Vasbyt - Somer 2012

Page 1

VASBYT

20 Somer 2012 Uitgawe 20 •Uitgawe Somer 2012 20 www.radiopretoria.co.za 104,2 MHz

Nuwe FAK Sangbungbundel • Afrikaans kook • Blokraaisel

Vasbyt somer 2012

ISSN 2223-5906 1


gee jou

DROME

van môre vlerke

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan Begrafnisdekking Hospitaalversekering

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005

2

Vasbyt HERFS 2009

Vasbyt somer 2012

’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


Spesiaal 26 – 32 Programrooster 26 – 37 Radionuus 45

Blokraai

6

Artikels 5 Afrikaans is groot 6 Die nuwe FAK-sangbundel 9 ’n Droom word `n melodie

Mag elke leser in 2013 nuwe hoogtes bereik.

10 Koppisol – Waar die Boere so lekker jol! 12 Pretoria bly Pretoria!

Uit die redakteur se pen

Mag 2013 vir u nuwe hoogtes inhou!

S

o kom nóg ’n jaar tot ’n einde. Maar met elke jaar is daar ook ’n hele aantal mylpale wat bereik word. Een daarvan hou jy nou in jou hande vas: Die twintigste uitgawe van Vasbyt. Baie van ons lesers ondersteun dié tydskrif al van die heel eerste uitgawe af. Maar of jy reeds twintig uitgawes in jou versameling het of nou vir die eerste keer Vasbyt lees, bly ons waarborg dieselfde: Die leesgenot sal net verbeter! Ek wil ook baie dankie sê aan die span wat elke uitgawe moontlik maak. Meeste van julle is al baie langer as ek by die tydskrif betrokke. Sonder julle sou ons nooit hierdie mylpaal bereik het nie. In dié uitgawe val ons klem op Afrikaanse musiek – in al sy vorms. Ons vra vir Steve Hofmeyr en Gert van Tonder oor die toekoms van Afrikaanse musiek; woon ’n boeremusiekfees by en ‘klop’ by Aardklop aan. Namens die Vasbyt-span wil ek ook elke leser ’n geseënde Christusfees toewens. Mag u die feesseisoen saam met u geliefdes deurbring (met ’n Vasbyt in die hand natuurlik!) en mag die voor­ spoed u verveel in die jaar wat voorlê. Lekker lees! – James Kemp

V

Vasbyt nommer 20! Die voorblad is ’n samestelling van straalplate wat in die laaste 20 uitgawes van Vasbyt bekendgestel is en gereeld op Radio Pretoria gehoor word. Ons bring hulde aan ons musikante!

10

16 Voorkom slangbyt deur slang­ bewustheid 18 Vervloekingstablette en Towerspreuke in antieke Rome 20 Landboukorrels Boeredag weer ’n groot sukses 21 Die geskiedenis van die valskerm 23 Waar die kunste ‘klop’! 40 Die Eerste Taalmonument

Gereelde gunstelinge 13 Tromp-op 14 Dis ons mense dié 22 Uit die Kuierkombuis 24 Lesers se foto’s 38 Woord en klank 42 Lellel

22

43 Eggo 44 Blokraai-oplossing 47 Anker

Teken in op Vasbyt teen net R80 vir vier uitgawes Betaal R80 in ons bankrekening en faks die inbetaalstrokie saam met u naam en van, posadres, te­lefoonnommer en e-posadres aan ons. Faksnommer: 086 502 3167 Of: Pos ’n tjek van R80 aan ons. Sluit asseblief u naam en van, posadres, telefoonnommer en e-posadres in.

Radio Pretoria, Posbus 14935, Sinoville, 0129. Radio Pretoria: bankbesonderhede: Absa Rekeningnommer 090-148-524 Takkode: 33 46 45

Vasbyt 012 543 0120, tydskrif@radiopretoria.co.za. Posbus 14935, Sinoville, 0129. Uitgewer: Radio Pretoria, Redakteur: James Kemp, Assistent-redakteur: Betsie Steyn, Taalversorging: Annette Britz, Ontwerp: Graphcom BK, Advertensies: Linda van Schalkwyk, Drukker: Spektrum Drukkers. Vasbyt aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geldigheid van aansprake in advertensies nie. Klagtes moet asseblief regstreeks aan die betrokke adverteerder gerig word.

Vasbyt somer 2012

3


MAYVILLE ONDERDELE Ingestel op diens

Mayville Onderdele is baie opgewonde oor Autobarn-konsessies wat tot groot voordeel van kliënte gaan strek. Die Australiese verbintenis gaan Mayville Onderdele beslis meer mededingend maak en beter gehalte en verskeidenheid vir kliënte bied. • Mayville Onderdele is reeds 25 jaar in die bedryf • Eddie het 45 jaar ondervinding – en is ’n deskundige oor die restourasie van antieke motors • Mayville Onderdele ondersteun reeds jare lank 17 blanke welsynsorganisasie

ans

a Trots Afrik

Steve Nel, Norman Kruger, Francois Botha, Eddie Engelbrecht, Manie Engelbrecht en Johan Davel – altyd gereed om klante by te staan met vriendelike diens in Afrikaans.

Spesiale aanbod: Batterye teen

R395

met 1 jaar waarborg

Groottes 610 tot 646

Heila Mienie, Tina Engelbrecht, Heidi Booyens en Doreen Roux – die vriendelike administrasiedames. Terwyl voorraad hou

es e f s er ige K e ënd rspoed e s Ge Voo 3 n 201 en ’ Tel 012 335 4960 Faks 012 335 7087

Paul Krugerstraat 878, Mayville, Pretoria 0082

4

Vir alle motor-, trok- en trekkeronderdele, batterye en smeermiddels Vasbyt somer 2012


Afrikaans is Groot – veral op die musiekfront Steve Hofmeyr by Afriforum se jaarlikse musiekfees.

AfriForum se jaarlikse musiekfees by die Voortrekker­ monument word deur duisende mense bygewoon.

D

aar is dikwels kommer oor die toekoms van die Afrikaanse taal. En as daar na die uitsprake van sommige politici gekyk word is dit met goeie reg dat Afrikaanse moedertaalsprekers bekommerd is. Maar een plek waar die Afrikaanse taal werklik floreer is op die musiekfront. Letterlik tien-duisende mense daag Steve Hofmeyr kuier by Radio Pretoria. by musiekfeeste op waar Steve Hofmeyr, Elizma Theron, Bobby en Karlien van Jaarsveld en andere optree. AfriForum se jaarlikse musiekfees alleen word deur letterlik duisende mense bygewoon. Ander musiekfeeste soos ‘Afrikaans is Groot’ is maande voor die tyd reeds uitverkoop. Maar hoe lyk die toekoms van Afrikaanse musiek? Steve Hofmeyr het aan Vasbyt gesê dat die sukses van Afrikaanse musiek toegeskryf kan word aan die feit dat dit nie deur die regering gereguleer word nie. “Solank dit so bly lyk die toekoms van Afrikaanse musiek baie goed,” sê Steve. Hy sal weet. Hy is immers ’n SAMA-wenner vir beste kontempo­­rê­­r-volwasse Afrikaanse album. Gert van Tonder van Groep 2-faam sê die Afrikaanse musiektoneel het heelwat verander. “Om mee te begin het die tegnologie geweldig verbeter en ’n mens kan soveel meer in die opname-ateljee doen as in die Groep 2-dae. Ook die musiek het verander. Stamp-musiek kom deesdae meer voor terwyl daar destyds meer op strelende melodië gekonsentreer is,” sê Gert. Gert sê dit is moeilik om ’n mening te lug oor Afrikaans se pad vorentoe. Volgens hom het Afrikaanse musiek

“... een plek waar die Afrikaanse taal werklik floreer is op die musiekfront. ”

so geblom die afgelope aantal jare en behoort dit nog goed te gaan vir ’n hele klompie jare vorentoe. “Ek dink dit het tyd geword om weer nuwe luisterbare liedjies te hoor. ’n Mens raak bietjie moeg vir dieselfde ritmes oor en oor. Dit is nodig vir goeie lirieke, goeie melodieë en goeie temas,” sê hy. Gert beplan juis om eersdaags so ’n album bekend te stel. Intussen doen die jonges egter nie sleg om die taal lewendig te hou nie. V

Gert van Tonder van Groep 2-faam kuier in Radio Pretoria se mobiele ateljee.

Vasbyt somer 2012

5


Afrikaners steeds FAK-sangbundel Die nuwe FAK-sangbundel is bedoel vir elkeen wat ’n liefde vir Afrikaanse musiek het.

D

ie Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) spog met ’n nuwe, gesogte juweel in sy ou skatkis van FAK-sangbundels. ’n Nuwe FAK-sangbundel is vanjaar uitgereik ter viering van dié bundel se 75ste bestaans­ jaar. Met die nuwe bundel is daar gepoog om Afrikaanse liedjies wat gedurende die afgelope 40 jaar uitgeblink het, te laat herleef en voortleef vir nog ’n generasie. Daar is plek gemaak vir soveel as moontlik liedjies wat sedert die vorige uitgawe van die bundel in 1979 die liggesien het.

Die uitvoerende hoof van die FAK, dr Danie Langner, sê die FAK-sangbundel het deur die dekades bekend geword het as die kanon van Afrikaanse musiek, want die verhaal van die sangbundel is verweef met die historiese ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Die FAK-kantoor, in samewer­ king met vele kundiges het die proses voltooi. Die FAK het saam met Jannie du Toit, Johan van Rensburg, prof Bertha Spies, Katrien Holm en vele meer aan hierdie geskiedkundige projek gewerk. Die eerste uitgawe wat in 1937 verskyn het, was die opvolger van Mansvelt se Hollands-

Afrikaanse Liederebundel (1907) en Van Niekerk se Groot Afrikaanse-Hollandse Liederebundel (1927). In die twee bundels was daar 78 Afrikaans-Hollandse liedere, waarvan slegs 28 in die 1937-FAK-sangbundel opgeneem is. Van die 314 liedere was 275 spesifiek geskryf vir saamsing. Die sprong van 78 liedere in 1927 tot 314 in 1937

dui op ’n geweldige groei in Afrikaanse musiek binne ’n kort tydperk van tien jaar. Teen die tyd dat die hersiene weergawe in 1961 verskyn het, was reeds meer as 60 000 eksemplare verkoop. Die FAK se musiekkomitee het die getal liedere tot 400 beperk om te verseker dat die sangbundel maklik hanteerbaar sal wees.

Vanweë die ontploffing in Afrikaanse musiek sedert die tagtigerjare het die FAK ook besluit om die aantal liedjies in die nuwe bundel van die tradisionele 400 na 600 te vermeerder.

Die sangers Andries Bezuidenhout (links) en Jannie du Toit (heel regs) saam met die hoofuitvoerende beampte van die FAK, dr Danie Langner by ’n gesprek tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees.

6

Vasbyt somer 2012


plesierig met nuwe deur Dianne Chapman

Kriteria vir FAK-sangbundel-liedjies: • Liedjies moet sover as moontlik oorspronklik Afrikaans wees en nie vertaal of woorde op oorsese wysies wees nie – slegs enkele vertaalde liedjies is opgeneem (minder as 10 uit die 600 liedjies). • Die liedjies moet eienskappe van tydloosheid in beide die liriek en melodie toon. • Liedere moet ’n bydrae tot die Afrikaanse liedereskat lewer. Nuwe liedere is gesoek uit die Afrikaanse liedereskat van volkspelebundels, skoolsangbundels, populêre liedjies en liedere wat by volksfeeste gesing kan word. Die derde uitgawe het met die FAK se halfeeufees in 1979 saamgeval. Die liedere is ingrypend hersien om hulle makliker speelbaar en meer toepaslik vir groter groepe te maak. Die 1979-bundel bevat begeleidings wat so geskryf is dat hulle ook makliker deur snaar- of blaasinstrumente gespeel kan word, sodat dit nie meer noodsaaklik sou wees om net op ’n klavier aangewys

te wees vir begeleiding nie. ’n Besondere kenmerk van hierdie bundel is die aandag wat aan Afrikaanse woorde bestee is. Die nuuste bundel is só ontwerp om dit makliker te maak om die musiek te speel en te sing. Tog stem die formaat van die twee agtereenvolgende bundels baie ooreen: daar is van dieselfde lettertipes en uitlegformaat gebruikgemaak; die name van liedjies asook hul eerste reëls word in die inhoudsopgawe aangedui; die liedjies is in ses hoofkategorieë verdeel naamlik Immergroen en Populêr, Kleinkuns, Kinderliedjies,

Dr Danie Langner hou die nuwe sangbundel omhoog tydens die FAKFantasties konsert.

Geestelike liedere, Kunsliedere en Koorwerke. Die nuwe bundel is ontwikkel om erkenning aan Afrikaanse musiek sedert 1979 te gee. Vanweë die ontploffing in Afrikaanse musiek sedert die tagtigerjare het die FAK ook besluit om die aantal liedjies in die nuwe bundel van die tradisionele 400 na 600 te vermeerder. Die twee kategorieë wat die alombekende liedjies bevat word die Immergroen en Populêre-afdeling genoem en bevat byvoorbeeld liedjies soos dié van Juanita du Plessis en Steve Hofmeyr. Die Kleinkunsafdeling bevat liedjies van kunstenaars soos Koos du Plessis, Laurika Rauch en Lucas Maree. Hierdie twee afdelings het ki­ taardrukke bygekry. Dit bestaan ook slegs uit ’n melodielyn sodat dit makliker speelbaar is. Ses nuwe rubrieke kom in die bundel voor. Die rubrieke vir Kuns-, Koorwerke en Kinderliedjies het ’n volledige linkerhand bygekry. Die nuwe

bundel se rugkant is ook só ontwerp dat dit beter op die klavier staan as die vorige een en bevat geen liedjies wat in ander bundels soos die Liedboek en FAK Volume 1 voorkom nie. Die publiek kan verwag om al hulle gunstelinge in die nuwe sangbundel te kry. Liedjies soos Ballade vir ’n Enkeling deur Richard van der Westhuizen, Die Onverkrygbare deur Chris Chameleon, Drie-uur in die môre van Jannie du Toit en vele meer is in die bundel opgeneem. Die FAK-sangbundel is bedoel vir elkeen wat ’n liefde vir Afrikaanse musiek het, graag daarna wil luister en dit wil sing. Dit is ’n volwaardige bydrae tot die behoud van Afrikaanse musiek en werklik ’n skatkis waarin elke trots-Afrikaner kan deel. V Die nuwe FAK-sangbundel is teen R450 beskikbaar by Radio Pretoria se Woord-enKlank Winkel. Vir bestellings skakel Belinda by (012) 543 0120.

Albert van Zyl, direksielid van Helpende Hand en Piet le Roux van Solidariteit bewonder die sangbundel.

Vasbyt somer 2012

7


8

Vasbyt somer 2012


’n Droom word ’n melodie artikel en foto’s deur Betsie Steyn

’n Musiekaand met die tema Uit vergange se dae met as kern eie Afrikaanse kultuur, was die resultaat van ’n droom wat vergestalting gekry het. Shirley Harmse van Kleinfontein het ná haar man se dood gevoel sy stagneer en het begin heimwee kry. Toe sy nog daarvan droom, het sy besluit om iets daaraan te doen... en ’n mu­ siekaand word beplan. Op 12 Oktober is ’n skitterende geleentheid gehou met samesang, bydraes deur ’n sanggroep en verskeie soliste se optredes. “Net FAK-liedjies is gesing en ons het so die nostalgiese verlede weer beleef en laat herleef. Ons het oud-Pre­ sident Paul Kruger se bekende spreuk gevolg: ‘neem uit die verlede wat goed en mooi is en bou daarop die toekoms’. Dit was ook deel van ons tema – veral met die oog op ons kinders en nasate,” sê Shirley. Heelwat kinders en jongmense is ook by die optredes ingespan. Die oud-President se verjaarsdag is ook toe herdenk en dr Willie Burger het kortliks oor Oom

Paul en ander presidente se verjaarsdae gesels, veral oor die viering in die destydse twee repu­ blieke. Die gehoor het heerlik saamgesing en die toneeltjies by sommige liedjies en voordragte het groot byval gevind. Kinders in pragklere het rose uitgedeel toe “Liefste Tannie ons bring ro­sies” gesing is; alte prettig was die onderskeie opvoe­ rings van “Wanneer kom ons troudag Gertjie” en “Die jawoord is uit” met ’n regte bruids­paar en “gaste”. Louw Erasmus (vader van die brui­ degom) het vir groot pret en gelag gesorg met sy (alkoholvrye) vonkelwyn! ’n Danspaar het Boeredanse tydens sangnommers uitvoer en ’n volkspelegroepie het groot applous uitgelok met hul bydrae. Baie moeite is gedoen met alles en Shirley se uitstallings was puik! Die gehoor is begelei met klavier, viool, trekklavier en mondfluitjie. (Die foto’s spreek vanself!) Hier is van die gaste wat een en almal gesê het: dit was puik! V

Louw Erasmus en sy vonkelwyn, die “gaste” en die bruidspaar.

Die Kultuurkomitee wat so ’n geslaagde byeenkoms gereël het (vlnr): Chris Schutte, Silja van der Merwe (wat die begeleiding behartig het), dr Willie, Poppie Roets, Elizabeth Malan (agter), Jacomien Fryer, Shirley en Olivia Steyn (voor).

Die volkspelers het groot applous ontvang vir hul pragvertoning – veral toe Afrikaners is plesierig gesing en gedans is. In die agtergrond is ’n deel van Shirley se prag-uitstalling, dit was net blomme waar jy kyk!

Gerrit Myburgh moet ’n moeilike besluit neem met die drie “nooiens”, Marietjie, Maraia, Maryne. Dr Willie het dit voorgedra en hulle het dit uitgebeeld.

Gerrit en Therese Myburgh doen hul Boeredanspassies terwyl die sanggroep Bolandse nooientjie sing.

9


Koppisol – Waar die Boere so lekker jol!

artikel en foto’s deur Betsie Steyn

D

is regtig net soos dit is: Koppisol lewe, vibreer en bars uit sy nate as ons mense daar saamtrek tydens Boeremusieknaweke. Drie keer per jaar kom talle Boeremusiekorkeste daar bymekaar en dan word daar musiek gemaak, gejol en gekuier! Van heinde en verre trek Boeremusiekliefhebbers vir die hele naweek saam en dan word daar net musiek en nogmaals musiek gehoor en

gepraat en die kultuur leef so voort! Een maal per jaar word ’n eg-Afrikaanse musiekfees in samewerking met die ATKV ook daar gehou waar kunstenaars van oraloor dan weer kuier. Maar in Maart, September en November kom orkeste daar byeen en buiten die groot name in Boeremusiekkringe en -orkeste, kry “onbekendes” ook kans om hul slag te wys – en die besoekers geniet almal se musiek eweveel. Die musiek-

makers word sommer so bymekaar gemaak en op die verhoog gesit en dan speel hulle saam asof hulle dit al jarelank doen! Daar is gewoonlik tydens so ’n byeenkoms nie plek vir die spreekwoordelike muis nie. Die braaivleisvure brand aanmekaar en die musiek is nooit stil nie. Wat opvallend is, is dat daar nie “vergrypers” is nie. Die atmosfeer is gelaai met gasvryheid en dan is dit boonop ’n baie veilige plek vir kinders

om te speel en rond te beweeg! Nie verniet nie dat sommer by die ingang ’n groot kennisge­ wing is dat géén motorfietse hoegenaamd daar toegelaat word nie. Die naweek word ook gewoonlik Sondagoggend met ’n kerkdiens afgesluit. Die vakansie-oord is tussen De Deur en Vereeniging geleë en bestaan reeds van 1983 af toe Wessel Hamman dit met ’n glybaan, kafee en swembad begin het. Dit was voorheen ’n wild-

Gerhard Meyer (konsertina) met Robbie Holm links met die kitaar saam met ander musikante. Die man regs van Gerhard, André, word gereken as ’n baie goeie en opkomende kitaarspeler – hy het sy opleiding by kitaarspeler Hennie de Bruyn gekry.

Die vriendelike Estelle Hamman (middel) met Dessie wat die besprekings doen en Aletta wat Saterdag die allerheerlikste pannekoeke gebak het!

Die Loslopers (voorheen Mooiplaas-orkes) met die 79-jarige Oom Jan Botes met die konsertina.

’n Klompie Kleinfonteiners het lekker saamgekuier, gebraai en gejol! Hier is (vlnr) Marietjie Erasmus, Theresa en Gerrit Myburgh, Dawie Malan (agter), Doors Erasmus en Lenie Malan in ’n baie gesellige luim! Die Erasmusse en Myburghs is deel van Kleinfontein se Boeredansklub en hulle het almal vermaak met hul mooi danspassies. Kranige mond­ fluitjie- en konsertinaspeler, Ernst Kilian saam met Hannes en Philip.

Mike en Charmaine Prinsloo van Boksburg het sommer vir groot pret gesorg toe hulle as Miekie en Mienie Muis opdaag! Kitaarspelers van formaat! Sollie Marx (links) en Philip Raath en Dawie Beukes.

10

Vasbyt somer 2012


en slangpark en die Hammans het die moontlikhede van die plek – veral sy ligging – gou raakgesien. “Ons het net die koppie en pragtige sontonele gehad en vandaar die naam met die Spaanse byvoeging vir die son,” sê Estelle wat tans met ’n puik span die oord be­ stuur ná haar man se afsterwe. “Wessel was baie lief vir boeremusiek en wou op een of ander manier betrokke raak. Sam Keyter en hy het dit begin deur sulke naweke te reël en Hannes Schoeman is ook betrek. Dis nou al 12 jaar lank wat ons dié naweke reël en so Wessel se droom behou,” sê sy. Die netjiese plek getuig daarvan dat dit goed versorg word. Daar is baie goed-ingerigte chalets en luukse treinwaens met kombuise, badkamers en ander geriewe wat veral

gewild is onder kampeerders. En natuurlik die groot woonwapark waar meer as 100 kampeerders so op ’n mu­ sieknaweek uitspan. Daar is ’n groot warm- en kouewaterswembad, die waterglybaan, buitesnoekerplek, ’n ope-skaakbord, ’n speelpark en gerieflike ablusieblokke en winkels. Estelle is tans ook besig om ’n klein wildsparkie te ontwikkel. Die groot aantrekkings is natuurlik die “Ou Waenhuis” – ’n massiewe saal waar die saamtrekke gehou word. Dit is dan ook hier waar die meeste foto’s van al die bedrywighede geneem is – die foto’s sal self die verhaal vertel... V Ja, hulle leer van kleins af­die regte Boeremusiekkultuur!

Oom Frikkie Smit (met konsertina) en ’n klompie manne wat baie lekker musiek gemaak het! Regs is Frikkie Eloff – die enigste linkerhandbanjospeler in Suid-Afrika. Hy hou die banjo op sy skoot en speel dit dan “agterstevoor”!

’n Groot oomblik toe die twee neefs, Piet Snyman en Hannes, op die verhoog klim en musiek maak. Die mense het hulle telkens luid toegejuig met hul optrede. Oom Bobby Vos en ’n klompie jong kitaarspelers het ook ’n kans gekry om hul slag te wys.

Vasbyt somer 2012

Hennie en Rachel Venter van Newcastle het ’n eie besondere styl: hulle dans sommer so saam-saam. Die twee dogters, Lindi (10) en Nicola (13), het die byeenkoms baie geniet. Hennie en sy dogters het die besoekers daarna vergas én verras! Pa speel ritmekitaar, die 10-jarige Lindi baskitaar en ousus Nicola die melodie- oftewel “lead”-kitaar. Die groep was baie gewild!

’n Geskiedkundige foto van die groep wat hier saamgekom en begin speel het: Hannes Schoeman (links voor met konsertina), Dawie Beukes, een van die Holms, met Danie Grey by sy serfyntjie (regs) waarop hy dit behoorlik uitgekap het as hy nie konsertina gespeel het nie; agter is Philip Raath, en ’n kitaarspeler uit die “bondel”. Met sluitingstyd Saterdagaande vergader al die musikante (wat nog wakker is!) en maak dan saam musiek. Veral interessant is wanneer hulle die Koloniewals speel wat ’n paar lae note het, dan buig al die konsertinaspelers laag af grond toe om “daardie diep note te gaan haal!”.

11


Pretoria bly Pretoria! Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum by ’n vergade­ ring in Refilwe, naby Cullinan.

Oom Meiring Naudé het lankal 80 geword maar sal steeds opstaan vir Pretoria se naam.

V

erskeie vergaderings van openbare-deelname is die afgelope tyd gehou om te hoor wat die “publiek” se mening is oor die hernude poging om die hoofstad se naam na Tshwane te verander. Talle mense het na die vergade­rings opgeruk en duidelik gesê dat hulle die

hoofstad se naam as Pretoria wil behou. Op die dag van die vergaderings was daar egter te min ANC-ondersteuners na die stadsraad se sin by die vergadering in Refilwe, naby Cullinan, en is diè vergadering summier uitgestel. Toe die vergadering weke later wel plaasvind het Pretoria-

ondersteuners weer opgedaag om hul saak te stel. Die Minister van Kuns en Kultuur moet nou oor die toekoms van Pretoria se naam besluit maar AfriForum het reeds aangedui dat hy die saak hof toe sal neem indien dit na Tshwane sou verander. V

IETS IN DIE WATER

DAAR’S

51 035_YearBook_advert.indd 1

12

2012/04/16 1:13 PM

Vasbyt somer 2012


Tromp-op

F

met Fred Maree

red Maree is onlangs aangestel as Radio Pretoria se stasiebe­ stuurder. Almal by die stasie ken hom reeds as die vriendelike baas met ’n kop vir sake; altyd reg met ’n glimlag in die gang en goeie voorstelle by vergaderings. Vasbyt het hom tromp-op geloop. Waar is jy gebore? Ek is in Pretoria gebore. In die ou Moedersbond. Hoop nie dit gee my ouderdom weg nie. Waar het jy skoolgegaan? Laerskool Pierneef in Pretoria. Daarna het ons Bloemfontein toe getrek waar ek my skoolloopbaan by Laerskool President Brand voortgesit het. Met ons terugkeer na Pretoria het ek Hoërskool Menlopark bygewoon. Vertel ons meer van die Maree-gesin? Ek is in 1976 met Rina getroud op die dag wat Noord-Transvaal die All Blacks geklop het. In daardie selfde reeks het die Springbokke verloor. Ek en Rina het drie kinders – twee seuns en ’n dogter. Ons bly nou al die laaste 32 jaar in dieselfde huis in Garsfontein. Waar het jy voorheen gewerk? Ek het amper ’n dekade lank by die Departement van Justisie gewerk, eers as staatsaanklaer, daarna in die parlementêre diens en daarna was ek in die afdeling wat daarop ten doel het om die department se bestuurs­ prosesse te verbeter. Nadat ek die departement verlaat het, het ek ses-en-twintig jaar lank by Eskom gewerk. Hier was ek weer verantwoordelik vir prosesverbetering asook die verrigting van kommersiële funksies soos steenkoolkontrakonderhandelings. Die laaste tien jaar van my tyd by Eskom was ek betrokke by die stra­ tegie afdeling. Ek het as hoof

Vasbyt somer 2012

van die departement op pensioen gegaan. Die laaste vier jaar het ek as ’n onafhanklike bestuurs­ konsultant gewerk. Hoe ontspan jy? Ek geniet informele sosialisering – braai, gesinstyd, en om met my eie hande te werk. Ek het byvoorbeeld my eie braaiplek gebou, tuinpaad­jies gelê en my tuin ontwikkel. Watter boek lê op jou bedkassie? Sewe dae van Deon Meyer. Ek geniet speurverhale en rillers van ou­teurs soos John Grisham, Robert Ludlum en Deon Meyer. Hoe belangrik is Afrikanerskap vir jou? Baie. Dit bepaal wie jy is. Dit vertel jou waar jy vandaan kom en waarheen jy oppad is. Ek is nie bloot ’n Afrikaanssprekende nie, ek is ’n Afrikaner. Dit is vrywillig, dit is ’n waar­ destelsel. As jy besluit om daardie identiteit op te eis, moet jy dit onbeskaamd wees.

Fred en Rina gedurende ’n besoek aan Parys, Frankryk vroeër vanjaar.

Som “Fred Maree” in een sin op. My Afrikanerwortels en Christenskap is ononderhandelbaar. Hoe sien jy Radio Pretoria se pad vorentoe? Dis ’n mooi pad. Radio Pretoria het ongelooflike potensiaal. Daar is ’n mark, ’n groot mark, onder die Afrikanergemeenskap landswyd wat onontgin is. Radio Pretoria kan die voorkeurstasie van Afrikaanssprekendes in die land word. V Die Maree-gesin: Gerhard, Chris, Carmen, Rina en Fred.

13


Dis ons mense dié onder redaksie van Betsie Steyn met behulp van Toeksie Dreyer

Ons was dáár – dis swart op wit! “Middernagson en gletsers – wat ’n belewenis! Ons het nou wel nog nooit ’n Europese Kerstyd meegemaak nie, maar was nogtans besonder bevoorreg om egte sneeu en gletsers van die Skandinawiese lande te ervaar – en dit in die somermaande van Junie/Julie,” sê Chris en Marie Rademan van Pretoria. Daarby het hulle die middernagson in al sy glorie twee weke lank beleef. Vir hul moeite en besoek aan die Noordpoolsirkel het hulle ’n pragsertifikaat as bewys. Die Rademans was saam met hul jarelange Nederlandse vriende, Lau en Riet Vrasdonk, op toer deur Denemarke, Swede, Finland en Noorweë waar hulle by Noordkaap in Noorweë “die ervaring van ’n leeftyd gehad het”. Chris vertel: “Met die middernagson gaan die son nooit onder nie – hy kom op, beweeg ’n halwe sirkel tot by die 12-uurmerk en sak dan weer af in dieselfde baan terug tot op die horison. Dit was vir ons snaaks om te sien dat hy nie aan die ánderkant afgaan nie. Ons het met middernag buite met hoede en sonbrille gesit en soos Lau gesê het ‘kon je de krant nog lezen!” Ons kon nie slaap nie en het handdoeke

Regs is ’n lugfoto van die Noordpoolsirkel en die baan wat die son volg. Die Rademans was by die donker gedeelte links op die foto – daar waar die son nooit ondergaan nie! voor die vensters gesit om dit bietjie donker te maak, want jou oë sê vir jou dis lig, staan op!” Marie sê dit was so warm dat hulle meestal nie eens truie gedra het nie, maar as daardie wind waai, was dit baie erg en koud! Sy lag as sy vertel dat sy daar in ’n winkel ’n egte Eskimo raakgeloop en ’n geselsie aangeknoop het. (In ’n volgende uitgawe vertel hulle van hul Eskimo-ervaring in Lapland.) Op dié foto bo hou hulle die be­ wyse van hul besoek vas: Links onder is Lau en Riet Vrasdonk (met wie hulle reeds 32 jaar

bevriend is en die wêreld al saam platgetoer het) by die Briksdalbreengletser in Noordkaap, Noorweë. Regs onder wys Marie na die verskillende tale van daardie Nordiese lande wat aandui dat hulle by die Arktiese poolsirkel staan. Bo is die sertifikaat wat aan mense uitgereik word wat die sirkel oorgesteek of besoek het “met ons name en

datum op!”. Daarmee is aan hulle ook die Vryheid van die Land van die Middernagson toegeken. V

Hulle name mag “Ingels” klink maar in hulle harte is hulle Boere Clive en Carol Gibbs van Bashewa, so tussen Welbekend en Tierpoort, oos van Pretoria, se betrokkenheid by Radio Pretoria kom uit “die dae toe ek nog in die loopgrawe by die toring gehelp het”, sê Clive. Hulle het oor al die jare verskeie kere opnames kom doen vir die huisgodsdiensprogramme. V

14

Vasbyt somer 2012


Dis nou regtig vasbyt dié! Ria Meintjies van Pongola stuur die foto van haar ouers, oom Theuns en tannie Sophie Webb van Vryheid in Noord-Natal, wat in November hul 60ste huweliksher­ denking gevier het. Sy sê hulle is nog net so lief vir mekaar na al die jare! Oom Theuns is ’n jarelange Radio Pretoria-luisteraar en intekenaar op die Vasbyttydskrif. V

Met dasse en ’n dapper glimlag by by die dans

’n Monumentale tafeldoek Johan Vosloo van Kleinfontein het dié pragtige tafeldoek vir ons kom wys. Die pragstuk is deur Clacina Laing van Phalaborwa gehekel. Dit het haar ’n jaar en 117 bolletjies hekelgare geneem om ’n tafeldoek te hekel waarop die Voortrekkermonument en tien ander monumente uitgebeeld word.

Rondom dié monument pronk ander monumente soos die Hugenotemonument op Franschoek, die Lighuis in Port Elizabeth, die Paardekraal-monument in Krugersdorp, Bloedrivier se Ossewa, die Vrouemonument in Bloemfontein en die Woltemade-monument in Kaapstad.

Clacina was so aangeraak deur ’n prent van ’n tafeldoek met elf monumente in ’n hekelpatroonboekie dat sy ook een wou skep.

Johan het haar bygestaan met die koop van gare en as hy per geleentheid nie gare op Phalaborwa kon kry nie, het hy soms so ver as op Nelspruit en ’n ander keer in Johannesburg gare gaan koop. Toeksie Dreyer en Betsie Steyn help Johan Vosloo om die reuse tafeldoek vas te hou. V

Die tafeldoek, waarvan die afmetings sowat 3,5 by 2 meter is, is in een stuk gehekel met die Voortrekkermonument in die middel.

Ons mense sorg vir mekaar

’n Jaar gelede het Carine Joubert van Kleinfontein begin om dasse bymekaar te maak... met ’n doel. Almal wat geweet het, het gegee en die verskeidenheid was groot. Die opgewondenheid nog groter, want sy het dit vir haar matriekafskeidsrok gesoek! Carine het die dasse met die hand aanmekaar gewerk en ’n vriendin van haar ma het gehelp met die afronding. Daar was selfs genoeg om ’n pragtige pikante handsak ook te maak. En toe, 10 dae voor die groot aand, is sy en haar vriend wat ook haar metgesel sou wees, in ’n motorongeluk! Sy is met ernstige gesigwonde in die hospitaal opgeneem en moes inderhaas plastiese snykunde ondergaan, maar danksy ’n goeie onderlaag, knap grime­ring en ’n breë glimlag het sy die ding gedoen! Op die foto is die eindresultaat – ’n dásrok! Carine se unieke matriekafskeidsrok het omtrent die koppe laat draai, baie kommentaar en oe’s en aa’s uitgelok. Almal was dit eens: sy het pragtig gelyk en haar besonderse skepping was stylvol en buitengewoon! V

Vasbyt somer 2012

Die Republikeinse Vrouebeweging het onlangs `n baie geslaagde funksie op Kleinfontein gereël waar Sunette Bridges opgetree het ten bate van Afrikaners in nood. Hier is die klompie vlytige vroue (wat saamstaan en werk!) saam met die gaskunstenaar (agter vlnr) Christa van den Berg, Adelle Beyers, Chantal Kruger, Sunette, Alina Beyers, Risella Botha, Anita Schutte en Renate van Tonder. Voor is Pikkie Bekker en Anneke Geldenhuys. V

15


Voorkom slangbyt deur slangbewustheid V

roeër vanjaar het Hengelparade, die gewilde hengelprogram op Radio Pretoria, ’n aantal programme uitgesaai wat oor voorkomende maatreëls en optredes deur mense, en veral vlieghengelaars, geneem kan word om die risiko van slangbyte te verminder. Die gas was ’n spesialis op dié gebied en Lourens Nel – ’n slanghanteerder – was met sy slange in die ateljee. Dit was ook die eerste keer dat dié program uitgesaai is met ’n pofadder onder die mikrofoon! (Onnodig om te noem dat sommige mense taamlik grillerig, skrikkerig en afkerig was!) “Ek het in al die jare wat ek Hengelparade aanbied, nog nooit so stil gesit voor die mikrofoon nie – veral nadat Lourens vertel het dat slange senuweeagtig is en gewoonlik pik as gevolg van skielike bewegings!”, vertel Kriek van der Merwe. Hierdie uitsendings was die gevolg van ’n voorval met ’n Mosambiekse spoegkobra tydens die regstreekse uitsending van die program in Mei (berig in vorige uitgawe). “Met die opstel van die mobiele ateljee, het hierdie spoegkobra teen my verbygeseil en ek dink my behoud was dat ek doodstil gestaan het toe die slang teen my kuit was.” Die vraag ontstaan nou wat ons kan doen om die kanse op slangbyt te verminder. Lourens het waardevolle en praktiese raad gegee soos ken die gevaarlike slange en weet watter noodoptredes om te volg sodra ’n persoon gebyt is. Iemand wat deur ’n slang gebyt word, gaan in alle waarskynlikheid in ’n toestand van skok en dit is van uiterste belang dat sowel die skoktoestand as die byt deur professionele medici behandel word. Lourens verduidelik dat die gif van ’n pofadder ’n sterk selvernietigende gif is wat stadig werk, maar dit kan tot ’n ernstige skoktoestand lei. Van die gif­tigste slange is dié met voorgiftande soos die kobras en die mambas. Die gif van hier­die

slange het ’n dodelike senuvergiftigende uitwerking en benewens geweldige brandpyn, kan asemhalingsprobleme baie vinning ontwikkel. “Die spoegkobra is ’n interessante slang wat spoeg selfs sonder om sy lyf op te lig. Hulle spoeg baie vinnig en die slagoffer word oorwegend in die oë getref. Dit is gevolglik van uiterste belang dat die slagoffer se oë dadelik met water, melk of selfs urine uitgespoel word totdat die brandpyn bedaar het,” sê hy.

Jaap Roux het taamlik gesukkel om foto’s te neem, “want die mense was Die rinkhals tree op te bang om langs die slange te poseer!” Die pofadder op die tafel onder die soortgelyke wyse as die mikrofoon het mooi stil gelê vir die fotosessie en op ander het personeel spoegkobra op, maar gooi die slange hanteer en was baie geïnteresseerd. Hier is egter een waar Kriek dikwels sy lyf vorentoe met ’n luislang staan en Heinrich Marnitz amper die ritteltit van skrik gekry om met die uitspuit van het!. “Ek het nie geweet hy is so bang nie en dat hy so stil kan raak nie,” lag die gif te help. Dié slang Kriek. is bekend dat hy dikwels, gaan stap, behoort stewels met menslike liggaam met veral sodra hy bedreig word, kamaste en ’n langbroek gedra voorgee dat hy dood is (sy tong asemhalingsprobleme wat deur word. ’n Gepolariseerde donkerbewusteloosheid gevolg kan kan selfs uithang!), maar wees bril hou ook die voordeel in dat word. versigtig want talle gevalle het dit die oë merendeels beskerm reeds voorgekom waar “dooie” Volgens Lourens is die belang­ teen die gif van spoegslange. rinkhalse mense in die oë ge­ Slange skuil meesal onder spoeg of gepik het toe die slang rikste voorkomende maatreël in alle waarskynlikheid dat ’n boomstompe en oorhangende hanteer is. mens bedag moet wees op klippe en gevolglik is dit be­ die moontlike teenwoordigheid Die gif van ’n mamba het ’n langrik om op boomstompe en van slange. Wanneer iemand baie vinnige uitwerking op die klippe te trap, maar nooit oor hulle nie!

“Ek het in al die jare wat ek Hengelparade aanbied, nog nooit so stil gesit voor die mikrofoon nie”

16

Die meeste slange is nag­ lewend en wei snags en gevolglik is dit raadsaam om paadjies te verlig en met ’n flits te stap. Dit is ook van uiterste

Vasbyt somer 2012


belang dat chalets, huise en rondawels deeglik ondersoek sal word, want slange skuil dikwels in lapa’s, agter stowe en onder beddens en kaste. Tentbewoners en kampeerders behoort baie versigtig te wees, want slange is lief om op beddens te lê of onder dit te skuil. Dit is ook raadsaam om vensters toe te maak, tente toe te rits en versperrings voor deure te plaas sodat slange nie onderdeur kan kruip nie. Groot versigtigheid moet aan die dag gelê word by rommelhope of klipkrale wat naby wooneenhede geleë is. Mense wat in plekke tuisgaan wat tussen kliprante en ’n waterstroom geleë is, behoort nog versigtiger te wees aangesien die slange in die klipkoppe skuil en langs die water wei. Lourens sê verder dat dit altyd ’n goeie gewoonte is om ’n rugsak versigtig op te tel asook alle bagasietasse wat op enige vloer staan. Wat behoort ek te

Vasbyt somer 2012

doen indien ek trompop in ’n slang vasloop? Staan stil en vries sodat die slang kan wegbeweeg, maar moet nooit skielike bewegings maak nie. In bepaalde gevalle kan stadig agteruitbeweeg word, behalwe in die geval van ’n swartmamba – daar moet jy stilstaan totdat hy wegbeweeg het. Die toediening van teëgif kan gevaarlik wees en daarom word dit aan die oordeel van die geneesheer oorgelaat. Slange vervul ’n belangrike rol in die natuur en behoort derhalwe met rus gelaat te word. Lourens Nel verskaf opleiding en voorligting in die veilige hantering van slange, maar is veral baie gewild by skole waar hy kinders onderrig omtrent die ekologiese rol van slange. Vir meer inligting kan Lourens by 082-578-5754 gekontak word. V

Hier is Kriek (ook maar versigtig) met sy gaste: heel links is ’n Mev Suid-Afrika finalis, Nadine de Beer, wat ook deur ’n pofadder gepik is, Lourens in die middel en Johan Wessels wat deur `n moladder gepik is.

17


Vervloekingstablette en Towerspreuke in antieke Rome

Die gebruik van vervloekingstablette het gereeld in antieke Rome voorgekom. Prof Tienie Mans het gaan ondersoek instel.

D

ie beoefening van towerkuns was reeds ’n gevestigde praktyk in antieke Egipte toe dit na die Grieks-Romeinse wêreld oorgebring is. Dit is aanvanklik tot tradisionele rites beperk ten einde sekere duistere magte goedgesind te stem en om gevare af te weer. Alhoewel die antieke heidense Grieke en Romeine vir ons in die moderne tyd uiteraard bygelowiger as die moderne Christen-gelowige mens voorkom, moet ’n wesenlike verskil ten opsigte van godsdienstige beskouinge van die antieke Grieks-Romeinse samelewing en die van die moderne tyd waarin ons leef, in ag geneem en begryp word. Uit ’n Christelike raamwerk gesien, is dit sonder twyfel ook te verstane waarom bygeloof veroordeel word en absoluut onaanvaarbaar is. In die oë van die Grieke en Romeine egter, het bygeloof ’n volkome natuurlike en normale rol in die verhouding tussen die gode en die mense gespeel. Hulle het geglo dat die gode “alwetend” was en ook bereid was om dié “alwetendheid” met die antieke mensdom te deel. Verder was die Grieke en die Romeine oortuig dat die gode op ontelbare wyses die toekoms geopenbaar en die antieke mens teen ’n dreigende lot, wat vir hom voorlê, gewaarsku het. Interessant is die feit dat die Romeine se bygelowige instinkte hulle ook laat glo het aan die bose oog wat hulle, met behulp van die dra van verskillende soorte amulette, probeer afweer het. Die twee uiteenlopende emosies, die

antipole, haat en liefde, wat tog op vreemde wyse so na aan mekaar in die werklike lewe lê, het aanleiding tot twee gekompliseerde rites onder die antieke Romeine gegee, naamlik Defixiones/ vervloekingstablette (betowering/towerspreuke) en begoëling (goëlery). In hierdie kort artikel sal ons, ons egter slegs by die defixiones/ vervloekingstablette bepaal. Die bewyse vir die beoefening van defixio in Griekeland is reeds in die vierde eeu v.C. gevind. In dié verband is meer as ’n duisend tekste, geskryf tussen die 5de eeu v.C en die 5de eeu n.C. in lande vanaf Noord-Afrika tot in Engeland en van Sirië tot in Spanje ontdek. Defixio het beteken dat ’n persoonlike vyand of mededinger aan die gode van die onderwêreld opgedra is. Dit was dus algemene gebruik om ’n persoonlike vyand of mededinger te vervloek, of deur betowering te “bind”, deur ’n towerspreuk of betowering op sodanige tablet te laat skryf en dit dan aan ’n god of gees op te dra vir verdere

die Defixiones van tussen . van n.C eeu de eerste en der Frigië.

18

handeling. Die doel van die sogenaamde defixiones was dus eintlik ’n poging om ’n persoon onder die mag en beheer van die “opdraer” te plaas. Hierdie gebruik is gewoonlik uitgelok deur persoonlike teenspoed, dikwels gepaardgaande met regsgevolge. Defixio is ook uitgelok wanneer iemand byvoorbeeld ’n kwaai rusie met iemand anders gehad het en, omdat hy aan geen ander doeltreffender manier van wraakneming kon dink nie, in sy magtelose woede die samewerking van die gode afgesmeek het. Ons lees van ’n vrou wat ’n lasteraar, wat haar valslik daarvan beskuldig het dat sy haar eggenoot vergiftig het, aan die gode van die onderwêreld opgedra het. Hulle sou met sy gal werk! Hierdie metodes was natuurlik ’n duidelike bewys van naïwiteit en is hoofsaaklik deur die laer klasse in die Romeinse samelewing aangewend. Die defixiones in antieke Rome en Griekeland plaas ons veral in die nederige wêreld van handelaars, ambagsmanne en arm diensmeisies. Die name van berugte onderwysers (die bittere haat teenoor hulle het skynbaar algemeen voorgekom), kokke, komediespelers, soldate en beroepsboksers het op die defixiones voorgekom. Hierdie praktyk is vanaf Griekeland na Rome oorgebring en veral in die leër het die hardheid van die bevelvoerders haat gewek, wat gevolglik voortdurende gegriefdheid

ngstablet.

`n Eyguieres vervloeki

onder die soldate veroorsaak het. In die geskrifte hierbo genoem, is daar duidelik gemeld dat hierdie duistere praktyk bykans op elke terrein van die antieke samelewing beoefen is- mededinging op sportgebied, die teaterlewe, regsprosedures, liefdesverhoudings, mede­ dingers in die sakewêreld en die herwinning van gesteelde goedere. Die praktyk het egter in kleiner omvang ook onder die meer gegoede klasse van die Romeinse samelewing voorgekom. Die prosedure van ’n defixio was soos volg: Die gehate persoon of mededinger se naam is op ’n loodplaat of loodtablet geskryf met ’n vloekformule waardeur die teikenslagoffer aan die godhede van die onderwêreld “opgedra” word. Die loodplaat of tablet is in ’n graftombe geplaas, minder dikwels in ’n tempel, ’n put of warmwaterfontein, of, wat mededingende sport betref, byvoorbeeld in strydwaresies, naby die wegspringhok van ’n suksesvolle en seëvierende strydwadrywer in die grond

Vasbyt somer 2012


`n Defixiotablet in die vroeë eerste eeu n.C.

vasgeheg. Die haat wat uit die passie vir die strydwawedrenne van die circus maximus voortgespruit het, het die verspreiding van defixiones verder bevorder. Dit kon ook naby ’n sake-onderneming, wat ’n bedreiging vir ’n mededingende sakeman inhou,

`n Tablet met `n figuu

aangebring word. Dis gewoonlik in posisie gehou deur ’n lang spyker wat in die plaat gekap is. Talle van hierdie plate/ tablette het gaatjies gehad, soms op verskeie plekke. ’n Lang naamlys van persone wat “opgedra” is, het soms op hierdie plate verskyn. Die name

r van `n bebaarde bose

Vasbyt somer 2012

gees.

is presies gekatalogiseer deur die wraaknemende opdraer. Die een wat opgedra is se naam is altyd sorgvuldig neergeskryf: ’n Onnoukeurige inskrywing kon die vloek of verwensing oneffektief (sonder enige uitwerking) maak. Die naam van sy moeder het dikwels op die naam van die slagoffer gevolg, dié van sy vader minder dikwels. Alfabetiese toortekens het die teks voorafgegaan of is in die teks ingevoeg. Op sommige plate/tablette is ’n ruwe skets van ’n bebaarde bose gees geteken met ’n urn (waarin die oorblyfsel van die veraste afgestorwene bewaar is) en ’n fakkel, (albei simbole van die dood), terwyl hy in ’n boot staan wat waarskynlik die boot van Charon voorstel waarmee die dooies oor die Styxrivier in die onderwêreld vervoer is. Toorwoorde was veronderstel om die vloek/ verwensing kragtiger te maak. Die misterieuse woorde BESCU, BEREBESCU. ARURARA EN BAZAGRA (afkomstig uit Noord-Afrika) het dikwels voorgekom, ’n sinistere geprewel by wyse waarvan die haat in lettergrepe omskep is. Die vloekformules was soms eenvoudig: ‘Ek skryf neer’, ‘Ek dra op’ (aan die gode van die onderwêreld); somtyds plegtig en vreeswekkend: ‘Ek dra op: begrawe, verwyder uit die oog van die samelewing’. Soms driftig: ‘Mag sy tong

deurboor word...’ ensovoorts. Spesifieke liggaamsdele van die vervloekte is aan die onderwêreldse gode opgedra, gewoonlik die tong, of die hande, voete, tone, ore, neus, naels, enkels, ooglede, longe, selfs die brein en gevolglik byna altyd die verstand en siel. In die seldsame liefdes-defixiones het die gebede van ’n gefolterde minnaar soms voorgekom waarin hy die bystand van die onderwêreld gevra het om die liefde van die vrou wat hy begeer te wen. Die illusie dat die antieke mens in staat sou wees om die bonatuurlike magte te dwing om in liefdesverhoudings in te meng, was die oorsprong van die beoefening van towery deur vrouens/towenaresse. Die pertinente vraag wat mens jouself noodwendig afvra is of die vervloekingstablette gewerk het? Die antwoord hierop is nie so eenvoudig nie. Wat ons wel kan aflei, is dat ’n groot aantal van die antieke Romeine wel aan die werking daarvan geglo het omdat hulle voorkomende maatreëls teen die werking daarvan getref het deur byvoorbeeld afwerende amulette te dra en beskermende teentowerspreuke daarop as teenvoeter te gebruik. Verder is die invloed wat die sogenaamde “werking” van die defixiones skynbaar gehad het, mettertyd as gevaarlik beskou en was die Romeinse owerheid genoodsaak om dit deur wetgewing onwettig te verklaar in 389 n.C. Alhoewel geheimhouding ten opsigte van die gebruiklike agterbakse defixiones baie belangrik was, is sommige vervloekings openbaar gemaak om die sogenaamde skuldiges na vore te laat kom en ’n skuldbekentenis te maak. Só ’n openbaarmaking kon natuurlik ook ’n sielkundige uitwerking op die vervloekte hê en hom/haar die vloek en alles wat dit inhou so laat aantrek dat dit die arme persoon doodbekommerd maak, sy lewe gevolglik ’n absolute hel maak en sy gees uiteindelik knak. Gelukkig kan ’n mens in die hedendaagse lewe, as jy dalk iemand te na gekom het, slegs ’n gesproke defixio soos die volgende te wagte wees : “Ek wens jy kry ’n kramp”! V

19


Landboukorrels Boeredag weer ’n groot sukses

Hoe ry die boere sit-sit so... Soos elke jaar is kon oud en jonk ossewaritte geniet. Radio Pretoria en TLU SA het weer ’n baie geslaagde Landboukorrels Boeredag aangebied met ’n verskeidenheid stalletjies en hope aktiwiteite.

Oom Lammie Viljoen van Brits is bekend vir die windpompe wat hy oprig.

Kalvin Vermeulen van Wonderboom was die wenner van die sweepklapkompetisie met 78 slae per minuut.

20

Vasbyt somer 2012


Soos elke jaar was daar ’n verskeidenheid stalletjies. Die jongman regs wys sy slag met die sweep.

Waar val jy uit?

N

a aanleiding van die foto waar Vasbyt se redakteur uit `n vliegtuig spring het die redaksie besluit om ondersoek in te stel na die ontstaan van val­ skerms.

deur Betsie Steyn

Francois Blanchard het in 1785 dié woord uitgedink en die woord “parachute”, oftewel valskerm, is gebore.

’n Valskerm is ’n toestel wat gebruik word om weerstand te bied van byvoorbeeld die bewe­ ging van ’n voorwerp in die lug. Oorspronklik is dit van ’n sterk, ligte stof soos sy gemaak. Dit is later met gewone sintetiese materiaal vervang.

Die eerste bewyse van die val­skerm dateer terug na die Italiaanse Renaissance van ’n skets deur ’n onbekende kuns­ tenaar en skrywer. Dié skets van 1470 word as die oudste beskrywing van ’n valskerm beskou. In 1485 het die bekende Leonardo da Vinci sy verbeterde weergawe gemaak. Die uitvoerbaarheid van sy piramiedvormige ontwerp was in 2000 deur die Brit, Adrian Nicholas en weer in 2008 deur ’n ander valskermspringer getoets en albei was geslaagd. Fausto Veranzio, ’n Venesiese ontdekker, het in 1617 Da Vinci se plan verbeter en uitgetoets deur van ’n toring in Venesië daarmee te spring.

Die stamwoord – parachute soos dit in Engels bekend is – kom van die Franse voorvoegsel “para­ cete” wat eintlik oorspronklik van Grieks afkomstig is wat “beskerm teen” beteken. Die woord “chute” is die Franse woord vir val en uiteindelik beteken die woord dus (vry vertaal) “dit wat teen ’n val beskerm”. ’n Franse vlieënier,

Die moderne valskerm is eers in die laat 18de eeu deur LouisSébastien Lenorman in Frankryk uitgevind en hy het ook glo die eer­­ste openbare sprong daarmee in 1783 gedoen. Deur voortgesette ontwikkeling het die valskerm meer kompak geword. Blanchard het in die 1790’s systof gebruik en in 1797 het André

’n Eeu gelede, volgens sekere bronne, het ’n Amerikaner op 1 Maart die eerste geslaagde valskermsprong uitgevoer. Maar dit was nie net sommer “val uit die lug” nie – dit het ’n lang aanloop gehad voordat dié prestasie behaal is. Ons begin by die ontstaan daarvan:

Vasbyt somer 2012

Garnerin die eerste valskerm met dié stof vervaardig, daarop verbeter deur luggate in te voeg en sodoende die “val” meer bestendig gemaak. In 1911 is die eerste suksesvolle toets met ’n pop aan ’n valskerm gedoen toe dit van die Eiffeltoring in Parys “afgegooi” is. In dieselfde jaar het Grant Morton die eerste valskermsprong uit ’n vliegtuig in Venice Beach, Kalifornië, gedoen. Hy het die valskerm met die uitspring voor in sy arms gehou en dit het later oopgegaan. Nie lank daarna nie het die Rus Gleb Kotelnikov die eerste “knapsak”valskerm ontwerp. Volgens een bron het die Amerikaner kapt Albert Leo Stevens op 1 Maart 1912 die eerste sprong in die VSA vanuit ’n vastevlerkvliegtuig, ’n Benoist waarvan die skroewe agter die vlerk is, oor Jefferson Barracks in St Louis gedoen. Dié valskerm was aan sy liggaam vas. ’n Ander bron weer sê dit was kapt Albert Berry wat – uit dieselfde vliegtuig – 1 500 voet (457 m) gespring en ’n suksesvolle landing gemaak het. Volgens dié bron sou die valskerm aan die onderkant van die vliegtuig in ’n houer wees en met

dié sprong sou Berry se gewig die valskerm daaruit ruk. Die harnas sou ook nie aan hom vas wees nie, maar hy op ’n sweefstoksitplek sou wees. Hy het 500 voet (152 m) vrygeval totdat die val­ skerm oopgemaak is. In die Verenigde Koninkryk het Everard Calthrop, ’n spoorwegingenieur en teler van Arabiese perde, die “Britse valskerm” gepatenteer. Ene Thomas OrdeLees, bekend as die “Mal Majoor” het deur sy demonstrasie met dié valskerm getoon dat dit veilig en suksesvol op lae hoogtes gebruik kan word toe hy van die Tower Bridge in Londen gespring het. Dit is daarna deur die Koninklike Vliegkorps gebruik. Solomon Lee Van Meter van Amerika het in 1911 selfs sover gegaan om ’n “rewolusionêre” meganisme aan die valskerm te voeg wat die toe­ stel baie vinnig oopmaak. Die Duitse lugmag het in 1918 die wêreld se eerste land geword om ’n standaard-valskerm bekend te stel vir hul vlieëniers. Dit was egter weens swak kennis, opleiding en onbekwaamheid aan die vllieëniers se kant nie suksesvol nie en talle vooraanstaande en knap vlieëniers het omgekom. V

21


Uit die Kuierkombuis

K

erslig, vers en melodie – sinoniem met afskakel aan die einde van ’n baie bedrywige jaar!

Die kersgedeelte is nie té moeilik nie - die vers ook nie, want daar is soveel mooi Afrikaanse gedigte. Wat die melodie betref, ook glad nie ’n probleem nie, want daarvan is ook ’n groot verskeidenheid. Die geselskap is ook maklik: Vriende en familie. Ons het elke jaar Desembermaand see toe gegaan met die woonwa- groot opgewondenheid met ’n paar blikke koekies onder die dubbelbed van die woonwa ingepak... om honger kinders te rantsoeneer! Dan net so voor Kersfees het my pa en sy broers met hul gesinne (ook met woonwaens), na ons ouma by die see gegaan, by Tergniet, tussen Groot- en Kleinbrakrivier. Buiten vir die samekoms op Kersdag, was die groot kuier

natuurlik Nuwejaarsdag, waar braaivleis, koekstruif en gemmerbier hoogty gevier het. En dit bring my by hierdie uitgawe se resep.

Koekstruif vir die familie

200 ml koue water 1 x 425 g blik aarbeie, gedreineer 1 x 380 g blik karamelkondensmelk

(10-12 porsies)

1 x 80 g groen jellie, aangemaak soos op verpakking

Vlamengsel

Vlamengsel:

1 x 80 g-pakkie pynappeljellie

• Los die pynappeljellie op in die 200 ml kookwater. Laat afkoel en meng die vla goed by.

200 ml kookwater 250 ml dik vla (gekoop of tuisgemaakte soet vla) 3 groot piesangs, in skywe gesny 60 ml pekanneute, gekap 30 ml sjerrie 1 rolkoek, sny 5 skywe (1 cm dik) vir versiering en sny die res in blokkies Vrugtemengsel 1 x 80 g-pakkie aarbeijellie 200 ml kookwater

22

deur ‘Alet Erasmus

• Voeg die piesangskyfies en neute by. • Plaas vlamengsel in yskas en laat afkoel tot dik, maar nie styf gestol nie. • Sprinkel sjerrie oor die rolkoekblokkies en vou liggies by halfgestolde mengsel in. Vrugtemengsel: • Maak die aarbeijellie aan (soos aangedui op die

verpak­king). Plaas in yskas totdat dit begin stol. • Voeg die vrugtekelkie by. • Rangskik die rolkoekskywe op die bodem van ’n mooi regop glasbak. • Skep die vla-jelliemengsel, die vrugte-jelliemengsel, groen jellie en teelepels karamelkondensmelk om die beurt in die bak en herhaal tot die bak vol is.

Heel laaste bo-op, ’n dun lagie vla.

• Verkoel vir ongeveer 2 uur of tot gestol. • Garneer met roomrosette en kruisementblare en sit voor met dun vla of vanieljeroomys. V

En vanuit die Kuierkombuis seën wense vir 2013! Vasbyt somer 2012


Waar die kunste ‘klop’! T

oneelstukke, sangers en vurige debatte is alles deel van die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees. Radio Pretoria het vanjaar as mediavennoot van die kunstefees opgetree en daagliks verslag gedoen van die gebeure daar. Die Boeke-Oase het tot drie interessante gesprekke per dag aangebied en alles is daar bespreek: Van die Belharbelydenis tot die moontlikheid om geskiede­nisboeke objektief te skryf. Verskeie kunstenaars het vir groot vermaak gesorg en toneelstukke was daar ook volop. V

`n Baie tevrede Emile Deysel by die veteraanaktrise Brumilda van Rensburg.

Vasbyt somer 2012

Radio Pretoria was `n mediavennoot van die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees.

‘Pop’-musiek deur Toeksie Dreyer Daan en Joey Jacobs van PretoriaNoord is lede van die Boeremusiek­ gilde en het onlangs lekker gaan saamkuier by die Gilde se LeeupoortBoeremusiekfees. Hulle maak ook porseleinpoppe en hierdie 1 meter-hoë konsertinaspelertjie is een van Jo-Da se skeppings. Dit is tydens ’n musiekwedstryd as prys aangebied en Pieter Bodenstein het dit gewen. Die Jacobse beplan om uiteindelik ’n hele orkes te maak.

Fredi Nest het in `n openhartige onderhoud vertel van sy gesondheidsprobleme wat hy tot onlangs gehad het. Hy het twee hartaanvalle gehad.

23


Belinda Potgieter (links op die foto) is hier saam met haar vriendin Odette afgeneem op dag drie van die Machame-roete onderweg na die piek van Kilimandjaro.

Eben van Zyl – Naby Swellendam, vroegoggend.

Karin Dekker het die kouende koedoe afgeneem by die Dinokeng-reservaat.

Ria van Zyl – Paternoster aan die Weskus. Ansie Potgieter het die foto in haar agterplaas in Krugersdorp geneem. het letterlik 24 VasbytSy somer 2012 aan die einde van die reënboog gekom – maar helaas was daar geen goud nie.


Lesers se foto’s

Roy Steyn het twee foto’s ingestuur. Die pragtige dam (bo) is by Ditoro naby Vaalwater afgeneem. Die tweede foto (links) is in Montana, Pretoria geneem na `n haelbui. Stuur asseblief u foto’s elektro­nies na tydskrif@radiopretoria.co.za en sê wie die fotograaf is, wat dit is en waar u dit afgeneem het. Moenie die foto verklein wanneer u dit stuur nie; dit moet minstens 1 megagreep groot wees. U kan ook foto’s per pos stuur, maar ons kan dit ongelukkig nie terugstuur nie.

Bennie van Zyl se natuurfoto’s (bo en regs) is altyd ’n lus vir die oog.

Bobaas-onderskrifte

“Ma, help... ek sal vir sussie wys waar ek haar pop begrawe het” – Heila van Zyl van Port Elizabeth “Hoekom dink grootmense die see is romanties?!” – CJ Nel van Akasia

Hoe sê? Heinrich Marnitz lyk duidelik nie beïndruk met die slang in die ateljee nie. Wat gaan deur sy gedagtes? Stuur ’n gepaste onderskrif na tydskrif@radiopretoria. co.za

Vasbyt somer 2012

25


Programrooster: Maandag Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Regslui vir Afrikaans (H) aangebied deur Matthys Krogh 02:00 Volksmusiek (FAK Musiek Program) (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur ‘Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening – Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante

06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00

09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing (H) 11:30 Nuut op die rak 12:00 Kontreidagboek sluit straalplaat-kompetisie in

12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Piet de Jager 12:45 Dieredinge Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslag / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Volksmusiek (FAK Musiek Program) 19:45 Dit is Radio Pretoria aangebied deur Willie Spies Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Uit die hoed aangebied deur Marianne Roos

s FAK Fantasties u u n o i d a R

Bly op hoogte van verwikkelinge by die stasie deur Maandagaande om 19:45 na Dit is Radio Pretoria te luister. Willie Spies is die aanbieder. 21:30 Musiek / Program aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 23:00 Die stem en die melodie opgestel deur Carel Nagel 23:30 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere *H = herhaling

Die nuwe FAK-sangbundel word tans in samewerking met Radio Pretoria in ’n program getiteld Volksmusiek bekendgestel. Dié sangbundel – Volume II – bevat immergroen Afrikaanse liedjies, soos Sproetjies en Stuur groete aan Mannetjies Roux. Marianne Roos is die aanbieder van die program wat op Maandagaande om 19:15 in samewerking met dié instansie aangebied word. Die program strek oor 13 aflewerings en hiertydens word gesels oor die samestelling van Volume 2. Lindie van Zyl is die FAK-skakelpersoon wat saam met Marianne werk.

Hier is Marianne (links), Elizabeth Fourie (middel) en Lindie van Zyl van die FAK (regs). Elizabeth het kom gesels oor die keuse van kinderliedjies op die album.

26

VasbytWinter somer 2012 Vasbyt


Dinsdag

Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Top tien (H) aangebied deur Henk Joubert 00:45 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuus­ kommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Dis my musiek (H) aangebied deur Henk Joubert 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening - Vroeg­ oggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante

06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Hiervan en daarvan

aangebied deur Pierre de Wet 12:30 Musiek Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:10 Musiek / Promosiegesprekke

20:15 Net medies (H) aangebied deur Marianne Roos 21:15 Musiek 21:30 Hengelparade aangebied deur Dr Kriek van der Merwe 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Personeelkeuse aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslag / Promosiegesprekke 16:30 Kuiersaam aangebied deur Nikao Studios 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Padlangs deur Afrika aangebied deur Alex Smith 19:45 Beskerm jou eie aangebied deur TLU Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar

Luister weeksoggende om 09:00 na Joernaaltyd onder leiding van Marianne Roos.

Lindie en Marianne hier saam met die bekende musikant Johan van Rensburg, wat ’n groot rol speel in die algemene samestelling van die bundel. By hulle is Sarie Marais van die FAK wat al jare lank die administrasie daar behartig. V

Lindie kuier hier saam met haar kollega Natasha, wat waardevolle werk met betrekking tot skakeling van Suid-Afrikaanse kunstenaars met Nederland doen.

Vasbyt somer 2012

27


Woensdag Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Dis Countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 In die ou waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op / Kultuvaria (H) aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00

06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme

10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Musiek / Promosiegesprek (Crisis on Call) 12:30 Volkshulp 2000 aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00

16:05 Musiek / Verkeersverslag / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Ek wil weet aangebied deur Faan Rabie Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Bel en bestel olv JDM Collective Media 21:00 In die ou waenhuis 21:30 Op soek na 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Dis my musiek aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

16:00 Nuusopsomming

Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here

Luister na Radio Pretoria aanlyn, op die skottel of met jou selfoon. besoek: www.radiopretoria.co.za

FAK Fantasties

’n Geskiedkundige foto! Lindie het vir die bekende liedjieskrywer Anton Goosen doer uit die Kaap laat kom om saam te gesels. Die meeste liedjies van ’n enkele komponis wat in die bundel opgeneem is, kom uit die pen van Anton. Hier luister sy en Marianne na hom.

28

Friedel Hansen het onlangs ’n eksem­plaar van die stel laserskywe van Ons was daar, tuis vir genl Jannie Geldenhuys gaan afgee.

Vasbyt somer 2012


Donderdag Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Nuut op die Rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Beskerm jou eie (H) aangebied deur TLU 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Personeelkeuse (H) 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling /

Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:30 Nuus 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:30 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Net medies aangebied deur Marianne Roos Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek

OOGKUNDIGES

12:00 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz 12:30 Heraldiek aangebied deur Karen Zeelie Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Musiek / Promosie­ gesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslag / Promosiegesprekke 16:30 Dis my musiek aangebied deur JDM Collective Media 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld aangebied deur Friedel Hansen 18:30 Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Regslui vir Afrikaans aangebied deur Friedel Hansen en Mathys Krogh

Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:15 Musiek 20:30 Musiek en liriek aangebied deur JDM Collective Media 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Top tien aangebied deur Henk Joubert 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

Donderdagaande om 19:15 kan jy luister na Regslui vir Afrikaans onder leiding van Mathys Krogh.

OPTOMETRISTS

Mag ons u nooi om ons omvattende reeks modieuse brilrame, sonbrille en brilhuisies te besigtig en om van ons gespesialiseerde dienste gebruik te maak:

● Die individuele ontwerp en pas van harde sowel as sagte kontaklense ● Bystand aan pasiënte met leerprobleme disleksie of migrain insluitende colorimetriese evaluasie en visieterapie ● Die neem van oogafdrukke en haptiese prosteses te verskaf

BRUWER MENLOPARK

OOGKUNDIGES - OPTOMETRISTS (012) 346 1038 Charles str 494, Pretoria

DINAMIESE VISIE

LEWENSLANGE winter2012 2012 Vasbyt somer

UITNEMENDE VISIE SORG

29


Vrydag

Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Onthou u nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Eggo (H) aangebied deur Hors Prinsloo 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieredinge (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 05:05 Wakkerwordwysies 05:45 Landboukorrels aan­ gebied deur Zahn Visser Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Nuusopsomming / Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant /

Verkeersverslag 06:30 Nuus 06:40 Finansiële verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Nuusopsomming / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:30 Nuus 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Nuusopsomming 08:05 Inbelprogram 08:35 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme Joernaaltyd: 09:00 – 10:00 09:00 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos en ‘Alet Erasmus

aangebied deur Marie Groenewald 12:45 Musiek

19:00 Huisgodsdiens 19:05 Boekvoorlesing 19:30 Na Buite aangebied deur James Kemp

Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Nuus / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Nuus 15:05 Winkels Toe aangebied deur JDM Collective Media 15:20 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Musiek / Verkeersverslag / Promosiegesprekke 17:00 Nuus / Volledige weer 17:10 Venster op die wêreld 18:30 Musiek

Tussenskof: 10:00 – 13:00 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Nuus 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Kontreidagboek 12:00 Onthou u nog? aangebied deur Cyrus Smith 12:30 Volkshulp 2000

Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Nuus om agt / Nuuskommentaar 20:10 Wees paraat aangebied deur dr Kriek van der Merwe 20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 20:45 Radioleesklub / Boekerubriek 21:30 Dis Country tyd opgestel deur Karien Marnewick 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

Heinrich Marnitz en Sarina Johnson sorg vir vroeg­ oggendvermaak tydens Klankkoerant.

Magalies se staatmakers

Radio by tydren Radio Magalies het `n heerlike funskie aangebied om 2012 af te sluit. Fred Maree, Radio Pretoria se stasiebestuurder, en Willie Spies, tussentydse HUB, was ook daar. Agter: Phillip von Willigh, Stoffel Bezuidenhout, Willie Spies, J.V. Buchner, Johan Ras Voor: Carel Fourie, Chris Bester, Hannetjie Bester, Fred Maree

30

Radio Pretoria was vanjaar betrokke by die SA Earthworks All Tar-tydren as mediaborg. Die tydren vind slegs op teer plaas en die voertuie en renjaers is tot die uiterste beproef. Henry Dearlove het sy baie gewilde motorrubriek regstreeks vanaf die geleentheid aangebied. Daar was ook verskeie oorskakelings vanaf die tydren waar die gedreun van enjins duidelik in die agtergrond hoorbaar was. Die Ford Fiesta is deur Nic van der Westhuizen bestuur. Henry Dearlove Jnr. was die navigator.

Vasbyt somer 2012


Saterdag Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 00:45 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en Melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek v.d. Merwe 03:30 Musiek 04:15 Uit die Hoed (H) aangebied deur Marianne Roos

05:30 Uit ons Boeremusiek skatkis (H) Oggend: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek 08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek

Luister hier na ons: Pretoria

104,2 MHz

Brits

Kleinfontein

104,2 MHz

Naboomspruit

Greylingstad

107,6 MHz

Koster

Newcastle

104,5 MHz

Tzaneen

Ermelo

104,0 MHz

Pietersburg

Thabazimbi

103,7 MHz

106,6 MHz 92,2 MHz 107,5 MHz 96,6 MHz 100,0 MHz

11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag: 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reënvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek / Inbel 15:00 Padlangs deur Afrika (H) 15:30 Saterdagsport / Musiek 16:00 Na Buite (H) 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand: 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 19:00 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur omroeper 19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Uit ons Boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 20:35 Musiek 21:00 Eggo aangebied deur Hors Prinsloo

Hors Prinsloo gee blootstelling aan nuwe kunstenaars asook gevestigde kunstenaars se nuwe musiek in Eggo op Saterdagaande.

21:30 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Musiek opgestel deur omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

TLU SA bedank media vir hul bydrae Dit is ’n jaarlikse instelling dat TLU SA die media in sy vele vorme uitnooi om erkenning te gee aan en waardering te wys vir die skakel- en kommunikasiewerk met die Unie. Tydens die geselligheid het die hoofbestuurder, Bennie van Zyl, en die president, Louis Meintjies, dit weereens beklemtoon hoe belangrik samewerking tussen die unie en die media is. Hier is (vlnr): Henk van de Graaf (Assistent-hoofbestuurder: kommunikasie en ledesake), Jeanette Gnade (nuusskrywer by die radio), Louis Meintjies, Renette Henning (Assistent van kommunikasie en ledesake) en Alta Povey (Assistent van die hoofbestuurder: beleidsake). Agter is James Kemp (redakteur van Vasbyt en omroeper by Radio Pretoria) en Bennie van Zyl. V

Vasbyt somer 2012

31


Sondag

Deurnag: 00:00 – 05:00

00:00 Wat u wil hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak my U weë bekend (H) 02:00 Serenade (h) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit my platerak (H) aangebied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy Eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aangebied deur Tienie Mans 05:30 Rondom die orrel en sy meesters (H) aangebied deur Jan Zielman Oggend: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek

06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerknuus 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy Eer opgestel deur Omroeper 10:15 Omroeperskeuse opgestel deur Omroeper 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie Middag: 12:00 – 17:00 12:00 Goue gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:10 Andre se keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:30 Ons eie keuse aangebied deur Francois en Lucille 15:15 Kuiertyd opgestel deur Omroeper 16:15 Uit my platerak

A

20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek wil weet (H) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie se musiek 22:00 Droommelodieë aangebied deur Betsie Steyn 22:30 Wat sê die musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 23:15 Die volmaakte instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere

aangebied deur Heinrich Marnitz Aand: 17:00 – 24:00 17:00 Maak my U weë bekend aangebied deur Prof Schalk Botha 17:30 Wat u wil hoor aangebied deur Tienie Mans 18:30 Musikale tussenspel 18:40 Sing nuwe lof 19:00 Aanderediens 19:30 Rondom die orrel en sy meesters aangebied deur Jan Zielman 20:00 Nuus om agt 20:05 Verkorte weervoorspelling

Stuur asseblief ’n teksboodskap na 45838 en lug jou mening. Teksboodskappe kos R1,50.

FRIKA AARTAPPEL

PRODUKTE WAT U LEWENSGEHALTE VERBETER

radio

pretoria AFRIKA-AARTAPPEL

AFRICA POTATO

KOOS BOTHA, EIENAAR VAN CONJAN (EDMS) BPK BlED MET TROTS DIE VOLGENDE DIENSTE EN PRODUKTE AAN: • •

• •

Afrika-aartappelprodukte bied ’n omvattende reeks natuurprodukte wat u lewensgehalte kan verbeter. Die ou, beproefde AA-kapsules, seresalf, pynsalf en kolon peristaltiskapsules is deel van die wenreeks. Die Scio OXS SLIM-diagnoseer- en behandelingsmasjien is reeds aan talle luisteraars van Radio Pretoria bekend. Die heilsame uitwerking wat dit op gebruikers het, het die aanvraag so sterk laat groei dat nog vyf Scio-apparate in bedryf gestel is en bykomende personeellede opgelei moes word. Die terapie wat deur Scio aanbeveel word, is gegrond op voeding, homeopatie, elektropunktuur en naturopatie vir ’n algehele, holistiese genesing. Verstommende resultate word behaal. Die apparate word druk benut, daarom moet u asseblief vroegtydig ’n afspraak maak vir ’n behandelingsessie wat drie ure duur en R450 kos. Oor-die-lug behandelings kan ook gedoen word, ons doen behandelings so ver soos Australië. Gratis elektroterapeutiese opvolgbehandeling: Scio-pasiënte kan gedurende werksure gratis behandel word. Sessies kan op een van die vier RIFE-masjiene ingepas word, afhangende van die beskikbaarheid van die masjiene. Manipulasie van die werwelkolom: Hierdie diens word gratis aan Scio-pasiënte met rug- of nekprobleme gelewer. Tel: 014 717 4694 • Faks: 014 717 1497 • Selfoon: 082 693 9559 • koos.conjan.botha@gmail.com Van Niekerkstraat 3, Nylstroom • Posbus 2600, Nylstroom, 0510

32

Vasbyt somer 2012


Radio Pretoria se de 19 verjaarsdag deur Marianne Roos, foto’s Betsie Steyn

B

y Radio Pretoria vier ons elke jaar ons verjaarsdag. Selfs midde-in ons lisensiestryd vroeëre jare het Radio Pretoria se verjaarsdag nooit ongesiens verbygegaan nie. Op ons verjaarsdag klink ons glasies, lag ons en verwelkom ons luisteraars wat by ons kom inloer. Vanjaar was geen uitsondering nie en soos op ons fotoblad duidelik blyk, was ons 19de verjaarsdag ’n dag van feestelikheid. Daar word nou al beplan aan Radio Pretoria se verjaarsdag volgende jaar wanneer ons 20 jaar oud sal wees. Radio Pretoria beplan op 18 September 2013 ’n baie besondere gala-aand om

Geluk!

ons verjaarsdag te vier. By die geleentheid gaan daar op sprankelende en stylvolle wyse teruggedink word aan die persone en instellings wat sedert die ontstaan van Radio Pretoria’n bepalende rol in die vestiging van ons radiostasie gespeel het. Daar gaan erkenning verleen word en die aand sal afsluit met ’n musiekvertoning. Radio Pretoria was deurgaans die stasie wat u kon hoor met u hart en met u oor. Daarom dat ons harte so warm geklop het vanjaar toe ons op ons verjaarsdag kon terugkyk op 19 jaar van stywe bulte, vasbyt, groei en sukses. V

Die drie personeellede wat al langer as 19 jaar by die radio is en voor sy bestaan reeds gewerk het om alles tot stand te bring. Ellen Diedericks (links) het die nuus hanteer, Toeksie (Erasmus) Dreyer het sommer so op die vloer (sonder enige meubels) die administrasie behartig en Jaap Roux natuurlik die tegniese sy en beplanning asook die bou van die eerste ateljee. “Ons het die mure met eierhouers geplak om dit klankdig te maak en die gom het ons so af en toe ’n bietjie uitgesit! Ook die perdehoeftafel het ons twee self uitgesaag en stuk-stuk opgerig,” sê Toeks.

p met vleisJaap Roux is net so kna hom die het oo braai en Hors Prinsl ee! geg ing un ste nodige onder

Daar was heerlike eet- en drinkgoed op die tafel en die personeel het dit baie geniet. Hier is Betsie Kok, Zahn Visser en Adele Changioun by die kosbakke.

Ja, die jonges was ook daar om die geleentheid te vier en hier lyk hulle al te vrolik. Karien Marnewiek, Adele en Zahn is van die jongeres wat nou by die radio werk.

Vasbyt somer 2012

Fred Maree, stasiebes tuurder, aan die woord met Linda van Schalkwyk en Ph illip van Heerden wat so onder dr Verwoerd se waken de oog luister. Terloops, dis net koeldrank wat Fred hie r in ’n plastiese bekert jie drink...

33


Kyk wie keorm kui

Ds Bertus van Wyk Die bekende Pretoriase predikant, ds Bertus van Wyk, het onlangs by Heinrich Marnitz gekuier en sommer lekker oor allerlei dinge en sy lang loopbaan gesels. So het ds Bertus vertel dat hy in st. 6 uit die skool is en gaan boer het. Op 17-jarige ouderdom het hy tot bekering gekom, terug skool toe om st. 6 te voltooi en toe daarna verder studeer het. Wat so merkwaardig is, is dat ds Bertus op 12 Oktober sy 100ste verjaardag gevier en ’n week daarna in Roodepoort nog gaan preek het! “My preek het oor volharding in

gebed gehandel,” het hy gesê. Hy en sy vrou, Christine, woon in Florana en is vanjaar 73 jaar getroud. Hulle het sewe kinders tesame met 30 klein- en 30 agterkleinkinders. Tannie Christine was altyd bekend vir haar toere – ’n onderneming wat sy eers op 75-jarige ouderdom begin het! Dit word tans deur die kinders bedryf. Sy was voorheen baie nou betrokke by die Maatskappy vir Europese Immigrasie. Daar was 250 gaste by sy verjaardag – almal familie, vriende en oudgemeentelede.

Shenley Pretorius

Kobus Muller Kobus Muller, wat sy deurbraak op die musiekfront gemaak het toe hy Supersterre gewen het, het sy derde album, Tribute to Engelbert Humperdinck, by ons kom bekendstel. “Hy sing Engelbert se musiek lieflik en baie goed,” sê Karen Zeelie met wie hy gesels het. Kobus, ’n Boerseun in murg en been,

wat baie lief vir Afrikaans is, het besluit om dié Engelse album aan te pak. Hy het geen musiekopleiding gehad nie en het ’n voorliefde vir klassieke musiek – daarom is daar so ’n klassieke klank in sy stem as hy sing. Hier is hy en Liana van Zyl, van die diskoteek, voor Radio Pretoria se nuwe embleem.

34

Heinrich het onlangs ’n baie besondere gas gehad in die persoon van Shenley Pretorius. Hierdie merkwaardige 14-jarige blinde meisie het die musiekwêreld baie verras toe sy as gaskunstenaar by die jaarlikse lentebal van die SuidAfrikaanse Gidshondevereniging opgetree het. Die tema was “Wonderland” en die bykans 500 mense was só deur haar optrede en veral haar eie komposisie, “I see you with my soul”, aangegryp (sy is staande toegejuig), dat sy gevra is om weer volgende jaar tydens die 60ste herdenking op te tree. Verder het haar vertoning die gaste só emosioneel gehad, dat hulle daarna gesê het sy was vir almal ’n groot inspirasie. Shenley het ’n toespraak oor haar lewe as blinde gelewer en die liedjie gaan presies daaroor. Die organiseerders sê dit het veroorsaak dat baie meer geld vir dié vereniging ingesamel is as wat

beoog is. Die beskermheer, Jeremy Maggs, was ook daar en was baie beïndruk met haar. Shenley is ook genooi as gaskunstenaar volgende jaar op Noot vir Noot en dit is die eerste keer in die program se 23 jarelange bestaan wat ’n blinde op dié program as kunstenaar gaan optree! Shenley wil die liedjie – waarvan die musiek ook haar eie skepping is – graag die wêreld instuur en dit op die volgende Paralimpiese Spele sing. Foto’s van haar tydens 16 groot en belangrike optredes, getuig van talent, moedigheid en vasberadenheid om ’n waardige ambassadeur vir blindes en daarby nog ’n puik kunstenaar te wees! Hier is Shenley (links) saam met haar ma Sonya by Heinrich in die ateljee. Terloops, hulle aldrie was baie bewoë (“in trane”, sê Heinrich) toe sy afgesluit het. Sy het gesê “Moenie moed verloor nie, daar is hoop!”

Vasbyt somer 2012


Elizabeth Fourie Daar was lekker gelag en groot gesels toe die bekende sangeres, Elizabeth Fourie, by Radio Pretoria kom inloer en ’n oudleerling van haar hier raakgeloop het! Henk Vorster, IT-kundige by die radio, het haar dadelik as sy “Wiskunde juffrou” herken wat in 1981 – toe hy in st. 7 in Piet Potgieter Hoërskool op Potgietersrus was, gedril het. Elizabeth was eers stomgeslaan, toe het sy begin lag en kon nie

glo dat hulle mekaar ná al die jare weer raakloop nie! Toe sy hoor dat hy so ’n slimkop met rekenaars is, was haar kommentaar: “Sjoe, dan het ek darem seker ’n goeie ‘job’ gedoen dat hy so uitgestyg het!”. “Ja,” sê Henk op sy beurt, “dis 32 jaar gelede en sedertdien het die jare by ons almal verbygevlieg.” Op die foto kan gesien word hoe lekker die twee by die ontmoeting gelag het.

Tienie Benadé Die bekende Afrikaanse sanger, Tienie Benadé, het een dag gou by Karen Zeelie ingeloer en sy album Loerelaai wat hy pas heruitgereik (“én verbeter het”) kom gee. Daarop sing hy pragtige Afrikaanse liedjies soos Ou rystoel, Boland toe, Woudprinses en sy bekendste, Reënboog.

Elise Rautenbach en Paul Ferns Gepraat van lekker lag – dit was ’n ewe vrolike en blye weersiens van twee ou skoolmaats wat mekaar hier by die radio raakgeloop het. Elise Rautenbach (van Acapella-faam) en Paul Ferns (o.a. kranige trekklavierspeler) was in die vyftigerjare saam op skool in Middelburg in die Oos-Transvaal. Elise (toe Schoeman) se pa het ook vir Paul skoolgehou. “Ja, sy was so ’n bietjie voor my, maar ons het mekaar goed geken op skool en ons het mekaar sommer dadelik herken.” Sy was net so aangenaam verras om hom ook weer te sien.

Vasbyt somer 2012

35


Kyk wie keorm kui

Leon Arnaud Radio Pretoria sorg altyd vir ’n verskeidenheid van musiek en gaste wat hul albums kom bekendstel. Met die besoek van Leon Arnaud het die klem dié keer op die ouer mense geval, want “ek maak nou graag mu­ siek vir hulle”. Leon het reeds ses geestelike albums die lig laat sien en dié een, Vlerke van papier, is sy eerste ligte Afrikaanse een. Die 12 snitte daarop het hy alles self geskryf.

Leon is ook ’n pastoor en daarby het hy nog die bykomende talent dat hy ook klere ontwerp en maak. Só het hy vir die bekendstelling van dié album sy konsertkos­tuums en almal wat deelgeneem het, se klere gemaak. Hier is hy saam met sy bestuurder, Dirk Swanepoel, “wat – danksy Min Shaw – ook op my pad gekom het”. Betsie Steyn is saam in die ateljee.

Kobus van Wyk en Teddy Meiring Kobus van Wyk (links) en Teddy Meiring het hul eerste album, Lewenspad, saamgestel om Afrikaans - soos hulle dit sien - te geniet. Ted is ’n bekende en kranige kitaarspeler wat al vir sangers soos Sias Reinecke begelei het. Op dié album is instrumentale nommers, maar ook sang – alles met ’n Boeremusiek-ondertoon. Die meeste van die 14 snitte is hul eie komposisies. Dié twee manne raak nou só gewild en is “altyd beskikbaar vir optredes”, sê hulle.

Ria Mecchi Baie interessante mense kom gereeld op Karen Zeelie en Cyrus se program, Onthou u nog, gesels. Hier kuier Ria Mecchi saam met hulle toe sy oor haar bekende tweelingbroers, Flip en Machiel Grobler, gepraat het. Sy het soveel inligting gehad, dat Cyrus haar vir ’n tweede program nadergesleep het. Haar ander bekende broer was die musikant Adam Grobler.

Vleis 1 loop voor Vleis 1 het die antwoord vir ’n bekostigbare spyskaart Tel: 012 545 0064 Fanie van Rensburgstraat (op ou Warmbadpad) Posbus 539, Pyramid 0120 verkope@vleis1.co.za

Gehalte, diens, stiptelikheid en betroubaarheid is ons strewe! 36

V

leis 1 is ’n familie-onderneming wat oor die afgelope 25 jaar daarin geslaag het om tred te hou met die veranderinge in die vleisbedryf en steeds voor te loop. Vleis 1 is bekend vir sy uitstekende dienslewering. Klante kan staat maak op Vleis 1 se jarelange ondervinding en kundigheid as groothandelaar wat ook regstreeks aan die publiek verkoop. Higiëne is die wagwoord by Vleis 1 se aanleg waar vleis ontbeen en verwerk word. Die vleis word so min as moontlik hanteer vir ’n langer rakleeftyd. Probeer gerus ons heerlike polonies! By Vleis 1 se eenstopwinkel is daar ook kruideniersware en suiwelprodukte beskikbaar. Vasbyt somer 2012


Riana Mouton ’n Besoekie van ’n jong opkomende kunstenaar, Riana Mouton, met haar debuutalbum, Niemand soos Hy, het groot luisteraarsbyval gevind. Sy is ’n bekende onder die Musiek- en Liriekluisteraars en alhoewel haar musiek ’n sterk geestelike inslag het, gaan sy mettertyd ook op ander musiekfronte ’n groot deurbraak maak.

Engels? Watwo! In ’n onlangse program van Theuns de Wet, Kultuvaria, het hy hierdie stelling gemaak en ’n baie interessante gas gehad wat hom hierin steun. John Erasmus en sy drie seuns besit die Jasmyn-inkopiesentrum by Hartebeespoortdam, “in ’n omgewing wat deur Engels oorheers word”. Wat die Erasmusse se onderneming so merkwaardig maak, is dat al hul bedrywe (boerdery en sake-onderneming) op Bybelse waardes bedryf word. So glo hulle aan tekste uit die Bybel soos “hoe goed is dit dat broers saamwoon”, Paulus wat aan Timotheus sê “begin by jou eie mense” en “die arbeider is sy loon werd”. Verder is almal en word alles daar in Afrikaans bedryf; van die grootste Afrikaanse boekwinkel in die land tot die etikette op die produkte is Afrikaans “en jy koop dus botter en nie ‘butter’ nie”, sê John. Die mense wat daar werk (en daar is

heelwat jongmense) praat net Afrikaans, selfs die kelners by die Windmeulrestaurant langs die sentrum ook. “Ja, ons hou voet by stuk met Afrikaans, al het hoë amptenare ons al daaroor kom aanvat. Ons het kliënte in ’n radius van 200 km wat hul vars produkte en kruideniersware hier kom koop. Hulle is baie gereelde besoekers wat sê die Afrikaanse diens is so goed, hulle kom weer! Selfs Engelse mense kom graag hierheen en sê hulle gee nie om om in Afrikaans bedien te word nie, want hulle kry ordentlike, goeie diens,” sê hy. Interessant is die ingang na Jasmyn: die betonsuil in die sirkel dra die vierkleur se kleure en hul welkomsbord sê: “Dankie dat julle ons Boere ondersteun!” Soos Theuns sê: “Geen sakeonderneming of enigiemand het ’n rede of verskoning om nié sy besigheid in Afrikaans te bedryf nie!” Hier is Theuns en John in die opname-ateljee.

Hannes van Tonder Hannes van Tonder, wat sê hy is ’n minnesanger en steeds in die “Bles-styl” sing, het sy tweede album Duisend Drome kom bekendstel. “Ek wil mense vermaak met liefdesliedjies en daarom pas my nuwe album presies by wat ek wil doen,” sê hy. Monica Steyn van Sting Musiek wat die album bemark, Nelia van Tonder (sy bestuurder) en Hannes saam met Karen in die ateljee.

Sarina Ná ’n paar jaar van optredes oorsee, het Sarina met ’n splinternuwe album – haar tiende een – vorendag gekom. Sy het by Karen Zeelie kom inloer om oor die album, Droomland Melodie te gesels. Tussen die singery deur doen sy saam met haar dogter bediening onder vroue en die “gesondheidsproduk” waaroor hulle dan gesels, is “Makadamianeute en -olies.

Vasbyt somer 2012

37


Woord en Klank

Nuut op ons boekrak

’n Boek met dinamiet – dis hoe Belhar Geweeg beskryf kan word! Hierin vertel 18 prominente kerklui die kant van die omstrede Belhar-debat waaroor steeds geswyg word en in dié publikasie word oop kaarte gespeel. Die perspektief van plaaslike en buitelandse kerkgroepe, met brandende vrae oor Belhar se grondigheid, word aangespreek. Met artikels deur genl Johan van der Merwe (voormalige hoof van die SAP), prof Piet Strauss (voormalige moderator van die NG Kerk) dr Danie Langner (uitvoerende hoof van die FAK) en ander prominente meningsvormers in die NG Kerk, word die boek ’n kruitvat van inligting. Ds Theo Danzfuss (van die NG Kerk Witfield en aktuarius van die NG Sinode Hoëveld) word aangehaal: “As die Algemene Sinode voortgaan met hul voorneme om Belhar te aanvaar, kan nog groter onenigheid en skeurings binne dié kerk ’n werklikheid word.” Die redakteur is Piet Theron, die voorwoord is deur prof. Pieter Potgieter en die boek beslaan 158 bladsye en kos R200. Gekroon tot diens – Bybelse beginsels en riglyne vir bestuur deur dr MN (Marthinus) Hermann word deur Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, in die voorwoord as ’n “onmisbare gids vir elke Christenbestuurder en ’n goudmyn van gelowige wysheid deur een van die land se voorste bestuursleiers” beskryf. Dr Hermann sê dat baie mense op een of ander manier by bestuur

betrokke is, wat die lewens van alle mense beïnvloed. In die boek gesels hy oor sy praktiese ervarings oor baie jare asook belangrike beginsels, veral in hierdie tyd van wêreldwye politieke en finansiële krisisse waar wanbestuur en korrupsie ’n groot rol speel. Die boek van 205 bladsye lees maklik, is vir die gewone man verstaanbaar en vanaf 10 Januarie volgende jaar gaan Karen Zeelie ’n reeks van 13 praatjies oor die boek aanbied. Die prys van die boek is R150. Die Engelse weergawe van die boek Mugabe en die wit Afrikaan is tans beskikbaar en diegene wat vroeër daaroor navraag gedoen het, kan dit nou gerus kom koop. Verskeie belangstellendes wou dit al aanskaf om oorsee vir hul mense te stuur en nou is die kans: dis ’n ideale Kersgeskenk. Mugabe and the white African deur Ben Freeth beslaan 238 bladsye en kos R200.

vertel onder andere Jack Seale, Pieter Retief en Ampie Espag van hul ervarings. Dit is in ’n lekkerleesstyl geskryf met foto’s en dit beslaan 185 bladsye – ’n goeie geskenk teen R100. Ons het ook iets hier vir die vroue: Hannetjie de Vries van die vroue-aksie van die AP Kerk Heidelberg het met ’n skitterende resepteboek vorendag gekom waarin meer as 1 000 beproefde resepte en handige wenke voorkom. Watertand aan die Suikerbosrand is ’n baie dik, keurige en netjiesgebinde publikasie. Dis op glanspapier gedruk, die foto’s en sketse is werklik puik en dis ’n voorslagboek – ’n ideale geskenk vir vroulief waarby pa en die kinders gaan baatvind. (Sowat 400 bladsye – prys R200). As ’n man nou sy vrou goed wil bederf, moet hy vir haar Nico Moolman se jongste boek, Uit Ouma se uitsetkis – resep­te, kultuur en verlange,

Nou op ’n ander noot: Die nuwe FAK-sangbundel Vol 2 is hier! ’n Spiksplinternuwe weergawe met hoofsaaklik hedendaagse Afrikaanse liedjies. Prys: R450 Nou iets vir die manne: ’n baie interessante “jagboek” getiteld Afrika stories wat die hare laat rys. Dit is ’n bundel ware en boei­ ende bosverhale deur Jan Roderigues. Hierin

38

Vasbyt somer 2012


koop en dit sommer vir haar verjaardag en vir Kersfees gee. Hierdie boek is duur, maar baie duursaam. Dis ’n lekkerleesen-kyk-boek, koffietafelformaat, met ure en dae se terugleef in ’n kleurryke verlede, met waardes, gebruike, snuisterye, vertellinge, herinneringe en sommer nog baie dinge! Die skrywer is ’n gesoute akademikus, medikus, historikus

en joernalis: dus is hierdie boek iets baie kosbaar en waardevol. Net om na die verpakking te kyk, is genoeg om jou lus te maak om dit aan te skaf en deur te gaan. Prys: R320 Nog ’n puik geskenk vir iemand wat lief is om kos te maak, is die bekende koskenner Joey Pienaar se boek Dis mos kos. Sy word

Nuut op ons platerak

beskou as Suid-Afrika se koskampioen en baasbakster en in dié resepteboek kom haar kundigheid (én sin vir humor!) sterk na vore. Die boek is klaar verpak in ’n netjiese houer met ’n mooi lintjie en kaartjie: ’n Geskenk spesiaal vir jou – wat dit nogal kosbaar maak. Die prys is R190 en dis ’n kompakte boek wat ook maklik hanteer. V

Bestellings by Belinda. Skakel die Woord en Klankwinkel: 012 543 0120. R20 posgeld (vir geregistreerde pos) word bygevoeg. Of bestel aanlyn by www.radiopretoria.co.za hartlik deur die jeug en volwassenes van ’n verskeidenheid ARSO (Aksie ReformatorieseGereformeerde- Skoolonderwys) skole gesing en is aangevul en begelei deur orrel en ander instrumente. Hierdie pakket van 5 straalplate is beskikbaar teen die kosprys van R200 om almal die geleentheid te gee om daarna te luister en met harte wat oorloop saam te sing!

Die Teelepeltjies – Boerepartie en album met geestelike treffers Boeremusiek is so deel van ons kultuur soos braaivleis en rugby en as die manne dan as klein teelepeltjies begin het en nou reeds 10 jaar plus met hulle musiek, steeds diep spore in die harte van musiekliefhebbers trap, dan is hulle volgende twee albums ’n moet-hê. Die album “Boerepartie” spog met ’n verskeidenheid van lekker luistersnitte van tradisioneel tot modern, wat die voete sal laat jeuk! Om die prentjie te voltooi het hulle ook ’n geestelike album vrygestel; “Wat ’n vriend het ons in Jesus en ander geestelike treffers.” Beide albums is in ons Woord-en-Klank winkel beskikbaar teen R120. Frik du Preez – “Drop, place en score” Ek het net-nou gepraat van braaivleis en rugby wat onlosmaaklik deel van ons kultuur is en hier is by uitstek ’n versamelaarsitem vir die rugbygeesdriftige! Die verhaal van Frik Du Preez – Suid-Afrika se rugbyspeler van die eeu- word op treffende wyse vertel deur ander groot name soos Naas Botha, Victor Matfield, Mannetjies Roux en Thys Lourens, om maar ’n paar te noem. As u nie weet

Vasbyt somer 2012

Du Preez – My Trots, My Taal, Afrikaans wat om vir manlief of oupa vir ’n geskenk te gee nie, moenie verder soek nie. Hierdie DVS is in ons winkel beskikbaar vir die weggee prys van R120. Coenie Naudé - Stemma Daar is so baie nuwe kuns­ tenaars op die mark, maar as die man ’n boorling uit die hart van die Waterberg is en hy meeste van sy liedjies self skryf oor dinge wat hom na aan die hart lê, dan luister ’n mens graag wat hy in musiek wil sê. Hy het pragtige liedjies op sy debuutalbum, maar daar is ook ’n paar goue oues waaraan hy ’n pragtige vertolking gee, soos “Against all odds” en Leonard Cohen se” Hallelujah”. U sal nie spyt wees om Coenie Naudé by u versameling van uitsoek mu­ siek te voeg nie. Bestel of koop gerus dié album by ons winkel teen R120.

Net die titel van die album trek al klaar jou aandag, maar sit jy hom in die radiospeler, dan besef jy gou – hier kom iets lekkers! Du Preez het met sy eie unieke styl ’n heerlike klomp liedjies op sy album versamel, met iets vir jonk en oud. Selfs die jongspan sal die TV keurspel, met gewilde treffers soos Pinnochio, Dawie Kabouter en Heidi, baie geniet. Die album is in ons Woord- en- Klankwinkel beskikbaar teen R120. ARSO – Glorieryke Psalms Een van die wonderlikste hulpmiddels by lofprysing en aanbidding, is ’n volledige stel straalplate met al 150 Psalms daarop en hierdie pakket is ’n moet-hê! Die Psalms word

aCapella – Hy Is Koning Die veertig jaar-feesjaar van die Acapella koor het op luisterryke noot afgesluit met die vrystelling van hul laaste album: “Hy is Koning!” Hierdie album gaan slegs in Radio Pretoria se Woord-en-Klank- winkel beskikbaar wees. Die album spog met 24 pragsnitte, wat al die eer aan ons Koning bring. Koorleidster Elise Rautenbach het reggekry dat die koor na veertig jaar, met oorspronklike koorlede asook kinders van kinders, nog steeds dieselfde kenmerkende Acapella klank het. Dís wat hier­die koor ’n gunsteling deur die jare gemaak het! Die album is beskikbaar teen dieselfde prys as sy voorganger –“ Reik Hoër” – teen R120, uitsluitlik in ons Woord en Klankwinkel. V

39


Dis die Eerste Taalmonument!

D

ie tante met die boek in die hand in ons vorige wie­weet­waar? is die Eerste Taalmonument of die Nederlandse Taalmonument in Burgersdorp. Hierdie monument is in 1893 in Burgersdorp opgerig as eerste monument ter wêreld wat die Nederlandse taal vereer het. Na die anneksasie van die Kaap in 1806 deur Engeland, is die Nederlands wat destyds aan die Kaap gebruik is, onderdruk sodat Engels in 1828 die enigste amptelike taal in die Kaapkolonie geword het. Daar was ’n voortdurende stryd deur Afrikaans- en Nederlandssprekendes om Nederlands naas Engels as tweede amptelike taal in die Kaap te laat erken. Versoekskrifte met duisende handtekeninge wat die erkenning van Nederlands aangevra het, is botweg deur die Kaapse parlement verwerp. Dit het nie die taalyweraars van stryk gebring nie. Op 30 Maart

1882 het Onze Jan Hofmeyr ’n wetsvoorstel by die parlement ingedien wat daartoe gelei het dat Nederlands eindelik as tweede amptelike taal erken is. Die oorwinning is in Junie 1882 in Burgersdorp gevier en daar is by die geleentheid besluit om ’n taalmonument op te rig. Die monument is op 17 en 18 Januarie 1893 onthul. Dit is die beeld van ’n vrou wat die Nederlandse taal vergestalt. Sy wys met haar vinger na ’n boek of blad en daarop staan: “De Overwinning der Hollandsche Taal.” Duisende mense het die onthulling bygewoon en daar was ’n perde-optog met 500 ruiters. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Engelse die monument afgebreek en gesteel uit naywer teenoor die meerdere kultuurskatte van die Boerevolk. Hulle haat teenoor die Boerevolk wie se land hulle kom steel het was so groot dat hulle beweer het dat hulle die monument fyngekap en in die

40

see gegooi het, maar in werklikheid het hulle die beeld verniel, hoofsaaklik deur dit te onthoof. Die Britse regerig is na die oorlog gedwing om ’n replika van die monument te maak en dit is in 1907 op die oorspronklike plek in Burgersdorp opgerig. In 1939 is die vernielde monument op ’n vul­ lishoop by King Williams Town ontdek. Dit is agter die replika opgerig sodat die wêreld duidelik kan sien hoe “British fair play” lyk. Op die voetstuk van die monument is plate met inskrywings. Op een staan: “Erkend is nu de moe­ dertaal in Raad, Kantoor en schoollokaal” Op ’n ander staan: “Voor moedertaal en vaderland

Staat hier Deez’ eerezuil geplant” en op nog een, die woorde: “Bewaar Gij onze Taal, O Heer, Tot Uw en onzer vaderen eer” – Dom Boer

V

Vasbyt somer 2012


Volkshulp 2000 hou maskerbal O

p 29 September 2012 het die Innesdale dansklub, onder leiding van Hannetjie Snyders, in samewerking met Harry Sutton, leier van die Extremes Orkes, ’n maskerbal ten bate van Volkshulp 2000 aangebied.

georganiseer. Borge moes vir die ete gevind word aangesien die kaartjies het ’n heerlike vingerete ingesluit het. Daar is ook gepoog om pryse in te samel wat by die geleentheid opgeveil kon word. As gevolg van die moeilike ekonomiese omstandighede was die borge min en alles moes uit die opbrengs gefinansier word.

Die doel was om geld in te samel vir Volkshulp 2000 se studiefonds. Ons beoog om hierdie studiefonds ten bate van Hoër- en Laerskoolleerlinge aan te wend om te help met skoolfonds en ander uitgawes. Ons het daarop besluit omdat daar baie instansies is wat studiehulp op tersiëre vlak aanbied maar op primêre en sekondêre vlak bestaan geen sodanige hulp nie.

Uiteindelik het die aand aangebreek. Die dames het met hulle mooi aandrokke by die saal opgedaag. Almal was egter nog baie herkenbaar agter hulle maskers – wat mens laat wonder oor ou Kaapse romans waar die nooientjie of die ridder nie herken kon word voordat die maskers afgehaal is nie?

Die maskerbal is lank voor die tyd geadverteer op Radio Pretoria. Daar is met groot verwagting en opgewondenheid uitgesien na hierdie geleentheid. Dit was iets heeltemal anders as wat nog aangebied is. Uitrustings is beplan en maskers prakseer.

Natuurlik was die twee Arabiese sjeiks, elk met ’n dame uit hulle harem aan die sy, ’n hoogtepunt. ’n Groot sjeik – (letterlik bedoel) naamlik Wouter el Botes en Jaap el Versfeld in hulle eg Arabiese uitrustings het luister aan die

Agter die skerms het Hannetjie en haar helpers gereël en

geleentheid verleen. Sjeik Wouter el Botes was ook die seremoniemeester en het die funksie met eg Arabiese sjarme hanteer.

Die tafels was pragtig

Almal wat daar was het die funksie geniet. Die kos was heerlik, die tafels pragtig versier, die atmosfeer eg Afrikaans en almal het heerlik gedans op die maat van die musiek wat deur die Extremes Orkes verskaf is.

Sowaar ’n skoenlapper feetjie uit Blommeland

Die Spaanse dansers in hulle swierige monderings was die wenners met die oorspronklikste kostuums! Aan die einde van die aand is ’n tjek van R 11 000 ten bate van Volkshulp 2000 se studiefonds oorhandig.

Wouter el Botes aan die woord

Volkshulp 2000 sê weer eens baie dankie aan Hannetjie Snyders van die Innesdale Dansklub en Harry Sutton leier van die Extremes Orkes vir die moeite wat hulle met die reëlings van hierdie funksie gedoen het. U kan verseker wees dat ons dit baie waardeer. V

Harry Sutton(Links) en lede van die Extreme Orkes

Uitsaaityd Twee ‘Arabiere’ daag ook op.

Kontakbesonderhede Tel 012 755 8201/2 Faks 012 333 6422 Steadlaan 246, Queenswood, Pretoria volkshulp2000@axxess.co.za

Hannetjie (middel) oorhandig die donasie. Volkshulp 2000 is ’n Artikel 21-maatskappy

Bankbesonderhede: ABSA, Ben Swartstraat, Rekeningnommer 10176514

Vasbyt somer 2012

Volkshulp 2000 se uitsaaitye op Radio Pretoria is nou 12:30 tot 12:45, op Maandag, Woensdag en Vrydag.

Snuffels-winkels telefoon­nommers: East Lynne: 012 755 8185 Danville: 012 755 8187 Pta-Noord: 012 755 8183 41


Lellel

Lag en leef langer en lekkerder

Met elke uitgawe is dit ons voorreg om ons lesers ook lekker te laat lag. Ons hoop jy geniet die grappies net soveel soos ons en dat jy die nuwe jaar sal ingaan met `n glimlag op die bakkies. Stuur gerus ook jou oorspronklike grappie aan vasbyt@radiopretoria.co.za Ma het gepraat Gedurende die katkisasieklas gesels die onderwyser met die kinders oor die Hemel. “Wie wil almal graag Hemel toe gaan?” vra hy. Almal behalwe Frikkie steek hulle hande op. “Frikkie, wil jy nie graag Hemel toe gaan nie?” vra die onderwyser. “Nee Oom, my ma het gesê ek moet na kerk reguit huis toe gaan.”

Juffrou: “En wat het jou pa onder die omstandighede gedoen?” Bennie: “Nee Juffrou, hy was nie onder die omstandighede nie. Hy was onder die bed.” – Ounooi van Brits Daarom nie Sielkundige: “Gaan jy met meisies uit?” Pasiënt: “Nee.”

– Ounooi van Brits

Sielkundige: “Hoekom nie?”

Waar was Pa?

Pasiënt: “My vrou sal nie daarvan hou nie.”

Bennie: “Juffrou, daar was gisteraand `n inbreker in ons huis.”

– Marie Wheeler

Liewe mense Skoonmoeders is liewe mense wat geen wrok koester nie. Bewys? Al ooit van `n skoonseun grap gehoor?

“Wat is julle woord vir ’n ouvrou?” “Ons noem haar ’n oerangoetang.” “Nou my laaste vraag: wat noem jy ’n skoonma in Japanees?” “Nee haar noem ons ’n Satang!” Dol definisies

– Marie Wheeler Netheid Mammie: “Dit was baie mooi van jou om nie die lemoenskil op die bus se vloer te gooi nie. Waar het jy dit gesit?” Jannie: “In die oom langs my se baadjiesak.” – Marie Wheeler Japanees Nick Scott van Port Elizabeth het een keer vir ’n Japanees gesê hy wil graag sy taal leer. Die volgende gesprek het gevolg: “Wat is die woord vir vrou in Japanees?” “Tang,” sy die Japanees. “En ’n maer vrou?” “’n Draadtang,” antwoord hy. “En ’n kwaai vrou?” “’n Knyptang.”

Dolla van Potchefstroom het vir ons die volgende definisies per e-pos gestuur: Huweliksertifikaat: ’n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk. Kraai: Spreeu in ’n aandpak. Kredietkaart: Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie. Vleisbraai: ’n Partytjie waar die kos so ’n bietjie rou en die gaste so ’n bietjie gaar is. Wittebrood: Die vakansie wat ’n man neem voordat hy vir ’n nuwe baas begin werk. Almanak: ’n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom. Baba: ’n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word. V

Radio Pretorianers span uit Radio Pretoria het onlangs ’n kampeer-naweek by Dube Lodge naby Brits gereël. Daar is lekker gekuier en stories om die kampvuur vertel. Die hoogtepunt was egter die mini-gholftoernooi.

Beneatha Van Schalkwyk het ’n hele paar ouer deelne­ mers uitgestof.

Johan van Zyl keer dat James Kemp se bal teen ’n skuinste afrol. Dit het egter nie James se kanse om die bal in te slaan verhoog nie… In die agtergrond skaterlag Phillip van Heerden en Emile Deysel.

42

Vasbyt somer 2012


Eggo Eggo

deur Hors Prinsloo

deur Hors Prinsloo Viljoen Retief – Droomvanger (Snyman Musiek Produksies) Droomvanger is Viljoen Retief se derde ateljee-album sedert sy debuut vyf jaar gelede in 2007 en dit blyk duidelik dat Viljoen een van ons land se voorste opkomende musiek- en liriekskrywers is.

Eggo

Met sewentien kraakvars oorspronklike liedjies is daar ’n lekker afwisselende tempo en luim, met geen vervelige luisteroomblik nie. Viljoen Retief neem sy luis­ teraars op ’n emosionele reis met goeie stemwerk wat ondersteun word deur die sterk musikale verwerkings van mu­ siekregisseur Cobus Snyman. Hoogtepunte op die album is die titelsnit Droomvanger, Fiela se kind, Vanaand steek ek ’n kersie aan, Viva Canta Libre, Ek soek jou nou meer en Hoe sou dit wees.

Rinél Day – Rinél Day (Vonk Musiek)

Rinél Day se selfgetitelde debuut album is propvol musikale verskeidenheid en pronk met agttien nuwe liedjies wat wissel van kragtige, radiovriendelike popmusiek tot vuurwarm dansklanke en ook ’n knippie country.

Michael de Lange, Rinél se musiekbestuurder, was grootliks verantwoordelik vir die liedjies en lirieke. Die verwerkings en produksie is behartig deur die bekende kitaarspeler Deon van der Merwe . Hoogtepunte sluit in die voetejeuk-lekker Geluk en Dans die

nag verby, die twee duette Een somer aand, saam met Henry Alant en Promise you saam met die legendariese Dennis East, asook die pragtige ballades ’n Laaste kans en Hier is my hart.

Hierdie veertien snit album spreek tot jou hart en fokus jou gemoed op dít wat elkeen van ons se lewens aanraak naamlik die liefde, vriendskap, hartseer, pyn, hoop en geloof.

Henry – Laat die liefde leef

Hoogtepunte sluit in die titelsnit Laat die liefde leef geskryf deur Henry self, Vriend (Pad van liefde), Ken jy my, Vir my is sy die see met lirieke uit die pen van Pieter van Wyk de Vries, en sy baie besonderse vertolking van Notte di luce oftewel Nights in white satin in Italiaans.

(Privaat Uitgereik)

Die soete klank van Henry se stem en die meestervolle musikale verwerkings, behartig deur Christa Steyn en Cornell Boshoff van die kitaar duo CH2, sorg vir ’n kombinasie wat inspireer en betower op Laat die liefde leef, Henry se selfuitgereikte tweede ateljee album sedert sy debuut in 2009.

Luister Saterdagaande na Eggo op Radio Pretoria wanneer Hors Prinsloo nuwe musiek bekendstel. V

Die kampeerders het die mini-gholf baie geniet. Emile Deysel lyk nie baie tevrede met daardie poging nie.

Vasbyt somer 2012

43


Blokraai 19 se oplossing

Blokraai­wenner

Die wenner van Blokraai 19 is Hannetjie Skea. Sy ontvang R500, geskenk deur Impak Onderwys.

Wietze Steyn Tel 012 548 2266 (x205) Hornbillsingel 153 Montana

Louis Holtzhausen

VIR DRUKWERK VAN GEHALTE

079 312 0100 icebites4@gmail.com

S

B

O

O

D

S

K

T

A

A

N

S

R

E

D

E

S

R

U

E

A

G

T

S

E

S

S

N

E

E

S

E S

P

E

E

S

W

E

N

K

R

P

E

N

D

E

O

E

R

D

O

R

M

E

L

W

E

Y

A

N

K

E

E

L

R

O

E

R

A

B

L

Y

A

I

A

S

A

N

D

A

G

S

N

E

K

R U

N

I

E

S

E

L

R

K

R

R

V

I

I

I

I

E

K

E

S

A

R

B

A

S E

G

A

A

R

N

E

I

N

E

S

L

A

D

Y

L

L

H

E

I

E

T

E

H

E

I

D

R

E

L

R

S

A

G

E

A

G

T

E

M

N

I

S

S

A

T

R

I

A

B

T

A

L

I

S

O

A

A

A

N

R

E

E

N

L

C

A

G

S

L

E

A

A

M

S

P

I

E

S

S

E

T

S

E

V

L

I

E

G

S

I

E

N

E

R

E

N

A

G

E

G

E

L

A

E

N

F

T

R

L

E

E

D

P

D

D

E

I

P

A

G

N

E

S

N

E

A

L

S

O

S

I

L

A

O

A

Y

I

P

S

E M

A

B

A

E

L

E

O

G

Troufoto’s Modelwerk Baba- en kinderfoto’s Gesinsfoto’s Matriekafskeidfoto’s Produkfoto’s ens.

K

E

S

• • • • • •

E

B

N

BOLOARD ATELJEES

T

M

S

A A

A

L

S

N

Y

A

N

D

L

K

E

E

E

E

D

U

I

I

W

E

S

E

R

O

L A

G

T

T T

N

T

E

O G G

H

A

A

M B E

K

L

Naam............................................................................................................................. Adres............................................................................................................................. ...........................................................................................................................................

S

Telefoonnommer...................................................................................................

Heelal Blokraai 2012

30 Jaar se Blokraai Vrae en Antwoorde van alle Bronne Die perfekte geskenk vir Blokraailiefhebbers die Kersfees Woorde A-Q = 61 805 vrae en 450 000 antwoorde Klein albasters

Medikus Jy sal hom in Bagdad Kry

Sangers

Siek

Dom mens

Gebiede

Ou indiaan helikopterdeel Beswaddering Opperwesens Hulle soek water

Ongeveins Liefdesblyk

Pakplek Medies behandel Implemente Geset

Kind

Teruggang

Woorde R-Z = 32 255 vrae en 226 000 antwoorde Sinne

A-R = 66 796 vrae en 135 000 antwoorde

Sinne

S-Z = 25 846 vrae en 60 000 antwoorde

Afkortings , Dorpe & Lande & Stede , Berge Riviere & Mere & Damme , Eilande , Bybel Simbole & Elemente , Lande Reg. , Motor Reg. Griekse & Hebreuse Alfabet Bonus: Geboortestene , Numerieke , Romeinse Syfers Sport , Persoonlikhede , Aktrise , Akteurs Sangers , Sangeresse , Gesegdes , Getroude Jare , Spreuke

Databasis op laserskyf in Excel teen R150-00

Heelal Blokraai 2012

44

Elsie : 084 557 5638 Johann : 083 557 2602 heelal.blokraai@gmail.com

Heelal Blokraai 2012 Copyright Reserved Heelal.blokraai@gmail.com Elsie - 084 557 5638 Johann - 083 557 2602

C Heelal Blokraai 2012

Vasbyt somer 2012


Wen R500! Impak Onderwys borg hierdie blokraai. Wen R500! Impak Onderwys borg hierdie blokraai. Besoek www.impakonderwys.co.za Besoek www.impakonderwys.co.za of skakel 0122013 664 8552. of skakel 012 664 8552. Stuur voor 31 Januarie aan Vasbyt, Posbus 14935, Stuur voor 2008 aan Vasbyt, Posbus 14935, Sinoville, 0129. Sinoville, 012931ofAugustus tydskrif@radiopretoria.co.za

Blokraai 20 2 Blokraai Kersmaal vir uitgebreide gesin

Die vier weke Dogters voor Afr vir Kersfees CD

Die wenner van Blokraai 1 is Lienie Nel van Potgietersrus. Oseaan

Moslemse Gewrigte

Laban se oudste dogter

Pers. bewys

Dampkring

Kort rompie

Balans

Inwy

Luidier

Oes

Eclair

Liter (afk)

Voorste loodse

Onaangeraak

Monster meer

Verby

22/7

Plus

Edik

Vrekke

Nou

Bosdier

Taal in 7de noot Dublin

Satynagtige

No. Oos (afk)

Frans

Kluit Logge

Grootbaas

Stank van rookLawavorm afval

Poe! Kolebakkie

Vader

Manssangers

...Kaptein (skrywer)

Pneuma

Onbepaalbare tydperk

Tarentaal Jakob se broer Voor f

Krotbuurt

Sneeuskoen

Bylas 1ste letter

Gierig

Polsslag

Uiter

Telluur

Aand van 24 Desember

Onbeheersbaar Mengelmoes

Redakteur

Rand

Vark

Niksnuts

Owerspel begaan

Bel

Persië

Segsman

Rand

Indiaanse dorpie

Kykers

Woede

Ons rep.

Rivier in Italië

Deurslag

Sedes

Trilklank

Liefdadigheid

Prior

Krieketrd. van SA

Met kort Renegate brekende golfies

Wrongel Onderseër

Onlangse

30 of 31 dae

Kosmaker

Broeiplek

Witbank

Nikkel

En ander

Groepie beginselvaste mense

Slagaar Geelbruin siersteen

Opgestel deur Dom Boer

Verskaf deur XWord.co.za

Kampeerverblyf

Duitse hy

Maaltyd

Sjieling Walg Perd

Opmerk

WoordInt. afleidende Olim-

piese Kom.

Bravo

Menigte

Binne

Agter Snert

Lamp Namiddag

Werktuie

Speloefening Peste

Benul

Saam

Loopvoël

Titan

Sies!

Bevestigend

Mev/mej

Boomdier Suid

Loflieddigters Boontoe

Vertraag Vervoering

Beteken lug

Gee

9de letter

Ton

Ja in Spaans

Drukstof Skerp verwyt

Vry

Trekdier Noord

Munte Posorder (afk)

Goewermentsgarage

’n Appel en ’n ...

Rus

Toe-

Deur die wind veroorsaak

werpe

Toegee

gangsVuurmaakvoorplek

Geskool Tel by

Soort voël

Oos (afk)

t-t-t Baie oud

Wederhelf TerrorisMeerbende

stemmige komposisies Klein Leen Geregte

Korrek

Kortsig

Spil

Te veel mense toelaat

HouertjieSkaaldier Veldspaat

Fielafooi

Broeiplek

Ondermaanse

Fe

Op rekening

Wisent

Helper by tweegeveg

Litteken 2de letter

Oog

Troglodiete

Slim

Aandeel

Gasdeeltjie

Soort houtkapper

Arts se titel

Onthutste

Nie wes

Na vrye keuse

Dikmelkdrank

Kruising

Hefboom Spaanse rysgereg

Slukke

Etend

Koker

Swemkostuum

Tallium

Senior

Ou lengtemaat

Dwaas passie

Ophitsery

Bekende dal by Düsseldorf

Besit

Aantrek

Bees

Erdvark

Komitee

Slordig

Boet

Insek Vrouenaam

Vuilbaard

Spot Aparte stuk

Naskrif

Gleuwe

Naelloper

Ooskuskoors (afk)

Skeurgeluid

Uitstekend

Beesgal

Verhalende gedigte

Op rek.

Presente in Desember

Ou lengtemaat

Drukmaat

Bedrag

Geel klei

Woestynakkedis

Vader

Draf-

Stille Nag

Stroper

Gekookte heel Paraat mielies

hoender Afsmeek

Noord (afk)

Handel

Outeur __ SomerMurray vrugte

Koffer

Spies

Welriekende hars

Konsessies Jeukte

Ton

Rooibos

sierbome

Aanspoor

’n Kerk

Na d

Voëlkunde Europese

Draagbalk

Afkeer Momentkry in opname Klipgat kos

Skattings

Verbrande in hout Skotse

Uitsaaier

Gebreke Hoedmateriaal

Astronomie

Tieroog

1ste letter

Goudkleurig

Prent

Hy weier altyd

Gletser

Naam:............................................................. Ná Mark.

Adres:............................................................. Vatplek....................................................................... ke aan koppies Telefoonnommer:........................................... Verorber

Vóór twee

Naam..................................................................................................................................... Telefoonnommer.............................................................................................................................. Adres......................................................................................................................................................................................................................................................................................................... .....................................................................................................................................................................................................................................................................................................................

Vasbyt somer 2012

45


46

Vasbyt somer 2012


R5-miljoen se vergifnis

Anker

Dr Willie Burger, AP Kerk, Kleinfontein Matt. 18:21-35 Vers 21: ...hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe?

I

emand het dalk al vir jou iets gesê of gedoen wat soos ’n dolk in jou hart gesteek het. Dalk skuld ’n vriend jou geld wat hy nie terugbetaal nie. Dit kan maklik daartoe lei dat jy begin dink aan ’n metode van vergelding. In Petrus se tyd was daar ’n wet van vergelding, genoem Lex taliones... ’n oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand. Miskien het hy hierdie wet in gedagte gehad toe hy die vraag gevra het. Jesus se verrassende antwoord: “... tot sewentig maal sewe toe”, keer hierdie wet om. Nie vergelding nie, maar vergifnis is die belangrikste faktor in verhouding tot jou naaste. Die dienaar van die koning van wie die gelykenis praat, het hom sowat R5-miljoen geskuld, wat hy nooit sou kon betaal nie. Wat vir hom gewag het was iets soos afdanking, bankrotskap, gevangeneskap, wanhoop of verslawing. Die koning se beslissing is: verkoop hom en sy vrou en kinders en al sy goed en betaal sy skuld. Die prys van die verkoping sou die skuld nie kon delg nie! Sy toekoms was net so donker soos voorheen! In sy nood skreeu hierdie man: “Wees lankmoedig ... ek sal u alles betaal.” Ek dink nie hy het geweet wat hy belowe nie. Hy roep maar net om genade. Dit is al wat hom kon red. En die wonder gebeur! Die ko­ ning, in sy jammerte, laat hom los en skryf sy skuld af! Hy word vrygespreek en verlos van ’n gewisse ondergang. Hy het soveel meer gekry as waarvoor hy gevra het: lankmoedigheid en die uitstal van betaling. Hy ontvang loslating en deur ’n skuld van R5-miljoen word ’n streep van genade

Vasbyt somer 2012

Volgens die wet kon hy aandring op die betaling van skuld, want sy skuldenaar het niks te doen met wat tussen hom die koning gebeur het nie. Dit is waar! Die genade werk egter nie so nie. By sy eie kwyt­ skelding het die koning nie volgens die wet gewerk nie. As hy volgens die wet geoordeel was, was sy eie kop miskien al afgekap!

Miskien is daar êrens ’n familie­ lid, buurman, vriend of ’n ander persoon wat jy probeer vermy. Jy kan hom of haar maar net nie vergewe of verdra nie! Dan beroem jy jou daarop dat jy deel het in die genade van God en dit is ’n genade wat jy nie met R5-miljoen kan koop nie. Ons hardkoppigheid en weiering om te vergewe, sal moet plek maak vir genade teenoor ’n medemens. As ek ongenaakbaar, hardkoppig en liefdeloos teenoor my medemens is, kan God se genade dalk verander in ’n ewige oordeel van pyn en smart en gewetenswroeging. God wil jou in die hemel hê – nie in die hel nie. Maar as jy die hel verkies deur ongenadige vergifnisloosheid, sal jy dit kry, so seker as wat jy vandag hierdie boodskap lees!

Het hy ooit iets van die werking van genade verstaan? Dit lyk nie so nie, want, ten spyte van soveel genade aan hom bewys, stuur hy ongenaakbaar en hardvogtig ’n man vir skuld van Agt rand tronk toe!

Jy sien daar is ’n noue verband tussen die verhouding tot God en die verhouding tot die naaste! Die enigste manier waarop ek kan wys dat ek die genade van God in my lewe ervaar het, is om dit ook aan my medemens te bewys! Juis my verhouding met my medemens toon die egtheid en opregtheid van my verhouding met God! As ek in my hart en lewe opreg en eerlik is teenoor ’n medemens, sal ek ook in my hart en lewe opreg en eerlik teenoor God wees. God gee my genade en vergifnis sodat ek weer aan ander genade en vergifnis kan gee. As jy deur Christus verlossing gekry het, moet jy vir ’n medemens ’n Christen wees wat kan vergewe en kan liefhê!

Maar onversetlikheid en onversoenlikheid eis ook sy pond vleis. Die koning wat van hierdie wandaad gehoor het, gee hom en sy hele huis oor aan die pynigers en invorderaars. Die koning, vol genade, het vir hom ’n regter geword wat veroordeel. Aan hom is ’n voorbeeld gestel wat hy nie nagevolg het nie. Hy het ’n sonde van liefdeloosheid en vergifnisloosheid gepleeg.

As jy die plig van genade teen­ oor ’n medemens nie beoefen nie, het jy dalk nie die gawe van vergifnis werklik deelagtig geword nie. Wie van God genade, verlossing en vergifnis ontvang het, is ’n nuwe mens. Hy moet met ’n nuwe gesindheid teenoor sy medemens optree. As hy dit nie doen nie, is hy veroordeel tot die wrede werklikheid van ’n ewige verdoemenis.

getrek. Hy kon opstaan en ’n nuwe lewe begin! Blydskap en dankbaarheid sou ’n mens van hom verwag, maar hy is geïrriteerd en vol wrewel. Met sy uitgang loop hy ’n mededienskneg raak wat hom agt rand skuld. In vergelyking met vyf miljoen is dit ’n druppel, maar daaraan dink hy nie! Hy gryp sy kollega aan die keel en sê: “Betaal my!” Geen toegeeflikheid, nog minder vergewensgesindheid! Die les wat die koning hom leer, word in die wind geslaan! Genade word geweier! ’n Wanhoopsbelofte meer geldig as sy eie, word summier afge­ wys! Die agt rand se skuld kon daardie dag betaal gewees het! Wat hier gebeur, is onverstaanbaar! Hierdie man ontvang R5miljoen se genade, maar het nie agt rand se genade in hom wat kan deurvloei na ’n medeskuldenaar nie!

Jou roeping as ’n Christusnavolger is om hierdie les met liefde en dapperheid toe te pas en mekaar te vergewe sonder maat en van harte. En die enigste motief kan net wees omdat ons voor God vergifnis ontvang het van ’n skuld wat ons nooit uit onsself kan betaal nie. Vergewensgesindheid moet die slagaar wees van ons verhoudinge tot mekaar in ons gemeentes. Waar ons mekaar van harte vergewe, word die gemeentes opgebou en die gemeenskap van gelowiges in stand gehou! Jesus Christus, die Hoof van sy kerk op aarde, het ons mos leer bid: Vader, vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe! V

47


Die regering wend tans hernieude pogings aan om Afrikaans as onderrigmedium in openbare skole te ondermyn. Byvoorbeeld: Al drie Afrikaanse skole in Fochville word nou gedwing om te verengels. Dít, terwyl die Engelse leerlinge in een van die drie skole geakkommodeer kon word. AfriForum gaan R50 000 skenk om hierdie saak in die hof te beveg!

Jy kan help! • Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement van basiese onderwys se magsmisbruik – SMS “skool” na 38655. Neem deel aan die beheerliggaamverkiesings by skole wat in Maart 2012 plaasvind. Plaas jou kinders in Afrikaanse skole. Ondersteun onderwysorganisasies soos Fedsas en die SAOU. • Teken AfriForum se petisie ten gunste van Afrikaanse skole by www.afriforum.co.za of skakel 086 10 200 30 om aan te sluit. • Sit dié advertensie op ’n openbare plek op.

Hierdie advertensie is moontlik gemaak deur besorgde Afrikaanse ouers.

Sluit vandag nog aan by

086 10 200 30 www.afriforum.co.za

48

Vasbyt somer 2012

aksentmedia • 082 445 4513

Red Afrikaanse skole


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.