DIE
GRIFFEL
DIE GANGE VAN PATRIA
Moll’s Hol
Commancheros
Ophuichus
Pastas
9 Maart 2010 | Patria Manskoshuis 2
BOU ’N BRUG EN KOM DAAROOR
Menings
WAAR STAAN JY MET jou boekie? D
is ‘n boekie, koevert of net ‘n random bladsy met ‘n tabel op. Dis daardie ding wat op jou lessenaar lê en stof vergader en die heeltyd in jou agterkop dwaal daardie fondsinsamelingsprojek. Deesdae word ons gebombaardeer met alles wat ‘n fondsinsameling is van alle kante af. Gee ‘n donasie hier, wen ‘n diamant daar,
maar waar trek jy die streep? Reel jy ‘n fondsinsameling vir net die werklik belangrike liefdadigheidsprojek of kan jy ‘n projek loots as jy dringend ‘n paar rand kort? Steeds tel jou opinie die meeste so Die Griffel het by ‘n paar plebs en seniors van Patria gaan hoor wat hulle te sê het. WERNER GERBER
FANIE VILJOEN | MBW “Dis wonderlik van die koshuis, maar dit voel vir my soos bedel en ek haat bedel.”
HEINRICH PAWSON | AKTUARIEEL "Dis baie nice en als, maar hulle moet onthou ons is studente en studente leef onder die broodlyn.”
ANONIEM “Hulle maak dit baie moeilik vir studente om dit te verkoop of selfs tyd kry om dit te verkoop.”
GERT DUVENHAGE | LLB REGTE “Dit is ‘n baie goeie ding solank dit vir ‘n goeie doel gebruik word.”
JANUS BOVEY | B.PHARM “Daar is ander meer kreatiewe maniere om geld in te samel”
JACO SAAIMAN | B.ING ELEKTRIES “Die seniors doen basies die plebs se werk, maar aan die ander kant word niemand geforseer om dit te doen nie."
I
N 1883 HET ‘N KREATIEWE ingenieur genaamd John Roebling die idee gekry om ‘n asemrowende brug te bou wat New York met Long Island sou verbind. Die kenners van daardie tyd het egter gedink dat was onmoontlik. Hulle het gesê dit kan nie gedoen word en dat dit nie prakties is nie. Daar was nog nooit voorheen so iets aangepak nie. Roebling kon egter nie die visie in sy kop ignoreer nie en het geweet dat dit gedoen sal kan word. Nadat hy sy droom met sy seun gedeel het en hom oorreed het, het hulle die projek aangepak. Die Pa en seun het klomp nuwe konsepte ontwikkel en maniere gevind om struikelblokke te oorbrug. Met groot opgewondenheid en entoesiasme het hulle ’n bouspan aangestel en met die projek begin. Die droombrug. Die projek het goed afgeskop, maar na slegs ‘n paar maande was daar ‘n tragiese ongeluk. John Roebling het gesterf en sy seun, Washington, is ook beseer. Hy het brienskade opgedoen en kon nie meer loop of praat nie. “Ons het hulle gese.” “Mal mense en mal drome” In O&B “Dis mal om wilde drome na is ons te streef” geleer Só het mense op die dat ‘n ongeluk gereageer. Hulle het Patriaan gesê die projek moet geskrap nooit word omdat die Roeblings opgee die enigstes was wat geweet het hoe om die brug te bou. nie Ten spyte van Washington se getremd-heid was hy nogsteeds nie ontmoedig om die projek te voltooi nie. Hy kon net een van sy vingers beweeg. Dit was al wat hy kon doen, maar hy het besluit hy gaan die beste daarvan maak. Deur op sy vrou se arm te tik kon hy met haar kommunikeer. Hy het die ingenieurs laat kom en saam met sy vrou kon hy vir hulle sê wat hulle moes doen. Vir 13 jaar lank het hy op hierdie manier van kommunikasie vir die ingenieurs gesê wat hulle moet doen totdat die brug finaal voltooid was. Vandag staan die Brooklynbrug in al sy prag en praal. In O&B is ons Plebs geleer dat ‘n Patriaan gee nooit op nie. Hierdie is dalk vir ons een van die beste voorbeelde van iemand wat net glad nie opgegee het nie. Die woorde “Bou ‘n brug en kom daar oor...” kan dalk nou bietjie anders gesien word. Washington Roebling het in ‘n hopelose situasie letterlik nogsteeds die brug gebou. Al het almal gese dat dit onmoontlik gaan wees. Dit is beslis nie ‘n maklike taak nie om die brug te bou nie, maar daar is wel maniere. “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Fil 4:13. Met Christus aan jou kant sal jy enige brug vir enige beproewing kan bou wat ooit op jou pad kom. deur ANDRIES DE KLERK
“
9 Maart 2010 | Patria Manskoshuis 3
DANS DANS LISA: DIE SAME- SMELTING
‘n
Pa en Seun naweek ’n sukses
Bloed nogsteeds
dikker as water D
ie skrif was al lank teen die huis op kampus se muur. Dit was egter net ‘n kwessie van tyd voordat die pleb-pa verhouding in Patria na deur grootter hoogtes geneem RIAAN moes word. VENTER Almal (behalwe die eerstejaars) is al goed bekend met die interne, en soms eksterne familiebande wat diep wortels in die koshuis se geskiedenis het. “My pa is jou oom, en daarom behoort jou niggie my oupa se kleindogter te wees,” hoor ek hoe praat die plebs op die gange en kan ek nie help om op te let hoe rowwe sketse van familiebome getuig van die waarde wat die bande tot die integrasie van die koshuis heg nie. Onder leiding van Rupert Oberholzer, Onderprim en eerstejaars HK lid van Patria, en die hulp van die tweedejaards, was daar op 5 Maart geskiedenis gemaak. Patria se eerste Pa en seun naweek. Die naweek het die vrydagmiddag op die grasperk buite die koshuis afgeskop met twee boeresportsoorte, naamlik bokdrolspoeg en eiergooi. Elke pa en sy seun het deelgeneem in ‘n poging om die familienaam omhoog te hou waarna elke gesin met ‘n versnappering na die ontspanningsaal beweeg het. In die ontspanningsaal was die manne van
die muise geskei met ‘n pa-seun sterkman kompetisie. Elke seun moes hul vader so moontlik hul kon dra en vice versa. SJ Niemand was as die sterkste pleb aangekondig en Jean Olivier, SJGD HK-lid, as die sterkste pa aangewys. Jean en sy seun Dirk van der Spuy het dan ook die toekening as die sterkste gesin losgeslaan. Prysoorhandiging het geskied in die binnehof waar gees gekweek was om seker te maak die aand kennis neem van die bande wat gebou word tussen die junior-en seniorburgers. Dit was dan ook die plebs se eerste keer dat hul Klub Albatros kon gebruik vir dit wat dit is...’n plek om herinneringe te bewaar. Die doel van die naweek is om seker te maak dat die pa-seun verhouding op die regte noot begin en sodat bande onmiddelik gebou kan word,” meen Oberholzer. “Ons het verder ook nie gestaan en gedink aan nog ‘n tradisie wat in die koshuis geimplementeer kon word nie, maar om die verhouding tussen die pa en seun te versterk as ‘n hoe prioriteit. Die voortbestaan van die naweek word oorgelaat aan die volgende eerstejaars HK-lid maar die koshuis is dit eens dat dit beslis ’n jaarlike instelling moet word. Daar kan met baie sekerheid gesê word dat die appel nou baie nader aan die boom val as wat daar aanvanklik verwag is.
Groot oproering is veroorsaak deur Potchefstroom se nuutste band, Dans deur Dans Lisa. ALEX Die groep GEHLE wat bestaan uit Bouwer Bosch, Straatligkinders, en Deon Meiring en Glaskas, het hul eerste regstreekse optrede gegee in die amfiteater tydens O&B. Na dié optrede is mense aan die praat sedertdien worder almal wie DDL nou eintlik is? Bouwer en Deon het twee en ‘n half jaar gelede kennis gemaak op die PUK. Hulle het toe met die idee vorendag gekom om ’n akoestiese groep te vorm. Daar was lank geworstel oor ‘n naam. Die finale bandname waaruit hulle moes kies was: SA Atleet, Geluk-met-jouverjaarsdag en Dans Dans Lisa. Bouwer sê die keuse was eintlik voordiehandliggend, want “ons hou so baie van dans, ons moes dit twee maal noem.” DDL se musiekgenre is akoestiese rock. Beide Bouwer en Deon speel kitaar en sing. Op hul debuut enkelsnit, My eks(kuus), kan mens duidelik die invloede van Straatligkinders en Glaskas hoor, maar daar is ook ‘n defnititiewe nuwe klank aan die groep. DDL se enkelsnit, My eks(kuus),se musiekvideo het in Februarie sy debuut op MK gemaak. In die video kom DDL se tema van helder kleure en balonne na vore. Dit is iets heeltemal buitengewoon en vars – en trek beslis die kyker se aandag. Bouwer en Deon is tans besig om die liedjies te skryf en te komponeer vir hul debuutalbum. Hulle hoop om die album voor die Sokker Wêreldbeker vry te stel. Met komende opvoerings, musiekvideo’s en ‘n debuutalbum, lyk DDL baie belowend.
9 Maart 2010 | Patria Manskoshuis 4
Probeer is beste geweer
groot HARTE weer nie genoeg om titel te wen ‘DIE PLEBS HET ELKE KEER TERUG GEKOM MET NUWE VUUR’ LODEWYK UYS
D
it was weer sulke tyd. Die tyd waar koshuis teenoor koshuis kompeteer vir die gesogde eerstejaars trofee. Die tyd waar lynstane maar swaar gaan vir hakers. Die tyd waar die trots van ‘n koshuis ten toon gestel word deur slegs 15 brawe manne tussen vier wit lyne. Die tyd…vir aksie! Met ‘n ongelooflike hoë verwagting op die Plebs van Patria het die sesde amptelik eerstejaarstoernooi op 19 Februarie 2009 afgeskop! Villagers, wat tien spanne in hulle proewe kon bymekaarslaan, het hulle eerstejaarstoernooi afgeskop teen die Plebs van Patria. In ‘n wedstryd vol harde hits, groot duikslae en hoë adrenalien vlakke kon die Plebs nie daarin slaag om met die Vulletjies van Villagers af te rammel nie. Na ‘n harde eerste halfte was daar niks om te kies tussen die twee spanne nie. Met die telling 6-3 in die guns van Villagers, was daar ongelooflik baie om voor te speel in die tweede helfte. Kort na rustyd het Villagers daarin geslaag om die bal agter die wit lyn neer te sit en te vervyf. Die Plebs het elke keer terug gekom met nuwe vuur en slegs sewe minute voor die einde daarin geslaag om ‘n drie, deur skrumskakel, Richard Webber, te druk.
“
DIE PLEBS HET HIER GEWYS WAT DIT BETEKEN OM SAAM TE STAAN Dit was egter te min te laat en Villagers het geseëvier met dertien punte teenoor tien. “Villagers was een van die taaiste wedstryde wat ek al gespeel het. Hier en daar was daar maar so ding of twee van die bal af maar dit is seker maar hoe koshuis rugby gaan.” Het Ruan Briel, Pleb en reserwe flank te sê gehad oor die wedstryd teen Villagers Na een nederlaag in ‘n strawwe toernooi soos die eerstejaarstoernooi is dit nie aldag maklik om ‘n span weer op te tel en te motiveer nie. Dit is nou of as jy nie genoeg trots het nie, of as jy nie van Patria af kom nie… Hombre was volgende op die lys. Op 24 Februarie 2009 het die Plebs hulle goed van hulle taak gekwyt toe hulle met 33 punte teenoor 0 die Senings van Hombre vermorsel het. Met hoë gees vanaf die toeskouers het die Plebs heeltyd met vier woorde in hulle koppe gespeel: Trots, respek, selfvertroue en broederskap.
“Nee die Plebs het hier gewys wat dit beteken om saam te staan soos een man en te doen wat van ons verwag was. “Ons moes ‘n bonuspunt kry en dit is presies wat ons gedoen het. Ek is trots op die manne wat langs my gejol het” was die woorde van Niël van Vuuren, Pleb en Haker van die eerstejaars span. Daar was egter nog een hekkie wat vir die Plebs gewag het. Wie anders as ou vyande, Over de Voor? Op 26 Februarie 2009 het enige drome wat nog lewendig was vir die Plebs aan die hand van Over de Voor se Bulletjies aan skerwe geval. Met toeskouers aan albei kante van die veld, liedere wat toegejuig word en ‘n fenominale Haka voor die wedstryd het die Plebs tot op die bitter einde geveg. Dit was egter een trappie te hoog en op die aand het die bal nie in die guns van die Plebs gehop nie. Drie drieë op min of meer dieselfde wyse het tog net getoon dat die aand nie bedoel was vir die Plebs nie. Die Plebs het met 24 punte teenoor 9 vasgeval. Nietemin van die uitslae was daar elke liewe wedstryd ‘n groot getal toeskouers langs die veld en alhoewel die Plebs dit nie hierdie jaar kon deurtrek nie, sien Patria as koshuis veel meer uit na die senior rugbyliga…