1 minute read

Boriese Konsepstamme

Next Article
Semantiese Velde

Semantiese Velde

Sergei Starostin se Bories bestaan uit twee kerngroepe wat die Eurasiatiese landmassa en Noord- en Oos-Afrika bewoon: I Nostraties met sy Afro-Asiatiese, Eurasiatiese, Drawidiese en Kartveelse takke. II Dené-Daïes wat die Dené-sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies

insluit. Die Dené-groepe woon in Alaska, Kanada en die VSA.

Advertisement

Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verdere ondersoek regverdig. Die lïnguis en geskiedkundige Wim van Binsbergen1 beweer egter dat soveel as 27% van die Boriese leksikon reflekse in Proto-Ntu het.

Die meer as een duisend Boriese konsepstamme wat al identifiseer is, word nie eweredig oor die prototale versprei nie, maar ooreenkomste met Khoisan bestaan wel, soos hieronder uiteengesit word. Sien ook Kirill Babaev se artikel Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.

2

Die Boriese leksikon is nie rekonstruksies nie en kan nie as etimologieë beskou word nie. Hulle is konsonantskelette wat identifiseer is deur vergelyking in die prototale Afro-Asiaties, Austries, Eurasiaties en Dene-Sino-Kaukasies te vergelyk, en in sommige gevalle Amerindies en Nilo-Saharies.

‘n Boriese konsepstam word in hoofletters geskryf, en V staan vir enige klinker. T staan vir enige dentaal [d t ð Ԃ θ ϑ τ ț ţ ŧ þ đ], C staan vir enige affrikaat [ts dz tɬ dɮ tʃ dʒ tɕ dʑ ʈʂ ɖʐ], H staan vir enige van [h ɦ ĥ ḥ ħ ђ], K staan vir enige van [k g ķ ], P staan vir [p b v f Ф], ensovoorts.

Die Boriese stamme se betekenisvelde strek in alle rigtings uit wanneer hulle in die reflekse van lewende tale verskyn, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/, /lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/.

Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans /uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.

This article is from: