DIE G RIFFEL
2
DIE
1
HK-SWETE BYLAE
NUWE HUISPA ONDER VIER OË
5
GRIFFEL
BIG BROTHER NAWEEK / BL.13
KOSHUISKOERNANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS
♦
DULCÉ ET DECORUM EST PRO PATRIA MORI
♦
17 AUGUSTUS 2009
TOG HET INWONERS NOG ’N LEWE BUITE DIE KLASKAMER
Akademie kry 5 sterre ZANDER VAN’T ZAND
S
oos wat almal al seker reeds gehoor het is Patria se akademie tops van al die mans koshuise. Maar die meerderheid van ons is ook glad nie seker hoe dit bepaal word nie. Stephan Steyn verduidelik dat die uitslae uitgewerk word deur die persentasie vakke wat deurgekom is in die koshuis te maal met ‘n konstante en dan daardie punt te verwerk na ‘n punt uit 30. Steyn is ook van mening dat akademie eintlik ‘n baie groter rol speel in elke inwoner se studente lewe as wat hul self van bewus is. So 60% van ‘n gemiddelde koshuisinwoner se lewe bestaan uit akademie. Al is dit nie altyd prioriteit nommer een nie, weet elke koshuisinwoner in sy onderbewussyn dat akademie ‘n belangrike rol speel in sy lewe op die Puk, dit is juis die ding wat hom hier hou.
Senior keuring is natuurlik ook ‘n goeie motivering... Stephan Steyn is ook dankbaar vir die eerste jaar van elke koshuis inwoner, want hy glo dat dit baie goeie fondasies gelê het vir prioritisering. Hy is van mening dat elke inwoner ‘n goeie balans tref tussen die studeer werk en dan ook die lewe buite ‘n klaskamer. Daar is ook ‘n baie goeie balans in Patria self, tussen die ouens wat meer aandag aan hul studie gee en die ouens wat nie regtig swot nie. Senior keuring is ook natuurlik ‘n baie goeie motivering om die punte by ‘n aanvaarde vlak te hou. Stephan Steyn plaas ook baie klem op die voltooiing van die vraestelle bank. Met die vraestelle bank het elke inwoner van Patria baie min verskoning om nie voorbereid te wees vir enige toets nie. Dosente is blykbaar baie lui en onkreatief en sal nie sommer nuwe vrae uitdink vir ‘n nuwe jaargroep nie. Met die vraestelle bank dan enige inwoner net vinnig na die vorige jaar se vrae kyk en dan sommer voorbereid wees met minimum studie. Steyn glo sterk dat die voltooiing van hierdie projek vir Patria as nommer een akademiese koshuis deur die jare sal hou.
PURE PPL(esier) Patriane sê mekaar die stryd aan met PPL, ’n nuwe AKSA-inisiatief met die doel om transformasie oor rassegrense heen te bevorder. FOTO: IAN ODENDAAL
Spanning heers weer vir epiese stryd COENRAAD MIDDEL
Die aarde bewe elke nou en dan en iets voel nie pluis nie. Gladiator se soundtrack is al poegaai gespeel en ‘n sekere spanning heers in en om Patria. Dis die enigste tyd wanneer in die vier Patria verdeel. Vier reuse. Dis die tyd van die stryd. Die stryd van die Reuse… Die verdedigende kampoeine (twee jaar agtereenvolgens) Commancheros is vol moed om vanjaar weer as die enigste staande reus weer uit die stryd te tree. Wynand Erasmus, eerstejaar Chemiese Ingeneursstudent op Opiuchus, het homself so oor die saak uitgelaat: “Ek weet nie regtig wat dit behels nie, maar ek sien uit.” Die gees op die gange is bevange en almal
SÓ WORD KOPGESTAMP Rugby Hokkie Fietsry Hardloop Dota Counter-Strike
Eet-kompetiesies Clubhuis games Pool Tafeltennis Skaak toernooie Down-Downs
sien uit. Klerasie word uitgesorteer en onfikses word fiks. Die stryd vind gewoonlik plaas in die eerste week na die September vakansie maar nog geen datums is al bevestig nie. Die stryd is oppad. Bind jouself solank aan die aarde vas as jy nie in Patria is nie. Dit gaan rof raak.