Anatoliese Tale ~ Anatolian Languages

Page 9

Scenarios Proto-Anatolies het rondom 3500 vC in die Anatoliese tale verdeel, waarskynlik suid van die Kaukasus, vanwaar hulle die een na die ander die Anatoliese landstreek binnegegaan het. Sprekers van Lidies moes onder die eerstes wees en het hulle in die weste gevestig waar hulle hegte kulturele verbintenisse met die Griekse kultuur gesmee het.

Lidies se verlies aan klinkers en gevolglike opeenhoping van konsonante is vreemd, hoewel die neutrale vokaal [ə] daartussen mag verskyn het. Hierdie is ‘n Noordwes-Kaukasiese verskynsel sodat mens kan aanneem dat Lidies op ‘n stadium in streekskontak met NW-Kaukasies en/of Kartveels moes verkeer het. Karies en Lisies behoort tot die Luwiese groep van Anatolies. Kariё verskyn in Hetitiese tekste as Karkija, in Babilonies as Karsa, en in Persies as Kurka.

9


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.