Indruk September 2013

Page 1

september 2013

Sarel

Seemonster by 104 FM

Madibadag plak pleisters

‘Toe skiet my broer my!’

Bryan

Habana: Ons is net mense!

G ty RA ds T kr I S if

3-jarige se lorrie-geloof



Ingeanker

Inhoud - September 2013 Ty d s k r i f va n R a d i o Ty g e r b e rg

Gereeld 1 2 26 27 28 30

Ingeanker – Uit die Woord My indruk – Redakteursbrief In beeld – DVD-resensie In klank – Musiek Kalender Radio Tygerberg-programme

In ons omgewing 8 Madibadag - Plak pleisters oor armoede 14 Vuurvas-gaste

Gesin 38 Sy inspirasie – Wiele 40 Haar inspirasie - Jy is my Superheld! 42 Haar inspirasie - 8% ly aan ‘n fobie 46 Haar inspirasie - Oreo-kolwyntjies 47 Haar inspirasie - Help jou tiener om te dink 48 Klein inspirasie – Heidi en Basjan -

ARtikels 6

In gesprek – Bryan Habana: Só sê ek dankie vir my talente

In breë trekke 18 20 22 24 25 33 34 35 36 37

Laslappiemens Sy takel enige uitdagings Driejarige se lorriegeloof God gooi seer af In hegtenis omdat hy in Londen preek God se herinnerinkies Sestien En jy? Toe skiet my broer my ... Wat maak jy met die klappe?

Angus Buchan

Die liefde faal nooit nie Lees 1 Korintiërs 13:8-10

Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. - 1 Korintiërs 13:8-10 My liewe vriend, alle dinge sal verdwyn. O ja! Wanneer alles verby is, sal slegs die liefde oorbly. Alle dinge waarna ons gestreef het en waarvoor ons baklei het sal soos mis voor die son verdwyn. Dit is vandag hier en môre is dit weg. Daarom is dit nodig dat ons ons tyd bestee aan dinge wat onverganklik is. Dit is die rede waarom ’n gesin so belangrik is; waarom ons daarvoor moet baklei. “Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees” (vs. 9-10). Luister baie aandagtig hierna: “Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind, geredeneer soos ’n kind. Maar noudat ek ’n man is, is ek klaar met die dinge van ’n kind” (vs. 11). My liewe vriend, so baie Christene loop rond met ’n wrok teenoor ander Christene. Ook in families kan vetes vir jare voortduur. Uiteindelik kan niemand meer onthou wat regtig die probleem was nie. Dit gaan gewoonlik so: “Ek sal jou terugkry en ek sal seker

maak dat jy betaal.” Dit is die kinderagtigheid waarvan daar in 1 Korintiërs 13 gepraat word. Daar is niemand wat nie al deur moeilike tye is nie; daar is niemand wat nie al gefouteer het nie. Almal het berou oor een of ander ding of gebeurtenis; ons wens dat ons sekere dinge nooit gedoen het nie. Het jy al onnodig gesit en wonder hoe anders dinge sou gewees het as jy ’n ander besluit geneem het? Bely jou sondes, erken jou foute; laat dit agter jou en beweeg aan. Dit is wat God van ons verwag om te doen en die enigste manier om dit te doen, is deur die liefde wat jy in Jesus Christus het. Vra God om jou hart met Sy liefde te vul, sodat dit ook uit jou lewe sal vloei na ander. Jy moet eerste jou gesin liefhê en daarna ander mense. Dit is die grootste getuienis wat ons kan lewer. Besluit vandag om ’n erfenis van liefde agter te laat. Gebed: Vader, ek is so dankbaar dat ek U kan nader net soos ek is. U ken my deur en deur; daar is niks wat ek vir U kan wegsteek nie. Help my om van die onnodige dinge te vergeet wat my so besig hou en help my om te fokus op dít wat belangrik is. Terwyl ek saam met U wandel, vul my asseblief met U liefde dat dit uit my kan vloei na almal om my. Amen. Besluit vandag om ’n erfenis van liefde agter te laat.

Vra God om jou hart met Sy liefde te vul, sodat dit ook uit jou lewe sal vloei na ander

Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za September 2013

1


Voorblad-foto geneem deur: Catherine Kotze/SASPA

SEPTEMBER 2013

My Indruk

Sarel

Seemonster

‘Toe skiet my broer my!’

BY 104 FM

MADIBADAG plak pleisters

G ty RA ds T kr I S if

BRYAN

HABANA: Ar

Ons is net mense!tike

bl.

3-jarige se lorrie-geloof

Redaksie

G’n tentpenne nie!

J

a, ek is skuldig. Ek het ook soms die manier om my tyd en energie te fokus op dinge wat eintlik geen waarde het nie en wat my lewenslus kan uitmergel. Dit beteken nou nie dat mens die heeldag ernstig hoef te wees en nie ook pret mag hê nie. Maar kom ons wees eerlik, ons kan soms werklik redeneer net ter wille van redeneer. Ander kere kan ons onsself so oordadig verdiep in optredes of stellings van mense of in mediabewerings, dat dít ons lewe begin bestuur. En op dié manier bestee ons onnodig baie tyd aan die klein en niksseggende sake en bly daar al hoe minder tyd vir ons oor om ’n verskil te gaan maak waar ons moet. Ek hoor nou die dag dié skitterende vertaling van die Engelse spreekwoord, ‘don’t sweat the small stuff’: Moenie tent opslaan by onbenullighede nie! Eintlik is dit soveel sterker as die Engelse spreekwoord, want om tent op te slaan impliseer tog om nie net toevallig en vinnig daar te vertoef en daaroor te dink nie, maar om daar te bly – al is dit net tydelik.

Tent opslaan beteken ook dat ek tentpenne moet inslaan. (En jong, kan dít nie soms lekker wees nie! Veral as ek die penne kan inslaan daar waar dit die mense wat anders as ek dink en redeneer bietjie seer kan maak?!) Al wat dit van ons sê, is dat ons vrywillig en dikwels onvolwasse en ondeurdag tent opslaan by onbenullighede. Kom ons vat eerder één stewige bousteen van elke mens, elke berig en by elke gebeurlikheid waarmee ons dan ’n ordentlike en goeie huis op die Rots kan bou. Terselfdertyd leer ons sommer uit ander se sterkpunte en positiewe ervarings en bou ook so aan hulle beeld en selfbeeld . Dan is daar g’n tyd of plek om tent op te slaan by onbenullighede nie.

Leer uit en bou met sterkpunte

2

September 2013

Marius du Plooy Redakteur

InDRUK gebruik vrywilligers as verslaggewers en medewerkers – onafhanklike skrywers met onafhanklike menings. Hoewel ons met groot sorg te werk gaan, is die inhoud van alle artikels nie noodwendig in ooreenstemming met standpunte van InDRUK of Radio Tygerberg nie. Redakteur Marius du Plooy Beleid Hardus Zevenster Taalversorging Riaan Cruywagen Sedrick Taljaard Ontwerp Tenille Swanepoel Amor design Hooffotograwe Etienne Janse van Rensburg Pierre Coetzee Advertensies Charmaine Boshoff charmaine@104fm.org.za 082 066 5675 Uitgewer 104 Publications Drukwerk Paarlmedia Cape Verspreiding On The Dot – 021 528 7920 Kommentaar & artikels marius@fundipro.co.za permanente Medewerkers Angus Buchan Carl Kritzinger Ettienne Smith Jeanette Kritzinger Lorrein Katzke Louis Awerbuck Luané Janse van Rensburg Reinier Matthee Riana Hanekom Sedrick Taljaard Suleen Hamman Ander medewerkers by artikels Radio Tygerberg 0861 104 104 www.radiotygerberg.co.za

lo

4

p


Elke keer wat jy minder betaal, kry ander meer.


In gesprek Marius du Plooy

BRYAN HABANA

Ons is net mense wat mens-foute maak

S贸 s锚 ek dankie vir talente!

4

September Augustus 2013 2013


Bryan die blits, die meesteronderskepper, die werksoeker op die rugbyveld, maar ook Bryan wat ’n seisoen of wat gelede gesukkel het om sy skittervorm te behou. En net toe die oorkritiese media en rygbypubliek hom wou afskryf, staan hy op en kom terug met dieselfde energie, baie meer ervaring, en hy ryg weer die drieë in.

M

aar ons ken vir Bryan Habana ook as iemand wat nooit ’n drie druk sonder om, buiten sy reuse-glimlag, baie duidelik erkenning te gee aan waar sy hulp vandaan kom nie. Bryan sou graag ’n professionele gholfspeler wou wees as hy nie rugby gespeel het nie. Sy skooljare was ’n fees, en hy en sy vrou, Janine, hanteer konflik baie nugter. En dan is daar iets wat mense nie van Bryan weet nie… Bryan Habana sê as dit regtig nodig is, kan hy met net vier ure se slaap per nag oor die weg kom, maar hy verkies om sewe ure of langer saam met Klaas Vakie deur te bring. Hy sê slaap is nogal belangrik, want as ’n professionele atleet maak slaap ’n groot deel uit van sy herstel. En met herstel bedoel hy sekerlik die ‘rustyd’ wat die liggaam nodig het ná Saterdag ná Saterdag se stampe, stote en kneusings.

Wat doen jy as jy nie rugby speel of oefen nie?

As julle toer, hoeveel tasse vol klere neem julle saam vir byvoorbeeld ’n drieweke toer?

Hoe hanteer jy en Janine dit om dikwels lank van mekaar af weg te wees?

Dit hang nou af hoe groot die tasse is. Maar gewoonlik is dit een groot, harde tas, ’n sportsak en ’n rugsak wat propvol gepak word.

Die moelike ding van lank van mekaar af weg wees, is dat daar nie ’n reëlboek is wat vir jou leer hoe om dit te hanteer of hoe om dit te laat werk nie. Ek dink met die hulp van moderne tegnologie soos Skype, FaceTime, WhatsApp en BBM (om ’n paar te noem) maak dit die ‘lank weg van mekaar af’ bietjie makliker. Maar dit is steeds nie die ideaal nie. Ek en Janine doen maar ons bes om steeds soveel as moontlik met mekaar te kommunikeer, ongeag hoe ver ons van mekaar af is.

Het jy ook ’n gunstelinghemp, -broek, -skoene, ens...? Ek het nie regtig gunstelinge nie, maar ek is bevoorreg genoeg om Canterbury as ’n klereborg en Adidas as ’n skoenborg te hê. Dit maak klerepak en -dra baie maklik en fashionable!

As jy vandag weer moes skoolgaan, wat sou jy anders, beter, slimmer gedoen het? Skoolgaan was vir my besonder lekker. Ons was ’n groep vriende wat van standerd 6 (ek dink dit word nou graad 8 genoem) af saam was en ’n fantastiese verhouding met mekaar opgebou het. En ek dink die skoolgaanproses is een waar ’n mens foute moet maak en daaruit leer en die hele tyd moet probeer verbeter. As ek weer kon, sou ek dalk my ouers probeer oorreed het om my vroeër te laat begin rugby speel.

Was jy stout op skool?

Gewoonlik gebruik ek die tyd om my administrasie in te haal of ek speel graag gholf as ek daarvoor tyd kry.

Nee, ek was meesal soet... maar as ek mooi dink, was daar tog ’n paar stoute oomblikke in my skoolloopbaan.

As jy nie ’n professionele rugbyspeler was nie, watter ander soort werk/e sou jy wou doen?

Is daar ’n land waar jy NOOIT sou wou bly nie?

Ek sou graag dan ’n professionele gholfspeler wou wees, maar ongelukkig is my gholf nie eers naby amateurpeil nie. Ek het begin met ’n B.Sc. IT-graad (Inligtingstegnologie) by RAU, maar dit nie klaargemaak nie. So, ek sou ook graag iets in die tegnologie-wêreld wou doen.

Ek het nog nie so baie lande besoek nie en dit is moeilik om te sê dat ek NOOIT in ’n spesifieke land sou wou bly nie. Ek dink as omstandighede jou dwing om in ’n land te moet bly, al hou jy glad nie daarvan nie, sal jy dit doen… Maar lande wat oor die algemeen ’n gemiddelde temperatuur van minder as 5 grade C het, sou nie hoog op my gunsteling lys wees nie!

En as julle saam is, hoe bestee julle tyd saam? Ons hou daarvan om te fliek en reekse saam te kyk of om teaterproduksies by te woon. Ons hou ook albei van inkopies, so dit word ook dikwels saam gedoen. Vinnige middagetes of Date nightaandetes is ook belangrik om met mekaar te ‘connect’.

Sportmense is deesdae meer gemaklik om hulle geloof uit te spreek of te wys. Wat het verander? Dit is moeilik om te sê wat verander het, want ek weet nie hoe was die omstandighede voorheen nie. Maar ek dink deesdae se groter gemak kom van mense wat bereid is om hulle geloof in die openbaar te wys sonder om skaam te kry daaroor.

Baie mense wonder wat presies sê jy (en ander) as julle na die hemel toe wys. Wat presies sê of erken jy? Ek kan nie vir ander praat nie, maar as ek ná ’n drie na die hemel toe wys, is dit om dankie te sê aan die Here vir die talente waarmee ek geseën is. September Augustus 2013

5


Ingesprek

Hoe belangrik is jou geloof vir jou? My geloof is vir my baie belangrik, want dit gee vir my ’n grondslag van waardes waarop ek my lewe kan bou. Vir my as professionele atleet is my geloof ’n konstantheid. Dit maak nie saak wat om my gebeur, hoe my omstandighede verander of wat mense (goed of sleg) van my sê en dink nie.

Loop mens nie die gevaar om blasé en arrogant te word as jy baie goed is in sport nie? Daar is altyd die gevaar om blasé en arrogant te word as jy goed is in sport. ’n Fantastiese aanhaling daarvoor is: ‘Both accolade and criticism will test whether your soil is properly anchored. So will success and defeat.’ Heb. 6:9.

Om bekend te wees beteken ook om aan almal te behoort. Hoe hanteer jy dit en hoe voel jy oor die feit dat so baie mense inbreuk maak op jou privaatheid? Weer eens is daar nie ’n reëlboek of reëls hoe jy dit moet hanteer nie . Eerstens dink ek dat dit belangrik is om te verstaan dat daar inbreuk op jou privaatheid gaan wees en jy sal dit op die beste manier moontlik moet hanteer. As ’n bekende kry jy dit nie altyd reg nie en ons maak ook foute. Maar soms wens ek net die publiek kan verstaan dat ons ook maar net mense is en ook soms dae het wanneer dinge nie reg loop nie, of jy voel nie soos wat hulle verwag jy moet voel nie.

met blomme... nie net as dit ’n spesiale dag (verjaardag of huweliksherdenking) is nie, maar soms wanneer sy dit glad nie verwag nie. Om ’n vrou te laat voel dat sy spesiaal is en dat jy lief is vir haar, help om haar goed te laat voel.

Maak jy ooit kos?

Huil jy maklik?

As braai kosmaak is, ja, dan maak ek af en toe kos. Gewoonlik is dit ’n lekker stukkie rump steak en boerewors.

Ek huil nie makilk nie, maar daar is vir seker tye wanneer ek huil. Dit is beslis iets wat mans maar mag doen. Om te kan huil beteken gewis nie dat jy minder man is nie!

Gee gou vir ons ’n blitsreseppie. Die braaikoning, Jan Braai, het my geleer dat as jy ’n wonderlike sagte stukkie vleis wil maak, is dit belangrik om jou vleis in suurlemoensap te laat lê met net sout en peper.

Gee jy ooit vir Janine blomme? Ek hou daarvan om Janine soms te verras 6

September 2013

Fotos: Wessel Oosthuizen

En lag? O, ek lag baie makilk. Dalk hou ek te veel daarvan om snaaks te wees... Goeie grappies is altyd vir my baie snaaks. Ek moet sê, my honde gee my ook talle oomblikke van genot as hulle met mekaar speel.

Janine en Bryan


Foto’s: Wessel Oosthuizen. Daar is nog ’n aantal eksemplare van Wessel se koffietafelboek, Portrait of Rugby, te koop teen R4500,00 stuk. Dit handel oor 50 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby soos deur Wessel se kamera vasgelê. http://saspa.photoshelter.com/gallery-list

Watter soort flieks kyk jy graag?

Stel jy belang in politiek?

Komedies en aksieflieks is hoog op my gunsteling lys, maar dis ook lekker om ’n liefdesverhaal saam met Janine te kyk.

Dit is vir my belangrik om te probeer verstaan wat in politiek aangaan...

Wat doen jy en Janine as julle van mekaar verskil oor ’n saak? Vir ons speel kommunikasie ’n groot rol om die verskil oor ’n saak uit te klaar. Dit help ook nie as ons albei kwaad is (dit is meestal ek) terwyl ons die saak probeer besleg nie. Ons het van ons troudag af vir mekaar gesê dat ons nooit kwaad vir mekaar wil gaan slaap nie.

Sing jy? O ja. Ek sing graag..... in die stort waar niemand my kan hoor nie!

Het jy ooit vir Janine gediggies geskryf? Ja, ek het vir seker al hier en daar in ’n SMS of e-pos vir haar een gestuur.

Maak jy tuin? Ons het nie juis ’n tuin by ons huis nie, so tuinmaak is nie ’n baie groot prioriteit vir my nie.

Kitsblitsvrae: Mense wat swak motorbestuur… moet weer hulle rybewystoetse gaan doen Ek is gek oor….. ’n soetding

Die mooiste naam is… Jesus Koffie is ... absoluut noodsaaklik as jy my vrou is

Die beste wêreldleier ooit was…. Nelson Mandela

Niemand weet dat ek .... met my eerste probeerslag vir my rybewys gedruip het nie

As ek kon, sou ek… armoede probeer verminder tot 0%, wêreldwyd

Ek sal nooit.... die nommer-een gholfspeler ter wêreld wees nie

September 2013

7


In ons omgewing Luané Janse van Rensburg

D

Madibadag plak

van kruideniersware. Uiteindelik was ie Weerdiens het reën ’n groot SPAR-vragwa nie genoeg om al voorspel en dit sou vir seker die kos te vervoer nie. Ekstra hulp moes ’n groot invloed op die dag ingeroep word om al die skenkings na se gebeure gehad het. Shiloh se kantore te vervoer. Skielik het iemand dit Die Vuurvas-span, Anton Treurich uitgewys – die dreigende, donker en Karien Basson, het hulle 67 minute wolke wat soos ’n sirkel rondom Parow in die ateljee deurgebring met ondergevorm het. Maar in Parow self, waar houde met al die betrokkenes en om dit ’n miernes van bedrywigheid op die luisteraars wat nie die viering kon parkeerterrein voor Radio Tygerberg bywoon nie, op hoogte van sake te hou. was, het die son geskyn... Anton en Karien kon nie Radio Tygerberg het 67 dae lank adag mpie kinders op Madib uitgepraat raak nie: “Dié deel met SPAR kragte saamklo ‘n t me m saa e Zill Premier Helen van Madiba se toespraak van gesnoer om iets aan die destyds weerklink in ons harte gemeenskap terug te gee. as kinders van die enigste, Daar is besluit om nie net ewige, lewende God: ‘We ask 67 minute af te staan aan ourselves, who am I to be liefdadigheidswerk nie, brilliant, gorgeous, maar 67 dae te gebruik om talented, fabulous? Actually, ’n groter verskil te maak who are you not to be? You om saam met luisteraars en are a child of God. Your korporatiewe maatskappye playing small does not serve ’n beskeie pleister oor the world.’ Ons het gedien armoede in die Kaap te en teruggegee aan die wat plak. nood het, ons het Jesus se Met die Mandeladagvoorbeeld gevolg en opgetree projek is korporatiewe soos konings en koninginne maatskappye uitgedaag om van God." Dit was ’n behoorlike fees van omgee ’n liefdadigheidsorganisasie Hardus Zevenster, Radio Tygerberg se en liefde op die parkeerterrein voor vir die 67 dae aan te neem en hulle nood bestuurshoof, het die dag afgesluit: "Die Radio Tygerberg, met ’n ope uitnodiging te verlig. Agt liefdadigheids-organisasies karaktereienskappe wat Madiba ná sy aan almal om die rooi tapyt na ons het uiteindelik baat gevind by die hulp vrylating getoon het, was nederigheid, omgeekring te volg. Spar-trollies is in van ons groothartige, korporatiewe vergifnis en diensbaarheid. Daarmee ’n kring gerangskik vir verdere bydraes gemeenskap in die Wes-Kaap. het hy ’n positiewe impak op die wêreld deur die publiek en kunstenaars soos Die liefdadigheidsorganisasies gehad.” Neville D, Rouchelle Liedemann, was onder meer Shiloh Food Die kring van omgee op die grond en One Crown, Shiloh Origin of Dance, (aangeneem deur Spar), Shiloh Relief die kring van wolke in die lug was soos Jan-Hendrik Fourie, Irving De Swardt (Cape Gate Winkelsentrum), Ubuntu die bo- en onderkant van ’n kolom. En en Limited Edition Drum Corps het House (N1 City Winkelsentrum), die sonstrale wat die heeldag lank deur gesorg vir vermaak met sang, dans en Msinga Outreach (Vuurvas-span en die wolke gebreek het, was simbolies getuienisse. Die omgeekringloop is Spar), Uitsig Animal Rescue Centre van die seën op die dag se nederige voltooi toe die premier, Helen Zille, (Willowbridge Winkelsentrum), gee-gebeure op die parkeerterrein. haar bydrae gebring en die publiek met Resilient Kids (Kaapse Verbruikers), En minute na afloop van die verrigtinge ’n besielende boodskap toegespreek en TygerBear Foundation (Tygervallei het daar reëndruppels soos ’n seën aangemoedig het. Winkelsentrum en TygerBurger) en op die parkeerterrein uitgesak. Die trollies se wiele het behoorlik Beaconvale Community Frailcare Centre wydsbeen gestaan onder die gewig (Peninsula Beverage Company).

8

September 2013

pleister oor armoede


Neville D

Die Premier in die Vuurvas-ateljee

Daar was baie om oor te dans en te juig.

1Kor 13 praat van liefde wat

We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God – Madiba

Honderde mense kon ook iets oor Madiba skryf wat hulle beĂŻndruk het.

September Augustus 2013

9


In ons omgewing

Die dansgroep, Origin of Dance, wat almal bekoor het met hulle gekoĂśrdineerde danspassies. 10

September 2013

dag

Mad ibad

Madiba

ag

LuanĂŠ Janse van Rensburg


K o m va a r sa a m m et on s!

September 2013

11


Madibadag

Liomee van der Merwe van Radio Tygerberg by die rooi tapyt wat gelei het na die omgee-sirkel. Spar-personeel wat so pas skenkings uitgepak het.

12

September 2013


Madi

bada

g

Protea Hotel Durbanville het weer bewys dat hulle omgee-harte vir die gemeenskap het, toe hulle met sewe Spar-trollies propvol kruideniersware by die verrigtinge opgedaag het.


In ons omgewing Karien Basson

Baie 104-gaste

(Vuurvas is byna soos ’n praatworsmasjien wat gereeld verrassings oplewer. En die ‘wors’– een of ander bekende en interessante gas wat lekker kom saamgesels op 104FM – Red.)

Sarel Seemonster in vuurvas-ateljee!

Vuurvas se aanbieders, Anton en Karien, saam met Sarel Seemonster en Hansie Visagie. Wielie Walie se Sarel Seemonster het die 104FM-kantore en ateljee berhoorlik op horings geneem toe hy onlangs saam met die poppemeester Hansie Visagie kom inloer het. Hy het almal verlief en verlore

in nostalgie gehad. Hansie was jare gelede die ‘vader’ en skepper van vele bekende marionette soos Mina Moo en Mannemarak. As marionetmeester het hy ook lewe gegee

aan Kwaaitjie Kabouter in Liewe Heksie en Wielie Walie se Sarel Seemonster. Op 55-jarige ouderdom speel hy steeds pop – “jy moet ’n bietjie van ’n kind wees om ’n pop te kan maak,” het hy gelag! “Ek het nog altyd gesukkel met grootmenskommunikasie. Iemand het my een keer gevra of ek ’n escapist is. Die vraag het my onkant betrap, maar ek het besef ek ís een. Ek ontsnap van die werklikheid deur poppe.” In graad vier, na ’n poppekasvertoning by ’n kermis, het die liefde ingeskop en hom só bekoor dat hy enigiets sou doen om sy droom te bewaarheid. Vandag gee hy klas by City Varsity se Media- en Kreatiewekunsteskool in Kaapstad. Hy leer studente grotendeels van beeldhou se gietprosesse en was in beheer van die uitstekende uitstalling ‘Talking strings’ by City Varsity. Ons het hom op Vuurvas uitgevra oor sy gunstelingpop. Hy het vir ’n oomblik gehuiwer, soos ’n marionet oor sy ken gevryf, en met ’n vonkel in die oog geantwoord: “Niks kon my nog so opgewonde maak soos Knersus nie… maar Sarel is spesiaal en Mina is my nooi.”

Shef Francois maak van suurlemoene soet … Francois Kotze kook met die hart en nie met die kop nie! Hy het in 2007 What’s for dinner (SABC3) gewen en sedertdien aan Kia Cook-off, MasterChef SA 2 en Kokkedoor op kykNET deelgeneem. Francois was genoodsaak om ses maande gelede Twinz Homestyle Food op die 14

September 2013

been te bring, nadat sy bestuurspos na jare se diens afgeskaf is. Vandag volg hy sy passie, vertrou op die Here en vrees nie meer die dag van môre nie. Skakel hom by: fkotze67@gmail.com / 082 859 0527

Shef Francois (agter) saam met Anton en Karien


September 2013

15


Nóg 104-gaste JAred gekruik kletsrym om te getuig

Dyer island conservation trust Alouise Lynch (naas links), bedryfsbestuurder van Dyer Island Conservation Trust, en Allison Townsend (naas regs), senior marienebioloog, het by Vuurvas gekuier en vertel hoe ons almal ons deel kan doen om ons seelewe te beskerm. Onkunde en nalatigheid met rommel en visvangtoerusting is die see se grootste vyande. Die trust behartig lewensbelangrike studies

100% vir stormers en 200% vir Jesus Regs: Adriaan Pieterse doen alles met passie. In 2010 het sy lewe handomkeer verander nadat Angus Buchan inspraak in sy lewe gehad het. Die afgelope drie jaar het hy drie ander mense se lewens totaal verander met fondsinsamelings om mediese koste te dek. Hy is steeds besig met nuwe projekte. Gaan kyk gerus by www.printall.co.za 16

September 2013

van die seelewe en seevoëlspesies aan die suidelikste punt van Afrika en hulle beskerm die grootste kolonie oorlewende bedreigde Afrikapikkewyne. Tans gee hulle die toon aan met die bestudering van die dalende aantal bedreigde Groot Witdood-haaie, met wetenskaplike bewys dat die getalle van dié haaie in ons gebiedswater veel laer is as wat voorheen vermoed is.

Onder: Hierdie 20-jarige man, Jared Naidoo, van die Edge-kerk het ons laat regop sit toe hy getuig het van ’n God wat in alles belangstel van mense van alle ouderdomme. ’n Deel van sy kletsrymgetuienis: “Got reintroduced to an old Friend, He was always there for me, someone on whom I could depend. Whenever I was attacked, He would come and defend, I was real to him, I didn’t have to pretend, Jesus is His Name, Saviour is His Title...” Só vertel hy in sy kletsrym van vyf minute oor sy seer verlede as jong seun, die misbruik van meisies, slegte keuses en hoe die Here tot sy redding gekom het met vergifnis en wysheid.


MasterChef MasterChef-deelnemer voer Vuurvassers met mengeldrankie Die borrelende grafiese kunstenaar, Shannon Smuts, was die eerste deelnemer van die Top16 wat haar voorskoot moes ophang toe sy die MasterChef SA 2 se kombuis verlaat het. “As God se hand in jou toekoms is, is dit steeds blink en mooi…” het Shannon gesê. Sy het ’n groot geloofsprong geneem en haar eie restaurant geopen – Pure Good in St. John’sstraat 21, Tuine, oorkant die Parlementsgebou.

Sy skrik nie vir koue pampoen (water) nie! Bo: Cecilia Schutte is die heel eerste mens in die Wes-Kaap wat die swem van ’n ysmyl agter haar naam kan skryf. In watertemperatuur van 4 grade in die hartjie van die Matroosberg-natuurreservaat naby

Ceres, het sy die rekords laat spat. Opheffing van die gemeenskap en motivering van jong mense is Cecilia se missie agter haar kouewatermylswemrekords. “Elke mens moet ’n doel hê en dit heelhartig nastreef.”

MasterChef-deelnemer voer Vuurvassers met mengeldrankie.

September 2013

17


Wonder wie-posser

Lappieskombers-mens Here, my lewe is ’n klomp los weggooilappies wat geen doel dien nie, nie sin maak nie en eenvoudig nie self heel kan wees nie. Dankie dat U my voetstoots liefhet. Dat U genade die stukkies van my lewe optel en dit dan aanmekaarwerk tot ’n betekenisvolle heelwees-lewe... Tot ’n nuwe oorwees-mens. Leer my om uit dankbaarheid vir die grootsheid van U genade ook ander toe te maak met die sagtheid van my laslappiehart... Met die genade van my Donskombers-liefde.


The New Golf GTI is here...

September 2013

19


In ons omgewing Anton Brink

D

it is vreemd dat die meeste van ons altyd so geneig is om heel eerste aan ons tekortkominge te dink en redes waarom ons nie goed genoeg is wanneer ’n groot voorreg of geleentheid ons dalk te beurt val nie. Bronwyn Stassen van Kraaifontein is elf jaar oud, en sy het geen verskonings aangebied toe sy die kans gekry het om in die Oggendrooi-ateljee te kom kuier nie. Sy het met ’n groot glimlag gesels oor haar besondere titel en haar passie vir die gemeenskap, en wat sy vir oudpresident Nelson Mandela se verjaarsdag gedoen het. Bronwyn is onlangs aangewys as ‘Miss Pre-Teen South Africa 2013’ vir die Wes-Kaap, ’n titel waarop sy met reg baie trots is. Sy het ook die ‘Can do’- projek begin waar sy wou probeer om 670 blikkies nie-bederfbare kos ter viering van Madibadag in te samel. Haar stoutste verwagting is oortref toe sy uiteindelik meer as 3 500 blikkies kos kon insamel, wat sy deur die verspreidingsnetwerk van Shiloh Synergy aan behoeftige mense kon skenk. Bronwyn beplan om in die toekoms nog sulke projekte aan te pak, maar sê dat sy nou eers besig is om voor te berei vir haar volgende kompetisie, ‘The Queen of the Universe’.

Sy takel enige uitdaging

20

September 2013


September 2013

21


Inons omgewing Luané Janse van Rensburg

Ons het onlangs na Somerset-Wes verhuis. Dit was ’n redelike soektog na ’n nuwe skooltjie vir my driejarige seuntjie en ek kon eers ’n maand later vir hom plek kry in ’n nuwe kleuterskool nader aan die huis. Intussen moes hy dus ’n maand lank elke oggend en middag die lang pad saam met my aanpak Bellville toe. Met die wete dat hierdie klein lyfie ook maar net vir hoogstens 15 minute kan stilsit, het ek besef dit gaan baie energie van my verg om hom besig te hou terwyl ek bestuur. Hy het egter binne die eerste week ’n absolute liefde vir die vragmotors op die pad ontwikkel en ons moes elke dag die trokspeletjie speel – ek moes raai wat in die trokke is. My verbeelding het natuurlik met my weggehardloop en ek het myself verbaas met wat kamma alles in ’n trok kan wees. Dit het hom soms met groot oë laat staar na die trok vol babahondjies, of hom laat skaterlag as ek geraai het daar is ’n klomp hansworse op driewiele in die trok. Een oggend kom daar egter een van die groter vragwaens by ons verbygery – een van Spar. My seuntjie snak na sy asem. “Mamma, dis die mooiste trok wat ek nog ooit gesien het!” En so verander die speletjie om elke oggend en middag te soek na die Spar-trok iewers op die pad. En as ons hom iewers gewaar, spring hy omtrent deur die dak van opwinding. So het daar twee dae verbygegaan sonder dat ons die Spar-trok op die pad kon vind, maar ek was altyd gereed met ’n verskoning. “Hy moes seker ekstra broodjies gaan aflewer het by daardie Spar waar ons altyd brood koop, of dalk is hy moeg van al die baie rondry en doe-doe seker nog ’n bietjie...” Toe ons die derde dag nog geen Spar-trok gewaar het nie, was dit ’n

bietjie te erg vir my seuntjie. Ons was skaars in die motor, of hy vra vir my of ons kan bid. En net daar trek hy los: “Asseblief, Liewe Jesus, laat ek hom tog vandag sien. Asseblief, Liewe Jesus?” Ek besef natuurlik dadelik dat hy na die Spar-trok verwys. Met ’n selfversekerheid sit hy toe tevrede agteroor, want hy het mos nou vir Liewe Jesus gebid. Vandag gaan ons weer die Spar-trok sien! En heelpad kyk ons ons ogies seer na die pad, maar gewaar geen teken van die trok nie. Toe ons egter om die draai van die kleuterskool kom, gooi ek byna my motor om soos Mikal gil en skree, want daar voor ons staan die Spar-trok, doodstil, besig om goedere af te lewer. Ek het dadelik stilgehou en ’n foto geneem van die klein lyfie by

Driejarige se lorrie-geloof

22

September 2013

sy gebed wat méér as verhoor is. Ons het nie net die trok op die pad gesien nie, maar Liewe Jesus het vir hom die geleentheid gegee om by die trok te gaan staan. Hierdie pragtige storie is toe ook my getuienis een oggend tydens ons Radio Tygerberg-biduursessie, dat God selfs aandag gee aan die klein dingetjies in die lewe. Die foto van die klein seuntjie by die Spartrok se groot wiele het behoorlik opslae gemaak op Facebook en ook by my kollegas. My een kollega het al ’n paar keer beleef hoe opgewonde Mikal word as hy die Spar-trok gewaar en het toe behoorlik berge versit om vir hom sy eie Spar-trokkie te koop. Ek was

diep getref deur hierdie mooi gebaar en kon nie wag om hom daardie aand met sy eie klein Spar-trok te verras nie. Die kommentaar op Facebook het behoorlik ingestroom en almal wou net ’n foto hê van sy gesiggie as hy sy eie trokkie sien. “Vandag is die dag waarop Mikal ‘klontjies’ gaan kry,” was een opmerking en almal het in afwagting gesit om te hoor wat sy reaksie was. In absolute vervoering oor sy eie Spar-trok, het Mikal net heeltyd gesê: “Ek kan dit nie glo nie. My hartjie is so bly!” In my wildste drome sou ek egter nooit kon raai wat daarna sou volg nie. Elsabe van Zyl, advertensiebestuurder van Spar Wes-Kaap, het ook toevallig op die reeks foto’s op Facebook afgekom.

En ek het iets geleer van ’n kind se geloof so groot soos ’n vragmotor!


Klein Mikal Janse van Rensburg by sy droomtrok.

Dié foto vertel meer as duisend woorde! ’n Week later is Mikal uitgenooi om by Spar se verspreidingsentrum te kom kuier. Hy het behoorlik na sy asem gesnak nadat ons deur die reusepakhuis gestap het en daar staan sowat 20 Spar-trokke buite. Die oomblik was vir ma (en die omstanders) te groot en ek

moes sag ’n traan wegvee, ’n traan van dankbaarheid. En ek het iets geleer van ’n kind se geloof – so groot soos ’n vragmotor! Loer na Mikal se gebed en lorrielekkerte op http://www.comuvid. com/mikal-se-gebed

Mikal, op oom Solly se skoot, het die grote trok ‘bestuur’ en selfs die toeter gedruk.

September 2013

23


In ons omgewing

God gooi seer af

Benescke Janse van Rensburg

N

á haar egskeiding het Adri Ludik haar amper ’n jaar lank aan die samelewing onttrek, omdat sy skaam was oor haar mislukking. Min het sy geweet dat God hierdie tyd sou gebruik om haar voor te berei op iets wat haar stoutste verwagting sou oortref... Sy vertel self: In die ou strooidakkerkie in Durbanville het die musiek opgeklink. Voordat ek die eerste tree in die kerk kon gee, het my gedagtes skielik teruggegaan na die jare wat verby is. As klein dogtertjie het ek altyd gestaan en luister hoe ander mense waardering vir my ouers se huwelik gehad het. Hoewel my ouers amper 80 jaar oud is, sprankel hulle steeds vir mekaar. Van jongs af het ek gebid dat God my sou help om dieselfde huweliksgeluk te vind. Ek is op ’n laat ouderdom met ’n wewenaar met vier kinders getroud. Hoewel ek baie lief vir kinders is, was dit vir my ’n geweldige ontnugtering om te voel dat my man my as ’n ma vir sy kinders sien, eerder as ’n vrou wat begeer om gekoester en versorg te word. Ek het menigmaal in die daaropvolgende agt jaar vir God gesê dat ek altyd gedroom het om ’n sprokieshuwelik te hê, maar nou soos ’n Aspoestertjie gevoel het. Na agt jaar is ons geskei. Die seer van ’n mislukte huwelik het veroorsaak dat ek amper ’n jaar lank nie kerk of winkels toe wou gaan nie. As ek wél winkels toe gegaan het, het ek skaam agter die winkelrakke weggekruip omdat ek soos ’n mislukking gevoel het. In hierdie tyd het my ouers my geweldig ondersteun. Hulle het nooit vrae gevra nie en my nooit gedwing om enigiets te doen wat ek nie wou nie. Hulle onvoorwaardelike liefde het in ’n mate genesing in my hart gebring. Na ’n tydperk van rou het ek op ’n dag besluit dat ek my lewe in orde wou kry. Ek het weer begin oefen en soggens vyfuur

24

September 2013

soos ’n jas

opgestaan om tyd saam met God deur te bring. Ek het sy beloftes opnuut ontdek en begin om my lewe daarvolgens te rig. Drie vroue uit die Bybel het my in hierdie tyd geïnspireer: Hanna, Ester en Rut. Uit die kinderlose Hanna se lewe het ek besef dat God ons elkeen se begeertes ken. Net soos Hanna vir ’n kindjie gebid het, het ek God gesmeek dat Hy vir my die regte lewensmaat sou stuur. Net soos Ester deur ’n voorbereidingstyd van twaalf maande gegaan het voordat sy die koning ontmoet het, het ek vir God gevra om my voor te berei sodat ek gereed sou wees as ek my man ontmoet. En net soos Rut in gehoorsaamheid aan God haar skoonma gevolg en later vir Boas ontmoet het wat na haar omgesien het, het ek vir God gesê dat ek ’n man begeer wat my sou koester en hom oor my sou ontferm. Tydens ’n vakansie in die Okavango het ek half geskok besef dat ek nog baie kwaad, aggressie en onvergewensgesindheid oor dinge uit die verlede met my saamgedra het. Dit het veroorsaak dat ek nie volkome vreugde in my hart kon toelaat nie. Hoewel dit moeilik was, het ek vir God gevra om my te help om die seer van die verlede soos ’n jas van my skouers af te gooi sodat ek kon vergewe en vryspreek. Na daardie naweek het ek ’n duidelike verandering in my hart beleef. Dit was asof God my hart met nuwe vreugde kom vul het. ’n Paar maande na die vakansie in die Okavango, op ’n aand toe ek dit die minste verwag het, het ’n man, Xen, met ’n

groot bos blomme voor my deur gestaan. Gemeenskaplike vriende van ons het hom aangemoedig om vir my te kom kuier. Ons het gaan koffie drink en van toe af het alles perfek in plek begin val. Ons het gou beste vriende geword wat oor alles kon gesels. Ons het saam getoer, kon saam bid, kon saam lag en Xen het my gekoester en na my omgesien. ’n Jaar en ’n half later, op die Middellandse See buite Venesië, het Xen ’n pragtige goudbruin boksie met die mooiste linte na my uitgehou terwyl hy my gevra het om sy vrou te word. Dit het op daardie oomblik gevoel asof my hart van geluk kon bars. Die klank van die troumars in die strooidakkerkie in Durbanville ruk my na die werklikheid terug. Terwyl ek die eerste tree gee, kyk ek vorentoe na waar Xen vir my wag. In my gedagtes het Elisabeth Eybers se woorde wat op ons troukaartjie aangebring is, weerklink: Al die drome van my kindertyd het teruggekeer en in my oë het jy sterre aangesteek. God het my gebed verhoor! Al die eer kom Hom toe. • Adri en Xen is vandag reeds 7 jaar gelukkig getroud. Sy vertel dat hulle steeds beste vriende is en die wêreld saam platreis.


In ons omgewing Anton Brink

In hegtenis omdat hy

in Londen preek!

E

k het op die internet gelees van die manmoedige Tony Miano in die VSA. Dit het my só aangegryp dat ek daar en dan besluit het om hom te probeer opspoor en sy verhaal op Oggendrooi en sommer ook met Indruklesers te deel. Na ’n paar internet soektogte het ek hom telefonies opgespoor. Tony Miano is ’n man van oor die 50, ’n afgetrede polisieman van Los Angeles, Kalifornië, waar hy adjunk-polisiehoof was. Hy het onlangs sy 28ste huweliksherdenking met sy vrou Maria gevier. Saam het hulle drie dogters. Tony mag dalk klink na net nog ’n doodgewone ou, maar hy reis die wêreld vol en preek in die strate van wêreldstede waar daar groot sportgeleenthede gehou word. Tony was onlangs tydens die Wimbledontennistoernooi in Londen ook besig om op straat te preek, toe hy deur vier polisiebeamptes weens “haatspraak” in hegtenis geneem is. Hy vertel dat hy besig was om uit 1 Thessalonisense 4:1 – 12 te preek, wat spesifiek handel oor seksuele losbandigheid. Hy het gesê dat seksuele losbandigheid hetero- én homoseksuele mense insluit, dat daar geen plek is

vir seks voor die huwelik nie, en dat getroude paartjies getrou moet bly aan mekaar. In dieslefde asem het hy teen homoseksualiteit gepraat. Op daardie oomblik het ’n jong vrou verbygestap, hom iets onwelvoegliks

Tony mag dalk klink na net nog ’n doodgewone ou, maar hy reis die wêreld vol en preek.

Tony Miano tydens sy konfrontasie met die Britse polisie.

toegesnou en hom op haar selfoon se videokamera begin afneem. Kort daarna het sy ’n oproep gemaak.

Dit was nie lank nie, of die polisie daag op. Hulle het glo ’n klagte van ’n lid van die publiek ontvang dat hy hom aan haatspraak skuldig gemaak het teenoor homoseksuele mense. Hy het erken dat hy gesê het dat homoseksualiteit sonde is en is terstond in hegtenis geneem, aangesien hy glo die Wet op Openbare Orde oortree het met ‘homofobiese uitsprake wat angs, nood of belediging kon veroorsaak’. Tydens ondervraging is Tony gevra of hy glo homoseksualiteit is verkeerd. “Absoluut, maar ek het hulle lief genoeg om aan hulle die waarheid te vertel,” het hy geantwoord. Die polisie het besluit om hom aan te kla en aan te hou in ’n proses wat maande kon duur. Hy is na sy sel geneem, en op sy versoek het beamptes vir hom ’n Bybel gebring. Tony het begin om die Woord te bestudeer en het die Here aanbid vir Sy grootheid. Toe, sonder enige verduideliking of opgaaf van rede, word sy seldeur deur polisiebeamptes oopgesluit en word Tony vrygelaat. Alle klagtes teen hom is laat vaar. Tot vandag toe is nie hy óf sy prokureur ingelig waarom nie. Hy is eenvoudig net vrygelaat. Die volgende dag was hy weer terug in die strate van Londen om die Evangelie te verkondig... September 2013

25


WEN

In beeld Deur Bridgette Erdey

Taken by Grace G enade is ‘n kosbare geskenk. Dit is ‘n geskenk van God. Een wat Hy so maklik vir ons gee en tog is dit iets wat ons dikwels sukkel om aan mekaar en onsself te betoon. Genade is iets wat hand aan hand gaan met vergifnis. Ons kan nie genade aan mense bewys as ons hulle nie onvoorwaardelik vergewe het nie. Dit is wat die omvang van God se genade teenoor ons so wonderlik maak. Wanneer mense se paaie kruis Hierdie maand se film, Taken by Grace, bestaan uit twee parallelle stories wat handel oor vergifnis en genade op verskillende vlakke. Shawn en Carrie Everett vertrek op ‘n kampeeruitstappie op dieselfde nag wat Lucas Blacstone uit die tronk vrygelaat word. Wanneer hulle paaie kruis, gaan dinge verskriklik verkeerd. Lucas ontvoer die kibbellende paartjie en dwing

Shawn om hom na die dorp Trinity te neem sodat hy kan wraak neem op die man wat sy seun vermoor het. Vreemde gedrag Tydens die drie se verkenningstog in die nag is dit duidelik dat die egpaar huweliksprobleme ondervind. Benewens hulle vrees vir Lucas, is die atmosfeer tussen hulle dik met wraakgierigheid. Wanneer Lucas die toestand probeer uitbuit, sweer die egpaar dat hulle hulle verskille bygelê het. Dit is egter duidelik dat dit nie die geval is nie. Lucas gebruik hierdie situasie om sy optrede te regverdig. Hy beweer dat God nie bestaan ​​nie en dat vergifnis nie moontlik is nie. Die aangrypende reis gaan voort, Lucas se gedrag raak meer wisselvallig, maar sy gedrag is strydig met dit wat normaalweg van ‘n krimineel verwag sou word. Lucas laat notas om verskoning te vra aan die mense wat hy langs die pad te na kom. Hy betaal selfs vir die snoepgoed wat hy uit ‘n winkel

O Grac m een v an d e -D + JO U NA VD’s te rie Tak Elke AM + I wen, sm en by geld SMS ko NDRUK s KRU IS .D 4n sR aang ie wenn 1,50. B a 3328 2. ’s en er sa ekon lv V d Prod uctio ig word erwittig ’s op 1 ns se Fa op Bretti en Nov c emb ebookb an er 2 013. lad

neem terwyl die nuttelose werker vas aan die slaap agter die toonbank is. Lesse uit die film Taken by Grace is ‘n emosionele wipplank en ‘n perfekte voorbeeld van hoe God die mees gespanne situasie gebruik om genesing te bewerkstellig. Hy het nooit belowe dat die lewe slegs glad sal verloop nie, maar Hy het belowe om ons te lei deur die stormagtige waters, en ons te leer om op Hom te vertrou. Daar is baie lesse wat ek uit hierdie film geleer het, maar die belangrikste is: Wees goed vir die mense rondom jou; jy weet nie deur watter emosionele swaarkry hulle gaan nie. Dit kan skuldgevoelens, woede, hartseer, verlies of depressie wees. Om genade aan mekaar te betoon, is die minste wat ons kan doen in ons daaglikse omgang met ander.


In klank Ettienne Smith

Gospel-verrassings

hou nie op nie

David Jooste

Wanneer ons God aanbid, verander Sy teenwoordigheid ons harte. Wanneer mense na God draai, juig die hemel. David Jooste het God hoor praat en hierdie album is die Answer to the call! As jong 13-jarige seun was hy deel van Julius Magan se musiekgroep en het hy deur Suid-Afrika getoer. Later, na sy studies, het hy vir Evan Schoombie ontmoet en was hy vier jaar lank as musiekdirekteur deel van sy bediening. Hierdie album is opwindend met liedjies soos Answer to the call en We have been called!

Amen

Die verrassing van die jaar! Die groep Amen bestaan uit die bekende Renier Bester, Frank Panaou en Bernhard Faasen. Hulle nuwe CD, Laat U wil geskied, het 14 snitte en is van die begin tot die einde gelaai met musiek wat jou sal aangryp. Omtrent elke liedjie is ’n treffer en hierdie is een van daardie CD’s wat jy nie gaan los voor jy na alles geluister het nie. Daar is so baie goeie snitte, maar luister na Dagbreek, Maak oop die deure en Wat ’n vriend het ons in Jesus, om maar net ’n paar te noem. Gaan koop die album sommer nou.


Kalender

September

Ma

Di

Wo

Do

Vr

Sa

Die God van Israel het gepraat, die Rots van Israel het vir my gesê: ‘Hy wat regverdig oor mense heers, wat regeer in eerbied teenoor God, is soos die môrelig as die son opkom op ‘n oggend sonder wolke; dit skitter na die reën; die gras skiet op uit die grond.’

2 SAMUEL 23:3-4

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

20

21

22

23

24

25

26

27

28

29

30 28

So

September Septeber 2013 2013



Programme Onderworpe aan verandering Maandag - September 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit Die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Sportkollig 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Storie van hoop 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:00 – Bonanza Moment 10:15 – In die geskiedenis 10:40 – Huwelik 11:00 – Nuus 11:10 – Meer as oorwinnaars

18:00 - 22:00 – Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Hoe gemaak met geld 19:30 – Aandboodskap 20:15 – Wat sê die reg Frank Raymond en Rob McCreath 22:00 – Kerk sonder mure Dr. Hennie Lubbe Dinsdag - September 2013

01:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann

12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – 104 kook 14:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard

06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Oggendrooi ritme 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet

15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg

15:00 – Nuus 15:05 – Groet

09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday

12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke

30

15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 17:40 – Financial minute

September 2013

life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:00 – Bonanza Moment 10:15 – In die geskiedenis 10:40 – Werksverskaffing & Gemeenskapsnuus 11:00 – Nuus 11:10 – Hoe maak mens? – Deon van der Berg 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 12:40 – Help jou naaste 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Gesondheidsfokus 14:30 – Sout van die aarde - Ingrid Venter 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wiele Blitz 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Richard de Villiers 18:00 – Nuus 18:05 – Hou my dop 19:30 – Evangelie in aksie 20:15 – Potpourri - Richard de Villiers 21:30 – Salt and light - Dr. Peter Hammond 22:00 – Xhosa programme Woensdag September 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Hoekom? 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:00 – Bonanza Moment 10:15 – In die geskiedenis 10:40 – Om ouer te wees - Retah McPherson 11:00 – Nuus 11:10 – Versoeke 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my! 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – 15:05 – 15:15 – 15:25 – 16:00 – 16:05 –

Nuus Groet Tema van die dag Onderhoud Nuus Verkeer en Weer

16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Geldsake met Hein Kruger 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Denise Williams 18:00 – Nuus 18:05 – Ek en my kind 19:30 – Boodskap 20:15 – Tygermedies - Denise Williams 21:30 – Shalom - Esther Kruger 22:00 – Xhosa programme Donderdag September 2013

24:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann 06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Wees veilig 08:00 – Nuus 08:20 – Oordenking 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:00 – Bonanza Moment 10:15 – In die geskiedenis 10:40 – Boekrak - Ingrid Venter 11:00 – Nuus


Programme Onderworpe aan verandering

11:05 – Gesondheid 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:15 – Diere en hul dinge 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Adventures in Oddessy 14:30 – Program sal aangekondig word. 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich 15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sports Wrap with Gareth Burley 16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Brandpunt 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Lisa Truter 18:00 – Nuus 18:05 – Wiele 19:30 – Boodskap 20:05 – Motorsportfokus - Neels Rabe 21:00 – Anti-conformity - Pneumatix 22:00 – Chip Ingram 22:30 – Xhosa programme Vrydag - September 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme 06:00 - 09:00 – Oggendrooi Anton Brink & Rouchelle Liedemann

06:00 – Oggendrooi begin 06:20 – Gedagte vir die dag 06:30 – Hooftrekke uit die Burger 06:40 – Oordenking 07:00 – Nuus 07:10 – Vuurvas Sport met Arnold Geerdts 07:20 – Verjaardae 07:30 – 104 Nuushooftrekke 07:40 – Your weekly health jab with Dr M - Dr. Michael Mol 08:00 – Nuus 08:20 – Christelike perspektief – Etienne Piek 08:30 – 104 Nuushooftrekke 08:55 – Groet 09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van Rensburg 09:00 – Nuus 09:10 – Enjoying everyday life - Joyce Meyer 09:30 – Wat is nuus? 10:00 – Mans 101 10:15 – In die geskiedenis 10:40 – Plaaslike drama 11:00 – Nuus 11:10 – Naweek joernaal 12:00 - 15:00 – Lorrein Katzke 12:00 – Focus on the family 12:30 – Musiek 13:00 – Nuus 13:05 – Family time - Angus Buchan 13:30 – Musiekmandjie 14:00 – Wat sê jy? - Marius du Plooy 15:00 - 18:00 – Vuurvas Karien Basson & Anton Treunich

16:48 – Onderhoud 17:00 – Nuus 17:05 – 1 Minute Leaders 17:25 – Wie, wat en waar 17:40 – Financial minute 18:00 - 22:00 – Ivan Siegelaar 18:00 – Nuus 18:05 – Sportmanne vir Christus 18:40 – Naweekjoernaal 19:15 – Praise and Worship 19:30 – Fokus op die Woord - Dr. Raymond Lombaard 20:15 – Week wat was 20:45 – Voor U troon - Dr. Ettiene Marais 21:00 – Draaipunt - Lorrein Katzke 21:30 - Versoeke 22:00 – Searchlight - Past. Jon Courson 22:30 – Xhosa program – Umntu omtsha necebo lika Thixo - Lumka Leve Saterdag - September 2013

03:00-06:30 – Xhosa programme 06:30 - 09:00 – Richard de Villiers 06:30 – Dagbreek 06:40 – Weerverslag 07:00 – Nuus 07:05 – Musiek 08:00 – Nuus 08:05 – Musiek 08:45 – Nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent 09:00 - 13:00 – Rosebud Tsobane

09:00 – Maranata Land 09:30 – Kom braai - Dewald Visser en Richard de Villiers 10:35 – Alles en nog wat 11:00 – Nuus 11:05 – Gospel Top 10 12:00 – Meer as oorwinnaars - Kobus Theron 12:15 – Musiek 13:00 - 18:00 – Ettienne Smith 13:00 – Nuus 13:05 – Musiek 13:30 – Kraakvarsklanke 14:00 – Musiek 15:30 – Kaapse klanke 16:00 – Wiele - Carl en Jeanette Kritzinger 16:30 – Musiek 18:00 - 22:00 – André de Vos 18:00 – Groet 19:00 – Musiek 19:30 - Unshackled 20:00 – Saterdagaandversoeke 21:45 – Voor U Troon - Dr. Ettiene Marais 22:00 – Xhosa programme Sondag - September 2013

03:00 - 06:30 – Xhosa programme 06:30 - 09:00 – Ivan Siegelaar 07:00 – Kerknuus 07:30 – Grassroots – Angus Buchan 08:00 – Wie is wie van die Ou Testament – Elize Parker

09:00 - 13:00 – Denise Williams 09:00 – Praise and Worship 10:00 – Oggendboodskap 10:30 – Net musiek / Just music 11:30 – Musiek 12:00 – Kompas vir die lewenspad - Riekert Botha en Eben Niemann 12:30 – Musiek 13:00 - 17:00 – Louise Silver 13:00 – Etensuurklanke 14:00 – Stap deur die Bybel – Dr. Soon Zevenster en Marius du Plooy 14:30 – Musiek 15:00 – Goeienuus - Esther Kruger 15:45 – Storie van Hoop 16:00 – Die Gebedswag 16:45 – Draaipunt - Lorrein Katzke 17:00- 20:00 – Ingrid Venter 17:00 – Musiek 17:15 – Hartsboodskappe – Retha McPherson 18:00 – Wie is ek? – Lise Swart &Louis Awerduck 18:45 – Pitkos vir die siel 19:00 – Net musiek / Just music 19:30 – Aandboodskap 20:00 - 22h30 – Dennis Francis 20:00 – Musiek en bemoediging 20:45 – Laataand Oordenking 21:00 – Lewe in oorvloed - Dennis Francis 22:30 – Xhosa programme

15:00 – Nuus 15:05 – Groet 15:15 – Tema van die dag 15:25 – Onderhoud 16:00 – Nuus 16:05 – Verkeer en Weer 16:14 – 1 Minute Leaders 16:20 – Motiveringspraatjie 16:30 – Verkeersverslag 16:35 – Man Minute 16:36 – Sportkollig

September 2013

31


Omroepers & Program-aanbieders

AndrĂŠ de Vos

Angus Buchan

Anton Brink

Anton Treurnich

Benescke Janse van Rensburg

Cois de Kock

Denise Williams

Dennis Francis

Deon van der Berg

Esther Kruger

Etienne Piek

Dr. Ettiene Marais

Ettienne Smith

Hein Kruger

Hennie Lubbe

Ingrid Venter

Ivan Siegelaar

Jeanette en Carl Kritzinger

Karien Basson

Kobus Theron

Lise Swart & Louis Awerbuck

Lorrein Katzke

Louise Silver

Lumka Leve

Luvuyo Fani

Marius du Plooy

Mrs. Mbali

Merentia vd Vent

Moses Swartbooi

Neville Goliath

Nomahlubi Msesi

Nosipho Mahlanyana

Pastor Dlangalala

Raymond Lombard

Retah Mcpherson

Richard de Villiers

Rouchelle Liedemann

Oom Soon Zevenster

Siyabonga Ngoboza

Sura Swart

Rosebud Tsobane

32

September 2013


In verwondering

N

André de Villiers

atuurlik is God se skepping ontsagwekkend. Nie een mens op die aardbol het egter eers ‘n krieseltjie gesien of beleef van die wonders wat onse Vader gemaak het nie. Ons kry ‘n kykie hier, verwonder ons aan ietsie daar, maar het eintlik nie ‘n idee hoe pragtig, ingewikkeld, oneindig, naby of wonderbaarlik die skepping is nie. Die ander probleem is dat ons dit dikwels nie raaksien of waardeer as ons dit wél beleef nie. Ons Maker het egter maniere om ons nie van sy grootheid te laat vergeet nie. Hy bring hitte en koue, sonskyn en reën, verander dag in nag, laat die seisoene draai, skep gesondheid uit siekte. En dan gee Hy ook sy klein ‘herinnerinkies’ – die onbelangrike wesentjies wat meer as enige ander Sy skepping aanskou en op feitlik elke plek is waar ons kom. Hulle is altyd daar. Om die waarheid

beluister en te bewonder, kan ons so baie van die vere-volk leer. Hulle is ongetwyfeld bobaasbouers. Hou maar vir meneer Vink dop as hy sommer so onderstebo sy pragtige nessie aanmekaarvleg en -ryg. Natuurlik is hulle perfeksioniste – kyk maar hoe mevrou Vink die konstruksie uitmekaarpluk as sy nie daarmee tevrede is nie! Ons kan ook geduld by hulle leer. Loer gerus hoe ‘n visarend of visvangertjie wag vir sy prooi. Kyk hoe hulle saamwerk: honderde swaeltjies wat in formasie duik en dwarrel of ‘n swerm versamelvoëls wat ‘n massiewe nes saam voltooi en dan vredevol daar saamwoon. Hoe word moederlike sorg mooier uitgebeeld as deur wurmpies wat liefdevol een vir een in die bekkies van donsige wagtende kuikentjies geplaas word? En wat fluksheid betref is daar min gelyke. Hulle is al aan die werskaf voor sonop en

God se geveerde

‘herinnerinkies’

te sê, hulle maak baie van ons elke oggend wakker nog voordat die wekker dit probeer doen. Ons pragtige moedertaal beskryf hulle so besonders. Watter taal gaan name van jou tong laat afrol soos bokmakierie, donkerwangbossanger, rooiborsjakkalsvoël, huiltinktinkie, kuifkophoutkapper, piet-my-vrou, skoorsteenveër, saalbekreier, sekretarisvoël, geelbekneushoringvoël, fiskaallaksman of witliesbosbontrokkie? Op die vyfde dag van die skepping het God die eerste lewende wesens op aarde gemaak: voëls. En hoe uitsonderlik en uniek het Hy dit nie gedoen nie... elke spesie uniek gekleur, geveer, gestreep en getooi. Dis asof Hy elke voël so spesiaal met ‘n tere hand en ’n veelkleurige kwas afgerond het,

‘n pragtige stem en note bygevoeg het en toe met vreugde die lug ingegooi het. Sy pragtige geveerde vriendjies. Sy besondere wesentjies wat oral is om ons te herinner aan Sy skepping. Ons sien in die Bybel dat voëls van groot betekenis was. Nadat die groot reën uiteindelik opgehou en die water begin sak het, het Noag eers ‘n kraai uitgestuur om te probeer vasstel of die water al verdwyn het. Die varsgeplukte olyfblaar waarmee ‘n duif terruggekom het, was toe die teken vir ‘n nuwe era vir die mensdom. Nadat Jesus deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop is, skryf Matteus: “Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ‘n duif sien neerdaal en op Hom kom.” - Matt. 3:16. Behalwe om hulle te bekyk, te

trekvoëls sal duisende kilometer oor vastelande aflê om by hulle bestemming uit te kom. Een van die grootste pilare van ons geloof is ons afhanklikheid van God. Wanneer Hy ons dan wil leer om op Hom te vertrou en ons nie te bekommer nie, gebruik Hy voëls as voorbeeld. ‘Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle.’ - Matt. 6:26. En verder: ‘...die wat op Hom vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke ...’ - Jes. 40:30. Daar hoog in die lug is hulle ook die bespieders van Sy skepping. As jy weer na ‘n voël kyk, swewend doer bo of kwetterend op ‘n tak hier onder, laat dit jou herinner ... September 2013

33


Inbreë trekke Karien Basson

’n

Stellenbosch-wynlandgoed swaai sy druiwearms en begroet twaalf matriarge op ’n missie, ook genoem vroue gereed om iets te vier. Dis ’n romerige kaaskoek wat kreun onder die vrag gekleurde bessies wat die basis vorm vir die kersies wat doodgeblaas moet word. My vriendin se dogter gooi haar bruin lokke na die een kant, maak blinkoog groot wense en blaas dit dan uit op die maat van Happy birthday to you. Gelukkig nie Kinders by dosyne soos in ons ouma se dae wat op die prille ouderdom van 16 al drie kinders gebaar het nie! Ek onthou meteens vaagweg die komiese petalje wat homself afgespeel het by ’n troue waarby die strooimeisie ’n heildronk op die bruidspaar moes instel en losgetrek het met die sing van Bakkies vol rosyne pleks van Kinders by dosyne….! Vrugbaarheid… was haar verduideliking tot groot verleentheid nadat sy deur die seremoniemeester reggehelp is. Wie onthou nie haar/sy 16de verjaarsdag nie? Destyds se vieringe was net ietwat anders. Oupas het R10 in koevertjies gegee,

S

n e i t es

Ons verkwalik God vir die slegte dinge wat met ons gebeur en onderneem om nooit weer seer te kry nie jou koek was Ouma se gebak met jou naam in pienk daarop geskryf met presies sestien kersies, versigtig gespasieer, en jou partytjie was in julle motorhuis met ’n netjiese spinnerak van papierlint-streamers en balonne teen die dak gemonteer wat dit soos ’n sirkus laat lyk het. Die platejoggie of DJ was of ’n ouer broer of suster agter die langspeelplate of ’n kassetband met ’n verskeidenheid liedjies wat vooraf opgeneem is van Saterdagmiddag se Top 40 treffers op die radio. Die spyskaart was eenvoudig: chip en dip, hotdogs en hamburgers, danksy Pa se vernuf met die braaier in die agterplaas… en die pons het Ma se goedkeuring weggedra slegs as dit nie-alkoholiese mengsels bevat het. My album weerspieël ’n tyd van interessant gekombineerde modes en

34

September 2013

die sirenes in my kop bly hardop loei! Ons staan geklee in helderkleurige chiffonhemde, geplooide blou jeans met swart platformskoene, afgerond met strikke so groot soos Micky Mouse se strikdas. Ons haarkapsels is die ewebeeld van ’n stillewe weens die hoeveelheid haarsproei op die bubbles en groot gekapte kuiwe na links. Ons lyk onskuldig en is ietwat naïef oor die grootmenswêreld wat vir ons lê en wink, maar ons is uiteindelik sestien! Vreesloos, volmaak, en met al die antwoorde in jou sak, loop mens die lewe storm op soek na die pot goud aan die einde van die reënboog. En dan, êrens, eendag, verloor ons daardie een eienskap wat ons die moed gegee het om op water te wou loop. Ons raak bang, oorversigtig, dink te veel,

vermy foute, skrik vir kritiek en hou op speel. Ons raak ouer, dra swaar aan verantwoordelikhede, skram weg van drome en vertrou niemand meer nie. Ons verkwalik God vir die slegte dinge wat met ons gebeur en onderneem om nooit weer seer te kry nie. En so raak baie kanse en dinge verlore wat ons eintlik beskore was… ’n Waterval van my eie emosies stort oor my terwyl ek verbete veg, want ek is Mevrou Beheer. Ons dink dat ons vreedsame wêreld tameletjie gaan trek as ons die spane los, maar ‘alas, my dear friends’, soms is dit die beste ding om te doen: ‘Let go and let God.’ Word weer vreesloos in en deur Hom en kyk wat gebeur.


September 2013

35


In verwondering Denzil Moses se storie uit Benescke Janse van Rensburg se boek: Ontdek God in die stories van mense.

Toe skiet

N

my broer my in die kop

á Denzil Moses se pa dood is toe hy nog op laerskool was, het dit vir hom gevoel asof ’n mat onder hom uitgeruk is. Sy ma was ’n dwelmsmous en albei sy ouer broers was betrokke by dwelms en bendegeweld. Denzil het die bendewêreld aanvanklik verafsku, maar mettertyd het die rykdom en respek van die bendeleiers en dwelmverkopers in sy omgewing begeerlik geraak. Toe hy agttien jaar oud was, het Denzil alles gehad wat sy hart kon begeer: sy eie bendegroep, geld en ’n klomp jongmense wat om hom saamgedrom het. In hierdie tyd is Denzil se jonger broer as jeugdige vir dwelmsmokkelary in

36

September Augustus 2013 2013

hegtenis geneem en na die Pollsmoorgevangenis gestuur. Terwyl dit aan die buitekant met Denzil goed gegaan het, het dit al hoe slegter met sy broer in die tronk gegaan. Dit het sy broer jaloers gemaak. Toe hy eindelik vrygelaat is, het hy uit jaloesie by ’n ander bendegroep aangesluit. Sy eerste opdrag om sy lojaliteit aan sy nuwe bendegroep te bewys, was om Denzil te vermoor. ’n Paar dae later het Denzil se broer saam met sy nuwe bendegroep by sy ma se huis opgedaag. Hy het geweet dat Denzil daar was. Met ’n voorgevoel dat iets aakligs sou gebeur, het Denzil na sy broer gestap. Meteens het sy broer ’n vuurwapen uitgeruk en vir Denzil in die kop geskiet. Almal het weggehardloop. In die hospitaal se noodeenheid het Denzil se hart gaan staan. Die dokters het hom reeds dood verklaar toe sy hart skielik weer begin klop. Ná die aanval het Denzil se lewe net verder agteruitgegaan. Denzil het een middag bedwelm en dronk met sy vuurwapen in die pad afgestap toe hy die eerste motor wat verbykom gekaap het. Met sy vuurwapen op die motoris gerig het hy langs hom ingeklim: “Vandag sal jy my ry net waar ek wil wees.” Die man in die motor het kalm gebly. Daar was geen

vrees by hom te bespeur nie. Denzil het teenoor hom uitgevaar: “Weet jy wie ek is? Weet jy dat ek jou enige oomblik kan doodmaak en niks daarvan sal dink nie?” Steeds was daar geen vrees by die motoris nie en ’n oomblik het Denzil gewonder of hy dalk ’n ander bendelid gekaap het. “Wie is jý?” Die motoris het rustig geantwoord: “Ek is ’n kind van God.” Dit het Denzil geruk. Ook toe die motoris voortgaan om vir Denzil te vertel dat God ’n plan met sy lewe het en dat dit nie bendegeweld insluit nie. Met trane in sy oë het Denzil daar in die motor kragdadig tot bekering gekom voordat hy die motoris gevra het om hom weer af te laai sodat hy kon terugstap huis toe. Terwyl Denzil se bendevriende aanvanklik sy bekering as ’n rookskerm beskou het om mense te mislei, het heelwat van hulle later self tot bekering gekom, omdat hulle die blywende verandering in sy lewe begeer het. Denzil en sy broer het vrede gemaak en sy ma en broer het albei ook tot bekering gekom voordat sy broer later in bendegeweld gesterf het. Vandag werk Denzil as pastoor aktief op die Kaapse vlakte om bendelede na Jesus Christus te lei.

Ouma Annie en haar seun en skoondogter, Tamerin se ouers.


Inbreë trekke

Wat maak jy

Anton Brink

met die klappe? Word jy elke keer platgeslaan en lê en kerm jy dan daaroor met groot selfbejammering, of vat jy liewer daardie klappe en verander dit in applous?

D

ie lewe deel nou en dan vir ons ’n paar klappe uit. Dit help nie dat jy daaroor omgekrap raak nie, want dit gaan nie noodwendig verander nie. Klappe gaan jy kry! Die keuse is egter joune: wat gaan jy daarmee doen? Word jy elke keer platgeslaan en lê en kerm jy dan daaroor met groot selfbejammering, of vat jy liewer daardie klappe en verander dit in applous? Persoonlike teleurstelling is waarskynlik die seerste van almal. Jy weet mos, daardie oomblik wanneer jy wreed ontnugter en seergemaak word deur iemand wat jy gedink het jy kon vertrou. Jy het gedink jou verhouding

met daardie persoon is goed en dat dit net nie beter kan gaan nie, net om skielik vas te stel hoe verkeerd jy was. Dit is veral seer wanneer dit iemand is wat jy liefgehad het. Die seer van daardie teleurstelling oortref alle ander. Dit is ’n pyn wat jy nie vir iemand kan verduidelik nie en ’n seer wat niemand verstaan tensy hulle self daardeur is nie. Die ergste is dat niemand jou regtig daarmee kan help nie. Dit is ’n pad wat jy alleen saam met God, moet stap terwyl jy Hom toelaat om jou te herstel. Die mense wat vir jou omgee, kan jou maar net in groot liefde bystaan en ondersteun. Elke uitdaging in die lewe het die potensiaal om ons sterker te maak en

as ons dit toelaat, sal ons baie groei. Die groot geheim is om net nooit jou hart te verhard as gevolg van dit wat met jou gebeur het nie. Maak seker jy vergewe die mense wat jou seergemaak het onmiddellik, anders sal jy nooit dit wat met jou gebeur het as ’n oomblik van groei kan beleef nie. Moenie ’n wrede mens word net omdat jy seergekry het nie... So, wat gaan ek en jy vandag doen – leer uit die ervaring, dit gebruik om ’n slimmer, sterker en beter mens te word, of gaan jy toelaat dat dit jou platslaan? Die keuse is net jou eie en dit het niks te doen met hoe jy voel nie. Dit het wél alles te doen met wat jy wéét jy moet doen.

September 2013

37


GTi is soveel meer Ná 37 jaar: 1,9 miljoen

as net nostalgie

E

k sit baie kere en wonder hoekom my geliefde nasie nie baie hou van verandering nie. Kyk maar rondom jou – vorms en groottes verander, maar die handelsmerk bly dieselfde. Nêrens anders is dit so sigbaar as in die motorbedryf nie. As jy my nie glo nie, kan jy gerus ’n geselsie aanknoop met een van die ‘jonger’ fabrikante. Die SuidAfrikaanse mark is seker een van die moeilikste om guns by te wen. Ek was baie opgewonde toe ek ’n uitnodiging ontvang het om na die nuwe Golf GTi se bekendstelling te gaan. Ek maak geen geheim daarvan dat ek van verandering hou nie, maar as daar nou een motorreeks is waarop ek versot is, is dit die Golf GTi – ryk aan geskiedenis en toonkrullekker om te ry. Van 1976 tot vandag was die Golf GTi nog altyd die luikrug om dop te hou as jy van spoed en hantering hou. Amper almal wat ek ken, het óf self een besit, óf ken iemand wat een van hierdie ikone besit het. Tans in sy sewende baadjie/

38

September 2013

geslag, word dit gereken as die wêreld se suksesvolste luikrug-sportsedan. Daar is al meer as 1,9 miljoen wêreldwyd verkoop. Al was die ontwikkeling van die GTi meer ’n evolusie as ’n revolusie, het hulle daarin geslaag om motorgeesdriftiges 37 jaar lank sonder teleurstelling te vermaak.

te make gekry met motors wat meer indrukwekkend op papier lyk, maar min wat die werkverrigting so goed kan verpak soos die manne en vroue in Wolfsburg. Krag is een ding, maar sonder ’n onderstel en vering wat die krag bruikbaar maak, beteken dit niks. Die tipiese GTi-eienaar soek nie net

Van 1976 tot vandag was die Golf GTi nog altyd die luikrug om dop te hou as jy van spoed en hantering hou Die nuwe Golf 7 GTi het net mooi dubbel soveel krag as die heel eerste GTi, en met 162 kW tot jou beskikking beteken dit net een ding – ’n glimlag so breed soos die Grand Canyon en ’n hart wat só vinnig klop dat dit voel asof jy aan ’n 100m naelloop deelneem. Die GTi spog met ’n versnelling van 0-100 km/h in 6,5 sekondes en ’n topspoed van 246km/h – wat (glo ek) meer as genoeg is... Ek het al heelwat

baie krag nie, maar ook hantering vir daardie bergpasse wat vir jou wink. Dit is verbasend hoe goed die GTi die een draai na die ander verorber en selfs ’n bestuurder met beperkte vaardighede na ’n renjaer kan laat voel en lyk. Een van die faktore wat bydra tot die moeitelose rit, is sonder twyfel Volkswagen se DSG-ratkas wat volgens my een van die beste ‘outomatiese’ ratkaste tans beskikbaar is. Die GTi is


In beweging Deur Carl Kritzinger. Luister na Carl en Jeanette se program Wiele elke Donderdag om 18:00 en Saterdae om 16:00 op 104FM

ook in handrat beskikbaar, maar dit is geen geheim dat die DSG die gewildste is nie. Die skakeling tussen DSG-ratte is moeitevry en vinnig en dit sal tot die grootste handrataanhanger twee keer laat dink. Aan die ander kant dink ek tog dat dié van ons wat so ’n bietjie meer betrokke wil wees by die bestuur van die nuwe ‘speelding’, tog die handrat moet toetsbestuur voordat ons finaal besluit tussen DSG en handrat. Met 70Nm wringkrag meer as die vorige model, hoef jy nie so baie rond te speel tussen die ratte nie. Dit wil vir my voorkom of die ratverhoudings van die handrat die GTi so bietjie meer sportief laat voel en nie so goed gemanierd soos die DSG nie. Die GTi se werkverrigting is die groot trekpleister, maar moenie vergeet hoe belangrik veiligheid, gerief en bougehalte is nie. Die nuwe Golf 7 is in ’n ander klas, veral as jy die GTi met sy mededingers vergelyk. Dis nie dat ander vervaardigers nie dieselfde bied

nie, maar die Duitsers weet maar net hoe om ’n motor te verpak – van die ‘deurtoemaaktoets’ tot daardie gemoedsrus wat jy het dat alles net reg sal loop as jy die langpad aandurf! Die binneruim is toegerus met ’n goeie klankstelsel en die leersitplekke laat jou sommer tuis voel. Die instrumentepaneel is goed uitgelê en alles wat jy nodig het, is maklik binne die bestuurder se bereik. Ek gaan nie eens oor die veiligheid praat nie, want ons het hier met ’n Duitse produk te doen en ons weet mos net die beste is goed genoeg. Jare lank het Volkswagen ons betower met die Golf GTi. Ek het al self meer as een keer my vlerkies verdien en daar doen hulle dit weer – sewe geslagte, sewe ikone en meer as sewe redes hoekom die GTi sonder twyfel tans een van die beste luikrug-sportsedans beskikbaar is.

Pryse (BTW en emissiebelasting ingesluit) 2,0 TSI 162kW Handrat R368 300 2,0 TSI 162kW DSG R382 800 Die nuwe Golf GTi kom standaard met ’n 5 jaar/90 000km diensplan, ’n 3 jaar/120 000km waarborg en ’n 12 jaar waarborg teen roes. Dienstussenposes is elke 15 000km. September 2013

39


Uit Intiem deur die huis paradeer. Maar glo ons wanneer ons sê dat, hoewel dit baie maklik is om jou man se ego ’n goeie hupstoot te gee, dit ewe maklik is om daardie Titanic te laat sink! Ons gee jou ’n paar wenke vir hoe om manlief se ego gesond te hou.

1

“Liefie, jy is die mooiste ding op twee bene!” Komplimenteer hom oor sy voorkoms. Elke man wil weet hy lyk goed. Jy kan hom ’n algemene kompliment soos dié een gee, of jy kan meer spesifiek wees deur te noem hoe sy hemp sy mooi blou oë beklemtoon of hoe jy kan sien dat die ure in die gimnasium vrugte afwerp.

2

“Sjoe, daardie kelnerin is jaloers op my.”Laat jou man begeerlik voel. Elke man wil weet hy is nog aantreklik vir die skoner geslag. So, noem terloops hoe jy weet dat ander vroue dink hy is sexy (moet net nie die pap té dik aanmaak nie – jy wil hê hy moet goed voel oor homself, en nie glo dat hy jou nou kan inruil vir enige jong dingetjie nie!).

3

“Net jý kan daardie grap vertel dat almal huil soos hulle lag.” Gee hom ’n kompliment wat uniek is aan hom en juis daardie uniekheid beklemtoon. Wees egter een honderd persent eerlik, hy sal weet as jy jok.

4

“Dít is nou vir jou ’n sexy kar.” Komplimenteer manlief se gadgets, tegnologie of kar. Mans sien nogal hulle besittings as “verlengstukke” van hulleself, veral hulle karre. As jy dus sy kar komplimenteer, is dit so half asof jy hóm komplimenteer.

5

Gooi jou flikkers! As jy met manlief flankeer (met ander woorde, subtiel vir hom wys dat jy hom aantreklik vind), is dit soos wanneer jy ’n sexy, nou swart rok dra. Al is die hals nie laag of die soom hoog nie, is die suggestie daar, en ’n man vind dit uiters aantreklik. Jy komplimenteer hom dus sonder om woorde te gebruik.

‘Jy is m y 40

September Septeber 2013 2013

6

“Jy is die beste!” Laat manlief verstaan hoe ’n ongelooflike goeie minnaar hy is. Dit gee sy ego ’n hupstoot, hy voel goed oor homself en geseënd om jou as ’n lewensmaat te hê. Om in ’n man se ego te belê, is kritiek vir ’n goeie verhouding.

7

“Jinne, hierdie man van my het ’n algemene kennis wat skrik vir niks!” Komplimenteer hom voor julle vriende. Daar is niks wat ’n man so goed laat voel soos wanneer hy ’n kompliment voor jou vriendinne of sy vriende kry nie.

8

“Sal jy asseblief vir my hierdie

bottel oopmaak?” Versterk sy ego deur hom manlik en sterk te laat vóél. Deur vir hom ’n konfytbottel te gee om oop te maak, iets te gee om reg te maak en te vra: “Kan jy dit doen? Ek kry dit nie reg nie,” laat jy hom voel asof jy hom nodig het om te oorleef en dit versterk net sy oerinstink om jou te versorg (met die geloof dat nét hy dit kan doen). Dit is só belangrik om manlief se ego ’n goeie hupstoot te gee. Selfs al loop hy met daardie wit hempie in die huis rond, beteken dit nie dat hy nié soms onseker van homself is nie. Onthou ook om nie net komplimente uit te deel wanneer jy goed voel nie, maar om hom ook te respekteer wanneer jy nié so goed voel nie... dit is baie natuurlik om sy ego met ’n beiteltjie by te kom wanneer jy kwaad of ongelukkig is. Dink twee keer voor jy iets verkleinerend kwytraak. Voed jou man se ego, bou dit en julle huwelik sal gedy. Onthou egter ook – soos alle goeie dinge, is te veel nooit ’n goeie ding nie. Manlief sal agterkom dat iets vreemds aangaan en dit sal lyk asof jy oneerlik is. Kies jou oomblikke fyn om hom te laat besef jy waardeer hom en bewonder hom. Laat hom goed verstaan hóékom, en hy sal voel soos Everybody’s Hero. En selfs in daardie tye wanneer dit nié so goed gaan nie, sal hy weet hy is steeds jóú superheld.

superheld!’

Ander bronne: wikihow.com, voices.yahoo.com, divinecaroline.com, instructables.com.

A

l ooit gesien hoe lyk ’n man voor die kassie wanneer hy na die een of ander aksiefliek kyk? Hy is vasgenael, tjoepstil en die ene konsentrasie... soos ’n jaghond wat sy prooi teiken. Asof dit die eerste voorspelbare held-tree-inen-red-die-samelewing storie is wat hy nog ooit gesien het! Hoekom vang aksieflieks mans se aandag so vas? Om dieselfde rede as waarom ons nie ’n Kate Hudson-romcom mis nie – ons wens ons het haar lyf, haar looks, haar wit en haar fairytale gehad! Jou man begeer ook wat die hoofkarakters in sy flieks het – veral sy status – en die antwoord op die aksiefliekvraag lê in die titel van een van my seuntjie se animasieflieks: Everybody’s Hero. Dís wie hy wil wees. Maar veral jóúne. Daarom behoort elke jong bruid én gesoute getroude vrou gewaarsku te word dat sy in besit is van iets baie broos – haar man se ego. Daar ís tye dat elke vrou verwonderd staar na die man met wie sy getroud is – veral wanneer Pappa met sy wit help-mysterk-lyk hempie (waaronder die naeltjie met volle krag vorentoe beur)


Yes, your business can advertise

here!

Contact Charmaine Boshoff on 082 066 5675 or 021 936 8131 or send an email to charmaine@104fm.org.za

SA se No.1 Huwelikstydskrif

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

RAAD: Maak dit werk met jou EKS

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

WARE VERHAAL: “My man jok vir my!” Red jul vriende se huwelik SA s e No.1 Huwelikst ydskr if

kenmerke van die “ander vrou”

DOEN DIT Sóks:!

OORLOG

Depressie

Die begeerte-struggle

VICKY DAV IS

GESONDHEID

AUGUSTUS - SEPTEMBER 2013

JAG Die ideale geskenk

“Ons gróótste avontuur”

: My

Swyg ons kerke oor seks?

Romantiese droo m

g da

Lindie Strydom & Johann:

oor se Praat openlik weekend . . . Pak vir ’n dirty


Fobie Louis Awerbuck Luister Sondae op 104-fm om 18:00 na Wie is ek?

8% ly aan ’n fobie D it is verbasend om te hoor hoe baie mense aan fobies ly. Party mense is gewoonlik geamuseerd wanneer hulle dit hoor, want iemand wat aan ’n fobie ly, tree soms baie ‘eienaardig’ op. Kom ons kyk eers wat die verskil is tussen ’n vrees en ’n fobie. ’n Fobie is gewoonlik onlogies en die persoon wat daaraan ly, weet dat dit onlogies is. ’n Fobie is dus ’n toestand wat gediagnoseer kan word. Vrees is gewoonlik gekoppel aan iets, byvoorbeeld ’n voorval (soos as ’n hond jou gebyt het en jy nou bang is vir honde), of iets realisties soos ’n virusepidemie in jou omgewing. ’n Fobie is deel van angsversteurings en kom gewoonlik voor as ’n aanhoudende vrees vir iets of ’n situasie. Die mens wat daaraan ly, sal tot die uiterste toe gaan om dit te vermy. Om diagnoseerbaar te wees, moet daar ’n herhalende patroon van duidelike en aanhoudende vrees wees wat geaktiveer word deur ’n spesifieke iets of situasie (bv. vlieg, diere, inspuiting). Blootstelling aan hierdie situasie of voorwerp veroorsaak onmiddellike angs wat fisiek waarneembaar is (bv. huil, paniekaanval). Die vrees is gewoonlik ook ‘onrealisties’ en word so gesien deur die persoon wat die vrees ervaar. As die persoon nie daarin slaag om die situasie of

42

September 2013

voorwerp (bv. ’n spinnekop of vergadering) te vermy nie, veroorsaak dit intense ongemak of angs en sukkel hy/sy om die taak waarmee hy/sy besig is, klaar te maak. Fobies word oor die algemeen in drie kategorieë verdeel: Sosiale fobie: Vrees vir ander mense of sosiale situasies, bv. selfbewustheid in ander mense se teenwoordigheid, of vermyding van openbare situasies en sosiale omgang met ander. Spesifieke fobie: Vrees vir ’n spesifieke ding, bv. spinnekoppe, hoogtes, slange, noutes, ens. Die meeste mense ervaar ’n mate hiervan, maar mense met ’n algehele fobie sal enigiets doen om hierdie voorwerpe of situasies te vermy. Agorafobie: ’n Algemene vrees om ’n mens se huis of ’n spesifiek vertroude gebied te verlaat, met moontlike paniekaanvalle wat daarop kan volg. Hierdie angs kan ook aangevuur word deur spesifieke fobies, soos vrees vir kieme, winkelsentrums, ens. Oor die algemeen neem fobies ’n aanvang in die tienerjare, veral vanaf die ouderdom van 13 jaar. Daar word beraam dat sowat 8% van alle volwassenes aan die een of ander fobie ly. ’n Fobie is gewoonlik darem nie so moeilik om te oorkom nie. Dit hang af van die mate waarin die fobie inmeng met jou algemene funksionering. Iemand kan bv. ’n fobie hê vir krappe. Dit hoef die

persoon egter nie regtig te pla nie, solank hy/sy nie gereeld naby damme of riviere kom nie. Maar as jy bv. ’n vlieënier is en jy het ’n fobie vir hoogtes, is dit ’n ander saak. ’n Fobie kan oorkom word, en die maklikste is om saam met ’n professionele persoon te werk, bv. ’n kliniese sielkundige. Die suksessyfer in hierdie gevalle is gewoonlik hoog. ’n Mens kan jouself ook stelselmatig aan ’n fobie blootstel en terselfdertyd jou liggaam leer om te ontspan. As jy bv. ’n fobie vir slange het, kan jy begin deur na ’n piepklein swart-en-wit foto van ’n slang te kyk en dan ‘oefen’ om jou liggaam te ontspan terwyl jy dit doen. Indien jy dit regkry, beweeg jy geleidelik aan na ’n groter foto, gevolg deur ’n kleurfoto, dan ’n video, ensovoorts. Uiteindelik behoort jy daarin te slaag om naby ’n slanghok te kom sonder om angstig te voel. Die goeie nuus is egter dat ’n fobie nie noodwendig jou lewe hoef te beïnvloed nie. Indien dit wel ’n uitwerking op jou lewe het, is dit heeltemal moontlik om dit te oorkom.

’n Fobie is deel van angsversteurings en kom gewoonlik voor as ’n aanhoudende vrees vir iets of ’n situasie


September 2013

43


Inflasie Deur HEIN KRUGER – aanbieder van Hoe gemaak met geld? op Radio Tygerberg.

Watter beleggings klop inf lasie?

I

NFLASIE is waarskynlik die risiko in Jan Alleman se alledaagse lewe wat die meeste misgekyk word, eenvoudig omdat mense nie weet hoe om die vernietigende uitwerking daarvan te bereken nie. Maar ’n prentjie vertel meer as duisend woorde en twee prentjies vertel meer as miljoene – en dit is wat dit jou oor 10, 20 en 40 jaar sal spaar as jy dit prakties in jou daaglikse geldlewe toepas. Verlede jaar het hierdie prentjie in ’n plaaslike finansiële tydskrif verskyn om te illustreer hoe sekere huishoudelike gebruiksartikels van die helfte van 2002 tot die helfte van 2012 oor ’n tydperk van tien jaar gestyg het. Omdat die meeste mense nie besef dat jy elke dag maar slegs ’n paar beperkte alternatiewe het waarin jy jou geld kan spaar nie, het ek besluit om daardie alternatiewe ook in prentjievorm in ’n grafiek oor dieselfde tienjaartydperk as die inflasie uit te beeld. Wat albei die prentjies so interessant maak, is dat die daling in die aandele- en eiendomsmarkte en rentekoerse in die middel van hierdie tydperk plaasgevind het, nl. van Mei 2008 tot Februarie 2009. Wat ook merkwaardig is, is dat ons in Suid-Afrika in die eerste vyf jaar van hierdie tien jaar die grootste styging nóg in residensiële eiendomspryse gehad het, maar dat dit glad nie kon herstel nie, ondanks die laagste rentekoerse in 40 jaar. Lesers moet hulle nie te veel steur aan die spesifieke voorbeelde van maatskappye wie se fondse ek gebruik het nie, nl. Allan Gray, Stanlib, Satrix en Prudential, maar eerder kyk na die bateklas, nl. geldmark, staatseffekte, aandele (staties=Satrix) en gediversifiseerde aandele (aktief=Prudential) (insluitend genoteerde eiendom).

Uit: FINWEEK

Uit: Moneymate

Hein Kruger is die besturende direkteur en hoofbeleggingsamptenaar van Hein Kruger Internasionale Fondsbestuur, gelisensieer deur die FDR as ’n diskresionêre finansiëlediensteverskaffer, kategorie 2 (hein@krugerinternasionaal.co.za). 44

September 2013


Inoorvloed Stephan Joubert

Só lyk groeiende geloof in aksie

O

p 18 Desember 2012 het Pew, ’n wêreldbekende internasionale navorsingsorganisasie, die resultate van ’n studie oor die godsdienstige landskap in die wêreld bekend gemaak. Daarvolgens beskou 31,5% van die wêreldbevolking hulleself tans as Christene, 23,2% is Moslems, en 16,3% mense is godsdienstig onverbonde. Wat ons plaaslike situasie betref, het Gallup Internasionaal in Augustus 2012 inligting bekend gemaak wat ’n volle 19% afname aantoon sedert 2005 onder daardie Suid-Afrikaners wat hulleself as godsdienstig beskou. Daarvolgens het plaaslike godsdienstigheid in daardie tyd gekrimp van 83% tot 64%. Ons kan lank bespiegel oor die redes daarvoor. Tog moet ons ook kyk na die redes waarom

dekade laat groei. Dit is verbysterend. Nog nooit in die geskiedenis van die mensdom het enige beweging so dramaties en so konstant gegroei nie. Die eerste Christene het in Jesus se Naam alle maatskaplike, etniese en geslagsgrense uit die pad geleef. In geharde samelewings waar Jode en Grieke, slawe en vryes, mans en vroue in verskillende klasse ingedwing is, was die vroegste kerk oop, liefdevol en verwelkomend teenoor almal. Dit het nie oral spontaan gebeur nie, soos wat Paulus se briewe wys. Tog het die kerk ’n magnetiese venster op God se nuwe plan vir die mensdom oopgemaak waar statusverskille verdwyn rondom die kruis van Jesus Christus. Nog ’n sterk faktor vir die groei van die Christendom volgens Rodney Stark,

was die vroeë Christene se versorging van medegelowiges en buitestanders. Veral in tye toe groot epidemies die Romeinse Ryk geteister het, was daardie versorging van siekes en sterwendes van kritieke belang. Ons weet byvoorbeeld van ’n epidemie (waterpokkies?) wat in die jaar 165 n.C. uitgebreek het en tot soveel as ’n kwart van die wêreldbevolking uitgewis het. Ook in 251 n.C. het ’n epidemie (masels?) ewe groot vernietiging gesaai. Tydens daardie rampe het baie Christene nie gevlug nie, maar siekes in hulle huise ingeneem en versorg. Ook het die vroeë kerkleiers ’n wonderlike boodskap van hoop en redding in Christus gereed gehad om lydendes te troos en hoop op God se nuwe wêreld te bied. Die Romeinse kultusse met al hulle blink

Christus is die enigste hoop vir die wêreld geloof steeds op vele plekke groei. Die blitsvinnige groei van die Christendom in Afrika suid van die Sahara oor die afgelope tien jaar, het volgens Pew byvoorbeeld tot gevolg dat bykans 25% van alle Christene ter wêreld tans hier woon. As dit darem nie ’n wonderlike rede is om God te loof en prys nie, dan weet ek nie! Die dramatiese groei van die vroegste Christendom in die eerste drie eeue, en die redes daarvoor, word aangrypend beskryf in The Rise of Christianity (1996). Die wêreldbekende sosioloog, Rodney Stark, bereken daarin dat die Christendom toegeneem het van 0,0017% van die wêreldbevolking rondom die jaar 40 tot ’n aardskuddende 56,5% teen die jaar 350. Die werk van die Heilige Gees het die vroeë kerk teen meer as 40% per

Stephan Joubert, e-kerk.

afgode het geen soortgelyke aksies of teologieë gehad nie. Christus is die enigste hoop vir die wêreld. Wanneer sy mense magneties leef, trek hulle ander nader na Hom toe. Wanneer hulle liefdevol omgee vir stukkendes, siekes se wonde verbind, hulp verleen aan swakkes en nie diskrimineer teen mense op grond van hulle voorkoms of status nie, verkrummel mensgemaakte mure. Dan word Christene se dade skielik hulle klipharde woorde. Dan word hulle lewende getuies van Christus. Hy is graag aanwesig tussen diegene wat verdwaal het in die donker en die dood. Wanneer ons saam met Hom tussen sy gunstelingmense is, vind die regte soort groei en verandering altyd spontaan plaas.


In my maag

O, kolwyntjies

Suleen Hamman

Oreo-kolwyntjies (“cupcakes”)

J

are gelede kon ek my verkyk aan die advertensie op televisie van die klein seuntjie en die labradorhond wat op die trappe voor die huis gesit het. Die klein seuntjie het sy koekies met die hond gedeel. Die sjokoladekoekie is eers gedraai en dan is die versiersuiker deur die seuntjie en die hond afgelek. Het hulle ooit die koekie geëet, of het dit net by lek gebly? Die advertensie is nie meer daar nie, maar die koekie het gebly en sy veelsydigheid ook.

24 Oreo-koekies 1 blikkie karamel kondensmelk 12 papier muffinbakkies (“muffin liners”) Plaas een Oreo-koekie in ’n muffinbakkie binne-in ’n muffinpannetjie. Skep ’n lepelvol kondensmelk karamel bo-op die Oreo-koekie. Plaas ’n tweede Oreo-koekie bo-op en skep nog ’n lepel vol karamel bo-op. Maak nou die volgende sjokolademengsel: 250ml sagte botter 250ml suiker 4 eiers 500ml koekmeel 60ml kakao gemeng met 60ml warm water 10ml bakpoeier Meng die botter, suiker en eiers saam tot romerig. Meng die kakao en warm water en voeg dit by die bottermengsel. Voeg die koekmeel en bakpoeier by en meng alles goed saam. Gooi nou die sjokolade beslag bo-oor die Oreo-koekies in die muffinbakkies totdat dit heeltemal bedek is. Bak vir 25 min teen 180 grade Celsius. Hierdie resep is genoeg vir 12 kolwyntjies. Bedien hierdie verrassing saam met ’n heerlike koppie tee!

46

September 2013


Haar inspirasie Serahni Symington 083 377 4206

Help jou tiener om te dink Onvoorspelbaar, emosioneel en onverantwoordelik is soms ‘normaal’ Hierdie area van die brein is verantwoordelik vir beplanning, redenering, oordeel, emosionele regulering en ook impulsbeheer. Dit is ook die grootste en stadigste deel wat moet ontwikkel. Aangesien hierdie belangrike deel nog besig is om tydens die tienerfase te ontwikkel, maak die brein solank staat op ’n ander area – die amigdala. Wat interessant is van die amigdala, is dat dit gekoppel word aan vrees- en plesierresponse. Wat dus gebeur, is dat tieners dikwels keuses maak vanuit hierdie response en dit is baie sterk emosioneel gegrond. Die uiteinde is dat tieners dus soms spontaan, emosioneel en onverantwoordelik voorkom. Ek weet die meeste ouers gaan dit nou lees en ’n sug van verligting slaak, net omdat dit nie hulle skuld is dat tieners soms onverspelbaar en emosioneel is nie.

Kinders leer baie by hulle ouers oor besluitneming en redenasieprosesse Wat staan die ouer dus te doen?

1 2 3

Verstaan dat jou tiener nog ontwikkel en dat dit sy of haar gedrag verduidelik, maar nie regverdig nie.

Dit is die ouers se taak om hulle tieners te ondersteun in die ontwikkeling van hierdie breinareas (m.a.w. verantwoordelikheid, redenasievermoëns, beplanningsvermoëns, ens.)

E

k moes nou die dag bietjie giggel toe ’n besorgde ouer aan my verduidelik dat haar 14-jarige seun geen verantwoordelikheidsin het nie en onnodige en impulsiewe keuses maak wat hom in die moeilikheid laat beland. “Dit is meer normaal as wat u dink, mevrou,” was my antwoord; en sy het met ’n verwarde uitdrukking na my gestaar vir ’n verduideliking. Ouers moet in ag neem dat tieners nie ten volle ontwikkelde volwassenes is nie. Hulle is nog besig met die proses en streef daarna. Die fase van tienerskap, waarna ook as adolossensie verwys word, word gekenmerk deur sekere kognitiewe en breinontwikkeling. Die tienerbrein ontwikkel in die prefrontale korteks.

Wees ’n voorbeeld. Kinders leer baie by hulle ouers oor besluitneming en redenasieprosesse. Help jou kinders byvoorbeeld om belangrike besluite te neem deur met hulle daaroor te gesels, lysies van positiewe en negatiewe gevolge van besluite op te stel. Jy kan jou kind verder help deur die gevolge van verkeerde besluite te formuleer. Dit leer hulle weer dat keuses sekere verantwoordelikhede meebring. Die uiteinde is dat daar ’n biologiese en sielkundige rede is waarom baie tieners impulsief en emosioneel optree en verkeerde besluite neem. Pleks daarvan om hierdie aspek as ’n negatiewe ontwikkelingskurwe te sien, gryp liewer hierdie ongelooflike geleentheid aan om te help bou aan jou tieners se ontwikkeling, sodat hulle goed aangepas is vir die volwasse wêreld. September 2013

47


Klein indruk Deur Lorrein Katzke Skets Alistair Ackermann

Die avonture van

Heidi en Basjan

E

k háát boelies. In ons straat is daar twee van hulle. Knorre is ‘n groot hond met harde hare en ‘n lang stert. Hy soek altyd moeilikheid. “Wie is jy nou weer?” vra hy elke keer as hy my op die stoep sien lê. Hy maak altyd asof hy my naam vergeet het net om snaaks te wees. Boonop weet hy ek is bang vir hom en dit geniet hy baie! “Kom bietjie hier na die draad toe,” roep hy my. “Ek wil jou beter sien.” Gelukkig weet Knorre nie van die opening onder die heining waar Basjan altyd inkruip nie. Dis ook maar goed so, anders het hy my sekerlik al lankal gejaag, of nog erger, dalk gebyt! Dan is daar Gigi, die klein Franse poedel. Oe, sy verbeel haar sy is almal se baas. “Moet tog nie so aan my ruik nie,” sê sy altyd vir almal. “Ek is nie van julle soort nie. Julle moet verstáán, ek is ‘n Frrráánse poedel,” praat sy met haar hoë dun stemmetjie. Sy lyk altyd so sag en liefies, maar moenie glo nie! Net sodra sy dink niemand sien haar nie, dan hap sy vinnig met haar skerp Franse tandjies in my agterbeen of my voorpoot in. Dan weet ek sommer, niemand sal my glo nie, so ek bly maar liewer stil. “Dis wat boelies doen,” troos Basjan my altyd. “Hulle wag net tot jy alleen is en jou vriende of jou ounooi nie naby is nie, dan maak hulle jou bang of seer.” “Onthou net altyd, Heidi,” sê hy dan, “roep net op jou hardste en dan is ek so gou as wat jy basta-boelie sê, langs jou!” Ag, Basjan weet ook net hoe om my te laat beter voel. Knorre en Gigi kan maar kom, Basjan sal hulle wys wie regtig baas is! Die sonnetjie skyn so lekker op die 48

September 2013

BOELIES!

stoep en my mandjie is so sag en warm ek raak sommer vááák. Iets ruik nie lekker nie. Ek droom seker, want hierdie ruik soos ‘n baie, baie slegte asem. “Toe, toe, toe, brakkie,” hoor ek in my ore, “maak jou ogies oop, ek wil jou iets gaan wys.” Dis nie Basjan se stem nie. Of Basjan se asem nie. O nee! Dis Knorre! “Wat, wat maak jy hier? Hoe het jy op die stoep gekom?” My stemmetjie is sommer so dun en ek voel hoe ek begin bewe, so asof dit baie koud is.

Knorre staan groot en lelik reg bokant my waar ek op my bedjie lê. Sy geel tande is skerp en party is stukkend en sy gesig is so naby aan myne dat sy asem eintlik warm op my wange is. “Ek het Basjan mooi dopgehou en gesien waar hy onder die draad deurkruip. Maar Basjan is nie nou hier nie, is hy?” sê Knorre en hy stamp sy twee groot voorpote hard op die grond weerskante van my mandjie en ek sien dat die hare op sy nek en rug penregop staan.

“Waar is jou groot maat nou, brakkie?” vra Knorre weer en ek bewe nou so dat ek nie eens ‘n piepgeluid kan uitkry nie. Knorre grom skielik laag en sagter en ek sien hoe sy oë al hoe kleiner raak. Nou weet ek goed wat kom. Hy gaan my hard byt en dan vinnig weghardloop. Ek het al mooi gesien wat ‘n boelie soos hy doen. Ek knyp my oë toe en druk my ore styf toe met my voorpote en ek wag vir die byt van die skerp lelike geel tande. “Eina! Eina!” hoor ek skielik en die volgende oomblik hoor ek Basjan se mooi stem grom. “Wat dink jy doen jy, jou gemene boelie!” grom Basjan kwaai. “Maak dat jy wegkom en moenie dat ek jou ooit weer hier sien nie!” “Ai! Ai! Ai!” tjank Knorre en soos blits glip hy onder die draad deur. “Basjan, ek was so bang!” praat ek met my goeie maat. “Ek het gedink vandag byt Knorre my verskriklik seer!” Basjan lek my gesig en wange terwyl hy saggies met my praat. “Toemaar, Heidi,” sê hy. “Jy hoef nooit weer bang te wees vir Knorre nie. Vandag het hy hom boeglam geskrik.” “Hoekom boelie Knorre ander honde, Basjan?” wil ek weet. “Dit weet ek nie, Heidi,” sê Basjan. “Maar wat ek wel weet, is dat ou Knorre eintlik nie ‘n slegte hond is nie. Sy huismense behandel hom sleg en hy kry nie gereeld kos en water nie en hy het nie eens ‘n warm slaapplek nie.” Lank nadat Basjan weg is, lê ek nog en dink aan sy slim woorde. Nou weet ek beter hoekom Knorre so lelik is met almal en ek begin eintlik jammer voel vir hom. Wie weet, as ons met Knorre gesels en vriende maak met hom, word hy dalk nog een van ons beste maats. Wie weet?



Tel: 021 903 2537

Function Hire 4U catering4u@telkomsa.net

r

el

de

ko

s

Eenheid 4, Fabriekstraat, Kuilsrivier

lin n e

EKSKLUSI

me

ub

EF VIR JÓ

Lesersdag Jóú uitnodiging na ons volgende

Al

et

Ú!

n ni e r an ckle oh in -J W te inz e H

Kom geniet ’n prima LiG-oggend saam met Heinz en Alette-Johanni Winckler. Heinz gaan ons vermaak met sy musiek, terwyl Alette-Johanni, bekend vir haar werk as stylkonsultant, haar beste planne vir ’n mooi, mooier, mooiste jy met jou gaan deel. Eilze Parker gaan ook haar nuwe boekreeks bekendstel. Dit alles terwyl jy smul aan ’n topgehalte driegang-ontbyt.

ke

r

2 November 2013

E

P lize

ar

Kaapzicht-Wynlandgoed, M23 Bottelarypad, Stellenbosch 9:00 tot 13:00

VIR JOU EN JOU MENSE

Slegs R250 pp

Vir navrae en kaartjies, kontak: Karin Rautenbach by 021 949 7419 of karin@dalajunction.co.za

Om te bespreek, kontak vir Karin Rautenbach by 021 949 7419 of karin@dalajunction.co.za en kry jou kaartjienommer.

STAP 2

STAP 1

KRY JOU KAARTJIE SÓ ...

+ GRATIS GESKENKSAK PROPVOL VERRASSINGS VIR ELKE GAS!

Betaal die volle bedrag aan: Tydskriftemaatskappy, ABSA, Rekening: 360851540, Takkode: 632005 ONTHOU: Gebruik die woord “LIG” en jou kaartjienommer as verwysing.

ANDER LiG-OGGENDE ... 5 September Vrouedag op Moorreesburg

28 September Vroueoggend by Robertson Lenteskou

Met Heinz Winckler en Lizz Meiring. R250 per persoon. Driegang-ontbyt sal bedien word. Jy kan ‘n tafel vir 10 bespreek of ‘n enkelkaartjie koop. Vir kaartjies, kontak Surita by 083 656 7410.

Met Jacqueline Leuvennink as gasspreker. R130 per persoon. Kaartjies sluit ’n driegang-ontbyt en toegang tot die skou in. Vir kaartjies, kontak Chresna by 023 626 2512 of Johan by 082 875 9730.

LiG sal by elkeen van hierdie geleenthede wees. Jy sal geleentheid hê om in te teken en ‘n spesiale geskenkpak te ontvang.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.