AFRICA’S BOWHUNTER
CONTENTS 5 Met die lente kom nuwe lewe... 7 From our readers 8 Hunting the blesbok 14 My arctic adventure 22 The one that got away... 24 Lessons learnt on a Rowland Ward kudu 27 Gembok hunting 30 South African female archery 33 Product showcase 34 The elusive grey duiker 36 New bows for 2016 38 Videoing your bowhunt – Part 2: Setup 44 Readers' trophies 47 Baited power snare – live capture 51 For the kidz – test your knowledge 53 Visskiet in die Noord-Kaap 54 Bowhunting opportunities 57 The way I see it – Clippers
Africa’s Bowhunter [ABH] is an independent monthly publication for the archer, bow hunter, game farm owner and nature lover. Copyright on all articles and material published in ABH resides with the publisher. No part of ABH may be copied or reproduced without permission of the publisher. Opinions expressed in articles or advertisements do not necessarily reflect those of the editor, editorial committee or publishers. Submission of articles for publication is welcome, but although care is taken, the publisher can accept no responsibility for loss or damage to any material submitted. Africa’s Bowhunter Magazine cc [CK/] 96/32848/23 PO Box 31688 Waverley, 0135 South Africa Tel: 012 330 3464 Fax: +27 86 615 7044 E-mail: editor@africasbowhunter.co.za Website: www.africasbowhunter.co.za Office address: 880A Crots Street, Rietfontein, Pretoria . PUBLISHER Rean Steenkamp E-mail: editor@africanarcher.com EDITOR Rean Steenkamp E-mail: editor@africasbowhunter.co.za HUNTING/ENVIRONMENTAL EDITOR Cleve Cheney Cell: 082 922 5547 E-mail: cleve@africasbowhunter.co.za COPY EDITOR Emmerentia Steyn DESIGN AND LAYOUT André van Schaik E-mail: repro@africasbowhunter.co.za REPRODUCTION & PRINTING Paarl Media Midrand Telephone: 011 201 3460 DISTRIBUTION RNA Distribution Hazel Luüs Tel: 011 248 3639 SUBSCRIPTIONS Yolande Steenkamp E-mail: yolande@africasbowhunter.co.za ADVERTISEMENTS Yolande Steenkamp E-mail: yolande@africasbowhunter.co.za
Cover image: Adrian de Villiers in Greenland.
4
AFRICA’S BOWHUNTER NOVEMBER 2015
COMMENT
’n Nuwe b(l)aadjie, ’n leeuleeftyd en goedkoper boë
E
k hoop nie lesers het gesukkel om hierdie uitgawe op die rak raak te sien omdat ons aan die voorblad verander het nie! Tot op hede was die mashoof altyd geel, maar dié maand het ons ’n bietjie uit die kassie geklim. Hou ons dop, ons beplan nog baie veranderings. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Africa’s Bowhunter het ons ’n dier wat gejag is, op die voorblad geplaas. Geen trofeefoto’s is nog ooit voorheen op die voorblad gewys nie. Ons vertrou dat dit nie te veel emosie gaan uitlok by persone wat teen jag gekant is nie. Die hoofartikel hierdie maand handel oor die blesbok, maar dr. Adrian de Villiers se jag op ’n muskusbees in Groenland is gewis die hoogtepunt. Watter jagter sal hom nie graag die avontuur wil nadoen nie? Lees hoe hy vir die jag beplan het en uiteindelik sukses behaal het. In ’n verdere artikel skryf Janine van Kradenburg oor die toenemende belangstelling onder vroue in boogskiet én boogjag. Terloops, Janine is onlangs genomineer vir die Sportvrou van die Jaar-toekenning by die Gautengse sporttoekennings (Gauteng Sports Awards). Die berugte tandarts wat die nou bekende Cecil die leeu platgetrek het, is onskuldig bevind in Zimbabwe. In die VSA word hy sekerlik nog met eiers gegooi. Nietemin, volgens die owerheid in Zimbabwe was al sy jagpermitte in orde, maar sy gids, Theo Bronkhorst, moet nog in die hof verskyn. In die VSA word Palmer uitgekryt as ’n “murderer”, ’n “poacher” en ’n “lion killer”. Wat die volle waarheid is, sal ons seker later hoor, maar dit is duidelik dat sy onskuld in Zimbabwe nie naastenby dieselfde dekking in die media ontvang as die aanvanklike aantygings teen hom nie. Cecil, wat al bykans aan die einde van sy natuurlike leeftyd was, se dood het baie meer aandag gekry as menseslagtings oral in die wêreld. Wilde leeus se gemiddelde leeftyd is 14 tot 15 jaar, hoewel leeus in aanhouding tot 20 jaar oud kan word. ’n Mens wonder of diegene wat so teen jag gekant is, weet dat wild oor die afgelope dekades die meeste in suidelike Afrika en Noord-Amerika, waar jag toegelaat word, aangeteel het. Dit is duidelik dat die volhoubare benutting van wild grootliks bydra tot die bewaring van wild en die natuur in sy geheel. Die jaar is bykans om en baie van die bekende boogfabrikate het reeds hul nuwe boë vir 2016 bekend gestel. Ons het nog nie baie inligting daaroor beskikbaar nie, maar berig wel oor die bietjie wat ons kon uitvind. Meer hieroor sal in die Desemberuitgawe gelees kan word. Wanneer ek met mense oor geldsake praat, hoor ek dat bykans almal noustrop trek. Mense werk baie versigtiger met geld en koop nie so maklik nuwe toerusting soos twee of drie jaar gelede nie. Die sukkelende ekonomie het gewis ook ’n invloed op die boogindustrie. Die rand se swak vertoning is ook nie tot boogskuts en jagters in Suid-Afrika se voordeel nie. Gelukkig het bykans al die bekende boogvervaardigers boë beskikbaar wat heelwat goedkoper is, maar steeds van hoë gehalte is en beter presteer as boë van ’n paar jaar gelede waarmee baie diere gejag en baie boogskietbyeenkomste gewen is. Dit was ’n baie warm lente in Pretoria en terwyl ek skryf, bid die land vir reën. Ons bid dat die landswye droogte verby sal wees wanneer dié uitgawe op die rak verskyn! Groete
Rean Steenkamp Redakteur
NOVEMBER 2015 AFRICA’S BOWHUNTER
5
Trots Afrikaans
Navrae: Nico 082 442 4506
Maandag tot Vrydag – 08:00 - 17:00 Saterdae 08:00 - 14:00 Sondae nie oop nie
Nou in 5... Stalker... ...Vellie
...”Slip-on”
...Ratel 7” • Wildebees- of
Koedoeleervoering
• Polyurethane wig
Spoorloos 6”... • Wildebeesleer • 2de Laag wildebeesleer • Geheuespons-binnesool met
kalfsleervoering • Italiaanse voetbord • Dubbele vrotweer stiksels • 12 mm plantation crépe
So taai soos 'n wildebees
Loop so sag jy dink jy’s kaalvoet Grootste verskeidenheid kamoefleerdrag in SA
3de laan 243, Bredell, Kempton Park / GPS-koördinate: S 26 05 min 31AFRICA’S sek, BOWHUNTER E 28 18 min 19 sek NOVEMBER 2015 6 Tel: 011 979 3060 / Sel: 082 442 4506