2 minute read
Scenarios
Proto-Anatolies het rondom 3500 vC in die Anatoliese tale verdeel, waarskynlik suid van die Kaukasus, vanwaar hulle die een na die ander die Anatoliese landstreek binnegegaan het. Sprekers van Lidies moes onder die eerstes wees en het hulle in die weste gevestig waar hulle hegte kulturele verbintenisse met die Griekse kultuur gesmee het.
Lidies se verlies aan klinkers en gevolglike opeenhoping van konsonante is vreemd, hoewel die neutrale vokaal [ə] daartussen mag verskyn het. Hierdie is ‘n Noordwes-Kaukasiese verskynsel sodat mens kan aanneem dat Lidies op ‘n stadium in streekskontak met NW-Kaukasies en/of Kartveels moes verkeer het.
Advertisement
Karies en Lisies behoort tot die Luwiese groep van Anatolies. Kariё verskyn in Hetitiese tekste as Karkija, in Babilonies as Karsa, en in Persies as Kurka.
Die nuwelinge het Anatoliё van die ooste af ingekom, volgens argeologiese vestigingspatrone: Dorpe aan die bolope van die Eufraatrivier, en noord van die Anti-Taurusberge. Drie groepe het min of meer saam ingekom: Hetiete, Luwiёrs en Palaiёrs. Die sprekers van Luwies het vinnig toegeneem sodat Luwies oor byna die hele Anatoliё gepraat is en dominant was tot die immigrasie van die Grieke in 1200 vC begin het.
Die eerste Hetitiese koning wie se naam ons ken, was Pithana wat van die stad Kussara geheers het.
Rondom 1600 vC het Kizzuwatna en Arzawa tot stand gekom. Teen 1400 vC het die Hetieteryk Arzawa en Kizzuwatna ingepalm. Die suidwestelike streek Tarhuntassa was semi-onafhanklik en het met Egipte handel gedryf. Dis genoem Kode, Kedi, en Khilikku wat Cilicia geword het.
Nesili is aanvanklik in die hartland noord van die Halys (Kizil Irmak) gepraat. Van 1600 tot 1200 ca. het die Hetietiese staat regdeur Anatoliё uitgebrei en die taal moes ook daarmee saam versprei het. Nesili is deur Luwies, Horities (Hurrian) en Babilonies beïnvloed. Nesili en Luwies moes ‘n mate van konvergensie ondergaan het en wedersyds verstaanbaar geword het in die laat-Hetitiese periode.
In die stad Ebla in Siriё is daar ‘n rekord uit die 25ste eeu vC gevind wat na die land Armi in die Anatoliese Hoogland verwys. Die name van individue van Armi sluit in --(w)anda/u, -(w)aššu, -tala en -ili/u, cf. A-lalu-wa-du, A-li-lu-wa-da, A-li-wa-da, A-li-wa-du, A-lu-wa-da, A-lu-wa-du, Ar-zi-tá-la, Ba-mi-a-du, Ba-wia- du, Du-du-wa-šu, Haáš-ti-lu, Hu-da-šu, Mi-mi-a-du, Mu-lu-wa-du, Tar-hi-li, en Ù-la-ma-du.