vol 20/09 SEPTEMBER 2014
R35,00
BTW-ING Other Southern African Countries VAT-INC R30,70 (Tax excl)
Koeëls klap weer om Leeujag
BONTKWAGGA The Friday 13th
HUNT
www.wildlifehunt.co.za
New Browning Maral JAGTRADISIES GAME AUCTION
Jagwenke – Paarseisoene PRICE TRENDS
Cover / Voorblad Daar is steeds onsekerheid oor die taksonomiese posisie van die bontkwaggas, want hulle word deur sommige wetenskaplikes as ander subspesies van Equus quagga soos die uitgestorwe Kaapse kwagga beskou. Ander wetenskaplikes beskou hulle weer as ’n aparte diersoort Equus burchellii. Die volksnaam “sebra” is ’n anglisisme en die naam bontkwagga word verkies. Foto: Media4 Browning Maral: With all its undeniable experience in making hunting rifles, Browning has innovated yet again in the field of straightpull action rifles with the new Maral. Page 38.
Uit die Woord Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie … Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie – Josua 1:5
WILD / GAME Die bontkwagga
14
JAG / HUNTING Jagtradisies Deel 2 A Friday the 13th hunt ‘Blikleeu’-jag Bowhunting – 8 mistakes to avoid Ou Afhoring Jagwenke – Kennis van paarseisoene & sosiale groepering help Jaggeleenthede Jagfotogalery GEWERE & AMMUNISIE / GUNS & AMMUNITION Kalibers en ammunisie − Laaste van nuwe generasie .300-kalibers Handwapens – Hoekom holpunt-ammunisie (2)? Browning reliabity – New Maral Air rifles – Field Target shooting (1) Wetgewing – Vuurwapenhandelaars & kontrakbepalings
18 26 36, 43 45 50 58 59 60
32 35 38 48 57
WILDPRODUKSIE, -BESTUUR & BEMARKING / GAME PRODUCTION, RANCHING & MARKETING Veilingsresultate 65 Kirkwood Wildsfees 76 Game auction prices & tendencies 80 Veilings: Kirkwood 110 Golden Breeders 141 Jag se invloed op horinglengte 89 Passiewe vangkrale 99 Game-ranch management – water & soil 123 Ekonomie onder druk of beleg? 135 ’n Klip in die Ekobos – Bees, wild of albei? 154 NATUUR & BEWARING / NATURE & CONSERVATION Pack of 15 wild dogs released Selous revisited Wildwyshede (1) Namakwalanders se trekvelde (2) EWT – What’s the fuss about frogs? Sampioene
142 143 144 146 148 150
GEREELD / REGULAR & ALGEMEEN / GENERAL WILD & WRAGTAG Reeks 2 Briewe Teken in en wen! / Subscribe and win! WILD & JAG digitaal en op Facebook! Kook saam met Jan de Man – Gerookte sebrarugstring 4x4 – Oor papierwerk & ewenaarslotte Organisasies – Kontakbesonderhede
7 11 20 21 157 159 163
WILD & JAG is ʼn onafhanklike maandelikse publikasie vir die breë wildbedryf in Suid-Afrika, wat die sinergie tussen wildproduksie, jag en bewaring bevorder. Jagters, wildboere en natuurbewaarders word bedien met gehalte- informatiewe artikels en rubrieke. Hoewel WILD & JAG nou saamwerk met die georganiseerde jagters-, wildproduksie- en natuurbewaringsorganisasies, is dit redaksioneel en finansieel onafhanklik. Alle kopiereg van die inhoud word voorbehou. Geen deel
mag op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Kort uittreksels (maksimum 60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits volledige erkenning aan die skrywer en die publikasienaam en -datum gegee word. Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van medewerkers is nie noodwendig die mening van die blad nie.
REDAKSIONEEL • EDITORIAL Hoofredakteur & Uitgewer • Editor-in-chief & Publisher Jan van der Walt janlouis@wildlifehunt.co.za / editor@wildlifehunt.co.za Bestuurder • Manager: Advertensies, Bemarking, Expo, TV-reeks & MASTERSHOT Advertising, Marketing, Expo, TV Series & MASTERSHOT Hennie van der Walt Tel: (012) 348-5550 / Sel/Cell: 083 452 2145 hennie@wildlifehunt.co.za Produksieredakteur • Production editor Lynette van Hoven Tel: (012) 348-5550 / editor@wildlifehunt.co.za Mederedakteurs • Co-editors Jag, Wapens & Ammunisie • Hunting, Guns & Ammunition: Jokl le Roux Voertuie • Vehicles: Francois Rossouw Dieregesondheid • Animal Health: Dr Wilhelm Schack Wildbestuur • Wildlife Management: Prof Wouter van Hoven
PRODUKSIE • PRODUCTION Uitleg & reproduksie • Design & reproduction: Karen vd Merwe Taalversorging • Language Editing: Lynette van Hoven / Elfriede Ainslie Kunskonsultant • Art consultant: Alan Ainslie Drukker • Printer: CTP Drukkers Kaapstad Webwerf • Website: Johan Meintjies / johan@infinit8.co.za
ADVERTENSIES & BEMARKING ADVERTISING & MARKETING Jan van der Walt / Hennie van der Walt Ann Olivier Tel: (012) 348-5550 / Faks/Fax: 086 502 5526 janlouis@wildlifehunt.co.za KLEINADVERTENSIES / SMALLS Lindie van der Westhuizen 082 471 8272 / Tel: (012) 348 5550 / lindie@wildlifehunt.co.za EXPO & Bemarkingskoördineerder • EXPO & Marketing Co-ordinator Hanlie Delport 082 908 2295 / Tel: (012) 348 5550 hanlie@wildlifehunt.co.za
BESTUURDER: Administrasie, rekeninge & intekening MANAGER: Administration, accounts & subscription Wendy Greeff Tel: (012) 348-5550 Faks/Fax: (012) 348-5551 / 086 656 4217 wendy@wildlifehunt.co.za
VERSPREIDING • DISTRIBUTION Hazel Luüs RNA Tel: (011) 248-3639 / hazelh@rnad.co.za
UITGEWER • PUBLISHER JLO UITGEWERS • JLO PUBLISHING vir Jan Louis Ondernemings BK • for Jan Louis Enterprises CC (CK/92/19549/23) Posbus / P.O. Box 35299, Menlo Park 0102 1ste Vloer/ 1st Floor, The Hillside 318, Lynnwood, Pretoria 0081 Tel: (012) 348-5550 (Ma-Vry / Mo-Fri) Faks/Fax: (012) 348-5551 E-pos/E-mail: janlouis@wildlifehunt.co.za Web: www.wildlifehunt.co.za
GAME & HUNT is an independent monthly publication for the broad game industry in South Africa, promoting the sinergy between game production, hunting and conservation. Hunters, game ranchers and nature conservationists are served with quality informative articles and columns. While GAME & HUNT operates in close cooperation with organised hunters, game production and nature-conservation organisations, it is editorially and financially independent. Copyright of all content is reserved. No part of the publica-
KONTROVERSIE OOR “GEBLIKTE LEEUS” Jan van der Walt Hoofredakteur / Editor-in-chief
Die berig in Beeld van 15 Julie 2014, “Geblikte leeujag in Suid-Afrika om te bly”, deur Elise Tempelhoff het hewige kommentaar ontlok ten gunste daarvan asook daarteen, soos blyk uit ons beriggewing en die briewerubriek in hierdie uitgawe. Die regering, verteenwoordig deur die departement van omgewingsake, meen dat die “jag” van leeus wat in aanhouding geteel word, die bewaring van wilde leeus én die ekonomie bevorder. Die SA Roofdiertelersvereniging, by monde van prof Pieter Potgieter, sê dat daar groot onkunde heers oor wat in die leeubedryf aangaan. Die provinsiale owerhede het regulasies ontwikkel wat “geblikte leeujag” onwettig en prakties onmoontlik maak en die betrokke leeus is allermins mak. Vanuit ʼn akademiese oogpunt maak prof Wouter van Hoven die stelling dat daar riglyne neergelê is waarvolgens vrygelate leeus eties gejag kan word en dat dit inderdaad ʼn bewaringsaksie is. Aan die ander kant is daar swaargewigte in omgewingsbewaring en die jagbedryf soos dr Gerhard Verdoorn en Peter Flack wat sterk gekant is teen die “jag” van leeus wat in aanhouding gebore is. Dr Verdoorn is uitgesproke daaroor dat ʼn geteelde dier “geskiet” word en nie “gejag” word nie. Ons land en ons jagters se beeld word ernstig in die buiteland benadeel. Peter Flack beskuldig die regering van onbevoegdheid. Hy meen dat hierdie praktyk nie tot bewaring bydra nie en dat prof Potgieter se mening deur eiebelang onderlê word. Hierdie ernstige meningsverskil tussen die owerheid en leeutelers aan die een kant, en bekommerde jagters en natuurbewaarders aan die ander kant, moet dringend op die regte forum aandag geniet.
CONTROVERSy SURROUNDING ‘CANNED LIONS’ The article in Beeld dated 15 July 2014, “Geblikte leeujag in Suid-Afrika om te bly” (canned lion hunting in South Africa to stay), by Elise Tempelhoff was met with strong reaction in favour of and against it, as is evident from our reporting and the letters column in this edition. The government, represented by the department of environmental affairs, is of the opinion that the ‘hunting’ of captive-bred lions promotes the conservation of wild lions and the economy. Speaking on behalf of the SA Predator Breeders Association, Prof Pieter Potgieter states that there is great ignorance about the lion industry. The provincial authorities developed regulations that render ‘canned lion hunting’ illegal and practically impossible and these particular lions are anything but tame. Speaking from an academic point of view, Prof Wouter van Hoven is of the opinion that guidelines were laid down whereby lions that are released could be hunted ethically, and that it is indeed a conservation action. On the other hand, heavyweights in environmental conservation and the hunting industry, such as Dr Gerhard Verdoorn and Peter Flack, are strongly opposed to the ‘hunting’ of lions born in captivity. Dr Verdoorn maintains that a captive-bred animal is ‘shot’, not ‘hunted’. The image of our country and our hunters is being severely tarnished overseas. Peter Flack is accusing government of incompetence. He believes that this practice does not contribute to conservation and that Prof Potgieter’s opinion is based on self-interest. This radical difference of opinion between the authorities and lion breeders on the one hand, and concerned hunters and conservationists on the other, needs to be urgently addressed on the appropriate forum.
tion may be reproduced in any way without the written permission of the publisher. Short text extracts of not more than 60 words may be used without prior permission provided the author, the magazine name and date of publication are acknowledged. The editor reserves the right to change and/or shorten articles. The publisher accepts no responsibility for the content of advertisements. The opinions of contributors are not necessarily those of the magazine.
From the Scriptures No one will be able to stand against you all the days of your life ... I will never leave you nor forsake you – Joshua 1:5
1 Julie – 23 September DStv-kanaal 144 Dinsdae 9 nm Herhalings: Woensdae 2 nm, Donderdae 1 vm en 11 nm, asook Vrydae 9:30 vm
REEKS 2 – Episodes 3 tot 7
R
Aanbieder Adam Tas en sy pa boer self met skaarswildspesies en hier gesels hy oor swart rooibokke. Elmo Scheffer, Chasa-ondervoorsitter het die voorreg gehad om ’n elandbul te jag saam met Jokl le Roux in die duineveld aan die Weskus – dit was baie harde werk!
eeks 2 van WILD & JAG se TV-produksie WILD & WRAGTAG word reeds vanaf 1 Julie op kykNET uitgesaai, en in die totaal van 13 episodes is daar vir die kykers nog vele verrassings en interessanthede oor die sinergie tussen bewaring, wildboerdery en jag. In episode 3 het WILD & WRAGTAG gaan inloer by ʼn wildplaas in die Rooibokkraal-distrik waar die bestuurspan namens die mede-eienaars onder andere ook oorskotwild verkoop. Om bedryfsuitgawes tot die minimum te beperk, plant hulle hul eie lusern en meng hulle self wildvoer. Ons vergesel die wildvangspan tydens ʼn rooibokwildvangs, en gaan saam met die plaasbestuurder Arno Jansen op van sy daaglikse take. Watter kaliber jaggeweer is geskik om ʼn Rooibokkraaldiknek-rooibokram plat te trek? Mauritz Coetzee vertel ons meer oor die 9,3 x 62 tydens ʼn rooibokjag. Waar kom die Engelse uitdrukkings flash in the pan en lock, stock and barrel vandaan? Dis te danke aan die ontwikkeling van jaggewere. Mens kan ABC Human niks vertel wat hy nie weet oor die ontwikkeling van jaggewere oor die eeue heen nie en hy wys ons sy versameling Africana-jaggewere, wat enige geweerversamelaar jaloers sal maak. Sonder siwetkatte, muskusherte en walvisse sou daar geen fikseermiddels gewees het om parfuum mee te maak nie. In “Wildwyshede” verduidelik Jokl le Roux die rol wat wilde diere in die maak van parfuum speel. Adam Tas en sy pa Daan boer self met skaarswildspesies in die Rooibokkraal-distrik. In episode 4 wys Adam ons persoonlik hoe daar op die plaas geboer word met WesZambiese swartwitpense, buffels en swart rooibokke. Die Europeërs kan ons Suid-Afrikaanse jagters definitief nie leer skiet nie, maar wat ons wel by hulle kan leer, is hul dankbaarheid vir die voorreg om te kan jag, hul respek vir die wild wat gejag word en vir hul medejagters. Dit was duidelik toe Vervolg op bladsy 9 ˚
7
˚ Vervolg vanaf bladsy 7 Jokl le Roux en Mauritz Coetzee eerstehands die Europese jagtradisies ervaar het tydens jagtogte in Serwië, Duitsland en Bulgarye. Ons loer weer in by ABC Human en sy versameling Africana-jaggewere voordat Jokl le Roux kykers meer leer oor steenbokke, duikers en die Kaapse grysbok. In episode 5 maak ons onder andere ʼn draai by ʼn wildveiling. ʼn Wildveiling het omtrent niks in gemeen met ʼn veiling van vee nie. En jy praat van baie groot geld wat kopers moet opdok. As jy duur koop, dan moet jy duur verseker … en dis juis daaroor dat ons by ʼn wildveiling wou gaan leer. Mauritz Coetzee vergesel die Afrikaanse sanger Jay in die jagveld op soek na die arm man se buffel, die blouwildebees. Jay vertel ons hoekom ʼn mens altyd moet seker maak van jou skoot, en jou skootplasing op hierdie taai dier. As daar nou een spreekwoord is wat baie waar is, is dit die een “so taai soos ’n ratel”. Jokl le Roux verduidelik hierdie stelling aan ons nadat ons ʼn laaste draai gaan maak by ABC Human en sy versameling Africana-jaggewere. Die Weskus is nie alombekend vir wildboerdery nie, maar hier in die sandveld begin talle boere wildboerdery as deel van hul vee- of saaiboerdery bedryf. In episode 6 het WILD & WRAGTAG gaan inloer by so ʼn gemengde boerdery en ook eerstehands ervaar wat wildboerdery vir bewaring beteken. In die duineveld van die Weskus was dit Jokl se beurt om ʼn junior, Magiel de Kock, te vergesel op ʼn takbokjag, en aan die jong knaap te verduidelik hoe die Europeërs hul respek betoon nadat ʼn bok platgetrek is, deur middel van die Waidsmannsheil-gebaar. Kykers behoort reeds goed bekend te wees met Mauritz Coetzee, wat gereeld deel was van die verslagwerk oor jagte. Hy was egter ook ʼn groot kenner van die herlaai van patrone, en in hierdie program vertel hy ons meer oor die ontwikkeling van patrone en hoe dit die herlaai van patrone beïnvloed het.* Daar is net twee soorte otters in Suid-Afrika en Jokl verduidelik vir ons kykers hoe om die twee soorte van mekaar te onderskei in sy weeklikse “Wildwyshede”-insetsel. Vee- én wildboere ly jaarliks groot finansiële skade weens jakkalse wat lammers en selfs volwasse diere doodmaak. WILD & WRAGTAG het in KwaZulu-Natal gaan kyk wat die boere doen om hierdie probleemdier se getalle in toom te hou in episode 7. Elmo Scheffer het die voorreg gehad om ʼn elandbul te jag saam met Jokl le Roux in die duineveld aan die Weskus. Dit was harde werk om die bul plat te trek en WILD & WRAGTAG het elke tree meegemaak. Adam Tas vra Jokl: “Ons sien die gevlekte hiëna redelik gereeld in wildtuine soos Kruger en ander. Bruinhiënas word egter selde gesien. Hoekom is dit so?” in hierdie week se “Wildwyshede”, nadat Mauritz Coetzee ons meer vertel het oor die tegnieke vir die herlaai van patrone.
As voorste kenner van die herlaai van patrone, vertel Mauritz Coetzee kykers meer oor die ontwikkeling van patrone en hoe dit die herlaai van patrone beïnvloed het.
Regisseur Ronnie Watt (regs) en kameraman Andrew Tolmay gee Adam en veldaanbieder Jokl le Roux instruksies voordat nog ’n aflewering van Jokl se “Wildwyshede” geskiet word. Jokl le Roux vergesel junior jagter, Magiel de Kock, op ’n takbokjag.
Mauritz Coetzee bespreek die skootplasing tydens ’n rooibokjag.
Kykers kan gerus kykNET se webwerf of www.wildenwragtag.tv besoek ... *Soos voorheen gerapporteer, is Mauritz tot ons groot hartseer oorlede sedert die opname gemaak is.
3 9