Lente 2012
VASBYT www.radiopretoria.co.za • 104,2 MHz
Sarie Marais in Portugees Dis ons mense dié Wen met Blokraai
dis monumenTAAL Lesers se bydraes Programrooster Vasbyt lente 2012
+
Uitgawe 19 1 ISSN 2223-5906
gee jou
DROME
van môre vlerke
VANDAG
Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan Begrafnisdekking Hospitaalversekering
Skakel ons vandag nog by
0861 101 005
2
Vasbyt HERFS 2009
Vasbyt LENTE 2012
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Uit die redakteur se pen
Spesiaal 26 – 32 Programrooster 26 – 32 Radionuus
4
Artikels 4 Die geskiedenis van die taalstryd 5 Die nuwe taalstryd 7 Op pad na 2-miljoen hoorders 9 Kampnakomelinge sien Ons vir jou James Kemp is Vasbyt se nuwe redakteur.
Die soetste taal O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles. Van al die tale wat ek hoor, niks wat my siel ooit so bekoor. O moedertaal, o soetste taal! Jou het ek lief bo alles.
10 Kom ons bou die toekoms! 13 Cyrus breek ’n eerste lans vir Afrikaans 14 Op reis saam met Heinrich Marnitz 17 Kragdag weer ’n kragtoer!
Gereelde gunstelinge
Bogenoemde woorde van CF Visser uit O, Boereplaas is een van vele bewyse van hoe lief die Boere-Afrikaner sy taal het.
18 Kom krap in my skatkis
Op die musiekfront tree verskeie groepe en kunstenaars na vore. Afrikaanse sangers palm nasionale toekennings in waar hulle meeding met kunstenaars van alle tale.
25 Lesers se bydraes
Afrikaanse skrywers soos Deon Meyer se boeke geniet wêreldwye aanhang.
38 Woord en klank
Afrikaanse webwerwe, kletsforums en tydskrifte geniet ongekende belangstelling.
43 Eggo
Kunstefeeste is so gewild dat die gastehuise in die dorpe waar dit aangebied word maande vooruit vol bespreek is. Maar steeds is daar ’n swaard wat oor die taal hang; ’n swaard in die hand van ’n vyandige regering wat tot op hede geen aanduiding gegee het dat hulle van plan is om te help om die taal te beskerm nie. Inteendeel, Afrikaanse instellings veg op eie koste om die taal te beskerm. Daarom is die tema van hierdie uitgawe van Vasbyt die Afrikaanse taal. Die soetste taal! Ek bedank ook graag my voorgangers, Annemarie Joubert en Faan Rabie, vir die voortreflike werk wat hulle gedoen het om Vasbyt uit te bou tot die pragstuk wat u nou in u hande vashou. As nuwe redakteur sal ek my bes doen om daardie groot skoene vol te staan en daardeur ook ons taal te beskerm en te bevorder. Lekker lees! – James Kemp
V
7
10
20 Dis ons mense dié
33 Uit die kuierkombuis 34 Kyk wie kom kuier
42 Lellel
46 Blokraai-oplossing 47 Anker
Wen met 41 Wieweetwaar? 45 Blokraai 19
34
Voorbladfoto iStockphoto.com
Teken in op Vasbyt teen net R80 vir vier uitgawes Betaal R80 in ons bankrekening en faks die inbetaalstrokie saam met u naam en van, posadres, telefoonnommer en e-posadres aan ons. Faksnommer: 086 502 3167 Of: Pos ’n tjek van R80 aan ons. Sluit asseblief u naam en van, posadres, telefoonnommer en e-posadres in. Radio Pretoria,
Posbus 14935, Sinoville, 0129. Radio Pretoria: bankbesonderhede: Absa Rekeningnommer 090-148-524 Takkode: 33 46 45
Vasbyt 012 543 0120, tydskrif@radiopretoria.co.za. Posbus 14935, Sinoville, 0129. Uitgewer: Radio Pretoria, Redakteur: James Kemp, Assistent-redakteur: Betsie Steyn, Taalversorging: Mediadienste, Ontwerp: Graphcom BK, Voorbladkonsep: Aksent media, Advertensies: Linda van Schalkwyk, Drukker: Spektrum Drukkers. Vasbyt aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geldigheid van aansprake in advertensies nie. Klagtes moet asseblief regstreeks aan die betrokke adverteerder gerig word.
Vasbyt lente 2012
3
Die geskiedenis van die taalstryd
deur Andre Alkema
Mnr André Alkema is die voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans. Hy pleit dat ons ons taal suiwer moet gebruik.
O
ns roep die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in herinnering toe ’n aantal jong Afrikaners van die Paarl in die geheim bymekaar gekom het uit verset teen die verengelsing van die Kaap en andersyds om die behoefte aan ’n Bybel in Afrikaans te bespreek. Dit was die begin van die Eerste Taalbeweging. Tans beleef ons die Vierde Taalbeweging wat op 29 Januarie 1994 begin het toe ’n klompie manne en vroue wat besef het dat die voortbestaan van Afrikaans weer in die gedrang is, in die Bereasaal, Pretoria, bymekaargekom het en die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) gestig het.
Dié manne en vroue het besef dat, net soos na die Vrede van Vereeniging in 1902 toe vreemde magte oor die Afrikaner geheers het en Lord Alfred Milner Afrikaans uit staatskole verban het, so sou met die oorgawe aan ’n ANC-regime ook weer ’n aanslag op die voortbestaan van Afrikaans kom. Die geskie denis het hulle oordeel korrek bewys. Daar lê ’n hewige stryd vir ons taalstryders voor en ’n mens is opreg dankbaar vir die talle ander Afrikanerbemande organisasies wat sedertdien tot stand gekom het soos die Vriende van Afrikaans (VVA), Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA), Afrikaanse Geneesherevereniging (AGV), Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), Rekenmeesters vir Afrikaans (RVA) en Afriforum wat hulle vir die Afrikaanse taal beywer.
Stryd teen Afrikaans Tans voer die ANC-regime ’n hewige aanslag teen tradi sionele Afrikanerskole (model C-skole) deur dié skole te dwing om Engelstalige leerlinge te huisves. By gebreke aan ekstra leerkragte en ander hulpmiddele soos geld en klaskamers, word Afrikaanse en
“ Die grootste gevaar kom egter uit eie geledere. Indien daar nie ’n ‘standaard’ is nie, hoe kan daar gehalte bepaal word?”
Ons Klyntji, die maandblad van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gedurende die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, en die eerste Afrikaanse tydskrif. 4
Engelse leerlinge gedwing om saam klasse by te woon.
Afrikaners en hulle taal te verbreek.
Afrikanerouers het, indien hulle die Afrikaanse karakter van die skool wil behou, geen ander keuse as om hierdie aanslag op die Afrikaanse taal, kultuur en tradisie in die howe te gaan beveg nie.
Dit was tog immers die Afrikaner wat die hardste gewerk het om die grammatika en spelreëls van Afrikaans as deel van sy kultuur te ontwikkel. So ook het dr Danie Goosen, die voorsitter van die FAK, by ’n onlangse taalkonferensie gesê dat, alhoewel hy nie ander gemeenskappe se bydrae tot suksesverhale in die taal se geskiedenis onderskat nie, daar erken moet word dat die suksesse grootliks te danke aan Afrikaners is.
Volgens die Onderwyswet bepaal die beheerliggaam van ’n skool die onderrigmedium. Die vraag is net: hoe lank voordat hierdie wet gewysig gaan word en Afrikaners geen voet meer het om op te staan nie? Gaan Afrikanerouers dit gelate aanvaar en hulle kinders maar in Engels laat onderrig ‘omdat die wêreldtaal Engels is’ en dit hulle kinders sal ‘help’ indien hulle verder wil gaan studeer?
Kreools Die grootste gevaar kom egter uit eie geledere. Tydens ’n debat wat vroeër vanjaar in Kaapstad gehou is, het vooraanstaande persone by die SAUK gepleit vir die destandaardisering van Afrikaans. Volgens die sprekers in die debat, moet Afrikaans ‘geherstandaardiseer’ word en moet daar nou ’n nie-rassige Afrikaans geskep word. Hierdie is ’n duidelike aanval op die intieme band tussen Afrikaans en die geskiedenis van die Afrikanervolk. Radio Pretoria het in die verlede genoem dat die aanvalle ten doel het om die naelstring tussen
Een van die agente vir ver andering, prof Kees van der Waal van die Universiteit van Stellenbosch, kraak standaardAfrikaans af as ’n ‘morbiede’ taal, en hy pleit vir die kreoolse Afrikaans wat deur “baie bruin en swart Afrikaanssprekendes” gebesig word. Dog erken hy dat kreools sy ontstaan het as gevolg van die vermenging van Afrikaans en Engels. So, prof Van der Waal is ’n voorstander van die vernietiging van Afrikaans soos wat dit die afgelope 200 jaar of meer ontwikkel het, deur dit te deurspek met Engelse woorde.
Praat jou taal suiwer Indien daar nie ’n ‘standaard’ is nie, hoe kan daar gehalte bepaal word? Daarom pleit die GHA dat Afrikaners hulle taal suiwer sal hou deur keurige Afrikaans te gebruik waar hulle ook al gaan. V
Vasbyt LENTE 2012
Die nuwe taalstryd D
aar is versigtig optimis ties kennis geneem van ’n wysiging aan die konsep-talewet wat bepaal dat Afrikaans ook ’n kans staan om in staatsdepartemente gebruik te word. Dit was vir elke Afrikaans sprekende ’n verligting aangesien die oorspronklike wetsontwerp glad nie voorsie ning gemaak het vir Afrikaans nie. Dié konsepwet het bepaal dat twee uit die drie tale per provinsie sogenaamde voorheen benadeelde tale moes wees wat nie Afrikaans sou insluit nie. Met ’n vonkel in die oog het Radio Pretoria gesê dat Afrikaans na die AngloBoereoorlog onderdruk is en dus ook “voorheen benadeel” is. Die feit is egter dat die regering Afrikaans as ’n vyandige taal beskou.
Vasbyt het ’n paar taalstryders gevra wat gedoen kan word om Afrikaans te be skerm en te bevorder. Die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê elkeen wat Afrikaans liefhet, kan dit help beskerm en bevorder
“Aanvraag bepaal beskikbaarstelling, dus moet ons ook oral beleefd om Afrikaanse diens Alana Bailey vra.”
deur Afrikaanse produkte (mu siek, boeke, tydskrifte, rolprente, ensovoorts) te ondersteun, dit vir hulleself en as geskenke te koop. Sy het ook na die aanslag op Afrikaanse skole verwys en sê dat dit eerstens teengewerk kan word deur ouers wat hulle kinders in Afrikaanse kleuterskole en skole plaas. “Aanvraag bepaal beskikbaarstelling, dus moet ons ook oral beleefd om Afrikaanse diens vra,” sê Alana.
“Afrikaanse media, ook internetmedia, moet met behulp van die modernste beskikbare tegnologie bevorder word.” dr Dan Roodt
Die onlangse Suid-Afrikaanse musiektoekenning (SAMA) aan Steve Hofmeyr vir die meeste verkope is ’n bewys dat Afrikaners “met hulle geld praat.” ’n Direkteur van die ProAfrikaanse Aksiegroep (PRAAG), dr Dan Roodt, sê egter dat Afrikaans steeds agteruit gaan ondanks goeie verkope, en dat daar ook op wetgewing gesteun moet word om die taal te beskerm. “Ons moet die Suid-Afrikaanse grondwet, die volkereg, handhawing en ander middele
Arnoldus Pannevis – die taalkundige wat besef dat die KaapsHollands wat die mense gepraat het, genoeg verskil van Hollands en nie meer as dialek beskou kan word nie. Hy het die Vasbyt lente 2012 nuwe taal Afrikaans genoem.
gebruik om taaldiskriminasie te bestry. Afrikaanse media, ook internetmedia, moet met behulp van die modernste beskikbare tegnologie bevorder word,” sê dr Roodt. Die uitvoerende hoof van die FAK, dr Danie Langner, sê daar is twee belangrike feite wat die regering miskyk: eerstens dat Afrikaans ʼn taal van Afrika is, na die kontinent vernoem is en tot diep in Afrika gepraat word; en tweedens dat Afrikaans nie net ’n minderheidstaal is nie, maar die derde grootste taal in SuidAfrika. “Tog gebruik die regering Afrikaans om wraak te neem op die Afrikanerminderheid deur die aftakeling van Afrikaans as staatsdienstaal, onderwystaal en universiteitstaal. Afrikaanse organisasies moet alle demokratiese middele benut om die onreg te bestry- die parlement, parlementêre komitees en natuurlik die hof. Burgerlike organisasies moet ook die gemeenskap mobiliseer om op te te staan vir Afrikaans.” Die FAK se internasionale kantoor is reeds besig om in samewerking met ledeorganisasies soos Solidariteit en Afriforum ʼn internasionale
radio
pretoria Het ons lesers enige voorstelle vir die beskerming en bevordering van ons taal? Stuur ’n e-pos aan vasbyt@ radiopretoria. co.za.
veldtog te reël. Daar is in België en Nederland ’n nuwe belangstelling in Afrikaans en ’n herontdekking van die familiebande tussen die twee tale. Die FAK het ook die probleem onder ’n afvaardiging van Nederlandse parlementslede se aandag gebring. V
“Afrikaanse organisasies moet alle demokratiese middele benut om die onreg te bestry- die parlement, parlementêre komitees en natuurlik die hof.” dr Danie Langner
1933-Bybelvertaling Vertaal deur prof J D du Toit, prof EE van Rooyen, prof JD Kestell, dr HCM Fourie en prof BB Keet.
Eerstes: ons eie koerante
5
radio
pretoria
Projek Hupstoot Ken jy iemand wat moontlik by Radio Pretoria se vriendekring wil aansluit? Vul ’n paar verwysings se besonderhede op die onderstaande lyntjies in en stuur die bladsy aan Radio Pretoria. Ons belsentrum sal dan met hulle in verbinding tree. Indien tien van jou verwysings by die vriendekring aansluit ontvang jy die boek, Onthou: Kronieke van Vroue en Kinderlyding ter waarde van R520. Naam en van
Kontaknommer
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15
Ingestuur deur: ..................................................................................................................................................................................... Instuurder se kontaknommer.................................................................................................................................................................
Faks asb na 012 567 7394, e-pos na james.kemp@radiopretoria.co.za of pos na Posbus 14935, Sinoville, 0129 om in aanmerking vir die spesiale geskenk te kom. 6
Vasbyt LENTE 2012
Op pad na 2-miljoen hoorders R
adio Pretoria het ’n opwin dende pad van groei en ontwikkeling betree. Die bestuur het besluit dat hierdie proses ’n gepaste naam moet kry sodat ons weet presies waarvan ons praat as ons beplan aan meer en beter sen ders, beter ateljeetoerusting en alles wat daarmee gepaard gaan. Tans het Radio Pretoria nege senders bykomend tot ons sender op Kleinfontein wat die vernaamste deel van ons uitsaaigebied in Pretoria bedien. Hierdie nege senders bedien hoofsaaklik plattelandse gebiede in die ou Transvaal en Noord-Natal. Volgens ramings van die amptelike seinverspreider, Sentech, is die aantal volwasse Afrikaanse radioluisteraars in die gebiede waar ons senders het, sowat 400 000. Ons kan dus met redelike sekerheid aanvaar dat Radio Pretoria se “hoorders” op die oomblik sowat 400 000 mense is. Ons saai egter nie met volle kapasiteit uit vanaf ons senders in die digbevolkte dele naby Pretoria, die Rand en die Vaaldriehoek nie.
Indien ons net daarin kan slaag om ons volle gelisensieerde uitsaaikapasiteit te benut, kan ons baie maklik die 400 000 vermenigvuldig tot die 2-miljoen mense wat ons graag wil bereik.
radio
pretoria
Word ’n vriend van Radio Pretoria en dra by tot die uitbou van ons uitsaaigebied asook die gehalte van daardie uitsendings. Stuur die woord “vriend” na 45838 en een van Radio Pretoria se belsentrumagente sal u skakel.
Hierdie proses het pas begin en Radio Pretoria stel binnekort sy nuut-ingevoerde digitale sender op Kleinfontein in werking. Wanneer hierdie sender eers in werking is, sal die bestaande toerusting op Kleinfontein weer by ander senderstasies soos Greylingstad en Naboomspruit gebruik kan word, wat die uitsaaigebied van Radio Pretoria sonder twyfel aansienlik gaan vergroot. Met harde werk, noukeurige beplanning en danksy ’n waardevolle kapitaalinspuiting deur organisasies soos AfriForum en Solidariteit wat Radio Pretoria goedgesind is, is daardie 2-miljoen hoorders binne bereik. Die volgende doelwit is dan om daardie 2-miljoen hoorders te omskep in 2-miljoen luisteraars. Daardie pad lê voor, maar die eerste tree is reeds gegee. Radio Pretoria se luisteraars het reeds sedert Januarie vanjaar met 25% gegroei. V
Maggie Torrington is een van die agente by Radio Pretoria se belsentrum. Danksy stemvaslegging is dit nie meer nodig om hope papiere in te vul om ’n debietorder ten gunste van Radio Pretoria te teken nie. Die debietorderopdrag word sommer telefonies afgehandel.
Ons neem afskeid F rik Pieterse was in sy hele uitsaailoopbaan bekend vir sy goeie stem en interessante uitsendings. ’n Oud-kollega, Jaap Diedericks, beskryf hom as ’n volksman en gesinsman wat die Boere-Afrikaner se lewensbeskouing uitgeleef het. Met die totstandkoming van Radio Pretoria was hy ’n logiese keuse om as omroeper te betrek. Frik het nie ’n oomblik gehuiwer nie en sy ondervinding van die SAUK het ’n belangrike afronding en professionaliteit na Radio Pretoria gebring. Frik Pieterse en Johannes van der Walt het van meet af aan Radio Pretoria se uitsendings die nodige beheersdheid
Vasbyt lente 2012
gegee wat vir ’n nuwe radostasie in sy kinderskoene baie belangrik is. Met die jare het Frik later as programbestuurder verseker dat Radio Pretoria as “ons eie stem” by ons breë luistergehoor inslag gevind het en gevestig geraak het. Frik was alombekend en bemind en deur sy uitsaaivermoëns is Radio Pretoria feitlik onmiddellik as deel van die volkshuishouding aanvaar. Sy talent en toewyding het tot die radio se groei bygedra. Sy uitsaaitalent was oorerflik en een van sy kroos, Karen Zeelie, is reeds jare lank een van die blink uitsaaipersoonlikhede by Radio Pretoria. V
7
8
Vasbyt LENTE 2012
Kampnakomelinge sien: Ons vir jou D it was ’n roerende ervaring vir 1 200 nakomelinge van mense wat in die Britse konsentrasiekampe was om in Julie die musiekspel, Ons vir jou, in die Staatsteater te beleef.
Dit het aan die teatergangers se harte geraak; sommiges het selfs ’n traan of twee weggevee en die liedere (geskryf deur Sean Else en Johan Vorster) het die mense in vervoering gehad.
Die vakbond, Solidariteit, het die spesiale opvoering van Ons vir jou aangebied vir die personeel van Radio Pretoria en 1 200 gaste wat kon bewys dat hulle voorouers in die Tweede Vryheidsoorlog (ook genoem die Anglo-Boere-oorlog) en in die konsentrasiekampe was.
Dis onnodig om te sê dat hulle ná die optrede, soos na alle voriges, staande toejuiging ontvang het. Menigeen het daarna De la Rey, De la Rey en Ons vir jou Suid-Afrika geneurie!
Die bekende operasanger, Rouel Beukes, het die hoofrol van genl Koos de la Rey vertolk en dit was – saam met die ander spelers – ’n ongelooflik sterk en goeie opvoering.
rybekwame nuussk Radio Pretoria se e tig ag pr ar ha ade, en wer, Jeanette Gn skit’n t di t da ns ee t s di dogter, Gina, wa g was. in er vo op e nd re te
* Kraal-Uitgewers, van die Solidariteitgroep, het as deel van vanjaar se viering van die 110e herdenking van dié oorlog, ’n vyfde boek in die Erwe van ons Vaad’re-reeks uitgebring. Die titel is Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding 1899 – 1902.
berig en foto’s: Betsie Steyn
Daar was heelwat mense van Kleinfontein by die Staatsteater. Hier is dr Willie en mev Hattien Burger, en Rita en Blackie Swart.
Ja, daar was heelwat jongmense wat ook kom kyk het. Hier is van Radio Pretoria se mense: Retha en Pieter Rischmuller (die maltrap smullend aan ’n heerlike koeksister), en Linda en Frikkie van Schalkwyk. Linda is in die finansiële en administratiewe afdeling by die radio.
Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Flip Buys en AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, albei ook direkteure van Radio Pretoria, geniet saam hulle gades, Melanie en Riesl, ’n koppie tee.
Andries Breytenbach (voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad), sy vrou, Marietjie, en omroeper Friedel Hansen. Die Breytenbachs woon op Kleinfontein.
Die bekende sangeres, Nad ine, die kontre Magnum, en isanger, Lee Karien (wat bi nnekort saam gaan vrystel) Lee ’n album het die opvoer ing bygewoo n.
9
Kom ons bou die toekoms!
deur Flip Buys
1870, en die Afrikaner se opstaan en ontwikkeling na 1902. Die rede vir die mislukking van die linkse rewolusies en sukses van die konserwatiewe omwentelings, moet in die onderliggende waardestelsels van die betrokke leiers en die lewensbeskouings wat hulle optredes gerig het gesoek word. Mnr. Flip Buys is die Uitvoerende Hoof van die Solidariteit Beweging.
I
n krisistye kyk mense na die verlede vir leiding oor die toekoms. Die rede hiervoor is dat uitstaande vorige leiers tydlose beginsels en waardes gevestig het, wat gehelp het om hulle mense uit die historiese doodloopstrate te lei. Daarom is die lewensgeskiedenisse van groot leiers in ’n sin noodsaaklike handleidings vir die oorkoming van bykans onoorkombare bestaanskrisisse. Die beste Afrikaner-voorbeeld hiervan is die afskeidswoorde van President Paul Kruger, wat na die Tweede Vryheidsoorlog die rigtingwyser vir die opstaan na die verwoesting was. Honderd en tien jaar gelede het ons voorouers inderdaad die beste uit die verlede geneem, hulle ideale opnuut gevorm, en die toekoms daarmee gebou. Dit is interessant dat nie een van die linkse rewolusies in die wêreldgeskiedenis geslaag het nie. Die bloedige mislukking van die Franse Rewolusie was die voorspel van die daaropvolgende mislukkings van die Russiese, Chinese en al die ander Marxistiese rewolusies. Aan die ander kant was konserwatiewe omwentelings oor die algemeen suksesvol, soos die Amerikaanse “rewolusie”, die Japannese modernisering van
Mandela en Kruger Kom ons neem twee uiteenlopende voorbeelde uit ons land se geskiedenis: Winnie Mandela en Paul Kruger. Winnie Mandela se bekende woorde in 1986 het waarskynlik ’n bepalende invloed op die ANC se struggle gehad: “We shall liberate this Country with our matches and our necklaces”. Hierdie woorde van haar is tekenend van ’n gevegsonder-reëls, en vorm waarskynlik ’n belangrike onderdeel van die struggle kultuur wat so ’n kerndeel van die ANC se politieke kultuur geword het. Die ANC staan vandag nie meer geweld voor nie, en die party se waardestelsel rus op veel meer as Winnie se destydse woorde, maar die party sien homself nog steeds as ’n rewolusionêre party en ’n “gedissiplineerde linkse mag”, met alles wat dit verteenwoordig. In sy studie oor die rede vir die val van Groot Ryke, kom die historikus Cormac O’ Brien tot ’n insiggewende gevolgtrekking. Hy sê dat die vaardighede wat nodig is om ’n land oor te neem en die vaardighede wat nodig is om ’n land te bestuur, direk teenstellend is, en dat dit die hoofrede vir die val van die Ryke is. Krygshere soos Alexander en talle na hom kon lande oorvat, maar kon hulle nie suksesvol regeer nie. Hierdie insig van O’Brien kan ook op die ANC van toepassing
10
gemaak word. Die Marxisme is ’n uitstekende ideologie om ’n land oor te neem, maar ’n rampspoedige ideologie om ’n land mee te regeer. Dit is ook die onderliggende rede vir die mislukking van al die linkse rewolusies: die ideologie help sy aanhangers om ’n land oor te neem en alle bestaande instellings en strukture omver te werp, maar beskik nie oor die intellektuele gereedskap om weer op te bou en ’n suksesvolle regering te vestig nie. Dis in wese ’n opstands- en afbreek politieke kultuur, en nie ’n opbou-regeerkultuur nie. Dis nie dat al die linkse aanhangers net wíl afbreek nie, maar hulle kán net nie opbou nie, dis bloot nie deel van hulle kenmerkende aggressiewe politieke kultuur nie.
Opboukultuur Die onderliggende waardes van Konserwatiewe omwentelings is bewaring van die beste uit die verlede, en die opbou van die toekoms daarmee. Waar daar net probeer is om die beste vas te hou sonder om in die toekoms daarop voort te bou, het sulke pogings misluk omdat dit ’n blote vassteek in die verlede was. Maar President Kruger se woorde het die grondslag gelê vir die na-oorlogse wonderwerk van die mo dernisering van die Afrikaner in ’n rekord tydperk- die eerste suksesvolle modernisering in Afrika. Die merkwaardigste deel van hierdie sukses
was dat Afrikaners eers hul taal moderniseer het, en toe deur Afrikaans hulself moderniseer het – ’n broodsaak, soos Van Wyk Louw dit gestel het. Die “Monumente” van hierdie sukses is vandag nog orals te sien, al is sommige daarvan al gehawend weens die verwaarlosing na 1994. Daarmee word nie eerstens na geskiedkundige monumente verwys nie, maar na die beste infrastruktuur in Afrika wat hier deur ons voorouers ontwikkel is – ’n ware Europa in Afrika. Die Afrikaner het byvoorbeeld nie die Engelse instellings soos universiteite oorgevat of afgebreek nie, ons het ons eie wêreldklas instellings langsaan gebou, en ons volk daarmee moderniseer en tot die Eerste wêreld opgehef. Ons voorouers het ook nie die Engelse maatskappye of die infrastruktuur wat hulle opgebou het afgebreek nie, ons het daarop voortgebou en dit verder verbeter tot wêreldstandaarde.
Afbreekkultuur Die ANC regeer nou die land op ’n “strugglestyl”, waar die 1994 oorname nie gesien word
Paul Kruger, oud-President van die ZAR.
Vasbyt LENTE 2012
as die einde van die “struggle” nie, maar bloot as ’n belangrike mylpaal. Die “struggle” word nou voortgesit met staatsmag en staatsbronne, en hulle “struggle”-doelwitte word met wetgewing deurgevoer. Waar die ANC in die Mandela-era homself nog as die “bevryders” van almal voorgehou het, regeer hulle deesdae as die “oorwinnaars” met planne om eersdaags die “heersers” te word. In die proses is Afrikaner instellings, wat met onbeskryflike opofferings opgebou is, sonder meer oorgeneem, verengels en Afrikaniseer, en in die meeste gevalle afgebreek of platbestuur. Kyk maar hoe veel skole, dorpe, hospitale, universiteite en staatsinstellings van uitnemende Eerstewêreld Afrikanerinstellings na sukkelende derdewêreld instellings omskep of “getransformeer” is. Hierdie kulturele vandalisme word selfs op simboliese vlak gevoer met die kompromielose verandering van plek- en straatname. Die aftakeling van
012 802 1441 083 228 8572 Kleinfontein
Afrikaans en die Afrikaner se kultuurgoed, kom soms selfs op kulturele oorlogvoering neer, waar die oorwinnaar sy waardes en kultuur bloot af dwing en die ander vernietig.
“Kom laat ons daarom die hand aan die ploeg slaan, die beste uit die verlede neem, en ’n toekoms daarmee bou waar in die Afrikaner ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan.” Die “Monumente” van die ANCregering is orals te sien, vanaf die stukkende padnetwerk, die
sterwende babas in staats hospitale, die disfunksionele openbare skole, die gewelds misdaad wat die land teister, en die grootskaalse vermorsing van belastinggeld waarvoor kliphard gewerk is. Hierdie “struggle”-regeerstyl is die onderliggende rede agter die ANC se demodernisering en Afrikanisering van Suid-Afrika. Die gesamentlike uitwerking van hierdie twee prosesse is dat Suid-Afrika ál meer as ’n vervallende staat beskryf word, al is ons gelukkig nog ver van ’n vervalde staat af. Net soos al die ander rewolusies weens hulle onderliggende ideologie misluk het, kan die ANC ook nie slaag nie, en is die uitdaging vir die Afrikaner om nie saam met die staat onder te gaan nie.
Opboukultuur Die vraag is wat die Afrikaner se groot leiers soos President Paul Kruger vir ons vandag sê? Sy afskeidswoorde is steeds van toepassing, omdat dit ’n tydlose en beproefde suksesresep is
waaruit ons steeds energie kan put. Dit is so dat veel van wat opgebou is tans vernietig of vervalle is. Dit is ook so dat die verlede nie gaan terugkeer, dat die hede nie gaan stilstaan, en dat die toekoms nie op ons gaan wag nie. Maar die onderliggende “kulturele kapitaal” wat President Kruger se woorde in ons volkskarakter ingebou het, gaan die Afrikaner as Eerstewêreldvolk in staat stel om selfs in die uiterste omstandighede suksesvol te wees. Ons moet trots wees op wat ons voorouers bereik het, maar ons kan nie net by hulle prestasies stilstaan nie. Elke geslag is verantwoordelik vir sy eie tyd, en dis nou ons beurt om ’n toekoms vir ons volk te skep. Kom laat ons daarom die hand aan die ploeg slaan, die beste uit die verlede neem, en ’n toekoms daarmee bou waarin die Afrikaner ook blywend vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. V
Kom koop in die splinternuwe Kruinreservaat op Kleinfontein
Onmiddellik beskikbaar: Groot, ruim, sonnige eenhede met twee slaapkamers en twee badkamers. Luukse afwerking en aluminiumvensterrame. Naby die Sorgsentrum.
Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u.
e eenhede Slegs twe baar nog beskik
Kom ervaar Kleinfontein se rustige omgewing Vasbyt lente 2012
11
12
Vasbyt LENTE 2012
Cyrus breek ’n eerste lans vir Afrikaans deur Betsie Steyn
N
og is het einde niet: net sodra ’n mens dink jy ken hom, weet omtrent alles van hom, dan kom genl Cyrus Smith, bekende en beminde vriend van Radio Pretoria, vorendag met nog ’n verrassing! Dié keer het die “argiewe” iets opgelewer wat baie interessant en wetenswaardig is: In ’n boek, ATKV 1930-1980 / Monumentaal die Bouwerke, kom ons af op ’n brokkie oor die jong Cyrus waar hy as inligtingsattaché in Lissabon aan verskeie hooggeplaaste Portugese van die Akademie aldaar Afrikaans-klasse aanbied. Bygesê: dit was die eerste keer dat so ’n taalklas ooit in die Europese land gegee is!
Die destydse minister, MC Botha, het die boek voorin geteken met die byskrif: “Aan ’n ou vriend wat op baie terreine diep, blywende spore getrap het – dankie daarvoor.”
In dieselfde boek kom ons af op ’n getuigskrif wat op 13/101967 in die Journal do Comérco-koerant verskyn het waarin die uitstaande werk van Cyrus Smith in Portugal hoog aangeskryf en geprys word. Daarin word ook gemeld dat die klomp Porras – danksy Cyrus – heerlik Sarie Marais gesing het – ook ’n eerste vir almal daar! Op 18 Oktober dieselfde jaar verskyn in die Diario de Lisboa ’n artikel oor die afskeidsete wat in een van Lissabon se beste restourante vir Cyrus
aangebied is. Daarin word gesê dat die Portugese spyt is dat hy afskeid neem, maar dat hulle hom altyd as ’n baie goeie vriend sal onthou. Die name van die hooggeplaastes wat saam geëet het is werklik indrukwekkend! V
’n Nostalgiese oomblik: die jong Cyrus Smith en die destydse ambassadeur, Boy Viljoen, leer die ambassadepersoneel in Portugal om Afrikaans te praat. Langs Cyrus is dr Francisco Velozo, president van die Portuguese Akademie. Cyrus is voorwaar ’n baie interessante man!
Die musiekwedstryd: Sarie Marais in Portugees Afrikaanse ambassade aan die wenner oorhandig.
’n Geskiedkundige foto uit die argiewe: die ambassadeur in Portugal, mnr Boy Viljoen, oorhandig ’n prys aan vader Crispin vir sy wenvertaling van Sarie Marais. Mev Dulcie Viljoen is heel regs en die organiseerder, Cyrus Smith, staan heel links.
D
’n wedstryd in die amptelike tydskrif, Noticias de Afrika do Sul, gereël vir ’n vertaling van Sarie Marais in Portugees.
In sy jong dae was genl Cyrus Smith, gewilde Radio Pretoriaaanbieder, militêre attaché in Portugal. Daar het hy in 1966
Die bladmusiek en woorde was in Afrikaans en Engels en die wenner was vader Crispin, ’n Katolieke priester. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het ’n spesiaal gebinde FAK-musiekbundel as prys aangebied en dit is in die Suid-
ie interessante artikel wat Friedel Hansen in die vorige Vasbyt oor Sarie Marais geskryf het, is nie die laaste woord oor dié bekende dame van Afrikaanse musiek nie. Daar is nog ’n juweeltjie om te deel:
Vasbyt lente 2012
Die Afrikaanse weergawe en die Portugese vertaling is toe op die plaaslike televisie aangebied en deur die beste koor in Portugal, die Harmonie Dameskoor, gesing. Een van Portugal se voorste soprane, Judith Lupi Freire, en die toe bekende trio, Os Tres de Portugal, het dit ook gesing en gespeel. Dié trio het dikwels in die fado-restaurant, die Machado, opgetree. Cyrus het gereeld Suid-Afrikaners soontoe geneem, waar die sanggroep die gaste dan by hulle tafel met dié lied verras het. “Hulle het dit terdeë geniet,” vertel Cyrus. ’n Blinde trekklavierspeler en sy jong dogter het gereeld in die strate in die stad opgetree en elke Vrydag ook in die gangetjie agter die ambassade gesing. ’n Hoogtepunt was toe senator Jan de Klerk as minister die ambassade in Lissabon besoek het en een Vrydag by die venster gestaan en luister het hoe
die twee dit speel en sing! “Hy was so verras toe die dogtertjie Sarie Marais in Portugees sing, dat hy skoon emosioneel geraak en trane in sy oë gekry het,” vertel Cyrus. Hier is die Katolieke priester, vader Crispin, se Portugese vertaling van Sarie Marais: O Sarie Marais, meu Amor, Que tao longe estás e eu nao posso ver! Eu vim para a guerra e tu ficaste Lá nas terras do Mooi por mim a sofrer! Coro: O brisa, vai comigo ao Transval, Pátria do sonho em flor ... É lá que, há muito, ansiosa, Espera por mim, Sarie Marais, meu Amor! (bis) O Sarie Marais, meu Amor, Que tao longe está por mim a rezar! Oh! pede au Senhor que eu volte em breve Para junto de ti, para te abraçar! V
13
Die St Vitus Katedraal in Praag.
Op reis saam met Heinrich Marnitz Foto’s: Isabel Marnitz
Henrich Marnitz en sy vrou Isabel het onlangs deur Praag, Hongarye, en Budapest gereis. Hier is ’n paar foto’s wat op hul reis geneem is.
Christine van Wyk toere weet hoe om twee weke van jou lewe in ’n ander wêreld te omskep. Skilderagtige wonings in Durnstein. Huise hier dateer uit die sestiende en agtiende eeu.
14
Tel: 012 546-4967 Vasbyt LENTE 2012
Verwisselling van die wagte voor Praag Kasteel in Praag. Kleurryke wonings  in Passau, een van die mooiste Duitse stede aan die oewer van die Donau.
Vasbyt lente 2012
Keurige groente en vrugte op groot binnenshuise Hongaarse mark in Boedapest.
15
MAYVILLE ONDERDELE Ingestel op diens
Mayville Onderdele is baie opgewonde oor Autobarn-konsessies wat tot groot voordeel van kliënte gaan strek. Die Australiese verbintenis gaan Mayville Onderdele beslis meer mededingend maak en beter gehalte en verskeidenheid vir kliënte bied. • Mayville Onderdele is reeds 25 jaar in die bedryf • Eddie het 45 jaar ondervinding – en is ’n deskundige oor die restourasie van antieke motors • Mayville Onderdele ondersteun reeds jare lank 17 blanke welsynsorganisasie
ans
a Trots Afrik
Steve Nel, Norman Kruger, Francois Botha, Eddie Engelbrecht, Manie Engelbrecht en Johan Davel – altyd gereed om klante by te staan met vriendelike diens in Afrikaans.
Spesiale aanbod: Batterye teen
R395
met 1 jaar waarborg
Groottes 610 tot 646
Heila Mienie, Tina Engelbrecht, Heidi Booyens en Doreen Roux – die vriendelike administrasie dames. Terwyl voorraad hou
Tel 012 335 4960 Faks 012 335 7087
Paul Krugerstraat 878, Mayville, Pretoria 0082
16
Vir alle motor, trok en trekkeronderdele, batterye en smeermiddels Vasbyt LENTE 2012
Kragdag weer ’n kragtoer! berig en foto’s: Betsie Steyn
D
ie Kragdag gaan van krag tot krag – elke jaar is daar meer en meer besoekers wat by die Kragdag gaan kers opsteek oor kragbesparing.
Hendrik en Alid a Verwoerd is die krag agter di e Kragdag.
Radio Pretoria het darem sy bydrae gelewer om die Kragdag te bevorder deur weekliks onderhoude met Hendrik en Alida Verwoerd, die organiseerders, en van die uitstallers wat aan die Kragdag sou deelneem, te voer. Die pas afgelope kragdag – die derde een wat die Verwoerds by Diamantvallei aangebied het – was weer ’n kragtoer! Die 120 uitstallers was almal effens bekommerd oor die bewolkte weer en moontlike reën, maar dit was toe uiteindelik ’n groot sukses. Diegene wat hulle produkte as alternatiewe vir die Eskomkragprobleme vertoon, gedemonstreer en uitgestal het, moes hulle kundigheid en slag wys om die doeltreffendheid en geloofwaardigheid daarvan te bewys! Daar was stowe, potte, kaggels, allerlei beligtingstoestelle, sonverwarmers, kragopwekkers, waterstelsels en pompe en selfs “perdekrag”! By al die stalletjies het heeldag baie mense gestaan en kyk na die demonstrasies. Die tema was Doen jou eie ding.
Afriforum het ’n ondernemerskapwedstryd vir kinders aangebied. Dit is beoordeel volgens die aanbieding, aantreklikheid, die doeltreffendheid van en of daar geld verdien kan word met die produkte, die gewildheid daarvan onder die besoekers en eintlik watter die “oulikste” is. Die kinders moes eie ondernemingsgees gebruik, self planne maak en dit uitvoer en die ouers mag nie gehelp het nie. Daar was vier geldpryse en Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake van Afriforum, het dit nie maklik gehad om vier wenners uit die 19 inskrywings te kies
“Hoewel dit een dag in ’n jaar amptelik aangebied word, geld die alternatiewe kragprodukte en -omskakelings dwarsdeur die jaar,” sê Hendrik. Dit was ’n vol program en tussen die gemaal van honderde besoekers by al wat uitstalling was, was daar lesings oor toepaslike onderwerpe. Frans Joubert het oor groen argitektuur gesels, Mark Tiepelt oor biogas en Johan
Ses spanne – almal jeugdige kokke – het hulle vir die kookkompetisie ingeskryf en die enigste voorwaarde was dit hulle induksiestowe moes gebruik. Hulle almal het pryse gekry, want al die disse was heerlik en goed voorberei. James Kemp (links) en Annemarie Joubert was die beoordelaars “en dit was vir ons baie moeilik om ’n eerste plek toe te ken”.
Vasbyt lente 2012
nie. Hier staan hy (links) en Leon Botha, klankman van Radio Pretoria, tussen die wenners. Dirk van Reenen het eerste prys behaal met sy flitse, messe en laserligte; tweede was Willem van Heerden en sy aartappelspirale (Esmarie van Heerden, hier tussen die seuns, het die prys namens hom ontvang); Jason, JD en Hein het baie hoë gehalte pyl- en boogstelle van veselglas gemaak; en Hennie, Frens en Jan-Petrus Steyn het gemmerbier en -koekies verkoop.
Slabbert oor die omskakelings proses van Eskomkrag na alternawe kragbronne vir huishou dings en ondernemings. Die Volkskommando het ’n selfverdedigingvertoning gehou, daar was ’n kookkompetisie, ’n ondernemerskapwedstryd vir kinders en heerlike eet- en drinkgoed waarmee besoekers hulle liggaamskragreserwes kon aanvul. V
Die Volkskommando het onder leiding van genl Danie du Toit ’n selfverdedigingsvertoning gehou. Hier wys hy hoe selfs ’n 80-jarige persoon ’n aanvaller met net sy vinger kan fnuik. Daar is gewys hoe mense hulleself op verskillende maniere kanverdedig – as hulle weet hoe – en daarom het hy ’n beroep op die besoe kers gedoen om aan te sluit om hulleself in die huidige omstandighede te kan help tydens aanrandings.
Een die interessantse uitstallings was hierdie toestelletjie wat getoon het dat selfs die hand se hitte en sonlig die suiertjie kan laat beweeg om die wielietjie te laat draai. Dit is ’n klein model van wat die Amerikaners (NASA) in ruimtetuie en duikbote gebruik om elektrisiteit op te wek. Dit word tans in Suid-Afrika verder nagevors as alternatiewe kragbron. Hier hou Greg Sloan die uiters sensitiewe demonstrasiemodel vas vir die ingewikkelde krag opwekkingsproses.
Hierdie uitstalling van Bushnest was ’n kampeerder se droom! Alle krag in en om die tent word met sonkrag opgewek: yskaste, beligting, stowe en wat nog meer.
17
Kom krap in my skatkis
Mangapau! M
y jongste broer is ’n sakeman wie se werkspanne tegniese werk oor ’n wye gebied doen. Vandag se werkers is gebreinspoel om alles te wil hê en niks te wil doen nie. Om diens uit hulle te kry, vereis spesiale talente – en soms ’n spesiale woordeskat. Omdat sy spanne wyd werk, moet my broer daagliks ry tussen medepadgebruikers wat geen benul van padreëls het nie en die pad gevaarliker as ’n slagveld maak. As ’n mens nie spesiale woorde het om met hulle te praat nie, kan daar ’n aar in jou kop bars. My broer stel ook belang in rugby. Met die verneukery en omkopery wat rugby kenmerk sedert dit ’n politieke, geldgemotiveerde bedrogspul geword het, is daar dikwels spesiale woorde nodig om sommige vuilspelers, skeidsregters, administrateurs en kommentators mee te beskryf. Maar my broer is ’n liefdevolle mens wat nie graag kru of kwetsende taal gebruik nie – hoe groot ook al die uittarting – daarom het hy vir homself ’n spesiale woord uitgedink wat hy sy kwelgeeste kan toevoeg: Mangapau!
Die voordeel van mangapau is dat dit nie in die woordeboek staan nie. Daarom kan die een wat dit sê daarmee bedoel net wat hy wil, en die een vir wie dit gesê word kan dit vertolk net soos hy wil. Dit het geen betekenis nie, daarom kan dit nie tot haatspraakhofsake en burgerlike eise lei nie. Die aanhoorder moet maar self besluit hoe ernstig sy oortreding is en “mangapau” daarvolgens vertolk. Dis sy eie besluit of dit ’n aanmoedigende troetelwoordjie of dalk iets sterkers is. Negentien uitgawes lank mors ons kosbare Skatkisplek om te probeer om Afrikaners om te haal om Afrikaans te praat, maar steeds is daar taalterroriste wat met hulle growwe pote bo-oor die skatte van Afrikaans trap om vir hulle ’n compact disc (cd), ’n short message service (sms), ’n digital video disc (dvd) of ’n website uit Ingels se rommelhoop te krap. Steeds is daar angloknegte wat botweg beweer dat daar geen Afrikaanse woorde vir eenvoudige Ingelse sake soos clutter of ok is nie. Vir daardie vertrappers van Afrikaans sê ons vandag: Mangapau! Ons gaan nie verder tyd met julle mors nie; tyd wat ons Afrikaansliefhebbers veel nuttiger kan gebruik met die waardering van die oorvloed kosbaarhede in die skatkis van Afrikaans.
Kom krap in my skatkis Lees is nie net die sleutel tot wysheid, verrykende ontspanning en aangename vermaak nie, maar ook tot geletterdheid en persoonlikheidsontwikkeling. Ouers wat hulle kinders liefhet, ontsluit sommer vroeg al die skatkis vir hulle deur vir hulle stories voor te lees en versies is ’n veren liedjies te leer. Daardie Kinderkeur uit AG Visser uit al die Sanger saamlees, met tyd tussenin sameling kindergedigte albums. ISBN 0 vir vrae vra en stry en bevan Suikerbosrand se haik. spiegel oor wat volgende gaan 627 00290 0, JL van Sc
18
gebeur, is die grootste geskenk wat jy ’n kind kan gee. Daar is puik boekies vir kinders van alle ouder domme in Afrikaans beskikbaar, maar blaai tog maar die boek deur voordat jy koop om seker te maak dat dit by die waardes pas wat jy jou kind wil leer. Sommiges probeer deesdae sluwe boodskappe deursmokkel.
Pure leesgenot is TO Honiball se Adoonshulle, wat nou in boekv orm beskikbaar is. ISBN 978 0 620 389 98 3, Naledi. Dom Boer se Boekboerder y het syne by Hutten-Buchdienst gek oop.
Elke Boerekind moet die kans kry om versies van kinderdigters soos Tienie Holloway en AG Visser te leer ken, soos dié een van AG Visser:
Die wilde ruiter My ryperd is die stokkie, die lat is my karwats; my perd se naam is Bokkie, karwats se naam is Rats. Ek kom net van my skaap af, my beeste op die plaas; Gisteraand nog van die Kaap af, Vanaand na Oemkomaas.
wat wil-wil bekend lyk onder mense wat ons ken: Die padwerkers wat meer na ’n standbeeldfabriek lyk as na ’n werkspan; die burgemeester, doktor Kaas Windvogel, wie se toesprake grootliks uit “Ik” bestaan; Saartjie Sekelstert, die buurvrou met ’n raat vir elke siekte; prokureur Naelskraap wat enige skewe saak reg bekook; madame Patate se skoonheidsalon; en Hermaans Turksvy, die boertjie van agter die Magaliesberge af.
Ek jaag verby ’n jokkie, ek wen die westewind. My perd se naam is Bokkie, En myne... Pa se Kind! ’n Pragboek – en nie net vir kinders nie – is Pieter W Grobbelaar se keur van vroeë Afrikaanse verhalende verse, genaamd Stories op Rym. Hierdie waardevolle boek bevat rymstories van die vroegste dae van Afrikaans af – soos Die apies se bruilof en Op Hartebeesfontein – en ’n mens kan die prente daarby ure lank bewonder.
Ken jy hulle? Goeie nuus vir oud en jonk is dat Naledi TO Honiball se klassieke strookprente, Adoonshulle, Jakkals en Wolf en Oom Kaspaas, in boekvorm uitgegee het. Adoons-hulle en Jakkals en Wolf is propvol karakters
nie net kosbare Stories op Rym bevat prentjies waarna verhale nie, maar ook s hierdie een by soo , jy ure lank kan kyk witjie, wat die eeu Sn ig, ged AG Visser se ltjie de Beer vertel. heldedaad van Rache Lapa. ISBN 0 7993 2803 0, In Oom Kaspaas, met sy ewige grootpratery en selfophemeling, sien ons ook iemand wat ons dalk ken... Met die kinders nou fluks aan die lees, is dit tyd vir een van die lekkerste lese wat jy seker
Vasbyt LENTE 2012
kan kry: lees met ’n padkaart by jou, dan begin die woorde wat jy lees beelde bykry. As jy, soos Dom Boer se Boekboerdery, toegang daartoe het, word die lees nog interessanter as jy ’n pleknaamwoordeboek byderhand hou om regtig te verstaan waar die verhaal afspeel. Daar is Raper se Streekname in Suid-Afrika en Suidwes, PJ Nienaber se Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek, Oranje, Blanje, Blou van JF Jacobs wat die ontstaan en name van Vrystaatse dorpe beskryf, Rosenthal se Ensiklopedie van Suidelike Afrika wat soos ’n storieboek lees, BPJ Erasmus se Op pad in Suid-Afrika, wat ongelukkig vreemde name aan sommige Boeredorpe toedig en
Zyl se boek oor die bou van Boegoebergdam in jou hand na die Oranjerieviervallei; of met Sue van Waart se Swartberg en sy mense of Paleise van die pluime Kleinkaroo toe; of Kalahari toe met Willem D Kotzé se Voetspore in die Kalahari; of Wildtuin toe met Veldwagter! deur Hannes Kloppers of Die Uile in die Wildtuin deur Cor Dirks. Gaan kyk self waar elke vertelling afgespeel het en blote lees word ’n belewenis. Ontmoet self die stoere oumen se wat ons land makgemaak het in boeke soos Transvaalse gister deur Albert Kuit. Blote plekname wat in die verlede langs die pad by jou verbygewoerts het, kry vir jou betekenis as jy met ’n boek soos prof Victor d’Assonville se Generaal de Wet in die Vredefortkoepel ’n wyle in Koppies se omgewing vertoef. Jy kan ’n oomblikkie diep gaan nadink by die twee reuse akkerbome waaronder genl De Wet se troue oorlogsperd, Fleur, begrawe lê.
Met die boek in jou hand kan jy jou eerstehands gaan inleef in die geskiedenis wat gemaak is op die stasietjies, Vredefortweg (vandag Greenlands), Serfontein, Heuningspruit en mense – ’n flukse natuurlik Rooiwal – Rooiwal, In Boegoebergdam se tel Lokkie van Zyl waar genl De Wet met net draai van die wiel, ver rsettingsvermoë 80 man 172 goed ingegraafvan die swaarkry en deu arbeiders die waarmee blanke handede kakies oorrompel en 7, 74 0 620 221 dam gebou het. ISBN £750 000 se Britse krygstuig Lokkie van Zyl. vernietig het. talle gedenkuitgawes oor dorpe, gemeentes en die Simboliese Ossewatrek van 1938. As jy ons land, sy geskiedenis en sy mense eers so leer ken het, maak jy ’n plan om self te gaan kyk – met Lokkie van
Onder hierdie twee akkerbome naby Koppies lê genl CR de Wet se oorlogsperd, Fleur, begrawe. Vasbyt lente 2012
Vandag nog kan jy die krater sien waar die Britse ammunisie en bomme opgeblaas is in ’n ontploffing wat tot by Frankfort (110 km daarvandaan) gehoor kon word. Die krater was oorspronklik 30 meter lank, 18 meter breed en 6 meter diep.
Lees gee jou vlerke Met lees kan jy nie net oral gaan waar jy wil nie; jy kan jou ook na enige tyd verplaas en na die geselskap van enige groot gees soos Langenhoven, JHH de Waal, Totius, Eugene Marais... Lees is vandag die sekerste manier om te leer spel en skryf, en een van die interessantste dinge om te lees is ’n woordeboek. In hierdie skatkis leer jy dat kakie kakie gespel word en nie khaki, soos so baie misleides deesdae doen nie, dat Zoeloe Zoeloe gespel word en nie Zulu nie, dat ’n Ingelse mop in Afrikaans ’n dweil is en brawn sult, dat ’n erkentlike mens iets waardeer en nie wardeer, wardeur of waardeur nie, dat op soek en op pad en so pas telkens twee woorde is (tensy jy jou ouma opsoek) en om nie die woord, gelukkig, te gebruik wanneer jy tevrede bedoel nie. Ongelukkig is ons woordeboeke ook besig om agteruit te gaan. HAT weet byvoorbeeld nie van boslanser nie, maar saai kwistig onkruidwoorde soos nice, song, show en ok – wat gulsig deur die taalterroriste opgeraap word. Oor hierdie besoedeling kan ons maar net vir die woordeboekmakers sê: Mangapau! Pharos weet darem van bos lanser, al verstaan hulle nie mooi waar die woord vandaan kom en dat dit genl Ben Viljoen se benaming was vir lafaardburgers wat in die Bosveld met hulle beeste gaan skuil het toe hulle saam moes veg nie. Lees die woordeboek dus maar ook omsigtig en moenie flessie met ’n v spel soos Pharos nie.
As die Afrikaans-gogga jou eers byt, word dit al hoe interessanter. Dan verslind jy die Afrikaans-boeke op die Boekboerdery se rakke, soos onder talle meer Afrikaans op sy beste van Prinsloo en Odendaal, Taal en taalverskynsels van Scholtz, Sakboek van regte Afrikaans deur Spies en Combrink, Die Afrikaanse Deel van die krater wat gevorm Woord deur Eksteen, Spel is toe genl De Wet se burgers op reg! deur Combrink, Nuwe 7 Junie 1900 £750 000 se Britse taalgids deur Coetser, krygsvoorraad by Rooiwal-stasie opgeblaas het.
Prof Victor d’Assonville se skitterboeke oor Majuba, Blo edrivier, die Vaaldam, Totius, Eugen e Marais en Kruger en Rhodes is gewilde en waardevolle leesstof. Generaal de Wet in die Vredefortkoe pel is ’n waardige deel van die versam eling. Dit is by Woord en Klank bes kikbaar. ISBN 978 0 620 46619 6, Ma rnix. Afrikaans vir die praktyk deur Botha en Van Aardt, Taalkommunikasie Afrikaans deur Van Schalkwyk en Viviers, Die Burger skyf Afrikaans deur King en selfs skool-grammatikaboeke. ’n Skatkis gaan voor jou oop en elke dag leer jy iets nuuts wat Afrikaans vir jou nog nuttiger en opwindender maak. Die enigste ongeluk is dat dit jou al hoe seerder maak om te sien hoe taalterroriste Afrikaans willens en wetens misken en verkruppel – en die enigste wetlike verweer wat jy namens ons taal het, is om vir daardie taalmoordenaars so duidelik as moontlik te sê: Mangapau. Dankie vir elke taalvriend wat negentien uitgawes lank saam in die skatkis krap en vir al die kosbaarhede wat ons saam daaruit kon opdiep. En so terloops, Mangapau is die naam van ’n rustige, lawende spruitjie in NieuSeeland se Gisborne-streek. – Dom Boer
Alle boeke waaroor in Kom krap in my skakis gesels word, en nog derduisende meer, is deel van Dom Boer se Boekboerdery (domboer01@mweb.co.za).
19
Dis ons mense dié onder redaksie van Betsie Steyn met behulp van Toeksie Dreyer
Vriend kom wys erfstukke Gereelde hoogtepunte by Radio Pretoria is die afgetrede lt-kol Hilton Drury van Pretoria se besoeke. Hy dien in die bestuur van die Bond vir Oud-Polisiemanne en bring gereeld verjaarsdagboodskappe vir die lede bo 80 jaar vir Karen Zeelie om uit te saai. Tydens ’n onlangse besoek het lt-kol Drury ’n uiters interes sante geraamde dokument saamgebring, wat uit die konsentrasiekamp in Middelburg kom. Dit is in Hollands geskryf en dien tot nagedagtenis van twee sussies wat daar vyf dae na mekaar gesterf het en begrawe is. Die Nel-kinders (wat eintlik sy vrou, Mara, se twee tannies was) was maar net 4 en 2 jaar oud toe hulle op 30 Augustus en 6 September 1901 daar dood is. Die jongste enetjie is ’n dag na haar tweede verjaardag dood. Dis tragies om te sien dat dieselfde vier draers binne ’n week twee kinderkissies graf toe moes dra. Lt-kol Drury het ook ’n baie interessante item kom wys: ’n
tolletjiebreitoestel wat wat ene DJ Gouws – ’n krygsgevangene in die Catalonia-kamp op Ceylon – uit hout gesny het om kouse mee te brei. Rondom ’n spleet deur die plankie waarvan die toestel gemaak is, is spykertjies ingeslaan waaraan die wol geryg is. Dit is dan net soos deur ’n gewone tolletjiebrei se gaatjie, deur die spleet getrek. Wanneer die kous lank genoeg was, is dit van die spykertjies afgehaak en aanmekaargewerk. Oral op die tolletjiebrei is datums uitgekerf: 2.10.1900, 19.9.1899 en op die agterkant, die naam Uitzicht 1901. Dit was die plaas van die Gouwse naby Swartspruit in die omgewing waar Hartbeespoortdam later gebou is. “Ek is eintlik ’n Engelsman wat tussen Afrikaners grootgeword en by die Gouwse gewoon en opgegroei het,” vertel kol Drury. Radio Pretoria se personeel wonder opgewonde wat hy volgende keer gaan kom wys. V
Die koustolletjiebrei van naderby.
Lt-kol Hilton Drury kom wys waardevolle erfstukke uit die Tweede Vryheidsoorlog. In sy hand is ’n tolletjiebrei wat ’n Boerekrygsgevangene op Ceylon gemaak het om kouse mee te brei en agter hom is ’n gedenkskrif ter herinnering aan twee sustertjies wat vyf dae na mekaar in die konsentrasiekamp op Middelburg oorlede is.
20
20
Vasbyt LENTE 2012
Elmo en Elleen Lyon by hul “toertuig” (soos hulle dit noem) waarmee hulle drie maande per jaar sendingwerk in Suidelike Afrika doen. Die toertuig is Elmo se handewerk. Hy het dit self ontwerp en gebou volgens hulle smaak en behoeftes. Dis baie goed en gerieflik ingerig met gemaklike slaapplek, yskas en allerlei geriewe. (Foto: Faan Rabie)
Radio hou Nells naby mekaar Die Nells van Claremont in Pretoria loop al negentien jaar lank ’n pad saam met “onse radio”. Phillys kom gereeld inloer wanneer sy versoeke vir haar kinders in ander lande stuur. Haar dogter, Ansie Meiring, werk in die diplomatieke diens. Toe sy in Pole gewerk het, het haar man, Daniel, gesorg dat hulle gereeld deur die Internet na Radio Pretoria luister. Ma Phillys het vir hulle boodskappe soontoe gestuur. Nou is hulle in Dakar, Senegal, en die kontak deur die radio gaan voort. Phillys se man, PP, het al afgetree uit die Lugmag, maar is steeds betrokke by sy groot liefde: vliegtuie. V
Lyons slaap tussen leeus vir sending Vir drie maande in die jaar sal jy nie vir Elmo en Elleen Lyon by hulle huis in Magalieskruin, Pretoria, kry nie – dan doen hulle sendingwerk in SuiderAfrika; 20 jaar lank al. Dié egpaar kom al saam met Radio Pretoria van die loopgraaftyd af doer op Kleinfontein. As hulle tuis is om so tussenin te kom rus, loer hulle gereeld by ons radio in om dag te sê. “Ons kry geen borge vir ons werk nie; ons doen dit vir die liefde van die saak – dis heeltemal privaat en ons geniet dit regtig baie,” vertel hulle. Hulle doen ook saam met Doulos sendingwerk in drie wit plakkerskampe. Al die plekke in Suidelike Afrika is vir hulle bekend, maar se
dert “Mugabe soveel moeilikheid in Zimbabwe maak” bly hulle uit dié land. “Ons spits ons nou veral toe op skole en kry eers toestemming van die skoolhoof alvorens ons met die leerlinge gesels. Ons praat nie kerk nie, maar evangelie en verduidelik drie dinge aan die kinders, naamlik die twee weë, die hart van die mens en wie sal my verlos. “Ons neem ook tien Bybels saam na elke land waar ons gaan werk, maar deel dit nie uit nie – ons gee dit net vir iemand wat ons daarna vra, want dan weet ons so iemand wil graag die Woord hoor.” Maar as hulle so rondry en sonder bespreking by ’n plek kom, waar bly hulle dan? “Ag sommer so tussen die leeus en olifante,” lag Elleen. V
Sy kom kyk wat sy hoor “Ek het so sukkel-sukkel met die trappe tot bo gekom, maar ek wou van die radiomanne wat ek gereeld hoor, ontmoet,” het die open-wakker 91-jarige tannie Ellen Botha van Silver Lakes in Pretoria gesê toe sy by Radio Pretoria se ontvangstoonbank kom. Die statige dame is sedert die radio se ontstaan betrokke en het ook spesiaal haar debietopdrag kom verhoog. Dit was vir haar ’n groot oomblik toe sy vir Tienie Mans (hier by haar op die foto), Friedel Hansen en Faan Rabie ontmoet het. Die program, Ek wil weet, is een van haar gunstelinge en sy het skertsend vir Faan gesê hy moet die slim spanlede vra “hoekom word mens dan tog nou oud?”. Tannie Ellen se identiese tweelingsuster, Mary (ma van Anneline Kriel) is onlangs oorlede, “maar ek is darem nou op pad na 92”. V
Vasbyt lente 2012
Hulle luister van toeka tot nou “Die eerste dag toe Johannes van der Walt daar van Kleinfontein af gesê het ons luister na die radiostasie te velde, het ons ingeskakel en sedertdien is ons nog steeds betrokke,” sê Koos en Huipie Paulsen van Groenfontein in die Dewagensdrift-omgewing. Nou het hulle afgetree en “sit voor die deur in die son”, spot hulle. Die Paulsens kom gereeld musiek by die radio se Woord en Klankwinkel koop. V
21
Só lyk hulle Luisteraars wonder dikwels hoe lyk die slimkoppe wat inskakel om saam te gesels en aan musiekwedsdtryde deel te neem. So ’n man met ’n kop vol musiekkennis is Lourens van Zyl van Tuine. Lourens en sy suster, Bettie Lablans, is van die begin af deel van Radio Pretoria en wanneer hulle kom kuier, is dit soos ’n lig van lag en humor en vrolikheid wat by die deur inkom. V
Flukse boervrou bring koek vir kennismaak Dís mos die Boeremanier waarop ’n nuwe luisteraar by Radio Pretoria kom kennis maak. Suzie van Niekerk het ’n heerlike, tuisgebakte lemoenkoek saamgebring en die sommer met die intrapslag in die radio se nuwe baas, Fred Maré, se hande gedruk. (Dit was nogal moeilik om ’n foto te neem, want die arme Fred se mond het so gewater dat hy amper nie kon glimlag nie!) Die 76-jarige Suzie woon in Kameeldrift-Oos. Inbrekers het haar al drie keer besteel; tot haar motor is ook gesteel. Haar dogter wat ook op ’n hoewe naby bly, het haar daarna (elke keer as Ma kom kuier) aangesteek om by Radio Pretoria in te skakel. “Sedertdien is ek mal oor die radiostasie en luister dag en nag daarna.” Dié fikse (én vurige) vrou en haar kleinseun boer met skape, ganse en hoenders, sy het ’n kwekery en haar stokperdjies is skilder en pottebakkery. V
Hy staan steeds aan die radio se kant As daar nou een man is wat regtig ’n pád met Radio Pretoria van dag een af geloop het, dan is dit Martin du Preez van Pretoria. Martin was 44 jaar lank hoof van die Poskantoor se Radiolisensies, Frekwensies en Satellietkommunikasie. In Radio Pretoria se beginjare – nog daar in die veld op Kleinfontein – het Martin ’n baie belangrike rol in die ontstaan (én voortbestaan!) van die radio gehad! Een keer het ds Mossie van den Berg hom baie dringend gekontak en gevra: “Kom help!”. Dit was toe die Poskantoor sommer so die radio wou kom toemaak en ons van die lug wou haal. Maar danksy Martin het dit nie gebeur nie en sedertdien is hy nog steeds ’n luisteraar wat groot respek vir en steeds belangstelling in die nuwe tegnologie het. V
Kinderspeletjies word kuns terwyl hy 30 jaar lank by konstruksiewerke betrokke was en swaar masjinerie soos padskrapers hanteer het; ook toe hy sewentien jaar lank soortgelyke werk vir die Lugmag gedoen het. Verder teken hy ook graag en doen veral portretsketse. Stoffel Kruger van Wierdapark kom loer gereeld by Radio Pretoria in om personeel met sy pragtige handewerk te verstom. Die gesegde dat ’n seun nooit te oud is om op te hou karretjiespeel nie – die motors word net groter en duurder – is werklik ’n geval as dit by die 69-jarige Stoffel Kruger van Wierdapark, Pretoria, kom. Hierdie oud-Pietersburger het al van kleintyd af stukkies afvalhout tot bootjies verwerk en selfs een vir ’n Joseph Rogers-mes verruil! Dit het toe ’n stokperdjie geword wat voortgeduur het
Dit was juis sy skilderwerk wat hom een keer ’n groot opdrag besorg het. Met Zwartkoplugmagbasis se 75e herden king moes hy ’n olieverfskildery van die ou toring daar met ’n Hawker-Hartbeesvliegtuig (met sy dubbelvlerk) en ’n “Jan Smuts-Ford” daarnaas maak. “Die skildery is op ’n wynveiling vir R6 000 verkoop en daar is ook etikette gemaak wat op wynbottels aangebring is,” vertel hy. Nog ’n interessante belangstelling van hom is om vliegtuie van vuurhoutjies te maak. So het hy ’n Harvard-vliegtuig met ’n vlerkspan van 1 meter in die lugmagkleure gemaak. “Dit het
22
my ses maande geneem en ek het meer as 7 000 vuurhoutjies gebruik,” vertel Stoffel. Vir iemand anders het hy ook op ’n keer agt verskillende soorte vliegtuie met vuurhoutjies gemaak en dan doen hy dit ook vir sy familie – veral as geskenke – en hulle waardeer dit sommer baie! Deesdae maak hy die oulikste houtkarretjies. Hy sien ’n prentjie en dan maak hy sommer sy eie model wat baie getrou aan die oorspronklike voertuig is. So gebruik hy byvoorbeeld gordynringe om die wiele te maak en die speke is van tandestokkies! So ’n modelletjie neem hom 10 dae om te maak, want dis veral die afronding en verfwerk wat tydrowend is. V Hierdie motorkarretjies wat Stoffel Kruger maak sal enige kind se hart verbly. Hy noem dit Ou Tolla se speelgoed – so genoem na sy bynaam van kleintyd af.)
Vasbyt LENTE 2012
Skone tone word erken Radio Pretoria en die Boeremusiekgilde loop al ’n lang pad saam en is saam bly om te sien dat lede van die Gilde erkenning vir hulle groot werk op dié gebied kry. Louis van Zyl en Karel du Toit sê die Afrikaanse kultuurmusiek lê hulle baie na aan die hart. Louis, wat in die toerismebedryf was, het reeds van 1958 af buitelandse besoekers aan ons egte kultuurmusiek blootgestel. “Dit en veral boeremusiek is al van my kinderjare af deel van my opvoeding,” lag hy. Hy dien sedert 1989 in die bestuur van die Gilde en sy navorsing gaan hoofsaaklik oor die opspoor van ou tradisionele musiek. Hy is ook steeds betrokke by verskeie volksbedrywighede. Van die spesiale toekennings wat Louis agtger sy naam kan skryf, is sy judobekers en -sertifikate (hy was ’n NoordTransvaalkampioen en het ook kinders afgerig), sy oorkonde
Louis van Zyl en Karel du Toit is met reg trots op die toekennings wat hulle vir hulle bevordering van kultuurmusiek ontvang het. Dis mos nou onse mense die! van die Gilde en nou sy ATKVtoekenning. Karel is sedert 1985 by Afrikaanse musiek betrokke en bespeel lag-lag 14 musiekinstrumente (darem een op ’n slag), waarvan konsertina die koning is. Toe hy nog voorsitter van die Boeremusiekgilde
was, het sy bekwame leiding gehelp dat agttien konsertinaen 32 trekklavierspelers een keer gelyktydig opgetree en saamgespeel het. Karel is tans met sy doktorale studie in Ondernemerskap aan Tukkies besig en wys (sommer net so heel terloops) van
die prestasies wat hy al in sy lewe behaal en aan die ATKV moes toon om in aanmerking vir ’n toekenning te kom. Daar is 20 ander toekennings aan hom gemaak en die 21e is nou die ATKV-toekenning met die inskrywing “Vir volgehoue bydraes tot die bevordering van Afrikaans en Boeremusiek”. V
Potties se Peense is volksmense Kuiertjies van Potgietersrus se mense is altyd gesellige hoogtepunte. Marié en Fritz Peens is ook van daardie mense wat sedert sy ontstaan saam met die radio loop. “Ek en my man het nog toentertyd vir Frik Pieterse gehelp toe hy met Vasbyt gespook het,” sê Marié. Die 28-jarige Fritz “is mal” oor Afrikaanse musiek en het hom gate uit geniet in die Woorden-Klankwinkel. Hulle staan sterk vir Afrikanervolksake. “Ek is baie trots en omtrent heilig op my ou Republiekvlag van 3 x 3 meter wat in my kamer hang. Dit was die oorspronklike een – nog van katoenmateriaal – wat voor die Uniegebou gehang het!” vertel Fritz trots. Marié sê toe die kommando’s destyds
Vasbyt lente 2012
gesluit is, kon hulle gelukkig van die kosbare skilderye in die Pottieskantoor red: hulle het die groot skilderye van genenaal Maritz en De Wet gekry. Van die ander skilderye is na ander inwoners wat dit ook wou red en bewaar. V
Tannie Willemien Wieringa en tannie Poppie Roets Seker een van die grootste ondersteuners van Radio Pretoria op Kleinfontein is tannie Willemien Wieringa, wat pas haar 90e verjaardag daar gevier het. Hier vier sy dit saam met nog ’n ondersteuner (veral as dit by Vasbytbydraes kom), tannie Poppie Roets. Synde ’n Nederlander in murg en been – al is sy bykans 60 jaar lank
in Suid-Afrika – geniet tannie Willemien veral Henk van de Graaf se uitsendings “en hoop tog so dat hy weer na die radio sal terugkeer en uitsaai”. Sy doen nog self haar tuin- en huiswerk en ’n mens sien haar gereeld met ’n tuinvurk in haar pragtige tuin woel en werskaf. Verder doen sy die fynste kunsborduurwerk. V
23
24
Vasbyt LENTE 2012
Sneeu in Pretoria – of was dit dalk kapok? – vra Kriek van der Merwe ’n Vreemde verskynsel het die weerpatroon drasties versteur toe nat, koue lug op 6 Augustus vanuit die suide oor die land inbeweeg het. Die dag daarna was Pretorianers verstom toe sneeuvlokkies oor groot dele noord van Johannesburg begin val het. Op sommige plekke het dit gesneeu en elders het dit gekapok – altans, so het die berigte gelui wat aan Radio Pretoria se nuuskantoor gestuur is. Is dit regtig so: was dit sneeu of kapok wat geval het? Die antwoord op hierdie vraag lê in die prosesse wat in die wolkmassa plaasgevind het.
Volgens Elsa de Jager van die Weerburo en spesialisraadgewer van Hengelparade, bestaan ’n sneeuvlokkie uit yskristalle wat vanweë die yskristalproses in die wolke vorm. Eenvoudig gestel, groei die yskristalle omdat die waterdamp van die wolk regstreeks in ys verander deur ’n proses wat as afsetting bekend staan. Hierdie yskristalle hou aan groei om uiteindelik vlokkies te vorm wat na die aarde daal as gevolg van swaartekrag. As die lugtemperatuur laag genoeg is, kan hierdie saamgekoekte yskristalle die oppervlakte van
Lesers se bydraes
die aarde bereik. Sneeu verskil en na gelang van omstandighede kan dit die aarde bereik as indiwiduele droë of saamgepakte yskristalle. Is dit dan nou sneeu
of kapok – daar is geen verskil nie, want daar is een proses hoe dit ontstaan. Hier is ’n foto wat Kriek tydens die sneeu geneem het. V
Sjoe, wat ’n neut! Chris en Marie Rademan, getroue Radio Pretoria-vriende, was in Phuket in Thailand waar hulle ’n verpakkingsfabriek vir kasjoe neute besoek het. Hierdie opgeblaasde “vrug” waarby Marie staan was by die ingang van die fabriek. Die kasjoeneut is een van die min vrugte ter wêreld waar die pit aan die buitekant van die vrug sit. Die vrug self lyk soos ’n groenrissie, wat later geel word en namate dit ryper word, rooi ver kleur. Die vrug val van die boom af, bo-op die neut, bars oop en lê daar totdat die neut aan die onderkant ontkiem en weer tot ’n boom groei. So dien die vrug dus sommer dadelik as vog en voedsel vir die pit. V Stuur asseblief u foto’s elektronies na tydskrif@radiopretoria.co.za en sê wie die fotograaf is, wat dit is en waar u dit afgeneem het. Moenie die foto verklein wanneer u dit stuur nie; dit moet minstens 1 megagreep groot wees. U kan ook foto’s per pos stuur, maar ons kan dit ongelukkig nie terugstuur nie.
Bobaas-onderskrifte
“Ek het jou gesê Ma sal dit nie glo nie.” – Madia Fourie “Sussies, hoe’s dit moontlik julle’s nog hier buite? Kruip dadelik in!” – Marie Nel
Hoe sê? JM de Wet het die foto van drie-jarige Hannes de Wet ingestuur. Kan lesers dalk raai wat gaan deur Hannes se gedagtes?
Stuur ’n gepaste onderskrif na tydskrif@radiopretoria.co.za Vasbyt lente 2012
25
Maandag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Regslui vir Afrikaans (H) aangebied deur Matthys Krogh 02:00 Volksmusiek (FAK Musiekprogram) (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur ‘Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante
s
nuu Radio
06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme
12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Piet de Jager 12:45 Dieredinge Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus
Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Volksmusiek (FAK musiekprogram) 19:45 Dit is Radio Pretoria aangebied deur Willie Spies Aand: 20:00 – 24:00
Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing (h) 11:30 Nuut op die rak 12:00 Kontreidagboek sluit straalplaatkompetisie in
15:10 Musiek / Promosiegesprekke
Reint Dykema lewer weeksdae in ‘Venster op die wêreld’ sy gewilde bydrae ‘Nuus in ’n Neutedop’.
20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Uit die hoed aangebied deur Marianne Roos 21:30 Die stem en die melodie opgestel deur Carel Nagel 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 23:00 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere *H = herhaling
Faan sê tot siens... “Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan”, het Faan Rabie, programbestuur, gesê toe hy afgetree het. Op die foto links is hy saam met sy vrou, Suzette (“my regterhand en steurnpilaar – eintlik álles in my lewe!), en Fred Maré die nuwe stasiebestuurder tydens ’n klein geselligheid toe Faan gegroet het. Faan groet as programbestuurder maar sal steeds sy plek op Sondae volstaan. V
26
Vasbyt LENTE 2012 Vasbyt Winter
Dinsdag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Top tien (H) aangebied deur Henk Joubert 00:45 Musiek 01:00 Nuus, weer, nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Dis My Musiek (H) aangebied deur Henk Joubert 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante
06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek
12:00 Hiervan en Daarvan aangebied deur Pierre de Wet 12:30 Musiek Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke
Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Net Medies (H) aangebied deur Marianne Roos 21:15 Musiek 21:30 Hengel Parade aangebied deur Dr Kriek van der Merwe 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Personeelkeuse aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord
Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 16:30 Kuiersaam aangebied deur Nikao Studios 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Padlangs deur Afrika aangebied deur Alex Smith 19:45 Beskerm jou eie aangebied deur TLU
Weeksoggende om 05:45 kan die boere nader skuif vir ‘Landboukorrels’ onder leiding van Zahn Visser.
Frans gesels oor argitektuur
Veilig getroud Marianne Roos en Frans Joubert gesels altyd baie lekker en intelligent oor ’n onderwerp waarin hy gewis ’n meester is: die wye veld van die argitekwêreld. Hier is hulle besig met ’n opname. V
Vasbyt lente 2012
‘n Ware stelletjie is James Kemp, omroeper en redakteur van Vasbyt, en sy splinternuwe vrou, Karin. V
27
Woensdag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Dis countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 In die ou Waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op / Kultuvaria (H) aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte /
Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme
11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Musiek / Promosiegesprek (Crisis on Call) 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming
16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ek Wil Weet aangebied deur Faan Rabie Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Bel en Bestel o.l.v. JDM Collective Media 21:00 In die ou Waenhuis 21:30 Op Soek Na 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Dis My Musiek aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke
Luister na Radio Pretoria aanlyn, op die skottel of met jou selfoon. besoek: www.radiopretoria.co.za
Radio praat uit Bosveld
Radio Pretoria het vanaf die Thabazimbi-skou uitgesaai. Hier gesels James Kemp van Radio Pretoria saam met die skou-president, mnr Jan Trichardt. V
28
Henry Jackson het die wêreld aangegryp met sy versoenende houding toe aggressiewe besetters sy plaas in Zimbabwe oorgeneem het. Sy optrede het vir groot omstredenheid, opslae, verskillende menings en uitsprake gesorg en sy naam was vir lank op koerantvoorblaaie en almal se lippe. Sy neef, Kobus Moller, het hom vir ’n onderhoud by Radio Pretoria gebring waar hy oor sy nagmerrie-ervaring gepraat het. Heinrich Marnitz het hom indringende vrae gevra soos van wanneer af is hy ’n Christen, waarop Henry geantwoord het “nog van altyd af”. Op die vraag “hoe praat God met jou?”, het hy geantwoord: God praat met almal en hyself glo baie sterk aan gebed. Hier is Kobus, Heinrich en Henry in die ateljee. V
Vasbyt LENTE 2012
Donderdag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Nuut op die rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:00 Musiek 01:00 Nuus, weer, nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Beskerm jou eie (H) aangebied deur T.L.U. 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Personeelkeuse (H) 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening - Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant
06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme
10:15 Gelukwense / Versoeke
Laatmiddag: 16:00 – 20:00
21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie
Joernaaltyd: 09:00 – 10:00
16:00 Nuusopsomming
22:00 Nuus / Weervoorspelling
09:00 Net medies aangebied deur Marianne Roos
16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke
22:15 Top Tien aangebied deur Henk Joubert
16:30 Dis my pek die aangebied deur JDM Collective Media
23:50 Laataand uit die Woord
Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking
OOGKUNDIGES
11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing
17:10 Venster op die Wêreld aangebied deur Friedel Hansen
11:30 Kontreidagboek
18:30 Musiek
12:00 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz
19:05 Boekvoorlesing
12:30 Woord vir die dag aangebied deur Karen Zeelie en Eunice van der Merwe Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke
19:00 Huisgodsdiens 19:15 Regslui vir Afrikaans aangebied deur Friedel Hansen en Mathys Krogh Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Musiek 20:30 Musiek en Liriek aangebied deur JDM Collective Media 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet
23:00 Musiek 23:55 Volksliedere
17:00 Nuus / Volledige weer
OPTOMETRISTS
Mag ons u nooi om ons omvattende reeks modieuse brilrame, sonbrille en brilhuisies te besigtig en om van ons gespesialiseerde dienste gebruik te maak:
● Die individuele ontwerp en pas van harde sowel as sagte kontaklense ● Bystand aan pasiënte met leerprobleme disleksie of migrain insluitende colorimetriese evaluasie en visieterapie ● Die neem van oogafdrukke en haptiese prosteses te verskaf
BRUWER MENLOPARK
OOGKUNDIGES - OPTOMETRISTS (012) 346 1038 Charles str 494, Pretoria
DINAMIESE VISIE
LEWENSLANGE winter 2012 Vasbyt lente 2012
UITNEMENDE VISIE SORG
29
Vrydag 00:00 Onthou u nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, weer, nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Eggo (H) aangebied deur Hors Prinsloo 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieredinge (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante
06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos en ‘Alet Erasmus Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Onthou u nog aangebied deur Cyrus Smith
12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Winkels toe aangebied deur JDM Collective Media 15:20 Musiek / Promosiegesprekke
20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 20:45 Radioleesklub / Boekerubriek 21:30 Dis countrytyd opgestel deur Karien Marnewick 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Laatmiddag: 16:00 – 20:00
foto: Lana du Reuck – Lneteoggend naby Uniondale
Deurnag: 00:00 – 05:00
16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die Wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Na buite aangebied deur James Kemp Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:10 Wees paraat aangebied deur dr. Kriek van der Merwe
Begin die nuwe dag saam met Radio Pretoria 05:00: Dagopening – ‘Vroegoggend uit die Woord’.
Erica Eloff: Silwerstem kom praat oor radio ’n Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar, die sopraan, konsertkunstenaar en oud-PUK, Erica Eloff, wat tans met haar gesin in Londen woon en daar werk, het reeds ’n dosyn of meer operarolle vertolk, maar lê haar tans veral toe op lieder- en oratoriumvertolking. Sy kon tydens haar onlangse konserttoer hier in ons land ’n tydjie afgeknyp om oor haar kunstenaarskap, haar konserte alhier, haar debuutalbum “Songs”, waarvan ’n paar snitte tydens die onderhoud wat Tienie Mans met haar gevoer het, gespeel is, en haar gunsteling genres, lieder en oratorium, te gesels. V
30
Vasbyt LENTE 2012
Saterdag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 00:45 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en Daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek vd Merwe 03:30 Musiek 04:15 Uit die hoed (H) aangebied deur Marianne Roos 05:30 Uit ons Boeremusiekskatkis (H) Oggend: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek
08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek 11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag: 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reënvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek / Inbel 15:00 Padlangs deur Afrika (H) 15:30 Saterdagsport / Musiek 16:00 Na buite (H) 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand: 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur Omroeper
Uit ons Boeremus iekskatkis aangeb ied deur Louwre Aucamp en Danie ns Labuschagne, is ’n gunsteling op Saterdae.
19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Uit ons Boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 20:35 Musiek
21:00 Eggo aangebied deur Hors Prinsloo 21:30 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Musiek opgestel deur omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Luister hier na ons: Pretoria
104,2 MHz
Brits
Kleinfontein
104,2 MHz
Naboomspruit
Greylingstad
107,6 MHz
Koster
Newcastle
104,5 MHz
Tzaneen
Ermelo
104,0 MHz
Pietersburg
Thabazimbi
103,7 MHz
106,6 MHz 92,2 MHz 107,5 MHz 96,6 MHz 100,0 MHz
Reuse boek behaal reuse bod vir Vasbyt Die gesoute omroepers by Radio Pretoria kom gereeld met nuwe gedagtes en voorstelle vorendag vir die radio se welsyn. So het Friedel Hansen ’n ou koerantvriend genader om met die Vasbyt-geldinsamelingsveldtog te help. Dat dit iets besonders en gewild was, blyk uit die reaksie wat die poging uitgelok het. Wessel Oosthuizen, jarelange Perskorfotograaf wat veral vir sy rugbyfoto’s groot bekendheid verwerf het, het ’n publikasie Portrait of Rugby, ’n versameling van sy werk oor 50 jaar, aan Friedel geskenk wat by Vasbyt opgeveil is en die reuse bedrag van R5 000 behaal het. Die leergebinde A3-grootte boek van 416 bladsye bevat 820 foto’s en weeg 6 kg. Die beperkte oplaag van 1 000 eksemplare was nooit in die handel verkrygbaar nie en het privaat as versamelaarstuk teen R4 500 elk verkoop. Hier is Wessel (“die outeur wat sukkel om die swaar boek vas te hou!”) en Friedel met die reuse publikasie – voorwaar ’n kragtoer deur Wessel, maar ook ’n groot bydrae deur hom vir Radio Pretoria se mense – ’n versamelstuk by uitenemendheid. V
Vasbyt lente 2012
31
Sondag Deurnag: 00:00 – 05:00 00:00 Wat u wil hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak my U weë bekend (H) 02:00 Serenade (H) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue Gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit My Platerak (H) aangebied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aangebied deur Tienie Mans 05:30 Rondom die orrel en sy meesters (H) aangebied deur Jan Zielman Oggend: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek
06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerknuus 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy eer opgestel deur omroeper 10:15 Omroeperskeuse opge stel deur omroeper 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie Middag: 12:00 – 17:00 12:00 Goue Gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:10 Andre se Keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:30 Ons eie keuse aangebied deur Francois en Lucille 15:15 Musiek opgestel deur Omroeper 15:30 Bybelvasvra-program (vanaf 19 Augustus)
A
16:00 Musiek opgestel deur omroeper 16:15 Uit my platerak aangebied deur Heinrich Marnitz Aand: 17:00 – 24:00 17:00 Maak my U weë bekend aangebied deur Prof Schalk Botha 17:30 Wat u wil hoor aangebied deur Tienie Mans 18:30 Musikale tussenspel 18:40 Sing nuwe lof 19:00 Aanderediens 19:30 Rondom die orrel en sy meesters aangebied deur Jan Zielman 20:00 Nuus om agt
FRIKA AARTAPPEL
PRODUKTE WAT U LEWENSGEHALTE VERBETER
20:05 Verkorte weervoorspelling 20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek wil weet (Herhaling) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie Se Musiek 22:00 Droommelodieë aangebied deur Betsie Steyn 22:30 Wat sê die musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 23:15 Die volmaakte instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Luister Sondagmiddae om 17:30 na ‘Wat u wil hoor’ onder leiding van Tienie Mans wanneer luisteraars se versoeke aandag geniet. Hier is hy saam met die gewilde sopraan, Megan Kahts.
AFRIKA-AARTAPPEL
AFRICA POTATO
KOOS BOTHA, EIENAAR VAN CONJAN (EDMS) BPK BlED MET TROTS DIE VOLGENDE DIENSTE EN PRODUKTE AAN: • •
• •
Afrika-aartappelprodukte bied ’n omvattende reeks natuurprodukte wat u lewensgehalte kan verbeter. Die ou, beproefde AA-kapsules, seresalf, pynsalf en kolon peristaltiskapsules is deel van die wenreeks. Die Scio OXS SLIM-diagnoseer- en behandelingsmasjien is reeds aan talle luisteraars van Radio Pretoria bekend. Die heilsame uitwerking wat dit op gebruikers het, het die aanvraag so sterk laat groei dat nog vyf Scio-apparate in bedryf gestel is en bykomende personeellede opgelei moes word. Die terapie wat deur Scio aanbeveel word, is gegrond op voeding, homeopatie, elektropunktuur en naturopatie vir ’n algehele, holistiese genesing. Verstommende resultate word behaal. Die apparate word druk benut, daarom moet u asseblief vroegtydig ’n afspraak maak vir ’n behandelingsessie wat drie ure duur en R450 kos. Oor-die-lug behandelings kan ook gedoen word, ons doen behandelings so ver soos Australië. Gratis elektroterapeutiese opvolgbehandeling: Scio-pasiënte kan gedurende werksure gratis behandel word. Sessies kan op een van die vier RIFE-masjiene ingepas word, afhangende van die beskikbaarheid van die masjiene. Manipulasie van die werwelkolom: Hierdie diens word gratis aan Scio-pasiënte met rug- of nekprobleme gelewer. Tel: 014 717 4694 • Faks: 014 717 1497 • Selfoon: 082 693 9559 • koos.conjan.botha@gmail.com Van Niekerkstraat 3, Nylstroom • Posbus 2600, Nylstroom, 0510
32
Vasbyt LENTE 2012
Uit die Kuierkombuis
Werner Wilbers van Kleinfontein en sy seun, Johan, braai sosaties. ’n Stalletjie waarby ek net nie kan verbyloop by ’n kermis of feesgeleentheid nie, is die sosatiestalletjie! Sommige mense verkoop die sosatie saam met ’n broodrolletjie, met die verstandhouding dat jy die sosatie met stokkie en al op die oopgesnyde broodjie plaas, toevou en dan versigtig die stokkie uittrek. Gevolglik het jy ’n sosatie op ’n broodjie, net sonder die stokkie. Daar is deesdae al sosaties met verskillende geure te koop, maar ek self hou van die tradisionele vleisblokkies wat in die heerlike kerriesousie gemarineer is, met
stukkies ui tussen die blokkies, gebraai op die kole. Dit lyk mooi, ruik en smaak lekker en bly ’n wenner!
Metode 1. Sny die vleis van die been en dan in blokkies van 35 x 35 mm.
My ma het altyd Kook en Geniet se sosatieresep gebruik. Daar is vandag op die internet ’n wye verskeidenheid resepte - met of sonder karringmelk, met of sonder knoffel ensovoorts.
2. Skil en sny die uie in skywe en bedek dit met ’n bietjie water in ’n kastrol. Kook sowat 5 minute of tot dit uitgeswel en glaserig, maar nog stewig, is. Gooi die orige bietjie water af, voeg die botter by die uie en braai hulle effens bruin.
Die regte outydse sosatie bly egter maar die lekkerste, ’n bietjie duur, maar goedkoop is duurkoop en ons wil gehalte sosaties eet! Outydse sosaties 1 skaapboud 1 kg varkvleisblokkies 2 groot uie water 30 ml botter of vet 15 ml matige kerriepoeier 7,5 ml borrie 30 ml suiker 15 ml mielieblom 5 ml sout 500 ml druiwe-asyn 125 ml droë appelkose ’n paar gekneusde suurlemoenblare sout en peper
(012) 804 3280 165 de Boulevard str. Silverton
4. Meng die kerriepoeier, borrie, suiker, mielieblom, sout en asyn en voeg by die uie. Roer die appelkose ook in. 5. Kook 3 minute lank en laat afkoel. 6. Wanneer die sous koud is, voeg die gekneusde suurlemoenblare by en bedek die vleis met die sous. (Gebruik emalje- of glasbakke.) Laat dit 2 tot 3 dae lank in dieselfde sous lê en roer elke dag om. Strooi sout en peper oor die vleis – sowat 10 ml sout vir elke 500 g vleis.
7. Ryg die vleisblokkies, en so hier en daar ’n appelkosie, op die sosatiepenne, sowat 6 blokkies op elke pen, en wissel maer vleis af met varkvleisblokkies. 8. Rooster die vleis op ’n rooster oor gloeiende kole of in ’n riffelpan. Wenke Onthou om jou houtsosatiestokkies vooraf in water te week. Die rou sosaties kan ook in die sous gevries word. Geniet die lente en sosaties oor die kole!
Het jy geweet? Sosaties is nie soos baie mense dink ’n uitvindsel van die slawe aan die Kaap nie. Die waarheid is dat Kabâh kardan die Persies vir “om te rooster” is, en kabãb het in Arabies verwys na stukkies vleis wat aan ’n stokkie geryg en gerooster is. Verskeie vervormings van kabãb kom in verskillende tale voor, maar laasgenoemde vorm verskyn nog naas die latere benaming in Duckitt se opskrif, Sasaties or Kababs, in haar boek van 1891. Uit “Die Geskiedenis van Boerekos 1652 - 1806” deur dr HW Claassens
www.uitkykvleismark.co.za
Slaghuis Spitbraai en Potjie verhuring Biltong Vars groente en vrugte Bakkery Wildbewerking Deli
Vasbyt lente 2012
3. Voeg 250 ml water by en stowe tot sag.
‘Alet Erasmus
Kouevleis Kruideniers Groothandel 33
Kyk m wie ko kuier Dit was ’n groot voorreg en geleentheid toe die bekende sangeres, Barbara Veenemans, onlangs kom kuier het. Sy was ’n gas van Cyrus Smith vir sy program Onthou u nog?. Nostalgiese en kosbare gedagtes is uitgeruil en die sangnommer wat sy gelewer het, het menige luisteraar laat inbel om te sê hoe hulle dit waardeer en geniet het. Die 74-jarige Barbara het nog niks van haar spontane sprankel verloor nie en haar besoek was een van die jaar se hoogtepunte, sê Cyrus. Hier is stasiebestuurder Fred Maré by haar en Cyrus (regs) en Marianne Roos (voor), wat die onderhoud gevoer het.
Die bekende oud-bokser, Jimmy Richards, het ook by Radio Pretoria kom inloer. Hier is hy saam met James Kemp.
Doer uit Nieu-Seeland het Jurie Els weer kom inloer en sommer lekker saam met Heinrich Marnitz gekuier. Hy het oor sy musiek, boek, gesin en lewe daar in die vreemde gesels.
’n Eerste besoek van Andre Schwartz aan Radio Pretoria het met lekker kuier gepaard gegaan. Hy het oor sy musiekloopbaan gesels en onder meer twee van sy jongste albums vir die radio saamgebring.
Die kabaretster, Helena Hettema, was sommer baie lanklaas by Radio Pretoria en het onlangs met Heinrich Marnitz oor haar loopbaan kom gesels. Helena is veral bekend vir haar skitterende Franse vertolkings.
Die Nederlandse en Belgiese kabaretkunstenaar, Stef Bos, het by Heinrich Marnitz kom kuier en tussen die ligtelike grappies het dit egter ook na vore gekom dat hy geweldig baie in die Suid-Afrikaanse politiek en geskiedenis belangstel. Dit kan ook seker nie anders nie, want dit het aan die lig gekom dat hy met een van PW Botha se kleindogters getroud is en in Kaapstad woon! Stef, wat ’n lang verbintenis met Suid-Afrika het, skryf al sy liedjies self en is baie filosofies. Hy praat goed Afrikaans, maar hier en daar slaan die Nederlandse taal tog deur. Stef is weer op pad Nederland toe waar hy, soos altyd, ’n eenmansvertoning lewer.
34
Vasbyt LENTE 2012
Sunette Bridges is `n sangeres met baie sterk oortuigings. Sy het onlangs by Radio Pretoria kom kuier om te vertel van haar laserplaat, Veertig Somer, waarvan die opbrengs vir die verbetering van die Afrikaner se lot gaan. Hier is sy saam met James Kemp
In ’n reeks getiteld ’n Woord op sy tyd het Eunice van der Merwe gereeld met Karen oor allerlei onderwerpe met ’n geestelike strekking kom gesels. Eunice het ’n bediening – veral onder vroue – en spreek hulle gewoonlik toe oor ’n baie interessante onderwerp: Bybelse olie. Hier is die twee geselig saam in die ateljee.
Die baie bekende a Capella-koor het ’n album met al hulle treffers uitgereik ter viering van hul 40ste reunie. Die stigters en koorleier, ds Nico en Elise Rautenbach, het oor dié album, Ons reik hoër, en al hulle bedrywighede oor dié feesjaar te gesels. Die reuniekonsert in Maart was so gewild dat verskeie ander konserte vir die res van die jaar ook gereël is. ’n Groot prestasie en ’n
eerste in a Capella se geskiedenis is dat hulle gekeur is om in Oktober aan die Aardklop-kunstefees deel te neem. Verder – en dis beslis iets om na uit te sien – is hul kersfeeskonsert in die Atterburyteater as afsluiting van hul feesjaar. Verskeie ander bekende kunstenaars sal ook optree. Hier luister Karen Zeelie na die Rautenbachs se planne.
IETS IN DIE WATER
DAAR’S
Vasbyt lente 2012 51 035_YearBook_advert.indd 1
35 2012/04/16 1:13 PM
En toe kom kuier die Bos veldklong, oftewel Thys Streicher, weer ’n slaggie by die “draadloos” om oor sy nuwe album, Ek sal boertjie bly, te gesels ... en daar blyk dit toe baie duidelik dat hy nie net ’n maltrap en grapjas is nie, maar ook ’n diep seun! Getrou aan sy reputasie is daar ’n klompie lawwe, selfs stuitige snitte op die “musiekpiering” soos hy dit
Karen Zeelie het onlangs ’n onderhoud met ’n splinternuwe sanger op die musiekfront gevoer en was baie beïndruk met die jongman se optrede, siening en debuutalbum, Jy weet ek weet! Benedikt Sebastian, is gebore en getoë in Nelspruit en woon tans in die Kaap. Hy het vir ’n verrassing gesorg toe hy oor sy musiek gepraat het en van die snitte gespeel is. Hy skryf al sy liedjies self en sy teikenmark is jongmense. Hy beklemtoon veral dit wat eie aan die Afrikanervolkstrots en -taal is en wil dit deur sy sang – “in ’n nuwer genre” – onder die jeug tuisbring. Hier is hy by Karen en sy agent, Karen du Toit.
noem, maar dan is daar één, Namakwaland se son, wat Thys geskryf het en saam Wicus van der Merwe sing. Dit is ’n spesiale hartseergroet aan Zak van Niekerk, hulle groot vriend, wat doodverongeluk het. “Ons het Zak gegroet; moet my net nooit vra om dit te sing nie,” sê Thys terwyl hy wegsluk aan die knop in sy keel. Interessant, Thys sing nie net nie, hy is ook baie
betrokke by die Downsindroomvereniging. Hy sê spottenderwys (en terug na sy bekende ondeundheid met ’n vonkel in die oog) hulle noem dit die “dans-en-droomvereniging”! “En baie van ons konserte word dan met kappitytjolyt en dans gedoen,” lag die onnutsige, maar ook deernisvolle, Bosveldklong. Hier is hy saam met klankman Leon Botha.
Die jong Mariska doer van die Laeveld se wêreld het kom inloer om oor haar nuutse uitreiking, dié keer ’n dub belalbum, Optelmeisiekind, te gesels. Karen Zeelie sê hierdie tweede album is ’n besonder goeie produksie. Hier is Mariska en André Visagie, haar kitaarspeler. Hy het ook ’n goeie streep musiektalent weg: sy oupa was die bekende bas-bariton, Johan Hartzenberg, wat hom ook geleer het om van klassieke en operamu siek te hou. André is ’n tenoor en het net vir homself (“vir eie gebruik”) albums opgeneem. Mariska studeer intussen Musiek en gaan ook haar balletlisensiaat voltooi. Haar musiekvideo, Soet soos suiker, is onlangs op U-tube vertoon.
Vleis 1 loop voor Vleis 1 het die antwoord vir ’n bekostigbare spyskaart Tel: 012 545 0064 Fanie van Rensburgstraat (op ou Warmbadpad) Posbus 539, Pyramid 0120 verkope@vleis1.co.za
Gehalte, diens, stiptelikheid en betroubaarheid is ons strewe! 36
V
leis 1 is ’n familie-onderneming wat oor die afgelope 25 jaar daarin geslaag het om tred te hou met die veranderinge in die vleisbedryf en steeds voor te loop. Vleis 1 is bekend vir sy uitstekende dienslewering. Klante kan staat maak op Vleis 1 se jarelange ondervinding en kundigheid as groothandelaar wat ook regstreeks aan die publiek verkoop. Higiëne is die wagwoord by Vleis 1 se aanleg waar vleis ontbeen en verwerk word. Die vleis word so min as moontlik hanteer vir ’n langer rakleeftyd. Probeer gerus ons heerlike polonies! By Vleis 1 se eenstopwinkel is daar ook kruideniersware en suiwelprodukte beskikbaar. Vasbyt LENTE 2012
Beskerm jou bates: Vermillian werk vir boere
Vermillian staan graag boere by om hulle dierebehuising nog beter te maak vir meer produksie en laer vrektesyfers. ’n Hoenderhuis kan gou klam raak en klam bly en dit is nie net slegte nuus vir die hoenders nie, maar ook vir die staalkonstruksie van die hokke, want waar roes eers ’n houvas kry, is daar moeilikheid. “Die gebruik van Verust is vir ons ’n belegging in die toekoms, want nou weet ons die hokke is reg vir die volgende vyftien tot twintig jaar,” sê Frans Kasselman, bestuurder van die hoender-afdeling van Langspruit Landgoed naby Standerton. Die Landgoed is reg langs die Grootdraaidam geleë, en Frans vertel dat daar gereeld op wintersoggende ’n digte misbank oor die hoenderhokke hang. Die aanvoelbare temperatuur draai sommer maklik by minus agt of tien grade Celsius en die klam koue vind sy pad tot in die hoenders se sonneblomdop-beddegoed. Verlede jaar het hulle besluit om die hokke, wat in 1995 opgerig is, se isolasie te verbeter om hulle te help met temperatuurregulering en die stryd teen die elemente. Om dit reg te kry, is al die sinkplate afgehaal en die staalstruktuur wat vroeër met gewone rooi oksied geverf is, is toe ook met Verust behandel.
Verust van Vermillian Verf stop roes in sy spoor, herkonstrueer die staal en verhoed dat roes ooit weer ’n vatplek kry. Wonderlike produk “Verust is ’n wonderlike produk om te gebruik,” vertel Frans. “Jy hoef nie ure lank af te skuur en glad te maak nie. Gebruik net ’n staalborsel om skoon te maak en verf dan die Verust op. Dit werk goed, selfs op growwe opper vlaktes.” In die Kaap by die Keibees Varkboerdery, stem Kobus Victor saam. Hy is verantwoordelik vir die instandhouding van die groot kommersiële boerdery se hokke wat dikwels tot 15 000 varke huisves. Hulle is besig met ’n proses om die varkhokke te moderniseer en gebruik ook die geleentheid om die staal in die hokke met Verust te behandel. Hy sê hulle is tot dusver baie tevrede met die produk en beveel dit graag aan. Kobus sê: “Die houers moet net goed geskud word en ons het ondervind dat die beste is om dit met die hand met ’n kwas aan te verf en nie ’n roller nie.” Klamheid is staal se een vyand, die ander een is die ammoniak-
dampe van die varke se urine en mis, asook die hoenders se mis. Frans sê hoewel dit nie so ’n groot probleem in hoenderhokke is nie, is daar ook ammoniakdampe en hy weet die Verust sal die staal beskerm, juis omdat dit in varkhokke getoets en bewys is. John Westerink van Hunter’s Rise-varkplaas by Viljoenskroon is die man wat die toetswerk gedoen het. Hy was so beïndruk dat hy nou ook optree as verteenwoordiger vir Vermillian Verf. John het onder meer Verust se “staal” getoets in die plaas se misput waar daar ’n hoë konsentrasie ammoniakwalms is. Die twee I-balke wat die roerder vashou het knaend geroes, totdat dit met Verust behandel is. Waar jy Verust aangebring het, is daar geen verdere kommer nie, sê John. “Vir die eerste keer kan ons nou voorbly in die stryd teen roes.” Verhoog produksie Frans is ook baie tevrede met die diens wat hy by Vermillian se mense gekry het. Hy sê John was self op die plaas om raad te gee en hulle sal in die toekoms ook kyk na die ander produkte
van Vermillian wat ’n boer en sy diere se lewe makliker maak, sodat produksie kan verhoog en vrektes drasties kan verlaag. Onder die produkte is Distemper Neutralizer, wat deur middel van nanotegnologie oppervlaktes, soos betonvloere, steriliseer en neutraliseer deur kieme en bakterieë dood te maak en vloeistof soos urine uit te hou. Dit is ideaal vir higiëne in kraamsale. ’n Lagie van Vermillian se waterdigting verseël ook enige oppervlakte behoorlik, van sinkdakke tot houtbalke en selfs betonwaterkrippe. Solar Aircon wat op dakke geverf word, help met die temperatuurregulering van dierebehuising, skure, pakhuise en woonhuise. Toetse toon dat Solar Aircon die temperatuur binne ’n gebou op ’n snikhete somersdag met tot 10°C kan laat daal en in die winter weer die koue uithou. Ondertussen word die Verust op Langspruit Landgoed behoorlik getoets. Na elke hoendersiklus spuit Early Bird die hokke met hulle hoëdrukspuite skoon. Frans sê die staal is nou al ’n paar keer skoongespuit en die Verust sit nog net so stewig soos die dag toe dit opgeverf is. Verust is die enigste produk van sy soort wat die soutspuittoets met vlieënde vaandels geslaag het. “Dit werk so goed vir ons dat ons nou alles wat staal is en wat aan die elemente blootgestel is, met Verust wil behandel.” Die groot siwwe in die graanhanterings aanleg is besig om hulle beurt te kry en die beeskrale is ook op die lysie. V
Frans Kasselman van Langspruit Landgoed naby Standerton sê met die hulp van beter isolasie en Vermillian se Verust, is sy hoenderhuise nou honderd persent reg vir goeie produksie.
Vasbyt lente 2012
Promosie-artikel
Kry ’n volledige lys van Vermillian se boervriendelike produkte by www.vermillianpaint.co.za of skakel Dillan Westerink by 081 467 2189 vir verfoplossings op die plaas. Takke in Pretoria: Eloffsdal: 012-335-0330, Elarduspark: 012-345-4273, Pretoria-Noord: 012-546-3350 Die artikel het oorspronklik in ProAgri verskyn.
37
Nuut op ons boekrak
deur Betsie Steyn Treurgrond – Land of sorrow Die trefferboek, Treurgrond, geskryf deur genl Chris van zyl en dr Dirk Hermann, het soveel byval gevind dat dit ook nou in Engels beskikbaar is onder die naam, Land of Sorrow. Die boek handel oor die afgelope twintig jaar se plaasaanvalle in Suid-Afrika en die Engelse weergawe is spesifiek op die oorsese mark gerig. Land of Sorrow vertel van die skokkende grumoorde op veral blanke boere – daar is 2 617 voorvalle wat kortliks aangehaal word. Die doel daarvan is om mense bewus te maak van die gruweldade wat teen ons mense gepleeg word en dis ook ’n spieël, ’n aanklag, teen die regering, die media en inter-
nasionale gemeenskappe wat eenvoudig toelaat dat die gruweldade plaasvind sonder om enigiets te doen om dit te verhoed. Die boek, ideaal geskik vir die SuidAfrikaners wat oorsee woon, beslaan 344 bladsye en kos R150.
erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling. Dit is ’n indrukwekkende publikasie van 640 bladsye en die prys is R250. Onthou! Luisteraars hoor gereeld oor Radio Pretoria die advertensie van die boek Onthou! – kronieke van vroue- en kinderlyding van 1899-1902. Die same stellers is Elria Wessels van
Die bekende geskiedkundige, kenner van die Tweede Vryheidsoorlog en skrywer van die topverko perboek Verskroeide Aarde, prof Fransjohan Pretorius, het so pas ’n boek gepu bliseer oor die geskiedenis van Suid-Afrika – van voortye tot vandag. Die boek is ’n inisiatief van die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die skrywers bied ’n gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee ook
alles is dat hierdie album vir dieselfde prys as ’n enkel album beskikbaar is, slegs R120! Bestel u kopie gou terwyl voorraad hou! Riana Mouton – Niemand soos Hy
(Straalplaat en digitale videoskyf Om nie ’n album van Gé Korsten in jou musiekversameling te hê nie, is om brandarm te wees! As ’n mens op die koop toe ’n dvs met Gé se grootste treffers daarop daarmee saam kan kry, het jy ’n moet-koop album! Eensklaps is jy skatryk. Maar die beste van
die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke en prof Andries Raath van die Universiteit van die Vrystaat. Dit is ’n deeglik nagevorste en wetenskaplike publikasie is en seker dié beste boek oor die onderwerp. Dit is ’n ongelooflik insiggewende boek van 400 bladsy en die foto’s daarin maak dit lewendig. In die geheel spreek dit tot die hart en verstand van ons mense. Dis ’n erfstuk vir die nageslag. Prys: R520 V
Die Geskiedenis van SuidAfrika: Van voortye tot vandag
Nuut op ons platerak
Gé Korsten – Ons onthou
Woord en Klank
In een van ons onlangse Nuut op die rak-programme was Riana Mouton die gas. Haar debuut geestelike album, Niemand soos Hy, is met soveel positiewe kommentaar ontvang, dat ons graag die album aan ons luisteraars beskikbaar wil stel in ons Woord en Klankwinkel vir net R100. Riana is ook ’n motiveringspreker, veral by dames- en gemeentebyeenkomste, en haar kontakbesonderhede is op die album beskikbaar.
38
Bestellings by Belinda. Skakel die Woord en Klankwinkel: 012 543 0120. R20 posgeld (vir geregistreerde pos) word bygevoeg. Of bestel aanlyn by www.radiopretoria.co.za
Cyril Swart – “Favourites” As ’n kunstenaar lekker mu siek van ’n wye verskeidenheid maak, dan is dit goed, maar as die kunstenaar boonop ’n Radio Pretoria-luisteraar en -vriend is, dan is dit ’n bonus! Cyril Swart is so ’n kunstenaar. Sy
kitaarklanke laat die voete van oud en jonk jeuk en hierdie jongste album van Cyril het ook ’n verskeidenheid van goue oues, wat die hartsnare sal roer. Dit is in ons Woord en Klank-winkel beskikbaar teen R120. V
Vasbyt LENTE 2012
Volkshulp 2000: ten volle volksbesit deur Mari Groenewald Nuwe leiding Op 11 Augustus 2012 het Volkshulp 2000 sy algemene jaarvergadering gehou. Buiten vir die voorsittersverslag wat die afgelope jaar se aktiwiteit weergegee het, het al die dokumente insake die finansiële state ter insae gelê. ’n Nuwe direksie is verkies en die direkteure vir die volgende twee jaar is, in alfabetiese orde, Annette Barnard, PG de Jager, Jan Loubser, Japie Stoltz, AE van den Berg, Olof van Rooyen, en ampshalwe as uitvoerende direkteur, Jaap Versfeld. Mnr PG de Jager, uitvoerende direkteur die afgelope vier jaar, het besluit om weer voltyds aandag te gee aan sy praktyk. Mnr Jaap Versfeld, dienende direkteur, is eenparig aangewys as uitvoerende direkteur. Hy aanvaar sy amp 1 Oktober 2012. Jaap Versfeld Jaap Versfeld is op 29 Novem ber 1938 in Brits gebore. Vanaf 1945 tot die einde van die eerste kwartaal in 1949 was hy in Juniorskool Rustenburg en Laerskool Rustenburg. Die Versfelds verhuis in 1949 na Carletonville waar Jaap tot aan die einde van 1956 skoolgaan. Na sy vader se skielike afsterwe teen die einde van 1956 verhuis die Versfelds na Pretoria waar Jaap ’n betrekking by die destydse Spoorweë en Hawens aanvaar. Hy verlaat later die
Kontakbesonderhede
Tel 012 755 8201/2 Faks 012 333 6422 Steadlaan 246, Queenswood, Pretoria volkshulp2000@axxess.co.za
Vasbyt lente 2012
Spoorwegdiens en begeef hom na die Staatsdiens. Jaap aanvaar diens by die Stadsraad van Pretoria op 1 Junie 1970 waar hy onder meer die poste komiteeklerk, senior komiteeklerk en hoofkomiteeklerk beklee. In 1976 gaan hy na die OosRand waar hy onder meer as hoof-vakkundige beampte by die Stadsraad van Springs en as assistent-stadsekretaris by die Stadsraad van Brakpan diens doen. Tussendeur behaal hy met buitemuurse studie, in 1978 die graad BA met hoofvakke Publieke Administrasie en Staatsleer aan Unisa. Aan die begin van Januarie 1989 aanvaar hy die pos van stadsekretaris by die stadsraad van Parys. Na sy uittrede met pensioen uit stadsraaddiens, werk hy twee-en-’n-half jaar by die koe rant, Patriot, waarna hy 15 jaar lank as nuusskrywer by Radio Pretoria in diens is. In sy jonger dae speel hy in verskeie dansorkeste en bedryf ongeveer 20 jaar ’n musiekskool. Jaap het ’n baie groot agting vir Rudolph Nasser, va der van Trevor Nasser, in wie se konsertorkes hy ook ’n dekade of wat gespeel het. In sy orkesdae het Jaap in konserte opgetree waar hy ander bekendes soos onder meer Esmé Euvrard, Lucille Ackerman, Francois le Roux en die Nederlander, Tom Kelling, ontmoet het. Volkshulp 2000 is ’n Artikel 21-maatskappy
Bankbesonderhede: ABSA, Ben Swartstraat, Rekeningnommer 10176514
In sy jonger dae het Jaap vir die Hercules-rugbyklub gespeel. Die klub se naam is later na Pretoria-Tuine verander. ’n Seisoen of twee na die naamsverandering sluit hy by die Pretoria-Noord rugbyklub aan, waar hy enkele seisoene vir die eerste span diens doen. Terselfdertyd was hy ook lid van die Pretoria-Noord Amateur Stoeiklub en lid van die voorstad se krieketklub. Jaap was ook die eerste voorsitter van die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans en hy het die pos enkele jare beklee. Hy was deurentyd op verskeie gebiede bedrywig en het ook in verskeie skool- en ander komitees gedien. Jaap was vier jaar lank onder-voorsitter van die Suid-Afrikaanse Terminologievereniging en gedurende die tydperk was hy onder meer betrokke by die opstel van die Stadsbeplannings-woordelys in Afrikaans. Uit sy pen het ook die boekie Derde Wêreld Waarheen gevloei. Weens werksomstandighede moes hy die boekie, wat oor rasse-aangeleenthede handel, destyds onder die skuilnaam AD Wolmarans, skryf. Hy is ook skrywer van vier modules van die Magstryd-reeks. Die mo dules handel oor die politieke en ekonomiese stryd wat daagliks in die wêreld afspeel. Die wêreldekonomie wurg steeds Volkshulp 2000 het die afgelope jaar die knyp van die byna vyf jaar oue ekonomiese insinking
Jaap Versveld – die nuwe uitvoerende direkteur van Volkshulp 2000.
“Werkskepping as instrument van opheffing is steeds Volkshulp 2000 se oortuiging.” gevoel. Tekorte kon gelukkig verhaal word uit die reserwes wat in die vet jare opgegaar is. Hoewel die werkskeppingspo gings tot dusver nie veel opgelewer het nie, is werkskepping as instrument van ophef fing, steeds Volkshulp 2000 se oortuiging. Mnr Piet de Jager gaan steeds betrokke bly by projekte om werk te skep. Voorsitter bedank Volkshulp 2000 se personeel Olof van Rooyen het die personeel van Volkshulp 2000 in sy voorsittersverslag uitgesonder. Veral spreek hy sy waardering uit vir hulle lojaliteit ten spyte van klein salarisse en geen verhoging nie, weens die swak ekonomie. Verder het mnr Van Rooyen al Volkshulp 2000 se bondgenote, in die besonder Radio Pretoria, bedank.
Uitsaaityd
Volkshulp 2000 se uitsaaitye op Radio Pretoria is nou 12:30 tot 12:45, op Maandag, Woensdag en Vrydag.
Snuffels-winkels telefoonnommers: East Lynne: 012 755 8185 Danville: 012 755 8187 Pta-Noord: 012 755 8183 39
40
Vasbyt LENTE 2012
wieweetwaar?
deur Dom Boer
deur Dom Boer
Op die graniethand wat by Loskopdam se wal opgerig is ter herinnering aan die Boere-handearbeiders wat teen ’n loon van 50 sent per dag die dam gebou het, staan gegraveer: “’n Nasie wat wil en ’n nasie wat werk sal die vrug in sy nakroos pluk.” Gaan ons, die nakroos wat daar genoem word, weer ’n granietsterk hand uit die mou steek en so begin presteer dat ons ons vryheid kan herwin om hierdie erfenis waardig te wees?
Loskopdam het ’n besproeiings paradys in die Loskopvallei geskep, waar koring, groente, tabak, grondbone, katoen en sitrus verbou word. Wysheid by Loskopdam Loskopdam is ook bekend as die plek waar ons voormalige eerste minister, dr HF Verwoerd, sy beroemde Loskopdam-toespraak gehou het waarin hy gewaarsku het dat die insluiting van anders kleuriges in besoekende sportspanne die dun punt van die wig sou wees wat tot ’n swart, kommunistiese bewind in SuidAfrika sou lei.
A
ndré de Beer van Groblersdal is in die kol en daarmee wen hy ’n straalplaat met strelende kitaarmusiek deur Hekkie de la Guerre! Hierdie graniethand is by Loskopdam, die vyfde grootste dam in Suid-Afrika, met ’n wateroppervlakte van 2 350 hektaar. Bouwerk aan die dam het in 1934 begin en blanke handearbeiders het teen vyf sjie lings (50 sent) per dag gewerk om die dam te bou. Dit was net na die depressie en die groot droogte, en verarmde Boeremense het die kans aangegryp om hierdie geldjie te verdien om vir hulle gesinne te sorg. Hierdie gesindheid om pro bleme deur harde werk en prestasie te bowe te kom onderskei die Boerevolk van andere wat maar te graag bakhand staan en eis dat iemand anders vir hulle moet sorg.
Vasbyt lente 2012
Aanvanklik is net getroude manne met gesinne om voor te sorg aangeneem, maar toe daar meer arbeiders nodig geword het, is ongetroudes ook aangestel. Die dam was nog nie heeltemal voltooi nie toe goeie reën dit in Januarie 1938 vir die eerste keer laat oorloop het. Daar is in 1935 ook begin werk aan die Loskopdamkanaalstelsel vir besproeiingsboerdery in die Loskopvallei. Die 480 km kanale is eers in 1938 voltooi, aangesien Jan Smuts, die Britshartige destydse eerste minister, se besluit om by die Tweede Wêreldoorlog betrokke te raak die werk vertraag het. Die bou van ander damme hoër op in die Olifantsrivier het die invloei na Loskopdam sodanig laat afneem dat die wal in 1979 vanaf van 45 na 54 meter verhoog moes word.
Dr Verwoerd se opvolgers het nie sy insig en wysheid gedeel nie. Onder hulle wanbestuur het sy Loskopdam-waarskuwing ’n skrikwekkende werklikheid geword sodat ons eens voorspoedige land vandag ’n hool van korrupsie, agteruitgang, misdaad en moord onder ’n kommunistiese bewind geword het. Besoedeling, wat een van die kenmerke is van hierdie SuidAfrika waarteen dr Verwoerd gewaarsku het, het ook die eens sindelike Loskopdam getref. Suur water vanaf die plundersteenkoolmyne in die opvanggebied, sowel as ander onwenslike stortings soos riool, het reeds krokodille in die dam en ander diere wat van die dam se water gedrink het laat vrek. Vis vrek en vrot ook waar die besoedelde water in die dam inloop en hengelaars stel weens die besoedeling al hoe minder in Loskopdam belang. Dr Jan Myburgh van die Departement Parakliniese Wetenskappe aan die
Universiteit van Witwatersrand se Fakulteit Veeartsenydienste, waarsku dat ’n ekologiese ramp op Loskopdam en die hele Olifantsrivierstelsel wag. Dit sal alle diere en plantegroei op die oewers van die benedelope van die rivier benadeel, selfs tot in die Krugerwildtuin en Mosambiek. Dit sal natuurlik ook die doel waarvoor Loskopdam oorspronklik gebou is, besproeiingsboerdery wat gesonde voedsel voorsien, verydel. Gaan die mense wat dr Verwoerd se wysheid in die wind geslaan het darem nou dr Myburgh se waarskuwings ter harte neem? V
Wieweetwaar is hierdie standbeeld? Stuur jou antwoord en meer inligting daaroor aan Wieweetwaar?, Posbus 14935, Sinoville, 0129 of aan tydskrif@ radiopretoria.co.za en jy staan ’n kans om ’n musiekpiering met Hekkie de la Guerre se strelende kitaarmusiek te wen. Onthou om jou posadres in te sluit.
41
Lellel
Lag en leef langer en lekkerder
Baie dankie aan almal wat nou reeds negentien uitgawes lank saamwerk om ons volk gesond en aan die lag te hou. Lag bly maar die beste en die lekkerste medisyne om ’n mens jonk, gesond en gebalanseerd te hou. Dankie ook aan almal wat negentien uitgawes lank die pittighede lees en skater, giggel, snork of die kop bloot meewaring knik en dink: “Daardie een onthou ek darem van lank-lank gelede af.” Om ’n goeie ou staaltjie te lees, is mos soos om ’n ou vriend weer te ontmoet. Lag stel ’n volk in staat om die taaiste struikelblokke te bowe te kom en die diepste smart te verwerk. ’n Volk wat kan lag is onoorwinlik. Mag ons mense nog baie geslagte lank lekker lag en langer leef. – Dom Boer Skep moed Die verbouereerde jong advokaat verdedig sy eerste saak. Met ’n bewerige stem begin hy: “My ongelukkige kliënt...” en daar steek hy vas. Hy maak keelskoon en probeer weer: “My ongelukkige kliënt...” en sy keel trek weer toe. Hy kug en prewel hees: “My ongelukkige kliënt...” “Toe maar, toe maar,” val die regter hom in die rede: “Gaan gerus voort. Tot hiertoe stem die hof volkome met jou saam.” Die reine waarheid Hoekom gebruik ’n politikus sulke groot woorde in sy toesprake? – Want hy is bang as die kiesers verstaan wat hy sê, sal hulle besef hy weet nie waarvan hy praat nie. Heinie: “So, Smit het jou vertel ek is ’n musikant?” Hennie: “Wel, hy het gesê jy blaas graag jou eie beuel...” “Ja, goed, goed goed,” snou die vrou haar man toe, “ek erken dat ek graag geld spandeer, maar noem vir my net één ander buitensporigheid.”
Heinie: “Ek het die papegaai al twee weke lank en hy het nog nie ’n enkele woord gesê nie.” Hennie: “Maar het jy hom al kans gegee?” ’n Ou loop die kroeg binne en skree: “Alle prokureurs is rowers!” ’n Groot ou gryp hom vas en sis: “Jy sal daardie woorde sluk, mannetjie.” “Is jy ’n prokureur,” vra die eerste ou. “Nee, ek is ’n rower.” Piet: “Hoekom noem hulle daardie boom ’n treurwilger?” Gert: “Ek dink dis omdat die onderwyser altyd sy lat daar gaan sny.” – Marie Wheeler Mooi nooi: “Jy laat my aan die see dink.” Heinie: “Magtig, onstuimig, geheimsinnig...?” Mooi nooi: “Nee, jy maak my siek.” Sersant: “Konstabel Abel, jy is nou al veertig jaar ’n polisieman en hoofkantoor kla dat jy nog nooit iemand gearresteer het nie. Gaan vang nou iemand, selfs al spoeg hy net op straat.”
MOENIE OSNS KINDER DOODRg YvirNIdEie. Wairwysirs onn
In die straat loop konstabel Abel ’n gemaskerde ou raak wat besig is om die juwelierswinkel se venster te breek. “Wat maak jy,” vra konstabel Abel. “Jy kan mos sien ek breek in,” antwoord die ou.
42
“Jou geluk,” sê konstabel Abel terwyl hy wegstap “dat jy nie in die straat gespoeg het nie.” Regtig gehoor “Geld kan nie geluk koop nie, maar dit kan jou darem help om op baie meer plekke daarna te soek.” Oor die telefoon: “Is dit Hotel Weeluis? Ek wil graag ’n kamer bespreek vir meneer Jacobs. J vir Jan, A vir Annie, C vir Chris, O vir Oswald, B vir Bennie, S vir Sa...” Hotelklerk: “Liewe aarde, moet hulle almal in een kamer slaap?” Personeelklerk: “Vir hierdie pos het ons iemand nodig met einde lose geduld.” Aansoeker: “Wel, Meneer, ek het ’n vrou, vyf dogters, ’n skoonma en ’n petrolgrassnyer.” Heinie: “Wat moet ek jou gee vir net een soentjie?” Mooi nooi: “Net een dosis narkose.” Goeie begin Hennie: “Pappa, wat is ’n miljoenêr?” Pa: “My kind, dit is iemand wat miljoen rand besit.” Hennie: “O. Ek is darem al ’n eennêr.”
Kille logika Sersant: “Moet tog nie so kla nie. As Napoleon tydens sy opmars oor die Alpe hierdie brood vir sy troepe gehad het, sou hy alte bly gewees het.” Soldaat: “Juis, Sersant – dit sou toe nog vars gewees het.” Ria van Zyl stuur hierdie vinding ryke eksamenflater sonder vermelding van die bron: Wat is die antoniem vir “boeiend”? – Sinkend. Soet seun Ounooi van Brits wen die musiekpiering van Thys die Bosveldklong met hierdie een: Die Sondagskoolonderwyseres gesels met die kindertjies oor die Hemel. “Wie wil graag Hemel toe gaan?” vra sy. Almal behalwe Frikkie steek hulle hande op. “Frikkie, wil jy nie graag Hemel toe gaan nie?” vra die onderwyseres. “Ja, ek wil graag gaan, maar my ma het gesê ek moet na Sondagskool reguit huis toe gaan.” ’n Optimis... ...is ’n ou wat platsak na ’n duur eetplek gaan en ’n dosyn oesters bestel in die hoop dat hy in een van hulle ’n pêrel sal vind om sy ete mee te betaal.
Oom Jan se hoekie Oom Jan Dreyer vertel nog ’n staaltjie uit sy kinderdae, byna ’n eeu gelede: My vader en moeder het destyds op perde huisbesoek gedoen saam met die ouderling en diaken. My moeder het ’n perd gehad met die naam, Hopley. Die perd het by die pastorie aangekom nadat hy in die jagveld weggehardloop het. Die eienaar het die perd toe as ’n geskenk aan my moeder gegee. Wanneer hulle huisbesoek gedoen het, het hulle te perd gery en snags in die ossewa geslaap. My moeder het in die nag kort-kort geroep: “Hopley, is jy daar?” Dan steek die perd sy kop by die wa-seil in. Naby Pearson se plaas het hulle besluit om hom ook te besoek. Toe hulle naby die huis kom, hardloop Pearson die huis binne, gryp sy geweer en skiet welkomskote oor hulle koppe! My moeder was bevrees: “Wat is aan die gang?” Maar die ouderling sit met ’n breë glimlag op die gesig, want hy ken Pearson. Die skote was sy manier om hulle welkom te heet. As hulle nie welkom was nie, sou hy nie geskiet het nie. Na die huisbesoek het Pearson hulle van die velle en horings gewys wat hy in sy grot gebêre het, maar hy wou hulle nie in die grot toelaat nie. Wat van Pearson geword het, weet ek nie, maar langs die grootpad na Olifantshoek staan daar ’n bordjie by die afdraai na sy plaas: “Pearson’s Hunt.” V
Vasbyt LENTE 2012
Eggo Eggo Von West – Von West (Gallo) In 2011 het Christa Steyn vir Pieter West (Idols 2010-deelnemer) en Dewald von Solms (een van Suid-Afrika se top tenore) ontmoet om te sien of ’n huwelik tussen hedendaagse en klassieke musiek kan werk en so is die duo, Von West, gebore.
deur Hors Prinsloo
My Heart / My Hart – Nianell (Nianell Enterprises) Die Namibiese Nagtegaal, Nianell, is terug met ’n splinternuwe tweetalige album, My Heart / My Hart, uitgegee deur Nianell Enterprises en versprei deur Select Music Distribution.
Eggo
Ek lewe vir jou/Vivo per lei, Hou jy nog steeds van my, It’s all coming back to me saam met Monique, Laat my lewe en hulle vertolking van die Chris de Burgh-treffer, Lonely Sky, is van die hoogtepunte op hierdie veertiensnit-debuutalbum.
Daar is ses Afrikaanse en tien Engelse snitte, alles eie komposisies, op hierdie, haar sesde solo-album se dert haar debuut in 2001.
Van die snitte wat die oor en die hart die meeste bekoor is Lief my, All that is true, Die oomblik is nou, Did I dance en Liefde begin eers in my.
Afrikaans op reis – Verskeie kunstenaars (Odyssey Records) Met hierdie sielvolle agttiensnitproduksie sluit die begaafde musiekregisseur, Matthys Maree, sy Afri-projek van die afgelope drie jaar op ’n hoogtepunt af.
Slim plan Mammie: “Dit was baie mooi van jou om nie jou lemoenskil op die bus se vloer te gooi nie. Waar het jy dit gesit?” Jannie: “In die oom langs my se baadjiesak.” Goeie rede Sielkundige: “Gaan jy met meisies uit?” Pasiënt: “Nee.” Sielkundige: “Hoekom nie?” Pasiënt: “My vrou sal nie daarvan hou nie.”
Kliënt: “Sien jy nou wat doen drank aan ’n mens?” Barbier: “Ja, dit maak ’n mens se vel darem baie teer, nè.” Noem drie eienaardige diere in die Noordpoolstreek. – Die olifant, die leeu en die kameelperd sal in die Noordpoolstreek eienaardige diere wees. Eina Heinie: “Ek begin darem nou die erkenning kry wat ek verdien.”
– Marie Wheeler
Hennie: “Hoe vernederd moet jy nie voel nie.”
Vinkel en koljander
Wrange wysheid
Besoeker aan die tronk: “Dit moet darem vreeslik wees om heeldag in so ’n klein kamertjie te sit. Wat was jy voor jy hierheen gekom het?”
• Al wat die wêreld nodig het, is dat die werkers ’n slag moet dink en dat die denkers ’n slag moet werk.
Gevangene: “’n Hysbakdrywer.”
• Ware tevredenheid lê daarin om te wens wat in elk geval sal gebeur.
Flinkdink
• ’n Monoloog is ’n gesprek tussen man en vrou.
Die getrekte barbier sny ’n kliënt raak.
Vasbyt lente 2012
Myra Maud (Afri-Frans), Marta Gomez (Afri-Spaans) en Cristian Mangano (Afri-Talia) deel die mikrofoon met van ons mees geliefde Afrikaanse kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Eden, Laurika Rauch, Theuns Jordaan, Coenie de Villiers en Anton Goosen op hierdie uitrei king van Odyssey Records. V
• Die enigste voordeel van armoede is dat dit so goedkoop is. V
43
44
Vasbyt LENTE 2012
Wen R500! Impak Onderwys borg hierdie blokraai.
Wen R500! Impak Onderwys borg hierdie blokraai. Besoek www.impakonderwys.co.za Besoek www.impakonderwys.co.za of skakel 012 664aan 8552. of skakel 012 664 8552. Stuur voor 30 November 2012 Vasbyt, Posbus 14935, Stuur voor 31 Augustus 2008 aan Vasbyt, Posbus 14935, Sinoville, 0129. Sinoville, 0129 of tydskrif@radiopretoria.co.za
1ste letter Oes
p
p
Kap met tol
t
Suid
Reis
Kabinet
Goudkleurig
Bosdier
7de noot
Oos (afk)
Werktuie tVader
Lawavorm
p
t
Sanna
t
Skoolsit
Suid
Drukmaat
t
Suurstof
Rivier in Italië
t
Segsman
Koevertgrootte Kykers 110 x 220 mm
Rand
Deurslag
Sedes
u
Geëerde
p Dries
Ophitsery Etend
Nikkel
Walg
Opmerk
Rus
t
Sjieling
t t
Groot wildsbok Pas gemaakte
t
Oog
Wisent
Na x
p
q
Barke
t
Dun
t
Dom Boer se lagblad Hy kom ook in die kraal
p
Bravo
Bege leidend
t t
Belofte Na h
Kelt
q
Werktuie
t
Geskil
Sies!
Boomdier
p
Bevestigend
u
p
9de letter
Suid Hofni
pa
se
Meter
Boontoe
Gee Ton
Munte
Skaaldier
Posorder (afk)
p
p
t
Gameet
Atome
Oos (afk)
Vogmaat
VI
Vry
Neerslag
2de letter
t Goewermentsgarage
t Sies
Vrot
’n Appel en ’n ... Gemiddel
Neervlei
p Hoogste simbool Homo gaam
tTrekdier Leribe se reg no NoordRyp
q Rus
de potlood u Eerste letter
t
Ja in Spaans
Gram
Ses
Vuurmaakplek
Kilo
q
Volksleier Ego Rom 50 Binne
u u
Graad
Naam:............................................................. q q q q
t
p
Ton Voor f
p Adres:............................................................. Draai ....................................................................... Oom Niklaas van Rensburg Telefoonnommer:........................................... u was so bekend
Klein Leen
Gletser Dommes
u
Salot Aldus
q t
Koffers Teenoor oos Sjieling
q
q
Vasbyt lente 2012
Maaltyd
q
q
Ton
u
t
u
q t Iedereen
Troglodiete
Namiddag
Beteken lug
2x4
Terrorisbende
Op
q
t
Huwelik Woordafleidende staat Primitiewe wapen u Knip rekening Gifvlieg
Lamp
t Beteken 3
Geskool
t
Opgestel deur Dom Boer
Maaltyd
Snert
Oos
t
q
Binne
Agter
Prior
Tel by
t
Neffens
Sunette ...
Bitsig
Spil
Klomp
Fe Gesang 180 Soort voël Vroue stem
Veldspaat
Priem
t
t
p
Duitse Sangeres hy
Slim
p
q
Rusie
t
Senior
...brand (dorp in Fielafooi Vrystaat)
t
t
Duld
p
t
q
t
Gasdeeltjie
p Hiberniese
Broeiplek
Getoets
t
Spence t ... (skryfster)
Besit
Paal inslaner
Rand
t
Witbank
Groot SA boom
Ooskuskoors (afk)
Kortsig
q
Onthutste
Koeter waals
q
Ou lengtemaat
Kruising
q
Weer
Skeurgeluid Rand
’n Kunsmis saak
t
u
Boet
Horde tAandeel
Koker
Voor b Kosmaker
q
Prior
Noord (afk)
Spot
Vrouenaam
Onderseër
Nie wes
u
Ondermaanse
q
Mans naam
Vinnig
Diederiks
Ou lengtemaat
u
Insek
Voor b
Streel
t
Gram
Ovum
q
Kwik Liefdadigheid
u Trilklank u
Graag
u
Bees Skryfster: Sy kom met die sekelmaan
Liter
Met die nodige voorbehoude
Voor f
Koggel
Woestynakkedis Lafaard
Vader
Woede
Ganna Geldig heid
Amerika
sanger van Suikerbosrand
Beesgal
p Apery
t
t
p
Skones
t
p
Priester stad
p
t
... Visser, Persië
Bel
q
Vark
Jakob se broer
Welriekende hars
Geel klei
t
t
t
t
Tarentaal
q
q
Stroper
Owerspel Syn begaan
Niksnuts
Na bo
Ton Na d
Grof
1ste letter
p
p
Dronknes
u
Onnosel
Polsslag
Nou
Bylas Somervrugte
Visse
’n Kerk
Handel Goggas u
Beteken binne
Dwaal
t
u
uPlus
Romeinse halfdosyn
Rom 8
p
...-Seeland u
t
q
Klein Adoons
q
p
Edik Vrekke Kilo of kelvin
Koskamer Dit is (L)
Uiter
Luidier
u
u
t
Logge
Eetlepel
Guur
Spies
t Drafhoender
t
p t
no
Rand
u
Voëlkunde
Skryfding
Spreker
Krotbuurt
Madagas
Begryp
Een-een
hout
Suid
u
Suurstof
SkoonsteKlipgat taal
q
Verby 22/7 ... Malherbe (digter)
q
Draagbalk
Paraat kar reg t
Suid
Na d
p
u
Gifvlieg
t
Uitsaaier
q
...Kaptein (skrywer)
Mengelmoes
Sien daar Verbrande
Porsie
p
Ons land
Trekdier
Afrikaans
t vir missie
Skattings
p
u
Grootbaas
p
Voorste loodse
p
Senekal
2x3 Draai
Gierig
Eclair
p
By name
t
Dobbelmal of kalfagtig
p
SuidAfrika
Liter (afk)
Fosfor
t
t Agterkante t 2x4 t
Luidier
u
Suid
p
Tieroog
q
t
Voor b
Inwy
Afr vir Winternag CD
t
Digter van
Die wenner van Blokraai 1 is Lienie Nel van Potgietersrus.
u
Afrikaans vir sms
Naam............................................................................................................................. Adres............................................................................................................................. Telefoonnommer...................................................................................................
Sorgsaam vir Vasbyt se lesers opgestel deur Dom Boer – domboer01@mweb.co.za
Blokraai 19 2 Blokraai
45
Blokraai 18 se oplossing J
A
N
K
N
A
P
H
A
A
A
N
B
R
E
K
E
R
N
N
W
I
E
G
T
S
E
G
O
N
I
J
O
D
E
B
U
U
R
D
I
E
E
T
S
R
E
K
E
L
S
E
N
U
W
E
E
O
O
R
S
I
K
S
N
E
S
T
E
L
E
S
T
R
U
I
K
E
L
T
J
O
G
G
E
M
U
I
E
I
E
M
M
S
I
D
G H E
F
B E
B
A
N
D
K
O
O
I
O
O
T
R
E
E
P
A
R
S
N
A
T
D
O
P
T
I
E
S
S
I S
I
S
E
S
E
T
E
R
A
T
E
E
N
G
T
E
I
K
D
E
T
S
I
W
S
S O
R
P
A E
O
S S
O
R
E
T
I
L
V
A
L
E
E
I
E
R
E
S
M
A
A
K
U
L
N
A
T
L
E
K
O
P
L
O
O
I
S
T
E
K
S
E
E
M
S
K
E
P
E
L
E
S
O
P
U
S
N
O
S
I
T
S
R D
O
D
I
S
T
E
L
R
E
I
S
M
A
A
D
E
M
R
M
E
E
M
N
R
I
E
K
W
A
R
T
A
F
K
O
R
T
I
N
O
M
F
R
E
U
K
M
E
E
T
E
R
S
K
G
E
E
E
D
I
L
I
O
R
S
E I
I
D
D U
T
I
R
N
R
R G
S
W
A
O
F B
L A
L
A
E
G
E
I
E
K
E
N
T
A
Adres.............................................................................................................................
Telefoonnommer...................................................................................................
R500, geskenk deur Impak Onderwys.
46
Troufoto’s Modelwerk Baba- en kinderfoto’s Gesinsfoto’s Matriekafskeidfoto’s Produkfoto’s ens.
Louis Holtzhausen
079 312 0100 icebites4@gmail.com
S
...........................................................................................................................................
Die wenner van Blokraai 18 is Santie Fourie van Brits. Sy ontvang
BOLOARD ATELJEES
N
Naam.............................................................................................................................
Blokraaiwenner
• • • • • •
E
Wietze Steyn Tel 012 548 2266 (x205) Hornbillsingel 153 Montana
VIR DRUKWERK VAN GEHALTE Vasbyt LENTE 2012
Geskud maar beskut Psalm 3: 9:Hulp kom net van die Here af
Anker
deur ds Danie van Rensburg, NG Kerk Jan Niemandpark, Pretoria
O
or die algemeen was Dawid se lewe maar vol moeites. Koning Saul was erg jaloers op Dawid en ons weet hoe Dawid letterlik vir sy lewe moes vlug voor Saul. Ná Saul se dood, het Dawid koning geword in Jerusalem. En hy was ’n goeie koning. Dinge het egter skeefgeloop. Dawid moes letterlik met ’n handjievol van sy intieme ondersteu ners vir sy lewe vlug voor sy eie seun. Dit het gelyk asof dit klaarpraat is met Dawid.. Presies op hierdie punt, skryf hy Psalm 3 vers 1: “’n Psalm van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.” Só gesien, kan ’n mens vers 2 beter verstaan: “Ek het só baie vyande Here. Báie kom in opstand teen my.” So benard was sy situasie dat mense gesê het dat selfs die Here Dawid nie kan help nie: “Van God kom daar vir hom geen hulp nie!.” (: 3). Wat ’n toestand! Ons lees dit alles in 2 Sam 14 –15. Hoe is dit dan dat só ’n man súlke probleme kan hê? Wel, dit wys juis dat ware gelowiges werklik probleme kán hê!! Om ’n Christen te word, verlos jou nie noodwendig van jou probleme nie. Ernstige en toegewyde kinders van die Here het dikwels probleme wat ander mense nie ken nie. Só hewig kan dit word dat dit te erg word om te dra. Dat jy oorweldig voel. So skerp kan dit word dat jou hart wil breek en die bose jou tart en sê: “Moenie eens oorweeg om na die Here kyk nie, Hý sal jou nie help nie”. Gelowiges stort trane waarvan ongeredde mense niks verstaan nie. Byvoorbeeld: Sommer net die algemene diskriminasie teen jou bloot omdat jy totaal aan die brand is en uitverkoop is vir Jesus en Evangelie. Jy word uitgestoot. Jy word dinge ontsê. Jy word uitgelaat. Jy is net nie so welkom in die kleiner kringetjie as ander nie. Onwaar dinge word agteraf van jou gesê om jou na benede te trek. Hierdie tipe probleme kan jy enige plek
Vasbyt lente 2012
teëkom – in ’n kollegakring, selfs in ’n familiekring. Het jy geweet dat byna 100% van alle moeites waardeur ware gelowiges gaan daartoe lei dat hulle geestelik groei? Ek lees van ons Here Jesus self in Luk 4: 1,14 dat Hy na sy versoekinge in die woestyn “vol van die krag van die Gees” uit die woestyn teruggekeer het. Dit is juis die woestyne in ons lewe wat ’n mens “vol van die krag van die Gees” laat oorwin en uit die woestyn kom – sterker en sekerder van God as ooit tevore. Vra maar vir enigeen wat deur sý woestyn geworstel het. Dalk was 2012 jou woestyn en het jy jouself as toegevou in probleme beleef . Dit is die eerste plek waar ons vir Dawid sien: toegevou met pro bleme. Vir hulle wat hulleself só uitsigloos en vasgevang beleef, het Psalm 3 goeie nuus! Vir hulle hou Psalm 3 die uitkoms voor: volhard in gebed! Want dán, wanneer die nood op sy hoogste is, is die uitkoms daar; uit die bloute kom daar ’n wending in die psalm : “MAAR U, HERE...” (: 4). Die wending word ingelui met die woordjie “maar…” Dawid se oë draai weg van sy omstandighede en hy sien die Here wat hom van alle kante beskerm en sy eer en aansien herstel. Letterlik sê vers 4 die Here is my SKILD wat my van alle kante toevou (beskerm), die Een wat my kop weer oplig om ander in die oë te kyk (aansien). Dit is mos wat woestyne doen: dit verneder jou; dit stroop jou van trots en sekerheid. Dit laat jou kop hang – in verleentheid en verne dering en moedeloosheid. Dit is in sulke tye dat die Here jou toemaak… beskerm… jou kop oplig. Dink net wat het op Golgota gebeur. In daardie ontsettende drie uur aan die kruis trek God ’n swart gordyn van duisternis op die helderste tyd van die dag om sy Seun… om te keer dat die wêreld Hom verlate en verwese met ’n kop wat hang, sien. Hy maak toe… Hy maak syne toe wanneer hulle ly…
Teenoor vers 2 en 3 wat as ’n klag beskryf kan word, staan vers 4 tot 7 wat as vertrouensuitsprake bestempel kan word. Teenoor wat hulle doen… die vyand wat spot en intimideer, maak Hy toe… maak Hy sterk… tel Hy koppe op. Die belangrike wat ons moet raaksien is die rol wat GEBED speel. Die draaipunt - die groot MAAR van vers 4 kom toe Dawid na die Here toe draai en ’n baie persoonlike God ontdek wat wérklik gebed antwoord en met sy kind omgaan - maak nie saak wát die omstandighede is nie. Die agtergrond van Psalm 3 skets Dawid se posisie as benard: Absalom se leër is na hom op pad. Daar is geen hoop nie. Sommige mense baie ná aan Dawid het hom verlaat. Sy eie seun het teen hom oorlog verklaar. Waarheen gaan sy hart heel eerste? Vers 1: Na die Here. Die eerste ding wat gebeur in sy moeilikheid - sy hart gaan op na die Here. Die eerste liefde van sy lewe is die lewende God. Dawid se eerste reaksie is: Reik uit na die Here. Dawid kan nie kop of stert verstaan wáárom dinge so skeefloop nie en waarom sy eie kind teen hom oorlog maak nie maar hy draai na die Here toe. Sy eerste uitweg is die Here. In en deur gebed sien ’n mens dinge wat jy nooit andersins sou kon sien nie . In gebed word ’n mens se oë gesalf. Jy sien die onsienlike. Dawid sien dat die Here vir Hom ’n skild is (Hebreeus: beskerming reg rondom hom). Dawid sien homself OMRING met die lewende God. Niks kan by die skild verbykom. Dawid het ook baie vrymoedigheid in gebed (: 7). Hy waag dit om te bid dat die Here hom totaal sal verlos van sy haglike situasie. Die Hebreeuse konstruksie toon dat hy aanhoudend, indringend en volhardend gesmeek het. Hy verkry sekerheid van dinge waarvan hy buite gebed nie sekerheid sou gehad het nie. Soos wat ’n mens bid (en veral týd bestee) kan insigte en sekerhede by jou groei van goed waarvan niemand jou al ooit vertel het nie.
Dinge gaan vir jou oop wat deur gewone gedagtegang nie kon gebeur nie. Wonderlike dinge gebeur in/deur gebed. Kyk na die aangrypende woorde in vers 8: “U het die aanval afgeslaan.” Met sy fisiese oë kan Dawid dit nie sien nie - daar was immers nog geen uitkoms of verandering nie. Inteendeel, wraakgierige Absalom en sy bloeddorstige leër blaas al in sy nek; duisende opgstookte krygers is op sy hakke. Maar, in/deur gebed raak Dawid seker van iets wat nog moet gebeur, asof dit reeds gebeur het! Voordat dit plaasvind, dank hy die Here dat Hy sy vyand sal vernietig. Dit is bykans onmoontlik om hierdie aspek van gebed te verduidelik. In gebed HOOR jy wat jy andersins nie hoor nie. Jy hoor hoe die Gees jou laat sê: “Abba, Vader” (Gal 4: 6). Jy begin dinge sien soos die Here dit sien. Wat ’n gróót agterstand het ’n biddelose mens in die lewe…? Ons sien dus dat Psalm 3 Dawid in twee posisies uitbeeld: In probleme en in gebed. Maar daar is ’n derde posisie waarin Psalm 3 hom skets: Dawid het vrede. Hy het soveel sekerheid dat die Here ’n skild rondom hom is, dat hy kan gaan lê en goed slaap al is hy toegevou in probleme (: 6)! Dit is mos ongewoon. Probleme hou jou wakker…nagte lank! Maar Dawid slaap. Omdat die uitkoms en verlossing die Here s’n is (: 9), het Dawid vrede en moed - soveel so dat hy rustig kan slaap. Reg binne-in die stryd, het Dawid vrede - as gevolg van die Skild wat hy in gebed raakgesien het. Filip 4: 6 verklaar so heerlik: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak IN ALLES julle begeertes deur gebed én smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God - wat alle verstand te bowe gaan sal oor julle harte en gedagtes die wag hou.” V
47
Die regering wend tans hernieude pogings aan om Afrikaans as onderrigmedium in openbare skole te ondermyn. Byvoorbeeld: Al drie Afrikaanse skole in Fochville word nou gedwing om te verengels. Dít, terwyl die Engelse leerlinge in een van die drie skole geakkommodeer kon word. AfriForum gaan R50 000 skenk om hierdie saak in die hof te beveg!
Jy kan help! • Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement van basiese onderwys se magsmisbruik – SMS “skool” na 38655. Neem deel aan die beheerliggaamverkiesings by skole wat in Maart 2012 plaasvind. Plaas jou kinders in Afrikaanse skole. Ondersteun onderwysorganisasies soos Fedsas en die SAOU. • Teken AfriForum se petisie ten gunste van Afrikaanse skole by www.afriforum.co.za of skakel 086 10 200 30 om aan te sluit. • Sit dié advertensie op ’n openbare plek op.
Hierdie advertensie is moontlik gemaak deur besorgde Afrikaanse ouers.
Sluit vandag nog aan by
086 10 200 30 www.afriforum.co.za
48
Vasbyt LENTE 2012
aksentmedia • 082 445 4513
Red Afrikaanse skole