Wapad Layouts

Page 1

FAMOUS FACE /7

Pittige Bernard grap dit uit

GASSKRYWER /13

K&V /9

Flip-a-Coin hou dit in die familie LEES JOU KAMPUS

Gavin Prins oor celebs en die media

26 FEBRUARIE 2010

Vat hom flaffie

PUK-haker, Stoffel Duvenhage, duik vergeefs na ’n Shimla-rugbyspeler. Die Pukke het die rillerstryd, 17-16 gewen. Sien berig op bl.14

FOTO: MARIO VAN DE WALL

Student se afsterwe ’n groot skok

Ongeluk eis student se lewe JUDITH FERREIRA

J

.P. Badenhorst, ’n PUK-student, is Sondag in die vroeë oggendure in ’n motorongeluk in Johannesburg oorlede. Badenhorst se Volkswagen Polo het vermoedelik van die pad af gegaan waarna hy uit die kar geklim het en deur ’n bakkie getref is. Volgens die Johannesburgse Metroraad is Badenhorst daarna ook deur ’n motor raakgery. Christiaan Bekker, ’n vriend van Badenhorst, is omstreeks 01:30 deur die Metroraad hiervan in kennis gestel. Badenhorst se studentekaart het sy identiteit aan die Metroraad

Dit het lank gevat vir hom om iemand te leer ken, maar as hy jou eers geken het, kon jy maar weet, jy’t ’n friend for life. – Cobi Hayes, ’n vriend van Badenhorst

J.P. Badenhorst

FOTO: VERSKAF

bevestig. Badenhorst was ’n BsC Verbruikerswetenskappe-student en sou in Maart sy graad verwerf. Na aanleiding van ’n groep wat op Facebook, ter nagedagtenis van Badenhorst gestig is, was hy baie geliefd onder sy vriende. “JP, jy het net altyd gesmile! Ek het jou nooit sonder ’n glimlag gesien nie en dit was ongelooflik aansteeklik.” “Jy het my net altyd laat lag,” het Yvette De Beer, ’n vriend op die groep se blad geskryf. J.P. se afsterwe was vir almal ’n groot skok. “Ek is steeds geskok om te dink dat jy op so manier van ons weggeruk is! By almal sal jy ’n groot

leemte laat! God se liefdevolle troos aan almal,” skryf Christiaan Bekker, vriend, op die groep se blad. Cobi Hayes, nog ’n goeie vriend van Badenhorst, beskryf Badenhorst as die “amazingly awesomeste mens op aarde”. “Dit het lank gevat vir hom om iemand te leer ken, maar as hy jou eers geken het, kon jy maar weet jy’t ’n friend for life.” Badenhorst laat sy pa Willem, sy ma Gerda, sy jonger suster Wilma en talle vriende, wat hom in liefde sal onthou, agter. Badenhorst se begrafnis diens sal Vrydag, 26 Februarie om 11:00 by die Mooirivier N.G. Kerk Potchefstroom plaasvind.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Sosiale HK-lede en die SR-Skakelingskantoor. Kandidate moet onthou om te skiet vir `n onderhoudtyd.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.