Game & Hunt - April 2016

Page 1

Other Southern African Countries R35,96 (Tax excl)

Vol 22/04 APRIL 2016

R41, OO

BTW-ING VAT-INC

HUNT KOEDOE:

• Só jag jy koedoe • Khomas Hochland-jag • Bicycle Bull

Sauer 100

Bul van ’n BUFFEL!

www.wildlifehunt.co.za

Jaglegende COENRAAD VERMAAK

Growth in the Wildlife industry – Perspectives The Wildlife Farmer and Tax



3


Inhoud Contents Cover / Voorblad Kudu / Koedoe Die grey ghost – een van ons mees grasieusste boksoorte, met sy indrukwekkende kurktrekker-spiraalhorings, is gewoonlik heel bo aan oorsese jagters se wenslysies. Dit verg nogal vaardigheid, ondervinding en geduld om dié meneer plat te trek. Die hoogste koedoedigtheid is in die immergroen ruigtes van die Oos-Kaapse kusstreek waar tot 30 000 koedoes jaarliks gejag word. Lees meer op

bl 36 hoe om so ’n jagtog kaf te draf. Photo: © blickwinkel / Alamy / AfriPics Rifle: Sauer 100 – more on p 34 WILD / GAME

16

Die koedoe

JAG / HUNTING

22 24 33 36 43 48 52 61 62 66 72 78 79 84 90 92 94

SCI Brings Conservationists Together at Convention Bullet Talk Kings Meat Deli Spesie-spesifieke jag – Die koedoe Jagwenke – Verskuiwing en vervoer van beseerdes The Bicycle Bull Jaglegendes – Coenraad Vermaak CIC calls for positive branding of hunting through innovative PR Op ’n vlakte in die Karoo IWA HuntEx Cape Game Fair 2016 Safari Club attends 66th Cites Standing Committee Manna vir die Boere Koedoe in die Khomas Hochland Chasa: – Chasa-raadsvergadering; – Swartwitpens-jagters Jaggeleenthede Jagfotogalery

WILDPRODUKSIE, -BESTUUR & -BEMARKING / GAME PRODUCTION, RANCHING & MARKETING

98 132 140 120 101 104 108 110 114 116 117 122 124 128 130 142 145 146 150 156 160 270

Veilingsuitslae − Piet du Toit Wildbedryf – Die ‘Springbokspan’ van wildveilings – Kommentaar oor die waarde van Horison – Crous Broers ‘ontmoet’ die mark Kings & Queens Swartwitpensbul kraai koning Revised Expropriation Bill Past and future perspectives in terms of growth in the wildlife industry Ekonomie – Die versnelling van digitale toepassings en sakerisiko’s Intensiewe en semi-intensiewe wildproduksie – Die steenbok Risikobestuur van wild (10) – Beperk jou risiko wanneer jy wil aankoop Droogte se gevolge kring verder uit Farming with the Small Five Wildlife imports from African countries stopped Weidingsriglyne vir die Kalahari – Deel 2 Hoekom moet die rooijakkals gejag word? – Deel 2 NWWT Gholfdag – WILDste boere op die gholfbaan Gehalte-wildsvleis (11) – Biltong Legislation – New MOIs for old companies The wildlife farmer and tax Elephant Studies – The hidden politics of wildlife fencing in Kenya Farming in the eco-bush – Feeding of game Wildlife Ranching.TV trek aandag Bona-Bona – Baanbrekerpionier in eie tyd

161 Wildbemarking-advertensies − Indeks NATUUR & BEWARING / NATURE & CONSERVATION

137 Proactive Anti-poaching – Working with communities 152 Weskusbetowering – Beroemde Namakwastruike 155 Natuurlewe-pitkos – Spervuur op die bewaringsfront 158 EWT – The role of the wildlife-ranching industry in SA’s green economy

GEWERE & AMMUNISIE / GUNS & AMMUNITION

14 31 34 45 69 74 76 80 83 88

April Veldskietkalender Inyathi product review Sauer 100 – a German-built, premium rifle NHRSA se 2016-veldskietkalender Toonbankstories – Is nuwer altyd beter? Lynx LX3 1-6x24 G4i product test KZN Hunting Rifle Competition A 2 000 m shot with a black powder muzzle-loader Vuurwapenlisensies – gaan geldigheid na! Die beginsels van ballistiek – Deel 1

Uit die Woord Want sy het gesê: “As ek maar Sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.” – Markus 5:28

GEREELD / REGULAR & ALGEMEEN / GENERAL

11 28 29 289 291 292

Briewe Teken in en wen! / Subscribe and win! WILD & JAG digitaal en op Facebook! Organisasies – Kontakbesonderhede Kook saam – Koedoelewer in suursous 4x4 – Maak die wêreld groter

ALLERLEI / MISCELLANEOUS

WILD & JAG – Toeka se dae / Days of Yore: 8 Jag 102 Wild

WILD & JAG is ’n onafhanklike maandelikse publikasie vir

op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toe-

die breë wildbedryf in Suid-Afrika, wat die sinergie tussen

stemming van die uitgewer nie. Kort uittreksels (maksimum

wildproduksie, jag en bewaring bevorder. Jagters, wildboere

60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits

en natuurbewaarders word bedien met gehalte- informatiewe

volledige erkenning aan die skrywer en die publikasienaam

artikels en rubrieke.

en -datum gegee word.

Hoewel WILD & JAG nou saamwerk met die georganiseerde

Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander

jagters-, wildproduksie- en natuurbewaringsorganisasies, is

en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoorde-

dit redaksioneel en finansieel onafhanklik.

likheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van

Alle kopiereg van die inhoud word voorbehou. Geen deel mag

medewerkers is nie noodwendig die mening van die blad nie.


Kommentaar

REDAKSIONEEL • EDITORIAL

Hoofredakteur & Uitgewer • Editor-in-chief & Publisher Jan van der Walt janlouis@wildlifehunt.co.za / editor@wildlifehunt.co.za Bestuurder • Manager: Advertensies, Bemarking, TV-reeks & MASTERSHOT Advertising, Marketing, TV Series & MASTERSHOT Hennie van der Walt Tel: (012) 348-5550 / Sel/Cell: 083 452 2145 hennie@wildlifehunt.co.za Redakteur: Jag, Wapens & Ammunisie Editor: Hunting, Guns & Ammunition Stefan Fouché stefan@wildlifehunt.co.za Redakteur: Spesiale artikels • Editor: Special articles Ilse Davis, ilse@wildlifehunt.co.za Produksieredakteur • Production editor Lynette van Hoven Tel: (012) 348-5550 / editor@wildlifehunt.co.za Assistentproduksieredakteur • Assistant Production editor Itha Kieser Mederedakteurs • Co-editors Voertuie • Vehicles: Francois Rossouw Dieregesondheid • Animal Health: Dr Johan Kriek Wildbestuur • Wildlife Management: Prof Wouter van Hoven PRODUKSIE • PRODUCTION Hoof: Grafiese & Mediaontwerpdienste • Head: Graphic & Media Design Services: André van Schaik Tel: (012) 348 5550 Uitleg & reproduksie • Design & reproduction: Karen vd Merwe Taalversorging • Language Editing: Lynette van Hoven / Elfriede Ainslie Kunskonsultant • Art consultant: Alan Ainslie Drukker • Printer: Paarl Media Midrand Webwerf • Website: Johan Meintjies / johan@infinit8.co.za Inligting & navrae • Information & enquiries Santie Liebenberg Tel: (012) 348 5550

ADVERTENSIES & BEMARKING • ADVERTISING & MARKETING Jan van der Walt / Hennie van der Walt / Ann Olivier Tel: (012) 348-5550 / Faks/Fax: 086 502 5526 janlouis@wildlifehunt.co.za KLEINADVERTENSIES / SMALLS Lindie van der Westhuizen 082 471 8272 / Tel: (012) 348 5550 lindie@wildlifehunt.co.za

BESTUURDER: Administrasie, rekeninge & intekening MANAGER: Administration, accounts & subscription Wendy Greeff Tel: (012) 348-5550 Faks/Fax: (012) 348-5551 / 086 656 4217 wendy@wildlifehunt.co.za VERSPREIDING • DISTRIBUTION Hazel Luüs RNA Tel: (011) 248-3639 / hazelh@rnad.co.za

UITGEWER • PUBLISHER JLO UITGEWERS • JLO Publishing vir Jan Louis Ondernemings BK • for Jan Louis Enterprises CC (CK/92/19549/23) Posbus / P.O. Box 35299, Menlo Park 0102 1ste Vloer/ 1st Floor, The Hillside 318, Lynnwood, Pretoria Tel: (012) 348-5550 (Ma-Vry / Mo-Fri) Faks/Fax: (012) 348-5551 E-pos/E-mail: janlouis@wildlifehunt.co.za Web: www.wildlifehunt.co.za

Comment

’n Bul van ’n bul Jan van der Walt Hoofredakteur / Editor-in-chief

Uit die kommentaar en reaksie op die buffelbul Horison se rekordwaarde van R176 m, waarvan ’n 25%-aandeel vir R44 m verkoop is, kan ’n paar insiggewende afleidings gemaak word. Eerstens is dit duidelik dat beleggingsgeleenthede in die wildbedryf buite die gewone norme val. Nie net die verkoop van die Horison-aandeel nie, maar ook die pryspeile ten opsigte van ander wild te midde van droogte en swak ekonomiese toestande, toon die groeikrag van die bedryf. Verder is dit duidelik wat die inslag van die skaarsheidsfaktor is. Daar word gepraat van “die grootste teelbul die afgelope 150 jaar”. Slegs deur die seleksie van topgenetika aan beide die manlike en vroulike kant, kan so ’n unieke produk verkry word. Te midde van die opgewondenheid wat heers oor die rol van genetika by horingproduksie, is dit egter ook nodig om die aandag te vestig op die impak van die omgewing en die rol wat optimum voeding in dié verband speel. Onder die huidige omstandighede moet boere liefs prystendense wat gereeld in WILD & JAG gepubliseer word, noukeurig volg en let op neigings van pryse wat besig is om te stabiliseer. Wildboere raak reeds bewus daarvan dat daar nou vir die eerste keer uitdagings in die gesig gestaar moet word, soos hoe om van oortollige voorrade ontslae te raak. Wildboere sal wys wees om te aanvaar dat “Horison-pryse” slegs by hoë uitsondering sal voorkom en dat buffels, selfs uit topkuddes, nie maklik sulke pryse sal behaal nie.

The bull among bulls The comments on and response to the record value of R176 m fetched by the buffalo bull Horison, a 25% share of which was sold for R44 m, warrant a few insightful conclusions. Firstly, it is clear that investment opportunities in the game industry fall outside the usual norms. Not only the sale of the Horison share, but also the price levels with regard to other game amidst drought and poor economic conditions, illustrate the vitality of the industry. Furthermore, the impact of the scarceness factor speaks for itself. Mention is made of ‘the greatest breeding bull of the past 150 years’. Such a unique product can only be attributed to the selection of top genetics on the male as well as the female side. However, amidst the prevailing excitement about the role of genetics in horn production, it is also necessary to draw the attention to the impact of the environment and the role that optimum nutrition plays in this regard. Under the current circumstances it would stand farmers in good stead to pay close attention to price trends regularly published in GAME & HUNT, and to take note of the fact that prices are stabilising. Game ranchers are already aware of the fact that for the first time they have to face certain challenges, such as how to dispose of excess stock. Game ranchers would be wise to accept that ‘Horison prices’ will be the exception rather than the rule and that buffalo, even those from top herds, will not easily fetch such prices.

GAME & HUNT is an independent monthly publication for

tion may be reproduced in any way without the written per-

the broad game industry in South Africa, promoting the sin-

mission of the publisher. Short text extracts of not more than

ergy between game production, hunting and conservation.

60 words may be used without prior permission provided

Hunters, game ranchers and nature conservationists are

the author, the magazine name and date of publication are

served with quality informative articles and columns.

acknowledged.

While GAME & HUNT operates in close cooperation with or-

The editor reserves the right to change and/or shorten

ganised hunters, game production and nature-conservation

articles. The publisher accepts no responsibility for the

organisations, it is editorially and financially independent.

content of advertisements. The opinions of contributors are

Copyright of all content is reserved. No part of the publica-

not necessarily those of the magazine.

WILD & JAG APRIL 2016

From the Scriptures For she said, “If only I may touch His clothes, I shall be made well.” – Mark 5:28

5


6

GAME & HUNT APRIL 2016


WILD & JAG APRIL 2016

7


Toeka se Dae / Days of Yore

Sedert 1996 het daar ’n herstrukturering van Vrystaat Jagtersvereniging plaasgevind − soveel so dat daar nou 22 takke bestaan, elk met sy eie bestuur, maar wat rapporteer aan die bestuur van Vrystaat Jagtersverening. Op die oomblik het hulle 2 041 lede en vind daar ook nou baie meer aktiwiteite en skietkompetisies plaas.

8

GAME & HUNT APRIL 2016


WILD & JAG APRIL 2016

9


10

GAME & HUNT APRIL 2016


Geluk!

D

ankie vir die advertensie wat ek in die Maart-uitgawe kon plaas (my pa se huis op Nylstroom). Ek het gister die Januarie-uitgawe onder oë gehad (my pa is eintlik jul leser) en wat ’n verrassing! Mooi, glansryk en lywig. Baie geluk met die metamorfose. My gelukwense aan die redakteur en sy span! Mariëtta Kruger

Gemsbok-artikel

D

aar is ’n interessante artikel deur Jokl le Roux (Jokkie) oor gemsbokjag in die Maart-uitgawe van WILD & JAG. Ek neem hom egter kwaai kwalik dat hy van gemsbokke praat as “gemsies”. Dis ewe erg en in dieselfde idioom as die Amerikaners se manier om van jag te praat as “versamel” of “oes”, en speel reg in die hande van die antijag-establishment (die sogenaamde greenies) wat van elke grizzly ’n teddiebeer wil maak, vir beter huishoudelike konsumpsie. ’n Gemsbok is ’n pragtige, formidable dier en verdien nie die verkleinnaam “gemsie” of “gemmie” of enige soort “bokkie” nie. Hou dié soort kloektaal maar vir huiskompetisie-skolesport. Bewaar ons van “koedies” en “elies” of “harties” in ’n poging om van jag ’n bloedlose sport te maak (gemsies bloei nie). Dankie buitendien vir hierdie artikel in julle andersins puik tydskrif. Piet van Rooyen Hornkranz, Namibië Jokl le Roux antwoord soos volg: Dit wil uit die klagte voorkom dat “gemsie” ’n woord is wat uit disrespek vir die gemsbok afgelei is. Inteendeel, enigiemand wat my artikel lees (veral

die inleidende gedeelte), sal duidelik besef dat die gemsbok wel een van my gunstelingwildsoorte is waarvoor ek slegs respek het! In die Oos-Kaap (waar ek meer as 20 jaar van my professionele loopbaan in die wildbedryf spandeer het) praat die wildboere en jagters dikwels van “bonties” vir die skaars, op ’n stadium amper uitgestorwe bontebokke. GEEN disrespek word daarmee bedoel nie. Al is die Oos-Kaap die koedoemekka van Suid-Afrika, praat ons nie van “koedies” nie, waarskynlik omdat dit nie so lekker op die oor val nie. Baie van die plaaspersoneel glo egter daaraan om nie die woord “koedoe” te noem tydens ’n koedoejag nie, maar praat van “daai vaal beeste”, juis omdat hulle bygelowig is dat die koedoe met sy radar-ore sal hoor as sy naam genoem word! Daar’s niemand in die Oos-Kaap (en elders) wat nie respek vir ’n koedoe het nie! Ek het tot op datum minstens 24 jagtogte oor ’n periode van sowat 35 jaar na Namibië onderneem. Daar het ek wyd gejag, vanuit die suide, deur die sentrale gedeeltes tot in die verre noorde. Wildspesies wat ek in Namibië gejag het, sluit in elande, koedoes, hartbeeste, sebras, Hartmann se sebras, swartneusrooibokke, springbokke en gemsies ... sorry, gemsbokke! Die woord “gemsies” is nie die vrug van my (beperkte) verstand nie; ek het dit gehoor by van die plaaswerkers, boere, slagters, en so meer. “Gemsie” is vir my lekker op die tong en oor, en wanneer ’n mens ’n artikel skryf, raak dit afgesaag as dieselfde woord (bv gemsbok) sin ná sin herhaal word, veral as daar ’n alternatief is. Ek sou verwag dat mnr Van Rooyen liewer sou kla oor my verwysing na die skiet van gemsbokke vanaf ’n voertuig (wat die norm in die oop dele van Namibië is, en met reg so aangesien dit dikwels die enigste manier is om naby hulle te kom), of my manier van geslagsbepaling by gemsbokke (wat ek by uiters ervare Namibiese gemsbokeienaars en jagters geleer het). Hy kies egter om my te kritiseer oor die gewraakte naam “gemsie”, en dan te suggereer dat ek daardeur in die hande van die greenies speel, jag as kultuuraktiwiteit versaak en van jag ’n “bloedlose” sport probeer maak. Diegene wat my ken en my artikels oor die jare heen gelees het, sal weet dat ek nog nooit skaam was om op

WILD & JAG APRIL 2016

enige forum my liefde vir jag rugbaar te maak nie, of om die noodsaaklikheid van jag in die algehele bewaringsprentjie te beklemtoon nie. Tydens my 18 jaar op die Chasa-raad (Suid-Afrikaanse Jagterskonfederasie), waartydens ek vir 7 jaar die sekretaris was, of op die TV-program WILD & WRAGTAG (3 reekse) wat op kykNET gebeeldsend was en waar ek die veldaanbieder was, het ek nooit probeer wegskram daarvan dat ek ’n voorliefde vir jag het en ’n voorstander daarvan is nie. Hy is natuurlik geregtig op sy mening (nes ek op myne is), maar tensy daar vanaf die WILD & JAG-lesers ’n oorvloed kommentaar teen die gebruik van die woord “gemsie” kom, sal ek voortgaan om dit by afwisseling in my artikels te gebruik. Voor die dae wat ek vir WILD & JAG geskryf het, het ek gereeld vir MAGNUM geskryf, en selfs in Engelse artikels die gewraakte woord gebruik, sonder enige beswaar! Die gemsbok het ’n spesiale plek in my hart (soos ook in my artikel genoem).

Daai agterbladdilemma …

E

k reageer op die brief “Agterbladdilemma” in die Maart-uitgawe. Ek het drie seuns grootgemaak. Die jongste is al byna 40 en die oudste 45. As een van hulle op 24 jaar so min hormone gehad het dat hy ontsteld was oor die agterblad-advertensie van die November uitgawe, sou ek baie meer oor hom bekommerd gewees het as oor die tydskrif wat dit geplaas het. WILD & JAG is puik, hou so aan. Hans Nel, Pretoria 3

Lesers is welkom om briewe en kommentaar aan die redakteur te rig by

editor@wildlifehunt.co.za. • Readers are welcome to send letters and comments to the editor at editor@

wildlifehunt.co.za.

11


Noblesse

Helix Black

Varmint

Spend more than R30 000 worth on Merkel products and stand a chance to be part of a team of 3 that will compete in the annual MacNab!

m acnab

12

GAME & HUNT APRIL 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.