VASBYT Groot Trek 175: Maak dit nog saak? Uitgawe 21 • Herfs 2013 www.radiopretoria.co.za 104,2 MHz
Nuwe programrooster • Kyk wie kom kuier • Tromp-op Vasbyt Herfs 2013
1 ISSN 2223-5906
gee jou
DROME
van môre vlerke
VANDAG
Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan Begrafnisdekking Hospitaalversekering
Skakel ons vandag nog by
0861 101 005
2
Vasbyt HERFS 2009
Vasbyt Herfs 2013
’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Spesiaal 24 – 30 Programrooster 24 – 31 Radionuus
James Kemp by Bloedrivier.
Uit die redakteur se pen
2013 is ’n besondere jaar. Eerstens is dit die jaar waarin ons die 175ste herdenking van die Groot Trek vier. In die uitgawe vra ons of die Groot Trek nog saak maak en of die gebeure van 175 jaar gelede nog op ons betrekking het. Ons sal ook in komende uitgawes terugvoer gee oor die geleent hede wat rondom die herdenking gereël is. Dan word Radio Pretoria vanjaar 20 jaar oud. Ons Lente-uitgawe gaan ’n gedenkuitgawe wees wat die verhaal vertel van waar ons vandaan kom, waar ons tans is en waarheen ons oppad is. Maak seker dat jy jou afskrif van daardie uitgawe kry deur in te teken op Vasbyt teen slegs R80 per jaar. Stuur ’n e-pos aan vasbyt@radiopretoria.co.za Soos in elke uitgawe kan u ook met die een lekker lag met Lellel, kookwenke kry in ons Kuierkombuis en uitvind wat agter die skerms gebeur met Radionuus. Lekker lees!
5
Artikels 5 Groot Trek 175: Maak dit nog saak? 7 “Ek het dit ma...” 9 Op trek saam met Radio Pretoria en Kleinfontein 9
Ons onthou, huldig ’n leier
14
10 Plaasmoorde en vryheid geïnter nasionaliseer 12 Groot deurbraak vir CVO-skool 19 Die antieke Romeinse eetmaal of banket
Gereelde gunstelinge
18
11 Tromp-op 14 Dis ons mense dié
– James Kemp - redakteur
V
18 Uit die Kuierkombuis 22 Lesers se foto’s 32 Kyk wie kom kuier 35 Woord- en Klankwinkel 36 Lellel en blokraai-oplossing 37 Blokraai
In die vorige uitgawe het die byskrif by die foto gemeld dat Chris Schutte heel links op die foto staan. Dit is inderwaarheid Chris Els op die foto.
Voorblad
Karel Landman Monument, onthul op 16 Desember 1938. Karel Landman, voorheen oos grensboer, was Trekkerleier en tweede in bevel by Bloedrivier. Die monument is 40km vanaf Alexandria. Argitek: Gerard Moerdyk. Foto: Ria van Zyl
32
38 Anker
Teken in op Vasbyt teen net R80 vir vier uitgawes Betaal R80 in ons bankrekening en faks die inbetaalstrokie saam met u naam en van, posadres, telefoonnommer en e-posadres aan ons. Faksnommer: 086 502 3167 Of: Pos ’n tjek van R80 aan ons. Sluit asseblief u naam en van, posadres, telefoonnommer en e-posadres in.
Radio Pretoria, Posbus 14935, Sinoville, 0129. Radio Pretoria: bankbesonderhede: Absa Rekeningnommer 090-148-524 Takkode: 33 46 45
Vasbyt 012 543 0120, vasbyt@radiopretoria.co.za. Posbus 14935, Sinoville, 0129. Uitgewer: Radio Pretoria, Redakteur: James Kemp, Assistent-redakteur: Betsie Steyn, Taalversorging: Annette Britz, Ontwerp: Graphcom BK, Advertensies: Belinda Pieterson, Drukker: Spektrum Drukkers. Vasbyt aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geldigheid van aansprake in advertensies nie. Klagtes moet asseblief regstreeks aan die betrokke adverteerder gerig word.
Vasbyt Herfs 2013
3
MAYVILLE ONDERDELE Ingestel op diens
Mayville Onderdele is baie opgewonde oor Autobarn-konsessies wat tot groot voordeel van kliënte gaan strek. Die Australiese verbintenis gaan Mayville Onderdele beslis meer mededingend maak en beter gehalte en verskeidenheid vir kliënte bied. • Mayville Onderdele is reeds 25 jaar in die bedryf • Eddie het 45 jaar ondervinding – en is ’n deskundige oor die restourasie van antieke motors • Mayville Onderdele ondersteun reeds jare lank 17 blanke welsynsorganisasie
ans
a Trots Afrik
Steve Nel, Norman Kruger, Francois Botha, Eddie Engelbrecht, Manie Engelbrecht en Johan Davel – altyd gereed om klante by te staan met vriendelike diens in Afrikaans.
Spesiale aanbod: Batterye teen
R395
met 1 jaar waarborg
Groottes 610 tot 646
Heila Mienie, Tina Engelbrecht, Heidi Booyens en Doreen Roux – die vriendelike administrasie dames. Terwyl voorraad hou
Tel 012 335 4960 Faks 012 335 7087
Paul Krugerstraat 878, Mayville, Pretoria 0082
4
Vir alle motor, trok en trekkeronderdele, batterye en smeermiddels Vasbyt Herfs 2013
Groot Trek 175: Maak dit nog saak?
V
anjaar is die 175ste hedenking van die Groot Trek. Het die lesse van die Groot Groot Trek nog betrekking op vandag se Afrikaners? Theuns de Wet is die voorsitter van die Afrikaner Kultuurbond en hy beantwoord die vraag. Is die Groot Trek vandag nog van toepassing? Beslis ja! Die tye het verander, die om standighede het totaal ver ander. Ons vlieg met stralers die wêreld vol – die ossewa is ’n museumstuk. Ons diepste geestelike ingesteldheid het eg ter nie verander nie. Afrikaners streef weereens en steeds na vryheid op alle lewensterreine, dog steeds gebonde in dank bare gehoorsaamheid aan die God van ons vaders, ons God en ons nageslag se God, tot in ewigheid, God-Drie-enig. Die trekkers van die Groot Trek het vir hulle Godsgebonde vry heid met durf en daad en wils krag maar bowe al met geloof
die onbekende toekoms inge trek. Dit het ewigheidswaarde en toepassing: met durf en daad, met geloof die toekoms in! Na alles, is dit nie wat die Christelik Westerse beskawing deur die eeue heen aangevuur het tot beskawingsontwikke ling nie? Ons het in die Groot Trek ’n onskatbare bron as verwysingsraamwerk. Nie al leen is die Afrikanervolk as Christenvolk, deur gebed en Gelofte gebore nie, maar deur die volksverhuising van die Groot Trek steeds deur be lydenis, gebed en Gelofte met geloof die toekoms ingedra. In sy laaste boodskap aan sy volk, ons volk, maan en rig oud-President Paul Kruger, kind van die Groot Trek ons: “Want wie vir hom ’n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie. Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal vir die toekoms te verwesenlik.”
“Want wie vir hom ’n toekoms wil skep, mag die verlede nie uit die oog verloor nie. Daarom: Soek in die verlede al die goeie en skone wat daarin te ontdek is, vorm daarna u ideaal en probeer om daardie ideaal vir die toekoms te verwesenlik.” oud-President Paul Kruger Die riglyn sê nie bloot neem uit die verlede nie, nee dit sê soek, dit is kyk na die totale verlede, soek uit alles daarvan die goeie en skone, gebruik dit dan om ’n toepaslike ideaal te vorm. Skep nuut maar gebruik die waardige boustene. As ons die Retief-manifes ontleed en daarteen die Groot Trek ondersoek – omstandighede van die Trekkers in die Kaap, veral die Oos-Kaap – dan sien ons ongebrei
delde roof, plunder en moord. Ons sien ’n regering, Engelse, wat niks doen om sy burgers te beskerm nie, hulle inteendeel selfs belemmer om hulle self te verdedig.’n Regering wat aan die Trekboere die blaam vir alles wat verkeerd gaan
Bloedrivier-monument
Vasbyt Herfs 2013
5
“Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat lê in die woord: “verdeel en heers” nie, en sorg dat hierdie woord nooit op die Afrikaanse volk van toepassing sal kan wees nie. Dan sal ons nasionaliteit en ons taal bly staan en bloei.” oud-President Paul Kruger gee. Geestelikes wat onder die dekmantel van godsdiens verwronge feite buiteland toe stuur en ’n buiteland, Brittanje, wat nie die ware feite en ge tuienis van die Kaapse Boere wil oorweeg nie. Ons sien ook Voortrekkers wat eerbaar ’n vaste voorneme het om ten spyte van hulle ervaring met die barbaarse roof en moord van die Xhosas, hulle
voorneme en ideaal stel om in vrede en vriendskap met inboorlingstamme te leef. Om nie die geringste eiendom van enigeen of groep te ontneem nie, maar wat wel wette daar wil stel om ’n ordelike bestaan te verseker. Ons sien bowenal Voortrekkers wat uit Christelike oortuiging ’n liefde vir hulle geboorteland koester, maar trek met ’n geloofsvertroue, vertroue op ’n alsiende, regver dige en genadige God wat hulle altoos sal gehoorsaam. Kan ons die omstandighede in ons situasie van vandag erken? Erken ons nog die selfde kinderlike geloof?
Laasgenoemde vraag behoort ons tot ernstige verootmoe digende nadenke te noop. Ondersoek ons die Groot Trek verder, sien ons dat Voortrekkers die ondernemings van die Manifes nakom, maar ons sien ook sterk onder linge verskil. Retief en Maritz wil Natal toe, Potgieter wil Noord. Maar ons sien ook dat Maritz eers vir Potgieter gaan help teen die Matabele voor hy Natal toe gaan. Na die Bloukrans-, Doornkop- en Moordspruitmoorde sien ons dat Potgieter en Uys ook kom om die Voortrekkers in Natal te help. Is dit nie die goeie wat ons uit daardie verlede moet neem nie? Natal se Trekkers gee uitein delik vir ons die Gelofte en God se bestiering. Transvaal en Vrystaat se Trekkers maak vir ons die binneland oop. Ons weet daar was die ver skille, maar daardie verskille maak vandag nie meer vir ons saak nie, want uiteindelik sien ons, deur die Gelofte en Bloedrivier en Vegkop, God se hand oor ons. Ja ook in die
Die standbeeld by die Voortrekkermonument beeld ook die rol van die vrouens en kinders uit.
6
latere Majuba en die smartlike Vereeniging maar ook in 31 Mei 1961 en in die 31 Mei-e wat nog kom! Ons moet ook na oud-Presi dent Paul Kruger se boodskap terug keer as ons na die Groot Trek kyk en na vandag en vorentoe: “Vergeet nooit die ernstige waarskuwing wat lê in die woord: “verdeel en heers” nie, en sorg dat hierdie woord nooit op die Afrikaanse volk van toe passing sal kan wees nie. Dan sal ons nasionaliteit en ons taal bly staan en bloei.” Met die Groot Trek, trek die Voortrekkers na ’n nuwe land. Vandag moet ons ’n geeste like, ’n siels Groot Trek aandurf en binne die moontlikhede wat daar is en veral wat ons self skep, weer die tog na ons Vryheid aandurf en voort sit. Miskien is daar vir ons ’n geestelike Natal en Vrystaat en Transvaal. Maar dan moet ons Natal toe of Noorde toe ons toekomsverwagting daadwerk lik nastreef: Dat die Afrikanervolk as ’n onderskeidbare volk, ’n volk met ’n eie identiteit, ’n eie kultuur, ’n vrye volk in ’n eie land sal bly voortbestaan om in gehoorsaamheid aan God drieenig vir God ’n volk onder die volke en nasies te wees. Met geloof die toekoms in! Theuns de Wet Solum Deo Confido V
Die geskiedkundige fries in die Voortrekkermonument beeld die vele uitdagings wat die Trekkers in die gesig gestaar het uit.
Vasbyt Herfs 2013
“Ek het dit Ma...” T
ydens ’n onlangse besoek aan Kaapstad besluit ek en my vrou, Karin, om die Stem Pastorie, waar Ds. M.L De Villiers Die Stem van Suid-Afrika gekomponeer het, te besoek. C.J. Langenhoven geniet wye erkenning vir sy aandeel in die bekende volkslied. Die komponis aansienlik minder. Op Simonstad aangekom kan niemand vir ons sê waar die pastorie is nie. Ook die plaaslike inligtingspamflet, wat ons by die toerismeburo kry, maak geen melding daarvan nie. Selfs by die polisiekantoor was daar niemand wat kennis dra van die bestaan van so ’n plek nie.
het, ons graag ‘die gevoel van die pastorie wil kry’.
Soos wafferse speurders besluit ons om dit self op te spoor. Ons weet dat Ds. De Villiers ’n NGpredikant was en in die pastorie gebly het. Dus besluit ons om by die plaaslike NG-Kerk te begin soek na die pastorie. Aan die agterkant van die kerk sien ons ’n geboutjie met bordjies wat aandui dat ’n afdeling van die vloot se kantore daar gehuisves word. Ons loop ’n paar keer om die kerk voor ons besluit dat dit wel die pastorie moet wees. Ons klop en ’n vlootoffisier maak oop. Hy sê ons is wel by die regte gebou maar die inhoud is verskuif om plek te maak vir die vloot wat die gebou intussen in gebruik geneem het. Hy stem in dat ons deur die gebou mag loop om, soos ons aan hom verduidelik
Volgens oorlewering het hy, na die luidkeelse uitering van daardie woorde, die trappe afgestorm, agter sy vleuelklavier ingeskuif en die eerste note gespeel van wat later ’n volkslied sou word.
Die kantore van die beskeie dubbelverdieping geboutjie (enkele vertrekke op beide verdiepings) is almal gesluit en ons is dus tot die gange beperk. Ons stap met die trappe op en kyk by die vensters uit. Ek wonder hoe die uitsig in 1921 gelyk het voor die reuse vlootgeboue dit belemmer het. Op pad af met die trappe kyk en Karin na mekaar en beide van ons weet wat die ander dink: Hier het Ds. De Villiers afgestorm met die woorde “Ek het dit Ma!” Dit neem groot selfbeheersing om die dominee nie na te boots nie en stemmig stap ons die trappe af.
Ons stap uit die voormalige pastorie en sien vir die eerste keer die bordjie wat aandui dat ons by ’n geskiedkundige landmerk is. Ek slaan weer die toerismeburo se kaart oop en kyk na die landmerke wat wel in die inligtingstuk ingesluit is. Dit sluit ’n wye verskeidenheid in – van ’n museum gewy aan die Maleisiese geskiedenis tot ’n museum gewy aan die vloot se rol in Simonstad – en voel teleurgesteld dat diè baie belangrike gebeurtenis in Afrikanergeskiedenis nie ook behoue kon bly nie. Al wat op Simonstad oorgebly het is Ds. De Villiers se trappe. En as jy die dag daar kom hoop ek ’n vriendelike vlootoffisier maak ook vir jou die deur oop sodat jy daar kan af hardloop en gil: “Ek het dit Ma!” V
Karin Kemp by die trappe in die Stem Pastorie.
Vasbyt Herfs 2013
deur James Kemp
Ds. De Villiers in later jare.
D
s. Marthinus Lourens (M.L.) de Villiers is op 31 Julie 1885 in die Paarl gebore. Hy was van 1912 tot 1930 ’n leraar in die Nederduitse Gereformeede Kerk waarna hy voltyds musikant geword het. Hy was ’n baie veelsydige musikant en kon die orrel, klavier, viool en klarinet speel. Sy pa was ook 45 jaar lank die orrelis van die NGmoedergemeente op Wellington. Musiek was altyd ’n groot deel van sy lewe en terwyl hy onderwyser op Wepener in die Vrystaat was het hy ’n blaasorkes gestig en les gegee in ver skeie musiekinstrumente. Hy was ook orrelis van die plaas like NG-gemeente waar hy ’n kerkkoor op die been gebring en verskeie koorstukke voor gekomponeer het. In die tyd het die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog ’n groot invloed op sy lewe en denke gehad en ondergaan hy ’n metamor fose van ’n half-Engelsgesinde Bolander tot iemand met ’n sterk pro-Afrikaner gevoel. In 1912 het hy tot die bediening toegetree en in 1919 aanvaar hy ’n beroep na die NG-gemeente Simonstad. Twee jaar later, in 1921, maak hy ’n toonsetting van C.J. Langenhoven se Die Stem van Suid-Afrika wat later SuidAfrika se amptelike volkslied sou word. In 1930 tree hy uit die predikantsamp en word ’n voltydse musikant. In die tyd toonset hy verskeie Afrikaanse gedigte, komponeer sowat 250 skoolliedere en stel verskeie oorspronklike werke bekend. Hy ontvang ’n erepenning van die SuidAfrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en word deur die FAK gehuldig. Van sy vele skeppings bly die toonsetting van Die Stem van Suid-Afrika seker die ’n Jong Ds. De Villiers. bekendste. V
7
8
Vasbyt Herfs 2013
Op trek saam met Radio Pretoria en Kleinfontein
Kultuur
R
adio Pretoria se Jan Swanepoel het onlangs tydens Kleinfontein se Kerssangprogram, wat ’n sterk Groot Trek-tema gehad het, opgetree. Die Bedieningskomitee waarby al die gemeentes verteenwoor dig is, het die funksie gereël en dr Willie Burger het die program opgestel. Jan het die gehoor in vervoering gehad met sy sang. Hy het ses liedere gesing – ernstiges en ook ligter, vrolikes – en afgesluit met Stille Nag saam die gehoor en die Onse Vader. V
Foto onder – Die Erasmusgesin het ’n kort toneeltjie opgevoer waarin hulle ’n Voortrekkergesin op die trekpad se belewing van Ou Kersaand uitgebeeld het. Lou Erasmus het die Skriflesing waargeneem en die groep het Ps 146 (in Nederlands), Die Heiland is gebore en Ges. 145 gesing onder begeleiding van Daan Kruger (links met kitaar en mondfluitjie) en Jannie van Rensburg (links agter met die konsertina wat later ook die gehoor daarmee begelei het). Die gesin is Awie, sy verloofde Qumé Bezuidenhout, Lou en ‘Alet (ook ’n bekende by Radio Pretoria), Chantelle en Tobie en Flippie.
‘Alet Erasmus (wat Kuierkombuis aanbied), Jan Groenewald (’n direkteur van Radio Pretoria en voorsitter van Kleinfontein se direksie), omroeper en sanger Jan Swanepoel en dr Willie Burger by die wawiel wat Lou Erasmus bekom en gebruik het as deel van die uitstalling.
Ons onthou, huldig ’n groot leier
D
ie Pretoriase Leserskring het verlede jaar ’n huldigings funksie ter nagedagtenis van dr HF Verwoerd gehou – 46 jaar ná sy moord. Die funksie is by Hendrik en Alida Verwoerd op Diamantvallei naby Kleinfontein gehou en nie eens die ysige koue, wind, reën en hael kon belangstel lendes weghou nie. Hulle het selfs tot elfuur die aand gesellig gekuier danksy die
Berig en foto’s: Betsie Steyn
glasies sjerrie en heerlike kaggelvuur wat die atmosfeer sommer warm gemaak het. Die gasspreker was mnr Meinhard Peters (wat ook Nuus kommentare vir Radio Pretoria skryf), en hy het sy persoonlike herinneringe – veral sy jeugindrukke destyds – van dr Verwoerd as Volksraadslid met die gaste gedeel. Hy het in diepte oor dr Verwoerd se politieke loopbaan en in besonder sy ekonomiese prestasies gesels. Mnr Hendrik Verwoerd het op sy beurt heelwat anekdotes oor sy vader gelewer en dié se integriteit beklemtoon. Aangrypend was die treffende aanhalings wat hy uit ’n boodskap voorgelees het wat sy vader vroeër aan die Afrikanerjeug gebring het. V
Van die gaste wat teenwoordig was, is (agter van links) mnre Andries Breytenbach (leier van die HNP), Meinhard Peters wat die huldigingsrede gehou het, drs Pieter Müller (redakteur van Die Afrikaner) en Jakkie Basson. Voor sit Annike Kotzé, mev Alida Verwoerd en Tanya Kotzé, sekretaresse van die Pretoriase Leserskring wat die funksie 9 gereël het.
Foto verskaf: Henk van de Graaf
Plaasmoorde en vryheid geïnternasionaliseer
T
LU SA se internasionale veldtog teen plaasmoorde in Suid-Afrika het reeds soveel aandag getrek dat dit al in van die wêreld se hoogste forums bespreek word. Dit het sommer vroeg in die jaar gelei tot ’n uitnodiging aan Henk van de Graaf, Assistent-Hoofbestuurder: Kommunikasie van TLU SA, om ’n openbare vergadering oor plaasmoorde in die Europese Parlement in Brussel te gaan toespreek oor die werklike toe drag van sake rondom plaas moorde in Suid-Afrika.
Hierdie byeenkoms het uiteinde lik uitgeloop op die onderteken ing van ’n verklaring teen plaasmoorde, wat deur verteen woordigers van alle faksies in die Europese Parlement geteken is, met uitsondering van die soge naamde Groenfaksie. ’n Verdere uitvloeisel was dat Europese parlementslede ook kennis geneem het van die verkiesing en gepaardgaande totstandkoming van die BoereAfrikaner Volksraad, wat volle dige onafhanklikheid vir die
10
Boere- of Afrikanervolk voor staan. Aangesien Henk ook die Sekretaris van die Volksraad is, kon hy eerstehandse inligting oordra. “Dit het my heeltemal verstom en byna onkant gevang dat daar geen woord van kritiek was oor die moontlikheid van ’n selfstandige staat vir ons mense nie. Slegs vrae oor die haalbaar heid is gevra en kan gelukkig maklik beantwoord word,” sê hy. Na aanleiding van die besoek is Henk ook genooi na die Borealfees en -konferensie
Henk en Sonja in Budapest saam met ’n paar van die groot groep jongmanne uit Pole wat eie inisiatief geneem het om ’n veldtog teen die plaas- en volksmoorde in Suid-Afrika te loods. Hulle het die steun vir hierdie veldtog by die Borealfees gewerf en later ook ’n openbare betoging voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Warskou gehou. ten noorde van Budapest in Hongarye. Weereens is die klem gelê op plaasmoorde in SuidAfrika, as deel van die volks moord teen Afrikaners. V
Vasbyt Herfs 2013
Tromp-op
met Corrie Pretorius
C
orrie Pretorius is Radio Pretoria se adjunkstasiebestuurder ver antwoordelik vir finansies en administrasie. Vasbyt het hom trompop geloop en ’n paar vrae gevra: Waar is jy gebore? Ek is in Pretoria gebore en het hier groot geword. In die voorstad Meyerspark. Waar was jy op skool? EK het matrikuleer aan die Hoërskool Waterkloof en het daarna B.Com Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria stu deer. Watter stokperdjies beoefen jy? Ek is mal oor tuinwerk en skeppend wees. Met ’n vol pro gram en kinders se aktiwiteite is daar nie regtig tyd oor vir enige ander stokperdjies nie. Waar het jy voorheen gewerk? Ek was voorheen ’n algemene bestuurder by Uitkyk Vleis- en Supermark. Wat lees jy? Ek is mal oor lees, maar met beperkte tyd probeer ek om opbouende geestelike boeke te lees. Daar
Corrie by die Augrabies Reservaat met klein Mariandri op die rug is omtrent in elke vertrek in ons huis ’n boek wat ek besig is om te lees. Na watter musiek luister jy? Ek hou van rustige musiek, in strumentaal, geestelik, klassiek en ligte opera soos Il Divo, Amici en Josh Groban. Ek hou ook van ouer Afrikaanse Musiek soos Laurika Rauch, Koos
Du Plessis, Jannie du Toit en Jannie Moolman. Lekker dans musiek op sy tyd en plek val ook in my musieksmaak.
en werk vir haarself. Ons is geseënd met 4 pragtige kinders: 3 seuns (10, 8 en 6) en ’n dogter (3).
Vertel ons meer van jou gesin. Ek is getroud met Salomien wat ek ontmoet het op Universiteit. Ons is aan die einde van haar finale jaar ge troud. Sy is ’n Arbeidsterapeut
Wat is jou leuse? Leef elke dag voluit asof dit jou laaste dag is en maak ’n verskil in an der mense se lewens! V
Saam met die jongspan by Kimberley se gat. Mariandri is weer op Pa se rug. Voor is die seuns: Bernard, Thys en Hannes.
Vasbyt Herfs 2013
Saam met sy vrou, Salomien, en bo ’n veel jonger (en onskuldiger?) Corrie.
11
Groot deurbraak vir CVOskool Berig en foto’s: Betsie Steyn
D
ie CVO-skool op Kleinfontein het klein begin en in sy bestaan van 15 jaar baie open afdraendes beleef, maar het nooit gaan lê nie. Inteendeel, hy het sy kinderskoene ontgroei en stoomroller voort! Die skool was altyd ’n “buite”-CVO-skool en het gesukkel met aanvaarbare leerstof. Maar danksy ’n groot deurbraak kan hy nou – met groter vooruitsigte – nog verder voortgaan. Die skoolhoof, mnr Thinus Mulder, sê die skool het so uitgebrei dat drie nuwe klaskamers en ’n rekenaar sentrum onlangs opgerig is. “Niks kry ons onder nie, ons gaan net voort,” sê hy. “Ons kan nie meer net op die rug ry van ‘ons skool is Christelik en volkseie nie’ – dit is onon derhandelbaar. Ons moet gehalte onderwys aanbied wat die kind nie in gewone skole
kan kry nie. Danksy die feit dat ons nou as volle lid by BCVO aanvaar is, kan ons nou net vorentoe kyk. Die personeel is baie opgewonde en, soos in die verlede, sit hulle alles in ter wille van ons kinders wat vir ons baie kosbaar is – dié woorde is ook deel van ons skool se embleem.” Die vorige stelsel was destyds onbekostigbaar en die skool het later afhanklik geword van Aros se leerplan. Nou het hulle egter die voordele van toegang tot handboeke, inspeksies, vakadviseurs, sportgeriewe, kultuurbedrywighede, eksa mens, leerplanne en sillabusse – die hele pakket. Die skool gaan tot graad nege (die ou standerd sewe). Die toelating behels nou dat hulle by ander skole kan inskakel op sportgebied soos atletiek, landloop, swemgalas, krieket, boogskiet en dan
12
gekombineerd met ander CVOskole met rugby en netbal. Van die skool se direksielede het onlangs as afrigters in boogskiet gekwalifiseer en die opgewonde leerlinge het reeds met oefeninge begin. Die skool het vrye toegang tot die gemeenskapsaal, sportterrein en swembad en benut dit deeglik en dan is daar die speelplek waar die kinders hulle kan uitleef. “Ons groot voordeel hier is dat dit ’n baie veilige plek vir kinders is,” sê mnr Mulder. “Watter skole kan vir sy leerlinge sulke direkte, intensiewe en praktiese opleiding gee soos ons hier?” vra hy en verduidelik dat skoliere vir hul natuur wetenskapklasse die veld ingestuur word om eerstehandse ervaring op te doen en hoef nie die hele dag in die klas te bly nie.
Op ’n mooi dag word die dagopening en wydingstyd agter die skool sommer so in die veld (met die Donkerhoekvallei in die agtergrond) gedoen, “dan sit die kinders soos dassies op die klippe”, sê die personeel. Daar word in die ope veld godsdiens gehou en die skoollied word ook gesing. “Ons hoof is dan gewoonlik so aangedaan as hulle so mooi sing, dat hy glad nie kan meedoen nie,” sê van die personeel.
Hulle krap en soek rond in die veld op die kliprandjies en dit wat gevind word, word later onder die mikroskoop gesit. Vir geskiedenislesse word die leerlinge ook uitgeneem om daardie ervaring te “beleef” – dis deel van ons kultuur en opvoeding, sê hy. Die Wildpark op Kleinfontein is deel van die bewareagebied en die komitee het, as deel van die skool se natuurwetenskapvak, vir hulle ’n vleilandskap van sowat twee hektaar gegee om in stand te hou en te versorg. Die leerlinge moet na die endemiese plantegroei
Vasbyt Herfs 2013
en die diere omsien en veral indringerplante verwyder. In ’n verdere deurbraak het Solidariteit Helpende Hand ’n tak op Kleinfontein gestig en die skool was een van die prioriteite. Met hulle hulp is die eerste projek om die skoolgeboue op te knap. “Al gaan dit tyd neem om alles te voltooi, steek dié organisasie reeds ’n helpende hand na ons uit en is daar reeds ’n beursfonds gestig om leerlinge wat regtig behoeftig is te help om ten minste hul skoolloopbaan te voltooi,” sê mnr Mulder. V
Hier is van die seniorleerlinge saam mnr Mulder op die koppie waar die Boere destyds tydens die Slag van Donkerhoek geskuil, ’n buffer gevorm en die Engelse gekeer het om Oos-Transvaal in te val. Sulke buitelugklasseen lesse is baie leersaam en gewild by die skoliere.
IETS IN DIE WATER
DAAR’S
51 035_YearBook_advert.indd 1
Vasbyt Herfs 2013
2012/04/16 1:13 PM
13
Dis ons mense dié onder redaksie van Betsie Steyn met behulp van Toeksie Dreyer
Die Roods van Rayton Die Roods van Rayton is baie bekend in Suid-Afrika – veral in kunskringe. Ernest was vroeër jare by die Laerskool Du Preez van Wyk in Bronkhorstspruit waar hy Engels- en kunsonderwyser was. Hy het hom later net op sy kunswerke, nl skilderwerk en pottebakkery toegespits. Sy vroeëre werke sluit in vliegtuie (waarmee die Lugmag steeds spog) en treine wat baie getrou geskilder is. Sy bloekom- en kremetartbome, vissers huise en plaastonele en -diere is onder meer deel van sy nuutste skeppings. Die hele gesin, Nelsie (wat hom jarelank ondersteun), Ernie en Maryn is net so betrokke en ewe bedrywig met hul onderskeie take. Die twee jonges is altyd by die Verwoerds se kragdag te sien waar hulle hul krag besparingsprodukte ook tentoonstel. Hulle is almal ook jarelange en gereelde Radio Pretoria-luisteraars en hier is die vier by van hul kunsvlytwerke. V
Poppie Odendaal
Monika en Albert Hook Monika en Albert Hook het al die pad van Pietersburg gekom om te kuier en spesiaal vir Friedel Hansen kosbare boeke gebring vir sy “boekeprojek”. V
Radio Pretoria doen al sedert sy ontstaan – dus bykans 20 jaar – sake by ’n tak van ’n bank in die Sinvollesentrum naby die kantore. Die afgelope 14 jaar onderhandel die radio met een van die knapste bankamptenare daar: Poppie Odendaal. “As jy iets daar gedoen wil hê, flinke diens verlang of iets wil weet, vra jy vir Poppie,” het Pieter Kok, afgetrede hoof van administrasie altyd gesê. En dit is so! Sy het haar bankopleiding destyds in 1978 by die ou Volkskas in Upington begin. Poppie en Toeksie ken mekaar nog al die jare en toe Toeksie een keer ’n krisis gehad het, het Poppie haar tuis (hier in die gebou by die radio) kom besoek en haar gehelp. Daarby luister sy altyd Radio Pretoria en as jy in haar afdeling kom waar sy die kassiere is, hoor jy dit in die agtergrond. Hier is die flinke, vriendelike vrou en Toeksie in die bank. V
Jannie en Minnie Matthysen van Parys Jannie en Minnie Matthysen van Parys (voorheen van Montana hier naby die radio) was skoon aangedaan toe hulle kom inloer het. Hulle is van die stigting af betrokke en het veral ’n pad met Frik Pieterse, Karen Zeelie, maar meerendeels met Johannes van der Walt geloop. “Ons het ou Vaalseun baie gereeld gesien toe ons hier naby gebly het en dan het hy saam met ons koffie gedrink! Ons mis dit regtig baie,” sê Jannie. V
14
Vasbyt Herfs 2013
O mennsse
Die Van Aswegens van Lynnwood
Tant Fienie Meiring Dit was vir almal hier by die radio ’n groot “lekkerte” toe Theo van Aswegen (links) en sy pa, Frans, en dié se suster Magdel van Rensburg kom kuier het en spesiaal lekkernye vir James Kemp, Jan Swanepoel en (darem ook!) vir die personeel ge bring het. Hulle is almal van Lynnwood in Pretoria en hier kan die vreugde op almal se gesig gesien word, want die gaste was net so ingenome om van die radiomense te ontmoet. Almal het sommer lekker gekuier! V
Magdel van Rensburg en Jan Swanepoel
Die 87-jarige Tant Fienie Meiring van Fairie-Glen, Pretoria, het steen en been gekla oor die trappe wat sy moes klim om bo by die radio se kantore te kom, maar sy het darem gesê dit was die moeite werd want sy wou vir Jan Swanepoel ontmoet. “O my dag was gemaak! Ek het hom ’n drukkie kom gee, maar gesê ek sal eers weer kom as hier eendag ’n hysbak is – die trappe het my klaar gemaak!” lag sy. V
Chris Janse van Vuuren van Boksburg Dié vriendelike man is Chris Janse van Vuuren van Boksburg wat sedert die tyd van die loopgrawe by die radio betrokke is. “Ek is eintlik al ’n aandeelhouer by die Woord- en Klankwinkel. Ek kom baie hier en maak Toeksie mal – sy sê ek praat te hard hier in die portaal!” lag hy. Chris was jare gelede die stigter van die Radio Pretoria-vriendekring aan die OosRand. Hy word egter steeds as ’n staatmaker vir die radio beskou. Hy is ook baie betrokke by Volkshulp 2000. V
Kuier in die Oos-Kaap Nick en Marie Scott In die vorige uitgawe het ons ’n kostelike grappie van Nick Scott daar van Port Elizabeth se wêreld geplaas. Betsie het ’n draai in daardie omgewing gemaak en hulle het sommer lekker op die lughawe saamgekuier. Hier is Nick en sy vrou Marie – albei baie groot ondersteuners en jarelange skottelluisteraars. Hulle vier bin nekort hul 40ste huweliksherdenking. V
Vasbyt Herfs 2013
Soos gemeld het Betsie in die Oos-Kaap vir ’n paar dae gaan uit span en op Kenton-on-Sea saam met Annemarie Joubert (vorige redakteur van Vasbyt en radiopersoonlikheid), haar ouers, Lulu en Casper Geyer van Rietfontein, Pretoria, en die Van Zyls gekuier. Die Geyers is baie groot Radio Pretoria-mense en die Van Zyls is net so betrokke: Francois het al verskeie kere op Marianne Roos se mediese program opgetree en Ria is die knap persoon wat die Vasbyt se uitleg doen. Hier kuier hulle (vlnr) Francois, tannie Lulu en oom Casper, Betsie, Ria en voor is Annemarie. V
15
Onns se me
Laat waai,Tannie Waai! Die 82-jarige Violet Ferreira van Meyerspark, Pretoria, is een bondel borrelende energie! Hierdie Noord-Kapenaar – gebore in Kakamas en opgegroei op De Aar – spog dat sy toentertyd nog by die toring vir Johannes van der Walt ontmoet het. “Ek was een van die vroue wat ook op die Nylstroomstasie vir hom en sy mense wat die treintoer meegegaak het, kos gegee het.” Tannie Waai, soos sy bekend is, het sommer vier radio’s in haar huis, waarvan drie permanent op Radio Pretoria ingestel is. “Ja die ander een, ’n klokradio, staan voor my bed en ek luister nét die 9-uurnuus daarop van ’n ander stasie.” Sy was jarelank lid van die Arcadiasangers en tans lid van die Unisonkoor, bestaande uit al die gemeentes in Meyerspark. Baie inte ressant is dat sy in 1936 by die Rykskou in Johannesburg die geleent heid gehad het om daar te sing. Daar kon sy ook haar twee liedjies op ’n plaatjie verewig en beskou haar twee silwerplaatjies wat op 45-spoed gespeel kan word, “maar net met ’n houtnaald!”, as baie kos baar. Sy wil dit nou laat raam. Tannie Violet het ook aan Radio Pretoria kosbare plate geskenk waarvan die argiefwaarde baie hoog is. V
Uitstalling uit die boonste rakke Die jaarlikse kultuur- en stokperdjieuitstalling op Kleinfontein was weereens baie interessant en die uitstallers het ge toon dat hulle kundig en kunstig is. Leoné Kruger het dit namens die komitee gereël en dit het van hoogstaande waarde ge tuig. Die foto’s getuig self daarvan. V
Connie Heunis (links) en Lea Schultze hier tussen hul ware: die pragtigste juwele vir die vroue en honderde plantjies (“self gekweek”, sê Connie) vir die tuinier. “Ja, ons sit nie heeldag stil en kuier nie – hier word gewerk!” spog sy.
Artikel en foto’s: Betsie Steyn
Die 93-jarige Tannie Petru Badenhorst van die Sorgsentrum pers al van haar 18de jaar af blomme en maak die mooiste kaartjies daarvan. Sy gooi nie som mer ’n blom weg nie, maar weet met jarelange ondervinding al wat pers goed en watter blomme hul kleur behou. Elke kaartjie word met die fynste omsigtigheid gemaak en hier is sy en haar dogter, Joan, by haar uitstalling.
Kundigheid oor drie geslagte: Ben van den Berg doen al jare houtwerk en dié belangstelling is oorgedra aan sy seun, Jaco, wat ook weet wat om met hout te maak! Die 6-jarige Barend hou hulle al tyd dop en vat dan Pa se afvalstukkies vir hom en prakseer sy eie ding. Jaco help hom net om die boor reg te kry en dan gaan hy op sy eie aan. “Ek doen dit sommer uit my kop,” sê Barend. En hier is die resultate van sy “skeppings”pragtige houtspeelgoed in die kleine, presies volgens die regte model.
16
Vasbyt Herfs 2013
Laslappies van Lapland In die vorige uitgawe het ons gemeld dat die Rademans se besoek en kennismaking met Lapland en sy mense nog vertel moet word. In dié laaste af lewering van hul interessante oorsese besoeke vertel ons eintlik deur foto’s meer van dié besonderse land. Lapland is ’n streek in die noorde van die Nordiese lande wat Noorweë, Swede en Finland insluit. Chris en Marie het ’n week lank in die midsomer ’n besoek aan Lapland, of soos dit daar genoem word Arvidsjaur, gebring. Hulle het onder meer in die stede Jarvträsk, Narvik en Härmösand gekuier. Met Engels as tweede taal in die Nordiese lande het hulle nie gesukkel om met die mense te kommunikeer nie. Die Eskimo’s praat egter ook hul eie taal, Inuit. V Marie en Chris hier saam Riet Vrasdonk by die Eskimo’s se “saamtrekhuisies” waar hulle drie keer per jaar bymekaar kom en – soos gebruiklik deur die eeue – kerkdienste en troues hou en kinders doop. Die res van die jaar staan die huise leeg. Links op die foto is berkebome waarvan die bas as isolasie tussen die onderste en boonste dakpale dien om water uit te hou. Interessant is dat die bas oral vol gate en klein splete is, maar so gevorm is dat dit nie inreën nie - die water loop af. Die trekboere se hutte (wat baie aan ons korbeelhuisies herinner) word ook daarmee verseël en bo-op word grond- en grassooie regoor van bo tot onder gepak vir verdere isolasie.
Dit het eintlik alles begin met Marie se kennis making van ’n Eskimo in ’n winkel in Jarvträsk en haar verbasing dat “hy dan nou nie lyk soos op foto’s wat ons van hulle gesien het nie”! Dit blyk toe dat dit ’n “moderne” Eskimo is – nie die tradi sionele een met sy kenmerkende klere, mes en kajak nie, dis hoe hulle boere lyk.
Kinders in tradisionele drag by ’n babawiegie. Daar is nie stootwaentjies nie – die baba word oral hierin rondgedra of op ’n sleetjie rondgetrek
Hierdie pragtige Lutherse kerk in Jarvträsk dateer uit 1800 Hier is ’n tradisionele boer tussen sy takbokke.
Vasbyt Herfs 2013
17
Uit die Kuierkombuis
deur ‘Alet Erasmus
Vir hierdie Vasbyt uitgawe is daar ’n versoek gerig vir Romeinse geregte. Ongelukkig kon ek nie ’n wildevark kry om op die spit te sit nie, maar ek vertrou dat u die vrugtige nageregte gaan geniet!
D
ie Romeinse kookkuns word eeue lank deur die eenvoudige geregte van die boere oorheers. Ryk en arm geniet aanvanklik veral ’n dik pap van geroosterde spelt as hulle hoofmaaltyd, terwyl brood nouliks geëet word. Die pap word gereeld met groente verfyn: groen en wit boontjies, prei, kool, keker-ertjies en lensies is die mees bekende soorte. Vleis word selde opgedis, in teenstelling met ingesoute vis wat volop en teen goedkoop pryse beskikbaar is. Onder die oosterse in vloed word die verfynde kookkuns baie gewild, en die opkoms van die gesuurde brood verdring die tradisionele papgeregte. Terwyl die armes slegs die growwe swartbrood kan bekostig, is daar ’n verskeidenheid van brood spesialiteite vir die welgesteldes. Witbrood, kaasbrood, brood wat aan die spit gerooster word, brood wat in erdewerk-potte gebak word, en brood met rosyntjies, anys en olie raak baie gewild. Rolletjies, terte en wafels is eweneens al bekend. Die arm stedelike bevolking van Rome woon oorwegend in die huurwonings van die groot insulae, stadhuise met soms sewe of meer verdiepings, waar weens gebrek aan vuurhout en die brandgevaar nouliks gekook kan word. Hier eet mense meesal pap of brood met kaas, groente, vygies, uie, olywe of knoffel. Gebraaide varkvleis of gesoute vis word as wegneem-etes by straathandelaars gekoop. V Wikipedia
Kollega, Tienie Mans het hand bygesit met “geskrifte” (resepte wat hulle vir studente maaltye voorberei het met ’n Romeinse ete geselligheid). Die eerste resep is vir Patina de Piris (nogal ’n heerlike effens vreemde gebakte peertert) 1 blik (410g) pere (gedreineer en fyngemaak) Grofgemaalde swartpeper na smaak ¼ t komynsaad 1 t heuning 1 e wyn Knippie sout 1 t olie 2 eiers geklits
Maak die pere fyn saam met die grofgemaalde swartpeper. Meng die res van die bestanddele daarby en meng alles saam met die geklitste eiers. Skep uit in gesmeerde tertbord en bak vir 20 – 25 min in voorverhitte oond van 180°C. Strooi kaneel oor sodra dit uit die oond kom en bedien warm met ’n draaitjie room. (Wenk: Vries die peersous om later by ’n vleis- of nagereg te voeg.) Die volgende resep is nie so vreemd nie en die komynsaad sorg vir ’n effens pikante smaak. Patina de Persicis 1 blik (410g) gesnyde geelperskes (gedreineer)
18
¼ t komynsaad 1 e wyn Skep die perskes uit in ’n mooi bak en kook die stroop, komynsaad en wyn vir so 5 minute. Skep die warm sous oor en geniet saam met ’n skeppie room of vla. Soos ek genoem het, ’n bietjie vreemde smaak op die tong, maar tog ook lekker en iets anders.
V
smaak... volgende se n ei m o R ie d iet Gen oor Boerekos! r ee w s on s el es g r kee Vasbyt Herfs 2013
Die antieke Romeinse eetmaal of banket (feesmaal) D Deur Tienie Mans. Foto’s: Wikimedia
ie antieke Romein kon, net soos vandag, drie maaltye per dag nuttig. Wanneer ’n mens die Romeinse maaltye egter met die moderne maaltye vergelyk, merk jy tog ’n hele paar verskille op. Onder die mindergegoede Romeine was die ontbyt of ientaculum eintlik niks meer as ’n peuselhappie wat uit plat ronde brode bestaan het of ’n ligte wegneemmaaltyd wat ’n skoolseun bv. skool toe kon neem. By die welgestelde gesinne is eiers, kaas, heuning, melk en vrugte genuttig. Die middagmaal of prandium is soms in die eetvertrek, aanvanklik die veeldoelige ontvangskamer, werkskamer of atrium bedien. In die praktyk egter is normaalweg ’n mondvol koue kos wat van die vorige dag oorgebly het, sonder om selfs te gaan sit, geëet. Die praktiese Romein het dit só gestel : sine mensa prandium, post quod
non sunt lavandae manus. Dit wil sê, “middagete sonder (om by) ’n tafel (te gaan sit), want dan hoef jou hande nie later gewas te word nie”. Die armes het gewone stoele en tafels gebruik om by te eet. Die hoofmaaltyd van die dag was die cena.
Soos vroeër gemeld het die antieke Romeine aan die begin in die atrium geëet, later het die gebruik ontstaan om in ’n vertrek, die cenaculum, ’n bo-vertrek of “soldervertrek”, bokant die tablinum, ’n tipe galery, maaltye te geniet. Nadat die Griekse gewoonte om te lê en eet egter onder die Romeine posgevat en gewild geraak het, is ’n spesiale eetkamer, die triclinium uitsluitlik vir die cena of hoofmaaltyd beskikbaar gestel. As gevolg van hierdie sosiale tendens het somer- en wintereetvertrekke ontwikkel. In Pompeii was die ruimer
somereetkamer in die buitelug en gewoonlik in die tuin geleë. Daarenteen was die kleiner wintereetkamer deel van die huis en dus beskut teen wind en weer.
Die eetvertrekke van Pompeii kan ons slegs naastenby ’n idée van die ruim en luukse eetkamers van die aristokratiese huise in Rome gee, waarin ’n groot aantal gaste geakkomodeer, onthaal en vermaak kon word. Daarteenoor is díe van Pompeii maar relatief klein en het skaars genoeg ruimte vir die drie lê-banke wat in die vorm van ’n vierkantige letter “u” geplaas is, gelaat en ook nie veel beweegruimte gebied vir die slawe wat die voedsel
inse Reproduksie van Rome iese og eol Arg in um lini tric Museum in München.
Vasbyt Herfs 2013
e
Voorstelling van Antiek Romeinse Banket.
moes aandra en bedien nie. Ses of sewe gaste kon aanlê vir ete. ’n Tafeltjie vir die borde, die wynhouer, die sout en asyn is in die middel tussen die drie banke geplaas en ’n repositorium of tafelstel met verskillende vlakke, waarop die borde met die geregte boop mekaar geplaas kon word. In die eerste eeu n.C. het die mantela of ’n tipe handdoek sy verskyning gemaak en ’n servet of mappa is deur die gasheer voorsien. Sommige gaste het egter hul eie saamgebring en die oorskietkos daarin geplaas om huis toe te neem! Klink bekend nie waar nie? Verbasend genoeg is hierdie gewoonte, wat destyds van swak maniere getuig het, tog deur die Romeinse samelewing geduld. In ons moderne restourante is dit jarelank al die gebruik met díe verskil egter dat die hedendaagse maaltye beslis nie gratis verskaf word nie! Die gaste het op die linker elmboog gesteun ( met ’n ondersteunende kussing onder die elmboog), die voete na die regterkant. Die bord (patina, patella of dieper catinus) is in die linkerhand gehou en die kos is met die regterhand se vingers gehou en dan geëet, want die vurk was toe nog nie in gebruik nie. Trouens, dit was goeie maniere om met die punte van die vingers te eet en sorg te dra dat die gesig en hande nie met kos besmeer
19
20
Vasbyt Herfs 2013
word nie. Die digter Ovidius stel dit duidelik in sy moedertaal soos volg : “Carpe cibos digitis (est quiddam gestus edendi). Ora nec immunda tota perungue manu”. D.w.s. “neem die kos met jou vingers (dit is die bepaalde (korrekte) manier om te eet). Moenie jou hele gesig besmeer met jou hand nie”. Voordat die voedsel bedien is, word die kos deur ’n aangewese slaaf (uitsluitlik daarvoor verantwoordelik), (die scissor, carptor, of structor) eers in fyn stukkies gesny. Dit het die gebruik van ’n mes oorbodig gemaak, alhoewel
eii
’n Triclinium in Pomp
dit tog soms gebruik is. Lepels (die sg. cochlear of ligula) is algemener gebruik en het in vorm gevarieer, afhangende van die doel waarvoor dit gebruik is. In welgestelde Romeine se huise was die borde en bekers van die hoogste kwaliteit. Die armes het egter erdewerk gebruik, maar tydens bankette van die rykes is silwer borde en opskepborde gebruik. Die bekers was of van kristal of goud of silwer, selfs brons, of van ’n rare ondeursigtige kosbare gesteente gemaak, wat, so is daar beweer, die boeket of geur van die wyn verbeter het. Verder is die bekers versier met reliëfkunswerk en die vorms van sodanige bekers het ook gewissel. Met of sonder ’n oor of handvatsel, soms in die vorm van ’n boot of ’n horing. Vir die moderne wynproewer en –drinker sou dit miskien interessant wees dat die Romeine hul wyn warm en verdun geniet het. Daarom was wynhouers, warmwaterkruike en mengbakke noodsaaklike gebruiksvoorwerpe in die eetkamer. ’n Groot mengbak of cratera vir wyn en water is gewoonlik gebruik en die verdunde wyn is dan na ’n
Vasbyt Herfs 2013
beker oorgegooi met behulp van ’n skeplepel of potlepel met ’n lang steel (cyathus) en met ’n soort sif (sacculus of colum) gesuiwer, want wynmakery was nog nie so ontwikkeld by die antieke Romeine dat suiwer, helder wyn geproduseer kon word nie. Wat die kleredrag tydens so ’n banket betref, het die mans ’n los toga met sandale (soleae) gedra en die vrouens ’n tunica (of onderkleed) met die gebruiklike bo-kleed of stola en sandale wat netsoos (sic!) die van die mans gelyk het. Die eetmaal (cena) kon in verskillende fases ingedeel word. Eerstens was daar die gustus of gustatio, d.w.s. hors d’ouvres, waartydens ligte geregte as aptytwekkers aangebied is. Mulsum, ’n mengsel van wyn en heuning is daarmee saam geniet. Eierdisse was gebruiklik en Horatius se uitdrukking ab ovo usque ad mala (van die eier tot die appels) was welbekend. Tweedens het die eintlike cena uit verskillende geregte bestaan, byvoorbeeld prima cena, die secunda cena en die tertia cena. Derdens het die secundae mensae of dessert gevolg, wat tydens groot bankette ontaard het in ’n gefuif of die sg. commissatio. Hiertydens is droë, sout kos geëet om dors op te wek en dis voor die hand liggend dat ’n kwaai drinkery hierop gevolg het. Tussen die cena en die secundae mensae is die Lares (huisgode se beeldjies) ingedra, op die tafel geplaas en plengoffers of drankoffers gebring en woorde wat gunstige voortekens sou verseker, is uitgespreek.
Trimalchio se gaste tydens ’n feesmaal by hom aan huis, agtergekom dat ’n “gans”, omring deur vis en kleiner voëls, geheel en al van varkvleis gemaak was!. Tydens die commissatio het die gaste blomkranse gedra en parfuum mildelik aangewend om lekker te ruik. Die sg. rex convivii of die magister of arbiter bibendi het besluit in watter verhouding die wyn en water gemeng moes word. Die algemeenste manier om ’n heildronk op iemand in te stel, was om ’n beker met wyn te vul, die inhoud in een teug weg te slaan, die beker weer vol te maak en dit vir die gas aan te stuur om op sy beurt te ledig. So ’n banket kon ure duur, bv. van ongeveer drie-uur die middag tot laatnag. Nou moet ’n mens ook darem byvoeg dat daar nie net gedrink en geëet is nie. Dit was nie net ’n lekker kuier saam met vriende en ander gaste nie, maar daar was ook interessante gesprekvoering en argumentering deur veral die opgevoede Romeine tydens die ete. Netsoos by hedendaagse Italianers was die eetmaal in die antieke Romeinse samelewing ’n heerlike sosiale geleentheid en tydverdryf. By die bankette van die welgestelde Romeine is ook vermaak aan die gaste verskaf, daar is byvoorbeeld voorlesings uit Romeinse poësie deur slawe gehou, vermaak deur ’n comoedus (komediant), hansworse en dwergies gebied, musiekuitvoerings aangebied en danseresse het ook opgetree.
In die Republikeinse tydperk is daar met die sogenaamde leges sumptuariae (wette teen weelde) gepoog om die weel derigheid van die bankette aan bande te lê deur beperkings op die koste en die soort voedsel te plaas en selfs ook op die aantal uitnodigings aan belangrike en invloedryke persone. Die laaste wette van hierdie aard is onder Keiser Augustus deurgevoer, maar dit het byna onmiddelik in onguns en onbruik geraak. In die Imperiale era het die weelderigheid van bankette onrusbarend toegeneem. Die rykes het hulself omring met hordes clientes, (afhanklikes of beskermlinge) wat wel persoonlike vryheid geniet het, maar van hulle patronus of beskermheer afhanklik was en deur die vooruitsig van ’n goeie maaltyd verplig was om allerlei vernederende take vir die patronus te verrig en vleitaal ten opsigte van hul beskermheer te gebruik. Die etes het as’t ware ontaard in die uitdeel van aalmoese waarna die ontvangers op hulle beurt moreel verplig was om, in ruil vir die etes, gunste aan die patronus te bewys. Laasgenoemde euwel van meer as twee duisend jaar gelede herinner sterk aan die moderne tendens in ons ( in vele opsigte ook maar korrupte) samelewing om mense, met geld en belonings van een of ander aard, om te koop. In die lig hiervan kan ’n mens ten slotte tereg die vraag vra: is daar nog iets nuuts onder die son? V
inse triclinium in Reproduksie van Rome nis, in Zaragoza. Museum vir Geskiede
Aangesien die cena die vernaamste deel van die banket uitgemaak het, is, dís na dís, van die seldsaamste en lekkerste kos bedien. Die antieke kookkuns is tot die uiterste ingespan om die raarste disse voor te sit. Een soort is deur die voorkoms van ’n ander gekamoefleer. So is dit byvoorbeeld bekend dat
21
Ons oto’s lesers se f
Heinrich Marnitz en sy vrou, Isabel, het onlangs deur Namibië geries. Isabel is ’n kranige fotograaf en het pragtige foto’s geneem: Bo: rotsformasies voer jou miljoene jare terug in die droeë bedding van die Khaanrivier – Isabel Marnitz
Isabel Marnitz – Pelikane se kleure verhelder en verskerp tydens paartyd.
Isabel Marnitz – Kaap Kruis Skedelkus: Wat was die Portugese seevaarder, Diago 22 Cao se indrukke toe hy die eerste keer hier voet aan wal gesit het?
Lana de Reuck was vanjaar saam met haar gesin Oostenryk toe vir ’n ski-vakansie. Hulle het daar ’n vreemde wêreld ontdek. Bo is ’n ‘kleurfoto’ van die berg Pfander, na ’n sneeu storm en onder is Sultan en Tessa – die vervoer teen die berg op. Die vakansie was lekker, maar almal was baie bly om terug te wees!
Vasbyt Herfs 2013
Isabel Marnitz – Seemeeu
`Alet Erasmus het die foto van haar eerste pampoen bloeisel gestuur. Eers na sy foto geneem het, het sy die miertjie op die blaar opgemerk. Sy het ook die foto onder ingestuur.
In ’n vorige uitgawe het ons ’n foto van Belinda Potgieter gepubliseer waar sy Kilimandjaro klim. Die keer bereik sy letterlik nuwe hoogtes... Stuur asseblief u foto’s elektronies na vasbyt@radiopretoria.co.za en sê wie die fotograaf is, wat dit is en waar u dit afgeneem het. Moenie die foto verklein wanneer u dit stuur nie; dit moet minstens 1 megagreep groot wees. U kan ook foto’s per pos stuur, maar ons kan dit ongelukkig nie terugstuur nie.
Bobaas-onderskrifte
Lesers vermoed die volgende gaan deur Heinrich Marnitz se gedagtes op die foto: •
“Vat weg daai ding, hy gaan my byt!” – Liza Steynberg.
•
“Watter kant is die byt-kant?” – Roy Steyn
•
“Nie eers Glenda’tjie sal my oortuig dié slang is mooi nie...!” – Ria van Zyl
Hoe sê? Wat sê die diere vir mekaar op die foto hier regs? Stuur ’n gepaste onderskrif na vasbyt@radiopretoria. co.za
Vasbyt Herfs 2013
23
Programrooster: Maandag Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Andantino (H) opgestel en aangebied deur Faan Rabie 00:45 Musiek 01:00 Nuus (H) 01:15 Musiek 02:00 Musiek 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur ‘Alet Erasmus 04:00 Skoffelklanke (H) aangebied deur Nico van Rensburg 04:30 Musiek
06:40 Finansiële Verslag aange bied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag
11:00 Kort Bulletin
18:00 Nuusopsomming
11:15 Boekvoorlesing (h)
18:05 Musiek
11:30 Nuut op die rak
18:55 Huisgodsdiens
Joernaaltyd met Marianne Roos: 12:00-13:00
07:00 Volledige Bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar
12:00 Nuusopsomming 12:05 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos
07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuusopsomming 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag/ Wees paraat 08:00 Volledige bulletin
19:05 Boekvoorlesing 19:15 Hiervan en daarvan aange bied deur Pierre de Wet 19:45 Dit is Radio Pretoria aange bied deur Willie Spies
Middag: 13:00 – 16:00
Aand: 20:00 – 24:00
13:00 Volledige bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar
20:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar 20:15 Uit die hoed aangebied deur Marianne Roos
Vroegoggend: 05:00 – 06:00
08:05 Inbelprogram
13:10 Volksmikrofoon
04:57 Voëlgeluide 05:00 Volksliedere 05:05 Wakkerwordwysies 05:30 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser 05:55 Vroegoggend uit die woord
08:30 Reik ’n hand (Volkshulp 2000)
14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek
08:45 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme
15:00 Kort Bulletin
Oggend: 06:00 – 09:00
09:00 Nuusopsomming
16:00 Nuusopsomming
06:00 Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag/ 06:30 Nuusopsomming
09:05 Kontreidagboek
16:05 Allegaartjie
09:30 Dieresoek hoekie (Werkstitel)
16:30 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke
09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking
17:00 Volledige bulletin / Volledige weer
10:15 Gelukwense / Versoeke
17:10 Saktyd 5-6
Kontreikuier met Karen: 09:00 – 12:00
19:00 Kort Bulletin
21:15 Kultivaria o.l.v Theuns de Wet 21:30 Die Stem en die Melodie opgestel deur Carel Nagel
15:05 Musiek 15:30 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00
22:00 Kort bulletin / Weervoorspelling 22:15 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 23:00 Nuusopsomming 23:05 Musiek opgestel deur Henk Joubert 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
*H = herhaling
Die groot opgradering s Radionuu Daar het die afgelope tyd sommer baie dinge by Radio Pretoria gebeur. In meegaande fotobeeld gaan ons dit aan ons lesers bring sodat gesien kan word hoe bedrywig dit hier die afgelope maande was.
Tydens die opgradering is tydelike planne beraam om te kon aanhou uitsaai. Hors Prinsloo is by die “bank”, met Henk Joubert in die uitsaaigedeelte (“agter die glasgordyn”). By hom is Henk Vorster, die IT-man besig om hom te help.
Emile Deysel het ’n groot rol in die tegniese afdeling gespeel. Hier is hy en die ingenieur Vaughan Taylor besig om nuwe luidsprekers vir die ateljee te installeer.
24
Nee, Emile (bo, links) het nie ten gronde gegaan nie, hy werk maar net aan die bedrading en wys vir Leon Botha, wat probeer uitmaak watter draad kom waar, hoe dit gedoen moet word. Die stasiebestuurder, Fred Maree, het oral hand bygesit met die voorbereiding
Henk en Emile toets die nuwe toerusting en hou asem op dat dit regwerk. Almal daarby betrokke het feitlik dag en nag gewerk om alles gereed te kry vir die nuwejaar.
Vasbyt Herfs 2012 2013 Vasbyt Winter
Dinsdag
Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Top Tien (H) aangebied deur Henk Joubert 00:45 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) 02:00 Klassieke Keur (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Dis my musiek (H) aange bied deur Henk Joubert 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Volksliedere 05:05 Wakkerwordwysies 05:30 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser 05:55 Vroegoggend uit die woord Oggend: 06:00 – 09:00
06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag
10:15 Gelukwense / Versoeke
17:10 Saktyd 5-6
11:00 Kort Bulletin
06:30 Nuusopsomming
18:00 Nuusopsomming
11:15 Boekvoorlesing
06:40 Finansiële Verslag aange bied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars)
11:30 Rondom die kunste
18:05 Musiek
06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Volledige bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuusopsomming 07:45 Verkeersverslag 08:00 Volledige bulletin 08:05 Inbelprogram 08:30 Promosiegesprek 08:45 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Kontreikuier met Karen: 09:00 – 12:00 09:00 Nuusopsomming 09:05 Kontreidagboek
06:00 Woordgedagte / Klankkoerant
09:30 Musiek
06:05 Weervoorspelling / Koerante
10:00 Oggendoordenking
09:55 Loof die Here
En nou die eindresultaat: ’n Baie tevrede klankkontroleur, Louis Holtzhausen, in die “nuwe” klankkamer by die moderne digitale mengbank
Fred en Daan Botes (die kontrakteur wat die kantore moet opknap) saam met Cornel Fourie (links) druk besig om die nuwe ontvangslokaal te begin skuur, skrop en verf. Hulle het so tussen die Kerstyd deur gewerk en in die volgende uitgawe sal ons ’n foto plaas oor die nuwe ontvangslokaal en winkel
Vasbyt Herfs 2013
18:55 Huisgodsdiens
Joernaaltyd met Marianne Roos: 12:00-13:00
19:00 Kort bulletin
12:00 Nuusopsomming
19:15 Dis Country tyd
12:05 Joernaaltyd aangebied deur Marianne Roos Middag: 13:00 – 16:00
19:05 Boekvoorlesing 19:45 Beskerm jou eie aangebied deur TLU Aand: 20:00 – 24:00
13:00 Volledige bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar
20:00 Volledige bulletin /
13:10 Volksmikrofoon
20:15 Net medies (H) aangebied
14:00 Nuusopsomming
Nuuskommentaar deur Marianne Roos
14:05 Musiek
21:15 Musiek
15:00 Kort bulletin
21:30 Hengel parade aangebied
15:05 Musiek 15:30 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming
deur Dr Kriek van der Merwe 22:00 Kort bulletin / Weervoorspelling 22:15 Eggo aangebied deur Sarina Johnson
16:05 Allegaartjie 16:30 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Volledige bulletin / Volledige weer
23:00 Nuusopsomming 23:05 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Die Nuuskantoor word ingeruim en almal wat kon help dra, skuif en stoot, is ingespan sodat die werk gedoen kan word! Betsie Kok hou drade vas en Belinda stofsuig voorlangs. Philip en Corrie Pretorius is duidelik uitgeput nadat hulle die swaar kabinet geskuif het!
Radio Pretoria het die laaste jaar ongelooflike groei getoon en ander media het ook daaroor verslag gedoen. Hierdie berig het in Beeld verskyn
25
Woensdag Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Dis Countrytyd (H) opgestel deur Karien Marnewick 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:15 Volksmikrofoon (H) 02:00 In die ou Waenhuis (H) 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Joernaaltyd (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Fokus op (H) aangebied deur Flip Buys 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Volksliedere 05:05 Wakkerwordwysies 05:30 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser 05:55 Vroegoggend uit die woord Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant /
Verkeersverslag 06:30 Nuusopsomming 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Volledige Bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuusopsomming 07:45 Verkeersverslag 08:00 Volledige bulletin 08:05 Inbelprogram 08:30 Reik ’n hand (Volkhulp 2000) 08:45 Musiek / Promosiegesprekke / Inbelprogramme Kontreikuier met Karen: 09:00 – 12:00 09:00 Nuusopsomming 09:05 Kontreidagboek 09:30 Musiek 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke
11:00 Kort Bulletin 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Promosiegesprek (Crisis on call)
16:30 Musiek / Verkeersverslae /
Joernaaltyd met Marianne Roos: 12:00-13:00
17:10 Saktyd 5-6
12:00 Nuusopsomming 12:05 Joernaaltyd/Regspraak aangebied deur Marianne Roos
18:05 Musiek
Middag: 13:00 – 16:00
19:15 Ek wil weet aangebied deur
13:00 Volledige bulletin/ Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 14:30 Solo Sewe Parade aangebied deur Heinrich Marnitz 15:00 Kort Bulletin 15:05 Musiek 15:30 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Allegaartjie
Promosiegesprekke 17:00 Volledige bulletin / Volledige weer 18:00 Nuusopsomming 18:55 Huisgodsdiens 19:00 Kort bulletin 19:05 Boekvoorlesing Faan Rabie Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar 20:15 Bel en Bestel o.l.v. JDM Collective Media 21:00 In die ou Waenhuis 21:30 Musiek / Program 22:00 Kort bulletin / Weervoorspelling 22:15 Dis My Musiek 23:00 Nuusopsomming 23:05 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Musiek en Liriekglansaand JDM Produksies het weer ’n baie suksesvolle Musiek en Liriek-glansaand aangebied. Luisteraars kon vir hul gunsteling deelnemer stem en ’n paneel beoordeelaars het help kies aan die beste sangers. Cara Pistorius was die algehele wenner. Sy was ook die wenner in die Hoërskool Afdeling en het die tweede plek behaal in die afdeling vir eie komposisies met haar liedjie Jogurt. Hier wens Dihan Meyer van JDM (links) en Christel van Heerden van LemonJack studios(heel regs)haar geluk Tertius Pretorius was die wenner in die afdeling vir eie komposisies met sy liedjie Wit Perd. Hier ontvang Tertius sy prys van Dihan Meyer van JDM en Christel van Heerden van LemonJack Studios.
Bly op die hoogte van program-veranderings: besoek ons by www.radiopretoria.co.za en kuier op ons webtuiste. Daar is onder andere die nuutste en ook ouer nuuskommentare, ‘n katalogus met Woord- en Klankwinkel se opwindende produkte, instruksies om jou satelliet dekodeerder in te stel en nog vele meer.
26
Vasbyt Herfs 2013
Donderdag Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Nuut op die Rak (H) aangebied deur Karen Zeelie 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) 02:00 Beskerm Jou Eie (H) aangebied deur T.L.U. 02:15 Musiek 02:30 Boekvoorlesing 03:00 Joernaal (H) aangebied deur Marianne Roos 04:00 Eggo 04:45 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Volksliedere 05:05 Wakkerwordwysies 05:30 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser 05:55 Vroegoggend uit die woord Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Woordgedagte / Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling /
Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuusopsomming 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Volledige Bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuusopsomming 07:45 Verkeersverslag / Damverslag 08:00 Volledige bulletin 08:05 Inbelprogram 08:30 Promosiegesprek 08:45 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme Kontreikuier met Karen: 09:00 – 12:00 09:00 Nuusopsomming 09:05 Kontreidagboek 09:30 Musiek 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking
OOGKUNDIGES
10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Kort bulletin 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Gekroon tot Diens aangebied deur Karen Zeelie Joernaaltyd met Marianne Roos: 12:00-13:00 12:00 Nuusopsomming 12:05 Net medies aangebied deur Marianne Roos Middag: 13:00 – 16:00 13:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Kort bulletin 15:05 Musiek 15:30 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00 16:00 Nuusopsomming 16:05 Allegaartjie 16:30 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke
17:00 Volledige bulletin / Volledige weer 17:10 Saktyd 5-6 18:00 Nuusopsomming 18:05 Musiek 18:55 Huisgodsdiens 19:00 Kort bulletin 19:05 Boekvoorlesing 19:15 Musiek/Program 19:45 Musiek Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar 20:15 Op Soek Na / Musiek en Liriek 21:00 Fokus op / Kultuvaria aangebied deur Flip Buys / Theuns de Wet 21:30 Klassieke keur opgestel deur Karen Zeelie 22:00 Kort bulletin / Weervoorspelling 22:15 Top Tien aangebied deur Henk Joubert 23:00 Nuusopsomming 23:05 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
OPTOMETRISTS
Mag ons u nooi om ons omvattende reeks modieuse brilrame, sonbrille en brilhuisies te besigtig en om van ons gespesialiseerde dienste gebruik te maak:
● Die individuele ontwerp en pas van harde sowel as sagte kontaklense ● Bystand aan pasiënte met leerprobleme disleksie of migrain insluitende colorimetriese evaluasie en visieterapie ● Die neem van oogafdrukke en haptiese prosteses te verskaf
BRUWER MENLOPARK
OOGKUNDIGES - OPTOMETRISTS (012) 346 1038 Charles str 494, Pretoria
DINAMIESE VISIE
LEWENSLANGE winter2013 2012 Vasbyt Herfs
UITNEMENDE VISIE SORG
27
Vrydag
Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Onthou u nog? (H) aangebied deur Cyrus Smith 00:30 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Duitse musiek 02:30 Boekvoorlesing (H) 03:00 Motorrubriek (H) aangebied deur Henry Dearlove 03:30 Musiek 04:00 Dieresoek hoekie (H) aangebied deur Karen Zeelie 04:30 Musiek Vroegoggend: 05:00 – 06:00 04:57 Voëlgeluide 05:00 Volksliedere 05:05 Wakkerwordwysies 05:30 Landboukorrels aangebied deur Zahn Visser 05:55 Vroegoggend uit die woord Oggend: 06:00 – 09:00 06:00 Woordgedagte /
Klankkoerant 06:05 Weervoorspelling / Koerante 06:15 Klankkoerant / Verkeersverslag 06:30 Nuusopsomming 06:40 Finansiële Verslag aangebied deur Willem Smit (Dinamika Makelaars) 06:45 Klankkoerant / Verkeersverslag 07:00 Volledige bulletin / Reisigersweerverslag / Nuuskommentaar 07:10 Klankkoerant / Verkeersverslae 07:30 Nuusopsomming 07:45 Sportnuus / Verkeersverslag 08:00 Volledige bulletin 08:05 Inbelprogram 08:30 Reik ’n hand (Volkhulp 2000) 08:45 Musiek / Promosiepraatjies / Inbelprogramme
09:30 Musiek 09:55 Loof die Here 10:00 Oggendoordenking 10:15 Gelukwense / Versoeke 11:00 Kort bulletin 11:15 Boekvoorlesing 11:30 Onthou U nog opgestel deur Cyrus Smith Joernaaltyd: 12:00-13:00 12:00 Nuusopsomming 12:05 Kuierkombuis aangebied deur ‘Alet Erasmus Middag: 13:00 – 16:00
Kontreikuier met Karen: 09:00 – 12:00
13:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar / Reisigersweerverslag 13:10 Volksmikrofoon 14:00 Nuusopsomming 14:05 Musiek 15:00 Kort bulletin 15:05 Musiek 15:30 Musiek / Promosiegesprekke Laatmiddag: 16:00 – 20:00
09:00 Nuusopsomming 09:05 Kontreidagboek
16:00 Nuusopsomming 16:05 Allegaartjie
16:30 Musiek / Verkeersverslae / Promosiegesprekke 17:00 Volledige bulletin/ Volledige weer 17:10 Saktyd 5-6 18:00 Nuusopsomming 18:05 Musiek 18:55 Huisgodsdiens 19:00 Kort bulletin 19:05 Boekvoorlesing 19:30 Na Buite aangebied deur James Kemp Aand: 20:00 – 24:00 20:00 Volledige bulletin / Nuuskommentaar 20:05 Musiek 20:15 Skoffelklanke aangebied deur Nico van Rensburg 21:00 Radioleesklub / Boekerubriek 22:00 Kort bulletin / Weervoorspelling 22:15 Musiek / Program deur Martin Jansen 23:00 Nuusopsomming 23:05 Musiek 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Beplan vir ‘lekkerluister’ Een van die groot gebeurtenisse op die radio se almanak is die jaarlikse byeenkoms waar pro gramme bespreek word. Daartydens word in diepte besprekings gevoer oor die weglaat van programme, veranderings, verskuiwings of nuwes wat ingestel gaan word. Tussendeur het die personeel darem ook verversings en ’n ete geniet en op informele vlak gesels en gekuier. V
Lucia van der Berg, Jan Swanepoel, dr Christo Pretorius en Tienie Mans kuier saam terwyl daar lekker geëet word.
Voor die vergadering het André Liebenberg In die skadu van ou Tafelberg op die klavier gespeel
Daar is ook eers koffie en skons geniet. Hier is Willie Spies, Fred Maree, Tienie Mans, Frans van Heerden, Faan Rabie en Jan Swanepoel en luister na Willie se vertellings oor ’n hofsaak teen die Mugabe-regering gewen is.
Die jonges was ook goed verteenwoordig en hier is Sarina Johnson, Linda van Schalkwyk (wat al die reëlings getref het) en Philip van Heerden nog besig met ’n slukkie koffie.
28
Etenstyd en almal geniet ’n blaaskansie op die groot stoep. Jan Groenewald (rug na kamera), James kemp (regs), Emile Deysel, Philip van Heerden en Louis van Rensburg (’n konsultant) met van die personeel in die agtergrond.
Vasbyt Herfs 2013
Saterdag Deurnag: 00:00 – 05:00
00:00 Hiervan hou ek aangebied deur Henk Joubert en Pieter Rischmuller 00:45 Musiek 01:00 Nuus, Weer, Nuuskommentaar (H) 01:10 Volksmikrofoon (H) aangebied deur James Kemp 02:00 Stem en Melodie (H) aangebied deur Carel Nagel 02:30 Hiervan en Daarvan (H) aangebied deur Pierre de Wet 03:00 Hengelrubriek (H) aangebied deur Kriek v.d. Merwe 03:30 Musiek 04:15 Uit die Hoed (H) aangebied deur Marianne Roos 05:30 Uit Ons Boeremusiek Skatkis (H) Oggend: 06:00 – 12:00 05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening - Vroegoggend uit die Woord
06:05 Wakkerwordwysies 06:45 Skaterdag se dinge aangebied deur Omroeper 07:45 Weervoorspelling / Musiek 08:00 Nuus 08:15 Rooikaart aangebied deur Heinrich Marnitz 08:45 In en om die huis aangebied deur Heinrich Marnitz 09:15 Musiek 09:30 Musiek / Crisis on Call 10:00 Oggendoordenking 10:15 Musiek 11:00 Nuus en Weervoorspelling 11:15 Musiek / Bel en Bestel Middag: 12:00 – 18:00 12:00 Musiek opgestel deur Omroeper 12:30 Musiek opgestel deur Belinda Pieterson en Liana van Zyl 13:00 Nuus / Reenvalverslag 13:15 Motorrubriek aangebied deur Henry Dearlove 13:45 Musiek 14:00 Musiek / Inbel 15:00 Kos en Kook (nog in
beplanning) 15:30 Saterdagsport / Musiek 16:00 Na Buite (H) 17:00 Saterdagsport / Musiek Aand: 18:00 – 24:00 18:00 Saterdagsport / Musiek 18:55 Huisgodsdiens 19:10 Musiek opgestel deur Omroeper 19:30 Solo Sewe Parade (Herhaling) aangebied deur Heinrich Marnitz 20:00 Nuus 20:05 Musiek as daar geen sport
is nie 20:35 Musiek 21:00 Uit ons boeremusiek skatkis aangebied deur Louwrens Aucamp en Danie Labuschagne 21:45 Musiek 22:00 Nuus / Weervoorspelling 22:10 Liefdesliedjies 23:00 Nuus 23:05 Musiek opgestel deur Omroeper 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Luister hier na ons:
Pretoria Kleinfontein Greylingstad Newcastle Ermelo Thabazimbi
104,2 MHz 104,2 MHz 107,6 MHz 104,5 MHz 104,0 MHz 103,7 MHz
Brits 106,6 MHz Naboomspruit 92,2 MHz Koster 107,5 MHz Tzaneen 96,6 MHz Pietersburg 100,0 MHz
.... of luister na Radio Pretoria aanlyn, op die skottel of met jou selfoon. besoek: www.radiopretoria.co.za
Radio Magalies kom kuier
Adele Changioun, Sarina Johnson en Karen Zeelie het hul eetgoed langs (of eerder in) die swembad in die pragtige tuin geniet.
Vasbyt Herfs 2013
Die mense van Radio Magalies – wat al 19 jaar lank deel van Radio Pretoria is, is sommer baie gawe en gesellige mense! Die voorsitter van die direksie aldaar, Chris Bester, bel hier voor Kersfees en sê hy bring vir die personeel ’n klompie mielies. Gaaf, dankie, dit sal lekker wees! Maar toe kom hy en nog twee direksielede hier aan met ’n vleisie, ander eet- en drinkgoed en dit word sommer ’n lekker fees! Hier word nou ’n glasie geklink en van links (agter) is Hanz Stricker (radiokonsultant), JV Büchner en Johan Ras (van Magalies), Emile Deysel en Philip van Heerden. Voor sit Betsie Kok, Belinda Pieterson, Adele Changuion en Chris Bester. Ernstige oomblikke: omroeper Martin Jansen in ’n diep gesprek met Chris – was hulle besig om die land se probleme op te los? V
29
Sondag
Deurnag: 00:00 – 05:00
Oggend: 06:00 – 12:00
Middag: 12:00 – 17:00
00:00 Wat u wil hoor (H) aangebied deur Tienie Mans 01:00 Nuus & Weer (H) 01:10 Sabbatstonde (H) 01:30 Maak my U weë bekend (H) 02:00 Serenade (h) aangebied deur Tienie Mans 02:30 Goue Gunstelinge (H) opgestel deur Karen Zeelie 03:15 Uit my platerak (H) aangebied deur Heinrich Marnitz 04:00 Tot Sy Eer (H) 04:30 Musiek 04:45 Tienie se musiek (H) aangebied deur Tienie Mans 05:30 Rondom die orrel en sy meesters (H) aangebied deur Jan Zielman
05:57 Voëlgeluide 06:00 Dagopening Vroegoggend uit die Woord 06:05 Musiek 06:30 Weervoorspelling 07:00 Sabbatstonde 07:30 Musiek 08:00 Nuus 08:05 Kerkaktueel 08:15 Sondagkeur opgestel deur Hors Prinsloo 08:45 Wydingstyd 09:00 Oggenderediens 09:45 Tot Sy eer opgestel deur Omroeper 10:15 Ons eie keuse aangebied deur Francois en Lucille (Musiek: Jan Swanepoel -April) 11:00 Nuus 11:15 Andantino aangebied deur Faan Rabie
12:00 Goue gunstelinge opgestel deur Karen Zeelie 12:45 Musiek 13:00 Nuus 13:10 Andre se keuse aangebied deur Andre Liebenberg 14:30 Middagmelodieë aangebied deur Betsie Steyn 15:00 Vullermusiek: Subtitel… 15:15 Uit my platerak aangebied deur Heinrich Marnitz 16:00 Kuiertyd opgestel deur Betsie Steyn
Geluk!
Aand: 17:00 – 24:00 17:00 Maak my U weë bekend aangebied deur Prof Schalk Botha 17:30 Wat u wil hoor aangebied deur Tienie Mans
21 Jaar! Geluk julle twee!
Die nuweling by Radio Pretoria se Woord-en-Klankwinkel, Belinda Pieterson, het onlangs haar mondig wording hier gevier en aanvanklik is “niks” vir haar gereël nie – nie op kantoor of tuis nie! Toe haar kolle gas en vriendinne haar toe ook nog in die ateljee insleep en oor die lug geluk wens, het hulle niks laat blyk van wat voorlê nie.... dit sou maar ’n normale dag wees. Karien (toe nog Marnewick), Liana van Zyl en Karen Zeelie het haar daar ook laat verstaan dis nou al vir die dag en dié foto sou die laaste verjaarsdagverwante ge beurtenis wees. Maar toe kom haar ouers intussen en dek die tafel met
18:30 Musikale tussenspel opgestel deur Betsie Steyn 18:40 Sing nuwe lof opgestel deur Betsie Steyn 19:00 Aanderediens 19:30 Rondom die orrel en sy meesters aangebied deur Jan Zielman 20:00 Nuus om agt 20:05 Verkorte Weervoorspelling 20:10 Serenade aangebied deur Tienie Mans 20:35 Ek wil weet (H) aangebied deur Faan Rabie 21:15 Omroeperskeuse / Tienie se musiek 22:00 Wat sê die musiek aangebied deur Bets Botha Steenekamp 23:15 Die volmaakte instrument aangebied deur Lucille Ackerman 23:50 Laataand uit die Woord 23:55 Volksliedere
Huweliksklokke lui Karien Marnewick het toe ook intussen groot trouplanne en ’n dag ná Belinda se funksie span haar kollegas weer saam om haar met ’n kombuis tee te verras. Hier wys sy haar blydskap oor die mikrogolfoond wat aan haar geskenk is en hierby ook haar troufoto. Die gelukkige man is Nico Bresler – hulle is albei van Cullinan. V
die allerlekkerste eet- en drinkgoed en versier die plek om haar te verras. En die meisiekind hét omtrent verjaar en geblom – soos op die meegaande foto blyk. Belinda is ’n baie vriendelike en flukse persoon en ’n groot aanwins vir die radio. Liana het ook intussen haar beurt gekry om mondig te word. Sy het dit met ’n lekker partytjie vir familie en vriende gehou, maar was die Maandag weer op haar pos in die win kel. Sy het onlangs by Belinda daar oorgeneem en hanteer ook die talle bestellings. V
30
Vasbyt Herfs 2013
’n “Bloedige” storie... D
an was dit ook ’n geval van “bloei vir die saak” toe James Kemp gereël het dat die personeel en luisteraars hier sal bloed skenk. En was dit
’n gedoente! Die dapper mense het voren dag gekom, ander was wel braaf, maar wou nie na die naald kyk nie en party het summier geweier – “te bang”! V
Karien Bresler glimlag breed terwyl Jeanette Boshoff “getap” word.
Louis Holtzhausen was die eerste “proefkonyn”, terwyl James ewe braaf bystaan. Suster Tanya van die bloedbank doen die werk Willie Spies (links bo) en Fred Maree (links) het ook hul deel bygedra om bloed te skenk.
Vasbyt Herfs 2013
Jeanette links en Philip van Heerden wat nogal moedig glimlag!
31
Kyk wie keorm kui
Ben Schoeman
Jurie Els As Jurie Els so dan en wan Suid-Afrika toe kom, maak hy gereeld ’n draai by Radio Pretoria en dan word daar sommer lekker gekuier en gelag. “Ek is so dankbaar dat julle nog my musiek speel – julle voel al jarelank soos familie vir my,” sê hy. Karen, Toeksie, Fred en Corrie Pretorius (adminis trasiehoof) het saam met hom in die voorportaal ge sellig saamgekuier.
Deon van der Merwe
Die briljante en vooraanstaande Suid-Afrikaanse pianis Ben Schoeman, het onlangs by Radio Pretoria kom inloer. Hy is die eerste SuidAfrikaner in die geskiedenis wat die gesogte eer ste prys en goue medalje in die Unisa-Vodacom internasionale klavierkompetisie gewen het. Ben is tans woonagtig in Londen en studeer aan sy doktorale proefskrif oor die Suid-Afrikaanse klassieke komponis, Stefans Grové se werk. Hy en die Suid-Afrikaanse tjellis, Anzél Gerber, sal vanjaar in die wêreldberoemde Carnegie Hall in New York uitvoerings lewer van klassieke tjello en klavierwerke. Hier is hy saam met Tienie Mans.
Die kranige musikant Deon van der Merwe het ’n nuwe sangmaat by Touch of Class betrek toe Ronéll Erasmus besluit het om voortaan net geestelike musiek te doen. Hy en Ruhan du Toit het twee pragalbums uitgereik en vir ons gebring. Op A touch of classic sing Ruhan hoofsaaklik Italiaanse treffers en Koffiefontein bevat ’n klompie mooi Afrikaans en Engelse snitte: nuwe komposisies en goue oues. Karen is hier by die nuwe Touch of Class-groep – Deon (links) en Ruhan (regs).
FAK Fantasties
Die musiekprojek, FAK Fantasties het in Desember geëindig, maar hier is Lindie van Zyl nog met van haar gaste. Jannie du Toit, ’n pionier op die musiekfront, het ook kom inloer en oor die kleinkunsafdeling gesels en Renette Bouwer, ’n bekende in koorkringe, het oor dié afdeling in die sangbundel gesels. In die laaste program het dr Danie Langer, besturende direkteur van die FAK en Retief Burger, ’n gospelsanger, ook hul bydrae gelewer. Retief het oor die geestelike rubriek gesels. Hier is hy (op foto links), Lindie, Marianne Roos wat die programleier was, en dr Langer.
32
Vasbyt Herfs 2013
Lorraine en Daniele Die musiekkenner Lorraine Camisani het onlangs heerlik saamgekuier met die Franse sangeres, Daniele Pascal. Sy is in Frankryk gebore, maar het so verlief op Suid-Afrika geraak dat sy haar hier kom vestig het en tans in Durbanville woon. Sy word beskou as een van die grootste vertolkers van die Franse chanson en tree steeds op. Hier is haar begeleier, Pieter du Plessis (links), ’n boorling van Clanwilliam, wat haar nege jaar lank al, bystaan, Daniele, Lorraine (regs) en agter staan Ferdi Camisani.
Nuwe baadjie Deon Harmse speel orrel al van “kaboutertyd” af, sê hy. Vyf-en-veertig jaar gelede het hy sy eerste amptelike plaatopname gemaak. Intussen het die tegnologie so verander dat hy dit nou weer oorgedoen het op ’n klawer bord, maar so dat dit nog na die oorspronklike een klink. “Feitlik al die musikante wat destyds saamgespeel het, is oorlede. Dis net ek en Boet Pretorius wat die kitaar daarop gespeel het, wat nog lewe. Dus moes ek ’n plan maak en ek dink ek het dit darem goed reggekry!” sê hy. Sy musiek word gereeld oor die radio gespeel en is ook in die musiekwinkel hier beskikbaar. Hy het sy nuutste album Orrel Tjorrel 45 jaar saam gebring, die een wat hy ná al die jare op die klawerbord heropgeneem het.
Ettiene Steyn ’Sarina Johnson, programorganiseerder en omroeper, lag nou wel hier so lekker, maar sy raak omtrent weg langs hierdie reus van ’n man! Sy het ’n radio-onderhoud met Ettiene Steyn, Suid-Afrika se sterkste man, gereël en het die volgende (verstommende!) inligting oor hom verskaf: Hy is ’n professionele Sterkman en het al sewe keer die titel hier verower en verskeie kere Suid-Afrika oorsee ver teenwoordig. Ettiene neem al van hy 26 jaar oud is deel en oefen tussen vier en ses keer per week – bykans drie ure per dag. Maar nou kom die groot ding: sy dieet bestaan uit sowat 1,5 kg vleis, 5-10 eiers, 4-6 snye brood en 2-3 proteïnenergiedrankies per dag! Hy en sy vrou Velda het twee kinders, Reani (10) en Amber (3) en hulle woon in Murrayfield, Pretoria. Een ding is seker: as hierdie sterk man vir jou vasvat en druk, dan weet jy seker daarvan en hoop jou ribbes hou....!
Vasbyt Herfs 2013
33
Kyk wie keorm kui
Blye weersiens! Dit was groot vreugde toe omroeper Martin Jansen en sanger Jaco Pieterse mekaar weer na jare hier raakloop. Jaco het vir Karen in die ateljee kom kuier en oor sy musiek gepraat. “Ek wil ophou, maar die mense sê nee, ek moet aanhou – nou doen ek dit nog terwyl ek kan en hulle dit geniet.” Al het Jaco eintlik afgetree, is hy baie besig op die plaas, in sy fabriek en op die musiekfront. Hy het pas van sy ou musiek hermeester wat nou weer beskikbaar is. Verder het hy sy groot projek om mense te help wat hakkel, hersien. Op die foto kan gesien word hoe bly die twee manne was!
Lindie Strydom Die bekende aktrise Lindie Strydom het met Marianne Roos in die program Uit die hoed kom gesels oor Helpende Hand se skooltassieprojek en haar betrok kenheid daarby.
Willie Strauss Die sanger, liriekskrywer en ver hoogkunstenaar Willie Strauss, het in die Kuierkombuis met ‘Alet Erasmus gesels oor geregte en ander onthougoed wat saamgevat is in sy nuwe laserplaatbundel, Seisoene – opgedra aan sy ma en Christa Steyn wat onlangs oorlede is.
Magda Briel Magda Briel bak al 16 jaar lank pannekoeke en is nie net ’n voorslag nie, maar is ook ’n landmerk in haar omgewing. Sy het met Betsie Steyn oor haar bedry wighede kom gesels in ‘Alet se program Kuierkombuis. Dié vriendelike vrou kán pannekoek bak!
A
FRIKA AARTAPPEL
PRODUKTE WAT U LEWENSGEHALTE VERBETER
AFRIKA-AARTAPPEL
AFRICA POTATO
KOOS BOTHA, EIENAAR VAN CONJAN (EDMS) BPK BlED MET TROTS DIE VOLGENDE DIENSTE EN PRODUKTE AAN: • •
• •
Afrika-aartappelprodukte bied ’n omvattende reeks natuurprodukte wat u lewensgehalte kan verbeter. Die ou, beproefde AA-kapsules, seresalf, pynsalf en kolon peristaltiskapsules is deel van die wenreeks. Die Scio OXS SLIM-diagnoseer- en behandelingsmasjien is reeds aan talle luisteraars van Radio Pretoria bekend. Die heilsame uitwerking wat dit op gebruikers het, het die aanvraag so sterk laat groei dat nog vyf Scio-apparate in bedryf gestel is en bykomende personeellede opgelei moes word. Die terapie wat deur Scio aanbeveel word, is gegrond op voeding, homeopatie, elektropunktuur en naturopatie vir ’n algehele, holistiese genesing. Verstommende resultate word behaal. Die apparate word druk benut, daarom moet u asseblief vroegtydig ’n afspraak maak vir ’n behandelingsessie wat drie ure duur en R480 kos. Oor-die-lug behandelings kan ook gedoen word, ons doen behandelings so ver soos Australië. Gratis elektroterapeutiese opvolgbehandeling: Scio-pasiënte kan gedurende werksure gratis behandel word. Sessies kan op een van die vier RIFE-masjiene ingepas word, afhangende van die beskikbaarheid van die masjiene. Jurie Els Manipulasie van die werwelkolom: Hierdie diens word gratis aan Scio-pasiënte met rug- of nekprobleme gelewer. Tel: 014 717 4694 • Faks: 014 717 1497 • Selfoon: 082 693 9559 • koos.conjan.botha@gmail.com Van Niekerkstraat 3, Nylstroom • Posbus 2600, Nylstroom, 0510
34
Vasbyt Herfs 2013
Boeke in ons winkel bye, malaria en ’n “krok”-Mini oorleef het. In sy vertellinge – wat die leser na trane en lag buie sal dwing – kom sy liefde vir die natuur, sy medemens en veral sy Skepper sterk na vore. Die boek beslaan 160 bladsye, bevat skitterende foto’s by die vertellings en kos R150.
Hier is nou ’n inspirerende boek met trefkrag: Water under the bridge. Dit handel oor oorlewing, vasberadenheid, moed, maar veral geloof. Die skrywer, Abré J. Steyn, is ’n parapleeg nadat hy op 2-jarige ouderdom polio opgedoen het. Op 17 ondergaan hy ’n lewens gevaarlike operasie en word meegedeel dat hy nie meer lank het om te leef nie. Hy het egter besluit om sy lewe voluit te leef – al is hy gestrem. In sy biografie vertel hy in 30 stories van sy buitengewone lewe en ervarings as avonturier, na tuurbewaarder, filosoof en hoe hy sy siektes, aanvalle van ’n mamba, ’n bosvark, ’n swerm
Vir ons klein kindertjies ’n baie oulike boekie – een wat hulle self ook sal kan lees – genaamd Spinnie. Dit handel oor ’n liewe en goedgeaarde spinnekoppie wat met die huis mense maats maak. Betsie Momsen is die skrywer en kinders kan maklik met die storie en eenvoudige penteke
ninge vereenselwig. R50 (38 bladsye).
Sias se soektog is ’n heer like jeugboek deur Hesma Nel, bekende skryfster van etlike ander jeugverhale. Dit handel oor die soektog na gesteelde perde en ’n vermiste broer. Dit word ’n nagmerrie wanneer twee nuutgevonde maats se paadjie met dié van die skurke kruis. ’n Lekkerleesboek van 118 bladsye en kos R80.
werklik aan ’n persoon se siel en vir ’n paar snitte lank word jy weggevoer na ’n plek waar niks anders as die beteknisvolle lirieke saak maak nie. Beide sangers het hul loopbane in 2000 begin met sangopleiding by ’n klassieke sangskool. Die indrukwekkende album is beskikbaar in ons Woord-enKlankwinkel teen R120.00.
Dirk en Marlouise Met diep stemme en selfs die per lirieke gee die opkomende sangpaar, Dirk de Zinger en Marlouise Venter, ons iets om te geniet die oomblik as die eerste note uit die laserplaatspeler gehoor word. Die musiek raak
Vasbyt Herfs 2013
dewerkers is die boek Bosveld – Ekologie en Bestuur een van die bestes en interessantstes in sy klas. Die boskarakter, klimaat, geologie, eiesoorti ge plante en boomkeuse tot bestuursbelange en alles wat betrekking daarop het kom onder die soeklig en word be spreek. “Die Bosveld is nie ’n plék nie, dis eerder ’n gevoel wat al vyf sintuie van die mens streel. Ons wil met dié boek poog om die boswonder vir die leser oop te maak,” sê dr Van der Walt. ’n Publikasie wat maklik hanteer, oor pragfoto’s beskik, baie inligting bevat en beslis vir die natuurliefhebber aanbeveel word. Van groot hulp en waarde is ook die volledige indeks agterin. R220 (152 bladsye). V
’n Baie omvattende boek oor die Bosveld is die een onder redakteurskap van dr Peet van der Walt. Met ’n “skry wersgalery” van 16 gesoute en uitnemende kundige me
Nuut op ons platerak
deur Belinda Pieterson
deur Betsie Steyn
Woord en Klank
Bestellings by Liana. Skakel die Woord en Klankwinkel: 012 543 0120. R20 posgeld (vir geregistreerde pos) word bygevoeg. Of bestel aanlyn by www.radiopretoria.co.za
Vonk – Famous Country treffers Die album, propvol country treffers, is ’n moet vir jou ver sameling. Sewentien snitte van talentvolle sangers soos Bobby Angel, Alan Ladd en Juanita du Plessis kom op die versame laarstuk voor. Daar is ’n wye verskeidenheid en meer as ’n uur se luistergenot. Die beson dere album is beskikbaar in die Woord-en-Klankwinkel teen ’n winskopie van R80.00. Lance James “Big Daddy” – For tears to come Ons eie Lance James… Die naam sê alles! Hy is ’n lewende legende, ikoon en rolmodel vir sy duisende ondersteuners. Na bykans 6 dekades in die musiek bedryf, kan hy spog met meer as 60 opgeneemde albums.
Hy het begin sing op die oud erdom van 16 jaar en is tydens Huisgenoot se 2009-Skouspel vereer vir sy lewenslange by drae tot Afrikaanse musiek. As jy ’n aanhanger van Big Daddy is kan jy nie anders as om die album by jou versameling te voeg nie. For tears to come is beskikbaar by die Woord-enKlankwinkel teen slegs R80.00.
35
Lellel
Lag en leef langer en lekkerder
Met elke uitgawe is dit ons voorreg om ons lesers ook lekker te laat lag. Ons hoop jy geniet die grappies net soveel soos ons en dat jy die nuwe jaar sal ingaan met ’n glimlag op die bakkies. Stuur gerus ook jou oorspronklike grappie aan vasbyt@radiopretoria.co.za Donasie Jannie: “Pa! Pa! Daar is ’n man by die deur wat kollekteer vir die nuwe swembad!” Pa: “Gee hom ’n glas water!” Die kelner Die restauranteienaar wil graag ’n goeie indruk by sy kliënte skep en roep sy kelner nader. Baas: “Groet almal op hulle name!’
Die eerste gaste daag op. Kelner: “Goeie dag Meneer en Mevrou Egte Leer!” Kleurvol Ma: “Eet jou spinasie. Dit sal jou kleur in jou wange gee!” Kosie: “Maar ek SOEK nie GROEN wange nie!” Watter diens?! Eendag merk die dominee ’n klein seuntjie in die voorportaal
Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Die sewejarige seuntjie het vir ’n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: ‘Goeiemore my Seun.’ ‘ More, Dominee sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. ‘Dominee, wat is dit hierdie?’ vra hy. Die dominee antwoord: ‘Wel, my seun, dit is ’n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het.’ In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in ’n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: ‘Watter
Blokraai 20 se oplossing
Kelner: “Hoe sal ek weet wat is hulle name?”
Baas: “Maklik. Kyk net op hulle tasse.”
van die kerk op, wat aandagtig na ’n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk.
F A D V G E A N T
I S L A M S E
S K O E B O B E
M E I S I E K I N D E R S
S A P O S T A T R E
K A P P E R I G
R E S E N T E
B I D T
L I T T E R O E T R E U K L I G T E R
diens Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens’ Dokter-dokter ’n Harde drinker ontwikkel ’n paar pyne waar hy nooit pyne gehad het nie. Hy gaan toe maar dokter toe vir ’n deeglike ondersoek. Die dokter bevind daar is iets ernstig met sy lewer fout. Dokter: ‘Wat drink jy?’ Pasiënt: ‘Ag dokter, wat het jy?’ ’n Kollega vra ’n dokter waarvoor hy sy pasiënt behandel. Dokter:’R3000.’ Kollega:’Nee man, wat het hy gehad?’ Dokter:’Nee, dis al wat hy gehad het.’ Twee blondines Hoekom het die rekenaar genies? Hy het ’n virus. Twee blondines stap in die straat en een tel ’n spieel op. “Hmmmm ... sy lyk bekend!” Ander blondine neem die spieel om te kyk. “Onnosel! Dit is EK!!”
S L I E F E E S D E R A T A E L I N E E R D O E R R T A S S G E S K E N E A N T O O M B A E U R I K E P E P E R S A U R O M E S M A A B A A I P A L A N E S O N E E L D A N I E T E T R I E F U O O G D I S K A R E
V
M E I N T A N E S S S I E T B E R E K T R O O O O N N N K E D E R D A A R I T N S K L T L T E I D E E I E R E T N D K O P H E O L I S K R A M L S B E N E T E O G A S L S S E O E E T E
K I E K I E
T E E E E T
L E M E E U E E M O E
R E U S
D E U R E
E R K E N
Blokraaiwenner
Die wenner van Blokraai 20 is Arnold Schmulian van Groot-Marico. Hy ontvang R500.
Louis Holtzhausen
079 312 0100 icebites4@gmail.com
BOLOARD ATELJEES
36
• Troufoto’s • Modelwerk • Baba- en kinderfoto’s
• Gesinsfoto’s • Matriekafskeidfoto’s • Produkfoto’s ens.
Vasbyt Herfs 2013
Blokraai 21 Wen R500. Stuur voor 21 Junie 2013 aan Vasbyt, Posbus 14935, Sinoville, 0129 of vasbyt@radiopretoria.co.za Behou- u dend Stut
q
u
Weg
2000 lb
Amptelik (L.afk)
p
q
q
Studente raad (afk)
t Familielied
Edele (afk) u
Vyfde letter
Stoomskip (afk)
q
t p Ysterformule t Vorm Rondslenter
p
t
t
Vis of getal t Droë, barre 100e, tiene,... Siekerig u
t Duitse nuus
q
Insekte
t
p
t streek
q
Hy dink nugter
rok Voer of noot
Kaapse
Sleggesê
t
t Indiese
p
Godsman
Musiekvoorspel Nierinfla t Evangelie masie (afk)
t afdeling
t Ou radio
t
q
q
stasie
Skalks
Noodsein
Soort vark
Lugmag-
p
p
.. le Rouxdam
p
q
En ander (afk) Dietse land
p Aster
agentskap
u
p
Uiters
Begrips leer
Dryfys
u t Kinderlike
Soort papegaai
q
Eitemal se u van Baniere u Dagblaaie
q
Direkteur u (afk)
Te
Voordeel
Dosyn
q
q
Nippertjie Geen
q
p
Water voëls ’n Univ. (afk)
Swerf
q Begrens Aanstons u
u
Magma u
Opreg
Doku mente
q
q
t Ngunies bv
Napraat u
Arseen (afk)
q
q
Uitroep
Ruïne
t
t van afkeer
t Jigsaw
t Ou mate
puzzle (Afr) Teer
q
Skake- u rings Eienaars risiko (afk)
t
Spesiaal vir Vasbyt se lesers opgestel deur Batsie Steyn
p
t
u
Vat!
t Neon (afk) Rang (afk) u
Gekruide wors u
t Skryfding Voorspoed u
Vasbyt Herfs 2013
Baie lank
.. Al-lugre dery
Rus
Net
q
q
Loopvoël (Eng.)
t
.... op ’n stokkie u
q
.........................................................................................................................................................................................................................................................................
q
Adres.............................................................................................................................................................................................................................................................
Kader
Weermag rang
Naam..................................................................................................................................... Telefoonnommer...................................................................................
u
Binne
Formule u Sn
37
Verniet geslaan?
Anker
Ds Danie Snyman, Gereformeerde Kerk, Pretoria-Magalieskruin Jeremia 5:1-14 Teksvers: Vers 3
D
is vir niemand lekker om ’n pak slae te kry nie. Maar wat dit nog erger maak, is as die pak slae nie help nie: as die Here druk op jou sit, as Hy jou soos ’n goeie Vader doen, tugtig, en dit help nie; jy hou aan met dit wat in jou lewe ver keerd is. Hoor dan die vraag waarvoor hierdie Skrifgedeelte ons stel: het die Here verniet geslaan? Ons kyk na wat ons hier hoor: dat die Here Sy volk geslaan het; wat hulle reaksie daarop was; om dan die vraag te vra of óns ook verniet geslaan word. Die Here slaan sy volk - u het reg gehoor: die Here het Sy volk geslaan – Israel, Juda, die Ou Testamentiese Kerk, Sy volk. Ons moenie die fout maak om te dink dat die Here se slae eintlik net vir heidene bedoel is nie. Natuurlik tref die Here heidene in hierdie wêreld al met allerhande oordele, en sal Hy almal wat Hom hier op aarde nie gedien en gevolg het nie, uiteindelik met Sy ewige straf tref. Maar in die Bybel sien ons ook dat die Here se slae, Sy tugtig ings, in die eerste plek bedoel is om Sy kínders aan te spreek. Die apostel Petrus skryf dat God se oordeel by die huis van God begin. Hier laat die Here Sy profeet dit sê: “U het hulle geslaan…U het hulle hard geslaan…” Die woord wat hier met slaan vertaal is, is ’n sterk woord. ’n Mens sou dit ook kon weergee met platslaan: U het hulle platgeslaan…En die woord wat hier met hard geslaan weergegee is, is nog sterker. Dit beteken letterlik: tot niet maak. Al het die Here se volk op hier die stadium toe die profesie uitgespreek is, nog bestaan, het die Here die proses wat uitgeloop het op vernietiging in die ballingskap, al klaar aan die gang gesit. God het Sy volk
platgeslaan! Hy’t al klaar begin om hulle te vernietig! As dit wat die Here doen, vir u baie kras klink, dan moet u twee dinge onthou: In die eerste plek dat die Here nie sommer uit die bloute uit begin slaan het nie. Ons weet uit baie gegew ens in die Bybel dat die Here baie geduldig is. Voor Hy begin slaan het, het Hy nie net een of twee kere nie, maar baie kere profete na Sy volk toe gestuur, wat hulle ge waarsku het teen al die baie en verskillende sondes wat hulle gedoen het. En eers toe dit blyk dat praat al leen nie help nie, het Hy begin slaan - eers net saggies en toe al hoe harder en harder totdat dit nou by die punt gekom het waar die profeet sê: U het hulle platgeslaan… Die Here het nie sommer uit die bloute uit begin slaan nie. Die tweede wat u moet onthou as dit vir u kras klink dat God Sy volk platgeslaan en ’n pro ses wat hulle sou vernietig, laat begin het, is dat Hy dit doen om hulle nog te probeer red. Hierdie slae is die tugtiging van ’n Pa wat Sy kind met hierdie drastiese optrede tot besinning wil bring voordat dit te laat ge word het. In een van die Psalms sing die Here se volk: Wie ver van U sy weg wil gaan, stap op ’n donker afgrond aan. En die Here, wat Sy volk liefhet, wil hulle keer voordat hulle by hierdie afgrond afstort; en daarom slaan Hy as praat nie help nie, slaan Hy uiteindelik hard. Hoe slaan die Here? Dit staan nie in hierdie verse nie, maar die boek Jeremia en die hele Bybel is vol voorbeelde van hoe die Here dit doen. Hy slaan Sy volk deur dinge soos natuurrampe, hongersnood, ekonomiese en maatskaplike agteruitgang, broedertwis en familietwis, siektes en epide mies, misdaad en oorloë - alles
38
dinge wat mense gewoonlik maar net aan allerhande aardse faktore toeskryf, as normale verskynsels in die gang van die mensdom se bestaan beskou; maar as jy met die Bybel as jou bril daarna kyk, leer jy dit alles ken as dinge waaroor die Here ten volle beheer uitoefen en wat Hy as instrumente gebruik wan neer Hy straf of tug. Hý besluit wanneer hierdie dinge sal gebeur en waar en hoe lank en hoe erg. Daar kom ’n punt wanneer die Here se liefde Hom dwing om Sy volk wat in sondes verval het te slaan en selfs hard te slaan met dinge wat uiteindelik hulle bestaan en voortbestaan kan bedreig. God slaan Sy volk. Die reaksie van God se volk: dis wat ’n mens eintlik bang maak as jy hierdie vers lees, dat dit moontlik is dat God jou kan slaan en dat jy niks voel nie. Die 1933/53 vetaling gee die Hebreeus só weer: U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hulle aangesig harder gemaak as ’n rots, geweier om hulle te bekeer. Hulle het geen pyn gevoel nie. Ja, hulle het uitwendig seergekry. Hulle normale aardse lewe is op een of ander manier deur hierdie dinge wat met hulle gebeur het, aangetas, en selfs ernstig aangetas. Maar geestelik het hulle dit nie gevoel nie. Dit het hulle gees telik glad nie aangespreek nie. Tussen dit wat met hulle gebeur (die hongersnood of epidemies of oorlog) en hulle sondes, het hulle geen verband gesien nie: hierdie rampe en teëspoede word deur ánder faktore veroor saak; dis maar dinge wat van tyd tot tyd gebeur en dis maar net jou slegte geluk as jy daar is wanneer dit gebeur. Hulle was geestelik gevoelloos.
Maar dis nie al nie. Daar was selfs doelbewuste verset in hulle harte teen die Here: hulle wóú hierdie dinge nie as God se tug aanvaar nie; en as dit dan wel Sy tug is, wóú hulle hulle nie daardeur laat leer nie – hulle wóú hulle nie bekeer; hulle het hul harte doelbewus hard gemaak teenoor die Here: as Hy my dan wil slaan, sal ek nog minder vir Hom luister. In plaas daarvan dat die Here se houe hulle tot verootmoedig ing gebring het, dat hulle klein geword het voor die Here; dat hulle hulle sondes erken het en hulle so gou as moontlik daarvan probeer losmaak het, was daar by hulle gevoelloos heid en verset en verharding teen die Here. Dis nog erger as ’n pak slae – wanneer die pak slae niks help nie. Wanneer die kind hom doelbewus teen dit wat die ouer daarmee wil bereik, versit. En omdat dit die volk se reaksie was, was al wat daar vir die Here oorgebly het, dít: dat Hy Sy volk uiteindelik maar oor die afgrond van volksvernietiging en ballingskap laat stort het, om hulle later toe maar weer daaruit – asof uit die dood uit – voor laat begin het. God moes die ondenkbare laat gebeur, want selfs hard slaan wou nie meer help nie. Hulle was verniet geslaan. Ons is vanself nie anders as daardie Israeliete nie. Van na ture ly ons almal aan daardie geestelike gevoelloosheid en aan die verset teen God wat ons op die regte pad probeer hou en aan die verharding van ons harte wanneer ons Sy houe in ons lewens voel. En as God nie self Sy Seun gegee het om die ewige ballingskap – weg van God af – vir ons te dra nie, sou dit ons almal se voorland gewees het. Maar nou is elkeen wat vertrou dat God Sy Seun vir jou ook ge gee het, met Hom versoen, en jy’s Sy kind en daar’s nie meer
Vasbyt Herfs 2013
’n gees van gevoelloosheid en verset en verharding in jou nie, maar die Gees van die Here – die Heilige Gees, wat jou ’n kind maak wat behoort te voel as jou Vader jou tug.
• die verbrokkeling van so baie huwelike en gesinne en families;
Is baie van die dinge wat ons in ons tyd druk, nie die tugtigende houe van ons hemelse Vader nie? Byvoorbeeld:
• die druk en stres en swaar moedigheid waarin al hoe meer mense insink.
• die misdaad wat ons perma nent oor ons skouers laat loer; • die korrupsie en onbevoegd heid van so baie mense in leiersposisies; • die kerklike twiste wat selfs goeie en getroue lidmate moedeloos maak oor die kerk; • die toenemende minagting van Bybelgetroue kerke en standpunte in ons samelew ing; • siektes en epidemies en besoedeling wat wil hande uitruk; • tekorte aan noodsaaklike hulpbronne wat dreig;
Vasbyt Herfs 2013
• die werkloosheid en armoede wat hand oor hand toeneem;
Is dit nie houe van ons hemelse Vader nie? Natuurlik is nie ál die swaarkry van elke kind van God tugtig ing nie. Daar’s ook ander redes waarom God partykeer van Sy kinders laat swaarkry. Maar wanneer hierdie nega tiewe dinge in sulke golwe oor ons spoel, sal ons geestelik gevoelloos wees as ons nie die liefdestug van die Vader daarin voel nie. Of skryf ons dit maar net aan ander faktore toe? Dis maar dinge wat gebeur; droogtes is maar sikliese verskynsels in Suid-Afrika; ekonomiese en maatskaplike probleme is maar net swak regering; kerklike
twiste is maar net ’n klomp fun damentaliste of ’n klomp libe raliste se skuld; die armoede is kapitalisme wat nie werk nie, of sosialisme wat nie werk nie. Of is dit ons hemelse Vader wat al hierdie dinge oor ons beskik wat ons slaan omdat ons Hom halfhartig dien; omdat ons glad nie erns daarmee maak om Sy gebooie nougeset na te kom nie; omdat ons ten spyte van al ons ontkennings tog diep hierbinne neersien op mense wat anders as ons is en omdat ons agter ons maskers van beskaafdheid en oppervlakkige vriendelikheid teenoor mekaar tog verskriklik selfsugtig is en omdat ons in die privaatheid van ons huise en diep in ons harte sondes vertroetel wat ons met alle mag vir ander weg steek. Die Here slaan ons ook. Ons moet met groot eerlikheid die vraag van hierdie gedeelte hoor: voel ons die pyn, help die houe wat ons kry, stem ons saam dat ons ons behoort te bekeer van al ons sondes en dóén ons dit?
Kom ons wees baie konkreet: het daar die afgelope klompie jare, waarin hierdie golwe van tugtiging van die Here al oor ons spoel, iets konkreets by ons verander – ten goede verand er? Het ons ons van sondes bekeer: in ons eie harte, in ons huwelike en gesinslewens, in ons kerklike lewe, in ons Christen-wees in die wêreld of is ons nog maar net soos ons tien jaar terug was? Word ons verniet geslaan? Kom ons voel die houe. Kom ons neem die slae wat God uitdeel, ter harte. Kom ons vlug met seer harte vol berou na ons Here Jesus Christus toe – die Gekruisigde, want Sy bloed kan ons sondes wegwas en Sy Gees kan ons regtig verander. As die Here aanhou slaan en daar kom nêrens bekering nie, dan lê net die afgrond voor. Maar selfs net één mens wat omdraai van ’n sondepad – so het ons in vers 1 gehoor – sal al die Here se hart sag maak. V
39
Die regering wend tans hernieude pogings aan om Afrikaans as onderrigmedium in openbare skole te ondermyn. Byvoorbeeld: Al drie Afrikaanse skole in Fochville word nou gedwing om te verengels. Dít, terwyl die Engelse leerlinge in een van die drie skole geakkommodeer kon word. AfriForum gaan R50 000 skenk om hierdie saak in die hof te beveg!
Jy kan help! • Skenk R10 vir die regsaksie teen die departement van basiese onderwys se magsmisbruik – SMS “skool” na 38655. Neem deel aan die beheerliggaamverkiesings by skole wat in Maart 2012 plaasvind. Plaas jou kinders in Afrikaanse skole. Ondersteun onderwysorganisasies soos Fedsas en die SAOU. • Teken AfriForum se petisie ten gunste van Afrikaanse skole by www.afriforum.co.za of skakel 086 10 200 30 om aan te sluit. • Sit dié advertensie op ’n openbare plek op.
Hierdie advertensie is moontlik gemaak deur besorgde Afrikaanse ouers.
Sluit vandag nog aan by
086 10 200 30 www.afriforum.co.za
40
Vasbyt Herfs 2013
aksentmedia • 082 445 4513
Red Afrikaanse skole