Indruk Mei 2013

Page 1

mei 2013

100

miljoen Christene word vervolg

vrou word Bedrieg en amper seksslaaf in Seychelle

Radio Tygerberg

wen drie ‘Oscars’

: o g u H Rina

Ja vir kaalvoet loop en tuinmaak,

nee vir kosmaak!

Luisteraar uit

Oostenryk

mis SA baie

IS f T A kri R G yd s t



Ingeanker

Inhoud - Mei 2013 Ty d s k r i f va n R a d i o Ty g e r b e rg

Gereeld 1 2 4 26 28 32 34

Ingeanker – Uit die Woord My indruk – Redakteursbrief Jou indruk – Brief uit Oostenryk Kalender Radio Tygerberg-programme Insake – Sakeklublede Insake – Skeppers van Klein Karoo vertel van ‘Sy perfekte tydsberekening’ 37 In klank – Musiek 48 Invul - Bybelblokraai

In ons omgewing 4 6 20 22 22 23

Oom Carl 3 Oscars vir Radio Tygerberg Die Burger Buite-Ekspo Real Men March Reuse- rooi sitplek TygeRun

Gesin 40 Haar inspirasie - Boelie 42 Sy inspirasie – Wiele 44 Haar inspirasie - Patatrol om oor te stry 46 Haar inspirasie Hoe troos ek nou? 47 Klein inspirasie – Heidi en Basjan - Kattepraat

ARtikels 8 In gesprek – Rina Hugo 24 Insig – Wie is ek?

In breë trekke 12 14 15 16 16

Maureen van Blikkiesdorp Voordat jy Deurmekaargedagtegebed Seychelle-nagmerrie Geopende Deure

Angus Buchan se dagstukkies Uit: Tyd op die berg. Bestellings 012 348 1891 of by Gospel Direct

Christus:

jou hoop op die heerlikheid Lees Kolossense 1

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid - Kolossense 1:27. Die Here sê vir jou: “Daar is niks te moeilik vir My nie.” Dink terug aan toe jy die eerste keer jou lewe aan Christus gegee het. Hy was alles vir jou. Jy het absoluut niks gehad nie. Dit was hoekom jy na Hom gekom het. Jy was verlore en jy het uitgeroep: “Here, help my, anders gaan ek sterf!” God het jou gehoor. In die begin het jy oor alles gebid voordat jy ’n besluit geneem het. As jy dit nie meer doen nie, moet jy ondersoek instel. Dit is baie maklik om dinge in jou eie krag te doen. Onthou, dit is waar jy begin het – deur dinge op jou eie manier te doen. God sê vir jou: “Niks is te moeilik vir My nie.” Hy sê: “Kom na my toe en laat ons gesels oor jou toekoms en besluit waarheen jy op pad is.” Ek daag jou uit om alles vir Hom terug te gee. Klim uit die boot en loop op die water. Die Here Jesus Christus kan ’n wonderwerk in jou lewe doen. Kies om te wandel in geloof en nie

deur te sien nie. Jy sien, my liewe vriend, dit gaan alles oor geloof – nie geloof in die geloof nie, nie geloof in jouself nie; nee, geloof in God! Ander godsdienste verskil van die Christendom in die sin dat hulle jou leer om geloof in jouself te hê. Hulle vertel jou dat jy dit kan doen; God is in jou, jy is ’n god. Die Christendom sê AIKONA! Die Woord sê vir ons dit is God wat die wonderwerke verrig. As jy ’n kind van God is, is Jesus jou hoop en jou heerlikheid. Ja, Hy is. Jy moet verstaan, daar is niks in hierdie wêreld wat vir Hom onmoontlik is nie. Jy sien, dit is net deur die genade van God dat die son vanoggend opgekom het en weer vanaand sal ondergaan. Dit is reg – alles draai om Hom. Hy sê vir jou: “Daar is niks wat Ek nie kan doen nie.” Gebed: Here, U is my hoop en U is my heerlikheid. Help my om dit met my hele hart te glo wanneer ek sê niks is vir U onmoontlik nie. U verlang volkome vertroue en gehoorsaamheid van my. Vergewe my my lou toewyding. Help my om weer volgens my eerste liefde vir U te lewe. Amen.

As jy ’n kind van God is, dan is Jesus jou Hoop en jou Heerlikheid.

Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za Mei 2013

1


Nie vir

punte nie D

ie oudSpringbok Naas Botha gesels nou die dag in ’n TV-program oor sy grootwordjare. Ek het nie die program self gesien nie en vertel dit soos ek dit van vriend Willie gehoor (of onthou) het. Naas vertel glo dat sy swakste vak op skool houtwerk was. Kortom, hy kon nie houtwerk doen nie. Uiteindelik vertel hy van sy houtwerkpunte en dat hy geweet het dat hy nie die paal sou haal nie. Hy gaps toe sy houtwerkonderwyser se eie model en gee dit as werkopdrag in. ’n Paar dae later het hy 65% daarvoor ontvang. Hoewel dit nie ’n swak punt was nie, sou ’n mens darem seker ’n beter punt van die houtwerkonderwyser verwag het! Daar is ’n paar moontlikhede om te oorweeg:

Ek glo daar is baie van ons wat boekdele daaroor kan skryf – hoe ons as nutteloos beskryf en afgeskryf is, soms swak punte ontvang het net omdat ons stout was, omdat daar ’n persepsie was dat ons ’nie so slim’ soos ander was nie, ’n gebrek om potensiaal raak te sien, ensovoorts. En net voordat ek weer opnuut ernstig gegrief wil raak oor die ‘onregte’ wat teenoor my, my kinders en my vriende gepleeg is, tref iets my vol in die gesig... Ek hoef nie voor Jesus Christus te presteer om punte te verdien nie. Die besef tref my dat Hy my swakpunte beter as enigiemand anders ken en dat dit nie saak maak nie, solank ek Hom ken, erken en dien. En skielik glimlag ek vir Naas se houtwerkonderwyser en vir al die menslikgepleegde onregte van die verlede!

Naas vertel glo dat sy swakste vak op skool houtwerk was. Kortom, hy kon nie houtwerk doen nie.

1 2

Die houtwerkonderwyser se gunstelingvak op skool was dalk ook nie houtwerk nie,

of

Die onderwyser het nie punte vir die gehalte van die werk gegee nie, maar vir die persoon.

2

Mei 2013

Marius du Plooy Redakteur

MEI 2013

My Indruk

100

miljoen Christene word vervolg

VROU WORD BEDRIEG EN AMPER SEKSSLAAF IN SEYCHELLE

Radio Tygerberg

wen drie ‘Oscars’

Rina Hugo:

Luisteraar uit

Oostenryk

mis SA baie A

Ja vir kaalvoet loop en tuinmaak,

nee vir kosmaak!

rti

bl. kel op 8 IS AT r i f G Rydsk t

Redaksie InDRUK gebruik vrywilligers as verslaggewers en medewerkers – onafhanklike skrywers met onafhanklike menings. Hoewel ons met groot sorg te werk gaan, is die inhoud van alle artikels nie noodwendig in ooreenstemming met standpunte van InDRUK of Radio Tygerberg nie. Redakteur Marius du Plooy Beleid Hardus Zevenster Taalversorging Riaan Cruywagen Sedrick Taljaard Ontwerp Tenille Swanepoel Amor design Hooffotograwe Etienne Janse van Rensburg Pierre Coetzee Advertensies Charmaine Boshoff charmaine@104fm.org.za 082 066 5675 Uitgewer 104 Publications Drukwerk Paarlmedia Cape Verspreiding On The Dot – 021 528 7920 Kommentaar & artikels marius@fundipro.co.za permanente Medewerkers Angus Buchan Carl Kritzinger Ettienne Smith Jeanette Kritzinger Lorrein Katzke Louis Awerbuck Luané Janse van Rensburg Reinier Matthee Riana Hanekom Sedrick Taljaard Suleen Hamman Ander medewerkers by artikels Radio Tygerberg 0861 104 104 www.radiotygerberg.co.za



Jou Indruk

Radio Tygerberg-luisteraar vertel

uit Oostenryk:

Rof gelewe, nou smokkel ek bybels

E

hier by my. k luister hier in Oostenryk op Ek was ’n rowwe, ongelowige en bose die internet na Radio Tygerberg. jong man toe ek nog in Suid-Afrika was. Dit sneeu hard hier in die Ek het ’n wilde, avontuurlike lewe gelei. Tiroolvallei waar ek nou bly. Dit is altyd Ek was met baie verkeerde dinge besig spesiaal vir my, want ek kom van die Karoo. Ek is nou al amper vyftien jaar uit en ek reken ek sou óf doodgegaan óf in die tronk beland het. Ek het na iets Suid-Afrika en dit word nie makliker nie ... Ek praat omtrent nooit meer Afrikaans gesoek (soos almal maar ...), maar nie geweet wat nie. Ongelukkig het ek dit nie en ek was so bly toe ek julle stasie op die verkeerde plekke ontdek het. Ek het op ’n plaas tussen Uniondale en Ek mis Suid-Afrika probeer kry. Een aand in ’n kroeg het Oudtshoorn grootgeword, met ’n seer pyn in ’n meisie my van Jesus toe op Stellenbosch my hart! vertel, dat Hy my liefhet gestudeer, twee jaar lank in Durbanville gebly en gewerk, en toe is en Sy plan vir my lewe. Ek het teen alle ek Londen toe. Ek mis Suid-Afrika met ’n verwagting in my lewe daar en dan vir Jesus gegee. Dit was ’n week voor ek seer pyn in my hart en tref stelselmatig Londen toe is en sedertdien het ek nooit voorbereidings om terug te gaan. weer teruggekyk nie. Oor die jare het ek Die meeste van my familie en vriende en Jesus ’n wonderlike verhouding opgeraai my af om terug te gaan en liewer bou en vandag is Hy my beste vriend. Is elke jaar ’n maand lank daar te gaan vakansie hou. Ek was tien jaar laas in dit nie absoluut wonderlik wat Hy vir ons gedoen het nie?! Suid-Afrika, want my mense kom kuier

In ons omgewing Marni Venter

Mei 2013

Oom Carl se

glo-koevertjie

Oom Carl Ephraim daag eendag by Radio Tygerberg op met ’n baie spesifieke doel. Terwyl die oom praat, besef ’n mens net watter soort omgee-persoon hy is en dat hy die behoefte het om ’n verskil in mense se lewens te maak. Hy vertel van ’n tannie in sy gemeenskap wie se been geamputeer is en wat hulp nodig het. Sy soek net twee goed om haar lewe te vergemaklik – ’n TV-stel en ’n mikrogolfoond. Hy oorhandig ’n koevertjie met ’n donasie aan Radio Tygerberg om dankie te sê vir die verskil wat die radio reeds in die gemeenskap maak en met die wete dat God ook aan hierdie versoek van hom sal voldoen. 4

Dankie vir die stasie en die goeie werk wat julle doen. Mag die Here julle ryklik seën. Ons maak nie skatte bymekaar op aarde nie, maar waar dit ewig tel. Groete Daniël Ns.: Dit voel vreemd om die dinge in Afrikaans te vertel. As jy tyd het, sal ek vir jou skryf wat Jesus met my hier oorsee gedoen het en steeds doen; hoe Hy my in China uit die tronk gehou het (duisend bybels ingesmokkel!) en hoe Hy my eenkeer hemel toe gevat het. Ek was ’n plaasklong wat niks van dié dinge af geweet het nie en eers toe dit met my gebeur het, het ek gelees van ander mense met wie dit ook gebeur het. My pad met Jesus is ongetwyfeld die wonderlikste, opwindendste avontuur denkbaar. Natuurlik deel ek die Goeie Nuus waar ek gaan en baie mense is op dié manier gered... en dan die wonderwerke, absoluut ongelooflik!

Met nat oë en hartseer, maar verwonderd oor sy geloof, gaan gee ek die oom se donasiekoevertjie af in die administratiewe kantoor. Ek vertel van die oom se besoek, en…... Een van die dames in die kantoor het ’n TV-stel wat pas herstel is. Die ander een het ’n mikrogolfoond gewen wat nog in sy verpakking staan. En net daar word die oom se geloof beloon. Hier sit van links oom Carl Ephraim, sy swaer, Hannes Loff, en Marni Venter met die mikrogolfoond wat ’n tannie in die gemeenskap se lewe gaan vergemaklik.

En ek besef net weer dat die Here altyd voorsien aan die wat onvoorwaardelik glo.


In ons omgewing Anton Brink en Luané Janse van Rensburg

Bo: Este Redelinghuys het haar kruis op die strand by Langebaan gemaak toe sy een aand afstap see toe en so bly is dat Jesus vir hulle ‘n strandhuis gegee het. Die volgende naweek toe sy weer daar kom, was die kruis steeds daar.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar was Radio Tygerberg se “Elke huis het Sy Kruis”-projek ‘n groot sukses. Net soos verlede jaar is radioluisteraars aangemoedig om hulle kruisfoto’s in te stuur. Die reaksie was verrassend en ons het selfs foto’s van mense uit Gauteng ontvang.

Bo: Bernard, Elme, Luan en Altus Rabe van Somerset-Wes het as gesin saamsaam ‘n kruis gemaak.

Kruise van hoop

Bo: Liezel Erasmus het hierdie foto van die kruis wat hulle as gesin gemaak het aangestuur en ook een wat haar dogtertjie gemaak het. Hulle sit alles by die voet van die kruis en glo die Here sal sorg.

Radio Tygerberg het gesinne uitgenooi om allerlei materiale wat in die huis rondlê (lappe, draad, hout – net wat beskikbaar is) nader te krap en hulle eie kruise te maak. Die kruis moes dan op ‘n sigbare plek gemonteer word, hetsy in die voortuin, op die dak, of teen die voordeur. Foto’s van hierdie kruise is aan ons gestuur en ons het dit gebruik om ‘n kruis hier by Radio Tygerberg te bou. Mense is ook aangemoedig om die ‘kruis’ waaronder hulle as huisgesin gebuk gaan, na die voet van Jesus se kruis te neem, dit daar neer te lê, en die Here te vertrou vir ‘n deurbraak en oplossing. Volgende jaar maak ons weer so, met Radio Tygerberg se “Elke huis het Sy Kruis”.

Links: Die groot kruis wat by Radio Tygerberg uit luisteraars se kruise saamgestel is.

Regs: Julian en Liezille Jacobs het hierdie kruise saam met hulle kinders gemaak en dit na die Panorama Palms vir bejaardes geneem as ‘n geskenk.

Willem Erwee en sy gesin is baie lief vir Ierland en die Keltiese kruis is seker van die mooiste kruise wat hulle nog gesien het. Soos Willem verstaan, simboliseer die sirkel die nie-Christene wat deel word van Jesus en dit waarvoor Sy kruisdood staan (die kruis self). Mei 2013

5


In ons omgewing

3 radio‘Oscars’

Marius du Plooy

vir Radio Tygerberg ’n Trotse Willem Erwee (Bemarkingsbestuurder) en Luané Janse van Rensburg (Skakelbeampte en projekleier)

T

ydens ’n spoggeleentheid in Sandton, Gauteng, waar Suid-Afrika se gesogte MTN Radiotoekennings bekendgemaak is, is Radio Tygerberg as wenner in drie kategorieë vir gemeenskapsradio aangewys. Die toekennings kan met reg gesien word as Suid-Afrika se Oscars vir die radio. Wat die Kaapse radiostasies betref, het Radio Tygerberg saam met 567 Cape Talk met die meeste toekennings weggestap. Vuurvas, Radio Tygerberg se gewilde middagprogram, is aangewys as die Beste Middagprogram, die radio se eie radiodrama, Lappiesmous, as die Beste Dramaprogram en Radio Tygerberg se Vyfsent-projek as die Beste Gemeenskapsprojek. Daar was meer as duisend inskrywings van bykans sewentig radiostasies. “Vanjaar se inskrywings was ongetwyfeld van ’n hoër standaard as vorige jare s’n,” het Lance Rothschild, uitvoerende hoof van die kompetisie, gesê. Benewens die drie kategoriewenners, is Radio Tygerberg ook in vier ander kategorieë as finalis benoem, naamlik Gemeenskapsradiostasie van die Jaar, Beste Ontbytprogram, Beste Middagomroeper en die My Stasie-toekenning. Radio Tygerberg se standpunt word opgesom deur Hardus Zevenster, wat nie

6

Mei 2013


1

2

3

Een, twee, drie! Groot glimlagte van die Radio Tygerbergspan by die MTN-toekenningsaand. V.l.n.r. Sedrick Taljaard, Karien Basson, Hardus Zevenster, Luané Janse van Rensburg, Willem Erwee, Anton Treurnich en Anton Brink.

1000 inskrywings – 70 radiostasies – Radio Tygerberg wen, wen en wen!

Vuurvas-aanbieders Anton Treurnich en Karien Basson saam met Radio Tygerberg se Inhoudsbestuurder, Sedrick Taljaard.

bietjie trots is op die prestasie nie, veral omdat die toekennings op ’n sekulêre platform aan ’n Christelike radiostasie gedoen is. “Die hele radiospan verdien erkenning vir die suksesse van die aand. Ons almal sal met nog groter passie ons visie verder uitleef, nie net om meer toekennings te verwerf nie, maar om Sy Koninkryk met oorgawe verder uit te bou. Alle eer aan Hom.”

Vuurvas se aanwysing as die Beste Middagprogram is ’n groot pluimpie vir die aanbieders Anton Treurnich en Karien Basson, wat maar eers in September 2012 as ’n span saam begin uitsaai het. Die beoordelaars se geskrewe kommentaar oor Vuurvas lui soos volg: “Positiewe program met sterk luisteraarinteraksie, vaste waardes en gemaklik om na te luister.”

Anton het ook met die louere weggestap toe sy radiodrama, Lappiesmous, as die Beste Dramaprogram aangewys is. Dié dramareeks is in 2012 op Radio Tygerberg uitgesaai. Die beoordelaars was gaande oor die drama se “goeie toneelspel, teks, produksiestandaarde en boeiende storielyn.” Met sy Vyfsent-projek het Radio Tygerberg verlede jaar saam met die Willowbridge-winkelsentrum, die organisasie Stop Hunger SA en die gemeenskap, meer as 1,5 miljoen vyfsente ingesamel. Dit was R74 433 se vyfsente waarmee uiteindelik 34 560 kospakkies vir behoeftiges uitgedeel kon word. “’n Innoverende veldtog wat ’n substansiële bedrag geld opgelewer het en die stasie se profiel substansieel verhoog het,” was die beoordelaars se indruk met die aanwysing van dié projek as die Beste Gemeenskapsprojek. Hierdie projek is ook aan die einde van verlede jaar as nasionale wenner aangewys in die Romans Double Up-kompetisie, wat ’n verdere R50 000 vir Stop Hunger verseker het. Mei 2013

7


In gesprek met Marius du Plooy

Tuin ja, kosmaak nee! Doodgewone Rina Hugo is eintlik baie buitengewoon

8

Mei 2013


“Ek hou van kaalvoet loop” As jy vir Rina Hugo persoonlik ontmoet en leer ken, sien jy ’n mens mens, sonder fieterjasies en aanstellerigheid. Sy is ’n gewone mens, ’n gewone ma, met gewone mensgewoontes. ’n Mens sonder pretensies. Jy stap maklik in die supermark by haar verby waar sy inkopies doen sonder om opgetof te wees. Die meeste van ons ken vir Rina Hugo beter as sangeres van ligte musiek, maar sy het haar musiekervaring ver gaan haal en wêreldwyd uitgestal. “Ek het B.Mus. op die PUK geswot en toe later my M.Mus.-graad in Boston verwerf. Ek het in daardie stadium geen planne gehad om ligte musiek te sing nie en was baie jare lank diep ingegrawe in die klassiekemusiekbedryf. Ek het baie operas, oratoriums en liederuitvoerings gegee en later ook musicals gedoen wat ek baie geniet het. The Sound of Music en The Student Prince was hoogtepunte.” En sy het skouers geskuur met van die bestes ter wêreld. “Mimi Coertse was my idol. Ek het as kind oor en oor na haar geluister en later die voorreg gehad om saam met haar in produksies op te tree. Ek het ook ’n paar sanglesse by haar gekry. Ek is ’n groot aanhanger van Pavarotti en het hom in Boston ontmoet. Meer onlangs het ek die voorprogram vir David Phelps (bekende gospelsanger) en die Gaither Vocal Band gedoen… hulle ontmoet en met hulle gesels. Ek is groot fans van hulle.” Oor haar mooiste musiekoomblik sê sy dat dit moeilik is om iets uit te sonder. “Toe ek die rol van Pamina in Die Towerfluit gesing het, was dit ’n hoogtepunt. My tye saam met Gé Korsten op die verhoog was baie kosbaar. Die konsert wat ek en Bles Bridges by Sun City gehou het in die vroeë negentigertiger was ook lekker.” Waar sou sy wou bly as dit nie in SuidAfrika is nie? “Amerika. Ek voel tuis daar. Seker omdat ek daar gebly en studeer het. Daar is so baie om te leer en in te neem.” Kom ons sê jy wen ’n wêreldreis en jy kan vyf plekke besoek...? Las Vegas in Amerika: Ek sal dae lank net shows kyk. Brugge in België: Ek het baie goeie vriende daar en dis een van die mooiste dorpies. Israel: Tuin van Getsémane. Londen: Diana se graf. Ek is ’n royalty groupie! Paros in Griekeland: Ek gaan net daar rondlê en die restaurantjies besoek

en langs die see sit. Oor gesinsbande en haar kinders vertel sy: “Ek kan nie daarsonder nie. My gesin het my geanker en op die aarde gehou en ek het altyd geweet as iets met my loopbaan verkeerd sou gaan of ek moes ophou sing, sou hulle vir my daar wees. Ek het twee kinders – Riaan en Anri wat getroud is en my geseën het met hulle wederhelftes Christien en Etienne vir wie ek baie lief is. Daarby het ek drie lieflike kleinkinders bygekry wat nou ons almal se lewens oorheers.” Jy het baie jare in Randburg gewoon en

“Ek weet nie eers hoe werk rugby nie! Maar ek weet van Kobus Wiese en Naas Botha.” nou twee jaar in Centurion. Vir watter rugbyspan skreeu jy? “Ek weet nie eers hoe werk rugby nie! Maar ek weet van Kobus Wiese en Naas Botha.” Die mense ken jou man, Johan, meestal net as die Musiekfabriekmusikant van Noot vir Noot. Hou hy van sport, neem hy deel, wat doen hy as hy nie musiekmaak nie? “Johan speel baie graag gholf en dit

Rina en haar gesin, v.l.n.r Christien (Riaan se vrou), Anri, Riaan, Johan, Rina en Anri se man Etienne. Voor is Annabel en Enzo. Ella, Riaan se dogtertjie, was nog nie gebore nie.

het nou vir hom ’n erns geword vandat hy meer tyd het. Verder het hy ’n groot teleskoop op ons plaas en stel baie belang in die sterre.” Hoe het dit gebeur dat jy in Afrikaans begin sing het, terwyl jou buitelandse ervaring (en die mark) eintlik seker meer Engels was? “Dit was ’n natuurlike uitvloeisel vir my as Afrikaner. Ek het tussendeur nog steeds in ander tale bly sing en veral liedere uit

Mei 2013

9


die musiekblyspele waarmee ek deur die jare groot sukses gehad het.”

Rina en haar man, Johan

Wat is jou antwoord vir mense wat sê dat Afrikaans sal uitsterf? “Nie sommer nie! Die taal word al hoe interessanter hoe meer interessante woorde ons maak.” Wat is die geheim om na soveel jaar in die bedryf nog so gewild te wees? “Ek weet nie regtig nie. Ek is net geseënd as mense nog na my en my musiek wil luister.” En sy glo die geheim van menswees is ’n goeie sin vir humor. Oor haar geloof sê Rina: “Hoe leef mens daarsonder? Hoe cope mens met aweregse dinge wat na jou kant toe gegooi word as jy nie weet die Here is in beheer van alles nie?” Vir mense wat sukkel om te glo, sê sy: “Ek dink mense moet meer soos kinders begin glo en nie alles vir hulleself so moeilik maak nie. Gee jou oor aan die Here. Word stil en luister na wat Hy vir jou wil sê en waarheen Hy met jou op pad is.” Ons gesels oor selfvertroue. “Ek is iemand met baie min selfvertroue en dis vir my nog steeds ’n wonderwerk dat die Here my in ’n beroep geplaas het waar mens juis hope daarvan nodig het. Ek werk elke dag aan myself om in myself te glo.” Jy en Johan het albei diep spore in die musiekbedryf getrap, maar elkeen op sy/ haar eie gebied. Het julle mekaar aangevul, was daar botsings van standpunte? “Ek en Johan het mekaar baie ondersteun. Ons het mekaar se vreugdes en 10

Mei 2013

frustrasies verstaan en is nog steeds mekaar se grootste kritici. Dit het goed vir ons gewerk. Ons het betreklik min baklei, dink ek.” Hoe hanteer julle konflik? “Ons praat dit dadelik uit en kry dit verby.” Watter foute van die verlede sal jy nie weer wil begaan nie? “Ek moes nooit platekontrakte onderteken het nie. Ek sou my eie musiek graag self wou besit.” Hoeveel pare skoene het jy? “Jy wil nie weet nie.” Wat is jou grootste swakpunt? “Ek raak ongeduldig met mense wat iets

wat ons almal deesdae ervaar, moet ons tyd maak om alleen in Sy teenwoordigheid deur te bring.” Rina se gunstelinggedeelte in die bybel is Psalm 23. Sy lees ook graag speurverhale as sy wil ontspan, en biografieë, veral oor sangers. Haar gunstelingboek: Jesus Calling. Sy hou van tuinmaak. “Ek is lief vir die tuin. Toe ek jonger was, het ek baie in die tuin gewerk en selfs die gras gesny. Nou is ek nie meer so fluks nie.” Rina agter die kospotte is egter ’n ander storie. “Ek is nie lief vir kosmaak nie, maar is mal oor vleisbraai.” Die eenvoudigste resep wat sy ken:

“En sy glo die geheim van menswees is ’n goeie sin vir humor”.

nie vinnig genoeg na my sin doen nie.” Jou sterkpunt? “’n Goeie sin vir humor en ek lag maklik vir myself.” Jou lewe en dié van Johan bestaan uit klank. Luister julle krities of selfs oorkrities na opnames en redigering? “Ja, ongelukkig. Dit staan soms in die pad van net te sit en die musiek te geniet. Dit gebeur veral met TV-programme en live shows.” Wat se CD sit julle op as julle sommer net wil luister? “Goeie country, jazz en gospel. Ons het eintlik ’n wye musieksmaak.” Verlang jy soms na die ou maniere van opnames maak... hoekom? “Nee, nie regtig nie. Ons is net daardie dae baie tyd in die ateljee gegun en dit was lekker. Ek verlang na die dae by Boet Pretorius toe ons almal soos familie gevoel het. Dis alles nou baie meer onpersoonlik. Die opnametegnieke maak dit vir ons sangers nou nogal baie makliker. Ek dink selfs dit is nou té maklik vir ’n sanger om iets op te neem.” Watter lied van jou is jou persoonlike gunsteling? “Hoe troos ek nou van Jan de Wet en Tienkie de Villiers het die liriek geskryf (Sien bl. 46). Dit beskryf so mooi hoe ’n ma worstel om haar kinders te troos as hulle ouer word en nie altyd weet wat die antwoorde is nie.” Oor haar verhouding met Jesus sê sy: “Jy is nooit alleen nie. In die besige lewe

Meng een blik gekookte kondensmelk en een houertjie room. Maak dit stadig warm vir die lekkerste sous oor roomys. Lag jy maklik? “Ek is bekend daarvoor dat ek hard kan lag, veral vir enigiemand wat ’n grap of storie goed kan vertel.” Wat maak jou hartseer? “Nou dat ek ouer word, huil ek vreeslik maklik en dit kos nie veel om trane in my oë te kry nie.”

Kitsblitsvrae:

Ek verdra nie… mense wat stadig ry as ek haastig is nie. Ek is mal oor… vleisbraai en ’n vuurtjie. Politiek… maak my moeg. Ek sal nooit… oesters eet nie, ek gril my dood. Die lewe… is ’n lied. Skoene is… die belangrikste deel van jou uitrusting. Mense moenie… te veel van hulleself vir ’n vreemdeling binne twee minute vertel nie. Jy behoort altyd… dankie en asseblief te sê. Huil is… goed vir jou, maar sleg vir jou grimering. Vuil voete is (altyd) toelaatbaar as… jou hakke geskuur is. Ek hou van kaalvoet loop.


Mei 2013

11


In breë trekke Deur Izanette van Schalkwyk

Maureen van Maureen Philander is ’n baie dapper vrou wat in Blikkiesdorp, Delft, woon. Sy is een van die “Magnificent Mothers” wat elke Donderdag by Hindle Hoërskool saamkom waar klasse aangebied word deur mense soos dr. Izanette van Schalkwyk, Sylvia Nel en ’n span toegewyde vrywillige werkers. Die leergierige moeders word bemagtig om met hulle gesonde lewensvoorbeeld hulle kinders en die Delft-gemeenskap te lei om positiewe lewensvaardighede soos respek, hulpvaardigheid en selfdissipline te ken en toe te pas. Maureen het geleer van eerlikheid en daarna begin streef om die waarheid te praat, betroubaar te wees, beloftes na te kom, en om haarself en ander nie met leë beloftes of mooipraatjies teleur

te stel nie. Kort daarna het sy ’n brief daaroor geskryf. In haar eie woorde: I learnt at Blue Bus Ministry what honesty really means in your relationship, work and home. I met this handsome guy 5 years ago. He is a religious person, loves my kids and I adore him for his passion for other people. When I was diagnosed with HIV-Aids in 2010, I didn’t know how to tell him. We slept together without “condomising”. I felt very guilty before God for affecting this guy without telling him about my status. The Holy Spirit told me to be honest to him every time, but NO, I feared that I was going to lose him as my boyfriend. He fell ill of STIS – an infection, but

still I kept quiet about my status. I couldn’t even read the Bible anymore, couldn’t pray anymore, I felt like I hated God for being infected. But my secret that I kept from my partner didn’t last long when I met the Blue Bus Ministry’s Magnificent Mothers at Hindle High… When I learnt about honesty at the Blue Bus Ministry, I did take it seriously to exercise HONESTY in my relationship. I let my partner sit down and had a serious conversation with him: I told him my status, I asked him to have himself tested. He told me if he tested positive, he was going to put me in jail for keeping the information about the deadly virus from him that could destroy his whole future.

Craft Shop

12

Mei 2013

Stockist of a Large range of Craft Products, School Project accessories and Kiddies Kits Visit us at 23 Northumberland Rd, Bellville, tel: 021 949 0608 for all your School Project needs!!! Also visit our Gift & Decor Shop next door & enjoy lovely refreshments @ the Coffee Shop Email: belvile@creativetalents.co.za

Tel: 021 946 4194


Vandag bedien Maureen verskillende mense van Blikkiesdorp met die Woord en bemoediging.

When he went to the clinic I prayed to God, bowed before God, confessed and asked God to forgive me for being dishonest... and that his test must be negative. Praise be to Almighty God: The test was negative, he is HIV free. He left me and went on with his life. I am happy for him. Thanks again to Blue Bus Ministry for planting it in our brains about HONESTY. To everybody out there‌ feel free to read this. Honesty is very important in your relationship, in your marriage, in the church, in your home, at work. I almost destroyed somebody’s future. Regards, Maureen.

Mei 2013

13


In breë trekke Wonder wie-posser

Voordat jy ... Vandag iets negatiefs en afbrekends vir jou medemens te sê het ... dink aan iemand wat stom is. Voordat jy kla oor die slegte smaak van die kos ... dink aan diegene wat niks het om te eet nie. kla oor ’n geliefde wat nie dink, sê en doen soos jy van hulle verwag nie ... dink aan iemand wat by God smeek vir vriende of ’n lewensmaat. Voordat jy kla oor die lewe ... dink aan ’n kind wat op ’n sterfbed lê. oor jou kinders kla ... dink aan dié wat begeer om “Mamma” of “Pappa” te hoor, maar nooit die voorreg sal hê nie. Voordat jy baklei oor jou vuil en deurmekaar huis wat iemand nie skoongevee het of waar ’n bed nie opgemaak is nie ... dink aan dié mense wat op straat bly of onder rommel skuiling moet soek. kla oor die afstand wat jy werk toe moet ry ... dink aan iemand wat geen vervoer het nie en werk toe moet loop. Voordat jy kla oor jou werk en hoe moeg jy is ... dink aan die werkloses of gestremdes wat ’n werk begeer. daaraan dink om ’n vinger te wys of te oordeel ... onthou dat nie een van ons sonder sonde en tekortkominge is nie. Voordat jy deur negatiewe gedagtes gedryf word om neerslagtig te voel … glimlag en dank God dat jy leef.


In breë trekke Deur Marike Roux

’n Deurmekaargedagtegebed Liewe Here

Soos ek werk toe ry, is my gedagtes alweer op soveel plekke vanoggend, alewig aan die rondspring tussen dit wat dringend, noodsaaklik en lekker is. Ek het al gewonder hoekom U my so ’n ewige denker gemaak het, want hierdie sterkpunt van my is ook soms my swakpunt... die oordenking van te veel dinge wat eenvoudig kon gewees het. Ek dink soms kompliseer ek die lewe vir myself! (Here, is dit ’n vrou-ding of net mý ding? Ek wonder maar net.) Ek vergeet amper om in my daaglikse gebed om genade te bid, sodat ek vir die vier gehoorgestremde Graad 2-kinders in my klas al die liefde kan gee wat hulle verdien. Here, U weet dat ek nodig het om daardie gebed elke oggend klokslag te bid, anders is my geduld nie genoeg om my deur die dag te dra nie! Want soms verwag ek mos van kinders grootmensreaksies... hulle moet mos al weet wat om te doen en hoe om

op te tree. Soms dink ek dis omdat ons vergeet het hoe dit voel om kind te wees. Ons het die onskuld van kindwees verloor terwyl ons al die mure van beskerming om ons opgebou het omdat die wêreld en veral mense ons al so seergemaak en teleurgestel het. U sê dan juis dat ons mos kinderlike geloof moet hê. Maar wat beteken dit werklik? Om te glo soos ’n kind, met my hele hart, sonder vooropgestelde idees, kommervry en in volle vertroue teenoor U, my Vader? Telkemale kan ek net nie laat gaan nie, want dit beteken ek moet beheer oorgee. Wanneer het ek begin vergeet dat ek ’n God dien wat my geskep het, wat magtiger is as wat my deurmekaar gedagtes ooit sal kan verstaan? Here, help my om te midde van my deurmekaar gedagtes te onthou dat U groter, magtiger is, en dat ek U my Vader kan noem wat vir my sorg. Ek prys U daarvoor!


Ingrypend Deur Melissa Bierman

Nagmerrie in die Seychelle...

Melissa Bierman het inisiatief aan die dag gelê en die voormalige Mevrou Suid-Afrika, Lynn de Jager, oorreed om haar verhaal van drie reuse-, traumatiese gebeure te vertel. In hierdie artikel vertel ons nie van die twee gewapende rooftogte wat hulle getref het nie. Ons fokus net op haar nagmerrie-ervaring in die Seychelle.

E

k het vroeër jare professioneel gedans en het so met die oefenmetode Pilates kennisgemaak. Na ’n internasionale kursus het ek op die ouderdom van 22 my eie ateljee gehad. Ek het selfs die geleentheid gehad om die Blou Bulle se Super 14-span te help met die voorkoming van beserings en rehabilitasie om meer soepel te word. Later het ek by TV betrokke geraak as vervaardiger en akteur. My lewe het besonder goed verloop.

16

Mei 2013

Ek en Wilhelm is twee maande na ’n gewapende rooftog getroud. Kort na die troue is ek genader om Pilates-klasse in die Seychelle te gaan aanbied – wat ’n wonderlike geleentheid, het almal gesê! Terwyl ek my tasse gepak het, het iets vir my nie pluis gevoel nie. Ek het gebid en gevra dat Jesus my asseblief moet beskerm. Wilhelm het my getroos en gesê hy dink ek voel dalk so omdat ek vir die eerste keer alleen oorsee moes gaan. Behalwe dat ek my hart leeg gehuil het toe ons groet, het alles verder vlot

verloop. In die Seychelle het ons by die oord aangekom waar veiligheidspersoneel ons tasse deurgesoek het. Ons is saam met ander mense ingedeel en net voordat ons na ons kamers toe is, is almal byeengeroep. “Op hierdie eiland is daar vier reëls,” het ’n donkerkopvrou vir ons kom sê: “1. Jy sê nooit NEE nie, 2. Jy vra nooit VRAE nie, 3. Jy werk so hard soos jy kan, en 4. Jy praat NOOIT terug nie.”


Die naïewe ek was steeds vas onder die indruk dat daar van my Pilatesklasse gepraat word… Ek en my kamermaat moes ’n dubbelbed deel. Ek kon aan haar gesels agterkom dat dit nie die eerste keer was dat sy op die eiland was nie en dat sy die roetine al op die punte van haar vingers geken het. Skielik is ons internet afgesny. Alle selfone, kameras en paspoorte is gekonfiskeer. ’n ‘Prins’ het ons almal laat roep om voor sy villa byeen te kom. Sy voorkoms het my kinderprentjie van ’n aantreklike prins aan skerwe laat spat – ’n vent met ’n grillerige, vet pens, ronde klein handjies en skewe tande. Hy het direk op my afgepyl en gevra of ek ’n ‘boyfriend’ het en in my oor gefluister dat dit nie ’n sonde sou wees as hy by my slaap en ek my trouring afhaal nie. Na baie versoeke is ek uiteindelik toegelaat om badkamer toe te gaan. Ek móés eenvoudig ’n plan maak om daar weg te kom. Die volgende oggend het hulle weer almal byeengeroep wat vir die eerste keer op die eiland was. Ons het in ’n lang ry gestaan en daar was ’n deur waar almal ingegaan het, maar nie weer uitgekom het nie. Toe ek tweede van voor was in die ry, het ek ’n vrou binne met ’n spuitnaald gesien. Ek het op daardie oomblik gevoel of ek in trane wil uitbars. Dit het ook nie gehelp dat ek net voordat ek hierheen gekom het die fliek Taken gekyk het nie! Ek het dadelik besluit dat daar nie ’n manier was dat enigiemand ’n spuitnaald in my sou druk nie. Ek het gemaak of ek flou val en dadelik het almal my begin lawe en

kamer toe gedra. Uiteindelik het ek ’n middag gehad om my planne agtermekaar te probeer kry! Ek het onthou dat, toe ek my tas gepak het, Wilhelm ’n ekstra foon in my badsakkie se binnesak gebêre het. ’n Skoonmaker het later die middag ingekom om ons kamer te vee en ek het besluit dat ek ’n kans sou waag en vra vir lugtyd. Aanvanklik het sy gesê dat sy in groot moeilikheid sal kom, maar later die middag het sy wel die simkaart met lugtyd onder my deur ingestoot. Ek het dadelik my skoonma ge-SMS en gevra sy moet vir my die simptome van breinvliesontsteking aanstuur. Ek het vir Wilhelm laat weet dat alles reg is en dat my ‘roaming’ net nie lekker wil werk nie! Ek wou my man gerusstel. Daardie oggend om drie-uur is my kamermaat uitgeroep, want “The Boss” het aangekom en verlang ’n rugmassering... ’n Arabiese dokter het later die dag by my ’n draai kom maak en my letterlik van kop tot tone ondersoek. Ek het al die simptome genoem wat my skoonma vir my per SMS gestuur het en hy wou my met mag en mening inspuit. Ek het probeer verduidelik dat ek ’n groot vrees vir naalde het en gevra of ek asseblief pille kon kry. Uiteindelik het hy ’n paar verskillende soorte pille op die bedkassie gelaat. Toe die deur agter hom toeklap, het ek die pille in die toilet weggespoel. Later die middag het hy weer kom inloer en ek het gesê dat ek beslis slegter voel as die oggend. Hy het daarop aangedring dat ek ’n spesialis moet gaan spreek. Ek het lank stil geword en God gevra om my asseblief op te pas.

Die volgende oggend is ek met die eerste vlug terug Suid-Afrika toe. Veilig op pad terug huis toe. God was aan my kant.

Ek het ’n belofte aan Hom gemaak dat ek vir altyd my lewe aan Hom sal wy en liefdadigheidswerk sal doen as hy my asseblief net veilig by die huis sou besorg! Nadat ons drie ure gery het om 20 km af te lê, het ons voor ’n vreemde, vuil, wit gebou stilgehou. Soos wat ek na die onbekende vuil plek aangestap het, het ek weer gevra dat Hy my asseblief moet beskerm. Die spesialis het my ondersoek en gesê dat dit beslis lyk of ek breinvliesontsteking onder lede het. Die enigste toets wat hy nog kon doen om met sekerheid te weet, was om my koors te meet. Hy het ’n koorspen in die kamer langsaan gaan haal en in daardie oomblik wou ek omtrent in trane uitbars van frustrasie, onsekerheid en angs. Ek het mos geweet dat ek geen koors gehad het nie! Wonderwerke gebeur en ek is ’n lewende getuie daarvan. My liggaamstemperatuur was 41 grade! Die dokter wou my dadelik in die hospitaal laat opneem. Ek het hom gesmeek om my huis toe te stuur… gesê dat my mediese fonds nie my mediese kostes in die Seychelle sou dek nie. Ek dink die dokter het die desperaatheid in my oë gesien, want hy het ingestem! Hy het ’n ontslagbrief aan die Hoof van die Eiland geskryf en ek kon nie anders as om hom met trane in my oë te omhels om dankie te sê nie! Die volgende oggend is ek met die eerste vlug terug Suid-Afrika toe. Veilig op pad terug huis toe. God was aan my kant. Na nóg ’n traumatiese gewapende rooftog het Lynn later Mevrou SuidAfrika geword en met die ‘Hunger and Thirst Foundation’ begin saamwerk. Sy vertel verder: Vir meer kon ek nie vra nie. My drome het waar geword en my gebede is verhoor. Aan elkeen wat deur ’n moeilike tyd gaan: Moenie moed laat vaar nie, want ek verseker jou – God laat nooit sy kinders in die steek nie Mei 2013

17


In ons omgewing Deur Elrinda du Toit

Geopende Deure se reuse-taak:

Hiér kos jou geloof dalk jou lewe

Sowat 100 miljoen Christene oral ter wêreld word elke dag vervolg, aggressief ondervra, in tronke gestop en selfs doodgemaak, terwyl daar teen miljoene ander gediskrimineer word – alles omdat hulle onwrikbaar in Jesus Christus glo. Geopende Deure beywer hulle om hierdie vervolgde gelowiges in meer as 50 van die mees ontoeganklike lande oral ter wêreld te ondersteun.

D

ink net – nadat jy jou lewe aan Jesus oorgegee het en Hom daarna voluit wil dien, moet jy jou Bybel in die geheim lees (indien jy gelukkig genoeg is om wel een te besit), jou lewe waag om in die geheim kerk

by te woon, jy word verbied om oor jou geloof te praat en jy verduur intense mishandeling – selfs deur jou eie familie en vriende wat nie in Jesus glo nie. Dít is presies wat miljoene Christene daagliks moet verduur. Andrew van der Bijl, ’n jong Nederlandse sendeling, is in 1955 genooi om ’n Kommunistiese Jeugfees in Pole by te woon. Sy tas was volgepak met Bybels vir gelowiges in Warskou. Wat hy agter die Ystergordyn aangetref het, was ʼn kerk met ʼn dringende behoefte aan steun en Bybels. Dit was tóé dat God Broer Andrew, soos hy algemeen bekend is, deur die woorde van Openbaring 3:2 geroep het: “Word wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe…” Broer Andrew se eenmansaak as ‘God se smokkelaar’ het vinnig gegroei tot ʼn wêreldwye bediening, wat vandag as Geopende Deure bekend staan. Geopende Deure werk in die wêreld se mees ontoeganklike lande om Christene te versterk en toe te rus. Hulle voorsien Bybels en Christelike literatuur, media, leierskapsopleiding en sosio-ekonomiese ontwikkeling aan vervolgde Christene. Verder werk hulle om die Liggaam van Christus in die vrye wêreld te mobiliseer en toe te rus om hulle met bedreigde en vervolgde Christene te vereenselwig en aktief betrokke te raak om hulle te ondersteun. Die harde werklikheid is dat fisieke en verbale mishandeling, tronkstraf, ontvoering, omkopery, deportasie, die vernietiging van eiendomme, boetes, foltering, moord en doodstraf, alles dinge is wat nuwe bekeerlinge in daardie

lande in die gesig staar. Noord-Korea Daar is bykans geen woorde wat die wreedheid van die Noord-Koreaanse staatsbestel kan beskryf nie. Derduisende leef en sterf ook uiteindelik in konsentrasiekampe. Om ʼn Bybel te besit, bied voldoende rede om doodgemaak te word of saam met jou familie vir die res van julle lewens in die tronk toegesluit te word. Nagenoeg 400 000 Christene word feitlik dag en nag dopgehou, terwyl tussen 50 000 en 70 000 Christene in arbeidskampe gevange gehou word. Die Kerk in Noord-Korea staan nogtans sterk en hulle is bereid om die hoogste tol vir hulle geloof te betaal. Irak Die Christengemeenskap is ontmoedig deur die talle Christene wat Irak steeds verlaat. Daar word geraam dat daar tans ongeveer 345 000 Christene in Irak is – baie minder as die 850 000 in 1991. Sedert die val van Saddam Hoessein het die toestand vir Christene aansienlik versleg. Geweld teen Christene word deur godsdienstige, politieke, finansiële en maatskaplike redes gemotiveer. Christene ly onder die anti-Westerse gesindheid in die land en word gesien as meelopers van die Weste. Geopende Deure bied verskeie opwindende maniere waarop jy met hulle kan saamwerk en ons vervolgde broers en susters oral ter wêreld kan bystaan. Die belangrikste versoek van vervolgde Christene bly egter gebed! Soos Broer Andrew sê: “Ons gebede kan gaan waar ons nie kan nie… daar is geen grense, geen tronkmure, geen geslote deure vir ons wanneer ons bid nie.”

Steun Geopende Deure se aksies vandag: 011 888 9341, southafrica@od.org, www.opendoors.org.za.

Indruk-lesers kan boek wen! 18

Mei 2013

Twee Indruk-lesers kan elk ’n eksemplaar van Broer Andrew se topverkoper-outobiografie, God se Smokkelaar, wen. Stuur voor 31 Mei 2013 ʼn e-pos met die titel God se Smokkelaar, jou naam, van, telefoonnommer en posadres aan media@opendoors.org.za


Luisteraarstoer na

TURKYE en GRIEKELAND

met

7 Gemeentes van Openbaring in Turkye & Griekse eilande-bootreis

• Ervaar hoe die Bybel lewend word op ons Voetspore-toer tussen die ruïnes van die 7 Openbaringsgemeentes in Turkye • Vaar per luukse passasiersboot na die Griekse eilande en Athene op Paulus se sendingroete na Griekeland. • Talle geestelike hoogtepunte vir ‘n lewensverrykende ervaring saam met mede-luisteraars en RadioTygerbergpersoneel.

ISTANBUL: Blou Moskee

SANTORINI

PATMOS: Grot van Openbaring

REISPLAN: 19/09/13 - 02/10/13: R27 950 ( Vlugte en lughawebelastings ingesluit)

Dag1: VLUGTE: SA-Abu Dhabi-Istanbul Dag2-5: TURKYE: Istanbul-Kusadasi-Ephesus Dag6-10: BOOTREIS: PatmosRhodes-Kreti-Santorini-Athene-Mykonos Dag10-12: 7 CHRISTENKERKE TOER: Smyrna-Aphrodisias-Laodicea-Pamukkale-Hierapolis-Philadelphia-Sardis-Thyatira-Perganum-Troy-Canakkale Dag13: Ferrie na Eceabat Dag14: Arriveer SA

Navrae TRIPP-PROMOSIES Tel / Faks: 021 883 2481 Selnrs: 076 636 9000

Mei 2013

082 774 8513

076 744 0738

19

E-pos: isabella.tripp@gmail.com


Sarel Loots (ook ’n Mastercheffinalis)

Nedine Blom het die kinders behoorlik vermaak in die Supercool-tent. Daar is gesing, gespring, gejol en gekaperjol van vroegoggend tot laatmiddag!

Willem Erwee vroeg Sondagoggend op soek na ’n koppie versterking voor die groot oppak moet begin.

Wat ’n ervaring!

In ons omgewing

Die span wat Radio Tygerberg by die Buite-ekspo verteenwoordig het: v.l.n.r. Etienne Piek, George Hibbert, Willem Erwee, Johann Louw, Luané Janse van Rensburg, Ettienne Smith, Andri Potgieter en Tiaan Theron.

Luané Janse van Rensburg

Etienne Piek, besig met een of ander slimmigheid.

20

Mei 2013


Lekker plek, lekker mense!

Dit is hoe ek Die Burger-kykNET se Buiteekspo kan opsom. ’n Naweek gevul met alles wat lekker is saam met mense wat dit net nóg lekkerder maak. Die ekspo is vanjaar die derde keer by Kambati River Resort naby Swellendam aangebied. Dit was ’n naweek waar liefhebbers van die buitelewe aan alle aktiwiteite wou deelneem, want niemand wou enige van die lekkertes misloop nie – van 4x4-roetes en naelbytervarings saam met AndrÊ de Villiers van Safari 4x4-roetes, kwadfietsritte, rekspronge en verfbalteikenskiet tot ’n B-Well Buitebraaikoningkompetisie, waar daar gebraai is dat die vonke spat saam met die akteurs van Binneland, asook Sarel Loots van MasterChef SA-faam. Nå ’n dag vol bedrywighede was dit die lekkerste as jy saans jou skoene langs die braaivleisvure uitskop en daar tot ounag gelag en gesels is saam met die gawe mense wat jou kampplek met jou deel. Radio Tygerberg het weer vir die musiek op die kampeerterrein gesorg en vroeg-

oggend het my voete al tyd gehou op maat van die musiek terwyl ek nog die beskuit in my blikbekertjie druk. En terwyl Bobby van Jaarsveld se liedjie Jeshua oor die luidsprekers speel en die hoendervel op my lyf uitslaan, sien ek hoe mooi die wolke lyk, hoe lekker die paar druppels reĂŤn die rooi stof laat lĂŞ... en net daar jeuk my voete om in die reĂŤn te gaan dans uit pure dankbaarheid vir die pragtige natuurskoon waarmee God ons geseĂŤn het.

Later die middag sit ek by die BreÍrivier wat deur die oord vloei en kyk na al die vermaak wat dit vir die kinders en grootmense bring, en daarmee saam ’n stilte, kalmte en gemoedsrus vir my. Die naweek word afgesluit met ’n kerkdiens deur Radio Tygerberg en Nedine Blom – die perfekte manier om afskeid te neem van ’n lekker plek en lekker mense met ’n boodskap wat jou bybly nadat jou tent opgepak is en jy die pad terug huis toe aanpak.

Surprise dad with something special this Father’s Day. 'ET IT AT A Brights STORE NEAR YOU

4EL 0861 333 777 7EB www.brights.co.za %MAIL brights@brights.co.za

Hardware store

Find us on Facebook "LACKHEATH s "OSTON s ,ANGEBAAN s 0LATTEKLOOF s 3TIKLAND s 4RUSS 0LANT s 5ITZICHT


TygerRunse lekker chaos

In ons omgewing

Luané Janse van Rensburg

Dit is nog pikdonker toe ek die oggend by die Meerendal-wynlandgoed buite Durbanville opdaag om gereed te maak vir TygerRun 2013. Die paaie is stil. Die reuk van koffie hang in die lug. Ons wag vir die eerste atlete om hulle opwagting te maak. Eers daag daar enkele motors op, toe meer, en ewe skielik... algehele CHAOS! Ek word op my selfoon oorval deur voornemende deelnemers wat reeds ’n uur lank uit Durbanville ry aan die 2 km op pad Meerendal toe. Op Twitter word ons ingelig dat die verkeer ’n nagmerrie is weens die enkele toegangsroete vanuit Vissershokpad na die wynlandgoed. Ons staan by die wegspringplek en kyk magteloos toe hoe die string voertuie doodstil staan. Die atlete gaan beslis nie betyds wees vir die wegspring nie. Willem Erwee, Bemarkingsbestuurder van

RadioTygerberg, skryf dit toe aan die radio se doeltreffende bemarkingsveldtog. Almal was totaal verras met die getal TygerRun-inskrywings. Binne slegs twee jaar het dit reeds verdriedubbel en ’n rekordgetal van 4 719 inskrywings is vir 2013 ontvang. Ek stap later op die pragtige Meerendallandgoed rond tussen letterlik duisende mense en sien hoe almal duime in die lug hou vir die kameraman en ek besef dat ondanks die aanvanklike verkeersknope en vertraagde wegspring van die onderskeie wedlope, is dit vir almal ’n besondere belewenis. Uiteindelik geniet oud en jonk, vriende en familie ’n dag vol natuurskoon, lekker oefening en goeie ontspanning. Sarah Martins, een van die deelnemers, het na die tyd met die Vuurvas-aanbieder Karien Basson gesels: “Daar was ’n bietjie

In ons omgewing

Real men march

Liomee van der Merwe

Hulle stap VÍR en nie net TÉÉN nie Duisende mense het onlangs deelgeneem aan die Real Men March teen geweld teen vroue en kinders. Dit is gereël deur die Family Policy Institute, wat deur die meeste Christelike kerke in Suid-Afrika gesteun word. Daar is ook ’n memorandum aan die regering oorhandig met tien praktiese optredes om seksuele geweld teen vroue en kinders hok te slaan. Radio Tygerberg se Bestuurder: Bediening, Etienne Piek, was ook daar. Vir hom was die uitstaande kenmerk van die aksie dat duisende mans die memorandum onderteken het en só hulleself daartoe verbind het om vroue en kinders met respek te behandel. Die projek het dus nie net die regering aan die kraag beetgekry oor wat hulle nié doen nie. Die positiewe aspek was dat die groep ’n sterk beroep op alle mans gedoen het om integriteit aan die dag te lê in hulle hantering van vroue en kinders. Daardeur onderneem hulle ook om mekaar verantwoordbaar te hou. 22

Mei 2013

probleme met die verkeer, maar dit was een van die mooiste roetes wat ek nog gehardloop het. Dit is goed georganiseer en hier is ’n lekker atmosfeer!” Die goeie nuus is dat gesprekke reeds aan die gang is om die verkeersvloei volgende keer seepglad te laat verloop met meer as een toegangsroete na Meerendal. Die aanvanklike verkeersknoop, vertraagde wegspring en gewag kon nie die TygerRun-deelnemers se geesdrif demp nie!


In ons omgewing Luané Janse van Rensburg

Reuse, rooi rusplek by

Robertson Bo sit (van links) Cobus Snyman, Richard de Villiers en Danie Niehaus, met Christo Snyman agter. Op die foto regs is die drie kunstenaars op die stoel besig met die aand se vertoning.

Radio Tygerberg ry wyd, kyk wyd en gesels wyd. Richard de Villiers het onlangs tydens ’n verkeersverslag bietjie verder as gewoonlik gery om na die Rooiberg Wynlandgoed naby Robertson se reuse- rooi stoel te gaan kyk. Die stoel is die betrokke aand amptelik in gebruik geneem toe die Broers en Danie Niehaus die aand daar opgetree het. Terselfdertyd het Richard ’n regstreekse onderhoud op Radio Tygerberg gevoer.


Insig Deur Oom Soon Zevenster

WIE IS EK? SKRIFTUURLIKE IDENTITEIT EN POSISIE IN CHRISTUS Baie kinders van God leef ’n gebrekkige geestelike lewe, word deur Satan geboelie bloot omdat hulle nie hul posisie in die Here ken en uitleef nie. Dit wat jy in Christus is, vorm die grondslag van jou vryheid in Christus. Lees die volgende verklarings dikwels hardop vir jouself, veral as jy in een of ander geestelike stryd gewikkel is. EKSODUS: • Ek is nie “DIE GROOT EK IS” nie (Eks. 3:14; Joh. 8:24, 28, 58), maar deur die genade van God is ek wat ek is (1 Kor. 15:10) MATTHEUS: • Ek is die sout van die aarde (5:13) • Ek is die lig vir die wêreld (5:14) MARKUS: • Ek mag van tyd tot tyd rus (6.31) JOHANNES: • Ek is ’n kind van God (1:12) • Ek is deel van die ware Wynstok, ’n kanaal van die lewe van Christus (15:1,5) • Ek is ’n vriend van Christus (15:15) • Ek is deur Jesus gekies en aangestel om Sy vrug te dra (15:16) ROMEINE: • Ek is ’n slaaf (dienskneg) van die geregtigheid (6:18) • Ek is aan God verslaaf (6:22) • Ek is ’n kind van God, God is geestelik my Vader (8:14, 15; Gal. 3:26; 4:6) • Ek is ’n mede-erfgenaam 24

Mei 2013

van Christus wat in Sy erfenis deel (8:17) 1 KORINTHIËRS: • Ek is ’n tempel – ’n woonplek – van God. Sy Gees en Sy lewe woon in my (3:16; 6:19) • Ek is met die Here verenig en een gees met Hom (6:17) • Ek is ’n lid van die liggaam van Christus (12:27) (Ef. 5:30) • Ek besit eiendom in die hemel (2 Kor. 5:1) 2 KORINTHIËRS • Ek is ’n nuwe skepping (5:17) • Ek is met God versoen en is ’n bedienaar van die versoening (5:18-19) GALASIËRS • Ek is ’n kind (volwasse seun) van God en een in Christus (3:26, 28) • Ek is ’n erfgenaam van God omdat ek ’n seun (volwasse seun) van God is (4:6-7) EFESIËRS • Ek is ’n heilige (1:1) (1 Kor. 1:2; Fil. 1:1; Kol. 1:2) • Ek is God se maaksel, Sy handewerk, in Christus

weergebore om Sy werk te doen (2:10) • Ek is ’n medeburger met die res van die huisgenote van God (2:19) • Ek is herskape in geregtigheid en heiligheid (4:24) FILIPPENSE • Ek is ’n hemelse burger (3:20) (Ef. 2:6) KOLOSSENSE • Ek is saam met Christus verborge in God (3:3) • Ek is ’n openbaring van die lewe van Christus omdat Hy my lewe is (3:4) • Ek is deur God uitverkore, heilig en geliefd (3:12) (1 Tes. 1:4) 1 TESSALONISENSE • Ek is ’n kind van die lig van die dag en nie van die nag of die duisternis nie (5:5) HEBREËRS • Ek is ’n heilige deelgenoot van die hemelse roeping (3:1) • Ek is ’n deelgenoot van Christus en van Sy lewe (3:14) 1 PETRUS • Ek het ’n wedergeboorte

as ’n geskenk van God ontvang (1:3) • Ek is ’n lewende steen wat in God se geestelike huis ingebou is (2:5) • Ek is lid van ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, ’n heilige volk, ’n volk van God (2:9 – 10) • Ek is ’n bywoner en vreemdeling vir hierdie wêreld waarin ek net tydelik woon (2:11) • Ek is ’n vyand van die Satan (5:8) 1 JOHANNES • Ek is ’n kind van God en sal met Christus verenig word by sy wederkoms (3:1,2) • Ek is nie in staat om in bewuste sonde te volhard nie, omdat ek uit God gebore is (3:9) • Ek is uit God gebore, ek bewaar myself en Satan het geen houvas op my nie (5:19) IN CHRISTUS GEBEUR DIE VOLGENDE MET MY, UIT GENADE: ROMEINE • Ek is geregverdig, ek is volkome vergewe en on-


skuldig verklaar (5:1) • Ek het met Christus gesterwe en daardeur gesterf vir die mag van sonde wat my lewe beheer het (6:1-6) • Ek is vir ewig vry van veroordeling (8:1) 1 KORINTHIËRS • Ek is deur die werking van God in Christus geplaas (1:30) • Ek het die Gees van God ontvang sodat ek kan weet wat God my uit genade geskenk het (2:12) • Ek het die sin van Christus ontvang (“The mind of Christ”) (2:16) • Ek is duur gekoop, ek behoort nie aan myself nie, ek behoort aan God (6:19-20)

KORINTHIËRS • Ek is in Christus bevestig en deur God gesalf, ek is ook verseël en het die Heilige Gees as onderpand ontvang (1:21) (Ef. 1:13-14) • Ek het die geregtigheid van God in Christus Jesus geword (5:21) GALASIËRS • Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het (2:20)

EFESIËRS • Ek is geseën met alle geestelike seën in die hemele in Christus (1:3) • Ek is in Christus uitverkies van voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees (1:4) • Ek het in Jesus die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van my misdade na die rykdom van sy genade (1:7) • Ek was geestelik dood deur my misdade, maar God het my in Christus geestelik lewend kom maak – uit genade is ek gered (2:5) • Ek is geestelik opgewek

(lewend gemaak) om saam te sit in die hemele in Christus (2:6) • Ek het deur Jesus en die Heilige Gees direkte toegang tot God die Vader (2:18) • Ek het vrymoedigheid en toegang tot God deur Jesus (3:12) KOLOSSENSE • Ek is verlos uit die mag van die duisternis en oorgebring in die koninkryk van die Seun van sy liefde (1:13) • Ek is verlos en vergewe en my skuld is afgeskryf (1:14, 2:14–15) • Ek is gewortel en bevestig in Christus en word

deur Hom opgebou (2:7) • Ek het die volheid in Jesus (2:10) • Christus is nou my lewe (3:1-4) • Ek is gered en geroep met ’n heilige roeping (1:9) (Titus 3:5) HEBREËRS • Omdat ek geheilig is en een is met ons Heiligmaker, is Hy nie skaam om my sy broer te noem nie (2:11) • Ek het nou die reg om na die troon van genade te gaan om barmhartigheid te verkry, genade te vind en op die regte tyd gehelp te word. (4:16) Mei 2013

25


Kalender

Ma

Di

Mei Wo

Do

Vr

Sa

So

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30

31

Julle sal nie eens ’n vorige seisoen se graan kan opgebruik nie, julle sal dit moet weggooi om plek te maak vir die nuwe oes. LEVITIKUS 26:10

26

Mei 2013


Ons koffiewinkel bedien vroegoggend met heerlike vars gebak en ontbyt wat pensioenarisse, drawwers, strandlopers en besigheidsmense se sak en aptyt pas!

Ons restaurant is gelisensieer. Die uitgebreide aptytwekkende spyskaart laat ons besoekers kies en keur tussen ligte etes, hoofmaalgeregte en smullekker nagereg. Ons maak ook voorsiening vir gesondheidsbewustes en kinders.

Ons gewilde kaasbord en wynlys is treffers; die biefstuk is 'n erkende gunsteling en ons nuwe geregte op die spyskaart 'n "moet proe" vir elke kosliefhebber! Ons berei smulborde voor vir besoekers, besigheidetes en funksies.

Ons plaaslike inwoners is lojale besoekers en ons binnelandse kliënte en oorsese gaste keer telkens terug vir nog meer van dié lekker plek!

Almal geniet ons gasvryheid, vriendelike diens en uitstekende kos!

Ons 99konferesiekamer kan gehuur word vir kleingroepvergaderings, werkswinkels of privaat funksies.

Kom beleef die uitsig, ontmoet die mense, geniet die kos en ervaar genotvolle tye!

Kontak ons! Tel: 021 853 4807 l epos: info@99onbeach.co.za l webwer f: www.99onbeach.co.za Kusweg 99, Strand, 7140, Wes-Kaap, Suid Afrika l GPS koördinate: S34° 7.0066', E018° 49.5022'


In indruk

Programme Onderworpe aan verandering

Maandag - MEI 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa program - Vuyani Enkosini - Prince Xundu 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Sportkollig 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Ivan Siegelaar 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Storie agter die lied 09:55 – Pitkos vir die siel 10:05 – Piekfyn 10:40 – Woorde wat werk 11:00 – Nuus 11:05 – Meer as oorwinnaars 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – 104 kook 14:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet

28

Mei 2013

15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Program sal aangekondig word 19:30 – Aandboodskap 20:15 – Wat sê die reg - Frank Raymond en Rob McCreath 22:00 – Kerk sonder mure Dr. Hennie Lubbe Dinsdag - MEI 2013 01:00 - 06:00 – Xhosa program - Isiseko Sobomi - Siyabonga Doyle 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Ivan Siegelaar 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life

- Joyce Meyer 09:30 – Lig Lag 09:55 – Pitkos vir die siel 10:05 – Werksverskaffing 10:15 – Gemeenskapsnuus 10:40 – Praise and Worship 11:00 – Nuus 11:05 – Hoe maak mens? – Deon van der Berg 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 12:40 – Help jou naaste 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Gesondheidsfokus 14:30 – Sout van die aarde - Ingrid Venter 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wiele Blitz 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Eddie Goldberg & Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Hou my dop 19:30 – Evangelie in aksie 20:15 – Potpourri - Richard de Villiers 21:30 – Salt and light - Dr. Peter Hammond 22:00 – Xhosa programme

Woensdag - MEI 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa program - Vuka, Funda, Uphile - Prince Xundu 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Ivan Siegelaar 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Hoor my lied 09:55 – Pitkos vir die siel 10:05 – Om ma te wees 10:40 – Hartsboodskappe - Retah McPherson 11:00 – Nuus 11:05 – Hospitaalversoeke 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my! 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – 15:05 – 15:15 – 15:25 –

Nuus Groet Tema van die dag Onderhoud

16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Geldsake met Hein Kruger 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Denise Williams 18:00 – Nuus 18:05 – Ek en my kind 19:30 – Boodskap 20:15 – Tygermedies - Denise Williams 21:30 – Shalom - Esther Kruger 22:00 – Xhosa programme - Mrs. Mbali Donderdag - MEI 2013 24:00 - 06:00 – Xhosa program – Siyaphila Ngengoma - Siyabonga Doyle 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Ivan Siegelaar 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – 80’s Show


In indruk

Programme Onderworpe aan verandering

09:55 – Pitkos vir die siel 10:05 – Boekrak - Ingrid Venter 10:40 – Intimiteit 11:00 – Nuus 11:05 – Mooi soos ’n beminde 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:15 – Diere en hul dinge 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Adventures in Oddessy 14:30 – Program sal aangekondig word. 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Brandpunt 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Lisa Truter 18:00 – Nuus 18:05 – Wiele 19:30 – Boodskap 20:05 – Motorsportfokus - Neels Rabe 21:00 – Anti-conformity - Pneumatix 22:00 – Chip Ingram 22:30 – Xhosa program – Ityuwa yehlabathi - Pastor Dlangalala

Vrydag - MEI 2013 03:00 - 06:00 – Xhosa program – Ebenezer - Moses Swartbooi 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Ivan Siegelaar 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Program sal aangekondig word 09:55 – Pitkos vir die siel 10:05 – Stories vir die lewe 10:40 – Naweek joernaal 11:00 – Nuus 11:30 – SA Natural Products 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Wat sê jy? - Marius du Plooy 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich

15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sportkollig 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wie, wat en waar 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Rosebud Tsobane 18:00 – Nuus 18:05 – Sportmanne vir Christus 19:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard 20:15 – Praise and worship 20:45 – Voor U troon - Dr. Gerhard Kotze 21:00 – Draaipunt - Lorrein Katzke 22:00 – Searchlight - Past. Jon Courson 22:30 – Xhosa program – Umntu omtsha necebo lika Thixo - Lumka Leve Saterdag - MEI 2013 03:00-06:30 – Xhosa program - Arise and shine - Nomahlubi Msesi 06:30 - 09:00 – Eddie Goldberg 06:30 – Dagbreek 06:40 – Weerverslag 07:00 – Nuus 07:05 – Musiek 08:00 – Nuus 08:05 – Musiek 08:45 – Nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent

10:35 – Alles en nog wat 11:00 – Nuus 11:05 – Musiek 12:00 – Meer as oorwinnaars - Kobus Theron 12:15 – Musiek 13:00 - 18:00 – Ettienne Smith 13:00 – Nuus 13:05 – Musiek 13:30 – Kraakvarsklanke 14:00 – Musiek 15:30 – Kaapse klanke 16:00 – Wiele - Carl en Jeanette Kritzinger 16:30 – Musiek 18:00 - 22:00 – Sandy September 18:00 – Unshackled 19:00 – Musiek 19:30 – Geloofshelde – Dr. Soon Zevenster 20:00 – Saterdagaandversoeke 21:45 – Voor U Troon - Dr. Gerhard Kotze 22:00 – Xhosa program – Ithemba noyolo Sondag - MEI 2013 03:00 - 06:30 – Xhosa program – Sela Emthonjeni – Prince Xundu 06:30 - 09:00 – Gerhard Kotze 07:00 – Kerknuus 07:30 – Grassroots – Angus Buchan 08:00 – Brille sê - Esmé Schmitt 09:00 - 13:00 – Denise Williams

09:00 – Praise and Worship 10:00 – Oggendboodskap 10:30 – Net musiek / Just music 11:00 – Geloofshelde - Dr. Zevenster 11:30 – Musiek 12:00 – Kompas vir die lewenspad - Riekert Botha en Eben Niemann 12:30 – Musiek 13:00 - 17:00 – Louise Silver 13:00 – Etensuurklanke 14:00 – Stap deur die Bybel – Dr. Soon Zevenster en Marius du Plooy 14:30 – Musiek 15:00 – Goeienuus - Esther Kruger 15:45 – Storie van Hoop 16:00 – Die Gebedswag 16:45 – Draaipunt - Lorrein Katzke 17:00- 20:00 – Ingrid Venter 17:00 – Musiek 17:15 – Hartsboodskappe – Retha McPherson 18:00 – Wie is ek? – Lise Swart & Louis Awerduck 18:45 – Pitkos vir die siel 19:00 – Net musiek / Just music 19:30 – Aandboodskap 20:00 - 22h30 – Dennis Francis 20:00 – Musiek en bemoediging 20:45 – Laataand Oordenking 21:00 – Lewe in oorvloed - Dennis Francis 22:30 – Xhosa program – The voice of the church

09:00 - 13:00 – Rosebud Tsobane 09:00 – Buddy en Bekkie 09:30 – Kom braai - Dewald Visser en Richard de Villiers

Mei 2013

29


Omroepers & Program-aanbieders

30

Angus Buchan

Anton Brink

Anton Treurnich

Benescke Janse van Rensburg

Cois de Kock

Denise Williams

Dennis Francis

Deon van der Berg

Eddie Goldberg

Esther Kruger

Etienne Piek

Ettienne Smith

Dr. Gerhard Kotze

Hein Kruger

Hennie Lubbe

Ingrid Venter

Ivan Siegelaar

Jeanette en Carl Kritzinger

Karien Basson

Kobus Theron

Lise Swart & Louis Awerbuck

Lorrein Katzke

Louise Silver

Lumka Leve

Marius du Plooy

Mrs. Mbali

Merentia vd Vent

Moses Swartbooi

Neville Goliath

Nomahlubi Msesi

Pastor Dlangala

Raymond Lombard

Retah Mcpherson

Richard de Villiers

Rosebud Tsobane

Rouchelle Liedemann

Sandy September

Siyabonga Doyle

Oom Soon Zevenster

Suleen Hamman

Sura Swart

Mei 2013


PROF. MATTHEW LESTER PRAAT OOR BELASTING BY DIE EERSTE 104 BESIGHEIDSKLUB WERKSWINKEL Die onlangse begroting van die minister van finansies was die belangrikste in ‘n lang tyd en het die manier waarop ons na belasting kyk en die beplanning wat daarmee saamhang heeltemal verander. Mnr. Pravin Gordhan se begrotingsrede sou die gewone SuidAfrikaanse belastingbetaler laat dink hy’s ‘n baie gawe ou. Hy kon baie taaier met belastingbetalers gewees het, maar het belasting vir sekere inkomsteskale, kapitaalwinsbelasting en BTW onveranderd gelaat. Maar mnr. Gordhan sal aan krediet moet verduidelik hoe hy die tekort in die begroting gaan pak en wat hy gaan doen om meer inkomste vir die regering te genereer. Daar is tans sowat 52 miljoen SuidAfrikaners, van wie slegs 13 miljoen vir belasting geregistreer is. Van hulle is ‘n skrale 3,8 miljoen bo die belastingpligtige drempel. Van die 13 miljoen verdien 32% minder as R100

000 per jaar, 48% tussen R100 000 en R300 000, 12% van R300 000 tot R500 000, 6% R500 000 tot R1miljoen en 2% bo R1 miljoen per jaar. Daardie 2% betaal egter 24% van alle persoonlike belasting. In Trevor Manuel se termyn as finans minister het die invordering van belasting met 12% per jaar toegeneem. Vandat Gordhan in 2008 minister geword het, het invordering met 8% per jaar gestyg. Daar was dus ‘n verwagting dat die drie groot bronne van inkomste aan SARS - naamlik BTW, maatskappybelasting en persoonlike belasting - verhoog sou word, maar dit is nie. Gordhan het daarop staat gemaak dat inkomste uit BTW sou verhoog, maar dit het ook nie gebeur nie. ‘n Gebrek aan verbruikersvertroue en onderbesteding bly remskoene. Verder veroorsaak druk van COSATU dat BTW se koers van 14% nie verhoog kan word nie. Daar was ook ‘n afname

Van links is: Leon Abrahams (Senior Finansiële Beplanner Aquila Wealth BlouSter), Johann Louw (Operasionele bestuurder: Radio Tygerberg) en Lood Conradie (Senior Finansiële Beplanner Conradie BlouSter) by prof Matthew Lester.

in invordering van maatskappybelasting weens die winste wat onder druk is as gevolg van stygende energiepryse. Hy het genoem dat die lys van die drie groot inkomstebronne vergroot gaan word deur die byvoeging van ‘n vierde, naamlik “koolstofbelasting” op I Januarie 2015. Dit mag op sy beurt vanaf aanstaande jaar tot ‘n effense styging in voertuigpryse lei. Die beleidsdokument daarvoor word reeds opgestel. Daar is nie tans ‘n belegging vir individue en besigheidseienaars wat beter voordele verskaf as ‘n belegging in ‘n uittredeannuïteit nie en prof Lester laat voortdurend die klem daarop val. Daarom eindig hy sy aanbieding met die woorde: “Pravin Gordhan het na ‘n baie gawe ou gelyk, maar ligloop!”

Eduard Nel, Charl du Plessis, Willem Erwee en Anneke Coetzee

Vir meer inligting besoek die Radio Tygerberg webtuiste of kontak Affinity Strategic Communication by affinity@strategicpr.co.za

Matthew Lester


Do e n s a k e m e t:

Insake

Landbou The Green Zone Landscape design, installation & management Stephen Hetherington 021 556 8825 / 086 500 2551 084 525 1785 stephen@thegreenzone.co.za www.thegreenzone.co.za

BRIDAL DESIGNER Ilse Roux Bridal Wear Ilse Roux / 021-919-8498 083-534-9612 ilseroux@mweb.co.za www.ilserouxbridal.co.za

AKKOMMODASIE / RESTAURANT Protea Hotel Durbanville T: 021 913 9256 / F: 021 913 9546 Christine Murray mrkg01@phdurbanville.com www.proteahotels.com/durbanville

EIENDOMME Adval Waardasiesentrum Johan Cillers / 021-914-9062 021-914-2184 /082-553-3042 adval@iafrica.com www.adval.co.za

ARGITEKTUUR Lifestyle Architecture Karel Le Roux / 021 945 3672 086 546 8252 / 072 446 5054 karel@lifestylearchitecture.co.za www.lifestylearchitectureco.za

Core Relocations Hannelie Blignaut 021-931-1150 / 021-931-1152 082-573-7676 hannelie@coremoves.co.za www.corerelocations.co.za

BEHUISING The Letting Corporation Kim Robinson (contact person) 021 801 1888 083 234 3740 (Jacques) info@thelettingcorporation.co.za; jacques@marite.co.za; lilanie@thelettingcorporation.co.za www.thelettingcorporation.co.za

Pay Prop André Holtshausen 021 886 8739 086 518 1503 / 076 303 4689 info@payprop.com www.payprop.com

BEMARKING, VERKOPE & KOMMUNIKASIE Advents Communications San-Marie Vogel 021 975 5633 / 082 853 2667 info@advents.co.za; san-marie@advents.co.za www.advents.co.za

RentProperty Pierre Hanekom / 021 913 8979 086 689 1661 / 082 885 8685 pierre.hanekom@rentproperty.co.za www.rentproperty.co.za Status Auctions Luther Nelson / 086 607 0598 082 321 1497 nelson@statusauctions.co.za www.statusauctions.co.za

BESIGHEIDSKONSULTANTE Business Success Solutions (BSS) Nico Zeelie / 021 945 2480 086 620 1702 / 072 248 0268 nico@bsssa.co.za www.bsssa.co.za

FINANSIEEL / BOEKHOU / BANK BKV Chartered Accountants Kobus Knoetze / 021 913 6800 021 913 8877 / 082 456 9716 kobus@bkv.co.za www.bkv.co.za

Independent Performance Consultant Melanie Loubser 086-535-6758 / 083-204-2792 melanie@stracienta.com effectiveperformance.blog.com

Bondpro Finance Kenny Lourens / 021-880-6000 082-459-7283 kenny@Bondpro.co.za www.bondpro.co.za

Marathon Group Alwyn Rossouw/ 021-912-4004 021-912-4051 / 083-642-2694 susan@marathongroup.co.za www.marathongroup.co.za Nuvision Business & Private services Renier Mathee / 021-912-4004 021-912-4051 / 083-633-4813 www.nuvision.co.za

32

Ingrid Venter / 021 949 0626 021 948 6292 / 083 448 9663 ingrid@3dxact.com

BRANDING 3D X-ACT (Pty) Ltd

Mei 2013

Eagle Meditation Oswald Operman / 021-979-0444 021-979-0466 / 079-108-9697 oppies@eaglemediation.co.za www.eaglemediation.co.za Fininvest Daniel Bailie /086 606 4097 082 778 7135 bailie@fininvest.co.za www.fininvest.co.za First Monetary Solutions CC Gisela Niemann 021 851 7955 021 851 7957 / 082 492 5901

gisela@fm-s.co.za www.fm-s.co.za IJ Smith & Co Incorporated Izak Smith / 021 970 5000 021 975 0586 / 082 852 4246 izak@ijs.co.za JWR Financial Services Johnnie Roelofse / 021 914 0818 021 914 0295 / 082 465 0754 johnnier@jwr.co.za www.jwr.co.za LMM Bonds T/A Bond Connexion Leandra Duminy / 021 906 1629 086 697 1690 / 076 125 0173 leandra.duminy@gmail.com Mortgage Max Johan van Niekerk / 021-918-8220 021-918-8221 / 082-336-6490 jors.vanniekerk@mortgagemax.co.za www.mortgagemax.co.za Radie Kotze Consulting Radie Kotze / 021-914-9343 082-925-7595 radie@ck-consulting.co.za CARE4all CARE CARD SA Befondsing van Liefdadigheid PLUS Kommissie Inkomste+Voordele vir jouself Raak betrokke - jy kan ’n verskil maak aan beide! Amanda Pool 083 288 1594 Amanda.pool@mweb.co.za FOTOGRAFIE Airborne Camera Experts Gert Uys / 021 934 3282 021 934 3292 / 082 807 4455 gert@airbornecamera.com www.airbornecamera.com Health and Safety Consultants Siyakhatala Safety Anton Pierre Els / 021-553-5850 086-500-9420 / 083-363-3850 anton@siyakhatalasafety.co.za www.siyakhatalasafety.co.za

Shoprite Brian Weyers / 021 980 4253 021 980 6744 / 083 254 4022 bweyers@shoprite.co.za Uitzicht Kwikspar Henry & Jacolize Bam 021 979 0219 / 021 979 0220 082 545 3413 jacolize@telkomsa.net KONSTRUKSIE Malvon Equipment Riaan Volschenk (Ronél Scott) 021 948 5731 / 086 547 8271 083 656 9885 (Ronel) 082 775 1406 (Riaan) scottronel@gmail.com riaan@malvon.co.za www.malvon.co.za KUNS / ONTWERP Picture This Danie Cronje 021 981 3251 021 981 3251 / 082 961 1638 daniecrnj47@gmail.com Realmckoi Trading & Development Services David Willemse 086 6136 430 / 084 456 6470 realmckhoi@gmail.com MEDIES/TANDHEELKUNDIG /GESONDHEIDSORG Healthyways Coreza du Plessis 084 465 2508 086 544 8606 / 084 465 2508 info@healthyways.za.net corezad@gmail.com www.simplesite.com/Healthyways Hypnosis Wellness Centre Elsie Britz / 021-975-3620 082-308-4511 hypnosiscentre@polka.co.za www.hypnotists.co.za Jan Brand Orthotist & Prosthotist Jan Brand / 021 592 3110 021 592 4136 / 083 261 0885 janbrand@medi.co.za

KLEINHANDEL Du Plessis Manufacturing Jewelers Elmaré du Plessis / 021 939 9161 021 930 0788 / 082 465 7125 duplessisjewellers@gmail.com

Life Path Health Anton Rossouw / 021-595-8500 021 595 3359 / 083 227 3078 anton@lifepathgroup.co.za www.lifepathgroup.co.za

Frozen Food Distributors Johann Bester / 021 557 8660/1 021 557 8672 / 082 809 8889 johann@ffdistr.co.za www.frozenfooddistributors.co.za

Mediesefonds Adviseur Gerty Beneke / 021-558-7614 086-604-5329 /082-807-8723 gerty@medicaladviser.co.za

Pick ’n Pay Boston / Welgemoed / Willowbridge Angelo Melonas 021 948 2692 021 946 1607 / 083 270 3974 angelo@basils.co.za

Korporatiewe en Egskeidings mediasie Van der Merwe Parker and Associates Dr. Ilze Van de Merwe and Mr Bill Parker / 021-557-7547 086-614-4245 /083-391-3376


082-490-5292 mpmediation@mweb.co.za www.mediationmp.co.za MEGANIES Barloworld Power Johan Eitner / 021 959 8299 021 951 3551 / 082 807 6536 jeitner@barloworldpower.com MENSLIKE HULPBRONNE Calibre Recruitment Pat Pirie Lisa Lindsay-McHardy 021 976 7420 (Pat) 021 930 6514 (Lisa) 0866 857 637 / 082 928 0558 pat@calibrerecruitment.co.za calibrecape@mweb.co.za MOTORINDUSTRIE German Autoworks Louis van Greunen 021-447-9862 021-447-9863 / 083-508-6643 louis@autowork.co.za www.autowork.co.za Novel Motor Company Johan Pearson / 021-590-6222 086-682-3640 /082-802-8850 pearsonj@novelmotor.co.za www.novelmotor.co.za ONDERWYS Drakenstein Bybelskool Dr. A.J.C. Erwee 021-872-9381 / 082-410-0788 ajc.erwee@gmail.com Nascence Lizette Kotze / 082-874-6397 086-600-4068 / 082-874-6397 lizette@nascence.co.za www.nasence.co.za OPENBARE VERVOER Intercape Ferreira Mainliner (Pty) Ltd Adre Zandberg 021 380 4444 / 021 380 2002 adre@intercape.co.za www.intercape.co.za OPLEIDING Yes You Can Driving School Simon Deyzel / 021 919 5848 021 919 5843 /082 460 4333 samisimon@cybersmart.co.za Other Koos Swanepoel Developments Koos Swanepoel / 021 949 4566 021 949 4568 / 083 280 3280 082 920 9773 ks.d@mweb.co.za OUTDOOR BLINDS SA Outdoor Blinds Rowan Lamont 086-514-0765 / 076-773-4040 rowanal@gmail.com

PROJEKBESTUUR M4P Consulting Ulandi Claassens / 021-914-2459 021-914-4548 / 083-440-6321 ulandic@m4p.co.za www.m4p.co.za

Nexus Forensics Kaapstad Pieter van Hansen 021-981-9444 021-981-9741 / 083-313-4482 pvanhansen@nexfcr.co.za www.nexusforensics.co.za

PROMOSIES / OPTREDES Bakgat Promosies Christo Booyens 021 981 5010 021 981 4752 / 082 895 5093 christoshows1@absamail.co.za www.bakgatpromosies.co.za

Securisense Security Services (Pty) Ltd t/a Thusano Boland Nicol Carstens / 082 333 7933 Nicol.carstens@thusanoboland. co.za

Remos Bags Dries Klomp / 021 930 3043 021 930 3097 / 082 584 7877 dries@remosbags.co.za www.remosbags.co.za REGTE Hanekom Attorneys Lood Hanekom / 021 913 4742 021 913 8585 / 082 784 2416 lood@rukou.co.za Kellerman Hendrikse Bindell Barend Kelerman 021 944 6600 021 949 2426 / 083 414 7230 barend@khlaw.co.za Mostert & Bosman Attorneys Sakkie van Niekerk Pierre du Toit / 021 914 3322 021 914 3330 / 082 492 0751 (Sakkie) 082 903 0232 (Pierre) Annev@mbalaw.co.za; sakkiev@mbalaw.co.za; rinav@mbalaw.co.za www.mbalaw.co.za

SPORTOPLEIDING Bellville Peninsula Cricket Academy Hendrik Barnard 021-946-3322 086-762-7695 / 083-282-6682 ceo@bpca.co.za www.bpca.co.za TUINE / PLANTE Bonsai Guy Elna Nieuwoudt 086-617-5688 / 083-695-8214 elna@thebonsaiguy.co.za www.thebonsaiguy.co.za District Gardens Daniel Jacobus van Rhyn 021-939-5057/083-956-6008 districtgardens@gmail.com Shalom Tuine Adéle & Jurie Swart 084 437 0857 (Jurie) 086 658 1547 084 498 5477 (Adele) adel.swart@yahoo.com juriecf@gmail.com

REIS / TOERISME / GASVRYHEID Afventure cc ta Feathers Lodge Aneen Saayman 021-910-1078/ 021-910-1079 management@featherslodge.co.za www.featherslodge.co.za

VERBRUIKERS Cape Consumers 021 409 7600 / 021 409 7627 Karen.Jooste@capeconsumers.co.za; Lee-Ann.Johnstone @capeconsumers.co.za www.capeconsumers.co.za

Pentravel Michelle Bergset / Elisna van Zyl 021 526 4450 (53 - Michelle) 021 551 1365 / 082 890 6547 michelle.bergset@pentravel.co.za www.pentravel.com

VERHITTING Tecron Water Heating Wouter de Vos / 021-535-0137 021-535-0860 / 083-286-8701 wouter@tecron.co.za www.tecron.co.za

retail Me Time, Gifts, Clothing and Coffee Coreza du Plessis 021-982-0117 / 086-544-8606 084-465-2508 metime@cgmail.com

VERSEKERING Agapé Brokers Andre Van der Merwe 021 919 5597 021 919 5597 / 082 458 2191 andre@agapebrokers.co.za

SEKURITEIT / WETSTOEPASSING Alarm GSM Wireless Gerhard Fourie / 087 151 4803 086 647 2447 / 079 622 7662 gerhard@alarm-gsm.co.za www.alarm-gsm.co.za

Amfin Brokers CC Armand Huisamen & Marius Bezuidenhout 021 975 5906 021 975 0634 / 082 464 5640 (Armand) info@amfinbrokers.co.za; armand@amfinbrokers.co.za www.amfinbrokers.co.za

Community Legal Clinic Raymond Kunz / 0861 112 799 021 948 4285 / 086 1112 799 ray@legalclinic.co.za www.legalclinicsa.com Indwe Risk Services (Pty) Ltd Christelle Swart 021 914 0752 021 413 0165 / 082 451 9748 christelles@indwerisk.co.za; simonem@indwerisk.co.za www.indwerisk.co.za SA Christian Funeral Fund Swieg Nel / 021 372 7412 086 610 1346 / 084 492 6693 swiegnel@iafrica.com VERVOERDIENSTE Harvest Trucking Gert Maritz 021 981 9894 021 981 9822 / 082 556 6434 gert@harvestgroup.co.za Logos Carriers Sidney Volkwyn / Sonja 021 535 5853 / 086 626 4417 082 770 9078 logos.carriers@tiscali.co.za VLOERBEDEKKING Floor It All Hans Engelbrecht 021 945 2246/021 906 0487 08821 906 0487 / 082 222 5188 hans@flooritall.co.za VOEDSEL / DRANK Bellevue Wynlandgoed Dirkie Morkel 021 865 2055 021 865 2899/082 445 5502 dirkie@bellevue.co.za Fair Cape Dairies (Pty) Ltd Louis Loubser / 021 521 2613 021 521 2640 / 082 925 2791 louis@faircape.com www.faircape.com First Potatoe Dynamics Lourens van der Merwe 021-914-4441 / 021-914-4558 083-636-0744 / lourens@fpd.co.za www.fpd.co.za Kom Braai Dewald Visser 021 903 5518 086 512 1431 / 082 853 8529 dewald@ratracemedia.com; dewald@kombraai.com www.kombraai.com Skaapland Tygervalley Nico Uys 021 914 9740 021 914 9742 / 083 440 1486 skaapland@mweb.co.za www.skaapland.com PROF TV cc Bernard Oosthuizen 083 658 2222 / 083 658 2222 bernardproftv@gmail.com Mei 2013

33


Insake Deur Renier Matthee Marathon Consulting / Investments / Training Die April Radio Tygerberg Sakebyeenkoms is moontlik gemaak deur Solidariteit Helpende Hand

In die Klein Karoo, verre land van verlatenheid…” Hierdie woorde herinner ons aan die destydse trefferliedjie deur Groep 2 se Gert van Tonder en Sias Reynecke. Meer onlangs het die film Klein Karoo ons weer ’n hernieude blik gebied op hierdie spesiale stukkie land waarvan Groep 2 so romanties kon sing… Cobus van den Bergh en Tim Theron, medevervaardigers, en Tim ook akteur in die Klein Karoo-film, het onlangs die 104FM Sakeklub toegespreek met hulle sentrale boodskap – dat jy en ek ’n verskil kán en móét maak!

Gaan vind dus jou stukkie ‘Klein Karoo’ waar jy met hart en siel ’n verskil kan maak. Uit die staanspoor het Cobus dit duidelik gemaak dat die meeste suksesverhale uit passie gebore word. Dit was hulle passie vir enersyds die filmbedryf en andersyds die begeerte om ’n positiewe impak te maak, wat geboorte gegee het aan die maak van die rolprent Klein Karoo. Soos wat hulle dit verduidelik het, is die maak van enige Suid-Afrikaanse film baie uitdagend en is die finansiële sy daarvan gewoonlik een van die mees komplekse aspekte. Soos wat Cobus dit egter gestel het, het God hulle telkemale verras en was Sy perfekte tydsberekening altyd goed genoeg om hulle te help om hulle bedrywighede behoorlik te befonds. Die twee beklemtoon dit dat ons elkeen gawes en talente het waarmee ons ’n verskil in ander se lewens kan maak. Ons moet net bereid wees om dit tot 34

Mei 2013

Het jou ‘verskil’ h die beskikking van God te stel sodat Hy jou as instrument kan gebruik. Vir Cobus en Tim het die maak van Klein Karoo die ideale geleentheid gebied om ’n storie van hoop te vervaardig wat die kykers kan aanspoor om die voorbeeld te volg van hierdie verhaal wat hom in die Klein Karoo, net buite Oudtshoorn, afspeel. Cobus voel sterk daaroor dat veral kinders uit gebroke huise die geleentheid moet hê om meer gereeld buite hulle negatiewe omstandighede

blootstelling te kry om hulle só gewoond te maak aan ’n beter lewe. Teen hierdie agtergrond het die film ook probeer om die kyker se gewete aan te raak en meer mense te motiveer om betrokke te raak by die skep van ’n beter lewe vir hulle wat enige vorm van hulp en bystand nodig het. Verder moet ons probeer om vinnige of kitsoplossings liewer te vermy, en betrokke te raak by volhoubare oplossings. Die kernboodskap van die film is


Skeppers van Klein Karoo vertel van ‘Sy perfekte tydsberekening’

hart en passie? uiteindelik dat ons moet probeer om ’n blywende impak te maak. En wanneer jy dan betrokke begin raak en mense begin gewoond raak aan dit wat daargestel word, moet die verskillende verwagtinge baie mooi bestuur word om te verhinder dat mense teleurgestel word. Die oomblik wanneer daar ’n sentrale fokuspunt of doel geskep word, is dit soveel makliker om

mense van uiteenlopende aard mettertyd te verenig. Uiteindelik moet ons verkieslik nie net met ons finansies betrokke wees nie, maar ook met ons harte! Dit is belangrik dat daar emosie (passie) betrokke sal wees by watter projek of inisiatief jy ook al ondersteun. Gaan vind dus jou stukkie ‘Klein Karoo’, waar jy met hart en siel ’n verskil kan maak. Geniet Klein Karoo…


Indaba Deur Annelize Steyn; Artikel uit INTIEM

Kinders hê is ’n brandpunt

My man se werk

“My man wil graag met ’n gesin begin en ek is glad nie gereed daarvoor nie. Om die waarheid te sê – ek twyfel of ek ooit sal wil kinders hê. Wat nou?” – Celia

steel ons huwelik “Kan julle asseblief ’n artikel plaas oor hoe ’n vrou dit moet hanteer as haar man ’n beroep beklee wat hom gereeld van die huis af wegneem en veroorsaak dat hy daarom sy gesin tweede moet plaas ter wille van sy werk? Vriende en familie sê bloot dat ek as vrou dit moet verstaan, my man moet respekteer en aan sy behoeftes moet voldoen; dat my behoeftes aanpasbaar moet wees. Maar hoe bereik ons daardie punt waar daar aan beide van ons se behoeftes voldoen word?” – Nadia Timothy Kieswetter, ’n Bybel- en seksualiteitkenner, antwoord: Ek dink dat jou behoeftes net so belangrik soos jou man s’n is. Dit gebeur té gereeld dat ’n man sý ding doen en ’n vrou hare. Dit los een of albei van julle gefrustreerd en uitgeput. Dit hoef egter nie so te wees nie, Nadia. Ek glo ook nie dit is hoe God dit bedoel het om te wees nie. Hy het Eva gebring om vir Adam te help. Nie om sy slaaf te wees of agter hom skoon te maak nie,

maar om hom te help met dieselfde taak wat God vir Adam gegee het. Ek glo ’n bietjie vooruitbeplanning kan wondere vir enige huwelik verrig. Dit is maklik om een dag op ’n keer te leef en dit hou sekere voordele in, maar jy word maklik vasgevang in jou huidige situasie. Ek vra altyd vir paartjies om my te vertel van hul vyf-, tien- en 25jaar doelwitte en planne. Die meeste van die tyd kan hulle nie vir my ’n antwoord gee nie. Kom ons veronderstel dat jy en jou man ’n duidelike doelwit en plan het oor waar julle wil bly, wanneer julle kinders wil hê en so meer… dan sal dit vir julle makliker wees om tydelike opofferings te maak. Maar as die toekoms wat julle vir julleself beplan, nie van hom vereis om ’n werk te aanvaar wat die meeste geld huis toe bring nie, sal dit makliker wees vir hom om ’n ander werk te soek wat beter by julle plan inskakel. Wanneer julle weet waarnatoe julle mik, raak die dag-totdag se vrag makliker om te dra.

36

Mei 2013

Wilmé Steenekamp, ’n mediese dokter, sielkundige terapeut en seksuoloog, antwoord: Die moeilikheid is dat julle behoeftes baie van mekaar verskil en dat nie een van julle die ander een kan dwing of skuldig laat voel omdat julle nie dieselfde daaroor voel nie. Julle sal baie eerlik – nie aanvallend nie – hieroor moet kommunikeer. Hy moet sy behoeftes kan stel en jy joune. Dan kan julle by ’n punt uitkom waar julle mekaar die vraag kan afvra: “Wat kan ek doen om jou ongemak oor ons verskil vir jou ligter te maak?” Só kan julle mekaar plek gun vir elkeen se behoeftes, maar ook besef dat elkeen se behoeftes ’n uitwerking het op die ander een. Dan kan ’n mens oor kompromieë praat. Jou man mag dalk vra: “Ek het nodig dat jy my kan gerusstel dat jy wel later/oor twee jaar (die tydperk moet julle vasstel) kinders sal oorweeg.” En jy mag dalk vra: “Ek het nodig dat jy my vir die volgende tydperk/twee jaar nie op enige manier daaraan herinner dat jy van my verskil oor hierdie behoefte nie.” Dit moet julle doen tot julle ’n middeweg kan vind wat vir julle albei werk. Indien jy dan die afgesproke tyd bereik of nou al seker is dat jy nooit wil kinders hê nie, sal jy eerlik met jou man daaroor moet wees en hy sal eerlik met jou moet wees oor hoe die nuus hom beïnvloed. Hy mag baie verras wees indien jy nie voor julle getroud is al so iets vir hom genoem het nie. Die meeste paartjies wat jonk trou, het tog ’n onuitgesproke doelwit om saam kinders te hê en groot te maak.


In klank Ettienne Smith

Jesus Culture se jongste album Live from New York sluit die kunstenaar Martin Smith in. Saam met ou bekendes soos Chris Quilala en Kim Walker-Smith word jy weer weggevoer na geestelike lof en aanbidding uit die boonste rakke. Hierdie album stel wéér nie teleur nie – inteendeel, die standaard van Jesus Culture waaraan jy gewoond geraak het, word weer gehandhaaf met die beste klanke in liedjies soos Fire never sleeps, Forevermore en Did you feel the mountains tremble. Skaf hierdie CD gerus nou aan!

Jonges se musiek met vars lirieke en ritme. Die Folgende CD is die derde album in Flam se Fluister-reeks (spelling soos op die CD). Die titel van die album verwys na die manier waarop ons moet lewe; as dissipels moet ons Jesus as ons leier volg. Sangers op hierdie album sluit in Sumari Fourie, Jessie Pretorius, Renier Bester, Ferreira Marais en Freddie Wessels. Folgende is beslis gemik op die jonger geslag. Die musiek is ritmies sterk en die lirieke geskryf in vars Afrikaans. Luister na Hier’s my hart (My beminde), Hoor jy die volke?, Ek het U nodig en U is my lig.




Ons inspirasie Deur Louis Awerbuck

Wat moet Pa en Ma doen?

Wanneer is boelie

O

ns hoor en lees deesdae gereeld van kinders wat geboelie word. Daar is al hoe meer statistieke hieroor en dit laat mens wonder: Is dit regtig so ernstig, of is dit maar net die in-ding om oor te praat? Die hartseer werklikheid is dat dit baie ernstig is en baie ernstiger as wat die meeste mense besef. Die jongste navorsing toon dat kinders tussen graad 4 en 6 die hoogste boeliesyfer ter wêreld het, en dat die lae slaagsyfer direk daarmee verband hou. Ander grade het ook ontstellende hoë syfers. Boelie onder kinders is dus nie net ’n probleem waarvan ons hoor nie, maar iets wat ons almal direk raak. Dit

boelie?

het ’n massiewe invloed op die opvoeding van kinders en kring nie net uit na slegte slaagsyfers nie, maar uiteraard ook na werkloosheid en misdaad. Wanneer is dit dan boelie, en wanneer nie? ’n Mens sou kon redeneer dat kinders tog oor die algemeen spelerig is, en mekaar gereeld terg. In daardie opsig moet ’n mens versigtig wees: jy hoef nie elke voorval of ’n rowwe spelery tussen kinders as ‘boelie’ te beskou nie. Boelie is waar die kind in ’n swakker posisie as die ander kind of kinders is (fisiek kleiner, pas nie sosiaal in nie, ens.) en nie vrywillig deelneem aan die gedrag nie. Hy/sy is met ander woorde hulpeloos en wil nie deel daarvan wees nie. Boelie is as dit oor ’n tydperk voorkom en ’n aanhoudende probleem is. Dit is dus belangrik vir ouers om te kan agterkom dat hulle kind geboelie word. Kinders wat gereeld geboelie word, al is dit op ’n jong leeftyd, ontwikkel gewoonlik ’n vorm van depressie. Die tekens kan wees dat die kind minder met maats wil speel of

kuier, hom/haar aan die familie onttrek, oormatig slaap en verskonings uitdink om skool te vermy. Klagtes soos hoofpyn en maagprobleme kan ook sonder enige mediese oorsaak opduik. Ouers wil gewoonlik nie inmeng nie, of neem aan dat dit self sal weggaan. Wat kan ’n ouer dus doen? Dit hang baie van die kind se ouderdom af. As ’n kind onder die ouderdom van 12 geboelie word, kan ’n mens nie van hom verwag om homself te beskerm nie. Dit is die ouers en onderwysers se taak. Goeie kommunikasie met jou kind en die aanleer van lewensvaardighede op ’n jong ouderdom is natuurlik baie belangrik. Met tieners raak dit moeiliker, want hulle skram gewoonlik weg van kommunikasie met hulle ouers. Die ouers se inmenging in hulle probleme is ook vir hulle ’n verleentheid. In hierdie geval moet ’n mens mooi oor die situasie nadink. As dit net een kind is wat jou tiener boelie, kan jy hom dalk oorreed om saam met jou aan ’n oplossing te dink. Dit sal terselfdertyd vir hom ’n lewensles wees. Maar as jou tiener fisiek deur ’n groep kinders bedreig word of hy word deur ’n onderwyser geboelie, is dit jou reg en plig om in te gryp. My raad aan ouers is om die skool en moontlik ander betrokke ouers bymekaar te kry vir ’n gesprek sodat almal saam aan ’n oplossing kan werk. Geen ouer behoort terug te staan en toe te laat hulle kind, ongeag sy ouderdom, geboelie word nie.

Luister elke Sondag om 18.00 na Wie is ek? saam met Louis en Lise 40

Mei 2013



Sy inspirasie Carl Kritzinger. Luister na Carl en Jeanette Kritzinger se program Wiele - elke Donderdag om 18:00 en Saterdae om 16:00 op Radio Tygerberg

E

en van die moeilikste uitdagings vir enige motorvervaardiger is om jaar na jaar met nuwe idees vorendag te kom. Daar gaan nie ’n week verby dat ek nie myself in een of ander nuwe motor bevind nie, en ja, baie van die sogenaamde ’nuwe’ motors bevat dikwels niks anders as kosmetiese veranderings nie. Ek staan soms verstom oor hoe vervaardigers met woorde speel om iets wat net hier en daar ’n paar veranderings ondergaan het, te verkoop as iets nuuts en dit dan sommer as ’n verskoning te gebruik om die prys op te stoot. Dit is die eeu waarin ons leef. Kyk maar na TV’s en selfone. Ek dink nie jy koop ooit die nuutste en beste nie, want môre is dit ou nuus. So, toe ek hoor Lexus het ’n ’nuwe’ LS kon ek nie anders as om te wonder nie... Ek was nog nooit so bly om verkeerd te wees nie! Alles is nie net omtrent nuut nie, maar dit is die mees omvangryke veranderings van enige Lexus nóg! As ’n mens in aanmerking neem dat slegs die

buite-deurpanele behoue gebly het en dat daar meer as 3000 veranderings en verbeterings aangebring is, is dit voorwaar ’n vars briesie uit hierdie stal van uitnemendheid. “’n Mens moenie vergeet dat dramatiese verandering deel van die gees van Lexus is nie. En as baanbrekermodel van die Lexus-handelsnaam is dit veral deel van die gees van die LS,” sê Justin Ryan, hoofbestuurder van Lexus Suid-Afrika. “Die eerste geslag van die LS het nuwe wêreldrekords opgestel vir die tyd en geld wat in die ontwikkeling van ’n enkele model belê is, terwyl elke Lexus sedertdien die status quo omgekrap het met hulle hoë vlakke van verfyning en hulle lang lys standaardtoerusting wat deel van die koopprys is.” Van die ontwerphoogtepunte aan die buitkant is die uurglasierrooster wat die grootste tot dusver is en die reeds vloeiende kurwes

komplementeer. Die 19” allooiwiele en stylvolle, skerp lyne dra by tot ’n luukse sportiewe voorkoms. Die binneruim is warm en ontwerp vir gerief met ’n kombinasie van egte hout en die beste leer ter wêreld. Die stuurwiel is handgemaak en neem 38 dae om te voltooi en, ja, jy voel die verskil. Binneruimbeligting is verstelbaar en daar is klimaatbeheer in al vier sones – om nie eens te praat van die lugfiltreerstelsel wat verseker dat jy te alle tye suiwer lug in die motor het nie. ’n Kenmerk wat vir my uitstaan is die stembeheerde ‘vermaaklikheidstelsel’ wat alles doen wat jy vir hom sê, sonder dat jy ’n oomblik van die pad hoef weg te kyk. Al hierdie luukshede laat my voel of ek in beheer van my eie klein koninkryk is (en koning Carl kan regtig daaraan gewoond raak). Hierdie koningskoets word aangedryf deur ’n V8-enjin van 4,6 liter wat ’n alle-

konings

Koets vir

42

Mei 2013


mintige 285kw krag en 493NM wringkrag lewer. Aandrywing geskied deur ’n 8-gang-transmissie met sekwensiële ratwisseling. Dit laat die LS 460 blitsvinnig binne 5,7 sekondes versnel van 0-100km/h en laat hom in ’n oogwink sy topspoed van 250km/h bereik. Brandstofverbruik van 10,7 liter per 100km beklemtoon net weer dat Lexus se V8 enjin een van die bestes beskikbaar is. Met sulke verrigtingsyfers is net die beste veiligheidstandaarde goed genoeg en daarom het Lexus verseker dat geen steen onaangeroer gelaat is nie. Die LS 460 is toegerus met ’n stelsel wat die omgewing monitor waarin jy bestuur en dan die inligting gebruik om die nodige verstellings te maak sodat jy nie net te alle tye in beheer is nie, maar ook verseker dat jy en almal om jou so veilig moontlik kan voel. Daar is niks minder as tien lugsakke nie – maar net nóg ’n teken van Lexus se poging om die bestuurder en passasiers

veilig te hou. Vir my was die grootste verrassing dat alle ekstras wat genoem is, deel is van die Lexus LS 460 se standaardtoerusting. Al wat jy hoef te doen is om jou kleur en beslag te kies. Daar het jy dit nou. As jy ooit gewonder het hoe die “anderkant” dit doen, hoop ek nou dat jy met groter duidelikheid kan dagdroom. Vir my was dit maar net ’n droom waaruit ek moes wakkerskrik, maar vir die van julle wat wel ’n geldjie het wat rondlê, sluit ek af met die laaste bietjie inligting. Die Lexus LS 460 is dadelik beskikbaar en kos R1 236 700 met ’n volledige Lexus-afstandinstandhoudingsplan en -waarborg, met noodpadhulp vir vier jaar of 100 000 km. Versieningstussenposes is op 15 000 km vasgestel. Buite bereik vir ons gewone sterflinge? Natuurlik, maar dis geen rede om op te hou droom nie!

“ ’n Mens moenie vergeet dat dramatiese verandering deel van die gees van Lexus is nie”.

Mei 2013

43


Haar inspirasie Suleen Hamman Luister ook elke Vrydagoggend 09:30 na die leefstylprogram Allegaartjie op Radio Tygerberg.

I

Patatrol om oor te stry

n Desember verlede jaar het twee patryse hulle intrek in ons tuin geneem. Nie lank daarna nie is drie kuikentjies gebore. Die pa, wat ’n regte kapokhaantjie was, het intussen die pad gevat en nou woon net die ma en haar drie kuikens baie gelukkig saam in ons tuin. Elke oggend en middag strooi ek vir hulle fyngemaalde mielies op die gras. Sodra ek dit gedoen het, roep ek hulle en dan is dit die mooiste gesig om te sien hoe hulle aangehardloop kom om te kom eet. Die etery geskied gewoonlik baie rustig, maar sodra die mielies einde se kant toe staan,

44

Mei 2013

begin die klein patrysies onder mekaar baklei vir die laaste happie. Elke keer as ek die bakleiery dophou, sien ek my eie familie aan die etenstafel wanneer ek patatrol maak. Almal eet altyd heerlik rustig en dan begin die ‘argument’ oor die laaste skeppie patatrol! Hierdie dis is heerlik en kan gemaak word met patat of butternut en is heerlik saam met ’n bord gekookte kos of as bykos by braaivleis.

Patat-/Butternutrol 1kg patat (rooiskil) of butternut Sout na smaak 1 rol blaardeeg (Puff Pastry) 200ml sagte bruinsuiker 250ml room Stel die oond op 180 grade Celsius. Skil die patat of butternut en sny in blokkies. Kook in soutwater tot sag. Dreineer die patat of butternut en laat dit afkoel. Maak die patat of butternut fyn en hou dit eenkant. Rol die blaardeeg effens dunner uit. Smeer nou die patat of butternut oor die blaardeeg, sodat dit die hele vel bedek. Rol dit op soos ’n rolkoek – nie te styf nie, en sny in skywe van 1,5cm dik. Pak die skywe in ’n gesmeerde oondskottel. Meng die bruinsuiker en room goed saam en gooi oor die patat-/butternutskywe. Bak dit in die oond vir 40 min.



Vanaf bl 10: Rina Hugo se gunstellingliedjie

Hoe troos ek nou

Musiek: Jan de Wet Liriek: T de Villiers

Toe jy klein was, was dit maklik om jou traantjies en jou hartseer weg te soen Want ’n drukkie en ’n pleister kon so baie aan jou baba seerkry doen As ’n kleuter was jy spraaksaam en die hoekoms en die waaroms altyd daar Maar ek kon nog steeds verduidelik en ’n antwoord vind op al jou duisend vrae Deur die jare kon ek bystaan altyd maar ’n antwoord vind In jou eerste grootmens-hartseer moet ek jou nou faal my kind Want jou oë vra die vrae en as ek jou hier teen my hou Voel ek net soos jy verslae Wonder net hoe troos ek nou. Toe jy grootword was dit pragtig om te sien hoe liefde in jou hart ontluik Om te deel in jonkweesdrome as jy soms so in die verte sit en kyk Maar dieselfe oë draai na my en ek sien daarin die hartseer van ’n vrou Op die hoekoms en die waaroms het ek net ’n vraag my kind Hoe troos ek nou.

Enige ouderdom vanaf 4 jaar en ouer!

Verbeter Ouditiewe Fokus (Luistervaardighede) Verbeter lees en skryf van Afrikaans en Engels Verbeter Spel en Taalreëls in beide tale Hoe om vrae te beantwoord Hoe om te studeer

46

Mei 2013


Klein inspirasie

Die avonture van

Lorrein Katzke

Heidi en Basjan

Kattepraat W

eet jy wat kattepraat is? Nou dat jy weet wat kattekwaad is, wil ek jou baie graag vertel hoe katte praat. Al is ek ’n hondjie, het ek geleer wat ons kat Kieta vir my en vir ons huismense sê. Katte praat deur te miaau, hulle praat met hulle hele lyf, met hulle sterte, hulle hare en hulle oë. So, nou kan jy verstaan hoekom dit so lank geduur het om agter te kom wat ons huiskat Kieta sê. Dit gaan ’n ruk duur vir jou om die taal te leer, maar as jy fyn luister en mooi kyk, sal jy gou begin agterkom hoe ’n kat met ander diere en met mense praat, of kommunikeer, as jy die grootmenswoord wil gebruik. As jy weer ’n kat raakloop of jou kat by die huis dophou, kyk ’n bietjie of jy kan agterkom wat die kat vir jou probeer sê. Wanneer jy by ’n venster verbystap en jy sien ’n kat daar sit, sal jy sien dat die kat sy neus oplig met sy oë op skrefies getrek en dan so na jou kant toe ruik. Dit beteken, “ek sien jou!” As jy ’n kat by die huis het, sal jy sien dat die kat partymaal na jou toe aangestap kom en net een sagte ‘miaau’ gee met sy stert wat regop in die lug staan en heelbo aan die punt omgekrul is. Dit beteken dat jou kat vir jou ‘hallo’ sê en bly is om jou te sien! As jou kat jou regtig baie gemis het, sal jou kat meer as een keer saggies roep, so ‘miaaumiaau-miaau’ en dan sal die kat met sy lyf teen jou been kom vryf en saggies met sy neus teen jou been stamp. Oe, dan moet jy weet, die dag was baie lank en jou kat is baie bly jy is by die huis!

Partymaal sal jy sien dat jou kat doodstil gaan staan met sy lyf so lank uitgerek en baie stip na iets kyk. Hou die kat dop en as jy sien dat sy ore platgetrek is na agter, dan moet jy weet jou kat sien iets waarvoor hy bang is. Dalk is dit ’n vreemde hond buite, of dalk ’n groot raserige voël soos ’n kraai of ’n hadeda. As die kat se stert boonop reguit agtertoe staan met die hare wat regop staan, dan is jou kat baie baie versigtig. Dis nogal snaaks om ’n kat te sien skrik. Die kat se rug trek skoon krom van die skrik en al die hare op sy lyf staan kiertsregop. Dan het ek al gesien hoe Kieta maak as sy ’n voëltjie wil vang. Sy trek haar lyf plat op haar pote op die gras en haar stert swiep heen en weer. Sy bly sit net so plat en doodstil met net haar stert wat heen en weer swaai en dan trek sy haar nóg platter en sodra ek sien sy kom ‘op haar merke’, net voor sy wegspring, dan waarsku ek die voëltjie vinnig met ’n harde blaf. Oe, dan moet jy sien hoe kwaad is Kieta vir my! Sy maak haar stem so diep en sag en sy grom amper soos ’n hond. Haar oë word donker en sy grawe met haar naels in die gras om my kastig skrik te maak en wanneer sy by my verbystap, dan blaas sy na my kant toe om my te wys hoe kwaad sy regtig is. Ons mense-mamma het vir haar ’n bandjie met ’n klokkie aan om haar nek gesit sodat dit nou baie moeilik is vir Kieta om voëltjies en ander klein diertjies te bekruip en te vang, want die klokkie waarsku hulle net betyds. Dan, in die aand, wanneer Kieta lekker geëet het en haar water gedrink het, klim sy op haar gunstelingstoel met die sagte kussing en dan spin sy eers saggies en later só hard dat ek partymaal skoon jaloers word, want sy lyk so rustig en tevrede met haar oë op klein skrefies getrek terwyl sy haar naels so in en uit in die stoelkussing knie. Wat ’n lekker lewe het ’n kat darem nie! Of wat praat ek alles? Mei 2013

47


Invul – Bybelblokraai

Blokraai nr 14 - Matt 1

DWARS 4. Maria se man 5. Die vader van Rehábeam 6. Salmon se kleinseun 8. Hy het in ’n droom aan Josef verskyn 10. Salomo se oupa 11. Obed se ma 12. Hískia se pa 15. Josef se oupa 16. Hy was Abraham se seun 17. Die Here Jesus sal hulle van hul sondes verlos (twee woorde)

Oplossing: Blokraai nr 13 Blokraai deur Annamarie du Toit www.bible-crosswords.com of bestel by Lig in Duisternis Uitgewers, 012 362 1390/1/2/3/4/ en vra vir die boekwinkel.

48

Mei 2013

18. Hierdie familielede van Jegónia word genoem AF 1. Maria is swanger bevind uit Hom (twee woorde) 2. Emmánuel beteken dit (drie woorde) 3. Hierdie ballingskap is ter sprake 4. Hier word gepraat van sy broers 5. Josef het hom voorgeneem om dit te doen 7. Peres en Serag se ma 9. Hy was Boas se oupa 13. Sy was Boas se ma 14. Hy word genoem die seun van Abraham


Boustene Boustene wat watgesinne gesinneen engemeenskappe gemeenskappe

bymekaar bymekaar hou hou

God God sese boustene boustene virvir diedie wêreld wêreld

NUUT NUUT

40 40 bates bates vir vir joujou en en joujou gesin, gesin, en en julle julle gemeenskap gemeenskap Chris Chris Jones Jones (redakteur) (redakteur) R68,00 R68,00 Daar Daar is in is elkeen in elkeen vanvan onsons ’n bate. ’n bate. Ook Ook in ons in ons gemeenskap gemeenskap is daar is daar bates. bates. Hierdie Hierdie bates bates behoort behoort uitgebou uitgebou te word te word – dan – dan salsal jy negatiewe jy negatiewe gedrag gedrag in positiewe in positiewe gedrag gedrag kankan verander verander – veral – veral in kinders in kinders en en jongmense. jongmense.

God God sese waardes waardes virvir diedie lewe lewe

12 12 aanwysers aanwysers watwat joujou en en joujou gesin gesin se se geluk geluk verseker verseker Chris Chris Jones Jones R63,00 R63,00 DieDie sinvolste sinvolste en en doeltreffendste doeltreffendste ding ding watwat ouers ouers vir vir hulle hulle kinders kinders kankan doen, doen, is om is om vir vir hulle hulle gesonde gesonde waardes waardes te leer. te leer. 12 12 waardes waardes aanaan diedie hand hand vanvan speletjies, speletjies, aktiwiteite, aktiwiteite, gesprek, gesprek, aanmoediging aanmoediging en en beloning. beloning. (Laai (Laai kursustoets kursustoets af by af by www.bybelmedia.co.za, www.bybelmedia.co.za, voltooi voltooi en en ontvang ontvang sertifikaat.) sertifikaat.) Pakketprys: R110,00 Bespaar R21,00 Pakketprys: R110,00 Bespaar R21,00 Boeke individueel of as pakket aangekoop word. Boeke kankan individueel of as pakket aangekoop word.

Direkte Direkte bestellings: bestellings: bestel@bmedia.co.za bestel@bmedia.co.za Deeloproepe: Deeloproepe: 0860 0860 2626 3333 4242 of of 0860 0860 BMEDIA BMEDIA E-aankope: E-aankope: www.bybelmedia.co.za www.bybelmedia.co.za


“Die medisyne van die toekoms”*

EEN OPLOSSING VIR DIE VOORKOMING EN INTENSIEWE BEHANDELING VAN VERKOUE EN GRIEP Na 25 jaar se navorsing oor die werking en doeltreffendheid van Echinaforce, is die resultate van die grootste studie ooit van ‘n spesiale ekstrak van Echinacea purpurea (Echinaforce) in September 2012 vrygestel. Na drie jaar van intensiewe studies by Cardiff Universiteit Skool van Bio-Wetenskap se Common Cold Institute, kon wetenskaplikes die volgende beweer: Echinaforce, ‘n behoorlik-geformuleerde echinaceaproduk, is veilig en effektief vir die beskerming teen en die behandeling van verkoue en griep. • Klinies beproef, effektief en veilig • Voorkom infeksies, verlig simptome en bou immuniteit • Breë spektrum, anti-virale werking • Ondersteun en reguleer ‘n swak immuunstelsel, veral ten tye van stres • Word veral aanbeveel vir langdurige gebruik onder kinders, bejaardes, asook mense wat ly aan derglike boonste lugweg infeksies, asma en rokers – mense vir wie verkoue of griep ernstige nagevolge kan hê.

Dring aan op Echinaforce, want nie alle Echinacea’s is eenders nie! M Ritchie *PhD,DrChemistry. University of St Andrews

Research Fellow, Bute Medical School, University of St. Andrews, Scotland Fellow, U.K. Royal Society of Medicine

Beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels Tel: 031 783 8000 / www.sanp.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.