Hierdie opwindende nuwe titel in die Afrikaanse mark stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van ‘n uitsonderlike kuns- en kultuurjoernaal. Pomp is ‘n stylvolle, lewendige en polsende publikasie wat die kunste in Afrikaans vier.
Dit verleen ‘n wegbreek vir die ondersoekende gees, en stel ten toon die beste wat Suid-Afrika het om te bied in kuns en kunstenaars. Hierdeur word neigings en tendense bekend gestel en word jong toonaangeërs gelanseer. Die visueel-prikkelende inhoud bestaan uit uitnemende foto-joernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verskillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap: skone kuns, fotografie, beeldhouwerk, argitektuur, leefstyl, reis, kos en wyn en vele meer.