Game & Hunt - January 2018

Page 1


Die more se bul

Op soek na

Losberg se koedoes Schalk van der Merwe

Dit was middel Augustus en koud in die Karoo. Al het die Nuweveldberge einde Julie sneeu gehad en ons deur die winter nou en dan ’n paar millimeter water uit die reënmeters gegooi het, was die wêreld hier rondom Beaufort-Wes grou. Dieselfde droogte wat die Kaap se damme leeggetrek het, het die Karoo ook in sy kloue gehad. Ek het ’n week op die plaas gehad. Ek moes kom skaap werk en die lammers wat swaar genoeg was, slag om hulle van die veld af te kry. In droë tye tel elke bek wat vreet. Pa het ook ’n groterige groep jagters uit die Kaap ontvang van die Woensdag tot die Saterdag, waarmee ek hom terselfdertyd ’n hand mee sou gee.

E

k slaap om een of ander rede altyd soos ’n klip op die plaas. Die eerste môre het ek so ’n paar minute lank ingelê en het die son al sterk op ons skouers gebak toe ek en Godfrey in die stowwerige kraal ’n klompie skaap in die drukgang injaag. Hierdie is opvangtye vir my saam met Godfrey. Is almal gesond, hoe gaan dit met die kinders in die skooltjie? Is al die waters reg? Wanneer laas het jy die draad agter teen Koedoekloof gestap, hoe lyk die matte in die rivier? Is die bobbejane stil, sien jy jakkalsspore? Is die koedoes terug? “Die koedoes is terug,” het Godfrey opgewonde geantwoord. Dit was asof hy gewag het vir die vraag en om te hoor wat ek beplan om te doen met die antwoord. Hul spore was weer in die rivier en in die boord onder die huis. Losberg se buitedrade is van so ’n aard dat koedoes kom en gaan soos hulle wil. So al met die seisoene saam is veral die bulle se wegraak soos die getye van die see. Eers is hulle weg, dan is hulle saam met die koeie en dan loop hulle saam voor hulle weer soos mis voor die son verdwyn. Dit was goed om te hoor hul spore is weer vars. Godfrey dop ’n jong dorperooi om dat sy op haar agterstewe sit. Hy hou haar met sy knieë regop en hou die kop met sy

8

hande stil terwyl ek medisyne agter in haar keel afspuit. Ek staan eenkant toe en Godfrey laat los die ooi wat verby my die drukgang af hardloop. By die bek van die drukgang spring sy hoog oor ’n draad wat nie daar is nie en smelt saam met die klompie skaap wat klaar behandel is en in die hoek van die kraal saamdrom. Terwyl Godfrey ’n volgende ooi aan haar agterbeen gryp, vertel hy my van ’n bul wat die afgelope week omtrent elke aand uit die kloof bo die huis verby die kraal stap, verby sy kamervenster in die groot bos van die Leeurivier onder die werf in. Ek het die stories maar so staan en luister en nog voor die laaste skaap ’n tag in die oor en medisyne agter in die keel gehad het, het ek en Godfrey besluit voor die week op sy rug is, sal ons moet tyd maak en ’n draai stap vir ’n bul. Pa se jagters het die middag opgedaag en ons is ’n uur of wat later veld toe. Skemeraand het almal ’n springbok gehad en was dit donker toe ons die vuur by die huis aansteek. Die volgende môre was ’n pragtige oggend en ons is weer uit vir springbokke. Ons het op die ou tradisionele manier jag gemaak op die bokke deur hulle voor te sit, terwyl pa en Godfrey die troppe springbokke aan die beweeg hou. Op ’n hoogtetjie in ’n Karoo-vlak het ek in die koel môre sit en bak in die oggendson. Die vorige keer wat ek op dieselfde plek gesit het, het een van die leeumannetjies uit die Karoo Nasionale Park langsaan aan die brul geraak en vir ’n goeie halfuur aan en af lê en roggel. Hy was vanoggend ongelukkig stil. Vroegmiddag was ons klaar vir die oggend en is ons huis toe. Pa se jag was goed op dreef en hy het besluit om ná die middag met die manne agter op die bakkie Vanvoorskop se rigting uit te ry op soek na blesbokke. Ek het die middag besluit om te gaan kyk of ek een van die koedoes waarvan Godfrey gepraat het, uit sy skuilplek kon druk. Pa, wat nie ’n vuil bakkie kan verdra nie, het eers die droë bloed van die oggend se bokke van die klap afgespuit terwyl Godfrey gou huis toe is om iets in sy kieste te stop. Ek het dieselfde

GAME & HUNT JANUARY 2018


gaan doen en by die kluis my .270 geruil vir die .308 omdat dié kortgatgeweertjie so lekker dra. So vieruur die middag is ek en Godfrey agter die huis uit in die eerste van ’n reeks klowe in Vanvoorskop se rigting. Pa was op ons hakke. Ons het skaars tien minute gestap toe ek die bakkie teen die bult skuins bo ons hoor uitdreun. Godfrey het oudergewoonte so 2 m voor my in die enkelspoorpaadjie, wat die melkbokke kloof-in uitgetrap het, gestap. Ou Godfrey is my ouderdom, so ’n handbreedte korter as ek, maar weeg slegs 65 kg. Hy stap ’n soort stap met daardie rietbene van hom, of dit nou die steiltes uit of kranse af is, wat jy elke nou en dan ’n ligte drie-tree-draffie moet gee om by te bly. Ek was nog aan die vroetel aan my geweerband en die regskuif van die waterbottel aan my sy toe takke kort voor ons in die rivier breek. As ek sou omdraai, kon ek nog die huis met ’n kettie raak skiet. Godfrey het gedraai en met oë soos pierings in ’n fluisterstem gesê: “Koedoebul!” Die koedoebul het die rand bo ons geklim en ons is agterna. Die bul het groot geskrik, maar met ’n bietjie geluk het ek gehoop dat hy daar teen die bult uit vir ’n oomblik oor ons sou wonder en sou gaan staan en my ’n kans gee. Hy was egter binne oomblikke die knop voor ons uit en in die volgende kloof in. Die pad die rand uit waarop pa-hulle was, loop deur die rivier bo in die kloof waarin die bul weggeraak het en ek was dadelik op die radio. Met die nuus het pa met die bakkie gery tot in die droë rivierloop en daar vir ons gewag. Koedoe se kind het mos egter die vermoë om te verdamp. Ek en Godfrey is weerskante van die kloof op tot teen die bakkie sonder om weer die bul te sien. Ek het nou al soveel koedoes tussen my oor en neus verloor, ek voel nie eers meer snaaks daaroor nie. Ek staan maar net keer op keer verstom oor die koedoe se vermoë om so asof sonder enige moeite net weg te raak. Die rivier was snuif getrap en of hy

voor pa-hulle verby was, kon ons nie sê nie. Toe ek bo in die kloof teen die bakkie vasloop, het ek en pa nie vir mekaar veel te sê gehad wat verduidelikings aangaan nie. Ek het bloot omgedraai, hy het die bakkie aangeskakel en ons het verder gejag. Ek het gelukkig nie te lank kans gehad om oor die bul se wegraping te tob nie. Godfrey het kort daarna ’n tweede bul in die groot kloof langsaan sien verdwyn. Ons is af teen die een kant van die kloof en teen die ander kant uit om aan die regte kant van die wind te kom tot teenoor die plek waar die koedoe in ’n soetdoringruigte ingebeur het. Daar is ek en Godfrey weer uitmekaar. Ek het teen die rand van die kloof gebly vir ’n skoot en my gemaklik gemaak oor ’n lekker groot ysterklip terwyl Godfrey die bul sou uitdruk. Ek was gespan soos ’n pyl in ’n boog, geweer reg, vinger op die sneller. Godfrey is nader, al nader tot teen die ruigte, en later die bos in. Ek het verslae, nee, meer geïrriteerd, my kop agter die teleskoop opgetel en met ’n groot vraagteken op my gesig na Godfrey 40 m in die sloot onder my gekyk. Godfrey het regop gestaan in ’n opening deur die takke en vir my beduie die bul staan hier voor hom. Ek het al bulle sien staan in ruigtes waar hulle glo jy sien hulle nie, maar hierdie een het die koek gevat. Godfrey is nog nader, het ’n klip opgetel en onderarm in die bos voor hom ingegooi. Die bul het weggebreek, my kant van die ruigte, maar dadelik deur die sloot gekoes en teen die rand oorkant uitgedraf. Ek het my kop agter die teleskoop laat sak en hom gevolg met die hoop dat hy vir ’n oomblik sou huiwer. Ek was nie bereid om in die hardloop op hom te skiet nie. So asof hy dit geweet het, het hy die kloof se rand uitgestorm en van daar met ’n rustige drafstapal met die rand langs kloof-op gehou tot by die volgende ruigte so 200 m verder om daar sy horings versigtig deur ’n gaping te druk en weer weg te raak. Ek en Godfrey het hom agternagesit, maar soos die

Godfrey hou ’n jong dorperooi vas sodat ek haar kan doseer.

bul van vroeër nie weer gesien nie. Die koedoebulle was maar nou eenmaal dié middag my baas. Ons het ons rug na Vanvoorskop en sy klowe gedraai en is daarvandaan af na die vlak toe waar ons ’n ou blesbokooi geskiet het voor pa-hulle ons skemeraand by Skilpadpos opgetel het. Terug by die huis, het ons die ou blesbokooi saam met die ander van die middag oopgemaak, die harslagte uitgehaal en opgehang vir die ysige Karoo-nag om sy ding te doen. Ons het vuur gemaak en om die dansende vlamme en onder ’n skitterende Melkweg tot laatnag gekuier. Die volgende môre vroeg het ek en Godfrey voor ontbyt die vorige aand se blesbokke geslag. Dit was die laaste jagdag vir pa se gaste en ons is weer saam met hulle uit. Die gedagte was om weer in Vanvoorskop se rigting te werk met die bakkie op soek na blesbokke. Vanvoorskop, soos die Nuweveldberge noord van die N1 buite Beaufort, lyk so effe soos ’n groot troukoek met ’n paar lae of trappe, soos ons dit noem. Ons Vervolg➻

Vanvoorskop met sy trappe. Koedoekloof begin onder die onderste trap en loop vanaf die middel van die foto regs voor Vanvoorskop uit.

9


Foto’s: Gordon Harris Photographic

Stefan Fouché Met die konstante klim in die vraag na akkurater gewere op langer afstande, het Ruger hierdie kans in die mark aangegryp en die Ruger Precision Rifle® ontwikkel. Tesame met een van die vooraanstaande wapenhandelaars in die land, Zimbi, het ons die nuwe Ruger in .308 Win op lang afstande gaan toets. Een ding is seker – dis ’n bitter warm nommertjie hierdie …

V

erskeie kalibers is beskikbaar, nie net die .308 Win nie. Ruger het nog drie addisionele kalibers, naamlik die 5,56 Nato (of .223 Rem in ons boeretaal), die 6mm Creedmoor en die 6,5mm Creedmoor. Ja, julle lees reg, hulle bring hom in die 6mm Creedmoor ook uit – vir seker iets om na uit te sien. Maar eers terug na ons toetsmodel, die Ruger Precision Rifle® in die .308 Win-kaliber. Ek het met die idee by Pieter van der Walt, bestuurder van Zimbi in Pretoria, gekom om ’n ordentlike toets te doen op nie net die geweer nie, maar eerder op ’n kombinasie van ’n teleskoop, geweer en ammunisie. Dit sal die keuse vergemaklik vir die verbruiker wat op soek is na so ’n soort geweer om oor ver afstande raak te kan skiet. Daar is deesdae honderde verskillende kombinasies op die mark en mens kan soms oorweldig raak deur al die keuses. Die idee was om ’n basis daar te stel om van te werk met die toerusting wat ons dink hiervoor geskik sal wees.

34

Ons het besluit op die Vortex Viper HS 6-24x50 met die Dead Hold BDC-kruishaar. Dit word met Warne se Maximaringe op die geweer se bestaande 20 MOA Picatinnyspoortjie opgesit. Die spesifieke Vortex-model is oor die jare bewys as ’n robuuste, betroubare teleskoop wat presies by die nuwe Ruger se look and feel pas. Hy is ook geskik om gemaklik skote tot op 1 000 m en selfs verder te skiet. Sy verstelknoppe is ook betroubaar genoeg om verstellings tussen skote te maak. Pieter het ’n tweepootrus op die geweer se bestaande raam gemonteer. Hy het besluit op die Scout Pod Cuboid Series en ek was aangenaam verras met dié stukkie gereedskap. Hy was baie solied tydens die skietsessie en alle skietwerk is van hom af gedoen met die ondersteuning van ’n sandsakkie agter. Mens kan natuurlik ook later ’n enkelrus (of ’n monopod) op die agterste gedeelte van die kolf aanbring; Ruger se ontwerpspan het reeds daarvoor voorsiening gemaak. Die ammunisie wat ons gebruik het, kom uit Norma se fabriek en teen R600 per pakkie is dit glad nie buitensporig vir akkurate rak-ammunisie vir baanskiet nie. Ons kon ’n sub-MOA-groep op 100 m skiet en dit met vyf skote. Met behulp van Strelok se ballistiese programmetjie op my selfoon het ons van 100 m af dadelik na 300 m toe beweeg. Ons het besluit om na ’n 200 mm-staalghong op 300 m

GAME & HUNT JANUARY 2018


te skiet, en met drie uit drie skote was ons gou verveeld met die 300 m-teiken. Ek wou 500 m toe. Ná die nodige verstellings soos vanaf Strelok ontvang, het ek die wind so goed as moontlik probeer skat en die laaste verstellings gemaak. Die Ruger is toegerus met ’n blitsbreker so uit die fabriek uit en dit is een van die doeltreffendste wat ek nog teëgekom het. Ek kon deur die teleskoop sien hoe ek die 200 mm-staalghong op 500 m tref en dít met die eerste skoot. Die geweer is ongelooflik akkuraat en ’n paar opvolgskote, wat ook die ghong laat lui het, het my die versekering gegee dat hierdie geweer tot baie meer in staat is as om net tot op 500 m te skiet. Ongelukkig het ons skietbaan net tot op 500 m gestrek en kon ons dus nie verder as dit skiet nie. Pieter het vir ons ook ’n stel elektroniese oormowwe van Venture Gear saamgebring, naamlik die Clandestinemodel. Met die blitsbreker op die Ruger Precision Rifle® sou dit baie onwys wees om enige skote sonder ordentlike gehoorbeskerming te skiet. Hierdie stel oormowwe het hulle baie goed van hul taak gekwyt en dit is van dié met die minste windgeraas wat ek nog getoets het. Die wind het tussen 6 en 10 myl per uur gewissel. Maar nou eers meer oor die Ruger Precision Rifle®: Dit het ’n opvoubare kolf met ’n verstelbare kolflengte, sowel as wangstuk. Die loop is 20" lank met vyf groewe en ’n groefdraai van een omwenteling per elke tien duim. Die totale gewig sonder teleskoop en tweepoot is 4,45 kg. Die geweer het twee 10-rondte-magasyne van Magpul® PMAG®. Die rondtes pas lekker knus in die magasyn, wat beter akkuraatheid beteken met rondtes wat nie rondstamp nie. Soos reeds genoem, is die blitsbreker ’n wenner op dié geweer in terme van skop (recoil) minimaliseer. Ruger beweer die blitsbreker minimaliseer ook die klank omdat dit so ontwerp is om klank weg van die skut af te begelei. Nogtans moet gehoorbeskerming te alle tye gedra word. Die slot is met ’n CNC-masjien uit een stuk verharde 4140 Chrome-moly-staal gesny vir optimale akkuraatheid. Skop

vind ook in ’n reguit lyn teen die kolf vanaf die aksie plaas, teenstrydig met die tradisionele bedding-sisteem wat ook akkuraatheid bevorder. Die slot se handvatsel is ook tipies takties groter as normaal. Daar is ’n magdom inligting oor die aanpasbaarheid van verskeie AR-soort bybehore maar dit is ’n gesprek heel op sy eie. Ons wou graag die geweer toets in terme van akkuraatheid op lang afstande en hierdie toets is wel geslaag: geen misskote op 300 m en 500 m nie en ’n bitter mooi groepie op 100 m. Ons wou ook wys dat ons ’n lekker pakket vir ’n verbruiker kan saamstel en Zimbi het besluit om in die lig van ons toets en artikel hierdie pakket op ’n spesiale aanbieding te plaas. Die pakket sluit die volgende in: - Ruger Precision Rifle ® - Vortex Viper HS 6-24x50 BDC-teleskoop - Warne Maxima-ringe - Scout Pod Cuboid Series-tweepoot - Vanguard Ampro-geweertas, swart met wiele - Prys: R49 800 (BTW ingesluit) Skakel gerus vir Pieter van der Walt of enige van sy hulpvaardige verkoopsmanne in die Zimbi-winkel in Pretoria om jou Ruger Precision Rifle® by hulle aan te skaf. Onthou, hierdie pakket is slegs ’n riglyn en so getoets om sekere verbruikers se besluite makliker te maak. Jy kan nog altyd die geweer apart koop. Skakel gerus vir Zimbi vir pryse by 012 349 1662 / 5222 of stuur vir hulle ’n e-pos na orders@zimbi.co.za

35


Van links na regs is die skrywer, Ronald Nel en Joost Pretorius. Voor sit Ricky die Engelse pointer en Stitch die GSP (Duitse korthaar-pointer).

saam met Beulah Wingshooting

Stefan Fouché

Voëljag is een van die lekkerste fasette van jag in ons wonderlike land Suid-Afrika – ten minste ses of sewe uit tien jagters sal hieroor met my saamstem. Voëljag met ’n haelgeweer. As jy dan begin vra watter soort voëljag, spat die gesprek in alle rigtings! Sommige manne is versot op duiwe skiet. Ander weer reken watervoëls is die “ultimate”, terwyl ’n hele paar redeneer dat tarentale en fisante in die bosveld die grootste uitdaging is. En ná ’n hele klomp koue goues om die aand se braaivleisvuur, sodra die verskillende soorte voëljagte redelik deurgedraf is, begin die gesprekke oor honde, kalibers en haelkorrelgrootte …

V

roeg uit die vere, spring ons drie maters in my 2.8 Hilux-bakkie en draf die sowat 80 km na Joost Pretorius se plaas kaf nog voor die son op is. Dis die laaste week in Augustus en die seisoen vir tarentale, bosveldfisante en bospatryse maak volgende week toe. Ek het vir Joost ’n paar weke vantevore ontmoet en hy het my vertel van sy onderneming wat hom op voëljag toespits. Dit staan as Beulah Wingshooting bekend en Joost se plek is sowat

46

’n uur se ry uit Pretoria naby Settlers geleë. Hulle het hul eie grond daar maar het ook konsessies by ander graanboere wat ’n baie groot gebied beslaan. Die ou plaashuis is baie mooi ingerig met slaapgeriewe, badkamers, kombuis en kuier-area. Daar is ook ’n groot braaiplek buite tussen die njalas, rooibokke en vlakvarke. Volgens Joost is die doel van die plekkie om manne ’n wegbreekkans te bied, of dit nou vir een dag is en of jy vir ’n hele naweek of selfs ’n week wil kom. Hulle het selfs ’n kleiduifbaan om die ouens met ’n vreeslike skietlus se ergste lus te kan blus. Ons het Joost vinnig vir koffie in die kamp ontmoet en is van daar uit om eerste die trop tarentale, wat toe al in die lande sit, te gaan bydam. Hierdie soort jag is nie net ’n ongelooflik lekker tydverdryf nie, maar help ook om die groot getalle voëls hier op die Springbokvlakte in toom te hou. Alles gebeur volgens die Limpopo-provinsie se ordinansies in terme van getalle van elke spesie wat elke jagter per dag mag skiet. Joost maak ook natuurlik seker al hierdie permitte is in plek alvorens die jag begin. Met twee blokke digte bosse wat omring is met mielie- en sonneblomlande, beteken dit dat die tarentale die veiligheid van die bos sal gaan opsoek

GAME & HUNT JANUARY 2018


Die aand om die kampvuur het ons lekker gesmul aan die bosveldfisante wat ons self dié dag gejag het.

sodra hulle versteur word. Joost het ons in ’n ry gepak, so 50 m uitmekaar en sowat 100 m van die lande af, waar die trop van etlike honderde tarentale besig was om te vreet. Die gids het die tarentale versteur, waarop hulle soos ’n swart wolk oor ons getrek en in die bos agter ons kom skuiling soek het. Met ’n paar tarentale vir volgende week se tarentaalpastei op die grond, het ons die bos te voet inbeweeg. Joost se twee honde het saam met ons gejag en wat ’n plesier was dit nie! Die honde is baie mooi opgelei en vreeslik gehoorsaam. Ons het die twee boskampe hard te voet gejag en ’n hele paar tarentale asook enkele bosveldfisante gekry. Ná ’n paar slukke water by die bakkie het ons besluit om op die punt van die lande af te stap, almal in ’n ry met die honde voor ons. Hierdie gebied is tipies waar die bosveldfisante skuil – in die grasstrook tussen twee lande met bosse en bome yl gesaai, wat aan hulle die nodige skuiling en broeiplek bied. Dit was een van van die lekkerste sessies tydens ’n voëljag wat ek nog gehad het. Met die twee honde voor ons het ons om die beurt geskiet en het ’n hele paar fisante en patryse grond toe gebring. Met middagete het ons heerlike (jip, reg geraai!) tarentaalpastei genuttig, gemaak van voëls wat op ’n vorige jag geskiet is en duidelik baie sinvol benut word. Met die lentesonnetjie wat einde Augustus sommer lekker sterk geskyn het, het ons gaan skuins lê vir ’n lekker siesta alvorens

Jonas van Beulah Wingshooting met een van die bosveldfisante wat die honde in die digte gras opgespoor het. Sonder die honde sal mens baie voëls in die gras verloor.

Die kok het vir ons heerlike tarentaalpastei met rys en groente voorgesit. Die tarentale is deur Joost se groep jagters die week voor ons geskiet. Daar is darem maar net iets daaraan om te kan eet wat die natuur jou bied.

WILD & JAG JANUARIE 2018

➻ 47


Alex Oelofse Die motor het Yellow Submarine geheet en was ’n “one of a kind” in Stellenbosch. Hennie van der Walt By Mount Etjo tussen Okahandja en Otjiwarongo in Namibië, ry ons vanaf die groen oase by die lodge die veld in en eindig by ’n dam van ongeveer 60 ha, waar ons sommer so op ’n boomstomp langs die water met Alex Oelofse gesels. Die vorige dag het ons Alex en sy ma Anette vergesel terwyl daar elande op die 33 000 ha van hul Okonjati Wildreservaat gevang is. Hulle gebruik dieselfde metode wat sy pa Jan ontwikkel het, wat as die Oelofse-wildvangmetode bekend staan.

O

or die jare heen het ek jaarliks met Alex by die jagskoue in Amerika gesels, waar die naam Mount Etjo Safaris baie bekend is, en in latere jare gereeld in Namibië en Suid-Afrika by wildveilings. Ons het hom ook weer in 2017 raakgeloop by Wildbedryf SA (WRSA) se Wildboer van Suidelike Afrika-galadinee waar hy en sy ma die toekenning vir Groen Ekonomie ontvang het. Met ’n trop kameelperde wat aan die oorkant van die dam langs die water verbyloop, kon ek vir Alex uitvra oor sy grootwordjare op Mount Etjo, tot waar hy

82

vandag betrokke is by al vier pilare van die wildbedryf, nl teel, jag, ekotoerisme en vleisverwerking. Alex het op die plaas grootgeword en het baie herinneringe aan hoe hy saam met die plaaswerkers se kinders modderhuisies gebou, kleilat gespeel en donkies bloots gery het, hoewel hulle baie kere afgeval het. Toe dit tyd geword het vir Alex om skool toe te gaan, wou sy ouers hom nie van die plaas af wegstuur nie. Hulle het toe besluit om ’n skool op die plaas te bou. Met die aantal kinders van die werkers op die plaas, het dit die bou van ’n skool geregverdig. Namiddae was dit vir Alex moeilik om huiswerk te doen, want daar was baie lekkerder dinge om te doen, soos om in die veld uit te gaan, te gaan jag of in die garage op ’n ou Land Rover rond te speel. Alex het saam met nog drie leerders in sy klas by die plaasskool gematrikuleer, van waar hy na Stellenbosch is om meganiese ingenieurswese te gaan studeer.

Studentedae

Vir Alex was dit ’n aanpassing om van ’n klas van vier leerlinge oor te skakel na ’n klas van 300 leerders, maar soos hy self sê,

GAME & HUNT JANUARY 2018


dit was ’n “lekker aanpassing, ook om nuwe mense te leer ken”. ’n Manier om mense te leer ken was met die voertuig waarmee Alex in Stellenbosch rondgery het. Toe dit tyd geword het om na motors te begin kyk voordat Alex Stellenbosch toe is, het hy en sy pa na verskeie voertuie gekyk, totdat hulle by Ebert Smit uitgekom het wat die bekende Uri-voertuie bou. Ebert het ’n Uri-pypkar gehad wat uit ’n Toyota Corolla omgebou was, en Alex het net daar en dan besluit dat dit die regte studentemotor vir hom sou wees. “Dis ’n goeie studentekar, dis alles plaat en dit is ’n regte pypkar ... hy kan maar ’n paar knocks vat.” Die motor het Yellow Submarine geheet en was ’n “one of a kind” in Stellenbosch. Volgens Alex was al nadeel egter dat ná al die lekker kuiers met die karretjie met die Jägermeister-plakker op die agterruit, het almal presies geweet wie daar ry! Alex het baie Namibiërs in Stellenbosch leer ken, onder andere vir

Carola, sy vrou. Ná sewe jaar het Alex en Carola getrou, en nadat Carola haar meestersgraad in genetika voltooi het, is hulle terug plaas toe waar Alex se pa Jan in 1975 Mount Etjo begin het.

ship, wat ’n bykomende diens is aan hul kliënte. Behalwe die jagterslodge, het die hooflodge sy ontstaan gehad toe ’n Duitse filmmaatskappy akkommodasie benodig het om saam met Jan ’n rolprent te maak. Vandag is die lodge ’n baie gewilde oornagbestemming vir toeriste wat tussen Windhoek en die Etoshapan reis. Om die waardeketting van die wildbedryf te voltooi, word daar op Mount Etjo ook wildsvleisverwerking gedoen van diere wat gejag is, sowel as van hul eie diere. Ongeveer drie ton vleis per maand word op die plaas verwerk.

’n Dag in die lewe van Alex

Elke oggend begin met Alex wat na die garage toe gaan waar al die werkers bymekaarkom waar hy vir hulle werk vir die dag uitdeel. Op ’n plaas van 33 000 ha, met 120 km se wildwerende omheining, 20 km se ondergrondse pype, 30 km se ondergrondse kabels en 40 voertuie, insluitende swaar konstruksievoertuie om paaie te onderhou en grondverskuiwing te doen, is onderhoud een van die belangrikste take wat elke dag verrig moet word. Alex sê “ons is nie in die dorp” waar mens gou parte kan gaan kry nie. As jy dan partykeer haastig is om iets aan die gang te kry, moet jy maar self ’n plan maak. Hy is trots daarop dat hul werkers dieselfde mentaliteit het, naamlik dat as ’n voertuig met toeriste op moet ry, dan moet dit in ’n werkende toestand wees. Daar moet dus ’n plan gemaak word dat die voertuig kan ry. Met die uitdagings van ’n lodge is hul werkers ook baie veelsydig met verskillende take. Alex verduidelik dat as jy iets bou, bly dit nie net so nie; daar is altyd onderhoud, opknapping en verbeterings wat gedoen moet word, dus is daar altyd ’n messelaar, skrynwerker, loodgieter, ens op die plaas nodig. Met die 9 000 stuks wild op die plaas, vorm die wildwerk ’n groot deel van elke dag se take. Daar is oor die 4 000 springbokke, wat ’n voltydse vangspan regverdig. Alex is ’n gelisensieerde helikoptervlieënier en hy en sy span doen al hul eie massavangste van diere wat aan kliënte verkoop word. Daar word ook semi-intensief met swartneus-rooibokke, bastergemsbokke, swartwitpense en lechwes in ’n 1 500 haVervolg➻

Mount Etjo se waardeketting

Die plaas se ontstaan het uit wildvangs gespruit. Jan Oelofse het van die wild hierheen verskuif wat hy in ander dele van Namibië en Suid-Afrika vir kliënte gevang en verkoop het. Met die aanteel van die diere en om die getalle te beheer, het Jan begin om op Mount Etjo te jag. Alex is trots daarop dat hulle tot vandag toe nog baie gespesialiseerde jagte saam met hul kliënte doen. Hulle het vier beroepsjagters, waarvan Steve Tors reeds 42 jaar op die plaas is. Gemiddeld bly ’n kliënt vir tien dae, en al jag die kliënt nie baie diere in daardie tyd nie, maak dit nie vir Alex baie saak nie, want vir hom gaan dit daaroor dat die kliënt spesiale tyd in die bos saam met hulle deurbring. Mount Etjo is EU-geregistreer om jagters se trofeë te dip and

83


Bees- en varkkop / Cow and pig’s head: Theuns Botha Swartwitpens / Sable: Dries Visser Fotografika / Photo graphics: Ilana Kemp

Dr Jan H du Preez, Veterinêre spesialis: Volksgesondheid Wat is ʼn soönose? ʼn Soönose kan gedefinieer word as ʼn siekte of besmetting wat natuurlik oorgedra word van werweldiere (bv honde, katte, beeste, bokke, skape, wild, pluimvee, voëls, varke, perde, donkies, visse, krokodille en ander reptiele) na die mens en omgekeerd. Die mens is dikwels ʼn toevallige gasheer wat ʼn siekte deur noue kontak van ʼn besmette dier met of sonder siektetekens opdoen. In die breedste sin beteken die woord “soönose” ʼn siektetoestand van diere en veral werweldiere en dus ook die mens. Die woord is afkomstig van die Grieks zoon wat “dier” en nosos wat “siekte (kwaal of ongesteldheid)” beteken. Prof Rudolph Virchow (Duitsland) het eerste die woord

“soönose” in sy huidige nouer betekenis gebruik in sy bekende boek Handbook of Communicable Diseases. Hoewel sy gebruik van die woorde timologies nie heeltemal korrek is nie, is dit nuttig om die veeartseny- en mediese beroepe in staat te stel om daardie siektes wat die mens van mak sowel as wilde diere kan opdoen, te groepeer met die oog op ondersoek en die instel van beheermaatreëls. Inleiding Wêreldwyd word meer as 200 verskillende soönoses erken. Soönoses word veroorsaak deur verskillende siekteveroorsakende agente (patogene) soos bakterieë, virusse, swamme, protosoë, rickettsias en wurms. Van 1 415 bekende, siekteveroorsakende

Werweldiere wat soönotiese siektes of besmettings na die mens kan oordra. / Vertebrate animals that can transmit zoonotic diseases or infections to humans.

agente wat mense besmet, is 61% soönoties (’n siekte wat normaal in diere voorkom maar die mens kan besmet), dws wetenskaplikes bereken dat meer as ses uit tien besmetlike siektes van mense deur diere versprei word. Die wêreldbevolking is gedurende Junie 2017 op 7,5 biljoen geraam. Statistiese data dui daarop dat 10% tot 15% (meer as een miljard mense) of meer van die menslike bevolking een of ander tyd ʼn soönotiese besmetting sal opdoen. Soönoses ondermyn ook die gesondheid, produktiwiteit en reproduksie van diere wat noodsaaklike voedsel (vleis, melk en eiers) en vesel (wol) produseer, asook die werkvermoë van diere. Soönoses kan dus op die lange duur bydra tot wanvoeding by die mens en veral by kinders. Die finansiële impak van soönoses is ook beduidend. Miljoene mense wêreldwyd moet ná blootstelling aan hondsdolheid (rabies) voorkomende behandeling ondergaan. Miljoene werksure gaan gevolglik verlore wat geldelike onkoste en spanning (stres) meebring. Die jaarlikse finansiële verliese as gevolg van

INLEIDING TOT DIERESIEKTES WAT DIE MENS AANTAS INTRODUCTION TO ANIMAL DISEASES THAT AFFECT HUMANS What is a zoonosis? A zoonosis is any disease or infection naturally transmissible from vertebrate animals (e.g. dogs, cats, cattle, sheep, goats, game, poultry, birds, pigs, horses, donkeys, fish and crocodiles) to humans and vice versa (mutually transmissible). Humans are often incidental hosts that acquire disease through close contact with an infected animal that may or may not be symptomatic. In its broad sense, the term ‘zoonosis’ means a disease of animals and particularly of vertebrates and

88

therefore also of humans. The word is derived from the Greek word zoon, meaning ‘animal’ and nosos meaning ‘disease (ailment)’. Prof Rudolph Virchow (Germany) was the first to use the term ‘zoonosis’ in the sense of a disease or infection that is naturally transmissible between vertebrate animals and humans. This narrower meaning, used in his wellknown Handbook of Communicable Diseases, is useful in enabling the veterinary and medical professions to group those diseases that people may acquire from both domesticated

GAME & HUNT JANUARY 2018

and wild animals, for the purpose of investigation and the institution of control measures. Introduction More than 200 zoonoses of various types are recognised worldwide. Zoonoses can be caused by a range of disease pathogens (diseasecausing agents) such as viruses, bacteria, fungi, protozoa, helminths, rickettsias and parasites; of 1 415 pathogens (disease-causing agents) known to infect humans, 61% were zoonotic (a disease that normally


tuberkulose, brusellose en hondsdolheid by beeste bedra wêreldwyd etlike biljoene rande; Suid-Afrika is nie daarvan vrygespreek nie. Verder kan soönoses ook geldelike verlies tot gevolg hê omdat dit die uitvoer van vleis en ander diereprodukte aan bande kan lê. Soönose-beheerprogramme is dus van die uiterste belang vir die mens se welvaart asook gesondheid. Daar is sekere stappe wat ’n mens kan doen om jou en jou kinders teen soönotiese siektes te beskerm. Die mens kan soönotiese besmettings opdoen deur direkte kontak, inaseming, kontak met besmette materiaal of voorwerpe (fomiete), inname deur die mond en deur insekbyte. Sekere mense se risiko om die siekte op te doen, is groter as ander s’n. Mense wat meer vatbaar is vir soönotiese siektes, is diegene ouer as 65 jaar, kinders jonger as vyf jaar, swanger vroue, enige persoon met ʼn gebrekkige immuunsisteem, bv mense met menslike immuniteitsgebreksvirus (MIV) of verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs), of pasiënte met kanker wat chemoterapie ondergaan. Daar is

ongeveer sewe miljoen mense in SuidAfrika (2016) wat MIV het. Soönoses kan met die nodige kennis en inligting voorkom en beheer word. Opvoeding, opleiding en inligtingvoorsiening is die sleutel om te verseker dat troeteldiere sowel as ander diere se eienaars, asook mense wat kontak het met diere, veilig en gesond is. Wêreldsoönosedag word jaarliks op 6 Julie gehou om die publiek op te voed en bewus te maak van die belangrikheid van soönoses wêreldwyd en om aktiewe pogings vir die beheer van soönoses aan te moedig. Beroepsiektes Soönoses is veral baie belangrik as siektes wat ʼn mens opdoen in die beoefening van sy / haar beroep, bv brusellose, Ebolavirussiekte, hondsdolheid, Krim-Kongo hemorragiese koors, miltsiekte, omloop, psittakose, Q-koors, Slenkdalkoors, tuberkulose, wondroos en vele meer. Daar bestaan dus ʼn bepaalde beroepsrisiko om siektes op te doen, bv deur die hantering van en noue kontak met diere of hul produkte, soos in die

geval van veeartse, vee- en wildboere, veehanteerders, vleisinspekteurs, jagters, vleisverwerkers, vishanteerders en professionele publieke gesondheidswerkers. Brusellose word onder andere opgedoen deur personeel by abattoirs, soos vleisinspekteurs wat nadoodse ondersoeke doen op dooie diere of diere wat geslag is, asook persone wat siek diere behandel, soos wanneer veeartse of boere hul koeie met brusellose tydens kalwing help. Dit is van groot belang om kennis te dra van soönotiese siektes wat deur die uitvoer van werkspligte opgedoen kan word. Laboratoriumwerkers wat met siekteveroorsakende bakterieë en ander mikroörganismes werk, bv dié wat brusellose, Ebolavirussiekte, KrimKongo hemorragiese koors, miltsiekte en Slenkdalkoors veroorsaak, loop ʼn risiko om die besmettings in die loop van die beoefening van hul daaglikse pligte op te doen. Rioolwerkers doen soms leptospirose op deurdat hulle baie met besmette water in aanraking kom. Slagters en vishanteerders word bv aan erisipeloïed, ook bekend as wondroos, blootgestel.

DEEL Die eerste druk van Animal Diseases and Man Zoonoses is binnekort beskikbaar.

PART exists in animals but can infect humans). Statistical data indicate that 10% to 15% (more than one billion people) or more of the human population will pick up a zoonotic infection at some stage of their lives. The human acquires the zoonotic infections by direct contact, inhalation (breathing in), ingestion by mouth, fomite transmission (contact with an inanimate object), and by insect transmission. Fortunately, there are things you can do to protect yourself and your children from zoonotic

diseases. Some people are more at risk of getting infected with these zoonotic diseases than others. People who are more likely than others to get really sick and even die of zoonotic diseases include adults over the age of 65 years (elderly people), children under the age of five years, pregnant women, anyone with a weakened immune system (e.g. people with human immunodeficiency virus (HIV) or acquired immunodeficiency syndrome (AIDS) or a cancer patient undergoing chemotherapy. An estimated seven million people living in South Africa have HIV

WILD & JAG JANUARIE 2018

1

(2016). During June 2017, the world population was estimated at 7,5 billion. Scientists estimated that more than six out of ten infectious diseases in humans are spread from animals. Zoonoses also undermine the health, productivity and reproduction of livestock on which humans rely for their food (meat, milk, eggs) and fibre (wool, hair, feathers), as well as labour and transport. Zoonoses may thus, in the long run, add to the problem of human malnutrition, particularly in children. Similarly, millions of people throughout the world will have Continued ➻

89


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.