Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2020

Page 26

TERUG WERK TOE!

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

Veilige en gesonde terugkeer moontlik, maar stel dié maatreëls in

26

lak 1 van die nasionale inperking het op 21 September in werking getree en heelwat beperkings is gelig of ligter gemaak. Daar bestaan tans geen beperkings wat sekere bedrywe belet om hul ondernemings voort te sit nie. Dit is uitstekende nuus, omdat mense weer kan terugkeer werk toe en ’n inkomste verdien. Daar moet egter nou deeglik gesorg word dat die werkplek so veilig en gesond as moontlik is en dit kan gedoen word deur die beginsels van risiko-identifisering, -analisering, -beheer en -monitering soos voorgeskryf in die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid 85 van 1993 toe te pas. Die Wet bepaal dat werknemers ingelig moet word oor die gevare in die werkplek en hoe dit aangepak word. Werknemers moet ook inligting en opleiding ontvang om die beskermende maatreëls doeltreffend toe te pas. Werkgewers se plig om ’n veilige en gesonde werkomgewing daar te stel, sluit in dat ’n werkgewer nie, vir soverre dit redelikerwys uitvoerbaar is, mag toelaat dat werknemers enige werk doen tensy die nodige voorsorgmaatreëls getref is om hulle gesondheid en veiligheid by die werkplek te beskerm nie. Die departement van indiensneming en arbeid het op 1 Oktober 2020 ’n nuwe Direktief op Beroeps-

gesondheid en -veiligheid in werkplekke in die Staatskoerant gepubliseer, wat voorskrifte bevat oor die hantering van Covid-19 in die werkplek. Hierdie voorskrifte vereis dat alle werkgewers ’n risiko-analise moet doen en beheermaatreëls moet identifiseer om Covid-19 in die werkplek te voorkom en beheer. Dié risiko-analise en beheermaatreëls moet die Regulasies op die Beheer van Biologiese Agense in ag neem en die vakbond en veiligheid-en-gesondheidskomitee (of werknemerverteenwoordiger, indien daar geen komitee in die werkplek is nie) moet oor die plan gekonsulteer word. Hierdie dokument moet beskikbaar wees vir inspeksie deur die departement. Maatreëls wat spesifiek in plek gestel moet word, sluit die volgende in: Die Covid-19-risiko-analise en beroepsgesondheid en -veilig heidsbeleid (vir werkgewers met 50 of meer werknemers in diens) moes binne 21 dae vanaf die inwerkingtreding van die Direktief by die departement ingedien word, dus teen 21 Oktober 2020; Voorligting aan werknemers; Identifisering van kwesbare werknemers; Aanwysing van ’n Covid-19 voldoeningsbeampte; Sifting vir simptome en aanmoediging van siek werknemers

SOLIDARITEIT TYDSKRIF 5 VAN 2020 | www.solidariteit.co.za

om tuis te bly; Handhawing van 1,5 meter sosiale afstand tussen persone; Voldoende saniteringsgeriewe en toerusting; Die verpligte dra van maskers; Goeie ventilasie; Die voorsiening van ander beskermende kleredrag en toerusting; en Om seker te maak dat die voorkomingsmaatreëls sover moontlik toegepas word.

ONS HOU LEDE INGELIG Solidariteit het sy lede die afgelope paar maande deurlopend oor dié onderwerp ingelig gehou. Die risikogebaseerde benadering wat die departement in die genoemde Direktief volg, stem ooreen met die benadering van Solidariteit in sy Goeie Praktykkode aangaande maatreëls om goeie, gesonde werk tydens en na die pandemie te verseker. Die doel van die Goeie Praktykkode is om leiding te gee aan werkgewers en werknemers sodat Solidariteit se lede veilig en gesond kan werk en ’n lewe kan maak wat nie onnodig deur inperkingsmaatreëls belemmer word nie. Dit is moontlik om veilig en gesond te werk en die impak van die virus op die ekonomie te versag deur die implementering van voorkomende maatreëls ter bevordering van gesondheid in die werkplek as deel van Solidariteit se Werkherstelprogram.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.