Game & Hunt - November 2014

Page 1

vol 20/11 NOvEMBER 2014

Afrika-leeu & sy benutting

Other Southern African Countries R30,70 (Tax excl)

R35,00

BTW-ING VAT-INC

Nog .338-kalibers

www.wildlifehunt.co.za

Hunting a WOW WARTHOG!

Weatherby Back with a BANG

RHINO POACHING

Jagters, wildboere en die Internet

Debate continues Community farms?

WILDPRYSE – MENINGS OOR RISIKO’S




Cover / Voorblad Baie is bekend oor die Afrika-leeu Panthera leo, maar prof J du P Bothma vertel nog meer en gee ook riglyne oor die bestuur en benutting van hierdie lid van die Groot Vyf. Foto: Werner Smit Weatherby After many years, Weatherby rifles are back with a bang in South Africa. Read more about the Weatherby Vanguard Series 2 Synthetic Stainless, a high-quality, reasonably priced, extremely accurate, all-weather hunting rifle on p 38. Cover photo – Weatherby Mark V, by courtesy of Weatherby, Inc.

WILD / GAME Die Afrika-leeu

14

JAG / HUNTING Wetgewing – Wildverwerking ná jag (2) Jagwenke – Spesies wat verwar (2) Hunting a WOW warthog Net-net – jagters, wildboere & die Internet Buffeljag is nie gou-gou nie! Toeka se dae – Pafuri se koorsbome Jaggeleenthede Jagfotogalery

11 18 28 40 56 58 60 64

GEWERE & AMMUNISIE / GUNS & AMMUNITION Ellisras-vuurwapenfees – Boer teen Brit Kalibers en ammunisie − Nog .338-kalibers Handwapens – Versteekte handwapens (2) Weatherby is back Bullet Talk Air rifles – Field Target shooting (3)

20 26 35 38 46 48

WILDPRODUKSIE, -BESTUUR & BEMARKING / GAME PRODUCTION, RANCHING & MARKETING Veilingsresultate 69 Lewendewild-prystendense 70 Johann Rupert oor wildboerdery 77 Belegging in wild – die risiko’s 78 You can bank on it 80 Game-ranch monitoring (2) – Vegetation 84 Veilings: Trophy Breeders 93 Stud Game Breeders 95 Klipkamp & Wildswinkel 107 Thaba Tholo 114 Fly control 97 Indringer- en verdigterplante (1) 98 WRSA Indaba – Transformasie & Grondhervorming 121 Community Rhino Farms: Transforming Wildlife Economy 125 Minister on conservation & communities 127 Klimaatvooruitsigte vir somerseisoen 128 Beating about the Ecobush – Buying wildlife property (1) 136

Uit die Woord ’n Mens word geprys vir sy insig en uitgelag as hy nie verstandig dink nie – Spreuke 12: 8.

NATUUR & BEWARING / NATURE & CONSERVATION Wildwyshede 2 – Steenbokkie Koekemakranka EWT – SA Cycads Project

32 132 139

GEREELD / REGULAR & ALGEMEEN / GENERAL Briewe Teken in en wen! / Subscribe and win! WILD & JAG digitaal en op Facebook! Chasa – Die Werklike vyand; Nuus uit Chasa-raad 4x4 – Bande Kook saam – Springbok-carpaccio Books Organisasies – Kontakbesonderhede

7 24 25 62 141 143 145 147

WILD & JAG is ʼn onafhanklike maandelikse publikasie vir die breë wildbedryf in Suid-Afrika, wat die sinergie tussen wildproduksie, jag en bewaring bevorder. Jagters, wildboere en natuurbewaarders word bedien met gehalte- informatiewe artikels en rubrieke. Hoewel WILD & JAG nou saamwerk met die georganiseerde jagters-, wildproduksie- en natuurbewaringsorganisasies, is dit redaksioneel en finansieel onafhanklik. Alle kopiereg van die inhoud word voorbehou. Geen deel

mag op enige wyse gereproduseer word sonder skriftelike toestemming van die uitgewer nie. Kort uittreksels (maksimum 60 woorde) mag sonder toestemming gebruik word, mits volledige erkenning aan die skrywer en die publikasienaam en -datum gegee word. Die redakteur behou die reg voor om artikels te verander en/of te verkort. Die uitgewer aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud van advertensies nie. Die mening van medewerkers is nie noodwendig die mening van die blad nie.


REDAKSIONEEL • EDITORIAL Hoofredakteur & Uitgewer • Editor-in-chief & Publisher Jan van der Walt janlouis@wildlifehunt.co.za / editor@wildlifehunt.co.za Bestuurder • Manager: Advertensies, Bemarking, Expo, TV-reeks & MASTERSHOT Advertising, Marketing, Expo, TV Series & MASTERSHOT Hennie van der Walt Tel: (012) 348-5550 / Sel/Cell: 083 452 2145 hennie@wildlifehunt.co.za Produksieredakteur • Production editor Lynette van Hoven Tel: (012) 348-5550 / editor@wildlifehunt.co.za Mederedakteurs • Co-editors Jag, Wapens & Ammunisie • Hunting, Guns & Ammunition: Jokl le Roux Voertuie • Vehicles: Francois Rossouw Dieregesondheid • Animal Health: Dr Wilhelm Schack Wildbestuur • Wildlife Management: Prof Wouter van Hoven

PRODUKSIE • PRODUCTION Uitleg & reproduksie • Design & reproduction: Karen vd Merwe Taalversorging • Language Editing: Lynette van Hoven / Elfriede Ainslie Kunskonsultant • Art consultant: Alan Ainslie Drukker • Printer: CTP Drukkers Kaapstad Webwerf • Website: Johan Meintjies / johan@infinit8.co.za

ADVERTENSIES & BEMARKING ADVERTISING & MARKETING Jan van der Walt / Hennie van der Walt Ann Olivier Tel: (012) 348-5550 / Faks/Fax: 086 502 5526 janlouis@wildlifehunt.co.za KLEINADVERTENSIES / SMALLS Lindie van der Westhuizen 082 471 8272 / Tel: (012) 348 5550 / lindie@wildlifehunt.co.za EXPO & Bemarkingskoördineerder • EXPO & Marketing Co-ordinator Hanlie Delport 082 908 2295 / Tel: (012) 348 5550 hanlie@wildlifehunt.co.za

BESTUURDER: Administrasie, rekeninge & intekening MANAGER: Administration, accounts & subscription Wendy Greeff Tel: (012) 348-5550 Faks/Fax: (012) 348-5551 / 086 656 4217 wendy@wildlifehunt.co.za

VERSPREIDING • DISTRIBUTION Hazel Luüs RNA Tel: (011) 248-3639 / hazelh@rnad.co.za

UITGEWER • PUBLISHER JLO UITGEWERS • JLO PUBLISHING vir Jan Louis Ondernemings BK • for Jan Louis Enterprises CC (CK/92/19549/23) Posbus / P.O. Box 35299, Menlo Park 0102 1ste Vloer/ 1st Floor, The Hillside 318, Lynnwood, Pretoria 0081 Tel: (012) 348-5550 (Ma-Vry / Mo-Fri) Faks/Fax: (012) 348-5551 E-pos/E-mail: janlouis@wildlifehunt.co.za Web: www.wildlifehunt.co.za

GAME & HUNT is an independent monthly publication for the broad game industry in South Africa, promoting the sinergy between game production, hunting and conservation. Hunters, game ranchers and nature conservationists are served with quality informative articles and columns. While GAME & HUNT operates in close cooperation with organised hunters, game production and nature-conservation organisations, it is editorially and financially independent. Copyright of all content is reserved. No part of the publica-

Jan van der Walt Hoofredakteur / Editor-in-chief

PRYSVERWAGTINGE BEVRAAGTEKEN Die bespiegelinge oor ’n sogenaamde prysborrel is vir die eerste keer in ons kommentaarkolom in die Mei 2014-uitgawe aangeraak. Toe is daarop gewys dat diegene wat die marksituasie die noukeurigste ontleed, die minste risiko loop om hul vingers te verbrand. Die onlangse uitlating deur dr Johann Rupert dat “sektore van die wildbedryf dalk ’n ballon is wat wag om te bars”, het die kwessie van toekomstige prysbewegings nou weer in die kollig geplaas en wye reaksie ontlok (kyk berriggewing op bls 77–79). Dr Flippie Cloete, wat vir ons gereelde prysontledings doen, is positief daaroor dat daar verskeie faktore is wat die bedryf nog verder gaan stimuleer, maar dat dit nie risiko’s verminder vir beleggers wat korttermyn spekulatiewe motiverings het nie. Dr Peter Oberem, president van Wildbedryf SA (WRSA), die spreekbuis vir georganiseerde wildboere, is uitgesproke positief daaroor dat die huidige fase van groei in die bedryf, naamlik die teel en bemarking van skaarsspesies en kleurvariante volhoubaar is en nog nie ’n versadigingspunt bereik het nie. Die volgende fase, naamlik groei in die wildvleismark hou nog massiewe geleenthede in. Hy waarsku ook teen spekulatiewe beleggings deur mense wat langtermynfondse gebruik. Jacques Malan, Wiaan van der Linde en Dries Visser, wat sterk belangegroepe in die wildbedryf verteenwoordig, is ook passievol positief oor die toekoms van die wildbedryf. Ons moet onthou dat die volhoubare groei van die wildboerderybedryf, wat van die uiterste belang is vir die jagbedryf en vir bewaring, deur markkragte bepaal sal word.

PRICE EXPECTATIONS QUESTIONED We first touched on speculations on a so-called price bubble in our Editorial Comment in the May 2014 edition. There we pointed out that those who most carefully analyse the market situation run the least risk of burning their fingers. The recent statement by Dr Johann Rupert that “sectors in the wildlife industry perhaps constitute a balloon waiting to burst” has now once again brought future price movements under the spotlight and has elicited wide-spread response (see reports on pp 77−79). Dr Flippie Cloete, who regularly does price analyses for us, is positive that there are various factors that will further stimulate the industry, but says that does not reduce risks for investors with short-term speculative motivations. Dr Peter Oberem, president of Wildlife Ranching SA, the mouthpiece of organised game ranchers, is outspokenly positive that the current growth phase in the industry, namely breeding and marketing of scarce species and colour variants, is sustainable and has not yet reached saturation point. The next phase, namely growth in the game-meat market still presents massive opportunities. He cautions against speculative investments by people using long-term funds. Jacques Malan, Wiaan van der Linde and Dries Visser, who represent strong interest groups in the wildlife industry, are also passionately positive about the future of the wildlife industry. We must keep in mind that sustainable growth of the wildlife-ranching industry, which is of extreme importance for the hunting industry and for conservation, are determined by market forces.

tion may be reproduced in any way without the written permission of the publisher. Short text extracts of not more than 60 words may be used without prior permission provided the author, the magazine name and date of publication are acknowledged. The editor reserves the right to change and/or shorten articles. The publisher accepts no responsibility for the content of advertisements. The opinions of contributors are not necessarily those of the magazine.

From the Scriptures A person is praised according to their prudence, and one with a warped mind is despised – Proverbs 12:8.



Vrae oor ou en nuwe vuurwapenlisensies

V

rae oor ou vuurwapenlisensies en hernuwing is ontvang ná artikels daaroor in WILD & JAG. Adv Willem Smit beantwoord die navrae. JEANDRE HARMS vra: Na aanleiding van adv Willem Smit se artikel in WILD & JAG van Junie 2014 vra ek namens my oupa: Is die groen lisensies tans nog geldig? Na wat ek en hy verstaan, is dit nog geldig, totdat daar uitspraak gelewer word oor ’n afsnydatum. Adv Smit: Jy en jou oupa verstaan korrek, dit is nog geldig. GERT PRINSLOO vra: Ek lees gereeld die vrae en antwoorde in WILD & JAG wat aan adv Willem Smith gestel word en vind dit interresant. Nou wil ek graag twee dinge verneem na aanleiding van die artikel “Wapens: Saak nie verder gevoer” op bl 24 van die Julie-uitgawe: 1. Is die hernuwing van lisensies net van toepassing op die ou lisensies waar mense nog nie aansoek gedoen het om die nuwe lisensies nie? Wat van ons wat alreeds aansoek gedoen en nuwe lisensies ontvang het, wat dan gereeld hernu moet word? Moet dit dan nou so verloop en hernu word wanneer die lisensie verval, of kan ek my beroep daarop dat ek die ou lisensie gehad het, wetsgehoorsaam was en toe aansoek gedoen het om die nuwe uitreikings en nou nie meer verder hernu nie, of wat staan my nou te doen? Eintlik is al wat ons gedoen het om ons lisensies te verruil vir nuwes, en dan natuurlik teen ’n prys. Adv Smit: Dit is waar die probleem nou lê. Party hernu weer en ander val nou ook weer terug op hul ou lisen-

sies. My raad: Indien jy in die verlede hernu het (omgeruil het) hernu maar liewer weer. ’n Man se gemoed voel net beter. Tans heers daar ’n totale regsonsekerheid oor die hele kwessie. Ek voel mens moet maar eerder weer hernu as om in ’n argument met die SAPS (dwaalgenote?) betrokke te raak! Die verteenwoordigers van die onderskeie jagondernemings is met die SAPS in gesprek oor die aangeleentheid en sukkel maar om ’n antwoord te kry. Volgens my kennis, na aanleiding van dokumente wat ek onder oë gehad het, verskil selfs die SAPS se interne regsverteenwoordigers (die een is ‘n generaal) met mekaar oor die kwessie. 2. Gaan hulle volstaan by die wetgewing wat bepaal dat as jy vier wapens het en ’n ander een wil aanskaf, jy nou eers (in my geval) die toegewyde jagterskursus moet doen voor jy die ander wapen mag aanskaf? Adv Smit: Jy sal hierdie kursus moet doen.

Wanpersepsies oor professionele jagters

E

k verwys na die brief ‘Snotkop-PH’ van Thinus Botha in die Oktoberuitgawe. Dit is duidelik dat hy baie keelvol is vir die “jong mannetjies” wat as “PH” kwalifiseer en hom dan “moet leer” jag ná 47 jaar se eie ondervinding. Ek gee graag duidelikheid oor ’n klompie wanpersepsies. 1. Die Professionele Jagtersvereniging van SA (Phasa) doen nie die professionele jagtersopleiding en reik ook nie die sertifikate uit nie. Die provinsiale natuurbewaringsowerhede reik die nodige permitte uit aan ’n persoon om as ‘n skooldirekteur aangestel te word en die nodige professionele jagterskursus aan te bied, op grond van sekere kriteria soos voorgeskryf in provinsiale wetgewing. Die toetse by ’n professionele jagskool word onderneem in die teenwoordigheid van ’n verteenwoordiger van die provinsiale natuurbewaringsowerheid. Bo en behalwe praktiese toetsing, word daar ook twee teoretiese toetse geskryf: (a) Die algemene vraestel, gegrond op die inhoud van die kursus en (b) die wetseksamen,

WILD & JAG November 2014

gegrond op die wetgewing van daardie spesifieke provinsie. ’n Sertifikaat word uitgereik, wanneer die student alle nodige toetse geslaag het volgens die vereistes en tot die tevredenheid van die skooldirekteur en die provinsiale verteenwoordiger. Niemand “koop” dus ’n sertifikaat by Phasa nie en Phasa het ook geen “agente” wat sertifikate uitreik nie. 2. Plaaslike Suid-Afrikaanse jagters hoef nie deur ’n professionele jagter vergesel te word nie. Wetgewing vereis egter dat alle internasionale jagtoeriste deur ’n professionele jagter vergesel moet word. 3. Alleenlik gelisensieerde en geregistreerde jagondernemers, of meer bekend in die volksmond as “safari-operateurs”, mag jagte aan internasionale jagtoeriste bemark. Indien die jagondernemer nie self die jagtoeris op die jag begelei nie, sal hy gebruik maak van permanent professionele jagters in sy diens, of van ’n vryskut professionele jagter. Dit is vir die jagondernemer en sy onderneming baie belangrik om ’n professionele diens te lewer en daarom sal jonggekwalifiseerde professionele jagters gewoonlik nie op hul eie ’n jag met internasionale jagtoeriste onderneem nie. Dit is mos maar in elke werk so, of hoe? ’n Nuweling het gewoonlik ’n mentor waaronder hy werk tot tyd en wyl die werkgewer tevrede is dat die persoon eie verantwoordelikheid kan neem. Thinus, skakel my gerus of kom drink ’n koffietjie by Phasa se kantore in Irene, dan gesels ons bietjie meer oor die wanpersepsies dat die vereniging sertifikate “uitdeel” om ledetalle te laat groei. Phasa is ’n wêreldleier in die professionele jagbedryf en bemark Suid-Afrika intensief as voorkeur jag- en toerismebestemming. Wees verseker dat ons nie ons vereniging of ons pragtige land se beeld op risiko sal plaas deur betrokke te raak by ongeoorloofde praktyke nie. As jy bewus is van sulke gevalle, sal ons jou help om dit onder die spesifieke provinsie se natuurbewaringsowerheid se aandag te bring vir opvolg en optrede. Adri Kitshoff Hoof Uitvoerende Bestuurder, Phasa

3 7



2013 Southern Africa Hunter’s Trophy Guide Minimum Measurements for CHASA (SA Records) and Rowland Ward Trophies CATEGORY Blesbok Bontebok Cape red hartebeest Common reedbuck (rietbok) Common waterbuck * Duiker – Blue Duiker – Grey – Common – Bush * Duiker – Red * Grysbok – Cape Grysbok – Sharpe’s Gemsbok (Cape Oryx) Grey rhebok (ribbok) Klipspringer Lechwe – Red * Lechwe – Kafue Mountain reedbuck (rooiribbok) * Oribi (oorbietjie) * Puku Southern impala (rooibok) * (Angolan) impala – black-faced (swartgesig) Southern Roan (bastergemsbok) * Springbok Steenbok Suni – Livingstone Tsessebe (basterhartbees) Typical sable (swartwitpens) * Bushbuck – South African * Bushbuck – Chobe * Nyala Southern greater kudu * Southern Livingstone eland * Zambezi sitatunga (waterkoedoe) * Blue wildebeest (brindled gnu) * Cape buffalo Black wildebeest – White-tailed gnu White / square-lip rhino Warthog – upper tusk Bushpig – lower tusk Fallow deer – introduced Crocodile – Nile Different recognised subspecies * Familiarise yourself with the different METHODS of measuring in each category.

KEVIN GODDARD went bowhunting in Namibia, and downed the gemsbok and three springbok. He used a Bowtech Insanity XPLS set at 70 lbs, with two 100-gr Rage blades. The gemsbok was hit at 19 m, springbok at 23 m. The largest springbok measured 15”.

INCHES CHASA 16.5 14 23 14 28 1.75 4.75 2.5 3 1.5 40 7.5 4.25 25 30 7.25 5.5 17 23.5 21 26 13.5 4.5 3 14.5 40 15 14 26 53 32 26 28 40 25 26 13.5 6 25 29 points (skull)

INCHES ROWLAND 16.5 14 23 14 28 1.75 4.5 2.5 3 13/8 40 77/8 41/8 26 297/8 67/8 57/8 167/8 235/8 207/8 27 14 4.5 3 15 417/8 15 14 27 537/8 35 271/8 28.5 42 227/8 28 13 5.5 251/4 14 ft

ROWLAND RECORD 205/8 163/4 29.5 191/2 391/4 27/8 71/8 41/8 51/4 41/8 49.5 117/8 63/8 35 37 10 7.5 221/8 307/8 263/4 39 193/8 75/8 51/4 18.5 553/8 213/8 195/8 33 737/8 471/2 32.5 36 64 307/8 621/4 24 117/8 321/4 17 ft 87/8”

YEAR 1988 1977 1977 2007 1950 1972 1921 1970 1988 1967 1985 1994 1993 unknown 1980 1972 1898 1985 2003 1991 1906 1973 2008 1971 1934 1898 2002 2006 2009 1963 2008 1966 2003 1946 2004 1898 1921 1966 2004 1995

1 inch = 2.54 cm 1 centimetre (cm) = 10 mm = 0.3937 inches

Bowhunting in Namibia

WILD & JAG November 2014

9



Adv Willem Smit

,

Wildverwerking na jag ierdie artikel volg die vorige een waarin ek geskryf het dat die gedagte agter hierdie artikels by my opgekom het na aanleiding van ʼn ou jagmaat, wat gekla het oor wild wat hy hierdie seisoen gejag het. Hy het sy wildsbokke soos gejag gelaat op die plaas waar hy gejag het vir verwerking tot biltong en droëwors deur die jagondernemer. Hy het slegs ’n klein bietjie biltong vanaf die jagondernemer ontvang. By navraag is hy en sy medejagmaat meegedeel dat hul vleis deurmekaar geraak het met dié van ander jagters wat ná hulle op die plaas gejag het, onder toesig van die jagondernemer, en dat daar nou onsekerheid bestaan oor watter hul vleis was wat verwerk moes word. Die jagondernemer het daarop aan hulle meegedeel (nie ooreengekom nie) dat hy vorentoe self gaan jag en dat hy die verwerkte vleis wat hy nie aan hul verskaf het nie, in die nabye toekoms aan hulle sou lewer. In die verdere aanspreek van hierdie probleem moet steeds gelet word op die volgende vrae en feite wat die aangeleentheid kompliseer en wel soos volg: • As die vleis soos gelaat by die jagondernemer vir verwerking deurmekaar geraak het met ander jagters se vleis, hoe weet die jagondernemer watter en hoeveel vleis hy nog aan my ou jagmaat skuld? • Is die bietjie verwerkte vleis, in die vorm van die biltong wat my ou jagmaat met ’n ompad ontvang het van die jagondernemer deur middel van sy jagmaat, wel sý vleis of is dit dalk van die ander, latere jagters se vleis? Soos in die vorige artikel uitgewys, was my ou jagmaat se ooreenkoms met die jagondernemer ten opsigte van die verwerking van sy vleis deur die jagondernemer in die maak van biltong en droëwors ná die jag, ʼn nuwe ooreenkoms wat hulle met die jagondernemer gesluit het. So het ek dan na aanleiding van hierdie feit my ou jagmaat in die vorige artikel geadviseer oor hoe hy die aangeleentheid

kan hanteer na aanleiding van die bepalings van artikels 19 (6); 19 (6) (c); 21 (1) (c); 21 (5) en 21 (7) van ons Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008.1 In hierdie artikel wil ek verder kyk na die bepalings van artikels 31 en 54 van ons Wet op Verbruikersbeskerming, wat my ou jagmaat dan ook verder kan inspan in die aanspreek van sy probleem. Artikel 31 kan ingespan word ten opsigte van die wildvleis wat die jagondernemer aan hulle meegedeel (nie ooreengekom nie) het, hy vorentoe self gaan jag, en dat hy die verwerkte vleis wat hy nie aan hulle verskaf het nie in die nabye toekoms aan hulle sou lewer. Artikel 31 onder die opskrif “Veto-opsie bemarking” bepaal soos volg: “31. (1) ’n Verskaffer moet nie — (a) goedere of dienste bevorder; (b) aanbied om ’n ooreenkoms vir die verskaffing van goedere of dienste aan te gaan of te verander; of (c) iemand oorhaal om goedere of dienste te aanvaar of so ’n ooreenkoms aan te gaan of te verander nie, op die grondslag dat die goedere of dienste verskaf moet word, of die ooreenkoms of verandering outomaties tot stand sal kom, tensy die verbruiker sodanige aanbod of oorhaling van die hand wys. (2) ’n Ooreenkoms wat voorgee aangegaan te wees as gevolg van ’n aanbod of oorhaling beoog in subartikel (1), is nietig. (3) ’n Verandering van ’n ooreenkoms wat voorgee aangegaan te wees as gevolg van ’n aanbod of oorhaling beoog in subartikel (1) is nietig.” Die “Veto-opsie bemarking”-ooreenkoms wat die jagondernemer nou op my ou jagmaat wil afdwing om sy “dilemma te probeer beredder” is dus nietig. Laastens kan my ou jagmaat steun op die bepalings van artikel 54, wat onder die hoof “Verbruiker se regte om gehalte diens te eis”, die volgende bepaal: 54. (1) Wanneer ’n verskaffer onder-

neem om dienste vir of namens ’n verbruiker te verrig, het die verbruiker ’n reg op — (a) die tydige verrigting en voltooiing van daardie dienste, en tydige kennisgewing van enige onvermydelike vertraging in die verrigting van die dienste; (b) die verrigting van die dienste op ’n wyse en van ’n gehalte wat persone in die algemeen geregtig is om te verwag; (c) die gebruik, lewering of installering van goedere wat sonder defek en van ’n gehalte is wat persone in die algemeen geregtig is om te verwag, indien sodanige goedere vereis word vir die verrigting van die dienste; en (d) die teruggee van eiendom of beheer oor eiendom van die verbruiker in minstens dieselfde toestand as waarin dit was toe die verbruiker dit aan die verskaffer beskikbaar gemaak het vir die doel van die verrigting van sodanige dienste, met inagneming van die omstandighede van die verskaffing, en enige spesifieke kriteria of voorwaardes tussen die verskaffer en verbruiker voor of gedurende die verrigting van die dienste ooreengekom. (2) Indien ’n verskaffer versuim om ’n diens van die standaard beoog in subartikel (1) te verrig, kan die verbruiker van die verskaffer vereis om óf — (a) ’n defek in die gehalte van die dienste verrig of goedere verskaf, reg te stel; of (b) ’n redelike gedeelte van die prys betaal vir die dienste verrig en goedere verskaf, aan die verbruiker terug te betaal, met inagneming van die omvang van die versuim. My raad ter opsomming aan my ou jagmaat is om die gelde wat hy betaal het ten opsigte van die verwerking van die wildvleis en vir die twee koedoes aan die jagondernemer van die jagondernemer terug te eis. Die klein bietjie biltong wat hy van die jagondernemer ontvang, kan hy teruglewer.

3

Adv Willem Smit, sel: 082 578 7909. Kwagga-smit@mweb.co.za WILD & JAG November 2014

11

1

H

kyk VRA – Vereniging van Regslui vir Afrikaans te: http://www.vra.co.za/index.php?option=com_content&view=category&layout=blog&id=3&Itemid=3 vir ʼn Afrikaanse vertaling van ons Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008.

“... deur die jagondernemer” – Deel 2



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.