julie 2013
Praat
Só word
hemeltaal
min baie
Hande en voete
van Jesus
Wat ouers moet weet – Sosiale netwerke
My baba is ’n
wonderwerk GR t y d AT I skr S if
– Mandi du Plooy
Ingeanker
Inhoud - Julie 2013 Ty d s k r i f va n R a d i o Ty g e r b e rg
Gereeld 1 2 4 30 31 32 34 38 40
Ingeanker – Uit die Woord My indruk – Redakteursbrief Jou indruk – Te trots In beeld – DVD-resensie In klank – Musiek Kalender Radio Tygerberg-programme Insake – Sakeklublede Insake – Sakeplan-kompetisie
In ons omgewing 14 Pledge 2013 - Radio word hoop, hande en voete 20 300 word toe 2000 22 Nóg Vuurvasvriende in ateljee 24 Moeder, engel, als in een! 26 Francois Henning wys sy hart 28 Familiefees
Gesin 42 Sy inspirasie – Wiele 44 Haar inspirasie - Wys haar jy’t haar lief! 46 Haar inspirasie - Kerriekiep 47 Haar inspirasie - Gesonde klets op sosiale netwerke 48 Klein inspirasie – Heidi en Basjan - Lugballon
ARtikels 6 In gesprek – My 1% wonderwerkbaba: Mandi du Plooy-Baard
In breë trekke 10 11 12 13 28 29
Watter taal praat jy? Gevaarlike preke? Ooreet Min kan BAIE wees Leiergeloof Inspirasie
Angus Buchan se dagstukkies Lees Johannes 14:25-31
Die soeke na vrede
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” - Johannes 14:27 Die hele wêreld soek na vrede. Dit is baie kosbaar. Wanneer ek dink wat dit beteken om vrede te hê, dink ek aan my perd, White Socks. Sy weet wat ware vrede is. Jy sien, sy het geen vrees nie. Sy vertrou my geheel en al, want sy ken my. Ken jy vir Jesus op so ’n manier dat wanneer Hy by jou is, jy geheel en al vrede het? Jy sien, sommige mense soek vrede op al die verkeerde plekke. Hulle soek vrede in dwelms, drank en materiële besittings (om net ’n paar te noem). Jesus sê in Johannes 16:33: “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (’n ander weergawe sê: “ ... moenie moedeloos word nie ...”). Ek dink dit is ’n denkfout as mense jou vertel as jy na Jesus toe kom, sal al jou probleme verdwyn (“... In die wêreld sal julle dit moeilik hê ...”). Kom na Jesus en Hy sal vir jou Sy vrede gee. Jy sien, vrede kom deur tyd saam met God deur te bring. Wanneer ek terugkeer huis toe, nadat ek op ’n bedieningsreis was, saal ek my perd op en ry ons deur my groen “katedraal” (plaas). Soms vergesel die hond ons. Op my perd se rug baai ek in die heer-
likheid van God. Ek dank Hom vir die mense wat na Christus toe gekom het; diegene wat genees is; gesinne wat na Jesus teruggekeer het en die vrede wat nou in hulle huise heers. Ek doen dit! God sê: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die
As jy vandag ontsteld is, konsentreer op Hom, dan sal jy vrede ervaar. Hy is die Vreedsame Een wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Johannes 14:27). Jy sien, my liewe vriend, jy hoef nie vrede te soek nie. Jesus is altyd by jou; Hy is jou vrede. As jy vandag ontsteld is, konsentreer op Hom. Jy sal vrede ervaar, want Hy is die Vreedsame Een. Gebed: Vader, Ek dank U dat U die Een en enigste God is – daar is niemand soos U nie. Ek is so dankbaar dat ek te midde van die onstuimigheid van die lewe, volmaakte vrede kan ken as ek in Jesus – die Vreedsame Een – bly. Amen.
Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za Julie 2013
1
My Indruk
D
Onsosiale kitsklets
alk stem jy saam: Die gebruik van hedendaagse kommunikasiemetodes is ernstig onder verdenking! Let wel, ek beweer nie dat die apparate en die tegnologie bevraagteken word nie, maar die manier waarop mense dit gebruik. Kom ek stel dit duideliker. Hedendaagse en sosiale netwerkkommunikasie is hier om te bly. Punt. Wat jy en ek daarmee doen, hoe ons dit gebruik en veral hoe ons toelaat dat dit gebruik word, bepaal of dit ’n wonderlike hulpmiddel of ’n asosiale euwel is. Dit sal voorts bepaal of ons kinders en kleinkinders in die toekoms weer ordentlik met mekaar sal kan kommunikeer of nie. Kom ons wees eerlik. Ek kan my nie die lewe voorstel sonder selfone en die internet nie. Dit maak kommunikasie soveel makliker en veral die internet breek nuwe wêrelde vir ons oop. Maar dis juis hier waar mense dikwels vasskop teen die versteekte en minder versteekte euwels wat sosiale netwerke mag meebring. Ek is oortuig dat baie mense net daarteen skop omdat hulle lank reeds nagelaat of vergeet het hoe om dissipline te handhaaf, sowel wat hulle kinders as hulleself betref. Laat jy jou kind byvoorbeeld toe (of doen jy dit self) om in geselskap te sit en SMS? Dit beteken dat jy blatant met iemand anders klets terwyl daar met jou gesels word. Dit is bloot ongeskik en swak maniere! Maar omdat die internet nie net goed is nie, beteken dit beslis ook nie dat dit as ‘sleg’ gebrandmerk moet word nie. ’n Vuurwapen kan byvoorbeeld gebruik word om jouself mee te verdedig, om te jag, om sport mee te beoefen, om
2
Julie 2013
as ornament uitgestal te word…. of om iemand mee te vermoor. Vuurwapens is dus nie die probleem nie – mense is! Net so kan jy ’n voertuig verantwoordelik gebruik, of roekeloos jaag en mense se lewens in gevaar stel. Verder het ons mos die gewoonte ontwikkel dat alles wat jy per e-pos uitstuur, vandag nog beantwoord moet word. Vir my is daar ietwat van ’n arrogansie in so ’n verwagting. Diepsinnige antwoorde raak al hoe minder belangrik. Om behoorlik oor ’n saak na te dink, is nie meer belangrik nie – solank jy net onverwyld ’n antwoord kry. En dan praat ek nie eens van almal wat op álles ’n antwoord verwag nie. Selfs elke Facebook- of App-opmerking of foto móét net eenvoudig ’n ‘oee’ of ’n ‘aaa’ of een of ander gepaste opmerking ontvang, anders word mense liederlik ongelukkig. Ai! Ek verneem juis die jongste gier is dat sommige jongmense nie meer met mekaar praat as hulle ’n verhouding ver-teken breek nie – stuur glo net ’n en dis klaar! Is dít werklik moderne kommunikasie? Die woord ‘modern’ beteken tog sekerlik iets byderwets wat mense iets ‘beter’ laat dink en doen... Ek ys as ek dink hoe oppervlakkig en verwronge ons kommunikasie nog kan raak. Wat bly oor? Kitsverhoudings? Kitsgodsdiens? Kitsgebede? (Lees ook artikel oor ‘Gesonde klets op sosiale netwerke – wat ouers behoort te weet’)
Marius du Plooy Redakteur
JULIE 2013
selfone * internet * tablette * twitter facebook * apps * selfone * internet * tablette Praat
Só word
hemeltaal
min baie
Hande en voete
van Jesus
Wat ouers moet weet – SOSIALE NETWERKE
My baba is ’n
G t ydR AT I skr S if
Ar
ti
bl. kel op wonderwerk 6 – Mandi du Plooy
Redaksie InDRUK gebruik vrywilligers as verslaggewers en medewerkers – onafhanklike skrywers met onafhanklike menings. Hoewel ons met groot sorg te werk gaan, is die inhoud van alle artikels nie noodwendig in ooreenstemming met standpunte van InDRUK of Radio Tygerberg nie. Redakteur Marius du Plooy Beleid Hardus Zevenster Taalversorging Riaan Cruywagen Sedrick Taljaard Ontwerp Tenille Swanepoel Amor design Hooffotograwe Etienne Janse van Rensburg Pierre Coetzee Advertensies Charmaine Boshoff charmaine@104fm.org.za 082 066 5675 Uitgewer 104 Publications Drukwerk Paarlmedia Cape Verspreiding On The Dot – 021 528 7920 Kommentaar & artikels marius@fundipro.co.za permanente Medewerkers Angus Buchan Carl Kritzinger Ettienne Smith Jeanette Kritzinger Lorrein Katzke Louis Awerbuck Luané Janse van Rensburg Reinier Matthee Riana Hanekom Sedrick Taljaard Suleen Hamman Ander medewerkers by artikels Radio Tygerberg 0861 104 104 www.radiotygerberg.co.za
Leer die kleinspan
speel-speel van Jesus Jesus n a v e k r e w r Die wonerludiseterstories vir klein oortjies en ander lekk
R85,00
uit ’n CD esus bestaan J n a v e rk e e en ’n Die wonderw wonderwerk e s s u s e J r o so e. met 15 storie van elke stori te n re p t e m inkleurboek rs erp vir kinde Spesiaal ontw ud. ar o van 4 tot 6 ja
My Bybelbelof
tes
50 Bybelbeloftes vir haasbekkies m et rooimiere R70,00 Leer jou kinder s met behulp va n 50 handaktiwiteite op ’n praktiese manie r om te verstaan dat die H ere elke kind liefhet en below e om in alle omstandighede vir hulle ’n Vriend te wees. Spesiaal ontwer p vir kinders van 3 tot 7 jaar oud.
Met jou doop R44,50
Hierdie geskenk- en leesboek is ideaal vir ouers met die doop van hulle kind(ers), asook vir ouers wat vir kleiner kinders van hulle doop wil vertel. t Harde kartonboekie wat klein handjies kan weerstaan. t Eenvoudige teks wat God se verbintenis met ons en ons kinders met die doop verduidelik. t Kleurvolle illustrasies t Vir voorlees en selflees (vir 4-8 jaar).
t Ideale geskenk wat kerkrade vir doopouers kan gee. t Gegrond in die gereformeerde tradisie.
Vir meer inligting en produkte, besoek ons e-winkel by www.bybelmedia.co.za Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za Geen posgeld betaalbaar nie. Bestellings kan op jou gemeenterekening geplaas word.
Jou Indruk Rina van Rooyen van die Strand skryf:
Mnr. H. Kitshoff van Stellenbosch is ’n gereelde luisteraar van Radio Tygerberg en skryf:
Te trots om
Vandag
te erken
hulle is trots
E
k sal nooit die dag so ’n paar jaar gelede vergeet toe ek op my laaste was nie. Ek was besig om deur ’n baie bitter egskeiding te gaan. Ek en my seun (toe drie jaar oud) het in ’n motorhuis gebly, want ek kon niks beter op daardie tydstip bekostig nie. Ek het aan Radio Tygerberg ’n e-pos gestuur en gevra om hulp. Nou moet julle mooi verstaan – ek is ’n trotse vrou en hulpvra was die allerlaaste uitweg. Ek was in daardie stadium vasberade om te wys EK KAN. Ek het egter vinnig besef ek kan NIE, en enige hulp sou welkom wees – klere vir my seun (gebruik of nie), kos, gebed, ENIGIETS. ’n Dame van Radio Tygerberg het my ’n week later laat weet hulle het in die kantoor ’n geldinsameling gehou en ek kon die ‘pakkie’ kom oplaai. Ek het ná werk in my motortjie geklim (wat ek nou nog glo met die bolle swart rook verantwoordelik was vir die gat in die osoonlaag) en met my laaste petrol na Radio Tygerberg se kantore gery.
Ek het nie kos vir die aand gehad nie en het nie geweet hoe ek my kind sou voer nie… en toe gee hulle vir my ’n koevertjie met R600 daarin! Dit klink miskien vir iemand wat geld het nie na baie nie, maar daardie dag toe ek terugstap motor toe, het ek eers op my kniëe gesak (wie gekyk het, weet ek nie, en ek het ook nie omgegee nie) en net gesê: “Dankie God, dankie God!” Ek het in my lewe nog nooit soveel liefde in een koevert ervaar nie. Radio Tygerberg het daardie dag net weer eens aan my bevestig NIKS IS ONMOONTLIK DEUR GOD WAT ONS KRAG GEE NIE. Ek het ook geleer die rede waarom trots so ’n groot sonde is, is omdat dié wat trots is, te trots is om dit te erken. Al bly ek nie nou in ’n vyfslaapkamerhuis en ry ’n luukse motor nie, kan ek getuig van God se liefde in my en om my, van Sy genade ELKE dag en dat ek kan sê EK is ’n kind van God en op Hom sal ek my huisie bou.
Ek het in my lewe nog nooit soveel liefde in een koevert ervaar nie.
4
Julie 2013
Ek het vanoggend vroeg wakker geword, opgewonde oor alles wat ek vandag kan doen voor die horlosie om middernag slaan. Ek het vandag pligte om na te kom. My werk is om te kies watter soort dag ek gaan hê. Vandag kan ek kla omdat die weer reënerig is, of ek kan dankbaar wees dat die gras gratis water kry. Vandag kan ek hartseer wees omdat ek nie meer geld het nie, of ek kan bly wees dat my finansiële posisie my aanmoedig om my inkopies verstandig te beplan en my weerhou van vermorsing. Vandag kan ek oor my gesondheid kla, of ek kan verheug wees dat ek lewe. Vandag kan ek treur omdat rose dorings het, of ek kan juig omdat dorings rose het. Vandag kan ek rou oor my gebrek aan vriende, of ek kan opgewonde ’n soektog begin na nuwe vriende. Vandag kan ek kla omdat ek moet gaan werk, of ek kan juig omdat ek ’n werk het om te doen. Hoe vandag sal wees, hang van my af. Ek kan kies watter soort dag ek sal hê. Psalm. 118:24: Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.
K o m va a r sa a m m et on s!
Julie 2013
5
In gesprek
Mandi
du Plooy-Baard:
My 1%
-wonderwerkbaba “Laat niemand ooit weer twyfel nie. Wonderwerke is ’n werklikheid!” Dis die woorde waarmee die aktrise Mandi du Plooy (Baard) die onderhoud met Indruk begin. “Die enigste ding wat ons van wonderwerke weerhou, is geloof.” Mandi, wat jare lank die rol van Lara in Egoli vertolk het, gereeld op kykNET as veldaanbieder van Kwêla en onlangs ook in 7de Laan as die speurder Elna gesien word, sê haar wonderwerkstorie begin meer as drie jaar gelede. “My kans om natuurlik swanger te kon raak was 1%. Nadat ons in vitro en ALLES probeer het en steeds onsuksesvol was, was my hart gebroke. My gemoed was teen die grond en my geloof en lewensvreugde stadig maar seker besig om te verbrokkel. Ek was opstandig en moedeloos. “Dit is die soort situasie wat jou op jou knieë dwing! Na al die teleurstellings was al ons moontlike opsies opgebruik. 6
Julie 2013
Dis toe dat ’n vriendin vir my gesê het dat sy ’n droom gehad het en voel dat God vir haar opdrag gee om my mee te deel dat ek rustig en tevrede moet word, en dat ek op 28 Januarie 2013 nuus sou ontvang wat dit makliker sou maak. Ek was steeds effens opstandig omdat ek glad nie gereed óf bereid was om tevrede te wees nie. Ek was nie van plan óf gereed om ‘te aanvaar’ nie. Ek en my man, Schalk, het besluit om die volgende vlak van gebed en geloof te betree en om NIE moed op te gee nie! Op 28 Januarie het ek verneem dat ek swanger is – sonder enige mediese hulp! Ek is swanger met ons wonderwerkbabatjie!
Wat van almal wat vir jou gesê het: “Ontspan net, man, dan sal als vanself regkom”? Ek wou mal word. Ek besef mense het
nie sleg bedoel nie en mens waardeer die omgee, maar ek voel tog dat ons almal meer bewus moet wees van onvanpaste en onsensitiewe raad. My reaksie was naderhand bietjie onnodig fel: “Regtig? Sal jy asseblief vir my die knoppie wys wat ek kan afskakel?”
Mense hanteer moeilike en sensitiewe situasies soos sukkel met swangerskap op verskillende maniere. Hoe het jy dit hanteer? Sjoe, dit is ’n moeilike vraag met ’n LANG antwoord. Ek dink nie daar is noodwendig één manier waarop ek dit hanteer het nie. Dit is só ’n ‘roller coaster ride’ wat veroorsaak dat jy eendag vreeslik positief kan voel en net die volgende dag val jou moed weer tot in jou skoene. Die verskillende hormone wat tydens behandeling op ’n onnatuurlike manier in jou liggaam ingedwing word, help
natuurlik glad nie vir die wipplankwarboel van emosies nie. Ek glo net dat mens nie jou gevoelens moet wegsteek en in ’n boksie bêre nie. Deel álles wat jy voel met die mense wat die naaste aan jou is – wat jy met jou hart eerlik vertrou. Daar was soms dae dat ek woedend was – vir God ook. Ek het gevoel dat Hy onregverdig is, aangesien ek dit nie verdien nie. Maar dan was my teenvraag die volgende oomblik – WIE KAN OOIT IETS BY GOD VERDIEN? Dan was daar weer tye dat ek jaloers was op die mense om my wat met hulle bondeltjies vreugde kan speel. Ek moes hard met myself baklei om nie hulle vreugde en geluk van hulle weg te wens nie! En dan was daar tye dat ek skuldig gevoel het, omdat dit my ‘skuld’ was dat ek nie swanger kon raak nie. Ek het gevoel asof ek ’n reuse-droom van my man wegsteel. Wat my met al hierdie warboel van emosies gehelp het, was die mense om my. Wanneer ek eerlik met ’n oopgeskeurde hart vir hulle presies vertel het hoe ek voel, het hulle my ondersteun, saam met my gebid en my weer nuwe perspektief gegee in donker tye.
Gesels met my oor gesinsbande. Dis ‘priceless’! Ek weet nie wat ek sonder my familie sou doen nie. Hoewel my familie almal in die Kaap is, het ons ’n baie hegte band en as ek Kaap toe gaan, bly my hoogtepunt steeds die Sondagmiddagete saam met my manlief, ouers, ouma, twee broers en skoonsussies (wat maar eintlik my sussies is). En nou, met almal se kinders en hondekinders, is ons net een lekker groot jolige gesin. Gesinsbande was nog altyd vir my uiters belangrik, maar in die afgelope drie jaar se moeilike tye het mens daardie waarde opnuut weer besef. Om net te kan wéés by die mense wat jou die heel beste ken, verstaan en jou onvoorwaardelik liefhet, is kosbaarder as enige besittings. My gesin is vir my beslis die steunpilare in my lewe en sonder hulle is ek niks!
sussies wat my in die heel moeilikste tye dra en saam met my die wonderlike geleenthede vier. Toe ek al my vriende op 28 Januarie bel om die nuus van my swangerskap te vertel, was hulle reaksies regtig ongelooflik. Ek het net weer besef wat die waarde van vriendskappe is en hoeveel ons letterlik in mekaar se lewens belê. Ons vriende is ons brandstof, die mense wat ons verantwoordelik hou vir wat ons beloof het, wat ons help groei in ons geloofslewe en wat saam met ons die paadjie van die toekoms stap – tree vir tree bou ons saam onvergeetlike herinneringe wat ek vir niks sal verruil nie.
Hoe belangrik is die rol van humor in die lewe? Sommige mense glo “an apple a day keeps the doctor away”. Dit is my standpunt oor LAG. Daar is niks wat my so gou in ’n goeie bui kan kry soos ’n lekker lagsessie nie. En as ek ander mense sien skaterlag, begin ek sommer saam lag, al weet ek nie wat die grap was nie. Ek was al woedend vir Schalk en dan het hy my op een of ander manier aan die lag gekry en net daar word die hele bakleierige, somber atmosfeer omgeswaai. Dis goed vir mens se siel en gesondheid en ek weet regtig nie wat die lewe sonder humor en lag sou wees nie – ek vermoed baie donker! Ek kan vir báie dinge lag – soms onvoorspelbare dinge. Daar is selfs tye dat ek in onvanpaste situasies lag, want sodra ek onder druk raak, hanteer ek dit met ’n giggel – wat nie noodwendig altyd so goed verloop nie. Ek lag ook vir mense en myself as ek ’n dom ding aanvang. My vriendin Selmarie het altyd die snaaksste sêgoed en sy besef gewoonlik eers na die tyd wat sy pas kwytgeraak het. Dan kan ek sommer ure lank daaroor lag. Ek kan ook baie maklik op stel tydens TV-opnames aan die lag raak vir iets snaaks. Ek kan bitter min my ‘pose’ hou.
Maar ek het myself al lekker in die voet geskiet. Ek het dikwels op die stel van Egoli vir mense poetse gebak, en sodra ek hulle reaksie sien, was ék die een wat uitbars van die lag en dan beland ek self in die moeilikheid.
Watter drie soorte werke sal jy graag wil doen? q Ek sal ’n prokureur wil wees soos ons hulle in die flieks sien – iemand soos Tom Cruise in “A Few Good Men” en dan wil ek ook al die skurke vastrek en tronk toe stuur. q Ek wil in enige romantiese komedie teenoor Gerard Butler speel (hoop nie Schalk lees dié nie). Ek sal graag in een briljante dramatiese Hollywood fliek wil speel – iets so goed en tydloos soos “Shawshank Redemption”. q Om in ’n finansiële posisie te wees waar jy reeds genoeg het om jou rekeninge te betaal en dan net werk kan doen wat ’n verskil in mense se lewens maak en mense te bemagtig. Dit moet die mees vervullende gevoel ooit wees.
As akteur vertolk mens die rolle van karakters. Hou dit nie ’n gevaar in dat mens in jou ‘ware’ lewe ook rolle kan speel en vergeet wie en wat jy self regtig is nie? Ek dink dit kan beslis gebeur, maar nie sommer as jy jou met die regte mense en die werklikheid omring nie. Ek dink ook dis moontlik moeiliker vir groot Hollywood-akteurs wat hulleself sterk moet oriënteer in moeilike en soms buitensporige karakters wat hulle dan maande lank vertolk. Ek was gelukkig nog nooit in ’n situasie waar ek ’n karakter vertolk het wat my hele wese totaal ingesluk het nie.
Ek was kwaad vir die Here. Ek het gevoel asof ek my man se droom van hom wegsteel
En wat van vriendskappe?
Ek hoor jy maak graag ander mense skrik?
Ek wens ek het die ruimte gehad om al my vriendinne en vriende op te noem. Hulle is my ander boeties en
Dit loop weer eens hand aan hand met die humor en lag van die lewe. Alles hoef regtig nie so ernstig te wees nie.
Wie is die regte Mandi? ’n Gelukkige, geseënde en dankbare meisie met wonderlike vriende, familie en ’n engel van ’n manlief! Ek het die Here lief en daarom is elke dag ’n seën wat nuwe, wonderlike moontlikhede inhou. Ek is positief en raak soms kinderJulie 2013
7
Mandi tydens ’n Kwêla-opname
lik opgewonde oor die klein dingetjies in die lewe – soos sjokolade, verjaarsdae, Kersfees en geskenke. Ek is dol oor mense en diere (veral my Jasper- en Oskar-hondekinders)… en met die klein mannetjie in my maag het ek ’n nuwe passie ontdek waar ek mense wil herinner aan die wonderwerke wat elke dag om ons gebeur. Die regte Mandi praat baie (my broers sal sê: ‘Hopeloos te veel!’) en ek lug soms my mening te hard en duidelik. Ek geniet ’n goeie argument (veral met my pa), maar wil hoofsaaklik omring wees met gelukkige en liefdevolle mense.
Praat bietjie oor die rol van ’n man en vrou in ’n huwelik. Ek dink elke huwelik verskil. In ons huwelik is ek die grootmond wat eerste ’n argument sal begin en ander mense se ‘battles’ namens hulle veg, maar Schalk is die een wat my voete op die grond hou. As my kop weghardloop of as ek onrealisties en onredelik raak, sal hy my herinner aan wat waar is. Wanneer die teenoorgestelde gebeur, is ek weer daar om in sý oor te fluister. Ek dink dit som die rolle van man en vrou op – om balans in die lewe te handhaaf en mekaar op so ’n manier aan te vul dat julle die heel beste span vorm en die beste in mekaar na vore bring. Die grootste rol van man en vrou is respek vir mekaar. En waar daar wedersydse respek is, kan enigiets en alles opgelos word en kan mens in harmonie streef om die beste span te wees.
Hoe kry mens probleme en misverstande in ’n huwelik uit die weg geruim? Kommunikasie. Kry ’n struikelblok dadelik uit die pad, want eers is dit net ’n simpel bakleiery waaroor mens tien teen een 8
Julie 2013
Oskar, Schalk, Mandi en Jasper
Sonder ’n verhouding met ons Hemelse Vader sal my lewe leeg wees! gaan lag. Hoe langer jy egter wag om dit op te los, hoe groter is die kans dat dit môre ’n ‘issue’ is en die spreekwoordelike sneeubal word.
Waar is die beste en lekkerste plek om vakansie te hou? Dit hang af watter soort vakansie dit is. ’n Kort wegbreek – veral in die winter: ’n Seletwane-houthuisie in die hartjie van die Drakensberge. Vir ’n langer vakansie in Desember bly die see darem net bobaas. En enige ander wintertyd in Europa is ’n sneeuskivakansie ’n absolute wenner.
Waar sou jy graag wou bly as dit moontlik was (hier of die buiteland)? Nooit in die buiteland nie, tensy ek ál my mense kan saamneem! So, dit sal in SuidAfrika wees. Die antwoord is maklik: In die KAAP! My hele familie is in die Kaap, ek het wonderlike vriende daar. Verder is ek ’n groot WP-ondersteuner, ek is dol oor die see, rooiwyn, berge en kaggelvuur.
Hoe belangrik is sport? Sport is fantasties. Ek en Schalk is albei groot sportliefhebbers en ek hoop my kinders sal ook dieselfde liefde vir sport hê. Jy hoef nie briljant in iets te wees om die
waarde daarvan te besef nie. Ek dink dit leer mens om saam te werk (spansporte), dit leer mens om nederig te bly in oorwinnings en om eerbaar te wees wanneer jy verloor. Terselfdertyd leer dit mens om lojaal te wees en om op ’n gesonde wyse met mekaar te kan meeding.
Jy het vertel van die wonderwerk met die baba wat op pad is, maar gesels bietjie oor Godsdiens, kerklike gewoontes en ‘ n persoonlike verhouding met Jesus. ’n Persoonlike verhouding met Jesus is ononderhandelbaar en álles! Kerklike gewoontes en byeenkomste is wonderlik en belangrik, maar dis steeds mense en ons almal maak foute. Jou verhouding met God is wat jou elke dag van jou lewe lei. Die mense, pastore, leraars en ander in jou geloofsgemeenskap is die mense wat jou help groei, verantwoordelik hou en jou soms uitdaag. Sonder ’n verhouding met ons Hemelse Vader sal my lewe leeg wees!
Hoe weet mens as jy ’n persoonlike verhouding met Jesus het? Jy wéét dit net. Dis daardie diepste diep en kosbaarste vriendskap wat jy ooit sal
ervaar. Jy hoef nie net te bid tydens jou daaglikse Bybelstudie nie. Jy kan enige tyd van die dag of nag met God praat – Hy luister permanent. Dis soos die vertrouensverhouding tussen ouer en kind. Dis ook nie ’n moeilike ding nie, maak net die deur oop, praat met Hom, want Hy luister.
Wat is die beste manier om jou Christenskap te bewys? ’n Baie bekende aanhaling is: “Preach the Gospel always. If necessary, use words.” Dis belangrik om te verkondig, maar die heel beste manier is om so te lééf!
Het jy, toe jy klein was, ook gedroom dat jy ’n prinses was? Ha ha, ek dink nie so nie. Ek dink ek het dalk een Barbie-pop gehad. As mens saam met twee ouer boeties grootword, vervang rugby en krieketballe al die poppe en pienk krone!
Wat onthou jy van jou kleintyd wat spesiaal was? Die kere dat my twee boeties nie teen my saamgestaan het nie en een van hulle mý kant gekies het, was superlekker. Een spesifieke voorval was toe ek en ons middelbroer, Marius, vir ouboet Johann by die huis uitgesluit het. Ons het toe skielik onthou dat die voordeur oopstaan en toe ons die deur toeslaan en met ’n besem wou toedruk, skop Johann die deur oop met ’n besemstokgat dwarsdeur die deur. Net daar het ’n wonderlike trio uit ons vyandskap ontstaan en het ons plan gemaak om die deur te red sonder dat Mamma en Pappa dit agterkom. Ons ouers het eers eendag lánk daarna gesien dat ’n blokkie in die deur ’n ander kleur as die res van die deur was.
Jy was (is) nou al akteur en jy is aanbieder by Kwêla. Wat verkies jy – akteur of aanbieder? Kan ek nie albei kies nie, asseblief? Aan die een kant is ek net myself en ontmoet die interessantste mense terwyl ek rondreis, en aan die ander kant kan ek een van my passies uitleef deur op TV ’n karakter te vertolk. Albei asseblief!
Kitsblitsvrae:
Rugby is….’n wonderlike medium om ’n span te kies waardeur jy uiting kan gee aan gesonde, lojale kompeterende drange Sjokolade is….ALLES Klere is……bietjie van ’n soort verslawing Praat is ……’n noodsaaklike basiese behoefte Musiek is…..iets wat elke bui van my perfek kan opsom Ek wil nooit…….aan ’n koringkriek vat nie As ek in die Kaap gebly het sou ek…..elke naweek met my twee woewe op die strand gaan stap het Ek is mal oor…..puppies en sjokolade
In breë trekke André de Villiers
Watter taal
H
praat jy?
et jy al mooi gedink hoe fassinerend hierdie menslike verskynsel, wat ‘taal’ genoem word, regtig is? Dit is nie net ’n kommunikasiemiddel wat ons heeldag gebruik en waarsonder ons nie oor die weg kan kom nie, maar dit word uniek gebruik deur elkeen van ons op aarde. Dit basuin uit en verklap wie en wat jy is. Ek staan altyd verstom, by wyse van spreke, as ons oor taal gesels, om te hoor hoe klein kindertjies ’n taal baasraak. Dis eintlik ’n wonderwerk. Eers net ‘mamma’ en ‘pappa’, dan ‘ta’, gevolg deur ‘myne’, wat die begin is van nuwe woorde wat dag na dag begin uitborrel. Die slim mense sê dat ’n baba by geboorte reeds 150 klanke van elke taal in die wêreld kan hoor. Op vier maande kan hy die klanke van sy taal van die ander klanke om hom onderskei. Op ses maande kan hy teoreties die klank van elke taal in die wêreld maak en op twaalf maande begin hy met mening betekenis aan woorde gee. Net so ’n rukkie hierna is die meeste kleintjies hulle taal aan die praat. Om te dink dat meer as 7-miljard mense elkeen hulle eie taal aangeleer het of besig is om dit aan te leer. Ons praat hier van minstens 7 000 tale. Deur die besondere dinamiek van die mens en taal is daar op hierdie oomblik sekere tale wat aan die uitsterf is, maar nog meer nuwes is aan die ontwikkel. Terloops, die Bybel is volledig uit die oorspronklike Hebreeus, Grieks en Aramees in sowat 518 tale vertaal. Dele van
die Bybel verskyn verder in meer as 2800 tale. Daar word ook bereken dat slegs ’n raps oor die 200-miljoen mense tale praat waar vertalings nog nie bestaan nie. ’n Mens kan dus aflei dat dit ’n groot aantal tale beslaan wat deur betreklik min mense gepraat word. Taal staan natuurlik nie alleen nie. Dit is nou verweef met elke volk se unieke kultuur, geskiedenis en omstandighede. Beïnvloeding vind plaas deur demografiese, politieke en maatskaplike faktore. Die meeste volke het ’n diepe trots vir hulle taal en alles wat daarmee saamgaan. So ook ons as Afrikaners. Ons het ’n geskiedenis van veg vir ons taal. Vir baie Afrikaners het hulle taal altyd eerste gekom.
tene, dan Afrikaners, Zoeloes, Spanjaarde of Chinese. Wanneer Paulus verduidelik hoe ons nuwe mense moet word in God, verduidelik hy dit soos volg: “Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.” – Kol. 3:11. Hoe lyk ons taal dan nou? Die woorde wat ons gebruik en die gedagtes daaragter – maak nie saak van watter taalgroep ons is nie – word gekenmerk deur beleefdheid, respek en omgee. Iemand wat nie my taal magtig is nie, moet sommer deur die woorde in ons oë, ons lyftaal en ons ‘doen’-taal God kan sien ‘praat’. Mag ons Vader ons help om ’n lewenstaal te praat waarvan Hy die outeur is: “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword”. – 1 Kor. 13:1. Dit is wonderlik om te dink dat ons as gelowiges in Christus oral ter wêreld, maak nie saak aan watter volk ons behoort nie, saam die taal van ons een, liefdevolle Vader gaan praat soos wat Johannes dit beskryf in die openbaring wat hy ontvang het: “Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan……Hulle het hard uitgeroep: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam.’” – Op. 7:9-10. Ons is nou reeds burgers van die hemel. Kom ons praat en leef hierdie taal met passie en vreugde uit.
Mag ons Vader ons help om ’n lewenstaal te praat waarvan Hy die outeur is
10
Julie 2013
Die mens as individu en sy taal is nou verweef. Luister net ’n paar minute na iemand, dan het jy reeds baie van hom te wete gekom. Suiwer taal en vuil taal, taal wat verdoem of opbou, taal wat skilder of skinder. Jou taal vertel wie jy is. Elke mens se gebruik van taal is uniek en word beïnvloed deur soveel faktore om hom. Waar pas God en ons Christenskap by alles in? Sonder dat daar enigsins fout te vind is met ’n mens se trots op nasieskap en taal, wil God tog hê dat Hy eerste kom in alles, insluitend ons taal en identiteit. As gelowiges is ons in die eerste plek Chris-
preke?
In breë trekke
Gevaarlike
S
ekere stories raak nie oud nie. Dis asof mens dit oor en oor wil vertrel. Soos dié een: Eendag merk die dominee ’n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ’n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies aan weerskante. Die sewejarige seuntjie het ’n lang tyd aandagtig na die plaat gestaan en kyk. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie en sê saggies: “Goeiemôre
my seun.” “Môre dominee,” sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. “Dominee, wat is dit hierdie?” vra hy. Die dominee antwoord: “Wel, my seun, dit is ’n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in diens gesterf het.” In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee toe voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik vra die seuntjie in ’n skaars hoorbare, benoude stemmetjie: “Watter diens, Dominee? Die agtuur- of die elfuurdiens?”
Ons inspirasie Deur Louis Awerbuck
B
aie mense is bewus van, of praat oor, die ooreetverskynsel. Daar is verder baie wanopvattings oor hoekom iemand hom of haar ooreet. Kompulsiewe ooretery se oorsaak is meestal ’n aanduiding van die persoon se geestelike toestand. Faktore soos kulturele druk, ’n geskiedenis van trauma, individuele eienskappe soos ’n swak selfbeeld, angstigheid, perfeksionisme en familiegeskiedenis kan die kringloop aan die gang sit. Dan is daar ook biologiese redes soos genetika, en mediese redes soos probleme met die endokrienestelsel. Die keuses wat mense oor kos maak, word ’n lewenswyse wat uiteindelik veroorsaak dat mense vetsug ontwikkel. Die probleem is dat dit ’n bose kringloop word. Wanneer jy jou ooreet, word sekere prosesse in die brein geaktiveer. Jou brein kry dan nie die versadigingsboodskap nie en jy ooreet, voel honger, ooreet weer, ensovoorts. Ons moet onthou dat daar ’n groot verskil is tussen mense wat gewoon te veel eet en mense wat aan ’n ooreetversteuring ly. Oprah Winfrey sê dat mense eet om ’n leemte te vul, en dit is in baie gevalle waar. Mense wat regtig diagnoseerbaar is met ooreet, het ’n voedselverslawing. Hulle gebruik kos om hulle emosies te verwerk en stres te hanteer en is in die meeste gevalle oorgewig. Dit kom bv. algemeen voor by pasiënte wat seksueel gemolesteer is. Baie van die mense beleef skuldgevoelens, voel ontoereikend en het ’n swak selfbeeld. Die ooreetsessies lei tot verdere skuldgevoelens en verswakking van hulle selfbeeld. Dit is vir hierdie pasiënte net so moeilik om ’n dieet te volg as vir ’n anoreksiese persoon om weer te begin eet. In hierdie voorbeeld gaan dit beslis daaroor om ’n leemte te vul of ’n sielkundige oorsaak te probeer verwerk. Mense wat sukkel met ’n
ooreetversteuring het herhalende ooreetepisodes en eet in ’n kort tyd meer as wat die gemiddelde mens in dieselfde tyd en omstandighede sou eet. ’n Gevoel van verlies aan beheer oor eetgewoontes word beleef. Die gevare van ooreet is baie erger as wat die meeste mense besef. ’n Mens hoor soms iemand sê: “Ek is oorgewig, maar gelukkig.” Die
met jou gemoedstoestand saamstem nie. Vetsug (wat gewoonlik voorkom by ooreetversteurings) word geassosieer met ’n verhoogde risiko vir chroniese siektes soos hoë bloeddruk, beroerte, diabetes, kardiovaskulêre probleme en kanker. Mense met vetsug kan ook sukkel met onvrugbaarheid en asemhalings- en velprobleme. Kinders kan ook hieraan ly, en dit kom al hoe meer voor. Daar is kundiges wat voorspel dat 75% van die wêreldbevolking teen 2015 oorgewig gaan wees en dat 41% van hulle aan ’n vorm van ooreetversteuring gaan ly. My raad sou wees om by jou huisdokter te begin. Enige huisdokter sal jou ondersoek en na alle moontlike mediese oorsake kyk. ’n Huisdokter behoort jou na ’n psigiater of ’n kliniese sielkundige te verwys as ’n ooreetversteuring vermoed word. Maar dit werk ook andersom: as jy ’n afspraak by ’n sielkundige maak, behoort die sielkundige jou na die regte mediese spesialiste te verwys. Die ideaal is om ooreet holisties te benader. ’n Huisdokter, kliniese sielkundige en dieetkundige is gewoonlik die beste professionele span om in jou hoek te hê. Natuurlik kan nie almal dit bekostig nie, maar dit gaan baie moeilik wees om ’n ooreetversteuring sonder professionele hulp te oorkom. In dié geval sal ’n kliniese sielkundige wat ervaring van eetversteurings in sy of haar
probleem is dat jou liggaam nie altyd
praktyk het, amper noodsaaklik wees.
OOREET
12
Julie 2013
Tipiese simptome is onder meer: q
Eet vinniger as normaalweg
q
Hou aan eet tot jy ongemaklik voel
q
Eet groot hoeveelhede kos sonder om honger te voel
q
Eet alleen, want voel verleë oor eetgewoontes
Inoorvloed
Min kan baie wees
Wanneer God saam met jou is, dan is jy regtig aan die wenkant
W
anneer jy ’n groot taak moet afhandel, dan benodig jy baie hulpmiddele, deeglike beplanning en ’n goeie span kundiges rondom jou. Reg? Verkeerd! Wel, hierdie beginsels geld nie noodwendig as jy in die Here se aardse weermag is nie. Dan is dit nie aldag nodig om die beste aardse raadgewers en militêre strategieë tot jou beskikking te hê nie. Dit leer die verhaal van Gideon my daar in die boek Rigters. Vanaf Rigters 6 lees ons van Gideon wat deur die Here uitgesoek is as die nuwe leier van sy volk. Sy opdrag is reusagtig: Gaan bevry Israel uit die mag van die Midianiete met hulle leër van 135 000 soldate (8:10). Toe gaan maak Gideon ’n klompie manskappe bymekaar – ’n hele 32 000 van hulle. Tog was die oormag van die Midianiete op papier meer as vier teen een. Gideon het dit besef. Toe gaan praat hy met die Here. Watter skok het egter nie op Gideon gewag nie toe die Here vir hom sê: “Jy het te veel soldate by jou”. Gideon se opdrag was duidelik. Hy moes al die bang soldate vra om pad te gee. Nadat hy ’n donker prentjie vir hulle geskets het, het ’n hele 22 000 padgegee (7:3). Nou was die oorwig van die Midianiete dertien en ’n half teen een! Op daardie punt sou selfs die mees geharde militêre leier oorweeg om die handdoek in
te gooi. Maar God het ander planne gehad. Gideon se weermag moes selfs nog kleiner. Die Here het daardie dag self sy soldate vir die stryd teen die Midianiete uitgesoek. Nee, dit was toe nie ’n hoogs opgeleide spesiale taakmag nie. God se keuse het geval op hoe hulle water drink. Ja, jy het reg gelees! God het die manskappe laat water drink en besluit dat die 300 mans wat water met hulle hand opgeskep het, sy gevegseenheid sou wees (7:5-7). Nou was die Midianiete se oorwig 450 teen een! Gideon se geloof as aardse aanvoerder van God se troepe is daardie dag tot die uiterste beproef. Almal in sy omgewing sou sekerlik vir hom sê hy is laf om met 300 manskappe oorlog toe te gaan teen 135 000 soldate. Maar Gideon het vasgebyt, want hy het geweet die geveg is God s’n! Maar nog was dit nie die einde nie. Sy soldate se wapens was ewe vreemd: nie spiese en swaarde nie, maar ramshorings en leë erdekruike met fakkels daarin (7:16). Later, toe Gideon vir sy soldate die teken gee nadat hy hulle rondom die Midianiete se kamp opgestel het, het hulle daarop geblaas en ’n groot geraas gemaak. Toe saai die Here verwarring onder die Midianiete sodat hulle almal in verskillende rigtings laat spat het. Uiteindelik is hulle deur die res van Israel se weermag agtervolg
en verslaan. Hoe anders as ons werk God nie? Hy stel nie belang in getalle of die heel jongste wapentuig nie. Of in die beste militêre strategieë nie. Sy teenwoordigheid is al wat saakmaak. As die Here vir jou veg, is jy altyd aan die kant van ’n hemelse oormag, selfs al staan daar ’n reuseweermag voor jou. Wanneer God saam met jou is, dan is jy regtig aan die wenkant; al lyk dit of jy die laaste oorblywende gelowige in die laaste loopgraaf op aarde is. Dan is jy tot die tande toe bewapen omdat die hemelse leërmagte van God by jou is. Vra vir Gideon!
Stephan Joubert, e-kerk.
In ons omgewing Luané Janse van Rensburg en Lorrein Katzke
Pledge 2013 D
Radio word hoop, hande en voete ...
ie tema van Radio Tygerberg se eerste Pledge vir vanjaar was HOOP en ’n beroep is op luisteraars gedoen om saam met hulle bydraes ook hulle lewens as offer van hoop te gee. Dit was weer ’n tyd van seën en getuienisse van God se goedheid. Van Maandag tot Vrydag tussen 07:00 en 22:00 het spanne telefone beantwoord, gebedsversoeke ontvang en dit dan deurgegee aan die omroepers en gaste in die ateljee. Dit was ’n opwindende tyd van gebedsbediening, maar ook van heerlike pret en samesyn waartydens elke luisteraar wat die visie van Radio Tygerberg onderskryf – om te inspireer en met die verlossingskrag van Jesus Christus ’n verskil te maak – ’n medewerker in hierdie bediening kon wees. Met die gratis instapberadingsdiens, telefoonberadingsdiens en gebedsvriende, leef die radio se Bedieningsafdeling Luk. 4:18 uit: “Die Gees van die Here is op
14
Julie 2013
My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, om die genadejaar van die Here aan te kondig.” En met die talle bedieningsprojekte word die radio se luisteraars die arms en voete van Jesus wat verder kan uitstrek na hulle in nood as wat enige individu kan doen. Vuurvas, Radio Tygerberg se bekroonde middagprogram, het tydens hulle Pledge-skof elke dag ’n ander gas in die ateljee verwelkom wat deur Radio Tygerberg hoop ontvang het. Eerste aan die beurt was David Jacobs, nasionale strategiese projekbestuurder van Stop Hunger Now SA. Hy het onder meer die mooi verhaal vertel van ’n dogtertjie wat in ’n plakkershut grootgeword het. Toe daar vir haar gevra is wat haar grootste droom
is, was haar antwoord dat sy eendag in ’n huis wil bly waar elke vertrek ’n venster het wat na buite kan uitkyk. Hy het Radio Tygerberg vergelyk met daardie dogtertjie se droom, omdat die stasie – soos hy dit gestel het – “vensters van geleenthede” bied aan individue, instansies en organisasies. Marisa Theart, ’n lojale luisteraar, het op haar beurt vertel dat haar radio van vroegoggend tot laatmiddag op 104FM ingeskakel is. Marisa se verhaal uit die hart het ons laat trane afvee terwyl sy vertel het hoe die Here keer op keer vir haar gesin finansieel gesorg het. Die vorige maand is daar geld in haar sluimerende bankrekening inbetaal deur ’n onbekende bron wat hulle deur die maand gehelp het. “Ons het geweet dis ons Hemelse Vader wat vir ons gesorg het... en altyd sal sorg!” was Marisa se woorde. “Nie als is 100% in ons lewe nie, ons almal sukkel daagliks met twyfel, maar solank ons weet wie
ons Vader is, weet ons alles sal op die ou einde reg uitwerk.” ’n Leerling van Boishaai in die Paarl, Stefan Rossouw, was Woensdag aan die woord. Hy het sy paadjie saam met Radio Tygerberg 104FM in 2012 begin stap. Hy is ’n uitblinker in krieket en danksy ons luisteraars se oop harte en hande, het Stefan ordentlike toerusting en finansiering ontvang vir ’n goeie skool- en krieketloopbaan. Stefan is ’n jongman met baie motiverende verhale, ’n ware inspirasie vir ons as volwassenes. Hy het opgewonde met ’n dankbare hart vertel hoe ’n mens net op God moet vertrou… uiteindelik is Hy die enigste een wat jou hart ken én jou SAL help. Nog ’n positiewe lewensverhaal het gekom van Kenny Simon, ’n musikant en lof- en aanbiddingsleier. Hy het vertel dat hy op ’n jong ouderdom vyf jaar gelede ’n beroerte gehad het wat die regterkant van sy liggaam verlam gelaat het. Kenny het gebid en gesê: “Lord, you called me to sing, and in this state it is impossible to praise Your name...please heal me...” Binne ses maande het God hom volmaak genees! Die Here is in beheer van ons almal se lewens. Leani Jansen van Vuuren, publisiteitsbestuurder by Struik Christelike
Mitchell’s Plain
Alles gebeur nie net in die ateljee nie. Daar is ook by luisteraars in Mitchell’s Plain gaan kuier. En die gure weer en stortreën het nie die getalle of geesdrif by die buite-uitsending in die Liberty Promenade Mall gedemp nie. Vir Radio Tygerberg het dit ook weer beklemtoon hoe mense smag na die waarheid van Jesus Christus en die boodskap van hoop. Regs is twee luisteraars, Ann en Patricia van Mitchell’s Plain, saam met Lorrein Katzke. Sedrick Taljaard, Radio Tygerberg se inhoudbestuurder, vermaak luisteraars op die trekklavier by die Pledge-uitreik in Mitchell’s Plain.
Bo: Die omroeper Denise Williams (2de van links) skerts by die Pledge-uitreik in die Promenade Winkelsentrum in Mitchell’s Plain tot groot plesier van haar kollegas (van links) Karien Basson (Vuurvas), Rouchelle Liedemann (Oggendrooi), Etienne Piek (bedieningshoof), Rachel Abrahams (verkope) en Anton Brink (Oggendrooi).
blaai om
Julie 2013
15
“Omdat God haar hand vashou en die een is wat haar lei” Media, het die Vuurvas-Pledge-span se Donderdag kom ophelder. Leani se hoopvolle verhaal het vertel van ’n jong egpaar wat van Gauteng na die Kaap verhuis het. Met die negatiewe nuus dat werk min is in die Kaap, het Leani nie veel verwag nie. Toe daag God op en maak vir haar binne vier weke deure oop by Struik. “By God is niks onmoontlik nie…” was haar laaste woorde aan ons luisteraars. Vrydag 31 Mei was dit boonop “Blind Buddy-dag” en Heidi Volkwijn van LOFOB (The League of Friends of the Blind)
het in die ateljee kom kuier en gesels oor Radio Tygerberg104FM en LOFOB se spanwerk om hulp in die Kaap te verleen. Heidi het op die ouderdom van 17 jaar blind geword. Niks het haar egter gekeer om so normaal moontlik te leef nie. Sy is die vrou van ’n wonderlike man en ma van ’n tienerdogter. Met al haar kwalifikasies en buitengewonde vermoëns is Heidi nie iemand wat terugdeins vir ’n uitdaging nie. Die rede? “Omdat God haar hand vashou en die een is wat haar lei.” En so, teen die einde van Pledge-week, was daar weer dankbare harte propvol
hoop… dankbaar vir elke lewe wat deur die hoop in Christus verander is, wat nou ’n instrument is wat die hoop verder die wêreld kan indra en lewens radikaal verander. Ons is geroep om hoop te spreek en hoop te leef! En daarom was hierdie Pledge-week ’n geleentheid om die Here te dank vir die hoop wat in mense se lewens deurgebreek
blaai om
Pannekoekpledge! Toe kom ‘pledge’ Ryno Bester van La Vie Est Belle wat ook die sjef is by onder meer die Durbanville Aftreeoord, saam met sy personeel pannekoekbestanddele en hulle tyd. Elkeen wat ’n finansiële belofte of inbetaling by Radio Tygerberg se kantore kom maak het, is toe sommer met ’n varsgebakte pannekoek beloon.
16
Julie 2013
Julie 2013
17
het, maar ook om Radio Tygerberg in staat te stel om daardie hoop verder die Wes-Kaap in te dra. “Gee vryelik aan jou broer wat arm is, en moenie sleg voel omdat jy vir hom gegee het nie, want juis omdat jy vir hom gee, sal die Here jou God jou voorspoedig maak in alles wat jy doen en aanpak.” (Deuteronomium 15:10) Vir twee weke van die jaar word ons daaglikse programme vervang met ’n geseënde tyd van gebed, bediening en beloftes wat gemaak word – Radio Tygerberg se Pledgeweek! Aan almal wat mildelik bygedra het, uit oorvloed of armoede, ’n reuse-dankie en die versekering dat Radio Tygerberg sal aanhou met die onvervalste verkondiging van die Goeie Nuus-boodskap.
Pledge-gaste kom praat oor ‘maak ’n verskil’
Die Vuurvas-span (Anton Treurnich, Karien Basson en die Pledge-aanbieder Ettienne Marais) het in die Pledge-week talle gemeenskapsleiers en projekvennote van Radio Tygerberg ateljee toe genooi om uit te vind wat die uitwerking van verskeie gemeenskapsprojekte was en wat vir die toekoms beplan word. Regs: David Jacobs (regs), nasionale strategiese projekbestuurder van Stop Hunger Now SA, tydens pledge-week in die ateljee om te vertel watter impak hierdie projek op die gemeenskap gehad het. Dit was juis die projek waarvoor Radio Tygerberg die MTN-toekenning vir die beste gemeenskapsprojek ontvang het.
Regs: Leani Jansen van Vuuren, publisiteitsbestuurder by Struik Christelike Media, het die VuurvasPledge span en luisteraars se dag kom ophelder! Struik Media het 80 kopieë van Cross Roads (Wm Paul Young - skrywer van The Shack) geskenk vir mense wat ’n pledge van R500 of meer gemaak het.
18
Julie 2013
Links: Die krieketuitblinker, Stefan Rossouw, wat in Oggendrooi bekend geraak het, in die Vuurvasateljee.
Links: Heidi Volkwijn van LOFOB (The League of Friends of the Blind) en haar man, Barry, het op Blind Buddy-dag in die ateljee kom kuier en gesels oor Radio Tygerberg en LOFOB se spanwerk.
Julie 2013
19
In ons omgewing Luané Janse van Rensburg
Hier staan ons eie Benescke Janse van Rensburg saam met al die ander duisende mammas en babas in afwagting van die pram jam om te begin.
300 word toe
2 000! Oggendrooi en Vuurvas takel mekaar
O
ns weet nie wat pa’s van kinders grootmaak af weet nie, maar ons weet nou hoe goed hulle met pram-stoot is! Met die Huggies Pram Jam wat by die Liberty Promenade in Mitchell’s Plain plaasgevind het, het die twee Anton’s besluit om self te wys hoe dit gedoen word! Dit het gevolg ná ’n veldtog op Radio Tygerberg waarin alle ma’s uitgedaag is om hulle peuters nader te trek, in ’n stootwaentjie te sit en hulle na die Liberty Promenade Winkelsentrum te haas vir die Huggies Pram Jam. Tonne lekker pryse en geskenkbewyse was op die spel. Radio Tygerberg se Benescke Janse van Rensburg en Dawn Matthews van Scandal was ook daar met hulle
20
Julie 2013
baba’s. Anton Treurnich het egter een middag in Vuurvas sy ‘ontevredenheid’ uitgespreek teenoor sy mede-aanbieder, Karien Basson. “Jong, daar is dit alweer! Net die mammas word ingesluit. Wie sê ons pa’s wil nie ook aan die Pram Jam deelneem nie? Ek wil ook met ’n stootwaentjie gaan jaag en ’n verskil maak!” Net daar daag hy toe vir Anton Brink van Oggendrooi uit vir hulle eie pram jam. Die twee se seuns is byna ewe oud en hulle twee kon sommer in die parkeerarea voor Radio Tygerberg sake uitspook. Anton Brink is altyd gereed vir ’n uitdaging en hulle besluit toe om dit vir ’n goeie doel te doen. Luisteraars kon
Die Antons maak litte los
speel-speel met weggooidoeke en babakos wed watter Anton koning sou kraai. Anton Oggendrooi Brink het toe met ’n kortkop gewen. Die twee Antons se wedywering en geesdrif het waarskynlik baie
daartoe bygedra dat daar op die dag van die ware Pram Jam nie die verwagte 300 – 500 mense opgedaag het nie, maar ’n oorweldigende 2 000 mammas en babas.
Anton Brink en sy seun, Léhan (7), net voor die wedren.
Anton Treurnich en sy seun, Lukas (7), is gereed vir die wedren.
In ons omgewing Karien Basson
NóG Vuurvas-vriende in die
ateljee
Avontuur bruis in sy are Die Suid-Afrikaanse avonturier Riaan Manser is vandag een van Suid-Afrika se waaghalsigste avonturiers. Benewens sy fietstoer, het hy ook in 2009 manalleen in ’n kajak om Madagaskar geroei, en weer onlangs om Ysland, dié keer saam met sy spanmaat Dan Skinstad. Hy het kom kuier en ons het gesels oor sy passie, sy boeke en lewenservaring! Riaan het ons laat skater van die lag omdat hy skaam erken het dat hy na sewe jaar se baarddra al vergeet het watter lekker ritueel skeer is. ’n Skeermesvervaardiger (Gillette) het een van die meisies wat vir hom werk, gebel en gevra of hy nie bereid sal wees om die gesig van die Fusion ProGlide-skeermes te wees nie. In Maart, nét voor hy en sy meisie van die afgelope dertien jaar, Vasti Geldenhuys, die Argus Pick ’n Pay-fietstoer gery het, het hy die eerste keer in sewe jaar sy baard afgeskeer. Oor sy vriendin sê hy: “Mense sien my altyd as die een met deursettingsvermoë en guts, maar Vasti is eintlik die een met hierdie eienskappe. Sy offer ’n standvastige lewe op deur my gevaarlike reise te ondersteun. Ek sou dit nie kon doen as sy nie vir my by die huis gewag het nie. Sy het my onvoorwaardelik lief en is bereid 22
Julie 2013
om my hardkoppigheid te hanteer”. Agter elke suksesvolle man is daar ’n vrou wat sterker is. Hier is ’n man wat twaalf jaar gelede kanse gewaag het en steeds die vrugte pluk...”Daar is te veel mense wat
in posisies sit waarvan hulle nie hou nie en wat hulle lankal nie meer bevredig nie. Met God se genade en wyse besluite moet mens doen waarvoor Hy jou geroep het... al is dit iets buitengewoon!”
Hy vat nie nonsens van groot katte nie! Vuurvas het Internasionale Bedreigde Spesie-dag gevier deur gaste van die Cheetah Outreach Center in Somerset-Wes ateljee toe te nooi. Dawn Glover met die Anatonian skaaphond, Jean, het kom vertel van dié honderas wat spesiaal geteel word vir die beskerming van boere se lewende hawe. Jagluiperds en luiperds wat op die lys van bedreigde spesies verskyn, word afgeskrik deur die reuse-waghond wat by die skape is. Boere word dus nooit in die versoeking gestel om die groot katte van kant te maak nie. Gaan kuier gerus vir hulle in Somerset-Wes. Hulle is elke dag heeldag oop vir besoekers.
Branders is haar kos Tanika Hoffman is 20 jaar oud. Met ’n goue medalje om die nek en branderplank onder die arm het sy verlede maand saam met die Suid-Afrikaanse branderryspan hier op die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekom ná hulle internasionale prestasie. Tanika en die Suid-Afrikaanse span is in Santa Catalina, Panama, as die kampioen van die Internasionale Branderryvereniging se Wêreldspele aangewys. ‘Local’ is beslis lekker!
Koos se duur kiekieboek Die wêreldbekende Hollandse landskapfotograaf, Koos van der Lende, het op Vuurvas gesels oor sy eksklusiewe koffietafelboek ‘Moments of Grace’, waarin hy die mooiste Suid-Afrikaanse landskappe op film vasgevang het. Dit is die resultaat van tien jaar se harde werk, ure se fotografie en honderde landskappe. Daar
is slegs 1000 van die boeke gedruk en is tans die tweede duurste boek in Suid-Afrika (R8 000 elk). Elkeen van Koos se foto’s word vergesel van ’n Skrifgedeelte wat vir hom spesiaal is, want soos hy gesê het: “Sonder God se genade sou my leefstyl en die werkstuk nooit moontlik gewees het nie…’
Julie 2013
23
In ons omgewing Luane Janse van Rensburg
Moeder, engel,
als in een O
ns elkeen eer ons eie moeder jaarliks op Moedersdag, maar vergeet dikwels van daardie vroue wat ’n moeder vir die gemeenskap is, daardie moeders wat hulle liefde en passie met die gemeenskap deel en nooit iets
24
Julie 2013
terugverwag nie. En dis waarom ons met hierdie projek begin het. TygerBurger se hart lê ook in die gemeenskap en daarom het hulle dadelik hulle steun toegesê aan hierdie Moedersdag-inisiatief. Luisteraars en lesers is gevra om hulle Moeder van die
gemeenskap voor te stel. Sý is die engel in jou woonbuurt wat ’n moeder is vir almal. Sý is die ma in die gemeenskap wat altyd daar is om te help en die vrou sonder wie gemeenskappe nie oor die weg kan kom nie. Jy kan enige uur op haar knoppie druk. Sý
met die seuntjie wat op die hoek sit deel. Sý is die moeder van die gemeenskap en Radio Tygerberg en TygerBurger het haar moederhart hierdie Moedersdag gevier. Inskrywings het ingestroom wat ‘engele’ in die gemeenskappe genomineer het en ons sou graag elkeen van hierdie moederharte wou vereer. Uit meer as duisend SMS-nominasies moes gekies word wie dié titel vir Moedersdag en nog lank daarna sou dra. Uiteindelik is Lehanie
Sý is die ma in die gemeenskap wat altyd daar is om te help en die vrou waarsonder gemeenskappe nie kan klaarkom nie
is die een wat gou na die kinders kyk as jy iewers moet heengaan, jou honde kosgee en jou plante water gee wanneer jy met vakansie is of siek lê in die bed. Sý is die een wat ’n toebroodjie of botteltjie melk in ’n honger oom se hand druk of haar laaste bietjie kos
Agter is die vyf finaliste in Radio Tygerberg en TygerBurger se Moeders van die Gemeenskap-projek. Hulle is Hester Kampher (Eersterivier), Sarie Ralph (Kuilsrivier), Lehanie Elliott (Kraaifontein), Lucia Pekeur (vriendin van Hester), Benurita Phillips (Eersterivier) en Karin Steyn (Elsiesrivier). Voor hulle (van links) is Marana Brand van Hulsteyn (TygerBurger), Coleen Deedat (Mangwanani Spa), Luané Janse van Rensburg (Radio Tygerberg), Anton Brink (Radio Tygerberg) en Rouchelle Liedemann (Radio Tygerberg).
Elliott van Kraaifontein, Sarie Ralph van Kuilsrivier, Hester Kampher, Benurita Phillips van Eersterivier en Karin Steyn van Elsiesrivier aangewys. Die persoon wat vir Sarie genomineer het, het gesê Sarie is ’n ouma en moeder vir almal. Ondanks die feit dat sy self ’n 49-jarige dogter versorg wat ’n kwadrupleeg met breinskade is, help sy boonop enigiemand wat aan haar deur klop. Sarie sê die feit dat sy al self soveel swaar beleef het, gee haar meer begrip vir ander se lyding en haar hande staan net mooi vir niks verkeerd nie. Hester gee vir meer as honderd kinders en volwassenes uit haar eie sak en soms met skenkings van ander kos. Sy help ook kinders om te lees. Sy reken iemand moet dit mos doen, so, nou doen sý dit. Benurita se huis is elke nag die tuiste van meer as tien kindertjies. Soms akkommodeer sy ook kinders vir wie die polisie tydelike blyplek soek. Sy gee ook kos vir honger kinders in die gemeenskap, soos dié wie se ouers dwelmverslaafdes is. Lehanie Elliot is nie net ’n fantastiese ma vir haar eie kinders nie, maar vir talle ander babas en kinders bied sy ’n veilige hawe vir kinders totdat die welsyn hulle in permanente huise kan plaas. Sy ontvang geen hulp nie en betaal alles uit haar en haar man se sak. Soms het sy tot vyftien babas om na om te sien, maar kla nooit nie en neem ook nooit ’n dag vry nie. Karin Steyn is ’n besondere vrou en ma vir baie. Eiehandig help sy om ’n verarmde gemeenskap op te hef en te bemagtig. Sy is betrokke by projekte onder die kinders en jeug van Elsiesrivier, Leonsdale en Chicago, sonder finansiële hulp van buite. Sy bied selfs geletterheidsklasse aan en in eksamentyd kan kinders in haar huis kom studeer. Tydens ’n geselligheid is elkeen van hulle bederf met ’n groot bos blomme van Bunches for Africa, ’n luukse weergawe van die NKJV-Bybel met ’n helderpienk Italiaanse leeromslag van Struik Christelike Media, en ’n “Moonlight Night Spa”-geskenkbewys van Mangwanani Spa. Julie 2013
25
In ons omgewing Karien Basson
Francois Henning
(‘Snotkop’) wys sy hart
O
or sy verhoognaam het baie mense al groot-oog gemaak – todat hulle hoor waar dit vandaan kom ... Francois Henning het in Randburg, Gauteng, groot geword en van kleins af het hy al gedroom van ’n lewe op die verhoog met ’n mikrofoon in die hand. Met harde werk en geloof het hy dit reggekry om vandag een van SuidAfrika se top name in die musiekbedryf te wees. Hy is nie net ’n man, ’n broer en ’n seun van ’n trotse ma nie, hy het toekennings ontvang, het al programme op kykNET aangebied, in sepies gespeel, in radiodramas opgetree en saam met mense soos Johnny Clegg verhoë in Frankryk gedeel. Nie almal kan sê CNN het jou al in die oog gehad nie! Vuurvas het met hom gesels oor geloof, oor die lewe en die hartroerende ‘Song vir my Dad’ wat Francois vir sy pa geskryf het ’n week voor hy dood is. Ons het ook gepraat oor die pad wat hy met die Here geloop het en uitgevind wie die man agter die vreemde verhoognaam is… (met ’n oorsprong wat toe glad nie so ‘aanstootlik’ is as wat sommige mense gedink het nie). Francois is aan die einde van sy graad 9-jaar uit die skool geskors. Sy ma, Esther, het hom toe op ’n reis deur die land geneem en sy lewe in ’n ander rigting gestuur sodat hy sy drome kon najaag. “Ek was in ’n sportgedrewe skool. Dit was asof ek nie dieselfde as die
26
Julie 2013
ander kinders gedink het nie. Ek het gevoel niemand verstaan my nie en het gerebelleer. In graad 9 het ek byna elke vak gedruip. Ek is geskors en het byna in depressie
sy liedjies op band op te neem en aan platemaatskappye te stuur. Eendag het hy ’n oproep ontvang en só het sy loopbaan begin…as ’n bekende Sotho-sanger onder die verhoognaam ‘Lekgoa’ waar hy kwaito-liedere gesing het. Lekgoa is die Sotho woord vir witmens. Dit is meer Dit was onmiddellik ’n spesiaal om my wegholsukses en die volgende vyf jaar het individualiteit uit hy tussen duisende te leef as om deel gillende aanhangers ván te wees van Soweto tót in Botswana ’n trop skape deurgebring. In 2005 reik hy sy eerste Afrikaanse album uit en leer ons hom ken as ‘Snotkop’… sy verhoognaam en die naam wat sy pa, Jan, hom genoem het… ’n troetelnaam van jongs af wat Francois baie na aan verval. Ek het nie geweet watter kant toe die hart lê. nie.” “Een van die grootste lesse wat ek by Sy ma het nie met hom baklei of gesê my ouers geleer het, is dat my mening hy is nutteloos nie. Sy wou by die kern geld en dat dit meer spesiaal is om my van die probleem uitkom. “Sy’t na my individualiteit uit te leef as om deel geluister en ek het haar van my drome te wees van ’n trop skape. Geld is nie vertel: Ek wou graag eendag in die belangrik nie. Familie en geluk is wat jy vermaaklikheidsbedryf werk en graag moet nastreef.” na ’n kunsskool toe gaan. Sy’t geensins Hy sluit af met die boodskap aan die gedink dis vreemd nie.” jeug: “Wees trots op wie jy is, jy is in Francois het ingeskryf vir oudisies by staat tot groot dinge as jy nader aan die Die Kruin (vandag is dit The National Here se Lig beweeg. Daar is geen ander School of Arts). Hy het plek gekry, met mens ter wêreld met jou unieke talent en uiteindelik vier onderskeidings – drie in energie nie – gebruik dit. Doen jou ding, kunsvakke en een in Afrikaans. Hy was vergeet van wat ander mense van jou selfs onderhoofseun! Francois het drama dink of sê, staan op vir jouself en gaan studeer aan die Tswane Universiteit van haal wat joune is… As God vir jou is, wie Tegnologie na sy moeilike paar jaar op kan teen jou wees?” skool, met net die droom om eendag Om voor ’n mikrofoon te sit is niks ’n groot ster te word... vreemds vir Francois Henning nie. En toe het sy ma hom aangespoor om
s e e f e i l i m a F In ons omgewing
Een van Radio Tygerberg se suksesrespete is die feit dat dit as een groot e die familie funksioneer. To s rdu Ha of, ho e uitvoerend ar rja ve gs lan on , ter Zevens bietjie het, is tyd opsygesit vir pan urs stu be ‘familiepret’. Die e ew en l ee esp het saamg lle hu t me lyk ge rig ge spog hooftooisels en sigare van sjokolade.
In verwondering Onbekende e-posser
Leiergeloof!
M
et so min leiers wat onbeskaamd opstaan en hulle afhanklikheid van en geloof in Jesus Christus bely, was dit verfrissend
28
Julie 2013
om ’n e-pos oor een van die VSA se voormalige presidente te ontvang. In die video op YouTube vertel Ronald Reagan van sy geloof. Loer gerus na die
video en stuur veral aan almal wat jy ken wat in leiersposisies is. http://www.youtube.com/embed/ OvN1jTkzXbY?rel=0
Inspirasie
Ewige, Nuwe Dagb reek Die voormalige TV-nuusleser en deesdae radioman, Kolie van Coller, woon naby Windhoek. Een oggend net na drie-uur was hy s贸 ge茂nspireer deur wat hy gesien en beleef het, dat hy net daar pen en papier nadergetrek het:
O Heer as ek vanaand so na die melkweg kyk So ver, so naby, so suiwer... die stilte dan weet ek opnuut my Verlosser leef Gee my in hierdie nag die Goddelike rus van herlaai, herleef en krag om in die nuwe m么re ook U hand van skep en liefde te sien in elke oomblik van die dag Laat my U leef en doen U praat, versoen en waar ek verkeerd gedoen het reg te stel want dit is U boodskap Heer op my pad na die Ewige Nuwe Dagbreek van my siel
WEN
In beeld
Om ’n van Hop geskenkpak e Letter W ful Notes en The riter te w en, SMS KRUIS + IN NAAM n DRUK2 + JOU a 33 kos R1,5 282. SMS’e 0e SMS’e ge n gratis ld nie.
Opkrul en lekker kyk W
inter is die beste tyd van die jaar vir ’n gesin om tyd binnenshuis deur te bring. Daar is niks lekkerder as om op ’n rusbank op te krul met ’n koppie warm sjokolade, springmielies en ’n fliek wat jou sal inspireer nie. My eerste voorstel vir ’n familiefliekaand is die DVD, Hopeful Notes. Alex is ’n Italiaanse ingenieur wat ’n paar jaar lank op ’n sakebesoek aan Rusland is. Aan die einde van sy kontrak kondig hy aan dat hy terugkeer Italië toe. Maar, toe ontmoet hy vir Dima, ’n seun wat ’n kankerpasiënt in die plaaslike hospitaal is, en heroorweeg sy toekoms. Die seun stel Alex voor aan die ander jong pasiënte in sy hospitaal, waar Alex besluit om vrywillig vir die hospitaal klavier te speel. Alex is skielik oorweldig
in ’n werklikheid wat te dikwels vergeet word: baie kinders verkeer in ’n daaglikse stryd om lewe teen verskriklike siektes. Hopeful Notes is ’n besielende verhaal wat hoop bied aan
mense wat nie meer hoop het nie. My tweede voorstel vir die maand is The Letter Writter. Toe Maggie Fuller, ’n opstandige en humeurige tiener,
’n outydse brief in die pos van ’n onbekende bron ontvang, kan sy nie dink dat iemand so baie wonderlike dinge oor haar te sê kan hê nie. Sy voel amper asof sy onsigbaar is vir haar pa, en net ’n groot verleentheid vir haar ma. Maggie spoor die geheimsinnige skrywer op en ontdek iemand wat sy nie ken nie – maar iemand wat lyk asof hy haar beter ken as enigiemand anders in haar lewe. Hierdie besielende en bekroonde film kan jou lewe verander. Wat my die meeste getref het toe ek na The Letter Writer gekyk het, was die uitwerking wat ons woorde op iemand se lewe kan hê. Ons lees dikwels in die Bybel dat dit nodig is vir ons om versigtig met ons woorde te wees. The Letter Writer is ’n wonderlike verhaal om ons aan hierdie feit te herinner.
Hopeful Notes en The Letter Writer is nou op DVD beskikbaar by jou naaste Christelike boekwinkel. Skakel vir Brettian Productions vir direkte bestelings by 011 622 3356 of besoek gerus www.brettian.com vir meer inligting.
In klank Ettienne Smith
Musiek is
soveel meer as net klank! Is dit nie soms lekker om net die radio aan te skakel en toe te laat dat die musiek jou meevoer en jou hartsnare roer nie? Vir my is musiek soveel meer as net klank. Die lewendige ritme van sekere liedjies maak dat ek wil leef, ander laat my weer swaar sluk aan die knop in my keel, en dan is daar tye wanneer ek my radio kliphard draai, die musiek indrink en wil skree: Hoekom bly ons tog soms so negatief? Ek dank die Here elke dag vir musiek. Gelukkig gaan ons eendag net jubel en juig in die hemel! Op 31 Augustus vanjaar is dit weer tyd vir Radio Tygerberg se Gospel Skouspel.
Joe Niemand
is weer een van die skitterende kunstenaars wat gaan optree. Hy gaan sekerlik liedjies van sy nuwe album, Tot hier toe en nie verder nie, sing. Joe stel met sy nuwe album weer eens nie teleur nie. Met snitte soos Lewe voor ons doodgaan, My dans is ’n dankie, Ek is vry, Genoeg is genoeg en Ek mis jou SuidAfrika, kan jy verseker wees van ’n tipiese Joe Niemand-gehalte CD.
SLEGS
R185
Kalender
Ma
Di
Wo
Do
Vr
Sa
So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
31
“Al die voëls het kom nes maak in sy takke, onder hom het al die wilde diere hulle kleintjies in die wêreld gebring en in sy skaduwee het al die baie nasies kom woon.”
29
30
Julie ESEGIËL 31:6
32
Julie 2013
Programme Onderworpe aan verandering
Maandag - JULIE 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit Die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Sportkollig 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:05 – Bonanza Moment 10:40 – Woorde wat werk 11:00 – Nuus 11:05 – Meer as oorwinnaars 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – 104 kook 14:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus
34
Julie 2013
15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Hoe gemaak met geld 19:30 – Aandboodskap 20:15 – Wat sê die reg Frank Raymond en Rob McCreath 22:00 – Kerk sonder mure Dr. Hennie Lubbe Dinsdag - JULIE 2013 01:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg
09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:05 – Bonanza Moment 10:15 – Werksverskaffing & Gemeenskapsnuus 10:40 – Praise and Worship 11:00 – Nuus 11:05 – Hoe maak mens? – Deon van der Berg 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 12:40 – Help jou naaste 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Gesondheidsfokus 14:30 – Sout van die aarde - Ingrid Venter 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wiele Blitz 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Eddie Goldberg & Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Hou my dop 19:30 – Evangelie in aksie 20:15 – Potpourri - Richard de Villiers 21:30 – Salt and light
- Dr. Peter Hammond 22:00 – Xhosa programme Woensdag - JULIE 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:05 – Bonanza Moment 10:15 – Om ouer te wees 10:40 – Hartsboodskappe - Retah McPherson 11:00 – Nuus 11:05 – Versoeke
15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Geldsake met Hein Kruger 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Denise Williams 18:00 – Nuus 18:05 – Ek en my kind 19:30 – Boodskap 20:15 – Tygermedies - Denise Williams 21:30 – Shalom - Esther Kruger 22:00 – Xhosa programme Donderdag - JULIE 2013 24:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann
12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my!
06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet
15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich
09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg
12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke
Programme Onderworpe aan verandering
09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:05 – Bonanza Moment 10:15 – Boekrak - Ingrid Venter 10:40 – Intimiteit 11:00 – Nuus 11:05 – Gesondheid 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:15 – Diere en hul dinge 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Adventures in Oddessy 14:30 – Program sal aangekondig word. 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Brandpunt 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Lisa Truter 18:00 – Nuus 18:05 – Wiele 19:30 – Boodskap 20:05 – Motorsportfokus - Neels Rabe 21:00 – Anti-conformity - Pneumatix
22:00 – Chip Ingram 22:30 – Xhosa programme Vrydag - JULIE 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:05 – Bonanza Moment 10:40 – Naweek joernaal 11:00 – Nuus 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Wat sê jy? - Marius du Plooy 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson
& Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sportkollig 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wie, wat en waar 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Ivan Siegelaar 18:00 – Nuus 18:05 – Sportmanne vir Christus 19:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard 20:15 – Praise and worship 20:45 – Voor U troon - Dr. Gerhard Kotze 21:00 – Draaipunt - Lorrein Katzke 22:00 – Searchlight - Past. Jon Courson 22:30 – Xhosa program – Umntu omtsha necebo lika Thixo - Lumka Leve Saterdag - JULIE 2013 03:00-06:30 – Xhosa programme 06:30 - 09:00 – Eddie Goldberg 06:30 – Dagbreek 06:40 – Weerverslag 07:00 – Nuus 07:05 – Musiek 08:00 – Nuus 08:05 – Musiek 08:45 – Nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent
09:30 – Kom braai - Dewald Visser en Richard de Villiers 10:35 – Alles en nog wat 11:00 – Nuus 11:05 – Gospel Top 10 12:00 – Meer as oorwinnaars - Kobus Theron 12:15 – Musiek 13:00 - 18:00 – Ettienne Smith 13:00 – Nuus 13:05 – Musiek 13:30 – Kraakvarsklanke 14:00 – Musiek 15:30 – Kaapse klanke 16:00 – Wiele - Carl en Jeanette Kritzinger 16:30 – Musiek 18:00 - 22:00 – Sandy September 18:00 – Unshackled 19:00 – Musiek 20:00 – Saterdagaandversoeke 21:45 – Voor U Troon - Dr. Gerhard Kotze 22:00 – Xhosa programme Sondag - JULIE 2013 03:00 - 06:30 – Xhosa programme 06:30 - 09:00 – Gerhard Kotze 07:00 – Kerknuus 07:30 – Grassroots – Angus Buchan 08:00 – Wie is wie van die Ou Testament – Elize Parker 09:00 - 13:00 – Denise Williams
09:00 – Praise and Worship 10:00 – Oggendboodskap 10:30 – Net musiek / Just music 11:30 – Musiek 12:00 – Kompas vir die lewenspad - Riekert Botha en Eben Niemann 12:30 – Musiek 13:00 - 17:00 – Louise Silver 13:00 – Etensuurklanke 14:00 – Stap deur die Bybel – Dr. Soon Zevenster en Marius du Plooy 14:30 – Musiek 15:00 – Goeienuus - Esther Kruger 15:45 – Storie van Hoop 16:00 – Die Gebedswag 16:45 – Draaipunt - Lorrein Katzke 17:00- 20:00 – Ingrid Venter 17:00 – Musiek 17:15 – Hartsboodskappe – Retha McPherson 18:00 – Wie is ek? – Lise Swart & Louis Awerduck 18:45 – Pitkos vir die siel 19:00 – Net musiek / Just music 19:30 – Aandboodskap 20:00 - 22h30 – Dennis Francis 20:00 – Musiek en bemoediging 20:45 – Laataand Oordenking 21:00 – Lewe in oorvloed - Dennis Francis 22:30 – Xhosa programme
09:00 - 13:00 – Rosebud Tsobane 09:00 – Maranata Land
Julie 2013
35
Omroepers & Program-aanbieders
36
Angus Buchan
Anton Brink
Anton Treurnich
Benescke Janse van Rensburg
Cois de Kock
Denise Williams
Dennis Francis
Deon van der Berg
Eddie Goldberg
Esther Kruger
Etienne Piek
Ettienne Smith
Dr. Gerhard Kotze
Hein Kruger
Hennie Lubbe
Ingrid Venter
Ivan Siegelaar
Jeanette en Carl Kritzinger
Karien Basson
Kobus Theron
Lise Swart & Louis Awerbuck
Lorrein Katzke
Louise Silver
Lumka Leve
Marius du Plooy
Mrs. Mbali
Merentia vd Vent
Moses Swartbooi
Neville Goliath
Nomahlubi Msesi
Pastor Dlangalala
Raymond Lombard
Retah Mcpherson
Richard de Villiers
Rosebud Tsobane
Rouchelle Liedemann
Sandy September
Siyabonga Doyle
Oom Soon Zevenster
Sura Swart
Julie 2013
o M r o o n e e t f e i t i s getuig po n a v e t s o k n e t e en landsgenot et ʼnOorostleom te hdey J id . e M s ie n d e in m r k r a e a K H lp “Die e h s e t m s le s n o o M r m o o o t n e ; nf ite en getuigveprovsuitlie vnaen uit te e t s o k y s n i e d t e e t m o n n e eonmlanmdesgt kos e et ʼn rol omirteons by hook om v y J . e s n e r a a m Hreaaikr m nie,ie net om ons tge shetelppleit.â€? vervul; n julle reegdeisryinne uit te nm US, SIRIĂ‹ om met kos e k om PvAirSTOoRnBs, TbARyT reik nie, maar oo erings te pleit.â€? julle reg TUS, SIRIĂ‹ PASTOR B, TAR
RED RED SIRIĂ‹ SIRIĂ‹ Ă‹ E I N K R OP HAA Ă‹ E I N K R KKEERRKK OP HAA
Foto: flickr.com/Freedom House
Foto: flickr.com/Freedom House
| BID | BID WEES ʼn STEM WEES ʼn STEM WWW.OPENDOORS.ORG.ZA/AFR/REDSIRIE WWW.OPENDOORS.ORG.ZA/AFR/REDSIRIE
Do e n s a k e m e t:
Insake
Landbou The Green Zone Landscape design, installation & management Stephen Hetherington 021 556 8825 / 086 500 2551 084 525 1785 stephen@thegreenzone.co.za www.thegreenzone.co.za
BRIDAL DESIGNER Ilse Roux Bridal Wear Ilse Roux / 021-919-8498 083-534-9612 ilseroux@mweb.co.za www.ilserouxbridal.co.za
AKKOMMODASIE / RESTAURANT Protea Hotel Durbanville T: 021 913 9256 / F: 021 913 9546 Christine Murray mrkg01@phdurbanville.com www.proteahotels.com/durbanville
EIENDOMME Adval Waardasiesentrum Johan Cillers / 021-914-9062 021-914-2184 /082-553-3042 adval@iafrica.com www.adval.co.za
ARGITEKTUUR Lifestyle Architecture Karel Le Roux / 021 945 3672 086 546 8252 / 072 446 5054 karel@lifestylearchitecture.co.za www.lifestylearchitectureco.za
Core Relocations Hannelie Blignaut 021-931-1150 / 021-931-1152 082-573-7676 hannelie@coremoves.co.za www.corerelocations.co.za
BEHUISING The Letting Corporation Kim Robinson (contact person) 021 801 1888 083 234 3740 (Jacques) info@thelettingcorporation.co.za; jacques@marite.co.za; lilanie@thelettingcorporation.co.za www.thelettingcorporation.co.za
Pay Prop André Holtshausen 021 886 8739 086 518 1503 / 076 303 4689 info@payprop.com www.payprop.com
BEMARKING, VERKOPE & KOMMUNIKASIE Advents Communications San-Marie Vogel 021 975 5633 / 082 853 2667 info@advents.co.za; san-marie@advents.co.za www.advents.co.za
RentProperty Pierre Hanekom / 021 913 8979 086 689 1661 / 082 885 8685 pierre.hanekom@rentproperty.co.za www.rentproperty.co.za Status Auctions Luther Nelson / 086 607 0598 082 321 1497 nelson@statusauctions.co.za www.statusauctions.co.za
BESIGHEIDSKONSULTANTE Business Success Solutions (BSS) Nico Zeelie / 021 945 2480 086 620 1702 / 072 248 0268 nico@bsssa.co.za www.bsssa.co.za
FINANSIEEL / BOEKHOU / BANK BKV Chartered Accountants Kobus Knoetze / 021 913 6800 021 913 8877 / 082 456 9716 kobus@bkv.co.za www.bkv.co.za
Independent Performance Consultant Melanie Loubser 086-535-6758 / 083-204-2792 melanie@stracienta.com effectiveperformance.blog.com
Bondpro Finance Kenny Lourens / 021-880-6000 082-459-7283 kenny@Bondpro.co.za www.bondpro.co.za
Marathon Group Alwyn Rossouw/ 021-912-4004 021-912-4051 / 083-642-2694 susan@marathongroup.co.za www.marathongroup.co.za Nuvision Business & Private services Renier Mathee / 021-912-4004 021-912-4051 / 083-633-4813 www.nuvision.co.za
38
Ingrid Venter / 021 949 0626 021 948 6292 / 083 448 9663 ingrid@3dxact.com
BRANDING 3D X-ACT (Pty) Ltd
Julie 2013
Eagle Mediation Oswald Operman / 021-979-0444 021-979-0466 / 079-108-9697 oppies@eaglemediation.co.za www.eaglemediation.co.za Fininvest Daniel Bailie /086 606 4097 082 778 7135 bailie@fininvest.co.za www.fininvest.co.za First Monetary Solutions CC Gisela Niemann 021 851 7955 021 851 7957 / 082 492 5901
gisela@fm-s.co.za www.fm-s.co.za IJ Smith & Co Incorporated Izak Smith / 021 970 5000 021 975 0586 / 082 852 4246 izak@ijs.co.za JWR Financial Services Johnnie Roelofse / 021 914 0818 021 914 0295 / 082 465 0754 johnnier@jwr.co.za www.jwr.co.za LMM Bonds T/A Bond Connexion Leandra Duminy / 021 906 1629 086 697 1690 / 076 125 0173 leandra.duminy@gmail.com Mortgage Max Johan van Niekerk / 021-918-8220 021-918-8221 / 082-336-6490 jors.vanniekerk@mortgagemax.co.za www.mortgagemax.co.za Radie Kotze Consulting Radie Kotze / 021-914-9343 082-925-7595 radie@ck-consulting.co.za CARE4all CARE CARD SA Befondsing van Liefdadigheid PLUS Kommissie Inkomste+Voordele vir jouself Raak betrokke - jy kan ’n verskil maak aan beide! Amanda Pool 083 288 1594 Amanda.pool@mweb.co.za FOTOGRAFIE Airborne Camera Experts Gert Uys / 021 934 3282 021 934 3292 / 082 807 4455 gert@airbornecamera.com www.airbornecamera.com Health and Safety Consultants Siyakhatala Safety Anton Pierre Els / 021-553-5850 086-500-9420 / 083-363-3850 anton@siyakhatalasafety.co.za www.siyakhatalasafety.co.za KLEINHANDEL Du Plessis Manufacturing Jewelers Elmaré du Plessis / 021 939 9161 021 930 0788 / 082 465 7125 duplessisjewellers@gmail.com Frozen Food Distributors Johann Bester / 021 557 8660/1 021 557 8672 / 082 809 8889 johann@ffdistr.co.za www.frozenfooddistributors.co.za Pick ’n Pay Boston / Welgemoed / Willowbridge Angelo Melonas 021 948 2692 021 946 1607 / 083 270 3974 angelo@basils.co.za
Shoprite Brian Weyers / 021 980 4253 021 980 6744 / 083 254 4022 bweyers@shoprite.co.za Uitzicht Kwikspar Henry & Jacolize Bam 021 979 0219 / 021 979 0220 082 545 3413 jacolize@telkomsa.net KONSTRUKSIE Malvon Equipment Riaan Volschenk (Ronél Scott) 021 948 5731 / 086 547 8271 083 656 9885 (Ronel) 082 775 1406 (Riaan) scottronel@gmail.com riaan@malvon.co.za www.malvon.co.za KUNS / ONTWERP Picture This Danie Cronje 021 981 3251 021 981 3251 / 082 961 1638 daniecrnj47@gmail.com Realmckoi Trading & Development Services David Willemse 086 6136 430 / 084 456 6470 realmckhoi@gmail.com MEDIES/TANDHEELKUNDIG /GESONDHEIDSORG Healthyways Coreza du Plessis 084 465 2508 086 544 8606 / 084 465 2508 info@healthyways.za.net corezad@gmail.com www.simplesite.com/Healthyways Jan Brand Orthotist & Prosthotist Jan Brand / 021 592 3110 021 592 4136 / 083 261 0885 janbrand@medi.co.za Life Path Health Anton Rossouw / 021-595-8500 021 595 3359 / 083 227 3078 anton@lifepathgroup.co.za www.lifepathgroup.co.za Mediesefonds Adviseur Gerty Beneke / 021-558-7614 086-604-5329 /082-807-8723 gerty@medicaladviser.co.za Korporatiewe en Egskeidings mediasie Van der Merwe Parker and Associates Dr. Ilze Van de Merwe and Mr Bill Parker / 021-557-7547 086-614-4245 /083-391-3376 082-490-5292 mpmediation@mweb.co.za www.mediationmp.co.za
MEGANIES Barloworld Power Johan Eitner / 021 959 8299 021 951 3551 / 082 807 6536 jeitner@barloworldpower.com MENSLIKE HULPBRONNE Calibre Recruitment Pat Pirie Lisa Lindsay-McHardy 021 976 7420 (Pat) 021 930 6514 (Lisa) 0866 857 637 / 082 928 0558 pat@calibrerecruitment.co.za calibrecape@mweb.co.za MOTORINDUSTRIE German Autoworks Louis van Greunen 021-447-9862 021-447-9863 / 083-508-6643 louis@autowork.co.za www.autowork.co.za Novel Motor Company Johan Pearson / 021-590-6222 086-682-3640 /082-802-8850 pearsonj@novelmotor.co.za www.novelmotor.co.za ONDERWYS Drakenstein Bybelskool Dr. A.J.C. Erwee 021-872-9381 / 082-410-0788 ajc.erwee@gmail.com Nascence Lizette Kotze / 082-874-6397 086-600-4068 / 082-874-6397 lizette@nascence.co.za www.nasence.co.za OPENBARE VERVOER Intercape Ferreira Mainliner (Pty) Ltd Adre Zandberg 021 380 4444 / 021 380 2002 adre@intercape.co.za www.intercape.co.za OPLEIDING Yes You Can Driving School Simon Deyzel / 021 919 5848 021 919 5843 /082 460 4333 samisimon@cybersmart.co.za Other Koos Swanepoel Developments Koos Swanepoel / 021 949 4566 021 949 4568 / 083 280 3280 082 920 9773 ks.d@mweb.co.za
ulandic@m4p.co.za www.m4p.co.za
pvanhansen@nexfcr.co.za www.nexusforensics.co.za
PROMOSIES / OPTREDES Bakgat Promosies Christo Booyens 021 981 5010 021 981 4752 / 082 895 5093 christoshows1@absamail.co.za www.bakgatpromosies.co.za
Securisense Security Services (Pty) Ltd t/a Thusano Boland Nicol Carstens / 082 333 7933 Nicol.carstens@thusanoboland. co.za
Remos Bags Dries Klomp / 021 930 3043 021 930 3097 / 082 584 7877 dries@remosbags.co.za www.remosbags.co.za REGTE Hanekom Attorneys Lood Hanekom / 021 913 4742 021 913 8585 / 082 784 2416 lood@rukou.co.za Kellerman Hendrikse Bindell Barend Kelerman 021 944 6600 021 949 2426 / 083 414 7230 barend@khlaw.co.za Mostert & Bosman Attorneys Sakkie van Niekerk Pierre du Toit / 021 914 3322 021 914 3330 / 082 492 0751 (Sakkie) 082 903 0232 (Pierre) Annev@mbalaw.co.za; sakkiev@mbalaw.co.za; rinav@mbalaw.co.za www.mbalaw.co.za
SPORTOPLEIDING Bellville Peninsula Cricket Academy Hendrik Barnard 021-946-3322 086-762-7695 / 083-282-6682 ceo@bpca.co.za www.bpca.co.za TUINE / PLANTE Bonsai Guy Elna Nieuwoudt 086-617-5688 / 083-695-8214 elna@thebonsaiguy.co.za www.thebonsaiguy.co.za District Gardens Daniel Jacobus van Rhyn 021-939-5057/083-956-6008 districtgardens@gmail.com Shalom Tuine Adéle & Jurie Swart 084 437 0857 (Jurie) 086 658 1547 084 498 5477 (Adele) adel.swart@yahoo.com juriecf@gmail.com
REIS / TOERISME / GASVRYHEID Afventure cc ta Feathers Lodge Aneen Saayman 021-910-1078/ 021-910-1079 management@featherslodge.co.za www.featherslodge.co.za
VERBRUIKERS Cape Consumers 021 409 7600 / 021 409 7627 Karen.Jooste@capeconsumers.co.za; Lee-Ann.Johnstone @capeconsumers.co.za www.capeconsumers.co.za
Pentravel Michelle Bergset / Elisna van Zyl 021 526 4450 (53 - Michelle) 021 551 1365 / 082 890 6547 michelle.bergset@pentravel.co.za www.pentravel.com
VERHITTING Tecron Water Heating Wouter de Vos / 021-535-0137 021-535-0860 / 083-286-8701 wouter@tecron.co.za www.tecron.co.za
retail Me Time, Gifts, Clothing and Coffee Coreza du Plessis 021-982-0117 / 086-544-8606 084-465-2508 metime@cgmail.com
VERSEKERING Agapé Brokers Andre Van der Merwe 021 919 5597 021 919 5597 / 082 458 2191 andre@agapebrokers.co.za
OUTDOOR BLINDS SA Outdoor Blinds Rowan Lamont 086-514-0765 / 076-773-4040 rowanal@gmail.com
SEKURITEIT / WETSTOEPASSING Alarm GSM Wireless Gerhard Fourie / 087 151 4803 086 647 2447 / 079 622 7662 gerhard@alarm-gsm.co.za www.alarm-gsm.co.za
PROJEKBESTUUR M4P Consulting Ulandi Claassens / 021-914-2459 021-914-4548 / 083-440-6321
Nexus Forensics Kaapstad Pieter van Hansen 021-981-9444 021-981-9741 / 083-313-4482
Amfin Brokers CC Armand Huisamen & Marius Bezuidenhout 021 975 5906 021 975 0634 / 082 464 5640 (Armand) info@amfinbrokers.co.za; armand@amfinbrokers.co.za www.amfinbrokers.co.za Community Legal Clinic Raymond Kunz / 0861 112 799 021 948 4285 / 086 1112 799 ray@legalclinic.co.za
www.legalclinicsa.com Indwe Risk Services (Pty) Ltd Christelle Swart 021 914 0752 021 413 0165 / 082 451 9748 christelles@indwerisk.co.za; simonem@indwerisk.co.za www.indwerisk.co.za SA Christian Funeral Fund Swieg Nel / 021 372 7412 086 610 1346 / 084 492 6693 swiegnel@iafrica.com VERVOERDIENSTE Harvest Trucking Gert Maritz 021 981 9894 021 981 9822 / 082 556 6434 gert@harvestgroup.co.za Logos Carriers Sidney Volkwyn / Sonja 021 535 5853 / 086 626 4417 082 770 9078 logos.carriers@tiscali.co.za VLOERBEDEKKING Floor It All Hans Engelbrecht 021 945 2246/021 906 0487 08821 906 0487 / 082 222 5188 hans@flooritall.co.za VOEDSEL / DRANK Bellevue Wynlandgoed Dirkie Morkel 021 865 2055 021 865 2899/082 445 5502 dirkie@bellevue.co.za Fair Cape Dairies (Pty) Ltd Louis Loubser / 021 521 2613 021 521 2640 / 082 925 2791 louis@faircape.com www.faircape.com First Potatoe Dynamics Lourens van der Merwe 021-914-4441 / 021-914-4558 083-636-0744 / lourens@fpd.co.za www.fpd.co.za Kom Braai Dewald Visser 021 903 5518 086 512 1431 / 082 853 8529 dewald@ratracemedia.com; dewald@kombraai.com www.kombraai.com Skaapland Tygervalley Nico Uys 021 914 9740 021 914 9742 / 083 440 1486 skaapland@mweb.co.za www.skaapland.com PROF TV cc Bernard Oosthuizen 083 658 2222 / 083 658 2222 bernardproftv@gmail.com
Julie 2013
39
Inake
Sakeplan-kompetisie vir entrepreneurs A
kademia, die nuwe hoëronderwys-instelling van die Solidariteitbeweging se groot Afrikaanse Sakeplan-kompetisie lui ʼn nuwe era vir huidige en nuwe Afrikaanse sakelui in. Enige individu kan vir die kompetisie inskryf. Daar kan in twee kategorieë meegeding word, te wete nuwe sake-idees en nuwe idees vir die uitbreiding van ʼn reeds bestaande sakeonderneming. Deelnemers kan soveel idees inskryf as wat hulle wil – die enigste vereiste is dat die ideevoorlegging, die sakeplan wat ingedien word en alle kommunikasie en voorleggings, in Afrikaans moet wees. So maklik!
Die doel van die kompetisie is drievoudig:
1 2 3
Om deur middel van ʼn opwindende kompetisie aan voornemende en bestaande entrepreneurs die geleentheid te bied om hulle besigheidsidees in ʼn goed nagevorste en weldeurdagte sakeplan te omskep, Om deelnemers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede sodat hulle in staat is om die sakeplan op te stel,
Om, waar moontlik, finaliste en wenners bloot te stel aan sakementors, beleggers en sakenetwerke.
Hierdie opwindende, nuwe sakeplan-kompetisie word in samewerking met Riskflow as opleidingsvennoot, en Investec en die Atterbury-groep as borge aangebied. Die projek vind in ses fases plaas en die eerste is waar voornemende deelnemers hulle sake-idees voor 28 Julie in een van twee kategorieë inskryf.
40
Julie 2013
Inskrywings vir die kompetisie kos slegs R250 elk, en inskrywingsvorms asook inligting oor die kompetisie en voorwaardes is beskikbaar op die sakeplankompetisiewebblad: www.akademia.ac.za Die totale prysgeld van die kompetisie beloop TANS R150 000 kontant, en wenners ontvang ook Atterbury-studiebeurse met ʼn totale waarde van TANS R120 000 om hulle ten volle geakkrediteerde diplomakwalifikasie in entrepreneurskap en kleinsakebestuur by Akademia te verwerf.
Belangstellendes is welkom om navrae aan Akademia te rig op een van die volgende maniere: q SMS die woord “Sakeplan” en jou naam aan 34933 q E-pos ons by sakeplan@ akademia.ac.za q Skakel ons inbelsentrum op 0861 222 888
Sy inspirasie Deur Jeanette Kritzinger. Luister na Carl en Jeanette Kritzinger se program Wiele – elke Donderdag om 18:00 en Saterdae om 16:00 op Radio Tygerberg 104fm
4 o i l C Dans in
Frans 42
Julie 2013
J
y hoef net na die foto’s te kyk om saam te stem dat hierdie nuwe Clio 4 beslis nuwe betekenis gee aan Franse Flair – hierdie nuwe Clio is romanties-rooi, elegant en mooi. In dieselfde asem is die foto’s en die ware Fransman ver van mekaar verwyder, want in lewende lywe is hierdie Clio net soveel beter en mooier as op die foto’s. Voor pryk die groot diamantvormige logo van Renault en van agter, met die dun lighuise, vertoon die Clio aggressief. Oral sien jy die unieke Franse kenmerke met chroomstrepies en stylvolle swart afwerking aan die deure. Met die agterdeurhandvatsels wat in die C-pilaar versteek is, kan jy maklik dink dit is oëverblindery en dat hierdie vyfdeur soos ’n driedeur lyk. Die unieke brul van die enjin kan jou maklik kul – dit is ’n 3-silinderturbo 0,9-liter enjin wat onder die enjinkap skuil. Dis grootskeepse kullery, want die ‘klein’ 0,9 liter turbo klink, ry en voel soos ’n 1,4-liter! Die Clio 4-reeks bestaan uit drie modelle: ’n Onaangejaagde 1,2-liter
AUTHENTIQUE- viersilindermodel met 55 kW en 107 Nm. Hy versnel in 15,5 sekondes van 0-100 km/h, bereik ’n topspoed van 167 km/h op die oop pad en verbruik 5,5 iter petrol vir elke 100 km wat hy aflê. Dan kry jy twee driesilinderturbo0,9-liter modelle – die EXPRESSION en die DYNAMIQUE, wat 66 kW en 135 Nm lewer, 182 km/h behaal, in 12,2 sek. van 0-100 km/h versnel. Die brandstofverbruik op papier is 4,5 liter/100 km, maar ek het gevind dat dit meer realisties is om te werk
Behalwe die ellelange lys standaardtoebehore in al drie hierdie modelle, word die twee turbomodelle met allooiwiele, misligte voor, leer vir die stuurwiel en ’n flambojante instrumentasie en interaktiewe kommunikasiestelsel (met radioklank, navigasie, USB- plus Bluetoothkonnektiwiteit en raakskerm soos ’n tabletrekenaar) toegerus. Alles wat jy saam met hierdie nuwe Clio kry, is juis een van sy sterkpunte en dit is belangrik om te weet as jy appels met appels wil vergelyk.
Die nuwe Clio 4 gee beslis nuwe betekenis aan Franse Flair – hierdie nuwe Clio is romanties-rooi, elegant en mooi op sowat 6,0 liter/100 km. Carl sou natuurlik weer gesê het dat my voet kwansuis altyd swaarder is as syne. Met tegnologie en standaardtoerusting soos vier lugsakke, kragstuur, voorste kragvensters, ’n ritrekenaar, ’n hoogteverstelbare bestuurdersitplek, ’n hoogte- én diepteverstelbare stuurkolom – haal diep asem, daar is nog – ’n 33:66-afslaanbare agterbank, spoedbeheer, LED-dagligte, kragontvriesing vir syspieëls, en ABSremme met ESC-stabiliteitsbeheer en EBA-noodremhulp – sal jy beslis in frans wil dans!
Vir ’n verandering kan jy gehalte, styl, tegnologie, spasie en gemak goedkoop kry – en dít met ’n turbomodel-intreeprys van slegs R169 900. Hoewel die Ford Fiesta en Volkswagen Polo tans die leiers in hulle klas is, wil ek dit met vertroue waag om te vra: Raai wie gaan binnekort die klasleier wees? Die nuwe Clio kom standaard met ’n fabriekswaarborg van vyf jaar/150 000km, word deur ’n diensplan vir drie jaar of 45 000 km gedek en sluit ’n ses jaar waarborg teen roes in.
Model PRYSE Clio 4 - 55kW Authentique 5-deur R149 900 Clio 4 - 66kW Turbo Expression 5-deur R169 900 Clio 4 - 66kW Turbo Dynamique 5-deur R179 900
Ons motorsport-aanbieders wen! Kort nadat Radio Tygerberg drie MTNtoekennings ontvang het, het nog twee aanbieders ’n nasionale prys gewen. Nick van der Meulen en Patrick Vermaak, aanbieders van Radio Van links na regs: Derek Leach (Hoofbestuurder van Verkope en Bemarking vir Toyota Finansiële Dienste, hoofborg van kompetisie), Nick van der Meulen (Aanbieder Radio Tygerberg Motorsport Fokus program), Christo Valentyn (Vise-Voorsitter: SA Gilde vir Motor Joernaliste)
Tygerberg se Motorsport Fokus-program wat elke Donderdagaand uitgesaai word, is vereer vir hulle radioprogram van hoë gehalte. Nick en Patrick is lede van die SA Gilde van Motorjoernaliste en is tydens die spoggerige ‘Motor van die Jaar 2013’ -geleentheid in Johannesburg aangewys as die beste joernaliste in die kategorie: Motorsport Radio. Julie 2013
43
Uit intiem Ronel van Jaarsveld
lief!
Wys haar jy’t haar
A
ksie spreek harder as woorde. Dis ook waar in verhoudings. Jy sê dalk vir vroulief jy is lief vir haar, maar voel sy dit? As ons ons oë in die oggend oopmaak, is ons amper al klaar laat vir waarmee die dag ook al gaan wegspring . . . en vanaand kom ons weer moeg van die werk af. Klein dingetjies soos fisieke kontak bly agterweë. Maar is daardie harde druk, soen op die wang, vryf op die rug regtig so belangrik? Julle hét mos gisteraand seks gehad. Stop, en lees híér! Navorsers by die Universiteit van Miami se Instituut vir Aanrakingsnavorsing het bevind dat aanraking met medium druk die kraniale senuwees stimuleer. ’n Mens se hartklop raak rustiger en jou bloeddruk daal. Dit het tot gevolg dat jy ontspanne is, maar meer oplettend. Streshormone is minder. Studies na die uitwerking van aanraking het bevind dat studente beter vaar met wiskundevraestelle, en dat vroeggebore babas se kanse op oorlewing drasties toegeneem het. Maar wat het dit te doen met jou verhouding met jou vrou? Alles! Daardie arm om haar skouer terwyl julle staan en gesels laat haar liggaam oksitosien vrystel. Dis ook bekend as die drukkiehormoon. Dit skep ’n sensasie van vertroue en verlaag die streshormoon kortisol. Vroue wat baie gespanne is, is uitgehonger vir dié tipe positiewe aanraking om te help om hulle stresvlakke te verlaag. Sodra hulle streshormone daal, kan dié deel van die brein wat emosies beheer, ontspan en op probleemoplossing konsentreer. So, gee haar daardie druk, en sien hoe jou vrou verander van ’n huilende, emosionele hopie in ’n vriendelike Eva wat dink haar man is die beste ding op twee bene.
Vroue wat ook ma’s is, vervul die behoefte aan positiewe fisieke kontak met hul kinders. Maak seker dat jy nie dit nie misloop nie – jy kan net soveel voordeel daaruit trek! (Daardie ywerige navorsers het ook die Amerikaanse basketbalspelers gaan beloer en bevind die suksesvolste spanne is dié wat die meeste fisieke kontak het, byvoorbeeld high-5’s en ’n klap op die skouer. Die les vir jou as leier van die huis hieruit? ’n Span met ’n sterk fisieke band is ’n span wat gaan wen!) Maar terug na jou huwelik toe. Hoe nou gemaak om daardie daaglikse dosis drukkies en soene in te werk om die “lief” in vroulief te hou? Hier is ’n paar idees: • Stel die wekker vir tien minute vroeër, lê lepel en praat oor die dag wat voorlê. Probeer maar om nie elke keer ander planne te kry nie, want tien minute is kort! • Gee haar ’n langer soen as gewoonlik voor julle gaan werk. • Sit jou hande om haar heupe terwyl sy in die kombuis werk en soen haar nek. • As julle saam voor die televisie sit, trek haar nader. Sit jou arm om haar skouers of vryf haar hare. • As sy moeg of gespanne is, vryf haar nek en rug. • Raak aan haar arm terwyl jy met haar praat. • As sy in die oggend gereedmaak vir die dag, laat haar sit en kam haar hare uit. • Sit jou arm om haar – voor ander mense! • Fluister sweet nothings in haar oor. • Wys vir haar jy aanvaar haar net soos sy is. Plant gereeld ’n soen op daardie dele van haar lyf waaroor sy selfbewus is.
Maar wat het dit te doen met jou verhouding met jou vrou? Alles! Daardie arm om haar skouer terwyl julle staan en gesels laat haar liggaam oksitosien vrystel. Dis ook bekend as die drukkiehormoon. Dit skep ’n sensasie van vertroue en verlaag die streshormoon kortisol. 44
Julie 2013
www.intiem.co.za www.facebook.com/intiemtydskrif @IntiemTydskrif Teken in 011 473 8700
Julie 2013
45
Haar inspirasie Suleen Hamman
Hoender-en-piesang-kerrie
I
Kerriekiep vir die koue
In Mei hou ons en die kinders vakansie in die sonnige KwaZulu Natal. Die weer is warm en ons geniet die luilekker dae op die strand. Op pad terug tref die Kaapse stormweer ons kort duskant Jeffreysbaai. Dis bibberkoud en die berge lê wit van die sneeu. Ons kan dit nie glo nie! By die huis aangekom is die eerste ding waaraan ek natuurlik dink – kos!
1 heel hoender of ’n braaipak hoenderstukke 5 ml sout 2 ml swartpeper 1 l water 2 uie gekap 1 soetrissie, ontpit en gekap 2 knoffelhuisies, fyngedruk 25 ml kookolie 750 ml hoenderaftreksel 75 ml tamatiesous 45 ml blatjang 45 ml kerriepoeier 30 ml koekmeel 8 piesangs, geskil en in skyfies gesny Sap van 1 suurlemoen 1 blik (410 g) ingedampte melk 45 ml suiker 15 ml asyn 46
Julie 2013
Twee weke van braaivleis is verby. Nou sal ek weer moet begin kook. En wat is dan nou beter in sulke gure weer as ’n heerlike pot hoenderkerrie? Maar moenie dink hierdie hoenderkerrie is vaal en gewoon nie. Maak dit een keer en jou gesin gaan weer en weer vir hierdie lekkerte vra..
Soos ek gesê het, berei jou maar voor… hierdie kerriegereg gaan jy nog baie maak! Nou maak jy so:
Geur die hoender met sout en peper en kook sowat 40 minute in water tot sag. Hou 750 ml hoenderaftreksel eenkant. Verwyder vel en bene van die hoender en sny die vleis in blokkies. Soteer ui, soetrissie en knoffel in olie tot sag. Meng hoenderaftreksel, tamatiesous, blatjang, kerriepoeier en meel en roer by. Prut sowat 10 minute tot dik en vou hoender en die res van die bestanddele (piesangs, suurlemoen, ingedampte melk, suiker) in. Prut 10 minute en bedien warm met rys.
Haar inspirasie Serahni Symington 083 377 4206
Gesonde klets
op sosiale netwerke – wat ouers moet weet
D
ie kuier op sosiale netwerke is deesdae soos asemhaal. Mense is daagliks aan die gons op Facebook, Twitter, WhatsApp en BBM. Dit is nie noodwendig ’n slegte ding nie. Baie studies sê dat hierdie sosiale interaksie goed is vir diegene wat andersins sukkel om te kommunikeer. Dink byvoorbeeld aan mense met spraakprobleme, gehoorverlies, mense wat introverte is en sukkel om sosiaal te verkeer. Al hierdie groepe mense het nou ’n platform vanwaar hulle kan sosialiseer en kommunikeer. Die teenoorgestelde is egter óók waar. Daar is wél mense wat hierdie netwerke oorbenut en direkte kommunikasie opsy skuif omdat hulle te veel woel op die elektroniese media – veral tieners. Hoe dikwels sien ek in ’n restaurant tieners om ’n tafel sit, elkeen met ’n selfoon in hand, en pleks daarvan om met mekaar te gesels, is almal besig met hulle elektroniese sosiale media. Hierdie kommunikasie is nie eens net meer tot selfone beperk nie. Deesdae is daar iPads, tablette, skootrekenaars, ens. Navorsing toon dat die sosiale vaardighede van tieners wél beïnvloed word deur die oormatige gebruik van sosiale netwerke. Tieners hanteer byvoorbeeld nie meer konflik binne verhoudings dieselfde nie. Dit is makliker om gesigloos ’n appeltjie te skil met ’n vriend of vriendin as om met mekaar ’n afspraak te maak en die geskil op te los. Benewens sosiale vaardighede wat afneem, is daar ook ander gebiede van ontwikkeling wat beïnvloed word, byvoorbeeld akademiese prestasie. Dit word op twee maniere beïnvloed. Eerstens verswak taalvaardighede, en tweedens word minder tyd aan lees en leer bestee en meer aan sosiale netwerke. Onderwysers kla dikwels nie net oor spelling wat agteruitgaan
nie, maar ook die vermoë om ’n idee taalkundig uit te druk. Dikwels kommunikeer tieners en kinders só baie oor ’n netwerk dat hulle woorde afkort, sinsnedes verkort en hulle taal meng om tyd en skermspasie te bespaar. Hierdie swak taaluitdrukking kom dan in hulle skoolwerk na vore. Verder word baie tieners se tyd verdeel tussen skoolwerk, vriende en selfone. Ekstra leeswerk word opsy geskuif.
Wat kan ’n ouer doen om dit te voorkom? Eerstens, stel reëls vas oor die hoeveelheid tyd wat jou tiener of kind aan ’n sosiale netwerk mag bestee – byvoorbeeld net as hulle huiswerk klaar is, of nie na sesuur saans nie, ens. (Spoor hulle dan eerder aan om ’n boek of ’n tydskrif te lees as om ure voor die rekenaar of op die selfoon deur te bring.)
as ek hierdie laaste voorstel maak. Ouers meen dit maak inbreuk op hulle kind se persoonlike lewe. Maar moet ouers nie juis die leiding neem op die gebied van sosiale opvoeding nie? Ons moet ons kinders leer wat aanvaarbaar is en wat nie, watter foto’s op Facebook afgelaai mag word en watter nie vir ander se oë bedoel is nie, watter kommentaar gelewer mag word en wat beskou kan word as onbeskof, en hoe om konflik te hanteer in ’n persoonlike gesprek en nie op BBM of WhatsApp nie. Sosiale netwerke is ’n uitstekende manier om te kommunikeer en inligting uit te ruil. Maar omdat kinders en tieners nog ontwikkel en nie altyd van beter weet nie, sal ouers dit fyn moet dophou en die kinders positief moet motiveer. Weet op watter netwerke jou kind doenig is en wat hulle daarop kwytraak. Help jou kind om ’n gesonde gebruiker van sosiale media te wees.
’n Ander voorstel is om selfone in te lewer voor slaaptyd, om te verseker dat hulle nie saans tot laat op sosiale netwerke doenig is nie (en dan moeg by die skool opdaag wanneer hulle moet leer en konsentreer nie). Indien u kind ’n rekenaar het, plaas dit in ’n gemeenskaplike area en nie agter ’n toe deur in die slaapkamer nie. U as ouer moet kan sien wanneer hulle op die rekenaar doenig is én waarmee hulle besig is. Laastens, skep ’n profiel vir jouself op die netwerke waarop jou kind is, sodat jy kan sien wanneer hulle aanlyn is en wat hulle doen en sê. Baie ouers skrik Julie 2013
47
Klein inspirasie Deur Lorrein Katzke Skets Alistair Ackermann
“H
Heidi en Basjan
eidi!” hoor ek ’n baie bekende stem in my oor praat. “Word wakker, ons gaan laat wees!” “Basjan?” vra ek en vryf met my poot deur my oë. “Is dit jy?” “Liewe aarde, maar vir so ’n klein hondjie slaap jy darem baie, hoor!” sê Basjan en trap liggies met sy groot voorvoet op my stert. “Kom, daar’s nie tyd vir ginnegaap nie! Ons gaan al die pret misloop as jy nie nou vinnig spring nie,” sê Basjan en ek wil my nog lekker uitrek na my oggendslapie, toe trek Basjan al by die gat in die draad en so vinnig as jy kan sê straatbrak-se-moses, toe is hy al op ’n galop in die pad af. “Wa-wag-vi-vir-myBa-Basjan,” probeer ek hom met my kortasem stem roep, “ek kan nie so vinnig soos jy draf nie!” Basjan kyk nie eens om nie en eers toe hy by die straathoek kom, draai hy om en roep: “Vinniger, Heidi, vinniger!” By die straathoek wag Basjan vir my om eers my asem terug te kry. “Heidi,” sê Basjan in sy mooiste stem, “as ek en jy baie gelukkig is, klim ons vandag in ’n lugballon!”
48
Julie 2013
Die avonture van
Lugballon
Ek vergeet skoon van moeg wees, want saam met Basjan klink enige avontuur vir my net na pure plesier. By die veldjie onder in die straat is net mense waar jy kyk. “Wat gaan aan, Basjan?” wil ek weet. “Dis dierebewusmakingsdag vandag, Heidi,” sê my superslim vriend, “en vandag gaan hulle twee base met hulle honde op ’n lugballonrit neem. Eers is daar ’n kompetisie en die slimste honde word gekies om saam met hulle mense-baas in die lugballon te klim.” Nou weet ek sommer ons gaan definitief in die lugballon ry, want ’n slimmer hond as Basjan sal jy nêrens kry nie. Daar is vyf gehoorsaamheidstoetse en dis glad nie maklik nie. Basjan word getoets op dit wat ons lánk gelede in die klas geleer het. Elke baas gee bevele en die hond wat die meeste uit vyf kry, gaan saam in die lugballon. “Sit! Stap! Bly!” roep die man in die witjas en al die honde kan dit doen. Toe moet elke baas vir sy hond sê: “Wag!” en dan wegstap terwyl die hond net daar bly sit. Wintie die windhond vat die pad en hoe sy baas ook al roep, hy kom nie terug nie. Ou Boelie die bulhond loop met sy swaaipens al agter sy baas aan en snork deur sy neus. Van wag weet hy net mooi niks nie.
Net vier honde bly gehoorsaam sit en nou is dit die laaste en die moeilikste toets. Die vier base neem hulle honde se balle en dit word in ’n groot houer gesit. Hulle stap terug na die honde toe en toe die fluitjie blaas, sê hulle: “Bring!” Soos blits hardloop die vier honde na die houer toe en Basjan is heel voor. Vinnig steek hy sy kop in die houer in en kom met sy bal terug terwyl die ander drie honde nog spook en spartel om gelyktydig te probeer om hulle balle uit die houer uit te kry. Buksie is tweede terug en die kompetisie is verby. “Veels geluk!” sê die vriendelike man met die witjas aan. “Die wenners is Basjan en Buks. Julle kan naderstaan vir ’n heerlike rit in die lugballon.” Basjan se baas vra of hy my kan saamneem en ek kyk vir die man met die witjas aan met my heel mooiste glimlag en ogies wat knip. Hy vryf oor my kop en sê: “Natuurlik kan sy saamkom, dis mos Basjan se maat, nie waar nie?” Dit word ’n dag wat ek nooit sal vergeet nie. Toe ons naby die lugballon kom, is daar elke keer so ’n blaasgeluid en ’n vlam wat brand. Eers was ek baie bang, maar Basjan lag net en praat baie mooi met my. “Nee man, Heidi,” sê hy. “Jy gaan dit sommer baie geniet. Onthou, ek is die hele tyd reg langs jou,” en hy druk my saggies met sy neus sodat ek weet hy is naby. Was jy al in ’n lugballon? Wil jy weet hoe lyk die wêreld daar van bo af? Ek wil jou baie graag vertel, maar onthou, vir ’n klein hondjie soos ek was hierdie ’n baie, baie lang dag en ek moet ook my rus inkry, hoor. So, as jy ’n soet kind is, kan jy volgende keer kom hoor wat ek alles daar van bo af gesien het. Mooi luister vir Mamma hoor?