1 minute read

Slag van Kadesh

Next Article
Bibliografie

Bibliografie

Die Slag van Kadesh het in 1274 vC tussen Egipte se Nuwe Koninkryk en die Hetitiese Ryk op die Orontesrivier plaasgevind. Dit was Ramses II vs Mutawalli II, en sowat 6,000 strydwaens het deelgeneem. Dit uitkoms was gelykop.

Vyftien jaar later is ‘n vredesooreenkoms tussen Egipte en die Hetiete gesluit, en teen 1258 vC het alle konflik tot ‘n einde gekom. Die verdrag is in Egipties en Nesili geskryf.

Advertisement

Dis nie bekend wanneer die laaste Anatoliese taal verdwyn het nie, maar die rede was die Griekse taal wat rondom die Middellandse See veld gewen het, selfs in die Romeinse tyd.

Lidiese alfabet

Die Anatoliese tale het in die ooste aan die Georgiёrs gegrens (Colchis en Iberiё), in die suide aan die Horiete, in die weste die Grieke en die noordooste die Kaska-stamme wat waarskynlik NW Kaukasies was. Daar was migrasie uit die Balkans, van die Indo-Europese Frigiёrs. Dis benewens die Hattiese substraat noord van die Halys, en die Akkadiese en Assiriese handelsposte in die hart van Anatoliё.

Aanvanklik is gedink dat Anatolies ‘n hele klomp kenmerke verloor het wat deur die ander Indo-Europese tale behou is, maar dit blyk net andersom te wees: Anatolies het die ouer struktuur, en die res van Indo-Europees het innoveer.

Een sterk moontlikheid is dat Proto-Anatolies teenaan sprekers van antieke Kartveelse en NoordwesKaukasiese tale gepraat is, waardeur ‘n streeks-sprachbund dalk gevorm is. Dis moontlik dat Lidies die meeste wisselwerking met Kartveels en NW Kaukasies gehad het. Washukanni is die naam van die hoofstad van die Horiete in Noord-Mesopotamiё. Horiete het tot sover suid as die Land Kanaän gewoon, en tot aan die kus van die Middellandse See.

Lisiese alfabet

This article is from: