Game & Hunt - May 2015

Page 1

w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 2:25 AM Page 1

vol 21/05

MEI / MAY 2015

Other Southern African Countries R33,33 (Tax excl)

R38,00 BTW-ING VAT-INC

Hunting with the 7mm WSM

Merkel

– take-down rifle

www.wildlifehunt.co.za

Die bosvark

Wetgewing oor vuurwapenlisensies

Kleurvariante bly onder die loep

Nog meer oor

BUFFELS

Die spoedvraat .375’s WILDPRYSE – Jongste tendense


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:52 AM Page 2


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:52 AM Page 3


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 10:59 AM Page 4

Contents

Cover / Voorblad Buffels is in die soeklig in hierdie uitgawe. Die teelbul, Conroy, is van Shelanti Game Reserve. Foto: Sarel Snyman Rifle: The helix is the latest take-down bolt-action rifle in the MEM range from Merkel. See page 36.

14

18

ALLERLEI / MISCELLANEOUS WILD & JAG 20 jaar gelede

34

WILD / GAME Die bosvark

14

JAG / HUNTING Wetgewing – Vuurwapenlisensie-aansoeke (2) Jagwenke – Noodhulp vir die jagter (6) Extreme Huntress Stank vir Dank Veldduin hou jag- en wilddag Jaggeleenthede Jagfotogalery

28 30 38 52 64 58 72

GEWERE & AMMUNISIE / GUNS & AMMUNITION Bullet Talk Kalibers & ammunisie − Die .375 spoedvrate Merkel – Take-down rifle Safari Club International Convention Hunting with the 7mm SWM Toonbankstories (6) Air rifles – Field Target shooting (9) IWA 2015 Kaapjag se intertakskiet Wen ’n Blaser met Ford To hear or not to hear WILD & JAG PMP ProAmm-skietdag Firearms summit

18 22 36 42 44 47 50 54 57 60 61 67 70

WILDPRODUKSIE, -BESTUUR & BEMARKING / GAME PRODUCTION, RANCHING & MARKETING Veilingspryse 77 Prystendense van lewende wild 80 Toekoms van die wildbedryf in SA 95 Phasa on wildlife breeding practices 113 WRSA-konferensie – 120, 204 Risikobestuur van wild (2) 150 Controlling termites on a game farm 159 Possible game price bubbles 164

Uit die Woord ’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam. – Spreuke 15: 1

77 Aanvullende voer Breeding disease-free buffalo WRSA conference – Colour variants Buffalo Genetics under the microscope Game ranch management – Infrastructure (1) Common eland potential Create a memorable biltong-hunting experience Tellings en sensusse van wild (3) Baanbrekers (1) – Dr Raoul van der Westhuizen Eco-bush – Guidelines for the new farmer

181 190 205 211 221 231 235 252 264 272

NATUUR & BEWARING / NATURE & CONSERVATION Vultures in food crisis 136 True green – Green growth for game farms 145 Indringer- en verdigterplante (4) 228 Natuurlewe-pitkos – Planmatigheid 239 Anti-poaching (2) – The commercial poacher 243 Bulbs and tubers – food for gamebirds 247 Wie’s wie onder werweldiere 257 Weskusbetowering 268 EWT – Mapping for the future 279 GEREELD / REGULAR & ALGEMEEN / GENERAL Briewe 11 Teken in en wen! / Subscribe and win! 24 WILD & JAG digitaal en op Facebook! 25 Chasa – What and where to hunt 68 Suid-Kaap Jagters plant bome vir bewaring 69 4x4 – Op sleeptou 275 Kook saam – Wors-making time 281 Organisasies – Kontakbesonderhede 282

WILD & JAG is ʼn onafhanklike maandelikse publikasie vir die breë wildbedryf in Suid-Afrika, wat die sinergie tussen wildproduksie, jag en bewaring bevorder. Jagters, wildboere en natuurbewaarders word bedien met gehalte- informatiewe artikels en rubrieke. Hoewel WILD & JAG nou saamwerk met die georganiseerde jagters-, wildproduksie- en natuurbewaringsorganisasies, is dit redaksioneel en finansieel onafhanklik. Alle kopiereg van die inhoud word voorbehou. Geen deel

mag op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Kort uittreksels (maksimum 60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits volledige erkenning aan die skrywer en die publikasienaam en -datum gegee word. Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van medewerkers is nie noodwendig die mening van die blad nie.


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:53 AM Page 5

REDAKSIONEEL • EDITORIAL Hoofredakteur & Uitgewer • Editor-in-chief & Publisher Jan van der Walt janlouis@wildlifehunt.co.za / editor@wildlifehunt.co.za Bestuurder • Manager: Advertensies, Bemarking, Expo, TV-reeks & MASTERSHOT Advertising, Marketing, Expo, TV Series & MASTERSHOT Hennie van der Walt Tel: (012) 348-5550 / Sel/Cell: 083 452 2145 hennie@wildlifehunt.co.za Produksieredakteur • Production editor Lynette van Hoven Tel: (012) 348-5550 / editor@wildlifehunt.co.za Assistentproduksieredakteur • Assistant Production editor Ilse Davis Mederedakteurs • Co-editors Jag, Wapens & Ammunisie • Hunting, Guns & Ammunition: Jokl le Roux Voertuie • Vehicles: Francois Rossouw Dieregesondheid • Animal Health: Dr Johan Kriek Wildbestuur • Wildlife Management: Prof Wouter van Hoven

PRODUKSIE • PRODUCTION Uitleg & reproduksie • Design & reproduction: Karen vd Merwe Taalversorging • Language Editing: Lynette van Hoven / Elfriede Ainslie Kunskonsultant • Art consultant: Alan Ainslie Drukker • Printer: CTP Drukkers Kaapstad Webwerf • Website: Johan Meintjies / johan@infinit8.co.za

ADVERTENSIES & BEMARKING ADVERTISING & MARKETING Jan van der Walt / Hennie van der Walt Ann Olivier Tel: (012) 348-5550 / Faks/Fax: 086 502 5526 janlouis@wildlifehunt.co.za KLEINADVERTENSIES / SMALLS Lindie van der Westhuizen 082 471 8272 / Tel: (012) 348 5550 / lindie@wildlifehunt.co.za EXPO & Bemarkingskoördineerder • EXPO & Marketing Co-ordinator Hanlie Delport 082 908 2295 / Tel: (012) 348 5550 hanlie@wildlifehunt.co.za

BESTUURDER: Administrasie, rekeninge & intekening MANAGER: Administration, accounts & subscription Wendy Greeff Tel: (012) 348-5550 Faks/Fax: (012) 348-5551 / 086 656 4217 wendy@wildlifehunt.co.za

VERSPREIDING • DISTRIBUTION Hazel Luüs RNA Tel: (011) 248-3639 / hazelh@rnad.co.za

UITGEWER • PUBLISHER JLO UITGEWERS • JLO PUBLISHING vir Jan Louis Ondernemings BK • for Jan Louis Enterprises CC (CK/92/19549/23) Posbus / P.O. Box 35299, Menlo Park 0102 1ste Vloer/ 1st Floor, The Hillside 318, Lynnwood, Pretoria 0081 Tel: (012) 348-5550 (Ma-Vry / Mo-Fri) Faks/Fax: (012) 348-5551 E-pos/E-mail: janlouis@wildlifehunt.co.za Web: www.wildlifehunt.co.za

GAME & HUNT is an independent monthly publication for the broad game industry in South Africa, promoting the sinergy between game production, hunting and conservation. Hunters, game ranchers and nature conservationists are served with quality informative articles and columns. While GAME & HUNT operates in close cooperation with organised hunters, game production and nature-conservation organisations, it is editorially and financially independent. Copyright of all content is reserved. No part of the publica-

Jan van der Walt Hoofredakteur / Editor-in-chief

VUURWAPENBERAAD

Baie positiewe uitsprake is gelewer by die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie se beraad oor vuurwapens op 24 en 25 Maart 2015. • Die adjunkminister van polisie, Makhotso Maggie Sotyu, het kategories verklaar dat die regering nie ’n agenda het om Suid-Afrikaners te ontwapen nie. Vuurwapeneienaars wat die wet gehoorsaam, is nie in die visier nie. • Daar was eenstemmigheid dat die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) in ’n chaotiese toestand verkeer en ernstig onderbeman is. Ten spyte van miljarde rande wat aan opgradering bestee is, is die stelsel steeds wanfunksioneel. Polisiekommissaris Riah Phiyega het ’n omkeerstrategie belowe. • Erkenning is verleen aan die uitgangspunt dat meer klem op die bevoegdheid van die persoon gelê word, waarna die vuurwapen dan net geregistreer word. Meer aandag moet gegee word aan die agteruitgang van sosiale gedragspatrone. • Suid-Afrika se hoë vlak van vuurwapenbesit is hoofsaaklik te wyte aan onwettige wapens. • Dit het voorgekom of die owerheid kennis geneem het van die wenslikheid om ’n verdere amnestieperiode te verklaar. Aan die negatiewe kant kon die minister van polisie, Nathi Nhleko, nie ’n antwoord verskaf op die vraag wanneer die verslag oor korrupsie by vuurwapenbeheer bekend gemaak gaan word nie. Daar is ’n vermoede dat die verslag onnodig vertraag word. Die Jagtersforum, wat verskeie geakkrediteerde jagverenigings verteenwoordig, het ’n belangrike bydrae gelewer by hierdie beraad en dit illustreer weereens wat bereik kan word wanneer partye in die bedryf saamstaan. Hierdie aksie van die Jagtersforum strek ook tot die voordeel van wildboere, wat belangrike wapeneienaars is.

FIREARMS SUMMIT Many positive remarks were made at the summit on firearms control in the parliamentary portfolio committee on police on 24 and 25 March 2015. • Deputy police minister Makhotoso Maggie Sotyu stated categorically that the government does not have an agenda to disarm South Africans. Firearm owners that obey the law are not the target. • It was unanimously agreed upon that the Central Firearms Registry (CFR) is in a shambles and seriously under-staffed. In spite of billions of rands spent on upgrading, the sytem is still dysfunctional. Police commissioner Riah Phiyega promised a turn-around strategy. • Proposals that more emphasis be placed on the competency of the person, whereafter the firearm is merely licensed, were acknowledged. More attention should be given to the deterioration of social behaviour patterns. • South Africa’s high rate of firearm ownership can mainly be attributed to illegal weapons. • It appeared as if the authorities took note of the desirability to declare another amnesty period. On the negative side, Minister of Police Nathi Nhleko could not give an answer to the question as to when the report on firearms control corruption would be released. The report is presumably being delayed deliberately. The Hunters Forum, which represents various accredited hunting associations, made significant contributions at the summit, illustrating once again what can be achieved if parties in the industry act in concert. This action of the Hunters Forum also benefits game ranchers, who are important firearms owners.

tion may be reproduced in any way without the written permission of the publisher. Short text extracts of not more than 60 words may be used without prior permission provided the author, the magazine name and date of publication are acknowledged. The editor reserves the right to change and/or shorten articles. The publisher accepts no responsibility for the content of advertisements. The opinions of contributors are not necessarily those of the magazine.

From the Scriptures The heavens declare the glory of God, the dome of the sky speaks the work of his hands. – Ps 19:2


w&j mei 2015_w&j 2015/04/07 11:40 AM Page 6


w&j mei 2015_w&j 2015/04/08 8:24 AM Page 7

Jagters sal steeds kan jag Dit is onwaarskynlik dat wildpryse gaan styg tot op die punt waar dit nie meer vir biltongjagters bekostigbaar is om hierdie winter in die jagveld ’n draai te gaan maak nie. Hoewel sommige diere steeds teen rekordpryse verkoop is, dui pryse wat op Vleissentraal Bosveld se eerste drie veilings behaal is, op ’n terugkeer na normale wildpryse. Sedert verlede jaar is kommer uitgespreek in jagkringe oor die hoë pryse wat diere, soos rooibok- en blesbokooie en blouwildebeeskoeie op veilings laat in die 2014-veilingseisoen behaal het. Die vraag na hierdie diere is aangevuur deur die sterk mark vir kleurvariante. Om goue wildebeeste, saalrug- en swart rooibokke en verskillende blesbokvariante te teel, is vroulike diere nodig. Hulle word dan met goue bulle, swart en wit ramme gekruis om F1-splitkalfies en -lammers voort te bring. ’n Sterk vraag na vroulike wild het pryse tot so hoog as R7 000 vir ’n rooibokooi laat styg. Veilingpryse vir jag? Op die Hanley-wildveiling op Alldays het rooibokooie vroeg in Maart teen net minder as R4 000 verhandel en jong ramme is vir tussen R2 000 en R6 000 stuk verkoop. Blesbokke het teen R2 600 verkoop. Blouwildebeeskoeie is teen gemiddeld R6 300 verkoop en bulle teen so min as R3 360. Op die Herholdt-wildtelersveiling op Thabazimbi is jong blouwildebeesbulle teen R2 500 stuk verkoop en gemsbokbulle het tussen R5 200 en R7 800 gehaal. Jong rooibokramme is verkoop teen R2 081 tot R3 500. Waterbokke het R3 500 gehaal. Dippies Dippenaar, voorsitter van die Bosveld Jagtersvereniging, sê sy organisasie is soos die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging bekommerd oor die neiging van hoë pryse vir algemene wildsoorte by veilings. “Die moontlikheid bestaan nou dat wildboere wild, soos rooibokooie, waarvoor ons altyd tussen R600 en R800 per ooi in die jagveld betaal het, teen veilingpryse gaan wil laat jag. Dit is mos verregaande om R4 000 tot R5 000 vir ’n rooibok te betaal.” Hy gee egter toe niemand wat hy ken het hom tot dusver in sulke jagpryse vasgeloop nie. “Dis nog vroeg. Boere het nog nie vanjaar se jagtariewe en wildpryse begin adverteer nie, maar ons verwag om meer vir ons biltong te betaal.” Niel Swart van Vleissentraal sê egter aanduidings is dat hoë pryse nie eens deurgaans op veilings behaal gaan word nie. Hy sê daar is reeds private verkope onder boere waar rooibokooie teen minder as R2 000 stuk van eienaar verwissel. “Ons moet onthou dat die teel van kleurvariante maar ’n baie klein deeltjie van die wildbedryf beslaan en dat die oplewing in aanvraag na spesifieke diere vir hierdie mark nie vir ewig gaan aanhou nie.” Jasper Raats Landbou.com

3

WILD & JAG MEI 2015

7


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:53 AM Page 8


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:53 AM Page 9


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:53 AM Page 10


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:54 AM Page 11

Farewell wilderness, farewell wildlife, farewell humanity?

I

s that the path being taken by us humans? We, the crowning glory of evolution, riders of the land, the sky, the ocean, depleting all, leaving dust as our legacy …

Overstated imagination? Where do we come from? The deposition of a temporary agglutination of DNA, the passers-on thereof to another generation of passers-on, but in direct line to the first stirring of life, unbroken. Humankind has been and is the real feral disrupter, from our stirrings in Africa to the furthest end of the earth. For millennia past we have been predators, scratchers of the earth, pickers of the shores; later a puff of smoke, boiled water, we found power. Our numbers grew, the industrial revolution followed and now, only 250 years later, we are the masters of the earth, changers of the land, the oceans and air, multipliers of mouths to feed and at the doors of the Malthusian debacle. What will follow? All the land under plough, polluted water, unbreathable air, unbearable heat, engulfed shores – and then? Then nature will once more take its course, as it has already done in eons past. But we, the human species, would have disrupted and destroyed life as asteroids did in times past.

We can choose, but will we? A choice to make, action to take, or in denial – leave our fate to shallow thought, and thereby doom our life’s future. Are plans afoot, actions real, to dilute in part the dread to come? All of wilderness is at stake, from arctic tundra to equator, because of our cry for land to plough, rivers to dam the receding rain, as heat grips and strips. Do we have a plan? Wilderness life in the animal domain carries with it a wealth we only now can claim, but which in its preservation rests! In all of time the balance of nature prevailed upon the give and take of predator and prey. Take away the predator, and nature, in its way, will through disease and famine deplete their numbers no predator could reach. Nature provides no kind death – predation, disease, hunger, the infirmity of age are not kind, not without pain! Death chooses not and is not kind! The deliberate destruction of species, the quagga, the passenger pigeon … Yes. What about the casual loss, the species fallen in the wake of our plough, through the decimation of the wilderness, air no longer breathable, the water fouled, and more to come?

Does salvation in the green heart rest? In loving hearts no animal may die at man’s hand. But then? But then it perishes on its own, in misery, hunger and pain! Think of the springbok on that holy island in Table Bay untouched – there to multiply and die in numbers and destroy the plant life too, because no predator or man could control them. The best of intentions do not always prevail. Extend the custody and ownership of game to the people of the wilderness to enjoy the fruits of their care – hunting, tourism, accommodation, knowledge transfer, and more. In consequence, to treasure their conservation, and be rewarded therefore. The real reward is to stem the loss of wilderness. However, it’s defined through the simple principle “if it pays it stays”. To raise the ante, will you care for a rhino, or a lion, or a tiger if there is no reward and the cost of care and protection carries no return? Why expect then that they will survive? Our greatest benefactors are the hunting community, the tourist and all the services they require. We could go on and on, but rather stop to think of where we are going and truly conserve our earth. ANDREW CONROY

Is there hope? The self-same species, us, we can change, and in our minds and pockets too, deliver solace. My childhood land now harbours many more of what once was rare. The depleted stock of the wild then, now compete on more than even foot with sheep and goats and cows. My farm in the 1940s had only 70 springbok, now there are 1 000 plus! Our land now boasts 20 million head of game, where a century ago only some half a million strode. So what has changed? The wild is ours to have and hold; our custody and ownership have given life to what was once a burden on our land. In four decades in South Africa we have changed and now we treasure what once was dross. That custody has meant that the predator, the hunter, in providing the gold, keeps the predatorprey relationship afloat.

WILD & JAG MEI 2015

Lesers is welkom om oor enige aangeleentheid in die jag- en wildbedryf aan ons te skryf. Stuur jou brief aan editor@wildlifehunt.co.za.

Readers are welcome to write to us about any matter regarding the hunting and wildlife industry. Send your letter to editor@wildlifehunt.co.za.

3 11


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:54 AM Page 12


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:54 AM Page 13

WILD & JAG MEI 2015

13


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:54 AM Page 14

Die

bosvark

Stu Porter / Alamy / AfriPics

Potamochoerus larvatus

J du P Bothma Ten spyte van intensiewe beheermaatreëls is daar waarskynlik tans meer bosvarke in Suid-Afrika as voorheen. Soos menige jagter kan getuig, word bosvarke aggressief as hulle gewond word. Loop dus maar lig vir dié diere, wat gebiede met water en digte skuiling verkies.

D

ie familie Suidae (varke) verskyn skielik in die fossielgeskiedenis van Afrika, maar die oudste wildevarke het reeds sowat 30 miljoen jaar gelede op die Indiese subkontinent geleef en die oudste in Afrika sowat 20 tot 15 miljoen jaar gelede in Namibië. Meer onlangse fossiele is volop in Suid-Afrika en die fossielwildevark Notochoerus capensis, wat 1,8 miljoen tot 100 000 jaar gelede langs die Vaalrivier geleef het, was bykans twee keer so groot as die moderne vlakvark. Dit skyn asof wildevarke Afrika verskeie kere vanuit Eurasië bevolk het. Die reuse woudvark Hylochoerus meinertzhageni is tans tot die tropiese woude van Afrika beperk. Daar is aan-

14

vanklik gemeen dat die bosvark ’n variant van die wildevark Potamochoerus porcus is wat in die reënwoude van Sentraal- en Wes-Afrika voorkom, maar dit word nou as ’n aparte soort wildevark beskou. Tans word die bosvark as Potamochoerus larvatus geklassifiseer. Die witgesig-bosvarke van Oos-Afrika verteenwoordig die subspesie Potamochorus larvatus hassama en die bosvarke van Suidelike Afrika die subspesie Potamochorus larvatus koiropotamus, met ’n mees noordelike verspreiding in Angola. Potamochorus larvatus larvatus kom in die Comoro-eilande en Madagaskar voor en daar is nog ander subspesies elders in Afrika. Desmoulins het in 1831 die bosvark vir die eerste keer in Suid-Afrika as

GAME & HUNT MAY 2015

Sus koiropotamus beskryf op grond van ’n eksemplaar wat sowat 150 km vanaf Kaap die Goeie Hoop versamel is. Dit is in 1822 herdoop na Potamochoerus larvatus in navolging van F Cuvier se benadering. Bosvarke is en was veral volop in die Tsitsikammawoude. Die naam Potamochoerus is afgelei van die Griekse woorde potamus en khoiros wat onderskeidelik “rivier” en “vark” beteken. Die naam larvatus is afgelei van die Latynse woord larva vir iets wat ’n masker dra, en dit verwys na die wit gesig van die bosvarke elders in Afrika. Beskrywing Al die wildevarke het ’n stewige lyf, kort bene, ’n taai en dik vel met yl of meer volop hare. Die twee tone wat nie aan die grond raak nie, het klouagtige hoewe. Die kop is lank en eindig in ’n snoet met ’n sterk, ronde, kraakbeenagtige skyf waarmee dit vir kos grawe. Die bosvark het ’n meer harige pels as die vlakvark, en die beer het net twee kleinerige gesigs-


w&j mei 2015_w&j 2015/03/31 8:54 AM Page 15

vratte onderkant die oë teenoor vier in die vlakvark. Die bosvarksog het geen gesigsvratte teenoor twee in die vlakvarksog. In die bosvark is die onderste slagtande groter as die boonstes, en in die vlakvark is dit omgekeerd. Die kop van ’n bosvark is ook langer as dié van ’n vlakvark. Die beer is effens groter as die sog met ’n skouerhoogte wat vanaf 66 cm tot 1 m wissel en ’n gemiddelde gewig van 72 kg teenoor 69 kg in die sog. In Suidelike Afrika is die pels rooi- tot donkerbruin en dit het lang, yl, borselagtige hare wat tot 80 cm lank kan wees. Daar is ’n maanhaar van liggeel tot gelerige hare, wat kan rys wanneer die bosvark versteur word. Die voorkop, die bokant van die gesig en die wange is dof van kleur, maar die onderkant van die gesig en die res van die lyf is swart of donkerbruin. Die bene is swart en aan die kant van die gesig langs die hoek van die kaak is daar ’n digte kol lang, witterige tot gelerige hare wat verder na die snoet kan strek. Die ore is meer gepunt as in die vlakvark en in sommige bosvarke is daar ook dowwer kolle hare onderkant die oë. Die hoewe is breër as in

die vlakvark, wat dit makliker maak om bosvarkspore van dié van ’n vlakvark te onderskei. Verspreiding Bosvarke kom wyd in Afrika suid van die Saharawoestyn en in eilande langs Afrika se kus voor. In Botswana is hulle tot die Okavango-delta en aanliggende riviere beperk, maar elders in Suidelike Afrika kom hulle wydverspreid voor. In Suid-Afrika skyn dit asof hul verspreiding nie veel met tyd verander het nie. Trouens, ten spyte van intensiewe beheermaatreëls is daar waarskynlik tans meer bosvarke in Suid-Afrika as voorheen. Habitat Bosvarke verkies gebiede met water en digte skuiling soos woude, struikgewas, oewerbosse, rietbeddings en lang gras. Waar groot riviere droër dele binnedring, sal bosvarke in die oewerbosse voorkom. Hulle kom tot so hoog as 4 000 m in die woude van Kilimandjaro in Tanzanië voor. Landerye met suikerriet, grondbone, mielies, boontjies en ander gewasse wat langs geskikte skuiling van minstens 2 ha lê,

word veral in die winter benut. Kenmerke Die bosvark is naglewend maar kan in die winter ook bedags aktief wees. Die grootste aktiwiteit is vanaf sononder tot middernag en weer net voor sonop. Die bosvark is ’n eenwywige tropdier wat groepe van vier tot ses, maar soms tot agtien diere vorm. Soms sal bosvarke egter alleen loop. Elke groep bevat ’n dominante beer en sog wat teel, jong varke en kleiner varke. Die groepe met klein varkies is meer aggressief as dié sonder hulle en kan ’n mens vir ure in ’n boom hou! Die dominante beer beskerm en lei die klein varkies na ’n voedingsplek en sal ander dominante bere van die voedingsplekke af verdryf. Konflik tussen die bere van verskillende groepe lei selde tot fisieke gevegte maar ontlok meesal vertoongedrag waartydens die bere gaan lê, rondrol, nader aan mekaar kom, om mekaar draai of mekaar met die voorkoppe stoot totdat een padgee met sy groep agterna. Wanneer twee dominante bere mekaar nader, rys die hare op hul skouers, die sterte word

Stu Porter / Alamy / AfriPics

Vervolg op bladsy 16 ˚

15


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.