele diens Baie dankie dat u ons op hoogte hou van wat in Kleinmond aangaan! Ek kan nie nalaat om vir u hierdie brief te skryf nie. Ons kyk nou baie na die restaurante en waar ‘n mens lekker kan eet. Ek wil graag met u deel die absoluut wonderlike professionele diens wat ek ervaar het hier in Kleinmond. Ek het ‘n bietjie teëspoed met my nuwe motor gehad , stampie en inbraak ens. Ek het Overstrand Paneelkloppers gaan besoek en was ek aangenaam verras !!!! Om Vera en Japie Botma te ontmoet en hulle diens te beleef is iets om oor huistoe te skryf. Nie net vriendelik en professioneel nie
maar hulle ontgin alles en laat geen steen onaangeroer totdat alles uitsorteer is nie. Ons het nogal baie probleme met my versekering gehad maar Vera het my gehelp en totdat alles uitbetaal is. Hulle doen baie meer as wat van hulle verwag word. Wanneer jy eers so ’n episode met hulle beleef het jy ook sommer dierbare vriende gemaak. As jy dus goeie diens en aandag soek stamp gerus jou kar en sien dat menslikheid en liefdevolle diens nog in 2015 bestaan. Baie dankie Vera en Japie vir al julle hulp en mag nog baie Kleinmonders julle goeie diens ervaar. Rita Linde
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 13
Die koor se optrede in die Fellowship Church verlede jaar
Con Spirito Sangers se laastes Die Con Spirito’s is nou in die laaste pylvak voor die eindstreep. Dit is maar ‘n stadige wedloop aangesien ons eers teen 31 Mei die wenstreep sal bereik, maar ou Skillie kom ook daar aan!! Omdat dit ons laaste optredes is, het Isabel al haar (en die lede se) gunstelinge oor die volle 15 jaar uitgesoek!! Maar omrede dit nogal ‘n dik lêer volmaak, sal sy eersdaags ‘n (moeilike) keuse moet maak oor wat sy vat en wat sy los. Sterkte, Isabel!! Die voorlopige lys sluit liedere in soos Would n’t it be Loverly en I’m gettin’ married in the mornin’ uit My Fair Lady; Oklahoma! en Oh what a beautiful mornin’ uit Oklahoma; Edelweiss uit The Sound of Music en Ol’ Man River uit Showboat. Afrikaanse liedere sluit in Kaapse Kanarie, Kan ‘n man dan nie, Kom saam vanaand, Vat jou goed, Ou tante Koba, Sprokie vir ‘n stadskind, Tafelberge,
Vaalpad, Mannetjies Roux en Waterblommetjies. Onder gewyde liedere val Eenvoud, Hallelujakoor, Let there be Peace, Plea from Africa, Precious Lord en The King is Coming. Die optrede op Donderdag 28 Mei is ten bate van die Fynbos Dienssentrum en kaartjies is beskikbaar by die Dienssentrum, Fellowship Church se lidmate en Albertyn Apteek. Vir Vrydagaand is daar ongelukkig net ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar aangesien dit die reünie van die koor is en van die oudkoorlede en gaste dit sal bywoon. Kaartjies is beskikbaar by die koorlede en Albertyn Apteek. Beide die optredes se kaartjies (R40 elk) sluit verversings in. Ons heel laaste optrede sal Sondag 31 Mei 2015 in die N.G.Kerk wees. Sien julle by een van die drie optredes!! -- Jean du Toit
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 14
Wat is speelterapie? Speelterapie is vir kinders dieselfde as wat verbale terapie vir volwassenes is. Dit is ‘n gespesialiseerde vorm van berading wat gebruik maak van speletjies, speelgoed en ander mediums soos klei, verf en teken. Kinders en adolessente word sodoende gehelp om hulself asook hul emosies, denke, wense op hul eie manier en tyd in ‘n veilige omgewing uit te leef. Vaardighede wat gebou word tydens speelterapie: Probleem oplossing; verantwoordelikheid; self-beheersin; ‘n veilige plek om nuwe gedrag patrone uit te toets; bewuswording van eie gevoelens; denke en gedrag; kommunikasie vaardighede; bou van gesonde verhouding met hom/haarself en ander. Speelterapie bied ook kinders en adolessente die geleentheid om enige trauma in die verlede te verwerk en sodoende aan te beweeg met hul lewe. Wanneer kan ‘n kind of
adollesent baat vind deur speelterapie? Speelterapie kan baie effektief wees vir kinders/tieners wat sukkel met sosiale, emosionele, gedrags- en leerprobleme, insluitende: Post-traumatiese stress; gedragsprobleme/ 1ste oortredings met die wet; aggressie; angstigheid; depressive; A D H D ; impulsiviteit; lae selfbeeld; leerprobleme; sosiale ontrekking. Speelterapie het al baie sukses getoon met probleme/ stressors soos: egskeidings, die dood van ‘n geliefde; verhuising; hospitalisering; chroniese siektes; fisieke/ emosionele en seksuele mishandeling; natuurrampe (bv. brande of vloede); drank- of dwelmverslawing. Vir meer inligting, bel Anita Potgieter, ‘n geregistreerde berader (HPCSA) & speelterapeut by 084 632 1313.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Hangklip/ Kleinmond’s aged treasures / Ons beleë skatte We will be doing a series on elderly residents of our area who have reached the very great age of 90+. Ons het reeds berig oor ‘n paar inwoners wat
90 jaar oud geword het en steeds hups is. Ons verneem graag van nóg sulke inwoners om hulle te ontmoet en iets oor hulle te skryf.
Alex Smit (94) : Bosbouer uit die Noordkaap Oom Alex woon nou al sedert sy aftrede 32 jaar gelede in sy huis op Kleinmond en dis die langste wat hy nog ooit op dieselfde plek gebly het. Hy en sy broers en susters het op ‘n plaas op Gifberg naby Vanrhynsdorp grootgeword. Hulle op die dorp skoolgegaan waar daar destyds omtrent 600 kinders in die plaaslike hoërskool was. By die skool het daar op ‘n dag verteenwoordigers van die Bosboukollege Saasveld op George met die kinders kom praat en net daar het Alex en sy een broer besluit dis die loopbaan vir hulle: Bosbou. Hierdie baie hardwerkende en gemotiveerde jong man was van 1943-1945 ‘n ingeskrewe student. Maar nie net sommer enige student nie: Die jong man uit die dorre Noordkaap is as top-student aangewys nadat hy die beste prestasie in agt jaar aan die kollege behaal het. Hy kon ook ‘n barshou rugby speel. Na sy opleiding was sy eerste
plasing by die bosboustasie in Tokai op die Kaapse Skiereiland. Daar was sy kollega ene ene Beckenstein. ‘n Paar jaar gelede het die twee voormalige kollegas se kinders vir die manne ‘n reünie gereël. Hulle mekaar toe vir die eerste keer in 75 jaar weer gesien. Dit het glo gedreun soos daar gesels is. Ook in sy werk, net soos op kollege, het Alex sy alles gegee en nie net het hy reeds op ‘n jong leeftyd bevordering op bevordering gekry nie, maar is hy ook op ander maniere beloon. Sy werk het hom die hele land vol geneem en so het hy sy vrou, Bertie, in Natal ontmoet. Hulle het ses kinders gehad. Alex se laaste pos was op die Ceylon bosboustasie by Sabie waar hy aan die hoof gestaan het van navorsing oor die teël van varswater forelle. Hy word genoem in Brian Bredenkamp se boek - Die Suid-Afrikaanse Bosbouer. Al hierdie manne hou glo kontak met mekaar deur hul spesiale fb blad.
Bladsy 15
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 16
Kleinmond kiekieklub Die tema vir ons byeenkoms van 28 April, was “aktiwiteite van senior burgers”. Ons lede het regtig daarin geslaag om hierdie onderwerp te bemeester en baie interressante beelde hieroor in te skryf. As jy na die inskrywings kyk, lyk dit asof ons seniors nog baie aktief is en vir hulle met ‘n verskeidenheid dinge besig hou. Die volgende persone het eervolle vermelding vir hul inskrywings ontvang: Francois Malan, Gerhard van Helsdingen, Alex Boonzaaier en Anita du Toit. Nico Jacobs het die derde en tweede plekke verower terwyl Beate Hill met die eerste prys weggestap het. Baie geluk aan ons wenners vir ‘n uitstekende poging. Hierna het Dave de Beer, professionele fotograaf van Hermanus, ‘n praatjie gelewer oor natuurlewe fotografie. Hy het ‘n besondere liefde en kennis van walvisse en het onlangs ‘n tweede boek hieroor
die lig laat sien. Gedurende die walvis seisoen neem hy daagliks klein groepies mense op staproetes om die seediere te sien. Ter afsluiting het Dave vir ons ‘n oudio visuele reeks oor voëls gewys. Om van ‘n voël wat in vlug ‘n insek vang, ‘n foto te neem, verg nogal kundigheid en baie tyd en geduld. Dit is wat natuurlewe fotograwe doen. Baie dankie aan Dave vir ‘n besondere aanbieding. Ons volgende byeenkoms is op Dinsdag 2 Junie en die tema vir die aand is, “METAAL”. Om die aand af te sluit, gaan Friso Woudstra vir ons ‘n paar oudio visuele reekse wys. Moet dit beslis nie misloop nie. Almal is welkom om ons byeenkomste by te woon. Die koste is slegs R10 per persoon Indien iemand by die Kiekieklub wil aansluit of enige inligting verlang, is u welkom om Gerhard van Helsdingen te skakel by 0282715920 of 0833069332.
Eerste: Beate Hill
Tweede: Nico Jacobs
Derde: Nico Jacobs
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 17
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 18
All about abalone
Dr Serge Raemaekers Whale Coast Conservation’s talk in May should be of interest to all who live on the Cape Whale Coast. It examines the serious social, political and economic issues around abalone. Dr Serge Raemaekers will the speaker on Tuesday 19 May at 17h30 at the Green House. His topic is Economic and Social Consequences of Abalone Poaching. Dr Serge Raemaekers is a postdoctoral research fellow at the Environmental Evaluation Unit based at UCT. His research area is systems thinking and fisheries governance theory with the aim to recommend management approaches that are more applicable to the realities of small-scale fishers. The rise of organised illegal fishing and trade in abalone from the late 1990s destabilised South Africa’s historically stable, quota-managed fishery, culminating in its closure in 2008. Serge will describe the historical context of the fishery, including the evolution of South Africa’s science-based abalone fishery management system. He will review the proposed plans to combat illegal fishing and the black market trade in abalone. GROTTO BEACH AND CLIMATE CHANGE Professor Michael Orren is a world expert on climate change and the role of oceans. We asked him what effects climate change is likely to have on the Hermanus shoreline and specifically Grotto Beach. This is what he said:
“Our storm waves are often generated in the Roaring Forties, These winds have become much stronger thus sending more energetic waves charging towards our shores. Such waves have been shown to have caused damage already in New Zealand and Australian kelp beds sited in similar latitudes to ours. I reiterate that wave energy is proportional to the fourth power of the wind driving the waves. Thus an apparently small increase in winds puts out far more energy-laden waves. Storm waves travel thousands kilometres without losing much energy and this energy is finally dumped on our beaches. Sea level rise is well documented at around 3 mm year which translates into 3 cm per year ingress into flat shorelines like Grotto Beach. Multiply by 10 for a decade and it is one third of a metre - and it has gone on for quite a while already. Clearly if sea level is higher, incoming waves get much closer to the shore with their energy which is thrown against any obstacle in their path. The rise is subtle and not noticed by any casual glance. But when a storm coincides with a High Spring tide then in minutes the sea gets where it has not been before, stays there and does much damage. This effect is not going to go away. Remember December 24, 2014? In Betty’s Bay the shoreward erosion of the dunes is clearly recognisable to me by my observations made over about 50 years. The Agulhas Current is carrying more energy and has already been shown to have increased stormy weather in Kwazulu/ Natal. This extra energy will also add to wave heights generated to the west of us.” Professor Orren concludes that it would be very unwise to build any structures on a low-lying exposed site such as Grotto Beach.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 19
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 20
KidsCan! neem kinders hoër KLEINMOND - Na 3 jaar se intense fondsinsameling en beplanning kon die KidsCan! komitee uiteindelik hul pragtige klimraam installeer. Die KidsCan After School Care Centre is ‘n projek wat onder die vleuel van Kleinmond Kindersorg aan ‘n nagenoeg 30-tal kinders sorg bied ná skool-ure en gedurende skoolvakansies. Die klimraam is ‘n welkome toevoeging tot die buite aktiwiteite van die sentrum. Hannatjie Doorduin, wat aan die hoof staan van fondsinsameling vir die sentrum, sê dit was twee dae se harde werk om die raam geïnstalleer te kry, maar dit was deur en deur die moeite werd. Buitespeeltyd sal in die toekoms daar ‘n ander betekenis hê. Hannatjie sê KidsCan! Is baie
dankbaar teenoor al die vrywilligers wat so vrygewig is met hulle tyd om die programme van KidsCan! te ondersteun. ‘n GROOT dankie ook aan almal wat bygedra het om hierdie projek so suksesvol tot voltooiing te bring. Sonder die ondersteuning van die gemeenskap is dit onmoontlik om hierdie instansie so suksesvol te bedryf. Elkeen se bydrae word waardeer - wees verseker dat elke sent help om ons kinders te ontwikkel en stimuleer om deelnemende volwassenes te word. Sy bedank ook Judy May Oncker, hoof van die sentrum, vir haar geduld en toewyding met al die onderbrekings tydens die twee dae.
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Exploring fynbos @ Hermanus fynarts The Hermanus Botanical Society has organized a most interesting workshop on fynbos entitled What’s the Fuss about Fynbos? The workshop will be held in the Fernkloof Hall on Saturday 13 June 2015 from 10:00 to 12:30. The cost is R130 for the workshop, and includes tea.
Professor William Bond will delve into the symbiotic relationships among the creatures of the fynbos and Bronwen Botha will answer the question “Why is fynbos important to us and why we should look after it.” Source: Whale Coast Conservation
Bladsy 21
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 22
VVA bied voordragkompetisie met ‘n kinkel KLEINMOND - Die Vriende van Afrikaans se jaarlikse geselligheid word vir 14 Augustus 2015 beplan. Die woordgedeelte van die program word vanjaar op ‘n kompetisie, met ‘n stewige prysgeld, gegrond. Die VVA is op soek na persone, groot en klein, oud en jonk wat ‘n Afrikaanse gedig só kan voordra dat hy of sy kwalifiseer om voor ‘n gehoor op te tree. Ons weet daar is vele sulkes in Kleinmond se gemeenskap
Die eerste prys vir die wenner van die gekostumeerde voordrag van ’n Afrikaanse gedig is R500, die tweede R250 en die derde prys R100. Die finale voordrag en beoordeling sal op Vrydag 14 Augustus om 7 nm. tydens die VVA se geselligheid in Kleinmond plaasvind. Die lokaal sal later aangekondig word. Van voornemende deelnemers word verwag om op die laaste op 1 Junie 2015 ’n volledige verduideliking en/of beskrywing
van sy of haar beoogde optrede, asook kontakbesonderhede skriftelik by Albertyn Apteek in te dien. Die gedig is die keuse van die deelnemer en die inskrywing is gratis. Dit is belangrik om daarop te let dat ‘n bypassende kostuum deel van die kompetisie is. Sou daar meer inskrywings wees as wat in die beskikbare tydsbestek vir die program ingepas kan word, sal daar ‘n eerste sifting van inskrywings
wees. Al die gekeurdes vir optrede tydens die VVA se jaarlikse funksie sal so spoedig moontlik daarna van hul suksesvolle inskrywing verwittig word en verdere inligting ontvang. Dit is vanselfsprekend dat die beoordelaars se beslissing finaal geag sal word en dat geen briefwisseling en of argument daarna deur die VVA gevoer sal word nie.
www.overstrandherald.co.za
Hangklip played netball at its best On Wednesday 29 April nine players from Hangklip Netball Club went to Mossel Bay to attend the Western Cape Netball Tournament. The group included two men. The tournament lasted for three days. The Overberg team participated against some of
the top teams from the Western Cape. The players said the tournament inspired them and they felt more committed to netball than ever. The Overberg senior team finished in 6th place in their category, while the Overberg U21s finished in the 4th place. The men’s team
from the Overberg finished in 3rd place. Kleinmond netball is proud to announce that two of the Hangklip Netball Club players have been chosen for the Western Cape squad. Congratulations to Elvisia Wilskut and Zirion Stallenberg (Lee-ashman Moses)
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 23
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Golf results
Bladsy 24
WEDNESDAY 29/04/15 - 4BBB BOGEY PLUS 1) C. BRAND & W, SMITH +7 2) G, IMPSON & B. CARTWRIGHT +7 3) H, VAN ZYL & M, HAAK +6
FRIDAY 01/05/15 - SUNDOWNER SECOND 9 1) H. EMMENIS 25 POINTS 2) D, UNGERER 24 POINTS 3) A, PHILANDER 24 POINTS SATURDAY 02/05/15 - 4BBB MEDAL 1) M, FLORES & J, LOTTER 61 2) G, VAN NOORDWYK & L, VAN ZYL 62 3) K, KARELSE & L. MORKEL 63 C, ANTONIE GOT A HOLE-IN-ONE ON THE FIRST
www.overstrandherald.co.za Overstrand munisipaliteit se addisionele “munisipale”hof kassiere oop vir betalings Die kassiere by die Addisionele Hof van die Overstrand Munisipaliteit is oop vanaf 4 Mei 2015 vir betalings van alle verkeersen munisipale hofboetes. Besigheidsure is weeksdae vanaf 08:00 tot 13:00 en 13:45 tot 15:00. Boetebetalings wat by die Addisionele Hof gedoen word, moet vergesel word van die boete wat uitgereik
is, óf die ID dokument van die oortreder. Die Addisionele hof word gehuisves in Harmony House wat aan die westelike kant van die Overstrand Munisipaliteit (Hermanus Adminstrasie) kantore geleë is. Navrae kan gerig word aan Ynanda Lemmer, Hof Toesighouer, by tel. no. 028 313 8924.
Kleinmond bid saam KLEINMOND - Op die 24 Mei 2015 is dit Pinksterfees op die Christen almanak. Dit is ook vanjaar die 15de jaar van die GLOBAL DAY OF PRAYER. Reëlings word getref om ‘n inter-kerklike gebed-middag te reël vir die HELE Kleinmond gemeenskap. Elkeen word hartlik uitgenooi
om saam te kom bid vir ons land, ons jeug, ens. Die biduur word om 15:00 gehou in die Kerksaal in Eerste-laan, Kleinmond. Vir meer inligting skakel ALICE VAN ROOYEN by 028 271-3123 ALMAL is BAIE WELKOM OM SAAM TE KOM BID.
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 25
Kleinmond Rugby Klub Die afgelope naweek het Kleinmond tuis teen Safcol te staan gekom. Kleinmond was oorgehaal om die wedstryd te wen, nadat hulle die afgelope twee naweke hulle wedstryde verloor het. Die spelers het hard geoefen deur die week en dit het Saterdag op die veld gewys. Kleinmond se derde span het begin met ‘n wen teen Safcol, 10 – 5. Punte is aangeteken deur Phernol Miennies (5) en Chantin Jonas (2, 3), maar die tweede span het klei getrap teen hulle teenstanders en die wedstryd verloor 25 – 10. Hulle het mooi begin, maar swak dissipline het in die tweede helfde die oorhand gekry en vir Kleinmond die wedstryd gekos. Die tweede span se punte is deur Gerado Jonkers (5) en
Uwin Cedras (3, 2) aangeteken. Die eerste span se wedstryd was natuurlik die hoogtepunt van die dag en almal was vasgenael op hulle stoele van die afskop tot die einde. Almal, toeskouers, bestuur, aftrigters en spelers het naels gekou tot die eindfluitjie geblaas het en Kleinmond as wenner geseëvier het, 22 – 17. Beide eerste spanne het goeie hardlooprugby opgelewer en dit was lekker om te kyk. Na die senuwees bedaar het, het Kleinmond deurgebreek en Marius Tawse (vleuel) het vir Kleinmond die eerste drie gedruk van die wedstryd. Van daar af het dit net beter gegaan. Kleinmond se kruisverdediging was uitstekend. Die agterlynspelers het die deurslag gegee en die tweede drie is deur
Marchello Joemat (vleuel) gedruk. In die doodsnikke van die wedstryd het die senter Dominique Cedras die derde drie gedruk en so die oorwinning beklink. Leandro Coert (losskakel) het twee drieë verdoel en geslaag met een strafskop. Die bestuur wil graag aan al die
ouers en toeskouers wat die wedstryde bygewoon het, baie dankie sê, ons waardeer julle ondersteuning. Die uitslag die afgelope naweek het duidelik gewys as almal oefeninge bywoon en oefen as ‘n span, gaan Kleinmond ‘n moeilike span wees om te wen dié jaar!
www.overstrandherald.co.za
Overstrand Herald
7 Mei 2015
DAGBOEK
8 & 9 Mei: Singleton’s Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (wintertyd) vanaf 09:00-13:00 in Tweede-straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 028 271 3260/ 072 778 0249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis word gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Enkelopendes: Is u onlangs geskei/wewnaar/weduwee? Kom sluit aan by ons groep vriendelike enkelopendes wat in dieselfde situasie is vir morele ondersteuning en om dalk iemand baie spesiaal te ontmoet. Skakel 076 115 7382 HANGKLIP ATHLETICS CLUB: Invites all Walkers, Joggers and Runners to come and participate in a walk/run every WEDNESDAY– It’s FREE, Bring a friend and your dog BUT it must be on a leash. Meet at 17:45 at the Car Park, Sandown Restaurant. 7 Mei: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se maandelikse bestuursvergadering om 18:00 in die Biblioteeksaal (of stadsaal as biblioteek verbouings begin). Almal welkom. 7 Mei: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Moderne log Cabin word aangebied deur Kinny Schutte van Gansbaai. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882.
Bladsy 26
bid. Navrae 072 611 1642. 24 May: The community of believers in Kleinmond are invited to the inter-denominational payer meeting on Sunday at 15:00 at the church hall in First Avenue. This initiative forms part of Pentecost and the global day of prayer. Further details 072 611 1642. 25 Mei: Kleinmond leeskring vergader om 14:30 in die Gereformeerde Kerk . Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Kruger word deur Marel de Jager bespreek. Almal is welkom. Skakel 0823780057. 2 Junie: Kiekieklub byeenkoms en die tema vir die aand is, “METAAL”. Om die aand af te sluit, gaan Friso Woudstra vir ons ‘n paar oudio visuele reekse wys. Moet dit beslis nie misloop nie. Almal is welkom om ons byeenkomste by te woon. Die koste is slegs R10 per persoon. Indien iemand by die Kiekieklub wil aansluit of enige inligting verlang, is u welkom om Gerhard van Helsdingen te skakel by 0282715920 of 0833069332. 4 Junie: Lieflappers Kleinmond Kwilt en Laslappiegroep vergader om 09:30 in die Rolbalklubhuis. Kom ons maak ‘n baadjie van ‘n paar “Fat Quarters” en word aangebied deur bekende Alma Schwabe van Somerset Wes. Almal welkom. Gwen Coetzee 079 673 8882.
BUKSIES
7 Mei: Kleinmond Senior Burgerklub vergader in die NG Kerksaal om 15:00. Kom kuier en speel saam “BEETLE DRIVE”. Tee en verversings. 4 Junie en 2 Julie gaan ons BINGO speel oom die in Kerksaal om 15:00. Almal welkom. Kontak Hester by 082 541 2470. Wyk 9 vergadering: 13 Mei 2015 om 16:00 in die Stadsaal, Kleinmond Ward 9 meeting: 13 May 2015 at 16:00 in the Town Hall, Kleinmond Wyk 10 vergadering: 12 Mei 2015 om 15:00 in die Jeugsentrum, Proteadorp, Kleinmond Ward 10 meeting: 12 May 2015 at 1500 in the Youth Centre, Proteadorp, Kleinmond
GESOEK / WANTED
15 Mei: Fynbos Dienssentrum Fondsinsameling – Pannekoek en Kerrie Vetkoek te koop vanaf 10:00 – 12:00 in die N G Kerksaal. Skakel Melanie 028 271 3602 (08:00 -14:00) vir meer inligting.
Old greeting cards / ou groete kaartjies. Phone 028 271 3950 / 073 135 7912
19 Mei: Kleinmond Kapgroep/Hack Group ontmoet om 08:30 by die parkeerterrein, h/v Hoofweg en 6de Straat vir so ‘n 3 ure se uitroei van indringerplante in ons dorp se natuurreservate. Nuwe helpers meer as welkom. Vir meer inligting skakel gerus 028 271 5918 of 083 289 3345. 21 May: Friends of the Hangklip Library - Theme/tema: “Cruising the Queen Mary 2 to Hong Kong”, presented by Dan & Liz Fick. A Talk & Slide show of their recent travels on QM2 from Dubai to Hong Kong. You are most welcome to join us! Time/tyd: 10h30. Venue: Betty`s Bay Library / Bettysbaai Biblioteek 24 Mei: Die gemeenskap van Kleinmond bid saam op Sondagmiddag om 15:00 in die kerksaal in Eerste laan. Dit is deel van Pinksterdag en die wêreld dag van gebed. Almal word uitgenooi of saam te kom
Afgetrede predikantspaar met 2 volwasse afhanklike kinders (siekte en gestremdheid) soek dringend gemeubileerde huis te huur. 4 Slaapkamers en motorhuis. Sekuriteit en billike tarief belangrik. Skakel 028 271 5304 / 083 368 6073
3m of langer skuif leer. Skakel 076 426 0142 Faith is a Zimbabwian lady and is looking for a job as a cleaner Monday to Friday. Phone 073 213 7975 Margaret is looking for any work any day of the week. Has reference. Phone 073 673 5378 Angie is looking for domestsic work monday, Wednesday, Thursday and Friday. Phone 071 762 8193 2de Handse dromme en Amplifier vir elektriese kitaar. Skakel 060 450 1869 Alice is a haed-working Zimbabwean lady and is looking for work
Overstrand Herald
BUKSIES
7 Mei 2015
as a house cleaner Tuesdays, Wednesday and Friday. Phone 074 316 3924 Joyce is looking for domestic work Monday, Tuesday and Thursday. Phone 078 762 7870 The lady who contacted me aout the R400 garage door, please contact me again as I have mislaid your particulars. Phone 028 271 3950 / 073 135 7912 Anna is looking for domestic work 4 days a week. Has reference. Phone 063 035 7177 Motorhuis om te huur kort/lang termyn naby hoek van 4de laan & 4de straat, Kleinmond. Opsoek na 2de handse klimraam vir kinders. Kontak asb. 084 632 1313 Enige donasies van nuwer Afrikaanse leesboeke geskik vir kinders van graad 8 - 12. Ek sal kom afhaal. Kontak Liza by 082 801 7381. Wenresepte 3 van Annette Human of Engelse weergawe. Sal koop. Skakel 082 726 0622 / 028 271 4851
TE KOOP / FOR SALE
Trojan Elipti oefenfiets 210 funksies/skandeer/sped/tyd/afstand/ pol. So goed soos nuut R1200. Skakel 084 951 2751 5 Voet Venter waentjie met “nose cone’ en seiltjie uit die Transvaal in goeie kondisie R4000 onka. Besigtig te Fonteinhoutlaan 4. Skakel 084 205 9676 Groot hout hondehok vir Labrador grootte hond - nog nooit gebruik nie R700. Skakel 079 479 3501 Jurgens sleepwaentjie, nuwe spaarwiel en bande soos nuut. Afslaan deksel agter, custom made canvas. Skakel 028 271 4030 / 079 529 7945 Fridge/freezer R800. Double bed mattress R350. Auto washing machine R900. Phone 082 974 5579 Embuia enkelbed met sponsmatras R500. Baie ou babakot (Burmese Kiaat) met nuwe matrassie R500. Karakoel wolmat, ligte kleur 230 x 170cm R450. Skakel 082 829 3854 / 028 271 5715 Oregon Pne coffee table R4000. Aluminium patio set, round table and 2 chairs asn new R900. Turning CD rack for 92 CD’s. Phone 083 287 3024 Defy electric stove in good condition R500. Phone 028 271 3555 Private garage sale / verkoping 8 & 9 Mei - 10:00 - 13:00 h/v 13de Laan en 6de straat Kleinmond. Buitemuurse en huishoudelike goedere, apparate, goeie kwaliteit klere ens / outdoor and household goods, appliances, good quai\lity clothing etc. Fondse ten bate van Fellowship Kerk bouprojek / Funds in aid of Church building project. Phone 082 789 7248 Gasverwarmer 3 paneel met gasbottel. Toestand soos nuut. Prys: R500.Skakel 083 740 7680 / 072 805 4804
Bladsy 27
Tweedehandse damesfiets. Dik wiele. Stewige raamwerk. Net een rat. R450. Skakel 083 478 7413. Perfect 5 Piece, Outdoor, ROD- IRON- GARDEN Suite FOR SALE! Featuring 4 comfortable high back chairs; round table; (1m,33 diameter) includes 8 matching cushions.(Yellow) R1,750 Priced to go!!!! Phone 082 955 0215 Pairs and youngsters available. Some rung and some unrung, great high flyers and beautiful colours. Price R55 youngsters. Pairs R160. Phone 076 235 3744 Randsnyer (trimmer) Homelight. Goeie toestant. R120. Skakel 028 271 4851 / 079 388 5270
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 28
KERKE / CHURCHES
NEEM ASB KENNIS: Die Herald verskaf met liefde die ruimte vir kerke om hul dienstye te adverteer. Al wat ons vra is dat kerke die regte inligting verskaf. Dit is doodgewoon nie moontlik vir ons om elke week 17 of 18 kerke te skakel om te verneem of die inligting nog korrek is nie.
The Bay Christian Family Church Kleinmond Town Hall, Main Rd, Kleinmond (opposite SAPD) Service times: Mornings at 8:30 & Evenings at 17:00 Cell group meetings: Wednesdays at 19:00 Men’s prayer meetings: Saturdays at 06:00 General enquiries: Johan Koekemoer Cell: 076 204 4250 For information regarding registrations for 2015 CFCI Bible College or Cornerstone Institute contact: 072 511 2311 (Antionette) Christian Revival Church - Homecell “Mend the nets, the catch will be great” 8th Avenue 37, Kleinmond Wednesdays: 20:00 “The word of God goes where no man can go. It does what no man can do, and it change when you don’t even think you need change” Victor 083 327 6753 / Adine 072 717 9075 GELOOF, HOOP en LIEFDE - Huiskerk (Uitnodiging) Kom deel saam met ons in die Woord. Sondagoggende om 09:30 in Palmiet. John / Yolanda 074 248 0108 A.G.S HEAL THE LAND Hoofweg 68, Kleinmond Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagoggend 09:00 / Elke Sondagoggend 09:00 Kinderdiens Woensdagaande 19:00 Jeug (C.R.C) Donderdagaande 19:00 Biduur en Bybelstudie. Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds Gerrit-Daan van der Merwe 073 418 2346 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatskool 09:30 – Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Morning Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome
Kleinmond Huisgemeente Ons soek saam God se teenwoordigheid en leiding in ons lewe. Almal welkom by Laerskool Kleinmond, Hoofweg, Sondag-oggende 9:30 Navrae: Manie 082 331 3552/028 271 5592 Gerrit 083 251 6039/028 271 3221 VGK PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 – Aandsamesang: 18:00 Erediens om 10H00 elke Sondag en Bidure om 19H00 elke 1, 3 & 4 Woensdag van elke maand. Prediker Ds. Charl Schunke: 083 650 6233 Hoof ouderling/Skriba – Debbie Hull: 083 529 7265 Jeug byeenkoms om 18H00 elke Vrydag: Christelike Vroue bediening elke tweede Woensdag van die maand om 19H00: Voorsitster: Evelyn Jacobs – 072 358 5103 Sondagskool elke Sondag oggend om 9H00: Koor oefen elke Disdag aand om 19H00;
NG KERK: 10 MEI 2015 09:30 Kerkgebou Ds. Schalk van Wyk 09:00 Sentrum, Bettysbaai Ds. Guy Roberts 09:00 Kerksaal Ds. Hannes van Wyk KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 GEREFORMEERDE KERK H/v 13e Laan en 6e Straat. Tel 028 271 5359. Skriba: Theo Kruger 028 273 8834. 09:30 Ds Leo van Schaik LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Betty’s Bay Hans van Dyk (Pastor) 084 206 6820 / 028 272 9887 Prayer meeting Tuesdays at 08:00 / Sunday Servies time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Betty’s Bay/ For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9996 / 028 272 9875 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Pre-Service Prayer Meeting: 08:45 Sunday Morning Worship: 09:30 and Sunday School (two groups) Ladies Fellowship: Mondays 09:45 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Chapelwardens Chapelwarden Paulette Marinus 072 984 3707.Andrew Arendse 079 322 2357. Dienstye: 1ste Sondag 10:00 Morning Prayer; 2de Sondag: 10:00 Holy Eucharist / 3de Sondag: 10:00 Morning Prayer 4de Sondag: 07:30 Holy Eucharist / 5th Sunday Family Service: 10:00 1st Sunday, 2nd Sunday and 3rd Sunday Sundayschool 09:00 Nancy Carelse 072 858 3006 / Leilani Abrams 079 980 4540 Youth Friday`s At 18:00 Cornette Hull 072 780 4146 Priest Father Vincent Bastiaan 073 014 5149/028 284 9772
PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van die maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Betty’s Bay, Mass: Saturday 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Mass of the Lord’s supper: 2nd April at 1:800 ( or Mass of Oils at Our Lady Help of Christians at 10:00 with the Arch bishop) DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15h30 im Hause Kiessling Harbour Road 19 Kleinmond Gottesdienste 2015 22/03/2015 24/05/2015 26/07/2015 27/09/2015
Overstrand Herald
7 Mei 2015
www.overstrandherald.co.za
Bladsy 29
Overstrand Herald
7 Mei 2015
Bladsy 30
SERVICES - DIENSTE
Overstrand Herald
SPERTYE: ADVERTENSIES Dinsdae voor 12:00 BERGITE Dinsdae voor 16:00
7 Mei 2015
Bladsy 31
Kleinmond se rugbyspanne het die afgelope week die bordjies verhang en twee van sy drie tuiswedstryde gewen. Berig binne