Kokkedoortjie

Page 1

KOKKE

DOORTJIE

D

is hier waar alles begin… ‘n Nuwe lewe met nuwe uitdagings, nuwe ervarings. Ek weet dat jou hart in jou keel klop van opgewondenheid, maar grootliks oor jy onseker is oor alles wat op jou wag. Die Kokkedoortjie is jou gids en handboek om jou te help in die vormingsproses vanaf matriek tot ‘n doortjie wat perfek inpas

by die studentelewe in Kasteel. Die Kokkedoortjie sal jou hart warm laat klop vir DIE KOSHUIS op kampus. Die Kokkedoortjie is jou lewensmaat, met entoesiasme en trots vir Kasteel, as jou kompas. Bestudeer dit sorgvuldig en maak seker dat jy al die fyn detail ken. Ek het my bes gedoen om al die inligting in te sit wat jou sal help om voorbereid te wees op wat

1

wag en wat jy gaan benodig om jou lewe hier as eerstejaar ten volle te geniet. Die inhoud gee ‘n duidelike verduideliking oor wat elke portefeulje behels, asook ‘n paar belangrike dinge om te onthou en om saam te bring. Geniet dit en lekker lees. Grafika deur Pieter Beukman


2

KOKKE

DOORTJIE

Werk hard Speel harder STUDENTWEES IN KASTEEL

RAOUL HAMMAN

W

Koshuisvoog & SR-lid

elkom hier op die Puk en veral by Kasteel dameskoshuis. Ek weet dit gaan die lekkerste tyd van jou lewe wees en ek wil julle rerig aanmoedig om dit ten volle te geniet en alles wat jy doen in oorvloed te doen. Want onthou: Dit wat jy saai sal jy maai. Geniet dit alles ten volle!


Studentwees in Kasteel

KOKKE

DOORTJIE

DIE GROOT BEGIN

Hoe ons te werk gaan in Kasteel K

asteel bestaan uit vier blokke, naamlik Fiesta, Gidja, Jislaaik en Komma Wee, wat elk 64 dames huisves. Elke blok het vier verdiepings. Daar bly 8 dames, bestaande uit seniors en eerstejaars op ‘n gang. Elke blok het ook ‘n sitkamer waar ons lekker kuier en saam sepies kyk. ‘n Telefoonkamer met drie interne PUK-telefone en ‘n uitbel kaartfoon. Wasmasjien-en tuimeldroogfasaliteite word ook gratis in elke blok voorsien. Ons koshuis het enkel- sowel as dubbelkamers. Eerste- en Tweedejaars bly saam met ‘n kamermaat (jou keuse indien jy voorkeur kry) in ‘n dubbelkamer. Enkelkamers is die voorreg van senior dames wat akademies goed presteer en betrokke is by die koshuis sowel as die PUK. Goeie nuus!!! Ons sleep elke jaar met ‘n ander manskoshuis, wat beteken dat ons JOOL-, sosiale en kultuuraktiwiteite saam met hul dien. Ons sleep hierdie jaar saam met Ratau Lebone Manskoshuis.

KASTEEL VISIE

SE

Om ‘n Koshuis van hoë gehalte op ‘n Christelike grondslag, gefokus op potensiaal-ontwikkeling en die opbou van koshuistrots, kampustrots en breë universiteitstrots, te wees.

Meer oor die Adelstand Om ‘n Kasteeldame te wees is om ‘n volbloed PUK te wees ‘n Kasteeldame is: K – Koshuisliefhebber A – Akademies ingestel S – Swot, sleep en social T – Top student E – Entoesiasties E – Eerlik L – Lojaal teenoor en vol liefde vir Kasteel Jy wat nou die wereld van prinsesse in Kasteel

gaan betree, het die beste keuse gemaak om Kasteel as jou tweede tuiste te kies. Kasteel blink uit op vele terreine van die PUKstudentelewe en met jou ywer gaan ons nog beter vaar! Vertrou volkome op jou skepper en onthou jy is tot alles in staat deur Hom wat jou die krag gee. Kom met hope entosiasme en maak jou reg om die beste fase van jou lewe te betree.

3


4

Huisouers | Inwoningsbeampte

KOKKE

DOORTJIE

Woorde van BESTE KAASTEEL EERSTEJAAR

‘Die beste tyd van jou lewe’

OOM HERMAN & TANNIE RONEL

D

Huisouers

it is ‘n voorreg om vol verwagting uit te sien na ‘n splinternuwe fase in jou lewe. Ons het begrip vir jou as hierdie verwagting gepaard gaan met onsekerheid en miskien ‘n tikkie vrees vir die vreemde en onbekende. Wees gerus – daar lê vir jou ‘n KASTEELFEES VAN ‘N TYD voor! Teen hierdie tyd weet jy seker dat senior studente na eerstejaars verwys as dore. Daarmee wil hulle jou laat verstaan dat jy eintlik nog “Kasteelgroot” moet word. As plaasvervangende huispa en -ma wil ons vir jou sê dat daar in die woord, door, ‘n wonderlike belofte opgesluit lê. Net soos die dooier van ‘n eier die simbool is van nuwe lewe en die belofte van groei en ontwikkeling inhou, só is dit tekenend van hierdie mooi tydperk wat vir jou voorlê. Jou keuse om deel van die gesogte Kasteelfamilie te wees, is betekenisvol. In ons geliefde Kasteelkoshuis sal jy die geleentheid kry om te ontwikkel vanaf door tot prinses. Jy kan selfs gekroon kan word as koningin! Die Kasteelpalet tooi die tydperk wat vir jou wink in ‘n kaleideskoop van grys, pers en wit wat dui op waardigheid, adelstand en reinheid – eienskappe wat elke kasteliet statig koester en bewaar. As huispa en –ma is ons bede dat jy tydens jou verblyf in die beste koshuis op die kampus sal ontluik as ‘n voornemende koningin en dat die volgende koninklike kwaliteite in jou vólle wasdom sal bereik: eerlikheid, opregtheid, balans, vrygewigheid, toewyding, sensitiwiteit, nederigheid, lojaliteit, betroubaarheid asook die voortdurende strewe om standvastig te bly glo in jou beginsels en ideale. Mag jy die kroon van Koningskind in Kasteel met grasie dra sodat dié Koning van álle konings oor jou sal jubel en juig!

TANNIE GRETEL

Inwoningsbeampte Hi daar Eerstejaartjie Ek wil jou baie welkom heet by Kasteel Dameskoshuis-Daar heers altyd groot opgewondenheid hier voor jou aankoms. Kasteel gaan jou huis weg van die huis wees en van die begin wat jy hier arriveer maak Kasteel jou koshuis die heel mooiste en heel beste keuse wat jy ooit kon maak! Queenie my hondjie sal ook bly wees om deur jou gestreel te word - sy sal vreemd voel teenoor jou en skaam wees (nes jy) maar later altyd bly wees om jou te sien. Ek is die Inwoningsbeampte en woon saam met julle hier -my kantoor is oorkant die ontvangs toonbank en alle klagtes word aan my rapporteer. Ek sal my bes doen om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak. Sien jou binnekort!


Primaria | Eerstejaars HK-lid

KOKKE

DOORTJIE

Verwelkoming ‘M O E T N O O I T T E R U G K Y K ’

Die kuns van Studentwees ROENIQUE DU PLESSIS

Eerstejaars HK-lid MARITZA VAN DER MERWE

Primaria

L

iewe eerstejaartjie baie welkom, jy betree nou die adelstand en wat ’n wonderlike voorreg. Baie geluk! Jy ervaar tans ’n warboel van emosies, maar weet jy is baie spesiaal en dat jy kan uitsien om ’n nuwe fase van jou lewe te betree met hope uitdagings wat om elke hoek en draai vir jou wink. Betree jou studentelewe en kom kweek ’n nuwe gewoonte. Leef die tradisie, want Kasteel bied jou daardie geleentheid. Jy is nou deel van ’n koshuis waar ons die kuns van studentwees vervolmaak. Hierdie is ’n nuwe fase in jou lewe en mens leef immers net een keer, maak die beste van die tyd wat jy hier het en moet nooit terugkyk nie. Geestelik sal jy ook groei en ontwikkel tot ’n ware Koningskind. Pak jou tasse vol met ywer, lewenslus en moed, klee jouself met entoesiasme en maak gereed om die nuwe pad aan te durf. God sal vir jou die krag gee en al jou lewenspaaie gelyk maak. My beste wense vergesel jou op jou lewensreis as ’n dame van Kasteel.

Liewe Eerstejaar! Wat ‘n voorreg is dit nie om jou te verwelkom in die Adelstand nie! Kasteel gaan jou tweede tuiste word. ‘n Huis met 200 plus vriendinne, baie herhinneringe en hope pret. Berei jouself solank voor vir die beste tyd van jou lewe. Jou emosies gaan seker mal op hierdie stadium. Weet net dat jy baie spesiaal is op jou eie unieke manier en dat ons nie kan wag om jou uniekheid binne Kasteel te ervaar nie. Wees reg om elke geleentheid aan te gryp en die beste daarvan te maak.Om alles met hope entosiasme aan te pak. Om ‘n pad vol wonderlike oomblike saam met jou mede eerstejaar te stap. En die belangrikste om te groei in ‘n volwaardige Koningskind. Vir 2010 sal ek jou tweede mamma wees. Ek is hier om seker te maak dat ons in al jou behoeftes voorsien, dat jy sal floreer as volwaardige student en dat jy met alle eerlikheid kan sê jy is ‘n trotse inwoner van Kasteel Dameskoshuis. Hou vas aan ons Pappa Vader en sterkte met die eindeksamen. Sien uit om jou te sien in 2010!

5


6

2009/2010 Huiskomitee

KOKKE

DOORTJIE

Interessante Vrae&Feite 2009/10 HUISKOMITEE

1. Wat studeer jy? 2. Hoeveelste jaar is jy? 3. Waar kom vandaan jy? 4. Verjaarsdag?

5. Gunsteling liedjie/band? 6. Gunsteling sweetie? 7. Gunsteling fliek? 8. Gunsteling kleedingstuk?

PRIMARIA, SENIORS

9. Wat sal jy vir 24uur aanmekaar kan doen? 10. Sonder wat sal jy nie kan klaar kom nie?

11. Gunsteling tydverdryf? 12. Lewensmotto? 13. In watter blok bly jy?

ONDER-PRIMARIA & KULTUUR

Maritza van Leniesè der Merwe Erasmus

1. Honnuers Korporatiewe Kommunikasie 2. 4de jaar 3. Vanderbijlpark 4. 9 Desember 5. Live se Dance with you 6. Nougat & Speckeled egg’s 7. P.S I love u 8. Te veel om te kies, maar hou van al my rokkies

9. Movie, verf, lees & shop shop shop… 10. ‘n Spieel en my handsak met alles en liefde 11. Tyd saam my ouers en vriende te spandeer en te gaan movie saam die liefde van my lewe. 12. Live the lifestyle, feed the soul 13. Blok J

1. Politiek en BA Kommunikasie 2. 3de jaar 3. Riversdal, Wes-Kaap 4. 7 Aug 5. Regina Spector se Begin to hope en Alanis Morisette se Ironic 6. Turkish Delight 7. The Lion King, Lucky number sleven, The Departed

8. My pers serp 9. Dexter kyk en onophoudelik gesels of boeklees 10. My selfoon, laptop en my maatjies 11. Koffie-kuiertjies, lees en series kyk 12. You live by the choices you make 13. Blok K


2009/2010 Huiskomitee EERSTEJAARS

KOKKE

DOORTJIE

AKTUELE SAKE EN STUDENTEBELANGE

Roenique Cholene du Plessis Lottering

1. Honneurs in Toerisme 2. 4de jaar 3. Pretoria 4. 19 Sept 5. Sara Mclachlan – Angel 6. Kit Kat, Astros 7. Ever After 8. Al my serpe en verseker my jeans 9. In die natuur ontspan en so nou en dan ‘n extreme

aktiwiteit soos bungy, sky dive, scuba duik ens.doen 10. Liefde 11. Om vir mense te sit en kyk… 12. Don’t compare yourself with anyone in this world. If you do so, you are insulting yourself 13. Blok G

1. LLB 2. 3de jaar 3. Oudtshoorn 4. 9 Okt 5. Cece Wiliams - I can do all things through Christ who gives me strength 6. Biltong 7.Facing the Giants

8. My skinny jean 9. Mense gelukkig maak 10. “God” 11. Om tyd saam met God te spandeer 12. With God everything is possible 13. Blok J

7


8

2009/2010 Huiskomitee

KOKKE

DOORTJIE

SJGD, KOB & REKLAME

JOOL & SEKRETARESSE

Jaqueline Carmen Swindon Reyneke

1. B.Com GR 2. 3de jaar 3. Vanderbijlpark 4. 28 Aug 5. Ek love Melkterkomissie 6. Chocolate Log 7. Troy 8. My wit rokkie met die rooi blommetjie 9. LAG, kuier saam my maatjies en koffie drink 10. Liewe Jesus, my

familie, my maats en my dagboek 11. Making memories, dagdroom en lees 12. Wees altyd ‘n eerste klas weergawe van jou self, eerder as ‘n tweedeklas weergawe van iemand anders 13. Blok J

1. Meganiese Ingeneurswese 2. 3de jaar 3. Krugersdorp 4. 15 Junie 5. Shake it 6. Dark chocolate 7. Gladiator, Mulan 8. Denims, skoene 9. Toer roete met perde in

die berge 10. Tandeborsel 11. Kuier saam met vriende 12. If you do not advance you will fall back 13. Blok K

SPORT & WERWING

Anida Botes 1. B.Com Fin Rek 2. 3de jaar 3. Pretoria 4. 17 Junie 5. Skyfdeur, Brayn Adams 6. New look 7. Pearl Harbor, A Cinderella Story 8. Rokkies 9. Eet 10. My selfoon 11. Kuier saam vriende of my outjie 12. If you can dream it, you can do it 13. Blok F


2009/2010 Huiskomitee FINANSIES & KLERASIE

KOKKE

DOORTJIE

AKADEMIE & SOSIAAL

Alet van Sanette Heerden de Jager

1. B.Com GR 2. 3de jaar 3. Pretoria 4. 18 Jan 5. Angels and Airwaves – A little’s Enough, Black Eyed Peas – Party all the time 6. Suur sweeties 7. Finding Nemo, Bee movie 8. Jeans

9. Dans! 10. Coke en Turbovite 11. Slaap en kuier saam vriende 12. When you have only two pennies left in the world, buy a loaf with one and a lily with the other 13. Blok G

1. LLB 2. 3de jaar 3. Utrecht 4. 8 Junie 5. Parletones, Prime Circle 6. Chomp 7. Horse Whisperer 8. Jean 9. Kan praat 10. My vriendinne 11. Boer

12. Alles is ok, alles gaan verby, die lewe is te kort om suur te word 13. Blok F

9


HK-Portefeuljes

10 10

KOKKE

DOORTJIE

Iets oor elke ALLES WAT JY MOET WEET

HK-Portefeulje Akademie Akademie is die slagaar van universiteit en jou paspoort na ‘n opwindende en suksesvolle toekoms. Jy kan met ‘n geruste hart weet dat Sanette en haar span akademiese verteenwoordigers hier is om jou met liefde in te ondersteun.

SJGD Aktuele Sake Dit kan gedefinieer word as “werklikheid”. Hierdie jaar gaan jy bewus raak van presies hoe ongelooflik groot Jesus se liefde vir jou is en watter belangrike rol Hy in jou lewe speel. Aktualiteit skep vir jou ‘n geleentheid

om aktief betrokke te raak by Christelike skakelaksies, ‘n koppie koffie te deel met nuwe vriende en saam as kinders van Jesus te groei, nie net in jou verhouding met Hom nie, maar ook as ‘n unieke individu.

Dit staan vir Studente Jool Gemeenskapsdiens. Ons projek is ‘n prettige skooltjie, Loula Fourie. Jaquelineen enige belangstellende meisies besoek weekliks hierdie kinders en verryk sodoende nie net die kinders se lewens nie, maar ook hulle eie! Kom raak betrokke by die projek en deel ‘n stukkie van jou menswees en liefde met iemand vir wie dit regtig van waarde kan wees.


HK-portefeuljes

11 11

KOKKE

DOORTJIE

JOOL Werwing Anida het die besonderse voorreg om ons huis-weg-van-huis aan almal bekend te maak! Die opedag en ons webwerf is dus veral belangrik vir haar en sy benodig elke Kasteliet se trots en positiewe houding teenoor

ons huis om haar doel te bereik. Jy gaan nog leer dat koshuistrots deel word van jou soos die sproete op jou neus. Ek hoop jy sien al klaar uit om deel te word van die groep dames wie se harte dubbel pers klop vir hierdie unieke koshuis… KASTEEL!

Dit is een van die grootste gebeurtenisse op die PUK-Kalender en gaan verseker ‘n onvergeetlike tyd vir jou wees, so bring sommer hope energie hiervoor saam! Die hoofdoel van JOOL is om geld in te samel vir liefdadigheid. Ons gaan ‘n vlot bou saam met ons sleep: Ratau volgens die JOOL-tema wat hierdie jaar ongekende… is.

Kultuur Sosiaal Die lekker van studentwees is die feit dat jy nie permanent hoef te swot nie! Sanette is vol idees om te verseker dat jy ‘n gebalanseerde student kan wees. Die jolige koshuisaksies wat sy reel gee jou nie net die geleentheid om in aanraking te kom met ander studente nie, maar wie weet, dalk skuil jou trouman iewers op die PUK!

Dit is die hartklop van ons Koshuis. Kasteel kultuur is uit die boonste rakke – opwindend, lewendig en met vrek baie geleenthede vir elkeen om op ‘n sosiale vlak entosiasties te kan deelneem. Leniese beplan groot dinge vir die jaar vorentoe en saam met haar kreatiewe span kan sy nie wag om aan die werk te spring en Kasteel se kultuur selfs nog meer van ‘n fantas-

tiese ervaring te maak nie! Dus sal Leniese beslis sorg dat kultuur se vlam altyd hoog brand in die koshuis. Op kompetisievlak is daar Enkelsêr en binglesêr (saam met Ratau); Eerstejaarskonsert (hier het Leniesè al jou entoesiasme nodig!); Koshuistoneel; debat; canvasskilder; blokskilder ens. Op sosiale vlak: sosiale sêr by manskoshuise en Kultuurweek


HK-Portefeuljes | JOOL

12 12

KOKKE

DOORTJIE

Ander Portefeuljes ARGIEF EN ALUMNI Alet sorg dat daar ‘n databasis van al die inwoners van Kasteel opgebou en instand gehou word. Dit is veral belangrik sodat ons kontak kan behou met ons oud-Kasteliete. KLERASIE Alet sorg dat elke Kasteel dame op haar beste lyk in klere wat nie net stylvol is nie, maar ook by die Adelstand van die PUK hoort.

Sport Indien sport vir jou is, gaan Anida jou help om jou plekkie in Kasteel sowel as op die PUK se sportvelde te vind. Daar is koshuisligas vir omtrent elke moontlike sportsoort en die PUK bied ‘n verskeidenheid van sportsoorte aan, onder andere hokkie, netball, volleyball, tennis, korfball ens. Indien jy ‘n sport beoefen wat nie deur die koshuis aangebied word nie, sal Anida jou help om in te skakel by die PUK. Vir die nie-so-fikses onder ons is daar ook sportweek wat enige iets van puzzle-bou tot hindernisbane insluit en help om ‘n gesonde gees in die koshuis op te bou.

FINANSIES Alet is verantwoordelik vir al die geldelike aspekte van die koshuis. Sy en haar sakrekenaar sorg dat die ander portefeuljes se reelings volt verloop deur te voorsien dat jy haar ondersteun en jou koshuiskasgeld betaal. SEKRETARESSE Carmen is die tik-tannie op die HK en moet sorg dat elke inwoner presies weet wat gebeur in en rondom Kasteel om te verseker dat julle aktief betrokke kan wees by koshuis- sowel as PUK-aktiwiteite. STUDENTEBELANGE Cholene is verantwoordelik vir die psigiese en fisiese balange van elke Kasteliet. Sy maak seker dat jy in liggaam en gees gelukkig is en skep geleenthede vir jou om te ontwikkel.

JOOL 2010

Jou onbaatsugtige bydrae vir liefdadigheid G eagte voornemende Kasteliet. Baie geluk en welkom in jou nuwe huis. Ek wil jou graag vertel waaroor my portefeulje, JOOL, gaan. As studente van die PUK is dit ons diens aan die gemeenskap om die lewens van soveel minderbevoorregtes aan te raak en ‘n verskil te maak. Soos my motto sê: “One person cannot change the world, but you can change the world of one person”. In samewerking met SJGD samel ons fondse in vir SJGD en ander liefdadigheidsprojekte. Die grootste projek wat die PUK-JOOL het is die vlotbou en blikskud. Dit geskied tydens JOOL-week wat net na O&B is. Die eerstejaars se taak is om die vlot te bou en dit dan met blommetjies te versier. Die vlot word volgens ‘n tema opgemaak, wat saam met jou sleep koshuis gedoen word. Laastens gaan almal op ‘n vlot-optog deur die dorp waar mense kom kyk na die vlotte en eerstejaars kry dan die geleentheid om blik te skud. Ter nagedagtenis – dit sal baie help as julle kan begin met blikkies wat reeds ‘n paar sente in het, so kyk rond vir geld wat rondle. Die eerstejaars wat die meeste sente bring kry ‘n verrassing. Dit is glad nie verpligtend nie.

CARMEN REYNEKE

JOOL HK-lid


HK-portefeuljes

13 13

KOKKE

DOORTJIE

Dinge om te weet DIE ‘ABC’ VAN DIE NWU-PUK

voor jy Puk toe kom

Enkele Sleutelwoorde  Om ‘n PUK te wees is om ‘n Puk te groet  Bring die hoogste faktor SONBESKERMING vir O& B  Jy hardloop, loop of kruip nie oor OVERS SE GRAS nie – Behalwe as jy ‘n koue stort wil hê.  O&B staan vir Ontvangs en Bekendstelling  SS staan vir jou tweede tuiste op die PUK (na O&B), beter bekend as die Studentesentrum.  SR staan vir studenteraad, die PUK se leerlingraad  LOVERSLANE: die paadjie waar alles gebeur. As ‘n akker eers op jou kop geval het, hou jou ogies nooit op met blink nie.

 DIE AMFI: Hier spandeer jy meeste van jou tyd in O&B  AKSIE: Die woord sal jy nog baie hoor. Dis regtig TONNE pret en ander gepaardgaande dinge…  SER: Midernagtelike aksies uit ‘n ander wereld. Die manne sing vir die dames of andersom en word somtyds beloon met ‘n koppie koffie.  JY MAG NIE met ‘n oumeneer flirt nie – senior dames raak vreeslik ontsteld  Jy sal volgende jaar vir die eerste ruk ‘n DOOR genoem word saam met duisende ander dameseerstejaars.

Die manskoshuise se eerstejaars word as volg genoem: CAPUT − Drake EXCELSIOR − Knape HOMBRE − Senings OVERS − Manne RATAU − Welpies VILLAGERS − Vulletjies SOETDORINGS − Youngsters DE WILGERS − Seerotte HEIMAT − Slicks LAUREUS − Bulletjies PATRIA − Plebs VERITAS − Jarre THABA-JAH − Mountaineers PUK-DORP − Tokse


14 14

KOKKE

DOORTJIE

Kasteel

Koshuislied Neem my na die Adelstand Dis my huis, my hart, my land. Dis hier waar ons karakter bou van alles edel, hoog en trou. * * * Die plek om te wees vol tradisie en ryk aan gees. Hier doen elkeen sy deel, voluit vir Kasteel. * * * In die beste koshuis hier, is ons styl – ons trots en eer. Ons sleep en swot en social en werk om te presteer. * * * Die plek om te wees, vol tradisie en ryk aan gees. Hier doen elkeen sy deel, voluit vir Kasteel.

Uiteensetting van kostes EERSTEJAARSPAKKET Sunvisor Draw-string backpack Swart kasteel kortbroek Pers T-hemp Pers golfhemp Wit golfhemp Oxford fleece (Reënbaadjie) PUK hemp

R 35.00 R 35.00 R 75.00 R 65.00 R 85.00 R 85.00 R 225.00 R 45.00

Totaal vir klere:

R 650.00

 EKSTRA UITGAWES (NIE INGESLUIT IN EERSTEJAARSPAKKET) JOOL overoll (pers) Sleephemp Puk-Dagboek O&B DVD Totaal:

R 150.00 R 70.00 R 70.00 R 75.00 R365.00


15 15

KOKKE

DOORTJIE

MAAK SEKER JY PAK HIERDIE IN

Items om jou meer at ‘home’ te laat voel E

k sal jou aanraai om eers te kom kyk wat regtig nodig is voordat jy onnodige items aanskaf. Neem kennis dat Kasteel internetpunte het, so indien jy jou eie rekenaar het, kan jy toegang tot die internet in jou kamer hê. Jy is welkom om my te bel indien jy enige navrae het.

O&B 2010

’n Laaste woordjie ROENIQUE DU PLESSIS

| E erstejaars HK-lid

H

KONTAKNOMMERS  072 204 0709 (018) 299 – 1150 (tot 13/11) (018) 299 – 1070 (tot 13/11)

ierdie koerantjie is jou gids tot doorwees in O&B. Ek hoop jy is ook meer georiënteerd ten opsigte van dit wat op jou wag en dat jou hart van pure opwinding klop. As HK wens ons julle alle sterkte toe vir julle voorbereiding en ons kan self nie wag om julle volgende jaar te ontvang nie. Geniet die vakansie en onthou ASSEBLIEF om die vorms wat julle saam hierdie koerantjie ontvang het aan my terug te stuur voor 30 November. Ek vra ook asseblief dat julle die pos REGISTREER as julle dit vir my terug stuur. Kontak my gerus vir enige navrae.

FAKSNOMMER (018) 299 – 1147 (net tot 13/11) E-POSADRES 20672527@student.nwu.ac.za POSADRES Posbus 26249 Monumentpark Pretoria 0105 Besoek FACEBOOK onder ‘PUKKE O&B 2010’ vir meer inligting oor O&B.

GOEDJIES VIR JOU KAMER  ‘n Ketel, koffiebekers, koffie, tee, suiker en enige iets lekkers wat jy mag nodig kry.  Jou eie beddegoed (gordyne is nie nodig nie, die kamers het blinders).  Strykyster (Ons het strykplanke).  Leeslamp, wekker en twee

slotte vir jou kas en kamer.  Waspoeier en Skottelgoedseep  ‘n Yskas en mikrogolf is opsioneel. Jy en jou nuwe kamermaat kan saam besluit wie koop wat.  Snippermandjie en wasgoed mandjie.

Algemene Benodighede  Tekkies  3 tot 4 pare wit skoolkouse  Swart visplakkies  Netjiese swart langbroek  Netjiese toe, swart skoene om by jou langbroek te dra  Donkerblou jean  Sambreel  Swemklere en swemhanddoek  Matriekafskeidrok – vir die eerstejaarsdinee  ‘n Paar snaakse uitrustings vir puk kieverkope en aksies  Basiese medikasie soos hoofpynpille  Enige stukkies karton of kreatiewe middels  Oorspronklike matrieksertifikaat of gewaarmerkte afskrif  Kwitansie van gelde wat dalk reeds betaal is  Jy kan ook hier ‘n PUK-Dagboek koop vir ongeveer R70 waarin daar onder andere belangrike datums en telefoonnommers verskyn  Jy kan ook ‘n ekstra swart kort broek saambring (opsioneel), maar jou ouers koop reeds vir jou een deur ons.

 Persoonlike benodighede – soos ‘n haardroer, radio ens.  Jy is welkom om jou kamer na jou eie smaak te versier (kamers mag egter nie geverf word nie en geen spykers mag in die mure in geslaan word nie).  Fietse mag gebring word  Medikasie vir noodgevalle


16

KOKKE

DOORTJIE

KOKKE DOORTJIE BLADUITLEG DEUR PIETER BEUKMAN  076 316 1927 Pieterbeukman@gmail.com


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.