1 minute read
Semantiese Velde
Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makrotaalfamilie gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese, kulturele en historiese faktore. Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle ontwikkeling word die protokonsepte uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat verskuilde betekenisse aan die lig bring.
Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan neem toe van die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand van die kern of oorsprong af beïnvloed dus die aard van semantiese skuiwe – hoe verder van die bron, hoe meer uiteenlopend.
Advertisement
Klanksimboliek speel ‘n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese vorme uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem ‘n stemdraende konsonant soos /b/ terwyl skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies.
Voornaamwoorde vorm deel van die kernwoordeskat van elke taal en is onder die mees stabiele terme in enige taal. Die semantiese velde is beperk tot konkrete konsepte. Dis ook van belang om te weet dat verskeie prototale oor twee stelle voornaamwoorde beskik, wat gewoonlik uit ‘n ouer aktief/statief- of akkusatief/ergatief-paradigma spruit.